Skip to content
Practical assessment task

Civil Technology PAT GRADE 10 2016 Afr

Grade 10 Civil Technology practical assessment task from the 2016 (Afrikaans), 25 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: Civil TechnologyGrade 10201625 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SIVIELE TEGNOLOGIE RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE GRAAD 10 2016 Hierdie riglyne bestaan uit 25 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 2 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 INHOUDSOPGAWE AFDELING 1 3 1. INLEIDING 3 AFDELING 2 3 2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 3 2.1 Die struktuur van die PAT vir Siviele Tegnologie 3 2.2 Bestuur van die PAT 3 2.3 Administrasie van die PAT 4 2.4 Assessering en moderering van die PAT 4 2.5 Assessering 4 2.6 Moderering 4 AFDELING 3 5 3. LEERDEROPDRAG 5 3.1 Instruksies aan die leerder 5 3.2 Sivieledienste-take 6 3.2.1 Simulasie 1 6 3.2.2 Simulasie 2 7 3.2.3 Model 8 3.3 Konstruksietake 9 3.3.1 Simulasie 1 9 3.3.2 Simulasie 2 10 3.3.3 Model 11 3.4 Houtbewerking 12 3.4.1 Simulasie 1 12 3.4.2 Simulasie 2 13 3.4.3 Model 14 3.5 Assesseringsinstrumente 16 3.5.1 Nasienrubriek vir portefeulje 16 3.5.2 Nasienmemorandum vir Sivieledienste-werkstekeninge 18 3.5.3 Nasienmemorandum vir Konstruksie-werkstekeninge 19 3.5.4 Nasienmemorandum vir Houtbewerking-werkstekeninge 20 3.5.5 Nasienrubriek vir model 21 3.5.6 Saamgestelde puntestaat 22 AFDELING 4 23 4. ANDER RELEVANTE INLIGTING 23 4.1 Afwesig/Nie-inlewering van taak (Wat is die gevolge?) 23 4.2 Vereistes vir aanbieding 23 4.3 Tydsbestek 23 4.4 Verklaring van egtheid 24 AFDELING 5 25 5. GEVOLGTREKKING 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 3 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 AFDELING 1 1. INLEIDING Die 16 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is: • LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie • KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste • WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie • DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme • TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. AFDELING 2 2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER (Hierdie riglyne moet deeglik aan die leerders verduidelik word.) 2.1 Die struktuur van die PAT vir Siviele Tegnologie Praktiese assesseringstake is ontwerp om die leerder se vermoë om 'n verskeidenheid vaardighede te integreer om 'n probleem op te los, te toon. Gedurende hierdie weeklikse interaksies, simulasies en die toepassing van vaardighede, kennis en beginsels wat deur die leerders verwerf is wat die tegnologiese proses in die bouomgewing sal dek. Die PAT bestaan uit 25% van die leerder se promosie punt 2.2 Bestuur van die PAT Die PAT moet in kwartaal 1 begin word, aangesien dit 'n lang en uitgerekte proses is wat NIE tot op die laaste oomblik gelaat kan word NIE. (a) Al die komponente van die PAT (ontwerpportefeulje, werkstekeninge en model) moet vir assessering teen die einde van Augustus voltooi en aangebied word om sodoende genoeg tyd vir die eksterne moderering te laat. (b) Gedurende hierdie fase sal die onderwyser enige finale en uitstaande assessering doen. Alle simulasies, portefeuljes, werkstekeninge en modelle moet veilig bewaar word totdat die modereringsproses voltooi is (beide provinsiale en nasionale moderering). (c) Die interne moderator/departementshoof moet PAT-moderering reg deur die jaar doen. (d) Dit is belangrik dat daar van die begin af aan alle kriteria voldoen word, omdat dit die basis vir assessering sal vorm. (e) Onderwysers mag nie leerders penaliseer vir punte wat nie by die aanvanklike kriteria ingesluit was nie. (f) Wanneer leerders tydens moderering (sigmoderering) gekies word, kan daar van hulle verwag word om hulle vaardighede en kennis ten toon te stel. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 4 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 Alle onderwysers moet 'n pasaanduider ontwerp om die voltooiingsdatums vir die verskillende stadia van die PAT aandui. Die onderwyser moet hierdie proses bestuur om krisisbestuur en onnodige stres nader aan die voltooiingsdatum vir die PAT te vermy. Die inleweringsdatums vir die verskillende dele van die PAT, soos in die pasaanduider aangedui, moet skriftelik aan die leerders gegee word. 2.3 Administrasie van die PAT Die PAT moet op situasies in die werklike lewe gebaseer word en onder gekontroleerde omstandighede voltooi word. Onderwysers moet datums vasstel vir die voltooiing van die verskillende gedeeltes van die PAT. Op hierdie manier kan leerders hul vordering assesseer. Waar formele assesseringstake plaasvind, is dit die verantwoordelikheid van die onderwyser om hierdie assesseringstake te administreer. Nadat onderwysers die riglyne bestudeer het, moet hulle die verskillende stappe van die PAT en die kriteria, soos aangedui in die rubrieke en punteskedules, aan leerders verduidelik. Dit sal verseker dat leerders en onderwysers 'n gemeenskaplike begrip van die assesseringsinstrumente het asook wat van leerders verwag word. Onderwysers word versoek om afskrifte van AFDELING 3 TOT AFDELING 5 van hierdie dokument te maak en saam met die assesseringskriteria van die PAT nie later as die eerste week van Februarie nie aan die leerders te gee. Die produkte/modelle mag nie uit die klaskamer/werkswinkel verwyder word nie en moet ten alle tye op 'n veilige plek gebêre word wanneer leerders nie daaraan werk nie. 2.4 Assessering en moderering van die PAT Die PAT vir Graad 10 word ekstern opgestel en gemodereer, maar intern deur die onderwyser geassesseer en deur die interne moderator/departementshoof gemodereer. 2.5 Assessering Deurlopende ontwikkelingsterugvoering is nodig om die leerder te lei en te ondersteun om te verseker dat hy/sy op die regte spoor is. Beide formele en informele assessering behoort op die verskillende take waaruit die PAT bestaan, uitgevoer te word. Informele assessering kan deur die leerder self, deur 'n portuurgroep, of deur die onderwyser gedoen word. Formele assessering moet altyd deur die onderwyser gedoen word en die resultate sal aangeteken word. Die onderwyser moet die assesseringsvereistes van al die komponente van die PAT in ag neem en die assesseringsprogram van die PAT dienooreenkomstig beplan. 2.6 Moderering Gedurende die moderering van die PAT moet die ontwerpportefeulje, werkstekeninge en die model aan die moderator beskikbaar gestel word. Indien nodig, moet die moderator die leerder kan vra om die funksie en werksbeginsels te verduidelik en hom/haar ook versoek om die vaardighede wat hy/sy deur die vermoënstake opgedoen het vir modereringsdoeleindes te demonstreer. Die volgorde van gebeure van die tegnologiese proses kan ook van die leerder versoek word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 5 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 AFDELING 3 3. LEERDEROPDRAG Leerder se naam: ________________________________________________________ Tyd Toegelaat: 1ste tot 3de kwartaal 3.1 Instruksies aan die leerder • Hierdie praktiese assesseringstaak tel 25% van jou finale promosiepunt. • Alle werk wat jy lewer, moet jou eie werk wees. • Alle bronne wat gebruik word, moet erken word. • Gebruik jou oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek. • Berekeninge moet duidelik wees en eenhede insluit. • Berekeninge moet tot TWEE syfers afgerond word. • Tekeninge kan met die hand geteken word (gebruik tekeninstrumente) of met ROT ('CAD') geteken wees. GEEN fotokopieë of geskandeerde lêers van tekeninge word toegelaat nie. • Foto's en geskandeerde foto's kan gebruik word en kan in kleur of grysskaal ('greyscale') wees. • SI-eenhede moet gebruik te word. • Jy word aangemoedig om herwonne materiaal te gebruik om die model te maak. • Veranderings tydens die simulering van die produk moet aangeteken word en in die ontwerpportefeulje geplaas word. • Jou leerderopdrag en assesseringsinstrumente moet agter in die ontwerpportefeulje geplaas word. • Die nasienmemorandum vir die werkstekeninge moet aan jou werkstekeninge geheg word. • Jy kan elektroniese toerusting gebruik, waar beskikbaar, bv. selfone, kameras, digitale kameras, ens. om jou vordering te dokumenteer. • Die produk/model mag nie uit die klaskamer/werkswinkel verwyder word nie en moet altyd op 'n veilige plek gebêre word wanneer jy nie daaraan werk nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 6 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 Die praktiese assesseringstaak (PAT) bestaan uit TWEE simulasies, 'n portefeulje, werkstekeninge en 'n produk/model wat in drie kwartale voltooi moet word. Rekenaarondersteunde tekeninge moet onder die toesig van die onderwyser gedoen word. 3.2 Sivieledienste-take 3.2.1 Simulasie 1: Sny en las van koperpype Materiaal benodig: • Ø 15 mm-koperpyp klas 0 • Ø 15 mm-koperelmboog • Soldeerdraad • Smeltmiddel/Vloeimiddel ('Flux') Instruksies: • Sny een stuk koperpyp tot 'n lengte van 100 mm met 'n ystersaag. • Sny een stuk koperpyp tot 'n lengte van 50 mm met 'n pypsnyer. • Ruim en maak die ente skoon wat gesoldeer moet word. • Wend smeltmiddel aan die pyp en elmboog met 'n kwas. • Soldeer las aan albei ente van die elmboog. Fasetblad Kriteria Punt LP Sny pyp tot 'n lengte van 100 mm met 'n ystersaag. (Korrekte lengte en reglynigheid 2 van snit) Sny pyp tot 'n lengte van 50 mm met pypsnyer. (Korrekte lengte en reglynigheid van 2 snit) Ruim en maak die ente van pyp skoon wat gesoldeer moet word. (Ruim en maak pyp 2 korrek skoon) Wend smeltmiddel aan die pyp en elmboog met 'n kwas. (Wend smeltmiddel korrek 2 aan pyp en elmboog) Steek soldeerbrander aan. (Steek soldeerbrander korrek en veilig aan) 2 Soldeer die las (Gebruik soldeerbrander en soldeerdraad korrek, geen oortollige 3 soldeersel op las van pyp nie) Gebruik die korrekte lengte soldeerdraad vir die las 2 Maak las skoon (Maak las korrek skoon) 2 Netheid van las 3 Totaal 20 Voltooide las moet vir moderering beskikbaar wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 7 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 3.2.2 Simulasie 2: Plaatmetaallasse (Plofklinknaellas) Materiaal benodig: • TWEE stukke gegalvaniseerde plaatmetaal (100 mm x 100 mm) • VYF plofklinknaels (Ø 4 mm). Die lengte van die klinknael moet geskik wees vir die materiaaldikte gebruik. Instruksies: • Sny TWEE stukke gegalvaniseerde plaatmetaal (100 mm x 100 mm) • Die twee stukke plaatmetaal moet 10 mm oormekaarslaan wanneer gelas is. • Die twee stukke plaatmetaal moet met VYF plofkopklinknaels, wat eweredig gespasieer is, aanmekaar gelas word. Fasetblad Kriteria Punt LP Merk TWEE stukke gegalvaniseerde plaatmetaal (100 mm x 100 mm). (Korrekte 2 grootte en reglynigheid van lyne) Sny TWEE stukke gegalvaniseerde plaat metaal (100 mm x 100 mm). (Korrekte 2 grootte en lyne reguit gesny) Merk 10 mm vir oorslag op albei plate. (Akkuraatheid en haaksheid van lyne) 2 Merk 5 mm van die kant vir die senter-/hartlyne van gate vir plofklinknaels op albei 2 plate. (Akkuraatheid en haaksheid van lyne) Merk 5 gate eweredig gespasieer op albei plate. 2 Gebruik 'n senterpons en pons merke waar gate geboor moet word. 1 Boor Ø 4mm gate in albei plate, soos gemerk. 5 Plaas klinknaels in gate en klink die twee plate aanmekaar. 2 Netheid van las. 2 Totaal 20 Voltooide las moet vir moderering beskikbaar wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 8 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 3.2.3 Model (Siviele Dienste) Instruksies: Leerders moet diskresie gebruik waar detail ontbreek. Ontwikkel en stel 'n portefeulje saam wat die volgende toon. • Dekblad • Inhoudsopgawe • Verklaring van egtheid • Navorsing o Eienskappe van gegalvaniseerde plaatmetaal o Groottes van gegalvaniseerde plaatmetaalplate o Verskillende tipes plaatmetaallasse wat gebruik kan word om plaatmetaal te las/heg • 'n Lys gereedskap om die houer te maak • 'n Lys materiaal om houer te maak Die figuur hieronder toon 'n tekening van 'n plaatmetaalhouer. PLAATMETAALHOUER Gebruik die nasienmemorandum vir tekeninge as 'n gids en teken die volgende: • Die voor-, linker- en boaansig van hierdie houer in eerstehoekse ortografiese projeksie volgens skaal 1 : 2. • Die patroonontwikkeling van hierdie houer om as templaat/patroon te gebruik om hierdie model te maak. Gebruik skaal 1 : 1. Spesifikasies: • Hoogte van die rugkant 100 mm • Hoogte van voorkant 70 mm • Lengte 200 mm • Wydte 80 mm • Oorslag van lasse 10 mm • Gebruik toepaslike plaat metaal lasse. Model: Maak die houer van gegalvaniseerde plaatmetaal, volgens skaal 1 : 1. Gebruik die spesifikasies hierbo. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 9 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 3.3 Konstruksietake 3.3.1 Simulasie 1: Oordra van hoogtes met gebruik van 'n deursigtige pypwaterpas, 'n waterpas en 'n reihout. Gereedskap en materiaal benodig: • Ø 15 mm deursigtige pyp (5 m lank) • 4 x Ø 10 mm-staalpenne (400 mm lank) • Waterpas • Reihout • Hamer • Maatband Taak: • Slaan een pen in die grond in. • Slaan 'n tweede pen in die grond in, 4,5 m vanaf die eerste een. • Gebruik die deursigtige pyp wat met water gevul is en bring die tweede pen in lyn met die eerste een (dra die hoogte van pen 1 na pen 2 oor). • Slaan penne in die grond in teen afstande van net minder as die lengte van die reihout tussen die eerste en laaste pen. • Gebruik 'n waterpas bo-op die reihout en stel die hoogte van elke pen op dieselfde hoogte as dié van die eerste pen (moenie die laaste pen verstel nadat die hoogte pen 1 met die deursigtige pyp oorgedra is nie). • Vergelyk die twee metodes ten opsigte van akkuraatheid en tyd geneem om die hoogtes oor te dra. Gebruik die tabel hieronder. AKKURAATHEID TYD Deurskynende pyp Waterpas en reihout Fasetblad Kriteria Punt LP Slaan twee penne in die grond in, 4,5 m van mekaar af. 3 Vul deurskynende pyp met water. (Maak seker dat al die lugborrels uit die pyp 3 verwyder is) Dra die hoogte van pen 1 na pen 2 oor met gebruik van die deursigtige pyp. 5 Slaan penne in die grond in teen afstande van net minder as die lengte van die 3 reihout tussen die eerste en laaste pen. Gebruik 'n waterpas bo-op die reihout en stel die hoogte van elke pen op 3 dieselfde hoogte as dié van die eerste pen. Vergelyk die twee metodes deur die tabel verskaf te gebruik. 3 Totaal 20 Neem foto's as bewyse. Sigmoderering kan gedoen word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 10 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 3.3.2 Simulasie 2: Droë pakking van stene in strykverband Materiaal benodig: • Stene • Kryt/Slaglyn vir afmerk op vloer Instruksies: • Droë pakking van hoekverbinding (buitehoek), een steen wyd en 5 lae hoog • Die alternatiewe planlae • Een kant moet vertanding toon en die ander kant moet tru-messelwerk toon FIGUUR 3.3.2 hieronder toon die hoekverbinding, vertanding en tru-messelwerk. VERTANDING TRU-MESSELWERK FIGUUR 3.3.2 Fasetblad Kriteria Punt LP Merk op die vloer uit vir die droë pakking (buitehoek een steen wyd). 4 Pakking van 5 lae. 4 Verband by die hoek van die muur 4 Vertanding korrek gedoen 4 Tru-messelwerk korrek gedoen 4 Totaal 20 Neem foto's as bewyse. Sigmoderering kan gedoen word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 11 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 3.3.3 Model (Konstruksie) Instruksies: Leerders moet diskresie gebruik waar detail ontbreek. Ontwikkel en stel 'n ontwerpportefeulje saam om die volgende te toon: • Dekblad • Inhoudsopgawe • Verklaring van egtheid. • Navorsing: o Definisie van bekisting en verwydering ('striking') van bekisting o Doel van bekisting o Verskillende soorte materiaal wat vir die bekisting van 'n vierkantige kolom gebruik kan word • 'n Lys gereedskap om die bekisting van 'n vierkantige kolom te vervaardig • 'n Lys materiaal om die bekisting van 'n vierkantige kolom te vervaardig FIGUUR 3.3.3 toon 'n illustrasie van die bekisting van 'n vierkantige kolom. FIGUUR 3.3.3 Gebruik die nasienmemorandum vir die tekeninge as 'n gids en teken die volgende: • Die voor-, linker- en bo-aansig van die bekisting vir 'n vierkantige kolom in eerstehoekse ortografiese projeksie volgens skaal 1 : 2. • Die horisontale deursneeaansig van die bekisting vir 'n 300 m vierkantige kolom. Gebruik skaal 1 : 2 en toon AL die relevante detail. Spesifikasies: • Betonkolom 300 mm x 300 mm • Hoogte van bekisting 500 mm • Toon ten minste TWEE stelle klampe • Gebruik hout vir die bekisting • Stut die kolom aan TWEE kante Model: Maak die bekisting vir 'n vierkantige kolom volgens skaal 1 : 1 deur die spesifikasies hierbo te gebruik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 12 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 3.4 Houtbewerking 3.4.1 Simulasie 1: Bankhaak Materiaal benodig: • 2 x 140 mm x 40 mm x 20 mm doodloopente • 1 x 250 mm x 200 mm x 20 mm basis • 4 x 38 mm x 8 mm skroewe Instruksies: • Meet en saag twee stukke hout vir die doodloopente met 'n tapsaag. • Meet en saag een stuk hout vir die basis met 'n dwarssaag. • Meet en boor twee gate op elke doodloopent vir die skroewe. Merk die posisie van die doodloopente op die basis en skroef die doodloopente vas aan die basis. Fasetblad Kriteria Punte LP Saag twee stukke hout (doodloopente) 140 mm lank met 'n tapsaag. (Korrekte 4 lengte en haaksheid van snit) Saag een stuk hout (basis) 250 mm lank met 'n dwarssaag. (Korrekte lengte 4 en haaksheid van snit) Meet en boor twee gate op elke doodloopent vir die skroewe. 5 Merk posisie van doodloopente en skroef aan basis vas. 5 Netheid van lasse 2 Totaal 20 Voltooide simulasie moet vir moderering beskikbaar wees. BASIS DOODLOOPENT BANKHAAK Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 13 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 3.4.2 Simulasie 2: Vingerlas (boekstutte), getapte las, stuiklas, halfhoutvoeg (-las) Materiaal benodig: • 4 x 150 mm x 120 mm x 20 mm basis en kante • 2 x 100 mm x 80 mm x 20 mm klamp Instruksies: • Meet en saag vier stukke hout vir die basis en kante met 'n tapsaag. • Meet en merk vir penne en sokke op twee stukke vir 'n vingerlas • Saag en verwyder die sokke met 'n swaelstertsaag en beitel. • Skuur al die dele en sit die twee dele inmekaar. • Meet en merk vir penne en sokke op twee stukke vir 'n getapte las. • Boor drie gate op elk van die twee stukke vir die tappe met 'n tappensetmaat ('dowelling jig'). • Sny drie tappe om te pas by die lengte van die gate van die twee stukke. • Sny 'n groef op die lengte van elke tap. • Skuur al die dele en sit die twee dele inmekaar. • Ontwikkel 'n patroon vir die klampe en sny volgens vorm. • Skuur die twee stukke en sit die dele inmekaar op die getapte las en vingerlas. Fasetblad KRITERIA Punte LP Meet en saag vier stukke hout vir die basis en kante met 'n tapsaag. 2 Meet en merk twee penne en sokke op twee stukke vir 'n vingerlas. 2 Saag en verwyder die sokke met 'n swaelstertsaag en beitel… 2 Skuur al die dele en sit die twee dele inmekaar. 2 Meet en merk vir penne en sokke op twee stukke vir 'n getapte las. 2 Boor drie gate op elk van die twee stukke vir die tappe met 'n tappensetmaat 2 ('dowelling jig'). Sny drie tappe om te pas by die lengte van die gate van die twee stukke. 2 Sny 'n groef op die lengte van elke tap. 1 Skuur al die dele en sit die twee dele inmekaar. 2 Ontwikkel 'n patroon vir die klampe en sny volgens vorm. 2 Skuur die twee stukke en sit die dele inmekaar op die getapte las en vingerlas. 1 Totaal 20 Voltooide las moet vir moderering beskikbaar wees. KLAMP Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 14 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 3.4.3 Model (Houtbewerking): Gereedskapkis Instruksies: Leerders moet diskresie gebruik waar detail ontbreek. Ontwikkel en stel 'n ontwerpportefeulje saam om die volgende te toon: • Dekblad • Inhoudsopgawe • Verklaring van egtheid. • Navorsing: o Onderskei tussen die eienskappe van vervaardigde bord en soliede hout o Verskillende tipes voeë wat gebruik kan word om 'n gereedskapkis te maak o Verskillende tipes materiaal wat gebruik kan word om 'n gereedskapkis te maak • 'n Lys gereedskap om die gereedskapkis te maak • 'n Lys materiaal om die gereedskapkis te maak Gebruik die nasienmemorandum vir die tekeninge as gids en teken die volgende: • Die voor-, linker- en boaansig van die gereedskapkis in eerstehoekse ortografiese projeksie volgens skaal 1 : 2 • 'n Vertikale dwarsdeursnee van die gereedskapkis. Gebruik skaal 1 : 2 en toon AL die relevante detail. Spesifikasies: • 2 x 250 mm x 400 mm x 20 mm kopkante • 1 x 250 mm x 450 mm x 20 mm bodem/basis • 2 x 120 mm x 450 mm x 20 mm kante • 1 x 50 mm x 20 mm reling met gate en gleuwe vir beitels, skroewedraaiers en else • 1 x 500 mm materiaal vir handvatsel (besemstok of afgekante rande van stuk hout) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 15 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 Model: Maak die gereedskapkis deur die volgende instruksies te volg: • Meet en saag die twee stukke hout vir die kopkante. • Maak sponning vir bodem en kante vir kopkante om die bodem en kante van die gereedskapkis in te laat. • Meet en sny die kante en bodem volgens afmetings. • Merk en sny die sponning op die kopkante om die handvatsel te huisves. • Sit al die onderdele, die handvatsel ingesluit, inmekaar. • Meet en sny die reling om tussen die kopkante te pas en sit aan gereedskapkis vas. • Merk die gate vir skroewedraaiers, beitels, else, winkelhake, ens. • Boor die gate vir skroewedraaiers, beitels, else, winkelhake, ens. en sit die reling aan die gereedskapkis vas. • Skuur die model en verwyder al die skerp kante/hoeke. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie Downloaded from hlayiso.com 16 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 3.5 Assesseringsinstrumente 3.5.1 Rubriek vir die assessering van die portefeulje KRITERIA Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 80–100% 50–79% 30–49% 1–29% 0% Ses van die volgende netjies Vyf van die volgende netjies Vier van die volgende netjies Templaat gebruik. Minder as Geen poging gedoen: gedoen: gedoen: vier van die volgende netjies aangewend nie. • Naam van skool • Naam van die skool • Naam van die skool gedoen: • Naam van leerder • Naam van leerder • Naam van leerder • Naam van die skool • Naam van onderwyser • Naam van onderwyser • Naam van onderwyser • Naam van leerder Voorblad • Graad • Graad • Graad • Naam van onderwyser • Jaar • Jaar • Jaar • Graad • Geskikte titel • Geskikte titel • Geskikte titel • Jaar • Geskikte illustrasie • Geskikte illustrasie • Geskikte illustrasie • Geskikte titel • Geskikte illustrasie Voorlegging Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Al die volgende is korrek en Drie van die volgende is Twee van die volgende is Een van die volgende is Geen poging netjies gedoen: korrek en netjies gedoen: korrek en netjies gedoen: korrek en netjies gedoen: aangewend nie. • Afdelings • Afdelings • Afdelings • Afdelings Inhoudsopgawe • Onderafdelings • Onderafdelings • Onderafdelings • Onderafdelings • Bladsynommers • Bladsynommers • Bladsynommers • Bladsynommers • Bladsynommers stem • Bladsynommers stem • Bladsynommers stem • Bladsynommers stem met die inhoud ooreen met die inhoud ooreen met die inhoud ooreen met die inhoud ooreen Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 By portefeulje ingesluit, By portefeulje ingesluit, By portefeulje ingesluit, By portefeulje ingesluit, nie Nie in portefeulje Verklaring van geteken deur onderwyser en geteken deur onderwyser en geteken deur onderwyser. geteken deur onderwyser en nie. egtheid leerder met skoolstempel. leerder, nie skoolstempel nie. leerder nie. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Al die aspekte soos vereis, Al die aspekte soos vereis, Al die aspekte soos vereis, Al die aspekte soos vereis, Geen bewyse nie. is by portefeulje ingesluit: is by portefeulje ingesluit: is by portefeulje ingesluit: is by portefeulje ingesluit: Portefeulje- Navorsing, werkstekeninge, Navorsing, werkstekeninge, Navorsing, werkstekeninge, Navorsing, werkstekeninge. Bewysstukke nasienmemorandum vir nasienmemorandum vir nasienmemorandum vir inhoud tekeninge, voltooide punte- tekeninge, voltooide punte- tekeninge. state vir die portefeulje en state vir die portefeulje en model en albei simulasies. model. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie Downloaded from hlayiso.com 17 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 KRITERIA Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 80–100% 50–79% 30–49% 1–29% 0% MEER as GENOEG hand- GENOEG hand- en MINDER as nodige hand-en UITERS MIN hand- en Nie gedoen nie. en kraggereedskap korrek kraggereedskap korrek kraggereedskap kraggereedskap onnet Gereedskap en materiaal Lys van aangedui, op ordelike wyse, aangedui, op ordelike en bevredigend en netjies aangedui sonder verskillende gereedskap uiters netjies onder netjiese wyse onder aangedui onder verskillende opskrifte. verskillende opskrifte. verskillende opskrifte opskrifte. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 om die houer te maak. MEER as GENOEG GENOEG materiaal korrek MINDER as nodige UITERS MIN materiaal onnet Nie gedoen nie. materiaal korrek aangedui, aangedui, op ordelike en materiaal bevredigend en aangedui sonder verskillende Lys van op ordelike wyse, uiters netjiese wyse onder netjies aangedui onder opskrifte. materiaal netjies onder verskillende verskillende opskrifte verskillende opskrifte. opskrifte. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 23 Vlak 1 Vlak 0 KRITERIA Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 80–100% 50–79% 30–49% 1–29% 0% Ontwerpportefeulje OP OF Ontwerpportefeulje EEN Ontwerpportefeulje VIER Ontwerpportefeulje SEWE Nie gedoen nie Hou by VOOR die sperdatum TOT DRIE dae laat TOT SES dae laat DAE OF MEER laat Hou by ingelewer. ingelewer. ingelewer. ingelewer. datums datums gegee gegee Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 18 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 3.5.2 Nasienmemorandum vir werkstekeninge (SIVIELE DIENSTE) Leerder se naam: ___________________________________ Graad: 10_____ PUNTETOEKENNING SKAAL- LEERDER ASSESSERINGSKRITERIA PUNT TEKENE Swak/ Goed Gemiddeld Nie gedoen nie Vooraansig 4–5 2–3 0–1 Boaansig 3–4 2 0–1 Linkeraansig 3–4 2 0–1 TEKENING 1 Versteekte detail 3–4 2 0–1 ORTOGRAFIESE Gebruik korrekte lyntipes (buitelyne en 3–4 2 0–1 TEKENINGE konstruksielyne) Afmetings 3 2 0–1 Titel en skaal 2 1 0 Toepassing van skaal 3–4 2 0–1 SUBTOTAAL 30 TEKENING 2 Patroon korrek ontwikkel 8–14 4–7 0–3 PATROON Toepassing van skaal 3–4 2 0–1 ONTWIKKELING Titel en skaal 2 1 0 SUBTOTAAL 20 TOTAAL 50 HERLEI NA 10 LET WEL: Die onderwyser moet 'n masker teken om die tekeninge na te sien. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 19 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 3.5.3 Nasienmemorandum vir werkstekeninge (KONSTRUKSIE) Leerder se naam: ___________________________________ Graad: 10_____ PUNTETOEKENNING SKAAL- LEERDER ASSESSERINGSKRITERIA PUNT TEKENE Swak/ Goed Gemiddeld Nie gedoen nie Vooraansig 4–5 2–3 0–1 Boaansig 3–4 2 0–1 Linkeraansig 3–4 2 0–1 TEKENING 1 Versteekte detail 3–4 2 0–1 ORTOGRAFIESE Gebruik korrekte lyntipes (buitelyne en 3–4 2 0–1 TEKENINGE konstruksielyne) Afmetings 3 2 0–1 Titel en skaal 2 1 0 Toepassing van skaal 3–4 2 0–1 SUBTOTAAL 30 Kolom korrek geteken 2 1 0 Bekisting korrek geteken 2 1 0 Klampe korrek geteken 3–4 2 0–1 HORISONTALE Jukke korrek geteken 3–4 2 0–1 DWARSDEUR- \Wiggies korrek geteken 2 1 0 SNEE VAN BEKISTING Skroefstawe, wasters en moere korrek 2 1 0 geteken Drukskryf titel en skaal 2 1 0 Toepassing van skaal 2 1 0 SUBTOTAAL 20 TOTAAL 50 HERLEI NA 10 LET WEL: Die onderwyser moet 'n masker teken om die tekeninge na te sien. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 20 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 3.5.4 Nasienmemorandum vir werkstekeninge (HOUTBEWERKING) Leerder se naam: ___________________________________ Graad: 10_____ PUNTETOEKENNING SKAAL- LEERDER ASSESSERINGSKRITERIA PUNT TEKENE Swak/ Goed Gemiddeld Nie gedoen nie Vooraansig 4–5 2–3 0–1 Boaansig 3–4 2 0–1 Linkeraansig 3–4 2 0–1 TEKENING 1 Versteekte detail 3–4 2 0–1 ORTOGRAFIESE Gebruik korrekte lyntipes (buitelyne en 3–4 2 0–1 TEKENINGE konstruksielyne) Afmetings 3 2 0–1 Drukskryf titel en skaal 2 1 0 Toepassing van skaal 3–4 2 0–1 SUBTOTAAL 30 Kante korrek geteken Bodem korrek geteken Ente korrek geteken Gereedskapreling korrek geposisioneer VERTIKALE en geteken DWARSDEUR- Handvatsel korrek geposisioneer en SNEE geteken Versteekte detail vir sponning van bodem Drukskryf titel en skaal Toepassing van skaal SUBTOTAAL 20 TOTAAL 50 HERLEI NA 10 LET WEL: Die onderwyser moet 'n masker teken om die tekeninge na te sien. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie Downloaded from hlayiso.com 21 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 3.5.5 Rubriek vir assessering van finale produk/model LET WEL: 'Nie voorgelê NIE' of 'Nie gedoen nie' sal 0 (geen) punte kry nie. KRITERIA Vlak4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 80–100% 50–79% 30–49% 1–29% 0% Toon 'n BUITENGEWONE Toon 'n HOË VLAK van Toon 'n VOLDOENDE vlak Toon 'n ONAANVAARBARE Nie gedoen nie. HOË VLAK van vaardigheid en vaardigheid en bevoegdheid van vaardigheid en vlak van vaardigheid en bevoegdheid om die om die verskillende dele van bevoegdheid om die bevoegdheid om die Merkwerk verskillende dele van die model die model korrek en akkuraat verskillende dele van die verskillende dele van die korrek en akkuraat te merk. te merk. model korrek en akkuraat model korrek en akkuraat te merk. te merk… Vlak x 2 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Toon 'n BUITENGEWONE Toon 'n HOE vlak van Toon 'n VOLDOENDE vlak Toon 'n ONAANVAARBARE Nie gedoen nie. HOE vlak van vaardigheid en vaardigheid en bevoegdheid van vaardigheid en vlak van vaardigheid en bevoegdheid om die om die verskillende dele van bevoegdheid om die bevoegdheid om die Snywerk verskillende dele van die die model korrek en akkuraat verskillende dele van die verskillende dele van die model korrek en akkuraat te saag. model korrek en akkuraat model korrek en akkuraat te saag. te saag. te saag. Vervaardigingsvaardigheid vir: Vlak x 3 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Toon 'n BUITENGEWONE Toon 'n HOË vlak van Toon VOLDOENDE vlak van Toon ONAANVAARBARE Nie gedoen nie. hoë vlak van vaardigheid en vaardigheid en bevoegdheid vaardigheid en bevoegdheid vlak van vaardigheid en Inmekaarsit/ bevoegdheid om die om die verskillende dele van om die verskillende dele van bevoegdheid om die Las verskillende dele van die die model korrek en akkuraat die model korrek en akkuraat verskillende dele van die model korrek en akkuraat inmekaar te sit. inmekaar te sit. model korrek en akkuraat inmekaar te sit. inmekaar te sit. Vlak x 2 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Toon 'n BUITENGEWONE Toon 'n HOË vlak van Toon 'n VOLDOENDE vlak Toon 'n ONAANVAARBARE Nie gedoen nie. hoë vlak van vaardigheid en vaardigheid en bevoegdheid van vaardigheid en vlak van vaardigheid en bevoegdheid om die om die verskillende dele van bevoegdheid om die bevoegdheid om die Afronding verskillende dele van die die model korrek af te rond verskillende dele van die verskillende dele van die model korrek af te rond met met gebruik van die geskikte model korrek af te rond met model korrek af te rond met gebruik van die geskikte afrondingsmetode. gebruik van die geskikte gebruik van die geskikte afrondingsmetode. afrondingsmetode. afrondingsmetode. Vlak x 2 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Die algemene voorkoms en Die algemene voorkoms en Die algemene voorkoms en Die algemene voorkoms en Nie gedoen nie. oppervlakafwerking is van 'n oppervlakafwerking is van 'n oppervlakafwerking is van 'n oppervlakafwerking is van 'n BUITENGEWONE HOE HOE gehalte met BAIE MIN VOLDOENDE gehalte met SWAK gehalte met BAIE Algemene indruk gehalte met geen ooglopende defekte. MAKLIK waarneembare MAKLIK waarneembare ooglopende defekte nie. defekte. defekte. Vlak x 1 Vlak 4 Vlak 3 Vlak 2 Vlak 1 Vlak 0 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Siviele Tegnologie Downloaded from hlayiso.com 22 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 3.5.6 SAAMGESTELDE PUNTESTAAT (SIVIELE DIENSTE KONSTRUKSIE HOUTBEWERKING ) No NAAM VAN LEERDER SIMULASIES PORTEFEULJE SKAALTEKENE MODEL TOTAAL LYS VAN MATERIAAL EN GROOT OTAAL: 100 INMEKAARSIT/LAS ALGEHELE INDRUK VOORLEGGING INHOUD VAN NAKOM VAN SIMULASIE 1 SIMULASIE 2 TOTAAL: 40 GEREEDSKAP TOTAAL: 28 TOTAAL: 10 TEKENING 1 TEKENING 2 TOTAAL: 50 TOTAL: 10 MERKWERK SNY/SAAG AFWERKING TOTAAL: 40 (S1 + S2 +P+WD+M) PORTEFEULJE SPERDATUMS 20 20 40 12 4 8 4 28 10 30 20 50 10 8 12 8 8 4 40 100 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 TOTAAL GEMIDDELD __________________________ __________________ Handtekening (onderwyser) Datum SKOOLSTEMPEL ________________________ __________________ Handtekening (Moderator) Datum Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 23 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 AFDELING 4 4. ANDER RELEVANTE INLIGTING 4.1 Afwesigheid/Nie-inlewering van taak (Wat is die gevolge?) Die afwesigheid van 'n Praktiese Assesseringstaak sal hanteer word in ooreenstemming met die regulasies soos uiteengesit in die Nasionale Beleid oor Protokol vir Assessering Graad R–12, bladsy 6, hoofstuk, 3 paragraaf 7 en 8. Die Nasionale Protokol vir Assessering Graad R–12, hoofstuk 3, paragraaf 8, subartikel (4) verklaar duidelik dat die afwesigheid van 'n punt vir 'n Praktiese Assesseringstaak daartoe sal lei dat die kandidaat wat vir daardie vak geregistreer is, 'n onvolledige uitslag sal ontvang. 4.2 Vereistes vir aanbieding Die volgende moet deur die kandidaat vir assessering en moderering aangebied word: • 'n Volledige ontwerpportefeulje • Alle skaaltekeninge • 'n Voltooide model • Die leerder se naam en klas moet duidelik op al die komponente van die PAT aangedui word Die volgende dokument moet deur die onderwyser vir moderering aangebied word: • 'n Saamgestelde puntestaat (een saamgestelde puntestaat bestaande uit al die leerders se name en punte vir alle aspekte wat geassesseer is) 4.3 Tydsbestek Aanbevole tydsbestek vir die voltooiing van die PAT: Kwartaal 1: Simulasie 1: Portefeulje: • Dekblad • Inhoudsopgawe • Navorsing • Lys gereedskap en toerusting benodig vir model • Verklaring van Egtheid Kwartaal 2: Simulasie 2: Werkstekeninge: • Al die tekeninge soos in die nasienmemorandum aangedui. • LET WEL: Gebruik die kriteria in die nasienmemorandum vir tekeninge as 'n gids wanneer jy jou tekeninge voor berei. Produk/Model Vervaardiging van onderdele Kwartaal 3: Produk/ Vervaardiging, finale inmekaarsit van onderdele en Model: afwerking van die model Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 24 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 4.4 Verklaring van egtheid NAAM VAN SKOOL: .......................................................................................... NAAM VAN KANDIDAAT: ................................................................................. NAAM VAN ONDERWYSER: .......................................................................... SKOOLSTEMPEL Ek verklaar hiermee dat die praktiese assesseringstaak my eie, oorspronklike werk is en dit is nie voorheen vir assessering voorgelê nie. HANDTEKENING VAN LEERDER DATUM INGELEWER Sover dit my aangaan is die verklaring deur die leerder waar en ek aanvaar dat dit sy/haar eie werk is wat voorgelê is. HANDTEKENING VAN ONDERWYSER DATUM GEASSESSEER Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Siviele Tegnologie 25 DBE/PAT 2016 NSS – Graad 10 AFDELING 5 5. Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om hulle begrip van die bedryf te Toon; hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns te versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer te vestig en uitdagings in die wêreld daar buite aan te durf. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees. Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 10 Civil Technology.

More papers and memos for this grade and subject.