Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
MARIENE WETENSKAPPE V1
NOVEMBER 2025
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentQuestion paper 











View all





Marine Sciences Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Question Paper
Grade 12 Marine Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2025, 17 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Marine Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Marine Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 1.9 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 17
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Mariene Wetenskappe/V1 2 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. Beantwoord die vrae soos volg:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: VERPLIGTEND
Bestaan uit VRAAG 2 en 3.
Beantwoord BEIDE vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit VRAAG 4 en 5.
Dit is VERPLIGTEND om SLEGS EEN van die twee vrae in
hierdie afdeling te beantwoord.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en skryf die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en 'n passer gebruik,
waar nodig.
11. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot die TWEEDE desimale plek af,
waar van toepassing.
12. MOENIE in die kantlyne in die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
13. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Mariene Wetenskappe/V1 3 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING A 2025
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
1.1.1 'n Voorbeeld van sagte ingenieurswese:
A Granietuitsteeksels in die see in
B Strukture wat met beton gebou word
C Geotekstielbuise by kunsmatige riwwe
D Klipversperrings rondom hawens
1.1.2 Die vergelyking hieronder toon die chemiese formule vir die proses
van oseaanversuring.
dissosiasie
Die korrekte opsie vir X is ...
A CO3-
B HCO2-
C CO-
D HCO3-
1.1.3 Die prent hieronder toon 'n tipe golftransformasie. Die pyle dui die
rigting van die golfbeweging aan.
Uitloper
[Aangepas uit https://geo.libretexts.org/Bookshelves/Oceanography]
Die term wat die tipe golftransformasie hierbo KORREK identifiseer:
A Refraksie
B Diffraksie
C Refleksie
D Defleksie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Mariene Wetenskappe/V1 4 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.1.4 Die prent hieronder toon eoliese prosesse tydens die vorming van
duine.
Proses 1
Wind-
rigting
Proses 2
Proses 3
Sleutel
Windrigting Beweging: sanddeeltjies
[Aangepas uit https://www.jncpasighat.edu.in/file/ppt/geo/aeolian]
Watter EEN van die volgende opsies toon SLEGS KORREKTE
terme vir Proses 1, Proses 2 en Proses 3 in die prent hierbo?
PROSES 1 PROSES 2 PROSES 3
A Oppervlakkruiping Suspensie Saltasie
B Suspensie Saltasie Oppervlakkruiping
C Saltasie Oppervlakkruiping Suspensie
D Suspensie Oppervlakkruiping Saltasie
1.1.5 Watter EEN van die volgende stellings is KORREK ten opsigte van
die molekulêre struktuur van seesout?
A Die natriumatoom ('sodium atom') kry 'n elektron by en die
chlooratoom verloor 'n elektron.
B Die natrium- en die chlooratome is in 'n nie-polêre, kovalente
binding verbind.
C Natrium- en chlooratome word in 'n kristalroosterstruktuur
gerangskik.
D Die natrium- en die chlooratome is in 'n nie-polêre, ioniese
binding verbind.
1.1.6 Watter EEN van die volgende opsies is die KORREKTE beskrywing
van die Kӧppen-Geiger-klassifikasie van Cwb?
STREEK DROË SEISOEN TEMPERATUUR
A Tropies Winter Warm
B Gematig ('Temperate') Geen Baie koud
C Tropies Somer Baie warm
D Gematig ('Temperate') Winter Warm
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Mariene Wetenskappe/V1 5 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.1.7 Die lys met frases hieronder verwys na klip-visvalle ('stone fish
traps').
(i) Sagte ('Gentle') seebodemhelling stel visse in staat om maklik
in die val in te swem
(ii) Gapings tussen die klippe is nie groot genoeg vir visse om in te
pas nie
(iii) Visse swem oor die muur tydens springhooggety
(iv) Water dreineer tussen die klippe soos die gety sak
(v) Visse word tydens laagwater vasgevang en deur vissers
gevang
Watter EEN van die volgende kombinasies gee die KORREKTE
volgorde vir hoe die klip-visval werk?
A (i), (ii), (iii) en (iv)
B (iii), (i), (iv) en (v)
C (i), (v), (ii) en (iv)
D (iii), (v), (ii) en (iv)
1.1.8 Die sirkelgrafiek hieronder toon die hoofbestanddele van
soutgehalte in seewater (%).
