Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LANDBOUWETENSKAPPE V 1
SEPTEMBER 2019
TOTAAL: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentQuestion paper 




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be6afec1-b2d7-4adf-9e9d-0e6c71b3a813/v1-aa1f2d266c0e77929a1f/card.webp)






View all




%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Agricultural Sciences Grade 12 North West Mock 2019 QP
Grade 12 Agricultural Sciences question paper from the North West Mock Exam 2019, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Agricultural Sciences · Grade 12 · North West Mock Exam · 2019. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- North West Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 750.3 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 13
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 2 NW/September 2019
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING.
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE berekeninge, wat die formules insluit, waar toepaslik.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 3 NW/September 2019
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 A.
1.1.1 Villi is strukture wat in die ... aangetref word.
A maag
B slukderm
C dunderm
D dikderm
1.1.2 Hierdie proses benodig energie vir die absorpsie van voedingstowwe
in die spysverteringskanaal van plaasdiere:
A Diffusie
B Osmose
C Passiewe absorpsie
D Aktiewe absorpsie
1.1.3 Die Biologiese Waarde is ‘n indeks wat verwys na die ...
A verteerbaarheid van proteïen.
B voedingsverhouding van ‘n rantsoen.
C aminosuur samestelling van proteïen.
D hoeveelheid NPN in ‘n rantsoen.
1.1.4 ‘n Voer met ‘n hoë veselinhoud kan slegs deur die volgende plaasdiere
verteer word:
(i) Beeste, skape en varke
(ii) Skape, bokke en beeste
(iii) Hoenders, ganse en melkkoeie
(iv) Beeste, perde en varke
Kies die KORREKTE kombinasie:
A Slegs (ii)
B (ii) en (iv)
C Slegs (i)
D (i), (ii) en (iv)
1.1.5 Die lewensiklus van ‘n eengasheerbosluis:
A Die eiers broei uit, vorm larwes en val van die bees af
B Die eiers, larwes en nimfe ontwikkel op dieselfde dier
C Die larwes en nimfe leef op 'n tussengasheer
D Die nimfe ontwikkel in volwassenes op verskillende diere
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 4 NW/September 2019
NSS
1.1.6 Die stelling is van toepassing op ‘n intensiewe bees produksiestelsel:
A Die omgewing word nie beheer nie
B Weidings word ge-oes en aan die diere gevoer
C Wisselweiding word toegepas
D Die stelsel is nie kapitaal- en arbeidsintensief nie
1.1.7 Soos die omgewingstemperatuur daal, neig beeste om …
A minder te eet en minder water te drink.
B meer te eet en minder water te drink.
C minder te eet en meer water te drink.
D meer te eet en meer water te drink.
1.1.8 ‘n Behuisingstelsel vir varke sluit die volgende in:
(i) Drinkers in die hokke met sement vloere
(ii) Verskillende ouderdomme in dieselfde hok
(iii) Beddegoed op sementvloere
(iv) Hokke wat maklik skoonmaak met beskerming teen koue
toestande
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (iii), en (iv)
B (i), (ii) en (iv)
C (i), (ii) en (iii)
D (ii), (iii) en (iv)
1.1.9 Die proses waartydens ‘n sog 10 tot 25 ova gedurende een
estrussiklus produseer.
A Monotokus.
B Ovulasie.
C Superovulasie.
D Anovulasie.
1.1.10 Die hormoon … inhibeer die vrystelling van melk vanuit die uier.
A progesteroon
B oksitosien
C prolaktien
D adrenalien (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 5 NW/September 2019
NSS
1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op SLEGS A,
SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM A nie. Skryf
slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5)
in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 Slegs B.
KOLOM A KOLOM B
A Onversadig ‘n Toestand waar plaasdiere tekens
1.2.1 B Dehidrasie van ernstige water tekorte toon
A Netto energie Energie wat nodig is om plaasdiere
1.2.2 B Bruto energie aan die lewe te hou
A Salf Chemikalieë wat bosluise en myte op
1.2.3 B Anthelmintes plaasdiere dood
A Kopuleer ‘n Bul wat belangstelling in bronstige
1.2.4 B Libido koeie toon
A Corpus luteum ‘n Struktuur wat in die ovarium
1.2.5 B Follikel ontwikkel
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 ‘n Plan wat die balans tussen die voer op die plaas beskikbaar en die
werklike voerbehoeftes van plaasdiere aantoon
1.3.2 Produksiestelsel waar braaikuikens in ‘n diepskrophok aangehou word
1.3.3 Selle verantwoordelik vir die voeding van spermselle in bulle
1.3.4 Die spesifieke struktuur in die reproduksiekanaal van die koei waar
bevrugting plaasvind
1.3.5 Die struktuur wat die embrio aan die fetus vasheg (5 x 2) (10)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in elk van die volgende stellings
om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers
(1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Die materiaal wat ingeneem en na ‘n semi-vloeibare, suur grys massa
afgebreek word, staan bekend as gal.
1.4.2 Beeste het aerodinamiese visie behalwe vir ‘n klein area direk agter
die dier.
1.4.3 Die melkrosette verwys na die klein opening waardeur melk tydens
soging of die melkproses beweeg.
1.4.4 Oögenese verwys na die proses waar manlike geslagselle in die
seminale vesikels ontwikkel en volwassenheid beryk.
1.4.5 Die ampulla is ‘n tregtervormige opening wat die ovum tydens ovulasie
opvang. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 6 NW/September 2019
NSS
AFDELING B
VRAAG 2: DIEREVOEDING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Die Skematiese voorstelling hieronder toon die spysverteringskanaal van
pluimvee.
A Krop
B
A
C
2.1.1 Identifiseer dele A en B. (2)
2.1.2 Gee die naam van die dele van die hoender wat by die volgende
beskrywings pas:
(a) Die gesamentlike opening van die verterings- en urogenitale (1)
kanale
(b) Waar die vertering van voedsel deur ensieme plaasvind (1)
2.2 Die TVV waarde van ‘n voer word deur die energie inhoud daarvan beinvloed
aangesien energie nodig is vir die liggaamsfunksies van plaasdiere.
2.2.1 Waarvoor staan die afkorting TVV. (1)
2.2.2 Definieer die term Verteerbare Energie (VE). (2)
2.2.3 Verduidelik waarom die ME inname van plaasdiere toeneem met ‘n
toename in groei. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 7 NW/September 2019
NSS
2.3 Die grafiek hieronder toon die verhouding tussen die ensieme aktiwiteit van
laktose en amilase tydens verskillende ouderdomme van speenvarkies aan.
Laktase
Ensiem aktiwiteit
Amilase
Ouderdom in weke
2.3.1 Noem die tipe vertering waarby laktase en amilase betrokke is. (1)
2.3.2 Verduidelik waarom die laktase vlak gedurende die tweede en derde
weke so hoog is. (2)
2.3.3 Verskaf TWEE redes waarom proteïenryke konsentraat aan jong
speenvarkies gevoer word. (2)
2.4 Die tabel hieronder toon 'n voervloeibeplanning vir 50 vleisbeeste.
MAANDE VAN DIE JAAR
VOERE JAN FEB MAART APRIL MEI JUNIE
Natuurlike veld (ton) 160 160 140 120 80 60
Aanvullende voer (kg/dier/dag) 0 0 0 1 2 4
Voedingsbehoefte (ton) 140 140 140 140 140 140
2.4.1 Bereken die totale tekort, sonder aanvulling, vir die hele tydperk;
Januarie tot Julie indien aanvulling voer gestoor was gedurende die
ander maande. (3)
2.4.2 Verwys na:
(a) Die maand met het hoogste voertekort (1)
(b) TWEE volhoubare maatstawwe wat die boer kan toepas om
die voertekort op te los (2)
2.4.3 Gebruik die data vanuit die tabel hierbo en teken ‘n gekombineerde
staafgrafiek van die hoeveelheid voer beskikbaar en die hoeveelheid
voer benodig vir Januarie tot Julie. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 8 NW/September 2019
NSS
2.5 Die tabel hieronder toon die voere aan wat 'n boer gebruik het om 'n rantsoen
vir melkkoeie saam te stel om in hul proteïn behoefte te voorsien.
PROTEÏENWAARDE IN DIE VOER VERTEERBARE
FINALE RANTSOEN (%) PROTEÏEN (VP) %
17 Mieliemeel 9
Oliekoekmeel 44
2.5.1 Gebruik die Pearsonvierkantmetode om die rantsoen te balanseer. (3)
2.5.2 Bereken die persentasie mieliemeel in die rantsoen. (2)
