GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
VERBRUIKERSTUDIES
NOVEMBER 2025
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 200
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 20 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentMemorandum 











View all





Consumer Studies Nov 2025 MG Afr (1)
Consumer Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2025 · Afrikaans. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Pages
- 20
- File size
- 610.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 20
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Verbruikerstudies 2 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 1.1.1 A Onthou, matig (Verken, p.171; Suksesvol, p.191) (1)
1.1.2 C Verstaan, maklik (Verken, p.141,174; Suksesvol, p.193) (1)
1.1.3 D Verstaan, maklik (Verken, p.157; Suksesvol, p.174) (1)
1.1.4 B Verstaan, matig (Verken, p.166; Suksesvol, p.184) (1)
1.1.5 D Verstaan, matig (Verken, p.164-165; Suksesvol, p.182) (1)
1.1.6 C Onthou, matig (Verken, p.90; Suksesvol, p.106–107) (1)
1.1.7 D Onthou, maklik (Verken, p.94; Suksesvol, p.113–114) (1)
1.1.8 C Onthou, maklik (Verken, p.74; Suksesvol, p.83) (1)
1.1.9 B Verstaan, maklik (Verken, p.103; Suksesvol, p.123) (1)
1.1.10 A Onthou, maklik (Verken, p.104; Suksesvol, p.125) (1)
1.1.11 B Verstaan, maklik (Verken, p.54; Suksesvol, p.57) (1)
1.1.12 B Toepassing, matig (Grade 11) (1)
1.1.13 C Onthou, maklik (Verken, p.49; Suksesvol, p.51) (1)
1.1.14 A Onthou, maklik (Verken, p.119; Suksesvol, p.139) (1)
1.1.15 D Verstaan, maklik (Verken, p.148; Suksesvol, p.162) (1)
1.1.16 B Verstaan, maklik (Verken, p.30-31; Suksesvol, p.30) (1)
1.1.17 B Onthou, maklik (Verken, p.19; Suksesvol, p.23) (1)
1.1.18 A Verstaan, matig (Verken, p.35; Suksesvol, p.35) (1)
1.1.19 D Verstaan, matig (Verken, p.8; Suksesvol, p.11) (1)
1.1.20 A Onthou, matig (Verken, p.40; Suksesvol, p.42) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 3 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
1.2 1.2.1 Antioksidante
1.2.2 Stabiliseerders/emulsifiseerders
1.2.3 (Chemiese) preserveermiddels
1.2.4 Bleikmiddels/kleurmiddels (4)
Onthou, maklik (Verken, p.93–94; Suksesvol, p.113–114)
1.3 A
C
E (Enige volgorde) (3)
Verstaan, matig (Verken, p.64; Suksesvol, p.72)
1.4 1.4.1 D
1.4.2 C
1.4.3 E
1.4.4 B
1.4.5 F (5)
Verstaan, matig (Verken, p.155, 156, 158,161,162; Suksesvol, p.169, 173, 175–179)
1.5 A
C
F
H (Enige volgorde) (4)
Verstaan, moeilik (Verken, p.16; Suksesvol, p.24)
1.6 1.6.1 Heffing
1.6.2 Huur
1.6.3 (Omvattende huiseienaars-) versekering
1.6.4 Heffings/ eiendomsbelasting/ diensfooie (4)
Verstaan, matig (Verken, p.117 ,122, 127, 128; Suksesvol, p.137, 139, 140, 145)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 4 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: LANGVRAE
VRAAG 2: DIE VERBRUIKER
2.1 Definieer die volgende terme:
2.1.1 Verbruikersprysindeks (VPI)
Die verbruikersindeks (VPI) meet/bereken/bepaal✓1 die
verandering in die prys van 'n groep produkte en dienste✓2 oor 'n
spesifieke tydperk/12 aande.✓3 (Enige 2) (2)
Onthou, maklik (Verken, p 167; Suksesvol, p 185)
2.1.2 Lopende betaalstelsel (LBS)
Dit is belasting wat van 'n werknemer✓1 se salaris op 'n maandelikse
basis/ op dieselfde tyd wat hy/ sy inkomste verdien✓2 afgetrek word. (2)
Onthou, maklik (Verken, p.163; Suksesvol, p.181)
2.2 Noem die liggaam wat vir die vasstelling van die repokoers
verantwoordelik is.
(Suid Afrikaanse) Reserwebank (SARB).✓ (1)
Onthou, matig (Verken, p.166; Suksesvol, p.184)
2.3 Maak 'n lys van DRIE basiese dienste wat deur munisipaliteite voorsien
word.
• Elektrisiteit✓1
• Water✓2
• Sanitasie/ rioolversameling✓3
• Vullis/ afvalverwydering✓4 (Enige 3) (3)
Onthou, maklik (Verken, p.183; Suksesvol, p.202)
2.4 Noem TWEE tipes kredietkontrakte waar goedere en dienste aangekoop
en later daarvoor betaal word.
• Verbandlening✓1
• Banklenings/ lenings van finansiële instellings✓2
• Afbetalingskoop/ huurkoop✓3
• Winkelkredietrekeninge/ winkelkaart✓4
• Kredietkaart✓5 (Enige 2) (2)
Onthou, maklik (Verken, p.155-156; Suksesvol, p.170–172)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 5 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
2.5 Noem TWEE maniere om die verbruik van elektrisiteit te verminder
wanneer klere drooggemaak word.
