Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2022
VERBRUIKERSTUDIES
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
Skip to contentAll 2022 papers 





View all


--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)


Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
Grade 12 Consumer Studies question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.
Consumer Studies · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 18
- File size
- 574.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 18
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2022
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae:
TYD
VRAAG INHOUD PUNTE
(minute)
AFDELING A (Kortvrae)
1 Kortvrae (Alle onderwerpe) 40 20
AFDELING B (Langvrae)
2 Die Verbruiker 40 40
3 Voedsel en Voeding 40 40
4 Kleding 20 20
5 Behuising 20 20
6 Entrepreneurskap 40 40
TOTAAL: 200 180
2. Al die vrae is VERPLIGTEND.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. Jy mag ʼn sakrekenaar gebruik.
6. Skryf slegs met swart of blou ink.
7. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) VERBRUIKERSTUDIES 3
AFDELING A
VRAAG 1: KORTVRAE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 1.1.21 D.
1.1.1 Die afkoelperiode na ʼn direkte bemarkingsverkope waar die verkoper
die kontrak kan kanselleer is binne … besigheidsdae.
A sewe
B veertien
C twee
D vyf (1)
1.1.2 Die agentskap wat verantwoordelik vir die kollektering en
administrasie van die belastingstelsel is.
A SARS
B SABS
C SARB
D SABR (1)
1.1.3 Die koers waarteen die Reserwe Bank geld aan kommersiële banke
leen ingeval van enige tekorte van fondse is die …
A rentekoers.
B inflasiekoers.
C repokoers.
D primakoers. (1)
1.1.4 Die volgende word as hernubare energiebronne beskou.
A Steenkool, hout en olie
B Water, wind en sonkrag
C Steenkool, wind en olie
D Water, hout en gas (1)
1.1.5 Sistoliese bloeddruk meet die druk in jou slagare wanneer die …
A hart tussen slae ontspan en met bloed vul.
B hart saamtrek en bloed na die res van die liggaam druk.
C hart ontspan en bloed na die res van die liggaam druk.
D hart saamtrek op die maatslag en met bloed vul. (1)
1.1.6 ʼn Tekort aan die volgende voedingstowwe in ʼn dieet kan
bloedarmoede veroorsaak.
A Yster, jodium en vitamien B6
B Vitamien B12, foliensuur en kalsium
C Yster, vitamien B12 en foliensuur
D Jodium, vitamien B6 en proteïen (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2022)
1.1.7 ʼn Bymiddel wat waardevol is om te verseker dat verpakte voedsel hul
konsekwentheid behou en toelaat dat die olie en water gemeng bly.
A Stabiliseerder
B Anti-oksidant
C Verdikker
D Emulsifiseerder (1)
1.1.8 Die sintetiese geel voedselkleursel wat allergiese reaksies by sommige
mense kan veroorsaak.
A Tartrasien
B Borrie
C Karoteen
D Lesitien (1)
1.1.9 ʼn Algemene wanindruk oor voedselverwante siekte is dat …
A voedsel wat jou siek maak sal sleg ruik en smaak.
B skoon kombuise, nie net vuil kombuise nie, kan ʼn persoon siek
maak.
C vars voedsel jou siek kan maak as dit nie behoorlik gehanteer is
nie.
D jy kan siek word selfs wanneer die voedsel behoorlik gekook is. (1)
1.1.10 ʼn Hoofknelpunt met GM-voedsel op ʼn persoon se gesondheid.
A Beskadiging van die omgewing
B Bedreig gewas diversiteit
C Allergiese reaksies
D Weerstand teen onkruiddoders (1)
1.1.11 ʼn Eienskap van ʼn klassieke klerestyl.
A Trek gou mense se aandag
B ʼn Uiterse unieke ontwerp
C ʼn Vinnige groei in populariteit
D Aanvaarbaar vir verskeie jare (1)
1.1.12 Handelsmerkplagiaat is onwettig omdat …
A hulle deur handelaars verkoop word.
B hulle ingevoerde goedere is.
C goedere van ʼn swak kwaliteit is.
D dit op handelsnaamwette inbraak maak. (1)
1.1.13 Natuurlike vesels wat groei sonder die gebruik van plaagdoders, onkruid-
doders of sintetiese bemestingstowwe staan as … vesels bekend.
