Skip to content
Question paper

Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC November 2012 QP

Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2012, 18 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Computer Applications TechnologyGrade 12201218 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 NOVEMBER 2012 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye en 'n aparte inligtingsblad. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 2 DBE/November 2012 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. As gevolg van die aard van hierdie drie-uur-eksamen is dit belangrik om daarop te let dat jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die einde van die eksamensessie te verlaat NIE. 2. Tik jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') van ELKE dokument wat jy skep of stoor. 3. Die toesighouer sal vir jou 'n disket gee met al die lêers wat vir die eksamen benodig word, OF jy sal ingelig word waar die lêers op die netwerk of rekenaar gevind kan word. Indien 'n disket aan jou uitgereik is, moet jy jou eksamennommer en sentrumnommer op die disket skryf. Indien jy op die netwerk werk, volg die instruksies wat deur die toesighouer gegee word. 4. 'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer is, mag jy die toesighouer vir 'n ander kopie vra. 5. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. 6. Beantwoord AL die vrae. 7. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen moontlike kragonderbrekings. 8. Lees elke vraag deur voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos. MOENIE meer doen as wat deur die vraag vereis word NIE. 9. Aan die einde van die eksamen moet jy die disket wat deur die toesighouer aan jou gegee is, inlewer met AL jou antwoordlêers daarop gestoor, OF jy moet seker maak dat AL jou antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos deur die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is. Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. Moet NIE enige onnodige lêers/lêergidse stoor NIE en moet NIE duplikaat antwoordlêers/-lêergidse indien NIE. 10. Die aparte inligtingsblad wat saam met die vraestel verskaf word, MOET NA AFLOOP VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE INGEVUL WORD. Lewer dit aan die einde van die eksamen by die toesighouer in. 11. Gedurende die eksamen mag jy van die hulpfunksies van die programme wat jy gebruik, gebruik maak. Jy mag GEEN ander hulpbronmateriaal gebruik NIE. 12. Indien data afgelei is uit 'n vorige vraag wat jy nie kon beantwoord nie, moet jy steeds voortgaan met die vrae wat volg. 13. Tensy anders aangedui, moet formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in vrae oor sigblaaie gebruik word. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 3 DBE/November 2012 NSS 14. Vir alle vrae oor woordverwerking moet die taal op 'English (South Africa)' gestel word. Die papiergrootte word as A4 Portret ('Portrait') aangeneem, tensy anders aangedui. 15. Gebruik sentimeter as die meeteenheid om hierdie vraestel te beantwoord. 16. Daar word gewoonlik 1 punt per handeling toegeken, sodat 'n 2 punt- vraag gewoonlik TWEE handelinge sal vereis, ensovoorts. 17. Die eksamenlêergids/-datadisket wat jy saam met hierdie vraestel ontvang, bevat die lêergids en al die lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat jy die lêergids en al die lêers het voordat jy met hierdie eksamen begin. 