Skip to content

Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paperConsumer StudiesGrade 12202416 pages

Grade 12 Consumer Studies question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 VERBRUIKERSTUDIES NOVEMBER 2024 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 2 DBE/November 2024 NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. VRAAG INHOUD PUNTE TYD (minute) AFDELING A (Kortvrae) 1 Kortvrae (ALLE onderwerpe) 40 20 AFDELING B (Langvrae) 2 Die Verbruiker 40 40 3 Voedsel en Voeding 40 40 4 Kleding 20 20 5 Behuising en Interieur 20 20 6 Entrepreneurskap 40 40 TOTAAL: 200 180 2. AL die vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 5. Jy mag 'n sakrekenaar gebruik. 6. Skryf slegs met swart of blou ink. 7. Skenk aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 3 DBE/November 2024 NSS Vertroulik AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D. Nov 1.1.1 Aksynsbelasting word op die volgende items gehef: A Alkohol en sigarette B Die waarde van eiendom besit C Plastieksakke D Dividende uit beleggings (1) 1.1.2 Rente verdien op die oorspronklike bedrag en die rente daarvan: A Enkelvoudige B Wisselende C Saamgestelde D Minimale (1) 1.1.3 Verhitting van 'n huis met 'n … verminder koolstofvrystellings. A elektriese verwarmer B gasverwarmer C oop vuur D paraffienverwarmer (1) 1.1.4 'n Manier om water in 'n huis te bespaar: A Maak gedurende die dag plante nat B Gebruik 'n bad in plaas van 'n stort C Gebruik 'n tuinslang wanneer 'n motor gewas word D Was volle ladings in 'n skottelgoedwasser (1) 1.1.5 'n Vervaardiger sal binne 'n gespesifiseerde tydperk 'n toestel herstel weens die … A uitsluitingsklousule. B instruksiehandleiding. C waarborg. D kontrak. (1) 1.1.6 Die grondboontjiebotter wat herroep en van die rakke verwyder is, is deur die … geïdentifiseer. A kliëntediensnommer B lotnommer C bestanddelelys D strepieskode (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 4 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 1.1.7 Sommige Suid-Afrikaners is tot 'n sekere mate voedsel- selfversorgend omdat hulle … A plaaslik geproduseerde voedsel koop. B vars ongepasteuriseerde melk koop. C hulle eie groente plant. D slegs organiese voedsel plant. (1) 1.1.8 'n Spinasie-omelet met kaas sal die geskikste wees om die volgende siekte te voorkom: A Anorexia B Diabetes C Hepatitis A D Osteoporose (1) 1.1.9 Die gereg wat sal veroorsaak dat bloedglukosevlakke abnormaal hoog styg, is … A geroosterde witbrood met aarbeikonfyt. B spinasie-omelet met kaas. C tunaviskoekies met slaai. D geroosterde hoender met groente. (1) 1.1.10 Die beste gereg om met die bestuur van diabetes te help, is … A mielievlokkies ('cornflakes') met melk. B gebraaide vis en aartappelskyfies. C botterbroodjies met konfyt en room. D vars vrugte en gewone laevet-joghurt. (1) 1.1.11 'n Klerevervaardiger met 'n goeie naam verloor baie verkope weens … A die handelsmerk. B billike handelspraktyke. C handelsmerkrowery. D bedrog. (1) 1.1.12 Martha se werksklere vertoon altyd goed en hou lank omdat sy … koop. A duur, kontemporêre items B klassieke items van 'n goeie gehalte C hoogmode-items D 'n verskeidenheid modekleure (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 5 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 1.1.13 Bestudeer die prente van die klere-items hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Geel, geplooide maksirok met grys blomme [Bron: Farfetch] Geel, geplooide lang romp [Bron: Fashiola] Die lengtes en plooie van beide die rok en die romp verteenwoordig … A 'n modegier. B 'n modeneiging. C outydse mode. D hoogmode. (1) 1.1.14 'n Maandelikse finansiële verantwoordelikheid wanneer eiendom in 'n deeltitelkompleks besit word: A Deposito B Huur C BTW D Heffing (1) 1.1.15 'n Deeltitelkompleks word deur 'n … bestuur. A eiendomsagent B