Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
MARIENE WETENSKAPPE V2
NOVEMBER 2025
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentQuestion paper 











View all





Marine Sciences Grade 12 Paper 2 NSC November 2025 Question Paper
Grade 12 Marine Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2025, 17 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Marine Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Marine Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 1.6 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 17
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Mariene Wetenskappe/V2 2 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. Beantwoord die vrae soos volg:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: VERPLIGTEND
Bestaan uit VRAAG 2 en 3.
Beantwoord BEIDE vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit VRAAG 4 en 5.
Dit is VERPLIGTEND om SLEGS EEN van die twee vrae in
hierdie afdeling te beantwoord.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin die antwoorde op ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en skryf die byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy moet 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en 'n passer gebruik,
waar nodig.
11. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot die TWEEDE desimale plek af,
waar van toepassing.
12. MOENIE in die kantlyne in die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
13. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Mariene Wetenskappe/V2 3 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING A 2025
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
1.1.1 Diere wat in die laer/onderste eulittorale sone aangetref word, is nie
goed vir … aangepas nie.
A predasie
B golfaksie
C uitdroging
D turbulensie
1.1.2 Die prent hieronder toon 'n spesie walvisagtige diere ('cetaceans')
wat langs die kus van Suid-Afrika aangetref word.
[Bron: https://cetacea.fandom.com]
Watter EEN van die volgende opsies gee die KORREKTE algemene
naam vir die walvisagtige dier?
A Boggelrugwalvis ('Humpback Whale')
B Stompneusdolfyn ('Bottlenose Dolphin')
C Bryde se Walvis ('Bryde's Whale')
D Boggelrugdolfyn ('Humpback Dolphin')
1.1.3 Watter EEN gee 'n KORREKTE sleutelbeginsel van The
International Ecotourism Society (TIES)?
A Laat toeriste toe om met wilde diere interaksie te hê
B Vermy toerisme-aktiwiteite in natuurlike gebiede
C Laat toeriste toe om plaaslike tradisies te ervaar
D Prioritiseer die omgewing bo die gemeenskap
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Mariene Wetenskappe/V2 4 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.1.4 Watter opsie sal 'n gebied daarvan uitsluit om 'n gemeenskaps-
bestuurde plaaslike mariene reservaat te wees?
A Teenwoordigheid van skaars spesies
B Ondersteun ooruitbuiting van spesies
C Gebied het 'n groot ekonomiese ontwikkeling
D Gebied is esteties aantreklik
1.1.5 Die prent hieronder toon 'n Molkrap (Emerita austroafricana) wat op
'n sandstrand gevind word.
[Bron: https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons]
Watter stelling oor die Molkrap is VERKEERD?
Die Molkrap …
A kom te voorskyn om deur die stygende gety rondgerol te word.
B bly in die turbulente sone om te voed.
C keer saam met die gety na die laagwatermerk terug.
D migreer in die sandkolom om te filtervoed.
1.1.6 Watter EEN van die volgende vergelykings is VERKEERD met
betrekking tot voortplanting by amfibieë en reptiele?
AMFIBIEË REPTIELE
A Ondergaan metamorfose Word identies aan die ouers gebore
B Sagte, deurlaatbare dop Leeragtige, deurlaatbare dop
C Eksterne bevrugting Interne bevrugting
D Eiers het water nodig Eiers het nie water nodig nie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Mariene Wetenskappe/V2 5 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.1.7 Die strukture hieronder word by stekelhuidiges ('echinoderms')
aangetref:
(i) Papels ('Papulae')
(ii) Piloriese caecae
(iii) Watervaskulêre sisteem
(iv) Pedicellariae
(v) Selomosiete
Watter kombinasie bevat slegs strukture wat met BEIDE sirkulasie
en uitskeiding by stekelhuidiges te doen het?
A (v), (iv) en (i)
B (iii), (ii) en (v)
C (ii), (i) en (iv)
D (i), (iii) en (v)
1.1.8 Die hoë produktiwiteit wat in kelpwoud-ekosisteme voorkom, is 'n
gevolg van …
A die afval van kelpblare ('fronds').
B konstante blootstelling aan sonlig.
C die gebrek aan roofdiere.
D hoë soutvlakke.
