Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
BESIGHEIDSTUDIES
INTERDISTRIK VRAESTEL 2
MEMORANDUM
15 OKTOBER 2020
PUNTE: 150
TYD: 2 UUR
Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye.
Skip to contentMemorandum %20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)






%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--48729a29-53d6-4800-bf7a-8ddb1d000fc1/v1-c0247759dd52e188bca8/card.webp)




View all

%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)



Business Studies Grade 12 Western Cape Mock 2020 Memo
Grade 12 Business Studies memorandum from the Western Cape Mock Exam 2020, 24 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Business Studies · Grade 12 · Western Cape Mock Exam · 2020. Memorandum, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- Western Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 268.0 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 24
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES/V2 MEMORANDUM 15 OKT 2020
LET WELS VIR NASIENERS INLEIDING
Die LET WELs vir nasieners word verskaf vir gehalteversekeringsdoeleindes om die
volgende te verseker:
(a) Regverdigheid, konsekwentheid en betroubaarheid in die standaard van nasien
(b) Fasiliteer die moderering van kandidate se skrifte op verskillende vlakke
(c) Vereenvoudig die nasienproses met inagneming van die breë spektrum nasieners regdeur
die land
(d) Implementeer toepaslike maatreëls in die onderrig, leer en assessering van die vak by
skole/onderwysinstellings
1. Vir nasien- en modereringsdoeleindes word die volgende kleure aanbeveel: :
Nasiener: Rooi
Senior Nasiener: Groen
Adjunkhoofnasiener: Bruin
Hoofnasiener: Pienk
Interne moderator: Oranje
DBE-moderator: Turkoois
2. Kandidate se antwoorde op AFDELING B en C moet in volsinne wees.
Dit sal egter van die aard van die vraag afhang
3. 'n Omvattende nasienriglyn word verskaf, maar dit is geensins volledig nie.
Behoorlike oorweging moet gegee word aan 'n antwoord wat korrek is, maar:
• 'n Ander uitdrukking gebruik as wat in die nasienriglyn gegee word
• Uit 'n ander betroubare bron kom
• Oorspronklik is
• 'n Ander benadering gebruik
LET WEL: Daar is slegs EEN korrekte antwoord in AFDELING A.
4. Neem kennis van ander verwante antwoorde wat deur kandidate verskaf word
en ken punte dienooreenkomstig toe. (In die geval waar die antwoord
onduidelik is of 'n mate van begrip aandui, moet deelpunte toegeken word,
byvoorbeeld een punt in plaas van die maksimum van twee punte.)
5. Die woord 'Submaks' word gebruik om die toekenning van punte binne 'n vraag
of subvraag te vergemaklik
6. Die doel daarvan om punte aan die regterkant te omkring (gelei deur 'maks' in
die uiteensetting van die punte) is om konsekwentheid en akkuraatheid te
verseker met die nasien van die skrifte en modereringsproses.
7. Subtotale van vrae moet in die regterkantlyn geskryf word. Omkring die
subtotale, soos aangedui by die toekenning van punte. Dit moet deur 'maks' in
die nasienriglyn van punte gelei word. Slegs die totaal vir elke antwoord moet
in die linkerkantlyn langs die toepaslike vraagnommer verskyn.
8. In 'n indirekte vraag moet die teorie en die antwoorde relevant en met die vraag
verband hou.
2 van 24
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES/V2 MEMORANDUM 15 OKT 2020
9. Korrekte nommering van antwoorde van vrae of subvrae in AFDELING A en
B word sterk aanbeveel. Indien die nommering verkeerd is, volg die volgorde van
die kandidaat se antwoorde. Kandidate sal gepenaliseer word, indien
laasgenoemde nie duidelik is nie.
10. Geen addisionele krediet moet vir die herhaling van feite gegee word nie. Dui
aan met 'n 'H' of 'R'.
11. Die verskil tussen 'evalueer' en 'kritiese evaluering' kan soos volg verduidelik
word:
11.1 Wanneer 'evalueer' gevra word, word daar van kandidate verwag om
te antwoord op óf 'n positiewe/negatiewe manier óf om 'n
neutrale (positiewe en negatiewe) standpunt in te neem, bv. Positief:
'COIDA verminder tyd en koste wat spandeer word ✓ op lang
siviele hofgedinge.'✓
11.2 Wanneer 'kritiese evaluering' gevra word, word daar van kandidate
verwag om te antwoord op óf 'n positiewe/negatiewe manier óf om 'n
neutrale standpunt in te neem. In hierdie geval word van kandidate ook
verder verwag om hulle antwoorde te ondersteun met dieper insig,
bv. 'COIDA verminder tyd en koste wat spandeer word ✓ op lang siviele
hofgedinge✓ want die werkgewer sal nie verantwoordelik wees om
vergoeding aan die werknemer te betaal as beserings opgedoen is
tydens werksure nie, solank as wat die besigheid kan bewys dat hy nie
agterlosig was nie.'✓
LET WEL: 1. Bogenoemde kan ook van toepassing wees op 'analiseer'.
2. Let op die plasing van die merkie (✓) in die toekenning van punte.
12. Die toekenning van punte moet gelei word deur die aard van die vraag, kognitiewe
werkwoord wat gebruik is, puntetoekenning in die nasienriglyn en die konteks
van elke vraag.
Kognitiewe werkwoorde, soos:
12.1 Adviseer (Gee raad), noem, beskryf in breë trekke, motiveer,
aanbeveel, stel voor, (lys nie volledig nie) vereis gewoonlik nie veel
diepte in kandidate se antwoorde nie. Die uiteensetting van punte vir
elke stelling/antwoord sal dus aan die einde daarvan verskyn.
12.2 Definieer, beskryf, verduidelik, bespreek, brei uit, onderskei/
toon verskille, differensieer, vergelyk, tabuleer, regverdig, ontwerp,
analiseer, evalueer, evalueer krities (lys nie volledig nie) vereis meer
diepgaande begrip, toepassing en beredenering. Die punte moet dus
meer objektief toegeken word om te verseker dat assessering volgens
die vasgestelde norme geskied, sodat eenvormigheid, konsekwentheid
en regverdigheid behaal kan word.
13. Sien slegs die EERSTE antwoord na wanneer kandidate meer as een antwoord
gee vir vrae in AFDELING B en C wat net een antwoord vereis.
3 van 24
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES/V2 MEMORANDUM 15 OKT 2020
14. AFDELING B
14.1 Indien, byvoorbeeld, VYF feite vereis word, sien die kandidaat se EERSTE
VYF antwoorde na en ignoreer die res van die antwoorde. Dui dit aan deur 'n
lyn deur die nie-nagesiende gedeelte te trek of gebruik die woord 'Kanselleer'.
LET WEL: Dit is slegs van toepassing waar die getal feite gespesifiseer word.
14.2 Indien twee feite in een sin geskryf word, gee VOLLE krediet aan die
kandidaat. Punt 14.1 geld steeds.
14.3 Indien daar van kandidate verwag word om hulle eie voorbeelde/menings te
gee, beredeneer dit by die nasiensentrum ten einde die alternatiewe antwoorde
te finaliseer.
