Skip to content

Social Sciences Grade 9 November EC 2016 QP (Afr)

Question paperSocial SciencesGrade 9201610 pages

Grade 9 Social Sciences question paper from the November EC 2016 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIOR FASE GRAAD 9 NOVEMBER 2016 SOSIALE WETENSKAPPE GEOGRAFIE PUNTE: 100 TYD: 1 uur *9GEOGA* Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye met ʼn topografiese kaart as ʼn addendum.
Downloaded from hlayiso.com 2 SOSIALE WETENSKAPPE (GEOGRAFIE) (EC/NOVEMBER 2016) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit drie vrae: VRAAG 1: Kaartwerk (35 punte) VRAAG 2: Oppervlakkragte wat die aarde vorm en Ontwikkelingskwessies (40 punte) VRAAG 3: Hulpbrongebruik en Volhoubaarheid (25 punte) 2. Beantwoord ALLE vrae. 3. Lees die vrae deeglik deur voordat jy dit beantwoord. 4. Nommer jou antwoorde korrek. 5. Begin ELKE nuwe vraag bo-aan ʼn NUWE bladsy. 6. Puntetoekenning word aan die einde van elke onderafdeling van ʼn vraag aangedui. Let daarop dat die puntetoekenning die aantal feite wat verlang word, bepaal. ʼn Puntetoekenning van, byvoorbeeld, 3 x 2 in die meeste gevalle benodig drie gedetailleerde sinne vir 6 punte. Indien daar geen verdubbeling van punte voorkom nie, bv. (3), word daar drie feite verlang vir 3 punte. 7. Maak gebruik van sinne of kort frases om jou antwoord(e) te verduidelik. 8. Jy word van ʼn 1:50 000 topografiese kaart 3424BB Humansdorp en ʼn ortofotokaart van ʼn deel van die gekarteerde gebied voorsien. Verwys na die topografiese kaart en die ortofotokaart om VRAAG 1 van hierdie vraestel te beantwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) SOSIALE WETENSKAPPE (GEOGRAFIE) 3 VRAAG 1: KAARTWERK Bestudeer die 1:50 000 topografiese kaart (3424BB Humansdorp) en die ortofotokaart (3424 BB 1 Humansdorp) om die volgende vrae te beantwoord. Die volgende Afrikaanse terme en hul Engelse vertalings kom op die topografiese kaart voor: Afrikaans English Uitgrawings Diggings Karavaanpark Caravan park Rioolwerke Sewage works Riviermond River mouth Gholfbaan Golf course Vleiland Wetland Baksteenfabriek Brickworks 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Kies die korrekte antwoord uit die lys moontlike antwoorde voorsien. Skryf slegs die korrekte letter (A–D) langsaan die vraagnommer (1.1.1–1.1.6) as jou antwoord, bv. 1.1.7 D. 1.1.1 In die titel van die topografiese kaart (3424 BB Humansdorp), verwys 34 na ... A 34°S: ʼn breedtegraadligging. B 34°S: ʼn lengtegraadligging. C 34°E: ʼn breedtegraadligging. D 34°E: ʼn lengtegraadligging. (1 x 2) (2) 1.1.2 Die natuurlike landvormverskynsel wat langs die lyn 3–4 op die ortofotokaart is ʼn … A uitloper. B krans. C waterval. D riviervallei. (1 x 2) (2) 1.1.3 Die hoogte van die begraafplaas by 9 op die ortofotokaart is omtrent … A 126 m. B 120 m. C 132 m. D 110 m. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 SOSIALE WETENSKAPPE (GEOGRAFIE) (EC/NOVEMBER 2016) 1.1.4 Watter fasiliteit word by 34°02’25” S en 24°55’10” O op die topografiese kaart gevind? A Karavaanpark B Modelvliegtuigklub C Gholfbaan D Skool (1 x 2) (2) 1.1.5 Die stroomkanaalpatroon in ruit G1 is ʼn … A gevlegde stroomkanaalpatroon. B rotsgekontroleerde stroomkanaalpatroon. C reguit stroomkanaalpatroon. D kronkelende stroomkanaalpatroon. (1 x 2) (2) 1.1.6 Die stadium van rivierontwikkeling in ruit I5 is tipies van die benedeloop van die rivier. Bewyse