Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2021
VERBRUIKERSTUDIES
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Skip to contentAll 2021 papers 





View all


--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)


Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)
Grade 12 Consumer Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Consumer Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2021
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 661.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2021
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER2021)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae:
VRAAG INHOUD PUNTE TYD
(minute)
1 Kortvrae (Al die onderwerpe) 40 20
2 Die Verbruiker 40 40
3 Voedsel en Voeding 40 40
4 Kleding 20 20
5 Behuising 20 20
6 Entrepreneurskap 40 40
TOTAAL: 200 180
2. Al die vrae is VERPLIGTEND.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy.
5. Jy mag ʼn sakrekenaar gebruik.
6. Skryf slegs met swart of blou ink.
7. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) VERBRUIKERSTUDIES 3
VRAAG 1: KORTVRAE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1. 21 D.
1.1.1 Die … beheer die maksimum rentekoers wat deur kredietvoorsieners
gehef kan word.
A Heraankopekoers
B Reserwe Bank
C Verbruikersprysindeks
D Nasionale Kredietwet (1)
1.1.2 As ʼn apparaat ʼn A-gradering energie effektiewe etiket ontvang het,
beteken dit dat …
A minder eenhede elektrisiteit word gebruik.
B dit minder effektief elektrisiteit gebruik.
C dit jou meer sal kos om te gebruik.
D die werking swakker sal wees. (1)
1.1.3 Munisipaliteite vra verbruikers om te betaal vir dienste soos:
A Gesondheidskliniek, straatligte, water en elektrisiteit
B Sanitasie, publieke biblioteek en beheer van verkeer
C Water, elektrisiteit, sanitasie en afvalverwydering
D Ontspanning, afvalverwydering en gesondheidsklinieke (1)
1.1.4 Die belastingdrempel is die inkomstevlak …
A onder die minimum belasbare inkomste.
B bo die belasbare inkomstevlak.
C wat die bedrag betaalbaar vir belasting sal verhoog.
D wat belasting vry is op die belasting tabelle. (1)
1.1.5 Die indeks op ʼn skaal van 1–100 vir die koolhidrate groep wat die
glukosevlak in die bloed vinnig sal laat styg nadat dit geëet is.
A 1–55
B 70 of meer
C 56–69
D 54 of minder (1)
1.1.6 ʼn Voedsel-additief wat galsterigheid in vette voorkom:
A Emulsifiseerder
B Stabiliseerder
C Preserveermiddel
D Anti-oksidant (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER2021)
1.1.7 Die nutriënt-inhoud op die etiket van ʼn produk vir sodium is 120 mg
per 100 g. Dit beteken die sout inhoud is ...
A hoog.
B baie laag.
C laag.
D basies vry. (1)
1.1.8 Die verkoop-teen-datum beteken …
A die laaste datum op die produk vir verkope.
B dieselfde as ʼn vervaldatum.
C die datum dat dit onveilig is om te eet.
D die produk sal veilig wees as dit korrek gebêre is. (1)
1.1.9 Voedsel-etikette wetgewing bevoordeel verbruikers in die sin dat …
Kies die VERKEERDE antwoord.
A hulle ʼn geloofwaardige beskrywing verseker.
B basiese informasie aan die verbruiker gegee word.
C misleidende aansprake geregverdig kan word.
D verbruikers ingeligte besluite kan neem. (1)
1.1.10 Stowwe wat by voedsel gevoeg word om smaak, tekstuur of
voorkoms te verbeter of te preserveer:
A Preserveermiddels
B Geurstowwe
C Kleurstowwe
D Voedsel-additiewe (1)
1.1.11 ʼn Beskrywing van die kurwe van ʼn modegier op die mode-
siklusgrafiek:
A ʼn Effense styging om ʼn plato te bereik
B Skerp styging en vinnige afname
C Lyk soos die vorm van ʼn golf
D Toon ʼn afname in die middel (1)
1.1.12 ʼn Voorbeeld wat ʼn mode-verandering stimuleer:
A Wanneer die repokoers verhoog
B Die koronavirus inperking/grendeltydperk
C Mode-inligting word bemark
D ʼn Land met ernstige vloedskade (1)
1.1.13 Retrospektiewe modes is …
A duur eksklusiewe suksesvolle style.
B dit wat nuwe modes voorspel.
C wat terugkyk na die verlede en die vorige eras.
