Skip to content

Computer Applications Technology Grade 11 P2 2020 QP (Afr)

Question paperComputer Applications TechnologyGrade 11202017 pages

Grade 11 Computer Applications Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2020 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2020 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EKSEMPLAAR) PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 0) 2 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2020) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit: AFDELING A (25 punte) AFDELING B (75 punte) AFDELING C (50 punte) 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik is. 4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Moenie in die regterkantruimte van die ANTWOORDEBOEK skryf nie. 6. Laat ʼn reël na elke sub-vraag oop. 7. Daar word gewoonlik EEN punt per feit toegeken. Dus sal ʼn 2 punt-vraag TWEE feite vereis, ensovoorts. 8. Alle antwoorde MOET met Rekenaartoepassingstegnologie verband hou. 9. Antwoorde soos ‘goedkoper’, ‘vinniger/stadiger’, ‘makliker’, ens. sal SLEGS aanvaar word indien dit gemotiveer word. 10. MOENIE handelsname in antwoorde gebruik NIE, tensy dit spesifiek vereis word. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 3 AFDELING A VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 D. 1.1 ʼn Versameling onverwerkte feite, figure en simbole, staan as … bekend. A inligting B voorafverwerkte feite C data D afvoer. (1) 1.2 Nuwe tegnologie maak dit vir die polisie en lisensie-afdeling moontlik om mense se vingerafdrukke elektronies in die stelsel in te voer. Hierdie metode staan as ... -toevoer bekend. A biometriese B terminale C digitale D optimale (1) 1.3 Inprop-en-Speel (‘Plug and Play’) verwys na … A sellulêre kommunikasie-tegnologie. tegnologie wat die vinnige inprop en gebruik van randapparatuur B vergemaklik. C ʼn verskeidenheid van rekenaarspeletjies. D die proses om CD’s te brand of te speel. (1) 1.4 Deesdae is dit algemene praktyk om ʼn aanlyn-dagboek of joernaal aan te bied. Dit staan as … bekend. A ‘pharming’ B ‘wikis’ C ‘vlogging D ‘blogging’ (1) 1.5 Die netwerk in Pieter se kantoorgebou dek ʼn klein area. Hierdie soort netwerk staan as … bekend. A WAN B GAN C PAN D LAN (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 0) 4 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2020) 1.6 Die onwettige stuur van ʼn e-posboodskap wat wil voorkom asof dit van ʼn bank af kom, staan as ... bekend. A uitvissingsbedrog (‘phishing’) B skimkaping (‘pharming’) C spioenware (‘spyware’) D gemorspos stuur (‘spamming’) (1) 1.7 ʼn Opgeneemde oudioboodskap wat op ʼn webwerf gestoor is en wat na ʼn digitale toestel afgelaai kan word, staan as ʼn … bekend. A webblaaier B podsending (‘podcast’) C webtuiste D IDV (‘ISP’) (1) 1.8 Die aankoop van goedere en dienste oor die internet (bv. bespreking van vakansieverblyf) staan as … bekend. A e-handel B kubersake C EFO (‘EFT’) D aflaai (1) 1.9 Watter tipe breek (‘break’) moet jy invoeg om ʼn nuwe bladsy in ʼn dokument te dwing? A Sagte bladsy-breek (‘Soft page break’) B Seksie-breek (‘Section break’) C Deurlopende-breek (‘Continuous break’) D Harde bladsy-breek (‘Hard page break’) (1) 1.10 Watter een van die volgende is die beste beskrywing van die Vergrootglas- toegangsopsie ('Magnifier') in Windows? A Instelling van die hoë kontras-opsie (‘high contrast’) om spanning op die oë te verminder B Lees dialoogblokkies, kieslyste en knoppies op die skerm hardop C Vergroot geselekteerde teks en ander op die skerm besigtiging D Konfigureer jou rekenaarstelsel om aan jou visuele-, gehoor- en bewegingsvereistes te voldoen (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 5 VRAAG 2: PASITEMS Kies ʼn term/begrip uit KOLOM B wat by ʼn beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–M) langs die vraagnommers (2.1–2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.11 N. KOLOM A KOLOM B 2.1 Die verhouding tussen die wydte en die hoogte van A ppm ʼn skerm 2.2 Die spesifikasie waarin die helderheid van die beeld B ISO van ʼn dataprojektor gemeet word 2.3 ʼn Tipe drukker wat gebruik kan word om regte, C ontwerpaansig fisiese voorwerpe te skep (‘design view’) 2.4 Die spesifikasie waarin die spoed van ʼn drukker D QR-kode gemeet word 2.5 Die spesifikasie waarin die spoed van ʼn drukker E Lumens gemeet word 2.6 ʼn Tipe tegnologie wat draagbare toestelle kan F ‘datasheet view’ gebruik om die geografiese ligging van ʼn gebruiker te bepaal (waar hulle is) 2.7 ʼn Kode wat, as mens dit skandeer, jou toelaat om G dpi na ʼn webblad te gaan sonder om die URL in te tik 2.8 Sagteware wat gebruik word om geskandeerde H aspekverhouding beelde in redigeerbare teks te omskep 2.9 Die instelling op die kamera om die sensitiwiteit vir I aspekverhouding lig te meet 2.10 ʼn Vertoonmodus in Access waarin die inhoud van ʼn J OCR tabel in rye en kolomme vertoon word K 3D-drukker L GPS M laserdrukker (10 x 1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 0) 6 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 3: WAAR/ONWAAR-ITEMS Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf ‘waar’ of ‘onwaar’ langs die vraagnommer (3.1–3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Korrigeer die stelling indien dit ONWAAR is. Verander die onderstreepte woorde(e) om die stelling WAAR te maak. (Jy mag nie net die woord ‘NIE’ gebruik om die stelling te verander nie. GEEN punt sal toegeken word indien slegs ONWAAR neergeskryf word NIE.) VOORBEELDE: VRAAG ANTWOORD Facebook is ʼn voorbeeld van ʼn sosiale netwerk Waar webwerf. ʼn NKK (‘NIC’) het gleuwe vir hardeware komponente Onwaar – moederbord soos die SVE (‘CPU’). 3.1 ʼn Hiperskakel is ʼn ingeboude konneksie na ʼn ander verwante webbladsy of webwerf wat dikwels as onderstreepte teks of grafika aangedui word. (1) 3.2 ʼn Kopskrif (‘Header’) is teks wat binne die onderste kantlyn van alle bladsye in ʼn dokument of lêer verskyn. (1) 3.3 Vryware (‘Freeware’) hou gewoonlik op werk wanneer die proeftydperk verval het. (1) 3.4 ʼn Merkblokkie (‘check box’) laat die gebruiker toe om slegs een uit ʼn gegewe stel opsies te kies. (1) 3.5 Die koppelvlak (‘interface’) is die manier waarop die verskillende funksies van ʼn program gerangskik is en voorsien ʼn manier waarop gebruikers programme kan gebruik om met die rekenaar te kommunikeer. (1) [5] TOTAAL AFDELING A: 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 7 AFDELING B VRAAG 4: STELSELTEGNOLOGIEË Bestudeer die advertensie hieronder voordat jy die vrae wat volg, beantwoord. SKOOTREKENAAR (‘NOTEBOOK’) G74SX • Core i5 • 17.3" vol HD 1920 x 1080 LED beeld (‘display’) • 8 GB DDR3 RAM • 750 GB HDD + 160 GB SSD • Geïntegreerde Intel HD3000 grafika • Blu-ray-skrywer • Agtergrondverligte (‘Backlit’) sleutelbord • Kabellose LAN en Bluetooth • Windows 10 • Microsoft Security Essentials 4.1 Gee die spesifikasie in die advertensie wat na die verwerker verwys. (1) 4.2 Die beeld word gespesifiseer as ʼn 17.3" vol-HD ('full HD') 1920 x 1080 LED- beeld. 4.2.1 Na watter spesifikasie verwys 17.3"? (1) 4.2.2 Noem die spesifikasie waarna die syfers 1920 x 1080 verwys. (1) 4.2.3 Waarvoor staan HD? (1) 4.3 Verduidelik TWEE funksies van LSG (‘RAM’) in ʼn rekenaar. (2) 4.4 ʼn Bedryfstelsel word in die advertensie genoem. 4.4.1 Noem die bedryfstelsel wat in die advertensie genoem word. (1) 4.4.2 Noem EEN oopbronbedryfstelsel wat op hierdie rekenaar gebruik kan word. (1) 4.5 Die advertensie spesifiseer ʼn HDD en ʼn SDD (‘solid state drive’). 4.5.1 Wat is die hoofvoordeel van ʼn vastetoestandaandrywer (‘solid state drive’) wanneer dit met ander aandrywers vergelyk word? (1) 4.5.2 Wat is die hooffunksie van die HDD? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 0) 8 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2020) 4.6 Die spesifikasie ‘Geïntegreerde Intel HD3000 grafika’ verskyn in die advertensie. Waarna verwys die term geïntegreerde? (1) 4.7 Rugsteunnutsprogramme stel gebruikers in staat om kopieë van sekere lêers te maak, maar jy kan ook jou lêers argiveer (‘archive’). Verduidelik die term argiveer (‘archive’). (2) 4.8 Die advertensie noem nie spesifiek ander toevoertoestelle as die ingeboude agtergrondverligte sleutelbord op die skootrekenaar nie. Noem TWEE toevoertoestelle (buiten die sleutelbord) wat jy sou verwag om in die skootrekenaar ingebou te wees. (2) 4.9 Stel ʼn manier voor waarop ʼn persoon wat nie sy of haar hande kan gebruik nie, self ʼn dokument kan skep. Sluit die apparatuur en programmatuur wat benodig word, in jou antwoord in. (2) 4.10 Om data te verloor wanneer ʼn mens op ʼn rekenaar werk, kan baie frustrerend wees. 4.10.1 Noem die toestel wat gebruikers aan hul rekenaars kan koppel om die verlies van data tydens ʼn kragonderbreking te voorkom. (1) 4.10.2 Bespreek TWEE ander maniere waarop ʼn gebruiker seker kan maak dat data nie per ongeluk uitgevee of verander word nie. (2) 4.11 ʼn Groot verskeidenheid toepassingsprogrammatuur is op die internet beskikbaar. 4.11.1 Noem die tipe of klas programmatuur wat gebruik word om toegang tot webblaaie op die Internet te kry en dit deur te blaai. MOENIE spesifieke voorbeelde of handelsname in jou antwoord gebruik nie. (1) 4.11.2 Noem TWEE maniere waarop mense persoon-tot-persoon kan kommunikeer deur (web-) toepassings op die rekenaar te gebruik. (2) 4.11.3 Noem die algemene term wat gebruik word om die onwettige gebruik en onwettige verspreiding van programmatuur te beskryf. (1) 4.11.4 Noem die stelseltoepassing wat jy behoort te gebruik om ongewenste programme te verwyder, eerder as om dit bloot uit te vee. (1) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 9 VRAAG 5: INTERNET- EN NETWERKTEGNOLOGIEË 5.1 Mense gebruik toenemend genetwerkte rekenaars vir besigheid, onderwys, kommunikasie en vermaak. 5.1.1 Gee ʼn definisie van ʼn netwerk. (2) 5.1.2 Gee TWEE redes vir die opstel van ʼn netwerk by ʼn besigheid. (2) 5.2 Noem DRIE apparatuurkomponente (‘hardware components’) wat nodig is om ʼn netwerk op te stel. (3) 5.3 Wat is die hoofverskil tussen ʼn kliëntrekenaar (werkstasie) en ʼn netwerk- bediener (‘network server’)? (2) 5.4 Noem TWEE dienste wat deur ʼn IDV (‘ISP’) aangebied word. (2) 5.5 Wat is die Wêreldwye Web (‘World Wide Web’)? (2) 5.6 Gebruikers kan die slagoffers van bedrog word as gevolg van hulle internet- toegang of e-pos gebruik. Noem TWEE maniere waarop banke gebruikers beskerm om seker te maak dat transaksies wat oor die internet uitgevoer word, veilig is. (2) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 0) 10 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 6: INLIGTINGBESTUUR 6.1 Verwys na ʼn formele geskrewe verslag, soos jou PAT, en verduidelik die doel van ʼn: 6.1.1 Uittreksel (‘Abstract’) (1) 6.1.2 Inleiding (‘Introduction’) (1) 6.2 Toe jy navorsing vir jou PAT gedoen het, het jy inligting oor die onderwerp gevind wat gelyk het asof dit ongeskik is. Gee TWEE redes waarom jy sommige van hierdie inligting nie akkuraat is nie en NIE in jou verslag gebruik kan word NIE. (2) 6.3 Geslote vrae het ʼn stel antwoorde waaruit gekies kan word. 6.3.1 Bespreek EEN beperking van die gebruik van geslote vrae in ʼn vraelys. (1) 6.3.2 Gee TWEE voordele vir ʼn navorser wanneer geslote vrae elektronies beantwoord word. (2) 6.4 Bestudeer die grafiek hieronder wat die finale uitkoms van ʼn nasionale verkiesing toon en beantwoord die vraag wat volg. Gee DRIE redes waarom dit moeilik is om die grafiek te interpreteer. (3) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 11 VRAAG 7: SOSIALE IMPLIKASIES 7.1 Daar word baie gevalle van internetverslawing gerapporteer. Noem TWEE aktiwiteite waaraan gebruikers op die internet deelneem wat tot verslawing kan lei. (2) 7.2 Noem EEN manier waarop jy jou skootrekenaar aan jou lessenaar kan vasmaak (sluit). (1) 7.3 Elektrisiteit is ʼn duur hulpbron. Noem DRIE maniere waarop jy elektrisiteit kan spaar wanneer jy van elektroniese toestelle soos skootrekenaars en rekenaars gebruik maak. (3) 7.4 Sosiale manipulasie (‘social engineering’) het ʼn werklike bedreiging vir rekenaargebruikers vandag geword. 7.4.1 Kortliks verduidelik wat sosiale manipulasie (‘social engineering’) is. (1) 7.4.2 Noem TWEE voorsorgmaatreëls wat jy kan tref om te verhoed dat jy ʼn slagoffer van ʼn sosiale manipulasie (‘social engineering’) aanval via e-pos word. (2) 7.5 Spioensagteware (‘spyware’) word ʼn groot probleem vir rekenaar- gebruikers. Wat is die doel van spioensagteware (‘spyware’)? (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 0) 12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 8: OPLOSSINGSONTWIKKELING 8.1 Sommige van die toepassings wat gewoonlik in klein besighede gebruik word, is:  Sigbladtoepassing  Woordverwerkingstoepassing  Databasistoepassing  E-posprogrammatuur  Webblaaierprogrammatuur Kies TWEE van die toepassings uit die lys hierbo en noem die gebruik of funksie van elk van die twee toepassings in ʼn klein besigheid. (2) 8.2 Bestudeer die sigblad hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 8.2.1 Stel ʼn verandering aan die formatering van selle B4:B7 voor sodat die ‘R’-simbool outomaties vir elke waarde verskyn. (1) 8.2.2 Die skermkopie hierbo toon ʼn resultaat van 0.00 in sel B7 vir ʼn korrekte funksie wat as =SUM(B4:B6) ingesleutel is. Hoe moet die sigblad verander word om die korrekte resultaat vanaf die funksie te kry? (2) 8.2.3 Stel EEN manier voor waarop die formatering verander kan word om dit makliker te maak om die sigblad te lees of te vertolk. (1) 8.3 Verduidelik kortliks hoe om na te gaan of daar genoeg spasie op ʼn flitsskyf (‘flash disk’) is om ʼn lêer van 2 GG (‘GB’) te stoor. (1) 8.4 Jy het gesien dat ʼn woordverwerkingsdokumente as ʼn teksdokument of as ʼn woordverwerkingsdokument gestoor kan word. Noem TWEE verskille tussen ʼn teksdokument (‘.txt’) en ʼn leêr wat as ʼn woordverwerkingsdokument (‘.doc’) gestoor is. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 13 8.5 Jy werk aan ʼn vertroulike/konfidensiële dokument en wil graag verseker dat ander mense wat toegang tot die rekenaar het, nie die dokument kan lees nie. Verduidelik kortliks hoe jy dit kan regkry. (2) 8.6 Jy het ʼn databasis van jou gereelde kliënte opgestel. ʼn Uittreksel van hierdie kliëntetabel word hieronder getoon: 8.6.1 Wanneer die selfoonnommers in die databasis ingesleutel word, verdwyn die nul aan die begin sonder verduideliking. Verduidelik die waarskynlike oorsaak vir hierdie probleem en hoe dit opgelos kan word. (2) 8.6.2 Die hele adres van elke kliënt word in een veld gestoor. Gee TWEE redes hoekom dit nie ʼn gewenste benadering is nie. (2) [15] TOTAAL AFDELING B: 75 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 0) 14 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2020) AFDELING C: GEÏNTEGREERDE SCENARIO VRAAG 9 Jou skool bied ʼn rekenaaruitstalling in die skoolsaal aan. Die organiseerder het gevra dat jy met die uitstallings sal help. Alle rekenaars sal in ʼn netwerk aan die bediener by die inligtingstafel gekoppel wees. Besoekers sal die geleentheid kry om met die toestelle te werk en items wat te koop aangebied word, te koop. 9.1 Die waarde van IKT in die werkplek moet by die uitstalling bevorder word. Gee TWEE algemene voordele van die gebruik van rekenaars in besighede, afgesien van hul nuttigheid in kommunikasie. (2) 9.2 Verskeie soorte bedieners en draagbare rekenaars sal vertoon word. 9.2.1 Gee TWEE voordele van die gebruik van ʼn instaanbediener (‘proxy server’), buiten die algemene funksie van enige bediener in ʼn netwerk. (2) 9.2.2 Gee TWEE nadele van draagbare rekenaars bo tafelrekenaars, afgesien van enige aspekte wat met koste te doen het. (2) 9.3 Die stalletjies van die uitstallers moet met mekaar genetwerk wees en ook oor ʼn internetkonneksie beskik. 9.3.1 Gee TWEE voordele daarvan om hierdie netwerk koordloos te konnekteer eerder as met kabels. (2) 9.3.2 ʼn Warmkol (‘Hotspot’) sal opgestel word om internetkonnektiwiteit te voorsien. Verduidelik wat ʼn warmkol (‘hotspot’) is en noem die koordlose tegnologie wat met ʼn warmkol (‘hotspot’) geassossieer word. (2) 9.4 Dit is belangrik vir uitstallers om programmatuur op hul rekenaars te installeer wat hulle teen kwaadwillige programmatuur (‘malware’) sal beskerm, veral as die rekenaars genetwerk sal wees. 9.4.1 Verduidelik kortliks hoe misdadigers mens om die bos lei om ’n Trojaanse program op hul rekenaar te installeer. (2) 9.4.2 Gee TWEE nadele van ʼn netwerk, in die konteks van die stryd teen kwaadwillige programmatuur (‘malware’). (2) 9.4.3 Ná die installasie van anti-kwaadwillige programmatuur (‘anti-malware software’) vind een van die uitstallers dat verskeie lêers op sy hardeskyf onder kwarantyn geplaas is (‘quarantined’). Kortliks verduidelik wat ‘onder kwarantyn geplaas’ in hierdie konteks beteken. (2) 9.4.4 Gee die algemene naam vir die soort programmatuur wat uitstallers in staat sal stel om te beheer watter programme toegang tot die internet kan verkry. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 15 9.5 Verskillende tipes toevoertoestelle sal by die uitstalling te sien wees. Noem EEN spesifieke toevoertoestel wat die doeltreffendheid en produktiwiteit van elk van die volgende soorte gebruikers sal verbeter: 9.5.1 Iemand wat ’n groot aantal bestaande harde kopieë na digitale formaat moet omskakel (1) 9.5.2 ʼn Kunstenaar wat digitaal werk (1) 9.6 Multifunksiedrukkers en ander soorte drukkers sal by een van die stalletjies te sien wees. 9.6.1 Gee TWEE redes hoekom ʼn besigheid dalk ʼn multifunksiedrukker sal wil aankoop. (2) 9.6.2 Alle nuwe drukkers word vergesel van ’n CD of DVD wat drywerprogrammatuur (‘driver software’) bevat. Verduidelik kortliks die funksie van ’n drywer (‘driver’). (2) 9.7 Verskeie eksterne hardeskywe sal uitgestal word, maar geen optiese aandrywers nie. Gee TWEE redes waarom CD’s en DVD’s deesdae nie meer so baie soos in die verlede gebruik word nie. (2) [25] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 0) 16 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 (EC/NOVEMBER 2020) VRAAG 10 10.1 Die organiseerder toets ʼn nuwe kantoorpakket, maar die programmatuur het steeds foute (bugs) en vries (‘freezes’) dikwels op sy rekenaar. 10.1.1 Gee die sleuteldruk-kombinasie wat hy kan gebruik om die program wat staak, toe te maak sonder om die rekenaar weer te laai (‘reboot’). (1) 10.1.2 Verduidelik kortliks die verskil tussen ʼn regstelling (‘patch’) en ʼn dienspakket (‘service pack’) ten opsigte van die rol (funksie) wat elkeen speel om programmatuur opgedateer te hou. (2) 10.2 ʼn Uitstaller sal video-redigeringsprogramme vir groepe mense in sessies, met 10 tot 15 mense per sessie, demonstreer. Hy moet ʼn aantal groot MPEG- en AVI-lêers, sowel as ʼn programlêer genaamd VIDMaker.exe, van sy vriend Hans in Duitsland af kry. 10.2.1 Gee TWEE redes, met verwysing na die scenario, hoekom Hans mag besluit om NIE hierdie lêers as e-posaanhegsels te stuur NIE. (2) 10.2.2 Stel TWEE geskikte afvoertoestelle voor wat die uitstaller kan gebruik om die videosnitte aan die groepe te vertoon, aangesien ’n gewone rekenaarskerm te klein gaan wees. (2) 10.3 ʼn Strepieskodeskandeerder sal by die uitgang geïnstalleer word sodat die aankoopproses bespoedig kan word. Gee TWEE voordele van die gebruik van ʼn strepieskodeskandeerder vir data-toevoer bo die gebruik van ʼn sleutelbord. (2) 10.4 Die organiseerders wonder of besoekers by die ingang gedrukte dokumente met besonderhede van uitstallers moet kry en of hulle eerder van ʼn aanraakskerm rekenaar by die inligtingstafel gebruik moet maak. 10.4.1 Gee TWEE potensiële voordele van die gebruik van ʼn aanraakskerm in teenstelling met ʼn gedrukte dokument in hierdie situasie, behalwe die feit dat papier gespaar sal word. (2) 10.4.2 Gee EEN druk-opsie (‘print option’) wat gebruik kan word om papier te spaar, behalwe om op albei kante van die papier te druk. (1) 10.4.3 Verduidelik kortliks wat bedoel word met die term groen rekenarisering en lys TWEE maniere waarop ʼn mens tot groen rekenaargebruik kan bydra, behalwe om minder papier te gebruik. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2020) REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V2 17 10.5 Skype is ʼn gewilde programmatuurpakket wat VoIP-tegnologie gebruik. 10.5.1 Verduidelik in jou eie woorde wat VoIP jou toelaat om te doen. (2) 10.5.2 Gee DRIE nadele van die gebruik van VoIP sagteware, behalwe vir die feit dat ʼn internetkonneksie benodig word. (3) 10.5.3 Gee TWEE voordele van wolkverwerking (‘cloud computing’), behalwe die feit dat jy die programmatuur op enige plek waar jy ʼn internetkonneksie het, kan gebruik. (2) 10.6 Gee TWEE eienskappe wat in ’n databasisprogram soos Access beskikbaar is, wat kan help om data-invoerfoute te verminder. (2) [25] TOTAAL AFDELING C: 50 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Computer Applications Technology

View all