Hoofbestanddele van soutgehalte in seewater (%)
Kalium 1%
Kalsium 1% Ander 1%
Magnesium 4%
Sulfaat 8%
Chloried 55%
Natrium 30%
[Aangepas uit https://player.slideplayer.com/25/7637748/data/images/img9.jpg]
Die totale soutgehalte in 1 000 g seewater is 34,8 g. Bereken die
massa van chloriedione in die seewater:
A 19,14 g
B 2,78 g
C 10,62 g
D 1,94 g
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Mariene Wetenskappe/V1 6 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.1.9 Hieronder is stellings met betrekking tot die wetgewing wat die
produksie van voedsel met behulp van akwakultuur beheer.
(i) Permitte word nie vir die vrylating van endemiese spesies
vereis nie.
(ii) Akwakultuur moet aan die hoogste standaard van higiëne
voldoen.
(iii) Dit bied beskerming vir voedselverbruikers en die omgewing.
(iv) Etikette op produkte moet wetenskaplike name insluit.
(v) Besonderhede oor die oorsprong van produkte moet op etikette
wees.
Watter EEN van die volgende kombinasies toon SLEGS
KORREKTE opsies?
A (ii), (iv) en (v)
B (i), (ii) en (iv)
C (ii), (iii) en (v)
D (i), (iii) en (iv)
1.1.10 Die spesie seewier wat kommersieel in Simonstad, Suid-Afrika,
geoes word:
A Seebamboes
B Pers wier ('Purple laver')
C Seeslaai
D Gesplete waaierkelp (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Mariene Wetenskappe/V1 7 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.2 Gee die korrekte wetenskaplike term/frase vir elk van die volgende
beskrywings. Skryf slegs die term/frase langs die vraagnommers
(1.2.1 tot 1.2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Strukture wat reghoekig met die strand in die see in uitgebou is om
die vervoer van sediment langs die kus ('longshore transport') te
vertraag en vas te vang
1.2.2 Klein golfies op die wateroppervlak wat veroorsaak word deur die
wind of deur iets wat in of op die water beweeg
1.2.3 Plat gebied langs die kus aan die bokant van 'n rotshang ('cliff face')
1.2.4 'n Sandbank met oseaansediment wat 'n eiland met die kus verbind
1.2.5 Geologiese intervalle van warmer globale gemiddelde temperatuur
wat duisende jare duur
1.2.6 Die lewende, oesbare gedeelte van 'n bevolking waaruit vangste in
'n vissery geneem word
1.2.7 Produksie van plante vir voedsel met behulp van nutriëntryke water
in plaas van grond
1.2.8 Die korttermyntoestande van die atmosfeer in die troposfeer
1.2.9 Herhaalde beweging weg van 'n ewewigstoestand en terug na die
ewewigstoestand, soos die swaai van 'n pendulum
1.2.10 Die eerste rif wat gevorm word as 'n hindernis vir die beweging van
sediment in sandduinvorming (10 x 1) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Mariene Wetenskappe/V1 8 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II
nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
(1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 OTEC A: osmotiese drukgradiënt
B: temperatuurgradiënt
1.3.2 Metaan en koolstofdioksied A: kovalente bindings
teenwoordig
B: nie-polêre molekule
1.3.3 Argeologiese bewyse wat aan A: Smitswinkelbaai-grot
die suidweskus gevind is B: Melkhoutboom-grot
1.3.4 Duikwetenskappe-gaswet A: Charles se wet
waar temperatuur konstant bly B: Gay-Lussac se wet
1.3.5 Voor die industriële rewolusie A: meer aragoniet
B: hoër pH
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Mariene Wetenskappe/V1 9 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Lees die inligting hieronder.
Water dien as 'n universele oplosmiddel vir die vernaamste ione (Na⁺, Cl⁻, Ca²⁺,
Mg²⁺). Vars water vervoer hierdie vername ioonkonsentrasies vanaf
landhabitatte na die oseaan, wat 'n toename in soutgehalte veroorsaak, wat tot
'n toename in die digtheid van seewater lei.
Die kus van Chennai (in Indië) is daarvoor bekend dat dit groot hoeveelhede
reënval gedurende die Noordoos-Moesson-periode ontvang. Reënvaldata
word deur die Indiese Meteorologiese Departement (IMD) ingesamel.
