Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2024
VERBRUIKERSTUDIES
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2024 papers 





View all


--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)


Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
Grade 12 Consumer Studies question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Consumer Studies · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape Prelim Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 1.5 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape Prelim Exam 2024
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2024)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
VRAAG INHOUD PUNTE TYD (minute)
AFDELING A (Kortvrae)
1 Kortvrae (Alle onderwerpe) 40 20
AFDELING B (Langvrae)
2 Die Verbruiker 40 40
3 Voedsel en Voeding 40 40
4 Kleding 20 20
5 Behuising 20 20
6 Entrepreneurskap 40 40
TOTAAL: 200 180
2. Al die vrae is VERPLIGTEND.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. Jy mag ʼn sakrekenaar gebruik.
6. Skryf slegs met swart of blou ink.
7. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) VERBRUIKERSTUDIES 3
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.1.21 D.
1.1.1 Rentekoerse in Suid-Afrika word op die … koers gebaseer.
A bank-
B vaste
C prima
D repo- (1)
1.1.2 Die grootste inkomstebron vir die munisipaliteit:
A Fondsinsameling
B Regeringsbefondsing
C Provinsiale-fondse
D Eiendomsbelasting (1)
1.1.3 Die beste manier om energie te bespaar wanneer voedsel gebak word:
A Gebruik ʼn konvensionele oond in plaas van ʼn mikrogolfoond.
B Hou die stoofplaat op die hoogste temperatuur om te verseker
dat die voedsel vinnig gaar word.
C Maak eenskottel-geregte op die stoof of binne-in die oond.
D Maak kos buite spitstye gaar en hou dit dan in die warmoond
warm. (1)
1.1.4 Die beste beskrywing vir gryswater:
A Water wat vuil en fisies grys in kleur is, dit kan nie gedrink word
nie
B Water wat mikro-organismes bevat en siektes in mense kan
veroorsaak
C Toilet/rioolwater
D Wasmasjien-, wasbak-, stort- en badwater wat weer gebruik word (1)
1.1.5 Produkspesifikasie sluit die volgende in:
A Die grootte van die produk
B Die teikenmark
C Menslike vaardighede
D Produksietydperk (1)
1.1.6 Die faktor wat produktiwiteit in ʼn onderneming sal verhoog:
A Klanteverhoudinge
B Afleweringstrategieё
C Veiligheidsprosedures
D Opleiding van werkers (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
4 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2024)
1.1.7 Identifiseer die entrepreneur wat ʼn verkeerde keuse gemaak het
aangaande die beskikbaarheid van grondstowwe.
A Bonita koop al haar grondstowwe in ʼn buurdorp.
B Lindiwe se grondstowwe word elke maand vanaf die stad
afgelewer.
C Sihle maak gebruik van grondstowwe wat plaaslik vervaardig
word.
D Peer voer hoё gehalte grondstowwe in vanuit Somaliё. (1)
1.1.8 Die voedselverwante gesondheidstoestand wat beheer kan word deur
die keuse van koolhidraatryke voedsel met ʼn lae glisemiese indeks te
kies:
A Anemie/Bloedarmoede
B Diabetes
C Hipertensie
D Osteoporose (1)
1.1.9 Watter van die volgende nutriënte sal die bloedglukose vlakke die
meeste verhoog?
A Proteїene
B Koolhidrate
C Vesel
D Vet (1)
1.1.10 ʼn … is die voedseladditief/-bymiddel wat verhoed dat die bestanddele
in roomys skei:
A Emulsifiseerder
B Bleikmiddel
C Gelatiniseringsmiddel
D Preserveermiddel (1)
1.1.11 ʼn Voordeel van organiese voedsel:
A Groter opbrengste op oeste
B Laer produksiekoste
C Pesbestandheid
D Gesonder produkte (1)
1.1.12 Gastroёnteritis sal ...
A inflamasie in die beendere veroorsaak.
B tot Iewerinfeksie lei.
C die spysverteringskanaal affekteer.
D die hart affekteer. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) VERBRUIKERSTUDIES 5
1.1.13 Die onderstaande illustrasie toon:
A Voedselbestraling
B Voedselsekuriteit
C Geneties-gemodifiseerde
D Organiese voedsel (1)
1.1.14 Identifiseer the simbool wat vir die verbruiker ʼn aanduiding is dat die produk
bestraal is.
