Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2012
REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*CATDM2*
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Skip to contentAll 2012 papers 





View all
Computer Applications Technology Grade 11 P2 2012 QP (Afr)
Grade 11 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2012 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.
Computer Applications Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2012. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Computer Applications Technology
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2012
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 869.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
Eastern Cape November 2012
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (NOVEMBER 2012)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bevat ʼn AFDELING A en ʼn AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Lees AL die vrae sorgvuldig deur.
4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. Nommer die antwoorde volgens die nommerstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik word.
6. Skryf netjies en leesbaar.
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1
Verskeie opsies word beskikbaar gestel as moontlike antwoorde op die volgende
vrae. Kies die mees korrekte antwoord en skryf NET die letter (A – D) neer langs
die vraagnommer (1.1 – 1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.11 E.
1.1 Watter EEN van die volgende is NIE ʼn koordlose konneksie nie?
A Firewire
B Bluetooth
C WiFi
D Infrarooi (1)
1.2 Watter EEN van die volgende is NIE ʼn stoorapparaat nie?
A Hardeskyf
B Geheuekaart
C SVE
D Vlugskyf (1)
1.3 Watter EEN van die volgende word NIE direk verbind met epos nie?
A Bcc
B Adresboek
C Possamesmelting
D Aanhegsel (1)
1.4 ʼn Webtuiste se adres staan ook bekend as watter EEN van die volgende?
A http
B www
C html
D URL (1)
1.5 Watter EEN van die volgende is NIE ʼn voorbeeld van ʼn bedryfstelsel nie?
A Android
B Pastel
C Linux
D Palm OS (1)
1.6 ʼn Lêeruitbreiding wat gebruik word om ʼn lêer aan te dui waarvan die inhoud
nie verander kan word nie.
A PDF
B EXE
C ZIP
D BAT (1)
Downloaded from hlayiso.com
4 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (NOVEMBER 2012)
1.7 ʼn Kortpad om ʼn webtuiste te verfris:
A F1
B F5
C F4
D F8 (1)
1.8 Watter EEN van die volgende behoort NIE logies by die ander nie?
A Stipper
B Dataprojektor
C Stilus
D Luidsprekers (1)
1.9 Watter komponent van ʼn databasis is spesiaal ontwerp vir data wat gedruk
moet word?
A Tabel
B Navraag
C Vorm
D Verslag (1)
1.10 Watter EEN van die volgende word NIE direk verbind met sigblaaie nie?
A Sel
B Toevoermasker
C Werkblad
D Absolute selverwysing (1)
[10]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 5
VRAAG 2
Kies ʼn term/konsep vanuit KOLOM B wat die beste by die beskrywing in KOLOM A
pas. Skryf net die letter (A – O) langs die vraagnommer neer in jou
ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld: 2.11 P
KOLOM A KOLOM B
2.1 ʼn Lêer-formaat wat met klank verbind word A USB
2.2 ʼn Battery-aangedrewe, draagbare leestoestel met B Defragmentasie
ʼn skerm wat nie lig reflekteer nie.
2.3 Klein tekslêer wat deur ʼn webtuiste op jou C Klembord
rekenaar geskep word
2.4 ʼn Interaktiewe dialoog wat jou help om ʼn taak te D Wizards
voltooi deur vrae te vra.
2.5 ʼn Poort wat „plug-and-play’ is waaraan meeste E BIOS
moderne drukkers gekoppel word.
2.6 ʼn Reeks strepies wat ʼn unieke nommer F Wagwoord
identifiseer.
2.7 ʼn Tipe koordlose konneksie G MP3
2.8 ʼn Geheime kombinasie van karakters verbind tot ʼn H Bluetooth
gebruikersnaam.
2.9 Proses van hardeware toets wanneer die stelsel I POST
aangeskakel word.
2.10 Tydelike stoorplek vir inligting wat jy in ʼn ander J Sekondêre
program wil plak.
K Cookie
L FAQ
M e-boekleser
N Strepieskode
O IDV [10]
TOTAAL AFDELING A: 20
Downloaded from hlayiso.com
6 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (NOVEMBER 2012)
AFDELING B
Lees die volgende scenario sorgvuldig deur omdat die vrae wat daarop volg
daarop gebaseer is.
SCENARIO
Jou buurman, Richie, begin sy eie reisagentskap. Hy wil graag al die administrasie
van die agentskap elektronies op rekenaars doen. Hy het gevra dat jy hom help met
enige tegniese raad. Hy het alreeds vyf rekenaars gekoop en in die kantore
opgestel. Die rekenaars is ook alreeds gekoppel aan ʼn netwerk.
Hy wil graag hê dat jy die administrasie op die rekenaars seepglad laat verloop deur
hom te wys hoe die rekenaars, netwerk en internet werk. Jou rekenaar-ervaring sal
baie belangrik wees om die besigheid suksesvol van die grond af te kry.
VRAAG 3
Richie wil graag ʼn skootrekenaar vir homself koop. Help hom om sin te maak van
die volgende spesifikasies wat hy vanaf ʼn IT tegnikus gekry het:
SKOOTREKENAAR
Intel dual core i5 3.1Ghz
4 GB RAM
640GB Hardeskyf
Dubbellaag DVD skrywer
Windows 7 Home Premium 64 bit
15.6” LCD-monitor
8-in-1 geheuekaartleser
Geïntegreerde WLAN en grafika
1 jaar terrein waarborg
3.1 Richie reis gereeld en wil dus ʼn skootrekenaar koop om te gebruik terwyl hy
weg is van die kantoor af.
Noem TWEE redes hoekom ʼn skootrekenaar ʼn beter opsie as ʼn gewone
lessenaarrekenaar vir hom sou wees. (2)
3.2 Richie moet ook nadele van ʼn skootrekenaar in gedagte hou.
Lys TWEE moontlike nadele verbonde aan die koop en gebruik van ʼn
skootrekenaar. (2)
3.3 Die skootrekenaar in die advertensie is gelys as ʼn “dual core” SVE.
Verduidelik die term “dual core” SVE. (2)
3.4 Verduidelik waarvoor die 15.6” spesifikasie in die advertensie staan en
verduidelik aan Richie hoe hy dit kan verifieer. (2)
3.5 Die rekenaar het Microsoft Windows as ʼn bedryfstelsel. Wat is die grootste
verskil tussen ʼn bedryfstelsel soos Microsoft Windows en ʼn Linux-
bedryfstelsel soos Ubuntu? (1)
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 7
3.6 Richie moet ʼn nuwe inkspuitdrukker koop. Verduidelik hoe hy elk van die
volgende op die drukker sou bepaal:
3.6.1 Die spoed van die drukker (1)
3.6.2 Die kwaliteit van die drukstuk (1)
3.7 Richie sou graag wil gebruik maak van hervulde inkhouers op die drukker.
3.7.1 Noem TWEE moontlike nadele verbonde aan die gebruik van
hervulde inkhouers om plakkate te druk vir die besigheid. (2)
3.7.2 Noem TWEE voordele verbonde aan die gebruik van hervulde
inkhouers. (2)
3.8 Richie is baie opgewonde om te sien dat die skootrekenaar ʼn geïntegreerde
grafika kaart in die spesifikasies het.
Noem EEN voordeel daarvan om dit in die skootrekenaar te hê. (1)
3.9 Die skootrekenaar bevat ʼn 8-in-1 geheuekaartleser.
Wat is die doel van ʼn geheuekaartleser? (1)
3.10 Richie het ʼn paar probleme met een van die rekenaars. Dit werk heelwat
stadiger as gewoonlik.
3.10.1 ʼn Vriend het voorgestel dat Richie die spoed kan verbeter deur die
rekenaar daagliks te defragmenteer om meer hardeskyfspasie oop
te maak.
Lewe kritiese kommentaar rakende hierdie advies deur
defragmentasie te definieer. (3)
3.10.2 Sou dit nodig wees dat hy sy CD‟s en DVD‟s defragmenteer?
Motiveer jou antwoord. (2)
3.10.3 Die hardeskyf op sy rekenaar het begin vol raak.
Noem DRIE maniere hoe Richie hardeskyf spasie kan oopmaak. (3)
3.11 Richie wil graag sy slimfoon gebruik vir meer as net gewone oproepe.
3.11.1 Noem TWEE voordele verbonde aan die stuur van data soos foto‟s
met Bluetooth in plaas van infrarooi. (2)
3.11.2 Noem TWEE eienskappe wat gewoonlik beskikbaar is op ʼn
slimfoon. (2)
3.11.3 Noem ʼn voorbeeld van ʼn bedryfstelsel wat gebruik word op ʼn
slimfoon. (1)
3.11.4 ʼn Slimfoon is ʼn kombinasie van watter twee toestelle? (2)
3.12 Jy het gevra dat Richie ontslae raak van al sy „e-scrap‟.
Wat beteken die term „e-scrap‟ of e-gemors? (2)
[34]
Downloaded from hlayiso.com
8 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (NOVEMBER 2012)
VRAAG 4
4.1 Die skootrekenaar wat Richie wil koop het ʼn geïntegreerde WLAN.
4.1.1 Wat is die verskil tussen ʼn LAN en ʼn WLAN? (1)
4.1.2 Noem EEN voordeel van ʼn WLAN. (1)
4.1.3 Wat is die voordeel daarvan dat die toestel integreer is? (1)
4.2 Richie het al die rekenaars gekonnekteer aan ʼn netwerk.
Noem TWEE voordele verbonde aan ʼn netwerk in ʼn kantoor. (2)
4.3 Siende dat al die rekenaars aan die netwerk gekoppel is, is Richie baie
bekommerd oor virusse wat oor die rekenaars versprei.
4.3.1 Verduidelik wat ʼn rekenaar-virus is. (2)
4.3.2 Noem TWEE maniere hoe ʼn virus die netwerk kan besmet. (2)
4.3.3 Verduidelik aan Richie wat die term opdateer en virusdefinisies
beteken deur te verwys na anti-virus sagteware. (2)
4.4 Richie het in ʼn rekenaartydskrif ʼn artikel gelees rakende rekenaarmisdaad.
Die artikel handel spesifiek oor identiteitsdiefstal en datadiefstal.
4.4.1 Verduidelik die verskil tussen identiteitsdiefstal en datadiefstal. (2)
4.4.2 Verduidelik kortliks EEN manier elk hoe Richie kan seker maak dat
hierdie vorme van rekenaarmisdaad hom nie affekteer nie. (2)
4.5 Richie wil graag prentjies vanaf die internet gebruik in sy strooibiljette. Jy
verduidelik aan hom dat dit kopieregte sal verbreek.
4.5.1 Verduidelik wat die verskil is tussen plagiaat en verbreking van
kopieregte. (2)
4.5.2 Noem EEN voordeel vir die eienaar van materiaal met ʼn kopiereg. (1)
4.5.3 Wat sal Richie moet doen om prentjies vanaf die internet te gebruik
in sy strooibiljette? (2)
4.6 Een van Richie se vriende het hom gewaarsku oor RSI omdat Richie soveel
tyd voor die rekenaar spandeer.
4.6.1 Wat is RSI? (Moet NIE net die afkorting uitskryf nie!) (2)
4.6.2 Beskryf TWEE maniere hoe hy RSI sou kon voorkom. (2)
[24]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 9
VRAAG 5
5.1 Jy stel voor dat Richie al sy banksake oor die internet behartig.
5.1.1 Noem TWEE voordele verbonde aan internetbankdienste. (2)
5.1.2 Lys TWEE maniere hoe die bank ʼn kliënt se besonderhede sou
beskerm terwyl aanlyn-banksake behartig word. (2)
5.2 Richie het onlangs ʼn artikel oor die gevare van phishing gelees.
5.2.1 Verduidelik wat met die term phishing bedoel word. (2)
5.2.2 Beskryf TWEE maniere hoe jy seker kan maak dat jy nie ʼn slagoffer
van phishing word nie. (2)
5.3 Richie moet kort belangrike boodskappe na sy kliënte stuur op kort
kennisgewing.
Noem TWEE maniere hoe Richie dit kan doen deur gebruik te maak van
moderne kommunikasie-tegnologie. (2)
5.4 Richie het die volgende e-pos ontvang:
To… pat@xmail.co.za
Cc… bart@dmail.com
Bcc…
Subject:
Attach:
beste_reisagentskap.flv (16 MB)
HI
SIEN ASB DIE AANGEHEGDE VIDIO.
BESTE WENCE
GRANT
5.4.1 Identifiseer TWEE netiket-riglyne wat ignoreer is. (2)
5.4.2 Verduidelik die verskil tussen ʼn adres in die Cc-veld en as die
adres sou verskuif word na die Bcc-veld. (2)
5.5 Wat sou die volgende ikone in ʼn e-pos program aandui?
5.5.1
(1)
5.5.2
(1)
5.6 Richie wil graag aan die internet gekoppel wees terwyl hy deur die land reis.
Jy stel voor dat hy ʼn 3G-konneksie gebruik vir hierdie doel.
5.6.1 Wat is die verskil tussen 3G en Wi-Fi? (2)
5.6.2 Noem TWEE nadele verbonde aan die gebruik van 3G. (2)
Downloaded from hlayiso.com
10 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (NOVEMBER 2012)
5.7 Motiveer die rede vir die gebruik van ʼn brandmuur deur na die funksie
daarvan te verwys. (2)
5.8 Gee TWEE moontlike redes waarom ʼn brandmuur ʼn epos aanhegsel sou
weier. (2)
5.9 Jy stel voor dat Richie sy aanhegsels na PDF-formaat verander voor hy dit
per epos stuur.
Noem TWEE voordele verbonde aan die gebruik van PDF vir aanhegsels. (2)
[26]
VRAAG 6
6.1 Richard moet belê in nuwe sagteware vir die rekenaars. Een opsie is om
sagteware te leen vanaf sy vriend en dit op sy rekenaars te installeer.
6.1.1 Jy verduidelik aan hom dat dit onwettig is. Watter tipe
rekenaarmisdaad is hierdie? (1)
6.1.2 Jy stel voor dat hy eerder oopbron-sagteware gebruik.
Noem TWEE eienskappe wat oopbron-sagteware sou onderskei
vanaf normale “proprietary”-sagteware. (2)
6.1.3 Noem TWEE tipes lisensie-ooreenkomste wat Richie sou kon
gebruik in sy besigheid en verduidelik die implikasie van elkeen. (4)
6.2 Richie benodig ʼn kantoorpakket wat op die rekenaars installeer moet word.
6.2.1 Wat beteken die term kantoorpakket (office suite)? (2)
6.2.2 Noem TWEE voordele verbonde aan die installeer van ʼn
kantoorpakket in plaas van aparte programme. (2)
6.3 Lys TWEE redes hoekom dit moeilik is om meeste rekenaarmisdaad op te
spoor en te voorkom. (2)
6.4 Richie het ʼn handleiding op papier wat hy graag as ʼn dokument op sy
rekenaar wou gebruik. Jy verduidelik aan hom dat hy OKH-sagteware kon
gebruik.
Verduidelik aan hom wat OKH-sagteware is deur na die funksie te verwys. (2)
6.5 Richie het sagteware gesien op die internet wat hy wil aflaai en gebruik.
Voordat hy dit doen wil hy eers graag weet wat elk van die volgende
beteken:
6.5.1 „Shareware‟ (2)
6.5.2 „Malware‟ (2)
6.5.3 „Adware‟ (2)
[21]
Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2012) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 11
VRAAG 7
7.1 Richie benodig ʼn besigheidsplan op ʼn woordverwerker vir sy bank.
7.1.1 Noem TWEE stappe wat hy moet neem voordat hy ʼn outomatiese
inhoudsopgawe sal kan maak. (2)
7.1.2 Wat beteken die term teksomvouing. (1)
7.1.3 Gee TWEE redes waarom dit goeie praktyk sou wees om altyd die
“Print Preview” opsie te gebruik voordat jy die dokument druk. (2)
7.1.4 Richie sou graag die sleutelwoorde in die opskrif gebruik om na
spesifieke plekke in die besigheidsplan te gaan.
Watter TWEE items moet hy skep of gebruik in die
woordverwerkingsdokument om dit te kan doen? (2)
7.1.5 Verduidelik kortliks hoe jy sou keer dat iemand die inligting in die
dokument verander. (1)
7.2 Richie sou graag meer wou weet oor die gebruik van sigblaaie en
databasisse voor hy die sagteware aanskaf.
7.2.1 Noem TWEE voordele verbonde aan die gebruik van sigblaaie in
plaas van databasisse om data te stoor. (2)
7.2.2 Noem TWEE funksies/items in ʼn databasis soos ʼn tabel en
verduidelik die funksie van elk. (4)
7.3 Richie het die volgende foutboodskappe op sy sigblad. Verduidelik aan hom
wat elkeen van die volgende foutboodskappe beteken.
7.3.1 ###### (1)
7.3.2 #REF! (1)
7.3.3 #VALUE (1)
7.3.4 #NAME? (1)
7.4 Bestudeer die volgende databasis tabel wat informasie van Richie se kliënte
stoor.
Naam van
Gas kompleks Kontaknommer
BOTHA A HAYDE PARK 825648695
DE WET H HAYDE PARK 725698452
7.4.1 Hoekom verdwyn die nul voor die kontaknommer wanneer Richie ʼn
kontaknommer byvoeg? (1)
7.4.2 Beskryf ʼn moontlike oplossing tot die vorige vraag. (1)
7.4.3 Noem TWEE moontlike probleme wat mag plaasvind indien die
kliënt se van en voorletters in dieselfde veld geplaas word. (2)
7.4.4 Noem EEN rede hoekom ʼn vorm sou gebruik word om data in te
lees in plaas van die data direk in die databasis tabel in te tik. (1)
7.4.5 Verduidelik aan Richie wat die verskil is tussen ʼn veld en ʼn rekord
in ʼn databasis. (2)
[25]
TOTAAL AFDELING B: 130
GROOTTOTAAL: 150
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Computer Applications Technology Grade 11 P2 2012 QP (Eng)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 11 P2 2012 Memo (Afr)

Memorandum
Computer Applications Technology Grade 11 P2 2012 Memo (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 11 P1 2012 QP (Eng)

Question paper
Computer Applications Technology Grade 11 P2 2020 QP (Afr)

Question paper





