Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2015
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1
PUNTE: 180
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye, insluitend ʼn bylaag.
Skip to contentAll 2015 papers 





View all
Computer Applications Technology Grade 11 P1 2015 QP (Afr)
Grade 11 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape November 2015
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. As gevolg van die aard van hierdie drie-uur-eksamen is dit belangrik om
daarop te let dat jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die
einde van die eksamensessie te verlaat NIE.
2. Tik jou naam en van in die bladsyboskrif (‘header’) van elke dokument wat jy
skep of stoor.
3. Die toesighouer sal ʼn disket met al die lêers wat vir die eksamen benodig
word, aan jou gee, of jy sal ingelig word waar die lêers op die netwerk of
rekenaar gevind kan word. Indien ʼn disket aan jou uitgereik is, moet jy jou
naam en van op die etiket skryf. Indien jy op ʼn netwerk werk, moet jy die
instruksies wat deur die toesighouer gegee word, volg.
4. ʼn Kopie van die meesterlêers (‘master files’) sal by die toesighouer beskikbaar
wees. Indien daar enige probleme met ʼn lêer is, mag jy die toesighouer vir ʼn
ander kopie vra.
5. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as ʼn voorsorgmaatreël teen
moontlike kragonderbrekings.
6. Lees deur ELKE vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos.
MOENIE meer doen as wat die vraag vereis nie.
7. Aan die einde van die eksamen moet jy die disket wat deur die toesighouer
aan jou gegee is, inlewer met al die antwoordlêers daarop gestoor, of jy moet
seker maak dat al die antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos
wat deur die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is. Maak absoluut
seker dat AL die lêers gelees kan word.
8. Let daarop dat GEEN drukwerk vereis word NIE.
9. Gedurende die eksamen mag jy gebruik maak van die hulpfunksies van die
programme wat jy gebruik. Jy mag GEEN ander hulpbronmateriaal gebruik
NIE.
10. Indien data uit ʼn vorige vraag wat jy nie kon beantwoord nie afgelei word,
moet jy steeds voortgaan met die vrae wat volg.
11. Formules en/of funksies moet vir ALLE berekeninge in vrae wat sigbladwerk
(‘spreadsheets’) behels, gebruik word, tensy anders aangedui. Absolute-
selverwysing moet slegs waar nodig gebruik word om te verseker dat die
formules korrek is wanneer hulle na ander selle in die sigblad gekopieer word.
12. In ALLE vrae wat woordverwerking behels, moet die taal op English (South
African) gestel word. Die papiergrootte word as A4-portret (‘Portrait’) aanvaar,
tensy anders aangedui.
13. Alle meeteenhede moet op sentimeters gestel word.
14. Hierdie vraestel bestaan uit sewe vrae. Beantwoord AL die vrae.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 3
LET WEL:
Die Datadisket wat jy saam met hierdie vraestel ontvang bevat die lêergids en al die lêers
wat hieronder aangedui word. Maak seker dat jy die lêergids en AL die lêers het voordat jy
met hierdie eksamen begin:
About Us Pdf document
Q1Why give blood Microsoft processing file
Q2Donor Image file
Q2Thanks4Giving Microsoft processing file
Q3Droplets Image file
Q3Fundraising Spreadsheet file
Q4SaveALife Spreadsheet file
Q4DonateBlood Image file
Q5Donate Image file
Q5MatricHelp Database file
Q6HTML HTML file
Q6Blood Unit Image file
Q7Email Microsoft processing file
Q7Emaillist Spreadsheet file
Q7Screenshot Microsoft processing file
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
SCENARIO
Sosiale bewustheid in skole is belangrik om te verseker dat die leerders mense wat
deur siektes soos kanker, bloedsiektes, ens. geaffekteer word, respekteer. Fondse
word ook somtyds benodig om fondsinsamelings en bewustheidsveldtogte te
ondersteun. Jou skool het besluit om mense/leerders bewus te maak van die
belangrikheid om bloed te skenk.
Die Rekenaartoepassingstegnologie leerders is deur die skoolhoof gevra om
behulpsaam te wees met:
Redigering van dokumente.
Opstel en instandhouding van sigblaaie en databasisse.
Bestuur en opdatering van ʼn webtuiste.