D style wat ʼn kort lewensduur het. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) VERBRUIKERSTUDIES 5
1.1.14 Ted het ʼn yskas vir R4 999,00 kontantprys gekoop. Op huurkoop
was dit as R353 per maand x 24 maande geadverteer. Om die
toestel (yskas) op krediet te koop sou hom … meer gekos het.
A R3 473,00
B R3 530,00
C R8 472,00
D R4 999,00 (1)
1.1.15 Die dokument wat onderteken moet word wanneer ʼn huis gekoop
word.
A Huurkontrak
B Oordragsakte
C Titelakte
D Aanbod om te koop (1)
1.1.16 ʼn Nadeel om ʼn huis te bou:
A Die vorige eienaar se probleem is jou probleem.
B Die vertraging van die bouproses.
C Jy kan spaar op die konstruksie-koste.
D ʼn Nuwe huis het ʼn beter herverkoopwaarde. (1)
1.1.17 ʼn Effektiewe advertensie van jou produk …
A het slegs een kernboodskap vir die verbruiker.
B skep ʼn begeerte by die verbruiker om die produk te gebruik.
C fokus op die verbruiker se basiese behoeftes.
D maak aanspraak omtrent die handelsnaam. (1)
1.1.18 Prysstrategieë verwys na ...
A die metode wat gebruik word om die produk of dienste te prys.
B genoeg wins te maak sodat die besigheid kan oorleef.
C analisering van prysdata om die prys te bepaal.
D faktore om die produksiekoste te bepaal. (1)
1.1.19 Die doel van wat ʼn finansiële uitvoerbare studie is om:
A Die wins wat gemaak word aan die einde van die finansiële
jaar te bepaal.
B Die werker, gemeenskap en produk veiligheid vas te stel.
C ʼn Effektiewe manier om potensiële kliënte te bereik.
D Te besluit of jy met die besigheidsidee moet voortgaan. (1)
1.1.20 Die faktor wat die personeel se moraal en motivering verbeter:
A Kwaliteitskontrole
B Bergingsprosedure
C Personeelopleiding
D Kliënte-verhoudinge (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER2021)
1.2 Kies die verduideliking in KOLOM B wat by ʼn term in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.4) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.5 I.
KOLOM A KOLOM B
TERM VERDUIDELIKING
1.2.1 Modesiklus A ʼn Modeneiging wat uit die mode is
1.2.2 Kontemporêre mode B Die algemene rigting wat die modestyl
volg
1.2.3 Obsoluut C Die buitelyne van die kledingstuk
1.2.4 Bykomstighede D Mode is beskikbaar aan baie mense
teen bekostigbare pryse
E Die pad wat die modeneigings volg
F Goedkoop kleding wat vinnig
vervaardig word
G Geskik vir elke dag se dra.
H ʼn Dekoratiewe item wat die uitrusting
meer stylvol laat lyk
(4 x 1) (4)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die onderstaande beskrywings. Skryf slegs
die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 ʼn Stelling in ʼn kontrak wat die een party vrywaar van
aanspreeklikheid as die ooreenkoms of gebeure nie nagekom word
nie
1.3.2 ʼn Geskrewe belofte om die deel te herstel/te vervang sonder betaling
indien dit binne ʼn spesifieke periode buite werking raak
1.3.3 Goedere wat ʼn handelaar ingevoer het, maar die vervaardiger wil dit
nie in die land verkoop nie
1.3.4 Verminder die koopkapasiteit van geld en mense het minder
besteebare inkomste
1.3.5 ʼn Besigheidspraktyk soos korrupsie, valse beloftes en onredelike
terme en omstandighede wat deur die wet verbied word
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) VERBRUIKERSTUDIES 7
1.4 Identifiseer VIER KORREKTE stellings in die onderstaande lys wat betrekking
het op kontantvloei projeksie. Skryf die letters (A–H) langs die vraagnommer
(1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
A ʼn Plan vir die besigheid om ʼn wins te maak
B Sodat die besigheid op ʼn dag tot dag basis kan opereer
C Noodsaaklik vir ʼn besigheid om sy finansiële verpligtinge na te kom
D Gee ʼn aanduiding van hoeveel krediet beskikbaar is
E Dui aan hoeveel wins die besigheid verloor het
F Verwagte geld wat sal inkom en uitgaan as uitgawes
G Om die verwagte kontant-invloei en -uitvloei te evalueer
H Sal afhang van die verwagte oorspronklike belegging (4 x 1) (4)
1.5 Bestudeer die onderstaande illustrasie en beantwoord die vrae wat volg. Skryf
slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
[Bron: Google images]
1.5.1 Kies TWEE voedselsoorte uit die lys wat E-coli infeksie veroorsaak:
Grondboontjiebotter; ongepasteuriseerde melk; kaas; halfgaar vleis;
eiers; brood (2)
1.5.2 Identifiseer die orgaan wat deur Hepatitis A geaffekteer word:
Maag; dunderm; dikderm; longe; lewer (1)
1.5.3 Kies EEN reeks van tyd wat die simptome van gastroënteritis sal duur:
2 weke; 1–7 dae; 12–48 ure; 2–12 ure (1)
1.5.4 Kies TWEE additiewe wat in brood teenwoordig is:
kalsiumpropinaat; sitrussuur; bleikmiddel; bensoësuur (2)
1.5.5 Die nutriënt-inhoud op ʼn kaasverpakking toon ʼn lae vetinhoud, dus sal
die vet per 100 g sal dus … wees.