vanaf ruit I5 om hierdie moontlikheid te motiveer is … A afsetting van sedimente in die rivierkanaal. B dat die vloedvlakte nie baie groot is nie. C ʼn nou rivierkanaal. D die gradiënt (helling) is steil. (1 x 2) (2) 1.2 KAARTWERKTEGNIEKE EN BEREKENINGE 1.2.1 Wat is die rigting vanaf pylpunt Q na Seekoeipunt (in ruit E11)? (1 x 2) (2) 1.2.2 Wat is die ware peiling vanaf pylpunt Q na Seekoeipunt (in ruit E11)? (1 x 2) (2) 1.2.3 Bereken die afstand tussen punt Q na Seekoeipunt (in ruit E11) in kilometer. Dui alle stappe van jou berekening aan. (4) 1.3 TOEPASSING VAN TEORIE/KAART EN FOTO-INTERPRETASIE 1.3.1 Ontwikkeling in die gekarteerde gebied: ʼn Moontlike windplaas is in die omgewing van ruit A3 en A4 op die topografiese kaart gebou (die gebied net bo nommer 3 op die ortofotokaart). A Gee EEN moontlike voordeel van die ontwikkeling van ʼn windplaas in hierdie gebied. (1 x 2) (2) B Gee EEN moontlike nadeel van die ontwikkeling van ʼn windplaas in hierdie gebied. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) SOSIALE WETENSKAPPE (GEOGRAFIE) 5 1.3.2 (a) Verwys na die stedelike nedersetting van KwaNomzamo (ruit C2 op die topografiese kaart en gebied nommer 12 op die ortofotokaart. Klassifiseer die woongebied as ʼn (HOË, MIDDEL of LAE) inkomste residensiële woonbuurt. (1) (b) Gee EEN rede as bewys vanaf die topografiese kaart of ortofoto om jou keuse vir VRAAG 1.3.2(a) hierbo te verduidelik. (1 x 2) (2) 1.3.3 Grootskaalse kommersiële boerdery: Kommersiële boerdery word in die gekarteerde gebied bedryf. Gee TWEE redes as bewyse vanaf die topografiese kaart en/of die ortofotokaart om hierdie stelling te motiveer. (2 x 2) (4) 1.3.4 Kenmerke van Vleilande: Die gebied rondom letter X op die topografiese kaart word ʼn moeras of vleiland genoem. Gee TWEE goeie redes hoekom hierdie gebied in sy natuurlike toestand bewaar moet word. (2 x 2) (4) [35] VRAAG 2: OPPERVLAKKRAGTE WAT DIE AARDE VORM EN ONTWIKKELINGSKWESSIES 2.1 VERWERINGSPROSESSE Kies vanuit die volgende terme om die volgende verweringsprosesse te beskryf: Korreldisintegrasie; Hidrouliese werking; Abrasie; Blokskeiding; Attrisie; Korrosie; Deflasie; Afskilfering 2.1.1 Die uitsetting en inkrimping van sekere gesteentetipes, soos doleriet en graniet, veroorsaak dat die rots in dun lae verweer. Hierdie proses veroorsaak dat die rots ʼn ronde vorm het. (1) 2.1.2 Rotspartikels bots teen mekaar en raak al hoe kleiner. (1) 2.1.3 Die krag van water en vasgevangde lugborrels teen ʼn rotsoppervlakte. (1) 2.1.4 Verlaagde oppervlaktes vorm as gevolg van winderosie. (1) 2.1.5 Rivierkanale word deur die wrywing van rotspartikels gelyk gemaak. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 SOSIALE WETENSKAPPE (GEOGRAFIE) (EC/NOVEMBER 2016) 2.2 VERSKYNSELS VAN EROSIE 2.2.1 Kies vanuit die letters in die onderstaande teks en benoem elk van die verweerde landskapkenmerke wat deur die onderstaande letters (A−E) aangedui word. Skryf net die letter (A−E) en die regte term as jou antwoord neer. (5 x 1) (5) kaargletser; boogrots; branderplatform; sekelduin; kronkelmeer 2.2.2 Verwys na die verweerde landskapkenmerke (A−E). Maak ʼn lys van die letters A tot E op jou ANTWOORDBLAD en in elke geval identifiseer die erosiekragte wat elke kenmerk gevorm het. (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) SOSIALE WETENSKAPPE (GEOGRAFIE) 7 2.3 GRONDEROSIE Lees die volgende gevallestudie