'n Lêergids genaamd Data wat die volgende lêers bevat: • 1Climate_Klimaat Woordverwerkingslêer • 2Wind_Wind Woordverwerkingslêer • 3Travel_Reis Sigbladlêer • 4Daily_Daagliks Sigbladlêer • 5Weather_Weer Databasislêer • 6Day_Dag Sigbladlêer • 6Record_Opname Woordverwerkingslêer • 7Answers_Antwoorde Woordverwerkingslêer • 7Extreme_Uiters Woordverwerkingslêer • 7Flood_Vloed Woordverwerkingslêer • 7Password_Wagwoord Woordverwerkingslêer • 7Storm_Storm Woordverwerkingslêer SCENARIO Weerpatrone is besig om te verander. Jou skool se weerklub bied die volgende dienste aan: • Verskaf inligting oor uiterste weerstoestande • Instandhouding van 'n sigblad oor plaaslike weerdata • Skep en instandhouding van 'n databasis wat weerdata bevat vir mense wat oorsee wil reis Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 4 DBE/November 2012 NSS VRAAG 1 Maak die 1Climate_Klimaat-dokument oop. [Aangepas uit www.climate.org/topics/extreme-weather] 1.1 Stel die regterkantlyn van die dokument op 1.5 cm. (1) 1.2 Verander die uitleg van die dokument soos volg: • Pas outomatiese woordbreking ('automatic hyphenation') op die hele dokument toe. • Justeer die teks (vol inlyn gestel). (2) 1.3 Plaas 'n 3 pt-breë, dubbellynbladsyraam ('page border') om al die bladsye van die dokument. (3) 1.4 Pas die volgende veranderinge op die opskrif 'Climate Institute' toe soos in die voorbeeld op die volgende bladsy getoon. Die opskrif ... • verskyn in WordArt/Fontworks. • is 23 cm breed. • lees vertikaal van onder na bo. • is aan die linkerkant van die bladsy. • versteek nie die teks nie. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 5 DBE/November 2012 NSS EXTREME WEATHER Most of the potentially damaging consequences relating to climate change are associated with extremes – the number of heat waves, floods or severe storms, for example. Since extreme weather events cause loss of life and property, it is important to understand what impact climate change may have on their occurrence. Global climate change affects different regions of the earth in different ways. Although the accuracy of regional climate forecasts is improving, they are still uncertain. However, we do know that a warmer atmosphere will result in a greater number of tropical storms, extreme heat waves, droughts and floods. Figure 1: Weather pattern 1.5 Verander al die subopskrifte wat met 'Heading 1'-styl geformateer is na 'Heading 2'-styl. (2) 1.6 Pas paragraafspasiëring van 10 pt na ('10 pt after')/0.35 cm onder ('0.35 cm below') toe op die eerste paragraaf wat begin met 'Most of the ...'. (1) 1.7 Verander die eienskappe van die prent op bladsy 1 sodat dit in kleur verskyn. (1) 1.8 Verander die byskrif ('caption') 'Figure 2: Storm' wat onderaan die grafiek op die laaste bladsy van die dokument verskyn, sodat dit slegs 'Storm' lees en bo die grafiek verskyn. (2) 1.9 Stel die afstand van die teks van die vergrote hoofletter ('dropped capital') 'S' van 'Since' op die tweede bladsy op nul. (1) 1.10 Die teks van 'Tropical Storms ...' tot by '... global climate change' aan die einde van die dokument moet soos volg in kolomme geplaas word: • Die teks moet in twee kolomme verskyn. • Die eerste kolom moet op 5.5 cm breed gestel word. • 'n Vertikale lyn moet tussen die kolomme van die opskrif 'Heat Waves' tot aan die einde van die dokument verskyn. • Maak seker dat die opskrif 'Heat Waves' altyd boaan 'n nuwe kolom sal verskyn. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 6 DBE/November 2012 NSS 1.11 Skuif die grafiek en sy byskrif wat aan die einde van die dokument verskyn, soos volg na die tweede bladsy: • Die prentposisie ('picture/image position') van die grafiek moet so gestel word dat die grafiek presies in die middel van die bladsy (beide vertikaal en horisontaal) verskyn. • Die prent moet oor die twee kolomme teks verskyn. • Die teks moet om die prent vloei. (4) 1.12 Vervang die woord 'storms' elke keer as dit voorkom sodat dit in 'n rooi font verskyn en nie meer onderstreep is nie. LET WEL: MOENIE enige formatering van die teks waarvoor jy soek, spesifiseer NIE. (3) 1.13 Voeg 'n diagonale tekswatermerk in met die woorde 'Weather_Weer' in Arial font. (3) Stoor 1Climate_Klimaat en maak die dokument toe. [33] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 7 DBE/November 2012 NSS VRAAG 2 2.1 Voeg jou eksamennommer by die outeurseienskap van die 2Wind_Wind- dokument. (1) Maak die 2Wind_Wind-dokument oop. 2.2 Vervang die woorde wat aan die boekmerk 'BoyGirl' gekoppel is met die woord 'gender' sonder om die boekmerk uit te vee. (2) 2.3 Keep die name van die storms wat begin met 'Alex (male) ...' tot by '... and so on ...' met 1 cm in. (2) 2.4 Korrigeer die spelfout wat in die dokument voorkom. LET WEL: Die name van plekke, dorpe en orkane is NIE verkeerd gespel NIE. (1) 2.5 Vind die subopskrif 'Tornado versus hurricane' saam met sy inhoud wat met '... 320 km/h' eindig. Plaas 'n stippellyn-, skaduparagraafraam ('shadow paragraph border') rondom die subopskrif en sy inhoud. (3) 2.6 Pas 14 pt-kolpunte ('bullets') toe op die teks wat met 'Be sure ...' begin en met '... on it.' eindig. Gebruik die weerligwolk-simbool  in Webdings (karakter nommer 43) (LibreOffice: U+F02B) vir die kolpuntsimbole. (3) 2.7 Skakel die tabel wat 'Categories of Hurricanes' bevat om na teks. (1) Bestudeer die tabel hieronder voordat jy VRAAG 2.8 aanpak. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 8 DBE/November 2012 NSS 2.8 Vind die twee tabelle onder die opskrif 'The Five Worst Hurricanes in US History' en bring die volgende veranderinge aan: 2.8.1 Skakel die teks in die eerste tabel om na bokas ('upper case'). (1) 2.8.2 Smelt die twee tabelle saam sonder om enige data uit te vee. LET WEL: Indien jy NIE VRAAG 2.8.2 voltooi het NIE, moet jy die instruksies in VRAAG 2.8.3 tot 2.8.8 slegs op die tweede tabel toepas. (1) 2.8.3 Stel die buitenste kantlyn van die tabel op 6 pt en maak seker dat die binneste gidslyne ('gridlines') op ½ pt bly. (2) 2.8.4 Stel die hoogte van al die rye in die tabel op presies 1 cm. (2) 2.8.5 Sentreer die inhoud van die selle van die tabel vertikaal. (1) 2.8.6 Selekteer al die selle in die onderste ry van die tabel BEHALWE die sel wat <<Formula>> bevat, en: • Smelt hierdie selle saam. • Stel die teks 'TOTAL' regs inlyn. (2) 2.8.7 Vervang die teks <<Formula>> met 'n formule wat die totale getal sterftes ('total number of deaths') sal bereken. (1) 2.8.8 Sorteer die data in die tabel van die mees onlangse jaar tot die eerste keer wat 'n orkaan aangeteken is. (2) 2.9 Pas buitelynnommering ('outline numbering') toe op die DRIE algemene- kennis-vrae ('trivia questions') om soos hieronder te vertoon: Trivia Questions 1. Which of these hurricanes had the strongest winds? a. Sea Islands Hurricane in 1893 b. Hurricane Katrina in 2005 c. Lake Okeechobee Hurricane in 1928 2. What would you observe in the eye of the hurricane? a. Strong, spinning winds b. Calm or very little wind c. Heavy rain, thunder and lightning (3) 2.10 Pas outomatiese bladsynommering soos volg op die dokument toe: • Die bladsynommer