STUDIEGIDS
KRITIESE TAALBEWUSTHEID (KTB)
AFRIKAANS
HUISTAAL
EERSTE ADDISIONELE TAAL
TWEEDE ADDISIONELE TAAL
GRAAD 10-12
2019
Second Chance
Matric Support Programme
Skip to contentStudy guide
AFRIKAANS SELFSTUDIEGIDS FINAL1
Grade 11 Afrikaans study guide (Afrikaans), 110 pages. Read online or get the free PDF download.
Publisher: Self Study
Afrikaans · Grade 11 · Afrikaans. Study guide, 110 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Afrikaans
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Study guide
- Publisher
- Self Study
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 110
- File size
- 20.9 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 110
Document textSearch extracted text and jump to a page.
STUDIEGIDS
KRITIESE TAALBEWUSTHEID (KTB)
AFRIKAANS GRAAD 10-12
HUISTAAL
EERSTE ADDISIONELE TAAL
TWEEDE ADDISIONELE TAAL
Februarie 2019
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 1
INHOUD
HOOFSTUK TITEL BLADSY
Hoofstuk 1 Inleiding tot Kritiese Taalbewustheid (KTB) 4
1.1 Wat is Kritiese Taalbewustheid? 4
1.2 Wat is Ideologie? 4
1.3 Hoekom moet KTB onderrig en geleer word? 5
1.4 Wat is die fokus van KTB? 6
Hoofstuk 2 Taal en Mag 7
2.1 Die verhouding tussen taal en mag 7
2.2 Tegnieke wat die onderrig van taal en mag ondersteun 7
2.3 Die rol van taalstrukture in die uitoefening van mag 9
2.4 Beleefdheid en magsverhouding gedurende ’n gesprek 11
2.5 Die diskoers (gesprekke) van professionele persone of kundiges 11
2.6 Magsverhoudings in gespreksinteraksie 11
Hoofstuk 3 Oorredende, Manipulerende en Emotiewe Taal, Partydigheid,
Stereotipering, Vooroordeel en Diskriminasie 13
3.1 Oorredende en manipulerende taal 13
3.2 Emotiewe taal 17
3.3 Partydigheid 43
3.4 Stereotipering 45
3.5 Vooroordeel 47
3.6 Diskriminasie 48
Hoofstuk 4 Feite en Menings 51
Hoofstuk 5 Afleidings, Aannames en Argumente 54
5.1 Afleidings 54
5.2 Aannames 55
5.3 Argumente 55
Hoofstuk 6 Sosio-Politieke en Kulturele Agtergrond van Teks en Outeur 58
6.1 Die begrip van sosio-politieke en kulturele agtergrond van teks en outeur 58
6.2 Kulturele Konteks 58
6.3 Historiese/Sosio-politieke konteks 58
6.4 Die Sosio-politieke agtergrond van die skrywer 59
Hoofstuk 7 Taalvariёteite 63
7.1 Wat is die betekenis van register? 63
7.2 Informele register: spreektaal en sleng 65
7.3 Jargon 66
7.4 Styl 68
Hoofstuk 8 Die Verhouding Tussen Taal en Kultuur 69
8.1 Wat is Kultuur? 69
Hoofstuk 9 Visuele Geletterdheid 71
9.1 Die begrip van visuele elemente 71
9.2 Ontleding van visuele tekste 71
9.3 Nieverbale kommunikasie 72
9.4 Liggaamstaal of liggaamsbeweging (Kinestesie) 73
9.5 Gesigsuitdrukkings 74
9.6 Interpersoonlike Ruimte 75
9.7 Aktiwiteite: Visuele geletterdheid 76
2 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Bylaag A: Geïntegreerde Raamwerk vir vraagstelling vir Kritiese 88
teksontleding (mondelinge en geskrewe tekste)
Bylaag B: Voorbeeldvrae om leerders te laat fokus op die taal van 89
die teks wat hulle lees
Bylaag C: Selfassessering 89
Bylaag D: Voorgestelde antwoorde op aktiwiteite 94
Bronnelys 106
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 3
Hoofstuk 1: Inleiding tot Kritiese Taalbewustheid (KTB)
Hoofstuk 1: Inleiding tot Kritiese Taalbewustheid (KTB)
Volgens die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklarings (KABV) vir Afrikaans Huistaal, Eerste
Volgens die Kurrikulum-
en Tweede en Assesseringsbeleidsverklarings
Addisionele Tale behoort die aanleer van (KABV)
’n taalvirleerders
Afrikaans
in Huistaal, Eerste
staat te stel om:en Tweede Addisio-
nele Tale behoort die aanleer van ’n taal leerders in staat te stel om:
die taal vir kritiese en kreatiewe denke te gebruik;
die taal vir kritiese en kreatiewe denke te gebruik;
menings oor etiese kwessies en waardes uit te druk;
menings oorinetiese
krities kwessies
interaksie en waardes
te tree uit te
met ’n wye druk;
verskeidenheid tekste;
kritiesperspektiewe,
in interaksie tewaardes
tree met en magsverhoudings
’n wye verskeidenheid in tekste te herken en te bevraagteken; en
tekste;
tekste vir ’n wye verskeidenheid doelwitte soos genot, inligting en navorsing krities te lees.
perspektiewe, waardes en magsverhoudings in tekste te herken en te bevraagteken; en
1.1 Wat is Kritiese Taalbewustheid?
tekste vir ’n wye verskeidenheid doelwitte soos genot, inligting en navorsing krities te lees.
Kritiese Taalbewustheid maak lesers/skrywers bewus van die belangrike rol wat taal speel. Volgens
1.1 Fairclough
Wat is Kritiese Taalbewustheid?
(2005) leer KTB leerders hoe om die taal wat deur hulself en ander gebruik word, te
ontleed.
Kritiese KTB verwys
Taalbewustheid maakook na die begripbewus
lesers/skrywers van die sosiale,
van die politieke
belangrike rol en ideologiese
wat taal aspekte van
speel. Volgens taal,(2005)
Fairclough
taalvariëteite
leer KTB en om
leerders hoe diskoers (gesprek).
die taal wat deur hulself en ander gebruik word, te ontleed. KTB verwys ook na die begrip van
die sosiale, politieke en ideologiese aspekte van taal, taalvariëteite en diskoers (gesprek).
Volgens die KABV is Kritiese Taalbewustheid (KTB) die vermoë om die konstruksie van betekenis te
Volgens die KABV is Kritiese Taalbewustheid (KTB) die vermoë om die konstruksie van betekenis te ontleed deur
ontleed deur begrip van magsverhoudings binne en tussen tale. Dit bemagtig die leerder om
begrip van magsverhoudings binne en tussen tale. Dit bemagtig die leerder om manipulasie te weerstaan en om taal
sensitief te gebruik.teKTB
manipulasie fokus op en
weerstaan die om
bewuste
taal keuses
sensitiefvan
te woorde, taalstrukture,
gebruik. KTB register
fokus op die en gesprekstrukture.
bewuste keuses van Kyk na
die onderstaande diagram.
woorde, taalstrukture, register en gesprekstrukture. Kyk na die onderstaande diagram.
KTB
Behels die keuse Behels die keuse van Behels die keuse Behels keuse van
van woorde taalstrukture van register gesprekstrukture
(woordkeuse)
Bv. die lydende vorm kan Dit kan bv. gebruik Dit kan ook bepaal wat
’n Gewapende groep gebruik word om feite word om mense aan te jou ‘regte’ is in ’n
kan bv. ‘terroriste’ of weg te steek, of outoriteit moedig om op ’n gespreksituasie. Bv. in
‘vryheidsvegters’ aan ’n stelling te gee, bv.: sekere manier op te ’n werksonderhoud is
genoem word – “Tien miljoen rand is tree. daar moontlik net een
afhangende aan wie verlede jaar verlore.” persoon wat die reg
se kant dit is. Mens kan dan vra: wie Advertensies gebruik het om vrae te vra?
het dit verloor? Hoe? bv. ’n vriendelike,
Wat word met ‘verloor’ familiêre toon, om
geïmpliseer? mense te laat voel dat
die produk vir hulle
belangrik is, bv. “Jou
wasgoed sal die witste
en skoonste wees!”
1.2 Wat is ideologie?
1.2 Wat is ideologie?
Ideologie verwys na ’n stel geloofsoortuigings van ’n individu, of ’n groep mense. Dit is die ideologieë wat gemeenskappe
5
en kultuurgroepe deel wat vorm en gestalte gee aan ons manier van dink oor ons gemeenskap, oor die wêreld en sy
bevolking. Die ideologieë waarmee mense hulself assosieer, sal hulle persepsies beïnvloed, partydigheid skep en hul
menings vorm.
4 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Die volgende is voorbeelde van ideologieë:
Kommunisme bevorder gesamentlike eienaarskap van eiendom, met ’n enkele politieke party wat sosiale en ekono-
miese beleid beheer.
Feminisme staan gelyke regte vir vroue op ekonomiese, sosiale en politieke gebiede voor. Dit spreek ook die regte van
vroue aan, insluitende voortplantings- (reproduktiewe) regte.
Geslagsideologieë fokus op die houdings van mans en vroue oor hul eiesoortige rolle in die gemeenskap. Dit sluit
mans en vroue se houdings oor hul regte en verantwoordelikhede in.
Gelyke geleenthede is ’n ideologie wat poog om diskriminasie gebaseer op ouderdom, geslag, kleur, ras, nasionaliteit,
godsdiens en gestremdhede uit te skakel. Gestremdhede sluit in alle vorme van liggaamlike en geestelike gestremd-
hede. Alle mense het die reg om gelyk behandel te word.
Alle godsdienste is ideologieë en binne elk van hulle is ’n verskeidenheid van geloofsoortuiginge. Sommige gelowiges
volg die geloofsbeginsels streng na, terwyl ander meer liberaal is en dié beginsels volg wat hulle as die belangrikstes
beskou.
Sosialisme verwys na ’n reeks ekonomiese en sosiale stelsels wat gekenmerk word deur sosiale eienaarskap en
demokratiese beheer oor produksiemetodes, sowel as die politieke teorieë en bewegings wat daarmee geassosieer
word.
Ideologieë wat op algemene kennis gebaseer is, hang af van die plek waar mense hulle bevind. Mense in ’n landelike
gebied sal sekere oortuigings oor veiligheid en die beskerming van diere deel, terwyl mense in stedelike gebiede leer
hoe om die straat veilig oor te steek.
1.3 Hoekom moet KTB onderrig en geleer word?
KTB doen die volgende:
Dit brei die onderrig en leer van taal verder uit as die blote kennis van tekste op grond van grammatika. Lesers/
skrywers word bemagtig om nie net manipulasie en partydigheid te erken en te weerstaan nie, maar ook om taal
kreatief, krities en met omsigtigheid te gebruik.
Dit help met die lê van verbande tussen klaswerk en die wyer sosiale en politieke wêreld.
KTB struktureer en weerspieël gelyktydig die identiteit, mag en ideologie van die taalgebruiker.
Hierdeur leer taalgebruikers dat taal nie altyd bloot gebruik word as ’n manier om te kommunikeer of idees te deel
nie, maar dat taal ook gebruik kan word as ’n manier om mense te beheer en invloed uit te oefen oor wat hulle dink
en doen.
Dit word altyd geassosieer met faktore waarvan mense nie bewus is nie, bv. mag, ideologie, identiteit, klas, geslag,
ras, seksualiteit, partydigheid en vooroordeel, diskriminasie en stereotipes, en leer teksgebruikers hoe om tekste te
ontleed met die doel om die skrywer/skepper se konstruksie van gebeure en mense te identifiseer.
Dit leer taalgebruikers hoe om tekste te skep sonder om vol te hou met ewigdurende stereotipes, asook om tekste
uit te daag en menings te formuleer.
Dit verskerp taalgebruikers se bewustheid van die sosiale, kulturele en politieke situasies van die gemeenskap
waarbinne die teks geskep is.
Dit ontwikkel en verbeter kritiese denke van tekste soos koerantartikels, advertensies en films.
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 5
Dit verbeter kommunikasie en begrip van die samelewing terwyl jy met meer aandag luister na wat werklik gesê
word, dus dink jy meer versigtig voor jy self praat of skryf, terwyl jy leer om meer effektief tussen die reëls te lees.
1.4 Wat is die fokus van KTB?
Volgens Henry & Tator (2002) is diskoers (gesprek) die manier waarop taal in die gemeenskap gebruik word om ‘n breë
historiese betekenis oor te dra. Dit is taalgebruik wat kenmerkend is van die sosiale omstandighede waarin dit gebruik
word, wie die gebruiker is en onder watter omstandighede dit gebruik word. Taal kan nooit neutraal wees nie, aangesien
dit taalgebruikers se persoonlike en sosiale lewens oorbrug. Die keuse van woorde word bepaal deur ’n spreker se
sosio-kulturele konteks, politieke agtergrond en die gehoor.
Die onderstaande diagram demonstreer hoe verskeie aspekte van taalgebruik en/of taalverwysings verband hou met
mekaar. Leerders behoort gesproke en geskrewe taal te gebruik om te bepaal hoe taal aangewend word om hul wêreld-
beskouings te beheer of te beïnvloed en te vorm.
Taalvareïteite (styl,
Taal en vaktaal, dialekte, sleng, uit
Interpretasie kultuur die volksmond en register
van visuele (formeel en informeel)
geletterdheid
Afleidings,
aannames en
argumente Sosio-politieke en
kulturele agtergrond
van tekste en
outeurs
ASPEKTE VAN
KRITIESE
TAALBEWUSTHEID
(KTB)
Partydigheid, Die doel en effek
vooroordeel, van seleksie en
diskriminasie, weglating op
stereotipering betekenis van teks
Verhouding
Feite en tussen taal en
menings mag
Oorredende,
manipulerende
en emotiewe taal
Alhoewel hierdie aspekte in isolasie beskryf word, is hulle interafhanklik, bv. wanneer mense mag uitoefen, gebruik hulle
Alhoewel
oorredende taal,hierdie aspekte
vooroordeel in isolasie beskryf
of stereotipering word, is
om die gehoor te hulle interafhanklik, bv. wanneer mense mag
manipuleer.
uitoefen, gebruik hulle oorredende taal, vooroordeel of stereotipering om die gehoor te manipuleer.
6 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Hoofstuk 2: Taal en Mag
Leerders behoort die verhoudings tussen taal en mag aan te leer, sodat hulle sal verstaan dat taal ook gebruik kan
word om mense te beheer en hul denke te beïnvloed. Hulle moet ook toegerus word om tekste te skep deur tegnieke
soos emotiewe taal te gebruik, terwyl hulle partydigheid, vooroordeel en stereotipering moet vermy.
Die doel van die onderrig van taal en mag is om leerders toe te rus met die begrip van hoe taal gebruik word om
magsverhoudinge en ideologieë in gesproke en geskrewe, asook nieverbale tekste uit te druk. Deur verskillende tekste
te bestudeer, moet hulle bepaal hoe taalstrukture gebruik word om sekere ideologieë oor te dra om ander te oorreed en
te manipuleer. Die ontleding van magsverhoudings behoort interaksie van aangesig tot aangesig in te sluit. Derhalwe
moet bv. dialoë, onderhoude, hofprosedures, ens. hiervoor gebruik word om die verhouding tussen taal en mag beter
te kan verstaan.
2.1 Die verhouding tussen taal en mag
Die taal wat die spreker gebruik, dui aan of hy of sy in beheer is, όf beheer word. Die spreker wat in beheer is, is
daartoe in staat om die gehoor te manipuleer, te beheer en te oortuig.
Mag word deur een persoon oor ’n individu of een groep oor ander groepe uitgeoefen. Dit word sosiale mag gen-
oem.
Mag ontstaan vanuit ’n posisie van onder meer rykdom, rang, status, outoriteit, kennis, kundigheid of voorregte, en
selfs deur lidmaatskap van ’n dominante of meerderheidsgroep.
Magsverhoudinge word deur middel van diskoers ingestel, uitgeoefen en gereproduseer.
Invloedryke mag is die soort mag wat gehandhaaf word deur toestemming te verkry van diegene wat daarby betrek
word. Dit dwing ons of motiveer ons om op bepaalde maniere op te tree of om menings en houdings aan te neem
sonder die opsigtelike afdwing van mag. Dit funksioneer in sosiale verskynsels soos advertensies, kultuur en die
media.
Taalgebruik weerspieël die posisionering van die spreker.
Ons verwag van mense in gesagsposisies om ’n formele register te gebruik. Sakemanne, politici, professore, onder-
wysers en ook dokters gebruik byvoorbeel elkeen sy of haar eie jargon.
Taalgebruik weerspieël ’n persoon se posisie in die samelewing.
Groepe met mag het groter beheer oor – of toegang tot – ’n wyer verskeidenheid rolle, geleenthede en style. Hulle
beheer formele dialoog met junior personeel, hulle dien as voorsitters van vergaderings, gee opdragte of lê reëls
neer, skryf (of laat skryf) verskillende soorte verslae, boeke, instruksies, stories of verskeie massamediatekste.
Hulle is in die meeste gevalle nie net aktiewe sprekers nie, maar kan die inisiatief in gespreksforums of openbare
twisgesprekke neem. Hulle gee die toon aan, of inisieer die teks- of gesprekstyl, bepaal die gespreksonderwerpe en
besluit wie sal deelneem of aan die ontvangkant van hulle gesprekke wees.
Taalgebruikers kan tot ’n mate die doel, rolverdeling, optrede, konteks, uitslag en ander konvensies wat kommuni-
kasie met ander persone reguleer, beheer. ’n Mens kan byvoorbeeld deur dominerende optrede daarin slaag om ’n
magsverhouding te skep, of jy kan deur onderskikkende of demokratiese optrede probeer om die magsverskille uit
te skakel.
2.2 Tegnieke wat die onderrig van taal en mag ondersteun
Oorredende taal in advertensies en propaganda is daarop gemik om die toekomstige optrede van die teikenmark
te beïnvloed.
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 7
Stories wat beïnvloed: Tekste soos romans, kortverhale, gedigte, dramas en nuusberigte kan die gewenste of
ongewenste toekomstige optrede tot gevolg hê. Hierdie tekste gebruik retoriek of ’n dramatiese of emosionele
aanslag wat mense kan beïnvloed.
Gesprekvoering: Sprekers/skrywers moet let op hoe taalstrukture, woordeskat en sinskonstruksies (grammatika)
en konvensies tydens die uitoefening van mag gebruik word. Die gebruik van dialoog tussen mense met ongelyke
magsposisie moet ondersoek word om te bepaal wie opponeer, wie weerstand bied of wie toegewings maak.
Sprekers/skrywers moet kyk na die wyse waarop persone in magsposisies onderwerpe in gesprekke of dialoë be-
heer, ander onderbreek en hoe hulle dominerende of bevelende taal gebruik.
Voorbeelde van taal- en kommunikasiestrategieë wat deur mense in leierskaps- of
gesagsrolle gebruik word:
Prokureurs en regters maak staat op spesifieke taalgebruik en terminologie ten einde orde te skep, mense te
ondervra en getuies te dwing om met die feite vorendag te kom.
‘n Moeder kan staatmaak op ferm woorde om die gedrag van haar kind te beheer.
Om respek af te dwing en om magsverskille te bepaal, dring onderwysers gereeld daarop aan dat taalgebrui-
kers hulle formeel aanspreek. In alle gevalle, alhoewel die gebruik van terminologie en die stemtoon mag ver-
skil, is die hoofdoel gehoorsaamheid of beheer.
Die afwesigheid van woorde word soms gebruik om gesag af te dwing. ’n Ma wat haar kind betrap terwyl hy
of sy op die kombuiskaste klouter om die koekies by te kom, kan slegs deur gepaste gesigsuitdrukkings en ’n
enkele: ”Nee!” gesag oor die kind se gedrag verkry.
Taalgebruikers moet leer wat die funksies van verskillende taalstrukture is sodat hulle dit kan gebruik om mag
in gesproke sowel as geskrewe situasies te ontleed.
Voorbeelde van hoe mag in verskillende tekste/gespreksituasies gebruik word.
(Geskrewe, gesproke en nie-verbale gesprekke)
Taal, mag en reklame/bemarking
Die mag van advertensies lê daarin dat hulle dikwels ekonomiese of finansiële kwessies gebruik om mag of beheer
oor lesers uit te oefen.
’n Maatskappy ‘praat’ met moontlike kopers deur ’n magsboodskap in hulle advertensies in te sluit.
Advertensies gebruik gereeld oorredende taalgebruik om beheer oor ’n spesifieke kopersmark te kry.
Advertensies maak dikwels van kort tekste gebruik – in gedrukte vorm of in die uitsaaimedia – waar elke woord
belangrik is (soos in die digkuns).
Die kopieskrywer gebruik persoonlike voornaamwoorde soos ‘jy’ en ‘ons’ om die verbruiker persoonlik te betrek.
Hoe kan ons jou help? Dit help die adverteerder om meer beheer oor potensiële kopers te kry.
Advertensies gebruik eerder konnotatiewe in stede van denotatiewe betekenisse en impliseer dat hul produkte
meriete het.
Taal, mag en die media (koerante, tydskrifte, advertensies, televisie, radio, die
8 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
wêreldwye web en e-pos)
Die media besluit hoe nuusmakers voorgestel moet word en hulle gebruik die emotiewe krag van woorde, bv. Sok-
ker: Stryd van die reuse.
Die media is dikwels doelbewus vaag met die inligting wat hulle die lesers bied. Mediaberigte noem soms glad nie
wie verantwoordelik vir ’n spesifieke optrede is nie: KRAG-STEEL SKIET DIE HOOGTE IN, TIEN BILJOEN RAND
IS VERLEDE JAAR VERLOOR. Lesers wonder dan waarom die naam van ’n verantwoordelike persoon weggelaat
is. Dit is ’n doeltreffende manier om nuuskierigheid te prikkel en sodoende te behou, en op so ’n manier kan ’n berig
die media se magsposisie versterk.
Die onderstaande vrae kan as voorbeelde gebruik word om die kwessie van taal en mag te verduidelik:
Wie het besluit dat jy op bepaalde tye skool toe moet kom en huis toe moet gaan?
Wie bepaal die reëls wat jy by die huis moet nakom?
Hoe beïnvloed die gedrukte en sosiale media jou gedrag, lewensuitkyk en leefstyl?
Hoe gebruik advertensies emotiewe taalgebruik om potensiële kopers te oorreed om ’n produk te koop?
2.3 Die rol van taalstrukture in die uitoefening van mag
KTB behels die ontleding van hoe taalstrukture gebruik word om mense te beheer en te beïnvloed. Kennis oor die inv-
loed van verskillende taalstrukture sal as gereedskap dien om beide geskrewe en gesproke tekste te analiseer.
Taalstrukture dra dikwels betekenisse/boodskappe deur middel van die volgende oor:
Die aanwysende stelwyse
Dit is kenmerkend van stellings wat gemaak word.
’n Stelling word gewoonlik gemaak om die ander persoon te oortuig om die oortuiging wat die stelling uitdruk, aan te
neem as deel van sy eie oortuigings en wêreldsiening. Indien dit geslaagd is, sal die betrokke siening deel word van
die geloofstelsel wat die persoon se denke en optrede beheer: Hierdie produk is spesiaal vir jóú ontwerp.
Die gebiedende stelwyse
Die gebiedende wyse word gebruik wanneer daar ’n magsverskil tussen die spreker en die luisteraar is, wat die
spreker sal bevoordeel. Dit gee dan die spreker die mag om die luisteraar te beveel om iets te doen, bv. STOP!;
Luister!; Moenie laat wees nie!
Die gebiedende wyse kan gebruik word wanneer sterk emosies, soos woede, ervaar word: “Moenie toelaat dat
skelms jóú geld steel nie!”
Modale woorde, byvoorbeeld hulpwerkwoorde soos moet, sal, mag, ens., word op ’n imperatiewe/gebiedende
wyse aangewend, bv. Jy moet jou huiswerk doen en dit môre skool toe bring.
Vraende stelwyse
Dit word in vrae gebruik.
Deur iemand ’n vraag te vra, verwag jy ’n antwoord en indien daar ’n onderliggende magsverhouding is, word die
versoek om ’n antwoord te gee, bindend. Dit is baie duidelik in ondervragings, maar veral ook in die klaskamerinter-
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 9
aksie tussen onderwyser en leerder. “Waarom het jy die opdrag wat ek jou gegee het, nie uitgevoer nie?”
2.4 Beleefdheid en magsverhouding gedurende ’n gesprek
Beleefdheid en mag kom dikwels tegelykertyd voor. Mag en beleefdheid hou verband deurdat beleefdheid gewoonlik
gebruik word as ’n strategie of middel om die magsvertoon weg te steek of teë te werk.
Taalkundige beleefdheid verwys na gepaste optrede in die verhouding tussen die spreker en die aangesprokene. Fak-
tore wat beleefdheid beïnvloed, sal van kultuur tot kultuur verskil.
Waarborge, sekerheid of dekking
Waarborge is ontwykende frases wat geneig is om jou oortuiginge en jou boodskap af te water.
Terwyl waarborge soos “soort van”, “ek dink”, “ek meen so”, “ietwat”, “miskien”, beskerming teen konfrontasie bied,
kan dit ’n mens se magsposisie in ’n gespreksituasie laat afneem.
Waarborge skep die indruk dat jy nie genoeg selfvertroue in die oortuigingskrag van jou boodskap het nie.
Indien jy waarborge wil gebruik, moet dit oordeelkundig en professioneel gebruik word.
Etiketvrae
Net soos waarborge, impliseer etiketvrae ’n behoefte aan bemoediging of versterking.
Deur stellings te eindig met etiketvrae soos “is dit nie?” of “sal dit nie?” laat die spreker sonder selfvertroue voorkom,
wat die effektiwiteit van sy boodskap ondermyn.
Etiketvrae skep twyfel oor jou geloofwaardigheid en bekwaamheid by jou gehoor.
Ontkenning/Afwysings
Ontkenning impliseer die behoefte aan bemoediging of versterking. Om jou sinne te begin met woorde soos “Moet
my nie verkeerd verstaan nie, maar...”, of “Ek weet dit klink snaaks, maar...”, kan veroorsaak dat jy verkeerd ver-
staan word.
Afwysings plant ook die saadjie van vertwyfeling by die gehoor oor jou geloofwaardigheid en jou bevoegdheid. “Ek
dink ons moet die projek steun, of hoe dink julle?”
2.5 Die diskoers (gesprekke) van professionele persone of kundiges
Professionele persone, kundiges/kenners en outeurs van boeke beïnvloed mense se gedrag deur hul beskrywings
van toekomstige of moontlike gebeure, handelinge of situasies in byvoorbeeld voorspellings, planne, programme en
waarskuwings. Hierdie beskrywings is somtyds ook gekombineerd met verskillende vorme van advies. Hul beheer van
kennis en tegnologie is dikwels waaruit hul magsbasis bestaan.
2.6 Magsverhoudings in gespreksinteraksie
Gesprekke in die klaskamer
Die bevelsin word baie gereeld in die klaskamer gebruik, bv. “Doen hierdie werk!”, of “Sal jy asseblief hierdie werk
afhandel?”.
Die onderwyser gebruik gewoonlik die name van die leerders wanneer hy/sy ’n direkte versoek rig, terwyl die leerd-
ers aanspreekvorme soos Juffrou of Meneer gebruik.
10 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Gesprekke tussen volwassenes en kinders
Voor die hand liggende magsverskille in baie kulture is dié tussen ouers en hul kinders. Daar kan kulturele verskille en
verskille tussen vaders en moeders wees. Die mindere status van kinders in sommige gemeenskappe kan veroorsaak
dat kinders stilgehou word en hulle mag selfs verbied word om sekere gespreksonderwerpe te inisieer of te bespreek.
Hulle kan ook onderbreek word, of daar kan van hulle verwag word om ’n verskeidenheid van spesiale aanspreekvorme
te gebruik wat op respek dui, byvoorbeeld “Goeiemôre, Meneer”, “Ja, Juffrou”, “Maar Meneer!”. Volwassenes ‘word
toegelaat’ om beurtnemingskonvensies te skend/verbreek. Hulle mag kinders onderbreek, met hulle raas of hulle dreig.
Hulle kan kinders ook korrigeer terwyl hulle met ’n gesprek besig is. Kinders word egter nie deur ouers toegelaat om
dieselfde te doen nie.
Gesprekke tussen mans en vroue
Terwyl beurtnemingskonvensies algemeen bekend is, word die persoon met meer mag ‘toegelaat’ om die gesprek te
onderbreek.
Werksonderhoude
Die onderhoudvoerder beheer die tempo en vordering van die gesprek wat plaasvind en mag ook die gesprek onder-
breek. Die persoon met wie die onderhoud gevoer word, probeer om sy/haar gedagtes so goed as moontlik oor te dra.
Die persoon met wie die onderhoud gevoer word, word deur die vereistes van die onderhoud beperk omdat hy/sy nie
die geleentheid gegun word om sy/haar beste voetjie voor te sit nie.
Aktiwiteit 1
In die onderstaande advertensie word taal gebruik om mag uit te druk. Die regering se onverdraagsaamheid oor drink
en bestuur het hierdie advertensie tot gevolg gehad. Kyk of jy kan vasstel wat die regering se boodskap aan die publiek
is deur die onderstaande vrae te beantwoord.
[Bron: https://www.google.co.za/url?sa=i&source=images&cd=&cad=rja&uact=8&ved=2ahUKEwiU3fSJ9cAh-
WPmLQKHQP3DSQQjRx6BAgBEAU&url=https%3A%2F%2Fwww.youtube.com%2Fwatch%3Fv%3D2PNl-
Wc3-6FM&psig=AOvVaw28sWI4M_BdVAob7mVBEAsZ&ust=1533903797677447 [2018.08.09] ]
VRAE:
1.1 Waar, dink jy, bevind die persoon hom? Gee bewyse vir jou antwoord.
1.2 Papa wag vir jou!
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 11
1.2.1 Na wie, dink jy, verwys ‘Papa’?
1.2.2 Waarom, dink jy, is die gebruik van die benaming ‘Papa’ ironies?
1.2.3 Watter emosie wek die woorde by die leser op?
1.3 Watter boodskap oor drink en bestuur, dink jy, wil die advertensie aan die leser en kyker oordra?
1.4 Dink jy die advertensie is effektief? Motiveer.
Aktiwiteit 2
Lees en kyk na die volgende strokiesprente en beantwoord die vrae oor die gesprekke wat magsverskille aandui.
Strokie 1
Strokie 2
[Bron: Internet: http://daniecronje.co.za/tuis/meestr8-2/ ]
VRAE:
2.1 Wie lei die gesprek in elk van die strokiesprente en waarom?
2.2 Verduidelik waarom die gesprek in die tweede strokiesprent as negatiewe gesprekvoering beskou kan word.
12 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
2.3 Hoe word die magsverskil tussen Neelsie en Meester in die tweede strokiesprent visueel voorgestel?
Hoofstuk 3:
Hoofstuk 3:
Oorredende, Manipulerende en Emotiewe Taal, Partydigheid, Vooroordeel en
Oorredende, Manipulerende en Emotiewe Taal, Partydigheid, Vooroordeel en Stereotipering
Stereotipering
belangrik Die Die meeste magtig
beste
krities
Oorredende moet
Taalgebruik:
sekerlik beslis
Woorde kan mense OORTUIG
fantasties sal
waarlik
definitief glo noodsaaklik benodig
3.1 3.1 Oorredende en manipulerende
Oorredende taaltaal
en manipulerende
Oorredende taal word
Oorredende gebruik om
taal word mense
gebruik om te oortuigteom ’n
mense sekere
oortuig plan
om ’n van aksie
sekere plantevan
volg. Dit te
aksie daag mense
volg. Dit uit
of nooi hulle om die voorgestelde standpunte goed te keur en te ondersteun. Gebruikers van oorredende taal
daag mense uit of nooi hulle om die voorgestelde standpunte goed te keur en te ondersteun.
is nie noodwendig in die feite geïnteresseerd nie. Hulle het ten doel om die teikengehoor/-leser se emosies,
Gebruikers
eerder van
as hul rede, oorredende
aan te spreek. taal is nie noodwendig in die feite geïnteresseerd nie. Hulle het
ten doel om die teikengehoor/-leser se emosies, eerder as hul rede, aan te spreek.
Manipulerende taal het ten doel om ’n onregverdige voorsprong oor ander te verkry. Ironie, hiperbool en allit-
Manipulerende taal het ten doel om ’n onregverdige voorsprong oor ander te verkry. Ironie,
erasie word dikwels in advertensies of politieke toesprake gebruik om die gehoor te manipuleer. Manipuleren-
hiperbool
de taal en alliterasie
het ten doel om lesers word dikwels
te oortuig om inindie
advertensies of politieke
skrywer of spreker toesprake
se standpunt gebruik om die
te glo.
gehoor te manipuleer. Manipulerende taal het ten doel om lesers te oortuig om in die
Alle oorredende of manipulerende taal is nie noodwendig misleidend nie, maar om die verskillende vorme van
skrywer of spreker se standpunt te glo.
manipulasie te kan herken, verhoog kritiese leesvaardighede wat lesers help om kritiese taalgebruik te erken.
Alle oorredende of manipulerende taal is nie noodwendig misleidend nie, maar om die
Die gebruik verskillende
van oorredende taalvan manipulasie te kan herken, verhoog kritiese leesvaardighede wat
vorme
lesers
Oorredende help
taal om kritiese taalgebruik
in advertensies word gebruikteom
erken.
verbruikers te laat glo dat hulle ’n spesifieke diens of produk
wil hê, of dat hulle dit benodig.
Die gebruik van oorredende taal
Oorredende taal word in opstelle en hoofartikels gebruik om ’n oortuigende argument te voer.
Oorredende taal in advertensies word gebruik om verbruikers te laat glo dat hulle ’n spesifieke
Die tegnieke van oorredende taalgebruik verander na gelang van die doel of teikengroep.
diens of produk wil hê, of dat hulle dit benodig.
Dit kan ook in die vorm van propaganda gebruik word, bv. halwe waarhede wat dikwels gebruik word om mense
te Oorredende
op taal word in opstelle en hoofartikels gebruik om ’n oortuigende argument te voer.
sweep of te indoktrineer.
Diepolitieke
Tydens tegnieke van word
oorredende
veldtogte taalgebruik
oorredende verander nataal
en manipulerende gelang
baie van dieom
gebruik doel
dieof teikengroep.
kiesers met opset te beïn-
vloed om vir ’n spesifieke politieke party te stem. 18
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 13
Manipulerende taal word ook in toesprake en koerantartikels gebruik.
Aktiwiteit 3
Taalgebruik handel oor die maak van keuses. Vra die volgende vrae:
Waarom sê die spreker dit?
Waarom gebruik joernaliste of skrywers ’n spesifieke woord terwyl daar baie ander
woorde met soortgelyke betekenis bestaan?
Wat word nie gesê nie?
3.1 Lees die onderstaande sin en beantwoord die vrae wat daarna volg:
Die swakker span het die omstrede doel aangeteken wat die
gunstelingspan van die titel beroof het.
3.1.1 Identifiseer oorredende en manipulerende woorde in hierdie sin.
3.1.2 Word die woord omstrede negatief of positief gebruik en hoe vergelyk dit met die woord gunstelingspan?
3.1.3 Wat kan die leser uit die woordkeuse aflei oor die skrywer se gesindheid teenoor die swakker span?
3.2 Verduidelik waarom die woordkeuse in die volgende stellings effektief is?
1. Die werkgewer weier om oorspronklike salarisaanbod van 6%
na 6,5% te verhoog.
2. Hy is ’n onverbiddelike onderhandelaar.
3. Ons het by twee geleenthede tevergeefs probeer om met die
unies in gesprek te tree om ’n nuwe aanbod te beding, maar
hulle weier hardkoppig om ons te woord te staan.
3.3 Soek na voorbeelde van slagspreuke van advertensieveldtogte wat gebruik maak van klank, bv. alliterasie en
rym, om dit makliker te maak om die produk te onthou.
14 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Byvoorbeeld: Alles loop reg, altyd reg, Toyota.
Byvoorbeeld: Alles loop reg, altyd reg, Toyota.
Oorredingstegnieke
Oorredingstegnieke
Die volgende oorredingstegnieke behoort erken te word met luister, lees (visuele teks ingesluit),
Die volgende oorredingstegnieke behoort erken te word met luister, lees (visuele teks ingesluit), praat en skryfwerk.
praat en skryfwerk.
Betrek die gehoor deur hulle direk Vrae wat die leser laat
aan te spreek; gebruik persoonlike dink – geen antwoord word
Mag van Drie
voornaamwoorde en gedeelde daarop verwag nie
Emotiewe taal ervarings
Retoriese vrae Vernietig/Kritiseer
Vertel stories om iets te verduidelik
Herhaal opponerende standpunte
Kritiseer opponerende argumente Oordryf om ’n Woorde, frases en
standpunt te stel beeldspraak wat ’n emosionele
Vertel stories
reaksie ontlok
Spreek teikengroep direk aan Voeg ’n lys van drie
Herhaal ’n woord, sinsnede
Oordryf items/redes by jou
of idee meer as een keer om
skryfstuk in
iets te beklemtoon
Oorredingstegnieke
Vaagheid
Vaagheid
Onduidelike woorde wat nie spesifieke betekenis dra nie, word dikwels gebruik. Die publiek wonder dikwels: “Wat het
Onduidelike woorde wat nie spesifieke betekenis dra nie, word dikwels gebruik. Die publiek wonder
hy nou eintlik gesê?” Dus wil hy of sy weer na die advertensie kyk of luister. Vaagheid is dus ’n tegniek wat adverten-
siesdikwels: “Wat
gebruik om het hy
lesers nou eintlikom
te manipuleer gesê?” Dus wil hy
’n advertensie of sy
meer as weer na die
een keer advertensie
te lees kyk of luister.
of na te luister.
Vaagheid is dus ’n tegniek wat advertensies gebruik om lesers te manipuleer om ’n advertensie
Dubbelsinnigheid
meer as een keer te lees of na te luister.
’n Woord met meer as een betekenis wat op verskillende maniere vertolk kan word, kan gebruik word om verskillende
Dubbelsinnigheid
aspekte van ervarings te verteenwoordig.
’n Woord met meer as een betekenis wat op verskillende maniere vertolk kan word, kan gebruik
In die stelling
word “Ek hoop jy kry
om verskillende wat jou van
aspekte toekom” is ’n mens
ervarings nie seker of die spreker iemand iets goeds of iets slegs toe-
te verteenwoordig.
wens nie, behalwe as die spreker se bedoeling duidelik uit die konteks blyk.
In die stelling “Ek hoop jy kry wat jou toekom” is ’n mens nie seker of die spreker iemand iets goeds
of iets slegs toewens nie, behalwe as die spreker se bedoeling duidelik uit die konteks blyk.
Partydigheid
Partydigheid
Aan die een kant kan jy eensydig, eiesinnig en tot jou eie voordeel beslis by die beoordeling van ’n saak en dus by
implikasie onregverdig en in stryd wees met wat reg is. 20
Partydigheid kan op die wyse waarop vrae gestel word, geïmpliseer word. ’n Vraag soos, “Hoe kan mense toegelaat
word om knopkieries in die openbaar te dra?” suggereer dat daar nie ’n gebalanseerde en objektiewe siening van die
saak gaan volg nie.
Stereotipering
Stereotipering oortuig mense dat iemand spesifieke karaktereienskappe het omdat die persoon aan ’n spesifieke
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 15
groep behoort wat dieselfde karaktereienskappe het. Daar word dan dikwels growwe veralgemenings gemaak: “Sy sal
nie verstaan nie, sy is ’n blondine”.
Jargon
Jargon verwys na tegniese terminologie (vaktaal) wat nie deur die gewone publiek verstaan word nie, maar wat geb-
ruik word in ’n spesifieke groep wat dieselfde professionele, akademiese of ander belangstellingsveld deel. ’n Spre-
ker kan jargon gebruik om inligting belangrik te laat klink, om sy/haar geloofwaardigheid of meerderwaardigheid te
beklemtoon, om die gehoor se gebrekkige kennis oor ’n onderwerp te beklemtoon, of om die betekenis van die onder-
werp onder bespreking van die gehoor weg te hou.
’n Dokter kan byvoorbeeld verwys na ’n pasiënt se “infeksie van die boonste lugweg”.
Retoriese vrae wat tot nadenke stem.
Retoriese vrae of uitgediende vrae word in pamflette gebruik sodat lesers gedwing word om na die antwoorde daarop
in die teks te gaan soek.
Hoe kan jy jou baba teen kieme beskerm?
Wil jy van jou skuld ontslae raak?
Wil jy vinnige verligting van hoofpyn hê?
Wil ons ons land weerloos teen terroriste-aanvalle laat?
Oordrewe taal
Hiperboliese of oordrewe taalgebruik wil doelbewus die werklikheid/realiteit van ’n situasie oordryf of erger laat klink
as wat dit is om sodoende die publieke/lesers se aandag te trek. Dit het ten doel om meer emosionele reaksie uit te
lok as wat ’n gewone stelling sou doen.
“Die skoolhoof gaan eerder dood as wat hy ons een dag by die huis sal laat bly!” Hierdie voorbeeld van oordrywing
beteken nie dat die skoolhoof letterlik sal doodgaan nie, maar dat hy net baie erg gesteld is op skoolbywoning.
Alliterasie
Veral in die titel of in die laaste stelling of sin kan alliterasie ’n baie effektiewe oorredingstegniek wees. In advertensies
en slagspreuke is dit ’n algemene gebruik om dieselfde konsonant aan die begin van woorde te gebruik om dit maklik
te maak om die slagspreuk te onthou, bv. Vinnige versekering vir veertig-plussers.
Rym
Sannie sê Sannie sal sewe sakke sout eet
Sommige sê Sannie leef swaar
Sannie sê Sannie sal sewe sakke sout eet
Sewe sakke sout is swaar, sowaar
Rym verwys na die herhaling van eendersklinkende woorde aan die einde van die reëls in gedigte en liedjies, byvoor-
beeld:
16 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
[Bron: https://www.musixmatch.com/lyrics/Anneli-van-Rooyen/Sewe-Sakke-Sout]
Eufemismes
Eufemisme is ’n manier om iets onaangenaams, of ’n sensitiewe onderwerp waaroor mense nie graag praat nie, op ’n
sagter manier oor te dra. Die negatiewe konnotasie van ’n woord word sodoende vervang wat dit makliker maak om
daaroor te praat, of wat minder emosionele reaksie uitlok. Sy is maar ’n dowwe dolla – pragtig, maar nie so slim nie,
d.w.s. sy is eintlik baie dom. Dis jammer hy moes so onverwags die tydige met die ewige verwissel, d.w.s. sterf.
Neutrale woord Eufemisme
Sterf sag heengegaan
Rebel Vryheidsvegter
oorgewig Mollig
Repetisie of herhaling
Repetisie van woorde of frases en konsepte het ten doel om ’n standpunt te versterk, bv.:
Ons kan die misbruik van dwelmmiddels stop. Ons sal die misbruik van dwelmmiddels stop.
Onthou hoe dit op skool was, onthou hoe hard jy moes werk, maar onthou ook die aangename herinneringe.
Ons moet nooit, maar nooit weer dieselfde foute maak nie!
Anekdotes
’n Anekdote is ’n storie wat gebruik word om ’n standpunt te verduidelik. Dit kan ’n kort interessante of humoristiese
storie wees gebaseer op ’n ware gebeurtenis of persoon. Dit sluit verder voorbeelde, feite en statistieke in wat as be-
wys gebruik kan word om die voorstelling van ’n argument te versterk. Die doel van anekdotes is, onder andere, om
die gehoor te vermaak, te waarsku, te oorreed of te inspireer.
Etiese taalgebruik doen ’n beroep op regverdigheid, die idees van reg en verkeerd, moraliteit en geregtigheid, bv.
“Dit is ons morele plig om na die weduwees en die wese om te sien!”
Geykte uitdrukkings en ongrammatikale strukture help ook om ’n ontspanne gesprekstoon te skep, wat belan-
grik is vir oorreding. So bevat die sinne “Moenie vir my ‘Braam’ nie!” en “Moenie my ‘Liefie’ nie!” ’n geykte uitdrukking
sowel as ongrammatikale struktuur. Die naamwoorde Braam en Liefie word as werkwoorde gebruik, terwyl die geykte
uitdrukking in die eerste sin suggereer dat Braam bewus is dat die spreker hom wil omkoop.
3.2 Emotiewe taal
Emotiewe taal is die woordkeuses wat sterk gevoelens of emosie wek. Dit is ook bekend as gevoelstaal. Emotiewe taal
word as ’n oorredingstegniek beskou en word ook soms gelaaide of gelade taal genoem. Sulke woorde word gebruik om
sterk, emosionele response te ontlok met die doel om druk te plaas, selfs om lesers te dwing om saam te stem. Hierdie
woorde lok sterk gevoelens by mense uit. Wanneer van emotiewe taal gepraat word, word daar na die konnotatiewe
betekenis van woorde verwys, d.w.s. die dieper betekenisse wat hierdie woorde oordra en die emosies wat daardeur
opgesweep word.
Konnotatiewe en denotatiewe betekenisse
Denotatiewe betekenis verwys na die feitelike, objektiewe, letterlike betekenisse van
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 17
woorde, soos wat dit in die woordeboek aangegee word.
Konnotatiewe betekenis verwys na die emosionele assosiasies wat aan ’n woord of frase gegee word. Die konno-
tasie is iets waarvoor jy ’n aanvoeling ontwikkel het, dus ’n geïmpliseerde betekenis. Dit is die figuurlike betekenis
van woorde, frases en sinne.
Die denotasie van die woord slang is ‘’n beenlose, vleisetende reptiel’.
Die konnotasie van die woord slang kan onheil of gevaar insluit.
POSITIEWE KONNOTASIE NEGATIEWE KONNOTASIE
Ons het aandenkings gekoop wat nie te duur was Ons het goedkoop aandenkings gekoop.
nie.
Hy is nie lief vir werk nie. Hy is lui.
Sy praat mos nie nou die waarheid nie. Sy lieg mos nou!
Sommige emotiewe woorde het negatiewe konnotasies, bv. oud, verval, arm, pyn, koud, winter, hulpeloos, ens.
Sulke woorde laat ’n onaangename gevoel by die leser ontstaan.
Die emosionele inhoud van die woorde wat in geskrewe of gesproke teks gebruik word, is ’n baie goeie aan-
duiding van die outeur se gevoelens oor die onderwerp. Dit kan die skrywer se vooroordeel en partydigheid
weerspieël.
Die spreker probeer emosies opwek sodat sy/haar standpunt gevolg kan word.
Sommige emotiewe woorde het positiewe konnotasies, dit wil sê lesers assosieer hierdie woorde met gunstige/
goeie dinge, want dit laat hulle goed voel. Voorbeelde van sulke woorde is: warm, teer, aroma, fluister, eerlik,
ens.
Lesers se reaksies op emotiewe woorde hang in ’n groot mate af van hul agtergrond en ondervindinge. Iemand
se ervaring met ’n hond wat hom/haar gebyt het, sal anders oor honde voel as iemand wat met honde teel.
Neutrale woord Emotiewe woorde
Positiewe konnotasie Negatiewe konnotasie
motor limousine rammelkas
ryk weelderig oordadig
moeilik uitdagend kompleks
vet Mollig oorgewig
Voorbeelde van neutrale woorde en emotiewe woorde
18 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Maniere om emosies te beskryf
Liefdeswoorde Woorde om Woorde wat Woorde wat hartseer Woorde wat vrees
blydskap te uiter woede uitdruk uitdruk aandui
Liefde Blydskap Woede Hartseer Vrees
Aanbidding Verlustig Ergernis Pyniging Angs
Affeksie Opgewek Minagting Angstig Nood
Aangetrokke Opgeruimd Wreed Verslane Twyfelagtig
Omgee Genoegdoening Afgryse Depressief Vreesagtig
Meegevoel Tevredenheid Afguns Wanhoop Broosheid
Begeer Vreugde Frustrasie Ontsteltenis Skrik
Betower Vrolikheid Woedend Misnoeë Gruwel
Gaaf Opgewondenheid Brommerigheid Somberheid Histerie
Engel Eufories Haat Verdriet Skrikkerig
Skat Jolig Jaloesie Hopeloosheid Senuweeagtigheid
Koester Joviaal Geïrriteerd Seergemaak Huiwer
Aktiwiteit 4
Verskaf meer voorbeelde:
Neutrale woord Emotiewe woorde
Positiewe konnotasie Negatiewe konnotasie
Voorbeelde van ander positiewe en negatiewe emotiewe woorde
Positief Negatief
selfversekerd voorbarig
jeugdig kinderagtig
uitdagend moeilik
ekonomies suinig
mollig oorgewig
Aktiwiteit 5
Verskaf meer voorbeelde van positiewe en negatiewe emotiewe woorde:
Positief Negatief
Voorbeelde van emotiewe taal in koerantopskrifte
Skool in vlamme; leerders vlug angsbevange
Maatskappybestuur ’n rioolpoel van korrupsie
Wenke om emotiewe taal te identifiseer:
- Wanneer jy ’n artikel lees, moet jy ook aan ander moontlike standpunte dink.
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 19
- Hoe kan die skrywer taal gebruik om emosies te manipuleer sodat jy tot ’n ander
gevolgtrekking kom?
- Luister na politici en let op hoe hulle emotiewe taal gebruik om mense se politieke
oortuigings te manipuleer.
Oorreding in advertensies
- Adverteerders gebruik taal om die verbruiker se persepsies, oortuigings en reaksies te
beïnvloed.
- ’n Belangrike strategie is om positiewe of negatiewe assosiasies met die diens of
produk te maak.
- Baie mense koop produkte, nie omdat dit kwaliteit produkte is nie, maar op grond van
positiewe assosiasies wat gemaak word.
- ’n Voorbeeld van oorreding: NOKIA verbind mense.
Kenmerke van ’n geslaagde advertensie
- Die bekendste tegniek vir die skep van ’n doeltreffende advertensie is die ABBA
beginsel. Dit verwys na Aandag, Belangstelling, Begeerte en Aksie.
- Aandag: Die volgende aspekte help om die teikenleser se aandag te trek: grafika,
opskrifte, uitleg, ontwerp en kleurgebruik.
- Belangstelling: Belangstelling word gewek as die advertensie aspekte aanspreek wat
met die leefwêreld van die verbruiker verband hou en wat mense se behoeftes aanspreek. Kontakbesonder-
hede word dikwels verskaf en die belofte van ’n gratis geskenk sal verdere belangstelling aanwakker.
- Begeerte: Wanneer die belangstelling geprikkel is, moet ’n begeerte geskep word om
die produk te wil koop of om van die diens gebruik te wil maak.
- Aksie: Die adverteerder wil hê die leser moet tot aksie oorgaan deur die produk te koop
of om die diens op die proef te stel.
Voorbeelde van oorredende woorde wat in advertensies gebruik word
Die volgende woorde is nuttig vir die ontwerp van ’n advertensie of brosjure:
20 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Nuut Verleidelik Belangrik Help onmiddellik
Nou Kragtig Waarde Wonderwerk
Gratis Beperkte Goedgekeur Betowerende
Kondig aan Geleentheid Praktiese Bekendstel
Beste Aanbod Veilig Vinnig
Deurbraak Uitsonderlik Help Gesond
Onbeperkte Miljoenêr Uniek Verbetering
Rykdom Beroemd Belonings Maklik
Geld Aandag Nuttig Geskik
Geluk Feit Vinnig Begeerde
Ongelooflike Beeld Onmiddellik Slegs
Rewolusionêre Reuse Wenner Sensasionele
Verbeterde Waar Beproefde Winskoop
Nuutste Moenie Lief vir Merkwaardige
Hoogsgeheime Stop Ryk Verlief
Vertroulik Perfekte Persoonlik Waarborg
Ontdek Maklike Droom Jy
Onthul Spaar Joune Manjifieke
Skat Wonderlike Suksesvol
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 21
Verduideliking van sommige oorredende woorde en tegnieke wat in advertensies gebruik word
Spaar
Kopers wil altyd geld bespaar. As jy mense kan
oortuig dat die produk of diens finansieel tot
hulle voordeel sal wees, gaan dit beslis hulle
belangstelling prikkel.
[Bron: Huisgenoot 19 Julie 2018]
Veiligheid
Kopers verwag dat produkte wat hulle koop,
veilig gebruik sal word en wil die versekering hê
dat produkte wat hulle aangekoop het, aan die
hoogste veiligheidstandaarde sal voldoen. Ons
verwag dat voedsel geïnspekteer moet word en
wil graag klere en skoene koop wat aan streng
veiligheidsmaatreëls voldoen.
[Bron: Tuis, Augustus 2018]
Bewyse (statistiek)
Adverteerders moet bewyse verskaf dat iets
’n kwaliteitproduk is. In ’n advertensie vir
katkos kan daar na navorsing verwys word.
Die adverteerders sal byvoorbeeld noem dat
8 uit elke 10 kateienaars die produk koop. Dit
impliseer ’n kwaliteitproduk.
[Bron: Rooi rose, April 2014]
22 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Toegeneentheid/Liefde
Hierdie woord het veelvuldige betekenisse.
’n Mens kan baie van ’n spesifieke produk
hou of jy kan baie beïndruk met die kwaliteit
of werkverrigting van ’n produk wees.
Adverteerders gebruik ook dikwels hierdie
oorredende tegniek om produkte te adverteer
wat tot voordeel van geliefdes sal strek.
[Bron: Huisgenoot, 12 Junie 2018]
Ontdek
Hierdie woord in ’n advertensie skep ’n
verwagting by potensiële kopers. Dit hou
vir die koper die belofte van ‘n lekker
koopervaring in. As jy die verpakking verwyder,
gaan jy ’n wonderlike produk ontdek. Die
woord ‘ontdek’ suggereer opwinding en
avontuur.
[Bron: Kook en kuier, Julie 2018]
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 23
Waarborg
Hierdie woord is soos ’n valnet of ’n buffer.
Dit impliseer beskerming of beskutting teen
’n produk van minderwaardige gehalte.
Die aantal kere wat hierdie woord in een
advertensie gebruik word, gee aan ’n koper die
boodskap dat hy die produk met groot vertroue
kan koop. Vir advertensiedoeleindes is die
woord ‘waarborg’ gelykstaande aan ’n belofte.
Die verbruiker heg besondere waarde aan die
woord. Ons bied ’n geldterug-waarborg indien
u nie een honderd persent tevrede met die
produk is nie.
[Bron: Kook en kuier, Augustus 2018]
Gesondheid
Hierdie tegniek is veral treffend wanneer daar
na ’n produk verwys word en nie net wanneer
fisiese gesondheid bespreek word nie. Die
mees algemene voorbeeld is miskien: Verbeter
jou finansiële gesondheid. Hierdie voorbeeld is
geslaagd omdat almal weet wat dit beteken om
gesond te wees.
[Bron: Tv-plus, 15 Augustus 2018]
24 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Resultate
‘Resultate’ is een van die woorde wat baie in
advertensie-opskrifte gebruik word, want dit
impliseer sukses. Dit bevat ook die suggestie
van ’n belofte. Kopers bring die woord in
berekening as hulle die aankoop van ’n produk
wil rasionaliseer. As hierdie produk resultate
waarborg, moet dit die moeite werd wees om
te koop.
[Bron: Huisgenoot, 26 Julie 2018]
Jy/Jou
Jy/Jou is die kragtigste woorde in enige
advertensie. Dit spreek die potensiële koper
direk aan. Dit voel dus vir hom/haar of die
adverteerder net met hom as koper praat. Die
koper voel hy of sy word as belangrik geag. As
die volgende woorde in ’n advertensie gebruik
word, sal dit onmiddellik die leser se aandag
trek: Ons produk sal jou vetrolletjies vinnig laat
wegsmelt.
[Bron: Tuis, Augustus 2018]
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 25
Assosiasie
’n Produk, diens of idee word verbind aan iets
waarvan die teikengroep alreeds hou of wat
hulle begeer, soos pret, plesier, skoonheid,
sekuriteit, intimiteit, sukses, welvaart, ens.
Voorbeelde:
familie = Coke; oorwinning = Nike (Nike se
kontrakte met bekende atlete is welbekend).
[Bron: Huisgenoot,Februarie 2019]
Endossement/Getuigskrif
Gewilde en bekende figure soos
vermaaklikheidsterre word gebruik om die
produk, diens of saak te onderskryf, bv.
vermaaklikheidsterre met pragtige velle word
gebruik om gesigprodukte te onderskryf en te
ondersteun.
[Bron: Weg, Februarie 2019]
Want almal begeer die produk
Probeer die teikengroep oortuig dat ’n produk goed is omdat almal dit wil hê. Daar word aanspraak
gemaak op die behoefte van die individu om deel van die groep te wees. Huisvrouens regoor Suid-Afrika
skakel daagliks oor na die nuwe waspoeier.
Aanspraak op gesag
Kundiges se goedkeuring van ’n produk of diens word ingespan om die publiek te oorreed om dit te koop.
Dit verleen geloofwaardigheid aan die produk of diens. Tandartse gebruik by hulle eie huise die nuwe
Colgate-tandepasta.
26 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Aanspraak op emosies
Koerante en ander tydskrifte gebruik
emosiebelaaide taal en beelde. Dit adverteer
dikwels produkte/sosio-ekonomiese sake
waartoe mense emosioneel sterk aangetrokke
voel
[Bron: Kook en kuier, Augustus 2018]
Aanspraak op die etiese [Bron: Verwerk uit Google ads]
Die posisie van die skrywer of spreker word
gesien as iemand met ’n sin vir waardes, goeie
morele karakter en goeie intensies, bv. ’n
politieke kandidaat wat sê dat hy weier om die
slegte van sy opponente te sê en hom daarop
roem om eerder op belangrike sake te fokus.
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 27
Aanspraak op logika
Verskaf rasionele argumente ter ondersteuning
van ’n aanname deur feite, getalle en
statistieke te gebruik. Feite word byvoorbeeld
verskaf as deel van ’n veldtog om noodlottige
ongelukke te voorkom, byvoorbeeld “Dit kan
wag” (Om die stuur van teksboodskappe terwyl
jy bestuur, te bekamp).
[Bron: Rooi Rose, Februarie, 2019]
Simbole
Simbole verwys na alledaagse voorwerpe
wat met ’n dieper betekenis gelaai word. Die
doel van simboliek is om ’n belangrike en
emosionele boodskap oor te dra. Simbole
word in verband gebring met gesinslewe,
politiek, godsdiens, geslag en leefstyl.
Mense wat ander wil oortuig, gebruik die krag
van simboliek om hul saak te versterk.
28 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Sensualiteit
Advertensies gebruik dikwels mense met
’n aantreklike en smeulende voorkoms om
produkte te verkoop. ’n Aantreklike man
demonstreer ’n Gilette-skeermes. ’n Vrou met
’n vietse lyfie word gebruik om oefenklere vir ’n
spesifieke vervaardiger te adverteer.
[Bron: Kuier, Februarie 2019]
Snobistiese indruk
Hierdie advertensietegniek fokus op mense
se behoefte om ’n weelderige leefstyl te
handhaaf en om luuks te leef. Ons bied ’n
verskeidenheid dekadente sjokolade en smul-
lekkernye. Ons bied alles om jou Valentynsdag
spesiaal te maak. Gee ’n geskenk wat die
hart sal steel. Kies uit ’n wye verskeidenheid
bederfsjokolade.
[Bron: Tuis, Augustus 2018]
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 29
Omkopery
Hierdie manipulerende tegniek streef daarna
om ons te oorreed om ’n produk te koop met
die belofte van afslag of ’n gratis geskenk of
selfs ietsie ekstra. Uitverkopings, spesiale
aanbiedings en kompetisies is voorbeelde van
omkopery. Plaas jou kasregisterstrokie in ’n
houer en as jou strokie getrek word, wen jy ’n
motor.
[Bron: Kuier en kook, Augustus 2018]
Vooroordeel
verwys na eensydige sienings/menings van
die adverteerder en kan die leser se oordeel
vertroebel. Slegs een kant van ‘n saak word
gestel.
Byvoorbeeld: Dit is nie skoon as dit nie Harpic-
skoon is nie.
[Bron: Rooi Rose, Februarie 2019]
30 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Eksplisiete aannames
Iets is ‘eksplisiet’ indien dit direk, ten volle en/
of duidelik uitgedruk of gedemonstreer word.
Sommige advertensies noem byvoorbeeld
die prys van die produk, die hoofbestanddele,
waar dit vervaardig is, of die aantal items in
die verpakking – dit is eksplisiete aannames.
Ander voorbeelde is spesifieke, meetbare
beloftes oor gehalte, doeltreffendheid,
beskikbaarheid of betroubaarheid, bv.
Resultate binne net vyf minute!
[Bron: Huisgenoot, 12 Augustus 2018]
Vrees
Hierdie strategie staan in kontras met die
tegniek van positiewe assosiasie. Die
teikengroep se vrees/bekommernis dat iets
slegs kan gebeur, word uitgebuit. Politici,
adverteerders en aktivistiese groepe wakker
ons vrese aan om voordeel vir hulleself te
bewerkstellig. Navorsing het bewys dat ons
produkte, anders as soortgelyke produkte,
veilig vir kleuters is. Dit hou geen brandgevaar
in nie.
[Bron: Huisgenoot, 12 Julie 2018]
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 31
Humor en woordspeling
Menige advertensie bevat humor, want dit
trek dadelik die leser se aandag. Dit is ’n slim
en subtiele oorredingstegniek. Die meeste
mense vind aanklank by ’n advertensie met ’n
humoristiese inslag. Koop jou kombers nou –
of slaap koud!
[Bron: Kook en kuier, Augustus 2018]
Intensiteit
Advertensietaal wemel van woorde wat
intensiteit kommunikeer, byvoorbeeld, die
grootste luidsprekers, die beste materiaal, die
vinnigste resultate, laagste pryse. Dit bevat
ook woorde soos meer, beter as, verbeterde,
verhoogde en die minste. Hiperbole soos
ongelooflik en vir altyd is nóg voorbeelde van
intensiteit.
32 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Die gewone man
Hierdie tegniek is effektief, want die gewone
man op straat besit meer geloofwaardigheid as
iemand wat baie ryk is. Die publiek identifiseer
makliker met gewone mense wat produkte
adverteer omdat hierdie produkte op gereelde
basis in die meeste huishoudings gebruik
word. Waspoeier-advertensies gebruik bv.
doodgewone huisvrouens.
[www.vodacom.co.za]
Warm en snoesig
Hierdie tegniek maak van sentimentele of
soetsappige beelde gebruik, soos die gesin,
kinders en diere, om die idee van beskutting,
beskerming, omgee en tevredenheid te ontlok.
[Bron: Huisgenoot, 5 Junie 2018]
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 33
Die Groot Leuen
Die Groot Leuen behels meer as net
oordrywing; ’n totale onwaarheid word met
soveel oortuiging en charisma vertel dat
mense dit glo. Om Die Groot Leuen uit te ken,
moet jy anders dink en vrae stel wat ander
mense nie sal stel nie.
[Bron: Huisgenoot, 26 Julie 2018]
Charisma of iemand wat buitengewoon gewild is
Mense wat buitengewoon gewild is, het baie oorredingskrag en dra ’n boodskap met oortuigingskrag en
selfvertroue oor. Mense is dikwels geneig om charismatiese leiers te volg al stem hulle nie met al hul
beskouinge saam nie. Die charisma wat hierdie leiers uitstraal, trek mense soos ’n magneet.
Vleitaal
Vleitaal tref die kol, want almal voel goed as
hulle gekomplimenteer word.
Jy weet wat jy wil hê, koop dit!
Jy sal baie in jou skik met jou keuse wees.
Jy is ’n kenner op die terrein.
Jy werk hard, jy verdien ’n ruskansie.
Jy verdien net die beste.
[Bron: Huisgenoot, 12 Julie 2018]
34 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Veralgemening
Dit behels die gebruik van sogenaamde
‘goeie’ woorde soos enigste, enige, altyd,
dikwels, gereeld, aanhoudend, ens.
[Bron: Huisgenoot, 5 Julie 2018]
Slegsê
Hierdie tegniek verbind ’n persoon of idee met ’n negatiewe simbool, bv. ’n leuenaar, sleg, skinderbek,
passief, lui, opdringerig, ens.
Dit het ten doel om die teenoorgestelde van veralgemening te wees.
Nuut
‘Nuut’ is ’n baie magtige woord wat gereeld
in advertensies en promosies amper op ’n
daaglikse basis verskyn. Mense wil dikwels die
eienaars van die nuutste produk op die mark
wees.
[Bron: Kook en kuier, Augustus 2018]
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 35
Nostalgie of die goeie ou tyd
Baie adverteerders verwys implisiet na ’n
vroeër tyd toe die lewe minder gekompliseerd
en meer kwaliteitgedrewe was. Soos Ma dit
altyd gebak het.
[Bron: Weg, Februarie 2019]
Wetenskaplike bewyse
Voorbeelde daarvan sluit die volgende in:
diagramme, grafieke, statistiek, ens. Die
doel van wetenskaplike bewyse is om die
geloofwaardigheid van ’n produk te versterk.
[Bron: Verwerk uit Google Prente]
36 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Eenvoudige oplossings/
probleemoplossing
Oorreders bied eenvoudige oplossings vir ons
probleme, byvoorbeeld ’n laer belastingkoers,
nuwe wetgewing en die inwerkingstelling van
regeringsprogramme.
[Bron: Tv-plus, 15 Augustus 2018]
Weglating van inligting
Kennis ten einde ’n ingeligte besluit te neem,
word dikwels weggelaat. Adverteerders kies
inligting wat hul standpunt en produk/diens
ondersteun. Inligting wat teenoorgestelde
waarhede verkondig, word weggelaat. ’n
Koerant plaas byvoorbeeld ’n groot foto van
’n glimlaggende verteenwoordiger van ’n
organisasie wat hulle goedgesind is of ’n
heelwat kleiner foto van ’n persoon teenoor
wie hulle afwysend staan.
[Bron: Weg, Februarie
2019]
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 37
Die mag van vergelyking
Gelyksoortige produkte word met mekaar
vergelyk en kan help met besluitneming.
Hierdie pasteideeg sal nooit flop nie.
[Bron:Rooi Rose, Februarie 2019]
Oorsaak en vergelyking
Omdat kopieskrywers weet dat ware oorsake en gevolge belangrik is, flous hulle soms die teikengehoor
deur doelbewus ’n vergelyking met oorsaak te verwar.
Doelbewuste ontkenning
Hierdie tegniek word aangewend om die aanvaarding van verantwoordelikheid vir ongewilde en
kontroversiële kwessies te systap. Dit kan direk of indirek verwoord word.
’n Politikus maak die opmerking: “Ek sal nie my teenstander se huweliksprobleme ter sprake bring nie.”
Met hierdie opmerking vestig hy juis die aandag op sy teenstander se huweliksprobleme sonder om kras
te klink.
Die sondebok
’n Persoon, groep, ras en dikwels ook ‘n godsdienstige groep kry dikwels die blaam vir ’n probleem. Hulle
word as sondebok gebrandmerk. Hierdie strategie word veral in politieke toesprake, asook in topbesture
van maatskappye gebruik. Die direksie moet verantwoording doen oor al die geld wat vermors is.
38 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Die aflei van aandag
Hierdie tegniek lei ons aandag af van die
probleem of kwessie deur ’n ander saak te
opper wat die adverteerder ’n beter kans
bied om ons te oortuig. Die aflei van
aandag word dikwels gebruik om dié
deel van ’n storie wat nie vertel word nie, te
verbloem.
[Bron: Rooi Rose, Februarie 2019]
Die strooiman
Hierdie tegniek skep ’n onlogiese of ’n verwronge idee en bied dit aan as iets wat jou teenstander
ondersteun of verteenwoordig. Om die strooiman uit te slaan is makliker as om die teenstander direk te
konfronteer.
Iets vir niks
Dit behels die oortuiging dat die meeste mense
’n goeie aankoop wil doen of iets vir niks wil
koop.
Byvoorbeeld: As jy hierdie rekenaar koop, kry
jy ’n drukker gratis.
[Bron: Huisgenoot, 29 Julie 2018]
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 39
’n Gees van dringendheid
Skep die indruk dat vinnige optrede vereis
word.
Bestel nou! Voorraad is beperk! Alles moet
verkoop word!
[Bron: Huisgenoot, 19 Julie 2018]
Belofte van gerieflikheid/gemaksugtigheid
Adverteerders probeer dikwels om ’n
boodskap te skep dat hulle produkte maklik
bekombaar/beskikbaar is.
[Bron: Tuis, Julie 2018]
Aktiwiteit 6 - Lees en Kyk
Lees die onderstaande teks. Identifiseer en verduidelik die oorredingstegnieke. Verduidelik ook watter effek die teg-
nieke op die teikengehoor het.
40 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
[Bron: Google Prente]
Hoe om jou metabolisme met 242 kalorieë te versnel
Ons weet dat oefening gesond is vir ons – veral as dit jou metabolisme met 242 kalorieë versnel.
(Later meer hieroor.) Maar daar is talle redes om ’n sessie in die gimnasium te vermy. Eerstens is dit baie
tydrowend om in verkeersknope op pad na of terug van die gimnasium vasgevang te word. Tweedens kan
dit ’n verleentheid skep as jy sonder ’n plan van aksie gimnasium toe gaan. En derdens, dit staan soos
’n paal bo water: die meeste oefenprogramme werk nie vir jou nie. Jy het in elk geval al so baie op die
proef gestel. Maar daar is ’n SPLINTERNUWE manier om vet te verbrand (in die gerief van jou huis) wat
jy waarskynlik nog nooit op die proef gestel het nie. Ek sal jou ten sterkste aanraai om dié nuwe manier
te probeer. Hier volg ’n eenvoudige oefeninkie wat jy moet doen. Dis pret, dis vinnig, en jy hoef nie die
gimnasium te besoek of duur kardo-vaskulêre toerusting aan te skaf wat jou hele huis vol staan nie. Plus,
jy het baie keuses! Jy hoef dus nie dieselfde vervelige oefeninge oor en oor te doen nie. Ek het reeds
’n hele paar sessies agter die rug. Vir iemand wat nie daarvan hou om na ’n gimnasium toe te gaan of
om duur lidmaatskapfooie te betaal nie, is dit die IDEALE oplossing. Die oefenplan laat jou toe om by
die huis te oefen en jy verbrand tot 242 kalorieë per dag – danksy die unieke en prettige sessies wat jou
metabolisme stimuleer. Dis ongelooflik! Navorsingsresultate wat in die jongste uitgawe van Men’s Health
tydskrif verskyn, bewys dat hierdie oefenplan selfs lank na afloop van ’n sessie kalorieë verbrand! Dit
beteken jy verloor elke maand ’n ekstra paar kilogramme vet – slegs deur jou rustende metabolisme op te
jaag. Boonop sal jy dubbeld soveel kalorieë verbrand terwyl jy hierdie eenvoudige oefeninge by jou huis
doen. Glo my, jou mislukte oefenprogramme van die verlede kan toegeskryf word aan die feit dat jy nog nie
hierdie program op die proef gestel het nie.
Soek bewyse in die teks van die oorredingstegnieke waarna in kolom een verwys word.
KOLOM 1 KOLOM 2
Oorredingstegniek Voorbeeld van woorde/frases
Eksplisiete aansprake
Wetenskaplike bewyse
Taal wat intensiteit weergee
’n Belofte van oplossings vir probleme
Alledaagse woorde met ’n gelade betekenis
Kragtige woorde/woorde met slaankrag
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 41
Aktiwiteit 7 - Advertensie
Bestudeer die onderstaande advertensie en beantwoord die daaropvolgende vrae:
Vrae :
7.1 Noem minstens twee teikengroepe van hierdie advertensie. (2)
7.2 Watter woord in die advertensie verwys na die persoon wat die volstruisvleis gaan koop? (1)
7.3 Watter tegnieke word gebruik om die leser se aandag te trek? Noem TWEE tegnieke. (2)
7.4 Waarna verwys die woorde “wit” en “rooi”? (2)
7.5 Hoe skakel die foto’s met die getikte teks? (2)
7.6 Die advertensie maak van sintuiglike ervarings gebruik om jou te betrek. Verduidelik. (2)
7.7 Waarom, volgens die advertensie, sal volstruisvleis jou gesondheid bevoordeel? (2)
7.8 Wat word bedoel met :
42 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
7.8.1 Die hart van die partytjie
7.8.2 Die “bloubloed” van die vleis-familie
7.8.3 Raak kêns …
7.8.4
Skud nou jou feesvere reg! 1 x 4 (4)
7.9 Deur watter woorde/grafika word die leser by uitstek gemanipuleer? (2)
7.10 In die advertensie word direk na die Klein Karoo Nasionale Kunstefees verwys.
Bewys hierdie stelling deur na die advertensie te verwys. (1)
7.11 Dink jy dis ’n geslaagde advertensie? Motiveer. (1)
Aktiwiteit 8 - Skryf en Aanbied (Advertensie)
Jy is van plan om jou tweedehandse selfoon te verkoop. Ontwerp ’n advertensie wat jy in ’n koerant of op die internet
kan plaas waarin jy oorredende taal volgens die ABBA-beginsel gebruik om moontlike kopers te lok.
3.3 Partydigheid
Partydigheid kan gedefinieer word as ’n opinie oor of iets goed of sleg is en wat bepaal hoe jy dit hanteer; ’n geneigd-
heid om op ’n sekere manier te dink, op te tree of te reageer wat op ’n sienswyse, ideologie, opinie of begrip gebaseer is.
3.3.1 Kenmerke van partydigheid
Partydigheid is ’n mening oor of iets goed of sleg is en dit beïnvloed hoe jy dit hanteer. Partydigheid beteken om
iemand negatief te behandel as gevolg van ’n werklike of verbeelde ouderdom, geloofsoortuiging, gestremdheid,
etnisiteit of nasionaliteit, geslag, huwelikstatus, politieke of sosiale affiliasie, ras, seksuele oriëntasie, ens.
Sommige voorbeelde van partydige insidente sluit in: om grappe te vertel, om mense skeldname te noem, stereo-
tipering; graffiti wat aanstoot gee, om mense te vermy of uit te sluit, ens.
Partydigheid kan tot sosiale ongelykhede en diskriminasie aanleiding gee.
Die woordkeuse wat ons gebruik en ons vertolking van beelde/prente en statistiek bied insig tot ons perspektief
of partydigheid, of ons wêreldbeskouing, bv. in die gebruik van die volgende woorde: Vryheidsvegter of terroris?;
Onwettige immigrant of asielsoeker?.
3.3.2 Soorte partydigheid in die media
Partydigheid in die media verwys na die partydigheid van joernaliste en nuusvervaardigers ten opsigte van ’n spesifieke
saak in massamedia. Gevolglik is dit duidelik dat mediadekking deur die joernaliste nie altyd objektief is nie, omdat hul
selektief is in die aanbieding van spesifieke gebeure en stories – gewoonlik om hul eie standpunte te staaf.
Die volgende soorte partydigheid kan in die media geïdentifiseer word:
Partydigheid deur seleksie en weglating
- Hier word verwys na wanneer sekere stories en gebeure of perspektiewe ingesluit of uitgesluit word.
- Die seleksie mag gedrewe word deur die ideologieë van diegene wat in beheer van nuusproduksie is.
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 43
- ’n Joernalis kan bv. een kant van die saak heeltemal weglaat in die artikel, of reeks artikels oor ’n periode van
tyd. Partydigheid deur weglating kan binne ’n storie voorkom, of oor die langtermyn wanneer ’n nuusagentskap
byvoorbeeld verslag doen oor een stel gebeure, maar nie oor ’n ander nie. Dit wat die media insluit, beklemtoon
of uitsluit, beïnvloed hoe ons interpreteer wat berig word.
- Vir elke nuusgebeure wat geselekteer word, is daar baie ander wat uitgesluit word.
- Toon die nuusgebeure wat jy sien ’n gebalanseerde standpunt op die realiteit?
- Wat is die karaktereienkappe wat hulle in gemeen het? (bv. handel dit meestal oor geweld, bekende mense,
weelde?)
- Sluit sommige nuusagentskappe soms items in wat deur ander geïgnoreer word?
Partydigheid deur etikettering
Dit verwys na die manier waarop ’n indiwidu, groep of organisasie uitgesonder en geëtiketteer word. Partydigheid deur
etikettering kom in die volgende twee vorme voor:
- Eerstens is die fokus op sekere groepe met ekstreme onderskeiding, terwyl ander groepe glad nie onderskei word
nie of net matig onderskei word.
- Tweedens gebeur dit as a joernalis ’n persoon of groep in ’n positiewe lig stel, bv. as ’n kenner of onafhanklike
verbruikersgroepe.
Sportjoernaliste is dikwels partydig wanneer hulle iets soos die volgende sou skryf: Die verwoede Cheetahs ver-
morsel die hulpelose Blou Bulle op Loftus. Sodoende skep die joernalis ’n mate van belangrikheid of outoriteit wat
die persoon of groep nie verdien nie.
Partydigheid deur invalshoek
Partydigheid deur invalshoek gebeur wanneer die storie slegs een interpretasie van die gebeure of beleid gee, en ander
interpretasies uitsluit. Invalshoek het te doen met die toon waarmee daar gerapporteer word – dit is die joernalis se
subjektiewe kommentaar oor objektiewe feite; dit laat een individu se ideologiese perspektiewe beter as ’n ander s’n lyk.
’n Politikus se ‘kampanjebestuurder’ word soms ’n beeldpoetser genoem.
Partydigheid deur beklemtoning
Dit gebeur as sekere stories altyd die hoofopskrifte domineer. Dit kan die leser beïnvloed ten opsigte van die belan-
grikheid van die saak wat benadruk word.
Die volgende vrae kan leiding verskaf oor hoe partydigheid deur beklemtoning die leser kan beïnvloed:
- Watter stories is groot op die voorblad en kan beskou word as die storie van die dag/uur?
- Watter stories kry die grootste koerantopskrifte of die eerste en langste dekking op TV en die radio?
- Neem in ag hoe die plasing van hierdie stories mense se oordeel van wat belangrik is, beïnvloed.
Partydigheid deur die hoofopskrif
Sommige hoofopskrifte kan misleidend wees, aangesien die hoofdoel daarvan is om die aandag daarmee aan te gryp.
Baie mense lees slegs hoofopskrifte, wat vir hulle ’n verwronge idee gee van wat werklik aan die gang is. Dit kan ook ‘n
onbelangrike gebeurtenis verander in ’n sensasionele gebeurtenis.
44 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Voorbeelde:
- “’n Doodskoot vir ongetoetste middels?”
- “Sinkgat in Centurion gedeeltelik herstel”
- “Obama keer terug na Kenya”
Partydigheid deur herhaling
Die herhaling van ’n spesifieke gebeurtenis of idee kan mense mislei om te dink dat dit waar is, of dat dit baie groter in
omvang is as wat dit werklik is.
Partydigheid deur statistieke en skaretellings
Onvolledige, onakkurate of selektiewe gebruik van statistieke gee aanleiding tot partydigheid. Statistieke behoort geïn-
terpreteer te word; tog word dit dikwels gebruik om vals indrukke te skep. Watter statistieke uit die volgende verklarings
sal jy gebruik om iemand te oortuig dat die doodstraf ’n goeie idee is?
- “Amper 30% van diegene wat aan die opname deelgeneem het, ondersteun die doodstraf.”
- “Meer as 70% van diegene wat aan die opname deelgeneem het, is teen die doodstraf gekant.”
3.4 Stereotipering
Stereotipering verwys na ’n gevestigde (dikwels verdraaide) siening oor ’n persoon (bv. ’n vrou, ’n vreemdeling, ’n
sekere rassegroep); ’n gevestigde algemene siening van die rol wat ’n sekere persoon kan speel; ’n oordrewe oortuig-
ing, beeld of verwronge waarheid oor ’n persoon of groep – ’n veralgemening wat min of geen individuele verskille of
sosiale variasie toelaat nie.
Soorte stereotipering
Stereotipering ten opsigte van geslag
Stereotipering ten opsigte van geslag is ’n algemene verskynsel. Veralgemenings wat op geslag gebaseer is, is die
verdraaiing van dit wat verwag word van individue in geslagsgroepe. Indien jy byvoorbeeld sou sê dat vrouens se plek
net in die kombuis is en dat mans ongemanierd is, stereotipeer jy alle mans en vrouens. Dit is ook nie waar om aan te
neem dat alle mans beter bestuurders as vrouens is nie; ook nie dat alle vrouens beter onderwysers as mans is nie.
Nog voorbeelde van stereotipering ten opsigte van geslag is die volgende:
- Mans is sterk en doen al die werk.
- Vroue is nie so slim soos mans nie.
- Vroue is baie meer emosioneel as mans.
- Vroue is swak jagters.
Stereotipes ten opsigte van groepe en individue
Die volgende voorbeelde demonstreer stereotipering t.o.v. groepe:
- Vroue moet die kinders grootmaak en mans is die broodwinners.
- Vroue is altyd slank en verfynd, terwyl mans altyd gespierd en grof moet wees.
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 45
- Meisies is altyd gesteld op hulle persoonlike voorkoms.
- Blondines is dom.
- Bibliotekaresses is oujongnooiens.
- Politici is oneerlik.
- Alle kinders eet nie gesonde kos nie.
Stereotipes ten opsigte van persoonlike voorkoms
- Oorgewig persone is slodderkouse en dikwels lui.
- Mense wat uitermate maer is, ly aan ‘n eetversteuring.
- Niksnutte het vreemde haarstyle.
- Mense met tatoeëermerke is verslaaf aan dwelms.
Stereotipering ten opsigte van kulture
Stereotipes bestaan oor kulture en lande in geheel. Byvoorbeeld:
- Franse is baie humeurige mense.
- Alle Indiërs is versot op kerrie.
- Die Italianers en Franse is die mees romantiese mense.
- Alle Asiërs is goed met Wiskunde.
Aktiwiteit 9
Daar is baie woorde of begrippe in Afrikaans wat gereeld gebruik word wanneer iemand in gewone gesprekke byvoor-
beeld oor vroue, mans en selfs kinders praat. Die manier waarop ons in die algemeen oor mense praat, lei daartoe
dat ons ’n sekere “prentjie” van mense skep. Vroue word byvoorbeeld dikwels met die woord “skinder” gestereotipeer
wanneer hulle in groepe bymekaar is, terwyl mans wat om ’n braaivleisvuur staan, net “gesels”.
OOR MANS OOR VROUE
Kategoriseer die volgende lys woorde volgens woorde wat stereotipies by mans en vroue pas deur die woorde in die ge-
paste kolomme te plaas: Pragtig; sterk; betroubaar; simpel; volwasse; skinder; grof; mooi; ambisieus; sportief;
entoesiasties; kreatief; ernstig; giggel; versigtig; opwindend; liefdevol; roekeloos.
Bespreek dit later met jou maats en verduidelik jou keuse en veral hoe dit die betekenis van die woorde verander.
Probeer ook om die volgende vrae te beantwoord:
Hoe laat die stereotipes soos deur verskillende leerders in die klas aangedui, jou voel?
46 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Wat let jy op ten opsigte van die stereotipes op die lys?
Waar sien jy hierdie stereotipes uitgebeeld? Was dit op televisieprogramme, in ’n fliek? Tydskrifte of boeke?
Hoe, dink jy, sal stereotipes veroorsaak dat iemand onregverdig teenoor ’n ander persoon optree?
Aktiwiteit 10
Skryf en aanbied
Skryf in jou werkboek oor ’n persoonlike ondervinding waarvan jy kennis dra waar stereotipering jou of iemand anders
benadeel het.
Klasbespreking
Gebruik die volgende idees in jul gesprekke oor jou ondervinding.
Was jy self ’n slagoffer van stereotipering of ken jy iemand anders wat ’n slagoffer was?
Was hierdie stereotipering gebaseer op geslag, velkleur, ouderdom?
Hoe het stereotipering die persoon se lewe beïnvloed?
Hoe het die persoon opgetree teenoor die mense wat hom/haar gestereotipeer het?
Watter lewenslesse kan jy hieruit geleer?
Aktiwiteit 11
Skryf die volgende woorde op die bord:
- ’n plaasarbeider
- ’n oumensie
- ’n bedelaar
- ’n tiener wat ongedissiplineerd is
- ’n meisie wat kort rokkies dra
- ’n seun wat net swart klere dra
Leerders kry opdrag om by elkeen soveel as moontlik stereotipes neer te skryf.
Leerders moet hierna in groepsverband die volgende sake bespreek:
- In watter opsigte hulle stereotiperings ooreenstem en verskil.
- Watter van hierdie persone het hulle negatief beskryf en watter positief? Verskaf ‘n verduide-
liking vir antwoorde.
Na voltooiing van die opdrag gee leerders terugvoer.
3.5 Vooroordeel
Vooroordeel verwys na die onverdraagsaamheid teenoor of die vooraf oordeel van ’n individu, ’n groep of ’n kwessie
wat op valse, onbuigsame veralgemenings gegrond is; ’n voorafgevormde opinie (gewoonlik ongunstig) wat op geb-
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 47
rekkige kennis, irrasionele gevoelens of onakkurate stereotipes gebaseer is. Om bevooroordeeld te wees, beteken om
’n mening oor iemand of iets te hê wat nie op feite gebaseer is nie. Ons kry vooroordele oor verskeie sake, bv. godsdi-
ens, etnisiteit, kleur, geslag, taal, gestremdheid, ouderdom, geboorteland, geskiedenis, woonplek, ens. ’n Vooroordeel
kan positief of negatief wees.
Die taal van vooroordeel
Vooroordeel kan in die volgende voorbeelde geïdentifiseer word:
Frases met betrekking tot kleur: Wit is suiwer – swart is euwel.
Getuienis, pogings om ’n gebrek aan vooroordeel te bewys: “Ek is nie rassisties/seksisties nie.”
Afbrekende opmerkings, om ander sleg te sê om vertroue te wen: Jongmense is roekeloos.
Stereotiperende taal, deur groepe te kategoriseer: Huurmotorbestuurders bestuur sleg.
Karikatisering deur een kenmerkende karakter bo die ander te oorbeklemtoon.
Etniese grappe: minderheidsgroepe loop veral hieronder deur.
Glipsies: Iets is veronderstel om per ongeluk gesê te wees.
Doelbewuste beledigende opmerkings.
3.6 Diskriminasie
Diskriminasie behels die optrede deur lede van dominante groepe wat ’n nadelige invloed op lede van ondergeskikte
groepe het. Dit is gedrag waarvolgens mense verskillend (ongelyk) hanteer word vanweë die groep waaraan hulle
behoort. Diskriminerende gedrag (vanaf snedige aanmerkings tot misdaad wat uit haat ontstaan) begin dikwels by
negatiewe stereotipes en vooroordele.
Diskriminasie ten opsigte van die volgende kom gereeld in ons samelewing voor:
ras – “Jy kan nie in die pos aangestel word nie omdat jou velkleur nie reg is nie.”
taal – “Hierdie taal kan nie meer in skole as onderrigtaal gebruik word nie.”
geslag – “Vroue sal nooit hierdie groot stuk masjinerie kan hanteer nie.”
sosiale stand – “Jy is mos daardie lae klas-outjie wat uit die onderdorp kom, nè?”
liggaamlike gebreke – “Jy sal nie hier kan werk nie omdat jy nie trappe sal kan baasraak nie.”
ouderdom – “Daardie outoppie sal nie verstaan waarom Facebook so belangrik is nie.”
Diskriminasie het gewoonlik die volgende effek:
Mense se waardigheid word aangetas.
Mense voel dikwels minderwaardig wanneer daar teen hulle gediskrimineer word.
48 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Mense word van hulle selfvertroue ontneem en sukkel derhalwe om bo hulle omstandighede
uit te styg.
Aktiwiteit 12
Groepwerk
Hoe voel dit as daar teen jou gediskrimineer word?
Hoe voel dit as jy teen iemand diskrimineer?
Hoekom wil mense beheer uitoefen oor enige persoon van ’n groep?
Verrykingswerk
Identifiseer partydigheid, stereotipering, diskriminasie en vooroordeel deur verskillende tekste uit koerante,
tydskrifte en selfs in televisieprogramme te raadpleeg.
Probeer vasstel hoekom die skrywers of samestellers van hierdie tekste of programme partydig is en stel vas
watter rol oorredende taal in hierdie verband speel.
Aktiwiteit 13 - Lees ’n Tydskrifartikel
Lees die volgende artikel en beantwoord die vrae wat volg in groepsverband.
GROOT VERGOEDING NÁ ONREGVERDIGE DISKRIMINASIE
18 Mei 2017
Die vakbond AAB-Saamstaanaksie (AAB-SA) het vandag ’n reuse bedrag namens twee van sy lede in
die Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) bekom nadat hulle oor die hoof gesien is vir betrekkings
weens die DKD se regstellendeaksiebeleid.
Volgens Anton Rens, hoof van AAB-SA se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, het P.L. Marrens en T. B.
Matwla elkeen bykans R550 000 as vergoeding ontvang weens onregmatige diskriminasie teen hulle. “Die
bedrag is eintlik net ’n druppel in die emmer as ’n mens in ag neem hoeveel emosionele skade hierdie
ellendige, dom optrede van die DKD ons lede besorg het, maar AAB-SA is verheug dat hy hierdie saak
namens sy twee lede met hand en tand kon beveg”, het ‘n oorstelpte Rens aan Maroela Media gesê.
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 49
Volgens hom het hierdie hofsaak gespruit uit die feit dat nie een van die twee mans die kortlys vir die
betrokke poste kon behaal nie, ten spyte daarvan dat hulle meer as geskikte kandidate vir die poste was.
“Dit kom basies neer op blatante diskriminasie op grond van die lede se ras en geslag. Ons sal dit nie duld
nie”, het Rens verduidelik.
[Aangepas uit Maroela Media, Mei 2017]
13.1 Watter aspek(te) van Kritiese taalbewustheid kan julle in hierdie teks identifiseer? Motiveer julle antwoorde.
13.2 Wat was die joernalis se ingesteldheid teenoor die DKD (hoe het hy/sy oor die DKD gevoel) toe hierdie artikel
geskryf is?
13.3 Was die boodskap eensydig (is net een kant van die saak gestel) of is die standpunte van ander rolspelers ook
ingesluit?
13.4 Watter emotiewe taal het die skrywer gebruik om sy of haar ingesteldheid (gevoel) teenoor die DKD te onder-
steun?
13.5 Noem ’n paar van die gevolge wat die genoemde antwoord by vraag 1 op die twee lede kon gehad het.
13.6 Lug ’n mening oor hoe hierdie hofsaak en die gevolglike boete vir die DKD verhoed (gekeer) kon word.
50 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Hoofstuk 4: Feite en Menings
KABV VEREISTES
Luister en Praat: Onderskei tussen feite en menings
Lees en Kyk: Verskaf feite en druk menings uit
Dit is somtyds moeilik om die verskil te bepaal tussen ʼn sin wat ʼn feit is en ʼn sin wat ʼn mening bevat.
Feite
ʼn FEIT kan as waar of vals bewys word.
Om te bepaal of ʼn sin ʼn feit is, moet daar bewyse vir die stelling in die sin wees.
Byvoorbeeld: Hase is soogdiere.
Jy kan in ʼn woordeboek of ensiklopedie kyk en bewys vind dat die stelling waar is.
Menings
ʼn MENING is ʼn stelling wat nie bewys kan word nie.
Dit is wat iemand glo. ʼn Mening is iemand se gevoelens oor ʼn spesifieke onderwerp.
Menings is debatteerbaar.
Menings kan deur feite ondersteun word.
Byvoorbeeld: Bruin is die beste kleur vir ʼn hond. Kan dit bewys word? NEE, dit is ʼn mening.
Baie wat ons lees of na kyk, is ʼn mengsel van feit en mening. Om tussen ʼn feit en ʼn mening te kan onderskei, is baie
belangrik in die evaluering van tekste en om oortuigende argumente te ontwikkel.
Aktiwiteit 14
Bepaal watter sinne ʼn feit is en watter sinne ʼn mening is:
FEIT MENING
Sondag is die beste dag van die week.
Jeugdag is die belangrikste vakansiedag van die jaar.
Paasfees word in die Herfs gevier.
April is ʼn maand met 30 dae.
Daar is 12 maande in ʼn jaar.
Hierdie was ʼn verskriklike week.
Lente is die mooiste seisoen van almal.
Elke storie in die media is waar.
Maandag, Woensdag en Vrydag is dae van die week.
Op die eerste dag van die skooljaar is mens maar skrikkerig.
Elkeen behoort ʼn Valentynskaart te maak.
Jou verjaarsdag kom net eenkeer ʼn jaar.
[Bron: Aangepas uit Super Teacher Worksheets - www.superteacherworksheets.com]
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 51
Aktiwiteit 15
Lees die aangepaste dele uit die onderstaande verslag en artikels en skryf die menings en feite in die teks neer. Identi-
fiseer ook in elke teks ʼn feit wat ʼn mening ondersteun.
Verslag
Droogte sal Suid-Afrika nog vir jare affekteer
Kenners is dit eens dat die droogte Suid-Afrika en die landboubedryf nog jare lank gaan affekteer.
Verskeie rolspelers, insluitend staatsbeamptes, weer-, veevoer- en rampbestuurkenners het op 25
Januarie 2017 ’n vergadering van Vrystaat Landbou (VL) se Ramp en Noodhulp subkomitee bygewoon.
Hoewel goeie reën gedurende Januarie en aan die einde van Desember 2016 oor groot dele van die
provinsie voorgekom het, ervaar talle landbouers in veral die Wes- en Suid-Vrystaat steeds voertekorte.
Weiding gaan jare neem om te herstel, wat beteken dat landbouers steeds hul vee moet voer.
[Bron:http://vrystaatlandbou.co.za/vslandbou-media/nuusflitse/946-nuusflits-januarie-2017?showall=&start=5, 2
Februarie 2018]
Berig 1
Blitsvroue slyp vir statebondspele
Die Suid-Afrikaanse vroue-sewesrugbyspan se proeflopie vir April se deelname aan die Statebondspele
begin Saterdag in die 7’s toernooi in Brisbane , Australië.
Volgens die Blitsbokvroue se nuwe kaptein, Zintle Mpupha, het die veranderinge aan die span se bestuur
en leierskap egter nie tot groot veranderinge in hul benadering gelei nie.
Zintle glo hulle het dalk ’n kans om die toernooi te wen. Van haar eie spel sê sy: “Ek dink nie ek hoef
veel te verander aan die manier waarop ek gaan speel nie. Veral nie in die naweek se toernooi nie. Ek is
opgewonde en kan nie wag vir die toernooi om te begin nie.
Volgens kenners is die Suid-Afrikaanse span tans een van die beste spanne ter wêreld. Na alle
waarskynlikheid sal die Blitsbokke binnekort opskuif na die nommer een posisie op die wêreldranglys.
.................. [BRON: https://www.netwerk24.com/Sport/Rugby/blitsvroue-slyp-vir-statebondspele, 2Februarie 2018
52 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Berig 2
Meghan help Harry pryse uitdeel
Deur Arlene Prinsloo, 2 Februarie 2018
Prins Harry se verloofde, Meghan Markle, het Donderdag net soos haar aanstaande skoonsuster, Catherine,
ook Alexander McQueen gedra, maar dié keer was dit ’n swart broekpak.
Markle het hemelhoë swart skoene gedra, wat haar treë teen die trappe van die Goldsmith-saal in Londen
amper gevaarlik gemaak het. Sy het ook ’n silwerkleurige sambreel in die reën gebruik.
Harry het sy aanstaande bruid saamgeneem na die jaarlikse Endeavour-prysuitdeling. Hierdie pryse word
aan gewonde, siek of beseerde lede van die gewapende magte toegeken wat die afgelope jaar uitsonderlike
prestasies behaal het.
Meghan het ontspanne voorgekom, maar gereeld haar hare uit haar gesig gevee. Met haar vorige twee
openbare verskynings het sy ’n los bolla gedra, maar hierdie keer het sy haar hare los oor haar skouers laat
hang. Met sulke openbare verskynings sal dit dalk vir haar beter wees om die hare uit haar gesig te dra.
Meghan se keuse van die swart ontwerpersbroekpak kan wees om nie die kollig by Catherine, hertogin van
Cambridge, te steel nie.
Catherine en haar man, prins William, het Donderdagaand ’n ete by die Noorweegse koningsgesin in die
koninklike paleis in Oslo bygewoon. Catherine het ’n ongelooflike uitrusting van Alexander McQueen gedra
en vorstelik gelyk.
[Bron: https://www.netwerk24.com/Vermaak/Celebs/meghan-help-harry-pryse-uitdeel-20180202,]
Berig 3
Collective Soul glo ons het die gees
deur Seugnet van Zyl, 1 Februarie 2018
Suid-Afrikaners hét die beste gees.
So meen Ed Roland, hoofsanger van die Amerikaanse rockgroep Collective Soul.
Roland sê daar is min plekke in die wêreld wat met die energie en die gees van sy Suid-Afrikaanse
aanhangers kan meeding.
Collective Soul werk tans aan hul tiende album. Roland sê hulle het reeds 12 liedjies vir dié dubbelalbum,
getiteld Blood, opgeneem.
“Die (dubbel)-album is, veral in vandag se tye, nie meer iets wat gedoen word nie. ‘n Dubbelalbum is
ook gepas as ons tiende album.”
[Bron: https://www.netwerk24.com/Vermaak/Musiek/collective-soul-glo-ons-het-die-gees-20180201]
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 53
5.1 Afleidings
Hoofstuk 5: Afleidings, Aannames, Argumente
’n Afleiding is ʼn logiese gevolgtrekking wat gebaseer word op die basis van bewyse en redenasie.
5.1 Afleidings
Om af te lei, is om dit wat tussen die reëls staan te lees; om ’n oordeel of opinie te vorm uit wat
vooraf gegee is of gebeur het; om ʼn begrip te vorm uit wat geïmpliseer is; en om die implikasies van
’n Afleiding is ʼn logiese gevolgtrekking wat gebaseer word op die basis van bewyse en redenasie. Om af te lei, is
wattussen
om dit wat gesê of diegeskryf is, tetebepaal.
reëls staan lees; omAs ons afleidings
’n oordeel of opiniemaak, skep
te vorm onsvooraf
uit wat betekenis
gegeewat
is ofnie noodwendig
gebeur het; om ʼn
begrip te vorm uit in
eksplisiet watdie teks
geïmpliseer is; en nie.
voorkom om die
Onsimplikasies
gebruik van wat gesê
leidrade, feite,ofeie
geskryf is, teen
ervaring bepaal. As ons om
voorafkennisafleidings
maak, skep ons betekenis wat nie noodwendig eksplisiet in die teks voorkom nie. Ons gebruik leidrade, feite, eie er-
aannames te maak en stel vrae om ons onsekerhede m.b.t. die teks uit die weg te ruim.
varing en voorafkennis om aannames te maak en stel vrae om ons onsekerhede m.b.t. die teks uit die weg te ruim.
Die volgende
Die diagram verwys
volgende diagramna strategieë
verwys na om afleidings
strategieë omte maak:
afleidings te maak:
Bevraagteken
Maak konneksies Voorspelling
Strategieë om
afleidings te maak.
Gebruik van Gebruik die
agtergronds- en verbeelding/
voorkennis visualisering
Maak Ontleed die teks:
gevolgtrekkings Interpreteer; ’n
oordeel uitspreek
Feitelike Afleidings
Feitelike Afleidings
Feitelike afleidings kan met feitelike inligting geverifieer word.
Feitelike afleidings kan met feitelike inligting geverifieer word.
Byvoorbeeld, logiese afleidings kan op grond van die volgende feite gemaak word:
Byvoorbeeld, logiese afleidings kan op grond van die volgende feite gemaak word:
’n jagtog ’n
Feit 1: Tydens
Feit 1: Tydens jagtog
kan kan
‘n leeu ‘n leeu ʼn topsnelheid
ʼn topsnelheid van 30
van 30 kilometer perkilometer
uur bereik.per uur bereik.
Feit 2:
Feit 2: ’n ’n kan
Luiperd Luiperd kanas ʼn
vinniger vinniger
leeu as ʼn leeu hardloop.
hardloop.
Afleiding/gevolgtrekking: ʼn Luiperd kan vinniger as 30 kilometer per uur hardloop.
Afleiding/gevolgtrekking: ʼn Luiperd kan vinniger as 30 kilometer per uur hardloop.
66
Nie-Feitelike Afleidings
Ons kan nie-feitelike afleidings maak op grond van nie-feitelike en nie-verbale inligting, soos gesigsuitdrukkings en
lyftaal.
Byvoorbeeld: ʼn Onderwyser se frons kan aandui dat ʼn leerder sy eie aktiwiteit moet stop en moet fokus op die gegewe
aktiwiteit.
54 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
5.2 Aannames
Aannames verwys na ongetoetste oortuigings or na wanneer jy glo iets is waar, maar die bewyse gebrekkig of
heeltemal ontbrekend. Aannames vorm deel van ons denksisteme. Ons neem aan ons oortuigings is waar en daar-
mee interpreteer ons die omringende werklikheid, bv.: As ons oortuig is dat dit gevaarlik is om laataand in townships
rond te loop en ons woon in Soweto, sal ons dus aanneem dat dit te gevaarlik is om laataand daar te gaan wandel.
Voorbeelde van afleidings en aannames
Persoon Een Persoon Twee
Situasie: Aan die einde van ’n stel gooi die Situasie: Aan die einde van die stel lig die
tennisspeler sy arms in die lug. glimlaggende tennisspeler sy arms omhoog.
Afleiding: Die tennisspeler het die wedstryd gewen. Afleiding: Die speler is ʼn waardige verloorder. Hy
verloor met grasie.
Aanname: Die enigste spelers wat aan die einde
feesvier, is diegene wat gewen het. Aanname: Enigiemand wat sy/haar arms omhoog
lig, gee die stryd gewonne.
5.3 Argumente en aansprake
Argumente verwys na ’n rede wat aangevoer word ten gunste van of teen ’n stelling, idee of teorie,
bv. die aanvoer van argumente om die teenstander te oortuig. ’n Argument gaan met bewyse en beredenering ge-
paard voordat ’n opinie geformuleer kan word. Argumente kan drie vorms aanneem: feitelike aannames, menings en
idees (insluitend hipoteses en teorieë). ’n Argument behels ’n proses. ’n Standpunt word gestel en moet daarna met
logiese denke, voorbeelde en navorsing bewys word.
Voorbeeld van ʼn argument
Prokureur: My kliënt was by die stadion toe die geraas aangemeld is. Verskeie ooggetuies het hom daar
gesien. Sy kaartjie dien as verdere bewys dat hy die stadion eers verlaat het nadat die geraas aangemeld
is. Hy kan dus nie daarvoor verantwoordelik gehou word nie.
Die rol van die gehoor
Die gehoor speel ’n belangrike rol vir sprekers/skrywer wanneer hulle vir argumente voorberei. Die volgende punte lig
die belangrikheid van die gehoor uit:
- Kennis en begrip van jou gehoor speel ʼn sleutelrol wanneer jy verskillende tekste produseer,
veral tekste van ’n oorredende aard.
- ’n Argument veronderstel ‘n oop gesprek met jou gehoor. Indien jy ’n argument neerpen, moet jy in gedagte hou
dat lesers nie noodwendig dieselfde siening as jy huldig nie.
- Gehoorbetrokkenheid is essensieel vir suksesvolle oorreding en argumentering.
Ken en verstaan jou gehoor.
Wat is hulle uitgangspunt rakende die kwessie?
Hoe oortuig is hulle van hulle eie menings?
Is hulle ontvanklik en ruimdenkend genoeg om ander standpunte te oorweeg?
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 55
Probeer antisipeer wat hulle teenargumente gaan wees.
Die aanwending van Argumente en Oorreding
Argumente word formeel of informeel aangewend wanneer ons betrokke te raak in argumente of iemand probeer oor-
reed en dit kan om verskeie redes en in verskeie situasies plaasvind. Die volgende is voorbeelde van redes en situasies:
- In die alledaagse lewe …
Wanneer jy vra vir ’n salarisverhoging, aansoek doen om ’n betrekking, onderhandel oor die prys van ’n nuwe
motor, of standpunt inneem in die hof in verband met ’n verkeersoortreding.
- Die akademie …
Wanneer jy jou idees moet verdedig, of om intellektuele debatvoering te stimuleer.
- By die werk …
Wanneer jy mense moet oortuig om na jou idees te luister, of die aandag van jou bestuurder op jou wil vestig,
of om mense se samewerking te verkry en mense tot aksie aan te spoor.
- Tydens skryf …
Wanneer jy sterk standpunt inneem, of skryf om ernstig gelees te word.
- Tydens lees en luister
Evalueer ander se argumente, beskerm jouself teen onetiese oorredingstaktiek, identifiseer die leemtes in an-
der se argumente.
Struktuur van ’n argument
’n Argument bevat logiese redes en afdoende bewyse ter ondersteuning daarvan.
Onderdele van ‘n argument
- Kwessie – identifiseer die probleem of kontroversiële onderwerp waaroor daar meningsverskil is.
- Afbakening/aanspraak – omlyn die verskillende perspektiewe.
- Ondersteuning – voer redes en bewyse aan waarom perspektiewe geldig en aanvaarbaar is.
- Identifiseer die leemtes – opponerende standpunte.
Tipes aansprake
- Feitgedrewe aansprake – ’n stelling kan aan die hand van waarneming en navorsing bewys word,
bv. Binne tien jaar sal die uitwissing van die Reënwoude daartoe lei dat tallose plant- en dierspesies
bedreig word.
- Prioriteitsgedrewe/waardegedrewe aansprake – verwys daarna dat ’n spesifieke idee of saak
voorkeur moet geniet, bv. ’n Hoërskool wat van leerders verwag om by gemeenskapswerk betrokke te
raak, sal leerders met ’n sterker sosiale bewussyn die volwasse lewe instuur.
- Oplossingsgedrewe aansprake – oplossings word vir die probleem voorgestel, bv.
Die installering van metaalverklikkers sal geweld in skole verminder.
56 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Tipes ondersteuning vir aansprake
- Rede – ’n algemene stelling wat die aanspraak ondersteun.
- Bewyse – voorbeelde: feite, statistiek, ervarings, vergelykings, en voorbeelde wat illustreer waarom die
aanspraak geldig is.
- Emosiebelaaide aansprake – idees wat op behoeftes en waardes van die leser gerig is.
Aktiwiteit 16
Lees die onderstaande teks en voer die instruksies uit.
Voorbeeld van ʼn gestruktureerde argument:
MONSTERS IN DIE KUBERRUIM
In vandag se tegnologiese wêreld van sosiale netwerke, blogs en ’n magdom maniere van kuberkonnektiwiteit
is dit vir iedereen maklik om ’n skrywer te wees. Dis eintlik verspot maklik. Jy tik eenvoudig ’n paragraaf en
druk die lanseerknoppie om dit die kuberruim in te stuur. En siedaar! jy het gepubliseer. Jy’s ’n skrywer! Wel,
minstens in die kubersin van die woord. Op ’n ernstiger noot. Die blote verwysing na blogosfeer en twiet
kan ’n ernstige skrywer se nekhare laat rys. Die wyse waarop daar met ons taal gemors word, jaag hulle
die harnas in. Skryfkuns word tot ’n minderwaardige kunsvorm gereduseer. Allerlei goggas het ons veilige
taalvesting binnegesluip. Ongekende en bisarre afkortings het kop uitgesteek. Verwronge woorde word
gebaar. Sinne maak nie meer sin nie. Die “kodetaal” van twiets en “whatsapps” en “facebook-boodskappe”
vra om ontsyfer te word. Die tsoenami van taalverkragting wat kuberAfrikaans teister, het reeds diep wortel
geskiet. Net soos met aardverwarming kan ons keer dat die gat in die “osoonlaag” van Afrikaans groter
word. Maar groepsdenke sal moet verander, die hart van Afrikaanssprekendes sal moet verander.
Die hoop beskaam egter nie! Kom ons doen ons deeltjie om Afrikaans weer op die regte spoor te kry.
Skrywer: dr. P. Malherbe
Dosent aan die Universiteit van Stellenbosch
10 Januarie 2018
Pre-lees:
1. Wat suggereer die titel?
Wie is die skrywer?
Wat is die datum waarop dit gepubliseer is?
Wat weet ek reeds van die saak wat bespreek word?
Tydens lees en post-lees:
Lees een keer deur die artikel om vas te stel wat die hoofgedagte is. Wanneer jy die artikel vir die eerste keer
lees, behoort jy bloot te probeer verstaan wat die oorkoepelende argument is wat die skrywer maak. Let op wat
die skrywer se argument is, of wat hy/sy aanvoer.
Lees nou ’n tweede keer deur die artikel, maak aantekeninge terwyl jy lees. Dit help soms om met ’n rooi pen
aantekeninge te maak, sodat dit uitstaan. Vra jouself die volgende vrae af:
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 57
2.1 Wat is die skrywer se argument?
2.2 Wat is die doel van die artikel?
2.3 Wie is die teikenleser vir die artikel – vir wie is die artikel bedoel?
2.4 Slaag die artikel daarin om sy saak/kwelling aan die leser oor te dra?
2.5 Het die skrywer genoegsame feite? Bespreek.
2.6 Spreek die skrywer opponerende argumente duidelik en regverdig aan?
2.7 Gebruik die skrywer emosionele aansprake?
Hoofstuk 6: Sosio-Politieke en Kulturele Agtergrond van Teks en Outeur
6.1 Die begrip van sosio-politieke en kulturele agtergrond van teks en outeur
Menslike kommunikasie vind altyd binne ʼn konteks plaas, deur ʼn kommunikasie-medium en tussen individue en groepe
wat histories, polities, ekonomies, kultureel en sosiaal gesetel is.
As ʼn mens die sosio-politieke en kulturele omstandighede van ʼn skrywer verstaan, verkry jy waardevolle insig oor wat
die skrywer se werk gemotiveer en beïnvloed het. Dit is belangrik om die eksterne kragte wat in die skrywer se daaglikse
lewe aktief was, te erken sodat jy die tematiese en simboliese middele in sy werk meer akkuraat kan beoordeel.
Sosiale, politiese, historiese en kulturele kontekste kan gedefinieer word as die omstandighede, invloede, beperkings
en boodskappe wat die konteks tot ʼn teks kan verskaf.
Letterkunde is uniek omdat dit ideologieë kan ontbloot. ‘n Mens kan bewys dat allerlei tekste – letterkundetekste soos
romans, dramas en gedigte, die meeste niefiksie tekste en alle mediatekste – op ʼn ideologiese vlak werk. Dit beteken
bloot dat die tekste op verskillende maniere werk om ʼn bepaalde lewensiening te ondersteun en te versterk.
Die media speel ook ʼn rol in die onderhoud en versterking van kern ideologieë.
6.2 Kulturele Konteks
Stel vrae soos:
Is die skrywer beïnvloed deur die kultuur waarin hy/sy geleef het?
Het die kultuur in die tyd waarin hy/sy geleef het, ’n beperking geplaas op waaroor hy/sy kon skryf?
Was daar sosiale reëls of politieke druk wat die skrywer gedwing het om op ’n bepaalde manier te skryf of om
sekere kwessies te vermy?
Is die teenoorgestelde waar? Het die skrywer doelbewus probeer om ’n standpunt te stel, om uit te daag of
om te skok?
6.3 Historiese/Sosio-politieke konteks
Historiese konteks verwys na die begrip van situasies, gebeure, ens. in die tyd toe ’n letterkundeteks geskryf
of gepubliseer is. Historiese konteks verwys na die gemoedstemminge, houdings en omstandighede wat op ’n
sekere tydstip bestaan het.
Konteks is die “ruimte” vir ʼn gebeurtenis wat plaasvind en dit sal ’n impak hê op die belangrikheid van dié geb-
eurtenis. Konteks is ʼn belangrike faktor om in ag te neem wanneer iets uit die geskiedenis beskryf word. Dit is
noodsaaklik om die konteks – d.w.s. geskiedenis, tyd, houdings, ens. – in ag te neem wanneer jy oor die betek-
enis van ʼn gebeurtenis besin.
58 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Veronderstel jy lees ’n brief van ’n vrou waarin die volgende sin voorkom:
“My dogter gaan kort na haar troue Natalia toe vertrek.”
o Hoeveel inligting verskaf die sin? Nie veel nie, totdat ons na die datum kyk. As ons vasstel dat die brief in
1838 geskryf is, besef ons dat een sin soms baie kan sê!
o ’n Jong vrou wat in 1838 tydens die Groot Trek Natalia toe gegaan het, het moontlik agter haar man aan
gegaan op ’n gevaarlike ekspedisie is om plaasgrond te bekom. Die ma sou dus erg beangs gewees het
oor haar kind, en sy sou weet dat sy haar dogter vir ’n lang ruk nie sou sien nie, indien ooit.
Die eerste rede waarom ’n mens die historiese omstandighede van ’n bepaalde gebeurtenis of letterkundeteks
moet weet, is omdat dit jou help om die denke van die mense wat direk betrokke is, te verstaan. As jy weet wat
die sosiale, ekonomiese of politieke kwessies rondom die publikasie van ’n bepaalde roman of essay is, kan dit
jou help om meer te verstaan wat die skrywer geskryf het. Dit sal jou ook help om met die karakters van die storie
te identifiseer.
6.4 Die sosio-politieke agtergrond van die skrywer
Die sosio-politieke agtergrond van die skrywer beïnvloed sy sienswyse en skryfstyl.
6.4.1 Die skrywer se sienswyse/standpunt
Dit skrywer se standpunt is sy/haar siening of standpunt oor ’n spesifieke saak. Dit staan ook bekend as die skrywer
se argument (die belangrikste standpunt wat die skrywer bevorder) en die skrywer se vooroordeel (die kant van die
argument wat die skrywer steun).
Sienswyse verwys ook na iemand se persoonlike opinie of houding teenoor iets, bv. Ek respekteer jou standpunt, maar
ek glo nie ek stem met jou saam nie.
’n Skrywer kan ’n saak ondersteun (ten gunste daarvan wees) of dit teenstaan (daarteen gekant wees). Jy moet die
skrywer se sienswyse erken om vas te stel watter kant van die argument hy sy bevorder.
’n Spreker/skrywer se sienswyse kan op verskillende maniere in ’n teks weergegee word: deur die keuse en aantal van
byvoeglike naamwoorde, die keuse van spesifieke inhoud, die gebruik van emotiewe woorde, die keuse van tye, modale
woorde, herhaling en selfs deur tipografie.
Om ’n skrywer se sienswyse te bepaal, moet jy veral let op die woorde wat hy/sy gebruik.
6.4.2 Die doel van die skrywer
’n Skrywer se doel is die rede waarom hy/sy skryf – en skrywers skryf gewoonlik om ’n bepaalde rede. Die skrywer se
doel mag wees om in te lig, om te vermaak of om die leser te oorreed om iets te glo of om ’n sekere handeling uit te
voer. Dit is belangrik om ’n skrywer se doel te verstaan, want dan sal jy die boodskap beter verstaan. Om ’n skrywer se
doel te bepaal, stel kritiese lesers die vraag: “Waarom het die skrywer dit geskryf?”
Soms noem skrywers self waarom hulle skryf.
Ander kere noem skrywers nie waarom hulle skryf nie omdat hulle meen dat die doel ooglopend is en hulle aan-
vaar dat die leser die doel sal aflei.
Om ’n skrywer se doel te bepaal, moet jy let op die woorde wat hy/sy gebruik en die manier waarop die inligting
aangebied word.
6.4.3 Die skrywer se toon
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 59
Die teks se toon verwys na die skryfstyl en woordkeuse wat die skrywer se houding teenoor ’n onderwerp aantoon. Dit
is belangrik om die teks se toon te bepaal, want as jy dit misverstaan, sal jy nie die boodskap begryp nie. “Wat verklap
die skrywer se woordkeuse en skryfstyl oor sy/haar houding teenoor die onderwerp?”
6.4.2 Die skrywer se woordkeuse en houding
Deur woordkeuse kan die skrywer die toon openbaar van die teks asook die skryfstyl.
Woorde wat gebruik kan word om toon te beskryf:
Woorde wat ’n neutrale toon beskryf
Dit word gewoonlik in handboeke, navorsingsmateriaal, aanwysings, instruksies, koerant- en
tydskrifartikels en ander feitelike, objektiewe materiaal gebruik.
Onemosioneel – min of geen emosie of gevoel is betrokke nie
Beheersd – sonder passie, emosie of vooroordeel, of nie daardeur geraak nie
Belangeloos – kom voor asof daar geen voorkeur of belang is nie
Woorde wat ’n ernstige toon beskryf
Dit word gewoonlik by belangrike formele aankondigings en huldeblyke gebruik.
Plegtig – baie intens, ernstig en sober
Ernstig – somber, intens, nie grapperig of spelerig nie
Afgetrokke – baie geïnteresseerd of betrokke, gekenmerk deur teruggetrokkenheid
Woorde wat ’n emosionele toon beskryf
Dit kom gewoonlik in persoonlike artikels, politieke geskrifte en sommige oorredende skryfstukke soos
hoofberigte/redaksionele kommentaar voor.
Simpatiek – betoon simpatie, goedhartigheid, of omgee
Bekommerd – om baie om te gee vir ‘n persoon of saak
Passievol – gekenmerk deur passie of ywer
Nostalgies – ’n bittersoet verlange na dinge, mense of situasies uit die verlede
Sentimenteel – gebaseer op emosie en nie op die rede nie
Berouvol – om spyt te wees
Selfbejammering – om jammer vir jouself te voel
Dringend – makeer onmiddellike aandag; onmiddellik belangrik
Uitdagend – doelbewus krities; kom in opstand teen gesag
60 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Woorde wat ’n kritiese, afkeurende toon beskryf:
Dit kom gewoonlik in film- en boekresensies, redaksionele kommentaar en tydskrifartikels voor.
Krities – geneig om te kritiseer en fout te vind
Afkeurend – ongunstig beoordeel
Veroordelend – pessimisties; ’n negatiewe houding of somber uitkyk
Onverdraagsaam – laat nie verskil van mening of sentiment toe nie
Verontwaardig – kwaad gemaak deur iets wat onregverdig, gemeen of onwaardig is; woedend
Woorde wat ’n humoristiese, sarkastiese, ironiese of satiriese toon beskryf:
Dit kan in baie skryfsoorte gebruik word, soos letterkunde, sosiale kritiek, koerant- en tydskrifrubrieke en
-artikels.
Lighartig – nie belas deur moeilikheid, kommer of sorg; gelukkig en sorgvry
Oneerbiedig – krities oor wat algemeen aanvaar of gerespekteer word, toon ’n gebrek aan eerbied
Sinies – spottend oor ander se motiewe, deugde of integriteit; bespot
Spottend – behandel iemand of iets as veragtelik of onwaardig; toon minagting
Minagtend – toon openlike minagting of hoogmoedige veragting
Kwaadwillig – bedoel om skade of lyding te veroorsaak; met kwade bedoelings
Ironies – op ’n grapperige manier sarkasties
Sarkasties – gekenmerk deur die begeerte om spot en afkeur te toon
Bitter – gekenmerk deur strengheid, erns of wreedheid
Skepties – huiwerig om te glo; betwyfel of bevraagteken alles
Ongelowig – glo nie; weier om te glo
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 61
Woorde wat ’n ondersteunende toon beskryf:
Dit kom voor in verskeie skryfsoorte soos handboeke, inspirerende skryfstukke, tydskrifartikels en
persoonlike korrespondensie.
Bemoedigend – wys ondersteuning
Ondersteunend – wys ondersteuning of bystand
Geesdriftig – toon opgewondenheid
Optimisties – verwag die beste; ’n positiewe lewensuitkyk
Goedkeurend – druk goedkeuring of instemming uit
Positief – ten gunste van; ondersteunend, optimisties
Simpatiek – geneig tot simpatie; toon bejammering; empaties
Verdraagsaam – toon respek vir ander se regte, menings en gebruike
Verband tussen die kritiese leesvaardighede
Die skrywer se doel bring mee dat hy/sy ’n sekere toon gebruik om ’n sienswyse aan sy lesers/gehoor oor te
dra.
Die skrywer besluit oor die doel (rede) waarom hy/sy skryf: om in te lig, om te leer/onderrig; om te oorreed; om
te vermaak.
Om hierdie doel te bereik, gebruik hy/sy ’n geskikte toon:
ernstig formeel opreg geesdriftig afkeurend
simpatiek informeel humoristies ironies
Om sy/haar belangrikste idee (standpunt oor ’n saak), sienswyse (ten gunste van of gekant teen) of argument oor
te dra aan die beoogde gehoor/leser:
die algemene publiek of ’n spesifieke groep of ’n bepaalde persoon
Onthou die volgende wanneer jy krities lees:
Jy moenie dink dat die doel met alle leesstof is om in te lig nie.
Indien die skrywer se doel is om te oorreed, moet jy bepaal watter kant van die argument hy/sy ondersteun.
As jy die skrywer se toon verstaan, sal jy die ware of bedoelde betekenis snap, selfs al sê die skrywer se woorde
iets anders, d.w.s. as dit ironies is.
Let wel: Daar is ’n verskil tussen sarkasme en ironie.
62 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Aktiwiteit 17
Ondersoek advertensies en meningskryfstukke oor dieselfde onderwerp en gaan na hoe taal en beelde gebruik word.
Identifiseer die skrywers en hul perspektiewe. Waarom dink hulle so?
Wanneer ons tekste lees of daarna kyk, moet ons onder ander die volgende vrae in gedagte hou:
Wie het die teks geskep? Hoe weet ons dit?
Wat wil die skrywer hê moet die leser/kyker weet, dink of voel? Waarom dink ons dit?
Watter aannames maak die skrywer oor die leser se oortuigings, waardes en kennis? Hoe weet ons dit?
Watter wêreldsiening word deur die teks oorgedra? Waarom dink ons so?
Hoe word taal gebruik om ons denke te beïnvloed?
Watter inligting het die skrywer weggelaat? Hoe betekenisvol is dit?
Wie sal mees waarskynlik die teks lees?
Watter kennis oor die wêreld buite die teks is nodig om die teks te verstaan?
Hoe het jou agtergrond jou begrip van die teks beïnvloed?
Hoe beïnvloed die teks jou, bv. het die vorm van die teks jou manier van dink beïnvloed? Hoe posisioneer die taal
in die teks jou as leser?
Hoofstuk 7: Taalvariëteite
KABV VEREISTES:
Gebruik geskikte register: formeel, informeel (bv. die gebruik van informele/gesprekstyl en eerste
persoon in ’n vriendskaplike brief, formele taal in ’n vriendskaplike brief).
Gebruik formele en informele taal (sleng/spreektaaluitdrukkings, jargon) gepas.
Tydens hersiening, redigering en proeflees van werk, let daarop om dubbelsinnigheid,
breedsprakigheid, woordoortolligheid, sleng en beledigende taal uit te skakel en ook om die
inhoud, styl en register te evalueer.
7.1 Wat is die betekenis van register?
Register is die gebruik van gepaste taal volgens ’n spesifieke doel en ’n spesifieke sosiale opset. Wanneer ons praat en
skryf, maak ons ’n keuse oor hoe formeel of informeel die taal wat ons gebruik, sal wees. Hierdie keuse word die reg-
ister genoem. Die keuse van ’n geskikte register hang van die volgende faktore af: die gehoor, die doel en die konteks.
Die volgende situasies dien as illustrasie van die gebruik van verskillende registers:
Wanneer jy jou maat aan die begin van die skooldag groet, klink dit anders as wanneer die klas die onderwyser
groet; en as jy die prinsipaal groet, is jou register baie meer formeel.
Wanneer jy die dokter aanspreek, sal jy meer formeel wees, sy titel respekteer en mooi luister wanneer hy iets vra
en hom dan ook so goed as moontlik beantwoord.
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 63
Die dokter sal sy/haar bevindinge vir jou in formele vaktaal gee, maar sal dan ook in ’n meer informele taal aan jou
verduidelik wat jy makeer.
’n Wetenskaplike sal byvoorbeeld in die laboratorium praat van “NaCI”, maar as hy met sy kind by die huis praat,
sal hy die woord “sout” gebruik.
Wanneer parlementslede hulle toesprake in die parlement lewer, is dit gewoonlik in formele taal;
As vriende met mekaar praat, is dit weer in ’n heeltemal informele register.
Register verwys na die gebruik van verskillende woorde, style, grammatika, toon en toonhoogtes in verskillende kon-
tekste en situasies, bv. die formele taal en toon (register) wat in amptelike dokumente aangewend word, in teenstelling
met die informele taal en toon (register) van ’n e-pos aan jou vriend.
Voorbeelde van verskillende registers
“Goeiemore meneer die President, ons waardeer u besoek!”
Jy spreek nie jou onderwyser aan as: “Haai, ou Pêl” nie!
Jy spreek nie jou ouers soos volg aan nie: “Haai daar! Wat maak julle mense?”
Jy spreek nie grootmense (volwassenes) op die volgende manier aan nie: “My vriende, wat sê julle
mense!”
Ons praat verskillend in verskillende situasies.
Die verskille in taalgebruik weerspieël die volgende:
- Die spesifieke situasie (KONTEKS)
- Die doel van die kommunikasie (DOEL)
- Die verhouding tussen die sprekers (GEHOOR)
Hier is ’n paar voorbeelde van algemene situasies waarin jy formele en informele registers sal gebruik.
INFORMEEL FORMEEL
GEHOOR Senior met ’n junior Junior met ’n senior, seniors met juniors
Werkgewers met hul werknemers Werknemers met hul werkgewers
Tussen vriende en familie Vergadering waar jy ’n verslag moet lewer
DOEL Om te vermaak of om inligting te Om inligting te gee
gee
Om verhoudingsbande te versterk Om ’n formele verhouding te handhaaf
Om te oorreed Om te oorreed
64 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
KONTEKS In persoonlike gesprek of In besigheidskorrespondensie, briewe en verslae.
kommunikasie
In persoonlike oproepe In besigheidsoproepe
In dagboeke en joernale In verslae
In informele gesprek Uitnodigings, regsdokumente, formele toesprake,
aankondigings wat deur regters gemaak word.
Boodskappe op sosiale media Godsdienstige dokumente
(gewoonlik baie informeel)
Werksonderhoude
Onderwysers wat besig is om klas te gee.
Byeenkoms by die skool
7.2 Informele register: spreektaal en sleng
Spreektaal is ’n taal wat tot die gewone of familiêre gespreksituasie behoort en is informeel van aard, maar word steeds
as deel van die standaardvariëteit beskou.
Mense sal spreektaal gebruik in sommige dele van die koerant, in informele besigheidsvergaderings, of wanneer hulle
met vriende of medewerkers praat. Dit is die taal wat gebruik word in ontspanne, gemoedelike situasies, wanneer ons
bloot onsself is en op ’n openlike en gemaklike manier oor selfs ons geheime en vrese kan gesels.
7.2.1 Spreektaal: woorde en frases
Ons voel gewoonlik gemaklik om informele en familiêre taal te gebruik as ons met familie of vriende praat. Ons kan
ook so maklik sleng, vae of onduidelike woorde gebruik in hierdie gespreksituasies. Formele skryf vereis egter presiese
taalgebruik.
Woorde
Streeksverskille: In Afrikaans is daar bv. ’n verskeidenheid van streeksverskille in die benaminge van mense.
’n Dogter word ’n ‘meisiekind’; ‘nooi’ of ‘nooientjie’ genoem en iemand se suster kan bv. ‘tietie’, ‘sisi’, ‘ousus’ of
‘ousie’ genoem word. Tante word ook ‘antie’, ‘ant’ of ‘tannie’ genoem. As iemand R5 se lugtyd koop, koop hy ‘’n
foeitog’. Wanneer ’n vrou swanger is, is sy ‘met die lyf’/‘moet die lyf’, ‘in die ander tyd’, of ‘op die paal’.
Samevoegings: Woorde soos ‘hy’t’ ‘sy’t’; ‘kom hierso!’ kan as spreektaal beskou word omdat dit nie wyd oor die
Afrikaanssprekende gemeenskap strek nie.
Banaliteite: Sommige woorde word as banaliteite beskou in sommige dialekte van Afrikaans terwyl dit in ander
dialekte meer aanvaarbaar is. ‘Bleddie’ of ‘blerrie’ is so ’n voorbeeld, asook ‘die hel in’ wat in sommige dialekte
algemeen gebruik word en in ander minder aanvaarbaar is.
Frases:
’n Slawedrywer.
So oud soos die berge.
Hoesit!
Hi daar!
Hoeganit, jong?
Ahwê, ma se kinners!
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 65
Aforismes
Ek is nie gister se kind nie.
Jy dryf my teen die mure uit!
Ek het my uit my geloof geskrik!
Ek het my skoon in ’n ander bloedgroep geskrik!
7.2.2 Sleng
Die woord sleng verwys na informele taal wat dikwels deur ’n groep mense soos tieners gebruik word. Hulle gebruik bv.
woorde soos ‘cool’, ‘kief’, ‘kwaai’. Die verskil tussen spreektaal en sleng is dat sleng, anders as gesprekstaal, nog nie in
ordentlike of formele gesprekke aanvaarbaar is nie. Sleng is minder formeel as spreektaal en maak gebruik van woorde
en uitdrukkings wat nie as deel van die standaardtaal beskou word nie. Sleng word gewoonlik gebruik deur lede van
beperkte groepe soos tieners, bendegroepe, sekere etniese groepe of professies. Soms is sleng vulgêr.
Voorbeelde van sleng:
grênd
bra (Hugh)
Voorbeelde van tekste wat gebruik kan word om spreektaal en sleng uit te ken:
Grappe
Informele toesprake
Gewone/informele gesprekke
Spotprente
7.3 Jargon
Die woord jargon verwys na spesiale terme en uitdrukkings wat in ’n ambag, professie of enige spesifieke groep gebruik
word. Dit is vaktaal of taal van bepaalde groepe, bv. soldate en onderwysers. Dit is taal wat dikwels net deur die lede
van ’n bepaalde groep verstaan word (bv. rekenaargebruikers wat verwys na ‘hardeskyf’, ‘sagteware’, ‘muis’, ens.). In-
dien jargon gebruik word om luisteraars/lesers van ’n gesprek/interaksie uit te sluit, kan dit mense se gevoelens kwets.
Jargon is dus spesifieke woorde wat slegs gebruik en verstaan word deur die persone of kundiges wat by die spesifieke
groep betrokke is.
Voorbeelde:
Love – soos deur tennisspelers gebruik
Ek dink jy ly aan hipertensie – soos deur dokters gebruik
Kliek links/regs op die muis – deel van jou rekenaar
66 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Kenmerke van jargon
Lang, verwarrende woorde.
Afkortings wat net binne spesifieke kontekste verstaan word, bv. Is jou SGA op datum? (binne skoolkonteks
verstaan almal daar word van skoolgebaseerde assessering gepraat, maar in ander kontekste kan SGA iets
heeltemal anders beteken.
Eufemismes: swanger = oor die tou getrap.
Modewoorde: fasiliteerders/operasionaliseer.
Taalverbreding: ’n taxi- assistent word ’n skuifdeur-operateur genoem.