14.4 Gebruik van kognitiewe werkwoorde en toekenning van punte:
14.4.1 Waar die getal feite gespesifiseer word, vrae wat vereis dat kandidate
moet 'beskryf/bespreek/verduidelik', kan dit soos volg nagesien word:
• Feit 2 punte (of soos aangedui in die nasienriglyne)
• Verduideliking 1 punt (twee punte sal in Afdeling C toegeken word)
Die 'feit' en 'verduideliking' word apart in die nasienriglyne gegee om
die toekenning van punte te vergemaklik
14.4.2 Indien die getal feite nie gespesifiseer word nie, moet puntetoekenning
gelei word deur die aard van die vraag en die maksimum punte in die
nasienriglyne toegeken
14.5 EEN punt kan toegeken word vir antwoorde wat maklik is om te herroep,
wat een woord as antwoord vereis of wat direk aangehaal word uit 'n
scenario/gevallestudie. Dit is spesifiek van toepassing op AFDELING B
EN C (waar van toepassing).
15. AFDELING C
15.1 Die punte-uiteensetting vir die opsteltipe vrae is soos volg:
Inleiding
Inhoud Maksimum:
Gevolgtrekking 32
Insig 8
TOTAAL 40
4 van 24
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES/V1 MEMORANDUM 15 OKT 2020
15.2 Insig bestaan uit die volgende komponente:
Struktuur/Uitleg Is daar 'n inleiding, inhoud en 'n gevolgtrekking? 2
Ontleding Is die kandidaat in staat om die vraag in opskrifte/sub- 2
en vertolking opskrifte te ontleed/korrek te interpreteer sodat begrip van
wat gevra word, getoon word?
Punte toegeken volgens die gids hieronder:
Alle opskrifte aangespreek: 1 (Een 'A')
Interpretasie (16 tot 32 punte): 1 (Een 'A')
Sintese Is daar relevante besluite/feite/antwoorde gemaak wat op 2
die vrae gebaseer is?
Punte toegeken volgens die gids hieronder:
Geen relevante feite: 0 (Twee '-S')
'n Paar1:relevante
Opsie feite: 1
Waar 'n (Een '-S')
kandidaat Slegs
50% of relevante
meer diefeite:
vraag2
(Geen '-S') met slegs relevante feite beantwoord het,
verskyn geen '-S' in die linkerkantlyn. Ken die
maksimum van TWEE (2) punte vir sintese
toe.
Opsie 2: Waar 'n kandidaat minder as 50% van die
vraag met slegs OF 'n paar relevante feite
beantwoord het, verskyn een '-S' in die
linkerkantlyn. Ken 'n maksimum van EEN (1)
punt vir sintese toe.
Opsie 3: Waar 'n kandidaat minder as 50% van die
vraag met geen relevante feite beantwoord
het, verskyn twee '-S' in die linkerkantlyn. Ken
'n NULPUNT toe vir sintese.
Oorspronklikheid Is daar bewyse van voorbeelde gebaseer op aktuele 2
inligting, huidige neigings en ontwikkelings?
TOTAAL VIR INSIG: 8
TOTALE PUNTE VIR FEITE: 32
TOTALE PUNTE VIR OPSTEL (8 + 32): 40
LET WEL: 1. Geen punte sal toegeken word vir inhoud wat herhaal word
uit die inleiding en gevolgtrekking nie.
2. Die kandidaat verbeur punte vir uitleg indien die woorde
INLEIDING en GEVOLGTREKKING nie voorkom nie.
3. Geen punte sal toegeken word vir uitleg as die opskrifte
INLEIDING en GEVOLGTREKKING/SLOT nie deur 'n
verduideliking ondersteun word nie.
15.3 Dui insig in die linkerkantse kantlyn met 'n simbool aan bv. ('S, A, S en/of O').
15.4 Die komponente van insig word aan die einde van die voorgestelde antwoord/
nasienriglyne vir elke vraag aangedui.
5 van 24
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES/V1 MEMORANDUM 15 OKT 2020
15.5 Sien alle relevante feite na totdat die SUBMAKS/MAKS punte vir elke onder-
afdeling behaal is. Skryf 'SUBMAKS'/'MAKS' nadat maksimum punte behaal
is, maar lees verder vir oorspronklikheid 'O'.
15.6 Aan die einde van elke opstel, dui die toekenning van punte vir feite en punte
vir insig soos volg aan:
S – Struktuur, A – Ontleding, S – Sintese, O – Oorspronklikheid soos in die
tabel hieronder aangedui.
INHOUD PUNTE
Feite 32 (maks)
S 2
A 2
S 2
O 2
TOTAAL 40
15.7 Wanneer punte vir feite toegeken word, neem kennis van die submaksimum
wat aangedui word, veral as kandidate nie dieselfde subopskrifte gebruik nie.
Onthou opskrifte en subopskrifte word aangemoedig en dra by tot insig
(struktuur/logiese vloei/volgorde) en dui duidelikheid van denke aan.
(Sien PUNTE-UITEENSETTING aan die einde van elke vraag.)
15.8 Indien die kandidaat die vraag VERKEERD identifiseer/vertolk, kry hy/sy
steeds punte vir uitleg/struktuur.
15.9 Indien 'n ander benadering deur kandidate gebruik word, maak seker dat
antwoorde geassesseer word in ooreenstemming met die puntetoekenning/
subopskrifte soos aangedui in die nasienriglyne.
15.10 15.10.1 Ken TWEE punte toe vir volledige sinne. Ken EEN punt toe vir
frases/sinsdele, onvoltooide sinne en vae antwoorde.
15.10.2 Met ingang November 2015, sal die TWEE punte nie noodwendig
aan die einde van elke voltooide sin getoon word nie. Punte (✓) sal
geskei wees en langs elke feit aangedui word, bv.
'Produkontwikkeling is 'n groeistrategie✓ waar ondernemings
poog om nuwe produkte in bestaande markte bekend te stel.' ✓
Dit sal deur die aard en konteks van die vraag, sowel as die
kognitiewe werkwoord wat gebruik is, gelei word.
15.11 Met ingang November 2017, sal die maksimum van TWEE (2) punte vir feite
in die nasienriglyne as opskrifte getoon, nie noodwendig vir elke vraag geld
nie. Dit sal deur die aard van die vraag bepaal word.
6 van 24
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES/V1 MEMORANDUM 15 OKT 2020
AFDELING A: VERPLIGTEND
VRAAG 1
1.1.1 B✓✓
1.1.2 D✓✓
1.1.3 C✓✓
1.1.4 B✓✓
1.1.5 A✓✓ (5 x 2) (10)
1.2.1 Video konferensies✓✓
1.2.2 RSAG Kleinhandeleffekte✓✓
1.2.3 griewe ✓✓
1.2.4 dispuut ✓✓
1.2.5 wins ✓✓ (5 x 2) (10)
1.3.1 D✓✓
1.3.2 F✓✓
1.3.3 B✓✓
1.3.4 C ✓✓
1.3.5 G ✓✓ (5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 30
7 van 24
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES/V1 MEMORANDUM 15 OKT 2020
AFDELING B
Sien slegs die EERSTE TWEE (2) vrae na.
VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
2.1 Lys enige VIER nie-versekerbare risikos
• Verliese veroorsaak deur oorlog. ✓
• Die meeste risiko's ontstaan tussen bestellings en ontvangs van goedere. ✓
• Veranderings in mode. ✓
• Verlies veroorsaak deur bemarkings wanpraktyke deur die besigheid. ✓
• Bevordering in tegnologie / nuwe masjinerie uitvindings.✓
• Enige ander relevante antwoord. (4)
LET WEL: Merk slegs die eerste VIER (4)
Dui aan of die volgende faktore voor of tydens 'n aanbieding oorweeg moet
2.2
word
2.2.1 Gedurende✓✓
2.2.2 Voor✓✓
2.2.3 Gedurende ✓✓ (3x2) (6)
2.3 Vaste deposito en enkelvoudige rente
2.3.1 Vaste deposito✓✓ (2)
2.3.2 Positiewe/ Voordele
• Rente word teen 'n vaste koers verdien✓ ongeag veranderinge in die
ekonomiese klimaat. ✓
• Die tydperk van belegging✓ kan oor 'n kort / medium / lang termyn
wees. ✓
• Verseker finansiële dissipline✓ aangesien beleggers hul fondse nie
voor die vervaldatum kan onttrek nie. ✓
• Hoofsom plus rente verdien✓ word uitbetaal op die vervaldatum. ✓
• Beleggers verdien 'n beter opbrengs op belegging✓ as op 'n gewone
spaarrekening✓
EN/OF
Negatiewe/Nadele
• Die belegger kan nie hul fondse onttrek✓ voor die vervaldatum nie. ✓
• Mag nie die effek van inflasie✓ oor die lang termyn uitpresteer nie. ✓
• Lae opbrengste in vergelyking met ander beleggings.✓
• Enige ander relevante antwoord. (6)
2.3.3 Bereken enkelvoudige rente
FORMULE: Rente = P x R x T ✓
R 75 000✓ x 7%✓ x 5 years✓ = R 26 250✓✓ of ✓✓✓✓✓✓ vir korrekte
antwoord (6)
LET WEL Ken volpunte toe (6) as die antwoord korrek is en geen bewerkinge
word gewys nie
Indien bewerkinge korrekt getoon is, maar die finale antwoord is
verkeerd, ken ‘n maksimum van VIER (4) punte toe
8 van 24
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES/V1 MEMORANDUM 15 OKT 2020
2.4 Positiewe impak van versekering
• Dra die risiko van die besigheid / versekerde✓ oor na die versekeraar. ✓
• Oordrag van risiko is onderworpe aan die bepalings✓ en voorwaardes van die
versekeringskontrak. ✓
• Beskerm die besigheid teen diefstal / verlies van voorraad en / of skade✓ wat
veroorsaak word deur natuurrampe soos oorstromings, stormskade, ens. ✓
• Besighede sal vergoed word vir versekerbare verliese, ✓ bv. vernietiging van
eiendom deur brand. ✓
• Besighede bates, bv. voertuie / toerusting / geboue ✓moet verseker word teen
skade en / of diefstal. ✓
• Besighede word beskerm teen die verlies aan verdienste, ✓ bv. stakings deur
werknemers wat lei tot miljoene verliese. ✓
• Beskerm besighede✓ teen oneerlike werknemers. ✓
• Beskerm besighede teen verliese weens die dood ✓van 'n skuldenaar. ✓
• Enige ander relevante antwoord. (6)
2.5 Motivering / voordele van die padongelukkefonds (POF)
• POF / POVS verseker padgebruikers ✓teen die nalatigheid van ander
padgebruikers. ✓
• Die POF / POVS bied verpligte dekking vir alle padgebruikers✓ in Suid-Afrika,
wat Suid-Afrikaanse besighede insluit. ✓
• Bestuurders van besigheidsvoertuie word vrygestel teen eise✓ deur persone
wat beseer word in voertuigongelukke. ✓
• POF / POVS word befonds deur 'n heffing✓ op die verkoop van brandstof /
diesel / petrol. ✓
• Die bedrag wat geëis kan word vir verlies van inkomste✓ word beperk deur
wetgewing. ✓
• Die naasbestaandes werkers / broodwinners✓ wat in padongelukke beseer /
gedood word, kan direk van POF / POVS eis. ✓
• Beseerde partye en nalatige bestuurders ✓word beide deur POF / POVS
gedek. ✓
• Die beseerde party sal vergoed word, ✓ongeag of die nalatige bestuurder ryk /
arm / versekerd / onversekerd is. ✓
• POVS het ten doel om 'n voordele skema✓ te bied wat redelik / billik /
bekostigbaar /volhoubaar, ens. ✓
• POVS het ten doel om die eisproses te vereenvoudig / bespoedig✓ omdat
slagoffers van padongelukke nie meer moet bewys wie die ongeluk
veroorsaak het nie. ✓
• POVS stel slagoffers van padongelukke vinnig in toegang tot mediese sorg, ✓
aangesien vertragings weens die ondersoek na ongelukke verminder is. ✓
• Enige ander relevante antwoord. (6)
9 van 24
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES/V1 MEMORANDUM 15 OKT 2020
2.6 Situasies waarin elke leierskapstyl gebruik kan word
2.6.1 Outokraties
• In krisis situasies, bv. in die geval van onvoorsiene uitdagings /
ongelukke. ✓✓
• Wanneer al die inligting beskikbaar is om die probleem op te los.
• In noodgevalle, waar daar 'n tekort aan tyd is. ✓✓
• Wanneer werknemers gemotiveer word en die leier reeds die vertroue
van die volgelinge verdien het. ✓✓
• In die hantering van werknemers wat nie samewerkend is nie.✓✓
• Enige ander relevante antwoord. (2)
2.6.2 Transaksionele
• Wanneer die onderneming die prestasie van werknemers wil
maksimaliseer✓✓
• Wanneer sperdatums op kort kennisgewing / onder druk bereik moet
word. ✓✓
• Wanneer werkers 'n lae moraal het. ✓✓
• Wanneer die strategieë / besigheidstrukture nie hoef te verander nie.✓✓
• Enige ander relevante antwoord. (2)
[40]
VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE
3.1 Noem TWEE ekonomiese regte van werknemers in die werkplek. (2)
• Vry van gedwonge arbeid. ✓
• Vry om werk te aanvaar/kies. ✓
• Regverdige lone/Gelyke betaling. ✓
• Billike/Wettige beperking van werksure. ✓
• Veilige en gesonde werksomstandighede. ✓
• Aansluit/Stig van vakbonde. ✓
• Reg om aan 'n wettige staking deel te neem. ✓
• Reg op opleiding/verbetering van vaardighede vir beroepsbevordering. ✓
• Enige ander relevante antwoord.
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na. (2 x 1) (2)
3.2 Oorsake van konflik in die werkplek
• Verskille in agtergrond/kulture/waardes/geloof/taal ✓
• Beperkte besigheidshulpbronne ✓
• Verskillende doelwitte/doelstellings vir die groep/individue✓
• Persoonlikheidsverskille tussen groep/individue✓
• Verskillende opinies ✓
• Onbillike werkslading✓
• Stres wat nie goed bestuur word nie✓
• Onrealistiese verwagtinge✓
10 van 24
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES/V1 MEMORANDUM 15 OKT 2020
• Swak organisering/leierskap/administratiewe prosedures en stelsels✓
• Verwarring rondom skedulering/spertye✓
• Ignorering van reëls/prosedures✓
• Wangedrag/Onaanvaarbare gedrag✓
• Hoë/Intense mededinging/Wedywering✓
• Swak kommunikasie✓
• Onduidelike verantwoordelikhede✓
• Verwarring met persoonlike doelwitte✓
• Konstante veranderinge in die werkplek✓
• Onbillike behandeling van werkers/Begunstiging deur bestuur/Diskriminasie ✓
• Gebrek aan vertroue tussen werkers✓
• Enige ander relevante antwoord.