moet enige plek in die bladsyonderskrif ('footer') verskyn. • Die eerste bladsy van die dokument is NIE genommer NIE. Met ander woorde, die bladsynommering begin op die tweede bladsy en die nommer verskyn as 1. (4) Stoor 2Wind_Wind en maak die dokument toe. [32] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 9 DBE/November 2012 NSS VRAAG 3 Weerdata vir die afgelope 10 jaar (2002–2011) vir die stede Kaapstad, Durban en Johannesburg is versamel en in 'n sigblad gestoor. Maak die sigblad 3Travel_Reis oop. Werk in die werkblad Cities_Stede. 3.1 Verander die opskrif 'Cape Town/Kaapstad' in die saamgesmelte sel A2:H2 om soos die voorbeeld hieronder te lyk: Cape Town Kaapstad (2) 3.2 Voeg 'n funksie in sel L15 by om die gemiddelde jaarlikse reënval in Johannesburg vanaf 2002 tot 2011 te bereken. (2) 3.3 Dit lyk asof die windspoed in Kaapstad van jaar tot jaar min of meer dieselfde is. Voeg 'n funksie in sel D18 by wat die waarde van die jaarlikse gemiddelde windspoed in Kaapstad wat die meeste kere voorkom, sal bepaal (Kolom D). (2) 3.4 Voeg 'n funksie in sel S18 by om die maksimum jaarlikse reënval in Durban vanaf 2002 tot 2011 te bepaal. (2) 3.5 Kolom G, N en U bevat waardes wat die getal dae met sneeu per jaar vir elkeen van die drie stede aandui. Voeg 'n funksie of formule in sel F21 by om die totale getal dae waarop sneeu in al drie stede vanaf 2002 tot 2011 geval het, te vertoon. (3) 3.6 Gebruik voorwaardelike formatering ('conditional formatting') in kolom O om 'n blou vulkleur in die drie selle met die drie hoogste waardes in daardie kolom, in te voeg. Hierdie voorwaardelike formatering moet die drie hoogste waardes ('top three') vertoon indien dit op enige ander stel data toegepas word. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 10 DBE/November 2012 NSS Werk in die werkblad Graph_Grafiek. 3.7 'n Sirkelgrafiek is gegee. Verander die gegewe grafiek om soos die grafiek hieronder te lyk. Verander slegs die volgende: • Grafiektipe • Titel van die grafiek • Vertoon die verklaring ('legend') aan die regterkant van die grafiek, soos hierbo getoon • Vertoon die minder belangrike vertikale gidslyne ('minor vertical gridlines') • Merkies ('Ticks') moet die vertikale as kruis (5) 3.8 Bring die volgende veranderings in die bladsyboskrif ('header') van die werkblad (Graph_Grafiek) aan: • Die teks 'Temperatures' vertoon in die linkerkantste deel van die bladsyboskrif ('header'). • Vandag se datum (wat moet opdateer) vertoon in die middelste deel van die bladsyboskrif ('header'). • Die teks 'Page number' plus 'n outomatiese bladsynommer word bygevoeg in die regterkantste deel van die bladysboskrif ('header'), byvoorbeeld 'Page number 1'. (3) Stoor 3Travel_Reis. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 11 DBE/November 2012 NSS 'n Opsomming van die weerdata gee waardevolle inligting. Gaan voort om in die sigblad 3Travel_Reis te werk. Werk in die werkblad genaamd Summary_Opsomming. 3.9 Verander die hoogte van die eerste ry na 80 pt/2.82 cm. (1) 3.10 Voeg 'n dubbellynraam ('double-line border') in aan die onderkant van die saamgesmelte sel A1:D1. (2) 3.11 Voeg 'n funksie in sel D3 by om die gemiddelde jaarlikse maksimum temperatuur vir Durban (2002–2011) te vertoon, deur data in die Cities_Stede-werkblad te gebruik. (2) 3.12 Gebruik IF-stellings in sel B8 om 'n klassifikasie vir Johannesburg by te voeg. Dit is gebaseer op die verskil tussen die gemiddelde maksimum en gemiddelde minimum temperatuur vir elkeen van