1.1.9 Die volgende stellings het betrekking op seesterre:
(i) Spysverteringsensieme verteer die voedselbron gedeeltelik.
(ii) Die maag word buite die seester se mond omgekeer
('everted').
(iii) Voedingstowwe word in die seester se liggaam ingetrek.
(iv) Die onderste deel van die maag is op die voedselbron.
Watter kombinasie beskryf die volgorde van voeding en vertering by
seesterre KORREK?
A (ii), (iii), (iv) en (i)
B (iv), (i), (ii) en (iii)
C (ii), (iv), (i) en (iii)
D (iv), (iii), (i) en (ii)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Mariene Wetenskappe/V2 6 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.1.10 Die prent hieronder toon 'n uitgebroeide kleintjie van 'n gewerwelde
dier.
[Bron: https://i.pinimg.com/564x/6c/26/f1/]
Die hoofrol wat die temperatuur van die sand in die ontwikkeling van
die kleintjie van die gewerwelde hierbo speel, is dat dit …
A die grootte van die kleintjies bepaal.
B die geslag van die kleintjies beïnvloed.
C die aantal eiers wat sal uitbroei, aandui.
D hulle vermoë om te swem, versnel. (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Mariene Wetenskappe/V2 7 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.2 Gee die korrekte wetenskaplike term/frase vir elk van die volgende
beskrywings. Skryf slegs die term/frase langs die vraagnommers
(1.2.1 tot 1.2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Hoëfrekwensie-klanke voortgebring deur vlermuise en
walvisagtiges ('cetaceans') om voorwerpe in donker of swak visuele
omgewings op te spoor
1.2.2 'n Rugkoord ('Notochord') wat in buigsame segmente van kraakbeen
of been verdeel is
1.2.3 Die dun strokies wat van die kieuboë ('gill arches') van visse
uitwaaier om 'n breë gaswisselingsoppervlak te bied
1.2.4 Voordele vir 'n habitat wat deur die natuur en gesonde ekosisteme
verskaf word, soos die voorsiening van voedingstowwe en goeie
watergehalte
1.2.5 'n Proses in baie diere wat duik, waar die bloedtoevoer na
nie-kritiese organe en weefsel beperk word terwyl hulle duik, wat alle
beskikbare suurstof in staat stel om na die brein en spiere wat vir
swem verantwoordelik is, te gaan
1.2.6 Die gebied net onder die spring-laagwatermerk ('spring low-tide
mark')
1.2.7 Struktuur wat in seevoëls gevind word wat olie vir die waterdigting
van die vere produseer
1.2.8 Ervarings wat aan toeriste gebied word wat op wilde of natuurlike
omgewings fokus
1.2.9 Veeragtige takke wat by seekomkommers gevind word, wat tot in
die selom vanaf die rektum strek en seewater intrek om met
gaswisseling te help
1.2.10 'n Benerige plaat wat die kieukamer van 'n vis bedek (10 x 1) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Mariene Wetenskappe/V2 8 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II
nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
(1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Ekotoerisme-sakeplan A: die bou van infrastruktuur
B: opvoeding van gemeenskappe
1.3.2 Stervormige enkel- A: sakpyp ('ascidian')
inaseminghewel ('inhalant B: Witmossel
siphon')
1.3.3 IUCN-kategorie van A: habitatbestuursgebied
Robbeneiland B: beskermde landskap
1.3.4 Middelkus A: Spookkrap
B: strandvlooi
1.3.5 Giftig vir die meeste A: Chelonia mydas
roofdiere B: Eretmochelys imbricate
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Mariene Wetenskappe/V2 9 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Bestudeer die ondersoek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Afrika-pikkewyne (Spheniscus demersus) is kritiek bedreigde seevoëls wat vir
oorlewing van klein pelagiese vissies soos sardientjies en ansjovis afhanklik is.
Industriële saknetvisvang ('purse-seine fishing') teiken ook dieselfde visspesie,
wat mededinging tussen pikkewyne en kommersiële visserye skep. Die
pikkewyne soek kos tot op 'n diepte van 40 m. Dit is dieselfde diepte waarop
saknetvisvang-nette gebruik word om die klein pelagiese vissies te vang.
