NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2023
VERBRUIKERSTUDIES
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
Skip to contentAll 2023 papers 





View all


--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)


Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)
Grade 12 Consumer Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Consumer Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2023
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2023
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2023)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae:
VRAAG INHOUD PUNTE TYD (MINUTE)
AFDELING A (Kortvrae)
1 Kortvrae (Al die onderwerpe) 40 20
AFDELING B (Langvrae)
2 Die Verbruiker 40 40
3 Voedsel en Voeding 40 40
4 Kleding 20 20
5 Behuising 20 20
6 Entrepreneurskap 40 40
TOTAAL: 200 180
2. AL die vrae is VERPLIGTEND.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
gebruik word.
4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. Jy mag ʼn sakrekenaar gebruik.
6. Skryf slegs in swart of blou ink.
7. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) VERBRUIKERSTUDIES 3
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.1.21 D.
1.1.1 Die doel van die Verbruikersprysindeks (VPI) is om …
A die pryse van basiese voedselitems te bepaal.
B die amptelike koers van inflasie te bereken.
C die invloed op verhoging in pryse te assesseer.
D die huidige rentekoers te bepaal. (1)
1.1.2 Aksynbelasting (sondebelasting) word op daaglikse verbruikers-
goedere soos … gehef.
A goedere en dienste
B suiker en sjokolade
C wyn en Coke
D alkohol en tabak (1)
1.1.3 Kies die stelling wat NIE waar oor grysgoedere/parallel goedere is NIE.
A Grysgoedere word wettig verkoop.
B Grysgoedere word deur die vervaardiger versprei
C Grysgoedere sal deur die verkoper herstel word
D Grysgoedere het ʼn wettige waarborg (1)
1.1.4 ʼn Verbruiker wat ʼn kredietooreenkoms weg van die besigheidsplek
onderteken is geregtig om die kontrak binne vyf dae te kanselleer.
Dit staan as ... bekend.
A uitsluitingsklousule
B afkoelingsperiode
C verlengde waarborg
D onbillike sakepraktyke (1)
1.1.5 Stowwe wat die groei en ontwikkeling van diere en plante versnel.
A Hormone
B Insekdoders
C Antibiotika
D Onkruiddoders (1)
1.1.6 Stowwe wat ʼn allergiese reaksie kan veroorsaak.
A Ensiem
B Laktose
C Allergie
D Allergene (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2023)
1.1.7 Die voering van die dunderm is beskadiging as gevolg van …
A voedselallergieë.
B laktose-intoleransie.
C seliaksiekte.
D bulimie-afwyking. (1)
1.1.8 Voedselsekerheid in Suid-Afrika word negatief beïnvloed wanneer …
A oortollige landbouprodukte wat in seisoen is uitgevoer word.
B werkers in die landbou-industrie ʼn gebrek aan vaardighede in die
voedselproduksie het.
C ruimtes wat as ashope gebruik word skoon gemaak en bemes is.
D self-onderhoudendheid deur die regering word aangemoedig. (1)
1.1.9 ʼn Geskikte versnapering vir ʼn persoon wat gluten-intolerant is.
A Roomkaas op rogbrosbrood
B Roomkaas op koringkraakbeskuitjies
C Sout hawermoutbeskuitjies met konfyt
D Kaas op ryskoekies (1)
1.1.10 Watter van die volgende tekstiele is ekovriendelik?
A Hemp
B Lycra
C Rayon
D Viskose (1)
1.1.11 “Winter-2023 gaan oor gemak en groot klere wat uitstaan en aandag
trek.” Die term verwys na …
A klassieke mode.
B outydse (‘vintage’) styl.
C modeneigings.
D modegier. (1)
1.1.12 (“Up cycling”) / Groen hernubaar kan die beste gedefinieer word
as …
A vesels wat met sorg behandel word om langer te hou.
B om iets nuut van ʼn ou kledingstuk te maak.
C slegs plaaslik vervaardigde tekstiele word gebruik.
D ʼn proses van nuwe vesels in klere te weef. (1)
1.1.13 Die tipe versekering wat die struktuur van ʼn huis teen beskadiging
beskerm.
A Huiseienaarsversekering
B Lewensversekering
C Verbandbeskermingsversekering
D Huishoudelike versekering (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) VERBRUIKERSTUDIES 5
1.1.14 ʼn Finansiële verantwoordelikheid wat nie van toepassing is by die huur
van ʼn huis.