die stede in hierdie sigblad, soos volg: Verskil tussen gemiddelde maksimum en Klassifikasie gemiddelde minimum temperature Kleiner as 10 'Constant' Groter as of gelyk aan 10 maar kleiner as 13 'Settled' 13 of groter as 13 'Extreme' (4) 3.13 Die gemiddelde getal reëndae per jaar wat vanaf 2002 tot 2011 in elkeen van die stede waargeneem is, word in ry 5 vertoon. Voeg 'n funksie in sel B9 by om die persentasie kans wat jy mag hê om 'n reëndag in Johannesburg te ondervind, te bereken. Die antwoord moet na die naaste heelgetal afgerond word ('rounded up'). (3) 3.14 Voeg 'n kolomgrafiek in die werkblad Summary_Opsomming in om die basiese klimaatwaardes van die drie stede in sel B2:D7 te vergelyk. LET WEL: • Formateer die kolom wat die grootste getal reëndae aandui. Gebruik 'n gegradeerde ('gradient') vuleffek in 'n donker kleur om hierdie kolom te beklemtoon (dit wil sê om dit te laat uitstaan). • Die titel 'Basic Climate Comparison' moet boaan die grafiek (6) verskyn. Stoor en maak 3Travel_Reis toe. [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 12 DBE/November 2012 NSS VRAAG 4 Weerdata vir verskeie Suid-Afrikaanse dorpe en stede is vir 7 Desember 2011 versamel. Maak die sigblad 4Daily_Daagliks oop. Werk in die werkblad DayRecord_DagVerslag. 4.1 Voeg 'n funksie in sel N2 by om die getal dorpe waarvoor winddata in kolom J bestaan, te bepaal. (2) 4.2 In sel E5, vertoon die verskil tussen die minimum temperatuur in sel C5 en die maksimum temperatuur in sel D5. Vertoon die verskil as 'n persentasie van die minimum temperatuur. (3) 4.3 Die daaglikse temperatuur vir Bhisho vir een week is in sel B4:H4 in die Temperature_Temperatuur-werkblad vasgelê. Voeg 'n funksie in sel F5 op die DayRecord_DagVerslag-werkblad by om die gemiddelde temperatuur vir Bhisho vir EEN week te vertoon. Rond die antwoord tot TWEE desimale plekke af. (4) 4.4 'n Dag word as baie warm ('hot') beskou as die humiditeit (kolom G) hoër as 80% is. Gebruik 'n funksie in sel H5 om 'Hot' te vertoon as die humiditeitsvlak 80% of hoër is en 'Mild' indien die humiditeitsvlak laer as 80% is. (3) 4.5 Gebruik 'n VLOOKUP-funksie in sel K5 om die windspoed vir Bhisho vir Donderdag te vertoon. Gebruik die data in die werkblad Wind_Wind as opsoekwaardes. Maak seker dat die funksie korrek sal werk indien dit vir ander dorpe en stede afgekopieer sou word. (5) 4.6 Elke dorp het 'n kode (sien kolom L) wat soos volg saamgestel is: • 'n Asterisk (*) gevolg deur die afkorting van die naam van die provinsie wat in kolom B gevind word, gevolg deur die eerste drie letters van die dorp se naam. • Die kode moet in bokas ('upper case') verskyn. Voeg 'n funksie of formule in sel L5 by om 'n kode vir Bhisho te genereer. (6) 4.7 Gebruik 'n funksie in sel N3 om die getal dae te vertoon waarop wind gedurende die week in AL die stede en dorpe gelys in sel B4:H10 in die Wind_Wind-werkblad voorgekom het. (3) Stoor en maak 4Daily_Daagliks toe. [26] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 13 DBE/November 2012 NSS VRAAG 5 Maak die 5Weather_Weer-databasis oop. Werk in die Data_Data-tabel. 5.1 Die klub wil databasisse oor die weer onderhou. 5.1.1 Verander die datatipe vir die Experience_Ondervinding-veld na 'n meer geskikte veldtipe. (1) 5.1.2 Vee die rekord vir L Jackson uit. (1) 5.1.3 Voeg 'n aftreklyskontrole ('drop-down list control') by die Gender_Geslag-veld wat die gebruiker sal toelaat om 'M' of 'F' te kies. (3) 5.1.4 Stel 'n valideringsreël en toepaslike valideringsboodskap op die Departure_Vertrek-veld sodat die vertrekdatums slegs vanaf 1 Oktober 2011 tot 31 Desember 2012 is. (4) 5.2 Die navrae hieronder is op die databasistabel genaamd Info_Inlig in dieselfde databasis gebaseer. Die ontwerpaansig ('Design View') van die tabel toon die volgende velde: Field Name Data Type Description ID AutoNumber Surname_Van Text Surname of traveller/Van van reisiger Initial_Voorletter Text Initial of traveller/Voorletter van reisiger Gender_Geslag Text Gender/Geslag ContactName_Kontaknaam Text Contact person/Kontakpersoon ContactNumber_Kontaknommer Text Emergency number/Nommer vir noodgeval Departure_Vertrek Date/Time Date of departure/Vertrekdatum Arrival_Aankoms Date/Time Date of return/Terugkeerdatum Country_Land Text Destination/Bestemming Danger_Gevaar Text Climate concerns/Klimaatsbekommernisse • Maak die navraag QryMale_Manlik oop. • Pas die QryMale_Manlik-navraag aan sodat dit slegs die van en voorletters van die manlike reisigers vertoon. • Vertoon die inligting in stygende volgorde volgens hul vertrekdatum. (3) Stoor en maak die QryMale_Manlik-navraag toe. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 14 DBE/November 2012 NSS Maak die navraag QryDays_Dae oop. 5.3 Pas die QryDays_Dae-navraag aan deur 'n berekende veld genaamd Days_Dae in te voeg om die getal dae wat die reisigers uit die land sal wees, te vertoon. (4) Stoor en maak die QryDays_Dae-navraag toe. 5.4 Skep 'n nuwe navraag genaamd QryVloed gebaseer op die data in die Info_Inlig-tabel. Dit moet die volgende vertoon: • 'n Lys van die voorletters en vanne van die reisigers, asook die land van die bestemming (geen ander velde moet vertoon word nie) • Slegs die rekords vir daardie bestemmings (lande) waar vloede ('flooding') 'n gevaar mag wees (sien Danger_Gevaar-veld) (4) Stoor die navraag as QryVloed. 5.5 Voer die resultate van die QryInfo_Inlig-navraag na 'n sigblad uit en stoor dit as MyInfo. (2) 5.6 Skep 'n vorm genaamd New_Nuut gebaseer op die Data_Data-tabel om gebruikers toe te laat om nuwe data in die tabel in te voer. (3) 5.7 Maak die bestaande vorm genaamd FrmForm_Vorm oop. 5.7.1 Bring die volgende veranderinge in die vormboskrif ('form header') aan: • Skep 'n byskrif ('label') in die vormboskrif ('form header') en tik jou eksamennommer in. • Skuif die prent vanaf die vormonderskrif ('form footer') na die vormboskrif ('form header'). • Plaas 'n skaduraam ('shadowed border') rondom die prent. (4) 5.7.2 Bring die volgende veranderinge in die vormonderskrif ('form footer') aan: • Plaas 'n horisontale lyn boaan die vormonderskrif ('form footer'). • Voeg vandag se datum as 'n veld in die vormonderskrif ('form footer') by. (3) Stoor en maak beide vorms toe. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 15 DBE/November 2012 NSS 5.8 Skep 'n verslag genaamd MyReport_Verslag gebaseer op die Info_Inlig-tabel, soos volg: • Vertoon AL die velde. • Groepeer die rekords in die verslag volgens die Country_Land-veld. • Sorteer die rekords in die verslag volgens die Surname_Van-veld. • Gebruik 'n blokuitleg ('block layout'). (4) Stoor en maak die verslag toe. 5.9 Maak die bestaande verslag genaamd RepInfo_Inlig oop. Pas die verslag soos volg aan: • Gebruik 'n funksie om die getal rekords vir elke groep vertrekke ('departures') onder die Departure_Vertrek-groep te vertoon. • Voeg bladsynommering by die verslag sodat die bladsynommer op elke bladsy verskyn. Bladsynommers moet in die 'Page X of Y'-formaat verskyn, byvoorbeeld 'Page 1 of 2'. (5) Stoor