Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2
(TEORIE)
NOVEMBER 2012
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentQuestion paper 







_hlayiso.com_--c01bfbcb-cb2b-4618-9d1d-c1121a3bfe6b/v1-ca8424d1fe5bc9192ecd/card.webp)



View all





Computer Applications Technology Grade 12 P2 NSC November 2012 QP
Grade 12 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2012, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Computer Applications Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2012. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 372.6 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 2 DBE/November 2012
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en B.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
5. Laat 'n reël oop na ELKE subvraag.
6. Moet NIE in die regterkantlyn skryf NIE.
7. Daar word gewoonlik 'n punt per feit toegeken. Dus sal 'n 2 punt-vraag TWEE
feite vereis, ensovoorts.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 3 DBE/November 2012
NSS
AFDELING A
VRAAG 1: PASITEMS
Kies 'n term/begrip uit KOLOM B om by die beskrywing in KOLOM A te pas. Skryf
slegs die letter (A–S) langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK
neer, byvoorbeeld 1.11 T.
KOLOM A KOLOM B
1.1 'n Eenheid wat gebruik word om die A OKT ('UPS')
resolusie van 'n skerm te spesifiseer
B ELO ('EULA')
1.2 Programmatuur wat gratis vir 'n
toetsperiode beskikbaar is en wat die C PIB ('PIM')
gebruiker nie mag verander nie
D plafon ('cap')
1.3 Tegnologie wat 'n toestel toelaat om
outomaties te installeer wanneer dit aan E LAG ('ROM')
'n PR ('PC') gekoppel word
F inprop-en-speel ('plug-and-
1.4 Ongewenste e-pos wat tegelyk aan baie play')
ontvangers gestuur word
G bandwydte ('bandwidth')
1.5 Slimfone ('Smartphones') en PDA's
gebruik hierdie funksie om persoonlike H digitale sertifikaat
inligting te organiseer
I AG ('AUP')
1.6 'n Alternatiewe tegnologie wat in plaas
van strepieskode-identifikasie gebruik J deelprogrammatuur
word ('shareware')
1.7 'n Wetlike ooreenkoms wat spesifiseer K klikprogrammatuur ('spyware')
hoe 'n gebruiker 'n program mag
installeer en gebruik L RFID
1.8 Die beperking wat gestel word op die M Bluetooth
hoeveelheid data wat 'n gebruiker in 'n
vasgestelde tydperk oor die Internet kan N gratis programmatuur
oordra ('freeware')
1.9 'n Manier om na te gaan of 'n e-handel- O bpm ('ppm')
webtuiste eg is
P 'spam'
1.10 Geheue wat nie sy inhoud verloor
wanneer die rekenaar afgeskakel word Q oopbronprogrammatuur
nie
R LSG ('RAM')
S spd ('dpi')
(10 x 1) [10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 4 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 2: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
mees gepaste antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(2.1–2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.11 D.
2.1 Watter EEN van die volgende terme verwys na die hoofgeheue van 'n
rekenaar?
A LSG ('RAM')
B 'HDD'
C DVD
D Flitsaandrywer ('Flash drive') (1)
2.2 Watter EEN van die volgende is 'n apparatuurkomponent wat jy kan
opgradeer om die algemene werkverrigting van jou rekenaar te verbeter?
A LSG ('RAM')
B Bedryfstelsel ('Operating system')
C Sleutelbord
D Flitsaandrywer ('Flash drive') (1)
2.3 Watter EEN van die volgende verwys na 'n maatskappy wat draadlose
Internettoegang aan sy kliënte verskaf?
A DTP ('WAP')
B 'WIMP'
C DIDV ('WISP')
D 'WIA' (1)
2.4 'n Mens sal 'n regstelling ('patch') van die Internet aflaai indien jy ...
A 'n virus wil verwyder.
B foute ('bugs') in 'n bestaande program wil regmaak.
C jou virusdefinisies wil opdateer.