Om die potensiële voordele van Mariene Beskermde Gebiede (MBG's) ('Marine
Protected Areas/MPAs') vir pikkewynbewaring te ondersoek, het navorsers
twee Afrika-pikkewynkolonies in Nelson Mandelabaai bestudeer: St. Croix-
eiland en Voëleiland, wat 50 km weg van mekaar geleë is. Beide gebiede
rondom die kolonies was in 2008 oop vir saknetvisvang-aktiwiteite. As deel van
'n groter inisiatief, van 2009 tot 2010, is 'n geen-neem-sone met 'n radius van
20 km rondom St. Croix-eiland gevestig, terwyl Voëleiland regdeur 2009 en
2010 vir visvang oop gebly het.
Die wetenskaplikes het die volgende metode gebruik:
• Pikkewyne wat kuikens versorg het, is met GPS-duiksensors gemerk.
• Die merkers het die gemiddelde duikdiepte (in meter) per voedingstog
('feeding trip') aangeteken.
• Die ure wat per voedingstog in die see deurgebring is, is aangeteken.
• Die gemiddelde duikdiepte in die see is gebruik om die energie te bereken
wat die pikkewyne gebruik het om kos te vind.
Die tabel hieronder toon die data wat in hierdie studie ingesamel is.
GEMIDDELDE DUIKDIEPTE (m)
JAAR
VOËLEILAND ST. CROIX-EILAND
2008 25,0 26,4
2009 26,8 23,0
2010 28,6 32,1
[Aangepas uit Pichegru et al. 2012. Journal of Applied Ecology, Nr. 56]
2.1.1 Gee die onafhanklike veranderlike vir hierdie ondersoek. (1)
2.1.2 Teken 'n staafgrafiek om die data hierbo te toon. (8)
2.1.3 Verduidelik hoe 'n toename in die gemiddelde duikdiepte die
oorlewingsyfer van pikkewynkuikens kan beïnvloed. (3)
2.1.4 Verduidelik TWEE maniere waarop pikkewyne aangepas is om die
hoeveelheid energie wat gebruik word wanneer hulle vir klein
pelagiese visse dieper duik, te verminder. (2 x 2) (4)
(16)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Mariene Wetenskappe/V2 10 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
2.2 Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
VINNIGE REAKSIESPAN VIR NESTE
Kolonies van die Kaapse Kurper ('Cape Bream') (Pachymetopon blochii) en die
Gewone Brosster ('Common Brittlestar') (Ophiothrix fragilis) word in die
kelpwoude gevind.
Die Kaapse Kurper-mannetjie hou 'n nes in stand om een viswyfie te lok. Nadat
paring plaasgevind het, bly die mannetjies by die nes om die ontwikkelende
eiers op te pas.
Wanneer die water van die kelpwoud af wegvloei, word die reuk van die eiers
van die neste af weggevoer. Die Brossterre bespeur dan hierdie reuk en
beweeg in 'n swerm na die Kaapse Kurper-neste om die eiers te eet.
Om die eiers te verdedig, tel die Kaapse Kurper-mannetjies die Brossterre met
hulle monde op en dra hulle van die neste af weg. Kurper-mannetjies aan die
binnekant van die kolonie help dié op die rand van die kelpwoud om te keer dat
die Brossterre by hulle neste kom.
[Bron: https://www.theguardian.com en https://www.youtube.com]
Kaapse Kurper Gewone Brosster
(Pachymetopon blochii) (Ophiothrix fragilis)
[Bron: https://www.pngplay.com/image/] [Bron: https://www.marlin.ac.uk/species]
2.2.1 Bespreek waarom Kaapse Kurpers hulle neste in kelpwoude bou. (2)
2.2.2 Noem die verhouding wat tussen die Gewone Brosster en die
Kaapse Kurper-eiers plaasvind. (1)
2.2.3 (a) Noem die voortplantingstrategie wat by die Kaapse Kurper
voorkom. (1)
(b) Evalueer of die voortplantingstrategie wat in VRAAG 2.2.3(a)
genoem is, vir die Kaapse Kurper voordelig is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Mariene Wetenskappe/V2 11 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
2.2.4 (a) Bespreek hoe die Gewone Brossterre die reuk van die
Kaapse Kurper-eiers kan bespeur. (3)
(b) Beskryf hoe die Gewone Brossterre hulleself vorentoe na die
Kaapse Kurper-neste toe sal beweeg. (2)
(c) Na jou mening, sou 'n toename in golfaktiwiteit langs die
Weskus van Suid-Afrika die Gewone Brosster se vermoë om
Kaapse Kurper-eiers op te spoor, negatief of positief
beïnvloed? Motiveer jou antwoord. (2)
(13)
2.3 Bestudeer die teks en die prent hieronder oor die Swart Tobie ('African Black
Oystercatcher') en beantwoord die vrae wat volg.