verhuurder C huiseienaarsvereniging D huisbouvereniging (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 6 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 1.1.16 Die gebruik van alle werkers en hulpbronne in 'n besigheid verseker … A doeltreffende tydsbestuur. B kliëntetevredenheid. C produkspesifikasie. D verbruikersaanklank/aantrekkingskrag vir verbruikers. (1) 1.1.17 Jake verseker deurlopende produksie in sy besigheid omdat hy … A ingevoerde grondstowwe gebruik. B roetine-instandhouding van toerusting doen. C 'n volhoubare produsent en verbruiker is. D goeie afleweringstrategieë het. (1) Lees die scenario hieronder en beantwoord VRAAG 1.1.18 tot 1.1.20. Jill bedryf 'n hekelbesigheid. Sy pas produkte aan volgens die behoeftes van haar klante. Tans is een van haar beste verkopers gehekelde, kort bloesies ('crop tops') met bypassende broeke, gemaak van gebruikte wol/garing van gebreide kledingstukke. Haar produkte het op Tik Tok viraal ('viral') geword. [Bron: de Bijenkorf] 1.1.18 Jill se besigheid is finansieel uitvoerbaar omdat sy … A slegs aanlyn bestellings neem. B die wol/garing invoer. C baie werkers in diens neem. D met huidige neigings byhou. (1) 1.1.19 Jill is 'n verantwoordelike entrepreneur omdat sy... A ingevoerde wol/garing gebruik. B 'n verskeidenheid groottes maak. C grondstowwe hergebruik. D 'n verskeidenheid modekleure gebruik. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 7 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 1.1.20 Jill is vol vertroue om 'n 100%-geld-terug-waarborg op haar produkte aan te bied omdat sy … A die wol/garing hergebruik. B 'n Tik Tok-rekening het. C bypassende stelle produseer. D gehaltebeheer uitvoer. (1) 1.2 Gee EEN term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Die gemiddelde prysverhogings van goedere en dienste in 'n jaar 1.2.2 'n Bedrag/Koste wat deur finansiële instellings vir die gebruik van hulle geld gehef word 1.2.3 Die basis van die rentekoersberekeninge in Suid-Afrika 1.2.4 Die instrument wat veranderinge in die koste van goedere en dienste oor 'n spesifieke tydperk meet (4 x 1) (4) 1.3 Pas die funksie van die voedselbymiddel in KOLOM B by die voorbeeld van 'n voedselbymiddel in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 H. KOLOM A KOLOM B VOORBEELD VAN FUNKSIE VAN VOEDSELBYMIDDEL VOEDSELBYMIDDEL 1.3.1 Tartrasien in drankies A preserveer kleur 1.3.2 Mononatriumglutamaat B dra tot kleur by (MNG) C verbeter smaak 1.3.3 Askorbiensuur in vrugtesap D dra tot soetheid by 1.3.4 Natriumnitrate in E voorkom skeiding van geprosesseerde voedsel bestanddele 1.3.5 Lesitien in mayonnaise F verhoog die energiewaarde G verminder groei van bakterieë (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 8 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 1.4 Gee EEN term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.4.1 Die groep mense wat 'n produk of 'n diens sal wil koop 1.4.2 Die koste wat vir die bedryf van 'n besigheid betaal moet word, soos elektrisiteit en brandstof 1.4.3 Dek die totale koste om 'n produk te produseer en die winsopslag 1.4.4 Verseker dat die eindprodukte altyd dieselfde is (4 x 1) (4) 1.5 Kies DRIE tegnologiese faktore uit die lys hieronder wat veranderinge in mode teweeg gebring het. Skryf slegs die letters (A–F) langs die vraagnommer (1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. A Beskikbaarheid van kredietfasiliteite B Advertensies op baie webtuistes C Gebruik van kreukelvrye kleedstowwe D Verhoogde omgewingsbewustheid E Bank deur middel van die selfoon F Ontwikkeling van geoutomatiseerde naaldwerktoerusting (3) 1.6 Kies VIER verantwoordelikhede uit die lys hieronder, nadat 'n verbruiker huishoudelike toestelle aangekoop het. Skryf slegs die letters (A–H) langs die vraagnommer (1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. A Voltooi