D VoIP-programmatuur wil gebruik. (1)
2.5 Baie tuisgebruikers is huiwerig om video in 'n webgesprek ('web chat') te
gebruik omdat ...
A dit vereis dat die nuutste bedryfstelsel geïnstalleer moet wees.
B geïntegreerde webkameras nie op notaboekrekenaars beskikbaar
is nie.
C dit die beskikbare plafon ('cap') vinnig sal verklein.
D webkameras slegs .jpg-lêers kan vaslê en stuur. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 5 DBE/November 2012
NSS
2.6 Die digitale kloof ('digital divide') verwys na ...
A die toename in die gebruik van analoogtegnologie teenoor digitale
tegnologie.
B mense se toegang tot tegnologie of nie.
C die gaping tussen pixels op 'n monitor.
D nuwe 4G-tegnologie. (1)
2.7 Watter EEN van die volgende tegnologieë is vir draadlose kommunikasie oor
baie kort afstande van enkele meter ontwerp?
A Wi-Fi
B Ethernet
C 3G
D Bluetooth (1)
2.8 Watter EEN van die volgende eienskappe van 'n woordverwerkingsprogram
kan gebruik word om vinnig na 'n spesifieke woord of frase in 'n dokument te
beweeg?
A Eindnoot ('Endnote')
B Boekmerk
C Formule
D Tesourus ('Thesaurus') (1)
2.9 Watter tipe programmatuur word gewoonlik gebruik om 'n webblad te bekyk?
A Woordverwerker
B Bedryfstelsel ('Operating system')
C Soekenjin
D Webdeurblaaier (1)
2.10 Watter van die volgende poorte kan gebruik word om foto's en video's van 'n
digitale kamera na 'n PR ('PC') oor te dra?
(i) Parallel
(ii) 'PS2'
(iii) FireWire
(iv) USB
A (i) en (ii)
B (ii) en (iii)
C (i) en (iv)
D (iii) en (iv) (1)
[10]
TOTAAL AFDELING A: 20
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 6 DBE/November 2012
NSS
AFDELING B
Die scenario hieronder stel die konteks vir die vrae wat volg.
Die Rekenaartoepassingstegnologie- (RTT) leerders is gevra om saam met mnr. Joe, die
onderwyser, 'n nuwe rekenaarsentrum by die skool op te stel. As 'n RTT-leerder moet jy
met enige rekenaarverwante probleme help.
VRAAG 3
Mnr. Joe het die advertensie hieronder vir 'n notaboekrekenaar (skootrekenaar)
('notebook computer/laptop') gesien. Bestudeer die advertensie en beantwoord die
vrae wat volg.
Intel Core i5 2.3 GHz
4 GG ('GB') -geheue
750 GG ('GB') -hardeskyf
15.6" LED, GeForce GT 520M 1 GG ('GB')
1.3 MP-webkamera, Bluetooth, Wi-Fi + 3G, Win 7 Home Premium
3.1 Gee die spoed van die verwerker ('processor') in die advertensie. (1)
3.2 'n Reeks toevoertoestelle is vir draagbare rekenaars beskikbaar.
3.2.1 Noem TWEE van die algemeenste toevoertoestelle wat op
notaboekrekenaars gevind word en NIE in die advertensie
gespesifiseer is NIE. (2)
3.2.2 Noem EEN voordeel daarvan om 'n draadlose muis as 'n
toevoertoestel vir 'n rekenaar te gebruik. (1)
3.3 Noem die toestel wat deur die spesifikasie hieronder beskryf word:
GeForce GT 520M 1 GG ('GB') (1)
3.4 Noem TWEE funksies van 'n bedryfstelsel ('operating system') in 'n
rekenaar. (2)
3.5 Die webkamera het 'n spesifikasie van 1.3 MP.
3.5.1 Verduidelik wat die spesifikasie 1.3 MP beteken. (1)
3.5.2 Noem TWEE gebruike van 'n webkamera vir die rekenaar-
sentrum. (2)
3.6 Noem TWEE sellulêre tegnologiedienste of kommunikasietipes wat
Internettoegang deur middel van selfone toelaat. (2)
3.7 Gee TWEE redes waarom mnr. Joe dit mag verkies om notaboekrekenaars
eerder as tafelrekenaars vir die skool te koop. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 7 DBE/November 2012
NSS
3.8 Aangesien dit duur is om 'n rekenaarsentrum op te stel, wil die skool die
rekenaars vir meer as net die onderrig van RTT en IT gebruik.