•Hang wasgoed buite om droog te word in plaas daarvan om die tuimeldroër
te gebruik.✓1
• Druipnat klere moenie getuimeldroog word nie/ droog klere per hand uit
voordat dit getuimeldroog word✓2 omdat dit langer sal neem om droog te
word.
• Gebruik die korrekte temperatuurverstelling op 'n tuimeldroër om die
hoeveelheid elektrisiteit wat gebruik word te minimaliseer.✓3
• Gebruik slegs die tuimeldroër wanneer daar 'n volle lading is.✓4
• Gebruik 'n energiedoeltreffende tuimeldroër met 'n A-rangorde.✓5
• Jy kan die stryk van klere vermy deur klere onmiddellik uit die tuimeldroër
te haal en dit sorgvuldig op te vou.✓6
• Maak seker dat die rubber seël ongeskonde (nie beskadig is nie) is om te
voorkom dat ontsnap. ✓7
• Maak filters gereeld skoon om droogmaak tyd te verkort.✓8
• Moenie die tuimeldroër oorlaai nie.✓9
• Gebruik ‘n gas tuimeldroër.✓10 (Enige 2) (2)
Verstaan, matig (Verken, p.174; Suksesvol, p.193-194)
2.6 Verduidelik waarom saamgestelde rente voordelig vir beleggings/
spaargeld is.
•In saamgestelde rente, word rente op die oorspronklike belegging/
spaargeld/ bedrag1 verdien en op die rente wat alreeds ontvang is,
verdien.2
• Geld groei vinniger3 oor 'n kort tydperk.
• Dit is 'n beter langtermynkeuse omdat dit hoër opbrengste lewer.4
(Enige 2) (2)
Verstaan, maklik (Verken p.166; Suksesvol p.184)
2.7 Verduidelik waarom dit vir 'n verbruiker voordelig is om 'n produk te koop
wat 'n waarborg/garansie het.
•Dit verseker 'n verbruiker dat 'n produk aan die gehalte/ duursaamheid/
standaarde1 sal voldoen en vir 'n sekere tydperk2 in 'n werkende
toestand3 sal bly.
• Dit verseker dat die produk herstel sal word4 indien dit enige defekte het
sonder die koste aan die verbruiker.5
• Waarborg/garansie belowe dat die produk vervang6 sal word indien die
produk nie binne 'n gegewe tydperk in 'n werkende toestand7 is nie.
• Dit laat toe dat die verbruiker terug betaal8 word indien die produk nie
aan die terme waaroor daar ooreengekom is, voldoen nie.9
• Dit beveilig die verbruiker teen enige verlies.10 (Enige 4) (4)
Verstaan, matig (Verken, p.158; Suksesvol, p.175)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 6 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
2.8 2.8.1 Identifiseer die tipe swendelskema wat in die SMS hierbo
verteenwoordig word.
Lotery/ pryskennisgewing-swendelskema.✓ (1)
Verstaan, matig (Verken, p.159; Suksesvol, p.177)
2.8.2 Verduidelik waarom die SMS hierbo as 'n swendelskema
beskou word.
• Alex het 'n SMS ontvang, wat aangedui het dat hy 'n lotery
boerpot gewen het.✓1
• Dit vereis dat Alex sy persoonlike besonderhede voorsien.✓2
• Alex moet 'n prosesseringfooi van $200 betaal om die prys te
eis.✓3
• Die SMS het aangedui 'Moenie op hierdie verstommende
geleentheid uitmis nie' alhoewel dit aandui dat hy/sy alreeds die
lotery gewen het.✓4
• Daar is 'n spelfout (es) op die SMS wat 'n aanduiding is dat dit
nie wettig is nie.✓5
• Dit klink te goed om waar te wees. ✓6
• Alex mag dalk nie in ‘n lotery boerpot deelgeneem het nie.✓7
• Daar is geen kontak besonderhede/ naam van die lotery
verskaf nie.✓8
• ‘n Lotery kaartjie word op die perseel geëis en ‘n SMS word nie
na die wenner/ Alex gestuur nie.✓9 (Enige 4) (4)
Verstaan, matig (Verken, p.159; Suksesvol, p.177)
2.9 Onderskei tussen die inflasiekoers en die rentekoers.
•Inflasiekoers is die gemiddelde persentasie verhoging1 in pryse van
goedere en dienste in 'n jaar/ jaarliks2 wat op die Verbruikersprysindeks
(VPI)3 gebaseer is.
• Rentekoers is die koers waarteen leners rente betaal4 vir die geld wat
hulle vanaf finansiële instansies leen.5 Dit word op ‘n maand tot maand
basis gehef.✓6
• Die rentekoers is ook die koers waarteen verbruikers rente op hul
beleggings/ spaargeld ontvang.7
• Rentekoers word bepaal deur die repokoers.✓8 (Enige 4) (4)
Verstaan, matig (Verken, p.166-168; Suksesvol, p.184–185)
LET WEL: Kandidate moet na beide die inflasiekoers en rentekoers verwys om 4 punte
toegeken te word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 7 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
2.10 Verduidelik die oorsake van die aanhoudende styging van pryse.
• Die styging in die prys van elektrisiteit✓1 het veroorsaak dat vervaardigers
en verkopers hulle pryse verhoog om die styging in elektrisiteitkoste te
dek.✓2
• Die pryse van grondstowwe styg✓3 wat veroorsaak dat die verkoopprys
styg.