VRAAG 1: WOORDVERWERKING
Jy word versoek om navorsing te doen oor ‘Waarom moet ons bloed skenk’. Jy het op
interessante feite afgekom maar dit is nodig om die dokument te redigeer om dit ʼn
meer professionele uitleg te gee.
Maak die dokument Q1Why give blood oop.
1.1 Voeg ʼn voorblad (Cover Page) in die dokument in. Die voorblad moet
soos volg vertoon:
1.1.1 Kies die Motion voorblad (Cover Page). (1)
1.1.2 Tik die dokumentnaam, jou naam en van en die datum in die
aangeduide velde in. Verwyder enige ander inligting. (2)
1.2 Bring die volgende veranderinge aan die opskrif ’Why should I donate’ aan.
Verander die font na WordArt/FontWorks
Grootte 40 (2)
1.3 Verander die Normal styl (style) soos volg:
1.3.1 Die styl se skryfstyl (font) moet “Algerian” wees, in ʼn blou kleur vertoon
en 16 pt in grootte wees. (2)
1.3.2 Pas die veranderde styl toe op die teks wat in rooi vertoon onder die
opskrif: Donation procedures: “It's easy ....here's how” and “Are There
Any Risks”. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 5
1.4 Skep ʼn inhoudsopgawe (table of contents) op ʼn bladsy na die voorblad.
1.4.1 Die inhoudsopgawe moet in dieselfde formaat wees as die een wat in
die skermkopie hieronder vertoon word:
LET OP
Slegs opskrifte wat met die styl Heading 1 en 2 geformateer is
moet in die inhoudsopgawe vertoon word.
Die opskrif ‘Table of Contents’ moet NIE in die inhoudsopgawe
verskyn nie.
Bladsynommers mag anders wees as wat in die skermkopie
vertoon word.
Die inhoudsopgawe moet op sy eie bladsy wees. (3)
1.5 Pas ʼn ‘Drop Cap’-effek tot die eerste letter van die woord “Donating” in die 1ste
paragraaf by sodat dit oor twee reëls en 0.5 cm/14 pt van die teks af vertoon. (3)
1.6 Voeg ʼn watermerk ‘URGENT’ by tot die dokument. (2)
1.7 Vind die bladsy met die subopskrif ‘A. Immediate Risks…’ en verander die
oriëntasie van die bladsy na landskap. (2)
1.8 Vind die teks wat begin met die subopskrif “A donor will...” en eindig met
“Remember to refer to pre-donation tips………..”
Plaas die teks soos volg in kolomme:
Die teks moet in twee kolomme verskyn. (1)
Met ʼn lyn tussen die kolomme. (1)
Die teks “It’s easy …here’s how” moet boaan die tweede kolom wees. (1)
Die spasie tussen die kolomme moet 2 cm wees. (1)
Plaas ʼn raam rondom elke kolom. (1)
1.9 Vind die opskrif ‘Important’ en voeg ʼn boekmerk (bookmark) genaamd Risks tot
hierdie teks by. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
1.10 Om in staat te wees om ʼn opdatum bibliografie (bibliography) met korrekte
bronne (sources) en sitate (citations) te genereer, moet die volgende
veranderings aan die verwysings in die dokument gemaak word.
1.10.1 Die bron Brown, John vertoon ʼn verkeerde datum van publikasie -
2000. Verander die datum na 2010. (1)
1.10.2 Voeg die volgende boek as bron by.
Author: Mxenge, M
Title: The link: Let’s make a difference…
Year: 2010
City: Johannesburg
Publisher: Drift Makers (2)
1.10.3 Vind die blou geskakeerde subopskrif “A Immediate Risks”, en voeg
die sitasie tot die bron Brown, John aan die einde van die teks in. (2)
1.10.4 Voeg ʼn outomatiese bibliografie onder die opskrif Bibliography in. (2)
1.11 Voeg outomatiese bladsynommering in die kopskrig (header) van die dokument
in. (2)
Vertoon nommers vanaf die derde bladsy in die dokument in. Begin met
nommer 1.
Die nommers moet gesentreerd (centred) vertoon. (2)
Stoor en maak die dokument toe. [36]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 7
VRAAG 2: WOORDVERWERKING
ʼn Sertifikaat sal aan elke donateur toegeken word vir sy/haar dapperheid.
Maak die dokument Q2Thanks4Giving oop.
