Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2015
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye.
Skip to contentAll 2015 papers 





View all
Computer Applications Technology Grade 11 P2 2015 Memo (Afr)
Grade 11 Computer Applications Technology Paper 2 memorandum from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 815.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
Eastern Cape November 2015
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2015)
AFDELING A
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1 A Crop (1)
1.2 B URL (1)
1.3 A Firewall (1)
1.4 B hoax (1)
1.5 C biometriese (1)
1.6 D Malware (1)
1.7 B ʼn lisensie benodig om gebruik te word. (1)
1.8 D Sirkelgrafiek (1)
1.9 C Disk cleanup (1)
1.10 B Twitter (1)
[10]
VRAAG 2: PASITEMS
2.1 J AUP (1)
2.2 M FireWire (1)
2.3 B UPS (1)
2.4 I cookie (1)
2.5 L Input mask (1)
2.6 G Aspect ratio (1)
2.7 O Sekondêre geheue (1)
(7 x 1) [7]
VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS
3.1 ONWAAR - ROUTER is ʼn netwerktoestel wat gebruik word om twee of
meer netwerke aan mekaar te koppel. (2)
3.2 WAAR (1)
3.3 F ONWAAR - WEBBLAAIER is die beste program om ʼn HTML bladsy te
vertoon. (2)
3.4 WAAR (1)
3.5 ONWAAR - DOTX is die lêeruitbreiding van ʼn Microsoft Word-templaat. (2)
[8]
TOTAAL AFDELING A: 25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 3
AFDELING B
VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË
4.1 4.1.1 Enige TWEE van:
Tabletrekenaars het raakskerms as invoertoestelle,
skootrekenaars gebruik sleutelborde en muis.
Tabletrekenaars is ligter en kleiner as skootrekenaars.
Tabletrekenaars het dikwels kleiner geheuekapasiteit as
skootrekenaars.
Skootrekenaars het ʼn vinniger prosesseringspoed.
Tabletrekenaars se batterye het ʼn langer leeftyd as
skootrekenaars.
Die stoorkapasiteit van tabletrekenaars is kleiner as
skootrekenaars.
Skootrekenaars kan meer volledige programme as tabletrekenaars
gebruik.
Skootrekenaars kan gebruik word as alleenstaande toestelle terwyl
tabletrekenaars dikwels addisionele rekenaarsisteme benodig. (2)
4.1.2 Enige TWEE van:
Dit is duurder as ʼn lessenaarrekenaar.
Dit kan makliker gesteel word.
Dit is baie duur om op te gradeer.
Dit neem lank en is duur om te herstel. (2)
4.1.3 Enige EEN van:
Die gebruiker kan direk met die skerm kommunikeer.
Ideaal vir vinnige rekenaarwerk op kleiner skaal.
Batterye hou langer.
Kleiner/ligter om mee te werk/draagbaar.
Kan handskrif na getikte teks omskakel. (1)
4.2 4.2.1 ʼn Sagteware ‘bug’ is ʼn programmeringsfout in die kode van ʼn
rekenaarprogram wat ontstaan wanneer die sagteware ontwikkel
word. Dit is nie ʼn virus nie. (1)
4.2.2 ‘Patch’: opdatering om ʼn spesifieke ‘bug’ in sagteware reg te stel (het
gewoonlik met die sekuriteit te doen).
‘Service pack’: dit is ʼn uitgawe van alle regstellings vir ‘bugs’ in ʼn
program ASOOK alle nuwe kenmerke van die program sedert die
eerste uitgawe van die program; dit word met gereelde tussenposes
deur maatskappye uitgegee en is groter as ‘patches’. (2)
4.3 4.3.1 Data kan verlore gaan/Veroorsaak dat data korrup raak. (1)
4.3.2 Uninterrupted Power Supply (UPS) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2015)
4.4 4.4.1 Dit word gebruik om data te herwin indien die oorspronklike data
verlore, beskadig of vernietig is. (1)
4.4.2 Eksterne hardeskyf (1)
4.4.3 ‘Archive’ verwys na die stoor van lêers wat staties is (wat onveranderd
gaan bly) op ʼn sekondêre stelsel of DVD.