om die daaropvolgende vrae te beantwoord. GEVALLESTUDIE: LANDBOU AS BYDRAER TOT GRONDEROSIE Die hoofbron van inkomste vir die mense in die Denkustreek in Ethiopië is landbou. Die belangrikste gewasse wat in hierdie streek verbou word, is tef (die stapelgraangewas in Ethiopië), snyboontjies en mieliemeel. Die produksie vanaf landbou het egter die afgelope jare baie afgeneem weens gronderosie wat ʼn chroniese vlak bereik het. Die inwoners van die gebied sê dat hulle verplig was om die aantal maaltye per dag sowel as die hoeveelheid kos per maaltyd te verminder weens hierdie agteruitgang in landbou. [Bron: Via Afrika, Sosiale Wetenskappe, Graad 9, bl. 179] 2.3.1 Verduidelik die term gronderosie. (2) 2.3.2 Noem EEN manier hoe gronderosie die mense van die Denkustreek van Ethiopië affekteer. (1) 2.3.3 Beskryf enige TWEE moontlike swak landboupraktyke wat gronderosie kan veroorsaak. (2 x 2) (4) 2.3.4 Skryf ʼn paragraaf om te bespreek hoe beter landboupraktyke die kleinskaalse boere kan help om: A Gronderosie te verminder (2 x 2) (4) B Landbouproduksie te vermeerder (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 SOSIALE WETENSKAPPE (GEOGRAFIE) (EC/NOVEMBER 2016) 2.4 ONREGVERDIGE HANDEL EN HULPVERLENING ʼn Arm man het ʼn ʼn Ryk man wat vanaf ʼn By die meul is boom op sy grond vir ander land gekom het, die boomstam in sy eie gebruik afgekap. het vir die arm man gesê: planke gesaag. “Ek sal die boomstam by Die planke is jou koop vir R100..” nou R200 werd. Die arm man wie die geld nodig gehad het, het die boomstam aan die ryk man verkoop. Die ryk man het Die ryk man gaan terug na die Die arm man het gesê: “Ek die planke na sy arm man en sê: kan dit nie bekostig nie. Ek fabriek geneem. het net R80 oor.”. Die hout was “Om jou lewenspeil genoeg vir ses te verbeter koop hokke wat elk drie hoenderhokke R150 werd was. van my teen slegs R450. “Moenie bekommerd wees nie,” het die ryk man gesê, “Ek sal jou R400 teen 21% rente leen – sien dit as hulpverlening vanaf ʼn vriend. In ruil wil ek meer boomstompe van jou teen vaste pryse koop.” Die arm man kry toe die hoenderhokke en begin meer intensief boer. Hy betaal elke jaar ʼn deel van die R400 met rente terug. Soms gee hy die ryk man eiers in plaas van geld. As gevolg van sy skuld is die arm man geforseer om met die ryk man handel te dryf. [Bron: Aangepas uit Verken Aardrykskunde, Graad 11] 2.4.1 Watter groep lande word deur die “arm man” verteenwoordig? (1) 2.4.2 Watter groep lande word deur die “ryk man” verteenwoordig? (1) 2.4.3 Hoekom dink jy word die hout duurder nadat die boomstam in planke gesny is? (1 x 2) (2) 2.4.4 Beskryf die onregverdige handelsverhouding wat tussen die twee manne ontwikkel het. (1 x 2) (2) 2.4.5 Noem TWEE strategieë wat deur die Verenigde Nasies aanbeveel word om meer regverdige (gelyke) handelsverhouding tussen “ryk” en “arm” lande te ontwikkel. (2 x 2) (4) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2016) SOSIALE WETENSKAPPE (GEOGRAFIE) 9 VRAAG 3: VOLHOUBARE GEBRUIK VAN NATUURLIKE HULPBRONNE 3.1 VOLHOUBARE TEENOOR ONVOLHOUBARE LYNVISSERYPRAKTYKE IN SUID-AFRIKA Verduideliking van: Lynvisserypraktyke: vang vis met gebruik van ʼn visstok of lyn. Ontspanning: ʼn aktiwiteit wat vir ontspanning, pret en/of sport gedoen word. Geelbek, rooi- en witsteenbras, klipkabeljou, rooistompneus, timmermansvis, stompkop, skulpmossel en calamari is sommige van die