Skip to content
Question paper

Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC June 2024 QP

Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 26 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Computer Applications TechnologyGrade 12202426 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 MEI/JUNIE 2024 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 21 bladsye, 'n HTML-merkersblad, 'n toevoermasker-karakterblad, twee bladsye vir beplanning en 'n aparte inligtingsblad. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 2 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om daarop te let dat, selfs as jy die eksamen vroeg klaarmaak, jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe funksies wat met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE. Gedurende die eksamen sal die normale eksamenreëls oor die verlating van die eksamenlokaal geld. 2. As jy op die netwerk werk, of as die datalêers vooraf op jou stelsel gelaai is, moet jy die instruksies volg wat deur die toesighouer/onderwyser gegee word. 3. Aan die einde van die eksamen moet jy seker maak dat AL jou antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos deur die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is. 4. Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. MOENIE onnodige lêers/lêergidse stoor NIE en MOENIE duplikaat-antwoordlêers/-lêergidse inlewer NIE. MOENIE enige oorspronklike lêers waarop jy nie gewerk het nie, verwyder NIE. 5. Die inligtingsblad wat saam met die vraestel verskaf word, MOET NA AFLOOP VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE INGEVUL WORD. Lewer dit aan die einde van die eksamen by die toesighouer in. 6. 'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer is, mag jy die toesighouer vir 'n ander kopie vra. 7. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord AL die vrae. 8. Lees deur elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos. MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE. 9. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen moontlike kragonderbrekings. 10. Jy mag GEEN hulpbronmateriaal gebruik NIE. 11. Akkuraatheid sal in berekening gebring word. 12. Maak seker dat die streeksinstellings ('regional settings') op Suid-Afrika ('South Africa') ingestel is en dat datum- en tydinstellings, nommerinstellings en geldeenheidinstellings ('currency settings') korrek ingestel is. 13. Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op 'English (South Africa)' stel. Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders aangedui. Gebruik sentimeter as maateenheid. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 3 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 14. Maak seker dat die 'Developer'-oortjie en die liniaal ('Ruler') geaktiveer is. 15. Maak seker dat die desimale simbool ('decimal symbol') as 'n punt ('.') gestel is en die lys-skeikarakter ('list separator') as 'n komma (',') gestel is. 16. Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in sigbladvrae gebruik word. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer. LET WEL: Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs as veranderinge aan die bestaande data gemaak word. 17. Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die HTML-vraag te beantwoord NIE. 18. Die rame ('borders') wat rondom prente en skermkopieë in hierdie vraestel verskyn, is bedoel vir duidelikheid. MOENIE rame invoeg NIE, tensy daar 'n instruksie is om dit te doen. 19. Die datalêers wat jy nodig het om die vraestel te voltooi, is aan jou gegee op die skyf/CD/DVD/geheuestokkie of op die skyfspasie wat aan jou toegeken is. Die lêers word in die vorm van wagwoordbeskermde uitvoerbare lêers verskaf. Doen die volgende:  Dubbelklik op die wagwoordbeskermde uitvoerbare lêer: CAT P1 Junie 2024 DATA.exe  Klik op die 'Extract'-knoppie.  Klik die 'Show Password'-merkblokkie.  Sleutel die volgende wagwoord in: Zoo321  Nadat dit onttrek ('extracted') is, verifieer die inhoud van die lêergids ('folder') deur een of meer lêers oop te maak.  