Noem TWEE ander opvoedkundige doeleindes waarvoor die rekenaars
gebruik kan word. (2)
3.9 Noem EEN manier waarop 'n strepieskodeskandeerder in die nuwe
rekenaarsentrum vir die res van die skool voordelig kan wees. (1)
3.10 Mnr. Joe stel daarin belang om die toeganklikheidsopsies vir fisies
gestremde leerders in die klaskamer te ondersoek.
3.10.1 Verduidelik hoe 'n spraakherkenningsprogram gebruik kan word
om fisies gestremde leerders te help. Verwys in jou antwoord na
'n spesifieke probleem wat stemherkenning sal oorkom. (2)
3.10.2 'n Teks-na-spraak-program soos Narrator word dikwels met
bedryfstelsels geassosieer.
Noem EEN manier waarop 'n teks-na-spraak-program gebruik
kan word om leerders met spesiale behoeftes te help. Verwys in
jou antwoord na 'n spesifieke probleem wat dit sal oorkom. (2)
3.11 Mnr. Joe is aangeraai om 'n CD-aandrywer ('CD drive') in elke rekenaar te
installeer.
3.11.1 Noem EEN nadeel daarvan om 'n CD-aandrywer ('CD drive') in
elke rekenaar te installeer. (1)
3.11.2 Gee EEN rede, behalwe die groter kapasiteit van 'n Blu-Ray-skyf,
om Blu-Ray-aandrywers eerder as CD-aandrywers ('CD drives')
in die rekenaars te installeer. (1)
3.12 Gee TWEE algemene redes waarom ergonomiese kwessies oorweeg moet
word wanneer 'n rekenaarsentrum ingerig word. Spesifieke voorbeelde word
NIE verlang NIE. (2)
[25]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 8 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 4
4.1 Toe mnr. Joe die rekenaars uitgepak het, het hy gevind dat 'n kantoorpakket
reeds op die rekenaars geïnstalleer is. Voordat die kantoorpakket gebruik kan
word, moet 'n aktiveringskode ingelees word.
4.1.1 Wat is 'n aktiveringskode? (1)
4.1.2 Waar sal jy 'n aktiveringskode kry? (1)
4.1.3 Waarom gebruik die ontwikkelaars van programmatuur
aktiveringskodes? (1)
4.1.4 Noem die algemene groep programmatuur waaraan 'n
kantoorpakket behoort. (1)
4.1.5 Noem TWEE voordele van die gebruik van 'n kantoorpakket eerder
as individuele programme van verskillende programmatuur-
handelaars. (2)
4.2 Die kantoorpakket wat vooraf op die rekenaars gelaai is, sluit nie 'n
databasisprogram in nie.
Motiveer waarom mnr. Joe 'n databasisprogram moet koop deur na 'n
geskikte voorbeeld te verwys van waar dit in die skool gebruik kan word. (1)
4.3 Toe mnr. Joe probeer het om 'n drukker op die rekenaar te installeer, het daar
'n boodskap verskyn wat hom gevra het om 'n toesteldrywer ('device driver')
te laai.