LET WEL: Sien slegs die eerste TWEE (2) na. (2 x 1) (2)
3.3 Onetiese of onprofessionele besigheidspraktyke
3.3.1 Pryse van goedere in landelike gebiede. ✓✓
3.3.2 Ongemagtigde gebruik van fondse. ✓✓
3.3.3 Misbruik van werkstyd/ ongemagtigde gebruik van werkplekhulpbronne ✓✓
(3x2) (6)
3.4 3.4.1 PROBLEEMOPLOSSINGS-
AANHALING UIT SCENARIO
TEGNIEK
Werknemers is versoek om nuwe
idees in 'n groot groep voor te stel
Dinkskrum✓✓ (2) sonder om individueel te
werk/Hierdie idees is as inspirasie
vir nuwe idees gebruik. ✓ (1)
Submaks (3)
FLD wil graag van hul meubels se
ontwerpe verander/Die bestuur van
Kragveld-analise✓✓ (2)
SM het die voor-en nadele van elke
idee beoordeel. ✓ (1)
Submaks (3) (6)
LET WEL: 1. Sien die eerste TWEE (2) na.
2. Ken geen punte toe vir die aanhaling, indien die
probleemoplossingstegnieke verkeerd geïdentifiseer is.
Voordele van probleemoplossingstegnieke
3.4.2
Voordele van dinkskrums
• Beter oplossings word ontwikkel ✓deur gesamentlike bydraes. ✓
• Daar kan van kombinasies van idees/verbeterings gekies word ✓nadat
alle idees neergeskryf is. ✓
• Werknemers word gemotiveer✓ omdat hulle toegelaat word om tot
probleemoplossing by te dra. ✓
• Stimuleer kreatiewe denke✓ in die werkplek. ✓
11 van 24
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES/V1 MEMORANDUM 15 OKT 2020
• Mense kry idees van ander✓ en kan daarop voortbou. ✓
• Enige ander relevante antwoord wat met die voordele van dinkskrums
as 'n probleemoplossingstegniek, verband hou.
OF
• Voordele van kragveld-analise
• Werknemers voel ingesluit✓ en dat hulle erken/verstaan word. ✓
• Werknemers ontwikkel ✓en groei saam met die besigheid. ✓
• Ingeligte besluite kan gemaak word✓ as kragte vir en teen krities
evalueer word. ✓
• Stel besighede in staat om die dryfkragte te versterk✓ en die
remkragte te verswak/verminder. ✓
• Enige ander relevante antwoord wat met die voordele van kragveld-
analise as 'n probleemoplossingstegniek, verband hou.
LET WEL: 1. Aanvaar relevante feite, indien dinkskrums/kragveld-
analise verkeerd geïdentifiseer is as antwoorde in
VRAAG 4.6.1.
2. Ken geen punte toe vir 'inspirasie vir nuwe idees’ as
voordele van problem-oplossingstegnieke. (4)
3.5 Onderskeiding tussen besluitneming en probleemoplossing
BESLUITNEMING PROBLEEMOPLOSSING
• Dit word gewoonlik gedoen deur • Probleme kan opgelos word deur ‘n
een persoon/’n senior bestuurslid✓ group/span ✓of ‘n individuele
wat dit outoritêr maak. ✓ spanlid. ✓
• Verskeie alternatiewe word oorweeg • Alternatiewe oplossings word
✓voordat die beste een gekies ontwikkel/ geïdentifiseer✓ en krities
word. ✓ geëvalueer. ✓
• Vorm deel van die • Proses van ontleding van ‘n situasie
probleemoplossingsiklus, ✓ omdat ✓om strategieё te identifiseer om
besluite in elke stap geneem moet verandering voort te bring. ✓
word. ✓ • Enige ander relevante antwoord wat
• Enige ander relevante antwoord wat met probleemoplossing verband hou
met besluitneming verband hou.
Submaks (4) Submaks (4) (8)
LET WEL: 1. Die antwoord hoef nie in tabelformaat te wees nie, maar die
onderskeid moet duidelik wees.
2. Indien die verskille nie duidelik is nie, ken ‘n maksimum van
VIER (4) punte toe/Sien slegs besluitneming of
probleemoplossing na.
3.6 Wyses om ʼn omgewing te skep wat kreatiwiteit te bevorder.
• Beklemtoon die belangrikheid van kreatiewe denke en om seker te maak dat
die werkers weet dat die bestuur hulle idees wil hoor. ✓✓
• Moedig personeel aan om met nuwe idees / oplossings vorendag te kom. ✓✓
12 van 24
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES/V1 MEMORANDUM 15 OKT 2020
• Maak tyd vir dinkskrums om nuwe idees te genereer, bv. Gereelde
werkswinkels / genereer meer idees / bou op mekaar se idees. ✓✓
• Plaas ʼn voorstellebus in die werkplek en hou kommunikasiekanale oop vir
nuwe idees. ✓✓
• Verskaf opleiding vir personeel om innoverende tegnieke en kreatiewe
probleemoplossing aan te leer. ✓✓
• Moedig uitruil van idees tussen ondernemings aan en/vind uit hoe ander
besighede dinge doen. ✓✓
• Enige ander relevante antwoord rakende die skepping van ʼn omgewing om (4)
kreatiwiteit te bevorder.
3.7 Negatiewe impak van KSI/KMI op die onderneming.
• Besigheid mag dalk nie ondersteun word nie. ✓ Kliënte mag dalk nie hul
produkte / dienste koop nie, wat ʼn afname in verkope tot gevolg het. ✓
• Klein en medium ondernemings vind dit moeilik. ✓ om KMI programme te
implementeer. ✓
• Gedetailleerde verslae moet opgestel word✓ wat tydrowend kan wees. ✓
• Maatskaplike besteding verminder besigheids- / ekonomiese doeltreffendheid.
✓ wat hul minder mededingend maak. ✓
• Maatskaplike betrokkenheid word befonds uit besigheidswins, ✓ wat eerder tot
voordeel van kliënte aangewend kon word / pryse kon verlaag. ✓
• KMI-aktiwiteite lei besigheidsfokus af ✓ van sy kernbesigheids-funksies. ✓
• Besighede vind dit moeilik om te voldoen aan wetgewing✓ wat KMI
aanspreek. ✓
• Dit kan finansiële risiko verhoog, ✓ aangesien programme geld kos en kan dit
negatief op wins beïnvloed. ✓
• Dit is moeilik om die effektiwiteit van sosiale belegging✓ akkuraat te meet. ✓
• Dit is nie maklik om die presiese behoeftes van die gemeenskappe te
• bepaal nie, ✓ wat tot vrugtelose uitgawes op KMI kan lei. ✓
• Die meeste bestuurders is nie opgelei nie✓ en het nie ervaring om sosiale
• programme te hanteer nie. ✓
• Werknemers kan meer tyd spandeer om aan KMI-projekte te werk, ✓ eerder
as om op hul kernpligte te fokus. ✓
• Verskaffing van goedere / dienste wat aan verbruikers se behoeftes voldoen,
is volgens sommige belanghebbendes reeds sosiaal verantwoordelik.