2.6 Die tabel hieronder toon voere met verskillende voedingswaardes.
PROTEïEN WAARDE ENERGIEWAARDE
TIPE VOER
(%) (MJ ME)
Mielies 9 14
Ureum 75 0
Lusern 25 8
Gars 10 13
Identifiseer, vanuit die tabel hierbo, die voer wat die beste sal wees:
2.6.1 as natuurlike bron vir jong groeiende kalwers (1)
2.6.2 vir die afronding van ou melkkoeie (1)
2.6.3 as beskikbaar en goedkoop energiebron in die Noordwes Provinsie (1)
2.6.4 gebruik/aangewend as die gebalanseerdste voer (1)
[35]
VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Bosluise is betrokke by die oordra van verskeie siektes in plaasdiere en is ook
verantwoordelik vir verskeie negatiewe invloede op die produksie prosesse.
3.1.1 Lys, naas die oordra van siektes en die verliese aan produksie,
TWEE ander negatiewe invloede van bosluise op ‘n vleisbees-
onderneming. (2)
3.1.2 Klassifiseer volgens die lewensiklus die tipe bosluis, verantwoordelik
vir die volgende siektes in vleisbeeste:
(a) Rooiwater (1)
(b) Hartwater (1)
3.1.3 Noem die vliegspesie wat oop wonde en bosluisbytplekke in
wolskape aanval. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 9 NW/September 2019
NSS
3.2 Die illustrasies hieronder toon twee diereproduksiestelsels in melkbeeste aan.
Illustrasie A Illustrasie B
3.2.1 Identifiseer die diereproduksiestelsel voorgestel deur B. (1)
3.2.2 Toon die verskil tussen diereproduksiestelsels A en B in terme van
produksie-uitsette aan. (2)
3.2.3 Voorsien EEN voorbeeld elk vir produksiestelsels A en B van
toepassing op vleisbeeste. (2)
3.3 Dierehantering tydens die slag, die laai en vervoer van diere, het ernstige
gevolge op die karkas en vleis kwaliteit. Onder hierdie is mortaliteit, lae
karkas opbrengste, bloedspatsels, kneusings, gebreekte bene, vel vlekke en
kontaminasie.
3.3.1 Lys, vanuit die scenario hierbo, TWEE beskadigings aan die karkas
as gevolg van die onbehoorlike en verkeerde hantering van
plaasdiere. (2)
3.3.2 Noem TWEE vereistes van die laaiblad na voertuie om beeste te laai
om te vervoer. (2)
3.3.3 Gee enige TWEE faktore wat die boer, ten opsigte van dieregedrag,
ingedagte moet hou voordat beeste hanteer word. (2)
3.4 Die tabel hieronder toon die jaarlikse mortaliteite van lewendehawe as gevolg
van swak gesondheids toestande aan.
SPESIE JONG DIERE VOLWASSE DIERE
Beeste 22% 6%
Skape en Bokke 28% 11%
Hoenders 70% 30%
3.4.1 Lys TWEE simptome van swak gesondheid by plaasdiere. (2)
3.4.2 Noem TWEE voorsorgmaatreëls wat die boer moet tref voordat
plaasdiere met medikasie behandel word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 10 NW/September 2019
NSS
3.4.3 Verduidelik waarom daar slegs 6% volwasse beeste vrek teenoor
22% jong diere. (2)
3.5 Die diagram hieronder toon maniere aan waarop plaasdiere hitte verloor.
A C
B
3.5.1 Identifiseer die verskillende manier waarop plaasdiere B en C hitte
energie verlore. (2)
3.5.2 Noem TWEE tekens van hittestres by plaasdiere. (2)
3.5.3 Stel TWEE bestuurspraktyke voor om die hittestress in plaasdier A, te
verminder. (2)
3.6 ‘n Tabel met inligting aangaande plaasdier siektes.
SIEKTE WYSE VAN SIMPTOME TIPE DIER
OORDRAG GEAFFEKTEER/
GEïNFEKTEER
Hondsdolheid Gedragsverandering, kners Honde
A
op tande, aggressie
Miltsiekte Bakterie B Plaasdiere
Anaplasmose Hoë koors, rusteloosheid, Plaasdiere
C
depressie, hardlywigheid
skielike dood
Fungus Rooi, dik, skubagtige, Beeste, skape
D
jeukerige ringvormige tipe varke
letsels
Newcastle- Virus Asemnood, hoes, verlies
E
siekte aan eetlus, vrek skielik
3.6.1 Verwys na die tabel hierbo en voorsien die ontbrekende inligting vir die
letters A, B, C, D en E. Skryf slegs die letters A–E en die antwoord in (5)
die ANTWOORDEBOEK.
3.6.2 Verduidelik die rol van die Staat om goeie gesondheid in plaasdiere te
verseker. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 11 NW/September 2019
NSS
VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE
Begin hierdie vraag op ‘n NUWE bladsy.
4.1 Die illustrasie hieronder toon die reproduksiestelsel van 'n bul aan.
A
J
B
I
C
D G
F H
E