• 'n Verhoging in die brandstofprys/ vervoerkoste✓4 sal ook bydra tot die
prysverhogings.
• Die vervaardigers/besighede het salarisse/ lone.✓5 en huur verhoog✓6
wat die besigheid meer geld kos/ die oorhoofse/bokoste verhoog✓7 en die
koste van die verhoging word by die prys van goedere en dienste
gevoeg.✓8
• Stakings/ protesaksies/ onluste/ oorloë kan prysstygings veroorsaak.✓9
• Beurtkrag/ beurtwater mag oog prysstygings veroorsaak.✓10
• Die styging in die rentekoers✓11 sou veroorsaak dat besighede wat skuld
het meer geld sal betaal, om die skuld af te betaal.✓12
• 'n Verhoging in die inflasiekoers✓13 het ook veroorsaak dat pryse styg.
• Indien die staat meer geld sonder versekering druk/ meer geld bestee as
wat ontvang word.✓14
• Die verhoging in heffings/ suikerbelasting/ sondebelasting/ brandstof-
belasting/ invoerbelasting/ wisselkoers✓15 het ook die prysstygings van
goedere en dienste veroorsaak.
• Oorstromings/droogte✓16 kon 'n impak op plaaslike plase gehad het, wat
lae gewasopbrengste17 tot gevolg gehad het wat pryse laat styg het.
(Enige 5) (5)
Analisering, moeilik (Verken, p.164–168; Suksesvol, p.182, 184, 185)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 8 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
2.11 Gemeenskappe en munisipaliteite het beide 'n verantwoordelikheid om
die probleem te beveg.
Regverdig die stelling hierbo.
Munisipaliteite moet ...
• gereeld1gemors/ afval van die gemeenskap kollekteer.
• afval stortingsterreine bou/ in stand hou/ bestuur2 vir die kollektering van
vullis.
• gemeenskappe aanmoedig om herwinbare afval te herwin3 soos glas/
papier/ plastiek/ karton.4
• herwinningsareas voorsien.5
• “geen-storting” tekens/ borde/ kennisgewings opsit en verseker dat daar
gevolge/ boetes6 vir onwettige storting is.
• wheely-vullisblikke/ vullissakke7 voorsien sodat diere nie swartsakke kan
beskadig voordat dit gekollekteer word nie.
• gebruik heffings en eiendomsbelasting verantwoordelik om te verseker dat
rommel gekollekteer word.8
Gemeenskappe moet ...
• hul gemors in 'n verantwoordelike manier weggooi9 en hulle moenie
rommel strooi nie.10
• eiendomsbelasting betaal11 sodat munisipaliteite fondse het om afval te
kollekteer.12
• hulle afval soos papier/ plastiek/ glas/ karton herwin13 in plaas daarvan
om dit weggooi.
• hul vullisblikke op dae van kollektering buite plaas.14
• gemeenskap skoonmaakveldtogte15 organiseer.
• gemeenskappe moet aanbevelings en klagtes oor rommel wat nie
gekollekteer/ verwyder is nie, op skrif in dien.16
• onwettige storting aan die munisipaliteit raporteer.17
• raadsvergaderings18 bywoon om ondersteuning te toon of ingelig te bly
van wat die munisipaliteit aangaande rommelverwydering19 doen.
(Enige 8) (8)
Analisering, matig (Verken, p.183, 185; Suksesvol, p.203, 205)
LET WEL: Kandidate moet na beide munisipaliteit en gemeenskappe verwys om volpunte
toegeken te word.
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 9 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING
3.1 Definieer die volgende terme:
3.1.1 Cholesterol
Dit is 'n sagte/ wit,1 wasagtige/ vetterige stof2 wat natuurlik in die
bloed voorkom/ 'n komponent van liggaamselle/ hormone3 is en in
die lewer en liggaamselle geproduseer4 word. (Enige 3) (3)
Onthou, maklik (Verken, p.74; Suksesvol, p.84)
3.1.2 Voedselsekerheid
Dit is die vermoë van individue om voldoende/ genoeg1
voedsame2 voedsel wat veilig3 is op 'n daaglikse basis4 te
verkry/ toegang te hê, om 'n gesonde/ aktiewe lewenstyl5 te
handhaaf. (Enige 3) (3)
Onthou, maklik (Verken, p.106; Suksesvol, p.128)
3.1.3 Organiese voedsel
Organiese voedsel word op 'n omgewingsvriendelike manier/ deur
die gebruik van tradisionele/ natuurlike boermetodes,1 sonder die
gebruik van plaagdoders/ onkruiddoders/ chemikalieë/
bemestingstowwe2 gekweek. (2)
Onthou, maklik (Verken, p.104; Suksesvol, p.125)
3.2 Maak 'n lys van inligting wat op 'n voedseletiket gevind word, wat met die
voorkoming van voedselvergiftiging kan help.