1,5 g of minder; 6 g of minder; maksimum van 3 g of minder; 300 mg (1)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER2021)
VRAAG 2: DIE VERBRUIKER
2.1 Noem die tipe rente wat op die hoofbedrag van ʼn lening bereken word. (1)
2.2 Gee TWEE voorbeelde van regenerende/hernubare bronne van energie wat
gebruik kan word as alternatiewe bronne van elektrisiteit in plaas van om
steenkool te gebruik. (2)
2.3 Lys TWEE nadele van elektrisiteit wat van fossielbrandstof afkomstig is. (2)
2.4 Gee die naam van die agentskap wat namens die regering belasting
invorder. (1)
2.5 Vergelyk die twee vorme van inkomstebelasting; lopendebetaalstelsel (LBS)
en voorlopige belastingstelsel met verwysing na die volgende aspekte:
Tabuleer jou antwoord soos volg:
ASPEKTE LOPENDE VOORLOPIGE
BETAALSTELSEL BELASTING
2.5.1 Wanneer word dit betaal? (1) (1)
2.5.2 Beskryf die kategorieë van
die belastingbetaler en gee
EEN voorbeeld (2) (2) (6)
2.6 Bestudeer die onderstaande illustrasie en beantwoord die vrae wat volg.
[Bron: Google images]
2.6.1 Identifiseer die tipe bedrog in bostaande illustrasie. (1)
2.6.2 Skryf ʼn paragraaf en bespreek die tipe bedrog wat verbruikers aan
risiko’s blootstel en hoe die verbruiker hom/haarself teen hierdie tipe
misdaad kan beskerm. (5)
2.7 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.
Amanda het besluit om ʼn lid van die plaaslike gimnasium te word. Sy het ʼn
jaarlikse kontrak vir 12-maande geteken. Die kontrak vereis dat sy ʼn
aansluitingsfooi van R125 betaal. Die 12-maande-kontrak kos haar R250 per
maand.
[Eksaminator se eie teks]
2.7.1 Identifiseer ʼn woord wat aandui dat dit ʼn geskrewe kontrak is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) VERBRUIKERSTUDIES 9
2.7.2 Bereken die totaal wat sy aan die einde van die kontrakperiode sal
betaal. (1)
2.7.3 Meld DRIE verantwoordelikhede wat sy rakende die kontrak het. (3)
2.7.4 Verduidelik TWEE maniere hoe die Verbruikersbeskermingswet
(VBW) voorsiening maak om Amanda te beskerm indien sy haar
lidmaatskap wil kanselleer. (2)
2.8 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.
Thapelo Kgopodtihate het die Makawana Farmers stokvel in die Noord-Kaap
begin. Dit is ʼn ko-operatiewe benadering tot boerdery wat die eienskappe
van ʼn stokvel het om jong boere te help om hulle besighede te ontwikkel.
Dit het begin met boere van dorpies in Kuruman wat almal sukkel om hulle
plase aan die gang te hou a.g.v. die langdurige droogte. Die groep het 23
lede. Elke lid spaar geld vir ʼn 12-maande-periode om geld te akkumuleer wat
dan as kapitaal ten voordeel van alle lede belê word. Hulle het besluit saam
om vee, voeding of apparaat te koop. Wanneer daar ʼn verskil in opinie is,
neem die topbestuur ʼn besluit.
Grootmaat-aankope kos hulle minder en dus spaar hulle geld. Idees word
uitgeruil en jong boere win kennis in oor boerdery.
[Aangepas uit https://www/farmsweekly.co.za. Toegang op 25 November 2020 verkry.]
2.8.1 Bespreek VIER aksies van hoe die groep funksioneer wat soortgelyk
is aan ʼn tipiese ‘stokvel’. (Moenie die sinne oorskryf nie.) (4)
2.8.2 Beskryf hoe ʼn onwettige piramideskema bedryf sou word indien dit
die gekose skema in die scenario was. (3)
2.9 Lees die onderstaande stelling wat die belasting-inkomste in Suid-Afrika
reflekteer en beantwoord die vraag wat volg.
Grendeltydmaatreëls het tot hoër werkloosheid en laer verbruik bygedra, wat
tot ʼn afname in belasting-inkomste bygedra het.
[Bron: www fanews.co.za/article/economy. Toegang op 2 Februarie 2021 verkry.]
Die regering is afhanklik van belasting wat Suid-Afrikaners betaal om die
staat se uitgawes te dek. Analiseer die impak wat die koronavirus op
verbruikers se belastingbydrae aan die staat, vir die twee areas wat in die
stelling genoem word, het. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER2021)
VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING
3.1 Gee die naam van die graderingsisteem wat koolhidrate klassifiseer op
grond van hoe dit die bloedglukosevlakke affekteer. (1)
3.2 Meld die rol van insulien in die liggaam. (1)
3.3 Gee TWEE verskillende redes waarop die pankreas wat insulien produseer,
by ʼn Tipe-2 diabeet nie behoorlik funksioneer nie. (2)
3.4 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.
Sally is nie ʼn diabeet nie. Sy het te veel lekkers en koek vir ʼn middag
versnapering geëet. Dit het veroorsaak dat haar bloedglukosevlak vinnig
gestyg het.
3.4.1 Verduidelik in detail haar liggaam se reaksie op die vinnige
vrystelling van die glukose in haar bloed. (5)
3.5 Vergelyk die bestuur van die dieet van diabetes- en osteoporoselyers met
verwysing na die volgende aanbeveling. Tabuleer jou antwoord soos volg:
AANBEVELINGS DIABETES OSTEOPOROSE
3.5.1 ʼn Rede waarom proteïene
verminder moet word (1) (1)
3.5.2 Die tipe drank wat beperk
moet word (1) (1)
3.5.3 ʼn Rede om geblikte vis
(sardientjies) in te sluit (1) (1) (6)
3.6 Interpreteer die onderstaande grafiek en verduidelik die verwantskap tussen
veroudering en beenmassa met die risiko van osteoporose by vrouens.
OUDERDOM EN BEENMASSA IN VROUENS
BEENMASSA
OUDERDOM IN JARE
[Bron: https://myfamilyphysio.com.au/osteoporosis] (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) VERBRUIKERSTUDIES 11
3.7 Gee DRIE eienskappe van organiese voedsel uitsluitende dat dit nie-
genetiese gemodifiseerde voedsel is nie. (3)
3.8 Verduidelik hoe voedsel-bestraling die raklewe van voedsel verleng. (2)
3.9 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vraag wat volg.
HOE VERSORGING VAN ’N VOEDSELTUIN TOT GROTER
VOEDSELSEKURITEIT LEI.
Alhoewel, die uitdeel van voedselpakkette gedurende die Covid-19
pandemie in die korttermyn behoeftes vir kwesbare gemeenskappe voorsien
het, is dit geen oplossing vir volhoubare voedselsekuriteit gedurende en na
die huidige krisis nie. Die “Community Market Garden programme” gaan oor
meer as om net aan die gemeenskap se onmiddellike voedselsekuriteit-
behoeftes te voorsien, verduidelik Ruth Butcher, CSI-konsultant van MAMAS
Alliance. Ruth sê: “Wanneer dit kom by voedseltuine, voorsien hulle nie net
voedselverligting nie, maar daar is ook ʼn oordraging van vaardighede, ʼn
gevoel van verantwoordelikheid en trots dat jy vir jou gesin kan voorsien.