A Huishoudelike versekering
B Water en elektrisiteit
C Munisipale dienste
D Huisbelasting (1)
1.1.15 Watter van die volgende stoofplate kook die vinnigste en gebruik die
minste elektrisiteit?
A Spiraalplaat
B Glaskookblad
C Induksiekookblad
D Soliedeplaat (1)
1.1.16 Vereistes vir ʼn goeie advertensie:
A Kleurvol, aantreklik, tref die oog en verhoog verkope
B Kleurvol, netjies, duidelike skrif met vervaardiger se kontak-
besonderhede
C Aantreklik, kleurvol, trek aandag en lei tot verkope
D Trek aandag, wek belangstelling, skep ʼn begeerte en lei tot aksie (1)
1.1.17 Beplanning van die produksieproses is belangrik om …
A kompetisie tussen werkers te verhoog.
B die stoor/bergings omstandighede te verbeter.
C die spoed waarteen werk gedoen word te verhoog.
D kommunikasie met kliënte te verbeter. (1)
1.1.18 Direkte verkope is wanneer ʼn vervaardiger …
A direk aan die groothandelaar verkoop.
B hulle eie winkel het om goedere te verkoop.
C mense betaal om goedere te demonstreer.
D direk aan die handelaar verkoop. (1)
1.1.19 Die proses wat gebruik word om te sien of die besigheid die potensiaal
het om suksesvol te wees.
A Uitvoerbare studie
B Beste verkoop scenario
C Finansiële projeksie
D Marknavorsing (1)
1.1.20 Die spesifieke groep kliënte wat heel waarskynlik die produk of dienste
sal koop.
A Kompeteerders
B Teikenmark
C Kliënte basis
D Marksegment (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2023)
1.2 Kies die beskrywing in KOLOM A wat by die term in KOLOM B pas. Skryf slegs
die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 I.
KOLOM A KOLOM B
BESKRYWING TERM
1.2.1 Aktrise Jenna Ortega dra ʼn mooi, unieke A Kleredragkode/
ontwerpers rok na ʼn rooi tapyt funksie klerekode
1.2.2 Ben dra dieselfde pak klere en das wat B uniform
hy na sy matriek afskeid gedra het, na sy
vriend se troue
1.2.3 Salma dra ʼn moderne nuwerwetse C klassieke
uitrusting wat sy by ʼn plaaslike
afdelingswinkel gekoop het
1.2.4 Joe dra ʼn kakie-broek en die hoed van ʼn D koöperatiewe drag
soldaat
1.2.5 Zandi dra ʼn deftige grys hemp en E verouderde mode
donkerblou baadjie werk toe, soos deur
die werkgewer vereis word
F haute couture
G kontemporêre mode
H eko-mode
(5 x 1) (5)
1.3 Kies die beskrywing in KOLOM B wat pas by die voedselverwante siekte in
KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.3.1 tot
1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.4 F.
KOLOM A KOLOM B
VOEDSELVERWANTE BESKRYWING
SIEKTES
1.3.1 Hepatitis A A ʼn infeksie wat ʼn verhoging in die bloeddruk as
gevolg van die onttrekking van sodium
veroorsaak
1.3.2 E-coli infeksie B inflammasie in die binnevoering van die maag,
dunderm en dikderm in reaksie op ʼn infeksie
1.3.3 Gastroënteris C ʼn hoogs aansteeklike lewersiekte wat veroorsaak
word deur ʼn virus en deur feses/ontlasting
uitgeskei word
D ʼn geïnfekteerde siekte wat hoogs aansteeklik is
en val gewoonlik die longe aan
E ʼn bakterieë wat in beesvleis en groente voorkom
en infeksie in die dikderm kan veroorsaak
(3 x 1) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) VERBRUIKERSTUDIES 7
1.4 Gee EEN woord/term vir elke van die onderstaande beskrywings. Skryf slegs
die term/woord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 ʼn Dokument wat aan die verkoper gegee word waar die koper
belangstelling toon om die eiendom vir die spesifieke bedrag te koop
1.4.2 Die groep mense wat die daaglikse administrasie van ʼn deeltitel
eienaarskap behartig
1.4.3 ʼn Ooreenkoms waar die bank geld aan die koper leen om ʼn eiendom te
koop en koper belowe om dit af te betaal
1.4.4 ʼn Dokument met riglyne wat bepaal dat een party ʼn bedrag aan ander
party betaal om ʼn eiendom te bewoon
1.4.5 Die koper word die wettige eienaar van die hele eiendom
(5 x 1) (5)
1.5 Identifiseer DRIE vereistes vir hoë kwaliteit produkte van die onderstaande
opsies gelys.
A Beskikbaarheid van finansies
B Goeie kwaliteit grondstowwe word gebruik
C Gereelde beheer van voorrade
D Goeie higiëne van werkers
E Gereelde onderhoud van toerusting
F Aantreklike verpakking gebruik vir aanbieding (3 x 1) (3)
1.6 Kies die beste VIER maniere uit die onderstaande lys hoe ʼn verbruiker
elektrisiteit verantwoordelik kan gebruik wanneer hy/sy ʼn geiser vir die
verwarming van water gebruik.
A Stel die geiser op ʼn vaste temperatuur van 60 ̊C.
B Bad in warm water in plaas van om ʼn warm stort te neem.
C Neem ʼn warm stort in plaas van ʼn warm bad.
D Isoleer die geiser met ʼn kombers om hitteverlies te voorkom.
E Plaas ʼn emmer onder ʼn druppende warmwaterkraan.
F Installeer ʼn sonverhittingeenheid wat aan die geiser gekoppel is.
G Installeer ʼn tydreëlaar wat elke 3 uur aanskakel.
H Stel die geiser tot ʼn temperatuur van 70 ̊C in die winter.
(4 x 1) (4)
[40]
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2023)
AFDELING B
VRAAG 2: DIE VERBRUIKER
2.1 Noem die hoofbron van inkomste vir die Suid-Afrikaanse regering. (1)
2.2 Skryf die afkorting vir LBS volledig uit. (1)
2.3 Verduidelik die onderstaande terme.
2.3.1 Waarborg (2)
2.3.2 Garansie (2)
2.4 Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg.
[Bron: https://gateway.stmarytx.edu/group/its/infrastructure-network-
security/rattlerbytes/2021/rb032021]
2.4.1 Identifiseer die tipe bedrogspul wat in die spotprent geïllustreer word. (1)
2.4.2 Waarom sal verbruikers so vatbaar vir hierdie tipe bedrogspul wees? (1)
2.4.3 Maak ʼn verbruiker bedag op TWEE waarskuwingstekens van hierdie
tipe bedrog. (2)
2.5 Bespreek hoe die volgende tipe belastings die verbruiker se besteebare
inkomste beïnvloed.
2.5.1 BTW (2)
2.5.2 Eiendomsbelasting (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) VERBRUIKERSTUDIES 9
2.6 Die onderstaande illustrasie verteenwoordig ʼn piramideskema.
[Bron: Google images]
2.6.1 Verduidelik hoe ʼn piramideskema werk. (2)
2.6.2 Differensieer hoe die verbruiker deur ʼn wettige multi-vlak bemarking en
ʼn piramideskema geaffekteer word.
Tabuleer jou antwoord soos volg:
Wettige piramiede-skema Piramide
(multivlak bemarking) skema
Effek op die verbruiker (2) (2) (4)
2.7 Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vraag wat volg.
Ekonomiese verknorsing kan maak dat meer Suid-Afrikaners in 2023 aan
stokvelle deelneem
“Die aantal Suid-Afrikaners wat aan ʼn stokvel behoort in 2023 sal toeneem te
midde van mark onstabiliteit”, sê die voorsitter en ontdekker van die Nasionale
stokvel vereniging van Suid-Afrika (Nasasa) Andrew Lukhele.
[Bron: https://www.news24.com/fin24/economy/economic-crunch-could-see-more-south-
africans-turn-to-stokvels-in-2023-20230115]
2.7.1 Bespreek die redes waarom stokvelle toeneem en hoe die verbruiker
voordeel kan trek deur by ʼn stokvel aan te sluit. (5)
2.8 Die Nasionale staatskas verkry geld deur belasting en versprei dit aan staats-
departemente, sodat burgers voordeel kan trek.
2.8.1 Beskryf maniere hoe munisipaliteite die fondse kan aanwend om
dienslewering aan burgers te verbeter. (5)
2.9 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
Inflasie het tot 7,2% in Desember 2022 gedaal, verligting van November se
7,4%. Desember se lesing is die laagste inflasie koers vanaf Mei.
[Bron: https://www.focus-economics.com/country-indicator/south-africa/inflation#:~:
text=FocusEconomics%20 Consensus%20Forecast%20panelists%20see, %2C%20 and%
204.6%25%20in%202024]
2.9.1 Definieer die term inflasie. (2)
2.9.2 Analiseer die impak van verlaagde inflasiekoers op die verbruiker in die
tydperk. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2023)
VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING
3.1 Noem DRIE voordele van organies geproduseerde voedsel op die natuurlike
omgewing. (3)
3.2 Gee redes waarom die volgende additiewe by voedsel gevoeg word:
3.2.1 Lesitien (2)
3.2.2 Vitamien C (askorbiensuur) (2)
3.2.3 Swaweldioksied (1)
3.3 Dixie en Freya lei albei aan eetversteurings. Dixie het aansienlik gewig verloor,
terwyl Freya nie baie gewig verloor het nie. Hulle het albei die begeerte om
skraal te wees.
3.3.1 Identifiseer die eetversteurings wat Dixie en Freya aan ly.
3.3.2 Beskryf hul eetgewoontes.
Herteken die onderstaande tabel en voltooi die inligting wat weggelaat is:
Dixie Freya
3.3.1 Eetversteuringe (1) (1)
3.3.2 Eetgewoontes (2) (2) (6)
3.4 Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
Meer as ʼn kwart van Suid-Afrikaners lewe met vetsug. Ons is in die top 20%
van die mees vetsugtige nasies in die wêreld.
[Bron: https://bhekisisa.org/health-news-south-africa/2021-09-21-the-sugar-tax-is-working-
now-double-it/]
3.4.1 Gee TWEE hoofredes vir vetsug. (2)
3.4.2 Skryf ʼn paragraaf oor die bestuur van vetsug.
Maak spesiale verwysing aan lewensstyl veranderinge, koolhidrate en
vetinname. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) VERBRUIKERSTUDIES 11
3.5 Bestudeer die onderstaande etiket en beantwoord die vrae wat volg.
Per
Tipiese Voeding
Per 100 g bediening
Inligting as verpakking
37,5 g
Energie 1 480 Kj 555 Kj
Proteïne 11,1 g 4,2 g
Koolhidrate waarvan 66 g 25 g
totale suiker 2g 0,8 g
Totale vet 2,3 g 0,9 g
Waarvandaan:
transvet 1,0 g 1,0 g
versadigde vet 0,5 g 0,2 g
mono onversadigde
Laag in vet vette 0,3 g 0,1 g
Hoog in vesel poli-onversadigde
vette 1,4 g 0,5 g
Cholesterol 0 mg 0 mg
Dieetvesel 11,6 g 4,4 g
Totaal natrium 241 mg 90 mg
[Bron: https://www.alpenfood.co.za/nutrific/products/nutrific-wholewheat-biscuits]
3.5.1 Noem die bestanddeel op die voedseletiket wat vermy moet word deur
ʼn persoon wat gluten-intolerant is. (1)
3.5.2 Beskryf die toestand gluten-intoleransie. (4)
3.5.3 Die etiket noem dat Nutrific-pap laag in vet en hoog in vesel is.
Regverdig die korrektheid van die eis deur die volgende vereistes:
(a) Laag in vet (2)
(b) Hoog in vesel (2)
3.6 Datumstempels verskyn op die voedsel-verpakkings. Bespreek die implikasie
van die ‘gebruik-teen-datum’ op etikette vir die verbruiker. (3)
3.7 Evalueer die onderstaande spyskaart vir ʼn persoon wat laktose-intolerant is.
Ontbyt Spyskaart
Muesli met amandels
Gewone Griekse Joghurt
Omelette met salm en kaas
Koffie/Tee
(6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2023)
VRAAG 4: KLEDING
4.1 Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
MAANSTEWELS (‘MOON BOOTS’)
Die opgestopte, gemaklike winter stewels het ʼn populêre gier na die Apollo-11
maanlanding geword.
Hulle was oorspronklik as “apres ski-drag” en deur die vervaardigers Tecnica
Group of Giavera del Montello in Italië ontwerp, nadat stewelontwerper
Giancarlo Zanatta geïnspireer is deur die opgestopte skoene van Neil
Armstrong en sy span tydens die maanlanding in Julie 1969. Die
ontwerperspan by Tecinca het ʼn stewel geïnspireer deur die NASA voorkoms
vervaardig.
Die gewildheid van Maanstewels (‘Moon Boots’) het in 1970’s en 1980’s
toegeneem. Hulle het in reënboog kleure voorgekom en het enige kind soos ʼn
ruimtevaarder laat voel.