OF
‘Archiving’ is ʼn proses waarvolgens jy lêers wat nie in die nabye
toekoms gaan verander of gebruik word nie en skuif dit vanaf die
hoofstelsel om spasie beskikbaar te maak. (2)
4.5 4.5.1 Voordeel: Hoër resolusie beteken hoër kwaliteit foto’s. (1)
4.5.2 Nadeel: Hoër resolusie beteken groter lêers wat meer stoorspasie
opneem. (1)
4.6 4.6.1 Webgebaseerde e-pos is ʼn diens wat jou toelaat om toegang tot jou e-
posrekening deur middel van ʼn webblaaier te verkry vanaf enige
plek met Internettoegang. (2)
4.6.2 Enige EEN van:
Kan enige plek toegang tot web e-pos kry indien internetdiens
beskikbaar is
Web e-pos is gratis – betaal slegs vir internettoegang (1)
4.6.3 Jy moet aanlyn wees om jou e-pos te lees, te skep of te ontvang. (1)
4.6.4 ‘Message rules’ word gebruik om alle e-posboodskappe te filter soos
hulle ontvang word.
Dit stel jou in staat om geselekteerde e-posse te sorteer voordat hulle
jou inbox land. (2)
4.7 Enige TWEE van:
ʼn Laer resolusie verstelling van die skerm sal alles vergroot wat op
die skerm verskyn.
Die gebruik van ʼn hoër kontrastema op die werkskerm laat die ikone
duideliker vertoon.
Indien die dikte van die merker wat flikker verander word, maak dit
makliker om te sien waar dit is.
ʼn Sigbare alternatief vir die geluide wat die bedryfstelsel maak sal
gehoorgestremde gebruikers se aandag vestig op stelselgebeure. (2)
4.8 Enige EEN van:
Stemherkenningsagteware kan gesproke woord na teks verander in
gevalle waar gebruikers dit moeilike vind om te tik, bv. mense met
geen arms of hande of beperkte gebruik van arms en hande, ens.
Sommige programme herken gesproke woorde en tik dit dan soos
die gebruikers praat.
Die sagteware laat ook toe dat gebruikers verbale instruksies aan die
rekenaar of selfoon gee. (1)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 5
VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË
5.1 ʼn LAN is ʼn netwerk wat ʼn beperkte geografiese area dek.
ʼn WLAN is bloot ʼn LAN wat opgestel word deur gebruik te maak van
koordlose konneksie. (2)
5.2 Enige TWEE van:
Dit is moeiliker en duurder om te installeer.
Die onderhoud is moeiliker en neem langer om te doen.
Die sekuriteit kan minder effektief wees as dit nie reg bestuur word nie.
Die sein kan deur elektronies of elektriese steurings onderbreek word.
Soos wat meer rekenaars die netwerk gebruik kan die netwerk
stadiger begin werk. (2)
5.3 Bedieners is meer kragtige rekenaars as kliëntrekenaars – hulle het meer
hardeskyf spasie, RAM en ʼn vinniger prosesseerder. (1)
5.4 5.4.1 NIC is die fisiese konneksie tussen die rekenaar en die
kommunikasiemedium. (1)
5.4.2 ʼn Modem is ʼn toestel wat dit moontlik maak om data vanaf ʼn rekenaar
oor ʼn telefoonlyn te stuur. (1)
5.5 Sagteware wat gebruik word om webtuistes te besoek en daardeur te blaai. (1)
5.6 Enige TWEE van:
Maak seker jy het die besigheid se kontakbesonderhede.
Maak seker die webtuistes is veilig.
Let op vir sekuriteitswaarborge sowel as ʼn terugstuurbeleid op die webtuiste
Maak seker van terme en voorwaardes (fyndruk).
Kontroleer metodes van betaling en afleweringbesonderhede.
Hou rekord van alles wat jy bestel en op reserwe plaas.
Wees bewus daarvan dat as jy goed van buiteland bestel jy invoerbelasting
ook moet betaal.
Gee slegs kredietkaartbesonderhede en nooit jou PIN of ander
bankbesonderhede nie. (2)
5.7 Enige EEN van:
Op hoogte van sake bly sonder om elke keer die webwerf te
besoek.
Tyd bespaar deur nie elke webtuiste afsonderlik te besoek nie.
Privaatheid beskerm aangesien jy nie vir e-pos nuusbriewe hoef in te
teken nie. (1)
5.8 Enige TWEE van:
Toegang tot data is beskikbaar vanaf enige rekenaar met
Internetkonneksie.
Spasie op jou rekenaar se harde skyf kan bespaar word.
Jy het altyd ʼn opgedateerde weergawe van programme.
