Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2020
VERBRUIKERSTUDIES
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 





View all


--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)


CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2020 Afrikaans hlayiso.com
Consumer Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Pages
- 18
- File size
- 754.5 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 18
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
AFDELING PUNTE TYD (minute)
VRAAG 1: Kortvrae (Al die onderwerpe) 40 20
VRAAG 2: Die Verbruiker 20 20
VRAAG 3: Voedsel en Voeding 40 40
VRAAG 4: Kleding 20 20
VRAAG 5: Behuising 40 40
VRAAG 6: Entrepreneurskap 40 40
TOTAAL: 200 180
2. Al die vrae is VERPLIGTEND.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Skryf slegs met swart of blou ink.
7. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) VERBRUIKERSTUDIES 3
VRAAG 1: KORTVRAE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A‒D) langs die vraagnommers
(1.1.1‒1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 1.1. 21 D.
1.1.1 Die berekening van dié tipe rente neem nie die rente van die
beleggingsgroei in aanmerking nie:
A Saamgestelde rente
B Vaste rente
C Veranderlike rente
D Eenvoudige rente (1)
1.1.2 Die Wet wat die rentekoers deur kredietvoorsieners hef, beheer:
A Finansiële Intelligensie Wet
B Wet op Verbruikersbeskerming
C Nasionale Kredietwet
D Nasionale Verbruikerstribunaal (1)
1.1.3 Voedsel-items met ʼn nulkoers-BTW, sluit in …
A lensies, mielierys, melk en kaas.
B droë bone, vrugte, kaas en eiers.
C rys, stampmielies, eiers en bruinbrood.
D bruinbrood, melk, tuna en olie. (1)
1.1.4 Voorlopige belasting sal betaal word:
A Op ʼn maandelikse basis dieselfde tyd wat die inkomste verdien
word
B In twee paaiemente oor die belastingjaar versprei
C ʼn Enkele enorme bedrag aan die einde van die belastingjaar
D Maandeliks deur individuele met inkomste bo die
belastingdrempel (1)
1.1.5 Watter van die volgende sal bydra tot wanvoeding by mense wat aan
MIV/Vigs ly?
A Te veel onoplosbare veselinname
B Drink baie skoon en veilige water
C Eet ses klein maaltye per dag
D Eet baie vrugte en groente (1)
1.1.6 Thando het gastroënteris. Die hoof-komplikasie sal … wees.
A nierversaking
B dehidrasie
C hoes
D lewerbeskadiging (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2020)
1.1.7 ʼn Voordeel van die inname van lae GI-voedsel:
A Vernouing van are
B Cholesterolvlakke word goed beheer
C Bloedsuikervlakke word beter beheer
D Die pankreas is oorgestimuleer (1)
1.1.8 ʼn Voordeel van geneties gemodifiseerde voedsel:
A Geen chemikalieë of insekdoders word gebruik nie
B Afvalmateriaal word in die grond teruggeploeg
C Die gebruik van groeihormone en antibiotika
D Die gewasse groei vinniger, dus kan meer mense gevoed
word (1)
1.1.9 Die volgende tipe additiewe het ʼn negatiewe invloed op sommige
kinders se gedrag:
A Kleurmiddels
B Emulsifiseerders
C Stollingsagente
D Stabiliseerders (1)
1.1.10 Hierdie siekte word nie deur gekontamineerde water oorgedra nie:
A Hepatitis A
B Eschericheae-coli
C Tuberkulose
D Disenterie (1)
1.1.11 Die standaardmode bly in vir …
A ʼn seisoen.
B 2 tot 3 jaar.
C baie seisoene.
D 5 tot 6 jaar. (1)
1.1.12 Die veranderinge in romplengte is ʼn voorbeeld van:
A ʼn Neiging
B ʼn Silhoeët
C Massa-mode
D Couture (1)
1.1.13 Die faktor wat die hoeveelheid bedrag bepaal wanneer ʼn persoon
vir ʼn huislening aansoek doen:
A Plek
B Inkomstevlak
C Familiegrootte
D Beroep (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) VERBRUIKERSTUDIES 5
1.1.14 Indien jy besluit om ʼn huis te bou, moet jy seker maak dat die
bouer met die … geregistreer is.