4.3.1 Verduidelik wat 'n toesteldrywer ('device driver') is. (2)
4.3.2 Beveel TWEE maniere aan om toesteldrywers vir die drukker te
vind. (2)
4.4 Hulpbronne word soms in 'n rekenaarsentrum vermors.
4.4.1 Noem TWEE maniere waarop drukwerk verminder kan word om
papier in die rekenaarsentrum te bespaar. (2)
4.4.2 Noem TWEE voordele van die gebruik van minder drukkersink of
drukstof ('toner') in die rekenaarsentrum. (2)
4.4.3 Verwys na die rekenaars in die rekenaarsentrum en noem TWEE
maniere waarop elektrisiteit bespaar kan word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 9 DBE/November 2012
NSS
4.5 Die antivirusprogram op die sentrum se rekenaars het gerapporteer dat 'n
leerder se flitsaandrywer ('flash drive') met virusse besmet is. Die leerder sê
hy het hierdie flitsaandrywer ('flash drive') slegs op sy tuis-PR ('PC') gebruik,
wat 'n antivirusprogram het.
4.5.1 Gee TWEE moontlike redes vir die virusinfeksie. (2)
4.5.2 Noem TWEE moontlike aanduidings of simptome dat 'n rekenaar met
'n virus besmet is, behalwe die verslag van die antivirusprogram. (2)
4.6 Wanneer mnr. Joe een van die rekenaars in die sentrum gebruik, verskyn
daar 'n boodskap wat hom in kennis stel dat opdaterings ('updates') vir die
bedryfstelsel beskikbaar is.
4.6.1 Gee TWEE redes waarom dit 'n goeie idee is om opdaterings vir 'n
bedryfstelsel te installeer. (2)
4.6.2 Hoe word 'n program gewoonlik opgedateer? (1)
4.7 Mnr. Joe het die skyfdefragmenteerder ('disk defragmenter') op die nuwe
rekenaars laat loop.
Verduidelik waarom die skyfdefragmenteringsprogram waarskynlik sal
rapporteer dat die nuwe rekenaars nie gedefragmenteer hoef te word nie. (1)
4.8 Mnr. Joe moet die 32 GG ('GB') data vanaf sy PR ('PC') rugsteun ('backup').
Noem 'n tipe toestel wat vir hierdie doel geskik sou wees. (1)
[26]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 10 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 5
5.1 Mnr. Joe het al die rekenaars, 'n skandeerder en ander toestelle in die
rekenaarsentrum genetwerk.
5.1.1 Noem EEN mediakategorie wat mnr. Joe kon gebruik het om die
rekenaars te koppel. (1)
5.1.2 Wat is die doel van 'n skakelaar ('switch') in 'n netwerk? (1)
5.1.3 Noem TWEE toestelle, behalwe rekenaars en 'n skandeerder, wat in
'n netwerk gedeel kan word. (2)
5.2 Mnr. Joe is bekommerd oor die sekuriteit van die netwerk.
5.2.1 Noem TWEE voorsorgmaatreëls wat hy kan tref om ongemagtigde
toegang tot die lêers op die netwerk te voorkom. (2)
5.2.2 Noem TWEE riglyne vir die opstel van veilige wagwoorde. (2)
5.2.3 Noem TWEE probleme wat direk aan apparatuur verwant is, wat
kan veroorsaak dat 'n mens data verloor. (2)
5.3 Mnr. Joe spandeer baie tyd om gebruikers en rekenaars op te stel, probleme
met rekenaars en konnektiwiteit op te los en om ander netwerktake uit te
voer. Hy wil adverteer vir iemand om hierdie werk oor te neem.
Gee die posbeskrywing (titel) wat in die advertensie gebruik moet word vir so
'n persoon. (1)
5.4 Mnr. Joe wil die netwerk aan die Internet koppel.
5.4.1 Stel EEN tipe breëband-Internetkonneksie voor.
(MOENIE 'n handelsnaam gee NIE.) (1)
5.4.2 Noem EEN voordeel van 'n breëbandkonneksie vir die leerders in
die leeromgewing. (1)
5.5 Sommige onderwysers by die skool glo nie dat leerders se toegang tot die
Internet altyd so 'n goeie idee is nie.
