Downloaded from hlayiso.com
SENIOR FASE
GRAAD 9
NOVEMBER 2016
SOSIALE WETENSKAPPE
GESKIEDENIS
PUNTE: 100
TYD: 1 uur
*9HISTA*
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Skip to contentQuestion paper %20GR9%20QP%20NOV%202016_hlayiso.com_--6f7d4bf5-c1d9-4221-83a7-cf002e4e9f81/v1-a583695ade23c4621c8c/card.webp)







%20GR9%20MEMO%20NOV%202016_hlayiso.com_--c69f06f4-1ff1-4c59-af3b-e4bb4d255067/v1-c97ecffc2f703c646bd2/card.webp)
%20GR9%20MEMO%20NOV%202016_hlayiso.com_--6ecbcd8f-c38f-41e0-97f3-67d619b2d380/v1-1a534c6ffc6135890c05/card.webp)


View all





Social Sciences Grade 9 November EC 2016 Question Paper
Grade 9 Social Sciences question paper from the November EC 2016, 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Social Sciences · Grade 9 · November EC · 2016. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Social Sciences
- Grade
- Grade 9
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- November EC
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 347.1 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 10
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 SOSIALE WETENSKAPPE (GESKIEDENIS) (EC/NOVEMBER 2016)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:
AFDELING A:
BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: Nazi-Duitsland en die Die Koue Oorlog (35 punte)
VRAAG 2: Suid-Afrikaanse Geskiedenis 1948–1950’s (15 punte)
VRAAG 3: Suid-Afrikaanse Geskiedenis 1960’s tot 1990’s (40 punte)
AFDELING B:
PARAGRAAFVRAAG: Suid-Afrikaanse Geskiedenis 1948–1990’s
Leerders moet EEN van twee paragraafvrae beantwoord. (10 punte)
2. Lees elke vraag noukeuring deur voordat jy dit beantwoord.
3. Nommer jou antwoorde korrek.
4. Begin elke nuwe vraag boaan ʼn skoon bladsy.
5. Puntetoekenning word aan die einde van elke onderafdeling van ʼn vraag
aangedui. Let daarop dat die puntetoekenning die aantal feite wat verlang
word, bepaal. ʼn Puntetoekenning van, byvoorbeeld, 3 x 2 in die meeste
gevalle benodig drie gedetailleerde sinne vir 6 punte. Indien daar geen
verdubbeling van punte voorkom nie, bv. (3), word daar drie feite verlang vir
3 punte.
6. Waar moontlik moet jou antwoorde in volsinne of in kort frase geskryf word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) SOSIALE WETENSKAPPE (GESKIEDENIS) 3
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: NAZI-DUITSLAND EN DIE KOUE OORLOG
1.1 Kies die korrekte antwoord vanuit die lys woorde hieronder verskaf vir
elkeen van die volgende stellings/vrae hieronder.
Neurenberg; Die Magtigingswet; Die Jodeslagting; Semitisme, Ariese;
Mein Kampf; Kristallnacht; Die Groot Depressie
1.1.1 Naam van die boek wat Hitler geskryf het (1 x 2) (2)
1.1.2 Die ras wat Hitler beweer het was die superras (1 x 2) (2)
1.1.3 ʼn Gebeurtenis wat in 1929 ʼn algemene ekonomiese ineenstorting
oor die wêreld veroorsaak het (1 x 2) (2)
1.1.4 Wette gemaak in 1935 wat Jode se basiese regte in Duitsland
beperk het (1 x 2) (2)
1.1.5 ʼn Tydperk (1941–1945) wanneer omtrent ses miljoen Jode
doodgemaak is (1 x 2) (2)
1.2 Die atoombom op Hirosjima
Bestudeer die volgende bronne om die daaropvolgende vrae te beantwoord:
BRON A
Wetenskaplikes het ʼn beroep op die “Wit Huis” gemaak om die mag van die
atoombom te demonstreer voordat hulle dit laat op Japan gebruik. Die nuwe
president was die voormalige vise-president Harry S. Truman. Die
Manhattanprojek was ʼn groot geheim. Truman is eers na die dood van
President Roosevelt in April 1945 vertel.
BRON B
Die Enola Gay het Hirosjima rondom 08:15 v.m. bereik. Lugaanval-sirene
het afgegaan terwyl werkers oppad werk toe was en kinders skool toe
gegaan het. Baie van hulle het gestop om na die enigste bomwerper wat
oorvlieg te kyk. Die Atoomeeu het presies om 08:15 en 17 sekondes begin
toe “Little Boy” afgegooi is. ʼn Oomblik later het die Amerikaanse vlieëniers ʼn
pers gekleurde lig onder hulle gesien.
BRON C
Die bom het 2 000 voet bo die stad van Hirosjima ontplof. Sestig persent
van die stad het verbrand. Staalbalke het soos was weggesmelt.
Spoorweglyne is honderde voet in die lug gegooi. Bome en telefoonpale het
soos vuurhoutjies verbrand. Mense se liggame het verdamp. Skokgolwe
het huise etlike myle weg van “Ground Zero” (waar die bom ontplof het)
platgeslaan. Meer as 70 000 mense het onmiddellik gesterf. Duisende
meer sou ook later as gevolg van brandwonde en bestralingsiekte sterf.
[Bron: www.sahistory.org.za. Toegang op 14 Augustus 2014 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 SOSIALE WETENSKAPPE (GESKIEDENIS) (EC/NOVEMBER 2016)
1.2.1 Lees BRON A.
A Na watter tipe “bom” verwys die artikel? (1 x 2) (2)
B Wat was die Manhattanprojek? (2 x 2) (4)
1.2.2 Lees BRON B.
A Gee die naam van die B29-bomwerper wat die bom laat val het.
(1 x 2) (2)
B Gee die naam van die nuwe era van oorlogvoering wat deur die
Verenigde State van Amerika begin is toe hulle die bom,
‘Little Boy’, op Hirosjima laat val het. (1 x 2) (2)
1.2.3 Gee enige TWEE redes en verduidelik in detail hoekom die
Verenigde State van Amerika geglo het dat dit nodig was om die
bom op Hirosjima te gooi. (2 x 2) (4)
1.2.4 Maak gebruik van die bronne wat voorsien is en verduidelik jou
mening oor die volgende:
Was dit moreel reg vir die Verenigde State van Amerika om die bom
op Hirosjima te laat val? (4 x 1) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) SOSIALE WETENSKAPPE (GESKIEDENIS) 5
1.3 Konflik tussen die U.S.S.R. en die V.S.A.
Bestudeer bronne A en B om die daaropvolgende vrae te beantwoord:
BRON A BRON B
ʼn Amerikaanse spotprent Die Weste was baie bekommerd oor die
oor die oorsprong van die Sowjet-optrede na die Tweede Wêreldoorlog.
Koue Oorlog. Die beer stel Rusland het dele van Oos-Europa
Rusland voor. oorgeneem en het seker gemaak dat
kommunistiese regerings aan bewind kom.
Die skeidslyn tussen die kommunistiese Oos-
Europa en die demokratiese en kapitalistiese
Wes-Europa is die “Ystergordyn” genoem.
[Bron: Op soek na Sosiale Wetenskappe, Oxford, bladsy 154.]
1.3.1 Verduidelik wat met die term die Koue Oorlog bedoel word. (3)
1.3.2 In BRON A, wat is die boodskap (BRON A) wat die Amerikaanse
spotprenttekenaar oor die U.S.S.R. probeer oordra? (1 x 2) (2)
1.3.3 Verwys na BRON B. Watter bewyse is daar op die kaart om die
mening van die spotprenttekenaar te ondersteun? (1 x 2) (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 SOSIALE WETENSKAPPE (GESKIEDENIS) (EC/NOVEMBER 2016)
VRAAG 2: KEERPUNTE IN DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS SEDERT
1948
2.1 Pas die wet in KOLOM A wat deur die apartheidsregering gemaak is met die
korrekte verduideliking in KOLOM B. Skryf slegs die vraagnommer
(2.1.1−2.1.5) en die korrekte letter (A−E) as jou antwoord neer, byvoorbeeld,
2.1.6 F.
KOLOM A KOLOM B
2.1.1 Ontugwet A Hierdie wet het die fisiese verdeling
tussen rasse afgedwing deur
afsonderlike woongebiede te skep
2.1.2 Groepsgebiedewet B Hierdie wet het voorsiening vir die
vestiging van swart tuislande gemaak
2.1.3 Wet op Reservering van C Hierdie wet het tot die skep van ʼn
Afsonderlike Geriewe nasionale register gelei waarin elke
persoon se ras aangeteken is
2.1.4 Wet op Bantoe- D Hierdie wet het seksuele omgang
owerhede tussen wit- en swartmense verbied
2.1.5 Bevolkingsregistrasiewet E Hierdie wet het segregasie in alle
openbare gebiede en openbare
vervoer afgedwing
(5 x 1) (5)
2.2 Menseregte en Apartheid
Lees die volgende teks om die daaropvolgende vrae te beantwoord:
Beskrywing van die Vryheidsmanifes deur hoofman Albert Luthuli:
“Die Handves wat in Kliptown opgestel is, is reël vir reël die direkte resultaat
van moeilike onderdrukkende en onregverdige omstandighede. Dit is
daarom ʼn praktiese en relevante dokument. Dit het probeer om ʼn korrekte
betekenis in Suid-Afrika aan woorde soos demokrasie, en vryheid te gee.”
[Bron: www.sahistory.org.za. Toegang op 15 Mei 2014 verkry.]
2.2.1 Waar was die Vryheidsmanifes opgestel? (1)
2.2.2 Watter organisasie was vir die bepalings van die Vryheidsmanifes
verantwoordelik? (1 x 1) (1)
2.2.3 Wat was die doel van die Vryheidsmanifes? (1 x 2) (2)
2.2.4 Noem enige TWEE beginsels van die Vryheidsmanifes. (2 x 2) (4)
2.2.5 Wat het die Apartheidsregering aan die politieke opposisie wat die
bepalings van die Vryheidsmanifes opgestel het, gedoen? (1 x 2) (2)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) SOSIALE WETENSKAPPE (GESKIEDENIS) 7
VRAAG 3: KEERPUNTE IN SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS SEDERT 1960
3.1 Openbare vakansiedae vier verskillende gebeurtenisse van die stryd vir
demokratiese regte in moderne Suid-Afrika.
21 Maart (Menseregtedag) 9 Augustus (Nasionale Vrouedag)
27 April (Vryheidsdag) 21 September (Nasionale Erfenisdag)
3.1.1 Kies enige DRIE van die bogenoemde openbare vakansiedae en
noem wat die openbare vakansiedag vier. (3 x 2) (6)
3.1.2 Vir elkeen van die DRIE wat jy gekies het, verduidelik hoekom dit
belangrik vir ALLE Suid-Afrikaners is om elkeen van die DRIE
vakansiedae te vier? (3 x 2) (6)
3.2 Die Soweto-opstand, 16 Junie 1976
Bestudeer Bron A en B om die volgende vrae te beantwoord:
BRON A
DO NOT WANT
AFRIKAANS
WIL NIE AFRIKAANS
HÊ NIE
TO HELL WITH
AFRIKAANS
WEG MET
AFRIKAANS
Die marsjerende studente het tuisgemaakte baniere
vertoon oor redes vir hulle optog. Hierdie baniere
beklemtoon die taalkwessie, terwyl ander ʼn beroep op die
regering doen om hul onderwysers en mede-studente uit
die tronk vry te laat, asook vir Bantoe-onderwys te
beëindig.
[Bron: Oxford Successful, Social Sciences, bladsy 178]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 SOSIALE WETENSKAPPE (GESKIEDENIS) (EC/NOVEMBER 2016)
BRON B
Foto geneem deur Sam Nzima van ʼn sterwende Hector Pieterson wat deur
ʼn mede-student gedra word.
[Bron: www.sahistory.org.za. Toegang op 26 Augustus 2014 verkry]
3.2.1 Verduidelik hoekom hierdie foto van Hector Pieterson (BRON B)
gekies is om die gruwel van die 1976 Soweto-opstand te
verteenwoordig. (1 x 2) (2)
3.2.2 Verduidelik hoekom swart hoërskoolleerders op 16 Junie 1976
gedemonstreer het. (1 x 2) (2)
3.2.3 Hoe het die polisie op die hoërskoolleerders wat gedemonstreer het,
reageer? (1 x 2) (2)
3.2.4 Hoekom is die polisie gekritiseer vir die manier hoe hulle op die
hoërskoolleerders wat gedemonstreer het, gereageer het? (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) SOSIALE WETENSKAPPE (GESKIEDENIS) 9
3.3 Gedwonge verskuiwings:
Bestudeer die volgende uittreksel om die daaropvolgende vrae te
beantwoord:
UITTREKSEL
Sheena Duncan, Nasionale President van die Black Sash-beweging* gee
haar mening op die effek van die stelsel van gedwonge verskuiwings op
mense se lewens in ʼn onderhoud in 1984:
(Haar onderhoud het gehelp om bewustheid oor die gevolge van gedwonge
verskuiwings en die tuislandstelsel te verseker).
“Wanneer jy mense verskuif beteken dit totale armoede vir hulle. Hulle
verloor hul betekenis van oorlewing. Die enigste manier vir hulle om werk te
kry is in die trekarbeidstelsel. Gemeenskappe en hulle manier van lewe
word heeltemal vernietig en hulpeloosheid en armoede oorheers.”
[Vertaling vanuit Oxford Successful]
Verduideliking: Die Black Sash-beweging was ʼn organisasie van blanke
vrouens wat teen Apartheidswette gedemonstreer het.
3.3.1 A Is die uittreksel ʼn voorbeeld van ʼn primêre of sekondêre bron van
historiese bewyse? (1 x 2) (2)
B Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1 x 2) (2)
3.3.2 Gee ʼn verduideliking van elkeen van die volgende terme in die
konteks van Suid-Afrika se geskiedenis:
A Gedwonge verskuiwings (2 x 2) (4)
B Die Tuislandstelsel (2 x 2) (4)
C Die Trekarbeidstelsel (2 x 2) (4)
3.3.3 Watter TWEE gebeurtenisse in 1994 het die gedwonge verskuiwings
en die tuislandstelsel verwyder? (2 x 2) (4)
[40]
TOTAAL AFDELING A: 90
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 SOSIALE WETENSKAPPE (GESKIEDENIS) (EC/NOVEMBER 2016)
AFDELING B
VRAAG 4: PARAGRAAFVRAAG
Beantwoord enige EEN van die volgende vrae:
4.1 Skryf ʼn kort paragraaf oor die politieke rol van enige EEN van die volgende
persone:
Hoofman Albert Luthuli
Mahatma Gandhi
Helen Joseph
Verduidelik ook hoe die persoon die wette van die Apartheidsregering in
Suid-Afrika (1948−1960) teengestaan het. (5 x 2) (10)
OF
4.2 Beskryf die:
politieke uitdagings tussen 1990 en 1994, en die
proses van onderhandelinge tot die eerste demokratiese verkiesing in
1994. (5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING B: 10
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.
%20GR9%20QP%20NOV%202016_hlayiso.com_--6f7d4bf5-c1d9-4221-83a7-cf002e4e9f81/v1-a583695ade23c4621c8c/card.webp)
Question paper
Social Sciences Grade 9 November EC 2016 Question Paper

Question paper
Social Sciences Grade 9 November EC 2016 Question Paper

Question paper
Social Sciences Grade 9 November EC 2016 Question Paper

Question paper
Social Sciences Grade 9 November EC 2014 Question Paper

Question paper
Social Sciences Grade 9 November EC 2013 Question Paper

Question paper
Social Sciences Grade 9 November EC 2013 Question Paper
Related documents

Memorandum
Social Sciences Grade 9 November EC 2016 Memo

Memorandum
Social Sciences Grade 9 November EC 2016 Memo
%20GR9%20MEMO%20NOV%202016_hlayiso.com_--c69f06f4-1ff1-4c59-af3b-e4bb4d255067/v1-c97ecffc2f703c646bd2/card.webp)
Memorandum
Social Sciences Grade 9 November EC 2016 Memo
%20GR9%20MEMO%20NOV%202016_hlayiso.com_--6ecbcd8f-c38f-41e0-97f3-67d619b2d380/v1-1a534c6ffc6135890c05/card.webp)
Memorandum
Social Sciences Grade 9 November EC 2016 Memo

Question paper
Social Sciences Grade 9 Paper 1 November EC 2012 Question Paper

Question paper
Social Sciences Grade 9 Paper 1 November EC 2012 Question Paper
More from Grade 9 Social Sciences

CAPS document
CAPS SP SOCIAL SCIENCE GR 7 9

Addendum
Social Sciences Grade 9 November EC 2014 Addendum

Addendum
Social Sciences Grade 9 November EC 2014 Addendum

Addendum
Social Sciences Grade 9 November EC 2014 Addendum

Memorandum
Social Sciences Grade 9 November EC 2014 Memo

Memorandum