1.1.15 Voedselsekuriteit beteken dat:
A Suid-Afrikaanse boere hul eie voedsel produseer
B Suid-Afrikaanse produkte word na ander lande gestuur om verkoop
of verruil te word
C Mense eet genoeg veilige voedsel om ʼn aktiewe en gesonde lewe te
lei
D Almal voedsel kan bekostig (1)
1.1.16 ʼn Modegier/Modegiere:
A Verwys na dít wat tans populêr is en deur die massas gedra word
B Is ʼn duur en uitspattige styl
C Bestaan vir baie seisoene
D Word dikwels in bykomstighede aangetref (1)
1.1.17 ʼn Persoon met ʼn driehoekige figuur moet ʼn ... dra.
A broek met detail by die sakke
B bloes wat by die heupe eindig
C helderkleurige hemp met detail in die skouer-area
D rok met ʼn belt in ʼn kontrasterende kleur op die heupe (1)
1.1.18 Belasting betaalbaar op die wins wanneer ʼn eiendom verkoop word is ...
A eiendomsbelasting.
B kapitaalwinsbelasting.
C boedelbelasting.
D oordragbelasting. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
6 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2024)
1.1.19 ʼn Verbruiker sal vir ʼn regerings-behuisingsubsidie in aanmerking
geneem word indien hy/sy …
A vier finansiële afhanklikes het en R3 300 per maand verdien.
B geen finansiële afhanklikes het nie en nog nie voorheen ʼn huis
besit het nie.
C ouer as 21 is en al voorheen eiendom besit het.
D ʼn salaris van R3 000 per maand verdien en graag ʼn tweede huis
wil koop. (1)
1.1.20 Die koste wat gewoonlik tydens die koop of huur van ʼn huis betaalbaar
is:
A Deposito
B Maandelikse paaiemente
C Registrasiefooie
D Agentekommissie (1)
1.2 Identifiseer VIER simptome van osteoporose uit die onderstaande opsies gelys.
Skryf slegs die letter van die korrekte antwoord(e) neer.
A Moegheid
B Rugpyn
C Duisligheid
D ʼn Geboë liggaamshouding
E Verlies van lengte met tyd
F Val maklik
G Poreuse bene (4 x 1) (4)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die beskrywings hieronder. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDE-
BOEK neer.
1.3.1 Die hoeveelheid glukose in die bloed
1.3.2 ʼn Manier om koolhidrate te klassifiseer gebaseer op die tempo
waarteen glukose in die bloed vrygestel word
1.3.3 ʼn Groep mense in wie se behoeftes voorsien sal word wanneer hulle ʼn
produk koop
1.3.4 Die persentasie wat by die totale produksiekoste gevoeg word om ʼn
wins te maak
1.3.5 ʼn Noukeurige getoetste resep sodat die eindresultaat altyd dieselfde is
1.3.6 ʼn Dokument wat geldbestuur in die toekoms aandui (6 x 1) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) VERBRUIKERSTUDIES 7
1.4 Identifiseer VIER voordele van doeltreffende afvalbeheer uit die lys hieronder.
Skryf slegs die letters (A–H) langs die vraagnommer (1.4) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
A Besoedel die lug, water en grond.
B Bewaar waardevolle hulpbronne deur dit weer te gebruik.
C ʼn Onooglike omgewing beïnvloed werkskepping negatief.
D Bespaar geld deur die herwinning van materiaal.
E Eienaars wat hulle eie afval sorteer, ontvang kortings op hul munisipale-
tariewe.
F Dit verminder die negatiewe impak op die omgewing.
G Kompos verryk die ekosisteem.
H Dit skep vullishope/stortingsterreine met nie-bioafbreekbare afval. (4 x 1) (4)
1.5 Kies die verduideliking uit KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–І) langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.5.7 J.
