Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
BESIGHEIDSTUDIES
2016
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentQuestion paper 

%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)






%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--49c7d55b-6c2c-436c-811b-0cf03cc1d777/v1-24536a5817d2f19214de/card.webp)


View all%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)
Business Studies Grade 12 NSC June 2016 Question Paper
Grade 12 Business Studies question paper from the NSC June Exam 2016, 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Business Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2016. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC June Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 377.0 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 15
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 2 DBE/2016
SSE
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae.
Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit VIER vrae.
Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van
wat vereis word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd
genommer is NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne
wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte
van 'n antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as 'n gids vir punte- en tydtoekenning wanneer
elke vraag beantwoord word.
AFDELING VRAAG PUNTE TYD
A: Objektiewe tipe vrae
VERPLIGTEND 1 40 30 minute
B: VYF direkte/indirekte 2 60 30 minute
tipe vrae 3 60 30 minute
KEUSE (Beantwoord 4 60 30 minute
enige DRIE.) 5 60 30 minute
6 60 30 minute
C: VIER opsteltipe vrae 7 40 30 minute
KEUSE (Beantwoord 8 40 30 minute
enige TWEE.) 9 40 30 minute
10 40 30 minute
TOTAAL 300 180 minute
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, byvoorbeeld
VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.
8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 3 DBE/2016
SSE
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 B.
1.1.1 Hierdie Wet maak voorsiening vir die totstandkoming van die
Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA):
A Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging, 2003
(Wet 53 van 2003)
B Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998)
C Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995)
D Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005)
1.1.2 Watter EEN van die volgende besighede kan onder die tersiêre
sektor geklassifiseer word?
A TRIX Steenkoolmyn
B Toekoms Wynplaas
C Trust Meubelvervaardigers
D ABSA Bank
1.1.3 Zizamele Ingelyf is 'n voorbeeld van 'n …
A privaat maatskappy.
B staatsbeheerde maatskappy.
C persoonlike-aanspreeklikheidsmaatskappy.
D eenmansaak.
1.1.4 Die gedeelte van 'n versekeringseis wat die versekerde moet betaal
wanneer 'n eis ingedien word:
A Bybetaling
B Premie
C Boekwaarde
D Rente
1.1.5 'n Nywerheidsontledingsinstrument gebruik om die uitdagings van die
makro-omgewing te ontleed:
A Porter se Vyf Kragte-model
B PESTWO
C SCAMPER
D Balanstelkaart
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 4 DBE/2016
SSE
1.1.6 Telkom Bpk. is nie net oor hul finansiële posisie begaan nie, maar
ook oor hul maatskaplike en omgewingsuksesse. Hulle doen dus
verslag oor hul ... prestasie.
A winsgewendheids-
B maatskaplike
C Porter se Vyf Kragte-
D drievoudige sleutelaspekte-
1.1.7 Joe glo daaraan om dinge anders te doen om mededingend te bly.
Hy pas ... denke toe om nuwe idees uit te dink.
A konvensionele
B roetine-
C kreatiewe
D induktiewe
1.1.8 'n Klein groepie vrywillige werkers wat gereeld vergader om gehalte-
verwante sake by die werkplek te bespreek:
A Totale gehaltebestuur
B Gehaltesirkel
C Werkersverteenwoordigers
D Gehaltebeheer-groep
1.1.9 Inspeksie van die finale produk om te verseker dat dit aan die
vereiste standaard voldoen:
A Gehaltegaping
B Gehaltebestuur
C Gehalteversekering
D Gehaltebeheer
1.1.10 Effektiewe terugvoering behels die …
A antwoord van vrae na afloop van 'n aanbieding.
B uitdeel van strooibiljette.
C hanteer van moeilike werknemers.
D aanwending van visuele hulpmiddels in 'n verbale aanbieding.
(10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 5 DBE/2016
SSE
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
frontering ('fronting'); vervoer te verskaf; sewentien; maatskaplike;
skuldbriefhouers; tien; aandeelhouers; ekwiteit; aflegging; omgewings-
1.2.1 Besighede kan hul werkers se welstand verbeter deur ...
1.2.2 'n Maatskappy betaal rente aan hul …, ongeag of hulle genoeg wins
gemaak het of nie.