5.5.1 Buiten om navorsing te doen, noem TWEE ander gebruike van die
Internet wat leerders met hul skoolwerk sal help. (2)
5.5.2 'n Soekenjin mag duisende moontlike webtuistes oplewer om te
bekyk en baie hiervan is nie toepaslik vir wat die leerder soek nie.
Noem TWEE maniere waarop die leerder die soektog kan beperk
om slegs toepaslike webtuistes te gee. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 11 DBE/November 2012
NSS
5.6 Gee TWEE redes waarom sommige mense data in die wolk ('cloud') stoor. (2)
5.7 Mnr. Joe is bekommerd oor die negatiewe invloed wat die Internet op leerders
mag hê.
5.7.1 Hy besluit om 'n program te installeer wat hom in staat sal stel om te
sien wat die leerders op die rekenaars doen.
Gee EEN etiese rede waarom dit 'n slegte idee is. (1)
5.7.2 Noem EEN manier waarop hy kan seker maak dat die leerders nie
ongewenste webtuistes besoek nie. (1)
5.8 Mnr. Joe wil die leerders oor e-handel ('e-commerce') inlig.
5.8.1 Noem TWEE voordele van Internetbankdienste bo konvensionele
bankdienste. (2)
5.8.2 Watter tipe webtuiste kan die leerders se ouers gebruik om items
oor die Internet te koop en te verkoop?
(MOENIE spesifieke voorbeelde in jou antwoord gee NIE.) (1)
5.8.3 Noem EEN voordeel van die koop of verkoop van goedere of
dienste oor die Internet. (1)
5.8.4 Verduidelik waarom 'n gebruiker dit sal verkies om 'n e-handel-
webtuiste te gebruik wat met die voorvoegsel https:// begin. (1)
5.9 Mnr. Joe is bekommerd dat gebruikers nie die ware identiteit ken van die
mense met wie hulle oor die Internet kommunikeer nie.
Noem die veiligheidseienskap ('security feature') wat met e-pos gebruik kan
word om die sender se identiteit te verifieer. (1)
[27]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 12 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 6
6.1 Toegang tot die Internet maak die skool deel van 'n aanlyngemeenskap.
6.1.1 Noem EEN sosialenetwerk-webtuiste. (1)
6.1.2 Blogs en webtuistes is ook maniere waarop leerders met mense
dwarsoor die wêreld kan kommunikeer.
Is die inligting wat op 'n blog gevind word, minder betroubaar as
inligting in 'n aanlyn-ensiklopedie? Verduidelik jou antwoord. (3)
6.2 Sommige sosialenetwerk-webtuistes laat 'n mens toe om foto's op die Internet
te plaas.
Gee EEN rede waarom dit NIE eties is om 'n foto van iemand anders sonder
sy/haar toestemming op 'n sosialenetwerk-webtuiste te plaas NIE. (1)
6.3 Baie maatskappye gebruik sosiale netwerke.
Noem TWEE voordele daarvan as 'n maatskappy sosiale netwerke gebruik. (2)
6.4 Mense gebruik dikwels e-pos om met mekaar te kommunikeer.
6.4.1 Noem TWEE nadele van webgebaseerde e-posstelsels. (2)
6.4.2 Wat noem ons die stel reëls wat riglyne gee oor hoe om die Internet
en e-pos op 'n hoflike en bedagsame manier te gebruik? (1)
6.5 Mnr. Joe gebruik e-pos as die vernaamste metode waarop hy met ander skole
kommunikeer.
6.5.1 Alhoewel die gebied waarin hy woon, dikwels kragonderbrekings
ondervind, ontvang hy steeds al sy e-pos.
Verduidelik waarom mnr. Joe se e-pos nie gedurende 'n
kragonderbreking verlore gaan nie. Verwys na die proses
waarvolgens e-pos gestuur en ontvang word. (2)
6.5.2 Verduidelik hoe mnr. Joe 'n e-pos aan me. Smith sal stuur sonder
dat die ander ontvangers van die boodskap weet dat me. Smith ook
die e-pos sal ontvang. (1)
6.5.3 Verduidelik aan mnr. Joe wat 'n pos- of verspreidingslys in die
konteks van e-poskommunikasie is. (1)
6.5.4 Noem EEN voordeel daarvan om 'n pos- of verspreidingslys in
e-poskommunikasie te gebruik. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 13 DBE/November 2012
NSS
6.6 Strikroofpogings ('Phishing attempts') word nie tot e-pos of die Internet beperk
nie. Dit word ook as boodskappe na selfone gestuur.