• Datumstempel/ merke1 (gebruik teen/beste voor)
• Bestanddele2
• Opberginstruksies3
• Gaarmaak/verhittinginstruksies4 (Enige 3) (3)
Verstaan, matig (Verken, p.97; Suksesvol, p.117)
3.3 Skryf 'n paragraaf om die verskil tussen hoëdigtheid lipoproteïen (HDL)
en laedigtheid lipoproteïen (LDL) cholesterol te bespreek.
HDL is die goeie1 cholesterol. Dit versamel oortollige cholesterol2en
verwyder sommige cholesterol wat alreeds in die wande van die slagare
neergelê3 is en vervoer dit na die lewer waar dit afgebreek en uitgeskei
word.4 Dit verlaag die risiko van hartsiekte.5 Dit word deur oefening
verhoog.6 LDL is die slegte/gevaarlike7 cholesterol. Dit bou in die slagare
op8 wat die geleidelike vernouing9 van die bloedvate veroorsaak. Dit dra
by tot hartsiekte.10 Dit word deur versadigde/transvetsure verhoog.11
(Enige 6) (6)
Verstaan, matig (Verken, p.74; Suksesvol, p.84)
LET WEL: Kandidate moet na beide HDL en LDL verwys volpunte toegeken te word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 10 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
3.4 Bespreek hoe hepatitis A in die voedselomgewing oorgedra kan word.
•Oordrag kan voorkom wanneer 'n besmette persoon nie sy/ haar hande
was1 nadat die toilet gebruik is nie2 en dan aan voedsel/ drankies
raak.3
• Swak sanitasie mag tot die oordrag van Hepatitis A lei.4
• Hepatitis A kan versprei wanneer 'n onbesmette of ongeïmmuniseerde
persoon5 voedsel eet of drink wat deur die ontlasting/ uitskeiding6 van
'n besmette persoon, besmet is.
• Dit kan ook deur besmette voedsel/ water7 versprei. (Enige 3) (3)
Onthou, maklik (Verken, p.89; Suksesvol, p.103)
3.5 Verduidelik die voordele van die bestraling van vrugte en groente.
•Vertraag die rypwording van vrugte.1
•Verminder verliese tydens vervoer en opberging.2
•Beheer die uitloop van uie, knoffel en aartappels.3
•Vertraag die vergroening van aartappels.4
•Verhoog/ verleng die raklewe van vrugte en groente.5
•Vernietig insekte in/ op tropiese vrugte wat ingevoer/ uitgevoer word.6
•Vermietig skadelike organismes dus voorkom dit voedseloordragbare
siektes.7 (Enige 4) (4)
Verstaan, matig (Verken, p.105; Suksesvol, p.127)
3.6 Verduidelik hoe anemie deur vegetariërs voorkom en bestuur kan.
• Hulle behoort genoegsame hoeveelhede voedsel wat ryk aan yster1 en
foliensuur2 te eet.
• Ander bronne van yster/ foliensuur is vis/ volgraan-graankosse/
peulgroente/ groen blaargroentes.3
• Hulle behoort ook voedsel wat vitamien C/ askorbiensuur4 soos donker
blaargroente/ bessies/ sitrusvrugte/ tamaties5 bevat, te eet, omdat dit die
absorpsie van yster bevorder.6
• Koffie/ tee moenie met 'n maaltyd ingeneem te word nie7 omdat dit die
absorpsie van yster verlaag.8
• Vegetariërs behoort yster/ vitamine B12 aanvullings9 te neem omdat
vitamine B12 slegs in dierlike voedsel10 gevind word.
• Voedsel insluit wat met vitamien B 12 gefortifiseer11 is. (Enige 6) (6)
Verstaan, matig (Verken, p.77; Suksesvol, p.91)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 11 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
3.7 Bespreek die effek wat 'n dieet ryk aan vrugte, groente en vis op die
voorkoming en bestuur van hipertensie en koronêre hartsiekte mag hê.
• 'n Dieet hoog in vrugte, groente en vis verlaag die risiko en verbeter1 die
bestuur van hipertensie en koronêre hartsiekte.
• Vrugte en groente bevat antioksidante/ vitamien C/ askorbiensuur/
karoteen✓2 wat die effek van vrye radikale minimaliseer✓3 wat die risiko
van hartsiekte verlaag.
• Vrugte en groente is ryk in (oplosbare) vesel✓4 wat help om LDL (slegte
cholesterol)✓5 te verlaag, die slagare verstop en tot hartsiekte lei.
• Kalium/magnesium✓6 wat in sommige vrugte en groente gevind word, is
noodsaaklik vir bloeddruk regulering✓7 wat druk op die slagare verminder✓8
en die risiko van hipertensie verminder.
• Vrugte/ groente is laag in natrium/ sout✓9 wat hipertensie sal verlaag.
• Vrugte/ groente bevat nie dierlike vet of cholesterol10 nie. Dit sal die risiko
van koronêre hartsiekte en hipertensie verlaag.
• Vrugte/groente bevat nie vet nie11 en is laag in kilojoules12 wat die risiko
van vetsug✓13 verlaag, en dus die risiko van hipertensie en koronêre
hartsiekte verlaag.
• Donkergroen blaargroente soos spinasie/brokkoli bevat groot hoeveelhede
fitochemikalieë✓14 wat help om die opbou van cholesterol in die slagare✓15
te verlaag en die risiko van arteriosklerose verlaag.
• Vis bevat onversadigde vette✓16 wat die LDL (slegte cholesterol)✓17
verminder dus die risiko van koronêre hartsiekte verlaag.
• Die vet in vis bevat omega 3 vetsure18 wat die hart en die bloedvate
beskerm.19 (Enige 10) (10)
Analisering, moeilik (Verken, p.74,75,77; Suksesvol, p.83–88)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 12 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4: KLEDING
4.1 Noem TWEE faktore wat modeverandering beïnvloed.
• Sosiaal1
• Ekonomies2
• Tegnologies3
• Politiek/ Geregtelik4
• Kultureel5
• Verveeldheid met huidige modes.6 (Enige 2) (2)
Onthou, maklik (Verken, p.49, 51; Suksesvol, p.53–55)
4.2 Verduidelik die term handelsmerk.
'n Handelsmerk is enige woord/ simbool/ embleem/ etiket/ toestel/ naam✓1 wat
gebruik word om goedere te identifiseer/ onderskei✓2 van die wat deur ander
vervaardig/ verkoop word.3 (Enige 2) (2)
Onthou, maklik (Verken, p.64; Suksesvol, p.28,71)
4.3 Noem TWEE onwettige kledingpraktyke.
• Handelsmerkrowery✓1
• Nagemaakte✓2
• Replikasie✓3
• Afslagkopieë✓4
• Vervalsing✓5 (Enige 2) (2)
Onthou, maklik (Verken, p.64; Suksesvol, p.72)
4.4 4.4.1 Identifiseer die tipe mode wat deur die grafiek verteenwoordig
word.
Modegier (1)
Verstaan, matig (Verken, p.49–50; Suksesvol, p.50–51)
4.4.2 Noem die stadium in die modesiklus wat deur die volgende
maande verteenwoordig word:
(a) Desember: Bekendstelling/ begin/ loods (1)
(b) Februarie: Piek/ hoogtepunt (1)
Verstaan, maklik (Verken, p.50; Suksesvol, p.50)
4.4.3 Verduidelik wat met die koste van klereitems in die volgende
maande gebeur:
(a) Februarie
Die prys is meer bekostigbaar/goedkoper en baie mense koop
dit. (1)
(b) Maart
Die pryse het afgeneem/ die meeste items is op
uitverkoping. (1)
Toepassing, matig (Verken, p.50; Suksesvol, p.50)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 13 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
4.5 Bespreek die veelsydigheid van die skoene.
•Die skoene kan formeel of informeel1 gedra word.
•Kan in verskillende seisoene2 gedra word.
•Kan vir verskillende geleenthede/ tipe werksplekke3 gedra word.
•Kan deur mans of vrouens/ verskillende groepe4 gedra word.
•Kan met of sonder sokkies5 gedra word.
•Die skoene kan met 'n rok/ kortbroek/ langbroek/ romp6 gedra word.
•Swart is 'n neutrale kleur wat dit maklik maak om met verskillende gekleurde
klere7 te dra. (Enige 4) (4)
Toepassing, matig (Verken, p.55; Suksesvol, p.62)
4.6 Analiseer die langtermyn-effekte wat vinnige mode (fast fashion) op die
natuurlike omgewing sal hê.
• Vinnige mode hou vir 'n baie kort tyd wat beteken dat dit weg gegooi1
sal word indien dit nie herwin kan word nie en op stortingsterreine (wiegie-
tot-graf)2 opeindig. Meer stortingsterreine sal benodig word3 wat
waardevolle/ produktiewe/ plaasgrond sal opgebruik.4
• Nie-bioafbreekbare tekstiele/ verpakking breek nie af nie5 en sal op
stortingsterreine ophoop wat grond/ lugbesoedeling veroorsaak.6
• Nuwe tekstiele moet gedurig7 geproduseer word om die aanvraag vir
nuwe klere8 te vervul wat meer water9 en elektrisiteit10 vereis wat
uitputting van natuurlike hulpbronne11 veroorsaak en die
koolstofvoetspoor/ aardverwarming12 verhoog.
• Toksiese chemikalieë/ kleurmiddels13 wat in die produksie van die
tekstiele gebruik word, beskadig die natuurlike omgewing/water/
grondbesoedeling.14
• Die invoer van klere15 van oral uit die wêreld kan lei tot lug/
geraasbesoedeling16 wat hoë koolstofvrystellings tydens die vervoer
veroorsaak.17 (Enige 5) (5)
Analisering, moeilik (Verken, p.61-63; Suksesvol, p.67–69)
LET WEL: Water/Grond/Lugbesoedeling kan slegs een keer 'n punt toegeken word. [20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 14 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR
5.1 Noem die huiseienaaropsie wat deur 'n huiseienaarsvereniging/
korporatiewe liggaam bestuur word.
Deeltitel/ kondominium✓ eienaarskap (1)
Onthou, maklik (Verken, p.122; Suksesvol, p.140)
5.2 Beskryf kortliks wat die huiseienaarsvereniging/korporatiewe liggaam is.
• Elke eienaar is ‘n lid in ‘n deeltitelkompleks en vorm deel van die
huiseienaarsvereniging.1
• Die groep mense/ trustees wat deur die eienaars van die eenhede in die
kompleks verkies is,✓2 wat die kompleks beheer/ administreer/ bestuur/
bedryf .✓3
OF
• 'n Professionele bestuursagent wat deur die eienaars aangestel is.✓4
(Enige 1) (1)
Onthou, maklik (Verken, p.122–123; Suksesvol, p.140–141)
5.3 Noem DRIE nadele van die aankoop van huishoudelike toestelle op
krediet.
•Terugbetalings van die toestel moet stiptelik/ betyds/ maandeliks/ oor ‘n
lang tydperk✓1 betaal word wat verbruikers se besteebare inkomste mag
verlaag.✓2
• Versuim om te betaal mag veroorsaak dat die toestelle teruggeneem
word.✓3
• Daar is 'n sekere limiet wat bestee kan word/ deur die kredietverskaffer
voorsien word.✓4
• Daar is ander koste soos rente/ administrasie/ aanvangsfooie wat betaal
moet word/ strawwe vir laat betalings✓5 wat dit duur6 maak.
• Verbruikers kan nie vir ‘n afslag onderhandel nie.7
• Verbruikers kan meer bestee as wat hulle kan bekostig✓8 en kan op die
swartlys9 geplaas word.
• Paaiemente moet steeds betaal word selfs as die toestel gebreek/ gesteel
is.10
• Indien ‘n verbruiker ophou om die paaiemente te betaal verloor hy/sy al
die geld wat alreeds betaal is.11 (Enige 3) (3)
Verstaan, maklik (Verken, p.148; Suksesvol, p.162)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 15 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
5.4 Maak 'n lys van die inligting wat by 'n huurooreenkoms ingesluit moet
word om beide die huurder en die verhuurder te beskerm.
• Die datum waarop die huur van die eiendom begin/ die lengte van die
huurooreenkoms.1
• Besonderhede oor die hernuwing van die huurooreenkoms.2
• Die bedrag van die huurpaaiement3 en die datum waarop dit betaal moet
word.4
• Huurvoorwaardes.✓5
• Klousules wat die regte en verantwoordelikhede van die huurder en
huiseienaar aandui.6
• Eiendom-inspeksie voordat daar ingetrek word en nadat die
huurooreenkoms verval.7
• Die huiseienaar se toegang tot die eenheid.8
• Reëls ten opsigte van die deposito/ water/ elektrisiteit/onderverhuring/
troeteldiere.9 (Enige 3) (3)
Verstaan, matig (Verken, p.118; Suksesvol, p.138)
5.5 5.5.1 Verduidelik die voordele van die energiebronne van die
yskas/vrieskas.
• Dit gebruik gas wat goedkoper1 as elektrisiteit is, dus die
elektrisiteitkoste bespaar.2
• Dit sal na gas omskakel wanneer daar geen elektrisiteit is nie3
en voedsel sal nie bederf nie.4
• Dit skakel self oor na elektrisiteit indien die gas op raak.5
• Dit bespaar elektrisiteit/ verlaag die aanvraag vir elektrisiteit6
en verlig die lading op die land se oorbelaste toevoer,7
hierdeur word die negatiewe omgewingsimpak van die
generasie/opwek van elektrisiteit verminder.8
• Alhoewel VP-gas 'n fossielrandstof is, is dit relatief skoon in
vergelyking met steenkool/ olie/ minder lugbesoedeling9 en
produseer minder koolstofdioksiedvrystellings.10
• Wanneer dit korrek gebruik word, is VP-gas heeltemal veilig,11
soos elektrisiteit. (Enige 4) (4)
Toepassing, matig (Verken, p.134, 176; Suksesvol, p.155, 193, 195)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 16 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
5.5.2 Bespreek hoe die yskas/vrieskas menslike energie en tyd
bespaar.
• Die verbruiker sal nie per hand vanaf die gas of elektrisiteit
moet skakel nie1 omdat dit outomaties omskakel.
• Die verbruiker hoef nie die reguleerder en pyp om die gas te
koppel apart te koop nie,2 dit bespaar tyd.
• Die aluminiuminterieur/ metaal aan die buitekant is maklik om
skoon te maak.3
• Deurskynende glas maak dit maklik om te sien wat binne is,4
sonder om die yskas oop te maak.
• Die yskas hoef nie oopgemaak te word om koue water te kry
nie omdat dit alreeds buite is.5
• Dit kom voor asof dit wiele het, wat dit maklik maak om te
beweeg/ onder skoon te maak.6
• ‘n Regop yskas/ vrieskas vereis nie ongemaklike buig nie.7
(Enige 3) (3)
Verstaan, matig (Verken, p.134, 136, 145; Suksesvol, p.140)
5.6 Evalueer die negatiewe finansiële impak wat die nie-betaling van die
akkommodasie op verhuurders sal hê.
• Hulle sal nie in staat wees om hul verbandlenings te betaal nie1 en mag
kontantvloei probleme2 hê kan mag veroorsaak dat hulle in skuld3
dompel word en op die swartlys4 geplaas kan word of hul eiendom
verloor/ verkoop.5
• Hulle sal nie hul maandelikse versekeringsfooie6 kan betaal nie, wat duur
mag wees indien daar enige probleme voorkom.7
• Hulle sal nie eiendomsbelasting8 aan munisipaliteite kan betaal nie wat
hul skuld9 sal verhoog en veroorsaak dat basiese dienste nie voorsien
word nie.10
• Hulle sal heraansluitingsfooie11 moet betaal om hul dienste her-aan- te
sluit indien dit ontkoppel is.
• Dit sal vir hulle moeilik wees om hul eiendomme in stand te hou12 wat
kan veroorsaak dat die waarde van die eiendom afneem.13
• Onbetaalde huur mag tot regskoste/ administratiewe uitgawes lei.14
• Dit mag veroorsaak dat verhuurders nie in staat wees om in ander
eiendomme te belê nie.15 (Enige 5) (5)
Evaluering, moeilik (Verken, p.118, 124; Suksesvol, p.140,142)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 17 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP
6.1 Noem die doel van die nakoming van produkspesifikasies.
Dit is om te verseker dat alle produkte deurgaans dieselfde1 is ten opsigte
van voorkoms/ gehalte/ grootte/ gewig/ kleur/ styl.2 Kliënte sal presies
ontvang wat hulle verwag.3 (Enige 2) (2)
Onthou, maklik (Verken, p.16; Suksesvol, p.21)
6.2 Verduidelik die volgende terme:
6.2.1 Winsopslag
Die bedrag/ persentasie✓1 wat by die kosprys van goedere2
gevoeg word om oorhoofse/ bokoste✓3 te dek en nog steeds geld
vir 'n wins4 oor te hê. (Enige 3) (3)
Onthou, maklik (Verken, p.37; Suksesvol, p.39)
6.2.2 Beste-verkope-scenario
Dit is 'n vooruitskatting oor wat kan gebeur1 indien 'n produk baie
goed verkoop.2 Die besigheid was in staat om sy teiken vir
verkope3 en sy verkoopsdoelwitte te bereik/ ‘n te wins maak.4
(Enige 2) (2)
Onthou, maklik (Verken, p.39; Suksesvol, p.41)
6.3 Noem hoe 'n besigheid sy tyd doeltreffend kan gebruik.
• Prioritiseer take vir die dag sodat dit betyds voltooi kan word.✓1
• Stel verrigting teikens sodat dit bereik kan word.✓2
• Verseker dat alle voorraad/ grondstowwe/ toerusting wat benodig word
beskikbaar is vir aanhoudende produksie.✓3
• Vestig roetines en hou so ver moontlik daarby.✓4
• Beplan die gebruik van alle toerusting sodat dit ten volle benut kan
word.✓5
• Voorkommende instandhouding van toerusting sal verlies van produksie
tyd bespaar.✓6
• Beplan die gebruik van alle werkers om doeltreffend/ maksimaal te werk/
lei werkers op om meer produktief✓7 te wees.
• Stel tydlimiete vir elke taak om voltooi te word/ stel werkskedules met
tydtoewysing op.✓8
• Hou werkstasies georganiseerd en netjies vir 'n maklike vloei van werk.✓9
• Moenie take uitstel nie, voltooi hulle onmiddellik om tyd te bespaar.✓10
(Enige 2) (2)
Onthou, matig (Verken, p.24; Suksesvol, p.25)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 18 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
6.4 Beskryf VIER kenmerke van volhoubare produsente.
Hulle …
•gebruik goedere/dienste om lewensgehalte te verbeter en die behoeftes
van verbruikers te bevredig.✓1
• produseer produkte wat nie skadelik vir menslike gesondheid is nie.✓2
• gebruik elektroniese opbergsisteme om die gebruik van papier te
verminder.✓3
• maak gebruik van herwinde grondstowwe/verpakking.✓4
• maak gebruik van plaaslik vervaardigde grondstowwe/ verskaffers.✓5
• maak slegs die vereiste aantal produkte en nie onnodige produkte6 nie
om afval/vermorsing te voorkom.
• verminder afval deur te herwin.✓7
• gebruik grondstowwe oordeelkundig/ mors nie.✓8
• hergebruik materiaal en afval wat oorbly.✓9
• verseker dat die proses waarin 'n produk gemaak word, minimale impak
op die omgewing het.✓10
• beskerm hulpbronne/ energie/ water/ grond.✓11
• verminder/ skakel die gebruik van chemikalieë/ toksiese stowwe uit.✓12
• gebruik die minimum verpakking✓13 en verpakking wat bioafbreekbaar/
omgewingsvriendelik14 is.
• produseer ekovriendelike produkte/produkte met lae koolstofvoetspoor.✓15
• gebruik natuurlike bestanddele.✓16
• gebruik hernubare bronne van energie/ sonenergie om koolstofvoetspoor/
besoedeling te verminder.✓17
• mors nie energie nie/is energiedoeltreffend.✓18 (Enige 4) (4)
Verstaan, matig (Verken, p.27; Suksesvol, p.26)
6.5 Verduidelik hoe die opleiding van personeel produktiwiteit in 'n besigheid
verbeter.
• Personeel sal vaardig1 wees en kennis2 hê van wat gedoen moet
word/in hul werk vereis word.
• Personeel sal minder foute maak. ✓3
• Personeel mag in staat wees om onafhanklik4 en vinnig5 te werk in die
produsering van produkte, dit bespaar tyd.
• Produksie sal nie tot stilstand6 kom nie omdat personeel weet wat
gedoen moet word.
• Daar sal minder herstelwerk/ toerusting wat breek✓7 wees.
• Opleiding verhoog die moraal/ gemotiveerdheid8 en dit verhoog
produktiwiteit. (Enige 3) (3)
Toepassing, matig (Verken, p.25; Suksesvol, p.26)
6.6 6.6.1 Verduidelik hoe die paartjie 'n potensieel winsgewende
besigheidsgeleentheid geïdentifiseer het.
• Aankoop van 'n koppie koffie was duur.1
• Hulle wou hê dat almal op 'n daaglikse basis toegang tot
bekostigbare koffie het.2 (2)
Onthou, maklik (Verken, p.7; Suksesvol, p.10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 19 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
6.6.2 Identifiseer die teikenmark van Expresso Kafee.
Dit is mense wat lief is vir koffie1 gebak/ pasteie/ toebroodjies2
maar nie baie geld het om daaraan te bestee nie/met 'n lae
begroting.3 (Any 2) (2)
Verstaan, maklik (Verken, p.34; Suksesvol, p.11)
6.6.3 Beskryf hoe Expresso Kafee bemark is.
Dit is mondelings ('word of mouth') deur kliënte1 bemark, kliënte
het op sosiale media2 oor die prys gepraat en deur die vertoning
op die radio3 en televisie.4 (Enige 3) (3)
Onthou, maklik (Verken, p.30; Suksesvol, p.29)
6.6.4 Bespreek waarom dit vir hulle belangrik was om twee jaar aan
die verfyning van hulle model te bestee.
• Dit het hulle tyd gegee om 'n SWOT analise te doen/ na hulle
sterk punte en swakhede te kyk.1
• Hulle het geen ondervinding2 gehad nie daarom moes hulle
kennis/ vaardighede verkry.3
• Om seker te maak dat hulle idee 'n moontlikheid vir sukses/
uitvoerbaarheid het.4
• Hulle moes verskaffers kry.5 (Enige 3) (3)
Toepassing, matig (Verken, p.8, 10, 35; Suksesvol, p.10,13,14,17,35)
6.6.5 Die verkoopprys van R14,00 per koppie koffie sluit 30% wins
in. Bereken die wins wat gemaak word indien 100 koppies
verkoop was. Toon ALLE berekeninge.
METODE 1:
R 14 ÷ 1.30 = R10.771
wins per koppie R 14 – R 10.77 = R 3.232 x 100 = R 3233
OF
30 ÷ 1304 x R 14 = R3.235 x 100 = R 3236
METODE 2:
R14 x 30% = R4,201 OF R14 x 30 = R4,202 OF R14 x 0,3 =
100
= R4,203
R4,20 x 1004 = R420,005 (100 koppies)
OF
100 x R14 = R1 4006
R1 400 x 30% = R4207 (Enige 3) (3)
Verstaan, matig (Verken, p.39–40; Suksesvol, p.35–39)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 20 DBE/November 2025
NSS – Nasienriglyne
6.6.6 Bereken die nuwe verkoopprys. Toon ALLE berekeninge.
R14 x 45%1=R6,30 OF R14 x 45 2= R6,30 OF R14 x0,453
100
=R6,30
R14 + R6,304 = R20,305
OF
R146 x 1,457 = R20,308 (Enige 3) (3)
Verstaan, matig (Verken, p.39–40; Suksesvol, p.35–39)
6.6.7 Hulle besigheid is definitief in staat om hulle winsgewendheid
vol te hou.
Regverdig die stelling hierbo.
• Hulle produkte is bekostigbaar1 in vergelyking met hul
mededingers en meer produkte sal verkoop2 word.
• Hulle het alreeds meer as 65 winkels landwyd3 en verkoop
meer as 50 000 koppies per dag.4
• Hulle verskaf 'n verskeidenheid produkte/ koffie/ gebak/ pasteie/
toebroodjies5 teen dieselfde lae prys.6
• Die produkte wat hulle verskaf is nie seisoenaal7 nie, dit is
produkte wat verbruikers elke dag benodig.8
• Hulle het hul eie voedselfabriek9 wat aan hulle 'franchises'
verskaf wat beteken dat hulle nie ander verskaffers10 hoef te
betaal nie. Dit verseker ook konsekwente gehalte11 produkte
en hul kliënte weet wat om te verwag.12
• Hulle het 'franchises'13 wat beteken dat baie mense hulle idee
gebruik en hulle kry meer wins.14
• Hulle gebruik ‘n wye verskeidenheid bemarkingsmetodes/
televisie/ sosiale media/ radio15 wat meer mense bereik. 16
(Enige 8) (8)
Evaluering, moeilik (Verken, p.35; Suksesvol, p.34)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 160
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Memorandum
CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT 2025 AFR

Memorandum
Consumer Studies Nov 2025 MG Afr

Memorandum
CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2022 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
Consumer Studies May June 2025 Afr

Question paper
Consumer Studies Nov 2025 Eng

Memorandum
CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT 2018 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
Consumer Studies Nov 2020 Memo Eng hlayiso.com

Memorandum
Consumer Studies Nov 2020 Memo Afr hlayiso.com

Memorandum
Consumer Studies Nov 2019 Memo Eng hlayiso.com
More from Grade 12 Consumer Studies
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Con Stu ATP 2023 24

Question paper
CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT 2025 ENG

Errata
Consumer Studies Erratum Sept 2024 hlayiso.com

Question paper
CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2024 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
Consumer Studies Nov 2024 Eng

Question paper