en maak die verslag toe. Maak die databasis 5Weather_Weer toe. [41] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 16 DBE/November 2012 NSS VRAAG 6 Leerders moet die weerdata van die weerstasie aan die owerhede voorlê. Maak die 6Record_Opname-dokument oop. 6.1 Verander die bladsyoriëntasie van die dokument na landskap. (1) 6.2 Bestudeer die voorbeeld hieronder om VRAAG 6.2.1 en 6.2.2 te beantwoord:  DAILY RECORD OF WEATHER CONDITIONS 6.2.1 Verander die titel 'Daily record of weather conditions' soos volg: • 'n Buitelyn- ('outline') fontstyl • 'n Klein hooftletter- ('small caps/small capitals') effek (2) 6.2.2 Voeg 'n simbool wat soos 'n son lyk links van die titel in. Pas die grootte van die simbool aan om soos die voorbeeld hierbo te lyk. (3) 6.3 Stel 'n regs inlyngestelde tabelkeep ('tab') met 'n gidslyn op 10 cm vir die inleser se naam in en pas dit toe. (3) 6.4 Die weerstasie word deur die nommer 3674 geïdentifiseer. Voeg 'n eindnoot ('endnote') by die woorde 'weather station no 3674'. • Gebruik die inligtingsimbool , wat in die Webdings-karakterstel gevind word, as 'n doelmerk om die eindnoot te merk. • Die woorde 'GPS pending' verskyn as die eindnoot- ('endnote') teks. (3) 6.5 Plaas 'n teks-vormkontrole ('text form control') langs die woord 'Name' met die volgende eienskappe: • Die verstekteks ('default text') is 'Tik die naam hier in'. • 'n Naam wat in die tekskontrole ingelees word, mag NIE langer as 20 karakters wees NIE. (3) 6.6 Plaas 'n veld wat die lêernaam en lêerpad ('file path') vir 6Record_Opname wys, onderaan die bladsy. (1) 6.7 Weerdata is in 'n sigblad genaamd 6Day_Dag ingesleutel. Plak die inhoud van sel B2:G9 as 'n gekoppelde tabel aan die einde van dokument 6Record_Opname. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 17 DBE/November 2012 NSS 6.8 Onttrek die name van die 10 stede wat die grootste kans het om vloede te ondervind, volgens die artikel in die 1Climate_Klimaat-dokument. Vertoon die name van hierdie stede in die 6Record_Opname-dokument in 'n maklik leesbare formaat. WENK: Gebruik die sleutelwoorde 'Mumbai, Shanghai' om die toepaslike data te vind. (2) 6.9 Plaas 'n skakel ('link') op die prent van die windverwaaide boom om die woordverwerkingslêer 2Wind_Wind oop te maak. (2) Stoor en maak al die oop dokumente toe. [22] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 18 DBE/November 2012 NSS VRAAG 7 Maak die woordverwerkingslêer 7Answers_Antwoorde oop. 7.1 Voer die getal karakters wat in die woordverwerkingslêer 7Extreme_Uiters voorkom, in in die spasie wat daarvoor in die 7Answer_Antwoorde-dokument voorsien is. Sluit AL die karakters by die telling in. (1) 7.2 Op watter profielvorm ('template') is die woordverwerkingslêer 7Flood_Vloed gebaseer? Sleutel jou antwoord in die spasie wat daarvoor in die 7Answer_Antwoord- lêer voorsien is. (1) 7.3 Gebruik die wagwoord '8' om die lêer 7Password_Wagwoord oop te maak. Verwyder die wagwoord van die lêer en maak 7Password_Wagwoord toe. (1) 7.4 Hoeveel spasie sou jy benodig om 7Extreme_Uiters op 'n skyf te stoor? Sleutel jou antwoord in in die spasie wat daarvoor in die lêer 7Answer_Antwoord voorsien is. (1) 7.5 Stoor die prent wat in die woordverwerkingslêer 7Storm_Storm voorkom as 'n prentlêer. Noem die prentlêer 7Storm. (2) Stoor en maak al die oop dokumente toe. [6] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Computer Applications Technology

View all
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC November 2012 QP | Hlayiso