6.6.1 Verduidelik breedvoerig wat 'n strikroofpoging ('phishing attempt') is
en wat dit probeer bereik. (3)
6.6.2 Noem TWEE maniere waarop 'n mens 'n boodskap as 'n
strikroofpoging ('phishing attempt') kan uitken. (2)
6.7 Een van die onderwysers gebruik die rekenaars om 'n besigheid in skooltyd te
bedryf.
Verduidelik kortliks wat hierdie praktyk oneties maak. (2)
6.8 Internetgebruik word nie tot rekenaars beperk nie.
6.8.1 Noem 'n generiese tipe handtoestel ('handheld device') wat gebruik
kan word om toegang tot die Internet te verkry. (1)
6.8.2 Noem EEN bedryfstelsel ('operating system') wat op so 'n
handtoestel ('handheld device') gebruik word. (1)
6.9 Mnr. Joe is bly om die RSS-voere waarop hy ingeteken het, te ontvang.
6.9.1 Verduidelik wat 'n RSS-voer is. (2)
6.9.2 Wat is die hoofvoordeel van die ontvang van 'n RSS-voer? (1)
[27]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 14 DBE/November 2012
NSS
VRAAG 7
Mnr. Joe moet verskeie probleme met betrekking tot rekenaars en die werk wat leerders
in die rekenaarsentrum doen, oplos.
7.1 Een van die rekenaars in die klas het opgehou om te reageer.
Verduidelik hoe jy die probleem sal oplos sonder om die rekenaar te herlaai
('reboot'). (2)
7.2 Toe die leerders probeer het om 'n nuwe program op een van die rekenaars te
laai, het 'n boodskap verskyn wat aangedui het dat daar nie genoeg spasie op
die hardeskyf oor is nie.
Noem TWEE oplossings vir hierdie probleem sonder om op te gradeer of nuwe
apparatuur by te voeg. (2)
7.3 Die platskermskandeerder ('flatbed scanner') wat aan die netwerk gekoppel is,
reageer nie.
Noem TWEE dinge wat mnr. Joe kan doen om te probeer om die probleem op te
los. (2)
7.4 Mnr. Joe het 'n e-posboodskap met die onderwerpreël 'Undeliverable
e-mail' ontvang.
Gee TWEE moontlike redes waarom hierdie boodskap waarskynlik verskyn het. (2)
7.5 Mnr. Joe het 'n e-pos ontvang met 'n aanhegsel wat hy nie kan oopmaak nie
omdat die rekenaar nie die lêertipe herken nie.
Stel TWEE maniere voor om hierdie probleem op te los. (2)
7.6 Mnr. Joe het 'n nuwe weergawe van 'n program gekoop. Hy moet nou die ou
program van sy rekenaar af verwyder.
7.6.1 Gee EEN rede waarom hy nie slegs die program moet selekteer en
dan 'Delete' druk nie. (1)
7.6.2 Stel EEN manier voor waarop die program verwyder kan word sonder
om enige probleme te veroorsaak. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 15 DBE/November 2012
NSS
7.7 Mnr. Joe het 'n paar leerders gevra om hom in die middae in die
rekenaarsentrum te help.
Hy het 'n sigblad geskep om die tye wat elke leerder gewerk het, te bereken.
Bestudeer die uittreksel uit die sigblad hieronder en beantwoord die vrae wat
volg.
