Proef
hlayiso mock exams
Oefenreeks:
Graad 11 eksamenvoorbereiding
WWW.HLAYISO.COM
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
NOVEMBEREKSAMEN 2026 (PROEF)
PUNTE: 80
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2026 papers 





View all





Afrikaans FAL Grade 11 P1 November Mock Exam 2 2026 QP
Grade 11 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the November Mock Exam 2 2026, 14 pages. Read online or download the free PDF.
Afrikaans Fal · Grade 11 · November Mock Exam 2 · 2026 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans FAL
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2026
- Exam period
- November Mock Exam 2
- Paper
- 1
- Publisher
- Hlayiso
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 815.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
November Mock Exam 2 2026
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Paper 3Question paperMemo
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 2 Hlayiso/Proef 2026
NSS Proef
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:
AFDELING A: Leesbegrip (VRAAG 1) (30)
AFDELING B: Opsomming (VRAAG 2) (10)
AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (VRAAG 3, 4 en 5) (40)
2. Lees AL die instruksies baie deeglik.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.
5. Trek ’n streep ná elke afdeling.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
7. Laat ’n reël oop ná ELKE antwoord.
8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.
9. Aanbevole tydsindeling:
AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 25 minute
AFDELING C: 45 minute
10. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 3 Hlayiso/Proef 2026
NSS Proef
AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Lees die artikel hieronder deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL
DIE FIETSDOKTER VAN DORINGKUIL
1 Elke oggend om sesuur staan daar al ’n tou kinders by die hek van Tumelo
Mokoena (16) se ouerhuis in Doringkuil in Noordwes. Hulle wag nie vir brood of
melk nie – hulle wag vir hul fietse.
2 “Baie leerders in ons dorp stap meer as tien kilometer skool toe,” verduidelik die
graad 11-leerder. “In die winter is dit nog donker wanneer hulle van die huis af 5
vertrek. Hulle kom moeg en koud by die skool aan en dan kan hulle nie in die
klas konsentreer nie.”
3 Toe Tumelo twaalf jaar oud was, het sy oupa vir hom ’n ou, verroeste fiets gegee.
“Die ketting was gebreek en albei bande was pap. Oupa het gesê: ‘As jy dit kan
regmaak, is dit joune.’” Tumelo het video’s op die internet gekyk en elke sent 10
van sy sakgeld aan onderdele bestee. Drie maande later het hy vir die eerste
keer skool toe gery.
4 Sy maats was jaloers. “Toe vra een van hulle of ek sy fiets ook kan regmaak.
Daarna het die nuus soos ’n veldbrand deur die dorp versprei.” Nou herstel
Tumelo elke week tussen tien en vyftien fietse in sy oupa se motorhuis. Hy vra 15
net R20 vir ’n herstelwerk – en niks as die eienaar nie kan betaal nie.
5 Verlede jaar het ’n plaaslike boer, mnr. Koos van Wyk, vyftig ou fietse wat in sy
stoor gestaan het, aan Tumelo geskenk. Saam met vier vriende het Tumelo die
fietse oor die Desembervakansie herstel en geverf. “Ons het tot laat in die aand
gewerk. Ons hande was swart van die olie, maar ons harte was vol,” sê Tumelo 20
laggend.
6 In Januarie het die vyftig fietse aan die leerders gegaan wat die verste moes
stap. Elke fiets het ’n helm, ’n slot en ’n rooi reflektor gekry. “Die kinders se oë
het geblink. Een dogtertjie het van blydskap gehuil,” onthou Tumelo.
7 Die skoolhoof, me. Naledi Sithole, sê dat die skool se bywoning sedertdien 25
merkbaar verbeter het. “Leerders wat vroeër gereeld laat was, sit nou om halfagt
in hul klasse. Sommige leerders se punte het ook verbeter.”
8 Tumelo se planne is nog lank nie klaar nie. Hy het ’n klein besigheid, Tumi se