• Die meeste besighede is nie opgelei nie✓ en het nie ervaring om sosiale
programme te hanteer nie. ✓
• Aandeelhouers mag laer dividende ontvang, ✓aangesien sommige winste aan
KMI bestee word. ✓
• Sommige aandeelhouers / belanghebbendes kan hul ondersteuning van die
besigheid ✓ onttrek omdat hulle voel dat sosiale kwessies die regering se
verantwoordelikheid moet wees. ✓
• Enige ander relevante antwoord rakende die nadele van KSI vir die
gemeenskap. (8)
[40]
13 van 24
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES/V1 MEMORANDUM 15 OKT 2020
VRAAG 4: ALLERLEI
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
4.1 Voorbeelde van nie-verbale aanbiedings
• Tabelle✓
• Grafieke✓
• Diagramme✓
• Skyfievertonings✓
• Geskrewe verslae✓
• Blaaiborde (flipcharts) ✓
• Uitdeelstukke (handouts) ✓
• Illustrasies, foto’s, scenarios, prente ✓
• Enige ander relevante antwoord.
LET WEL: Merk slegs die eerste VIER. (4)
4.2 Funksies van die JSE
• Gee geleenthede aan finansiële instellings soos versekeringsmaatskappye om
hul fondse in aandele te belê. ✓✓
• Dien as 'n barometer / aanwyser van ekonomiese toestande in Suid-Afrika.
• Hou beleggers op aandelepryse ingelig deur daagliks die aandeelpryse te
publiseer. ✓✓
• Optree as 'n skakel tussen beleggers en openbare maatskappye.
• Aandele word gewaardeer en geassesseer deur kundiges. ✓✓
• Klein beleggers word genooi om deel te neem aan die ekonomie van die land
deur die koop / verkoop van aandele. ✓✓
• Moedig nuwe beleggings aan. ✓✓
• Reguleer die mark vir die hantering van aandele. ✓✓
• Beplan, ondersoek en adviseer oor beleggingsmoontlikhede. ✓✓
• Voorsien beskerming vir beleggers. ✓✓
• Moedig korttermyn belegging aan. ✓✓
• Fasiliteer elektroniese verhandeling van aandele / STRATE.✓✓
• Enige ander relevante antwoord. (6)
4.3 Soorte Aandele
4.3.1 Gewone Aandele✓✓
4.3.2 Stigtersaandele✓✓
4.3.3 Bonus Andele✓✓ (3x2) (6)
4.4 Raad oor die verbetering van die volgende aanbieding
• Jy behoort doelwitte wat nie bereik is nie, te hersien.✓✓
• Gebruik humor waar van toepassing. ✓✓
• Wees altyd bereid om inligting relevant te hou. ✓✓
• Ontleed enige kritiek en vermy dit in toekomstige aanbiedings. ✓✓
14 van 24
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES/V1 MEMORANDUM 15 OKT 2020
• Enige inligting wat jy as terugvoer ontvang na 'n aanbieding, behoort
geanaliseer te word en waar toepaslik, gebruik te word om die nuwe
aanbieding op te dateer. ✓✓
• Ontleed die tyd/lengte van die aanbieding om inhoud by te voeg/weg te laat.✓✓
• Verminder die gebruik van visuele hulpmiddele of verwyder hulpmiddele wat
nie goed gewerk het nie. ✓✓
• Hersien logiese vloei van die skyfies en gebruik van visuele hulpmiddele.✓✓
• Enige ander relevante antwoord. (4)
BESIGHEIDSROLLE
4.5.1 Stadia van spanontwikkeling uit die scenario
STADIA VAN
MOTIVERING
SPANONTWIKKELING
Shiraaz het altyd die ander lede se
idees en opinies bevraagteken
Storm/Bestorming✓✓
omdat hy die spanleier wou wees.
✓
Die spanlede het uiteindelik
Normering/Stel van norme/
saamgestem en konsensus oor die
Skikking en versoening✓✓
pad vorentoe bereik. ✓
Submaks (4) Submaks (2) (6)
LET WEL: 1. Geen punte moet toegeken word vir die motivering
indien die stadiums van spanontwikkeling verkeerd
geïdentifiseer is nie.
2. Ken punte toe vir die stadia van ontwikkeling selfs as
die motivering onvolledig is.
4.5.2 Ander stadiums van spanontwikkeling
1. Vorming✓✓
• Individue samel inligting/indrukke in oor mekaar/die omvang van die
taak en hoe om dit te benader. ✓
• Dis 'n gemaklike stadium om in te wees. ✓
• Individue fokus daarop om met roetine-take besig te wees, soos
spanorganisering/wie doen wat/wanneer vergader gaan word✓, ens.
• Enige ander relevante antwoord wat verband hou met vorming
stadium van spanontwikkeling.
Stadium (2)
Verduideliking (1)
Submaks (3)
2. Prestasie/Werkverrigting/Werk as 'n span na 'n doel ✓✓
• Spanlede is bewus van strategieë en doelwitte van die span. ✓
• Hulle het rigting sonder inmenging van die spanleier. ✓
• Prosesse en strukture is vasgestel. ✓
• Leiers delegeer en hou toesig oor die prosesse en prosedures. ✓
• Alle spanlede is nou bekwaam, onafhanklik en in staat om die
besluitnemings-proses sonder toesig te hanteer. ✓
15 van 24
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES/V1 MEMORANDUM 15 OKT 2020
• Verskille tussen spanlede word waardeer en gebruik om die span se
prestasie te verbeter. ✓
• Enige ander relevante antwoord wat verband hou met prestasie /
werkverrigting / werk as ‘n span na ‘n doel, van spanontwikkeling.
Stadium (2)
Verduideliking (1)
Submaks (3)
3. Ontbinding/Treurtydperk ✓✓
• Die fokus is op die voltooiing van die taak/afsluiting van die projek. ✓
• Die ontbinding van die span kan traumaties wees, omdat spanlede dit
moeilik mag vind om weer as individue te funksioneer. ✓
• Alle take moet voltooi word voordat die span finaal uitmekaar kan
gaan. ✓
• Enige ander relevante antwoord wat verband hou met
ontbinding/treurtydperk van spanontwikkeling.
Stadium (2)
Verduideliking (1)
Submaks (3)
LET WEL: 1. Sien slegs die eerste TWEE (2) na.
2. Geen punte word toegeken vir Stormstadium /
Bestorming / Normering/Stel van norme/Skikking en
versoening soos geïdentifiseer in VRAAG 4.5.1 nie. (6)
4.6 Maniere waarop besighede moeilike mense/persoonlikhede kan hanteer
OPSIE 1
• Kry perspektief by ander wat alreeds in 'n soortgelyke situasie was om sodoende
die moeilike werknemer te verstaan. ✓✓
• Tree pro-aktief op indien moontlik, want 'n personeelprobleem is deel van 'n
bestuurder se verantwoordelikheid. ✓✓
• Gereelde vergaderings met opsigters/departementshoofde sal help om die
moeilike/probleem gedrag te identifiseer. ✓✓
• Vra iemand met outoriteit/gesag vir hulle insae in die situasie. ✓✓
• Identifiseer die tipe persoonlikheid wat die probleem skep. ✓✓
• Ontmoet moeilike werknemers privaat, sodat ander werknemers/kwessies nie
hulle aandag aflei nie. ✓✓
• Laat die persoon verstaan wat jou motiewe/redes vir jou optrede is, sodat hy/sy
op sy/haar gemak sal voel. ✓✓
• Werknemers moet aangesê word watter spesifieke gedrag aanvaarbaar is, deur
besonderhede te gee oor wat verkeerd/onaanvaarbaar is en moet ook 'n
geleentheid kry om hulle gedrag te verduidelik. ✓✓
• 'n Sperdatum moet gegee word vir die verbetering van swak/moeilike gedrag.
✓✓
• Die sperdatum moet met die werknemer bespreek word en sy/haar vordering
moet voor die sperdatum gemoniteer/geassesseer word. ✓✓
• Riglyne vir die verbetering moet gegee word. ✓✓
16 van 24
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES/V1 MEMORANDUM 15 OKT 2020
• Moenie die persoon veroordeel nie, maar probeer om hom/haar te verstaan/
Verstaan sy/haar bedoelinge en hoekom hy/sy op 'n sekere manier reageer. ✓✓
• Hou kommunikasiekanale oop en moedig werknemers aan om hulle griewe aan
bestuur te kommunikeer. ✓✓
• Bou 'n vertrouensverhouding deur interpersoonlike verhoudinge met kollegas te
herstel, in plaas daarvan om op e-posse/ sosiale media staat te maak. ✓✓
• Help moeilike werknemers om realisties te wees oor die taak voorhande. ✓✓
• Bly kalm en in beheer van die situasie om die persoon(e) te laat saamwerk. ✓✓
• Behandel mense met respek ongeag of hulle bevoeg is of nie. ✓✓
• Soms is dit nodig om die persoon te ignoreer maar hom/haar te monitor. ✓✓
• Enige ander relevante antwoord wat verband hou met hoe besighede moeilike
mense/persoonlikhede kan hanteer.
EN/OF
OPSIE 2 (Persoonlikhede)
Soorte
Strategie om die persoonlikheid te hanteer
persoonlikheid
Luister na klagtes, maar moenie dit erken nie. ✓ Onderbreek
Klaer✓ die situasie en gaan so gou as moontlik oor tot die
probleemoplossingsproses✓.
Lei hulle deur alternatiewe. ✓ Bly in beheer en beklemtoon die
Besluiteloosheid✓ belangrikheid van besluitneming. ✓ Help hulle om 'n besluit te
maak en die probleem op te los. ✓
Wees ferm en moenie toelaat dat hulle beloftes maak wat hulle
Leë beloftes✓
nie kan nakom nie. ✓ Gaan hulle optrede deeglik na. ✓
Wees ferm en moenie toelaat om by hulle negatiwiteit ingetrek
Negatiwiteit✓ te word nie. ✓ Luister na hulle, maar moenie noodwendig
saamstem nie. ✓
Wees ferm en selfgeldend. ✓ Moet hulle nie beskuldig dat hulle
Deskundige✓ verkeerd is en sodoende by hulle gedrag betrokke raak nie. ✓
Ken jou feite. ✓
Moenie hulle stiltes met jou woorde vul nie. ✓ Wag vir hulle
reaksies/antwoorde. ✓ Moedig hulle aan om deel te neem aan
Stil persoon✓
die proses en gee hulle geleentheid om hulle insette te lewer.
✓ Beperk die tyd vir bespreking. ✓
Laat toe dat hulle praat en afblaas. ✓ Wees ferm, maar moenie
Aggressief✓ hulle aanval nie. ✓ Moenie toelaat dat hulle vyandig is teenoor
andere nie. ✓
LET WEL: (van toepassing op OPSIE 2):
1. Ken 'n maksimum van DRIE (3) punte toe as slegs die soort
persoonlikheid sonder 'n strategie geïdentifiseer word.
2. Ken TWEE (2) punte toe vir die aandui van die strategie
sonder die identifikasie van die soort persoonlikheid/Neem
spesifiek kennis van oorvleueling van strategieë. (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: [80]
17 van 24
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES/V1 MEMORANDUM 15 OKT 2020
AFDELING C
Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling. Merk slegs die EERSTE vraag.
VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (LEIERSKAP EN BESTUUR EN AANBIEDING
VAN INLIGTING)
5.1 Inleiding
• Goeie leiers kan ook goeie bestuurders wees, aangesien albei mense kan
inspireer / lewendig maak en verandering teweeg kan bring. ✓
• Die houding van 'n leier het 'n invloed op die sukses en / of mislukking van die
onderneming. ✓
• Leiers en bestuurders kan geleenthede skep en mense motiveer om produktief
te wees wat lei tot suksesvolle ondernemings. ✓
• Baie bestuurders is ook goeie leiers met uitstekende bestuursvaardighede. ✓
• Visuele hulpmiddels kombineer prente en klank wat die gehalte van die
aanbieding sal verbeter✓
• Visuele hulpmiddels kan help om 'n groot hoeveelheid feite binne 'n kort tydjie
oor te dra✓
• Die keuse van die effektiefste visuele hulpmiddels moet die direkteure se
aandag trek en die logiese vloei van die aanbieding ondersteun✓
• Wanneer die aanbieder op die vrae / opmerkings van die direkteure reageer,
moet die aanbieder nie aggressief / verdedigend wees nie✓ (2)
5.2 Onderskeid tussen leierskap en bestuur
Leierskap Bestuur
Beinvloed menslike gedrag✓ Lei menslike gedrag✓
Innoveer/Moedig nuwe idees aan om Bestuur planne/programme/take om
produktiwiteit te verhoog teikens te bereik✓
Fokus op wat en hoekom✓ Fokus op hoe en wanneer
Bestuur die proses om dinge te doen
Lei mense om aktiewe deelnemers te
wat gedoen word deur
word✓
verantwoordelikheid uit te oefen✓
Leiers het mag/invloed as gevolg van Bestuurders het mag as gevolg van die
sy/haar kennis/vaardighede/ gesagsposisie waarin hulle aangestel
intelligensie✓ word✓
Motiverend / inspirerend in hul
Onderrig in hul benadering✓
benadering✓
Mense georienteerd Taak georienteerd✓
Bestuur deur beplanning, organisering,
Lei deur voorbeeld te stel✓
leiding, beheer✓
Doen dinge reg✓ Doen die regte dinge✓
Submaks (4) Submaks (4) (8)
LET WEL: 1. Die antwoord hoef nie in tabelvorm te wees nie, maar wel in
verskille moet duidelik wees.
2. Ken 'n maks van VIER punte as die verskille nie duidelik is nie.
18 van 24
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES/V1 MEMORANDUM 15 OKT 2020
5.3 Situasionele en transformasie leierskapsteorieë
Situasionele leierskapsteorie
• Verskillende leierskapseienskappe✓ is nodig vir verskillende situasies ✓
• Die taak / situasie dikteer die leierskapstyl wat toegepas moet word, ✓sodat
leiers aanpasbaar / buigsaam / selfversekerd is. ✓
• Verhoudings tussen leiers en werknemers✓ is gebaseer op wedersydse
vertroue / respek / lojaliteit / integriteit / eerlikheid. ✓
• Leiers het die vermoë om die situasie te analiseer ✓/ die geskikste mense in
die regte posisies te kry om take suksesvol te voltooi. ✓
• Kan lei tot konflik ✓wanneer leiers verskillende leierskapstyle gebruik /
wanneer werknemers in verskillende situasies bestuur word. ✓
• Die sukses van hierdie teorie hang af van die soort verhouding✓ wat tussen
die leier en volgelinge / ondergeskiktes / werknemers bestaan ✓
Transformatoriese/Transformasie teorie
• Geskik vir 'n dinamiese omgewing, ✓ waar verandering drasties kan wees. ✓
• Die passie / visie / persoonlikheid van leiers inspireer✓ volgelinge om hul
verwagtinge / persepsies / motivering te verander om te werk aan 'n
gemeenskaplike doelwit. ✓
• Leiers het die vertroue / respek / bewondering✓ van hul volgelinge /
ondergeskiktes. ✓
• Bevorder intellektuele stimulasie / kreatiewe denke / probleemoplossing wat
die groei / ontwikkeling / sukses ✓van die onderneming tot gevolg het. ✓
• Volgers word begelei / gelei / mentor / emosioneel ondersteun✓ deur
transformasie / verandering sodat hulle hul idees vryelik kan deel. ✓
• Moedig volgelinge aan om nuwe dinge / geleenthede✓ te ondersoek / probeer.
✓
• Stel werknemers in staat om groter eienaarskap vir hul werk te neem en hul
sterk en swak punte te ken.✓ (10)
5.4 Die rol van persoonlike houding in suksesvolle leierskap
• Positiewe houding✓ stel leierskapspotensiaal vry. ✓
• 'n Leier se goeie / slegte houding✓ kan die sukses / mislukking van die
onderneming beïnvloed. ✓
• Leiers moet hul sterk en swak punte ken✓ om hul leierskapstyle effektief toe te
pas. ✓
• Groot leiers verstaan dat die regte gesindheid✓ die regte atmosfeer sal stel. ✓
• Leiers se houding kan werknemers✓ se spanne se gedagtes / gedrag
beïnvloed. ✓
• Leiers moet die gedrag wat hulle in spanlede wil sien, ✓ modelleer/’n voorbeeld
stel. ✓
• Suksesvolle leiers oorweeg die vermoëns / vaardighede ✓van spanlede om
take / rolle effektief toe te ken. ✓
• Entoesiasme✓ lewer vertroue in 'n leier. ✓
• 'n Positiewe houding is van kritieke belang vir goeie leierskap, ✓ want goeie
leiers bly by die taak, ongeag probleme / uitdagings. ✓
19 van 24
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES/V1 MEMORANDUM 15 OKT 2020
• Suksesvolle werknemers en leiers het 'n konstante begeerte✓ om te werk en
persoonlike / professionele sukses te behaal. ✓
• Leiers met 'n positiewe houding✓ weet dat daar altyd meer is om te leer / ruimte
om te groei.✓ (10)
5.5 Aspekte om te oorweeg wanneer multimedia-aanbieding ontwerp word
• Begin met die teks / opskrifte✓✓
• Gebruik leesbare skrif en lettergrootte✓✓
• Kies 'n relevante agtergrond. ✓✓
• Kies prente wat die boodskap van die aanbieding ondersteun. ✓✓
• Sluit duidelike en relevante grafika in. ✓✓
• Voeg spesiale effekte by bv. klank en animasies. ✓✓
• Skep 'hyperlinks' om toegang tot ander skyfies / video’s te verkry. ✓✓
• Hou die skyfies eenvoudig en leesbaar. ✓✓
• Maak seker daar is geen taal- en spelfoute nie. ✓✓
• Gebruik helder kleure om sigbaarheid te verhoog. ✓✓
• Formuleer inligting in logiese volgorde. ✓✓
• Beperk die inligting op elke skyfie. ✓✓
• Gebruik foto’s om dit interessant te maak. (10)
5.6 Gevolgtrekking
• Bestuurders kan ook suksesvolle leiers wees as hulle nie net op die taak fokus
nie, maar ook op die mense / werkers wat die taak sal uitvoer✓✓
• Leiers wat verskillende leierskapstyle verstaan, kan moontlik effektief lei en
enige situasie hanteer✓✓
• 'n Leier wat positief / entoesiasties / energiek is, sal sy volgelinge inspireer om
hulself te verbeter / te bemagtig / op te hef om hul eie persoonlike doelwitte te
bereik ✓✓ (2)
20 van 24
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES/V1 MEMORANDUM 15 OKT 2020
VRAAG 5: UITEENSETTING VAN PUNTETOEKENNING
BESONDERHEDE MAKSIMUM TOTAAL
Inleiding 2
Onderskeid tussen leierskap 8
en bestuur
Situationele and
transformasionele teorieë 10
van leierskap en bestuur
Rol van persoonlike 32
ingesteldheid in suksesvolle 10
leiereskap
Aspekte om te oorweeg
wanneer ‘n multimedia 10
aanbieding ontwerp word
Gevolgtrekking 2
INSIG
Struktuur/Uitleg 2
Ananlise/Interpretasie 2
8
Sintese 2
Oorspronklikheid/Voorbeelde 2
TOTALE PUNTE 40
SASO – Vir elke komponent:
Gee 2 punte indien aan al die vereistes voldoen is
Gee 1 punt indien aan sommige vereistes voldoen is
Gee 0 punte waar glad nie aan vereistes voldoen is nie [40]
VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (MENSEREGTE, INKLUSIWITEIT EN OMGEWINGS-
KWESSIES)
6.1 Inleiding
• Diversiteit verwys na die verskeidenheid mense wat in diens geneem is op
grond van op ouderdom/ras/geslag/etniese groepe/mense met
gestremdhede/materiële rykdom/persoonlikhede/hoe werknemers hulself en
andere sien. ✓
• Mense is belangrik in die werksomgewing. ✓
• Besighede moet die kern menseregte in die Konstitusie gelys, handhaaf/hoog
hou. ✓
• Besighede moet die invloed van hul aksies op die omgewing in ag neem. ✓
• Die beskerming van menslike gesondheid teen die skadelike gevolge van ʼn
ongepaste omgewing is een van die fundamentele menseregte vervat in die
Handves van Menseregte. ✓
• Besighede moet stelsels in plek sit om menseregte, inklusiwiteit en
omgewingskwessies te ondersteun. ✓
• Enige ander relevante inleiding wat verband hou met menseregte, diversiteit
en omgewingskwessies in die werkplek. (2)
21 van 24
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES/V1 MEMORANDUM 15 OKT 2020
6.2 Menseregte in die werkplek
6.2.1 Gelykheid/Billikheid
• PCL moet gelyke geleenthede gee/nie diskrimineer teen hulle werknemers✓
op grond van ras/geslag/geloof/seksuele oriëntasie, ✓ ens. nie.
• Gelyke betaling ✓vir werk van gelyke waarde. ✓
• Hulle moet relevante wetgewing regverdig✓ op alle vlakke toepas. ✓ (10)
• Bestuurders moet seker maak dat geen werknemer swaarkry ✓ as gevolg
van diskriminasie nie. ✓
• Enige ander relevante antwoord wat met gelykheid/billikheid verband hou.
Submaks. (4)
6.2.2 Inligting
• Werknemers moet toegang tot inligting te hê, ✓ ingesluit alle inligting wat
deur die regering gehou word, bv. beleide/werkskedules/indiensnemings-
kontrakte/arbeidswetgewing soos WBDV/WGI/WVO, ✓ ens.
• PCL moet deursigtig ✓ in hul finansiële state wees✓ /Werknemers kan met
ʼn motivering✓ versoek om hierdie state te sien. ✓
• Werknemers moet in kennis gestel word✓ soos wat nuwe inligting
beskikbaar gestel word. ✓
• Enige ander relevante antwoord wat met die reg tot inligting verband hou.
Submaks. (4)
6.2.3 Veiligheid/Sekuriteit en Beskerming/Lewe
• Werknemers moet in 'n veilige omgewing werk ✓ sonder gevaarlike
gebiede/produkte. ✓
• PCL moet beskermende drag aan werknemers verskaf, ✓ bv. handskoene
en skoene. ✓
• Hulle moet aan wetgewing voldoen ✓ soos bv. ‘OHSA/COIDA’, ✓ ens.
• PCL moet voorkomende maatreëls te tref✓ om te verseker dat werknemers
en hul besittings veilig in die werkplek is. ✓
• Enige ander relevante antwoord wat met die reg tot veiligheid/sekuriteit en
beskerming/lewe verband hou.
Submaks. (4)
6.3 Positiewe impak/voordele van ʼn diverse arbeidsmag
• Diversiteit van die arbeidsmag verbeter 'n besigheid se vermoë ✓ om
probleme op te los/markte te vernuwe/diverse markte te ondersoek. ✓
• Werknemers waardeer mekaar se diversiteit ✓ en leer om by mekaar aanklank
te vind/te kommunikeer oor grense van verskeidenheid. ✓
• Diversiteit in die werkplek verbeter ✓ moraal/motivering. ✓
• Werknemers toon groter lojaliteit aan die besigheid, ✓ omdat hulle voel dat
hulle gerespekteer/aanvaar/verstaan word. ✓
• Diverse arbeidsmag kan besighede ʼn mededingende voordeel gee, ✓ omdat
hulle beter dienste as ander kan lewer. ✓
• Dit maak goeie besigheidsin/verbeter winsgewendheid, ✓ as verskille
gerespekteer/diversiteit getoon word. ✓
• Diverse besighede verseker dat hul beleide/praktyke✓ elke werknemer
bemagtig om sy/haar beste te lewer/volle potensiaal bereik. ✓
• Klante evalueer besighede al hoe meer ✓ op hoe hulle diversiteit in die
werkplek hanteer/bestuur. ✓
• Werknemers met verskillende agtergronde ✓ kan verskillende perspektiewe na
die besigheid bring. ✓
• Diverse arbeidsmag stimuleer debat ✓oor nuwe/verbeterde maniere om dinge
gedoen te kry. ✓
22 van 24
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES/V1 MEMORANDUM 15 OKT 2020
• Werknemers verteenwoordig verskillende groepe ✓ en kan daarom beter
klante se behoeftes te identifiseer/bevredig. ✓
• Besighede met ʼn diverse arbeidsmag het gewoonlik ʼn beter openbare beeld✓
en kan meer klante lok. ✓
• Enige ander relevante antwoord wat met die positiewe invloed/voordele van ʼn
diverse arbeidsmag verband hou. (10)
Verantwoordelikhede van werknemers in die bevordering van menslike
6.4
gesondheid en veiligheid in die werkplek
• Werknemers moet na hulle eie gesondheid omsien ✓en na veiligheid in die
werkplek. ✓
• Werk saam en kom die reëls en prosedures na✓, bv. dra voorgeskrewe
veiligheids- klere. ✓
• Meld onveilige/ongesonde werksomstandighede✓by die toepaslike
owerhede/bestuur aan. ✓
• Meld ongelukke ✓so gou as moontlik by die werkgewer aan. ✓
• Enige ander relevante antwoord wat verband hou met verantwoordelikhede
van werknemers in die bevordering van menslike gesondheid en veiligheid in
die werkplek. (8)
6.5 Maniere om die omgewing te beskerm en mense se gesondheid te bevorder
• Wette en regulasies moet nagekom word sodat winste nie ten koste van die
omgewing gemaak word nie. ✓✓
• Besoedeling en ander omgewingskwessies moet altyd in alle sake-aktiwiteite
in ag geneem te word, bv. veilige verwydering van afval/storting van skadelike
afval, ✓✓ ens.
• Raak betrokke by omgewingsbewustheidsprogramme. ✓✓
• Die omgewing kan beskerm word deur produksietegnieke aan te pas wat
skoner en groener tegnologie bevorder. ✓✓
• Water vir menslike gebruik moet getoets word voordat dit gebruik word. ✓✓
• Bevorder natuurbewaring deur natuurlike hulpbronne te versorg/om te sien.
✓✓
• Verminder besoedeling deur hergebruik, vermindering en hersirkulering. ✓✓
• Verminder gebruik van goedere/dienste wat nie omgewingsvriendelik is nie.
✓✓
• Registreer/Raak betrokke by erkende instellings/liggame wat groen vrede
(‘green peace’) bevorder. ✓✓
• Fisiese werkstoestande behoort altyd werkervriendelik, veilig te wees en
beroepsgesondheid bevorder. ✓✓
• Fisiese werkstoestande, bv. behoorlike beligting/ventilasie moet beskikbaar en
funksioneel te wees. ✓✓
• Masjiene/Masjinerie moet gereeld gediens/in stand gehou word. ✓✓
• Leer mense oor gesondheidskwessies. ✓✓
• Moedig werknemers aan om vir gereelde mediese ondersoeke te gaan. ✓✓
• Enige ander relevante antwoord wat verband hou met maniere wat PCL kan
implementeer om die omgewing te bewaar en menslike gesondheid te
bevorder.
LET WEL: Geen submaks. vir omgewing en menslike gesondheid nie. (8)
6.6 Gevolgtrekking
• Besighede moet diversiteit doeltreffend aanpak om vooroordele/rassisme/
stereotipering in die werkplek te vermy. ✓✓
• Besighede kan inklusiwiteit bereik deur gelykheid, respek en waardigheid in
die werkplek te bevorder. ✓✓
23 van 24
Downloaded from hlayiso.com
BESIGHEIDSTUDIES/V1 MEMORANDUM 15 OKT 2020
• Besighede moet al die fisiese, chemiese en biologiese faktore in die omgewing
assesseer, beheer en aanpak. ✓✓
• Enige ander relevante gevolgtrekking/slot wat met menseregte/diversiteit en
omgewingskwessies in die werkplek verband hou. (2)
VRAAG 6: UITEENSETTING VAN PUNTETOEKENNING
BESONDERHEDE MAKSIMUM TOTAAL
Inleiding 2
Menseregte in die werkplek 10
Positiewe impak/voordele van ʼn
10
diverse arbeidsmag
Verantwoordelikhede van
werknemers in die bevordering
8 32
van menslike gesondheid en
veiligheid in die werkplek
Maniere om die omgewing te
beskerm en mense se 8
gesondheid te bevorder
Gevolgtrekking
2
INSIG
Struktuur/Uitleg 2
Analise/Interpretasie 2
8
Sintese 2
Oorspronlikheid/Voorbeelde 2
TOTALE PUNTE 40
SASO – Vir elke komponent:
Gee 2 punte indien aan al die vereistes voldoen is
Gee 1 punt indien aan sommige vereistes voldoen is
Gee 0 punte waar glad nie aan vereistes voldoen is nie [40]
TOTAL SECTION C: [40]
GROOT TOTAAL: 150 PUNTE
24 van 24
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Business Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Business Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Business Studies quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Business Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Business Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 KZN Prelim 2024 Memo
Related documents

Question paper
Business Studies Grade 12 Western Cape Mock 2020 Question Paper
%202020%20Preparatory%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--48729a29-53d6-4800-bf7a-8ddb1d000fc1/v1-c0247759dd52e188bca8/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March 2020 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Prelim 2020 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 KZN Prelim 2020 Memo

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)
More from Grade 12 Business Studies

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper
%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng June 2025 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper