Skip to content
Question paper

Afrikaans Grade 10 IEB June 2019 Question Paper

IEB Grade 10 Afrikaans question paper from the June 2019, 17 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Publisher: IEB

Subject: AfrikaansGrade 10201917 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL Graad 10 31 Mei 2019 Tyd: 2 uur Punte: 70 Eksaminatrise: Mev. Oellermann Moderatrises: Mev. Johnston / Mev. Malherbe ...................................................................................................................................... Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is. LEES ASSEBLIEF DIE ONDERSTAANDE INSTRUKSIES MET AANDAG DEUR. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.  Afdeling A: 3 x Begripstekste (30 punte)  Afdeling B: Taalvaardigheid en Kommunikasie (30 punte)  Afdeling C: Poësie (10 punte) 1. Beantwoord asseblief ELKE vraag. 2. Begin ELKE VRAAG op ̓n nuwe bladsy. 3. Geen Engelse woorde sal gemerk word nie. 4.. Skryf asseblief netjies en nommer elke vraag soos op die vraestel. LEKKER SKRYF, LIEWE MEISIES. AFDELING A LEESBEGRIP VRAAG 1 TYDSKRIFARTIKEL Lees die artikel sorgvuldig deur en beantwoord dan die vrae wat volg. REFENTSE MORAKE
Downloaded from hlayiso.com 2 Bron: Google prente Besig om sy eie pad in Afrikaans oop te sing! ˝Kyk of jy vir my die son kan vang Daar’s ‘n kamer in die huis waar ons die son kan hang …” 1 Dit is die woorde uit die liedjie Sonvanger, soos nou ook gesing deur die nuweling, Refentse Morake. Hierdie talentvolle Afrikaanse musieksensasie se storie is ̓n ware voelgoed-verhaal. Dit is ook die verhaal van sukses wat op sosiale media ontstaan het. 2 Refentse het kleintyd by sy ouma gebly en sy ouers net gedurende naweke gesien. Alhoewel niemand in sy familie Afrikaans kon praat nie, het sy ouers hom na ̓n Afrikaanse laerskool gestuur. Sy ouers en sy ouma het hom na Afrikaanse liedjies laat luister, sodat hy die taal kon leer. Sό het Refentse ̓n liefde vir die taal ontwikkel. 3. Refentse was later ̓n leerder aan Vereeniging Gimnasium. Hy het in die skool- en die streekjeugkoor gesing en aan verskeie kunswedstryde deelgeneem. Dis hier waar mense begin agterkom het dat hy baie goed kan sing. 4. ̓n Hoogtepunt van sy skoolloopbaan was toe hy tot onderhoofseun verkies is. Hy het dit glad nie verwag nie. Hy het hierdie taak ernstig opgeneem en onder
Downloaded from hlayiso.com 3 andere ̓n plan beraam om rokery by die skool stop te sit. 5. Op sy sewentiende verjaarsdag het Refentse in die tuin by sy ouerhuis in Unitapark kitaar gespeel en gesing toe Cecilia Kruger toevallig daar verbygeloop en hom hoor sing het. Sy het ̓n video met haar selfoon opgeneem en het vir Refentse gevra of sy dit op Facebook kon plaas. Refentse het ingestem, maar nooit gedink dat dit die begin van sy musiekloopbaan sou wees nie. Op daardie stadium wou hy nog ̓n prokureur word. 6. In April 2015, kort nadat Refentse en sy musiek op Facebook geplaas is, het hy voor Spur in Oudtshoorn gestaan en sing tydens die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees. (KKNK). Daar het Karen Zoid, bekende Afrikaanse rockster, hom ook gesien. Sy het hom genooi om daardie aand saam met haar by een van haar konserte op te tree. Vir Refentse was Zoid 'n kunstenaar sonder gelyke. 7. Sy ouers is sy rolmodelle. Refentse is ook baie lief vir sy ouma. Hy sê dat hy by haar twee belangrike lesse geleer het, naamlik om altyd hard te werk en nooit te dink dat jy beter as ander mense is nie. Met elfjarige tweelingboeties en 'n ses- jarige sussie in die gesin, het hy geleer dat alles nie altyd net om hom draai nie. Hy maak egter nie 'n geheim daarvan dat sy kleinsus sy hart se punt is nie. 8. Refentse wil nie net mooi liedjies sing nie. Hy hoop dat mense deur sy musiek van hulle verskille sal vergeet. (Woorde:458) (Verwerk uit Finesse, Volume 1, Uitgawe4 2016) 1.1 Refentse sing verskillende Afrikaanse treffers. Noem EEN van hierdie liedjies wat in die leesstuk genoem word. (1) 1.2 Haal EEN woord uit paragraaf EEN aan wat beteken dat baie mense nou van Refentse se talent weet. (1) 1.3 Refentse se ouers en sy ouma het gehelp dat Refentse vir Afrikaans lief