TOBIE-FYNPROEWERSKOS
Die byna bedreigde Swart Tobie (Haematopus moquini) wat hieronder getoon
word, is inheems aan die rotsagtige strande van Suider-Afrika. Die Swart Tobie
se dieet bestaan hoofsaaklik uit weekdiere, swartmossels ingesluit.
[Aangepas uit https://www.tandfonline.com]
SWART TOBIE
(Haematopus moquini)
[Bron: https://thebdi.org]
2.3.1 Gee die naam van die rotsagtige strandsone waar die Swart Tobie
aangetref word wanneer dit op swartmossels voed. (1)
2.3.2 Bespreek EEN voordeel van predasie op die bevolkings van
prooispesies wat in rotsagtige strand-ekosisteme leef. (1 x 2) (2)
2.3.3 Beskryf EEN biotiese faktor waarmee swartmossels te doen het,
BEHALWE predasie. (1 x 2) (2)
2.3.4 Bespreek die impak wat die toenemende stroping van swartmossels
op die getalle van Swart Tobies sou hê. (2)
(7)
[36]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Mariene Wetenskappe/V2 12 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 3
3.1 Lees die infografika oor die Knysna-riviermonding ('Knysna Estuary') hieronder
en die data in die tabel. Beantwoord die vrae wat volg.
KNYSNA-RIVIERMONDING
Die Knysna-riviermonding is in die Wes-Kaap aan die suidkus van Suid-Afrika
geleë. Die riviermonding is 'n gewilde toeristebestemming, aangesien 'n
verskeidenheid unieke ontspanningservarings aangebied word. Hierdie
kommersiële aktiwiteite maak gebruik van verskillende tipes vaartuie. Hierdie
vaartuie kan moontlik 'n bedreiging vir die ekologiese toestand van hierdie
riviermonding-omgewing inhou. Dus moet daar jaarliks om permitte aansoek
gedoen word.
Die moddervlaktes in die Knysna-riviermonding is hoofsaaklik 'n habitat vir
grawende ongewerweldes, soos die Moddergarnaal ('Mud Prawn') (Upogebia
africana), Bloedwurm (Arenicola loveni) en weekdierspesies ('mollusc species')
wat as aas deur ontspannings- en bestaansvissers ('subsistence fishers')
gebruik word. Hierdie riviermonding word tans deur Suid-Afrikaanse Nasionale
Parke (SANParke) bestuur.
[Aangepas uit https://www.sanparks.org/wp-content/uploads/2024/01]
Getal jaarlikse permitte wat vir vaartuie gedurende die veroorloofde
tydperk/permittydperk van 2018 tot 2019 vir die
Knysna-riviermonding uitgereik is
TIPE VAARTUIG JAARLIKSE GETAL PERMITTE UITGEREIK
Opblaaskano 210
Snelboot ('Speedboat') 687
Roeiboot 51
Huisboot 12
Kajak 176
Waterponie ('Jet ski') 4
Opblaaskano's, roeibote en kajaks word aangedryf deur mense wat roeispane
gebruik.
Snelbote, huisbote en waterponies word deur enjins aangedryf.
[Aangepas uit https://www.sanparks.org/wp-content/uploads/2024/01]
3.1.1 Verduidelik EEN potensiële impak wat snelbote op die diere wat in
die Knysna-riviermonding woon, kan hê. (3)
3.1.2 Vergelyk die omgewingsimpak van die roeiboot EN die waterponie.
Stel 'n maatreël voor wat SANParke kan implementeer om hierdie
omgewingsimpak vir die Knysna-riviermonding te verklein. (3)
3.1.3 Bestudeer die data in die tabel. Dink jy dat die uitreik van permitte
genoeg is om die gevolge van oortoerisme te verminder? Regverdig
jou antwoord. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Mariene Wetenskappe/V2 13 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
Bestudeer die kaart van die Knysna-riviermonding, waar X die ligging van
Bloedwurms in die riviermonding aandui.
KAART VAN KNYSNA-RIVIERMONDING
Die X dui die ligging van Bloedwurms in die riviermonding aan.
Suid-Afrika
Fyner
sediment
X
Knysna-
riviermonding
X
Knysna-
koppe
Indiese Oseaan
[Aangepas uit https://www.sanparks.org/wp-content/uploads/2024/01]
3.1.4 Die Knysna-gebied het 'n toename in reënval oor 'n kort tydperk
ondervind. Hierdie reënval het veroorsaak dat die fyner sediment op
die rivieroewers in die Knysna-riviermonding ingevloei het. Hierdie
verskynsel het gelei tot die afsetting van hierdie fyner sediment by
die plekke wat X gemerk is.
(a) Verduidelik hoe die invloei van hierdie fyner sediment die
visbedryf sal beïnvloed. (3)
(b) Teken 'n geannoteerde diagram wat 'n Bloedwurm in 'n gat
toon. Gebruik pyle om die rigting van watervloei aan te dui. (4)
(15)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Mariene Wetenskappe/V2 14 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.2 Lees die uittreksel oor robbe se snorbaarde ('whiskers') hieronder en
beantwoord die vrae wat volg.
DIE SNORBAARDE VAN 'N ROB
Soos wat diere in water beweeg, word warrelings in die water geskep. Die rob
se snorbaarde is ontwerp om op en af, oor en onder hierdie warrelings te
vibreer. Deur hierdie warrelings met hulle snorbaarde waar te neem, kan robbe
die grootte, spoed en rigting van ander swemmende diere presies identifiseer.
Hulle kan dan hulle stroomaf-roete volg, selfs nadat die diere verbygegaan het.
[Aangepas uit https://www.whoi.edu/oceanus and https://www.freepik.com]
3.2.1 Beskryf hoe die posisie van die rob se snorbaarde vir die funksie
daarvan geskik is. (2)
3.2.2 Verduidelik hoe die robbe se vermoë om ander swemmende diere
waar te neem, vir die rob voordelig is. (2)
3.2.3 Ingenieurs is besig om die ontwerp van 'n rob se snorbaarde
noukeurig te ondersoek in 'n poging om onderwatersensors te
ontwerp.
(a) Bespreek hoe 'n onderwatersensor wat deur die ontwerp van
'n rob se snorbaarde geïnspireer is, vir 'n mariene
reddingsoperasie voordelig kan wees. (2)
(b) Beskryf die dieper riglyn ('guiding principle') wat ingenieurs in
ag sal moet neem wanneer hulle die onderwatersensors
ontwerp om oseaan-toestande te weerstaan. (2)
(c) Brei uit op TWEE moontlike uitdagings vir die ontwerp en
ontwikkeling van onderwatersensors wat deur die snorbaarde
van robbe geïnspireer word. (2 x 2) (4)
(d) Kan oseaanbewaringsinisiatiewe, na jou mening, baat vind by
die ontwikkeling van meer gevorderde sensoriese tegnologieë
wat deur die snorbaarde van robbe geïnspireer is? Motiveer
jou antwoord. (2)
(14)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Mariene Wetenskappe/V2 15 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.3 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
NAMAKWA NASIONALE PARK MARIENE BESKERMDE GEBIED
Die Namakwa Nasionale Park Mariene Beskermde Gebied (MBG) ('Marine
Protected Areas/MPA') is die enigste MBG langs die Noord-Kaapse kuslyn.
Hierdie gebied bied beskerming vir habitatte van visspesies wat in visserye
waardevol is. Die gebied is 'n kweekplek vir die Kaapse Stokvis ('Cape Hake')
(Merluccius capensis) en ondersteun die herstel van die Weskus-rotskreef
('West Coast Rock Lobster') (Jasus lalandii). Verder dien hierdie MBG as 'n
voedingsarea ('feeding ground') en teelgebied vir baie dolfynspesies, soos die
endemiese Heaviside-dolfyn (Cephalorhynchus heavisidii).