Deel van lêers is baie makliker. (2)
5.9 Om Internetkonneksie aan kliënte teen ʼn maandelikse fooi te verskaf. (1)
5.10 FTP maak dit moontlik om groot hoeveelhede data vinnig en op effektiewe
manier oor die Internet te versend. (1)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2015)
VRAAG 6: INLIGTINGSBESTUUR
6.1 6.1.1 Enige TWEE van:
Dit is makliker vir deelnemers om vanaf opsies te kies.
Makliker om data in te lees.
Makliker om die data te prosesseer deur middel van ʼn sigblad.
Die doel van die vraelys kan aangepas word volgens die behoefte
van die navorsing. (2)
6.1.2 Enige TWEE van:
Behoorlike inleiding tot die vraelys sodat deelnemers weet wat die
doel van die vraelys is.
Vrae moet kort en op die man af wees.
Bedank die deelnemers vir hul deelname aan die einde van die
vraelys.
Maak ook voorsiening om basiese inligting van deelnemers soos
hul name, ouderdom, ens. te bekom. (2)
6.2 Enige EEN van:
Publikasies
Onderhoude
Elektroniese media (1)
6.3 Om ʼn ander persoon se woorde/kennis te gebruik en dit as jou eie aan te bied.
(1)
6.4 Data is ongeprosesseerde feite.
Inligting is geprosesseerde data wat sin maak. (2)
6.5 ‘Append’ verwys na die byvoeging van rekords tot ʼn bestaande tabel in ʼn
databasis deur dit in die bestaande tabel in te voeg. (1)
6.6 Die inhoud daarvan kan nie geverifieer of aan enige outoriteit toegedig word
nie. (1)
[10]
VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES
7.1 Enige EEN van:
Joystick
Raakblad/Trackpad
Raakskerm (1)
7.2 Deur van Kensingtonslotte gebruik te maak (1)
7.3 Enige TWEE van:
Skakel toestelle af wanneer nie in gebruik nie.
Maak gebruik van ‘energy star’-toestelle.
Gebruik LED-monitors wat minder elektrisiteit gebruik.
Pas die helderheid van die skerm aan vir minder elektrisiteitsverbruik.
Stel jou rekenaar op SLEEP/HIBERNATION-modus wanneer daar vir
ʼn tyd geen handeling was nie. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 7
7.4 7.4.1 Sosiale manipulasie is ʼn manier om konfidensiële inligting van ʼn
persoon self te verkry eerder as om by ʼn rekenaar in te breek. (1)
7.4.2 Enige EEN van:
Skandeer e-pos-aanhegsels voor jy hulle oopmaak.
Moenie e-posboodskappe oopmaak as jy nie die afsender ken nie.
Moet nooit op skakels in e-posse klik as jy nie die bron vertrou nie.
Moenie elke e-posboodskap glo nie. DINK voor jy iets doen.
Moenie vreemdes naby jou data vertrou nie.
Wees suspisieus en skepties oor aanbiedinge waar jy eers iets
moet doen of gee voordat jy iets kan kry. (1)
7.5 7.5.1 Sagteware wat die manier waarop ʼn persoon sy rekenaar gebruik
monitor. Die inligting word dan na derde partye gestuur om te
gebruik sonder die gebruiker se toestemming. (1)
7.5.2 Enige TWEE van:
Dit word berig deur die anti-spyware-sagteware.
Daar kan Internetaktiwiteite plaasvind wat nie deur die gebruiker
geïnisieer is nie.
Veranderinge gemaak aan Internetverstellings – nie deur die
gebruiker nie.
Die rekenaar werk drasties stadiger.
Die gebruiker word na ʼn ander webbladsy geneem wanneer hulle
probeer om ʼn spesifieke webbladsy te besoek.
Baie ‘pop-up windows’ verskyn. (2)
7.6 Enige EEN van:
Jy moet toegang tot die Internet hê.
Verhoogde blootstelling aan identiteitsdiefstal en bedrog.
Baie mense het vals inligting op hulle profiele.
Verhoogde risiko van verlies aan produktiwiteit by werknemers.