Downloaded from hlayiso.com 4 geraak het. Noem TWEE dinge wat hulle gedoen het. (2) 1.4 Lees die stelling hieronder en kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die alfabetletter neer. 1.4.1 Refentse het met die hulp van tegnologie suksesvol geword. A Refentse is bekend omdat hy baie op Whatsapp is. B Refentse het baie volgelinge net op Instagram. C Refentse het deur sosiale media bekend geraak. D Refentse is in ´n film op Youtube gesien. (1) 1.5 Aan watter skool het Refentse gematrikuleer? (1) 1.6 Watter skoolprobleem het Refentse as onderhoofseun help oplos? Haal net die woord aan. (1) 1.7 1.7.1 Stem jy saam met die volgende stelling? Sê Ja of Nee. Refentse het nie verwag dat hy deur Facebook bekend sou word nie. (1) 1.7.2 Haal twee agtereenvolgende woorde aan om jou antwoord in 1.7.1 te motiveer. (1) 1.8 Wat wou Refentse na skool gaan studeer? (1) 1.9 Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die vraagnommer en die alfabet- letter neer. Refentse beskou Karen Zoid as ˝n kunstenaar sonder gelyke.“ (Reël 27) Hieruit kan ons aflei dat ... A geen ander kunstenaar so goed soos Karen Zoid is nie. B die ander kunstenaars hom ook soos Karen Zoid sou help. C geen ander kunstenaar so baie geld soos Karen Zoid maak nie. D die ander kunstenaars hulle sukses aan Karen Zoid te danke het. (1) 1.10 By watter jaarlikse fees is Refentse werklik ontdek? (1) 1.11 Kies die KORREKTE woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer. 1.11.1 Refentse se ouma het vir hom geleer dat 'n mens nooit moet dink jy is
Downloaded from hlayiso.com 5 beter as ander mense nie. Sy het hom dus geleer om (idealisties / nederig) te wees. (1) 1.12 Haal VYF AGTEREENVOLGENDE WOORDE uit paragraaf 7 aan wat bewys wie in Refentse se gesin sy gunsteling is. (1) 1.13 Dink jy het Refentse het 'n goeie doel met sy musiek? Hoekom sê jy so? (1) 15 punte Bron: Google Prente VRAAG 2 ADVERTENSIE Bestudeer die onderstaande advertensie en beantwoord dan die vrae wat daarop volg.
Downloaded from hlayiso.com 6 (70 woorde) Bron: https://www.google.com/search?q=voorblaaie+vir+sarie&tbm 2.1 Watter tipe kos kan vir verskillende maaltye geëet word. Noem net EEN woord. (1) 2.2 Waarom kan ´n mens sê dat yskastert die belangrikste item op hierdie voorblad is? (1)
Downloaded from hlayiso.com 7 2.3 Lees die onderstaande stelling en kies dan die antwoord wat die BESTE daarby pas. Skryf net die vraagnommer en die alfabetletter neer. Mielies is ´n kossoort wat geadverteer word omdat dit … A net die beste met vetkoek proe. B Sarie Kos se gunsteling graansoort is. C in seisoen is en dit is goedkoop. D moeilik is om te kook. (1) 2.4 Wat is die slagspreuk van die Sarie-KOS? (1) 2.5 2.5.1 Antwoord WAAR / ONWAAR op die volgende stelling. Sarie Kos adverteer amper net Suid-Afrikaanse geregte. (1) 2.5.2 Haal drie woorde aan om jou antwoord in 2.5.1 te bewys. (1) 2.6 Gee TWEE redes waarom lesers van die ˝ete vir 4“ sal hou? (2) 2.7 Na watter land kan jy met ´n skip gaan om lekker te gaan eet? (1) 9 punte VRAAG 3 VISUELE BEGRIP - SPOTPRENT Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.
Downloaded from hlayiso.com 8 C A B Bron: Google 3.1 Voltooi die volgende sin deur die gepaste woorde in te vul. Die dogtertjie (A) sit op die swaai met haar 3.1.1 ...... op haar skoot. Sy lag so hard dat jy haar 3.1.2 ...... kan sien. Die klein seuntjie (B) sit op die sand en speel met sy 3.1.3 ....... . Die groter seun (C) het sy 3.1.4 ......... agterste- voor op sy kop gesit. (4 x ½=2) 3.2 Waarom sê die seuntjie (B) dat sy pa ryk is omdat hy sy kar se tenk vol petrol gemaak het? (1) 3.3 Watter visuele leidraad is daar wat wys dat seun (C) vir die somer aangetrek is. Noem EEN ding. (1) 3.4 Haal een woord aan wat daarop dui watter toestel/diens ´n mens nodig het om baie TV-kanale te hê. (1) 3.5 Noem die plek waar die kinders speel. (1) 6 punte AFDELING A: 30 PUNTE AFDELING B TAALVAARDIGHEID VRAAG 4 SINSTRUKTURE
Downloaded from hlayiso.com 9 Bestudeer die onderstaande strokiesprent en voltooi die sinne soos aangedui. (Verwerk uit: thecomicstrips.com) 4.1 Zits praat met sy pa wanneer hy skool toe bestuur. Verlede week … (2) 4.2 Zits het vir Pa gesê: ˝Pa, ek wil hier uitklim“. Zits het vir Pa gesê dat ... (1) 4.3 Zits pak vanoggend sy reënjas in sy skooltas. Sy reënjas ... (1) 4.4 Zits is´n tiener wat oor sy pa se voorkoms ontsteld is. Jare gelede ... (1) 4.5 Pa trek so snaaks aan. Zits is tog lief vir hom. Alhoewel … (1) 4.6 Die SJS koshuismeisies het die geselsies met hul ouers gemis. Nou ... (1) 4.7 Het Zits alreeds by die skool aangekom? Nee, … (1)
Downloaded from hlayiso.com 10 4.8 Die pa moet sy seun verstaan. Die pa behoort ... (1) 4.9 Wanneer die SJS-meisies skool toe ry, sit en gesels hulle. Verlede Maandag ... (2) 4.10 Zits sal later sy pa se oefenklere wegsteek. Sy pa se oefenklere … (1) 4.11 Zits behoort elke dag skool toe te stap. Zits hoef nie ... (1) 4.12 Skryf die volgende sin oor in die korrekte WOORDORDE. Skryf die sin uit. Die pa, vanoggend, het, hom, by die skool , afgelaai, vinnig. Begin so ... Die pa ... (1) 4.13 Die pa vra:˝Is dit nog ver skool toe?“ Die pa vra... (1) 4.14 Die pa klim uit die motor en Zits raak paniekerig. Die pa klim uit die motor daarom ... (1) 16 punte VRAAG 5 WOORDSTRUKTURE
Downloaded from hlayiso.com 11 Lees die paragraaf wat op die foto’s gebaseer is deur. Doen dan elke keer wat tussen hakies gevra word. Skryf net die nommer en korrekte antwoord in EEN KOLOM onder mekaar neer. Bron: www.stjohnsdsg.com Almal stem saam – St John’s DSG is ‘n 5.1 (wonderlik – gee die korrekte vorm van die woord) skool en almal is 5.2 (baie gelukkig - gee die intensiewe vorm) om hier te wees. Van 5.3 (klein af / kleins – kies die korrekte woord) af word ons 5.4 (goed – gee die vergrotende trap) as op enige ander plek opgepas. Op laerskool leer ons hoe om te 5.5 (read – gee die Afrikaanse woord) en skryf en ons speel ook baie. 5.6 (Wanneer / Toe – kies die korrekte voegwoord) ons hoërskool toe gaan, gebeur daar baie 5.7 (opgewonde / opwindende – kies die korrekte woord) dinge. In graad 8 word ons 5.8 (14 – skryf die getal uit) jaar oud en ons leer gou hoe ´n ware St John’s-meisie haar met trots gedra. Ons vrolike 5.9 (yellow – gee die Afrikaanse woord) 5.10 (rokke – gee die verkleining) dra by tot ´n opgewekte stemming. In graad 9 gaan ons op die groot Uhambo-avontuur en ons moet ons 5.11 (ma – gee die meervoud) en ons vriende groet. Dit is baie 5.12 (maklik – gee die antoniem) maar ons is 5.13 (dapper – gee die vergrotende trap) as wat mense dink! In graad 10 is ons al dames en word ons baie volwasse. Ons kan ook aangeneem word. Ons leer baie by Dominee Pickford en ons geniet die tye in die 5.14 (kapel / kappel – kies die korrekte woord) . Die beste van als in graad 10 is egter dat ons ons 5.15 (eier / eie – kies die korrekte woord) vakke kan 5.16 (kies / keuse – gee die korrekte woord). 16x½ = 8 punte VRAAG 6 KOMMUNIKASIE
Downloaded from hlayiso.com 12  Lees die inligting hieronder, wat op die spotprent gebaseer is, deeglik deur.  Voer die instruksies, wat by elke situasie gevra word, uit.  Skryf elke keer die woorde neer van die persoon wat praat.  Elke respons moet 15-20 woorde lank wees.  Skryf jou woordtelling neer. ???? !!!!!!! WAT! (Uit: Sunday Times Lifestyle, 5 Februarie 2006) Die man en vrou eet saam by ´n deftige restaurant. Die man het sy vrou so pas vertel dat hulle nie meer oorsee kan gaan nie. 6.1 Die vrou is verskriklik ontsteld en spreek haar groot teleurstelling uit. Wat sê sy? (2) 6.2 Die man probeer om verskoning vra en sê waarom hulle nie meer oorsee kan gaan nie. Wat sê hy? (2) 6.3 Die vrou is kwaad en teleurgesteld maar sy verstaan haar man. Wat sê sy?(2) 6 punte AFDELING B: 30 PUNTE AFDELING C POЁSIE
Downloaded from hlayiso.com 13 Lees die onderstaande gedigte en beantwoord dan die vrae wat daarop volg VRAAG 7 . SKOOL MELLCOM ADAMS 1 Elke dag issie same 2 jy kom by die skool 3 skryf gister se huiswerk af 4 leen ‘n skêr en Pritt 5 plak hie en da 6 vra vir jou tjommie 7 wat kry julle die periode hierna 8 Jy kom innie klas 9 jy word uitgeskel 10 oor goed wat jy gedoen het 11 en goed wat jy nie gedoen hettie 12 jy skryf ´n 50-punttoets 13 oor chemikalieë en Hendrik Verwoerd 14 Jy kom innie Afrikaanse klas 15 word gemoer met 16 punte, vraagtekens en beletsels 17 selfstandige naamwoorde, bywoorde en 18 werkwoorde soos 19 Donder 20 Die laaste periode is jy vasgevang 21 tussen vier hoeke en Pythagoras 22 deel of maal 23 optel of aftrek 24 Pokémon of Dub 25 hamburgers of chips 26 jou girl of jou bra 27 en skielik lui die klok 28 toe is jou skooldag oek kla 7.1 Waarom, dink jy, is die woorde ˝Elke dag issie same“ so effektief as boodskap van die gedig? (1) 7.2 Noem 2 dinge wat bewys dat hierdie seun nie geïnteresseerd in sy skoolwerk
Downloaded from hlayiso.com 14 is nie. Haal uit die gedig aan. ( ½+½=1) 7.3 Watter rol speel die woorde ˝hettie, issie, innie, oek“ in die gedig? (½) 7.4 Lees die volgende paragraaf versigtig deur en vul net die ontbrekende woorde In. Skryf net die nommer en die ontbrekende woorde neer. Daar word in die klas baie met die seun 7.4.1........... oor dinge wat hy dalk verkeerd gedoen het. Die feit dat hy ´n toets moet skryf, is vir hom ´n verrassing. Hy moet oor twee vakke ‘n toets skryf, naamlik 7.4.2.................. en 7.4.3………………….. . (½ x 3= 1½) 7.5 Watter funksie het die woord ˝Donder“ in strofe 3 reël 19? (½) 7.6 Waruit kan ons in strofe 4 aflei dat die seun dalk honger is? (½) 5 punte VRAAG 8 My hart is ´n hamburger - Jaco Jacobs 1 Ek spaar vir ‘n kitaar om my songs 2 vir jou te speel. My sad en silly songs 3 wat ek net vir jou wil sing. Dis die enigste 4 rede waarom ek naweke waiter. 5 Maar vroeër vanaand was jy 6 onverwags saam met 7 hom 8 hier by die Spur en sommerso 9 on the spur of the moment het ek 10 my hart in ´n hamburger bun voor jou 11 neergesit (tjips, geen uieringe) en gesê: 12 ˝Lekker eet.“
Downloaded from hlayiso.com 15 8.1 Skryf slegs die korrekte letter langs die gepaste vraagnommer neer. Die titel ˝My hart is ´n hamburger“ is ´n voorbeeld van ... A vergelyking B metafoor C enjambement D wending (½) 8.2 Watter woord dui aan dat hy die liedjies slegs vir haar wou sing? (½) 8.3 Wat is die funksie van die enjambement in die eerste paar versreëls? Noem twee dinge. (1) 8.4 Hoekom is die woord ˝maar“ (reël 5) belangrik? (½) 8.5 Waarom is ˝hom“ (reël 7) alleen geplaas? Verduidelik kortliks. (1) 8.6 Skryf slegs die korrekte letter langs die gepaste vraagnommer neer. Die spreker is oor naweke ´n kelner omdat hy ... A geld wil spaar om liedjies te kan sing. B geld wil spaar om ´n kitaar te koop. C baie graag hamburgers by Spur eet. D sy ouers met skoolfooie wil help. (½) 8.7 Wat impliseer die woorde ˝Lekker eet“ (reël 12) ? (1) 5 punte AFDELING B : 10 PUNTE GROOTTOTAAL: 70 PUNTE
Downloaded from hlayiso.com 16
Downloaded from hlayiso.com 17

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.