[Aangepas uit https://www.sanparks.org]
KAART VAN NAMAKWA NASIONALE PARK MBG
Namakwa Nasionale Noord-
Park MBG Kaap
[Aangepas uit https://southafricanmap360.com/img/1200/blank-map-of-south%20africa.jpg]
3.3.1 Gee EEN voorbeeld van 'n potensiële belanghebbende
('stakeholder') wat by die stigting van die MBG betrokke kon gewees
het EN gee 'n rede waarom hierdie belanghebbende betrokke kon
gewees het. (1 x 2) (2)
3.3.2 Noem TWEE voordele van hierdie gebied as 'n Nasionale Park. (2)
3.3.3 Bespreek hoe die beskerming van die Kaapse Stokvis-kweekplek
('nursery') die plaaslike gemeenskap rondom hierdie MBG
ekonomies kan bevoordeel. (4)
3.3.4 Jy is gevra om die gesondheid van die Heaviside-dolfynbevolking vir
hierdie MBG te monitor.
(a) Gebruik jou kennis van mariene soogdiere om EEN
veranderlike waarvoor data ingesamel sal word, te
identifiseer. (1)
(b) Hoe sal jy die data vir die veranderlike wat jy in
VRAAG 3.3.4(a) geïdentifiseer het, insamel? (1)
(10)
[39]
TOTAAL AFDELING B: 75
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Mariene Wetenskappe/V2 16 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING C
Beantwoord enige EEN vraag in hierdie afdeling.
Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan.
LET WEL: Jou antwoord moet in die vorm van 'n opstel wees. GEEN punte sal vir
antwoorde in die vorm van 'n tabel, vloeidiagram of diagram toegeken word
NIE.
VRAAG 4
Lees die teks oor die hengelaarsvis ('anglerfish') en Kabouterhaai ('Goblin Shark')
hieronder.
Duikbote maak reise na dieper, voorheen onbekende gebiede van die oseaan meer
toeganklik vir beide wetenskaplikes en toeriste wat sulke reise kan bekostig. Deur
hierdie duikbote en nuwe tegnologie te gebruik, is wetenskaplikes in staat om die
interaksie tussen unieke diepseediere te bestudeer.
Hengelaarsvisse is aangepas om in die koue, diep water van die oseaan te leef waar dit
moeilik is om voedsel te vind. Hengelaarsviswyfies het lokaas wat lig maak en wat voor
hulle monde gehang word om prooi te lok. Hulle het ook groot monde en buigsame
liggame, wat hulle in staat stel om prooi in te sluk wat tot twee keer hulle grootte kan
wees.
Kabouterhaaie (Mitsukurina owstoni) eet hengelaarsvisse. Die Kabouterhaai is
aangepas om prooi baie diep te vind en te vang. Kabouterhaaie swem stadig of dryf
saam met 'n stroom totdat hulle hul prooi met hulle lang, plat bekke aanvoel. Die
Kabouterhaaie sal dan hulle kake vorentoe uitsteek om hulle prooi te vang.
[Aangepas uit https://www.afar.com, https://www.nationalgeographic.com en https://creatures-of-
the-world.fandom.com]
Hengelaarsvis ('Anglerfish') Kabouterhaai (Mitsukurina owstoni)
[Bron: https://customstoday.media/] [Bron: https://ocean.si.edu]
Skryf in 'n opstel oor hoe beide die Kabouterhaai en die hengelaarsvis aangepas het om
in hulle diepseehabitat te jag en te floreer. Maak seker dat jy ELKE kolpunt hieronder
bespreek.
• Bespreek hoe visspesies, soos die hengelaarsvis, in staat is om hulle eie lig te
produseer.
• Beskryf hoe die aanpassing van Kabouterhaaie se lang, plat bekke hulle help om
hulle prooi in die donker te vind.
• Bespreek die ventilasiemeganismes wat deur sommige visspesies gebruik word wat
hulle in staat stel om op een plek te bly en vir hulle prooi te wag EN waarom baie
haaispesies voortdurend moet swem om aan die lewe te bly.
• Verduidelik hoe Kabouterhaaie in kouer, dieper water termoreguleer.
• Duikbote is meer geredelik beskikbaar vir persoonlike gebruik vir mense wat dit kan
bekostig. Moet verkenning van die diepsee, na jou mening, oop wees vir alle lede
van die publiek? Motiveer jou antwoord. Inhoud: (25)
Sintese: (10)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Mariene Wetenskappe/V2 17 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 5
Lees die teks hieronder oor die Kloddervis ('Blobfish') en slymprik ('hagfish').
Die Ugly Animal Preservation Society (UAPS) het in 2013 'n kompetisie gehou om die
'lelikste' dier ter wêreld te kies. Die doel was om groter bewustheid te skep oor die diere
wat bewaring nodig het, wat nie oor die algemeen as so 'oulik' soos ander, soos otters
of dolfyne, beskou word nie. In hierdie kompetisie het die Kloddervis (Psychrolutes
microporos) die titel van die 'lelikste' dier gekry, en die slymprik (Eptatretus stoutii) was
'n sterk mededinger vir die prys. Beide hierdie diere leef in koue, diep water waar daar
min of geen lig is nie, asook hoë druk. Kloddervisse en slymprikke word deur visvang
bedreig en bewaringspogings word benodig. In 2025 is die Kloddervis ook as
Nieu-Seeland se vis van die jaar aangewys.
Kloddervisse verskil van 'normale' visse. Kloddervisse het nie swemblase nie, het
minder en swakker grate ('bones'), sagte weefsel wat met water en vet gevul is, en hulle
het los velle wat hulle buigsame, skublose liggame bedek. Hierdie eienskappe maak dat
Kloddervisse perfek vir die druk van die diepsee aangepas is, maar hulle
liggaamstruktuur sal nie hulle liggaamsvorm op die oppervlak behou nie (sien Prent 1).
Slymprikke lyk soos palings (sien Prent 2), maar het skelette van kraakbeen, met geen
skubbe of kake nie. Alhoewel slymprikke hoofsaaklik aasvreters is, is hulle ook
opportunistiese vreters en sal sterwende diere eet as die geleentheid hom voordoen.
[Aangepas uit https://theecologist.org, https://norwegianscitechnews.com, https://www.bbc.com,
https://www.smithsonianmag.com en https://www.aquaticcommunity.com]
PRENT 1: KLODDERVIS PRENT 2: SLYMPRIK
(Psychrolutes microporos) (Eptatretus stoutii)
In die diepsee Op die oppervlak
[Bron: https://westcoastescape.co.za] [Bron:
https://blueridgechristiannews.com] [Bron: https://www.joelsartore.com]
Verduidelik in 'n opstel hoe beide die Kloddervis en die slymprik by hulle omgewing
aangepas is. Maak seker dat jy ELKE kolpunt hieronder bespreek.
• Bespreek die voordele daarvan dat die Kloddervis grate en die slymprik 'n
kraakbeenskelet het EN hoe ELK vir beweging gebruik word.
• Waarom het die Kloddervis minder en swakker grate EN waarom het dit nie 'n
swemblaas nie?
• Hoe het slymprikke aangepas om kos in die donker te vind en te eet?
• Hoe is slym vir slymprikke voordelig, maar kan 'n oorlas vir vissers wees?
• Na jou mening, moet ons kompetisies vir 'lelikste diere' hou om bewustheid oor
hierdie diere te skep? Motiveer jou antwoord.
Inhoud: (25)
Sintese: (10)
[35]
TOTAAL AFDELING C: 35
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Marine Sciences Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Marine Sciences Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Marine Sciences Grade 12 Paper 2 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Marine Sciences Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Marine Sciences Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Marine Sciences Grade 12 P1 November 2024 NSC MG Question Paper
Related documents

Memorandum
Marine Sciences Grade 12 Paper 2 NSC November 2025 Memo

Question paper
Marine Sciences Grade 12 Paper 2 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Marine Sciences Grade 12 Paper 2 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Marine Sciences Grade 12 Paper 2 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Marine Sciences Grade 12 Paper 2 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Marine Sciences Grade 12 Paper 2 NSC November 2022 Question Paper
More from Grade 12 Marine Sciences

Memorandum
Marine Sciences Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo

Question paper
Marine Sciences Grade 12 P2 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Marine Sciences Grade 12 Paper 1 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Marine Sciences Grade 12 Paper 1 NSC November 2023 Question Paper

Question paper
Marine Sciences Grade 12 Paper 1 NSC November 2023 Question Paper

Question paper