Leë frases en stopwoorde, bv. in hierdie stadium...; As jy my vra...
Onnodige werkwoorde: Ons stel ondersoek in, in plaas van Ons ondersoek.
Oorbodige woorde: ekstra woorde wat nie ’n bydrae tot die betekenis lewer nie: Net soos jy daar sê!
Voorbeelde van jargon (woorde en frases)
GROEP JARGON BETEKENIS
Sakemense Operasionaliseer Uitvoer
Proaktief Om eerste (positief) op te tree.
Lesse Dinge wat geleer is.
Funksionaliteit Die funksies of kenmerke van ‘n produk.
Rugbytoeskouers Systap Vermy ’n laagvat deur voor te gee dat jy in ’n
sekere rigting beweeg, maar dan beweeg jy in die
teenoorgestelde rigting.
Sondehoekie Die bank waarop ’n speler wat ’n ernstige oortreding
begaan het vir tien minute gaan sit.
Rolmaal ’n Dryfbeweging in die rigting van die opponent
se doellyn terwyl die bal aan die agterkant van die
beweging gehou word.
Hoogvat ’n Laagvat bokant die skouers.
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 67
Sokkerondersteuners Dribbel Beheer die bal met die voete terwyl jy hardloop.
Oortreding ’n Oortreding van die reëls.
Rooi kaart ’n Kaart wat ’n skeidsregter omhoog hou om aan te dui
dat ’n speler uit die wedstryd gehaal word; die speler se
span moet die res van die wedstryd met minder spelers
voltooi; word toegeken vir gewelddadige gedrag of etlike
reëloortredings.
Vryskop ’n Skop wat aan ʼn speler toegeken word vir ʼn oortreding
deur die opposisie; die speler skop ʼn stilstaande bal
sonder enige opposisiespelers binne tien meter.
[Bron: Aangepas uit Skwirk]
7.4 Styl
Die term styl verwys na ’n taalvariëteit wat verdeel kan word in formele en informele style gebaseer op die toespraak
of spreekgeleentheid. Ons kan baie formeel of baie informeel praat, maar dit word bepaal deur die omstandighede
waarin ons ons bevind. Seremoniële geleenthede vereis gewoonlik dat die toesprake baie formeel sal wees. Publieke
lesings sal bietjie minder formeel wees en tydens informele gesprekke sal die gesprektrant ’n baie informele styl hê.
Faktore wat die vlak van formaliteit sal beïnvloed, kan insluit:
Die soort geleentheid;
Die verskeidenheid sosiale, ouderdoms en ander verskille wat tussen die deelnemers bestaan;
Die spesifieke taak wat betrokke is, bv. skryf of praat, en die emosionele betrokkenheid van een of meer van die
deelnemers (Wardhaugh, 1986; p.48).
Styl verwys na die spesifieke en unieke manier waarop die skrywer sy/haar woorde inspan om ’n spesifieke doel/effek
te bereik. Styl kombineer die idee wat uitgedruk moet word met die individualiteit van die skrywer. Hierdie skryfstyl slu-
it individuele woordkeuses, sowel as aspekte soos lengte en sinstruktuur, toon en die gebruik van ironie in.
Aktiwiteit 18
18.1 Bespreek maniere waarop ons tussen registers kan onderskei, asook die manier waarop dit ons taal beïnvloed.
18.2 Kyk na die woorde wat hieronder gelys word en dui aan waarom, met wie en in watter konteks jy dit sal gebruik.
Konteks Doel Gehoor
Woord
WAAR WAAROM MET WIE
Vrou
Dame
Poppie
Dogter
Meisie
Man
Meneer
Outoppie
Vent
68 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Laitie
Aktiwiteit 19
Almal praat verskillend in verskillende situasies. Bespreek in groepe die volgende vrae om formele en informele regis-
ter te bepaal:
Praat jy op dieselfde manier by die huis as hier in die klaskamer?
Praat jy op dieselfde manier met jou vriende as met volwassenes?
Praat jy verskillend wanneer jy met jou onderwyser of die dokter praat as wanneer jy met jou vriend oor die foon
gesels?
Aktiwiteit 20
Bespreek in groepe of jy in die onderstaande gevalle ’n formele of informele register sal
gebruik. Hoe sal jy hierdie mense groet? Deel jou gevolgtrekkings met die res van die klas.
Jou beste vriend
Jou ouers
Die prinsipaal van die skool
’n Jong kindjie wat verlore is
Jou ouma
’n Grootmens wat jy ken
Aktiwiteit 21
Bespreek in groepe hoe jy tydens die volgende geleenthede sal praat. Wat sal jy sê? Deel jou
gevolgtrekkings met die res van die klas.
’n Uitstappie met jou vriend.
’n Reünie-ete met jou hele familie.
’n Spesiale besoek aan ’n belangrike persoon.
Hoofstuk 8: Die Verhouding tussen Taal en Kultuur
KABV VEREISTES: Toon begrip vir die verhouding tussen taal en kultuur deur respek te toon vir
kulturele konvensies.
Wat is Kultuur?
Kultuur verwys na gedeelde menings of sienings, waardes en houdings van ’n spesifieke groep mense. Dit sluit ook
praktyke en sosiale gedrag van ’n bepaalde volk of ’n spesifieke groep mense in, byvoorbeeld die hip-hopkultuur wat
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 69
veral onder jongmense voorkom. Kultuur kan ook in ’n breër sin verwys na al die aktiwiteite en idees van ’n groep
mense met dieselfde tradisies wat oorgedra en versterk word. Kultuur is nooit staties nie, dit ontwikkel voortdurend oor
’n tydperk.
Die verhouding tussen taal en kultuur
Die taalgebruik van ’n spesifieke taalgemeenskap hou baie nou verband met die kultuur van daardie spesifieke
gemeenskap. So ’n gemeenskap se kultuur bestaan uit dit wat ander mense van hulle moet weet en waarin
hulle glo. Hierdie kennis sal jou dus in staat stel om op ’n aanvaarbare en sensitiewe manier teenoor lede van
so ’n gemeenskap op te tree wat hulle goedkeuring en aanvaarding sal wegdra.
Alle tale is onlosmaaklik deel van ’n spesifieke kultuur en dit weerspieël sodanige kulture se behoeftes.
Taal en kultuur is so nou verwant dat dit onmoontlik is om die een te waardeer sonder dat jy kennis van die an-
der dra.
Lede van verskillende kultuurgroepe gee op verskillende maniere uitdrukking aan hulle leef- en wêreldbeskou-
ings deur middel van hulle taal.
Kulturele modelle word hoofsaaklik uitgedruk en gereflekteer deur taal (uitdrukkings) wat die sienswyses van
die kultuurgroep oordra, die menslike gedagtes rig en op aksies en morele lesse fokus, bv. son in die weste, lu-
iaard op sy beste; haastige hond verbrand sy mond; wie laaste lag, lag die lekkerste.
Die inhoud en konteks waarbinne die verhouding tussen taal en kultuur ondersoek moet word
’n Mens behoort eerstens op die woordgebruik binne ’n spesifieke kultuurkonteks te fokus, veral op kultuurspesifieke
terminologieë of woordeskat, beskrywende woorde soos bywoorde en byvoeglike naamwoorde en eufemismes, uit-
drukkings, asook woorde wat om die een of ander rede onaanvaarbaar in ander tale sou wees (taboe-onderwerpe).
Beleefde taalgebruik binne ’n spesifieke kultuurkonteks, begroetings-en aanspreekvorme, asook idiomatiese taalge-
bruik behoort ook in ag geneem te word. Al die bogenoemde aspekte beïnvloed die wyse waarop lede van ’n spesi-
fieke kultuurgroep hulle lewens- en wêreldbeskouings uitdruk en uitleef.
Aktiwiteit 22
22.1 Werk in ’n groep en dink aan ’n woord uit ’n vreemde taal soos byvoorbeeld “seshebo”. Watter verskillende
prentjies vorm in julle gedagtes wanneer julle aan hierdie woord dink? Noem nou al die verskillende kossoorte
of disse wat julle in julle spesifieke kultuur onder “seshebo” sal klassifiseer.
22.2 Vergelyk mekaar se antwoorde en probeer vasstel waarom sommige van julle groepslede van mekaar verskil,
of waarom baie van julle kossoorte of disse ooreenstem.
22.3 Vind uit of die konsep “seshebo” in Afrikaans bestaan, al gebruik julle nooit hierdie woord nie. Kan julle aan ’n
goeie Afrikaanse term vir hierdie begrip dink?
22.4 Wat, dink julle, behoort ’n mens alles in ag te neem wanneer jy van een taal na ’n ander vertaal? Is dit byvoor-
beeld voldoende om net aan woordbetekenisse te dink?
22.5 Werk saam met ’n maat en skryf die volgende woorde iewers neer:
Engels: dignity – ndzhuti in Xitsonga – direkte vertaling = skaduwee
Engels : uncle – malome in SeSotho – direkte vertaling = oom (aan moederskant)
Engels : uncle – papamuhulu in Xitsonga – direkte vertaling = oom (aan vaderskant)
Engels: aunt – mani in SeTswana – direkte vertaling = tante (aan moederskant)
70 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Dink jy hierdie woorde sou dieselfde betekenisse gehad het indien dit in jou taal vertaal sou word? In watter op-
sig dink jy sou dit in jou taal verskil?
Aktiwiteit 23
Bestudeer die volgende woorde en verduidelik die betekenis daarvan aan mekaar. Praat dan in julle
Bestudeer die volgende woorde en verduidelik die betekenis daarvan aan mekaar. Praat dan in julle groepe oor hoe
groepe
julle dink oorwoorde
hierdie hoe julle
julledink hierdie woorde
moedertaal vorm en julle moedertaal
hoe dit vormkultuur
julle spesifieke en hoe dit julle
uitdra sodatspesifieke kultuur
sprekers van ander tale
julle kultuur beter sal verstaan.
uitdra sodat sprekers van ander tale julle kultuur beter sal verstaan.
abba, poetoepap, aikona, souties, ghriesbobbejaan,
bollemakiesie,
braaivleis, koeksister, ougat, snotklap, konsternasie,
vloermoer, tameletjie,
moskee, tiekiedraai, vetkoeke, mamparra
Hoofstuk 9: Visuele Geletterdheid
Hoofstuk 9: Visuele Geletterdheid
Visuele tekste gebruik ’n kombinasie van visuele kenmerke (kameraskote, stilfoto’s en grafika) en verbale kenmerke
(woorde, dialoog en taalkenmerke) om ’n boodskap aan die gehoor oor te dra. Visuele kenmerke sluit aspekte soos
Visuele tekste
kamerahoek, gebruik
beligting, ’neffekte,
spesiale kombinasie
uitleg,van visuelebeeld,
dominante kenmerke (kameraskote,
repetisie, kleur, stilfoto’s
lettertipe, grafika,en grafika)
kontras, enin.
ens.
Verbale kenmerke
verbale sluit aspekte
kenmerke soosdialoog
(woorde, retorieseenvraag, repetisie, noodsaaklikhede,
taalkenmerke) om ’n boodskapgeringeaan diesin, dialoog,
gehoor oortoon, lirieke
te dra.
van liedjies, ens. in.
Visuele kenmerke sluit aspekte soos kamerahoek, beligting, spesiale effekte, uitleg, dominante
beeld,
Leerders repetisie,
moet die kleur, lettertipe,
vaardighede aanleer omgrafika,
visuelekontras,
tekste teens. in. en
ontleed Verbale kenmerke
te interpreteer sluit
deur aspekte
op die sooste fokus:
volgende
retoriese vraag, repetisie, noodsaaklikhede, geringe sin, dialoog, toon, lirieke van liedjies, ens. in.
Oorredende tegnieke: Leerders behoort veral te begryp hoe emotiewe taalgebruik, partydigheid en manipuler-
ende taalgebruik betekenis bepaal en betekenis beïnvloed.
Leerders moet die vaardighede aanleer om visuele tekste te ontleed en te interpreteer deur op die
volgende te fokus:te begryp hoe taalgebruik en beelde waardes en houdings vorm en weerspieël; hoe taalge-
Leerders behoort
bruik en beelde ook seksisties, rassisties, of ouderdomaanduidend kan wees, of hoe dit staatmaak op die krag
Oorredende
van stereotipes, tegnieke:
veral Leerders
in advertensies. behoort
Hulle moet veral te begryp
byvoorbeeld hoewees
in staat emotiewe taalgebruik,
om subtiele vorme van seksisme
partydigheid
of partydigheid in ’nen manipulerende
verskeidenheid taalgebruik
van tekste te kanbetekenis bepaal
identifiseer, of die en betekenis
mate waarin beïnvloed.byvoorbeeld
advertensies
die stereotipiese persepsies van mense versterk.
Leerders behoort te begryp hoe taalgebruik en beelde waardes en houdings vorm en
Leerders behoort inhoe
weerspieël; staat te wees omen
taalgebruik die invloedook
beelde vanseksisties,
lettertipes en -groottes,of
rassisties, opskrifte en subopskrifte, kan
ouderdomaanduidend asook
die tipografiese uitleg van tekste te begryp.
wees, of hoe dit staatmaak op die krag van stereotipes, veral in advertensies. Hulle moet
byvoorbeeld
Leerders in in
behoort ook staat wees
staat te om om ’n
wees subtiele
wyevorme van seksisme
verskeidenheid van of partydigheid
tekste, wat buiten in ’n
advertensies en prente
ook strokiesprente
verskeidenheidinsluit,
vantetekste
ontleed,
te te
kaninterpreteer en te
identifiseer, ofevalueer.
die mate waarin advertensies byvoorbeeld die
9.1 stereotipiese
Die begrip persepsies
van visuele van mense versterk.
elemente
Leerders
Deur bewus te behoort
wees van die in staat te
volgende wees om
visuele elementediekan
invloed van se
die leerderlettertipes
begrip en -groottes,
van visuele opskrifte en
geletterdheid versterk
word: die meng van kleure;asook
subopskrifte, voorwerpe; karakters; uitdrukkings
die tipografiese en liggaamstaal;
uitleg van tekste te begryp.plasings; gebruik van lig en skadu-
wee; plasing van kontrasterende idees; vergelykbare groottes van voorwerpe; die aanwending van kamerahoeke; die
gebruik
vanLeerders
simbole; en elemente
behoort ookvan strokiesprente.
in staat te wees om ’n wye verskeidenheid van tekste, wat buiten
9.2 advertensies
Ontleding en prente
van visuele ook strokiesprente insluit, te ontleed, te interpreteer en te evalueer.
tekste
Wanneer ’n visuele teks ontleed word, is dit goed om aandag aan die volgende sake te gee aangesien vrae in toetse
en eksamens op hierdie aspekte gaan fokus: 88
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 71
Watter tipe visuele teks is hierdie?
Waaroor handel die teks se inhoud?
Wat is die oogmerk/doel met die teks/wat wil die teks uiteindelik met die teikenleser bereik? Hoe weet jy dit?
Wie is die moontlike teikenleser vir hierdie teks? Hoe weet jy dit?
Watter impak het die teks of sal die teks uiteindelik op die teikenleser hê?
Wat of wie word in die teks verteenwoordig?
Hoe is die teks saamgestel? Kyk na die struktuur van die teks en bring dit in verband met die tipe teks.
Watter element van die teks is visueel die treffendste?
Kyk na die gebruik van kleur, lettertipes, lettergroottes en uitleg:
- Deur grootliks gebruik te maak van helder kleure, ’n besige uitleg en die gebruik van lettertipes mag
vir tieners aantreklik wees en opgewondenheid veroorsaak.
- Meer subtiele kleure, basiese lettertipes en ’n konserwatiewe uitleg mag die tradisionele waardes van
ouer mense aanspreek.
- Koningsblou, rooi en goud, stylvolle lettertipes en ’n elegante uitleg mag vir dié wat prestasie en weel-
de nastreef aantreklik wees.
Kyk na die gebruik van opskrifte en onderskrifte.
Kyk na die rol wat beweging in ’n teks speel.
Kyk na die gebruik van oorredende tegnieke soos emotiewe taal, manipulerende taal en vooroordeel.
Oorweeg die visuele kenmerke en watter impak dit op die betekenis van die teks en die leser se reaksie op die
teks maak.
Soos geskrewe tekste is visuele tekste ook versigtig deur die samestellers saamgestel om betekenis te skep en
om die kyker aan te raak en te beïnvloed.
Wat is die interaksie of verhouding tussen die kyker en die onderwerp?
Hoe slaag die visuele teks daarin om sy oogmerk te bereik? Hoe effektief is die teks as kommunikasieteks?
Oorweeg watter visuele aspek van die teks jou aandag onmiddellik trek wanneer jy die teks vir die eerste keer
sien. Dit mag wees dat die kleurgebruik jou dadelik opval of dalk die karikatuuragtige voorstelling van die karak-
ters. Soms is die tipografiese plasing van beelde of teks baie effektief en dikwels val effektiewe lettertipes en
-groottes ‘n mens dadelik op.
9.3 Nieverbale kommunikasie
Nieverbale kommunikasie bestaan uit ’n volledige saamgestelde pakkie wat uitdrukkings, hand- en oogbewegings,
gesigsuitdrukkings, liggaamshoudings en gebare insluit en wat tegelyk saam met spraak (verbale kommunikasie) geïn-
terpreteer word. Hoe beter jy na hierdie nieverbale kommunikasiestrategieë kyk, en hulle ook gebruik, hoe beter sal jy
ander mense verstaan. Nieverbale kommunikasie is kommunikasie wat plaasvind sonder die gebruik van enige woorde.
Met ander woorde, enige liggaamstaal wat ’n persoon gebruik tydens ’n gesprek. Hierdie liggaamstaal is altyd sigbaar
72 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
– dit kan gesien word deur die persone wat deel is van die gesprek. Dit is egter belangrik om te onthou dat nie alle nie-
verbale kommunikasie sigbaar is nie: dit kan ook gehoor word. Jou stemtoon, en ook alles wat nie klank het nie, sê iets.
Jou kleredrag, haarstyl, gesigsuitdrukking, die manier hoe jy loop, staan of sit, gebaretaal en die fisiese afstand tussen
kommunikeerders sê ook iets. Lyftaal sluit baie meer as net die tekens van jou lyf in.
As jy nog wonder of dit regtig ’n groot verskil maak of nie, dink aan jou hond. Hy verstaan nie Afrikaans nie (regtig!), maar
hy verstaan presies wat jy met jou lyftaal vir hom sê. Jou hond reageer op die nieverbale tekens wat jy gee. As honde
op taal moes staatmaak, sou hulle nooit kon verstaan wat ons van hulle wil hê nie. Op dieselfde manier gaan jy sukkel
om ander mense te verstaan as jy die nieverbale tekens ignoreer.
Nieverbale kommunikasie sluit aspekte soos die volgende in:
gesigsuitdrukkings
verskillende stemtoonhoogtes
liggaamshoudings
gebare
hand- en oogbewegings
Nie-verbale boodskappe laat mense toe om die volgende te doen:
om dit wat in woorde gesê word, te versterk, byvoorbeeld iemand wat sy/haar kop bevestigend of ontkennend
skud om aan te dui dat hulle saamstem of verskil van dit wat iemand sê.
om hulle emosionele toestand op ’n spesifieke stadium oor te dra, byvoorbeeld iemand wat vuis wys wanneer hy
of sy in ’n argument betrokke is.
om die verhouding tussen gesprekvoerders te wys, byvoorbeeld waar iemand se rug tydens ’n gesprek op ’n
spreker gedraai is.
om terugvoer aan die ander persoon te verskaf.
om die gang van kommunikasie te reguleer, bv. om aan ander te sein dat hulle klaar gepraat het of dat hulle iets
wil sê.
9.4 Liggaamstaal/liggaamsbewegings (Kinestesie)
Hierdie term verwys onder andere na nieverbale aspekte soos gesigsuitdrukkings en liggaamsbewegings-/houdings.
‘n Mens se lyf is nie totaal bewegingloos tydens ’n kommunikasieproses nie. Liggaamsbewegings, of bewegings van
die lyf of dele van die lyf, kommunikeer dikwels belangrike inligting oor iemand se houding, gemoedstoestand of sy/
haar ingesteldheid teenoor iets/iemand. ’n Vaardige waarnemer sal hierdie ‘tekens’ kan gebruik om gesprekke sinvol te
bestuur.
Uitdrukkings van emosies op ’n mens se gesig is belangrik vir sosiale interaksie. Studies bewys dat jou gesig die groot-
ste en opvallendste bron is waarmee nieverbale boodskappe universeel oorgedra word. Dit beteken dat emosies soos
vrees, woede, afkeur, vreugde en hartseer herkenbaar is in alle kulture omdat dit min of meer deur dieselfde gesigsuit-
drukkings oorgedra word. Almal behoort dus te verstaan dat saamgeperste lippe byvoorbeeld ’n boodskap van woede
oordra, of wydgerekte oë ’n boodskap van vrees of verbasing.
Liggaamshoudings of -bewegings is nog ’n manier waarmee nieverbale boodskappe gestuur kan word. Wanneer
iemand goedkeurend op iets reageer, sal hy/sy waarskynlik die vuis bal en ’n duim in die lug steek. Die standaard
‘Like’-handgebaar, soos gebruik deur Facebook, beteken ‘regso’, ‘kulungile’ of ‘ek hoor wat jy sê’ vir die deursnit
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 73
Suid-Afrikaner. Soms sal iemand sy/haar kop in ’n spesifieke rigting swaai wanneer die boodskap van ‘Sit dit maar
daar neer’, nie-verbaal gekommunikeer word. Oë wat opwaarts gerol word, dui dikwels aan dat daardie persoon nie
eintlik glo wat ’n ander persoon vertel nie. Wanneer iemand saamstem met wat gesê word, sal hy/sy waarskynlik die
kop met kort rukbewegings op en af beweeg.
9.4.1 Embleme: Gebare wat dieselfde funksie as ’n woord verrig, word embleme genoem. Bv. die sein wat wys dat
alles reg is; kom hier!; of die handbeweging wat gebruik word wanneer daar geryloop (duimgegooi) word.
9.4.2 Illustreerders: Hierdie is gebare wat woorde vergesel om ’n verbale boodskap te illustreer. Bv. die kopknikbe-
weging in ’n sekere rigting wanneer geuiter word: Gaan daarnatoe!
9.4.3 Reguleerders: Dit is gebare wat gebruik word om terugvoering te verskaf wanneer gesprekvoering gereguleer
word. Bv. ’n kopknik; om mm-mm te uiter; en om uitdrukkings van belangstelling of verveeldheid te maak.
9.4.4 Regstellings: Regstellings is daardie nieverbale gedrag wat ’n fisiese behoefte, soos om jou te krap of jou bril
reg te skuif, aanspreek.
9.4.5 Postuur: Dit is die refleksie van mense se emosies, houdings en intensies, bv. wanneer iemand sy/haar arms
vou in ’n gespreksituasie, dui dit aan dat die persoon geslote voorkom. As iemand in ’n gespreksituasie is en sy/haar
hande is langs sy/haar sye, is daar ’n toegeneentheid of openheid ter sprake.
9.5 Gesigsuitdrukkings
Voorbeelde van emosies wat deur gesigsuitdrukkings aangedui kan word, is: geluk, hartseer, woede, verbasing, afkeur,
vrees, verwarring, opgewondenheid, minagting.
Wanneer ’n mens liggaamstaal beoordeel, moet jy op die volgende tekens van die oë let:
9.5.1 Oogkontak
Daar is drie redes vir oogkontak in interpersoonlike interaksie:
Om terugvoering te gee of te ontvang: As ’n mens na iemand kyk, weet hy/sy dat die ontvanger op die inhoud van
die gesprek konsentreer. Om nie oogkontak te behou nie, kan aandui dat jy nie belang stel nie. Kommunikasie
sal bemoeilik word indien die luisteraar gedurig sy/haar oë wegdraai.
Om vir ’n gespreksgenoot aan te dui dat dit sy/haar beurt is om te praat. Oogkontak sal deurlopend wees wan-
neer iemand luister en nie wanneer hy/sy praat nie. As iemand nie gesteur wil wees terwyl hy/sy praat nie, sal
oogkontak vermy word.
Om die aard van die verhouding tussen gespreksgenote te verklap: As ’n mens nie van iemand hou nie, is jy
geneig om oogkontak te vermy en jou pupille is kleiner. As oogkontak egter behou word, is dit ’n teken dat jy
aangetrokke tot die persoon voel.
Tekens van die oë
1. Staar
Indien ’n persoon tydens ’n gesprek direk na jou kyk, is dit ’n aanduiding dat hy/sy belangstel en werklik aandag skenk.
Langdurige oogkontak kan egter as bedreigend ervaar word. Om oogkontak te verbreek en gedurig weg te kyk, kan
daarop dui dat die persoon se aandag afgelei is, dat hy/sy ongemaklik voel of probeer om sy/haar werklike gevoelens
weg te steek.
74 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
2. Oogknip
Om oog te knip, is natuurlik, maar ’n mens moet ook let op iemand wat dalk te veel of te min oog knip. Mense se oë knip
dikwels vinniger wanneer hulle ongemaklik of omgekrap voel. Ongereelde knip van die oë kan aandui dat ’n persoon
doelbewus probeer om sy/haar oogbewegings te beheer. Byvoorbeeld, ’n pokerspeler sal sy oë minder knip omdat hy
probeer om nie opgewonde te lyk oor die kaarte wat hy vashou nie.
3. Die grootte van die pupille
Die grootte van die pupille is een van die subtielste tekens van die oë. Alhoewel die vergroting van die pupille deur
ligvlakke in die omgewing beheer word, kan emosies ook soms veranderinge in die grootte van die pupille veroorsaak.
Ons sê byvoorbeeld ’n jongman kyk met ‘skaapoë’ na ’n meisie wanneer hy aangetrokke tot haar voel.
9.5.2 Monduitdrukkings en -bewegings is ook belangrik by die lees van liggaamstaal.
As iemand byvoorbeeld sy bolip byt, kan dit aandui dat die persoon bekommerd is, bang is of onseker voel. Om die
mond te bedek, kan ’n poging wees om te keer dat die persoon gaap of hoes. Dit kan egter ook ’n manier wees om te
verbloem dat die persoon nie saamstem nie. Om te glimlag is een van die beste tekens van liggaamstaal, maar glim-
lagte kan op verskillende maniere vertolk word. Glimlagte kan opreg wees of dit kan gebruik word om ’n valse blydskap,
sarkasme of selfs sinisme uit te druk.