Daar is ʼn direkte voedselverligting sowel as potensiaal om ʼn inkomste uit die
produksie te genereer. Dit skep ʼn siklus van volhoubaarheid.”
[Bron: www.bizcommunity.com/Artikel/. Toegang op 6 Julie 2020 verkry.]
Analiseer waarom self-onderhouding ʼn oplossing mag wees om die gebrek
aan voedselsekuriteit aan te spreek. (6)
3.10 Bepaal die verskillende tipes inligting wat op voedseletikette voorkom
wat verband hou met voedselveiligheid en verduidelik hoe elke
kategorie die verbruiker se veiligheid waarborg. (4 x 2) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER2021)
VRAAG 4: KLEDING
4.1 Noem TWEE voorbeelde waar ʼn verbruiker klere kan hergebruik in plaas van
herwin. (2)
4.2 Bestudeer die onderstaande prente en beantwoord die vrae wat volg:
A B C
[Bron: Google images]
4.2.1 Noem TWEE redes waarom die T-hemp as klassiek beskou kan word. (2)
4.2.2 Beskryf die term styl. Verwys na die prente in jou antwoord. (3)
4.3 Lys TWEE gevolge van handelsmerkplagiaat vir besighede. (2)
4.4 Beskryf waarom illustrasie B ʼn voorbeeld van handelsmerkplagiaat is.
(2)
[Bron: Google images]
4.5 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.
Heelwat besighede funksioneer aanlyn. ʼn Virtuele vergadering met kliënte en
kollegas wat ʼn ‘web-kamera’ gebruik, vereis dat ʼn persoon nog steeds
professioneel moet lyk.
Geskikte kleredrag ten minste vanaf die middel boontoe is goeie virtuele
etiket/indruk.
[Eksaminator se eie teks]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) VERBRUIKERSTUDIES 13
Bespreek waarom die onderstaande uitrusting vir ʼn virtuele vergadering geskik
is.
WERK VAN DIE HUIS
Baadjie: bruin
Hemp: wit
Halssnoer: goud
Denimbroek: blou
Skoene: wit tekkies met
bruin strepe (3)
[Bron: Google images]
4.6 Lees die onderstaande stelling en beantwoord die vraag wat volg.
Herwinde poliëster is beslis ʼn geskikte volhoubare opsie vir ons klerekas. Ons
moet egter bewus wees dat dit nie bio-afbreekbaar is nie en jare neem om te
verdwyn nadat dit weggegooi is.
[Bron: https://www.sustainyourstyle.org]
Verduidelik die term volhoubaarheid met betrekking tot kleding en analiseer
die stelling om vas te stel of herwonne poliëster volhoubaar is of nie. (6)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER2021)
VRAAG 5: BEHUISING
5.1 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.
Brett soek akkommodasie omdat hy van een stad na ʼn ander trek. Hy kan nie
bekostig om eiendom te koop nie en sal moet huur. Hy het nie van sekere
reëls van die huurkontrak by sy vorige akkommodasie soos geen honde word
toegelaat nie, gehou nie. Hy het nie veranderinge aan die badkamer
aangebring nie, want hy moes eers die eienaar raadpleeg.
[Eksaminator se eie teks]
5.1.1 Gee die name van die TWEE partye wat die huurkontrak moet teken. (2)
5.1.2 Noem DRIE nadele wat Brett met die huurkontrak by sy vorige
akkommodasie ondervind het. (3)
5.1.3 Lys TWEE vereistes wat Brett sal moet uitvoer as hy sy eie besigheid
vanaf sy gehuurde akkommodasie wil bedryf. (2)
5.1.4 Beskryf hoe die eienaar van die eiendom deur die ondertekening van
ʼn huurkontrak beskerm word. (3)
5.2 Onderskei tussen die verantwoordelikheid vir die koste van die sekuriteit en
onderhoud tussen volle eienaarskap en deeltitel eienaarskap. (3)
5.3 Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
Nuwe kenmerke van die Samsung mikrogolfoond
Kragvlakke
10 Kragvlakke wat jou kookbehoeftes bevredig.
Superior Keramiek Interieur
Geen skrop of geskraapte oppervlakte. Die keramiek interieur gee die
Samsung Mirror Grill mikrogolfoond ʼn gladde oppervlak wat maklik is om
skoon te maak.
Bystand Energie Besparing
Soortgelyke mikrogolfoonde gebruik krag om essensiële funksies te
handhaaf selfs al is hulle nie in gebruik nie. Die kies van die ECO-funksie op
die nuwe Samsung Mirror Grill verminder kragverbruik en spaar op jou
elektrisiteitsrekening.
Alles dit en ʼn 2 jaar waarborg ook nog!
5.3.1 Lys TWEE verantwoordelikhede van die verbruiker wanneer hulle die
mikrogolfoond koop met betrekking tot die waarborg. (2)
5.3.2 Bespreek hoe jy as verkoopspersoon die mikrogolfoond se eienskap
van die besparing van krag aan kliënte sal bemark. Sluit beide
menslike en nie-menslike energie in jou verkoopspraatjie in. (5)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021) VERBRUIKERSTUDIES 15
VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP
6.1 Definieer die term teikenmark. (2)
6.2 Gee TWEE voordele van roetine/voorkomende instandhouding van
toerusting in die bedryf van ʼn besigheid. (2)
6.3 Lys DRIE redes waarom ʼn besigheid voorraadopname moet doen. (3)
6.4 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.
As ʼn jong seun het Thabo ontdek dat hy dit geniet om kos te maak. Hy het
sy ouma met die kook van kos gehelp. Nadat hy skool voltooi het, het hy by
ʼn klein bakkery vir ʼn jaar gewerk, maar die besigheid het as gevolg van die
Covid-19 pandemie toegemaak. Hy het besluit om ʼn voedseltrok-besigheid
te begin. Hy het die volgende punte gemaak toe hy sy idee ondersoek het.
Voedsel is ʼn noodsaaklikheid en daarom sal daar altyd ʼn behoefte wees
vir gaar/klaargemaakte kos.
As ʼn mobiele restaurant kon hy na in besige areas in die dorp ry om kos
aan kliënte van alle ouderdomsgroepe te verkoop.
Sy oupa was bereid om sy trok teen ʼn redelike prys aan hom te verhuur.
Sy oom was bereid om te help deur in sy klein besigheid te belê.
Thabo benodig ʼn produk wat geskik is vir ontbyt, middagete of ʼn
versnapering. Hy besluit toe om roosterkoek en vetkoek met verskillende
soet- en souterige vulsels te verkoop. Hy het al die apparaat by die huis. Hy
het sy vriende gevra om te proe watter van die vulsel die beste smaak.
Elke dag staan hy vroeg op om die deeg te maak en om die vulsels voor te
berei. Sy pryse wissel van R8,00 tot R35,00 afhangende van die vulsel wat
die kliënte kies. Koeldranke sal ook verkoop word.
[Eksaminator se eie teks]
6.4.1 Identifiseer die faktor wat beskikbaar is vir Thabo wat ʼn produk moes
kies vir sy besigheid uit die onderstaande sinne.
(a) Thabo het van jongs af ʼn belangstelling in kos getoon en
kennis by die werk opgedoen. (1)
(b) Hy sal die kos voorberei voordat hy die huis verlaat en wanneer
die trok geparkeer is, sal die vulsels in die produkte geplaas
wees. (1)
6.4.2 Noem TWEE voordele vir Thabo wat die trok as ʼn punt van verkope
gebruik. (2)
6.4.3 Identifiseer TWEE aanvangskoste. (2)
6.4.4 Bespreek hoe die produk aanklank by die teikenmark sal vind. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER2021)
6.4.5 Gee DRIE items van inligting wat op ʼn etiket moet verskyn van ʼn
produk wat voor die tyd bestel en verpak word. (3)
6.4.6 Bespreek SES higiëniese praktyke wat gevolg moet word vir kliënte
om voedsel veilig gedurende die Covid-19 pandemie te verkoop. (6)
6.4.7 Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg:
Thabo verkoop 80 kerrie-maalvleis vetkoeke per week. Sy
produksiekoste is R125,00 per week. Thabo voeg 70% wins by die
produksiekoste.
Bereken die wins wat hy per maand maak. (Werk op 4 weke per
maand.) Toon ALLE berekeninge. (6)
6.4.8 Analiseer waarom die besigheidsidee en die keuse van die produk
die potensiaal het om ʼn suksesvolle besigheid te word. (8)
[40]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afr)
More from Grade 12 Consumer Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Con Stu ATP 2023 24

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)
--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)
Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Errata
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Errata

Memorandum