KOLOM A KOLOM B
TERM VERDUIDELIKING
1.5.1 Kontrak A Toelaatbaar deur die wet
1.5.2 Huisinhoud- B Moet die volle bedrag, plus rente, moet oor
versekering ʼn spesifieke aantal maande terugbetaal
word vir die produk wat gekoop is
1.5.3 Vrywaring C Om met minder tevrede te wees
1.5.4 Kredietkontrak D Die aankoop van verpersoonlike produkte
deur middel van elektroniese media
1.5.5 Direkte bemarking E Versekering wat ʼn huis teen strukturele
skade in die geval van brande, vloede,
ander natuurlike rampe en ook politieke
onluste beskerm
1.5.6 Afkoeltydperk F Tydperk van 5 werksdae waarbinne ʼn
kontrak gekanselleer mag word
G ʼn Formele verklaring wat meld dat jy nie
wettig aanspreeklik gehou kan word vir iets
nie
H ʼn Ooreenkoms tussen twee of meer mense
waarin die een persoon aanbied om iets te
doen en die ander persoon die aanbod
aanvaar
I Die verbruiker is verseker teen enige
verliese/skade aan huishoudelike inhoud in
die geval van diefstal, brande, ens.
(6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
8 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2024)
AFDELING B
VRAAG 2: DIE VERBRUIKER
2.1 Definieer die term indirekte belasting. Gee TWEE voorbeelde van indirekte
belasting. (4)
2.2 Noem die funksie van die SAID. (1)
2.3 Demonstreer die verskil tussen VPI en inflasie. (4)
2.4 Lees die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Die prys van elektrisiteit raak jaar na jaar duurder. Veral nou meer vandat
Eskom soveel uitdagings ervaar. Voordat jy jou bad begin tap, dink vir ʼn
oomblik aan die elektrisiteit wat jy mors. Die verhitting van water kan tot 40%
van jou elektrisiteitsrekening kos. Sou jy graag die koste van die verhitting van
water wil verminder?
Hier is die goeie nuus. Die installering van ʼn hittepomp kan die verhittingskoste
van water met tot 67% verlaag. Die hittepomp is ʼn energie-effektiewe manier
om jou water te verhit.
Om die aanbieding nog ʼn aantrekliker opsie te maak, sal Eskom ʼn korting aan
jou toestaan wanneer jy die hittepomp in jou huis of kleinskaalse onderneming
installeer.
2.4.1 Noem die voordele verbonde aan die installering van die Eskom hitte-
pomp. (3)
2.4.2 Verduidelik die redes waarom die toename in elektrisiteitspryse die
ekonomie van Suid-Afrika kan beїnvloed. (3)
2.4.3 Verbruikers is besig om gasstowe in hul huise te installeer.
Verduidelik die voordele van die gebruik van ʼn gasstoof. (4)
2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Om te spaar as lid van ʼn groep kan argaїes klink, veral as jy nie gewoond is
aan die konsep van spaar en ʼn nes-eier opbou nie. Jy kan dieselfde beginsel
toepas en waarskynlik ʼn beter resultaat kry met ʼn gemeenskapspaarklub. Baie
van hierdie klubs koop nou nie-bederfbare kruideniersware in plaas daarvan
om kontant uit te betaal.
[Eksaminator se eie teks]
2.5.1 Wat noem ons hierdie tipes spaarklubs in ons gemeenskappe? (1)
2.5.2 Identifiseer waarom hierdie klubs, soos in die scenario hierbo gesien,
as wettig beskou kan word. (3)
2.5.3 Bespreek hoe klublede baat vind by nie-bederfbare kruideniersware
wat in grootmaat aangekoop word. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) VERBRUIKERSTUDIES 9
2.6 Verduidelik die term uitsluitingsklousule. (3)
2.7 Bestudeer die onderstaande e-pos soos deur ʼn verbruiker ontvang en
beantwoord die vraag wat volg.
Cash Kings is ʼn nuwe kredietverskaffer wat onlangs hul deure oopgemaak het.
As deel van hul spesiale openingsaanbieding, bied hul tans lenings teen ʼn
rentekoers so laag as slegs 5% aan. Om deel van hierdie eenkeer-in-ʼn-leeftyd
geleentheid te wees, moet jy die volgende inligting per e-pos aan
Cashkings@gmail.com stuur: jou ID-nommer, volle naam, beroep,
maandelikse inkomste, bankrekening, telefoonnommer en e-posadres.