Wetenskaplikes het die gemiddelde reënval en seewaterdigtheid in die water
langs die kus van Chennai gemonitor. Wetenskaplikes wou die verband tussen
die gemiddelde reënval en die gemiddelde digtheid van seewater bepaal.
[Aangepas uit Sharma et al., 2022, mausam.imd.gov.in]
Die volgende metode is gebruik om die ondersoek uit te voer:
• Die studie-area is naby aan 'n riviermonding ('estuary') gekies.
• Steriele 500 mℓ-monsternemingsbottels is gebruik om drie seewater-
monsters op 'n diepte van 1 m in te samel.
• Monsters is in die somer, winter en herfs ingesamel.
• Die monsters is toe na laboratoriums gestuur om die digtheid te meet.
• Data oor die gemiddelde reënval per seisoen is van die IMD verkry.
Die data is in die tabel hieronder aangeteken.
Gemiddelde digtheid (kg/m3)
Seisoene Gemiddelde reënval (mm)
van seewater
Somer 60 979
Herfs 750 1 025
Winter 120 856
[Aangepas uit Sharma et al., 2022, mausam.imd.gov.in]
2.1.1 Vir hierdie ondersoek, gee:
(a) EEN konstante veranderlike genoem (1)
(b) EEN afhanklike veranderlike (1)
2.1.2 Teken 'n saamgestelde grafiek wat die reënval as stawe/kolomme
en die digtheid as 'n lyn voorstel. (11)
2.1.3 Noem TWEE maniere waarop soute en ione natuurlik uit die
seewater in hierdie gebied verwyder kan word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Mariene Wetenskappe/V1 10 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
2.1.4 (a) Uit die grafiek wat in VRAAG 2.1.2 geteken is, identifiseer in
watter seisoen die moesonperiode plaasgevind het. (1)
(b) Deur na beide die reënval en die digtheid van seewater te
verwys, motiveer jou antwoord op VRAAG 2.1.4(a). (3)
2.1.5 Beskryf hoe klimaatsverandering die seisoenale verskille in
seewaterdigtheid langs die kus van Chennai kan beïnvloed. (2)
(21)
2.2 Lees die teks oor skubaduikers wat droëpakke ('drysuits') gebruik en
beantwoord die vrae wat volg.
DIE DRUK VAN 'N DROËPAK
Droëpakke verskil van natpakke/duikpakke ('wetsuits') deurdat hulle
lospassend en heeltemal waterdig is, wat duikers in koue omgewings warm
hou. Indien duikers egter nie behoorlik in die gebruik van droëpakke opgelei is
nie, kan die pakke 'pakdruk' ('suit squeeze') veroorsaak, 'n tipe barotrauma.
[Aangepas uit https://www.dansa.org/blog/2018/09/07]
2.2.1 Noem EEN effek van barotrauma op die menslike liggaam. (1)
2.2.2 'n Duiker wat 'n droëpak dra, duik op 'n diepte van 30 meter waar die
temperatuur 7 °C is. Die duiker begin na die oppervlak styg, waar
die temperatuur 27 °C is.
Indien die volume lug binne-in die pak op 30 meter, 1 liter is, wat sal
die volume lug binne-in die pak by die oppervlak wees? (5)
(6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Mariene Wetenskappe/V1 11 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
2.3 Verwys na die inligting hieronder oor die effek van klimaatsverandering op
vloedbranders ('tidal bores') en beantwoord die vrae wat volg.
VLOEDBRANDERS NIE VERVELIGE NUUS NIE
Klimaatsverandering veroorsaak 'n styging in seevlak. Navorsing toon dat dit
tot 'n toename in getygolfhoogte van ongeveer een meter lei, sowel as 'n
toename in waterturbulensie en -snelheid binne vloedbranders. Gebiede waar
hierdie vloedbranders voorkom, ervaar 'n toename in die frekwensie van
oorstromings (sien prent hieronder) en kuslyn-erosie.
