Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2016
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1
PUNTE: 180
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye insluitende ʼn aanhangsel.
Skip to contentAll 2016 papers 





View all
Computer Applications Technology Grade 11 P1 2016 QP (Afr)
Grade 11 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2016. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 1.3 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Eastern Cape November 2016
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2016)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. As gevolg van die aard van die drie-uur eksamen is dit belangrik om daarop te
let dat jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal voor die einde van die
eksamensessie te verlaat NIE.
2. Die toesighouer sal ʼn disket met AL die lêers wat vir die eksamen benodig
word aan jou gee, OF jy sal ingelig word waar die lêers op die netwerk of
rekenaar gevind kan word. Indien ʼn disket aan jou uitgereik is, moet jy jou
naam op die etiket skryf. Indien jy op ʼn netwerk werk, moet jy die instruksies
wat deur die toesighouer gegee word, volg.
3. ʼn Kopie van die meesterlêers (‘master files’) sal by die toesighouer
beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met ʼn lêer is, mag jy die
toesighouer vir ʼn ander kopie vra.
4. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.
5. Beantwoord AL die vrae.
6. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel
gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as ʼn voorsorgmaatreël teen
moontlike kragonderbrekings.
7. Lees deur ELKE vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos.
MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE.
8. Aan die einde van die eksamen moet jy die disket wat deur die toesighouer
aan jou gegee is inhandig met AL die antwoordlêers daarop gestoor, of jy
moet seker maak dat AL die antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor
is, soos wat deur die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik is. Maak
absoluut seker dat AL die lêers gelees kan word.
9. Gedurende die eksamen mag jy gebruik maak van die hulpfunksies van die
programme wat jy gebruik. Jy mag GEEN ander hulpbronmateriaal gebruik nie.
10. Indien data uit ʼn vorige vraag wat jy nie kon beantwoord nie afgelei word, moet
jy steeds voortgaan met die vrae wat volg.
11. Tensy anders vermeld, moet formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in
vrae wat sigbladwerk (‘spreadsheets’) behels, gebruik word. Absolute-
selverwysing moet slegs waar nodig gebruik word om te verseker dat die
formules korrek is wanneer hulle na ander selle in die sigblad gekopieer word.
12. In ALLE vrae wat woordverwerking behels, moet die taal op English (South
Africa) gestel word. Die papiergrootte word as A4-portret (‘Portrait’) aanvaar,
tensy anders aangedui.
13. In BYLAAG A word die HTML-merkblad voorsien.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 3
14. Die eksamengids/datadisket wat jy gaan ontvang saam met hierdie
vraestel, bevat die volgende lêergids en lêers wat onder aangedui word.
Maak seker dat jy die lêergids met AL die lêers het voor die eksamen begin.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2016)
SCENARIO
Die wêreldklas ‘uShaka Marine World’, wat geleë is in Durban,
Suid-Afrika, het hulle deure oopgemaak vir die algemene publiek
op 30 April 2004. Na byna 3 jaar se bemarking het uShaka hulself
baie vinnig geposisioneer as ʼn sleutel aantrekkingskrag op die
Durbanse Golden Mile en bied wêreldgehalte vermaak,
opwinding, pret en uniekheid.
uShaka het verskillende kulture bymekaar gebring, soos geen ander plek in Afrika
nie – die veilige, beskermde en skoon omgewing lei tot die klanke van pret, lag en
gees van samehorigheid. Geen einde aan vermaak nie, van die daaglikse gebeure
van Sea World, Wet ʼn Wild en uShaka Beach, tot die naglewe van die Village Walk.
Die beamptes het die Graad 11-leerders gevra om hulle te help om van die
amptelike werksaamhede te rekenariseer.
VRAAG 1: WOORDVERWERKING
ʼn Dokument is ontwerp om agtergrond inligting te verskaf oor uShaka Marine
World en die aktiwiteite wat by die pretpark plaasvind.
Maak die woordverwerkingsdokument 1_uShaka Info oop.
1.1 Die dokument het ʼn voorblad (cover page). Maak die volgende
veranderinge aan die diamantvorm (auto shape) wat op die voorblad
(cover page) voorkom.
1.1.1 Voeg die prentjie 1_uShaka.jpg in diamantvorm (auto shape) by. (1)
1.1.2 Voeg ʼn gloei-prentjie effek (glow picture effect) om die
diamantvorm (auto shape). (1)
1.2 Voeg ʼn 6pt paragraaf spasiëring voor en na die hele dokument. (1)
1.3 Vind die letter U in die eerste paragraaf op bladsy 3 onder die opskrif
Durban - uShaka Marine World.
Voeg ʼn vergrote hoofletter (drop cap) effek in vir die letter U sodat dit
oor 3 reëls van die teks (drop) vertoon. (1)
Die afstand vanaf die teks moet op 1 cm gestel word. (1)
1.4 Stel die linker en onderste kantlyne op 1.5 cm. (1)
1.5 Vind die opskrif 'Other attractions include' op bladsy 4.
Plaas die inhoud van die paragraaf in 3 gelyke kolomme. (1)
Plaas ʼn lyn tussen die kolomme met spasiëring van 1 cm. (2)
Maak seker dat die twee groen verhelderde woorde (highlighted words)
‘The Open Ocean’ en ‘Seals’ boaan die onderskeie kolomme verskyn. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 5
1.6 Vind die vier verhelderde (highlighted) (in pienk) paragrawe na die
opskrif 'Wet 'n Wild World’ op bladsy 5.
Voeg ʼn kolpuntlys (bulleted list) in vir die paragrawe. (1)
Maak gebruik van die prentjie 1_Wet-n-Wild.jpg in die
eksamengidslêer as die kolpunt (bullet). (1)
1.7 Bring die volgende veranderinge aan op die eienskappe (properties) van
die Heading 2 styl.
Verander die stylnaam na Unlimited Fun (1)
Fontkleur moet rooi wees (1)
Voeg ʼn blou paragraaf-skadering (shading) by (1)
Die styl moet regs geblok (align) word (1)
Die veranderinge moet opgedateer word op die hele dokument waar
die style gebruik is. (1)
1.8 Vind die woord 'Souvenir' wat in geel verhelder (highlighted) is onder die
opskrif 'Toys and Accessories' op bladsy 6.
Voeg ʼn voetnota in by die teks wat lees 'Memento'. (2)
1.9 Die GPS ko-ordinate vir uShaka Marine World word genoem onder die
opskrif ‘Directions’ op bladsy 6.
Maak seker dat die grade (°) simbool korrek vertoon word (op 2
plekke) soos hieronder aangedui.
GPS Co-ordinates: 31°2'36"E, 29°52'0"S (1)
1.10 Maak die volgende veranderinge aan die bestaande ‘Bibliography’ in
die dokument.
Voeg die URL by www.ushakamarineworld.co.za. (1)
1.11 Die meriete-toekennings wat uShaka Marine World verwerf het oor die
afgelope jare word op bladsy 8 onder die opskrif 'Merit Awards For
uShaka Marine World' aangedui.
Groepeer die 6 toekennings as ʼn enkel voorwerp (single object). (2)
1.12 Vind die opskrif uShaka Map en die kaart onder die opskrif op die laaste
bladsy van die dokument.
Verander die bladsy-oriëntasie van die laaste bladsy na landskap. (1)
Verander die hoogte en breedte van die prentjie na 15 cm en 25 cm. (1)
1.13 Maak die volgende veranderinge op die Inhoudsopgawe (Table of
Contents) wat op die tweede bladsy verskyn.
Verander die formaat na eenvoudig (simple). (1)
Blok die bladsynommers regs. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2016)
1.14 Voeg outomatiese bladsynommering in op die dokument soos volg:
Plaas die bladsynommers in die onderskrif (footer) in die formaat
Page i.
Maak seker dat geen bladsynommers op die eerste en laaste bladsy
van die dokument verskyn nie.
Die bladsynommering moet begin by bladsy 2. Die tweede bladsy
moet 'i' genommer word. (5)
[32]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 7
VRAAG 2: WOORDVERWERKING
ʼn Vorm is ontwerp vir besoekers wat betaling deur middel van ʼn kredietkaart wil
doen. Die besoekers is veronderstel om ʼn magtigingsvorm in te vul sodat betaling
via ʼn kredietkaart kan geskied.
Maak die 2_Card Authorisation woordverwerkingsdokument oop.
2.1 Voeg ʼn teksvormveld (text form field) in na die woord 'I' in die eerste
paragraaf sodat:
Dit ʼn maksimum van 25 karakters vir die “FULL NAME” aanvaar. (2)
Dit altyd in HOOFLETTERS sal verskyn. (1)
2.2 Voeg ʼn aftuimellys (drop down list) in langs die 'Type of Ticket'-gedeelte
sodat dit die volgende lys:
Platinum
Play
Normal (2)
2.3 Redigeer die ‘Total Transaction Amount’-veld sodat:
Die maksimum lengte van die syfers 4 is.
Dit die waarde in geldeenheid (currency)-formaat vertoon. (2)
2.4 Voeg ʼn merkblokkievormveld (check boxes form field) in na elke kaarttipe
('Card Type'). Die merkblokkie (check box) se grootte moet presies 15pt
wees. (2)
2.5 Voeg ʼn tabel in na die opskrif 'Card Number' sodat:
Dit 20 syfers kan akkommodeer (1)
Pas dit in (AutoFit) volgens die inhoud (1)
2.6 Pas enige ander tabelstyl as die huidige verstekwaarde (default) styl toe
op die tabel wat onder die opskrif 'Client's Details' verskyn. (1)
2.7 Sit tabelstoppe in na die 'SIGNATURE'- en 'DATE'-gedeelte sodat:
Die eerste tabelstop 8 cm is
Die tweede tabelstop 17 cm is
Gebruik gebonde gidsstippies (dashed leaders) vir beide tabelstoppe. (3)
2.8 Vind die teksraampie (text box) aan die onderkant van die bladsy en doen
die volgende:
Plaas die lêer 2_Credit Card Authorisation Form.pdf, wat jy sal vind
in die eksamenlêergids, as ʼn ikoon (icon) in die teksraampie (text box).
Maak seker dat enige veranderinge wat gemaak word in die datalêer
(2_Credit Card Authorisation Form.pdf) sal reflekteer in die
dokument (2_Card Authorisation). (3)
[18]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2016)
VRAAG 3: SIGBLAD
Die statistiese ontleding van die ‘uShaka Marine World’ se besoekers van die afgelope
weke is in die 3_Visitors Analysis-sigblad gestoor.
Maak die 3_Visitors Analysis-sigblad oop en werk in die Details-werkblad.
3.1 ʼn Poging is aangewend om die kontaknommer van uShaka Marine World in sel
O2 aan te bring. Maak seker dat die telefoonnommer reg vertoon. (1)
3.2 Voeg saam (Merge) en sentreer die selle A1 tot P1 en vul dit met ʼn donkerblou
vulkleur. (2)
3.3 Voeg in die prentjie 3_Unlimited Fun.jpg in sel A2 met hoogte van 2 cm en breedte
van 17 cm. (3)
3.4 Maak die volgende veranderinge aan selle H4 : L4:
Die inhoud van die selle moet oor verskeie rye vertoon word.
Sentreer die teks horisontaal en vertikaal. (2)
3.5 Pas voorwaardelike formatering (conditional formatting) toe op Age wat in kolom D
gegee word.
Besoekers bo die ouderdom van 60 moet geformateer word.
Voeg ʼn dun diagonale streep-patroonstyl (pattern style) met rooi patroon-
kleur. (3)
3.6 Voeg ʼn funksie in sel E5 om vas te stel wat die geslag kategorie (gender category)
sal wees vir Jacob Andreas deur gebruik te maak van inligting wat op die Age
kolom gebaseer is:
Ouderdom Geslag kategorie
Ouderdom groter as of gelyk aan 61 Pensionaris
Ouderdom tussen 13 en 60 Volwassene
Ouderdom kleiner as of gelyk aan 12 Kind (5)
3.7 Die gunsteling avonture wat deur die besoeker gekies is, word aangedui met ʼn
regmerkie () in kolomme H tot L.
Gebruik ʼn funksie in sel M5 om die aantal avonture wat deur die besoeker(s)
geselekteer is, te bereken.
Gebruik die “auto fill”-funksie om die totale aantal avonture wat deur al die
besoekers geselekteer is, te lys. (5)
3.8 Die tariewe van die verskillende avonture word vanaf selle H3:L3 gelys. Gebruik
die nodige funksies / formules om die toegangstariewe (pass rates) in sel P5 te
bereken wat elke besoeker vir hulle gunsteling avonture moet betaal.
WENK: As ʼn besoeker die avonture Wet 'n Wild en Kids World gekies het dan
moet hy/sy ʼn toegangstarief van (R158 + R20 = R178.00) betaal. (6)
3.9 Verander tabelkleur (tab colour) van die werkblad na blou. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 9
Werk in die Monetary Details-werkblad.
3.10 Die pretpark se direkteure beplan om afslag te bied aan besoekers op hulle PASS
RATES bedrag, gebaseer op die Renewal Years (in Kolom G) wat as volg is:
Renewal Years Afslag persentasie
0 Geen Afslag
1 20%
2 25%
3 30%
Voeg ʼn funksie in sel I3 om die afslag bedrag (Discount Amount) te bereken wat
Jacob Andreas moontlik mag ontvang op die PASS RATE-bedrag.
Kopieer die funksie wat jy ingevoeg het in sel I3 na selle I4:I102. Maak seker dat
dit korrek werk. (6)
3.11 Bereken in sel L2 die totale bedrag wat deur die 'Pensioners' betaal is. (4)
3.12 Gebruik ʼn funksie in sel L5 om uit te vind hoeveel besoekers nie die ‘food
reservation’ gekies het nie. (2)
3.13 Voeg die huidige datum en tyd, as ʼn veld in die kopskrif (header) van hierdie
werkblad. Maak seker dat dit outomaties opdateer. (2)
3.14 Ontwerp ʼn grafiek gebaseer op die data wat voorkom in die Graph-werkblad en
verseker dat die grafiek lyk soos die een wat hieronder vertoon word:
Preferred Adventure Per Gender Category
75
65
62 60
65 57
Gender Total
55
45 39 37
35
35
24 23 25 23
25 18
15
12
15
5
5
Wet 'n Wild Sea World Kids World Dangerous Chimp & Zee
Creatures
Adventure
Adults Pensioners Children
LET WEL:
Die grafiek moet ʼn kolomgrafiek wees met die korrekte data.
Voeg 'Preferred Adventure Per Gender Category' in as die grafiektitel (chart title).
Voeg die x-as en y-as se titels in as Adventure en Gender Total.
Vul die hoogste data-staaf met die prentjie 3_Icon.jpg.
Vertoon die verklaring (legend) onderaan die grafiek.
Geen gidslyne moet vertoon word nie. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2016)
VRAAG 4: DATABASIS
ʼn Databasis is ontwerp om rekord te hou van die besoekers se besonderhede
vir toekomstige verwysing.
Maak die databasis 4_Visitors Details oop.
4.1 Formateer die Visitor Details-tabel as volg:
4.1.1 Verander die ry-hoogte na 20pt. (1)
4.1.2 Maak seker dat net die horisontale gidslyne vertoon. (1)
4.1.3 Stel die alternatiewe ry kleur na groen en agtergrond kleur na
geel. (2)
4.1.4 Sorteer die tabel in stygende orde volgens die Surname-veld. (1)
4.1.5 Ontwerp ʼn toevoermasker (input mask) op die Cell Number-veld
om te verseker dat die gebruiker die selnommer as volg invoeg:
Tien verpligte nommers
In die formaat (000)0000000
Bv.: (078)6725610 (3)
4.1.6 Kies ʼn toepaslike veld as die primêre sleutel (primary key). (1)
4.1.7 Voeg ʼn aftuimellys vir die Gender Category veld in om die
volgende by die lys in te sluit:
Pensioner
Adult
Child (3)
4.1.8 Verander die Pass Rates-veld na geldeenheid (currency). (1)
4.1.9 Skuif die Gender Category-veld sodat dit voor die Age-veld
vertoon. (1)
4.1.10 Maak die Gender Category veld ʼn vereiste (required) veld. (1)
4.1.11 Voeg ʼn valideringsreël (validation rule) in op die Age-veld sodat
dit slegs waardes tussen 3 en 70 sal aanvaar. Voeg ʼn toepaslike
valideringsteks (validation message) in sodat die inskrywing
geskik sal wees. (3)
Hou aan met werk in die 4_Visitors Details-databasis.
4.2 Skep ʼn navraag genaamd qry4_2 wat op die Visitor Details-tabel
gebaseer is.
Vertoon slegs die Name, Wet 'n Wild en Sea World-velde.
Vertoon slegs die rekords van daardie besoekers wat of ʼn adult of ʼn
pensioner is en wie Wet 'n Wild en Sea World advonture gekies het. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 11
4.3 Maak die navraag qry4_3 oop. Vertoon slegs die rekords van daardie
besoekers wie se:
Selnommer begin met 082 en eindig met 5
En wie woonagtig in Benoni is. (4)
4.4 Ontwerp ʼn vorm genaamd frm4_4 gebaseer op die Visitor Details-
tabel.
Voeg slegs die velde Name, Gender Category, Pass Type, Wet 'n
Wild, Sea World, Kids World, Dangerous Creatures en
Chimp_Zee in.
Verander die opskrif in die vormkopskrif (form header) na Platinum
Pass Members.
Vul die vormkopskrif (form header) en vormonderskrif (form footer)
met ʼn swart vul kleur.
Maak seker dat die velde Wet 'n Wild, Sea World, Kids World,
Dangerous Creatures en Chimp_Zee aan die regterkant vertoon
met ʼn lyn in die middel soos hieronder aangetoon word.
Voeg die prentjie 4_Platinum Pass.jpg in die vormkopskrif (form
header) in met hoogte en breedte 3 cm. (7)
4.5 Ontwerp ʼn verslag (report) genaamd rpt4_5 gebaseer op die Visitor
Details-tabel.
Vertoon slegs die velde: Name, Gender Category, Residing City,
Wet 'n Wild, Sea World, Kids World en Pass Rates.
Groepeer die rekords gebaseer op die Gender Category-veld.
Sorteer die rekords gebaseer op die Residing City-veld.
Doen die volgende berekeninge in die toepaslike areas in die
verslag:
o Gemiddelde toegangstarief (pass rate) wat betaal is deur
besoekers onder elke Gender Category, vertoon dit in Rand
(currency) met 2 desimale plekke.
o Totale aantal rekords in die verslag.
o Sluit gepaste etikette (labels) in vir jou berekeninge. (9)
4.6 Verskuif (Export) die verslag rpt4_5 na MS WORD en stoor die lêer as
4_Export in jou eksamengids. (2)
[45]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2016)
VRAAG 5: WEB-ONTWERP (HTML)
ʼn Webblad is ontwerp om eerstehandse inligting aan besoekers te verskaf wat
heeltemal onbewus is van uShaka Marine World en die onbeperkte pret wat dit
vir hulle kan inhou.
Maak die onvolledige 5_uShaka-webblad oop in die webblaaier (web browser)
asook in ʼn teks-HTML-redigeerder bv. Notepad.
NOTA:
Vraagnommers is as opmerkings (comments) in die kodering ingevoeg as
riglyne om aan te dui ongeveer waar die antwoord(e) ingevoeg behoort te
word.
ʼn HTML-merkersblad (tag sheet) is as verwysing aangeheg.
Jou finale webblad behoort soos die voorbeeld hieronder te lyk.
5.1 Voeg die HTML-kode in sodat die teks Unlimited Fun@uShaka in die
webblaaier-oortjie (browser tab) vertoon. (2)
5.2 Verander die agtergrond-kleur van die webblad na geel. (1)
5.3 Verander die skrif (font) van die hele webblad na 'Century Gothic'. (2)
5.4 Korrigeer die HTML-kode om die opskrif Unlimited Fun for EVERYONE!
in heading 1 styl te voltooi. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 13
5.5 Plaas ʼn horisontale lyn na die opskrif 'Unlimited Fun for EVERYONE!'
en voor die laaste reël van die webblad wat begin met 'For more
information …'
Die kleur van die horisontale lyne moet rooi wees
Die grootte(dikte) moet 4 wees (3)
5.6 Vind die items onder die opskrif Sea World. Verander die volgende:
Vertoon dit as ’n geordende (ordered) lys
Die lys moet in A,B,C-formaat wees (2)
5.7 Voeg die prentjie 5_Fun Unlimited.jpg voor die opskrif Wet 'n Wild in, en
doen die volgende:
Stel die hoogte van die prentjie tot 50 persent en die breedte tot 25
persent onderskeidelik.
Blok (Align) die prentjie regs.
Voeg ʼn alternatiewe teks in om 'Unlimited Fun' te vertoon indien die
prentjie nie wys nie. (6)
5.8 Verander die sin 'call 031 328 8000' wat onderaan die webblad gevind kan
word na kursief (italics). (1)
5.9 Koppel (Link) die webadres wat lees www.ushakamarineworld.co.za wat
onderaan die webblad gevind kan word, na dieselfde webadres. (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 (EC/NOVEMBER 2016)
VRAAG 6: ALGEMEEN
6.1 Maak die woordverwerkingsdokument 6_Comparison oop.
6.1.1 Gebruik ʼn woordverwerkingfunksie/formule om die maksimum
besoeker toename vir die jaar 2016 in die geel verhelderde
(shaded) area te vind. (2)
6.1.2 Vind die grafiek in die 6_Visitor Trend-sigblad en bring die
volgende veranderinge aan:
Kopieer die grafiek en plak (paste) dit in die 6_Comparison-
lêer (geel verhelderde (shaded) area) wat sê: <<Insert
Graph Here>>.
Plak (Paste) die grafiek as ʼn skakel (link) sodat dit
outomaties opdateer. (2)
6.1.3 Voeg ʼn persoonlike (custom) watermerk in op die dokument:
Die watermerk moet lees 'STATISTICS'.
Die skrifgrootte van die watermerk moet 90 wees. (2)
6.1.4 Voeg die naam van die lêer as ʼn veld in en vertoon dit in
hoofletters (uppercase) in die kopskrif (header) van die
dokument. (3)
[9]
VRAAG 7: INTEGRASIE
7.1 Die Raad van Direkteure en Lede van uShaka Marine World het besluit
om ʼn verjaardagpartytjie vir sommige kinders te reël.
7.1.1 Gebruik die 7_Birthday Invitation-woordverwerkingsdokument
vir jou saamvoeg (mail merge) en 7_Birthday Months (Month
Of Birth – Worksheet) as jou databron:
Vervang die teks tussen ‘<< … >>’ met die toepaslike veld.
Stuur uitnodigings slegs aan die kinders (children)
Wie in Desembermaand gebore is.
Sorteer die name in stygende orde.
Stoor die dokument.
Voltooi die saamvoeg (merge).
Stoor die saamgevoegde (merged) dokument as 7_Merged
Invitation. (6)
[6]
TOTAAL: 180
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 15
BYLAAG A – HTML-MERKBLAD (HTML TAG SHEET)
Basiese Merkers (Basic Tags) Formateringsmerkers vervolg
Merker (Tag) Beskrywing Merker (Tag) Beskrywing
<body></body> Definieer die liggaam van <li></li> Word voor elke itemlys
die webblad ingevoeg, en voeg dan ʼn
<body Stel die agtergrondkleur nommer of simbool by
bg colour="pink"> van die webblad afhangende van die tipe lys
wat geselekteer is
<body text="black"> Stel die kleur van die <img src="name"> Voeg ʼn prent in
liggaamteks
<head></head> Bevat inligting oor die <img src="name" Stel ʼn prent inlyn: kan ook
dokument align="left"> ''right", "centre"; "bottom",
"top", "middle'' wees
<html></html> Skep ʼn HTML-dokument – <img src="name" Stel die grootte van die
begin en eindig ʼn webblad border="1"> raam rondom 'n prent
<title></title> Definieer ʼn titel vir die <img src="name" Stel die hoogte en breedte
dokument width="200" height van ʼn prent
<!-- --> Kommentaar ="200">
Teksmerkers (Text Tags) <img src="name" Vertoon alternatiewe teks
Merker (Tag) Beskrywing alt="alternative wanneer die muis oor ʼn
<hl></hl> Skep die grootste opskrif text"> prent gehou word of
wanneer die prent nie
gevind word nie
<h6></h6> Skep die kleinste opskrif <hr/> Voeg ʼn horisontale lyn in
<b></b> Skep teks in vetdruk <hr size="3"/> Stel die grootte (hoogte)
van ʼn reël
<i></i> Skep teks in skuinsdruk <hr width="80%"/> Stel die breedte van 'n lyn,
in persentasie of absolute
waarde
<font Stel fontgrootte van "1" tot <hr Stel die kleur van die lyn
size="3"></font> "7" colour="ff0000"/>
<font Stel fontkleur Tabelmerkers (Table Tags)
colour="green"></font>
<font face="Times Stel fonttipe Merker (Tag) Beskrywing
New Roman"></font>
Skakelmerkers (Link Tags) <table></table> Skep 'n tabel
Merker (Tag) Beskrywing <tr></tr> Skep 'n ry in 'n tabel
<a href="URL"></a> Skep ʼn hiperskakel <td></td> Skep 'n sel in 'n tabel
<a href="URL"><img Skep ʼn prentskakel <th></th> Skep 'n tabelopskrif (in 'n
src="URL"></a> sel met algemene
vetgedrukte, gesentreerde
teks)
<a name="NAME"></a> Skep ʼn teikenarea <table width="50"> Stel die breedte van tabel
<a href="#NAME"></a> Skakel na 'n teikenarea wat <table border="1"> Stel die breedte van die
elders in die dokument raam rondom die selle van
geskep is die tabel
Formateringsmerkers (Formating Tags) <table Stel die spasie tussen die
cellspacing="1"> selle van die tabel
Merker (Tag) Beskrywing <table Stel die spasie tussen 'n
cellpadding="1"> selraam en die inhoud
daarvan
<p></p> Skep ʼn nuwe paragraaf <tr align="left"> Stel die inlynstelling vir die
sel(le) (kan ook ''centre'' of
''right'' wees)
<p align="left"> Stel ʼn paragraaf links inlyn <tr valign="top"> Stel die vertikale inlynstelling
(verstek), kan ook ''right'' of vir sel(le) (kan ook ''middle''
''centre'' wees of ''bottom'' wees)
<br/> Voeg ʼn reëlbreuk ('line break') in <td colspan="2"> Stel die getal kolomme
waaroor ʼn sel moet strek
<ol></ol> Skep ʼn genommerde lys <td rowspan="4"> Stel die getal rye waaroor 'n
sel moet strek
<ol type="A","a", Definieer die tipe nommers wat
"I","i","1"></ol> gebruik is
<ul></ul> Skep ʼn kolpuntlys
type="disc", Definieer die tipe kolpunte wat
"square","circle"></ul> gebruik word
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Computer Applications Technology Grade 11 P1 2016 QP (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 11 P1 2016 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 11 P1 2016 Memo (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 11 P2 2016 QP (Afr)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 11 P2 2016 QP (Eng)

Question paper