2.1 Verander die papiergrootte na ‘Letter’. (1)
2.2 Formateer die opskrif “Certificate of Bravery” na hoofletters.
Gee die opskrif ʼn skadu effek (shadow effect). (2)
2.3 Vervang die teks ‘Insert the image here’ met die prentjie 2Donor.jpg.
Die prentjie moet onder die teks “I’m Brave” vertoon. (1)
Verander die grootte van die prentjie na 4 cm hoog en 5 cm wyd. (2)
2.4 Skep ʼn stippellyn vir die datum en die dokter se handtekening soos in die
voorbeeld hieronder vertoon:
Stel die volgende tabelstoppe in om die stippellyn te skep:
ʼn Linker tabelstop met ʼn stippellyn (dotted leader) op 4 cm
ʼn Regter tabelstop met ʼn stippellyn op 15 cm (5)
2.5 Voeg ʼn datum veld (field) lang die teks “Date Issued” aan die einde van die
sertifikaat in sodat dit outomaties sal opdateer. Die formaat van die datum moet
MMMM yy wees. (3)
Stoor en maak die dokument toe. [14]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
VRAAG 3: SIGBLAD
Die besonderhede van die bloedskenkers by die skool word in ʼn sigblad genaamd
3Fundraising gestoor.
Maak die sigblad 3Fundraising oop.
Werk in die DonorsInfo werkblad.
3.1 Formateer die selle A1:G1 sodat dit ʼn rooi vulkleur (red fill) het en die skryfstyl
(font) wit vertoon. (2)
3.2 Verander die formaat van die opskrif in sel I2 sodat dit vertoon soos in die
skermkopie hieronder: (2)
3.3 Gebruik ʼn funksie in sel D43 om die jaar waarin die leerder Liyema Frans
gebore is, te bepaal deur van die inligting in kolom D gebruik te maak. (2)
3.4 Leerders wat meer as 30 liter bloed skenk word gesien as ʼn ‘Peer Promoter’ en
die wat minder as 30 liter bloed skenk as ʼn ‘Beginner’. Die woorde ‘Peer
Promoter’ en ‘Beginner’ moet in kolom F vertoon na aanleiding van die aantal
liter bloed geskenk is soos vertoon in kolom I.
Gebruik ʼn funksie in sel F26 om die kategorie van Liyema Frans te bepaal. (3)
3.5 Die bloedbankpersoneel wil graag weet wat Liyema Frans se presiese
ouderdom was op die dag waarop daar bloed by die skool (sel H1) geskenk
was.
Bereken sy ouderdom in sel E26 en maak seker dat die formule korrek
gekopieer kan word na al die ander donateurs en gebruik ʼn funksie om
seker te maak dat daar geen desimale plekke is nie. (6)
Werk in die Save-a-ton-werkblad.
3.6 Algemene statistiek van die leerders wat aan die Save-a-ton deelneem word
gewoonlik benodig.
3.6.1 Maak gebruik van ʼn funksie in sel I4 om te bereken hoeveel dogters
neem daaraan deel. (3)
3.6.2 Gebruik ʼn funksie in sel I5 om te bereken uit hoeveel karakters
(letters) bestaan die van in sel B5. (2)
3.6.3 Gebruik ʼn funksie in sel I7 om die aantal volwasse mans te bepaal. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 9
3.7 Gebruik die inligting van die Manlike en Vroulike donateurs in selle J1:K2 en
skep ʼn grafiek soos in die skermkopie hieronder.
LET OP:
Die grafiek moet ʼn kolomgrafiek wees.
Vertoon ʼn gesentreerde deklaag grafiektitel (centred overlay chart title):
“We support Blood Donation”.
Formateer die kolom vir vroulike donateurs sodat dit gestapelde prentjies
van Q3Droplets.jpg vertoon.
Die vertikale as (axis) moet ʼn gedraaide (rotated) titel 'Number of Adults'
hê.
Die legende moet aan die linkerkant van die grafiek vertoon.
‘Data labels’ moet aan die binnekant van die data vertoon word. (8)
3.8 Skuif die grafiek na ʼn nuwe werkblad binne die huidige sigblad.
Herbenaam die nuwe werkblad na ‘Chart’. (2)
Stoor en maak die sigblad toe. [34]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
VRAAG 4: SIGBLAD
Die besonderhede van al die bloedskenkers is gestoor in die sigblad Q4SaveALife.
Maak die sigblad oop en bring die volgende veranderinge op die werkblad aan.
