NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2019
LANDBOUWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Skip to contentQuestion paper 




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be6afec1-b2d7-4adf-9e9d-0e6c71b3a813/v1-aa1f2d266c0e77929a1f/card.webp)






View all




%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP
Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019, 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Agricultural Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 1.1 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 15
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
vraestel gebruik word.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE bewerkings, insluitende formules, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) LANDBOUWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde tot die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 B.
1.1.1 Die teenwoordigheid van … is ʼn aanpassingseienskap van die rumen
om sy funksie te verrig. .
A villi
B bakterieë
C hardeware
D fermenteerder
1.1.2 Die soutsuur in die maag verander …
A fruktose na sukrose.
B galaktose na laktose.
C pepsinogeen na pepsien.
D pH na ʼn alkaliese medium.
1.1.3 Die verteerbaarheidskoeffisiënt van 72% beteken dat …
A 72% van die voer uitgeskei is.
B 72% van die voer vir onderhoud en groei beskikbaar is.
C 28% van die voer was verteer en uitgeskei.
D 28% van die voer kan deur die dier vir produksie en reproduksie
gebruik word.
1.1.4 Gedurende herkou in herkouers gebeur die volgende:
(i) Wande van die retikulum trek saam en die bolus gaan die
esofagus binne
(ii) Fyn kos gaan terug na die mond deur retro-peristalse
(iii) Bolus van gedeeltelik verteerde growwe kos beweeg terug na
die mond
(iv) Die proses sluit her-mastikasie in om die oppervlak te vergroot
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iii)
D (i), (ii) en (iv)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
1.1.5 Die gereedskap in die prent hieronder word deur boere vir … gebruik. .
A vasklem
B merking
C branding
D stertsny
1.1.6 Die doel vir inenting is hoofsaaklik om die voorkoms van siektes by die
diere op die plaas te …
A voorkom.
B beheer.
C vermeerder.
D verleng.
1.1.7 Die beste manier om die verskyning van lewerslakke op ʼn plaas te
voorkom.
A Gereelde dip.
B Vernietig slakke en naakslakke.
C Skeer diere voor die reënseisoen.
D Plaas alle geïnfekteerde diere in kwarantyn.
1.1.8 Die veiligste manier om ʼn dier tydens hantering te benader is …
(i) om jou teenwoordigheid met aanraking aan die sy of voorkant te
verkondig.
(ii) om nie die dier te prik/stoot indien dit nêrens het om te gaan nie.
(iii) om die dier deur ʼn drukgang met minimum obstruksie te beweeg.
(iv) om in sy blindekol te beweeg.
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iii)
D (i), (ii) en (iv)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) LANDBOUWETENSKAPPE V1 5
1.1.9 Die volgende gebeur gedurende die proses van spermatogenese:
A Sekondêre spermatosiete verdeel mitoties om spermatiede te
vorm
B Spermatogonium verdeel deur meiose om primêre spermatosiete
te vorm
C Primêre spermatosiete verander na twee sekondêre spermatosiete
gedurende meiose
D Spermatiedes ondergaan morfologiese veranderinge om oösiete te
vorm
1.1.10 Die hormoon wat die melklatings-refleks kan onderdruk.
A Oksitosien
B Luteotrofiese
C Prolaktien
D Adrenalien (10 x 2) (20)
1.2 Sê by elk van die volgende of die woord/stelling in KOLOM A die beste pas by
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die beskrywings in
KOLOM B. Skryf Slegs A, Slegs B, Beide A en B of Geeneen langs die
vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld
1.2.6 Slegs B.
KOLOM A KOLOM B
Eilandjies van
A: Gevind in die pankreas en skei die hormoon
Lieberkühn
1.2.1 af wat die beweeglikheid van glukose vanaf
Eilandjies van
B: die bloed na die selle bewerkstellig
Langerhans
A: Gal Voorkom dat voedsel in die verteringstelsel
1.2.2
B: Soutsuur vrot
A: Infra-rooi lig Toerusting wat in ʼn ekstensiewe beesvleis
1.2.3 Insolator produksiestelsel gebruik word om die impak
B:
van koue toestande te verlaag
A: Metabolies Siektes veroorsaak deur voedingstof
1.2.4 Endemies gebrekke in veevoer
B:
1.2.5 A: Steriliteit Abnormaliteite van die akrosomale kop en
B: Onvrugbaarheid stert wat ʼn onbeweeglike spermsel tot
gevolg het
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK.
1.3.1 Die maatstaf/indeks wat die kwaliteit van ʼn proteïen in ʼn voer aandui
1.3.2 ‘n Apparaat wat gebruik word om vloeibare medikasie aan ʼn dier vir die
beheer van interne parasiete te gee
1.3.3 Die toestand waar ʼn koei drie of meer kere moet paar om dragtig te raak
1.3.4 ʼn Enkele tweelob-klier wat die uretra omsluit en ʼn vloeistof afskei wat
sperm die kenmerkende reuk gee
1.3.5 Die ophoop van vloeistof in en rondom die brein van ʼn fetus wat ʼn
moeilike geboorte veroorsaak (5 x 2) (10)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORDE in elk van die volgende stellings
om dit WAAR te maak. Skryf die gepaste woord langs die vraagnommer
(1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK.
1.4.1 ʼn Rantsoen wat al die verlangde voedingstowwe vir die basiese
funksionering van plaasdiere bevat, is ʼn ideale rantsoen.
1.4.2 ʼn Intensiewe produksiesisteem waar ʼn groep hoenders in ʼn hoenderhok
gehou word tot hul ophou eiers lê, is ʼn diepskropstelsel.
1.4.3 Superfetasie is die vrystel van ʼn groot aantal ova vanaf een wyfie in
dieselfde bronstigheidsperiode.
1.4.4 Die stert is die deel van die spermsel wat die penetrasie van die zona
pellucida fasiliteer.
1.4.5 Geboorte is die fase by melkkoeie wat tussen twee laktasies plaasvind.
(5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) LANDBOUWETENSKAPPE V1 7
AFDELING B
VRAAG 2: DIEREVOEDING
Begin die vraag op ʼn NUWE bladsy.
2.1 Die diagramme onderaan verteenwoordig spysverteringstelsels van plaasdiere.
2.1.1 Klassifiseer die diere met ‘n verteringstelsel soos deur Diagram 1 en
Diagram 3 voorgestel. (2)
2.1.2 Voorsien die rede vir elk van die antwoorde in VRAAG 2.1.1. (2)
2.1.3 Bepaal die ouderdom van die dier met ʼn spysverteringstelsel in
Diagram 3. (1)
2.1.4 Gee EEN sigbare rede in die diagram om jou antwoord by
VRAAG 2.1.3 te staaf. (1)
2.1.5 Diere met spysverteringstelsels soos in Diagram 2 en Diagram 3 kan
nie voedsel met ʼn hoë ruvesel inhoud verteer nie. Regverdig hierdie
stelling deur EEN rede vir elke dier te gee. (2)
2.1.6 Identifiseer die letter in Diagram 1 en Diagram 3 wat die deel voorstel
waar rennien afgeskei word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
2.2 Onder is verskillende voere wat gebruik word om diere te voer.
Oliekoekmeel, groen lusern, songedroogde hooi, mieliemeel, ureum
Dui die voer vanaf die boks boaan wat van toepassing is op elk van die
volgende stellings:
(a) ʼn Bron van proteïene vir ‘n pasgebore lam (1)
(b) Aanbeveel vir die vetmaak van diere (1)
(c) ʼn Voer wat ryk aan vitamiene D is (1)
(d) ʼn Ruvoer wat ʼn bron van vitamiene A is (1)
2.3 Die tabel onderaan toon die samestelling van TWEE dierevoere.
Voerkomponent VOER A VOER B
(%) (%)
Verteerbare proteïen 12,5 6,25
Ruvoer 6 14,2
Stikstofvrye ekstrak 60 40
Vet 1,5 2
2.3.1 Klassifiseer VOER A en VOER B vanaf die tabel boaan. (2)
2.3.2 Verwys na die tabel boaan en gee ʼn rede vir die klassifikasie van elke
voer soos in VRAAG 2.3.1. (2)
2.3.3 Bereken die voedingsverhouding van VOER A. (4)
2.3.4 Stel voor, met ʼn rede, die doel waarvoor VOER A gebruik kan word
gebaseer op sy voedingsverhouding. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) LANDBOUWETENSKAPPE V1 9
2.4 Die diagram onderaan toon die proses wat in die spysverteringskanaal na
