Skip to content
Question paper

Computer Applications Technology Grade 12 P1 NSC November 2017 QP

Grade 12 Computer Applications Technology Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2017, 20 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Computer Applications TechnologyGrade 12201720 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 NOVEMBER 2017 (2) PUNTE: 180 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, 'n HTML-merkersblad, 'n toevoermasker-karakterblad en 'n aparte inligtingsblad. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 2 DBE/November 2017 (2) NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. As gevolg van die aard van hierdie praktiese eksamen is dit belangrik om daarop te let dat, selfs as jy die eksamen vroeg klaarmaak, jy NIE toegelaat sal word om die eksamenlokaal te verlaat voordat al die administratiewe funksies wat met die eksamen geassosieer word, gefinaliseer is NIE. Gedurende die eksamen geld die normale reëls oor die verlating van die eksamenlokaal. 2. Sleutel jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') of bladsyonderskrif ('footer') van ELKE dokument wat jy skep of stoor, waar toepaslik. 3. Die toesighouer sal 'n CD/DVD/geheuestokkie ('flash disk') met al die lêers wat vir die eksamen benodig word, aan jou gee, OF jy sal ingelig word waar die lêers op die netwerk of rekenaar gevind kan word. Indien 'n CD/DVD aan jou uitgereik is, moet jy jou sentrumnommer en eksamennommer op die CD/DVD skryf. Indien jy op die netwerk werk, moet jy die instruksies volg wat deur die toesighouer/onderwyser gegee word. 4. 'n Kopie van die meesterlêers ('master files') sal by die toesighouer beskikbaar wees. Indien daar enige probleme met 'n lêer is, mag jy die toesighouer vir 'n ander kopie vra. 5. Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. 6. Beantwoord AL die vrae. 7. Maak seker dat jy elke dokument stoor deur die lêernaam wat in die vraestel gegee word, te gebruik. Stoor jou werk gereeld as 'n voorsorgmaatreël teen moontlike kragonderbrekings. 8. Lees elke vraag voordat jy dit beantwoord of die probleem oplos. MOENIE meer doen as wat die vraag vereis NIE. 9. Aan die einde van die eksamen moet jy die CD/DVD/geheuestokkie wat die toesighouer aan jou gegee het, inlewer, met AL jou antwoordlêers daarop gestoor, OF jy moet seker maak dat AL jou antwoordlêers op die netwerk/rekenaar gestoor is, soos wat die toesighouer/onderwyser aan jou verduidelik het. Maak absoluut seker dat al die lêers gelees kan word. Moet NIE onnodige lêers/lêergidse stoor NIE. Moet NIE duplikaat- antwoordlêers/-lêergidse inlewer NIE. 10. Die inligtingsblad wat saam met die vraestel verskaf is, MOET NA AFLOOP VAN DIE DRIE-UUR-EKSAMENSESSIE INGEVUL WORD. Lewer dit aan die einde van die eksamen by die toesighouer in. 11. Gedurende die eksamen mag jy die aflyn hulpfunksies van die programme wat jy gebruik, raadpleeg. Jy mag GEEN ander hulpbronmateriaal gebruik NIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 3 DBE/November 2017 (2) NSS 12. Tensy anders aangedui, gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in sigbladvrae. Gebruik absolute selverwysings slegs waar nodig, om seker te maak dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in 'n sigblad kopieer. 13. LET WEL: Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs al verander die data. 14. Indien data afgelei is uit 'n vorige vraag wat jy nie kon beantwoord nie, moet jy steeds voortgaan met die vrae wat volg. 15. Vir alle woordverwerkingsvrae moet jy die taal op 'English (South Africa)' stel. Neem aan dat die papiergrootte A4 Portret ('Portrait') is, tensy anders aangedui. 