Sodra die inhoud van die lêers geverifieer is, hernoem ('rename') die gids ('folder') CAT P1 Junie 2024 DATA met jou eksamennommer. Die lys lêers op die volgende bladsy sal in die leêrgids ('folder') beskikbaar wees: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 4 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik  7Pics Lêergids ('Folder')  1Zoo Woordverwerkingsdokument  2Adoption Woordverwerkingsdokument  3Budget Sigblad  4Excursions Sigblad  5Animals Databasis  5ZooLogo Prent  6_1Advert HTML-lêer  6_1Nav HTML-lêer  6_2Fees HTML-lêer  6Banner Prent  6Map Prent  7AccessCard Woordverwerkingsdokument  7MemAccess Databasis  7Reproduction Sigblad Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 5 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik SCENARIO Die bestuur van die City Zoo (dieretuin) wil graag die beeld van die dieretuin herskep. Hulle loods 'n veldtog om die dieretuin te bevorder. Die bestuur hoop dat meer mense die dieretuin sal besoek en help om die diere van die Aarde te beskerm. VRAAG 1: WOORDVERWERKING Die bestuur van die City Zoo bestudeer verskeie ander dieretuine om idees vir hulle veldtog te kry. 'n Dokument is oor die geskiedenis van die Johannesburg Zoo geskep. Maak die 1Zoo-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') van die dokument in. 1.1 Pas outomatiese woordafbreking ('hyphenation') op die dokument toe. (1) 1.2 Voeg 'n 'Slice (Light)'-dekblad ('cover page') by die dokument om slegs die titel('title')- en subtitel('subtitle')-kontroles te vertoon. (2) 1.3 Pas die 'Heading 1'-styl soos volg toe:  Brei die karakterspasiëring uit ('expand') met 3 pt.  Pas enige '3-D top bevel'-formaat-tekseffek ('text effect') met 'n hoogte ('height') van 5 pt toe. (3) 1.4 Voeg 'n veld ('field') in die bladsyboskrif ('header') in om slegs die huidige jaar te vertoon, en stel dit regs inlyn ('right-align'). (3) 1.5 Verander die voetnoot('footnote')-uitleg en -formaat op bladsy 2, soos in die skermkopie hieronder getoon. (2) 1.6 Vind die subopskrif 'Did you know?' en pas 'n paragraafinstelling daarop toe sodat hierdie opskrif altyd op 'n nuwe bladsy sal verskyn. (1) 20242 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 6 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 1.7 Vind die teks onder die subopskrif 'Prices start from:' en pas hierdie teks aan om in 'n tabel te vertoon, soos hieronder getoon. LET WEL: Laat 'n 1 cm-spasiëring tussen die selle ('spacing between cells') in die tabelopsies toe. (4) 1.8 Aanvaar AL die veranderingspore ('track changes') in die dokument. (1) 1.9 Voeg 'n 7 cm-tabelstoppunt by die bestaande tabelinstellings ('tab settings') sodat die teks onder die opskrif 'Emergency numbers:' soos volg sal vertoon: LET WEL: MOENIE kolomme gebruik NIE. (3) 1.10 Vind die teks 'Question/Vraag 1.10' en voeg 'n figuurtabel ('table of figures') sonder bladsynommers onder hierdie teks in. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 7 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 1.11 Vind en vervang ('Find and replace') al die kere wat die teks 'Johannesburg Zoo' met 'JHB ' voorkom. LET WEL:  Die -simbool ('symbol') is die Webdings-karakterkode ('character code') 246.  Slegs die -simbool verskyn in 'n rooi font. (4) Stoor en maak die 1Zoo-dokument toe. [26] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 8 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 2: WOORDVERWERKING 'n Dokument is geskep oor die verskillende maniere waarop die dieretuin ondersteun kan word deur 'n dier aan te neem. Maak die 2Adoption-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') in. 2.1 Verander die boonste kantlyn ('margin') na 2 cm EN verander die posisie van die bladsyrand ('gutter') na links. (2) 2.2 Voeg outomatiese bladsynommering in die bladsyonderskrif ('footer') van die dokument in soos volg:  Gebruik die 'outline circle'-formaat.  Ongelyke ('Odd') bladsynommers moet aan die linkerkant van die bladsy verskyn.  Gelyke ('Even') bladsynommers moet aan die regterkant van die bladsy verskyn. (3) 2.3 Gebruik 'n woordverwerkingseienskap ('feature') om die woord 'endangered' te vervang met 'n woord wat 'n soortgelyke betekenis het. (1) 2.4 Vind die woord 'List' en pas 'n vergrote hoofletter ('drop cap') daarop toe om in die kantlyn ('margin') op 'n 0.5 cm-afstand vanaf die teks ('from the text') te verskyn. (2) 2.5 Vind die lys onder die opskrif 'Type of adoption sets' en verander die lys na 'n meervlakkige lys ('multilevel list'), soos in die skermkopie hieronder getoon. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 9 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 2.6 Vind die teks 'anna@cityzoo.org.za' in die paragraaf bo die prent van die tier en skep 'n hiperskakel ('hyperlink') na hierdie e-posadres toe. (1) 2.7 Vind die prent van die tier op bladsy 3 en bring veranderings aan sodat dit soos die skermkopie hieronder lyk. Adopt me! LET WEL:  Die prent en die spraakborrel ('speech bubble') moet as een objek skuif.  MOENIE enige veranderings aan die kleur van die prent maak NIE. (3) 2.8 Vind die 'Adoption Form' op die laaste bladsy en formateer die vormkontroles ('form controls') soos volg:  Redigeer die vormveldkontrole ('form field control') vir die 'What animal would you like to adopt?'-teks om 'n leë opsie boaan die opsielys te vertoon.  Stel die eienskappe vir die 'Payment Amount'-veld om die bedrag as 'n geldeenheid te vertoon.  Stel die eienskappe vir die 'Cellphone Number'-veld om outomaties '+27' te vertoon voordat 'n gebruiker die nommer invoeg. (4) Stoor en maak die 2Adoption-dokument toe. [19] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 10 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 3: SIGBLAD LET WEL:  Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.  Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.  Voeg formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs al word waardes in die bestaande data verander.  Indien jy boublokke wil gebruik, gebruik die spasie wat daarvoor in die sigblad- datalêer toegeken is. Maak die 3Budget-sigblad oop wat inligting bevat oor die begroting vir al die diere wat tussen 2010 en 2024 by die dieretuin aangekom het. Werk in die Budget-werkblad. 3.1 Verander die oortjie('tab')-kleur van die werkblad na enige oranje kleur. (1) 3.2 Verander die bladsyinstelling ('page setup') sodat selle A1:I59 op een bladsy sal pas. (2) 3.3 Voeg 'n SUMIFS-funksie in sel E3 in om die totale begroting vir voedsel vir al die soogdiere wat na 2015 aangekom het, te bereken. (5) 3.4 Verander die voorwaardelike formatering ('conditional formatting') van die versorgingsbegroting sodat:  'n Waarde van 15000 of meer met 'n rooi vlag gemerk sal word  'n Waarde van 10000 en hoër met 'n geel vlag gemerk sal word  Enige ander waardes met 'n groen vlag gemerk sal word (3) 3.5 Die bestuurder van die dieretuin berei die jaarlikse begroting vir 2025 voor. Voeg 'n formule in sel I7 in om die bedrag vir die 2025-begroting op grond van die jaarlikse voedsel- en versorgingsbegrotings plus 'n styging van 2.25% te bepaal. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 11 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik Werk in die Totals-werkblad. 3.6 Pas die grafiek aan om soos volg te vertoon: (4) Stoor en maak die 3Budget-sigblad toe. [19] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 12 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 4: SIGBLAD LET WEL:  Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad.  Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar nodig om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer.  Voeg formules en/of funksies op só 'n manier in dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs al word waardes in die bestaande data verander.  Indien jy boublokke wil gebruik, gebruik die spasie wat daarvoor in die sigblad- datalêer toegeken is. Maak die 4Excursions-sigblad oop wat besonderhede oor 'n vakansieprogram bevat waar skoolgroepe in Desember 2023 die dieretuin besoek het. 4.1 Skuif ('Move') die Trip-werkblad sodat dit voor die Q4_6-werkblad verskyn. (1) Werk in die Trip-werkblad. 