vertering plaasvind.
2.4.1 Identifiseer die proses wat boaan getoon word. (1)
2.4.2 Noem die deel van die spysverteringskanaal waar die proses wat bo-
aan getoon word plaasvind. (1)
2.4.3 Identifiseer die tipe voedingstof vervoer deur pyltjies A en B getoon. (2)
2.4.4 Gee ʼn rede vir jou antwoord by VRAAG 2.4.3. (2)
2.5 Die tabel onderaan toon die voer beskikbaarheid en byvoeding vereistes vir ‘n
skaap produksie eenheid oor ʼn tydperk van ses maande.
MAANDE 1 2 3 4 5 6
Voer beskikbaar
(kg/ha) 1 200 800 200 100 80 50
Byvoeding
vereistes ____ ____ 2 3 4 6
(kg/dier/dag)
2.5.1 Identifiseer die maand waarin dit vir die boer voordelig sal wees om die
skape te slag. (1)
2.5.2 Gee ʼn rede uit die data om jou antwoord tot VRAAG 2.5.1 te
ondersteun. (1)
2.5.3 Bereken die hoeveelheid beskikbare voer in ton gedurende maand 2
indien die plaas 14 hektaar beskikbare weiding het. (3)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Die kolomgrafiek onderaan toon die temperatuurvereistes vir braaikuikens oor ʼn
periode van sewe weke.
40
35
30
25
20
15
10
5
0
1 2 3 4 5 6 7
3.1.1 Lei vanaf die grafiek af wat die tendens vir die temperatuurvereistes vir
braaikuikens is. (2)
3.1.2 Verwerk die inligting boaan van die eerste tot sesde week na ʼn lyngrafiek. (6)
3.1.3 Noem die toerusting wat gebruik kan word in ʼn kuikenhuis indien die
temperatuur onder 10 °C daal. (1)
3.2 Diere tree verskillend op wanneer hulle aan stres blootgestel word.
Die prent onderaan toon ʼn bul wat stres.
3.2.1 Identifiseer DRIE sigbare tekens wat wys dat die bul onder stres is. (3)
3.2.2 Dui die effek van die bul se gedrag vir hanteerders en ander diere aan. (1)
3.2.3 Noem die toerusting wat ʼn hanteerder kan gebruik om die dier in die
prent te laat beweeg wanneer dit in ʼn drukgang is. (1)
3.2.4 Stel DRIE riglyne voor vir die hantering van groot plaasdiere om gedrag
soos in die prentjie hierbo te voorkom. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) LANDBOUWETENSKAPPE V1 11
3.3 Hieronder is ʼn prent van ʼn produksie-eenheid vir die aanhou van plaasdiere toon.
3.3.1 Identifiseer die produksiestelsel boaan. (1)
3.3.2 Gee EEN rede om jou antwoord tot VRAAG 3.3.1 te staaf. (1)
3.3.3 Identifiseer die letter vanaf die prent waar die volgende plaasvind:
(a) Kan gebruik word om die effek van uiterste temperature te voorkom (1)
(b) Voorkom dehidrasie by diere (1)
(c) Voorsien skaduwee gedurende die dag (1)
3.4 BEK-EN-KLOUSEER/BKS
Die siekte is hoogs aansteeklik en as gevolg daarvan het sommige lande streng
handelregulasies ingestel op ingevoerde diereprodukte om blootstelling aan die
siekte te voorkom. Indien ʼn uitbreek plaasvind sal die veeartsdienste ʼn
kwarentyn verklaar en al die geïnfekteerde diere doodmaak om die siekte uit te
wis.
3.4.1 Noem die patogeen wat vir die siekte verantwoordelik is. (1)
3.4.2 Haal die term uit die leestuk aan wat beteken dat BKS na ander diere
oorgedra kan word. (1)
3.4.3 Dui EEN sleutelsimptoom aan wat ʼn boer kan waarneem indien ʼn dier
BKS het. (1)
3.4.4 Uit die scenario dui TWEE rolle van die staat aan vir die beheer van BKS
aan. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
3.5 Onderaan is ʼn lys van parasiete wat vee beïnvloed.
Lintwurm, bontbosluis, lewerslakke, bloubosluis, neuswurm, brommers
Kies die parasiet uit die lys hierbo wat pas by elk van die stellings onderaan:
(a) Veroorsaak irritasie van die sinusse en nies (1)
(b) Dit het binne ʼn dag ‘n slak nodig om te oorleef (1)
(c) Dra hartswater oor by skape (1)
(d) Eiers verskyn in die feses van die besmette diere (1)
(e) Skeer kan die besmetting verminder (1)
3.6 Gee DRIE basiese beginsels van goeie gesondheid om dieresiektes en
parasiete op ʼn plaas te beheer. (3)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) LANDBOUWETENSKAPPE V1 13
VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE
Begin hierdie vraag op ’n NUWE bladsy.
4.1 Die diagramme onderaan toon die voortplantingstelsels van ʼn bul en ʼn koei.
DIAGRAM 1 DIAGRAM 2
4.1.1 Identifiseer die letter wat die deel voorstel waar die volgende plaasvind
in Diagram 1 en Diagram 2:
(a) Gamete word gevorm in Diagram 1 en Diagram 2. (2)
(b) Tree op as ʼn temperatuur-reguleerder in Diagram 1 (1)
(c) Afskeiding van progesteroon in Diagram 2. (1)
(d) Produksie van testosteroon in Diagram 1 (1)
4.1.2 Noem die kongenitale (oorgeërfde) afwyking wat algemeen by beide
organe in die diagramme voorkom wat tot steriliteit kan lei. (1)
4.1.3 Dui TWEE hormone aan wat verantwoordelik is vir die proses
genommer F. (2)
4.2 Noem TWEE sintuie wat belangrik vir die regulering van paringsgedrag by bulle
is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2019)
4.3 Kunsmatige inseminasie is een van die belangrike prosesse uitgevoer by
vroulike diere om die kudde ekonomies en vinnig te laat groei.
Hieronder is die stappe wat betrokke is voor en tydens kunsmatige inseminasie
om suksesvolle bevrugting te verseker:
Semenverdunning
Plasing van semen in die voortplantingsorgaan van die koei
Semen inspeksie
Hitte-waarneming
Oes van semen
4.3.1 Herrangskik hierdie stappe hierbo in chronologiese volgorde om
suksesvolle kunsmatige inseminasie te verseker. (5)
4.3.2 Noem TWEE ekonomiese voordele van kunsmatige inseminasie vir ʼn
boer. (2)
4.4 Die diagram hieronder toon die voortplantingsproses wat by plaasdiere plaasvind.
4.4.1 Identifiseer die proses wat boaan geïllustreer word. (1)
4.4.2 Dui die letter aan wat die skaap voorstel wat geneties identies sal wees
aan die skaap genommer D. (1)
4.4.3 Skryf die letter van die skaap wat as ʼn surrogaat sal dien, neer. (1)
4.4.4 Gee die naam van die proses genommer C. (1)
4.4.5 Noem TWEE doelwitte van die proses wat hierbo geïllustreer word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) LANDBOUWETENSKAPPE V1 15
4.5 Die vloeidiagram hieronder toon die stadiums van dragtigheid.
A
Eiersel
Balselle
Proses gevorm
1
Spermsel
C B
Weefsels, organe,
Fetus stadium stelsels ontwikkel
4.5.1 Identifiseer die proses in 1. (1)
4.5.2 Gee die stadium van dragtigheid genommer A. (1)
4.5.3 Dui die ontwikkeling aan wat by stadium C plaasvind. (1)
4.5.4 Noem TWEE stelsels wat vanaf die endoderm by stadium B ontwikkel. (2)
4.5.5 ʼn Koei mag dalk nie die fetus tot geboorte dra nie. Gee TWEE redes
hiervoor. (2)
4.6 Parturisie (baring) is ʼn gekompliseerde proses en kan problematies wees, veral
as die posisie van die kalf nie korrek is nie.
4.6.1 Gee die vorm van posisie voorgestel deur elk van die volgende stellings:
(a) Fetus lê op sy maag met voorpote wat na die heupe strek en die
kop wat daarop rus (1)
(b) Agterste deel van die fetus lê in die rigiting van die serveks wat
die agterbene eerste sal laat wys (1)
4.6.2 Dui die posisie aan wat die hulp van ʼn veearts sal benodig. (1)
4.6.3 Noem TWEE probleme, anders as posisie, wat gekompliseerde kalwing
kan veroorsaak. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Agricultural Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Agricultural Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Agricultural Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Agricultural Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Agricultural Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2025 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--be6afec1-b2d7-4adf-9e9d-0e6c71b3a813/v1-aa1f2d266c0e77929a1f/card.webp)
Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 QP (Eng)
Related documents

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 Memo

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2019 Question Paper

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC June 2019 Question Paper

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum