Skip to content

Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Question paperConsumer StudiesGrade 12201918 pages

Grade 12 Consumer Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2019 VERBRUIKERSTUDIES PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
2 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2019) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. TYD AFDELING PUNTE (MINUTE) VRAAG 1: Kortvrae (Al die onderwerpe) 40 20 VRAAG 2: Die Verbruiker 20 20 VRAAG 3: Voedsel en Voeding 40 40 VRAAG 4: Kleding 20 20 VRAAG 5: Behuising 40 40 VRAAG 6: Entrepreneurskap 40 40 TOTAAL: 200 180 2. AL die vrae is verpligtend en moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Skryf slegs met swart of blou ink. 7. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) VERBRUIKERSTUDIES 3 VRAAG 1: KORTVRAE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 D. 1.1.1 ʼn Geldterug-waarborg stipuleer dat … A die verkoper die ontevrede kliënt se geld binne ʼn spesifieke aantal dae sal teruggee. B die produk herstel of vervang sal word as dit nie aan sekere vereistes voldoen nie. C die kliënt ʼn klein maandelikse fooi betaal vir ʼn verlengde periode van tyd. D die kliënt sy/haar geld terug sal ontvang as die verskaffer hom/haar beïnvloed het om besigheid met hulle te doen. (1) 1.1.2 Voorlopige belasting is ... A belasting wat op dieselfde tyd as inkomste verdien, betaal word. B waar twee paaiemente per jaar betaal word soos gebaseer op geskatte belastinginkomste. C belasting wat op die voorsiening van goedere en dienste betaal word. D ʼn eenmalige groot bedrag geld wat aan die einde van die belastingjaar betaal word. (1) 1.1.3 ʼn Piramideskema behels lede wat … A gewerf word om produkte te koop en te verkoop en wat kommissie ontvang as hulle ander lede werf. B ʼn vaste bedrag geld gereeld aan ʼn gemeenskaplike fonds betaal. C onregverdig deur die verskaffer behandel word. D betaal word om nuwe lede te werf en hulle word ʼn hoë opbrengs op hul belegging belowe. (1) 1.1.4 Die Verbruikersprysindeks (VPI) ... A word bereken op die oorspronklike bedrag wat geleen is. B meet die rente wat deur die Reserwebank gevra word. C is ʼn instrument wat gebruik word om prysverhogings en inflasiekoers te bereken. D is die koers waarteen pryse fluktueer soos wat die aanvraag na geld verander. (1) 1.1.5 Faktor/faktore wat die risiko van osteoporose verhoog: A Lae estrogeenvlakke B Mense wat groot gebou is C Nie-rokers D ʼn Dieet hoog in kalsium (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2019) 1.1.6 Watter van die volgende voedsel moet deur ʼn persoon wat aan laktose-intoleransie lei vermy word? A Sardientjies B Bruinbrood C Volroom-roomys D Sojamelk (1) 1.1.7 ʼn Persoon wat aan hoë bloeddruk ly, loop ook die risiko vir die ontwikkeling van … A hoë bloedglukosevlakke, Vigs en nierversaking. B beroerte, osteoporose en anoreksie. C hartaanval, beroerte en nierversaking. D hartaanval, anoreksie en Vigs. (1) 1.1.8 ʼn Stabiliseerder word by kitspoeding gevoeg om … A dit ʼn egalige, gladde konsistensie te gee. B te voorkom dat vet galsterig word. C ʼn ligter kleur te skep. D die groei van mikro-organismes te vertraag. (1) 1.1.9 Voedselbestraling is ʼn tegnologie wat … A landboumetodes gebruik wat die produktiwiteit van die ekosisteem volhou. B eienskappe van een spesie na ʼn ander byvoeg. C die veiligheid van voedsel verbeter en die raklewe verleng. D