Skip to content

Business Studies Grade 12 NSC November 2016 QP (Afr)

Question paperBusiness StudiesGrade 12201615 pages

Grade 12 Business Studies question paper from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 BESIGHEIDSTUDIES NOVEMBER 2016 PUNTE: 300 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 2 DBE/November 2016 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die hoofonderwerpe. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit VIER vrae Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling. 2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. Geen punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is nie. 4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees. 5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van 'n antwoord te bepaal. 6. Gebruik die tabel hieronder as 'n gids vir punte- en tydtoekenning wanneer jy die vrae beantwoord. AFDELING VRAAG PUNTE TYD A: Objektiewe tipe vrae VERPLIGTEND 1 40 30 minute B: VYF direkte/indirekte 2 60 30 minute tipe vrae 3 60 30 minute KEUSE (Beantwoord 4 60 30 minute enige DRIE.) 5 60 30 minute 6 60 30 minute C: VIER opsteltipe vrae 7 40 30 minute KEUSE (Beantwoord 8 40 30 minute enige TWEE.) 9 40 30 minute 10 40 30 minute TOTAAL 300 180 minute 7. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy, byvoorbeeld VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts. 8. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 3 DBE/November 2016 NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) neer, kies die antwoord en maak 'n kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK. VOORBEELD: 1.1.11 A B C D 1.1.1 Hierdie Wet gee verbruikers toegang tot skuldberaders: A Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging, 2003 (Wet 53 van 2003) B Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998) C Wet op Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet 68 van 2008) D Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005) 1.1.2 Watter EEN van die volgende besighede kan onder die tersiêre sektor geklassifiseer word? A AMC Vervoer B Toekoms Wynlandgoed C West Meubelvervaardigers D Bluerock Steenkoolmyn 1.1.3 'n Nywerheidsontledingsinstrument wat gebruik word om die uitdagings in die makro-omgewing te analiseer: A Porter se Vyf Kragte B PESTWO C 'SCAMPER' D Balanstelkaart 1.1.4 Die …-klousule word toegepas om die bedrag te bepaal wat die versekeraar sal uitbetaal, veral wanneer goedere onderverseker is. A bybetaling B herinbesitstelling C awery D subrogasie 1.1.5 Die huidige en vorige direkteure van 'n … maatskappy is gesamentlik en afsonderlik vir die maatskappy se skuld verantwoordelik. A persoonlikeaanspreeklikheids- B staatsbeheerde C publieke D privaat Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 4 DBE/November 2016 NSS 1.1.6 Hierdie aspek moet in ag geneem word wanneer 'n multimedia- aanbieding ontwerp word: A Inligting moet vorige en huidige feite insluit. B Kies toepaslike beeldmateriaal. C Dek 'n groot hoeveelheid inligting. D Behou oogkontak met die gehoor. 1.1.7 Telkom Bpk. is nie net oor hulle finansiële posisie besorg nie, maar ook oor hulle maatskaplike/sosiale en omgewingsuksesse. Hulle doen daarom verslag oor hulle ... prestasies. A winsgewendheids- B maatskaplike/sosiale C operasionele/bedryfs- D drievoudige sleutelaspekte- 1.1.8 Teorieë oor spandinamika help besighede om … A take aan spanlede met soortgelyke persoonlikhede toe te ken. B goeie verhoudings met spanne te vestig. C totale bevrediging te bevorder. D take volgens die rolle van spanlede toe te ken. 1.1.9 Gehaltesirkels is gewoonlik deel van die TGB('TQM')-element van … A deurlopende verbetering van prosesse en stelsels. B topbestuurbetrokkenheid. C spanwerk. D monitering en evaluering van gehalteprosesse. 1.1.10 Effektiewe terugvoering behels die … A beantwoording van vrae na afloop van 'n aanbieding. B uitdeel van strooibiljette. C onvermoë om moeilike lede van die gehoor te hanteer. D insluiting van visuele hulpmiddele by mondelinge aanbiedings. (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 5 DBE/November 2016 NSS 1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woorde in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. frontering ('fronting'); afgelê; voorkeur; induksieprogram; SAKO ('SAQA'); nepotisme; gewone; afgedank; onderhoud; KVBA ('CCMA') 1.2.1 Die … is 'n formele prosedure wat tussen die kandidate op die kortlys en die werkgewer plaasvind om 'n vakante pos te vul. 1.2.2 Dividende betaalbaar aan … aandeelhouers loop op indien die maatskappy gedurende 'n betrokke finansiële jaar nie genoeg wins gemaak het nie. 1.2.3 'n Werknemer wat onbillik behandel is, kan sy/haar dispuut vir 'n beslissing na die ... verwys. 1.2.4 Mnr. Ngcobo se naam verskyn op Hubar Bpk. se lys van direkteure, alhoewel hy as 'n drywer aangestel is. Hierdie praktyk word ... genoem. 1.2.5 Sammy is … nadat hy aan bedrog skuldig bevind is. (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 6 DBE/November 2016 NSS 1.3 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by 'n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 KMI/KMB A lei tot 'n formele kwalifikasie 1.3.2 Onetiese sakepraktyk B maatreëls wat deur 'n besigheid getref word om die omgewing te beskerm 1.3.3 Leerlingskappe C maak inligting bekend oor 'n produk se 1.3.4 Grief bestanddele wat vir verbruikers skadelik kan wees 1.3.5 Openbarebetrekkinge- funksie D 'n meningsverskil tussen twee persone E oorbeklemtoon produkinligting wat nie getoets is nie F 'n werknemerklagte wat met swak werksomstandighede verband hou G ooreenkoms tussen die werkgewer en werknemer H identifiseer, beplan en bestuur ontwikkelingsprojekte vir die gemeenskap I doen navorsing oor verbruikers se behoeftes J maak gereelde, positiewe mediaberigte oor die besigheid bekend (5 x 2) (10) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 7 DBE/November 2016 NSS AFDELING B Beantwoord ENIGE DRIE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op 'n NUWE bladsy begin, byvoorbeeld VRAAG 2 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 3 op 'n NUWE bladsy, ensovoorts. VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS 2.1 Noem VIER bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997). (4) 2.2 Beskryf in breë trekke die rol van SOOO's ('SETAs') in die ondersteuning van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 1998 (Wet 97 van 1998). (8) 2.3 Identifiseer die verbruikersreg wat op ELK van die volgende beleidsbepalings van Zonke Winkels van toepassing is: 2.3.1 Klante sal vir foutiewe produkte terugbetaal word. 2.3.2 Klante het die keuse om onwelkome direkte bemarking te stop. 2.3.3 Zonke Winkels sal nie vals verklarings oor hulle produkte en dienste publiseer nie. 2.3.4 Zonke Winkels sal kredietbewyse en voorafbetaalde dienste eerbiedig. 2.3.5 Klante sal skriftelik in kennis gestel word van aangepaste klousules in hulle kontrakte wat hulle regte kan inperk. (5 x 2) (10) 2.4 Verduidelik die verskil tussen die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie en die Menslikehulpbron-ontwikkelingstrategie. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 8 DBE/November 2016 NSS 2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TEDDY STEENWERKE (TSW) Teddy Steenwerke spesialiseer in die vervaardiging van bakstene. Een van hulle verskaffers is Sand & Klip, wat soms nie voorraad het nie. TSW se werknemers is gereeld van die werk afwesig. Die besigheid het onlangs 'n lening teen 'n hoë rentekoers by Cash Bank gekry. 2.5.1 Noem die besigheidsektor waarin TSW bedrywig is. Motiveer jou antwoord. (3) 2.5.2 Klassifiseer TSW se uitdagings volgens die DRIE besigheids- omgewings. Dui die mate van beheer wat TSW oor elke omgewing het, aan. Teken die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK oor om jou antwoord aan te bied. UITDAGING BESIGHEIDS- MATE VAN OMGEWING BEHEER (9) 2.6 Stel praktiese maniere voor waarop besighede aan die Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998) kan voldoen. (6) 2.7 Beveel maniere aan waarop besighede die volgende pilare van die Wet op Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003) kan toepas: 2.7.1 Ondernemingsontwikkeling (4) 2.7.2 Bestuur (4) 2.7.3 Voorkeurverkryging (4) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 9 DBE/November 2016 NSS VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE 3.1 Definieer die term versekering en gee TWEE voorbeelde van versekerbare risiko's. (4) 3.2 Noem VIER faktore wat oorweeg moet word wanneer beleggingsbesluite geneem word. (4) 3.3 Beskryf in breë trekke DRIE voordele van gewone aandele. (6) 3.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ANDRIES EN TSHIDI SE BELEGGINGSOPSIES Andries en Tshidi het elk R3 000 om te belê. Andries belê sy geld in 'n spaarrekening by 'n bank waar hy 10% rente per jaar, betaalbaar elke ses maande, sal ontvang. Tshidi belê in 'n fleksiedepositorekening by 'n bank vir twee jaar teen 10% rente, jaarliks saamgestel. 3.4.1 Bereken die rentebedrag wat Andries na 2 jaar sal ontvang. (3) 3.4.2 Bereken die rentebedrag wat Tshidi na 2 jaar sal ontvang. (4) 3.4.3 Identifiseer die beste beleggingsopsie en motiveer die antwoord. (3) 3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. HOPE SE AANBIEDING Hope, 'n finansiële bestuurder, moet haar finansiële verslag by die volgende bestuursvergadering voorlê. Sy beplan om elektroniese skyfies te gebruik en sal gedrukte kopieë van die finansiële verslag verskaf. 3.5.1 Identifiseer TWEE visuele hulpmiddels in die scenario hierbo. (2) 3.5.2 Kies EEN van die visuele hulpmiddels wat in VRAAG 3.5.1 geïdentifiseer is en verduidelik waarom dit doeltreffend is. (8) 3.5.3 Stel faktore voor wat Hope in gedagte moet hou tydens die aanbieding van haar verslag. (10) 3.6 Bespreek die rol van persoonlike ingesteldheid/houding in suksesvolle leierskap. (8) 3.7 Verduidelik hoe die volgende faktore tot die sukses of mislukking van 'n vennootskap kan bydra: 3.7.1 Bestuur (4) 3.7.2 Belasting (4) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 10 DBE/November 2016 NSS VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE 4.1 Noem VIER oorsake van konflik in die werkplek. (4) 4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ELSABE DRUKKERS (ED) Elsabe Drukkers het meer manlike as vroulike werkers in diens. Hulle gebou het nie geriewe vir mense wat rolstoele gebruik nie. Slegs Engels word as kommunikasiemedium in die werkplek toegelaat, ondanks die feit dat sommige werknemers dit nie kan verstaan of praat nie. 4.2.1 Identifiseer TWEE diversiteitskwessies waarna in die scenario hierbo verwys word en motiveer jou antwoord. (6) 4.2.2 Beveel TWEE maniere aan waarop ED elke diversiteitskwessie wat in VRAAG 4.2.1 geïdentifiseer is, moet hanteer. (8) 4.3 Verduidelik hoe besighede kulturele regte in die werkplek kan bevorder. (6) 4.4 Bespreek die rol van gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers om te verseker dat 'n werksomgewing gesond en veilig is. (6) 4.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MAHABIR CASH & CARRY (MCC) MCC verskaf gesubsidieerde behuising en akkommodasie aan hulle werknemers. Hulle moedig werknemers aan om fiks en gesond te bly deur hulle by stresverminderingsaktiwiteite te betrek. 4.5.1 Haal TWEE maniere aan waarop MCC tot die welstand van hulle werknemers bydra. (2) 4.5.2 Gee MCC raad oor DRIE ander maniere waarop hulle tot die welstand van hulle werkers kan bydra. (6) 4.6 Identifiseer die stadium van spanontwikkeling wat in ELKE stelling hieronder van toepassing is: 4.6.1 Spanlede bevraagteken mekaar se idees en opinies. 4.6.2 Die span het rigting sonder inmenging van die leier. 4.6.3 Spanlede is gemaklik en leer meer oor mekaar. (3 x 2) (6) 4.7 Bespreek die negatiewe impak van korporatiewe maatskaplike investering/ belegging (KMI/KMB) op gemeenskappe. (6) 4.8 Beveel strategieë aan wat besighede kan instel om werknemers wat werktyd misbruik, te hanteer. (10) [60] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 11 DBE/November 2016 NSS VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 5.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MARGARET GASTEHUIS (MGH) Margaret Gastehuis het 'n pos vir 'n ontvangspersoon in die plaaslike koerant geadverteer. Die advertensie het die volgende aspekte met betrekking tot die pos bevat: • Die ontvangspersoon is verantwoordelik vir besprekings en die reël van vervoer vir gaste. • Hy/Sy bestuur die stelsel vir die veilige bewaring van gaste se waardevolle artikels. • Aansoekers moet oor 'n diploma in administratiewe bestuur beskik. • Praat-, lees- en skryfvaardighede in Engels is 'n vereiste. • Drie jaar ondervinding in die gasvryheidsbedryf sal 'n voordeel wees. 5.1.1 Noem TWEE posontledingskomponente wat MGH gebruik het om die advertensie saam te stel. Haal TWEE voorbeelde van ELKE komponent uit die scenario hierbo aan. Teken die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK oor om jou antwoord aan te bied. KOMPONENTE VOORBEELDE A. 1. 2. B. 1. 2. (8) 5.1.2 Noem die tipe werwing wat MGH gebruik het om geskikte kandidate vir die vakante pos te vind. Motiveer jou antwoord. (3) 5.1.3 MGH het kandidate op die kortlys vir 'n onderhoud genooi. Verduidelik die rol van die aansoeker/applikant gedurende die onderhoud. (8) 5.2 Verduidelik sifting as deel van die keuringsproses. (4) 5.3 Bespreek die voordele van 'n goeie gehaltebestuurstelsel. (8) 5.4 Onderskei tussen gehaltebeheer en gehalteversekering. (4) 5.5 Beveel gehalteaanwysers vir ELK van die volgende besigheidsfunksies aan: 5.5.1 Algemene bestuur (4) 5.5.2 Aankoopfunksie (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 12 DBE/November 2016 NSS 5.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. COMFI LEER (CL) Comfi Leer vervaardig en verkoop leerprodukte. Die bemarkingsafdeling het klante-opnames gedoen om die behoeftes van klante wat CL se reis- en skooltasse gebruik, te ontleed. Klante is versoek om kommentaar te lewer oor die gehalte van CL se tasse en hulle naverkoopdiens. 5.6.1 Noem die TGB('TQM')-element wat op die scenario hierbo van toepassing is. Motiveer jou antwoord. (3) 5.6.2 Evalueer die impak van die TGB('TQM')-element, wat in VRAAG 5.6.1 geïdentifiseer is, op CL as 'n groot besigheid. (6) 5.6.3 Verduidelik hoe CL die BDKH('PDCA')-model/siklus kan gebruik om hulle prosesse en stelsels deurlopend te verbeter. (8) [60] VRAAG 6: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE BESIGHEIDSOMGEWINGS 6.1 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Besighede is verplig om seker te maak dat werknemers in 'n veilige omgewing werk en dat werkplekbeserings aangemeld word. 6.1.1 Identifiseer die Wet wat op die stelling hierbo van toepassing is. (2) 6.1.2 Beskryf in breë trekke DRIE handelinge wat as diskriminerend beskou kan word, met verwysing na die Wet wat in VRAAG 6.1.1 geïdentifiseer is. (6) 6.2 Beskryf die strategiese bestuursproses. (8) BESIGHEIDSGELEENTHEDE 6.3 Noem DRIE tipes verpligte versekering. (3) 6.4 Identifiseer ELKE tipe belegging wat hieronder beskryf word: 6.4.1 Rente is gewaarborg en word twee keer per jaar uitbetaal of herbelê. 6.4.2 'n Kombinasie van verskillende aandele en sekuriteite word deur 'n fondsbestuurder as 'n gebalanseerde portefeulje uitgesoek en bestuur. (2 x 2) (4) 6.5 Tabuleer die verskille tussen 'n privaat en 'n publieke/openbare maatskappy. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 13 DBE/November 2016 NSS BESIGHEIDSROLLE 6.6 Beveel EEN strategie aan wat gebruik kan word om die volgende moeilike persoonlikhede te hanteer: 6.6.1 Aggressief (2) 6.6.2 Klaer (2) 6.7 Verduidelik die kenmerke van suksesvolle spanne. (4) 6.8 Stel maniere voor waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe besigheidspraktyke uitgevoer behoort te word. (6) BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE 6.9 Identifiseer die besigheidsfunksie wat vir die aktiwiteite in ELK van die volgende scenario's verantwoordelik is: 6.9.1 Sam verseker dat besigheidsdokumente in 'n veilige plek gehou word. 6.9.2 Smart Cell hou veldtogte vir handelsmerkbewusmaking in die gemeenskap waarin hulle bedrywig is. 6.9.3 Die bestuur van Tshepi Slaghuis verseker dat toerusting en masjinerie gereeld in stand gehou word. (3 x 2) (6) 6.10 Gee besighede raad oor hoe Totale Gehaltebestuur (TGB) die koste van gehalte kan verminder. (9) [60] TOTAAL AFDELING B: 180 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 14 DBE/November 2016 NSS AFDELING C Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling. LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet boaan 'n NUWE bladsy begin, byvoorbeeld VRAAG 7 op 'n NUWE bladsy, VRAAG 8 op 'n NUWE bladsy, ensovoorts. VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWINGS (STRATEGIEË) Die mark- en makro-omgewings hou baie uitdagings in vir besigheidsbedrywighede wat 'n negatiewe impak op 'n besigheid se sukses kan hê. Dit is belangrik dat hierdie uitdagings geïdentifiseer word en dat strategieë geformuleer word om dit te kan hanteer. Met inagneming van die scenario hierbo, skryf gedetailleerde aantekeninge oor die volgende aspekte: • Verduidelik hoe besighede Porter se Vyf Kragte-model kan gebruik om die markomgewing te ontleed. • Beskryf DRIE tipes defensiewe strategieë wat besighede kan aanwend om uitdagings in die makro-omgewing te hanteer. • Bespreek die doeltreffendheid van intensiewe strategieë om sake-uitdagings aan te pak. • Stel stappe voor wat besighede kan gebruik om 'n strategie te evalueer. [40] VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BESTUUR EN LEIERSKAP) Suksesvolle besighede glo dat leierskap en bestuur 'n integrale deel van hulle sukses uitmaak. Ander voer aan dat bestuur 'n belangriker rol as leierskap in besighede se sukses speel. Ondersteun die standpunte hierbo deur in jou antwoord na die volgende aspekte te verwys: • Gee TWEE verskille tussen leierskap en bestuur. • Bespreek die situasionele en transformasionele leierskapsteorieë. • Evalueer die impak van outokratiese en transaksionele leierskapstyle op besighede en stel situasies voor waarin elke leierskapstyl toegepas kan word. [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Besigheidstudies 15 DBE/November 2016 NSS VRAAG 9: BESIGHEIDSROLLE (KREATIEWE DENKE) MOJO VERWE Mojo Verwe se bestuur wil die gehalte van hulle verwe verbeter as gevolg van verskeie klagtes deur hulle klante. Hulle het hulle werknemers versoek om met nuwe, kreatiewe idees vorendag te kom oor hoe om hulle produkte te verbeter om sodoende klante se behoeftes te bevredig. Verwys na die scenario hierbo en skryf 'n opstel waarby jy die volgende aspekte insluit: • Onderskei tussen besluitneming en probleemoplossing. • Verduidelik hoe Mojo Verwe die Delphi-tegniek en nominalegroep-tegniek kan toepas om hulle besigheid se probleem op te los. • Bespreek die voordele van kreatiewe denke. • Beveel praktiese maniere aan waarop Mojo Verwe 'n omgewing kan skep wat kreatiewe denke stimuleer. [40] VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKE HULPBRONNE) SIPHO HANDELAARS Die bestuur van Sipho Handelaars het onlangs Kobie as hulle bemarkingsbestuurder aangestel. Die besigheid is veronderstel om Kobie te oriënteer en dienooreenkomstig te plaas. Kobie verwag van Sipho Handelaars om sy bestuursvaardighede te ontwikkel. As 'n menslikehulpbron-konsultant, gee 'n gedetailleerde verslag oor die volgende menslikehulpbron-aktiwiteite: • Verduidelik die doel van induksie en noem VYF aspekte wat by 'n induksieprogram ingesluit moet word. • Gee Sipho Handelaars raad oor die plasingsprosedure wat hulle moet volg. • Bespreek die implikasies van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998) op die menslikehulpbron-funksie. • Beveel SES aspekte aan wat by Kobie se indiensnemingskontrak ingesluit moet word. [40] TOTAAL AFDELING C: 80 GROOTTOTAAL: 300 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Business Studies

View all