4.2 Voeg 'n funksie in sel C3 om te bepaal hoeveel skole uit die Oos-Kaap ('EC') die dieretuin gedurende Desember besoek het. (3) 4.3 Voeg 'n funksie in sel G3 in om die datum te bepaal waarop die skole die dieretuin die meeste besoek het ('most frequent date'). (1) 4.4 Voeg 'n kombinasie van funksies in sel D7 om die kontaknommers in die volgende formaat te vertoon: Kontaknommer Formaat 0871522635 +27 871522635 0729237425 +27 729237425 LET WEL: Daar is twee spasies tussen die landkode (+27) en die nommer. (5) 4.5 Een onderwyser moet elke groep van 30 leerders, of 'n gedeelte daarvan, vergesel wanneer hulle die dieretuin besoek. Gebruik 'n formule in sel F13 om die getal onderwysers wat die leerders van die skool in ry 13 vergesel het, te bepaal. (3) 4.6 Datavalidering is op kolom H toegepas.  Verander die datavalideringsreël ('validation rule') vir kolom H om slegs datums in Desember 2023 te aanvaar.  Gebruik 'n valideringseienskap ('validation feature') om ongeldige data te omkring ('circle invalid data').  Skep 'n skermkopie ('screenshot') van selle H5:H30 wat die omkringde ongeldige data wys en plak dié skermkopie in die Q4_6-werkblad. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 13 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 4.7 Leerders wat die dieretuin op 9 Desember en 16 Desember in 'n skoolgroep besoek het, het 'n wildlewewapen ('wildlife badge') ontvang. Gebruik 'n kombinasie van IF- en OR-funksies in sel I12 om die boodskap 'Badge' te vertoon indien die leerders 'n wildlewewapen ontvang het, anders moet die sel leeg gehou word. (5) Stoor en maak die 4Excursions-sigblad toe. [21] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 14 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 5: DATABASIS Maak die 5Animals-databasis oop wat inligting bevat oor die diere in die dieretuin en die maatreëls wat geneem word om hulle fisiese en emosionele welstand te beskerm. 5.1 Redigeer die tbl5_1-tabel, in ontwerpaansig ('Design View'), soos volg: 5.1.1 Stel 'n eienskap op die KeeperName-veld wat sal seker maak dat daar altyd 'n dieretuinopsigter aan 'n dierekamp of hok ('enclosure') toegeken is. (1) 5.1.2 Verander die Time-veld om waardes in die 00:00-tyd-formaat te aanvaar. (2) 5.1.3 Stel die eienskappe van die Enclosure-veld in sodat dit 'n boodskap sal vertoon indien verkeerde inligting ingevoer word, soos hieronder getoon. (3) 5.1.4 Die opsigters van die diere het 'n kode wat hulle gebruik om toegang tot die kampe/hokke te verkry. Skep 'n toevoermasker ('input mask') op die AccessCode-veld om data soos volg te aanvaar:  'n Letter (soos die eerste letter van hulle vanne), gevolg deur  @, gevolg deur  Die laaste 4 syfers van hulle selfoonnommer, gevolg deur  Enige opsionele karakter Voorbeelde: s@8536$ of O@4892f of r@3084 of t@1234k (4) 5.1.5 Verwyder ('Delete') die NextFeed-veld. (1) Stoor en maak die tbl5_1-tabel toe. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 15 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 5.2 Maak die frm5_2-vorm, wat op die tblAnimals-tabel gebaseer is, in ontwerpaansig ('Design View') oop. 5.2.1 Verander die Group-veld sodat dit soos volg vertoon: 5.2.2 Die gemiddelde lewensduur ('lifespan') van die diere is 25 jaar. Voeg 'n formule in die teksblokkie ('text box') in die vormboskrif ('form header') in om te bepaal of 'n dier se lewensduur meer as die gemiddeld is. Vertoon die antwoord in die 'Yes/No'-formaat. WENK: MOENIE 'n IF-funksie gebruik nie. (5) Stoor en maak die frm5_2-vorm toe. 5.3 Maak die qry5_3-navraag, wat op die tblAnimals-tabel gebaseer is, in ontwerpaansig oop. Verander die navraag om 'n lys te skep van al die diere wat oorspronklik uit Afrika kom ('originate') en wat aan die 'Carnivore'-groep behoort. Vertoon slegs die Animal- en Status-velde. Stoor en maak die qry5_3-navraag toe. (3) 5.4 Maak die qry5_4-navraag, wat op die tblAnimals-tabel gebaseer is, in ontwerpaansig oop. Verander die navraag om 'n lys van diere te vertoon:  Met die status 'Endangered'; EN  'n Lewensduur ('lifespan') van minder as 20 jaar; OF  Waar geen bevolking('population')-grootte aangeteken is nie. Stoor en maak die qry5_4-navraag toe. (4) 5.5 Skep 'n navraag, met die naam qry5_5, wat op die tblAnimals-tabel in ontwerpaansig gebaseer is, soos volg: Vertoon die gemiddelde lewensduur ('lifespan') van diere volgens hulle groep. Formateer jou resultate om met EEN desimale plek te vertoon. Stoor en maak die qry5_5-navraag toe. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 16 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 5.6 Skep 'n verslag met die naam rpt5_6, wat op die tblAnimals-tabel gebaseer is, om soos volg te vertoon: LET WEL:  Gebruik die 5ZooLogo-prent.  Die raam ('border') van die Group-veld (bv. Carnivore, Herbivore) vertoon. (7) Stoor en maak die rpt5_6-verslag toe. Stoor en maak die 5Animals-databasis toe. [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 17 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML) LET WEL:  Jy mag NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word gebruik om die HTML- vraag te beantwoord NIE.  'n HTML-merkersblad is vir verwysing aangeheg.  Alle lêers wat benodig word om hierdie vraag te voltooi, kan in die eksamenlêergids gevind word. Daar word van jou verwag om aanpassings op 'n webblad oor die lidmaatskappakkette wat deur die City Zoo aangebied word, te maak. 6.1 Maak die onvolledige 6_1Advert-lêer in 'n webblaaier oop en ook in 'n teks/ HTML-redigeerder (NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word NIE). Jou finale webblad moet soos die voorbeeld hieronder lyk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 18 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik LET WEL:  Gebruik die voorbeeld op die vorige bladsy as 'n riglyn wanneer jy hierdie vraag beantwoord.  Vraagnommers verskyn as kommentaar ('comments') in die kodering om aan te dui waar jy die antwoord(e) moet invoeg. MOENIE hierdie kommentaar uitvee NIE. 6.1.1 Voeg HTML-kode in sodat die woord 'Membership' in die webblaaier- oortjie ('web browser tab') sal vertoon. (1) 6.1.2 Verander die agtergrond('background')-kleur van die hele webblad na 'bisque'. (1) 6.1.3 Pas die kode aan om 'n horisontale streep tussen die teks '25 December: closed' en 'Terms of Membership' te vertoon. (1) 6.1.4 Formateer die laaste sin wat met 'Zoo animals are …' begin om soos in die skermkopie te vertoon. (1) 6.1.5 Skep 'n hiperskakel om die woord 'Map' te vertoon soos in die skermkopie op die vorige bladsy, wat dit met die 6_1Nav-webblad koppel. (3) Stoor en maak die 6_1Advert-lêer toe. 6.1.6 Maak die 6_1Nav-webblad oop en werk daarin. Redigeer die merker sodat die 6Map-prent vertoon. Voeg HTML-kode in sodat indien die prent nie vertoon nie, die teks 'Zoo-map' sal verskyn. (2) Stoor en maak die 6_1Nav-lêer toe. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 19 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 6.2 Maak die onvolledige 6_2Fees-lêer in 'n webblaaier en ook in 'n teks/HTML- redigeerder oop (NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word NIE). Pas die HTML-kode aan sodat jou finale webblad soos in die voorbeeld hieronder vertoon. LET WEL: Die inhoud van die webblad is gesentreer. (5) EEN punt sal vir korrekte sluitingsmerkers en korrekte nesting in die webblad toegeken word. (1) Stoor en maak die 6_2Fees-lêer toe. [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 20 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 7: ALGEMEEN 7.1 Vind die 7Pics-lêergids en doen die volgende:  Hernoem die Q7_1-prentlêer in hierdie lêergids na: Lions  Verander die lêergids na 'n saamgeperste lêer in jou eksamendata-lêergids. (2) Maak die 7Reproduction-sigblad oop. Werk in die Q7_2-werkblad. 7.2 Gebruik 'n sigbladeienskap ('spreadsheet feature') om 'n lys van al die beerspesies ('bear species') te vertoon waar die voortplanting in aanhouding baie maklik ('very easy') is. (2) Werk in die Q7_3-werkblad. 