Let ook op die volgende tekens wanneer liggaamstaal beoordeel word:
Om die lippe te byt:
Mense byt soms op hul lippe wanneer hulle bekommerd of gespanne is.
Om die mond te bedek
Wanneer mense ’n emosionele reaksie wil wegsteek, mag hulle hul monde bedek sodat mense nie sien hoe hulle
glimlag of grynslag nie.
As die mond op of afwaarts gedraai is
Klein veranderinge in die mond kan ook aanduidings van iemand se gevoelens wees. Indien die mond effens op-
waarts gedraai is, beteken dit dalk dat hy/sy gelukkig of optimisties is. ’n Mond wat effens afwaarts gedraai is, kan
’n teken wees van hartseer of misnoeë.
9.5.3 Para-taal (Para-linguistiek)
Para-taal of para-linguistiek is ’n term wat gebruik word om te verwys na alle verbale/mondelinge aanwysings wat met
spraak geassosieer word. Dit sluit elemente in soos stemkwaliteit, die tempo waarteen en die spoed waarmee gepraat
word, die ritme en die volume van ’n gesprekstuk en dikwels ook stiltes in ’n gespreksituasie. Emosionele betekenisse
van ’n woord of woorde word deur para-taal of para-linguistiek beklemtoon. Iemand wat baie kwaad is, se woorde kan
baie afgemete uitgespreek word wat deur die ontvanger van die boodskap as woede ervaar word. Wanneer iemand
byvoorbeeld baie vinnig en met ’n harde stemtoon praat, kan dit waarskynlik as opgewondenheid geïnterpreteer word.
9.6 Interpersoonlike Ruimte
Verskille in die gebruik van interpersoonlike ruimte wanneer daar gekommunikeer word, is opvallend in verskillende
kulture. Elke kultuurgroep het verskillende vlakke van interpersoonlike ruimtes wat nie binnegedring moet word tydens
gesprekke nie. In sekere kulture is die fisiese afstand tussen persone wat met mekaar gesels kleiner as in ander kulture
as gevolg van sekere voorkeure ten opsigte van persoonlike ruimte. Verskille in die gebruik van interpersoonlike ruimtes
wanneer sprekers van verskillende kulture met mekaar kommunikeer, kan probleme veroorsaak wat die kommunikasie-
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 75
proses negatief kan beïnvloed indien een persoon ’n ander se persoonlike ruimte binnetree.
Die ruimte tussen sprekers mag soos volg geïnterpreteer word:
9.6.1 Persoonlike afstand
Die afstand wat die algemeenste voorkom, is die ver afstand tussen sprekers in ’n gespreksituasie. Vanuit die posisie
is dit maklik om die ander persoon se uitdrukkings, oogbewegings en liggaamstaal in geheel raak te sien. Die skud van
hande kan ook geskied binne die grense van persoonlike afstand.
9.6.2 Sosiale afstand
Dit is die normale afstand wat gehandhaaf word in werksituasies, bv. om saam te werk in dieselfde kantoor of geduren-
de sosiale byeenkomste. Die plasing van sitplekke is ook belangrik. Indien ’n sitplek hoër as ’n ander een is, kan dit
dominering veroorsaak.
9.6.3 Openbare afstand
Onderwysers en openbare sprekers spreek groepe toe deur ’n openbare afstand te handhaaf. Tydens hierdie geleen-
thede is dit nodig om oordrewe nieverbale kommunikasie te handhaaf om die nodige effektiwiteit te behaal. Duidelike
handgebare en kopbewegings is nodig, want gesigsuitdrukkings is nie goed waarneembaar vanaf ’n groot afstand nie.
9.7 Aktiwiteite: Visuele geletterdheid
Beantwoord die volgende vrae in groepe en stel vas of julle die begrip nieverbale kommunikasie begryp.
Maak jy soms van taxi-vervoer of saamrygeleenthede gebruik wanneer jy skool toe moet gaan?
Het jy al dopgehou watter gebare mense maak wat langs die pad op taxi’s of saamrygeleenthede wag?
Word jy in jou kultuur toegelaat om oogkontak te behou wanneer jy met mense in senior posisies of gesagspo-
sisies praat? Indien nie, dink jy dit sal die indruk skep dat jy nie meer in die gesprek belangstel nie en moontlik
nie respek het vir die mense met wie jy praat nie?
Bestudeer die volgende tekste en probeer bepaal watter boodskap deur die volgende nieverbale elemente oorge-
dra word:
- gesigsuitdrukkings
- liggaamshoudings
- gebare
- hand- en oogbewegings
76 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
TEKS 1
[Bron: meester.yolasite.com]
TEKS 2
[Bron: Volksblad 8 Januarie 2018]
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 77
TEKS 3
[Bron: Aardklop-advertensie - Google Images]
TEKS 4
[Bron: Die Burger - Google Images]
78 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Let op na die nieverbale kommunikasie soos gesigsuitdrukkings, daardie geklemde hande, gevoude
arms, en die hande op die knieë, die heupe, agter die nek of in die broeksakke. Stemtoon, oogbewegings
en afstand is ook belangrik. Lyftaal verklik hoe jy praat, en wat jy eintlik sê as jy met jou oë, stem én
hart praat.
Aktiwiteit 24
Kyk na die volgende strokiesprent en beantwoord die vrae wat daarop volg, in jou werkboek.
TEKS 5
[WKOD - LOK- simposium 2014]
24.1 Verwys na Neelsie se woorde in die eerste raampie. Tot watter slotsom sou
jy verwag, moes sy pa in die tweede raam gekom het? (2)
24.2. Die pa se reaksie in die tweede raampie kan op twee maniere geïnterpreteer
(verstaan) word. Verduidelik hierdie stelling. (2)
24.3. Verduidelik hoe die pa se lyftaal in raampie 2 sy reaksie op Neelsie se woorde
in die eerste raampie oordra. (2)
24.4 Hoe ondersteun die uitroep en Neelsie se gesigsuitdrukking in die eerste raampie
die pa se reaksie in die tweede raampie? (2)
24.5 Sou jy sê dat Neelsie se woorde in die derde raampie ’n voorstelling van die
pa se lyftaal in die tweede raampie kan wees? Motiveer jou antwoord. (2)
Visuele tekste en die studie van nieverbale kommunikasie
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 79
SPOTPRENT
1. Wat behoort leerders alles van ’n spotprent te weet?
Spotprente verskaf vermaak, maar is ook ’n manier om satiriese (die gebruik van bespotting, sarkasme en
ironie om krities kommentaar te lewer op die gemeenskap, ’n individu of ’n situasie) boodskappe oor te dra.
Politieke of situasiegerigte spotprente moet binne die konteks van hul agtergrond gelees word. Dit is belangrik
dat die konteks waarbinne die prent staan, verstaan word, sodat dit sin sal maak vir die kyker/leser.
’n Spotprent kan slegs ’n tekening wees of ’n reeks sketse, spraakborrels, gedagte-/dinkborrels, of daar kan
onderskrifte wees.
2 Hoe bestudeer jy ʼn spotprent/tekenprent?
2.1 Karakters
Is die karakters uniek of verteenwoordig hulle stereotipes?
Word hulle natuurlik of karikatuuragtig uitgebeeld?
Let op gesigsuitdrukkings, liggaamshouding en die interaksie tussen karakters.
Wat sê die karakter(s) en hoe sê hulle dit?
2.2 Agtergrond/omgewing
Waar speel die situasie af?
Is die karakters op feite of fiksie gebaseer?
Wat is in die agtergrond of in die prent?
2.3 Taalgebruik en toon
Word gewone taal/gebruikstaal of sleng gebruik?
Word woorde, frases of sinne gebruik?
Is stemtoon hard (dikwels ʼn uitroepteken - ! )?
Watter rol speel die leestekengebruik om die stemming/atmosfeer te ondersteun?
2.4 Nog aspekte om na op te let
Lettergroottes en lettertipes. Groot en donker druk – dikwels gebruik om iets baie hard te sê.
Skaal – grootte van karakters en onderwerpe: is een groter as die ander; vetter of maerder; voor in die prentjie
of in die agtergrond?
Gedagteborrels: wat ʼn karakter dink.
Spraak/woordborrels: die woorde van ʼn karakter in ʼn vorm.
Is die doel om op te voed, in te lig, te vermaak of te spot?
Kleur – waar toepaslik.
80 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Aktiwiteit 25
SPOTPRENT
Kyk na die volgende spotprent en beantwoord die vrae wat volg.
[Bron: Die Burger: Google Images 2009]
25.1 Wat impliseer die woorde van die boemelaar? (1)
25.2 Dink jy die agtergrond wat die spotprenttekenaar gebruik, is funksioneel?
Motiveer jou antwoord met redes uit die spotprent. (3)
25.3 Een van die opskrifte in die koerant is Boemelaars verdien gem. R112 p. d.
25.3.1 Wat dink jy is die houding van die spotprentkunstenaar wat die spotprent
oor boemelaars geskryf het? (1)
25.3.2 Gee ’n gemotiveerde rede hoekom jy van die joernalis verskil of met
hom/haar saamstem. (1)
25.4 Lewer kommentaar oor die manier waarop die spotprenttekenaar die
geboue in die spotprent skets. (1)
25.5 Watter simboliek beeld die spotprenttekenaar uit in die manier waarop hy
die geboue teken? (1)
Vermy asseblief. alle spotprente met politieke en godsdienstige konnotasies!
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 81
STROKIESPRENT
[Bron: Huisgenoot, 21 Februarie 2002]
Die belangrike elemente van ’n strokiesprent
Die inligting wat die spraakborrels gee, is belangrik:
- ’n Reghoekige borrel gee inligting en beskryf.
- Ronde borrels word vir gewone dialoog gebruik.
- Borrels in die vorm van wolkies dui gedagtespraak aan.
- Hiërogliewe/simbole dui gewoonlik op growwe/onvanpaste taalgebruik.
82 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
- Gedagtes word soms nie in ’n spraakborrel geplaas nie. Dit help die strokiesprenttekenaar om sekere ged-
agtes/inligting aan die leser deur te gee.
[Clipart: Cartoon Announcements]
Die dialoog vertel die verhaal en die humor wat die strokiesprent wil oordra. Dit is baie belangrik omdat dit die leser
inlig omtrent die gebeure en die gevoelens van die karakters.
Die illustrasie ondersteun die verhaal en die humor wat die strokiesprent wil oordra.
Taalgebruik is baie belangrik omdat:
- Vrae, bevele, bevestigings, versoeke gebruik word om die situasie te vertel.
- Dialoë, alleensprake en die ‘van-die-verhoog-af-kommentaar’ bydra tot die verstaan van die tema. Die belan-
grikste vrae om te beantwoord is: wat word gesê en hoe word dit gesê?
Klanke het die vermoë om tydsverloop en beweging aan te dui.
Dit lewer altyd sosiale kommentaar.
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 83
ADVERTENSIES
Belangrike elemente van ’n advertensie:
’n Advertensie probeer altyd om ’n boodskap oor te dra. Advertensies wil met die leser kommunikeer.
Die teikengehoor is die mense binne die samelewing vir wie die advertensie geskryf is. Dit moet baie vroeg tydens
die lees van/kyk na die advertensie reeds uitgeklaar word.
Die register moet ook by die teikengehoor pas.
Die visuele aspek help om die aandag op die advertensie te vestig. Dit is belangrik omdat dit die inligting is wat die
leser lees. Dit moet interessant wees en minstens die helfte van die advertensie opneem.
Die opskrifte moet kort, kragtig en oorspronklik wees. Dit moet die leser se aandag trek deur hom/haar emosioneel
aan te raak, kwaad te maak, nuuskierig te maak of daaroor te laat nadink. Woordkeuse, woordbetekenis en geïm-
pliseerde betekenis is dus belangrik.
’n Voorstel om ’n advertensie te ontleed:
Vra die volgende vrae:
- Wat word geadverteer?
- Wie is die teikengroep?
- Watter onderliggende boodskap?
- Wat is interessant omtrent die beelde?
- Wat is die verhouding tussen die beeld en die res van die advertensie?
- Wat trek onmiddellik die aandag van die leser?
- Watter emosie probeer die samestellers ontlok?
- Wat is die sentrale gedagte van die advertensie?
- Watter emosionele impak/uitwerking het die advertensie?
Kyk na en verduidelik altyd die direkte en indirekte (geïmpliseerde) betekenis.
Vergelyk verskillende advertensies ten opsigte van:
- Die beste visuele voorkoms;
- Die beste hoofopskrifte;
- Die beste/interessantste woordkeuse;
- Of daar tekens is van gevoels- en manipulerende taal, partydigheid, vooroordeel, diskriminasie, stereotiper-
ing, taalvariëteite, afleidings, aannames, argument en die doel met die insluiting of uitsluiting van inligting;
- Die boodskap wat oorgedra wil word.
84 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
AKTIWITEIT 26
Voorsien die leerders van ’n advertensie soos die volgende en gee opdrag dat hulle dit na aanleiding van bogenoem-
de voorstelle bespreek.
[Bron: Finesse, Februarie 2019]
Werk in groepe en bespreek saam met jou onderwyser die volgende aspekte na aanleiding van bostaande adverten-
sie:
Lettertipe in die opskrif
Uiteensetting van inligting in die advertensie
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 85
Die geslaagdheid van die advertensie volgens die ABBA-beginsel
Die doel van die advertensie
Die funksionaliteit (doel) van die illustrasies by die advertensie
Die teikengroep van die advertensie
Die boodskap van die advertensie
Die invloed van die woordkeuses
’n Grafiese Teks
Wanneer jy grafiese voorstellings bestudeer, let op/kyk na die volgende aspekte:
Stel vas/vind uit WAT die grafiese voorstelling probeer om aan die leser/kyker te vertel.
Die titel/opskrif van die grafiek sal jou baie vertel.
Lees ALTYD die geskrewe inligting wat vir jou gegee word: onderaan die grafiek (X-as) en ook teen die kant van die
grafiek (Y-as).
Kyk vir spesifieke dinge wat uitstaan in die grafiek: iets wat buitengewoon groot/klein, lank/kort is. Kyk vir goed wat
naastenby dieselfde of verskillend is en probeer om hulle te vergelyk of om die kontras tussen hulle te bepaal.
Beantwoord die vrae wanneer jy die hoofboodskap van die grafiek verstaan.
Let op die puntetoekenning; antwoord SLEGS dit wat vir jou gevra word.
Aktiwiteit 27
Die volgende grafiek is die resultaat van ʼn opname wat in ʼn klas gedoen is om te bepaal watter kommunikasiemiddels
deur die meeste leerders gebruik word. Bestudeer (kyk goed na) die grafiek noukeurig (baie goed) en beantwoord die
daaropvolgende vrae:
[Bron: Google Prente]
27.1 Wat word hierdie soort grafiek genoem?
27.2 Waarvoor word hierdie soort grafiek hoofsaaklik (die meeste) gebruik?
27.3 Watter kommunikasiemiddel word nie gebruik nie?
86 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
27.4 Watter kommunikasiemiddel was verreweg (die meeste) die gewildste?
27.5 Hierdie soort kommunikasiemiddel (by vraag 4) vereis (benodig) die gebruik van spesifieke tegnologiese mid-
27.6
dele. Hoeveel leerders
Maak ʼn lysie maak
van wat vannodig
jy alles die naas (die
het om soortgewildste
tweede)
hierdie kommunikasiemiddel
kommunikasie te gebruik. gebruik?
27.6 27.7 Hoeveel
Hoeveel leerders
leerders is indie
maak van totaal
naasvir
(diehierdie opname
tweede) ondervra?
gewildste kommunikasiemiddel gebruik?
27.7 27.8 Skryf
Hoeveel die gebruikte
leerders is in totaalkommunikasiemiddele in volgorde van die gewildste tot die ongewildste
vir hierdie opname ondervra?
neer.
27.8 Skryf die gebruikte kommunikasiemiddele in volgorde van die gewildste tot die ongewildste neer.
27.9 Watter kommunikasiemiddel word die minste gebruik?
27.9 Watter kommunikasiemiddel word die minste gebruik?
27.10 Waarom dink jy dat die brief so min gebruik word?
27.10 Waarom dink jy dat die brief so min gebruik word?
27.11 Waarom dink jy word SMSe meer gebruik as om op die selfoon te praat?
27.11 Waarom dink jy word SMSe meer gebruik as om op die selfoon te praat?
27.12 Watter moontlike redes is daar dat telegramme min gebruik word?
27.12 Watter moontlike redes is daar dat telegramme min gebruik word?
Aktiwiteit 28
Aktiwiteit 28
Sirkeldiagram
Sirkeldiagram
Bestudeer die sirkelgrafieke hieronder wat toerisme in die verskillende provinsies voorstel.
Bestudeer die sirkelgrafieke hieronder wat toerisme in die verskillende provinsies voorstel.
[Bronmateriaal vir visuele
[Bronmateriaal geletterdheidsaktiwiteite
vir visuele – Google]
geletterdheidsaktiwiteite – Google]
28.1 Watter provinsie het sedert 1992 die grootste verlies aan toerisme gehad in 1996?
28.1 Watter provinsie het sedert 1992 die grootste verlies aan toerisme gehad in 1996?
28.2 Watter provinsie se toerisme het sedert 1992 die meeste gegroei?
28.2 Watter provinsie se toerisme het sedert 1992 die meeste gegroei?
28.3 Watter provinsie(s) se toerisme het naastenby dieselfde gebly?
28.3 Watter
Bylaag A: provinsie(s)
Geïntegreerde Raamwerkse vir
toerisme het naastenby
vraagstelling in dieselfde
Kritiese gebly?
Teksontleding
107
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 87
Kritiese vrae wat in ag geneem moet word.
• Wat is die spreker/skrywer se doel?
• Hoe kan hierdie teks die leser/luisteraar se idees beïnvloed?
• Watter mening/menings spreek die skrywer/spreker uit?
• Wat is die spreker/skrywer se standpunt?
• Hoe spreek die spreker/skrywer sy/haar partydigheid uit?
• In watter opsig is die spreker/skrywer partydig?
• Wat is die oorheersende boodskappe in die teks?
• Watter gapings of stiltes bestaan daar in die teks? (D.w.s. watter aspekte word nie aangespreek
nie?)
• Watter aannames omtrent die lesers word in die teks geweerspieël?
• Watter aannames of verwagtinge (ideologiese bagasie) moet die leser aanvaar sodat die teks
betekenisvol kan wees?
• Hoe beïnvloed die spreker/skrywer se waardes, standpunte en belangstellings die teks?
• Hoe word inligting en idees uitgedruk en verteenwoordig om die posisie van die leser/kyker/ gehoor
te beïnvloed?
(Bron: Gebaseer op Fairclough,1989, Lankshear et al ,1997, Caldas, Coulthard & Holland 2000, en Ludwig, 2003)
88 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Bylaag B: Voorbeeldvrae om leerders se aandag op die taal van die teks wat hulle lees, te
fokus.
Maak ’n lys van al die bywoordelike bepalings wat aan die handeling van ’n karakter of sosiale
groep toegeskryf kan word.
Maak ’n lys van al die byvoeglike bepalings wat die karakter of sosiale groep beskryf.
Waarom het hulle so gesê?
Waarom het die skrywer hierdie woord gebruik, in plaas van daardie een?
Waarom is die teks in die hede/verlede/toekomende tyd geskryf?
Waarvan, of van wie word gepraat?
Hoe word van X gepraat en watter beskrywers word aan X toegeskryf?
Watter werkwoorde kom saam met X voor?
Watter modale hulpwerkwoorde word gebruik?
Watter persoonlike voornaamwoorde word gebruik?
Hoe verwys die skrywer na die self, die teksonderwerp en die leser?
Watter inligting word gekies vir die eerste posisie?
Watter verbindingswoorde word gebruik?
Bylaag C: Selfassessering
Identifiseer en pas die korrekte verduideliking by die verskillende aspekte van Kritiese Taalbewustheid.
Aspekte van KTB Verduidelikings Simbool
A Afleiding Beginsels of standaarde van gedrag; iemand se oordeel van
wat belangrik is in die lewe, bv. morele beginsels.
B Aanname Vooropgestelde idees oor ’n individu, groep, idee of saak.
Sodanige neiging om een saak bo ’n ander te bevoordeel,
bring mee dat billike assessering baie moeilik word.
C Argument Onverstaanbare woorde uit onkunde of grappenderwys
omvorm tot ’n klank of ’n woord wat verstaan word, bv.
oliekolonie uit “eau de cologne”.
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 89
Aspekte van KTB Verduidelikings Simbool
D Denotasie Verteller se standpunt vanuit ’n spesifieke hoek gesien
(alwetend, alomteenwoordig, eerste-
(denotatiewe betekenis)
en derdepersoon);
of
die siening van ’n karakter in verhouding tot die
aangeleenthede in ’n roman of drama;
of
’n besondere manier van denke oor of die beoordeling van
’n situasie, bv. vanuit ’n ekonomiese beskouing sal die nuwe
ontwikkeling die dorp grootliks baat.
E Direkte betekenis Vorme van ’n taal wat patroonmatig van mekaar verskil.
F Diskriminasie Vorm ’n vaste (en dikwels partydige) siening oor ’n
spesifieke soort persoon (bv. vrou, immigrant, priester).
G Emotiewe taal ’n Variëteit van Afrikaans wat dikwels by jongmense, bv.
studente, gehoor word en nie noodwendig verkeerd is nie,
(gevoelstaal)
bv. Hulle het my ’n kop aangesit/Jy kan kwaai bestuur.
H Feit Eensydigheid of ’n saak word net van een kant af beskou,
bv. vreemdelingehaat.
I Geïmpliseerde Taal wat daarop gemik is om ’n onregverdige voorsprong te
kry of ander te beïnvloed, meesal
betekenis
op ’n onderduimse manier.
J Kritiek Die konteks waarbinne ’n teks geskep en ontvang word;
verwys na die breë en onmiddellike situasie waarin dit
bestaan en wat daarin oorgedra word.
K Konnotasie Wat gesuggereer word deur ’n woord of ding, dieperliggend
as die letterlike of eksplisiete betekenis; figuurlike betekenis.
(konnotatiewe betekenis)
L Konteks ’n Omvattende verduideliking, beoordeling of evaluering van
iets soos politieke oortuigings of kuns, wetenskap.
M Manipulerende taal Die betekenis word gesuggereer, maar nie direk uitgedruk
nie, bv. die gebod dat jy jou naaste moet liefhê, impliseer
dat jy alle mense moet liefhê.
N Partydigheid Iets wat werklik plaasgevind het (’n werklikheid) en wat
vasstaan, bv. jou standpunt op die werklikheid baseer (die
naam van ’n outeur of titel van ’n boek).
O Sleng (slang) Taal en styl wat persoonlik is; sterk gevoelens wek;
teenoorgestelde van nugtere, saaklike taal.
P Stereotipering Onderskeid by behandeling, veral ’n onbillike onderskeid,
bv. teenoor ’n bevolkingsgroep of ras.
90 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Aspekte van KTB Verduidelikings Simbool
Q Taalvariëteite Die eenvoudigste, mees letterlike betekenis van woorde.
R Vertellersperspektief Dit wat die begripsinhoud weergee of saamvat, die letterlike
betekenis van ’n woord of uitdrukking; letterlike betekenis.
S Volksetimologie Dit is ’n rede wat aangevoer is ten gunste van of teen ’n
stelling, bv. argumente aanvoer om die teenstander te
oortuig.
T Vooroordeel Iets wat jy dink die waarheid is, alhoewel jy nie definitiewe
bewyse daarvoor het nie;
of
dit is die veronderstelling dat feite korrek is.
U Waardes ’n Oordeel of opinie te vorm uit wat vooraf gegee is of
gebeur het;
of
om die implikasies van wat gesê of geskryf is te bepaal;
of
die skep van betekenis uit wat geïmpliseer word om ’n nuwe
begrip te vorm;
of
dit wat tussen die reëls staan te lees.
Werkkaart
Aspekte van KTB Verduidelikings Simbool
A Afleiding
B Aanname
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 91
Aspekte van KTB Verduidelikings Simbool
C Argument
D Denotasie
(denotatiewe betekenis)
E Direkte betekenis
F Diskriminasie
G Emotiewe taal
(gevoelstaal)
H Feit
I Geïmpliseerde
betekenis
J Kritiek
K Konnotasie
(konnotatiewe betekenis)
L Konteks
M Manipulerende taal
N Partydigheid
O Sleng (slang)
P Stereotipering
Q Taalvariëteite
R Vertellersperspektief
S Volksetimologie
T Vooroordeel
U Waardes
Memorandum van selfassessering
92 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Aspekte van KTB Verduidelikings Simbool
Afleiding Om ’n oordeel of opinie te vorm uit wat vooraf gegee is of A
gebeur het;
of
om die implikasies van wat gesê of geskryf is te bepaal;
of
die skep van betekenis uit wat geïmpliseer word om ’n nuwe
begrip te vorm;
of
dit wat tussen die reëls staan te lees.
Aanname Iets wat jy dink die waarheid is, alhoewel jy nie definitiewe B
bewyse daarvoor het nie;
of
dit is die veronderstelling dat feite korrek is.
Argument Dit is ’n rede aangevoer ten gunste van of teen ’n stelling, bv. C
argumente aanvoer om die teenstander te oortuig.
Denotasie Dit wat die begripsinhoud weergee of saamvat, die letterlike D
betekenis van ’n woord of uitdrukking; letterlike betekenis.
(denotatiewe betekenis)
Direkte betekenis Die eenvoudigste, mees letterlike betekenis van woorde. E
Diskriminasie Onderskeid in behandeling, veral ’n onbillike onderskeid, bv. F
teenoor ’n bevolkingsgroep of ras.
Emotiewe taal Taal en styl wat persoonlik is; wat sterk gevoelens wek; die G
(gevoelstaal) teenoorgestelde van nugtere, saaklike taal.
Feit Iets wat werklik plaasgevind het (’n werklikheid) en wat H
vasstaan, bv. jou standpunt op die werklikheid baseer (die
naam van ’n outeur of titel van ’n boek).
Geïmpliseerde betekenis Die betekenis word gesuggereer, maar nie direk uitgedruk I
nie, bv. die gebod dat jy jou naaste moet liefhê, impliseer dat
jy alle mense moet liefhê.
Kritiek ’n Omvattende verduideliking, beoordeling of evaluering van J
iets soos politieke oortuigings, kuns, of wetenskap.
Konnotasie Wat gesuggereer word deur ’n woord of ding, dieperliggend K
as die letterlike of eksplisiete betekenis; figuurlike betekenis.