[Aangepas uit https://www.tandfonline.com/doi/full]
VLOEDBRANDEROORSTROMINGS OP KUS
[Bron: https://www.theatlantic.com/photo/2013/08/]
2.3.1 Bespreek hoe die kweekhuiseffek tot stygende seevlakke bydra. (3)
2.3.2 (a) Noem TWEE voorwaardes ('conditions') wat tot die vorming
van vloedbranders lei. (2)
(b) Beskryf die beweging van water binne-in 'n vloedbrander sodra
die voorwaardes wat in VRAAG 2.3.2(a) genoem is, nagekom
is. (1 x 2) (2)
2.3.3 Beskryf EEN voordeel van vloedbranders vir die gemeenskappe wat
in hierdie gebiede woon. (2)
2.3.4 Bespreek EEN potensiële voorkomende maatreël wat hierdie
gemeenskappe kan implementeer om skade deur oorstromings te
verhoed, soos in die prent hierbo gesien. (2)
2.3.5 Gee jou mening daaroor of vloedbranders vir hierdie gemeenskappe
meer skadelik of meer voordelig is. Motiveer jou antwoord.
(2)
(13)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Mariene Wetenskappe/V1 12 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 3
3.1 Verwys na die inligting hieronder oor maalkolke ('eddies') van die
Agulhasstroom en beantwoord die vrae wat volg.
AGULHAS-MAALKOLKE
Maalkolke word in die Agulhasstroom gevorm wanneer die stroom die
suidelikste punt van Afrika nader. Daar begin water in 'n kronkelende patroon
beweeg en ontsnap uit die hoofstroom as maalkolke.
Hierdie maalkolke dra die fisiese eienskappe van die Agulhasstroom oor die
Atlantiese Oseaan na die Noordelike Halfrond. Studies het voorgestel dat
mesoskaal-maalkolke van die Agulhasstroom 'n belangrike rol in die globale
klimaatstelsel speel. Veranderinge in die aantal maalkolke wat vrygestel word,
kan omkering ('overturn') in die Noordelike Halfrond drasties beïnvloed.
KAART VAN DIE VERNAAMSTE SIRKULASIESTELSELS VAN DIE
SUIDELIKE HALFROND
Sleutel
Rigting van oppervlak- Ligging van Weste- Suidwaartse beweging
watervloei like Windgordel (W) van windgordel
[Aangepas uit Beal, LM et al., 2011. Nature. Vol. 472, p. 429–436]
3.1.1 Beskryf die eienskappe van 'n mesoskaal-maalkolk indien dit in die
Agulhasstroom by Ligging 1 ontstaan het. (3)
3.1.2 Verduidelik hoe die mesoskaal-maalkolk in VRAAG 3.1.1 moontlik
omwenteling/omkering kan beïnvloed wanneer dit die Noordelike
Halfrond by Ligging 2 bereik. (2)
3.1.3 Die Westelike Windgordel ('Westerly Wind Belt') (W) beïnvloed die
suidelike limiet van die oppervlakstrome. Klimaatsveranderingdata
toon dat hierdie gordel suidwaarts skuif, soos op die kaart hierbo
aangedui.
Verduidelik EEN effek wat hierdie verskuiwing op die oseaan-
sirkulasie rondom Suider-Afrika kan hê. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Mariene Wetenskappe/V1 13 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.1.4 Gee jou mening daaroor of die internasionale navorsing-
gemeenskap Suid-Afrika moet ondersteun om meer navorsing oor
hierdie maalkolke in die Agulhasstroom te doen. Motiveer jou
antwoord. (2)
(9)
3.2 Bestudeer die infografika hieronder oor die Benguela-opwellingstelsel om die
vrae wat volg, te beantwoord.
BENGUELA-OPWELLINGSTELSEL
Wetenskaplikes neem langtermyn-tendense ('trends') in die Benguela-
opwellingstelsel waar. Bevindinge van hierdie waarnemings toon variasie in die
sterkte van die opwelling, wat aan variasie in ENSO-gebeurtenisse gekoppel
kan word. 'n Steekproef van hierdie data word in die tabel hieronder getoon.
GEMIDDELDE SUIDOOSTELIKE WINDSPOED EN
ENSO-GEBEURTENISSE VANAF 2018 TOT 2023
JAAR SO WINDSPOED (m/s) ENSO-GEBEURTENIS
2018 4,2 El Niño
2019 4,3 El Niño
2020 4,4 Normaal
2021 4,7 La Niña
2022 4,7 La Niña
2023 4,6 La Niña
[Aangepas uit https://data.ocean.gov.za/mims/catalog en earthobservatory.nasa.gov]
OPWELLING AAN DIE WESKUS VAN SUID-AFRIKA
See-oppervlak
Kus
Resulterende
waterbeweging
Sleutel
Rigting van waterbeweging Rigting van heersende wind
[Bron: Eksaminator]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Mariene Wetenskappe/V1 14 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.2.1 Verwys na die diagram oor opwelling aan die weskus van
Suid-Afrika.