7.3 Gebruik 'n sigbladeienskap om die unieke ('unique') paringstelsels te vertoon. (1) Werk in die Q7_4-werkblad. 7.4 Gebruik sigbladeienskappe om die data aan te pas sodat dit vertoon soos in die skermkopie hieronder. (4) WENK: Let op die sortering wat toegepas is. Stoor en maak die 7Reproduction-sigblad toe. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 21 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 7.5 Maak die 7AccessCard-woordverwerkingsdokument oop. 7.5.1 Slegs lede wat in die jaar 2000 tot aan die einde van 2020 by die Dieretuin Lidmaatskapprogram ('Zoo Membership Programme') aangesluit het, sal 'n Goue status-toegangskaart ('Gold status access card') ontvang.  Gebruik die 7MemAccess-databasis om 'n saamgevoegde ('merged') dokument te skep vir slegs die lede wat vir 'n Goue status-toegangskaart kwalifiseer.  Vervang die teks <<Name>>, <<Surname>> en <<ID Number>> met die toepaslike saamvoegvelde ('merge fields'). (5) Stoor die 7AccessCard-woordverwerkingsdokument. 7.5.2 Voltooi die possamevoeging ('mail merge') en stoor die saamgevoegde dokument ('merged document') as 7Merged. LET WEL: Ignoreer dit indien 'n leë toegangskaart aan die einde van die saamgevoegde dokument verskyn. (1) [15] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik HTML-MERKERBLAD ('HTML TAG SHEET') Basiese merkers ('Basic Tags') Formateringsmerkers ('Formatting Tags') vervolg Merker ('Tag') Beskrywing Merker ('Tag') Beskrywing Definieer die liggaam van die Word voor elke lys-item <body></body> webblad ingevoeg, en voeg 'n nommer <li></li> <body Stel die agtergrondkleur van die of simbool by afhangende van bgcolor="pink"> webblad die tipe lys wat geselekteer is <img src="name" Stel 'n prent inlyn, kan " right"; <body text="black"> Stel die kleur van die liggaamteks align="left"> "bottom", "top", "middle" wees <head></head> Bevat inligting oor die webblad <img src="name"> Voeg 'n prent in Skep 'n HTML-dokument – begin <p align="center"><img Stel 'n prent "center" inlyn, kan <html></html> en eindig 'n webblad src="name"></p> ook "middle" wees <img src="name" Stel die grootte van die raam <title></title> Definieer 'n titel vir die webblad border="1"> rondom 'n prent <br/> Voeg 'n reëlbreuk in ('line break') <img src="name" Stel die hoogte en breedte van <!-- --> Kommentaar width="200" height ="200"> 'n prent Teksmerkers ('Text Tags') Vertoon alternatiewe teks Merker('Tag') Beskrywing <img src="name" wanneer die muis oor 'n prent alt="alternative text"> gehou word of wanneer die <h1></h1> Skep die grootste opskrif prent nie gevind kan word nie <h6></h6> Skep die kleinste opskrif <hr/> Voeg 'n horisontale lyn in Stel die grootte (hoogte) van 'n <b></b> Skep teks in vetdruk <hr size="3"/> reël <i></i> Skep teks in skuinsdruk Stel die breedte van 'n lyn, in <u></u> Skep onderstreepte teks <hr width=”80%”/> persentasie of absolute waarde <font size="3"></font> Stel fontgrootte van "1" tot "7" " <font color= "green"> Stel fontkleur <hr color= "ff0000"/> Stel die kleur van die lyn </font> <font face="Times New Tabelmerkers ('Tabel Tags') Stel fonttipe Roman"></font> Merker ('Tag') Beskrywing Skakelmerkers ('Links Tags') <table></table> Skep 'n tabel Merker ('Tag') Beskrywing <tr></tr> Skep 'n ry in 'n tabel <a href="URL"></a> Skep 'n hiperskakel <td></td> Skep 'n sel in 'n tabel <a href="URL"><img Skep 'n prentskakel Skep 'n tabelopskrif ('n sel met src="name"></a> <th></th> vetgedrukte, gesentreerde Skep 'n teikenarea in die <a name="NAME"></a> teks) dokument Skakel na 'n teikenarea wat <a href= "#NAME"></a> <table width="50"> Skep die breedte van die tabel elders in die dokument geskep is <a href= Stel die breedte van die raam Skakel na ʼn e-posadres <table border="1"> "mailto:#NAME"></a> rondom die selle van die tabel Stel die spasie tussen die selle Formateringsmerkers ('Formatting Tags') <table cellspacing="1"> van die tabel Stel die spasie tussen die Merker('Tag') Beskrywing <table cellpadding="1"> selraam en die inhoud daarvan <p></p> Skep 'n nuwe paragraaf Stel die inlynstelling vir die Stel 'n paragraaf "left" inlyn <tr align="left"> sel(le) ("left", kan ook "center" <p align="left"> (verstek), kan ook ''right'' of of "right" wees) ''center'' wees Stel die vertikale inlynstelling <center></center> Sentreer teks, 'n table of 'n prent <tr valign="top"> vir sel(le) ("top", kan ook horisontaal "middle" of "bottom" wees) <ol></ol> Skep 'n genommerde lys Stel 'n getal kolomme waaroor <ol type="A","a", Definieer die tipe nommers wat <td colspan="2"> 'n sel moet strek "I","i","1"></ol> gebruik word <ul></ul> Skep 'n kolpuntlys Stel die getal rye waaroor 'n sel <ul type="disc", Definieer die tipe kolpunte wat <td rowspan="4"> moet strek "square","circle"> </ul> gebruik word Kopiereg voorbehou
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik TOEVOERMASKER-KARAKTERBLAD KARAKTER BESKRYWING Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis, plus[+]- en minus[–]-tekens nie 0 toegelaat nie) Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie, plus[+]- en minus[–]-tekens 9 nie toegelaat nie) Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie; spasies word as oop plekke vertoon terwyl in Redigeringsmodus ('Edit mode'), maar oop plekke # word verwyder wanneer data gestoor word, plus[+]- en minus[–]-tekens toegelaat) L Letter (A tot Z, inskrywing vereis) ? Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel) A Letter of syfer (inskrywing vereis) a Letter of syfer (inskrywing opsioneel) & Enige karakter of 'n spasie (inskrywing vereis) C Enige karakter of 'n spasie (inskrywing opsioneel) Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeikarakters. (Die .,:;-/ werklike karakter hang van die instellings in die 'Regional Settings Properties'-dialoogblokkie in die 'Windows Control Panel' af.) Veroorsaak dat alle karakters na onderkas ('lower case') omgeskakel < word > Veroorsaak dat alle karakters na bo-kas ('upper case') omgeskakel word Veroorsaak dat die toevoermasker van regs na links, eerder as links na regs, vertoon word. Karakters in die masker getik, vul dit altyd van links ! na regs. Jy kan die uitroepteken op enige plek in die toevoermasker invoeg. Veroorsaak dat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon \ word (bv. \A word slegs as A vertoon) Kopiereg voorbehou
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik JY MAG HIERDIE BLADSY VIR ENIGE BEPLANNINGSDOELEINDES GEBRUIK. Kopiereg voorbehou
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik JY MAG HIERDIE BLADSY VIR ENIGE BEPLANNINGSDOELEINDES GEBRUIK. Kopiereg voorbehou
Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik Eksamenplakker 150 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – MEI/JUNIE 2024 INLIGTINGSBLAD (moet NA die 3 uur-sessie deur die kandidaat ingevul word) SENTRUMNOMMER __________________________________________________________ EKSAMENNOMMER __________________________________________________________ WERKSTASIENOMMER _______________________________________________________ SUITE GEBRUIK Microsoft Microsoft Microsoft Office 365/ (Maak 'n kruisie in die Office 2013 Office 2016 Office 2019 Microsoft Office 2021 toepaslike blokkie (X)) WEBBLAAIER GEBRUIK Ander Mozilla Google Internet Microsoft (Spesifiseer) (Maak 'n kruisie in die Firefox Chrome Explorer Edge toepaslike blokkie (X)) LÊERGIDSNAAM _____________________________________________________________ Kandidaat moet die lêernaam/-name vir elke antwoord invul. Maak 'n regmerkie indien gestoor en/of gepoog. Nasiener Vraag- Maksimum Punt Lêernaam Gestoor () Gepoog () Voorletters/ nommer Punt Verdien Kode 1 1Zoo 26 2 2Adoption 19 3 3Budget 19 4 4Excursions 21 5 5Animals 35 6_1Advert 6 6_1Nav 15 6_2Fees 7AccessCard 7Merged 7 15 7Reproduction 7Pics (saamgeperste lêergids) TOTAAL 150 Kommentaar: (Slegs vir kantoor/nasiener se gebruik) ___________________________________________________________________________ ___________________________________________________________________________ Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Computer Applications Technology

View all