A nie-organiese
B hernubaar
C organies
D natuurlike (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) VERBRUIKERSTUDIES 5
1.1.14 ʼn Koste gewoonlik betaalbaar voor die eiendom vir huur, beset word.
A Assuransie
B Deposito
C Maandelikse huur
D Onderhoudsfooie (1)
1.1.15 ʼn Voordeel om ʼn huis te bou.
A Jy kan die eienskappe van die huis kies
B Kan baie tyd in beslag neem as gevolg van vertragings
C Dit is koste-effektief aangesien die rente laer is
D Jy kan jou eie gordyne en bykomstighede kies (1)
1.1.16 Die term wat die volle eienaarskap van ʼn eiendom wat beide die
gebou(e) en land waarop dit gebou is insluit, beskryf.
A Huur
B Voltitel
C Residensiële bewys
D Deeltitel (1)
1.1.17 ʼn Belangrike faktor om in ʼn besigheidsprysstrategie te oorweeg.
A Bly by een metode van prysbepaling
B Konsentreer op advertensietegnieke
C Wat jou teikenmark gewillig is om te betaal
D Baseer jou prys op die koste (1)
1.1.18 ʼn Proses waarby die produk gedurende die produksielyn
geïnspekteer word om te verseker dat dit aan die standaarde voldoen
en kliënte se vereistes bevredig.
A Gehaltebeheer
B Standardisering
C Produkspesifikasie
D Gehalteversekering (1)
1.1.19 ʼn Uitvoerbaarheidstudie word uitgevoer om … te bepaal.
A die totale inkomste wat die besigheid ontvang het
B die koste nadat die besigheid begin het
C die beweging van geld oor ʼn sekere periode
D die lewensvatbaarheid van die besigheid (1)
1.1.20 ʼn Besigheid se verkoopsdoelwit is om 1 000 eenhede per maand te
verkoop en die gelykbreekpunt word bereik as 600 eenhede verkoop
word. ʼn Beste verkoopscenario sal wees wanneer die besigheid …
A nie gelykbreekpunt bereik as 500 eenhede nie verkoop word nie.
B 1 000 eenhede verkoop en ʼn goeie wins maak.
C gelykbreekpunt bereik deur 600 eenhede te verkoop.
D 800 eenhede verkoop vir ʼn regverdige wins. (1)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2022)
1.2 Kies die beskrywing in KOLOM B wat by die stadium in die modesiklus in
KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers
(1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 I.
KOLOM A
KOLOM B
STADIUM IN DIE MODE-
BESKRYWING
SIKLUS
1.2.1 Beginstadium A die styl word finaal verwerp.
1.2.2 Opgang B ontwerpe is nie uniek nie, maar word in
beperkte hoeveelhede geproduseer
1.2.3 Hoogtepunt C style word hergeproduseer en kos meer
as ontwerpersklere
1.2.4 Afname D die styl verkry momentum omdat dit in
groot hoeveelhede verkoop word
1.2.5 Veroudering E mense raak moeg vir die styl en begin na
ʼn nuwe styl soek
F die nuwe styl word teen hoër pryse
geoffer en in klein hoeveelhede
geproduseer
G individue wie die eerste is om nuwe style
te dra
H is op die mees populêre en aanvaarde
stadium
(5 x 1) (5)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die beskrywings hieronder. Skryf slegs die
woord(e)/term langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDE-
BOEK neer.
1.3.1 ʼn Sagte, wasagtige stof wat deur die lewer geproduseer word
1.3.2 Wanneer rente slegs op die hoofbedrag bereken word
1.3.3 Die krediettransaksie waar die verkoper jou toelaat om die toestel
onmiddellik huis toe te neem en dit maandeliks oor ʼn periode van tyd
te betaal
1.3.4 Goedere wat die land op onwettige of ongemagtigde
verspreidingskanale binnekom
1.3.5 ʼn Spaarfonds waar mense gereeld ʼn vaste bedrag in ʼn
gemeenskaplike fonds stort en waaruit hulle ʼn som geld kan ontvang
1.3.6 Die versamelnaam wat aan eienaars van eenhede en
gemeenskaplike eiendom in ʼn deeltitelskema gegee word (6 x 1) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) VERBRUIKERSTUDIES 7
1.4 Identifiseer VIER redes uit die onderstaande lys wat deur voedselonsekerheid
gedurende die Covid-19 pandemie in 2020 veroorsaak was. Skryf slegs die
letters (A–H) langs die vraagnommer (1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer.
A Gemeenskapvoedingskemas was op die been gebring om bejaardes en
kinders te help.
B Grendeltyd het tot ernstige ekonomiese ontwrigting en die verlies van
mense se bestaan en inkomste bygedra.
C Die Solidariteitsfonds is op die been gebring om voedselverligting aan
behoeftige families te verskaf.
D Suid-Afrika se progressie van lae ekonomiese groei en werkloosheid.
E Verskeie organisasies het voedselpakkies aan huishoudings afgelewer.
F Die hoeveelheid voedsel wat verbruik is, het afgeneem wat daartoe gelei
het dat maaltye oorgeslaan is.
G Partykeer word daar, weens ʼn gebrek aan geld en hulpmiddels, die hele
dag nie geëet nie.
H Oortollige voedsel van supermarkte is gereeld geskenk om voedselpakkies
bymekaar te maak. (4)
1.5 Identifiseer die naam van die ‘P’ van die 5P’s in die bemarkingsresepmengsel
(-) wat in elk van die volgende sinne beskryf word. Skryf die naam langs die
vraagnommers (1.5.1–1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
Justin oorweeg dit om ʼn vervoerdiens vir toeriste in sy stad te bedryf. Hy
ontwikkel ʼn bemarkingsplan deur die 5 P’s te gebruik.
1.5.1 Die toeriste benodig ʼn maklike bereikbare toegangspunt, verkieslik
waar ander vervoerstelsels vandaan vertrek.
1.5.2 Hy sal op ʼn Facebook-bladsy, ʼn Twitter-bladsy en op ʼn reisagentskap-
webwerf adverteer.
1.5.3 Sy personeel moet vriendelik wees, daarvan hou om toeriste te
ontvang en moet uitsonderlike kliëntediens bied.
1.5.4 Daar sal ʼn 10% afslag wees wanneer reisigers deur die reisagentskap
na hom verwys word.
1.5.5 Die spysenieringsdiens word uurliks aan toeriste gelewer wat vir ʼn kort
tydjie in die stad is.
(5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2022)
AFDELING B
VRAAG 2: DIE VERBRUIKER
2.1 Gee die naam van die belastingheffing vir die beskrywings hieronder:
2.1.1 Betaalbaar op die verkope van goedere en dienste (1)
2.1.2 Eienaars van wettige eiendom (land en geboue) (1)
2.2 Gee die volle name van die volgende afkortings:
2.2.1 VBW (2)
2.2.2 NKW (2)
2.3 Beskryf die term direkte bemarking. (3)
2.4 Differensieer tussen garansie en waarborg deur die volgende opskrifte te gebruik.
2.4.1 Die verkoper/maatskappy se belofte aangaande die produk wat gekoop is
2.4.2 Die uitkomste vir die verbruiker:
Tabuleer jou antwoord as volg.
ASPEK GARANSIE WAARBORG
2.4.1 Die verkoper/maatskappy
se belofte aangaande die
produk wat gekoop is. (2) (2)
2.4.2 Die uitkomste vir die
verbruiker. (1) (1) (6)
2.5 Lees die e-pos hieronder wat Noxolo ontvang het en beantwoord die vrae wat
volg.
Liewe Wenner
Geluk op jou sukses in ons kompetisie, “Een in ʼn miljoen”.
Jou e-pos wat ewekansig geselekteer is, het ʼn prys gewen. Die prys word deur
die Nasionale Lotery Maatskappy geborg.
Voorsien die volgende besonderhede om die proses om jou prys vry te stel, te
bewerkstellig.
• Eerste, middel en laaste name
• ID-nommer, bank en bankrekeningnommer
Om jou prys te eis, vereis ons jou vertroulikheid aangaande jou prys. Jy word
versoek om ʼn ‘prosesseringsfooi’ van ʼn R100 te betaal. Deponeer asseblief in
Capitec Bank, taknommer 00501, rekeningnommer 45792113
Weer eens, Geluk.
Ronald Bekker
LET WEL: Eis asseblief u prys binne een week, anders sal die prys na
ongeeisde fondse teruggestuur word.