Tecnica het eers die handelsnaam Maanstewel (‘Moon Boot’) in 1978
geregistreer en teen daardie tyd was daar verskeie namaaksels op die mark.
Die stewels was ‘herlewe’ (‘rebooted’) in die nuwe millennium en word in
Oekraine vervaardig.
[Bron: https://nostalgiacentral.com/pop-culture/fashion/moon-boots/]
Moon Boot, advertensie veldtog Die populêre ‘Maanstewel (Moon
1980. Boot) van die vroeë tyd, is hier om te
Foto Maanstewel (Moon Boot). bly, met ander woorde ʼn moet hê
winter stewels van 2023.
[https://www.domusweb.it/en/design/2022/12/ [https://wwd.com/shop/shop-fashion/
11/la-perenne-attualit-dei-moon-boot- celebrity-moon-boots-trend-1235459231/]
dallallunaggio-a-tiktok.html]
4.1.1 Gee die korrekte mode-term vir die woord (herlewe/‘rebooted’) soos
wat dit in die teks gebruik word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) VERBRUIKERSTUDIES 13
4.1.2 Bestudeer die onderstaande grafiek:
Identifiseer die kurwe wat die gier verteenwoordig. (1)
4.1.3 Definieer die volgende terme soos in die teks gebruik word.
(a) Handelsmerk (2)
(b) Namaaksel (2)
4.1.4 Verduidelik die negatiewe ekonomiese impak van die vervalsing van
die Maanstewel (Moon Boot) handelsmerk. (4)
4.2 “Bamboes word as een van die wêreld se mees volhoubaarste vesel beskou.”
[Bron: https://www.mungo.co.za/yarn/bamboo/]
Beskryf waarom bamboes as volhoubare vesel beskou word. (3)
4.3 Verduidelik hoe nuwe tegnologie ʼn impak op modeveranderinge kan hê. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2023)
4.4 Analiseer die geskiktheid van die uitrusting vir ʼn mode-tydskrif uitgewer.
Die uitrusting bestaan uit:
Vlootblou pak (Baadjie en
broek)
Geblomde bo-stuk
Goue hoepel oorbelle
Goue nekstuk
Goue horlosie met armband
Vlootblou skoene
Ligbruin handsak
[Bron: www.pinterest.com] (4)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) VERBRUIKERSTUDIES 15
VRAAG 5: BEHUISING
5.1 Bestudeer die onderstaande advertensie en beantwoord die vrae wat volg.
NUWE EIENDOMSONTWIKKELING
Koop van hierdie betroubare ontwikkelaar. Jy kan in die eenheid bly of dit
uithuur.
• 1-, 2- en 3-slaapkamer eenhede beskikbaar
• Alle eenhede kom met ʼn parkeerplek en ʼn 3 m2 balkon
• Maklike toegang tot vervoerroetes
• Elektriese perimeter omheining met 24-uur sekuriteit
• Geen oordragskoste betaalbaar
Kontak die ontwikkelaar op 075 432 6754
5.1.1 Verwys na die advertensie hierbo en identifiseer die tipe
huiseienaarskap. (1)
5.1.2 Gebruik die inligting in die advertensie en noem DRIE voordele om een
van die eenhede te kies. (3)
5.1.3 ʼn Verbruiker stel belang om een van die eenhede te koop, en wil seker
maak dat die bouer geregistreer is. Noem die organisasie met wie die
bouer geregistreer moet wees. (1)
5.1.4 Die eienaar van die eenhede moet ʼn heffing betaal. Noem TWEE
gebruike waarvoor heffings vir hierdie tipe huiseienaarskap gebruik
word. (2)
5.1.5 Verskaf TWEE voordele en TWEE nadele vir die bou van ʼn huis.
Tabuleer jou antwoord soos volg.
Voordele van bou Nadele van bou
• •
• •
(2 x 2) (4)
5.2 Bestudeer die onderstaande advertensie en beantwoord die vrae wat volg.
Hisense 235 L regopstaande vrieskas H3I0US
Die Hisense 235 L Regopstaande vrieskas het ʼn A+ energie verbruik, multi-lug-
vloei, geen vries, deur alarm en ʼn super vrieskas funksie wat die temperatuur
verlaag vir ʼn kort periode om inkopies teen die korrekte temperatuur vars te
hou.
5.2.1 Noem ʼn ander tipe vrieskas wat vir die verbruiker beskikbaar is. (1)
5.2.2 Watter funksie dui aan dat die vrieskas omgewingvriendelik is? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2023)
5.2.3 Bespreek die impak van menslike en nie-menslike energieverbruik
wanneer hierdie vrieskas gebruik word . (2 x 2) (4)
5.2.4 Bereken die totale koste van ʼn afbetalingsverkoopstransaksie deur die
volgende inligting te gebruik. (Toon ALLE berekeninge.)
Kontant verkope: R5 800,00
Deposito: R1 500,00
Rente: 20% (3)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2023) VERBRUIKERSTUDIES 17
VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP
6.1 Verduidelik die volgende terme met betrekking tot klein besigheidspraktyke:
6.1.1 Aanvangskoste (2)
6.1.2 Volhoubare winsgewendheid (2)
6.2 Noem TWEE faktore wat by die bemarkingstrategie oorweeg moet word. (2)
6.3 Beskryf hoe ʼn entrepreneur goeie kliënteverhouding kan handhaaf. (3)
6.4 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.
Katie is ʼn hardwerkende en kreatiewe vrou met ʼn passie vir stukwerk en
naaldwerk. Sy bly in ʼn historiese dorp en het begin om handgemaakte lap-poppe
te maak en dit by ʼn plaaslike toerismewinkel te verkoop.
Die poppe word van herwonne stukke kleding gemaak. Katie het navorsing oor
groente as natuurlike kleurstowwe gedoen en het uitgevind dat beet en avokado-
pitte die beste werk. Sy het probeer om die afval te verminder deur gebruik te
maak van klein afvalstukke as stopsels vir die poppe. Elke pop is in ʼn 1kaliko
saamtrek sak verpak wat as ʼn bergingsak vir die pop of ʼn dra sak kan dien.
Mondelingse advertensie het haar verkope vermeerder. Selfoonfoto’s het vinnig
die nuus op sosiale media platforms versprei, hoewel sy nie daarvan bewus was
nie. Bestellings van produkte het vinniger ingekom as wat sy kon hanteer. Katie
het twee ongeskoolde dames van die gemeenskap aangestel om haar met die
produksie te help. Sy het hulle opgelei en hulle toegelaat om van die huis te werk
omdat vervoer te duur was en nie altyd beskikbaar is nie.
ʼn Aanlyn-winkel was vir meer blootstelling geskep. Kliënte het die opsie gehad
om hulle poppe in terme van velkleur, haarkleur en rokke te verpersoonlik.
Basiese poppe was gereeld geproduseer en op bestelling verpersoonlik.
[Eksaminator se eie teks]
1Kaliko – is ʼn gewone geweefde tekstiel wat gemaak is van half-geprosesseerde
en ongebleikte katoen vesels. Dit is ʼn growwe kleedstof, nie so sterk soos denim
of kanvas (seilmateriaal) en nie so fyn soos moeselien nie. Kaliko is oor die
algemeen goedkoop weens die onafgewerkte natuur en die feit dat dit
ongekleurd en rou is.
6.4.1 Identifiseer die faktore wat verseker het dat Katie se besigheid die
potensiaal het om winsgewend te word. (2)
6.4.2 Verduidelik die voordele om die twee werkers op te lei. (4)
6.4.3 Beskryf enige TWEE prys-strategieë wat Katie kan gebruik om die
verkoopprys van haar poppe te bepaal. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2023)
6.4.4 Beskryf hoe elk van die volgende Katie se besigheid suksesvol bemark.
(a) Mondelingse reklame (2)
(b) Selfoonfoto’s (3)
6.5 Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
Die koste van die materiaal om die 8 poppe te maak is R240,00.
Lone betaal R1 000,00, ander uitgawes R500,00.
Katie voeg 70% winsopslag by.
(a) Bereken die verkoopprys van EEN lappop.
Rond die verkoopprys tot die naaste rand af. Toon ALLE berekeninge. (6)
(b) Bereken die wins wat op elke pop gemaak word. Toon ALLE
berekeninge. (2)
6.6 Analiseer of Katie se besigheid volhoubaar in sy produksie sal wees, in sy
toegewydheid tot die maak van ʼn groen (omgewingsvriendelik) produk. (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 160
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)
More from Grade 12 Consumer Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Con Stu ATP 2023 24

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)
--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)
Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Errata
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Errata

Memorandum