ʼn land selfversorgend maak. (1) 1.1.10 Voedselsekuriteit beteken dat … A Suid-Afrikaanse boere hul eie voedsel vervaardig. B Suid-Afrikaanse goedere na ander lande vir verkoop of omruiling gestuur word. C mense genoeg veilige voedsel eet om aktief en gesond te bly. D almal dit kan bekostig om voedsel te koop. (1) 1.1.11 Modegiere is: A Wat tans populêr is en deur die massas gedra word B Duur en buitensporige styl C Vir baie seisoene gewild D Dikwels in bykomstighede gesien (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) VERBRUIKERSTUDIES 5 1.1.12 ʼn Voordeel van ʼn goed beplande klerekas: A Dit bevat ʼn verskeidenheid modieuse en kleurvolle uitrustings B Goedkoop klere kry verhoogde waarde met duur bykomstighede C Daar is baie items wat gemeng en gepas kan word D Bevat baie uitrustings wat modegiere is (1) 1.1.13 Die tipe versekering wat uitgeneem word om die struktuur van die huis te dek: A Lewensversekering B Huiseienaarsversekering C Verbandbeskermingsversekering D Huisinhoudversekering (1) 1.1.14 Die regering bied ʼn behuising- … aan mense in die lae-inkomste groep wat kwalifiseer om ʼn eie huis te bekom. A subsidie B kollateraal C behoefte D aflewering (1) 1.1.15 ʼn Term wat na koste verwys wat die koper nie in aanmerking neem wanneer ʼn huis gekoop word nie: A Deposito B Verborge koste C Verbandkoste D Kollaterale sekuriteit (1) 1.1.16 ʼn Voordeel wanneer rente teen ʼn vaste koers op die huisverbandlening bereken word: A Jy sal nie baat vind wanneer die rente daal nie B Die rente wat jy terugbetaal mag wissel C As die rentekoerse styg, sal die maandelikse terugbetalings ook styg D Jy sal nie meer betaal wanneer rentekoerse styg nie (1) 1.1.17 Om finansieringskoste vir paaiement-verkooptransaksies laag te hou: A Word dadelik die eienaar. B Gebruik ʼn kredietkaart vir betaling. C Wees bewus van rentekoerse. D Betaal die goedere so gou moontlik af. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2019) 1.1.18 Die salarisse/lone van werkers word bepaal deur … A vaardighede en ondervinding. B ondervinding en geld beskikbaar. C ouderdom en werksure. D gesindheid en werksetiek. (1) 1.1.19 ʼn Dokument wat die beweging van geld oor ʼn verwagte tydperk toon: A Inkomste B Beste-verkoop scenario C Kontantvloeivooruitskatting D Uitvoerbaarheidstudie (1) 1.1.20 Doelwitte van advertering sluit in: A Beraming van die koste van jou produk en kommunikasie van inligting B Wek belangstelling en kies ʼn produknaam C Skep produkbewustheid en help om verkope te handhaaf D Uitbreiding van die mark en terugvoering van kliënte te verkry (1) 1.2 Kies die voedselverwante siekte in KOLOM B om te pas by die simptome in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 I. KOLOM A KOLOM B SIMPTOME VOEDSELVERWANTE SIEKTE 1.2.1 Oormatige gewigsverlies en dors A Velallergieë 1.2.2 Jeuk, uitslag en ekseem B Hipertensie 1.2.3 Diarree, moegheid en C Hoë cholesterolvlak winderigheid 1.2.4 Depressie, rugpyn en gewrigspyn D Tipe 1-diabetes 1.2.5 Verlies van lengte en ʼn krom rug E Osteoporose F Vetsug G Gluten-intoleransie H Koronêre hartsiekte (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) VERBRUIKERSTUDIES 7 1.3 Kies die term in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.4 G. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Wanneer ʼn kontrak nie geldig of wettiglik A Vrywillig bindend is nie 1.3.2 Wanneer een party nie doen wat in die B Kontrakbreuk kontrak ooreengekom is nie 1.3.3 Beide partye moet ooreenstem en nie C Nietig gedwing voel nie D Kontrak E Toestemming F Kapasiteit van kontrak (3 x 1) (3) 1.4 Identifiseer DRIE KORREKTE stellings uit die onderstaande lys vir die vereistes wanneer daar vir ʼn huislening aansoek gedoen word. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. A Gesertifiseerde kopie van identiteitsdokument of paspoort B Bewyse van behuisingsubsidie C Gesertifiseerde afskrif van Curriculum Vitae D Gesertifiseerde afskrif van koopaanbod E Briewe van twee referente F Inkomstebelastingverwysingsnommer (3 x 1) (3) 1.5 Identifiseer VIER KORREKTE stellings om die kwaliteit van produkte tydens opberging te behou. Skryf slegs die letters (A–H) langs die vraagnommer (1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. A Voorkom te veel voorraad a.g.v. verkeerde aankope B Gebruik die EIEU-(‘FIFO’) beginsel om te verseker dat ou voorraad nie sleg word nie C Koop kwaliteit roumateriaal D Hou ʼn akkurate inventaris van alle voorraad E Hou areas droog om voorraadbeskadiging te voorkom F Moenie onnodig geld op voorraad uitgee nie as die geld meer effektief op ʼn ander plek aangewend kan word G Hou produkte veilig vir kliënte H Stoor goedere wat gereeld gebruik word so na-aan die deur as moontlik (4 x 1) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2019) 1.6 Kies die korrekte term/woord tussen hakies. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommer (1.6.1–1.6.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.6.1 (Tuberkulose/Hepatitis) is ʼn bakteriële infeksie wat deur die lug versprei. 1.6.2 (Gastro-enteritis/Disenterie) is ʼn toestand wat inflammasie van die maag en ingewande veroorsaak. 1.6.3 Die (gebruik teen datum/verkoop teen datum) is die laaste datum wat ʼn produk aan die verbruiker verkoop kan word. 1.6.4 Enigiets wat van bestaande materiaal, kleedstof, metaal of vesel gemaak word is (hergebruik/hersirkuleer). 1.6.5 Bamboesvesel is ʼn voorbeeld van ʼn (hernubare/nie-hernubare) tekstiel. (5 x 1) (5) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) VERBRUIKERSTUDIES 9 VRAAG 2: DIE VERBRUIKER 2.1 Lees die inligting en beantwoord die vrae wat volg. Die Verbruikersbeskermingswet bepaal dat as ʼn persoon goedere met ʼn handelsmerk bemark – maar sonder die toestemming van die geregistreerde eienaar van die handelsmerk ingevoer is – ʼn kennisgewing op ʼn sigbare plek op die produk moet plaas, wat duidelik verklaar dat die goedere ingevoer is en die betekenis van die kennisgewing aan die verbruiker verduidelik. 2.1.1 Na watter soorte produkte word in die bostaande stelling verwys? (1) 2.1.2 Gee EEN voordeel vir ʼn verbruiker wat hierdie tipe goedere koop. (1) 2.1.3 Bespreek die risiko’s betrokke wanneer ʼn verbruiker hierdie tipe produkte koop. (2) 2.2 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. Die Koolstofbelastingwetsontwerp is in Oktober 2018 deur die Minister van Finansies, Tito Mboweni, in die Nasionale Vergadering ingestel en sal vanaf 1 Junie 2019 in werking tree. “SA is van plan om ʼn rol in die wêreld te speel, as deel van globale pogings om kweekhuisgasvrystellings teen 2025 tot 42% te verminder”, het Mboweni gesê: “Dit sal ook voordelig wees vir die hele Suid- Afrika sowel as die gesondheid van individue, aangesien daar minder besoedeling sal wees.” Sover dit die nadele betref, is dit nog ʼn belasting wat by ʼn reeds sukkelende