A NHBRR
B SAUK
C NKW
D SAID (1)
1.1.15 … dien as ʼn vorm van sekuriteit vir die terugbetaling van ʼn lening.
A Kollateraal
B Verband
C Lening
D Subsidie (1)
1.1.16 Die kriteria wat oorweeg moet word wanneer huishoudelike
toestelle vir verbruikers met ʼn verskeidenheid gestremdhede
gekoop word:
A Beskikbare ruimte
B Universele ontwerp
C Energieverbruik
D Omgewingsimpak (1)
1.1.17 Vir ʼn besigheid om volhoubaar te wees, moet die ...
A totale bedrag geld ontvang gespaar word.
B wins behou word sonder om beskikbare kontant uit te put.
C produk vars en beskikbaar wees.
D personeel goed opgelei en vaardig wees. (1)
1.1.18 ʼn Moontlike risiko van te veel voorraad:
A Voorraad mag onbruikbaar of beskadig raak
B Die besigheid se reputasie kan skade ly
C Produksie raak stadiger
D Groot bestellings raak verlore (1)
1.1.19 ʼn Voorbeeld van goeie kliënteverhoudinge:
A Skenk later aandag aan klagtes eerder as onmiddellik
B Gebruik die terugvoering om dienste te verbeter
C Skakel kliënte terug as jy nie besig is nie
D Vra die winkelassistent om vriendelik te wees (1)
1.1.20 Hierdie aspek van ʼn besigheid verseker dat die produkte aan die
voorgeskrewe standaarde voldoen:
A Finansiële bestuur
B Voorraadbeheer
C Produkspesifikasie
D SWOT-analise (1)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2020)
1.2 Kies die voedselverwante siekte in KOLOM B wat by die bestuur in KOLOM A
pas. Skryf slegs die letter (A‒F) langs die vraagnommers (1.2.1‒1.2.4) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.5 G.
KOLOM A KOLOM B
BESTUUR VOEDSELVERWANTE SIEKTE
1.2.1 Vermy oortollige hoeveelhede A Anemie
proteïene wat kalsium uit die
bene onttrek
1.2.2 Verhoging van Vitamien C sal B Hoë bloedcholesterol
met die absorpsie van yster help
1.2.3 Dieetkundige berading om ʼn C Vetsug
gebalanseerde voedsel-inname
te verseker
1.2.4 Verminder die kilojoule-inname D Hoë bloeddruk
deur kleiner hoeveelhede
voedsel in te neem.
E Osteoporose
F Anoreksie nervosa
(4 x 1) (4)
1.3 Kies die verduideliking in KOLOM B om by ʼn term in KOLOM A te pas. Skryf
slegs die letter (A‒G) langs die vraagnommers (1.3.1‒1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld.1.3.6. H.
KOLOM A KOLOM B
TERM VERDUIDELIKING
1.3.1 Oorhoofse koste A Die vloei van geld in en uit ʼn besigheid
1.3.2 Kapitaal B Die koste van die produk word deur die
verkope gedek
1.3.3 Verkoopprys C Addisionele kostes soos lone, elektrisiteit,
water en skoonmaakmiddels
1.3.4 Wins D Die bedrag wat oorbly na die uitgawes van
die inkomste afgetrek is
1.3.5 Produksiekoste E Die prys soos vertoon op die produk wat alle
uitgawes insluit
F Geld of bates wat gebruik word om ʼn
besigheid te begin
G Die totale bedrag om vir materiaal en
oorhoofse koste te betaal
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) VERBRUIKERSTUDIES 7
1.4 Kies die korrekte woord/term in hakies. Skryf slegs die korrekte woord/term
langs die vraagnommers (1.4.1‒1.4.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 ʼn Stel reëls oor die kleredrag wat ʼn maatskappy verwag die werkers
moet dra word die (aantrekkode/gedragskode) genoem.
1.4.2 Die (markgroep/teikenmark) is ʼn groep potensiële kopers wat ʼn produk
sal koop.