seekosspesies waarvan voorrade op gevaarlike lae vlakke is. ʼn Ontstellende 67% van ons top-ontspanningslynvisspesies (hulle word in dieptes van tussen 5 meter en 130 meter gevang) word as ‘ineengestort’ geklassifiseer. Ses uit tien van ons belangrikste lynvisseryspesies het heelwat verminder as kritieke voorraadvlakke in die Wes-Kaap – waar die grootste deel van nasionale lynvisseryvangste gedoen word. Die voorraad koningklip, garnale, tongvis, steurgarnale en oesters stuur op uitputting af, terwyl daar nog genoeg snoek, dorade, geelstert en sardientjes is. Sedert 2004 speel die Suid-Afrikaanse Inisiatief vir Volhoubare Seekos (Sassi) ʼn belangrike rol in die inligting en opvoeding van seekosverbruikers, deur vis wat mag geëet word ʼn groen-status (byvoorbeeld dorade) te gee, daardie visspesies wat in gevaar is om uitgewis te word: kry ʼn oranje status (byvoorbeeld, koningklip) en rooi- status vir spesies wat byna uitgeput is (byvoorbeeld, rooi en witsteenbras) sodat die verbruiker ʼn meer verantwoordelike keuse kan uitoefen. [Bron: Aangepas uit Via Afrika, Sosiale Wetenskappe, Graad 9] 3.1.1 Verduidelik wat bedoel word met onvolhoubare visvang. (2) 3.1.2 Verwys na die laaste paragraaf in bogenoemde teks. Verduidelik hoe SASSI probeer om die verbruiker te help om slim keuses oor die lynvis wat hulle eet te maak. (3) 3.1.3 A Benoem die onvolhoubare praktyke wat sekere lynvisspesies bedreig. (1 x 2) (2) Definisie van bedreig: Die visspesie loop gevaar om geheel en al uitgeput te word. B Wie of wat dink jy is verantwoordelik vir die onvolhoubare praktyk wat jy in VRAAG 3.1.3A genoem het? (1 x 2) (2) 3.1.4 Noem en verduidelik enige TWEE wette wat ons regering kan afdwing om te verseker dat die voorraad van oranje en rooi-status lynvis nie heeltemal uitgeput word nie. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 SOSIALE WETENSKAPPE (GEOGRAFIE) (EC/NOVEMBER 2016) 3.2 KWEEKHUISUITLAATGASSE UIT ELEKTRISITEITSOPWEKKING Bestudeer die volgende staafgrafiek en stellings om die volgende vrae te beantwoord. Gram CO2 (kilowatt per uur) Indirekte besoedeling, deel van produksieproses Direkte besoedeling vanaf verbranding Steenkool Olie Natuurlike Sonkrag Wind Hidro- Kernkrag gas elektrisiteit Stelling: Die Suid-Afrikaanse energievoorsieningsektor veroorsaak ʼn geweldige hoeveelheid lugbesoedeling wat tot aardverwarming en klimaatsverandering bydra. Regerings moet huishoudings en besighede dwing om gebruik te maak van bewaringsplanne om hulle koolstofvoetspoor te verminder. 3.2.1 Skryf ʼn sin om enige TWEE van die volgende terme te definieer: Kweekhuisgasse Aardverwarming Klimaatsverandering Koolstofvoetspoor (2 x 2) (4) 3.2.2 Verwys na die staafgrafiek om die volgende vrae te beantwoord. A Watter van die verskillende energiebronne wat genoem word gee die meeste koolstofdioksied (CO2) af? (1) B Watter energiebronne gee die minste koolstofdioksied (CO2) af? (1) C Watter van die energiebronne wat op die staafgrafiek aangedui word, is die effektiefste energiebron en ook potensieel die gevaarlikste? (1 x 2) (2) 3.2.3 Verduidelik enige TWEE energiebewaringsplanne wat die regering kan gebruik om huishoudelike- en besighuidsverbruikers aan te moedig om minder elektrisiteit te verbruik. (2 x 2) (4) [25] TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 9 Social Sciences

View all
Social Sciences Grade 9 November EC 2016 QP (Afr) | Hlayiso