Trapwerk, laat registreer en hy leer twee jonger seuns om fietse te herstel. “Ek
wil hê hulle moet ’n vaardigheid hê waarmee hulle geld kan verdien. Niemand 30
kan dit ooit van hulle wegvat nie.”
9 Sy oupa (78) is baie trots op hom. “Daardie ou fiets was die beste geskenk wat
ek nog ooit gegee het,” sê hy. En Tumelo se droom? “Ek wil eendag meganiese
ingenieurswese studeer. Maar ek sal altyd ’n fietsdokter bly.”
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 4 Hlayiso/Proef 2026
NSS Proef
[Eksaminator se eie teks. Die dorp, die skool en die name in die artikel is fiktief.]
LET WEL:
• Beantwoord AL die vrae.
• Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.
1.1 Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies.
Die kinders wat soggens by Tumelo se hek wag, wil (brood koop/hul fietse
kry/saam met hom skool toe stap). (1)
1.2 Volgens paragraaf 2 kom baie leerders moeg en koud by die skool aan.
Watter uitwerking het dit op hulle in die klas? (1)
1.3 Wat moes Tumelo doen om die ou fiets te mag hou? (1)
1.4 Noem TWEE dinge wat Tumelo gedoen het om die fiets reg te maak. (2)
1.5 Kies die KORREKTE ANTWOORD om die sin mee te voltooi. Skryf net die
letter (A–D) langs die vraagnommer (1.5) neer.
“Daarna het die nuus soos ’n veldbrand deur die dorp versprei” (paragraaf 4)
beteken dat …
A daar ’n brand in die dorp was.
B die mense baie vinnig van Tumelo se werk gehoor het.
C die mense kwaad was oor die nuus.
D Tumelo se fietse gevaarlik was. (1)
1.6 Tumelo herstel net fietse as die eienaar daarvoor kan betaal.
Haal ’n DEEL van ’n sin uit paragraaf 4 aan wat bewys dat hierdie stelling
ONWAAR is. (1)
1.7 Kies ’n beskrywing uit KOLOM B wat by die naam in KOLOM A pas. Skryf
net die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.7.1 tot 1.7.3) neer.
KOLOM A KOLOM B
1.7.1 Koos van Wyk A die skoolhoof
1.7.2 Naledi Sithole B Tumelo se besigheid
1.7.3 Tumi se Trapwerk C die boer wat fietse geskenk het
D Tumelo se oupa
(3 x 1) (3)
1.8 Tumelo het die vyftig fietse alleen herstel.
Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
1.9 “Ons hande was swart van die olie, maar ons harte was vol.” (Reël 20)
1.9.1 Kies die KORREKTE ANTWOORD uit dié tussen hakies.
Die woorde “ons harte was vol” word hier (denotatief/konnotatief)
gebruik. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 5 Hlayiso/Proef 2026
NSS Proef
1.9.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.9.1. (1)
1.10 Noem die TWEE ander dinge, behalwe ’n reflektor, wat elke leerder saam
met die fiets gekry het. (2)
1.11 Waarom, dink jy, het elke fiets ’n rooi reflektor gekry? (1)
1.12 Haal EEN woord uit paragraaf 6 aan wat wys hoe die dogtertjie gevoel het. (1)
1.13 Noem TWEE maniere waarop die fietse die skool, volgens die skoolhoof,
gehelp het. (2)
1.14 Waarom leer Tumelo die twee jonger seuns om fietse te herstel? (1)
1.15 “Niemand kan dit ooit van hulle wegvat nie.” (Reëls 30–31)
Waarna verwys die woord “dit” in hierdie sin? (1)
1.16 Waarom sê Tumelo se oupa dat die ou fiets die beste geskenk was wat hy
nog ooit gegee het? (1)
1.17 Verwys na die titel. Waarom word Tumelo ’n “fietsdokter” genoem? (1)
1.18 Is Tumelo, na jou mening, ’n goeie voorbeeld vir ander tieners? Motiveer jou
antwoord. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 6 Hlayiso/Proef 2026
NSS Proef
TEKS B: GRAFIESE TEKS
Bestudeer die grafiese teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
HOE VER STAP ONS LEERDERS SKOOL TOE?*
40
35%
Persentasie leerders (%)
30%
30
20%
20
15%
10
0
minder as 2 km 2–5 km 5–10 km meer as 10 km
FIETSRY? BLY VEILIG!
• Dra altyd ’n helm – dit beskerm jou kop as jy val.
• Ry aan die linkerkant van die pad, in dieselfde rigting as die motors.
• Ry jy in die donker? Sorg dat jy ’n lig en ’n reflektor het sodat motoriste jou kan sien.
• Moenie jou selfoon gebruik terwyl jy ry nie!
*Opname onder 400 leerders van Hoërskool Doringkuil, Februarie 2026.
[Eksaminator se eie teks. Die skool is fiktief en die syfers is slegs vir hierdie vraestel opgestel.]
1.19 Watter persentasie leerders stap meer as 10 km skool toe? (1)
1.20 Hoeveel van die leerders in die opname stap minder as 2 km skool toe? (1)
1.21 Watter persentasie leerders stap meer as 5 km skool toe? (1)
1.22 Verwys na die voetnota (*). Waarom kan ons NIE sê dat 15% van AL die
leerders in Suid-Afrika meer as 10 km skool toe stap nie? (1)
1.23 Volgens die veiligheidswenke: Wat moet ’n fietsryer hê as hy in die donker
ry? (1)
1.24 Hoe hou die inligting in TEKS B verband met Tumelo se werk in TEKS A? (1)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 7 Hlayiso/Proef 2026
NSS Proef
AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
In baie huise word daar elke week kos weggegooi wat nog geëet kon word. Lees die teks
hieronder en voer die instruksies uit.
INSTRUKSIES
1. Som SEWE wenke op oor HOE ’N GESIN MINDER KOS KAN WEGGOOI.
2. Skryf die wenke in jou EIE VOLSINNE neer.
3. Nommer die sinne van 1 tot 7.
4. Skryf net EEN feit per sin neer.
5. Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
6. Dui die getal woorde wat jy gebruik het aan die einde van die opsomming aan.
TEKS C
KOS IS TE KOSBAAR OM WEG TE GOOI!
Kos word elke maand duurder. Tog beland ’n groot deel van die kos wat ons koop, in die
vullisdrom. Dit is nie net ’n vermorsing van geld nie – kos wat op die vullishoop vrot, is ook
sleg vir die omgewing. Hoe kan jou gesin help?
Begin by die winkel. Kyk eers in die kaste en die yskas en maak dan ’n inkopielys. Hou by
die lys en moenie dinge koop net omdat hulle op ’n spesiale aanbieding is nie.
Het jy al gemerk dat jy meer koop as jy honger is? Eet dus eers iets voordat jy gaan inkopies
doen.
By die huis is dit belangrik om die vervaldatums op die verpakking te lees. Sit die nuwe kos
agter in die kas en gebruik eers die kos wat die oudste is.
Baie gesinne kook te veel. Kook kleiner porsies – jy kan altyd later nog opskep.
Was daar tog kos oor? Moenie dit weggooi nie! Bêre die oorskietkos in ’n houer in die yskas
en eet dit die volgende dag vir middagete.
Brood en piesangs wat amper sleg is, kan in die vrieskas gebêre word. Bevrore piesangs
is heerlik in ’n mengeldrankie!
Laastens: groenteskille en eierdoppe hoort nie in die vullisdrom nie. Gooi dit op ’n
komposhoop in die tuin, waar dit kos vir jou plante word.
Onthou: elke stukkie kos wat jy red, is geld in jou sak!
[Eksaminator se eie teks]
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 8 Hlayiso/Proef 2026
NSS Proef
AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIE
• Die taalvrae wat volg, is op die advertensie (TEKS D) hieronder gebaseer.
• Die nommering in die advertensie verwys na die nommer van die vraag wat beantwoord
moet word.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.
TEKS D
KLIK-KODEERKAMP
Speel jy net speletjies op jou foon?
Leer nou om jou EIE toep te bou! (3.2)
In vyf dae leer jy om:
• ’n eenvoudige speletjie te ontwerp
• ’n webblad te skep
• ’n robot te programmeer
Ons het die (goed) onderwysers in die land.
(3.5)
Geen ervaring nodig nie! (3.8)
Al ons kodeer- en ontwerpklasse is in
(3.9) Afrikaans. (3.10)
Vir wie? (3.1) Tieners van 14 tot 18 jaar
Wanneer? 7–11 Desember 2026, 09:00–14:00
Waar? Biblioteeksaal, Kerkstraat 12, Doringkuil
Kursusgeld: R950 – ’n ongelooflike winskoop! (3.3) Ligte middagete ingesluit.
Bring saam: ’n (rekenaar) (3.7) of skootrekenaar, bv. (3.4) ’n ou een van die huis. Ons
leen ook rekenaars uit.
Bonus: Elke deelnemer kan ’n (tablet) (3.6) wen!
Die toekoms is digitaal. Is jy gereed?
Bespreek voor 20 November: stuur ’n WhatsApp na 000 000 0000.
[Eksaminator se eie teks. Die kamp en kontakbesonderhede is fiktief.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 9 Hlayiso/Proef 2026
NSS Proef
3.1 Wie is die teikengroep van hierdie advertensie? (1)
3.2 Hoe probeer die adverteerder met die TWEE sinne onder die opskrif die leser
se aandag trek? (1)
3.3 Haal TWEE OPEENVOLGENDE woorde uit die advertensie aan wat bewys
dat die adverteerder ’n MENING gee. (1)
3.4 Skryf die AFKORTING “bv.” voluit. (1)
3.5 Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies.
Ons het die (goed) onderwysers in die land. (1)
3.6 Gee die VERKLEINWOORD van die woord tussen hakies.
Elke deelnemer kan ’n (tablet) wen! (1)
3.7 Verdeel die woord tussen hakies in LETTERGREPE.
Bring saam: ’n (rekenaar) of skootrekenaar. (1)
3.8 Waarom, dink jy, sê die adverteerder dat geen ervaring nodig is nie? (1)
3.9 Waarom, dink jy, is daar ’n robot in die prent? (1)
3.10 Al ons kodeer- en ontwerpklasse is in Afrikaans.
Watter woord word deur die koppelteken (-) in hierdie sin aangedui? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 10 Hlayiso/Proef 2026
NSS Proef
VRAAG 4: STROKIESPRENT
• Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent (TEKS E) hieronder gebaseer.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.
TEKS E
1 Kyk, Ouma, Ouma 2 Hallo? HALLO,
moet net hier druk
Ag, dis Thando? Ek kan
om my te bel.
maklik! niks hoor nie!
3 Ouma … Ouma 4 (Sjoe/Eina)! Geen
praat in die wonder die televisie het
AFSTANDBEHEERDER! skielik aangeskakel nie!
HA-HA!
[Eksaminator se eie strokiesprent]
Beskrywing van die prente: RAAMPIE 1: Thando gee vir Ouma ’n selfoon en wys haar hoe om hom te
bel. Op die tafel lê die televisie se afstandbeheerder; die televisie is af. RAAMPIE 2: Ouma is alleen
en hou die afstandbeheerder teen haar oor. Die televisie skakel aan. RAAMPIE 3: Thando kom in en
frons; hy het sy eie selfoon in die hand en wys na die afstandbeheerder. RAAMPIE 4: Ouma hou nou
die selfoon vas en lag; Thando glimlag.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 11 Hlayiso/Proef 2026
NSS Proef
4.1 Kyk na RAAMPIE 1.
Hoe weet ons dat Ouma nie gewoond is aan selfone nie? Gee EEN rede. (1)
4.2 Skryf Thando se woorde in die INDIREKTE REDE.
Thando sê: “Ouma moet net hier druk om my te bel.”
Begin só: Thando sê dat … (1)
4.3 Kyk na RAAMPIE 2.
Waarom word die woord “HALLO” in hoofletters geskryf? (1)
4.4 Skryf die sin in die VERLEDE TYD.
Ek kan niks hoor nie! (1)
4.5 Kyk na RAAMPIE 3.
Hoe voel Thando? Gee EEN visuele bewys vir jou antwoord. (2)
4.6 Kies die korrekte TUSSENWERPSEL uit dié tussen hakies in RAAMPIE 4.
(Sjoe/Eina)! Geen wonder die televisie het skielik aangeskakel nie! (1)
4.7 Ouma is in RAAMPIE 4 kwaad vir Thando.
Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)
4.8 Kies die korrekte VOORNAAMWOORD uit dié tussen hakies.
Thando wys vir (sy/haar) ouma hoe die foon werk. (1)
4.9 Waarom is hierdie strokiesprent snaaks? (1)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 12 Hlayiso/Proef 2026
NSS Proef
VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT
• Die taalvrae wat volg, is op die artikel (TEKS F) en die prent (TEKS G) hieronder
gebaseer.
• Die nommering in die artikel verwys na die nommer van die vraag wat beantwoord moet
word.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.
5.1 Lees die artikel en beantwoord die vrae.
TEKS F: ARTIKEL
’N BLINK BEGIN BY TANNIE MAVIS
Elke Januarie sny tannie Mavis Jansen in haar klein salon in Worcester gratis kinders se
hare voor die nuwe skooljaar. (5.1.1) (Sy doen dit. Baie ouers kan nie vir ’n haarsny betaal
nie.) (5.1.2) (Die plaaslike koerant het verlede jaar ’n artikel oor haar geskryf.)
Die mure van die salon is helder pienk (5.1.3) (verf). Elke kind kry ’n (5.1.4) (nuwe) kam
om saam te neem en elke (5.1.5) (besoek) kry ’n koppie rooibostee. (5.1.6) (Iemand betaal
altyd vir die kinders se haarsny.)
(5.1.7) Tannie Mavis sê Elke kind verdien om mooi te voel
Vanjaar het sy (5.1.8) (127) kinders se hare gesny. ’n (5.1.9) (Buurman) bring elke jaar
koekies vir die kinders wat moet wag. (5.1.10) (Tannie Mavis hoop sy kan volgende jaar
nog meer kinders help.)
Die kinders (5.1.11) (enjoy) die musiek en die geselsies in die salon. Hulle loop met (5.1.12)
(breë) glimlagte huis toe – en met ’n blink (5.1.13) kam in die sak. Almal stem saam: (5.1.14)
tannie Mavis het ’n hart van goud!
[Eksaminator se eie teks. Die name is fiktief.]
5.1.1 Verbind die TWEE sinne met die VOEGWOORD omdat.
Sy doen dit. Baie ouers kan nie vir ’n haarsny betaal nie. (1)
5.1.2 Skryf die sin in die LYDENDE VORM.
Die plaaslike koerant het verlede jaar ’n artikel oor haar geskryf. (1)
5.1.3 Gee die VERLEDE DEELWOORD van die woord tussen hakies.
Die mure van die salon is helder pienk (verf). (1)
5.1.4 Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies.
Elke kind kry ’n (nuwe) kam om saam te neem. (1)
5.1.5 Vorm ’n PERSOONSNAAM van die woord tussen hakies.
Elke (besoek) kry ’n koppie rooibostee. (1)
5.1.6 Skryf die sin in die ONTKENNING.
Iemand betaal altyd vir die kinders se haarsny. (1)
5.1.7 Skryf die sin oor en voeg die korrekte LEESTEKENS in.
Tannie Mavis sê Elke kind verdien om mooi te voel (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 13 Hlayiso/Proef 2026
NSS Proef
5.1.8 Skryf die getal tussen hakies in WOORDE.
Vanjaar het sy (127) kinders se hare gesny. (1)
5.1.9 Gee die VROULIKE VORM van die woord tussen hakies.
’n (Buurman) bring elke jaar koekies vir die kinders. (1)
5.1.10 Herskryf die sin en gebruik die INFINITIEF (om … te).
Tannie Mavis hoop sy kan volgende jaar nog meer kinders help. (1)
5.1.11 Gee die KORREKTE AFRIKAANSE woord vir die woord tussen
hakies.
Die kinders (enjoy) die musiek en die geselsies in die salon. (1)
5.1.12 Gee die ANTONIEM (teenoorgestelde) van die woord tussen
hakies.
Hulle loop met (breë) glimlagte huis toe. (1)
5.1.13 Die woord “kam” is ’n HOMONIEM. Gebruik “kam” in ’n sin waarin
dit ’n ANDER betekenis het as in die artikel. (1)
5.1.14 Kies die KORREKTE ANTWOORD. Skryf net die letter (A–D) langs
die vraagnommer (5.1.14) neer.
Die IDIOOM “tannie Mavis het ’n hart van goud” beteken dat sy …
A baie ryk is.
B goue juwele dra.
C baie goedhartig is.
D ’n sterk hart het. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1 14 Hlayiso/Proef 2026
NSS Proef
5.2 Kyk na die prent hieronder en beantwoord die vrae.
TEKS G: PRENT
ATLETIEKDAG 2026
toeskouers
stophorlosie
2 4 7
mnr. Fourie
Sipho Lerato
[Eksaminator se eie prent]
5.2.1 Identifiseer die VOORWERP in die sin.
Mnr. Fourie hou ’n stophorlosie in sy hand. (1)
5.2.2 Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies.
Daar staan twee (boom) langs die atletiekbaan. (1)
5.2.3 Skryf die sin oor in die korrekte WOORDORDE.
Sipho drink water (onder die boom) (nou) (gulsig). (1)
5.2.4 Gee die VERGROTENDE TRAP van die woord tussen hakies.
Lerato hardloop (vinnig) as die ander atlete. (1)
5.2.5 Gee die korrekte SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.
Lerato is die eerste een oor die (einde + streep). (1)
5.2.6 Vul die ontbrekende VOORSETSEL in.
Lerato hardloop (…) die lint. (1)
[20]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 80
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 11 P2 November Mock Exam 2 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 11 P3 November Mock Exam 2 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 11 Paper 1 November Mock 2026 Memo

Question paper
Afrikaans FAL Grade 11 P1 Exemplar November 2022 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 11 P1 North West June 2018 QP

Question paper
Afrikaans FAL Grade 11 P1 North West June 2018 QP
More from Grade 11 Afrikaans FAL

Study guide
Gr11 Afr EAT Studiegids LR

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 11 Paper 2 November Mock 2026 Memo

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 11 Paper 3 November Mock 2026 Memo

Annual teaching plan
Gr 11 Afrikaans FAL ATP 2023 24

Memorandum
Afrikaans FAL Grade 11 P1 Eastern Cape November 2022 Memo

Memorandum