Skip to content
Question paper

Consumer Studies Grade 12 NSC November 2017 Question Paper

Grade 12 Consumer Studies question paper from the NSC November Exam 2017, 17 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Consumer StudiesGrade 12201717 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 VEBRUIKERSTUDIES NOVEMBER 2017 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 2 DBE/November 2017 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. VRAAG INHOUD PUNTE TYD (minute) 1 Kortvrae (Alle onderwerpe) 40 20 2 Die Verbruiker 20 20 3 Voedsel en Voeding 40 40 4 Kleding 20 20 5 Behuising 40 40 6 Entrepreneurskap 40 40 TOTAAL: 200 180 2. AL die vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 5. Jy mag 'n sakrekenaar gebruik. 6. Skryf slegs met swart of blou ink. 7. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 3 DBE/November 2017 NSS VRAAG 1: KORTVRAE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 D. 1.1.1 Die logo hieronder verteenwoordig die ... A vereniging/instansie vir die registrasie van bouers. B departement wat inkomstebelasting invorder. C departement wat inflasie bepaal. D Reserwebank wat die rentekoers bepaal. (1) 1.1.2 Die lopende betaalstelsel (LBS) is die bedrag wat … A 'n werkgewer van 'n werknemer se maandelikse salaris aftrek. B oorbly nadat alle uitgawes betaal is. C 'n werkgewer in 'n werknemer se bankrekening inbetaal. D aan die einde van die jaar, wanneer bonusse uitbetaal word, belas sal word. (1) 1.1.3 'n Verbruiker wat 'n kontrak op enige ander plek as die sakeperseel teken, word vyf dae gegun om die kontrak te kanselleer. Dit staan as 'n ... bekend. A afkoeltydperk B vrystellingsklousule C uitgestelde waarborg D onbillike arbeidspraktyk (1) 1.1.4 'n Tekort aan … veroorsaak suiwelintoleransie. A aminosure B glukose C yster D laktase (1) 1.1.5 … word met 'n sielkundige eetversteuring geassosieer. A Bulimia nervosa B Hartsiekte C Lae bloedsuiker D Vetsug (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 4 DBE/November 2017 NSS 1.1.6 Indien daar aanspraak gemaak word dat 'n voedselproduk min natrium (sout) bevat, moet dit minder as … natrium per 100 g bevat. A 130 mg B 150 mg C 110 mg D 120 mg (1) 1.1.7 Om hande deeglik te was, sal … voorkom. A anemie B seliaksiekte C gastroënteritis D MIV/Vigs (1) 1.1.8 Inligting op die etiket van bederfbare voedsel, byvoorbeeld vars vis, toon tot wanneer die produk sy beste gehalte sal behou en veilig is om te eet indien dit volgens die bergingsinstruksies op die etiket gestoor word: A Beste voor B Berg tot C Verkoop teen D Bring terug teen (1) 1.1.9 Ekovriendelike kleedstowwe … A is goedkoper as ander kleedstowwe. B is die mees modieuse. C het 'n klein koolstofspoor. D word in Suid-Afrika vervaardig en is duursaam. (1) 1.1.10 Bestudeer die foto's hieronder en kies die uitrusting wat die beste keuse vir 'n onderhoud vir 'n onderwyspos sal wees. 1 2 3 4 A 1 B 2 C 3 D 4 (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 5 DBE/November 2017 NSS 1.1.11 Alle bouers en kontrakteurs moet by … geregistreer wees. A FICA B die NHBRR C die NBT D die SABS (1) 1.1.12 Verbandregistrasiegeld sluit … in. A hereregtegelde en oordraggelde B tussentydse tariewe en gelde van die prokureur wat die verband opstel C seëlbelasting en gelde van die prokureur wat die verband opstel D oordraggeld en seëlbelasting (1) VRAAG 1.1.13 en 1.1.14 is op die inligting hieronder gebaseer. Finansiële spanning wat huiseienaars ondervind, is die oorsaak dat minder onderhoud en opgradering van huise plaasvind. [Aangepas uit Business Report, 3 November 2016] 1.1.13 Die finansiële spanning wat huiseienaars ondervind, is moontlik die gevolg van … A maandelikse elektrisiteitstariewe. B 'n styging in die inflasiekoers. C hoër oordraggelde. D salarisverhogings. (1) 1.1.14 Die groep wat NIE deur die feite in die stelling geraak word NIE: A Regspersoon B Bouers C Verhuurder D Huurder (1) 1.1.15 Die verantwoordelikheid van die eienaar van 'n eenheid in 'n kompleks: A