Skip to content
Question paper

Computer Applications Technology Grade 12 NSC November 2012 QP

Grade 12 Computer Applications Technology question paper from the NSC November Exam 2012, 4 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Computer Applications TechnologyGrade 1220124 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE OPSIONELE SPOED-/AKKURAATHEIDSVRAAG NOVEMBER 2012 PUNTE: Nie van toepassing nie TYD: 5 minute leestyd PLUS 10 minute insleuteltyd PLUS druktyd Hierdie vraestel bestaan uit 4 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/Opsionele Spoedvraag 2 DBE/November 2012 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Tyd: VYF MINUTE sal vir die LEES van die spoed-/akkuraatheidsteks toegelaat word. TIEN MINUTE sal vir die INSLEUTEL van die teks toegelaat word. 2. Verstekstellings ('Default settings'): TAAL Afrikaans MEETEENHEDE Sentimeter (cm) INLYNSTELLING Links FONTSOORT EN FONTGROOTTE Courier New 12 of Courier 12 KANTLYNE 2.54 cm BLADSYBOSKRIF ('HEADER')/ BLADSYONDERSKRIF ('FOOTER') 1.27 cm REËLAFSTAND 1½- ('1.5 lines') of dubbelreëlafstand 3. Voeg 'n bladsyboskrif wat die volgende inligting bevat, in: RTT Spoed November 2012 (Links in lyn/linksgerig) Eksamennommer (Regs in lyn/regsgerig) 4. Voorsiening is gemaak vir spoed tot 70 woorde per minuut. 5. Voeg 'n ekstra reëlspasie voor die begin van 'n nuwe paragraaf in. 6. Jy mag nie jou antwoord redigeer nadat die 10-minute-insleuteltyd verstreke is nie. 7. Gebruik jou eksamennommer as die lêernaam om jou dokument te stoor. Stoor die lêer as 'Rich Text Format', soos hieronder getoon. Maak 'n drukstuk van jou antwoord en lewer dit by die toesighouer in. Jy mag slegs EEN drukstuk van hierdie vraag inlewer. LET WEL: Toesighouers moet seker maak dat al die kandidate se opsionele spoedvrae op CD vir nasiendoeleindes gestoor word. Drukstukke moet saam met die elektroniese kopieë op die CD ingelewer word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/Opsionele Spoedvraag 3 DBE/November 2012 NSS Sleutel die paragrawe wat volg so vinnig en akkuraat as wat jy kan, in. [Aangepas en vertaal uit die artikel 'Acts of God' in die British Airways Horizons-tydskrif, Mei 2011] 'n Aardbewing is 'n verskuiwing van 'n foutlyn tussen die plate van die aardkors. Met verloop van tyd bou spanning op langs die verskuiwing, wat veroorsaak dat die plate stadig vervorm totdat die kors breek. Naskokke is die omliggende rotse wat op die breuk reageer. Na 'n groot aardbewing, soos die een van nege op die Richterskaal wat Japan getref het, is daar waarskynlik meer as 'n duisend naskokke van verskillende groottes. Die meeste sal in die eerste week of twee plaasvind en dan sal hulle stadig afplat met verloop van tyd. Aardbewings kan nie voorspel word nie. Die gereeldheid hang van die gebied af. In Japan word aardskokke gereeld gevoel, maar die grootte van die skokke hang af van hoe ver die rotse beweeg. Hoe meer die rotse beweeg, hoe groter is die aardbewing en hoe langer duur dit voordat die rotse weer daardie afstand beweeg. Japan behoort vir die volgende duisend jaar nie weer 'n aardbewing van daardie grootte te ervaar nie. Die probleem is dat wetenskaplikes slegs sowat eenhonderd jaar se data het om mee te werk, daarom kan skattings nie met sekerheid gemaak word nie. 20 w.p.m. Hoe vernietigend 'n aardbewing is, hang minder van sy grootte as van sy ligging af. Grootte-ses-aardbewings vind byna elke week plaas en is nie nuuswaardig nie. Dit was egter 'n grootte ses wat die vernietiging in Christchurch, Nieu-Seeland, veroorsaak het omdat die stad nie gebou is om dit te weerstaan nie. Grootte-agt- en -nege-aardbewings sal egter in die algemeen vernietigend wees, maak nie saak waar hulle voorkom nie. Tsoenami's word deur die beweging van die seevloer na 'n onderwateraardbewing veroorsaak. Die beweging skep 'n golf wat na Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/Opsionele Spoedvraag 4 DBE/November 2012 NSS die kus beweeg, net soos water wat in 'n emmer skommel as die emmer met 'n hamer geslaan word. Dit moet 'n spesifieke aardbewing met 'n vertikale uitloping wees om die seebodem te skud. Die energie van die aardbewing word na die see oorgedra, wat veroorsaak dat die golf nader aan die kus groter word aangesien die water in 'n kleiner gebied gedwing word. Golwe sal in alle rigtings uitkring vanaf 'n aardbewing in die see daarom word enige land om daardie punt bedreig. Maar waar die aardbewing nader aan die kus is, kan die golf in een voorkeurrigting beweeg, soos met die tsoenami wat Indonesië getref het. Gewoonlik is daar sowat drie golwe, waarvan die tweede een die sterkste is. Die probleem is dat mense die eerste golf oorleef en dan dink hulle dat hulle veilig is. Tsoenami's beweeg teen 'n spoed van sowat agthonderd kilometer per uur - dieselfde spoed as 'n kommersiële straalvliegtuig. Lande rondom die Stille Oseaan het 'n stelsel ontwikkel wat waarskuwings uitstuur wanneer seismiese stasies vasstel dat 'n onderwateraardbewing wat 'n tsoenami kan veroorsaak, plaasgevind het. Daar is ook boeie in die Stille en Indiese Oseaan wat ongewone golfgedrag bespeur. 'n Vulkaan is 'n skeuring in die aardkors wat veroorsaak word deur die tektoniese plate wat teen mekaar stoot of weg van mekaar trek, of waar die aardkors uitgedun is, soos in die Oos-Afrika- Skeurvallei. Daar is ongeveer eenduisend-vyfhonderd vulkane regoor die wêreld, dié op die seebodem uitgesluit. Daar is verskillende tipes uitbarstings. Die gevaarlikste is waar die vulkaan soliede materiaal uitspoeg, en nie lawa nie. Soliede materiaal beweeg vinniger en die omliggende omgewing word met warm as oortrek. Aktiewe vulkane word dwarsoor die wêreld gemonitor. Waarskuwings word uitgereik EINDE Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Computer Applications Technology

View all