ekonomie gevoeg word. Dit sal ʼn verdere finansiële las, sowel as ʼn administratiewe las skep, omdat belastingbetalers dit aan SAID sal moet rapporteer. Tweedens sal die koolstofbelasting op 31 Desember 2022, teen die koers van inflasie, +2% verhoog. [Aangepas uit Fin 24, Desember 2017] 2.2.1 Gee EEN voorbeeld van hoe verbruikers by koolstofbelasting baat sal vind. (1) 2.2.2 Wat beteken SAID? Skryf dit volledig uit. (1) 2.2.3 Noem TWEE ander voorbeelde van indirekte belasting wat deur Suid-Afrikaanse huishoudings betaal moet word. (2) 2.2.4 Wat is die effek van kweekhuisgasse op die omgewing? (2) 2.2.5 Hoe affekteer inflasie die Suid-Afrikaanse verbruiker? (4) 2.3 In ons land maak baie gemeenskappe van stakings gebruik om die munisipaliteit bewus te maak van griewe oor die gebrek aan dienslewering. Bespreek hoe ʼn gebrek aan die verskillende basiese dienste ʼn impak op die gemeenskap het. (6) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2019) VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING 3.1 Noem TWEE lewenstylgedragspatrone wat ʼn bydraende oorsaak tot die meeste voedselverwante gesondheidstoestande is. (2) 3.2 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. Ystertekort-bloedarmoede (anemie) is wêreldwyd die mees algemene nutriënt- tekort siekte. Wanneer ystervoorrade uitgeput raak, kan dit tot anemie lei. In ʼn onlangse studie van yster-status in die gesonde Suid-Afrikaanse volwasse bevolking, was die voorkoms van ystertekort 39,8% in al die deelnemers en so hoog as 56,6% in vroue. Afgesien van onvoldoende yster in die dieet, kan anemie spruit uit oormatige ysterverlies. Swak ysterabsorpsie kan ook ʼn probleem wees. [Aangepas uit Nuus24] 3.2.1 Gee EEN rede waarom ystertekort hoër by vrouens is. (1) 3.2.2 Ystertekort in die liggaam kan as gevolg van ʼn tekort aan ysterryke- voedsel in die dieet wees. Uit die uittreksel hierbo, noem TWEE ander oorsake van onvoldoende yster in die liggaam en gee ʼn voorbeeld van hoe dit vir elke oorsaak kan gebeur. (4) 3.2.3 Verduidelik die rol van yster in die bloed. (3) 3.3 Gee DRIE ooreenkomste wanneer die eienskappe van die eetversteurings, anoreksie en bulimie, oorweeg word. (3) 3.4 Die doel met die hantering van persone wat anoreksie en bulimie het, is vir hulle om fisies en geestelik gesond te word. Stel DRIE bestuurstrategieë voor om hulle met hul herstel te help voor. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) VERBRUIKERSTUDIES 11 3.5 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 1 2 [Bron: www.google images] 3.5.1 Gebruik die korrekte terminologie om nommer 1 en 2 op die grafiek te benoem. (2) 3.5.2 Noem die hormoon wat verantwoordelik is om te verseker dat die glukosevlak binne die normale vlak bly. (1) 3.5.3 Gee TWEE situasies wat ʼn daling in bloedsuikervlakke, in ʼn normale situasie (persoon wat nie diabetes het nie) kan veroorsaak. (2) 3.5.4 Bespreek in detail hoe die inname van lae GI-voedsel kan help om te verseker dat die bloedglukosevlakke binne die normale perke bly. (5) 3.6 Lees die onderstaande stelling en beantwoord die vrae wat volg. Voedselveiligheidsbeginsels is op almal van toepassing, veral diegene wat met MIV/Vigs leef. Mense met Vigs moet stappe doen om voedselverwante siektes te voorkom. Persoonlike, kombuis- en voedselhigiëne-praktyke moet gevolg word om besmetting tydens voedselvoorbereiding te voorkom. 3.6.1 Verduidelik waarom die bogenoemde stelling vir mense met Vigs waar is. (2) 3.6.2 Noem VIER higiënepraktyke wat van toepassing sou wees om die verspreiding van voedselverwante siektes te voorkom wanneer jy met kos werk. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2019) 3.7 Bestudeer die onderstaande spyskaart wat vir een dag geld, en beantwoord die vrae wat volg. Ontbyt: Muesli met afgeroomde melk en ’n piesang, ’n glas onversoete lemoensap Middagete: Kaas, gemaak met verminderde-vet en slaai toebroodjie, volgraanbrood en onversadigde vetsmeer. Slaaibestanddele: blaarslaai, tamatie, komkommer Aandete: Aartappel in skil met gebakte salm en brokkoli Peuselhappies: Handvol ongesoute grondboontjies, 3 hawermout-koekies met laevet maaskaas 3.7.1 Die spyskaart is geskik vir ʼn persoon met hartsiekte. Ontleed die tipes vet wat in die spyskaart voorkom, hul bronne en bespreek hoe die insluiting van hierdie keuse van vet tot voordeel van ʼn persoon met hartvatsiekte sal lei. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) VERBRUIKERSTUDIES 13 VRAAG 4: KLEDING 4.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Eko-mode word nou as ʼn moderne, gewilde modegier beskou. Jy kan regtig nie die verskil tussen eko-vriendelike mode en tradisionele modestukke sien nie. Die groot verskil is dat jy weet wat jy dra, vervaardig is deur metodes wat aanvaarbaar vir moeder natuur is. [Bron: https://greenconduct.com/blog/what-is-eco-fashion/] 4.1.1 Gee ʼn frase om jou begrip van die woord gier te wys. (1) 4.1.2 Skryf ʼn paragraaf om aan te dui hoe mense wat eko-mode dra tot die beskerming van ons omgewing bydra. (4) 4.2 Verduidelik die verskil tussen nabootsing en vervalsing waar hierdie twee terme albei vorme van handelsmerkrowery is. (2) 4.3 Bestudeer die onderstaande prente en beantwoord die vrae wat volg. A B 1970’s skouerlose rok 2018 skouerlose bostuk 4.3 1 Gebruik die illustrasies hierbo om die term retrospektiewe mode te verduidelik. (2) 4.3.2 Gee die naam van die stadium in die modelewensiklus wanneer die bloes in prent B deur die massas gedra word. (1) 4.3.3 Gee die naam van die mode wanneer die bloes in prent B vir 2–3 jaar in die modelewensiklus sal bly. (1) 4.4 Hoe sal ʼn modeneiging wat deur ʼn bekende persoon gedra word, die mode verander? (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2019) 4.5 Evalueer die geskiktheid van die uitrusting vir professionele werkdrag. Baadjie: Vlootblou Hemp: Wit langmouhemp Broek: Bruin Skoene: Bruin (6) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) VERBRUIKERSTUDIES 15 VRAAG 5: BEHUISING 5.1 Lees die advertensies oor verskillende akkommodasie-opsies en beantwoord die vrae wat volg. 1. Woonstel te huur 2. Woonstel te koop 3. Meenthuis te koop Een slaapkamer Deeltitel-eienaarskap Voltitel-eienaarskap Netjies en ruim 2 Slaapkamers Nuwe kompleks Balkon Perseel omhein Geen oordragsfooie of Gemeenskaplike Gemeenskaplike oordragskoste swembad swembad 3 Slaapkamers Huur R7 000 per maand R1 150 000,00 Klein, goedversorgde 2 maande deposito tuin 24 uur-sekuriteit Gemeenskaplike swembad R1 450 000,00 5.1.1 Wat word bedoel met die term voltitel soos in die advertensie vir die meenthuis in opsie 3 gebruik? (2) 5.1.2 Vanuit die eerste advertensie, noem die kontrak en die twee partye wat benodig word om ʼn huurooreenkoms vir die huur van die woonstel te teken. (3) 5.1.3 Noem TWEE gevalle waar die deposito wat betaal is, verloor kan word wanneer