4.1 Herbenaam die werkblad na Blood donors. (1)
4.2 Voeg die prent genaamd Q4DonateBlood.jpg in sel A1 in. Die prentjie moet
aan die regterkant van die teks wees en grootte 2.8 cm hoog en 3.6 cm wyd. (3)
4.3 Gebruik gepaste formatering in kolom C sodat al die selle wat donateurs bevat
wat onder die ouderdom van 20 is, rooi geskakeer te vertoon. (3)
4.4 Gebruik gepaste formatering in ry 1 en 2 om die kolomopskrifte te vries (freeze)
sodat hulle sigbaar sal bly as jy in die werkblad af beweeg. (2)
4.5 Elke donateur benodig ʼn unieke nommer sodat hulle maklik opgespoor kan
word. Voeg ʼn funksie in kolom A in wat ʼn verwysingsnommer vir al die
donateurs sal genereer. (3)
4.6 Die rekords wys dat nie almal bloed skenk nie.
4.6.1 Gebruik ʼn funksie in sel F45 om die totale aantal donateurs te vertoon. (2)
4.6.2 Gebruik ʼn funksie in sel F46 om die aantal persone te vertoon wat nog
nie begin bloed skenk het nie. (2)
Stoor en maak die sigblad toe. [16]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 11
VRAAG 5: DATABASIS
ʼn Databasis is geskep van ʼn brief wat aan al die matrieks se ouers gestuur is om
hulle in kennis te stel oor die bedrag betaalbaar vir die matriekafskeid.
Maak die databasis Q5MatricHelp oop.
5.1 Maak die tabel Gr12Details oop en bring die volgende veranderinge aan:
5.1.1 Sentreer al die vanne in die Surname-veld. (1)
5.1.2 Maak die Address-veld wyer sodat al die woorde sigbaar is. (1)
5.1.3 Verander elke alternatiewe ry van groen na ʼn bruin vulkleur. (1)
5.1.4 Verwyder die horisontale en vertikale lyne (gridlines). (2)
5.1.5 Verander die data tipe van die CellNo-veld na ʼn meer gepaste tipe. (1)
5.2 Stel die mees gepaste veld in die tabel as die Primêre Sleutel. (1)
5.3 Skep ʼn valideringsreël (validation rule) wat die gebruiker sal beperk om slegs
‘M’ of ‘F’ in die Gender-veld in te voer.
Verskaf ook ʼn gepaste valideringsteks (validation text). (2)
5.4 Die LearnerID-veld is veronderstel om 5 syfers te hê.
Skep ʼn toevoermasker (input mask) vir die LearnerID-veld om slegs 5 syfers te
aanvaar. (1)
5.5 Die skool se organiseringskomitee het die leerders se ouers en familie
uitgenooi om die fondsinsamelingsfunksie by te woon en terselfdertyd bloed te
skenk.
ʼn Tabel genoem ‘GiveLife’ wat gesinslede se besonderhede bevat, is geskep.
Gebruik die GiveLife-tabel om ʼn navraag (query), genaamd Donated, te skep
wat die lys ouers en gesinslede sal vertoon wat alreeds bloed geskenk het.
Slegs die volgende velde moet vertoon word:
Surname, Name, Learner’sGrade, TypeOfDonation en Status.
Die rekords moet in stygende (ascending) orde volgens die
TypeOfDonation-veld gesorteer word. (6)
5.6 Verander die navraag Gr8BloodTypeO sodat slegs die lede wat leerders in
graad 8 het en O-tipe bloed het, vertoon. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
5.7 Skep ʼn navraag om die lys van lede wat tussen die ouderdom 21 – 35 is en
rooibloedselle of Plasma as hul TypeOfDonation het, vertoon. Stoor die
navraag as Age. (3)
Stoor en maak die navraag toe.
5.8 Maak die bestaande vorm (form) Outstanding oop en verander dit sodat dit
soos die skermkopie hieronder vertoon:
Bring die volgende veranderinge aan:
Voeg die opskrif ‘Matric: 12BOutstanding’ in die posisie soos hierbo
vertoon, in. Formateer die opskrif na 22 pt in grootte.
Skuif die posisie van die Grade-etiket (label) sodat dit bokant die Cell
No-etiket staan.
Formateer die tekshokkie (text box) vir ‘Amount Paid’ sodat die bedrag
as currency (Rands) vertoon.