A B C D E F
1 Rekenaarsentrumhelpers
2 Van Naam Klas Tyd In Tyd Uit Uur gewerk
3 PODILE Mpho 12C 12:30 16:00 03:30
4 MARX Liena 11B 14:15 18:00 03:45
5 SERUMULA Mohamed 11B 15:30 17:30 02:00
6 PUDIKABEKOA Dzuni 11C 14:15 17:30 03:15
7 WIESEMAN Owen 11A 15:15 18:00 02:45
8 MANTSINA Jannie 12C 15:30 17:30 02:00
9 ESTERHUIZEN Jan 12A 14:15 16:00 01:45
10 MSIMEKI Linda 11B 12:30 16:00 03:30
7.7.1 Mnr. Joe wil die name van slegs die leerders in Graad 12C kopieer.
Stel 'n manier voor waarop mnr. Joe die name van die leerders in
Graad 12C kan onttrek sonder om elke naam afsonderlik te kopieer. (2)
7.7.2 Watter formateringseienskap het mnr. Joe gebruik om die opskrif in
een sel oor al die kolomme in die eerste ry te plaas? (1)
7.7.3 Mnr. Joe wil weet hoeveel uur elke leerder gewerk het.
Hy het die formule =E3-D3 (Tyd Uit minus Tyd In) gebruik, maar het
gevind dat die getal uur as 'n tyd vertoon, byvoorbeeld 03:30 in plaas
van 3.5.
Noem TWEE veranderinge wat mnr. Joe moet aanbring om die getal
uur reg te vertoon. (2)
7.7.4 Mnr. Joe benodig dieselfde inligting wat in die sigblad is in 'n
databasistoepassing.
Watter eienskap van 'n kantoorpakket kan hy gebruik om dit te doen? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Rekenaartoepassingstegnologie/V2 16 DBE/November 2012
NSS
7.7.5 Die grafiek hieronder vergelyk die tye wat die leerders in die
rekenaarsentrum gewerk het.
Stel 'n meer toepaslike tipe grafiek voor om die data te vertoon en te
vergelyk. (1)
7.8 Mnr. Joe wil die inligting hieronder in 'n databasistabel plaas.
VAN NAAM KLAS SELNOMMER UUR GEWERK
PODILE Mpho 12C 083 380 1353 14
MARX Liena 11B 074 323 5891 18
SERUMULA Mohamed 11B 073 898 9458 21
PUDIKABEKOA Dzuni 11C 084 953 2262 25
WIESEMAN Owen 11A 072 516 5875 17
7.8.1 Watter veld moet mnr. Joe as die primêresleutel-veld stel?
Motiveer jou antwoord. (2)
7.8.2 Leerders mag nie meer as 30 uur werk nie. Noem die veldeienskap
wat mnr. Joe moet stel sodat getalle groter as 30 nie in die Uur
gewerk-veld ingevoer kan word nie. (1)
7.9 Die skoolhoof benodig 'n gedrukte dokument wat die name, vanne en uur
gewerk van al die leerders wat in die rekenaarsentrum gehelp het, vertoon.
7.9.1 Watter databasisobjek sal die geskikste wees om 'n lys van die
leerders in graad 11B wat meer as 15 uur gewerk het, te skep en te
stoor? (1)
7.9.2 Hoe sal jy die getal rekords in 'n databasisverslag bereken en
vertoon? (2)
[25]
TOTAAL AFDELING B: 130
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Computer Applications Technology notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Computer Applications Technology questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Computer Applications Technology quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Computer Applications Technology past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 past papers
More Computer Applications Technology and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2024 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 November 2024 NSC QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 QP
Related documents

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 NSC November 2012 QP

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2012 Memo
_hlayiso.com_--c01bfbcb-cb2b-4618-9d1d-c1121a3bfe6b/v1-ca8424d1fe5bc9192ecd/card.webp)
Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC November 2012 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC November 2012 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC November 2012 QP

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P2 NSC November 2022 QP
More from Grade 12 Computer Applications Technology

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2025 Memo

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P2 2025 Memo

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC June 2025 Memo

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 12 P1 2024 Memo (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC June 2023 QP

Question paper