16. Maak seker dat die streeksinstellings ('regional settings') op Suid-Afrika ingestel is en dat datum- en tydinstellings, nommerinstellings en geldeenheid- instellings korrek ingestel is. 17. Die eksamenlêergids/CD/DVD/geheuestokkie ('flash disk') wat jy saam met hierdie vraestel ontvang, bevat die lêers wat hieronder aangedui word. Maak seker dat jy al die lêers het voordat jy met hierdie eksamen begin. • 1Mask Prentlêer • 1Rio Woordverwerkingslêer • 2Carnival Sigbladlêer • 2Maraca Prentlêer • 2Party Woordverwerkingslêer • 3Brazil Prentlêer • 3Stat Sigbladlêer • 4Tickets Sigbladlêer • 5Samba Databasislêer • 6Dance Prentlêer • 6Flag Prentlêer • 6House Prentlêer • 6Post HTML-lêer • 6Redeem Prentlêer • 7Music Aanbiedingslêer • 7Tickets Databasislêer • 7Travel Woordverwerkingslêer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 4 DBE/November 2017 (2) NSS SCENARIO Mense word deur die Rio-karnaval ('Rio Carnival') gefassineer – die vlotte, die dansers en die musiek. Dit is Brasilië se grootste jaarlikse fees. Jou klas is gevra om navorsing oor 'n paar feite rakende die Rio-karnaval te doen. VRAAG 1: WOORDVERWERKING Maak die 1Rio-woordverwerkingsdokument, wat agtergrondinligting oor die gebeure by die Rio-karnaval gee, oop. Voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') of die bladsyonderskrif ('footer') in. 1.1 Redigeer die voorblad ('cover page') soos volg: • Voeg die teks 'Rio Carnival' in die 'Title'-kontrole as die titelteks ('title text') in. • Skuif die teks 'Rio Carnival is the Mother of All Brazilian Carnival Parties' op die tweede bladsy in die 'Subtitle'-kontrole in. • Verwyder die 'Company Name'-kontrole. (3) 1.2 Hernoem die 'Heading 1'-styl na 'Rio'. (1) 1.3 Dateer die inhoudsopgawe ('table of contents') op die tweede bladsy op. (1) 1.4 Verwyder die bladsynommer van die bladsy waarop die inhoudsopgawe ('Table of Contents') verskyn. Pas die bladsynommers van die res van die bladsye van die dokument aan en maak seker dat die bladsy wat na die 'Table of Contents'-bladsy volg, as bladsy 1 genommer is. LET WEL: Jy hoef nie die inhoudsopgawe op te dateer nie. (3) 1.5 Formateer die teks 'Adapted from www.dobrazilright.com' as bo-skrif ('superscript'). (1) 1.6 Vind die paragraaf wat met die woorde 'Carnival is one …' begin en met die woorde '… tourists each year.' eindig op die eerste bladsy ná die inhoudsopgawe. Stel die lynspasiëring van die paragraaf op 'Multiple 1.2'. (2) 1.7 Vind die woord 'Portuguese' en verwyder die voetnoot wat op die woord geskep is. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 5 DBE/November 2017 (2) NSS 1.8 Vind die teks wat met die woorde 'The Carnival Origin' begin en met die woorde '… the present day' eindig en doen die volgende: • Formateer hierdie teks om in twee kolomme te vertoon. • Stel die eerste kolom se breedte na 5 cm. • Stel die tweede kolom se breedte na 10 cm. (3) 1.9 Selekteer die teks onder die opskrif 'YEAR STARTING FRIDAY' wat met '2017 …' begin en met … February 20' eindig. Stel 'n stippelgidslyn ('dotted leader tab'), wat regs inlyn gestel is, op 10 cm en pas dit op die geselekteerde teks toe. (3) 1.10 Vind die opskrif 'The Ingredients of the Rio Carnival'. Voeg die 1Mask.jpg-prent (wat in die eksamenlêergids gevind word) in langs die WordArt onder die opskrif om soos hieronder te vertoon. (3) 1.11 Vervang al die gevalle van 'ao' met 'ão'. LET WEL: Die karakterkode vir 'ã' is 'normal text', karakterkode 00E3. (2) 1.12 Vind die hiperskakel onder die opskrif 'Read More about Carnival' en voeg 'n skermwenk ('screen tip') by wat 'Lees meer' vertoon. (1) 1.13 Voeg die volgende webtuiste-bron vir die bibliografie by: • Naam van webtuiste: Top 10 Tours • URL: www.braziltours.com (2) 1.14 Voeg 'n outomaties gegenereerde bibliografie onder die opskrif 'Bibliography' op die laaste bladsy by. (1) Stoor en maak die 1Rio-dokument toe. [27] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 6 DBE/November 2017 (2) NSS VRAAG 2: WOORDVERWERKING Maak die 2Party-woordverwerkingsdokument, wat inligting oor straatpartytjies van die Rio-karnaval bevat, oop. Voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') of bladsyonderskrif ('footer') in. 2.1 Voeg die lêerpad ('file path') as 'n veld in die dokument se bladsyonderskrif ('footer') in. (2) 2.2 Vind die paragraaf wat met 'Blocos are groups …' begin en met '… suitable for families.' eindig op die eerste bladsy en pas die sweef-/rugreël('widow/orphan')-kontrole toe. (1) 2.3 Voeg 'n outomatiese byskrif ('caption') met die teks 'Figure 1: Orguestra' by die prent op die eerste bladsy. (2) 2.4 Vind die genommerde paragrawe (1–9) en doen die volgende sodat die nommers en die teks vertoon, soos in die voorbeeld hieronder: • Stel die nommerposisie op 0 cm. • Stel die teksinkeping ('indent') op 1.4 cm. 1. History of the Bloco In the late 1800s Cordoes were formed. These Cordoes were groups of people that organised parades throughout the city. Many of the groups played instruments and choreographed dances. As the Cordoes progressed they began to form bands in their neighbourhoods. These groups were the successors of the Blocos. As a result, they earned the name of Blocos. (2) 2.5 Vervang die woord 'successors' onder die opskrif 'History of the Bloco' met die antoniem ('n woord met die teenoorgestelde betekenis) wat deur die woordverwerker voorgestel word. (1) 2.6 Vind die teks '2010' onder die opskrif '3. Government Regulations'. Voeg die kommentaar ('comment') 'Since 2000' op hierdie teks in. (1) 2.7 Vind die teks 'ref' onder die opskrif '8. Monobloco'. Voeg 'n kruisverwysing ('cross-reference') na die item '9. Other Blocos' in. (2) 2.8 Vervang die kolpunte ('bullets') van die kolpuntlys onder die opskrif 'Pre-Carnival' met die prent 2Maraca (wat in die eksamenlêergids gevind word). (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 7 DBE/November 2017 (2) NSS 2.9 Vind die 'Table 1: Pre-Carnival'-tabel en doen die volgende: • Verander die tabelstyl ('table style') na enige ander tabelstyl van jou keuse. • Maak seker dat die tabelopskrifte ('table headings') aan die bokant van elke bladsy herhaal sal word indien die tabel na die volgende bladsy oorvloei. • Verander die teksblokkie-vormkontrole ('text box form control') in die eerste sel in die 'Date'-kolom om datums in die formaat '11 Feb' te vertoon. • Voeg die eerste vyf selle in die laaste ry saam ('merge'). • Voeg 'n formule in die laaste sel in die tabel (regs onder) in om die totaal van die geskatte publiek wat blokpartytjies bywoon, te bepaal. (7) 2.10 Voeg die sigblad 2Carnival as 'n tabel onder die opskrif 'Carnival' op die tweede laaste bladsy in sodat die tabel sal opdateer elke keer as die sigblad verander. (2) 2.11 Vind die 'Table 2: Post Carnival'-tabel en skakel hierdie tabel om ('convert') na teks in die dokument. Skei die teks met 'n huts('hash')(#)-teken. Voorbeeld van 'n tabelry ('table row') na die omskakeling: SÒ TAMBORINS#Lapa #2 Mar#21:00#00:00#Travessa Mosquera#3 000 (2) Stoor en maak die 2Party-dokument toe. [24] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 8 DBE/November 2017 (2) NSS VRAAG 3: SIGBLAD LET WEL: • Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad. • Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar dit deur die vraag vereis word, om te verseker dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in dieselfde kolom kopieer (afkopieer). • Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs al verander die bestaande data. Maak die 3Stat-sigblad, wat die getal plaaslike en internasionale besoekers bevat, oop. LET WEL: Selekteer 'OK' vir die waarskuwingsboodskap wat verskyn wanneer jy die sigblad oopmaak. 