Voeg die prent Q5Donate in in die vorm–boskrif (form header) soos
vertoon hierbo.
Stoor en maak die vorm toe. (6)
5.9 Die skoolhoof het gevra vir ʼn verslag (report) van al die mense wat bloed
geskenk het.
5.9.1 Skep ʼn verslag gebaseer op die navraag (query) LifeSavers. (1)
5.9.2 Die verslag moet die volgende velde bevat: Name, Surname, Age,
LearnersGrade, BloodType, TypeOfDonation en Status. (1)
5.9.3 Groepeer (group) die verslag volgens die BloodType-veld en dan die
TypeOfDonation-veld. Sorteer die verslag volgens die Surname-veld. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 13
5.9.4 Stoor die verslag as NewLife. (1)
5.9.5 Voeg funksies in die verslag-voetskrif (report footer) in om die
volgende statistiek te bereken en te vertoon:
Die totale aantal ouers/gesinslede wat bloed geskenk het. (2)
Die ouderdom van die oudste ouer wat bloed geskenk het. (2)
Voeg beskrywende etikette (labels) by. (2)
5.9.6 Verander die opskrif van die verslag na Save those in need. (1)
Stoor en maak al die oop lêers toe. [40]
VRAAG 6: WEB-ONTWERP (HTML)
Een van die leerders het ʼn webblad geskep om mense in te lig oor ʼn
fondsinsameling genaamd Save-a-Drop wat die skool beplan om later in die jaar te
hou. Jy moet die geskepte webblad finaliseer.
Maak die lêer genaamd Q6HTML oop en voer die instruksies hieronder uit.
Jy is voorsien van ʼn HTML tag verwysingsblad.
Jou finale webblad behoort soos volg te lyk:
6.1 Die titel van die webblad moet “Save-a-drop” wees. (1)
6.2 Verander die agtergrondkleur van die webblad na geel. (2)
6.3 Die opskrif ‘Save a soul! Share a drop!’ moet gesentreer, in ʼn rooi fontkleur en
ge-onderstreep wees. (3)
6.4 Voeg ʼn blou horisontale lyn, grootte 20 onder die opskrif “‘Save a soul! Share a
drop!’ in. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
6.5 Formateer die kenmerk (attribute) van die kolpunt (bulleted) lys na vierkantige
kolpunte. (2)
6.6 Die teks 'About Us' moet onder die kolpunt lys vertoon en moet gekoppel
(linked) wees aan die dokument ‘About Us.pdf’. (3)
6.7 Voeg die prent genaamd Q6Blood Unit.jpg onder die skakel ‘About Us’ in.
Verander die hoogte van die prent na 150. (3)
6.8 Die opskrif ‘Want to help?’ moet in kursief (italic) wees. (1)
6.9 Korrigeer die sluiting HTML merker (closing HTML tag). (1)
Stoor en maak die dokument toe. [20]
VRAAG 7: INTEGRASIE
Jy moet ʼn e-pos aan al die ontvangers wat deel van die fondsinsameling is, uitstuur.
Maak die woordverwerkingsdokument Q7Screenshot oop.
7.1 Voeg outomatiese numering by al vyf items onder die 1ste paragraaf onder die
opskrif ‘5 Fundraising ideas ....’ in. (1)
7.2 Verander die eienskappe (properties) van die teks-vormveld langs die woorde
‘Fundraiser needed’ sodat die naam outomaties in ‘title case’ sal verskyn
wanneer die gebruiker ʼn woord in die veld intik. (1)
7.3 Voeg ʼn teks-vormveld kontrole langs die woorde ‘Attendances’ in wat die
gebruiker sal toelaat om slegs syfers tot ʼn maksimum waarde van 2 te kan intik. (3)
7.4 Verander die verstek opsie (default option) van die ‘Money procured’ aftrek-
kieslys (drop-down field control) na ‘Selectone_Kieseen’. (2)
7.5 Vind die paragraaf wat begin met die teks ‘Please complete the information
below’ en eindig met ‘Money procured’.
Plaas ʼn 3 pt geskadeerde raam (shadow border) rondom die paragraaf. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 15
7.6 Bestudeer die tabel hieronder voordat jy VRAAG 7.6.1–7.6.3 aanpak.
Envelope Mailing Results
Solicitation #Mailed #Responded % Total Gifts AVG
Thank You letters (on
2,265 138 6% 7,833.00 56.76
going)
Annual Report 3,364 47 1% 8,155.00 173.51
Spring Newsletter 22,993 40 0.20% 4,751.00 118.78
Summer Newsletter 10,717 38 0.40% 1,848.66 48.65
Fall Newsletter 11,000 137 0.30% 30,620.94 223.51
February Envelope Only
2,200 178 8% 14,566.50 81.83
Mailing
Summer Envelope Only
2,457 132 5% 8,051.00 60.99
Mailing
Year-end Envelope Only
2,880 134 4% 9,512.00 71.00
Mailing
Totals in 12 month period
Total Envelope Mailings 57,876 844 1% <<Formula>> 101.11
7.6.1 Verander die buiteraam van die tabel na ʼn 2¼ pt dubbellynraam. (2)
7.6.2 Maak die kolomwydte van die tweede kolom 3.5 cm. (1)
7.6.3 Vervang die teks <<Formula>> met ʼn formule wat die aantal
geskenke (number of gifts) sal bereken. (1)
7.7 ʼn Brief moet aan baie verskillende ontvangers ge-epos word.
7.7.1 Gebruik die 7Email dokument as ʼn vormbrief (form letter) en die
sigblad 7Emaillist, Sheet1 vir ʼn possamevoeging (mail merge) soos
volg:
Verander die vormbrief na ʼn e-pos boodskap.
Sorteer die ontvangers (emails) in dalende orde volgens hulle
e-pos adresse.
Voeg die saamvoeg velde (merge fields) Name_Naam,
Surname_Van en Email addresses in die geskadeerde veld
(langs die woord ‘Dear’) aan die begin van die dokument in. (5)
Stoor die dokument as 7MergeReady_MergeGereed voor jy die
possamevoeging (mail merge) in die volgende vraag doen.
7.7.2 Voltooi die possamevoeging deur MergeReady_MergeGereed soos
volg te gebruik:
Voltooi die e-pos boodskappe en doen possamevoeging vir slegs
die eerste drie ontvangers.
Maak ʼn skermskoot (screenshot) van die saamvoeg (merge to) tot
e-pos venster.
Plak (paste) die skermskoot in die 7Screenshot_Skermskoot
dokument. Stoor die skermskoot dokument.
MOENIE die e-posse stuur NIE. (2)
[20]
TOTAAL: 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2015)
Bylaag A
HTML Tag Sheet
Basic Tags
<body> </body> Defines the body of the web page
<body bgcolor='pink'> Sets the background colour of the web page
<body text='black'> Sets the colour of the body text
<head> </head> Contains information about the document
<html> </html> Creates an HTML document – starts and
ends a web page
<title> </title> Defines a title for the document
<!-- --> Comment
Text Tags
Tag Description
<h1></h1> Creates the largest heading
<h6></h6> Creates the smallest heading
<b></b> Creates bold text
<i></i> Creates italic text
<font size='3'> </font> Sets size of font, from 1 to 7
<font color='green'> </font> Sets font colour
<font face='Times New Roman'> </font> Sets font type
Links
Tag Description
<a href='URL'> </a> Creates a hyperlink
<a href='URL'> <img src='URL'> </a> Creates an image link
<a name='NAME'> </a> Creates a target location
<a href='#NAME'> </a> Links to a target location created somewhere
else in the document
Formatting
Tag Description
<p></p> Creates a new paragraph
<p align='left'> Aligns a paragraph to the left (default), can
also be right, or centre
<br/> Inserts a line break
<ol></ol> Creates a numbered list
<ul></ul> Creates a bulleted list
<li></li> Inserted before each list item, and adds a
number or symbol depending upon the type
of list selected
<img src='name'> Adds an image
<img src='name' align='left'> Aligns an image: can be left, right, centre;
bottom, top, middle
<img src='name' border='1'> Sets size of border around an image
<img src='name' width='200' height ='200'> Sets the height and width of an image
<img src='name' alt='alternative text'> Displays alternative text when the mouse
hovers over the image
<hr/> Inserts a horizontal line
<hr size='3'/> Sets size (height) of line
<hr width='80%'/> Sets width of line, in percentage or absolute
value
<hr color='ff0000'/> Sets the colour of the line
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Computer Applications Technology Grade 11 P1 2015 QP (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 11 P1 2015 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 11 P1 2015 Memo (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 11 P2 2015 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 11 P2 2015 QP (Afr)

Question paper