1.4.3 Die (handelsmerk/handelmerkwet) maak dat die produk makliker
herkenbaar en onderskeibaar is van kompeterende produkte.
1.4.4 Die produksie van goedere om aan die basiese behoeftes van die
verbruiker te voorsien en om die kwaliteit van lewe te verbeter sonder
om die omgewing te beskadig, is ʼn volledige definisie vir (volhoubare
produksie/volhoubare winsgewendheid).
1.4.5 Lisensies soos bestuurslisensies en motorlisensies is vorme van
(direkte/indirekte) belasting.
1.4.6 (Korporatiewe drag/Slenterdrag) word ontwerp om ʼn maatskappy te
verteenwoordig en word by ʼn werkplek gedra. (6 x 1) (6)
1.5 Identifiseer VYF KORREKTE stellings uit die onderstaande lys wat die tipe
versekering wat van toepassing is op huiseienaars en hulle besittings
aantoon. Skryf slegs die letters (A–H) langs die vraagnommer (1.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
A Hierdie dekking beskerm werkers indien hulle beseer word terwyl hulle
op ʼn besigheidseiendom is.
B Hierdie polis beskerm begunstigdes sodat hulle nie ʼn verband hoef
terug te betaal as die eienaar te sterwe kom nie.
C Hierdie dekking sluit strukture soos ʼn motorhuis en ʼn swembad in.
D Hierdie dekking beskerm die familie teen die emosionele las om geld vir
ʼn begrafnis te soek.
E Hierdie polis dek ʼn struktuur van ʼn gebou teen skade wat deur natuurlike
rampe veroorsaak word.
F Dit dek enige mediese noodgevalle soos onverwagte siekte.
G Dit dek die verlies van huishoudelike goedere soos meubels en
toebehore weens diefstal.
H Hierdie polis kan permanente toebehore soos baddens en toilette insluit
en teen skade tydens ʼn vuur/brand beskerm. (5 x 1) (5)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 2: DIE VERBRUIKER
2.1 Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
Die regering het ʼn vyf weke inperking, van 27 Maart 2020 tot 30 April 2020,
as gevolg van Covid-19 ingestel. Die reeks van produkte vir huishoudings was
beperk; net sekere aankope is toegelaat. Statistiek SA het volgehou om die
prysveranderinge van items in die VPI-mandjie te meet, maar op ʼn kleiner
mandjie van goedere en dienste. Die inperking het dit genoodsaak om die
monitering van pryse van goedere op ʼn weeklikse basis as ʼn tydelike maatstaf
te doen.
[Aangepas uit Stats SA]
2.1.1 Skryf die afkorting VPI volledig uit. (1)
2.1.2 Die inperking het dit genoodsaak om die monitering van pryse van
goedere op ʼn weeklikse basis as ʼn tydelike maatstaf te doen.
Verduidelik hoe die monitering van die mandjie saamgestel is. (1)
2.1.3 Bespreek wat met die frase, ʼn mandjie van goedere en dienste bedoel
word. (2)
2.1.4 Verduidelik hoe die VPI gebruik word as ʼn indikator om inflasie te
meet. (3)
2.2 Lees die onderstaande stelling en beantwoord die vrae wat volg.
In Mei 2020 is die repokoers verlaag om die ekonomie wat verswak is deur
Covid-19 inperking, te ondersteun.
[Aangepas uit Cape Business News]
2.2.1 Noem die instelling wat die repokoers aanpas. (1)
2.2.2 Verduidelik hoe die verlaging van die repokoers die verbruiker wat
geld op sy kredietkaart skuld, sou affekteer. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) VERBRUIKERSTUDIES 9
2.3 Bestudeer die onderstaande inligting op die sirkelgrafiek wat die
belastinginkomste in Suid-Afrika aantoon en beantwoord die vrae wat volg.
BELASTINGINKOMSTE
Ander
7%
Aksynsbelasting
10%
Persoonlike
inkomste-
belasting
39%
Maatskappy
inkomste-
belasting
20%
BTW
24%
2.3.1 Identifiseer die tipe belasting wat die grootste inkomste voorsien. (1)
2.3.2 Noem die tipe belasting waarvan die regering geen inkomste tydens
die aanvanklike inperkingstydperk ontvang het nie. Bespreek waarom
daar geen inkomste ontvang is nie. (4)
2.4 Regverdig waarom dit elke burger se morele verpligting is om belasting te
betaal. (5)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING
3.1 Bestudeer die onderstaande tabel van twee gesondheidstafies en beantwoord
die vrae wat volg.
JUNGLE TREK
GRONDBOONTJIE- GRONDBOONTJIE-
ENERGIESTAFIE ENERGIESTAFIE
INLIGTING ALLERGENE: GLUTEN, KORING EN
VERWANT AAN GLUTEN (HAWERMOUT) SUIWELVRY
ALLERGENE EN GRONDBOONTJIES,
INTOLERANSIES KOEIMELK, NEUTE EN
SOJA
VOEDINGSWAARDE Per 100 g Per 100 g
Energie 2 170 kJ 1 548 kJ
Proteïne 13 g 18,5 g
Koolhidrate wat totale 38 g 46,7 g
suiker insluit 25,0 g 38,4 g
34,3 g 10,9 g
Totale vet waarvan
versadig vette is. 13,4 g 1,8 g
Dieetvesel 8,3 g 5,5 g
Totaal natrium 166 mg 0,8 g
3.1.1 Lys TWEE groepe voedselsensitiewe verbruikers wat die eet van die
Jungle-energiestafie moet vermy.
(MOENIE die allergene oorskryf nie.) (2)
3.1.2 Identifiseer van die voedingswaarde-inhoud, EEN regulasie wat deur
die voorgeskrewe formaat van die etikettering van ʼn voedselproduk
gevolg is. (1)
3.1.3 Noem die gesondheidsverwante toestand wat ʼn kan opdoen wat nie
die advies om hoë natrium-inname te vermy, volg nie. (1)
3.1.4 Noem die stafie met die hoogste natrium-inhoud. (1)
3.2 Skryf ʼn paragraaf om die gesondheidstoestand en oorsake van Tipe 1-diabetes
te beskryf. (5)
3.3 Onderskei tussen sistoliese bloeddruk en diastoliese bloeddruk om
bloeddruklesings te verduidelik. (4)
3.4 Bespreek DRIE redes waarom ʼn skraal vyf-en-vyftigjarige vrou makliker vatbaar
vir die ontwikkeling van osteoporose sal wees. (3 x 2) (6)
3.5 Noem TWEE voedselverwante siektes wat met ʼn gebrek aan persoonlike
higiëne geassosieer kan word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) VERBRUIKERSTUDIES 11
3.6 Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
PLANTGEBASEER IS AAN DIE TOENEEM
Globaal het ons ʼn fenomenale toename in plantgebaseerde maaltye gesien. ʼn
Suid-Afrikaanse Geregistreerde Dieetkundige en woordvoerder van die
Assosiasie van Dieetkunde, Kelly Scholtz, sê: “Dit is reeds duidelik dat meer
restaurante en handelaars in Suid-Afrika vleisalternatiewe, vegetariese en
veganprodukte aanbied om die neiging te ondersteun. Dit dui ook op ʼn groter
aanvraag na plantgebaseerde opsies vir verbruikers, te ondersteun.”
As ʼn proteïenbron sluit peulgroente droë bone, droë ertjies, keker-ertjies en
lensies in. Peulgroente is ʼn lae-vet bron met hoë vlakke van proteïen en
vesel. Hulle bevat ook belangrike vitamiene en minerale soos yster, kalium en
folaat.
VOLHOUBAARHEID IS ʼn MOET
Dié jaar en die jare hierna sal ons meer moet doen om die planeet te help.
Afggesien van uiterste weerstoestande en die uitwissing van spesies sal die
grootste impak van ʼn veranderde klimaat die invloed op menslike voedsel-
produksie en voedselbeskikbaarheid wees. Die wêreld se landbousisteem
soos dit tans is hang van die stabiliteit van die aarde se klimaat af.
Voedselprodukte sal waarskynlik duurder word indien dit nie volhoubaar
geproduseer word nie of as die verskriklike droogte en ander
klimaatsveranderinge die produksie meer uitdagend vir boere sal maak,
verduidelik Kelly.
[Aangepas en vertaal uit www.womenshealth.co.za. Toegang op 20 Januarie 2020 verkry.]
3.6.1 Noem die term wat met die onderstreepte woorde in die onderstaande
aanhaling verband hou:
“Die grootste impak van ʼn veranderde klimaat sal op menslike
voedselproduksie en voedselbeskikbaarheid wees.” (1)
3.6.2 Verwys na die paragraaf onder die sub-hoof: Plantgebaseer is aan
die toeneem.
Analiseer hoe ʼn persoon wat aan ʼn hartprobleem en hoë
cholesterolvlakke ly, sal baat vind as hy hoofsaaklik ʼn plantgebaseerde
dieet volg om sy siekte te bestuur. (5 x 2) (10)
3.6.3 Bespreek die implikasies wat droogte op voedselproduksie sal hê. (7)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 4: KLEDING
4.1 Bestudeer die onderstaande prente van ʼn pofbaadjie in die verskillende vorme
en beantwoord die vrae wat volg.
A Kontemporêre mode B Modelleer op die loopplank
C ʼn 1938 baadjie D Modeleier – Billie Eilish
[Bron: www.google images]
4.1.1 Beskryf die term kontemporêre mode in prent A. (2)
4.1.2 Teken ʼn skets van die modesiklus. Dui met ʼn pyltjie aan op jou skets
waar die kledingstuk in prent A op die modesiklus sal wees. Noem die
stadium langs die pyltjie. (2)
4.1.3 Verduidelik hoe die modestyle in prente B, C en D aangedui ʼn
modeontwerper kan beïnvloed wanneer ʼn kontemporêre kledingstuk
ontwerp word. (3 x 2) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) VERBRUIKERSTUDIES 13
4.2 Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vraag wat daarop volg.
Alle items is swart.
(Baadjie, romp, handskoene,
handsak, handsak, skoene en
sykouse)
Die ritssluiter in die middel van die
baadjie, gespe van die gordel en
skoenhakke is goud.
Wit kraleblomme op elke skoen.
[Bron: Google images]
Bespreek hoe die dame die pofbaadjie deel van haar professionele werksdrag
maak, sodat dit geskik vir professionele werksdrag is. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2020)
4.3 Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
Die Beter Katoen Inisiatief (BCI ‒ The Better Cotton Initiative) is die grootste
katoenvolhoubare program in die wêreld. Minder as 20% van katoen word
gegroei op ʼn manier wat mense en die omgewing aktief beskerm.
Ons uitgebreide programme van opleiding, praktiese demonstrasies en
kennis-meedeel help boere om die impak op die omgewing te verminder en
om werkersomstandighede te verbeter. Ons spreek multi-omgewings-
kwessies van grondgesondheid en insekdoder tot waterbeskerming aan – en
verhoog bewusmaking van werksgeleenthede sodat mense produktief in
omstandighede van vryheid, gelykheid, sekuriteit en menswaardigheid kan
werk. Die fokus is veral op die bevordering van vrouebemagtiging en
voorkoming van kinderarbeid.
[Bron: https://bettercotton.org]
4.3.1 Identifiseer uit die teks TWEE verskillende fokus-areas wat die woord
volhoubaar beskryf. (2)
4.3.2 Noem die term wat gebruik word vir ʼn maatskappy wie se produkte
vervaardig word volgens etiese praktyke wat mense en die omgewing
beskerm. (1)
4.3.3 Verduidelik hoe nie-organiese tekstiele as volhoubaar beskou kan
word deur te verwys na die manier waarop dit verbou/geproduseer
word.
Gee EEN voorbeeld van ʼn nie-organiese volhoubare gewas. (4)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) VERBRUIKERSTUDIES 15
VRAAG 5: BEHUISING
5.1 Lees die onderstaande scenario, bestudeer die tabel wat voorsien word en
beantwoord die vrae wat volg.
Billy wil ʼn deeltitel-woonstel as ʼn belegging koop. Hy het op twee moontlikhede
afgekom – beide op die grondvloer. Die een woonstel het een slaapkamer en
die ander een het twee slaapkamers.
Hy het navorsing gedoen en tot die gevolgtrekking gekom dat die mark wat kan
bekostig om R7 000,00 per maand te betaal groter is as die een van meer as
R8 250,00 per maand.
Hy moet die huur wat hy op die belegging sal ontvang in gedagte hou.
EIENDOM A: EEN EIENDOM B: TWEE
SLAAPKAMER SLAAPKAMER
GRONDVLOER GRONDVLOER
WOONSTEL WOONSTEL
Prys R740 000 R980 000
(geen oordragskoste) (oordragskoste R6 900)
Huur pm. R7 000 R8 250
Heffing pm. R977 R1 650
Belasting pm. R320 R420
Netto huur ontvang 9,25% jaarliks 7,25% jaarliks
pm – per maand [Bron: https://businesstech.co.za]
LET WEL: Netto huur ontvang is huurinkomste minus die direkte koste,
soos heffings, versekering en potensiële koste van herstelwerk.
5.1.1 Noem TWEE redes waarom Billy die koop van eiendom as ʼn
beleggingsopsie wil gebruik. (2)
5.1.2 Gee die naam van die kontrak waarvolgens Billy die eiendom gekoop
het. (1)
5.1.3 Bespreek deeltitel as ʼn vorm van eienaarskap. (6)
5.1.4 Verduidelik die term oordragskoste. (3)
5.1.5 Gee EEN rede waarom geen oordragskoste vir EIENDOM A betaal
word nie. (1)
5.1.6 Lys die finansiële verantwoordelikhede van ʼn huurder. (2)
5.1.7 Gebruik die inligting van die scenario en die tabel en kies watter
eiendom Billy moet koop. Regverdig jou antwoord met VIER redes. (5)
5.2 Verduidelik hoe verbandterugbetaling geaffekteer word indien rente deur die
veranderlike koers bereken word. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2020)
5.3 Beskryf die rol van die Aktekantoor wanneer ʼn huis gekoop word. (6)
5.4 Bestudeer die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.
Mnr. en mev. Khumalo wil ʼn skottelgoedwasser koop. Hulle werk beide en as
hulle ʼn skottelgoedwasser het sal hulle tyd gedurende die week bespaar.
Hulle het drie kinders onder die ouderdom van tien jaar oud. Hulle hou
daarvan om te onthaal en braai graag naweke, so die skottelgoedwasser sal
ook naweke handig wees.
Hulle kombuis het ingeboude spasie vir ʼn standaardgrootte
skottelgoedwasser. Hulle leef, onthaalruimte en kombuis is oopplan. Hulle het
navorsing op die internet gedoen en na twee opsies gekyk. Hulle is nie bereid
om meer as R4 400 vir die toestel te betaal nie.
Mev. Khumalo is van voornemens om oor die waarborg en afleweringskoste
uit te vind voordat sy ʼn skottelgoedwasser koop.
[Eie teks]
5.4.1 Beskryf DRIE kwessies wat die Khumalo-gesin moet oorweeg voordat
hulle ʼn skottelgoedwasser koop. (3)
5.4.2 Bespreek DRIE aspekte wat in aanmerking geneem moet word
rakende die omgewingsimpak wanneer hulle ʼn skottelgoedwasser
kies. (3)
5.4.3 Identifiseer VIER verbruikersverantwoordelikhede wat mev. Khumalo
nagekom het, voordat sy die aankoop gemaak het. (4)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) VERBRUIKERSTUDIES 17
VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP
6.1 Verduidelik die terme beste verkoop scenario en slegste-verkoop scenario. (6)
6.2 Lys VYF maniere hoe ʼn besigheid tyd in ʼn produksielyn effektief kan gebruik. (5)
6.3 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.
Yolanda bak en verkoop klein individuele broodjies wat ideaal is om met sop
te eet. Sy bak hulle in ʼn pan wat SES mini-broodjies vat.
Haar kostes is as volg:
Koste van bestanddele vir een pan: R35,00
Oorhoofse koste: R40,00
Wins: 60%
6.3.1 Noem DRIE belangrike vereistes van verpakking wat op haar brood
van toepassing is. (3)
6.3.2 Bereken die verkoopprys van een mini-broodjie. Toon ALLE
bewerkinge. Rond dien antwoord af tot die naaste rand. (6)
6.4 Lees die onderstaande onderhoud en beantwoord die vrae wat volg.
ʼn Onderhoud met Maholo Ratau, ʼn entrepreneur wat kontemporȇre Afrika
klere en bykomstighede produseer.
Hoe het jou besigheid begin?
In 2011 het ek na ʼn begrafnis gegaan. Almal het die hoed wat ek opgehad het
bewonder; toe neem ek bestellings. Teen Donderdag die volgende week, het
ek 10 hoede verkoop en dit is waar my passie vir die besigheid begin het. Ek
het begin om hoede te ontwerp en dit in my vrye tyd gemaak. Aangesien ek
nog voltyds by ʼn finansiële maatskappy gewerk het, het ek dit by ʼn klein
stalletjie by ʼn naweekmark verkoop.
Wat het daarna gebeur?
Ek het aangehou om hoede by die mark en werk te verkoop. My besigheid
het gegroei van hoede verkoop tot die verkoop van klere. Ek het begin om
tradisionele klere te ontwerp en te maak, terwyl ek nog voltyds gewerk het. Ek
het my handelsmerk ‘Ledikana’ genoem omdat die dorpie waar ek groot
geword het, my ma altyd Ledikana genoem het. Sy het van mooi goed,
insluitende mode en hoede, gehou. Ek het my besigheid met my spaargeld
gefinansier.
Wanneer het jou besigheid ʼn voltydse werk geword?
In 2014 het ek besluit dat dit die regte tyd was om my werk te los. Ek het my
eerste winkel by die OR Tambo Internasionale Lughawe oopgemaak en die
toeriste was lief vir my kleurvolle etniese ontwerpe. In 2016 het ek nog ʼn
winkel in Johannesburg oopgemaak. Ek het met een naaldwerkster begin en
nou verskaf ek werk aan 12 voltydse werkers.
Wat is jou toekomsplanne en aspirasies vir jou maatskappy?
Om die handelsnaam te laat groei. Tans verkoop ek mans-, dames- en
kinderklere. Ek gaan ʼn nuwe reeks met grimeersakkies en elegante nuwe
sjaals/tjalies vrystel.
[Bron: lionessesofafrica.com/blog/2019/11/15]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2020)
6.4.1 Kies ʼn sin uit die onderhoud wat aandui dat Mapholo se benoeming van
haar handelsnaam belangrik vir haar besigheid was. (1)
6.4.2 Identifiseer VIER faktore uit die eerste twee paragrawe wat verseker
dat Mapholo se besigheid die potensiaal gehad het om winsgewend te
wees. (4)
6.4.3 Identifiseer die faktor wat oorweeg moet word by die keuse van ʼn
geskikte produk vir ʼn besigheid wanneer Mapholo se kliënte gaande
was oor haar ware by die eerste winkel. (1)
6.4.4 Gee TWEE voordele van Mapholo se direkte verkope by die
naweekmark. (2)
6.4.5 Mapholo het personeel aangestel. Lys VIER redes waarom dit voordelig
is om personeel op te lei. (4)
6.4.6 Mapholo is ʼn suksesvolle entrepreneur.
Analiseer die stappe wat Mapholo geneem het sedert die begin van
haar besigheid totdat sy voltydse werkers aangestel het, wat ʼn
positiewe impak op haar besigheid gehad het, wat veroorsaak dat dit
suksesvol is, (8)
[40]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2023 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2022 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2021 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2022 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans hlayiso.com
More from Grade 12 Consumer Studies
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Con Stu ATP 2023 24

Memorandum
CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT 2025 AFR

Memorandum
Consumer Studies Nov 2025 MG Afr
--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)
Memorandum
Consumer Studies Nov 2025 MG Afr (1)

Errata
Consumer Studies Erratum Sept 2024 hlayiso.com

Memorandum