Elektriese fout by die straatligte B Lekkende kraan in die eienaar se tuin C Gras op die perseel wat baie lank is D Die buitemuur se verf wat afdop (1) 1.1.16 'n Besigheid wat plaaslike grondstowwe gebruik: A Dra by tot die land se ekonomie B Betaal meer invoerbelasting vir die grondstof C Vervaardig lae gehalte produkte D Neem lank om produkte te vervaardig (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 6 DBE/November 2017 NSS 1.1.17 Die faktor wat produktiwiteit in 'n besigheid sal verhoog: A Kliëntebetrekkinge B Afleweringstrategieë C Veiligheidsprosedures D Personeelopleiding (1) VRAAG 1.1.18 en 1.1.19 is op die inligting hieronder gebaseer. Dit kos R350,00 om 20 produkte te vervaardig. Die winsopslag is 70%. 1.1.18 Bereken die koste om EEN produk te vervaardig: A R8,75 B R17,50 C R23,33 D R35,00 (1) 1.1.19 Bereken die verkoopprys van EEN produk. Rond die verkoopprys tot die naaste tien sent af: A R29,70 B R29,75 C R29,80 D R30,00 (1) VRAAG 1.1.20 is op die inligting hieronder gebaseer. 'n Besigheid se verkoopsdoelwit is om 350 produkte 'n maand te verkoop. Hierdie besigheid se gelykbreekpunt is wanneer 250 produkte verkoop is. 1.1.20 Watter stellings is WAAR? (i) Die beste verkoopscenario is wanneer meer as 350 produkte verkoop is. (ii) Die swakste verkoopscenario is wanneer minder as 350 produkte verkoop is. (iii) Die beste verkoopscenario is wanneer meer as 250 produkte verkoop is. (iv) Die swakste verkoopscenario is wanneer minder as 250 produkte verkoop is. Kies die KORREKTE kombinasie: A (i) en (ii) B (i) en (iv) C (ii) en (iii) D (iii) en (iv) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 7 DBE/November 2017 NSS 1.2 Gee EEN woord/term vir elk van die beskrywings hieronder. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Die produksie van goedere om basiese verbruikersbehoeftes te bevredig en lewenskwaliteit te verbeter sonder om die omgewing te benadeel (1) 1.2.2 'n Simbool of tekening in spesifieke kleure wat vervaardigers van hul mededingers onderskei (1) 1.2.3 Die groep mense wie se behoeftes bevredig word wanneer hulle 'n produk koop (1) 1.2.4 'n Dokument wat finansiële bestuur in die toekoms toon (1) 1.2.5 Uitgawes, byvoorbeeld herstelwerk en instandhouding, brandstof, skryfbehoeftes en telefoon (1) 1.3 Identifiseer VIER voordele van doeltreffende afvalbeheer in die lys hieronder. Skryf slegs die letters (A–H) langs die vraagnommer (1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. A Besoedel die lug, water en grond B Bewaar waardevolle hulpbronne deur dit weer te gebruik C Onooglike omgewing het 'n negatiewe invloed op werkskepping D Bespaar geld deur die herwinning van materiaal E Eienaars wat hulle eie afval sorteer, ontvang munisipale tarief- kortings F Verminder die negatiewe impak op die omgewing G Kompos verryk die ekosisteem H Dit skep vullishope/stortingsterreine met nie-bioafbreekbare afval (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 8 DBE/November 2017 NSS 1.4 Kies 'n nadeel uit KOLOM B wat by die betalingsmetode in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.4) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.4.5 G. KOLOM A KOLOM B BETALINGSMETODE NADEEL 1.4.1 Kontant A 'n wanbetaling kan veroorsaak dat die aankoop beëindig word en die 1.4.2 Kredietkaart geld wat reeds betaal is, nie terugbetaal word nie 1.4.3 Bêrekoop B 'n veiligheidsrisiko wanneer gekoop 1.4.4 Huurkoop word C rentekoers vir kleiner betalings is baie hoog D geen rente word gehef nie E kleiner betalings word oor 'n tydperk gemaak en luukse goedere is bekostigbaar F indien swak beheer toegepas word, kan uitgawes die beraamde begroting oorskry (4 x 1) (4) 1.5 Identifiseer DRIE stellings oor glutenintoleransie in die lys hieronder wat KORREK is. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. A Mag rogbrood eet B Kan mieliepap eet C Lei tot wanabsorpsie van nutriënte D Mag nie macaroni-en-kaas eet nie E Mag nie aartappelslaai eet nie F Die resultaat van 'n ensiemtekort (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 9 DBE/November 2017 NSS 1.6 Kies die modeterm uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (1.6.1–1.6.4) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.6.5 G. KOLOM A KOLOM B AANHALING MODETERM 1.6.1 Oorgroot oorkrabbers laat jou A klassieke mode modieus lyk – speel met prettige vorms en kleurvolle juwele. B modegier 1.6.2 Die 'bomber'-baadjie gaan C hoogmode skynbaar nooit uit die mode nie; belê dus nou in so 'n baadjie en D retrospektiewe mode dit sal vir baie seisoene hou. E standaardmodeneiging 1.6.3 Die boheemse bloes is terug! Maak dit jou eie en dra dit los of F uitgediende mode met 'n belt. 1.6.4 Waarom sal ons nie van wyepypbroeke hou nie? Dra dit saam met 'n netjiese bloes … hou dit eenvoudig en elegant. (4 x 1) (4) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 10 DBE/November 2017 NSS VRAAG 2: DIE VERBRUIKER 2.1 Verduidelik wat aksynsbelasting is. (2) 2.2 Verduidelik die term waarborg. (3) 2.3 Noem waarom stapelvlakskemas of multivlakbemarking nie as onwettige piramideskemas beskou word nie. (1) 2.4 Verduidelik hoe die gebruik van die wasmasjien kan bydra tot die volhoubare verbruik van: 2.4.1 Water (3) 2.4.2 Elektrisiteit (2) 2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Gemeenskapspaarklubs het in die verlede op individue gefokus wat tot 'n gesamentlike pot geld bygedra het en geld wat op 'n rotasiebasis uitbetaal is. Baie van hierdie klubs koop nou niebederfbare kruideniersware aan in plaas van om geld of kontant uit te betaal. 2.5.1 Gee die term vir die klubs in die scenario hierbo. (1) 2.5.2 Identifiseer, in die scenario, waarom hierdie klubs as wettig beskou kan word. (1) 2.5.3 Bespreek hoe klublede baat vind by niebederfbare kruideniersware wat in groot maat aangekoop word. (3) 2.6 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Stadiger inflasie Laer ekonomiese groei Daling in rentekoers Verhoging in rentekoers Hoër ekonomiese groei Vinniger inflasie [Bron: www.babypips.com/school/high-school/ fundamental-analysis/interest-rates-101.html] Skryf 'n paragraaf en verduidelik die uitwerking van rentekoersverhogings op die inflasiekoers. (4) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 11 DBE/November 2017 NSS VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING 3.1 Beskryf die term organiese voedsel. (2) 3.2 Verduidelik EEN funksie van ELK van die volgende voedselbymiddels: 3.2.1 Emulsifiseerders (2) 3.2.2 Antioksidante (2) 3.3 Verduidelik hoe bestraling die rakleeftyd van voedsel verleng. (3) 3.4 Beantwoord die volgende vrae oor huisgroentetuine of gemeenskaps- groentetuine. 3.4.1 Skryf 'n paragraaf om te verduidelik hoe huisgroentetuine of gemeenskapsgroentetuine tot voedselsekerheid kan bydra. (5) 3.4.2 Bespreek hoe produkte uit huisgroentetuine of gemeenskaps- groentetuine die dieet van 'n persoon met MIV/Vigs kan verbeter. (8) 3.5 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Ten spyte van die pogings wat aangewend is, het die voorkoms van TB en sterftes as gevolg van TB in Suid-Afrika die afgelope dekade drievoudig gestyg. Meer as 400 000 TB-gevalle moet jaarliks behandel word, terwyl slegs 50% gesond word. Dit toon tekortkominge in TB-beheer. TB-gevalle word geïdentifiseer, maar word nie goed genoeg behandel nie. Werkloosheid en oorvol informele stedelike nedersettings is aan die toeneem. Dit lei tot gebrekkige toesig en opvolgbehandeling. [Aangepas uit die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes] Verduidelik waarom TB versprei en die behandeling daarvan in Suid-Afrika skynbaar nie suksesvol is nie. (4) 3.6 Gee redes waarom suikerbelasting op drankies wat met suiker versoet word, kan help met die beheer van Tipe 2-diabetes. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 12 DBE/November 2017 NSS 3.7 Bestudeer die inligting op die etiket van Somerboneslaai hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SOMERBONESLAAI Voedingsinligting Per 100 g Per porsie porsie Porsiegrootte (g) 100 125 Energie (kJ) 274 343 Proteïene (g) 3,8 4,8 Glukemiese koolhidrate (g) waarvan: 11,0 13,8 Totale suiker (g) 3,8 4,8 Totale vet (g) waarvan: 0,7 0,9 Versadigde vet (g) 0,2 0,3 Transvet (g) 0,0 0,0 Mono-onversadigde vet (g) 0,3 0,4 Poli-onversadigde vet (g) 0,2 0,3 Cholesterol (mg) 1 1 Dieetvesel (g) 5,9 7,4 Totale natrium (mg) 303 379 Bestanddele: Bone (72%), pitmielies (6%), botterboontjies, rooi nierboontjies, groenboontjies, barlotti-boontjies, vinaigrette (water, asyn, suiker, sout, stysel, kruie), seldery, suikermielies 3.7.1 Verduidelik waarom die slaai NIE geskik is vir 'n persoon wat aan anemie ly NIE. (3) 3.7.2 Evalueer die geskiktheid van die voedingsinhoud van die slaai vir 'n persoon wat aan koronêre hartsiekte ly. (7) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 13 DBE/November 2017 NSS VRAAG 4: KLEDING 4.1 Verduidelik die term nagemaakte goedere. (1) 4.2 Noem die geskatte tydsduur van ELK van die modesiklusse hieronder: 4.2.1 Modegiere (1) 4.2.2 Standaardmodeneigings (1) 4.2.3 Klassieke modes (1) 4.3 Beantwoord die volgende vrae. 4.3.1 Noem die eerste en laaste stadium van die modesiklus. (2) 4.3.2 Verduidelik wat die stadiums in VRAAG 4.3.1 gemeen het. (2) 4.4 Verduidelik waarom 'n persoon wat in 'n bank werk, die bykomstighede vir sy/haar werksklerekas sorgvuldig moet kies. (3) 4.5 Verduidelik hoe jy die beginsel van hergebruik kan toepas sodat dit tot die volhoubare gebruik van kledingitems bydra. (3) 4.6 Bestudeer die inligting en foto hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Hierdie man het 'n professionele kantoorpos. Hy het na werk vinnig sy langbroek en hemp verruil vir klere vir 'n laatmiddagpartytjie saam met sy kollegas. Hierdie partytjie-uitrusting bestaan uit: • Ligblou baadjie • Wit sakdoek in die bosak • Blou en rooi geblomde kraaghemp • Wit kortbroek met 'n ligblou strook van 3 cm onderaan die soom van die broekspype • Roomkleurige strooihoed [Bron: www.woolworths.co.za] 4.6.1 Beskryf die optiese illusie wat die 3 cm ligblou strook aan die soom van die broekspype skep. (2) 4.6.2 Maak 'n voorstel en beskryf die nodige veranderinge aan hierdie uitrusting om dit 'n geskikte monochromatiese uitrusting vir sy professionele kantoorpos te maak. (4) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 14 DBE/November 2017 NSS VRAAG 5: BEHUISING 5.1 Noem DRIE betalings wat die meeste huurders elke maand moet maak. (3) 5.2 Verduidelik die term koopakte. (2) 5.3 Noem by wie aansoeke vir staatsbehuisingsubsidies ingedien moet word. (1) 5.4 Gee die kwalifiserende kriteria vir staatsbehuisingsubsidies ten opsigte van: 5.4.1 Burgerskap (1) 5.4.2 Ouderdom (1) 5.5 Noem VIER moontlike finansiële voordele daarvan om 'n huis te bou. (4) 5.6 Noem TWEE prosedures wat deur die eienaar en die huurder gevolg moet word voordat 'n huurder in 'n gehuurde eiendom mag intrek. (2) 5.7 Verduidelik die voordele daarvan om in 'n deeltitelkompleks te woon. (4) 5.8 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VERMY KOPERSBEROU Om 'n huis te koop is 'n langtermyn finansiële verbintenis, tog berus baie kopers se besluit om 'n huis te koop op die paar minute wat hulle na die eiendom gekyk het. Onverwagte koste is een van die hoofredes waarom kopers agterna berou het. 'n Mens moet bereken hoeveel jy kan bekostig deur al die koste wat met huiseienaarskap gepaardgaan, in ag te neem. [Bron: Cape Times, 17 Augustus 2016] 5.8.1 Verduidelik waarom huiseienaarskap 'n langtermyn finansiële verbintenis is. (2) 5.8.2 Verduidelik DRIE items wat met huiskoop gepaardgaan wat gereeld betaal moet word. (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 15 DBE/November 2017 NSS 5.9 Lees die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg. GEMINI GOURMET MEERDOELIGE DUBBELOOND R8 999,00 Eienskappe: Afmetings: • Dubbeloond • Hoogte (mm) 1 100 • Eko-energie-doeltreffend • Breedte (mm) 730 • Hoofoond het 'n waaier • Diepte (mm) 600 • Emalje-oond maak maklik skoon • Kontroleknoppe – verlig • Oondlig • Deure maak na die sykante oop • Deure is dubbelkantig (kan aangeheg word om na regs of na links oop te maak) • Lugverkoelde oonddeur (die konstante lugvloei hou die glasdeur koel) • Twee oonde gee 'n groot oondkapasiteit (meer geregte kan gelyktydig gaargemaak word – ideaal vir grootmaatvoedselbereiding en onthaaldoeleindes) • Meerdoelige oond: o Bak (met of sonder waaier) o Rooster (slegs roosterelement word gebruik) o Ontdooi (vinnige resultate – die waaier sirkuleer die lug by kamertemperatuur) [Aangepas uit www.defy.co.za] 5.9.1 Noem TWEE moontlike nadele van hierdie oond. (2) 5.9.2 Noem TWEE voordele van die gebruik van energiedoeltreffende toestelle. (2) 5.10 Bespreek die geskiktheid van hierdie oond met betrekking tot: 5.10.1 Besparing van menslike energie (2) 5.10.2 Besparing van niemenslike energie (3) 5.10.3 Universele ontwerpelemente (5) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 16 DBE/November 2017 NSS VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP 6.1 Noem VYF vereistes waaraan die verpakking van 'n produk moet voldoen. (5) 6.2 Gee DRIE redes waarom 'n netjiese werkplek vir 'n besigheid belangrik is. (3) 6.3 Noem TWEE hoofdoelwitte van voorraadbeheer. (2) 6.4 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg. VUYO SE FUNKSIEVERHURING Terwyl Vuyo vir 'n diploma in publieke bestuur gestudeer het, het hy deeltyds vir 'n bemarkingsfirma gewerk. Nadat hy sy studie voltooi het, het hy by 'n bank gewerk, wat hom nie baie betaal het nie. Hierdie werk het hom egter blootgestel aan funksies wat hy moes bywoon. Vuyo het die behoefte om geleentheidstoerusting in en om sy gemeenskap te verskaf, raakgesien. Hy het 'n finansiële uitvoerbaarheidstudie gedoen voordat hy sy besigheidsidee in werking gestel het. Hierna het hy 'n lening uitgeneem en toerusting meesal by vendusies gekoop. Hy het sy eie kleinskaalse verhuringsbesigheid uit sy ma se huis en motorhuis begin. Die besigheid het vinnig gegroei en sy vriende het gehelp om die toerusting vir die funksies op te stel. Later het hy hulle in diens geneem. Hy het die lening afbetaal en uit sy werk bedank. Hy kon dit nou bekostig om stoorruimte te huur waar hy sy toerusting goed in stand kon hou. Hy hou tred met die jongste gebeure en onthaalidees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 17 DBE/November 2017 NSS Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Hierdie advertensie verskyn op die Internet, strooibiljette en Vuyo se afleweringsvoertuig. VUYO SE FUNKSIEVERHURING Geleenthede: Troues, partytjies, begrafnisse, jaareindfunksies Verhuring: • Tente, rekbare tente (verskillende kleure en groottes – 3 m x 3 m tot 10 m x 10 m) • Tafels, tafeldoeke (rond, vierkantig, reghoekig), stoele, stoeloortreksels (verskillende kleure, wit en swart) • Eetgerei, wit breekgoed, glase • Klanktoerusting, draagbare industriële verwarmers Bespreking: Dienste sluit in: Een maand vooruit, 50% deposito • Aflewering vroeg in die oggend of die vorige aand en oplaai van Kontak: 082 197 8349/073 897328 toerusting die volgende oggend. • Opstel van die venue/- E-pos: VuyoB@gmail.com geleentheid (opsioneel, ekstra). 6.4.1 Identifiseer DRIE tipes media wat Vuyo gebruik om sy besigheid te adverteer. (3) 6.4.2 Verwys na die advertensie en haal TWEE sinsnedes aan wat na produkspesifikasies verwys. (2) 6.4.3 Verduidelik wat Vuyo se idee in 'n besigheidsgeleentheid laat verander het. (3) 6.4.4 Bespreek DRIE redes waarom Vuyo se besigheid aan die vereistes van kwaliteitdiens voldoen. (3) 6.4.5 Gee redes waarom dit vir Vuyo voordelig was om 'n finansiële uitvoerbaarheidstudie te doen voordat hy met sy besigheid begin het. (4) 6.4.6 Bespreek DRIE faktore wat Vuyo in ag moes neem toe hy 'n geskikte produk vir sy besigheid gekies het. (3 x 2) (6) 6.4.7 Motiveer waarom Vuyo se besigheid volhoubaar is. (9) [40] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Consumer Studies

View all
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2017 Question Paper | Hlayiso