(konnotatiewe betekenis)
Konteks Die konteks waarbinne ’n teks geskep en ontvang word; L
verwys na die breë en onmiddellike situasie waarin dit
bestaan en wat daarin oorgedra word.
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 93
Aspekte van KTB Verduidelikings Simbool
Manipulerende taal Taal wat daarop gemik is om ’n onregverdige voorsprong M
te verkry, of ander te beïnvloed, meesal op ’n onderduimse
manier.
Partydigheid Eensydigheid; of ’n saak word net van een kant af beskou, N
bv. vreemdelingehaat.
Sleng (slang) ’n Variëteit van Afrikaans wat dikwels by jongmense, bv. O
studente gehoor word en nie noodwendig verkeerd is nie, bv.
Hulle het my ’n kop aangesit/Jy kan kwaai bestuur.
Stereotipering Vorm ’n vaste (en dikwels partydige) siening oor ’n spesifieke P
soort persoon (bv. vrou, immigrant, priester).
Taalvariëteite Vorme van ’n taal wat patroonmatig van mekaar verskil. Q
Vertellersperspektief Verteller se standpunt vanuit ’n spesifieke hoek gesien R
(alwetend, alomteenwoordig, eerste-
en derdepersoon);
of
die siening van ’n karakter in verhouding tot die
aangeleenthede in ’n roman of drama;
of
’n besondere manier van denke oor of die beoordeling van
’n situasie, bv. vanuit ’n ekonomiese beskouing sal die nuwe
ontwikkeling die dorp grootliks baat.
Volksetimologie Onverstaanbare woorde uit onkunde of grappenderwys S
omvorm tot ’n klank of ’n woord wat verstaan kan word, bv.
oliekolonie uit ‘eau de cologne’.
Vooroordeel Vooropgestelde idees oor ’n individu, groep, idee of saak. T
Sodanige neiging om een saak bo ’n ander te bevoordeel,
bring mee dat billike assessering baie moeilik word.
Waardes Beginsels of standaarde van gedrag; iemand se oordeel van U
wat belangrik is in die lewe, bv. morele beginsels.
Bylaag D: Voorgestelde antwoorde op aktiwiteite
Hoofstuk 2
Aktiwiteit 1
1.1 Hy is waarskynlik in die tronk.
Motivering:
Die uitdrukking op die twee mans se gesigte maak mens bang.
94 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Die tatoeëermerke op die voorste man se arms en gesig.
Twee volwasse mans wat op ‘n dubbel bankbed sit - hulle is duidelik nie baie gemaklik nie, daar is nie baie ruimte
nie.
Die muur agter die mans waar die bed staan, is lelik, nie geverf nie, en aan gekrap.
1.2 ‘Pappa wag vir jou!’
1.2.1 Dit is waarskynlik ’n gevangene in die tronk wat die leier is, wat ’n ‘pa’- posisie
oor die ander gevangenes inneem.
1.2.2 Pappa is gewoonlik ’n liefdevolle term vir jou pa, wie jou liefhet en jou wil beskerm.
In hierdie geval is die pappa iemand vir wie jy bang moet wees, wie se paaie jy liewers nie
moet kruis nie.
1.2.3 Vrees; angsbevangenheid.
1.3 As jy drink en bestuur, gaan jy opgesluit word en met karakters soos Papa in die
Tronk te doen kry.
1.4 Ja, dit is effektief. Dit dra die boodskap duidelik oor. Dit wek ook by ’n mens die
vrees op dat as jy drink en bestuur en jy daarvoor opgesluit word, jy met
‘Papa’ te doen gaan kry.
Aktiwiteit 2
2.1 In Strokie 1 is dit Neelsie: Hy vertel aan Meneer van sy voorneme om harder te werk.
In Strokie 2 is dit Meneer: Hy spel aan Neelsie uit wat die gevolge van sy dade is.
2.2 Meneer kry nie ’n bevredigende respons van Neelsie nie, Neelsie wil hom troef deur sarkasties te wees. Me-
neer het verwag dat Neelsie om verskoning sal vra.
2.3 Meneer se gesigsuitdrukking is kwaad en selfs dreigend.
Meneer steek sy vinger in Neelsie se gesig.
In die tweede raampie skree hy amper op Neelsie.
Hoofstuk 3
Aktiwiteit 3
3.1.1 swakker; omstrede; gunstelingspan; beroof
3.1.2 omstrede hier negatief – dalk vanuit die oogpunt van die opponente, die gunstelingspan wat duidelik die span
is wat die skrywer wou hê moes wen.
3.1.3 Dit is die skrywer se mening dat die wenspan die swakker span is en dus nie moes wen nie.
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 95
3.2
1 Weier dui daarop dat die werkgewer glad nie sy aanbod wil verhoog nie.
Oorspronklike beklemtoon die feit dat die onderhandelinge niks positief opgelewer het nie.
Die twee woorde plaas die werkgewer in ’n slegte lig.
2. onverbiddelik dui daarop dat mens nie kan verwag dat hy sy oorspronklike aanbod sal
verhoog nie.
3 tevergeefs dui aan hoe hard probeer is om in gesprek te tree.
Hulle is ’n negatiewe manier om na die werkgewers te verwys.
Weier hardkoppig dui op die onverbiddelikheid waarmee die werkgewers onderhandel.
3.3 Leerders vind slagspreuke soos: ‘winter wenners’, ens.
Aktiwiteit 4
NEUTRALE WOORD EMOTIEWE WOORD
POSITIEWE KONNOTASIE NEGATIEWE KONNOTASIE
Huis woning bouval
vrou tuisteskepper huisvrou
kinders bloedjies woelwaters
Pa Pappa Outoppie
Aktiwiteit 5
Positiewe woord Negatiewe woord
opgewonde uitgelate
ontsteld histeries
kwaad woedend
ernstig nors
Aktiwiteit 6
KOLOM 1 KOLOM 2
Oorredingstegnieke Voorbeeld van woorde/frases
Eksplisiete aansprake - Jou metabolisme met 242 kalorieë versnel
- Staan dit soos ’n paal bo water dat die meeste
oefenprogramme nie vir jou werk nie
- Maar daar is ’n splinternuwe manier om vet te verbrand
- Jou mislukte oefenprogramme van die verlede kan
toegeskryf word aan die feit dat jy nog nie hierdie
program op die proef gestel het nie.
Wetenskaplike bewyse - Jou metabolisme met 242 kalorieë versnel
- Navorsingsresultate wat in die jongste uitgawe van
Men’s Health tydskrif verskyn, bewys...
96 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Taal wat intensiteit weergee - Splinternuwe
- Ten sterkste aanmoedig
- Ideale
- Prettige
- Ongelooflik
- Duur lidmaatskapfooie
- Jou rustende metabolisme op te jaag
‘n Belofte van oplossings vir - ’n Splinternuwe manier om vet te verbrand.
probleme - Jy hoef nie die gimnasium te besoek nie.
- Jy hoef nie duur kardio-vaskulêre toerusting aan te skaf
nie.
- Jy verbrand tot 242 kalorieë.
- Dat hierdie oefenplan selfs lank na afloop van ’n sessie
kalorieë verbrand.
Alledaagse woorde met ‘n gelaaide - Splinternuwe
betekenis - Eenvoudige
- Prettige
- Ongelooflik
- Verbrand
- Dubbeld soveel
Kragtige woorde/woorde met - Splinternuwe
slaankrag - Ongelooflik
- Eenvoudige
- Mislukte
Aktiwiteit 7
Advertensie
7.1 Liefhebbers van volstruisvleis
Mense wat vir hulle gesondheid omgee (2)
7.2 Verbruiker (1)
7.3 - Herhaling van ‘VOL’ in die kop van die advertensie om by ‘volstruis’ aan te sluit.
- Herhaling van ‘VOL’ in die kop van die advertensie om die idee van heilsaamheid
te beklemtoon.
- Die foto’s beeld die gesellige saamverkeer uit wat in die geskrewe teks gesuggereer
word.
- Die grafika van die hart, SABS en Halaal sal verbruikers aanmoedig om volstruis-
vleis te koop.
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 97
- Die verskillende lettertipes.
Alliterasie in ‘Lekker Langbeen’.
- Oorredingstaal, bv. Vol-woorde in die kop, ‘waarmerk’, ‘geselligheid’, ‘bloubloed’, ‘gehalte’,
‘keur’, ‘hart van die partytjie’, ‘feesplesier’, ‘bewys jou gesondheid ‘n groot guns’,
‘Raak kêns …’
- Die assosiasie van die KKNK (Klein Karoo Nasionale kunstefees) met volstruisvleis
(enige TWEE) (2)
7.4 Wit: hoender en vis; rooi: rooivleis (2)
7.5 Die foto’s sluit aan by die woorde ‘partytjie’, ‘geselligheid’ en ‘feesplesier’. (2)
7.6 Oogsintuig: visuele aspekte soos grafika, foto’s en lettertipes
Smaaksintuig: ‘goeie smaak’; ‘die droë smaak van wit’ (2)
7.7 Dit bevat min kalorieë en is laag in cholesterol. (2)
7.8.1 die middelpunt van belangstelling tydens die partytjie
7.8.2 Van al die vleissoorte is volstruisvleis die beste./ Die koning van vleissoorte.
“Bloubloed“ verwys na die adelstand.
7.8.3 Raak “mal”, gaan “mal“, “geniet dit met oorgawe”
7.8.4 Maak gereed om fees te vier. (4)
7.9 Hartteken; SABS-teken; Halaal-teken (2)
7.10 Die KKNK – Klein Karoo Nasionale Kunstefees se embleem is in die hoek onderaan die advertensie, direk na
“skud nou jou feesvere reg!”. Volstruisvleis word dus direk met feesvier geassosieer. (1)
7.11 Ja. Sien die antwoorde by vraag 3. (1)
Aktiwiteit 8
Skryf en Aanbied
Leerders ontwerp ‘n advertensie.
Aktiwiteit 9
OOR MANS OOR VROUE
sterk pragtig
grof betroubaar
mooi simpel
ambisieus volwasse
sportief skinder
entoesiasties kreatief
ernstig giggel
opwindend liefdevol
roekeloos versigtig
98 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Leerders mag van mekaar verskil. Hulle kan ook geleentheid kry om hul keuses te bespreek. Lei die bespreking in
deur gebruik te maak van die vrae by aktiwiteit 9.
Aktiwiteit 10
Skryf en aanbied: Leerders skryf oor eie ervaring
Klasbespreking: Leerders voer gesprek oor enkele leerders se ervarings, na aanleiding van die vrae by aktiwiteit
10.
Aktiwiteit 11
Groepwerk: Die klas neem in groepe aan die bespreking deel en gee dan terugvoer aan die klas.
Aktiwiteit 12
Groepwerk: Leerders beantwoord vrae in groepe.
Verrykingswerk: Selfstudie Vir Leerders
Aktiwiteit 13
Groepwerk
Hoofstuk 4
Aktiwiteit 14
FEIT MENING
Sondag is die beste dag van die week X
Jeugdag is die belangrikste vakansiedag van die jaar. X
Paasfees word in die Herfs gevier. X
April is ʼn maand met 30 dae. X
Daar is 12 maande in ʼn jaar. X
Hierdie was ʼn verskriklike week. X
Lente is die mooiste seisoen van almal. X
Elke storie in die media is waar. X
Maandag, Woensdag en Vrydag is dae van die week. X
Op die eerste dag van die skooljaar is mens maar skrikkerig. X
Elkeen behoort ʼn Valentynskaart te maak. X
Jou verjaarsdag kom net eenkeer ʼn jaar. X
Aangepas uit Super Teacher Worksheets - www.superteacherworksheets.com
Aktiwiteit 15
Verslag
Droogte sal Suid-Afrika nog vir jare affekteer
Kenners is dit eens dat die droogte Suid-Afrika en die landboubedryf nog jare lank gaan affekteer. [FEIT]
Verskeie rolspelers insluitend staatsbeamptes, weer-, veevoer- en rampbestuurkenners het op 25 Januarie 2017 ’n
vergadering van Vrystaat Landbou (VL) se Ramp en Noodhulp subkomitee bygewoon. [FEIT]
Hoewel goeie reën gedurende Januarie en aan die einde van Desember 2016 oor groot dele van die provinsie
voorgekom het, ervaar talle landbouers in veral die Wes- en Suid-Vrystaat steeds voertekorte. [FEIT]
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 99
Weiding gaan jare neem om te herstel, wat beteken dat landbouers steeds hul vee moet voer. [MENING WAT FEITE
ONDERSTEUN]
Berig 1
Blitsvroue slyp vir statebondspele
Die Suid-Afrikaanse vroue-sewesrugbyspan se proeflopie vir April se deelname aan die Statebondspele begin Saterd-
ag in die 7’s toernooi in Brisbane, Australië. [FEIT]
Volgens die Blitsbokvroue se nuwe kaptein, Zintle Mpupha, het die veranderinge aan die span se bestuur en leierskap
egter nie tot groot veranderinge in hul benadering gelei nie. [MENING]
Zintle glo hulle het dalk ’n kans om die toernooi te wen. [MENING]
Van haar eie spel sê sy: “Ek dink nie ek hoef veel te verander aan die manier waarop ek gaan speel nie. Veral nie in
die naweek se toernooi nie.” [MENING]
Ek is opgewonde en kan nie wag vir die toernooi om te begin nie. [FEIT]
Volgens kenners is die Suid-Afrikaanse span tans een van die beste spanne ter wêreld. [FEIT]
Na alle waarskynlikheid sal die Blitsbokke binnekort opskuif na die nommer een posisie op die wêreldranglys.
[MENING WAT VOORAFGAANDE FEIT ONDERSTEUN]
Berig 2
Meghan help Harry pryse uitdeel
Prins Harry se verloofde, Meghan Markle, het Donderdag net soos haar aanstaande skoonsuser, Catherine, ook Alex-
ander McQueen gedra, maar dié keer was dit ’n swart broekpak. [FEIT]
Markle het hemelhoë swart skoene gedra, wat haar treë teen die trappe van die Goldsmith-saal in Londen amper
gevaarlik gemaak het. [MENING]
Sy het ook ’n silwerkleurige sambreel in die reën gebruik. [FEIT]
Harry het sy aanstaande bruid saamgeneem na die jaarlikse Endeavour-prysuitdeling. Hierdie pryse word aan gewon-
de, siek of beseerde lede van die gewapende magte toegeken wat die afgelope jaar uitsonderlike prestasies behaal
het. [FEITE]
Meghan het ontspanne voorgekom, maar gereeld haar hare uit haar gesig gevee. [MENING]
Met haar vorige twee openbare verskynings het sy ’n los bolla gedra, maar hierdie keer het sy haar hare los oor haar
skouers laat hang. [FEIT]
Met sulke openbare verskynings sal dit dalk vir haar beter wees om die hare uit haar gesig te dra. [MENING]
Meghan se keuse van die swart ontwerpersbroekpak kan wees om nie die kollig by Catherine, hertogin van Cam-
bridge, te steel nie. [MENING]
Catherine en haar man, prins William, het Donderdagaand ’n ete by die Noorweegse koningsgesin in die koninklike
paleis in Oslo bygewoon.[FEIT] Catherine het ’n ongelooflike uitrusting van Alexander McQueen gedra en vorstelik
gelyk. [MENING]
100 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Berig 3
Collective Soul glo ons het die gees
deur Seugnet van Zyl, 1 Februarie 2018
Suid-Afrikaners hét die beste gees. [MENING]
So meen Ed Roland, hoofsanger van die Amerikaanse rockgroep Collective Soul.
Roland sê daar is min plekke in die wêreld wat met die energie en die gees van sy Suid-Afrikaanse aanhangers kan
meeding. [MENING]
Collective Soul werk tans aan hul tiende album. [FEIT]
Roland sê hulle het reeds 12 liedjies vir dié dubbelalbum, getiteld Blood, opgeneem. [FEIT]
“Die (dubbel)-album is, veral in vandag se tye, nie meer iets wat gedoen word nie. ’n Dubbelalbum is ook gepas as
ons tiende album.” [MENING WAT FEITE IN PAR. 4 ONDERSTEUN]
Hoofstuk 5
Aktiwiteit 16
Pre-lees
1. ’n bedreiging
2. P. Malherbe; (Hy het ‘n doktorsgraad)
3. 10 Januarie 2018
4. Leerders neem deel aan klasgesprek
Tydens lees en Post-lees
Individuele lees en /of klaslees van die artikel.
Maak van aantekeninge oor die vrae wat gestel word: Moontlike antwoorde:
2.1 Die verwringing van Afrikaans in die kuberruim.
2.2 Hy wil die leser oortuig dat Afrikaans, soos gebruik in die sosiale media en op ander platforms, die taal skade
berokken.
2.3 Afrikaanssprekendes
2.4 Ja. Die skrywer dra sy misnoeë baie sterk oor. Sy frustrasie en teleurstelling word onverbloemd gekommuni-
keer.
2.5 Nee. Die skrywer verskaf nie bewyse nie. Sy argument berus slegs op subjektiewe waarneming.
2.6 Nee. Die skrywer bied slegs sý argument aan.
2.7 Ja. Die skrywer gebruik kragtige taal en oordrewe beelde om ’n emotiewe reaksie by die leser te ontlok.
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 101
Hoofstuk 6
Aktiwiteit 17
Selfstudie
Hoofstuk 7
Aktiwiteit 18
18.1 Klasbespreking
18.2
Konteks Doel Gehoor
Woord
WAAR WAAROM MET WIE
Vrou
Dame Vergadering Om spreker aan te spreek Die vrou: “Dame, kan u u laaste sin
herhaal, asseblief?”
Poppie Mans op die Wil jong dame se aandag trek. Een man aan die ander: “Roep daai
sportveld poppie nader, man!”
Dogter Die skool Onderwyser soek inligting Met skooldogter self: “Dogter, moet jy nie
in die klas wees nie?”
Meisie Die skool Skooldogters leer mekaar ken. Nuwe leerder: “Haai meisie, wat is jou
naam?”
Man
Meneer Werkplek Werknemer is na die baas se Werknemer: “Meneer wou my spreek?”
kantoor ontbied
Outoppie Skoolterrein (groep Praat oor hul pa’s Seuns onder mekaar: “Kan jy glo, my
seuns) outoppie sê ek kan nie meer rugby speel
as my Wiskunde punt nie verbeter nie!”
Vent Op die sportveld Die man gedra hom swak. Man teenoor sy vriend: ”Die vent behoort
hom nie so swak te gedra nie! Hier is baie
kinders.”
Laitie Skoolterrein Skoolseuns wil jonger seuns Groter seun: “Jy kan nie met ons speel
intimideer. nie, jy is nog net ’n laitie!”
Aktiwiteit 19
Groepbespreking
Aktiwiteit 20
Groepbespreking
Aktiwiteit 21
Groepbespreking
Hoofstuk 8
Aktiwiteit 22
102 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Groepbespreking
Aktiwiteit 23
Klasbespreking
Hoofstuk 9
Aktiwiteit 24 - Strokiesprent
24.1 Dat Neelsie se pa baie bly moet wees√ dat hy en Jakobus albei 95% vir die
Wiskundetoets behaal het.√ (2)
24.2 - Die pa dink dat dit onmoontlik/ongelooflik is dat Neelsie 95% vir sy Wiskundetoets
behaal het.√
- Die pa se gesigsuitdrukking wys dat hy nie regtig glo Neelsie het 95% in die toets
behaal nie.√ (2)
24.3 Die pa sit versteend;
hy reageer nie met blydskap nie;
Sy voorkop is op ‘n plooi;
Mens kan duidelik sien dat Neelsie se pa twyfel / hom nie glo nie.(enige TWEE) (2)
24.4 Die manier waarop Neelsie die nuus aan sy pa oordra, sy liggaamshouding en hoe hy
dit stel, laat sy pa onmiddellik twyfel.√ Ook sy gesigsuitdrukking dui nie juis vreugde
of opgewondenheid aan nie.√ (2)
24.5 Ja, Neelsie se pa ken hom seker al ook goed genoeg√ om te weet dat hy nie net kan
glo wat Neelsie sê nie.√ (2)
Aktiwiteit 25 - Spotprent
25.1 Hy beleef ’n krisis as hy dalk werk kan kry/Hy wil nie werk nie en beskou
’n moontlike werk as ’n krisis/Hy is te lui om te werk/Hy verkies sy manier
van lewe. (1)
25.2 Ja, die agtergrond is funksioneel omdat die boemelaars in ’n verwaarloosde
park sit √, hulle aardse besittings is as baie min geskets word/ dit kan in ’n trollie
gekarwei word √, die geboue agter die park verwaarloos is √, hulle
sit onder ’n dooie boom wat geen skaduwee verleen nie √.die stadsgeboue, waar
mense werk/besig is, is verwyderd van waar die boemelaars sit.√ (3)
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 103
Enige DRIE redes word vir DRIE punte gegee
25.3.1 Hy/sy is verbaas dat boemelaars soveel kan verdien/dink dat ’n boemelaar
nie geregtig daarop is om geld te verdien nie. (1)
25.3.2 Ek stem met die joernalis saam, omdat ek glo dat mense vir hulle daaglikse
brood moet werk.
OF
Ek stem nie saam met die joernalis nie, want dit staan barmhartige samaritane
vry om geld te gee vir wie hulle wil. (1)
Die kandidate gee enige antwoord met bogenoemde strekking
25.4 Die geboue agter die boemelaars is ook verwaarloos, terwyl die stadsgeboue
in die verte moderne en goed opgepaste geboue is. (1)
25.5 Die verskillende soorte geboue verteenwoordig die teenpole wat in die samelewing
aangetref word/die verskillende klasse wat aangetref word/die omgewing waarin die boemelaars lewe teenoor
dié van mense wat werk. (1)
Aktiwiteit 26
Groepbespreking
Aktiwiteit 27
Grafiese Teks
27.1 staafgrafiek
27.2 Om inligting, bv. statistiek, groot getalle, grafies voor te stel sodat dit makliker verstaan kan
word.
27.3 telegram
27.4 e-pos
26.5 data; internetverbinding; selfoon; rekenaar; tablet
27.6 ongeveer 18
27.7 25
27.8 e-pos; sms; selfoon; telefoon; brief; telegram
27.9 telegram
104 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
27.10 ’n e-pos kom byna onmiddellik by sy bestemming uit, terwyl ’n brief gepos moet word. Dus moet
jy poskantoor toe gaan om ’n posseël te koop en die brief in die posbus gooi; dan eers word dit geprosesseer
en uiteindelik deur die posman afgelewer. Dit neem dus baie langer vir iemand om ’n brief te ontvang.
26.11 ’n Sms is goedkoper as ’n oproep.
’n Sms kan ongesiens weggestuur word; jy kan dus met iemand kommunikeer sonder dat
ander dit weet.
Indien jy nie dringend met iemand hoef te praat nie, is ’n sms dus beter.
26.12 Dit is ’n ongemaklike, omslagtige en tydrowende proses, aangesien jy eers poskantoor toe
moet gaan om die telegram weg te stuur. Daarvandaan moet die posman dit ook eers gaan aflewer by die be-
stemming, terwyl die sms byvoorbeeld weggestuur kan word waar jy ookal is.
Aktiwiteit 28
Sirkeldiagram
28.1 Die Wes-Kaap
28.2 Mpumalanga
28.3 KwaZulu-Natal
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 105
Bronnelys
Brown, P. S. The Value Of Enhancing Learner’s Critical Language Awareness Of Discourse.
Fairclough, N. (1992). Introduction to CLA. In: N. Fairclough, Critical Language Awareness (pp. 1–29). Lon-
don: Longman.
Fairclough, N. (2001) Language and Power. Introduction (pp. 1–5)
Fairclough, N. (2001). Language and Power (2nd edition). Essex, England: Pearson Education Limited.
Farias, C. M. Critical language awareness in foreign language learning. Universidad de Santiago.
Henry, F. & Tator, C. (2002). Discourses of Domination. University of Toronto Press.
Janks, H. (1997). Critical Discourse Analysis as a Research Tool. Discourse: studies in the cultural politics
of education, 18(3),329–342.
Knoell, D. The Role of Visual Literacy to Enhance Social Studies.
Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring: Verdere Onderwys en Opleidingsfase – Graad 10–12: Afri-
kaanse Huistaal.
Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring: Verdere Onderwys en Opleidingsfase – Graad 10–12: Afri-
kaans Eerste Addisionele Taal.
Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring: Verdere Onderwys en Opleidingsfase – Graad 10–12: Afri-
kaans Tweede Addisionele Taal.
Lee, H. Register In Singaporean Secondary Education English Textbooks. Korea University.
Ludwig, C. (2003). Making sense of literacy. In: Newsletter of the Australian Literacy Educators’ Association,
February 2003. Aanlyn toegang op 10 September 2003. http://www.alea.edu.au/docs/ludwig.pdf#search=%-
22Freebody%20and%20Luke%22
Shamim, A. Critical Language Awareness in Pedagogic Context. National University of Modern Languages
H-9, Islamabad, Pakistan.
Suggett, P. The 10 Most Powerful Words in Advertising: Discover the 10 Words That Bring You Results.
Paul Suggett, About.com Guide
Webtuistes:
An African-American Chronology of Important Dates. http://www.infoplease.com/spot/bhmtimeline.html
Welcome to the Chinese American History Time Line. http://en.wikipedia.org/wiki/Chinese_American_histo-
ry
Timeline for Native American History.
http://www.shmoop.com/native-american-history/timeline.html
Three types of power. http://www.thelearnerroom.co.uk/showthread.php?t=1283612
Language and power. http://www.revisionworld.co.uk/a2-level-level-revision/english-language/lan-
guage-and-power
106 SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS
Language and power. http://www.universalteacher.org.uk/lang/power.htm \o
http://www.discoveryeducation.com/teachers/free-lesson-plans/understanding-stereotypes.cfm
English – Persuasive Techniques. Bronterae, Nov. 2008.
SECOND CHANCE MATRIC SUPPORT PROGRAMME | AFRIKAANS 107
Published by the Department of Basic Education
222 Struben Street
Private Bag X895, Pretoria, 0001
Telephone: 012 357 3000 Fax: 012 323 0601
© Department of Basic Education
website facebook twitter
www.education.gov.za www.facebook.com/BasicEd www.twitter.com/dbe_sa
120 Plein Street Private Bag X9023
Cape Town 8000
South Africa
Tel: +27 21 465 1701
Fax: +27 21 461 8110
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 11 Afrikaans.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.