[Eksaminator se eie teks]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) VERBRUIKERSTUDIES 9
2.5.1 Identifiseer die tipe bedrogspul. (1)
2.5.2 Identifiseer en verduidelik DRIE leidrade wat Noxolo moes opgemerk
het dat hierdie e-pos ʼn bedrogspul is. (3 x 2) (6)
2.6 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Waterkwaliteit in Suid-Afrika is as gevolg van die toename in besoedeling aan
die afneem.
2.6.1 Lys enige DRIE oorsake van waterbesoedeling. (3)
2.6.2 Bespreek die verantwoordelikheid wat munisipaliteite het in verband
met die voorsiening van water aan huishoudings. (3)
2.7 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
HOE RUSLAND SE OORLOG IN OËKRAÏNE PRYSE IN SUID-AFRIKA
OPSTOOT
Rusland se inval op die Oëkraïne het sanksies versterk en pryse van goedere
het die hoogte ingeskiet en dit sal Suid-Afrika se Verbruikersprys-indeks (VPI)
nadelig beïnvloed, sê senior ekonoom by ABSA, CIB Peter Worthington. Die
inval het direk gelei tot hoër olie en graanpryse, wat ʼn direkte toename in
pryse van sleutelgoedere binne die VPI, soos brood en brandstof, tot gevolg
gehad het.
[Bron: https://businesstech.co.za/news/finance/. Toegang op 15 Maart 2022 verkry.]]
2.7.1 Verduidelik wat die Verbruikersprys-indeks is en hoe dit gemeet word.
(2 + 2) (4)
2.7.2 Analiseer hoe Rusland se inval op Oekraïne inflasie affekteer en die
impak wat dit op Suid-Afrikaanse verbruikers sal hê. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2022)
VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING
3.1 Gee die naam van die voedselverwante siekte van die beskrywing hieronder
sowel as die inkubasie-periode. (2)
ʼn Hoogs aansteeklike lewer infeksie wat deur inenting voorkom kan word.
3.2 Onderskei tussen die terme, uitvoer en invoer. (2)
3.3 3.3.1 Noem waarom hoë bloeddruk as ʼn ‘stille moordenaar’ bekend is. (1)
3.3.2 Lys DRIE risiko-faktore wat met die oorsake van hoë bloeddruk
geassosieer word. (3)
3.4 Skryf ʼn paragraaf om die rol wat hemoglobien in die siekte anemie speel, te
verduidelik. (4)
3.5 Beskryf hoe lae-digtheid lipo-proteïene ʼn hoofoorsaak van hartsiekte is. (5)
3.6 Lees die onderstaande paragraaf en beantwoord die vrae wat volg.
Suid-Afrika het geen wette en regulasies wat vereis dat wegneemete-
restaurante enige vorm van voedingsinligting aan hul verbruikers verskaf. Die
Suid-Afrikaanse regering moet regulasies instel wat vereis dat wegneem-
etikette voedingstofinligting bevat. Dit sal ʼn effektiewe manier wees om
verbruikers te help om ʼn ingeligte voedingsbesluit te neem.
Navorsing toon dat in die afwesigheid van voedingsetikette, verbruikers die
voedingsinhoud swak skat. Verbruikers word geforseer om op porsiegroottes
staat te maak en op die persepsie dat sekere voedseltipes dieselfde nutriënte
het.
[Aangepas uit www news 24 com/health 24/diet-and-nutrition. Toegang op 16 Maart 2022
verkry.]
3.6.1 Identifiseer EEN rede in die eerste paragraaf gegee, waarom
regulasies vir die etikettering van wegneemetes belangrik is. (1)
3.6.2 Verduidelik hoe die huidige voedingsetiketteringregulasies op
voedselprodukte verseker dat die verbruikers ingeligte besluite kan
neem wat onakkuraat is as gevolg van die afwesigheid van
voedingsinligting op wegneemetes. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) VERBRUIKERSTUDIES 11
3.7 Bestudeer die inligting hieronder vir ʼn McDonald’s hoenderburger wat van die
McDonaldwebwerf verkry is en beantwoord die vrae wat volg.
ʼn Heerlike hoenderburger met McChicken-sous, gekerfde blaarslaai en bedien
op ʼn perfekte geroosterde broodrolletjie.