[Eksaminator se teks]
Analiseer die e-pos en verduidelik met goeie rede, hoe ʼn verbruiker op hierdie
geleentheid moet reageer. (5)
2.8 Munisipaliteite is verantwoordelik vir die lewering van dienste om aan die
basiese behoeftes van plaaslike gemeenskappe te voldoen. Om hierdie dienste
te ontvang moet verbruikers hul verantwoordelikhede teenoor die munisipaliteit
ook nakom.
Staaf die stelling hierbo deur na die verantwoordelikhede van verbruikers ten
opsigte van die gebruik van munisipale dienste te verwys. (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
10 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING
Bestudeer die etiket hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Bestanddele:
Water
Suiker
Lemoensap
Tartrasien
Kaliumnitraat
3.1 Identifiseer die misleidende en vals bewering op die produk hierbo.
Motiveer jou antwoord. (2)
3.2 Beantwoord VRAAG 3.2.1 en 3.2.2 in tabelvorm.
3.2.1 Identifiseer TWEE bestanddele in die produk gebruik wat moontlik tot
die ontstaan van allergiese reaksies kan aanleiding gee. (2)
3.2.2 Bepaal die doelwit van hierdie bestanddele in die produk.
Tabuleer jou antwoord soos volg:
3.2.1 TWEE BESTANDDELE 3.2.2 DOELWIT
(2)
3.3 Anti-oksidante word dikwels as voedseladditiewe/-bymiddels gebruik.
Gee DRIE redes waarom dit as voedseladditiewe/-bymiddels gebruik word. (3)
3.4 Skryf ʼn paragraaf waarin jy verwys na die voordele wat organiese
geproduseerde voedsel op die natuurlike omgewing mag hê. (3)
3.5 Noem DRIE tipes inligting wat op ʼn voedseletiket moet verskyn. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) VERBRUIKERSTUDIES 11
3.6 Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
3.6.1 Identifiseer die bostaande voedingsverwante gesondheidstoestand. (1)
3.6.2 Definieer die bostaande voedingsverwante gesondheidstoestand. (2)
3.6.3 Ondersoek die redes waarom ʼn vrou met ʼn klein liggaamsvorm en wat
in haar vyftigerjare is, meer geneig sal wees om die voedingsverwante
toestand in VRAAG 3.6.1 genoem, te ontwikkel. (4)
3.7 Verduidelik die betekenis van die term voedseloordraagbare siektes. (2)
3.8 Noem DRIE riglyne om die verspreiding van voedseloordraagbare siektes te
voorkom. (3)
3.9 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
WARE VERHAAL OOR DIE IMPAK VAN HEPATITIS A: LYNN SE STORIE
Op 5 Februarie het Ben en Lynn besluit om ʼn breek te neem uit hul besige
skedules en het aandete saam met hul dogter by Chi-restaurant in die Beaver
Valley-winkelsentrum gaan eet. Lynn het die hoender-pita en Ben het ʼn kreef-
pita geёet. Lynn het eers op 27 Februarie begin siek word. Daardie aand het sy
opgelet dat sy warm en moeg gevoel het. Sy het sap gedrink en vroeg gaan
slaap in ʼn poging om die siekte af te skud. Lynn se koors het vinnig tot 42 °C
gestyg, en sy het onbeheerst begin ruk. Die dokter se diagnose was dat Lynn
begin ly het aan die gevolge van Hepatitis A. Lynn is onmiddellik gehospitaliseer.
3.9.1 Gee ʼn ander naam vir Hepatitis A. (1)
3.9.2 Noem die verwantskap vir die tydperk tussen 5 Februarie en
27 Februarie. (1)
3.9.3 Voorspel DRIE moontlike oorsake van Lynn se siekte. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
12 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2024)
3.10 Bestudeer die inligting hieronder wat op ʼn etiket vir beskuit voorgekom het en
beantwoord die vraag wat volg.
DIABETIESE BESKUIT: xilitol, saad en semels
Lys van bestanddele: Steengemaalde koringmeel, karringmelk, xilitol (13,2%),
kanola-olie, botter, sonneblomsaad (8,4%), gerolde hawermout, koringsemels
(3,2%), eiers, lynsaad, bakpoeier, sout
VOEDINGSINLIGTING
Gemiddelde waardes Per 100 g Per 25 g
Energie (kJ) 1 933 483
Proteïne (g) 12 3
Koolhidrate (g) 52,9 13,2
waarvan totale suiker (g) 1,6 0,4
Totale vet (g) 21,2 5,3
Waarvan versadigde vet (g) 7,1 1,8
Vesel (g) 9,8 2,5
Natrium (mg) 487 122
[Bron: www.beasrusks.co.za]
Die produk meld dat dit vir ʼn diabeet geskik is.
Evalueer die geskiktheid van die beskuit vir ʼn persoon met diabetes. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) VERBRUIKERSTUDIES 13
VRAAG 4: KLEDING
4.1 Verduidelik die term vervalse goedere. (1)
4.2 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
4.2.1 Identifiseer die logo in die prent hierbo. (1)
4.2.2 Om díe logo op produkte te plaas, moet die produk ʼn toets slaag.
Noem die bepalende kriteria waaraan vervaardigers moet voldoen om
die embleem/logo op hul klere-items te kan gebruik. (4)
4.3 Interpreteer die term kleredragkode. (2)
4.4 Lees die scenario hieronder en ontleed die prente. Beantwoord dan die vrae wat
volg.
Gloria, 20-jaar-oud, is as ʼn kantoor-assistent by ʼn modegroothandelaar
aangestel. Sy help Maandae en Vrydae in die verkoopsafdeling. Haar kontrak
dui aan dat sy Maandae en Vrydae, wanneer sy met die publiek werk, die
maatskappy se uniform moet dra. Die maatskappy se uniform bestaan uit ʼn
potloodromp, ʼn wit bloes en ʼn formele baadjie. Die res van die week moet sy
professioneel geklee wees. Geen informele klere, kortbroeke, jeans, tekkies of
handelsnaametikette is toelaatbaar nie. Hieronder is haar keuse van uitrustings
vir die week.
[Eksaminator se eie teks]
Evalueer of haar gekose uitrustings voldoen aan die maatskappy se
kleredragkode en die vereistes van haar kontrak. (4)
4.5 Met behulp van ʼn grafiek illustreer en verduidelik die VYF fases in die modesiklus. (6)
4.6 Verduidelik waarom modesiklusse oorvleuel. (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
14 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 6: BEHUISING
5.1 Verduidelik TWEE tipes versekering wat deur huiseienaars, maar nie deur
huurders betaal word nie. (4)
5.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Mnr. Kellerman het sê, ‘Ongeveer die helfte van alle nuwe huisleningsaansoeke
is vir 100% lenings.’ Dit impliseer dat die aansoeker nie van voorneme is om ʼn
deposito te betaal nie.
Die betaling van ʼn deposito, al is dit ʼn minimale bedrag, hou groot voordele vir
ʼn huiskoper in. Individue wat die vermoë om te spaar demonstreer, word
gewoonlik as ʼn laer risiko deur banke beskou.
Nuwe huiseienaars moet besef dat huiseienaarskap op verskeie wyses baie
duur is. Eerste keer huiseienaars is geneig om meer belangstelling in hoё
digtheidsbehuisingkomplekse te toon waar sommige van die gemeenskaplike
onkostes gedeel kan word, terwyl bestaande huiseienaars neig om af te skaal in
ʼn poging om die stygende lopende koste verbonde aan eiendom, te verminder.
“Diensfooie, erfbelasting en algemene onderhoudskoste van ʼn groter vrystaande
huis, raak vinnig baie en kan so duur raak dat die verbruiker dit nie meer kan
bekostig nie.” het Kellerman gesê.
[Aangepas uit www.fnb.co.za]
5.2.1 Identifiseer die tipe eienaarskap volgens die volgende eienskappe:
(a) “Groter vrystaande huis” (laaste paragraaf) (1)
(b) “Hoё digtheidsbehuisingskomplekse (derde paragraaf) (1)
5.2.2 Gee TWEE voordele verbonde aan die tipe eienaarskap in
VRAAG 5.2.1(b) wat duidelik na vore in die uittreksel kom. (2)
5.2.3 Bespreek die geldigheid van die stelling hieronder:
Belê in ʼn behuisingsontwikkeling wat winsgewende belonings oor die
langtermyn bied. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024) VERBRUIKERSTUDIES 15
5.3 Bestudeer die advertensie vir wasmasjiene hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.
ADVERTENSIE
WASMASJIEN A WASMASJIEN B
R8 700 R9 200
Koop dit op krediet Koop dit op krediet
Deposito: R480,00 Deposito: R 490,00
R550,00 x 24 maande R 570,00 x 24 maande
Totaal terugbetaalbaar: R13 680 Totaal terugbetaalbaar: R14 170
8 kg kapasiteit 16 kg kapasiteit
14 programme 13 programme
Energiedoeltreffendheid: A +++ Energiedoeltreffendheid: A
2 jaar waarborg 2 jaar waarborg
5.3.1 Die wasmasjiene kan kontant of op krediet gekoop word.
Noem die tipe krediettransaksie in die advertensie. (1)
5.3.2 Gee ʼn rede vir die verskil in koste van die wasmasjien as dit kontant of
op krediet gekoop word. (1)
5.3.3 ʼn Verbruiker kies om een van die wasmasjiene op krediet te koop. Die
verbruiker verstaan nie al die terme en voorwaardes van die kontrak
nie.
Noem die betrokke reg van die verbruiker asook die
verantwoordelikheid van die verkoper in hierdie spesifieke geval. (2)
5.3.4 Staaf waarom wasmasjien A die beter keuse vir ʼn jong professionele
dame met beperkte ruimte beskikbaar sal wees, en wie waarde aan die
verantwoordelike gebruik van hulpbronne heg. (4)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Downloaded from hlayiso.com
16 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2024)
VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP
6.1 Noem VIER maniere waardeur entrepreneurs volhoubare produksie van sy/haar
produkte kan verseker deur grondstowwe te gebruik. (4)
6.2 Noem DRIE redes waarom ʼn besigheid voorraadbeheer moet toepas. (3)
6.3 Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Maya is ʼn nagverpleegster in ʼn privaathospitaal en is geregtig op 14 dae af per
maand. Sy het ʼn natuurlike talent vir naaldwerk en ontwerp. Sy het naaldwerk as
vak op hoërskool geneem waar sy meer oor naaldwerk en ook patroon ontwerp
geleer het. Sy het ʼn vertrek in haar huis in ʼn naaldwerkkamer omskep. Sy het
twee nuwe naaimasjiene en een omkapmasjien van ʼn hoё gehalte, aangekoop.
Maya het twee werkers aangestel en opgelei om te verseker dat die artikels
betyds klaar gemaak word en ook om te help met die bestuur van die finansies
en aankope. Sy produseer artikels vir formele geleenthede soos matriekafskeide.
Sy gebruik 100% satynmateriaal wat plaaslik vervaardig word, om die artikels te
maak.
Sy skenk spesiale aandag aan elke klant en verseker dat al hul behoeftes
bevredig is. Twee weke voor die afleweringsdatum het die klante ʼn finale pas. Sy
bedien ook verversings aan haar tevrede kliënte.
[Eksaminator se eie teks]
6.3.1 Noem DRIE menslike hulpbronne wat Maya tot haar beskikking het. (3)
6.3.2 Bespreek waarom ʼn finansiële uitvoerbaarheidstudie vir Maya belangrik
is. (4)
6.3.3 Noem DRIE maniere hoe Maya kan gebruik om haar onderneming/
besigheid in die gemeenskap te adverteer. (3)
6.3.4 Verduidelik hoe die opleiding van ongeskoolde werkers die volhoubare
winsgewendheid van Maya se onderneming/besigheid sal verbeter. (6)
6.3.5 Skryf ʼn paragraaf om te verduidelik hoe Maya goeie kliёnteverhoudinge
bewerkstellig het. (6)
6.3.6 Lewer kommentaar oor die impak van gehaltebeheer en verduidelik die
verskillende stadiums waartydens Maya gehaltebeheer moet toepas. (6)
6.4 Verwys na die kwotasie hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
KWOTASIE VIR MATRIEKAFSKEIDROK
*4 meter materiaal @ R80,00 per meter
*Garing en knope of ritssluiter @ R20,00 per rok
*Oorhoofse koste en arbeid @ R300,00 per rok
6.4.1 Bereken die totale koste van een rok met ʼn winsopslag van 40%.
Toon ALLE berekeninge. (5)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 160
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Errata
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Errata

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)
More from Grade 12 Consumer Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Con Stu ATP 2023 24

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)
--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)
Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afr)

Question paper