3.1 Laat die Foreign-werkblad vertoon ('unhide'). (1) Werk in die Visit_Besoek-werkblad. 3.2 Gebruik 'n funksie in sel D4 om die bevolking in sel C4 na 'n getal om te skakel. (1) 3.3 Korrigeer die funksie in sel E89 om die sirkelverwysing ('circular reference') te verwyder. (1) 3.4 Gebruik 'n funksie in sel F89 om die sewende grootste getal besoekers wat in 2016 (kolom F) gearriveer het, te bepaal. (3) 3.5 'n Kode word vir elke stad benodig. Skep 'n kode vir die stad Ananindeua in sel G4 deur die volgende te kombineer: • Die laaste drie letters van die stad se naam (kolom A) • Die getal karakters in die staat se naam (kolom B) • 'n Willekeurige heelgetal ('random integer') tussen 100 en 200 (ingesluit) (6) 3.6 Pas 'n sigbladeienskap toe om al die state (kolom B) wat slegs een keer op die lys verskyn, in 'n rooi fontkleur te vertoon. (3) Werk in die Summary_Opsom-werkblad. 3.7 Voeg 'n hiperskakel in sel C2 in die Summary_Opsom-werkblad om met sel F4 in die Visit_Besoek-werkblad te skakel. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 9 DBE/November 2017 (2) NSS 3.8 Skep 'n grafiek deur die Summary_Opsom-werkblad te gebruik, om dieselfde as die grafiek hieronder te vertoon. Visitors 60 000 000 50 000 000 40 000 000 National 30 000 000 Foreign TOTAL 20 000 000 10 000 000 - 2015 2016 2017 LET WEL: • Voeg die grafiektitel 'Visitors' in. • Vertoon die 'Total'-datareeks as 'n lyngrafiek. • Gebruik die 3Brazil-prent (wat in die eksamenlêergids gevind word) as die agtergrond vir die stiparea ('plot area'). • Gebruik enige patroon-vul ('pattern fill') vir die 'National'-datareeks. • Vertoon die verklaring ('legend') aan die linkerkant van die grafiek. • Ignoreer die posisie van die gidslyne ('gridlines'). (6) Stoor en maak die 3Stat-sigblad toe. [24] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 10 DBE/November 2017 (2) NSS VRAAG 4: SIGBLAD LET WEL: • Gebruik formules en/of funksies vir ALLE berekeninge in die sigblad. • Gebruik absolute selverwysings SLEGS waar dit deur die vraag vereis word, om te verseker dat formules korrek is wanneer jy dit na ander selle in dieselfde kolom kopieer (afkopieer). • Alle formules en/of funksies moet só ingevoeg word dat die korrekte resultate steeds verkry sal word, selfs al verander die bestaande data. Maak die 4Tickets-sigblad, wat data oor kaartjieverkope bevat, oop. Werk in die Sales_Verkoop-werkblad. 4.1 Verander die bladsyoriëntering ('page orientation') na landskap ('landscape'). (1) 4.2 Verander ry 1 soos volg: 4.2.1 Verander die ryhoogte na 135 pt. (1) 4.2.2 Verander die prent se grootte om in die saamgevoegde ('merged') sel A1 te pas. (1) 4.3 Verander die opskrifte in sel A2:K2 soos volg: • Vertoon die opskrifte in vetdruk ('bold'). • Skakeer die agtergrond in enige kleur van jou keuse. (2) 4.4 Gebruik die DATE-funksie in sel K1 om die datum '1 February 2018' in te voeg. Skep 'n doelgemaakte('custom')datum-formaat sodat die datum as '01 February 2018' vertoon. (4) 4.5 Gebruik 'n funksie in sel G4 om die totale getal uur wat 'n parade geduur het, te bepaal. Vertoon die totale getal uur in 'n desimale('decimal')tyd-formaat. LET WEL: Die tyd wat die parade begin het, verskyn in kolom E en die tyd wat die parade geëindig het, verskyn in kolom F. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 11 DBE/November 2017 (2) NSS 4.6 Die gemiddelde getal paradekaartjies wat vir die vorige jaar verkoop is, word in sel N2 vertoon. 4.6.1 Voeg 'n formule in sel N3 in om die gemiddelde kaartjieverkope in kolom H te bepaal en bereken die gemiddeld tot die naaste laagste heelgetal. (4) 4.6.2 Voeg 'n formule in sel J3 in om te bepaal of die getal kaartjies verkoop in sel H3 tussen die gemiddeld van hierdie jaar (sel N3) en die gemiddeld van die vorige jaar (sel N2) (ingesluit) is. Vertoon 'TRUE' as die getal kaartjies verkoop tussen die gemiddeldes van die twee jaar val en 'FALSE' indien dit nie tussen die gemiddeldes van die twee jaar val nie. LET WEL: Jy kan aanvaar dat die gemiddelde getal kaartjies verkoop vir dié jaar meer as dié van die vorige jaar sal wees. (5) 4.7 Die pryse vir die verskillende sitplektipes (kolom I) verskyn in die Places_Plekke-werkblad. Gebruik 'n funksie in sel K3 om die totale waarde van al die kaartjies verkoop (kolom H) vir die CÉU NA TERRA-parade te bepaal. WENK: • Verkry die prys van die kaartjie deur die sitplektipe (kolom I) en die waardes in die Places_Plekke-werkblad te gebruik. • Gebruik die getal sitplekke (kolom H) om die totale waarde te bereken. (5) Stoor en maak die 4Tickets-sigblad toe. [26] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 12 DBE/November 2017 (2) NSS VRAAG 5: DATABASIS Maak die 5Samba-databasis, wat data oor die samba-dansdeelnemers bevat, oop. 5.1 Die resultate van die punte vir die samba-danskompetisie is in die tbComp-tabel gestoor. Maak die tbComp-tabel in ontwerpaansig ('design view') oop. 5.1.1 Verander die veldgrootte van die Entry-veld na 15. (1) 5.1.2 Maak seker dat die data van die Entry-veld in die volgende formaat ingevoeg word: • Een of twee hoofletter-karakters • Een of twee syfers VOORBEELDE: B4, A21, AX8, UN30 (5) 5.1.3 Die valideringsreël ('validation rule') wat op die Class-veld ingestel is, werk nie. Maak hierdie valideringsreël reg deur na die data in hierdie veld te verwys. Verskaf gepaste valideringsteks ('validation text'). LET WEL: Moet NIE die nuwe reël toets NIE. (2) 5.1.4 Klankgrepe ('sound clips') van die liedjies moet nog bygevoeg word. Voeg 'n veld met 'n gepaste veldnaam en datatipe vir klankgrepe by. (2) 5.1.5 Skuif die Year-veld sodat dit as die laaste veld in die tabel verskyn. (1) 5.1.6 Verander na databladaansig ('datasheet view') en sorteer die tabel alfabeties volgens die skole se name. (1) Stoor en maak die tbComp-tabel toe. 5.2 Skep 'n vorm met die naam frm5_2 wat op die tbComp-tabel gebaseer is en gebruik enige uitleg soos volg: • Voeg al die velde van die tbComp-tabel by. • Voeg die opskrif 'Entries' in die vormboskrif ('form header') by. • Die Class-veld moet die opsies (A, B, C, D, E, F) in 'n kombinasielys ('combo box') vertoon. • Voeg jou eksamennommer in sodat dit in die vormonderskrif ('form footer') vertoon. Stoor en maak die frm5_2-vorm toe. (7) 5.3 Skep 'n navraag ('query') met die naam qry5_3 wat op die tbComp-tabel gebaseer is. • Voeg die School-, Surname-, Name- en Position-veld in. • Sorteer die navraag alfabeties, eers volgens Surname en dan volgens School. • Vertoon slegs die rekords van die deelnemers wat eerste plek behaal het. • Vertoon slegs die School-, Surname- en Name-veld. Stoor en maak die qry5_3-navraag toe. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 13 DBE/November 2017 (2) NSS 5.4 Maak die qry5_4-navraag oop. • Vertoon slegs die rekords van 2 Maart en 3 Maart 2017. • Vertoon rekords waar die waarde in die TotalPoints-veld meer as 265 is. • Skep en vertoon 'n berekende veld met die naam NewPoints waar al die deelnemers se totale punte met 10% sal vermeerder. Stoor en maak die qry5_4-navraag toe. (7) 5.5 Maak die qry5_5-navraag oop. Vertoon alle rekords waar die Entry-nommer slegs twee karakters lank is. Stoor en maak die qry5_5-navraag toe. (2) 5.6 Skep 'n verslag ('report') met die naam rpt5_6 wat op die tbComp-tabel gebaseer is om soos volg te vertoon: Scores for the day PerformanceDay Class Surname Name Title School 2017/02/25 A Carmo Agildo Let's Start This Party Grande Rio Borges Evandro Lazy Life Imperatriz Braga Francine A Song Of Frenzy União da Ilha Highest Points: 269.2 C Menezes Maiara I heard I Like You Em Cima da Highest Points: 268.8 D Boaventura Marcos Moment For Desire Mocidade Highest Points: 266.2 E Nunes Caroline Free Secrets Villa Rica Highest Points: 266.8 WENK: Die inligting vir elke opvoeringsdag moet vertoon word. LET WEL: • Die verslag is op meer as een vlak gegroepeer. • Let op na die totale en groeperings. • Die PerformanceDay-veld vertoon per dag. • Die skermskoot hierbo vertoon slegs 'n gedeelte van die verslag. • Ignoreer as PerformanceDay twee keer verskyn. Stoor en maak die rpt5_6-verslag toe. (7) 5.7 Voer die 5_7Gender-verslag ('report') uit as 'n PDF-dokument en stoor die dokument met dieselfde naam in jou eksamenlêergids. (2) Stoor en maak die 5Samba-databasis toe. [41] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 14 DBE/November 2017 (2) NSS VRAAG 6: WEBONTWERP (HTML) 'n Webblad is geskep om meer inligting oor die karnaval en Brasilië te gee. Maak die onvoltooide 6Post-webblad in 'n webblaaier en ook in 'n teks/HTML- redigeerder (NIE 'n woordverwerkingsprogram soos Word NIE) oop. LET WEL: • Vraagnommers word as kommentaar ('comments') in die kodering ingevoeg as riglyne om aan te dui waar die antwoord(e) ongeveer ingevoeg moet word. • 'n HTML-merkersblad ('tag sheet') is as verwysing aangeheg. Jou finale webblad moet soos die voorbeeld hieronder lyk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 15 DBE/November 2017 (2) NSS LET WEL: Gebruik die voorbeeld op die vorige bladsy om jou met hierdie vraag te help. 6.1 Voeg jou eksamennommer in om as die titel in die webblaaier-oortjie ('browser tab') te verskyn. (1) 6.2 Verander die agtergrondkleur van die webblad na groen. (2) 6.3 Voeg die prent 6House.jpg (wat in die eksamenlêergids gevind word) as die tweede prent aan die bokant van die webblad in. Maak seker dat die prent presies dieselfde grootte as die ander prente is. (3) 6.4 Sentreer die teks 'SAMBA DANCERS | FREE PAINT | FREE CARNIVAL MASKS'. (1) 6.5 Die horisontale lyn bokant die teks 'It starts on Friday' vertoon nie. Korrigeer die kode en stel die grootte van die lyn op 4. (2) 6.6 Vind die teks 'It starts on Friday' en verander die fontgrootte na 20 pt. (2) 6.7 Skep 'n tabel met die data wat verskaf is om soos hieronder te vertoon. Facts about Brazil OFFICIAL NAME: Federal Republic of Brazil CAPITAL: Brasilia POPULATION: 183 888 841 OFFICIAL LANGUAGE: Portuguese LET WEL: Die raam ('border') van die tabel kan enige grootte wees. (6) 6.8 Voeg 'n hiperskakel in op die teks 'www.riotickets.com', wat met die webtuiste 'www.riotickets.com' koppel. (2) Stoor en maak die 6Post-dokument toe. [19] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 16 DBE/November 2017 (2) NSS VRAAG 7: ALGEMEEN Daar is baie plekke om in Brasilië te besoek. 7.1 Maak die 7Travel-woordverwerkingsdokument oop en voeg jou eksamennommer in die bladsyboskrif ('header') of die bladsyonderskrif ('footer') in. 7.1.1 Voeg enige dubbellyn-bladsyraam van jou keuse in die dokument in. (2) 7.1.2 Voeg 'n voetnoot ('footnote') by die 'Redeemer'-prent na aan die onderkant van die eerste bladsy met die voetnootteks 'Statue'. (2) 7.1.3 Vind die prent 'Sheraton Rio Hotel and Towers' en doen die volgende: • Voeg 'n Alt Teks-titel ('Alt Text Title') in wat 'Sheraton' lees. • Verander die Alt Teks-beskrywing ('Alt Text Description') om 'Photo of Hotel' te lees. (2) 7.1.4 Verwyder die hiperskakel ('hyperlink') http://www.wanderplanet.com aan die einde van die dokument sonder om die teks uit te vee. (1) Stoor en maak die 7Travel-woordverwerkingsdokument toe. 7.2 Maak die 7Music-aanbieding oop. Skep 'n stel uitdeelstukke ('handouts') deur die aanbieding na 'n woordverwerkingsdokument uit te voer ('export'). Die dokument moet oop lyne langs die skyfies hê. WENK: Moet NIE die drukopsie ('print option') gebruik NIE. Stoor die woordverwerkingsdokument as 7Handout. Stoor en maak die 7Music-aanbieding toe. Maak die 7Handout-dokument toe. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 17 DBE/November 2017 (2) NSS 7.3 Maak die 7Tickets-databasis oop en gebruik dan die voorbeeld van die verslag ('report') hieronder om 'n nuwe tabel met die naam tbTickets te ontwerp en te skep. Voeg gepaste veldname, datatipes, veldgroottes en formate by. LET WEL: • MOENIE ENIGE DATA INVOER NIE. • € staan vir euro-geldeenheid. Tickets Date Date Section Row Price Sold February 10, 2017 10-Feb-17 FRISA A/B € 310.00  10-Feb-17 FRISA C/D € 200.00  10-Feb-17 FRISA C/D € 200.00  10-Feb-17 FRISA A/B € 310.00  10-Feb-17 FRISA C/D € 225.00  10-Feb-17 FRISA A/B € 325.00  10-Feb-17 FRISA C/D € 225.00  10-Feb-17 FRISA A/B € 325.00  10-Feb-17 FRISA C/D € 225.00  10-Feb-17 FRISA A/B € 325.00  (9) Stoor die 7Tickets-databasis. [19] TOTAAL: 180 Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2017 (2) NSS HTML-MERKERSBLAD ('HTML TAG SHEET') Basiese Merkers ('Basic Tags') Formateringsmerkers ('Formatting Tags') vervolg Merker ('Tag') Beskrywing Merker ('Tag') Beskrywing <body></body> Definieer die liggaam van Word voor elke lysitem ingevoeg, die webblad en voeg 'n nommer of simbool by <li></li> <body Stel die agtergrondkleur afhangende van die tipe lys wat bgcolor="pink"> van die webblad geselekteer is <body text="black"> Stel die kleur van die <img src="name"> Voeg 'n prent in liggaamteks Stel 'n prent inlyn, kan "left", <img src="name" <head></head> Bevat inligting oor die align="left"> "right"; "bottom", "top", "middle" webblad wees <p align= "center"><img Stel 'n prent "center" inlyn <html></html> Skep 'n HTML-dokument – src="name"></p> begin en eindig 'n webblad <img src="name" Stel die grootte van die raam <title></title> Definieer 'n titel vir die border="1"> rondom 'n prent webblad <br/> Voeg 'n reëlbreuk in <img src="name" <!-- --> width="200" height Stel die hoogte en breedte van 'n Kommentaar ="200"> prent Teksmerkers ('Text Tags') Merker ('Tag') Beskrywing Vertoon alternatiewe teks <img src="name" <hl></hl> Skep die grootste opskrif wanneer die muis oor 'n prent alt="alternative text"> gehou word of wanneer die prent <h6></h6> Skep die kleinste opskrif nie gevind kan word nie <hr/> Voeg 'n horisontale lyn in <b></b> <hr size="3"/> Stel die grootte (hoogte) van 'n Skep teks in vetdruk lyn <i></i> <hr width="80%"/> Stel die breedte van 'n lyn, in Skep teks in skuinsdruk persentasie of absolute waarde <font Stel fontgrootte van "1" tot <hr size="3"></font> color="ff0000"/> Stel die kleur van die lyn "7" <font Tabelmerkers ('Tabel Tags') color="green"> Stel fontkleur </font> Merker ('Tag') Beskrywing <font face="Times <table></table> Skep 'n tabel New Roman"></font> Stel fonttipe <tr></tr> Skep 'n ry in 'n tabel Skakelmerkers ('Links Tags') <td></td> Skep 'n sel in 'n tabel Merker ('Tag') Beskrywing Skep 'n tabelopskrif ('n sel met <th></th> <a href="URL"></a> Skep 'n hiperskakel vetgedrukte, gesentreerde teks) <a href="URL"><img Skep 'n prentskakel <table width="50"> Stel die breedte van die tabel src="name"></a> <a name="NAME"></a> Skep 'n teikenarea in die <table border="1"> Stel die breedte van die raam dokument rondom die selle van die tabel Skakel na 'n teikenarea <table Stel die spasie tussen die selle <a wat elders in die dokument cellspacing="1"> van die tabel href="#NAME"></a> geskep is <table Stel die spasie tussen 'n selraam Formateringsmerkers ('Formatting Tags') cellpadding="1"> en die inhoud daarvan Merker ('Tag') Beskrywing Stel die inlynstelling vir die sel(le) <tr align="left"> ("left", kan ook "center" of "right" <p></p> Skep 'n nuwe paragraaf wees) Stel 'n paragraaf "left" inlyn Stel die vertikale inlynstelling vir <p align="left"> (verstek), kan ook ''right'' of <tr valign="top"> sel(le) ("top", kan ook "middle" of ''center'' wees "bottom" wees) <br/> Voeg 'n reëlbreuk ('line <td colspan="2"> Stel 'n getal kolomme waaroor 'n break') in sel moet strek <ol></ol> Skep 'n genommerde lys <ol type="A","a", Definieer die tipe nommers Stel die getal rye waaroor 'n sel <td rowspan="4"> "I","i","1"></ol> wat gebruik word moet strek <ul></ul> Skep 'n kolpuntlys <ul type="disc", "square","circle"> Definieer die tipe kolpunte </ul> wat gebruik word Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2017 (2) NSS TOEVOERMASKER('INPUT MASK')-KARAKTERBLAD KARAKTER BESKRYWING 0 Syfer (0 tot 9, inskrywing vereis; plus [+]- en minus [–]-tekens nie toegelaat nie) Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie; plus- en minustekens nie toegelaat 9 nie) Syfer of spasie (inskrywing nie vereis nie; spasies word as oop plekke vertoon # terwyl in Redigeringsmodus ('Edit mode'), maar oop plekke word verwyder wanneer data gestoor word; plus- en minustekens toegelaat) L Letter (A tot Z, inskrywing vereis) ? Letter (A tot Z, inskrywing opsioneel) A Letter of syfer (inskrywing vereis) a Letter of syfer (inskrywing opsioneel) & Enige karakter of 'n spasie (inskrywing vereis) C Enige karakter of 'n spasie (inskrywing opsioneel) Desimale plekhouer en duisende-, datum- en tydskeiers (Die werklike karakter .,:;-/ hang van die instellings in die 'Regional Settings Properties'-dialoogblokkie in die 'Windows Control Panel' af.) < Veroorsaak dat alle karakters na onderkas ('lower case') omgeskakel word > Veroorsaak dat alle karakters na bo-kas ('upper case') omgeskakel word Veroorsaak dat invoermasker van regs na links, in plaas van links na regs, ! vertoon word. Karakters in die invoermasker ingesleutel, vul altyd van links na regs. Jy kan die uitroepteken enige plek in die invoermasker invoeg. Veroorsaak dat die karakter wat volg, as die letterlike karakter vertoon word \ (byvoorbeeld,\A word slegs as A vertoon) Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Rekenaartoepassingstegnologie/V1 DBE/November 2017 (2) NSS Eksamenplakker 180 REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLOGIE V1 – NOVEMBER 2017 (2) INLIGTINGSBLAD (moet NA die 3 uur-sessie deur die kandidaat ingevul word) SENTRUMNOMMER _________________________________________________________ EKSAMENNOMMER _________________________________________________________ WERKSTASIENOMMER ______________________________________________________ SUITE GEBRUIK Microsoft Office Microsoft Office Microsoft Office (Maak 'n kruisie in die Office 365 2010 2013 2016 toepaslike blokkie (X)) WEBBLAAIER GEBRUIK Ander (VRAAG 6) (Spesifiseer) Mozilla Firefox Google Chrome Internet Explorer (Maak 'n kruisie in die toepaslike blokkie (X)) LÊERGIDSNAAM ____________________________________________________________ Maak 'n regmerkie indien dit gestoor en/of gepoog is. Vraag- Gestoor Gepoog Maksimum Punt Lêernaam Nasiener SN HN IM/EM nommer () () punt behaal 1 1Rio 27 2 2Party 24 3 3Stat 24 4 4Tickets 26 5Samba 5 41 5_7Gender 6 6Post 19 7Travel 7 7Handout 19 7Tickets TOTAAL 180 Kommentaar (slegs vir kantoor/nasiener se gebruik) __________________________________________________________________________________ __________________________________________________________________________________ Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Computer Applications Technology

View all