die perseel in opsie 1 ontruim word. (2) 5.1.4 Bespreek die verskillende finansiële verantwoordelikhede vir ʼn huurder in opsie 1 in teenstelling met die persoon wat die woonstel in opsie 2 koop met betrekking tot die swembadfasiliteit. (4) 5.1.5 Gee VIER voordele daarvan om die meenthuis in opsie 3 te koop eerder as om ʼn soortgelyke huis wat nie in ʼn kompleks geleë is nie, te koop. (4) 5.1.6 Hoekom is daar geen oordragsfooie of oordragskoste in die advertensie vir opsie 3 nie? (2) 5.1.7 Vergelyk die verskil tussen oordragsfooie en oordragskoste onder die volgende opskrifte. Tabuleer jou antwoord soos volg: Oordragsfooie Oordragskoste Die hoofverskille (1) (1) Wie kry uiteindelik die fooi (1) (1) Waarop die fooi gebaseer is (1) (1) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
16 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2019) 5.1.8 Gee die nuwe name wat aan elk van hierdie dokumente gegee word sodra die verkoop van ʼn eiendom afgehandel is en die huis in die nuwe eienaar se naam is: (a) Aanbod om te koop (1) (b) Koopakte (1) 5.2 Lees die gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg. Billy en Nelly wil ʼn nuwe mikrogolfoond koop. Die spasie in die kombuis vir ʼn mikrogolfoond is 35,6 x 61 x 50,8 cm (HBD). Hulle wil die mikrogolfoond gebruik om kos uit die vrieskas te ontdooi, om kos warm te maak en om kos te kook. Die maksimum bedrag wat hulle bereid is om te spandeer is R1 200,00. Hulle beplan om na vier verskillende winkels en handelsmerke te kyk. Hulle het aanlyn gelees dat die voordeel van ʼn mikrogolfoond met ʼn draaitafel is dat jy nie die mikrogolfoond hoef te stop en die geregte te draai terwyl dit kook nie. ’n 1 000 watt-mikrogolfoond met ʼn outomatiese ‘ontdooi’ en geprogrammeerde instelling sou verkieslik wees. Hulle wil hê dat die verkoper hulle moet verseker van ʼn terugneembeleid en beplan om die waarborg te bestudeer. 5.2.1 Noem DRIE faktore wat oorweeg moet word voordat die mikrogolfoond aangekoop word. (3) 5.2.2 Identifiseer die universele ontwerpkenmerke waarna in die gevallestudie verwys word. (2) 5.2.3 As watter tipe energieverbruik kan ‘tyd spaar’ geklassifiseer word? (1) 5.2.4 Identifiseer die eienskappe wat hulle tyd sal bespaar en gee ʼn verduideliking van hoe elke eienskap daartoe sal bydra. (6) 5.2.5 Noem DRIE verantwoordelikhede wat Billy en Nelly uitgeoefen het voordat hulle die mikrogolfoond gekoop het. (3) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2019) VERBRUIKERSTUDIES 17 VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP 6.1 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg. DIE MAALTYD ‘KIT’ SPELETJIE IS AAN Thandi het Verbruikerstudies as vak op skool geneem. Tydens hulle praktiese les op skool het die onderwyser altyd gesê sy is kreatief. Na skool het sy ʼn kort rekenaarkursus oor Besigheidsbestuur gedoen waar sy ontdek het dat daar in Suid-Afrika vier aanlyn-maaltyd-‘kit’ afleweringsdienste is. Sy het besluit om ʼn aanlynbesigheid van die huis te begin om maaltyd ‘kits’ te verkoop. Sy het besef dat mense te besig en te moeg is van werk wanneer hulle by die huis kom om aan etes te dink. Sy het ʼn SWOT-analise gedoen om hierdie besigheidsgeleentheid te evalueer. Sy het twee verskillende maaltydmonsters vir haar vriende gemaak om te probeer en hulle was versot op die unieke geure. Sy het die bestanddele plaaslik gekoop, dit afgemeet en in die houers geplaas en dit by