(a) Gee die KORREKTE wetenskaplike term om die resulterende
waterbeweging by R te beskryf. (1)
(b) Verduidelik waarom die water by M in die teenoorgestelde
rigting van die heersende wind beweeg. (4)
3.2.2 Gee die verwantskap tussen windspoed en die ENSO-gebeurtenis. (2)
3.2.3 (a) Volgens die gegewe data, was opwelling tussen 2018 en 2019
sterker of swakker? (1)
(b) Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.2.3(a). (3)
3.2.4 Beskryf hoe periodes van sterker opwelling die volgende sou
beïnvloed:
(a) Klimaat van die weskus (2)
(b) Gemeenskappe wat aan die weskus woon (2)
3.2.5 Gee jou mening daaroor of die data wat hierbo getoon word, gebruik
kan word om die ENSO-gebeurtenisse van toekomstige jare te
voorspel. Motiveer jou antwoord. (2)
(17)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Mariene Wetenskappe/V1 15 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.3 Verwys na die teks hieronder oor die Wildekus en beantwoord die vrae wat
volg.
WONDERS VAN DIE WILDEKUS
Waterfall Bluff is die eindbestemming op een van
Suid-Afrika se beste staproetes wat aan die
Wildekus geleë is. Die waterval is een van die
enigste watervalle ter wêreld wat direk in die see
in val. Die rotsagtige kranse rondom die waterval
is ongeveer 100 meter hoog en vorm 'n groot
oorhangende grot, met die naam Grotto-grot,
agter die waterval. Grotto-grot is 'n geliefde plek
vir stappers wat wil rus en die skaduwee in die
grot wil geniet.
[Bronne: https://www.wildcoastholiday.co.za en
https://tracks4africa.co.za]
3.3.1 (a) Noem die kusstreek waar Waterfall Bluff geleë is. (1)
(b) Gee EEN voorbeeld van plantegroei wat stappers aan die
Wildekus kan waarneem. (1)
3.3.2 Beskryf kortliks die geologiese prosesse wat by die vorming van
Grotto-grot betrokke was. (2)
3.3.3 Teken 'n volledig benoemde diagram om die potensiële vorming van
Grotto-grot te toon. (5)
(9)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 75
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Mariene Wetenskappe/V1 16 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING C
Beantwoord enige EEN vraag in hierdie afdeling.
Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan.
LET WEL: Jou antwoord moet in die vorm van 'n opstel wees. GEEN punte sal vir
antwoorde in die vorm van 'n tabel, vloeidiagram of diagram toegeken word
NIE.
VRAAG 4
Hierdie vraag is uit 'n artikel in die Business Live-tydskrif aangepas.
NAMIBIË GAAN VIR SALMGOUD ('SALMON GOLD')
Namibië se heel eerste salmboerderyprojek, Afrika-akwakultuurmaatskappy ('African
Aquaculture Company') (AAC), het N$41 miljoen (Namibiese dollar), gelykstaande aan
ongeveer R41 miljoen, in internasionale befondsing ontvang. Die projek word naby
Lüderitz, 'n dorp aan die Namibiese kus, geïmplementeer.
Salmboerdery behels verskeie stadiums, beide aanlandig ('onshore') en aflandig
('offshore'). Die uitbroei ('hatching') vind in varswaterdamme op land plaas, waar die
salm veilig kan groei. Op 'n sekere grootte (150 g) word die visse aflandig na seehokke
oorgeplaas. Sodra die salm groot genoeg is (4,5 kg), word hulle na 'n
verwerkingsfasiliteit aan land vervoer, waar hulle skoongemaak en vir uitvoer op ys
geplaas word.
Die Wêreldnatuurfonds (WWF) waarsku dat salmboerdery 'n negatiewe impak op die
omgewing kan hê. Hierdie bekommernisse sal deur die AAC verlig moet word en 'n
omgewingsbestuursplan moet gevolg word. Die plan sal aan streng internasionale
kodes voldoen, in ooreenstemming met Namibië se Ministerie van Landbou, Visserye,
Water en Grondhervorming.
[Bron: https://www.businesslive.co.za/fm/features/2025-04-24]
Skryf 'n opstel oor hierdie projek wat in 'n akwakultuurtydskrif gepubliseer sal word.
Maak seker dat jy ELKE kolpunt hieronder bespreek.
• Verduidelik in breë trekke die finansiële oorwegings waarvoor hierdie salmprojek
vóór implementering sou moet beplan.
• Bespreek, in besonderhede, belangrike faktore wat die maatskappy tydens
AANLANDIGE bedrywighede van hierdie salmplaas in gedagte moet hou.
• Bespreek die potensiële impakte van hierdie AFLANDIGE houerstelsel ('holding
system') op die omgewing waaroor die WWF bekommerd is.
• Evalueer die potensiële sosio-ekonomiese voordele wat die projek vir hierdie
gemeenskap sal inhou.
• Gee jou mening daaroor of meer van hierdie salmplase in Suider-Afrika
geïmplementeer moet word. Motiveer jou antwoord.
Inhoud: (25)
Sintese: (10)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Mariene Wetenskappe/V1 17 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 5
Hierdie vraag is op die hipotetiese scenario hieronder gebaseer.
Landgebaseerde windplase wat vir energie-opwekking gebruik word, is baie suksesvol
aan die kus in die Oos-Kaap van Suid-Afrika. Dit het buitelandse beleggers gelok wat in
groter ontwikkeling van hierdie projekte belangstel.
Suid-Afrika het, tot op hede, geen aflandige ('offshore') windplase gehad nie, en die
beleggers het beplan om die eerste amptelike aflandige windplaas vir die land te skep.
Een moontlike ligging vir hierdie windplaas was naby 'n nuut ontwikkelde
kusvissersdorpie. Hierdie dorpie is naby Gqeberha (wat dikwels die Winderige Stad
genoem word) geleë. Die dorpie het beperkte toegang tot elektrisiteit, daarom sal die
windplaas vir nuut ontwikkelde visfabrieke en vir plaaslike huishoudings en nywerhede
voordelig wees.
[Aangepas uit Tshimbiluni, HC en Tabakou, PY, 2019. Vol. 342, p. 5]
Skryf 'n opstel oor hierdie nuwe voorgestelde projek wat in die plaaslike koerant
gepubliseer sal word om hierdie ontwikkeling te verduidelik. Maak seker dat jy ELKE
kolpunt hieronder bespreek.
• Beskryf, in besonderhede, hoe windturbines energie oes.
• Bespreek hoe hierdie gemeenskap voordeel sal trek uit die aflandige
windturbineprojek wat naby hulle dorpie geïmplementeer word.
• Evalueer die faktore wat in ag geneem moet word om uitdagings wat met die
implementering van hierdie aflandige windturbines ervaar word, te verminder.
• Bespreek die ooreenkomste en verskille van die impakte tussen landgebaseerde
windplase EN aflandige windplase.
• Gee jou mening daaroor of hierdie dorpie groter voordeel sal trek uit landgebaseerde
windplase OF uit aflandige windplase. Motiveer jou antwoord.
Inhoud: (25)
Sintese: (10)
[35]
TOTAAL AFDELING C: 35
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Marine Sciences Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Marine Sciences Grade 12 Paper 2 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Marine Sciences Grade 12 Paper 2 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Marine Sciences Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Marine Sciences Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Marine Sciences Grade 12 P1 November 2024 NSC MG Question Paper
Related documents

Memorandum
Marine Sciences Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo

Question paper
Marine Sciences Grade 12 Paper 1 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Marine Sciences Grade 12 Paper 1 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Marine Sciences Grade 12 Paper 1 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Marine Sciences Grade 12 Paper 1 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Marine Sciences Grade 12 Paper 1 NSC November 2022 Question Paper
More from Grade 12 Marine Sciences

Memorandum
Marine Sciences Grade 12 Paper 2 NSC November 2025 Memo

Question paper
Marine Sciences Grade 12 P2 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Marine Sciences Grade 12 Paper 2 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Marine Sciences Grade 12 Paper 2 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Marine Sciences Grade 12 Paper 2 NSC November 2023 Question Paper

Question paper