Kwantiteit van kommunikasie neem toe ten koste van die kwaliteit
daarvan. (1)
[10]
VRAAG 8: OPLOSSINGONTWIKKELING
8.1 ʼn Voetnota verskyn aan die einde van ʼn bladsy terwyl ʼn eindnota aan die
einde van ʼn dokument verskyn. (2)
8.2 8.2.1 Section break next page (1)
8.2.2 Styles (1)
8.2.3 Enige EEN van:
Kan ʼn outomatiese inhoudsopgawe invoeg
Verseker konsekwente formatering van ʼn dokument (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2015)
8.3 Bcc dui aan dat ʼn kopie van die e-pos ook aan die mense gestuur word wie se
e-posadresse in hierdie veld verskyn. Die ontvangers sal egter nie weet dat ʼn
afskrif van die e-pos ook aan die persone gestuur is nie. (1)
8.4 8.4.1 Wrap text/Text wrap (1)
8.4.2 Small (1)
8.5 8.5.1 Kolom is nie wyd genoeg nie. (1)
8.5.2 Wanneer ʼn selverwysing, wat nie langer geldig is nie, in ʼn
funksie/formula gebruik word. (1)
8.6 8.6.1 Accommodation. (1)
8.6.2 Enige EEN van:
Maak gebruik van ʼn List Box
Validation Rule (1)
8.6.3 Query (1)
8.6.4 Dit word gebruik indien jy ʼn objek soos ʼn prentjie of ʼn sigblad wat
outomaties opdateer in die databasis wil invoeg. (1)
8.6.5 Jy kan die Required-eienskap gebruik om te spesifiseer of ʼn
waarde in die veld ingevoeg moet word of nie.
Indien die eienskap op ‘Yes’ gestel is, dan moet daar ʼn waarde in
daardie veld ingevoeg word wanneer jy ʼn rekord inlees. (1)
[15]
TOTAAL AFDELING B: 75
AFDELING C
VRAAG 9: GEÏNTEGREERDE SCENARIO
9.1 9.1.1 4 GB (1)
9.1.2 Geheue hou programme en data/lêers slegs tydelik terwyl dit
geprosesseer word.
Die harde skyf (stoor) hou alle programme en data permanent terwyl
hulle nie in gebruik is nie. (2)
9.1.3 Enige EEN van:
Geheue is elektronies, stoor is magneties, opties of
elektronies.
Geheue bied vinnige toegang, stoor werk stadig.
Geheue is duurder per GB, stoor is goedkoper per GB. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 9
9.2 9.2.1 Aanlynstoor verwys na stoorspasie op ʼn stoormedium wat aan ʼn
bedienerrekenaar op die Internet gekoppel is. (1)
9.2.2 Enige TWEE van:
Toegang vanaf enige plek vanaf enige toestel met
Internettoegang.
Veranderings word op een plek gemaak en alle toestelle het
altyd die nuutste weergawes van data.
Rugsteun en sekuriteit word deur die maatskappy wat stoorspasie
voorsien verskaf.
Maklik om lêers met ander mense te deel.
As jou rekenaar gesteel of beskadig word, kan toegang tot data
steeds verkry word. (2)
9.2.3 Enige TWEE van:
Slegs toeganklik deur middel van die Internet.
Sommige data kan onbruikbaar wees oor stadige konneksies.
Jy betaal vir die stoor van data en die koste van oplaai en aflaai
van data.
As die maatskappy bankrot raak, verloor jy al jou data. (2)
9.3 ʼn Ooreenkoms dat enige herstelwerk aan die rekenaar op die perseel waar die
skootrekenaar is, gedoen sal word. (1)
9.4 Die DVD het twee lae waarop daar geskryf kan word wat beteken dat dit twee
keer soveel stoorspasie het. (1)
9.5 9.5.1 Die drukker het koordlose vermoëns. (1)
9.5.2 Dit is ʼn aanduiding van die maksimum aantal bladsye wat per maand
gedruk kan word sonder dat die drukker moeilikheid gee of breek. (2)
9.5.3 Enige TWEE van:
Dit neem minder spasie op as drie of vier aparte toestelle.
Dit is goedkoper as om die toestelle apart aan te koop.
Dit voorsien veelvuldige funksies soos skandering, kopiëring en
faks in slegs een toestel. (2)
9.6 9.6.1 ʼn Raakblad is ʼn reghoekige druksensitiewe area op ʼn skootrekenaar
wat in die plek van ʼn muis as toevoertoestel dien.
OF
ʼn Klein druksensitiewe area wat gebruik word as wysertoestel op
skootrekenaars. (1)
9.6.2 Enige EEN voordeel van ʼn raakblad:
Geen addisionele hardeware word benodig..
Geen gesukkel met drade.
Meer ergonomies – verhoed RSI, ens.
Enige EEN nadeel van ʼn raakblad:
Reageer stadiger as ʼn optiese muis nie geskik vir presiese
toevoer nie.
Linker- en regterknoppie is moeiliker om te gebruik vanweë
hulle ligging.
Benodig ʼn plat oppervlak om te gebruik.
Nat, sweterige vingers kan die seine belemmer, ens. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2015)
9.7 Die vermoë om drie verskillende tipe geheuekaarte te lees bv. Mikro SD/SD,
ens. (1)
9.8 9.8.1 Stelselsagteware/Bedryfstelsel (1)
9.8.2 Enige TWEE van:
Bestuur al die hardeware en sagteware van die rekenaar.
Gee instruksies aan die rekenaar om basiese take af te handel.
Verskaf ʼn gebruikerskoppelvlak aan verbruiker.
Hanteer sekuriteit (met behulp van wagwoorde), ens. (2)
9.9 9.9.1 ʼn Kantoorpakket is ʼn kombinasie van programme wat algemeen in
kantore gebruik word wat as ʼn geïntegreerde eenheid verkoop
word. (2)
9.9.2 Enige TWEE van:
Programme het dieselfde koppelvlak wat dit meer
gebruikersvriendelik maak.
Makliker integrasie tussen programme.
Goedkoper as om programme afsonderlike aan te koop.
Makliker om programme te installeer, ens. (2)
9.10 9.10.1 Die minimum hardeware en sagteware vereistes wat benodig word om
ʼn program te installeer en te gebruik. (1)
9.10.2 Enige TWEE van:
Hoeveelheid beskikbare hardeskyf-spasie
Hoeveelheid geheue beskikbaar
Spoed van prosesseerder (2)
9.11 Enige TWEE van:
Om die kopie van die program met jou te verbind
Om te verhoed dat dieselfde program op meer as een rekenaar
geïnstalleer word
Om jou as gebruiker van die program vir aanlyn-hulpdoeleindes te
registreer
Om die maak van roofkopieë te verhoed. (2)
9.12 9.12.1 Dit gebruik minder elektrisiteit. (1)
9.12.2 Enige TWEE van:
Moenie onnodig dokumente druk nie/drukvoorskou voor druk.
Druk beide kante van die papier indien moontlik.
Druk meer as een bladsy per blaai.
Maak gebruik van elektroniese pos indien moontlik, ens. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015) REKENAARSTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 11
9.13 9.13.1 Ergonomika is ʼn studie van mense in hul werksomgewing. Dit is die
ontwerp van toestelle sodat dit gemaklik en veilig is om te gebruik. (1)
9.13.2 Enige TWEE van:
Sagte sleutels
Palm/gewrig rusplek
Geronde sleutelbord
Toegewyde sleutels vir funksies wat dikwels gebruik word (2)
9.14 9.14.1 Bluetooth/Infra rooi (1)
9.14.2 Enige TWEE van:
Kan maklik gesteel word.
Duurder om aan te koop.
Benodig batterye om te werk – kan duur raak.
Kan van tyd tot tyd seinonderbrekings ondervind. (2)
9.15 Wanneer jou harde skyf vol raak, word dele van dieselfde lêers versprei
oor die harde skyf wanneer jy dit stoor.
Defragmentasie herorganiseer slegs die lêers op die harde skyf om dele van ʼn
lêer weer saam te stoor sonder om hulle tot ʼn kleiner spasie te beperk om
meer stoorspasie beskikbaar te maak. (2)
9.16 9.16.1 ʼn Blog is ʼn aanlyndagboek/ʼn weblog (1)
9.16.2 Enige DRIE van:
Hou jou blog vars en op datum.
Daar moet interaksie met jou lesers wees – reageer op hul
opmerkings.
Die trant moet gemaklik, informatief en interessant wees.
Gebruik opskrifte en beelde wat die oog vang.
Jy moet opinies hê en dit duidelik stel.
Sit skakels in na jou bronne en ander webtuistes.
Maak seker dat daar geen spel- of taalfoute in jou blog is nie.
Hou jou blog kort.
Alles wat jy pos is in die publiek – wees versigtig wat jy sê en
hoe jy dit sê. (3)
9.17 Enige TWEE van:
Vinnige, effektiewe kommunikasie
Deel van hardeware bronne
Sentralisering van data
Oordra van lêers
Ontspanning
Verbeterde beheer en sekuriteit
Gebruikers het toegang tot hulle data/lêers vanaf enige rekenaar in die
netwerk (2)
9.18 Sagteware wat op slimfone en tabletrekenaars gebruik word. (1)
TOTAAL AFDELING C: 50
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 11 P2 2015 Memo (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 11 P2 2015 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 11 P2 2015 QP (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 11 P1 2015 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 11 P1 2015 Memo (Eng)

Memorandum