1.2.3 Volgens die bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes,
1997 (Wet 75 van 1997) mag 'n werknemer nie meer as ... uur per
week oortyd werk nie.
1.2.4 Mnr. Ntuli word as een van Bosman Beperk se direkteure genoem,
alhoewel hy as 'n drywer in diens geneem is.
1.2.5 'n Besigheid wat na skoner produksietegnieke oorskakel, bevorder
… bewaring. (5 x 2) (10)
1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Sessie A betaal krediteure vir dienste gelewer
1.3.2 Totale gehaltebestuur B help om take toe te ken volgens
individuele lede se rolle
1.3.3 Plasing
C die versekerde bedrag verleen
1.3.4 Spandinamika-teorieë lewensdekking
1.3.5 Skadeloosstelling D plaas werknemers na ander afdelings
oor
E dra die regte in 'n versekeringspolis na
'n ander party oor
F pas die pos en die werknemer se
vaardighede bymekaar
G streef daarna om defekte te
minimaliseer
H help om die beste leier te identifiseer
I meet die gehalte van die finale produk
J die versekerde bedrag dek slegs verlies
of skade aan eiendom
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 6 DBE/2016
SSE
AFDELING B
Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin,
byvoorbeeld VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE
bladsy, ensovoorts.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 Identifiseer die besigheidsomgewing wat deur ELK van die volgende stellings
voorgestel word en noem die mate waartoe 'n besigheid elk van hierdie
omgewings kan beheer.
Tabuleer jou antwoord soos volg:
BESIGHEIDSOMGEWING MATE VAN BEHEER
2.1.1 Die werkers op Jan se Hoenderplaas is gereeld afwesig. (3)
2.1.2 Ella Bakkery se verskaffers lewer nie betyds voorraad af nie. (3)
2.1.3 Hewige storms het Valley Spysenieringsdienste se geboue vernietig. (3)
2.2 Verduidelik die verskil tussen die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie
en die Menslikehulpbron-ontwikkelingstrategie. (8)
2.3 Beskryf die strategiese bestuursproses. (8)
2.4 Pots-n-Pans Kombuise wil 'n besigheid in 'n gewilde winkelsentrum oopmaak.
Gee hulle raad oor hoe om Porter se Vyf Kragte-model toe te pas wanneer
hulle nuwe markomgewing ontleed word. (10)
2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
THULANE HANDELAARS (TH)
Thulane Handelaars het 50 werknemers wat vir die vervaardiging van hulle
produkte verantwoordelik is. Daar word van alle werkers verwag om hoë
gehalte produkte te lewer, alhoewel slegs jong werknemers die geleentheid
kry om nuwe vaardighede aan te leer. Vroulike werkers word van opleiding
uitgesluit.
2.5.1 Noem die Wet wat vir werknemers voorsiening maak om hul
werksverrigting te verbeter. (1)
2.5.2 Haal handelinge in die scenario hierbo aan wat deur hierdie spesifieke
Wet as diskriminerend beskou kan word. (2)
2.5.3 Motiveer die positiewe impak van hierdie Wet op Thulane Handelaars. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 7 DBE/2016
SSE
2.6 Bespreek die implikasies van die volgende BBSEB-pilare op besighede:
2.6.1 Eienaarskap (4)
2.6.2 Bestuur (4)
2.7 Evalueer die impak van die Wysigingswet op Vergoeding vir Beroeps-
beserings en -siektes ('COIDA'), 1997 (Wet 61 van 1997) op werkgewers en
werknemers. (8)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 8 DBE/2016
SSE
VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
3.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
FANCY CLOTHING (FC)
Patrick is Fancy Clothing se bestuurder. Hy beloon sy werknemers vir die
lewer van hoë gehalte produkte en straf hulle as teikens nie gehaal word nie.
3.1.1 Identifiseer die leierskapstyl wat Patrick gebruik. (2)
3.1.2 Evalueer die impak van Patrick se leierskapstyl op sy besigheid, soos
in die scenario hierbo beskryf. (8)
3.2 Onderskei tussen bestuur en leierskap. (8)
3.3 Beskryf TWEE soorte voorkeuraandele. (6)
3.4 Verduidelik hoe die volgende faktore tot die sukses of mislukking van 'n
vennootskap kan bydra:
3.4.1 Bestuur (4)
3.4.2 Belasting (4)
3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Sarie het 'n sake-eiendom ter waarde van R1 000 000 gekoop, maar sy het
dit vir R800 000 verseker. 'n Vloed het 'n gedeelte van die eiendom vernietig
en skade is op R400 000 beraam.
3.5.1 Identifiseer die versekeringsklousule wat op Sarie se situasie in die
scenario hierbo van toepassing is. (1)
3.5.2 Bereken die bedrag wat die versekeraar aan Sarie sal betaal. (5)
3.5.3 Gee TWEE moontlike redes waarom Sarie haar sake-eiendom
verseker het. (4)
3.6 Broad Way Bank se bemarkingsbestuurder is genooi om 'n PowerPoint-
aanbieding oor hul nuwe bemarkingstrategieë te maak.
3.6.1 Noem VIER voordele van 'n PowerPoint-aanbieding. (8)
3.6.2 Gee die bemarkingsbestuurder raad oor die faktore wat gedurende
die werklike aanbieding in ag geneem moet word. (10)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 9 DBE/2016
SSE
VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE
4.1 Maak 'n lys van SES diversiteitskwessies in die werkplek. (6)
4.2 Noem die probleemoplossingstegniek wat in ELK van die volgende stellings
voorgestel word:
4.2.1 Carl gee sy werknemers die geleentheid om willekeurig idees voor te
stel wat dan op 'n blaaibord geskryf word.
4.2.2 Tony's Consulting se bestuur het 'n lys gemaak van die voordele en
nadele om hulle sakestruktuur te verander.
4.2.3 Shoba Fashion Design se werknemers is versoek om in stilte soveel
as moontlik idees uit te dink en dit dan met ander werknemers
te deel.
4.2.4 Themba Brick & Tile het hul werknemers gevra om verskillende
maniere te ondersoek om hulle produkte aan te pas.
4.2.5 Die direkteur van Jimmy Finansiële Dienste gee voor dat hy by
iemand sit wanneer hy sy eie besluite neem. (10)
4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TREVOR BANDE BPK. (TB)
Trevor Bande Bpk. het werknemers uit verskillende agtergronde in diens.
Party van die werkers vind dit moeilik om ander se oortuigings en waardes te
verdra. Baie werknemers baklei oor die gebruik van die besigheid se beperkte
hulpbronne en ander ignoreer besigheidsreëls.
Die bestuur weier om aan die werknemers se ontevredenheid aandag te gee,
ten spyte daarvan dat 'n formele klag deur sommige werknemers ingedien is.
4.3.1 Haal VIER oorsake van konflik in die scenario hierbo aan. (4)
4.3.2 Beveel maniere aan waarop Trevor Bande Bpk. ELKE oorsaak van
konflik, waarna in VRAAG 4.3.1 verwys word, kan hanteer. (8)
4.4 Bespreek VIER stadia van spanontwikkeling. (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 10 DBE/2016
SSE
4.5 Verduidelik die implikasie van die volgende menseregte vir besighede:
4.5.1 Privaatheid
4.5.2 Gelykheid
4.5.3 Vryheid van spraak en uitdrukking
4.5.4 Veiligheid, sekuriteit en beskerming van lewe (8)
4.6 Onderskei tussen besluitneming en probleemoplossing. (4)
4.7 Die bestuur van Craig Winkels voel dat die besigheid tyd en geld mors deur in
gemeenskappe te belê. Gee hulle raad oor die voordele van korporatiewe
maatskaplike belegging vir besighede. (8)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 11 DBE/2016
SSE
VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
5.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
WILBUR KLEREONTWERPERS (WKO)
Wilbur Klereontwerpers spesialiseer in mansdrag, maar wil ook damesdrag
inbring. Die besigheid soek 'n modeontwerper wat in damesdrag spesialiseer.
Hulle het die vakante pos in die plaaslike koerante en op die Internet
geadverteer.
5.1.1 Identifiseer die soort werwing wat Wilbur Klereontwerpers gebruik en
motiveer jou antwoord. (3)
5.1.2 Analiseer die impak van die soort werwing wat in die scenario hierbo
beskryf word. (8)
5.1.3 Noem 'n ander soort werwing wat Wilbur Klereontwerpers kan gebruik
om 'n geskikte kandidaat te vind. (1)
5.2 Onderhoudvoering is een van die stappe wat in die aanstellingsproses van
nuwe werknemers gebruik word.
5.2.1 Beskryf die doel van 'n onderhoud. (4)
5.2.2 Verduidelik die rol van die aansoeker/applikant gedurende
'n onderhoud. (6)
5.3 Verduidelik die verskil tussen posbeskrywing en posspesifikasie. (4)
5.4 Besighede bied byvoordele aan om werknemers te lok en te behou.
5.4.1 Maak 'n lys van VIER voorbeelde van byvoordele. (4)
5.4.2 Evalueer die impak van byvoordele op besighede. (6)
5.5 Beskryf in breë trekke die gehalte-aanwysers van die bemarkingsfunksie. (8)
5.6 Bespreek die voordele van die implementering van 'n goeie gehaltebestuur-
stelsel in 'n besigheid. (8)
5.7 Brei uit op die voordele van totale kliënte-tevredenheid vir groot besighede. (8)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 12 DBE/2016
SSE
VRAAG 6: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
6.1 Identifiseer die besigheidstrategie wat op ELKE stelling hieronder van
toepassing is:
6.1.1 Hart Leer Bpk. het Smart Skoenvervaardigers (Edms.) Bpk.
oorgeneem.
6.1.2 Tralfaga Steenkoolmyn het van hul onproduktiewe bates verkoop.
6.1.3 Gail Kleinhandelaars verkoop nuwe produkte teen laer pryse.
6.1.4 Speedy Motoronderdele het visvangtoerusting by hul produklyn
gevoeg. (8)
6.2 Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997) het ten doel
om die werksomstandighede van werknemers in Suid-Afrika te verbeter.
Bespreek TWEE soorte verlof wat deur hierdie Wet bepaal word. (6)
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
6.3 Identifiseer die soort versekering wat op ELKE stelling hieronder van
toepassing is:
6.3.1 Zaire sal vergoeding ontvang omdat sy haar werk verloor het as
gevolg van die maatskappy se herstrukturering.
6.3.2 Levy sal vergoed word vir ernstige beserings wat hy op pad werk toe
in 'n taxi-ongeluk opgedoen het. (4)
6.4 Jack wil sy besigheid teen verskillende risiko's verseker. Gee TWEE
voorbeelde ELK van versekerbare risiko's en nie-versekerbare risiko's. (4)
6.5 Tabuleer die verskille tussen privaat maatskappye en publieke/openbare
maatskappye. (8)
BESIGHEIDSROLLE
6.6 Verduidelik die kenmerke van suksesvolle spanne. (6)
6.7 Stel maniere voor waarop besighede moeilike mense/persoonlikhede kan
hanteer. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 13 DBE/2016
SSE
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
6.8 Onderskei tussen die stukwerk-salarisvasstellingsmetode en die tydverwante
salarisvasstellingsmetode. (4)
6.9 Identifiseer die besigheidsfunksie wat deur die gehalteprestasie in ELKE
scenario hieronder voorgestel word:
6.9.1 Susan is verantwoordelik vir die bevordering van die besigheid
se beeld.
6.9.2 Don maak seker dat die besigheid se uitgawes tot 'n minimum
beperk word.
6.9.3 Décor (Edms.) Bpk. gebruik 'n duur liasseerstelsel om die besigheid
se dokumente in orde te hou. (6)
6.10 Gee besighede raad oor hoe om die BDKH-model/-siklus toe te pas as deel
van die deurlopende verbetering van stelsels en prosesse om die gehalte van
hulle produkte te verbeter. (6)
[60]
TOTAAL AFDELING B: 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 14 DBE/2016
SSE
AFDELING C
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
antwoord op ELKE vraag moet boaan 'n NUWE bladsy begin,
byvoorbeeld VRAAG 7 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 8 op 'n NUWE
bladsy, ensovoorts.
VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)
Die instel van die Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008) het
besighede gedwing om die manier waarop hulle sake gedoen het, te verander. Hierdie
Wet het 'n impak op hoe besighede verbruikers behoort te behandel. Besighede soek
nou regsadvies oor die impak van hierdie Wet op hulle bedrywighede.
Gee 'n diepgaande ontleding van die Wet op Verbruikersbeskerming met oorweging
van die volgende aspekte:
• Beskryf in breë trekke die doel van die WVB.
• Bespreek VIER verbruikersregte, soos in die WVB uiteengesit.
• Evalueer die impak van die WVB op besighede.
• Stel praktiese maniere voor waarop 'n besigheid aan hierdie Wet kan voldoen. [40]
VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGINGS)
Tom is 'n eerstejaar-handelstudent wat onlangs 'n groot bedrag geld geërf het. Hy wil
hierdie geld belê om oor drie jaar sy eie besigheid te begin. Tom oorweeg dit om
in gewone aandele op die Johannesburgse Sekuriteitebeurs Bpk. (JSE) en in
RSA-kleinhandelspaareffekte/Regeringskleinhandeleffekte te belê.
Gee Tom raad oor die volgende beleggingsaspekte:
• Bespreek die faktore wat oorweeg moet word wanneer beleggingsbesluite geneem
word.
• Verduidelik die funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs Bpk. (JSE).
• Onderskei tussen saamgestelde rente en enkelvoudige rente.
• Evalueer die impak van RSA-kleinhandelspaareffekte/Regeringskleinhandel-
effekte op beleggers. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Besigheidstudies 15 DBE/2016
SSE
VRAAG 9: BESIGHEIDSROLLE (ETIEK EN PROFESSIONALISME)
Besighede is onder toenemende druk om professioneel, verantwoordelik en eties ten
opsigte van hulle sakebedrywighede te wees. Dit impliseer dat besighede maniere
moet vind om op winste te fokus en om aan professionele, verantwoordelike en etiese
sakepraktyke te voldoen.
Skryf gedetailleerde aantekeninge en verwys na die volgende aspekte:
• Beskryf in breë trekke VYF maniere waarop professionele, verantwoordelike en
etiese sakepraktyk bedryf moet word.
• Onderskei tussen professionele gedrag en etiese gedrag.
• Beskryf hoe prysbepaling van goedere in landelike gebiede, seksuele teistering en
die ongemagtigde gebruik van fondse 'n uitdaging in 'n besigheid is.
• Beveel maniere aan waarop besighede ELK van die onetiese sakepraktyke hierbo
genoem, uit die weg kan ruim. [40]
VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKE HULPBRONNE)
Joe is die menslikehulpbron-bestuurder van Spring Water Bpk. Hy is verantwoordelik
vir die keuring en induksie van nuwe werknemers. Spring Water Bpk. moet 'n nuwe
boekhouer volgens die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998)
aanstel.
As 'n menslikehulpbron-konsultant/-spesialis, gee aandag aan die volgende aspekte:
• Bespreek die keuringsproses wat Joe moet volg wanneer die nuwe boekhouer
aangestel word.
• Brei uit oor die regsvereistes van die indiensnemingskontrak.
• Stel aspekte voor wat by 'n induksieprogram ingesluit moet wees.
• Gee Joe raad oor hoe om aan die Wet op Gelyke Indiensneming te voldoen
wanneer nuwe aanstellings gedoen word. [40]
TOTAAL AFDELING C: 80
GROOTTOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Business Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Business Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Business Studies quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Business Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Business Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper
%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng June 2025 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Eng)
Related documents

Question paper
Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2016 Question Paper

Question paper
Business Studies Grade 12 EC June 2016 Question Paper

Question paper
Business Studies Grade 12 NSC November 2016 Question Paper
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--49c7d55b-6c2c-436c-811b-0cf03cc1d777/v1-24536a5817d2f19214de/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 NSC June 2024 Question Paper (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Business Studies Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Question Paper
More from Grade 12 Business Studies
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)
Question paper