Downloaded from hlayiso.com
SENIOR FASE
GRAAD 9
NOVEMBER 2014
SOSIALE WETENSKAPPE
GESKIEDENIS EN GEOGRAFIE
PUNTE: 100
TYD: 2 uur
*9SOSTA*
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Skip to contentAll 2014 papers 




%20GR9%20MEMO%20NOV%202016_hlayiso.com_--c69f06f4-1ff1-4c59-af3b-e4bb4d255067/v1-c97ecffc2f703c646bd2/card.webp)
View all%20November%202026%20Mock--2fc54a40-7007-45c9-a85e-3aa08a160b57/v1-2acfd5edfa5399dafbcd/card.webp)
%20GR9%20MEMO%20NOV%202016_hlayiso.com_--6ecbcd8f-c38f-41e0-97f3-67d619b2d380/v1-1a534c6ffc6135890c05/card.webp)
%20GR9%20QP%20NOV%202016_hlayiso.com_--6f7d4bf5-c1d9-4221-83a7-cf002e4e9f81/v1-a583695ade23c4621c8c/card.webp)
%20GR9%20QP%20NOV%202016_hlayiso.com_--88e2eebd-0ca6-44a2-ac8b-19392e40467f/v1-1d58c315ccccbaaea5e9/card.webp)


Social Sciences Grade 9 November EC 2014 Addendum (Afr)
Grade 9 Social Sciences addendum from the November EC 2014 (Afrikaans), 24 pages. Read online or get the free PDF download.
Social Sciences · Grade 9 · November EC · 2014. Addendum, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Social Sciences
- Grade
- Grade 9
- Document type
- Addendum
- Year
- 2014
- Exam period
- November EC
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 1.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 24
This exam
November EC 2014
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 SOSIALE WETENSKAPPE (NOVEMBER 2014)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie eksamenvraestel bestaan uit TWEE afdelings:
AFDELING A: GESKIEDENIS (50 punte), en
AFDELING B: GEOGRAFIE (50 punte)
2. Beantwoord ALLE vrae.
3. Lees die vrae deeglik deur voordat jy dit beantwoord.
4. Nommer jou vrae volgens die orde van vrae gevra.
5. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
6. Verwys na die puntetoekenning as ʼn riglyn om die hoeveelheid feite wat
neergeskryf moet word, om ʼn vraag te beantwoord. Byvoorbeeld, vir ʼn
puntetoekenning van 3 moet jy drie afsonderlike feite gee.
7. Jou antwoorde moet in volsinne of in kort frases om jou antwoorde te
verduidelik. Geen punte sal vir eenwoord-antwoorde of ʼn lys van enkel
woorde gegee word nie.
8. Jy word voorsien van ʼn 1 : 50 000 topografiese uittreksel, 3228 BB THE
HAVEN (Addendum). Verwys na die topografiese kaart wanneer jy
AFDELING B van hierdie eksamenvraestel beantwoord.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014) SOSIALE WETENSKAPPE 3
AFDELING A: GESKIEDENIS
VRAAG 1: DIE TWEEDE WÊRELDOORLOG – OORSAKE EN UITBREEK
(1919–1945)
Skryf ʼn goeie verduideliking van ELKEEN van die volgende terme:
1.1 Demokrasie (2)
1.2 Fascisme (2)
1.3 Propaganda (2)
1.4 Die Groot (Jode) slagting (2)
[8]
VRAAG 2: DIE TWEEDE WÊRELDOORLOG – OORSAKE EN UITBREEK
(1919–1945)
Bestudeer FIGUUR A en FIGUUR B om die volgende vrae te beantwoord.
[Bron: m.harunyahya.com] [Bron: www.schoolhistory.co.uk]
FIGUUR A FIGUUR B
Die ‘ideale’ Duitse man wat in ʼn Nazi- Die ‘gestereotipeerde’ Jood.
plakkaat gebruik was. Dié spotprent is deur Philipp Rupprecht
geteken. Hy het vir ʼn Nazi-koerant,
“Der Stürmer”, gewerk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 SOSIALE WETENSKAPPE (NOVEMBER 2014)
2.1 Verwys na FIGUUR B en verduidelik die term “gestereotipeerd”. (2)
2.2 Kyk na FIGUUR A en FIGUUR B. Vergelyk EEN manier hoe die Nazi–
spotprentkunstenaar die ‘gestereotipeerd Duitser’ en die ‘gestereotipeerd
Jood’ geïllustreer het. (2)
2.3 Gee TWEE ander redes behalwe rassevooroordeel waarom Nazi-leiers
wou hê dat Jode negatief uitgebeeld moes word. (2)
[6]
VRAAG 3: DIE KERNTYDPERK EN DIE KOUE OORLOG (1945–1990)
Kyk na die volgende spotprent om die volgende vrae te beantwoord.
[Bron: gcps.desire2learn.com]
Hierdie spotprent illustreer konflik tussen die Unie van Sosialistiese
Sowjetrepublieke (USSR) en die Verenigde State van Amerika (VSA) gedurende
die Koue Oorlog.
3.1 Noem die internasionale krisis in 1961 wat amper ʼn kernoorlog tussen die
USSR en die VSA veroorsaak het. (1)
3.2 Op watter voorwerpe sit die twee persone in die spotprent? (1)
3.3 Beskryf hoe die spotprentkunstenaar konflik tussen die twee
supermoondhede, VSA en USSR in die spotprent illustreer. (2)
3.4 Verduidelik die term “Koue Oorlog”. (2)
3.5 Verduidelik die ‘wapenwedloop’ as ʼn bron van spanning tussen die USSR
en die VSA gedurende die Koue Oorlog tydperk. Skryf VYF verskillende
feite in volsinne neer. (5)
[11]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014) SOSIALE WETENSKAPPE 5
VRAAG 4: KEERPUNTE IN DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS (1948–
1960)
Kies die korrekte naam uit die onderstaande blok (Skryf net die persoon se naam
as jou antwoord neer.)
Albert Luthuli Mahatma Ghandi Steve Biko P.W. Botha
Robert Sobukwe Walter Sisulu F.W. de Klerk Hector Petersen
4.1 Hy is as president van die African National Congress (ANC) in 1952 verkies
en het die Nobelprys vir Vrede in 1960 gewen. (1)
4.2 Hy het die Swartbewussynsbeweging in die vroeë 1970’s gestig. (1)
4.3 “Satyagraha” – tegniek van passiewe weerstand (sonder geweld) (1)
4.4 Die president wat in 1990 die politieke partye/vryheidsbewegings ontban het
en die vrylating van Nelson Mandela verseker het. (1)
[4]
VRAAG 5: KEERPUNTE IN DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS (1948–
1960)
Gee die term of naam VIR ELKEEN van die volgende definisies:
5.1 ʼn Beleid van afsonderlike ontwikkeling van rassegroepe in Suid-Afrika wat
deur die Nasionale Party na 1948 geïmplementeer is (1)
5.2 Wanneer ʼn regering met spesiale magte toegerus word, soos om
byvoorbeeld mense in die tronk sonder verhoor toe te sluit, of om die
aandklokreël in te stel sodat hulle die opposisie kan onderdruk en betogings
voorkom (1)
5.3 ʼn Ekonomiese maatreël wat deur die lidlande van die Verenigde Nasies
gebruik word waar hulle weier om met ʼn sekere land handel te dryf as dié
land skuldig is aan, byvoorbeeld oortredings teen menseregte (1)
[3]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 SOSIALE WETENSKAPPE (NOVEMBER 2014)
VRAAG 6: KEERPUNTE IN DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS (1948–1960)
ʼn Vroue-optog op 9 Augustus 1956: Verwys na die foto om die daaropvolgende vrae
te beantwoord.
[Bron: www.capechameleon.co.za]
Leiers van die optog (van links na regs) Radima Moosa, Lilian Ngoyi, Helen Joseph en
Sophie Williams staan met protesbriewe wat hulle op 9 Augustus 1956 aan die Eerste
Minister, J.G. Strijdom, wou gee.
6.1 Wat was die rede hoekom die vroue besluit het om die protesoptog te
organiseer? (1)
6.2 Bestudeer die foto. Wat is die belangrikheid van die ras van die vier dames in
die foto? (1)
6.3 As gevolg van hierdie protes vier Suid-Afrikaners Nasionale Vrouedag op 9
Augustus elke jaar as ʼn publieke vakansiedag. Verduidelik die belangrikheid van
hierdie publieke vakansiedag vir alle Suid-Afrikaners. (2)
[4]
VRAAG 7: KEERPUNTE IN DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS (1960–1994)
Teenstrydige bewyse: Lees BRON A en BRON B oor die Sharpeville-slagting wat op
Maandag, 21 Maart 1960 plaasgevind het.
BRON A
Uittreksel van ʼn ooggetuie-verslag deur Humprey Tyler
Daar was geen waarskuwing nie. Toe die skietery begin het, het dit aangehou totdat
daar geen lewende ding in die groot afskorting voor die polisiestasie was nie. Die
polisie het gesê dat hulle in gevaar was omdat die skare hulle met klippe gegooi het.
Maar net drie polisiemanne is na berig deur klippe getref – en meer as 200 betogers is
geskiet.
Ek het geen wapens gesien nie, alhoewel ek baie versigtig gesoek het en na die
voorval foto’s van die doodstoneel bestudeer het. Terwyl ek daar was, het ek net
skoene, hoede en ʼn paar fietse tussen die liggame gesien.
[Bron: What is History?, The National Education Crisis Committee, 1987, bl. 25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014) SOSIALE WETENSKAPPE 7
BRON B
Aangepas: Rand Daily Mail koerantartikel, Dinsdag, 22 Maart 1960, een dag
ná die Sharpeville-slagting.
Terwyl hy (kolonel Pine Pienaar) met sy motor die polisiegronde inry het mense sy
motor met klippe bestook. Hy het sy manne agter die draadomheining gekry en
die hekke weer gesluit. Sommige betogers het die hekke gebreek en weer
oopgemaak. Die polisie is intussen met klippe bestook. Betogers het ook op die
polisie geskiet.
Die bevel om terug te vuur is gegee as gevolg van dreigende skare ... Sarsies van
0.303 koeëls uit Stengewere het tussen 15 000 en 20 000 mense wat die polisie-
stasie omring het, geskeur.
... talle mense het voor die koeëls geval ... Mense het so vinnig gevlug dat hulle
honderde skoene, broeke, baadjies – en selfs stoele agtergelaat het.
[Bron: What is History?, The National Education Crisis Committee, 1987, bl.25]
7.1 7.1.1 Identifiseer BRON A as ʼn primêre, of ʼn sekondêre bron van inligting. (1)
7.1.2 Gee ʼn goeie rede vir jou antwoord in VRAAG 7.1.2. (1)
7.2 Verwys na BRON A en BRON B. Verduidelik EEN verskillende teenstrydige
getuienis in die twee bronne van inligting. (2)
7.3 Wat was die rede waarom die Sharpeville-betogers geprotesteer het? (1)
7.4 Na die Sharpeville-slagting het die strategie en die manier wat die politieke
opposisie soos die ANC en die PAC teen die Nasionale Party-regering
bewind in Suid-Afrika opgetree het, verander.
7.4.1 Noem die strategie wat die politieke opposisie voor die Sharpeville-
slagting gebruik het. (1)
7.4.2 Noem die strategie wat die politieke opposisie na die Sharpeville-
slagting gebruik het. (1)
7.4.3 Verduidelik waarom die politieke opposisie besluit het om na die
Sharpeville-slagting hulle strategie van opposisie teenoor die
Nasionale Party se beleid te verander. (2)
[9]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 SOSIALE WETENSKAPPE (NOVEMBER 2014)
VRAAG 8: KEERPUNTE IN DIE SUID-AFRIKAANSE GESKIEDENIS (1960–
1994)
Paragraafvraag: Hierdie vraag vereis die gebruik van volsinne in die vorm van ʼn
paragraaf of paragrawe.
Lees die volgende uittreksel om die volgende vrae te beantwoord.
“Tydens my leeftyd het ek myself aan die stryd van die mense van Afrika toegewy.
Ek het teen wit oorheersing gestry, en ek het teen swart oorheersing gestry. Ek
het die ideale van ʼn demokratiese en ʼn vrye samelewing, waarin alle mense in
harmonie met gelyke geleenthede saamleef, gekoester. Dit is ʼn ideaal waarvoor
ek hoop om te lewe voor en wil bereik. Maar as dit nodig is, is dit ʼn ideaal
waarvoor ek bereid is om te sterf.” – Uit Nelson Mandela se toespraak tydens die
Rivonia-verhoor op April 20, 1964
[Bron: Time Magazine, 19 Desember 2013]
Bespreek die stelling:
Nelson Mandela het ná sy vrylating uit die tronk in 1990 sy ideale van die
beginsels van demokrasie en goeie verhoudings tussen bevolkingsgroepe in Suid-
Afrika uitgeleef. [5]
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014) SOSIALE WETENSKAPPE 9
AFDELING B: GEOGRAFIE
KAARTVAARDIGHEDE, ONTWIKKELINGSKWESSIES, HULPBRONGEBRUIK
EN VOLHOUBAARHEID EN OPPERVLAKKRAGTE WAT DIE AARDE VORM.
VRAAG 9
Kies die korrekte antwoord vir elke van die volgende sinne. Skryf slegs die
vraagnommer (9.1–9.5) en die woord wat jy gekies het in jou ANTWOORDEBOEK.
9.1 Die proses wat rotse in kleiner stukke afbreek word (erosie / verwering)
genoem. (1)
9.2 ʼn Chemiese proses wanneer rotsminerale met opgeloste suurstof reageer
om ʼn rooi of geel kleur, bekend as roes te veroorsaak word (oksidasie /
karbonering) genoem. (1)
9.3 ʼn Proses wanneer harde gesteentes op warm dae uitsit en op koue nagte
inkrimp sodat die gesteente in lae afbreek (soos ʼn ui), wat geronde rotse
vorm word (blokskeiding / afskilfering) genoem. (1)
9.4 ʼn Geïsoleerde rotspilaar wat van ʼn kaap deur kus-erosie geskei word, word
ʼn (rotseiland / strandnaaldrots) genoem. (1)
9.5 Die kleinskaalse gebruik van tegnologie wat arbeidintensief is en maklik vir
plaaslik mense om te verstaan, word, word (gepaste tegnologie /
alternatiewe tegnologie) genoem. (1)
[5]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 SOSIALE WETENSKAPPE (NOVEMBER 2014)
VRAAG 10: KAARTWERK – MEERVOUDIGEKEUSE VRAE
Kyk goed na die uittreksel van die 1:50 000 topografiese kaart (in die addendum)
en die onderstaande inligting om die volgende vrae te beantwoord.
LIGGING VAN DIE DWESA- EN CWEBE-NATUURRESERVATE IN DIE OOS-
KAAP PROVINSIE VAN SUID-AFRIKA.
[Bron: http://en. Wikipedia.org/wiki/file:South Africa]
Die volgende Engelse woorde word op die topografiese
kaart wat voorsien word gebruik. Die Afrikaanse vertaling van dit word verskaf,
ENGLISH AFRIKAANS
Diggings Delwery
Forest Bosbou
Forest station Bosboustasie
Hiking trail Staproete / Voetslaanpad
Holiday resort Vakansieoord
Marine reserve Marinereservaat
Nature reserve Natuurreservaat
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014) SOSIALE WETENSKAPPE 11
Kies die antwoord uit die opsies wat voorsien word. Skryf slegs die vraagnommer
(10.1–10.3) en die letter (A–D) van jou keuse as jou antwoord neer, byvoorbeeld
10.4 D.
10.1 ʼn Ortofotokaart met ʼn skaal van 1 : 10 000 toon ʼn beeld wat ... is as ʼn
1 : 50 000 topografiese kaart.
A 10 keer kleiner
B 5 keer kleiner
C 10 keer groter
D 5 keer groter (1)
10.2 Verwys na die topografiese kaart wat voorsien is. Die koördinate van die
seevaartligte by Bashee Mbashe Punt (Point) is ...
A 32⁰ 14’ 31”O ; 28⁰ 55’ 00” S.
B 32⁰ 14’ 31” S ; 28⁰ 55’ 00” O.
C 28⁰ 55’ 00” O; 32⁰ 14’ 31” S.
D 28⁰ 55’ 00” S; 32⁰14’ 31” O. (1)
10.3 Verwys na die topografiese kaart wat voorsien is. Reënval in die streek is
relatief hoog. Kies uit die volgende die faktore wat jy as bewyse sal gebruik
vir hierdie stelling:
(i) Baie reservoirs is in die gekarteerde gebied
(ii) Baie standhoudende riviere
(iii) Vleilande of moerasse in die gekarteerde gebied
(iv) Die hoeveelheid en tipe plantegroei
(v) Digte konsentrasie van mense
A (i), (ii) en (iii)
B (ii), (iii) en (iv)
C (iii), (iv) en (v)
D Al die bogenoemde (1)
[3]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 SOSIALE WETENSKAPPE (NOVEMBER 2014)
VRAAG 11: KAARTWERKBEREKENINGE EN -INTERPRETASIE
11.1 Die gedeelte van die Wildekusstaproete in die Cwebe-natuurreservaat meet
15,3 cm op die 1 : 50 000 topografiese kaart.
11.1.1 Gebruik die mate van 15,3 cm en die 1 : 50 000 skaal van die
topografiese kaart om die werklike afstand in kilometers te
bereken. Dui alle stappe van jou berekening aan. (3)
11.1.2 Skakel jou antwoord in VRAAG 11.1.1 in meters om. (2)
11.2 Verwys na die topografiese kaart. Beskryf die topografie en natuurlike
kenmerke van die Wildekusstaproete in die gedeelte van die Cwebe
natuurreservaat. (2)
11.3 Skryf die koördinate vir trigonometriese stasie nr. 57 neer. (4)
[11]
VRAAG 12: TIPIESE KENMERKE VAN ’N RIVIERSTELSEL
12.1 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en jou antwoord
neer.
Verwys na die Ntlonyanerivier. Die kanaalpatroon van die rivier word ʼn
(kronkelende / gevlegde) patroon genoem. (1)
12.2 Teken ʼn vergrote tekening van die gedeelte van die Ntlonyanerivier wat
hieronder geïllustreer word.
Gedeelte van die
Ntlonyanerivierkanaal
Op jou tekening gebruik ʼn pyl met ʼn byskrif om die volgende aan te dui:
- waar die water in die rivierkanaal die vinnigste sal vloei
- waar erosie sal plaasvind (die stootoewer genoem)
- waar afsetting sal plaasvind (die stiloewer genoem) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014) SOSIALE WETENSKAPPE 13
12.3 Gee die term wat die volgende stroomerosieproses beskryf:
Skuurwerking deur klippe en rotse teen die bodem en oewers van die
rivierkanaal. Hierdie proses veroorsaak dat die kanaal dieper en gladder sal
word met verloop van tyd. (1)
12.4 Mense het landerye op die vloedvlakte van die groot riviere in die
gekarteerde gebied gemaak:
Verduidelik TWEE voordele om gewasse op die vloedvlakte van ʼn rivier te
verbou. (2)
[7]
VRAAG 13: ONTWIKKELINGSKWESSIES LANGS DIE WILDEKUS
Lees die volgende uittreksel om die volgende vrae te beantwoord.
BOTSENDE BELANGE LANGS DIE KUSLYN VAN DIE DWESA- EN CWEBE-
NATUURRESERVATE
Oor die jare het die plaaslike mense mossels langs die kuslyn geoes. Ongelukkig,
weens ʼn toename in die aantal mense, het die praktyk onvolhoubaar geword.
ʼn Tipiese toneel van mosselversamelaars langs die Suid-Afrikaanse Wildekus
[Bron: Dwesa and Cwebe Nature Reserves, DOA.
www.nda.agric.za/doa/dev/fisheries.pdf]
13.1 Die kusstreek langs die Dwesa- en Cwebe-natuurreservate is een van 21
marinebewaringsgebiede in Suid-Afrika.
13.1.1 Verduidelik wat ʼn marinebewaringsgebied (MPA) is. (2)
13.1.2 Verduidelik die ekologiese belangrikheid om marine-
bewaringsgebiede te behou. (2)
Definisie: ekologies verwys na die organismes en diere wat in die gebied bly
en wat op die omgewing afhanklik is om te oorleef.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 SOSIALE WETENSKAPPE (NOVEMBER 2014)
13.2 Verduidelik die konsep van ʼn ‘onvolhoubare’ praktyk met verwysing na die
plaaslike mense wat mossels langs die Dwesa-Cwebekus versamel. (2)
13.3 Gee TWEE aanbevelings wat die plaaslike regering, sonder om die
praktyk te verbied, kan aanwend om die praktyk meer volhoubaar te
maak. (2)
[8]
VRAAG 14: VOLHOUBARE ONTWIKKELING
Lees die volgende uittreksel om die volgende vrae te beantwoord.
“Agt boeredorpies, met ʼn totale bevolking van ongeveer 15 000 mense, deel ʼn
grens met die Dwesa- en Cwebe-natuurreservaat. ʼn Groot deel van die
bevolking is onder die ouderdom van 18 jaar en armoede is hoog.
Voedselonsekerheid dreig dikwels. Meer as 600 huishoudings het geen
inkomste nie en is op landbou en natuurlike hulpbronne vir hul oorlewing
afhanklik.”
[Bron: Dwesa and Cwebe Nature Reserves, DOA.
www.nda.agric.za/doa/dev/fisheries.pdf]
14.1 Verduidelik die term voedselonsekerheid. (2)
14.2 Bestudeer die topografiese kaart.
Gee TWEE bewyse vanaf die gekarteerde gebied dat die gemeenskappe
wat in die omgewing van die Cwebe-natuurreservaat bly, kleinskaalse
bestaanboere is. (2)
14.3 Noem TWEE maniere waarop onlangse vooruitgang in die wetenskap en
tegnologie voedselproduksie in die gebied kan verhoog. (2)
14.4 Wetenskaplike en tegnologiese-ontwikkeling kan voedselproduksie
verhoog. Daar word egter voordele en nadele met hierdie maatreëls
geassosieer.
Gee of TWEE voordele of TWEE nadele van die gebruik van moderne
wetenskaplike en tegnologiese ontwikkeling in landbou om
voedselproduksie te verhoog. (2)
[8]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014) SOSIALE WETENSKAPPE 15
VRAAG 15: ONTWIKKELINGSKWESSIES – HANDELSBEDRYF
Verwys na grafiek A en grafiek B om die volgende vrae te beantwoord.
Grafiek A: Die waarde van Suid-Afrikaanse invoer- en uitvoerhandel tussen 1992
en 2011.
Grafiek B: Die Suid-Afrikaanse Handelsbalans tussen 1992 en 2011.
[Bron: http/apps.thedti.gov.za/econdb/raportt/raptottr.html]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 SOSIALE WETENSKAPPE (NOVEMBER 2014)
15.1 Verduidelik die term handelsbalans. (2)
15.2 15.2.1 Kyk na grafiek B. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die
vraagnommer en die woord as jou antwoord neer op jou
ANTWOORDEBOEK.
Suid-Afrika het in 2008 (ʼn gunstige / ongunstige) handelsbalans
gehad. (1)
15.2.2 Kyk na grafiek A. Gee ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 15.2.1. (1)
15.3 Gee TWEE moontlike gevolge van ʼn ongunstige (negatiewe) handelsbalans
op die Suid-Afrikaanse ekonomie.
15.4 Gee TWEE moontlike oplossings wat die Suid-Afrikaanse regering kan
gebruik om die ekonomie te ontwikkel sodat Suid-Afrika ʼn meer gunstige (of
positiewe) handelsbalans sal hê. (2)
[8]
TOTAAL AFDELING B: 50
GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
SENIOR FASE
GRAAD 9
NOVEMBER 2014
SOSIALE WETENSKAPPE
GESKIEDENIS EN GEOGRAFIE
ADDENDUM
PUNTE: 100
Hierdie addendum bestaan uit 3 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
2 SOSIALE WETENSKAPPE (NOVEMBER 2014)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2014) SOSIALE WETENSKAPPE 3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Social Sciences Grade 9 November EC 2014 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Social Sciences Grade 9 November EC 2014 Memo (English)

Question paper
Social Sciences Grade 9 November EC 2014 QP (Eng)

Memorandum
Social Sciences Grade 9 November EC 2016 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Social Sciences Grade 9 November EC 2016 Memo (English)
%20GR9%20MEMO%20NOV%202016_hlayiso.com_--c69f06f4-1ff1-4c59-af3b-e4bb4d255067/v1-c97ecffc2f703c646bd2/card.webp)
Memorandum
Social Sciences Grade 9 November EC 2016 Memo (English)
More from Grade 9 Social Sciences
%20November%202026%20Mock--2fc54a40-7007-45c9-a85e-3aa08a160b57/v1-2acfd5edfa5399dafbcd/card.webp)
Question paper
Social Sciences Grade 9 P2 November Mock 2026 QP (Eng)
%20GR9%20MEMO%20NOV%202016_hlayiso.com_--6ecbcd8f-c38f-41e0-97f3-67d619b2d380/v1-1a534c6ffc6135890c05/card.webp)
Memorandum
Social Sciences Grade 9 November EC 2016 Memo (Afrikaans)
%20GR9%20QP%20NOV%202016_hlayiso.com_--6f7d4bf5-c1d9-4221-83a7-cf002e4e9f81/v1-a583695ade23c4621c8c/card.webp)
Question paper
Social Sciences Grade 9 November EC 2016 QP (Eng)
%20GR9%20QP%20NOV%202016_hlayiso.com_--88e2eebd-0ca6-44a2-ac8b-19392e40467f/v1-1d58c315ccccbaaea5e9/card.webp)
Question paper
Social Sciences Grade 9 November EC 2016 QP (Afr)

Question paper
Social Sciences Grade 9 November EC 2016 QP (Afr)

Question paper