die mense se huise afgelewer. Sy het opgelet dat twee plaaslike supermarkte dit as ‘ready-to-go’-maaltydopsies verkoop. Sy het ʼn paar van die maaltye probeer en het besef dat sy haar maaltye meer aantreklik kan maak. Sy het haar besigheid ‘Quickstix’ genoem. Sy het ʼn verskaffer gevind wat houers van 100% herwinbare materiaal kan koop en minimale plastiek word vir die inhoud van die houers gebruik. Die grootte van die houer sal in staat wees om bestanddele vir vier porsies te hou. Sy het geld gespaar vir die aanvanklike uitgawe van haar besigheid deur oor naweke as ʼn kelnerin in ʼn koffiewinkel te werk. Sy het haar maaltyd-‘kit’ besigheid met drie opsies begin: ʼn hoenderpasta, beesvleiskerrie en ʼn boontjie-en-groenteroerbraai vir daardie kliënte wat vegetaries is en ʼn plant-gebaseerde dieet volg. Op haar Facebook-blad beskryf sy haar maaltyd-‘kits’ as tydbesparend en gesonde heerlike maaltye. Sy beweer dat ‘Quickstix’ gerieflike maaltye aanbied en kliënte die geleentheid bied om nuwe bestanddele en geure te probeer. [Eie teks] [ʼn Maaltyd-‘kit’ is ʼn diens wat kliënte van ʼn resep en bestanddele wat nodig is om ʼn tuisgemaakte maaltyd te maak, voorsien. Vars bestanddele word in die verpakking ingesluit.] 6.1.1 Kies voorbeelde uit die scenario om te wys dat Thandi die volgende areas ondersoek het om te kontroleer of haar besigheidsidee die potensiaal het om suksesvol te wees: (a) Toetsing van die besigheidskonsep (1) (b) Kapitaal om mee te begin (1) (c) Die ligging (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
18 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2019) 6.1.2 Verduidelik wat Thandi nagevors het om te verseker dat haar besigheid ʼn mededingende voordeel bo ander deelnemers het. (2) 6.1.3 Identifiseer TWEE sterk punte (‘strengths) wat Thandi vir haar SWOT-analise kan lys. (2) 6.1.4 Bespreek hoe Thandi die volgende TWEE faktore in ag geneem het toe sy haar keuse vir ʼn geskikte produk gemaak het: (a) Beskikbaarheid van roumateriaal (2) (b) Verbruikerstrefkrag (6) 6.1.5 Hoe pas haar besigheidsnaam ‘Quickstix’ by die konsep van maaltyd-‘kits’? (2) 6.1.6 Gee TWEE ander vereistes vir goeie verpakking vir die produk, wat nie in die scenario genoem word nie. (2) 6.1.7 Gee voorstelle hoe Thandi haar tyd meer effektief kan benut tydens die voorbereiding en verpakking van die maaltyd-‘kits’. (4) 6.1.8 Gebruik die onderstaande inligting vir die berekeningsvrae. Koste van EEN Maaltyd-‘Kit’ Bestanddele: Hoender R21,00 Pasta R5,00 Groente R7,00 Sous R2,50 Verpakking R6,00 Vervoer R30,00 (a) Bereken die produksiekoste van EEN maaltyd-‘kit’. (1) (b) Bereken die verkoopprys van die maaltyd-‘kit’ as sy 65% wins by die verkoopprys insluit. Toon AL jou berekeninge en rond af tot die naaste rand. (3) (c) Bereken hoeveel wins sy sal maak as sy haar verkoopsteiken van 120 maaltyd-‘kits’ per maand bereik. Toon AL die berekeninge. (2) 6.1.9 Skep ʼn produkspesifikasie vir die maaltyd-‘kit’. Gebruik geskikte inligting uit die gevallestudie. Neem in jou antwoord in ag dat bestanddele in aparte pakke verskaf word. (4) 6.1.10 Die beginsel van volhoubare verbruik is nie net die verantwoordelikheid van die produsent nie, maar ook dié van die verbruiker. Assesseer hoe ʼn verbruiker wat Thandi se maaltyd-‘kit’ koop, volhoubare gebruik om die omgewing te beskerm, uitoefen. (7) [40] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Consumer Studies

View all