4.1.1 Identifiseer struktuur I. (1)
4.1.2 Verskaf ‘n versamel term vir strukture A, B en J. (1)
4.1.3 Gee die letter van die struktuur verantwoordelik vir die afskeiding van
‘n buffer. (1)
4.1.4 Verwys na die toestand wat by beeste voorkom indien:
(a) Struktuur H in die liggaamsholte van bulle agterbly (1)
(b) Struktuur H ook by vroulike diere voorkom (1)
4.1.5 Gee ‘n hooffunksie van struktuur E. (1)
4.2 Suksesvolle reproduksie behels kennis van beide die manlike en vroulike
reproduksiestelsels en hul werking.
4.2.1 Onderskei tussen steriliteit en onvrugbaarheid by bulle. (2)
4.2.2 Verduidelik die invloed van voeding op die reproduksie potensiaal van
koeie. (2)
4.2.3 Gee die struktuur in koeie waar hipoplasie gewoonlik voorkom. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 12 NW/September 2019
NSS
4.3 Die voorstelling hieronder toon die vlakke van die hormone estrogeen en
progesteroon aan.
Estrogeen en progesteroon vlakke
Hormoonvlakke in bloed
Progesteroon
(arbitrêre eenhede)
Estrogeen
Tyd (Dae)
4.3.1 Identifiseer die dag waartydens die estrogeenvlak die hoogste is. (1)
4.3.2 Toon met bewyse aan dat die ovum wel teen dag 26 bevrug is. (2)
4.3.3 Gebruik die data in die voorstelling hierbo om die dag te voorspel wat
estrogeen weer ‘n pliekvlak sal beryk, indien die koei nie dragtig is nie. (1)
4.3.4 Gee ‘n rede vir die antwoord in VRAAG 4.3.3. (1)
4.3.5 Verskaf die hormoon wat saam met estrogeen verantwoordelik vir die
oopbars van die membraan en vrystelling van die ovum tydens (1)
ovulasie is.
4.4 Prente van apparate wat tydens die kunsmatige inseminasie (KI) proses
gebruik word.
Apparaat A Apparaat B
4.4.1 Identifiseer apparaat A en B. (2)
4.4.2 Beskryf die konsep kunsmatige inseminasie (KI). (2)
4.4.3 Gee die temperatuur waarby apparaat B normaalweg gestoor word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 13 NW/September 2019
NSS
4.4.4 Bespreek die beste tyd vir inseminasie. (2)
4.5 Kuddebestuurspraktyke sluit die paring en kalwing van koeie in. Dit beteken
dat boere poog om koeie ten minste een keer per jaar te laat kalf.
4.5.1 Gee die lengte van die dragtigheidsperiode, in dae. (1)
4.5.2 Indien ‘n koei in die begin van Maart 2019 gedek word, gee die maand
waartydens die boer die kalf kan verwag. (1)
4.5.3 Noem die kondisie wat voorkom, as veral verse, sukkel om te kalf en
gehelp moet word. (1)
4.5.4 Omskryf die term kolostrum. (2)
4.6 Boere gebruik verskeie tegnieke om reproduksie in hul ondernemings te
verbeter. Hieronder is ‘n aantal tegnieke om die doelwitte hierbo te bereik:
· Sinchronisasie
· Embrio-oorplanting
· Kloning
4.6.1 Kies, vanuit die tegnieke hierbo, die EEN wat die beste by ELK van
die volgende pas:
(a) Om ‘n groep koeie op ongeveer die selfde tyd in estrus te kry
deur die gebruik van hormone (1)
(b) 'n Lewensvatbare embrio word uit 'n skenkerkoei geneem (1)
(c) Somatiese selle produseer geneties identiese organismes (1)
4.6.2 Verskaf die doel van sinchronisasie. (1)
4.6.3 Lys TWEE nadele van die tegnieke hierbo vermeld. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL : 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Agricultural Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Agricultural Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Agricultural Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Agricultural Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Agricultural Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2025 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be6afec1-b2d7-4adf-9e9d-0e6c71b3a813/v1-aa1f2d266c0e77929a1f/card.webp)
Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 QP (Eng)
Related documents

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2019 Question Paper

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2019 Question Paper

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2019 Question Paper

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2019 Question Paper
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum