Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2016
BESIGHEIDSTUDIES
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
*BUSTA*
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Skip to contentQuestion paper 

%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)









View all%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)




%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)
Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2016 Question Paper
Grade 12 Business Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Business Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Business Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 455.4 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 BESIGHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2016)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek al die hoofonderwerpe.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae.
Beantwoord enige DRIE van die vyf vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit VIER vrae.
Beantwoord enige TWEE van die vier vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
vereis word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is. Geen punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is
nie.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ʼn
antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as ʼn gids vir punte- en tydstoekenning wanneer elke vraag
beantwoord word.
AFDELING VRAAG PUNTE TYD
A: Objektiewe tipe vrae
1 40 30 minute
VERPLIGTEND
B: VYF direkte/indirekte tipe 2 60 30 minute
vrae 3 60 30 minute
KEUSE (Beantwoord 4 60 30 minute
enige DRIE.) 5 60 30 minute
6 60 30 minute
C: VIER opsteltipe vrae 7 40 30 minute
KEUSE (Beantwoord 8 40 30 minute
enige TWEE.) 9 40 30 minute
10 40 30 minute
TOTAAL 300 180 minute
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ʼn nuwe bladsy, byvoorbeeld VRAAG 1 – nuwe
bladsy, VRAAG 2 – nuwe bladsy, ensovoorts.
8. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) BESIGHEIDSTUDIES 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 E.
1.1.1 Die leierskapstyl waarvolgens die leier vir die werkers sê wat gedoen
moet word en hoe dit gedoen moet word sonder om hul insette en idees
in ag te neem, word ʼn ... leierskapstyl genoem.
A demokratiese
B outokratiese
C burokratiese
D laissez-faire
1.1.2 Die doel van die Wet op …, is om kinder- en gedwonge arbeid te
verbied.
A Vaardigheidsontwikkeling
B Gelyke Indiensneming
C Basiese Diensvoorwaardes
D Arbeidsverhoudinge
1.1.3 Aandele wat volgens ʼn vaste koers uitbetaal en wat eerste uitbetaal
voor enige ander aandeel uitbetaal word, word ... aandele genoem.
A voorkeuraandele
B bonus
C gewone
D buitengewone
1.1.4 ... behels om die regte werknemer vir ʼn spesifieke werk te vind.
A Keuring
B Induksie
C Plasing
D Werwing
1.1.5 In hierdie spandinamika teorie word die volgende drie kategorieë
gebruik; serebrale, aksie en mense.
A Margerison-McCann-profiele
B Belbin se rol-teorie
C Jungiaan
se teorie
D Groepkonsensus
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 BESIGHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2016)
1.1.6 Die ... is ʼn wettige dokument tussen die werkgewer en werknemer.
A huurkontrak
B aanstellingsbrief
C aanvaardingsbrief
D indiensnemingskontrak
1.1.7 Hierdie funksie skep ʼn gunstige beeld vir die besigheid.
A Menslike hulpbron
B Risikobestuur
C Openbare betrekkinge
D Algemene Bestuur
1.1.8 Wanneer R5 000 teen 12% rente jaarliks saamgestel belê word, wat
sal die waarde van die belegging na drie jaar wees?
A R752,64
B R7 024,64
C R2 024,64
D R6 800
1.1.9 Hierdie ondernemingsvorm het beperkte kontinuïteit.
A Privaat maatskappy
B Beslote korporasie
C Vennootskap
D Openbare maatskappy
1.1.10 Watter van hierdie strategieë vorm nie deel van die defensiewe
strategieë nie?
A Diversifikasie
B Aflegging
C Likwidasie
D Ontbondeling
(10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) BESIGHEIDSTUDIES 5
1.2 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 (Konglomerate/Horisontale) diversifikasie is ʼn strategie waar ʼn
besigheid nuwe produkte of dienste byvoeg wat onverwant is aan
bestaande produkte, maar wat nuwe groepe kliënte aantreklik sal vind.
1.2.2 Korporatiewe sosiale (verantwoordelikheid/belegging) is die verpligting
of plig wat ʼn besigheid het teenoor die samelewing en die omgewing
waarbinne dit bedryf word.
1.2.3 Kwaliteits- (versekering/beheer) gebruik maatreëls wat gebruik word
om afwykings van vasgestelde standaarde met betrekking tot die
produksie van ʼn produk of diens te identifiseer, uit te skakel en te
voorkom.
1.2.4 (Personeelontwikkeling/Induksie)-programme poog om bestaande
werknemers met basiese kennis en vaardighede toe te rus.
1.2.5 ʼn (Maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid/Openbare
maatskappy) word nie deur wet verplig om hulle finansiële state te
oudit nie.
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 BESIGHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2016)
1.3 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A‒J) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 J.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Dispuut A ʼn Klagte van ’n werknemer oor iets wat hy of sy
as verkeerd of onbillik in die werkplek beskou
1.3.2 Strategie B ʼn Groeistrategie waardeur die besigheid probeer
om nuwe produkte aan bestaande markte
bekend te stel
1.3.3 Arbitrasie C Meningsverskil of onmin tussen die bestuur en
werknemers
1.3.4 Grief D ʼn Plan van aksie om ʼn doelwit te bereik
1.3.5 Produk- E ʼn Ooreenkoms tussen alle partye deur ʼn proses
ontwikkeling van samesprekings om mekaar te oortuig
F Die werkgewer sluit die werknemers by hul
werkplek uit totdat daar aan sekere voorwaardes
voldoen word
G Die proses waar partye hulle verskille van ʼn
geskil indien by ʼn onafhanklike persoon wat ʼn
uitspraak lewer
H Dit is ʼn onderhandeling wat deur ʼn onafhanklike
party gedoen word om verskille op te los
I ʼn Groeistrategie waardeur die besigheid probeer
om nuwe produkte of dienste aan bestaande
markte bekend te stel
(5 x 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) BESIGHEIDSTUDIES 7
AFDELING B
Beantwoord enige DRIE vrae van die volgende vyf vrae in AFDELING B. Begin
ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWING
2.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TABLE TOP
Die werkers van Table Top, ʼn meubelvervaardigingsmaatskappy in die Oos-
Kaap kla by hul vakbond dat hulle lang ure sonder rusperiodes werk. Hulle
word ook gedwing om oortyd te werk sonder ekstra vergoeding en alle
aansoeke vir verlof hierdie jaar is afgekeur. Hulle is baie ontsteld en dreig om
te staak.
2.1.1 Identifiseer die wet waaraan Table Top nie voldoen nie. (2)
2.1.2 Identifiseer DRIE maniere waarop Table Top nie aan die wet
geïdentifiseer in VRAAG 2.1.1 voldoen nie. (3)
2.1.3 Verduidelik breedvoerig, die diensvoorwaardes, na aanleiding van die
wet geïdentifiseer in VRAAG 2.1.1 in terme van:
(a) Werktyd (4)
(b) Verlof (4)
(c) Oortyd (4)
2.2 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Die Wet op Verbruikersbeskerming, 2008 (Wet 68 van 2008) (WVB) het tot
verbruikers se redding gekom wat ongelukkig was om aan die ontvangkant van
oorbespreking ten opsigte van die verskaffing van goedere en dienste te wees.
2.2.1 Beskryf VIER verbruikersregte uiteengesit in die Wet op
Verbruikersbeskerming. (8)
2.2.2 Evalueer die impak van die Wet op Verbruikersbeskerming op
verbruikers. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 BESIGHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2016)
2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
FASHION FACTORY
Luko Kupa is die algemene bestuurder van Fashion Factory wat Afrika rokke
vervaardig. Hulle rokke word suksesvol plaaslik bemark, maar sterk oorsese
kompetisie bemoeilik dit vir hulle om die internasionale mark te betree.
Frank as menslike hulpbronne bestuurder is ʼn baie ervare bestuurder, maar hy
het nie baie kennis van die nuwe arbeidswetgewing nie.
Die verskaffer van die materiaal wat Fashion Factory gebruik is nie baie
betroubaar nie en het gereeld ʼn te kort aan voorraad. Die styging in die
brandstofprys is ook kommerwekkend vir Luko.
Die Dispatch het ʼn artikel geplaas oor die sosiale ekonomiese probleem in die
Oos-Kaap en het die hoë vlakke van HIV/Vigs, werkloosheid, misdaad en
armoede uitgelig.
2.3.1 Noem die sakesektor waarin Fashion Factory bedryf word en motiveer
jou antwoord. (3)
2.3.2 Identifiseer VIER uitdagings in die gevallestudie hierbo. Noem die
omgewing waarin ELKE uitdaging behoort.
VRAAG 2.3.2 moet volgens die opskrifte wat in die tabel hieronder
gegee word, beantwoord word. Teken die tabel in die
ANTWOORDEBOEK oor.
UITDAGING OMGEWING
(a) (1) (2)
(b) (1) (2)
(c) (1) (2)
(d) (1) (2) (12)
2.4 Omskryf in breë trekke TWEE strategie-evalueringsaktiwiteite. (4)
2.5 Stel maniere voor waarop ʼn besigheid die voorskrifte van die Wet op
Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998) kan nakom. (8)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) BESIGHEIDSTUDIES 9
VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
3.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Ava het R20 000 in ʼn redenaarskompetisie gewen. Sy kan nie besluit of sy
haar geld in RSA Kleinhandelspaareffekte of effektetrusts wil belê nie.
3.1.1 Identifiseer die tipe beleggings waarna daar in die bostaande scenario
verwys word. (2)
3.1.2 Verduidelik die verskille tussen die twee tipes beleggings in
VRAAG 3.1.1 genoem. (8)
3.1.3 Noem TWEE faktore wat oorweeg moet word met die keuse van ʼn
belegging. (2)
3.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Paul besit ’n fabriek buite Port Elizabeth. Sy fabriek was deur ʼn brand
beskadig. Die skade aan die fabriek was op R300 000 beraam. Sy
versekeringsmaatskappy is nie bereid om die volle bedrag van die eis uit te
betaal nie, aangesien die fabriek net vir R780 000 verseker was en die huidige
markwaarde R1,2 miljoen is.
3.2.1 Is brandversekering ʼn verpligte of ʼn nie-verpligte vorm van
versekering? Motiveer jou antwoord. (3)
3.2.2 Paul het sy fabriek onderverseker toe hy sy fabriek vir R780 000
verseker het. Verduidelik die term ‘onderversekering’. (2)
3.2.3 Bereken die bedrag wat Paul van die versekeringsmaatskappy sou
ontvang het. (5)
3.3 Bespreek hoe die volgende faktore tot die sukses en/of mislukking van ʼn privaat
maatskappy kan lei:
3.3.1 Kapitaal (4)
3.3.2 Bestuur (4)
3.3.3 Wetgewing (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 BESIGHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2016)
3.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Ruth Mboma die nuwe hoof uitvoerende beampte (CEO) van Wooltech het
onlangs die jaarlikse finansiële resultate vir die bestuursraad aangebied.
3.4.1 Beskryf die faktore wat Ruth in aanmerking moet neem wanneer sy vir
die voorlegging/aanbieding voorberei. (10)
3.4.2 Omskryf in breë trekke VYF aspekte wat Ruth in gedagte moet hou
wanneer sy terugvoering hanteer en op hulle vrae reageer. (10)
3.5 Verduidelik TWEE nadele van ʼn vennootskap. (6)
[60]
VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE
4.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
EDGE LINE
Edge Line is ʼn besigheid in Oos-Londen wat dekoratiewe eetgerei vervaardig
en verskaf aan die Grens area. Die afgelope tyd het die bestuur bekommerd
geraak oor kwessies rakende produktiwiteit en stygende uitgawes. Hulle het
besluit om hulle personeel vir ʼn vasgestelde tyd te observeer.
Tydens die personeel waarneming het dit duidelik geword hoekom hierdie twee
uitgawes aansienlik gestyg het. Die werknemers spandeer ʼn aansienlike
hoeveelheid van die skryfbehoeftes aan hulle kinders se skoolprojekte by die
werk en neem ook skryfbehoeftes huis toe. ʼn Groot hoeveelheid tyd word ook
in die kombuis spandeer deur koffie en tee te maak en te sosialiseer.
4.1.1 Identifiseer EEN kwessie wat etiese en professionele gedrag in die
scenario uitdaag. (1)
4.1.2 Stel TWEE maniere voor waarop Edge Line die kwessie geïdentifiseer
in VRAAG 4.1.1 kan aanspreek. (4)
4.1.3 Pas die stappe van probleemoplossing toe om Edge Line se uitdagings
aan te spreek. (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) BESIGHEIDSTUDIES 11
4.2 Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TWIZZA SLAAN ’N SES!
“TWIZZA BORG ’N SES-AAN-’N-KANT KRIEKETTOERNOOI”
Twizza was die trotse borg om ʼn ses-aan-ʼn-kant kriekettoernooi met koeldrank
te verskaf. “Julle ondersteuning sal baie nuwe geleenthede vir hierdie jong
spelers verskaf en ook help om hulle krieketvaardighede te ontwikkel. Hierdie
geleenthede sal hulle dissipline en karakter verbeter, op sowel as af van die
veld af, wat waardevol is vir hul toekoms,” het die hoofafrigter van die Krieket
Akademie, Herman Venter, gesê.
[Geskryf en uitgereik deur Twizza]
4.2.1 Haal aan uit die bostaande artikel DRIE voordele van TWIZZA SLAAN
ʼn SES vir die gemeenskap. (3 x 2) (3)
4.2.2 Bespreek voordele vir TWIZZA deur in ʼn Korporatiewe
Maatskaplike/Sosiale Verantwoordelikheid (KMV/KSV) program te
belê. (3 x 2) (6)
4.2.3 Verduidelik die uitdagings vir TWIZZA deur in ʼn Korporatiewe
Maatskaplike/Sosiale Verantwoordelikheid (KMV/KSV) program te
belê. (3 x 2) (6)
4.2.4 Gee in breë trekke DRIE praktiese maniere waarop Twizza se
Korporatiewe Maatskaplike/Sosiale Investeringsprojekte (KMI/KSI) tot
die gemeenskap kan bydra bo en behalwe deur koeldrank by
sportbyeenkomste te borg. (3 x 2) (6)
4.3 Noem VYF moontlike oorsake van konflik in ʼn span. (10)
4.4 Verduidelik die VIER stadiums van spanontwikkeling. (12)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 BESIGHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2016)
VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
5.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MBASHE ONDERNEMING
Die menslikehulpbron-bestuurder van Mbashe Onderneming het
geïdentifiseer dat die maatskappy het ʼn tekort aan werkers met die nodige
vaardighede om hulle pligte uit te voer. Sy het ʼn advertensie in die plaaslike
koerant geplaas om ʼn geskikte kandidate te vind.
5.1.1 Identifiseer TWEE menslikehulpbron-aktiwiteite waarna daar in die
bostaande scenario verwys word. (2)
5.1.2 Verduidelik die proses van keuring wat Mbashe Onderneming sal
gebruik wanneer die mees geskikte kandidaat gekeur word. (8)
5.1.3 Omskryf in breë trekke die voordele van eksterne werwing. (8)
5.2 Lees die scenario hieronder en antwoord die vrae wat volg.
TOM SE LOODGIETER DIENSTE
Tom het twee werkers wat by Tom se Loodgieter Dienste werk. Die loodgieter
verdien ʼn salaris met ʼn mediese- en selfoontoelaag. Die assistent verdien
R15/uur.
5.2.1 Identifiseer TWEE soorte byvoordele wat in die bostaande scenario (2)
genoem is.
5.2.2 Evalueer die impak van byvoordele op die besigheid. (8)
5.3 Bespreek die impak van die Wet op Gelyke Indiensneming op die menslike
hulpbron-funksie wanneer nuwe aanstellings gemaak word. (6)
5.4 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Kwaliteit is ʼn baie belangrike deel van enige besigheid, of dit in die handel,
vervaardiging- of dienste-sektor is.
Stel gehalte-aanwysers in die volgende besigheidsfunksies voor:
5.4.1 Administrasie (6)
5.4.2 Bemarking (6)
5.5 Gee raad aan besighede oor hoe die deurlopende verbetering van prosesse
en stelselsiklus (BDKH) die gehalte van produkte en dienste kan verbeter. (6)
5.6 Bespreek die impak van ‘deurlopende vaardigheidsontwikkeling/onderwys en
opleiding’ as ʼn element van Totale Gehaltebestuur (TGB) op ʼn groot
besigheid. (8)
[60]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) BESIGHEIDSTUDIES 13
VRAAG 6: DIVERSE/ALLERLEI ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWING
6.1 Identifiseer ʼn spesifieke besigheidstrategie in elk van die volgende
scenario’s.
6.1.1 Die Eco Group-maatskappye besit, onder meer, Eco Records
(musiekbedryf), Eco Atlantic (lugdiensbedryf) en Eco Active
(ontspanningsbedryf).
6.1.2 Bonny Cellphones het sy besigheid in Saoedi-Arabië begin en het
nou ook die Suid-Afrikaanse selfoonmark betree.
6.1.3 ʼn Motorvervaardigingsbesigheid het eienaarskap van ʼn motorbattery
vervaardiger bekom.
6.1.4 Walter Bpk. het al sy bates verkoop in ʼn poging om krediteure te
betaal.
6.1.5 Ludo klerewinkels het Real Klerewinkels oorgeneem.
(5 x 2) (10)
6.2 Noem die VYF magte/kragte van Porter se model. (5)
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
6.3 Noem DRIE verpligte tipes versekering. (3)
6.4 Verduidelik die funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs/
Effektebeurs. (6)
6.5 Evalueer die doeltreffendheid van die gebruik van ʼn dataprojektor/PowerPoint
wanneer besigheidsinligting aangebied word. (6)
BESIGHEIDSROLLE
6.6 Beskryf die korrekte prosedure om griewe in die werkplek te hanteer. (8)
6.7 Stel maniere voor waarop besighede ʼn omgewing kan skep wat kreatiewe
denke bevorder. (6)
BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
6.8 Noem TWEE besonderhede van ʼn indiensnemingskontrak. (4)
6.9 Onderskei tussen posbeskrywing en posspesifikasie. (6)
6.10 Bespreek die impak van Totale Gehaltebestuur indien besighede dit swak
implementeer. (6)
[60]
TOTAAL AFDELING B: 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 BESIGHEIDSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2016)
AFDELING C
Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan.
Die antwoord op ELKE vraag moet boaan ʼn nuwe bladsy begin,
byvoorbeeld VRAAG 7 op ʼn nuwe bladsy, VRAAG 8 op ʼn nuwe
bladsy, ensovoorts.
VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWING
Die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) (Nr. 66 van 1995) is ʼn Suid-Afrikaanse
wetgewing wat ten doel stel om ekonomiese ontwikkeling, maatskaplike
geregtigheid, arbeidsvrede en demokrasie in die werkplek te bevorder.
Met verwysing na die stelling hierbo:
Omskryf in breë trekke die regte van die werknemers en werkgewers soos
gespesifiseer in die Wet op Arbeidsverhoudinge.
Bespreek die doel van die Wet op Arbeidsverhoudinge.
Verduidelik optrede/handelinge wat deur hierdie Wet as diskriminerend beskou
kan word.
Analiseer die impak van hierdie Wet op besighede. [40]
VRAAG 8: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
“Effektiewe bestuur is die klim van die leër van sukses; leierskap bepaal of die leer
teen die regte muur leun.”
Stephen Covey
Skryf ʼn verslag oor die volgende aspekte:
Onderskei tussen bestuur en leierskap.
Bespreek die volgende VIER leierskapstyle:
- Outokratiese
- ‘Laissez-Faire’
- Burokratiese
- Demokratiese
Stel EEN situasie voor waarin elk van die bogenoemde leierskapstyle in die
werkplek gebruik kan word.
Verduidelik die effek van ʼn persoonlike houding/ingesteldheid in suksesvolle
leierskap. [40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) BESIGHEIDSTUDIES 15
VRAAG 9: BESIGHEIDSROLLE
POOL CLEAN LIMITED (PCL)
Pool Clean Limited (PCL) is ʼn nuutgestigte maatskappy wat swembad skoonmaak-
dienste aan swembad eienaars lewer. PCL wil besigheidsbeleide ontwikkel wat
menseregte, inklusiwiteit en omgewingskwessies in die werkplek aanpak.
Skryf ʼn opstel oor die volgende aspekte:
Verduidelik hoe PCL-beleide enige VYF menseregtekwessies in die werkplek
kan aanpak.
Bespreek die positiewe impak/voordele van ʼn diverse arbeidsmag.
Adviseer PCL hoe hulle geslags- en armoedekwessies in die werkplek moet
aanpak.
Beveel maniere aan hoe PCL die omgewing kan beskerm en menslike
gesondheid kan bevorder. [40]
VRAAG 10: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
Gehalte van prestasie is in alle besighede noodsaaklik. Sonder ʼn
gehaltebestuurstelsel sal die besigheid probleme ervaar. Gehalte moet daarom
voortdurend verbeter word om hoë standaarde te handhaaf.
Met verwysing na die stelling hierbo:
Bespreek enige VIER elemente van Totale Gehaltebestuur (TGB).
Beskryf in breë trekke die voordele wat die implementering van ʼn goeie
gehaltebestuurstelsel vir ʼn besigheid inhou.
Stel maniere voor waarop besighede die koste van gehalte deur middel van
TGB kan verminder. [40]
TOTAAL AFDELING C: 80
GROOTTOTAAL: 300
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Business Studies notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Business Studies questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Business Studies quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Business Studies past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Business Studies and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper
%20June%202025%20%20Possible%20Asnwers--4ebc816c-e285-4ea9-908e-0168044732f4/v1-46f460592da3f68239bc/card.webp)
Question paper
Business Studies Grade 12 P2 Gauteng June 2025 QP (Afr)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Eng)
Related documents

Memorandum
Business Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2016 Memo

Question paper
Business Studies Grade 12 EC June 2016 Question Paper

Question paper
Business Studies Grade 12 NSC June 2016 Question Paper

Question paper
Business Studies Grade 12 NSC November 2016 Question Paper

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Eng)

Question paper
Business Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
More from Grade 12 Business Studies
%20June%202025%20Possible%20Answers--f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85/v1-a090b324ce237899a944/card.webp)
Memorandum
Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Business Studies Grade 12 KZN March Test 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 1 Mpumalanga Mock 2025 Memo

Memorandum
Business Studies Grade 12 Paper 2 Mpumalanga Mock 2025 Memo
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580/v1-16192050a36172f1cbdf/card.webp)
Question paper