Allergene: graan, soja, eier
Alle McDonald’s burgers word gemaak ‘sonder kunsmatige preserveer-
middels, geen kunsmatige geurmiddels en geen kleursel van kunsmatige
oorsprong’.
McDonald’s gebruik huidiglik geen MNG in produkte op hulle nasionale
spyskaart nie.
McDonald's
McChicken
Voedingsfeite
Bedieningsgrootte 1 burger (170 g) Per 100 g
Energie 1 615 kJ 950 KJ
Proteïene 16,50 g 28,05 g
Koolhidrate 52,90 g 31,12 g
Suiker 6,20 g 3,65 g
Vette 14,60 g 8,59 g
Versadigde vette 3,3 g 1,9 g
Poli-onversadigde vette 3,7 g 2,2 g
Transvette 0g 0g
Vesel 2,6 g 1,5 g
Cholesterol 26,9 mg 15,8 mg
Natrium 804 mg 473 mg
[Bron: wwwfatscret.co.za/calonies-nutrition/mcdonalds/mcchicken/1-burger
https://www.mcdonalds.co.za/menu/chicken-burger. Toegang op 21 Maart 2022 verkry.]
3.7.1 (a) Gee die funksie van MNG. (1)
(b) Bespreek die belangrikheid van die bewering dat MNG nie in
McDonald’s produkte gebruik word nie. (2)
3.7.2 (a) Identifiseer ʼn ander bewering wat deur McDonald’s gemaak word. (1)
(b) Regverdig of die bewering misleidend is of nie. (2)
3.7.3 Die verbruik van kitskos het dikwels ʼn hoë nutriënt-inname vir energie,
vet en sout tot gevolg.
Verduidelik waarom die bogenoemde stelling geldig is wanneer die
voedingsfeite wat in die voedingstabel gegee word, ontleed word.
Kies enige TWEE nutriënte-inname van die stelling hierbo om in jou
antwoord op te fokus. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2022)
3.8 Evalueer die onderstaande aandete spyskaart hieronder vir ʼn persoon wat
aan hartsiekte en hoë bloeddruk ly.
SPYSKAART BESKRYWING
Voorgereg Sampioene gedoop in ʼn beslag gemaak van
Gebraaide sampioene met meel, geurmiddel, water en dan in
roomsous bedien broodkrummels gedoop.
Sous is van suurroom, volroom, mayonnaise
en geurmiddels gemaak.
Hoofmaaltyd Geblikte salm in water gemeng met kapok-
Salmkoekies aartappels, kruie en speserye en eier en dan
Groenslaai liggies in canola-olie gebraai.
Slaai bestanddele: baba spinasie, komkommer,
avokado-peer, groen appel.
Nagereg ʼn Vla-basis gemaak van eier, melk, room en
Piesangroomys suiker wat met piesang gemeng is.
Swart koffie Koffie-granules (-korrels) en water. (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) VERBRUIKERSTUDIES 13
VRAAG 4: KLEDING
4.1 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Gepofte moue was ʼn tendens in 2021. Die gepofte moue is nog steeds ʼn styl in
die mode van 2022. Dit val in lyn met al die ander neigings van die
‘80’s-ge-inspireerde uitrustings’.
Die pofskouervoorkoms is niks nuut nie. Dit was gereeld in
ontwerpersuitrustings vanaf lente 2018 gesien, en het sedertdien slegs gegroei
in populariteit. Die mees ekstreme weergawes van die tipe moue sal
heelwaarskynlik teen volgende jaar verdwyn.
[Aangepas uit https://shesewshappiness.com/puff-sleeves-historys-biggest-trend/. Toegang op
21 Maart verkry.]
1980 2018 2022
[Bron: Google images]
4.1.1 Definieer die onderstaande terme wat in die teks gebruik is.
(a) Styl (1)
(b) Mode (2)
4.1.2 Die teks dui aan dat die pofmou tendens deur ʼn styl wat in die 80’s
gedra is, geinspireer is.
(a) Gee die naam van die tipe mode. (1)
(b) Meld TWEE eienskappe van die tipe mode. (2)
4.1.3 Identifiseer die tipe neiging wat die pofmou verteenwoordig en
regverdig jou antwoord. (3)
4.2 Verduidelik waarom hennep, as ʼn voorbeeld van ʼn nie-organiese vesel, nog
steeds as ʼn volhoubare vesel geklassifiseer kan word. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2022)
4.3 Skep ʼn uitrusting vir ʼn aangesig-tot-aangesig besigheidsvergadering en
motiveer jou keuse vir elke item. Bykomend, motiveer ook die geskiktheid van
jou uitrusting as ʼn geheel.
Kies EEN item van elk van die eerste drie rye en ʼn minimum van TWEE items
uit die vierde ry.
KLEDING-ITEMS
Wit langmou-hemp
Swart gebreide
polonek (rolkraag)
Swart en wit geruite bloes
Jeans
Swart rok
Swart broek
Swart romp
Swart baadjie
Bruin jas
Grys gebreide trui
Skoene – alles swart
Handsak – swart
Serp – beige
Horlosie – silwer
Paar brille – silwer raam
[Bron: Google images] (6)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) VERBRUIKERSTUDIES 15
VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR
5.1 Noem die huis opsie waar ʼn okkupasie-sertifikaat geteken word. (1)
5.2 Gee die afkorting vir die Nasionale Huisbouers Registrasieraad. (1)
5.3 Definieer die term huurkontrak. (2)
5.4 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Die populariteit van geslote gemeenskappe – veral landgoedere – het redelik
toegeneem in Suid-Afrika, danksy die sekuriteit wat hulle aan huiseienaars
bied. Die skuif in aanvraag het ook ʼn dringende behoefte vir kopers om die
hoofverskille tussen die koop van ʼn huis in ʼn gewone woonbuurt en die koop
van ʼn huis in ʼn toegangsbeheerde landgoed blootgelê met die klem op
behuising waar ʼn maandelikse heffing vereis word.
[Bron: https://businesstech.co.za/news/property/569942/ Toegang op 26 Maart 2022 verkry.]
5.4.1 Gee TWEE redes om te motiveer dat die uittreksel na ʼn huiseienaar
wat ʼn deeltitel koop verwys. (2)
5.4.2 Lys TWEE voordele van deeltitelhuiseienaarskap wat nie van
toepassing is op ʼn voltitelhuiseienaarskap nie. (2)
5.4.3 Bespreek TWEE voordele en TWEE nadele om maandeliks ʼn heffing
te betaal.
Tabuleer jou antwoord soos volg:
VOORDELE NADELE
(2) (2) (4)
5.5 Voor-laaier wasmasjiene gebruik gewoonlik minder water en energie.
Bo-laaier wasmasjiene is geskik vir mense wat ʼn masjien wil hê waar dit nie
nodig is om te buk om die wasmasjien te laai nie.
[Bron: https://www.ariel.in/en-in/washing-machine-101/your-guide-to-washing-machines/.
Toegang op 21 Maart 2022 verkry.]
Bespreek die impak van nie-menslike- en menslike energie voorbeelde in die
stelling hierbo. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2022)
5.6 Bestudeer die prente en inligting gegee vir die TWEE tipes wasmasjiene en
beantwoord die vraag wat volg.
VOORLAAIER BO-LAAIER
Prys R6 999,00 Prys R5 999,00
KENMERKE VOORLAAIER BO-LAAIER
Waskapasiteit 7 kg 13 kg
Afmetings (W x H x D) 595 x 850 x 440 mm 610 x 1 075 x 675 mm
Waarborg 3 jaar 2 jaar
Energieverbruik A++ A+
[Bron: https://www.bargainsonline.co.za/
https://www.expertstores.co.za/. Toegang op 21 Maart 2022 verkry.]
5.6.1 Interpreteer die gegewe inligting om jou te help om ʼn gesin raad te
gee oor die volgende faktore wat hulle moet oorweeg wanneer hulle
ʼn wasmasjien koop. Moenie die inligting net so oorskryf nie, maar
gebruik dit as ʼn gids vir jou antwoord.
(a) Die behoefte van die gesin (2)
(b) Die begroting (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022) VERBRUIKERSTUDIES 17
VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP
6.1 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.
Fezile maak en verkoop koffie van ʼn klein spasie wat tussen ʼn kantoorblok en
ʼn ontspanningssportveld geleë is. Hy het die besigheid gekies omdat koffie
enige tyd van die dag deur kliënte gekoop word. Sy ligging stel hom aan ʼn
groot volume kliënte bloot.
Fezile het besluit om koue broukoffie in plaas van yskoffie te verkoop, want hy
het ʼn smaaktoetsopname van beide produkte in die gemeenskap gemaak en
die meeste mense het die geur van die koue broukoffie verkies.
Hy het ʼn koffiemeul in ʼn kompetisie gewen en sy oom het vir hom ʼn tweede-
handse yskas gegee. Die oorblywende apparaat wat hy benodig het moes hy
met sy spaargeld aangekoop het. Hy het ook ʼn verskaffer van Asiatiese
koffiebone en fonteinwater gekry. Dit het hom verseker van ʼn kwaliteitproduk
met ʼn superior smaak.
Fezile se produksielyn vir sy koue broukoffie-besigheid bestaan uit die
volgende fases:
Maal die koffiebone
Voeg water by en roer deeglik
Plaas in die yskas en laat dit brou vir 12 ure
Sif die koffie en laat dit ʼn uur staan.
Verkoel in yskas
Verpak vir verkope
Hy voorsien werk aan twee ander persone van die gemeenskap. Die plan is
om 100 koppies koffie per dag te produseer.
[Eksaminator se eie teks]
Koue broukoffie is ʼn koffie wat koud gebrou word en ʼn gladder smaak het.
Die olies word nie van die koffiebone verwyder nie aangesien daar geen warm
water is nie. Yskoffie word warm gebrou en oor ys bedien. Die warm water trek
die olie uit die bone en daarom is die suurgehalte hoër.
6.1.1 Gee EEN rede waarom Fezile verkies om koffie te verkoop. (1)
6.1.2 Kies ʼn sin wat ʼn voordeel van die keuse van die ligging van sy
besigheidsperseel aandui. (1)
6.1.3 Gee die naam van die plan wat die tydraam en die take wat voltooi
moet word, aandui, sodat die doel van 100 koppies koffie per dag
bereik kan word. (1)
6.1.4 Stel TWEE vrae voor wat hy vir sy teikengroep kon vra, behalwe die
keuse van die koffie, vir waardevolle terugvoering wanneer hy sy
besigheidsidee navors. (2)
6.1.5 Verduidelik hoe die verskaffing van die koffiemeul en die yskas in
hierdie scenario vir Fezile gehelp het. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 VERBRUIKERSTUDIES (EC/SEPTEMBER 2022)
6.1.6 Identifiseer en bespreek DRIE faktore wat Fezile se keuse om koffie te
verkoop, geaffekteer het. (6)
6.1.7 Daar is baie areas in die produksielyn wat aandag vereis om kwaliteit
produkte te produseer. Identifiseer aan watter vereiste vir ʼn kwaliteit
produk, voldoen word, in die beskrywings hieronder.
(a) Wanneer die koffie bedien word, onthou kliënte koop met hulle oë,
daarom kies ʼn houer wat beide geskik en aantreklik is.
(b) Fezile het Asiatiese koffiebone gemaal en fonteinwater bygevoeg vir
sy resep. (2)
6.1.8 Bespreek die rol wat berging en die effektiewe bergingsprosedures op
die kwaliteit gedurende die produksie van die koffie, het. (6)
6.1.9 “Produseerders en verbruikers kan beide verantwoordelikheid vir
volhoubare produksie en verbruik aanvaar.”
Analiseer die geskiktheid van die verpakking hieronder wat Fezile
gebruik het om die koffie te bedien en beskryf die impak wat Fezile en
sy kliënte op die omgewing het, met die bogenoemde stelling in
gedagte.
Papierglas Glas masonfles Plastiekglas
papierstrooitjie metaalstrooitjie plastiekstrooitjie (10)
6.1.10 Fezile se beste verkope scenario is om 100 koppies koffie per dag te
verkoop.
(a) Bereken sy inkomste vir die dag as hy 100 koppies koffie teen
R17,00 per koppie verkoop. (1)
(b) Bereken die produksiekoste van 100 koppies koffie as een koppie
R10,20 kos om te maak. (1)
(c) Op ʼn spesifieke dag verkoop Fezile 50 koppies koffie. Bereken
hoeveel minder wins hy op hierdie dag sal maak in vergelyking
met die wins wat hy op sy beste dag gemaak het. (6)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 160
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 QP
More from Grade 12 Consumer Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Con Stu ATP 2023 24

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)
--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)
Memorandum
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

Errata
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Errata

Memorandum