die registrasiekaart en stuur dit na die vervaardiger terug. B Gooi onmiddellik ná aflewering die verpakking weg. C Lees die instruksiehandleiding voordat die toestel gebruik word. D Gebruik sy/haar vorige ervaring van sy/haar ou toestel. E Onderhou die toestel slegs een keer. F Neem die toestel terug indien dit nie na verwagting funksioneer nie. G Was die toestel deeglik voor gebruik. H Lees die garansie/geld-terug-waarborg ('warranty') en weet hoe lank dit geldig is. (4) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 9 DBE/November 2024 NSS Vertroulik AFDELING B: LANGVRAE VRAAG 2: DIE VERBRUIKER 2.1 Noem die tipe swendelskema waar 'n e-pos aan 'n verbruiker gestuur word, wat voorgee dat dit van 'n bank of finansiële instelling kom. (1) 2.2 Verduidelik die volgende terme: 2.2.1 Hernubare vorme van energie (2) 2.2.2 Afkoeltydperk (3) 2.3 Verduidelik hoe indirekte belasting van Suid-Afrikaners ingevorder word. (1) 2.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 'n Winkel verkoop produkte wat nie in Suid-Afrika vervaardig word nie. Wanneer die produkte breek, weier die winkel om die geld terug te betaal of om die items te herstel of te vervang. Sommige kliënte het die vervaardiger gekontak, wat geweier het om te help en aangedui het dat hulle nie hulle produkte in Suid-Afrika verkoop nie. [Eie teks] 2.4.1 Noem die tipe produkte wat die verkoper in Suid-Afrika verkoop. (1) 2.4.2 Verduidelik hoe die verkoper die produkte wettig na Suid-Afrika ingevoer het. (1) 2.5 Verduidelik die verskil tussen 'n uitsluitingsklousule en 'n onbillike sakepraktyk. (4) 2.6 Verduidelik die voordele daarvan om in Suid-Afrika deel van 'n stokvel te wees. (5) 2.7 Bestudeer die inligting oor 'n voorlaaierwasmasjien hieronder en beantwoord die vrae wat volg.  Energiedoeltreffend  Outomatiese kapasiteitsaanwyser  Warm- en kouewater-was  Super vinnig  Kreukelbestand  Outomatiese water-afskakel-knop Bespreek hoe die funksies van die wasmasjien help om elektrisiteitsverbruik te verminder. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 10 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 2.8 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vraag wat volg. 'Die water is pikswart, ruik sleg en is skuimerig met onaanvaarbare vlakke van besoedeling.' Barker se beskrywing van die Klipriver som die toestand op van baie riviere wat deur Gauteng vloei. [Bron: Daily Maverick, Februarie 2024] Stel maniere voor waarop gemeenskappe waterbesoedeling kan verminder om die toestand van ALLE riviere te verbeter. (4) 2.9 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Baie munisipaliteite skuld Eskom milljoene rande. Bespreek die rol wat gemeenskappe kan speel om munisipaliteite te help om hulle skuld aan Eskom te verminder. (6) 2.10 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Die Minister van Indiensneming en Arbeid het op 1 Februarie 2024 die nasionale minimum loon vir gewone-uur-werkers vanaf 1 Maart 2024 met 8,5%, van R25,42 na R27,58, verhoog. [Bron: Labour guide.co.za, 6 Februarie 2024] Analiseer die impak wat die verhoogde minimum loon op Suid-Afrikaanse huishoudings en die ekonomie sal hê. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 11 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING 3.1 Verduidelik die volgende terme: 3.1.1 Voedselbestraling (3) 3.1.2 Glukemiese indeks van voedsel (2) 3.2 Verduidelik die betekenis van ELK van die volgende datumstempels wat op voedseletikette gevind word: 3.2.1 'Beste voor' (1) 3.2.2 'Gebruik teen' (1) 3.2.3 'Verkoop teen' (1) 3.3 Noem maniere waarop die oordrag van voedseloordraagbare siektes voorkom kan word. (5) 3.4 Onderskei tussen organiese voedsel en geneties gemodifiseerde voedsel, volgens die gegewe kriteria. Tabuleer die antwoord soos volg: KRITERIA ORGANIESE GENETIES VOEDSEL GEMODIFISEERDE VOEDSEL TYD OM TE GROEI (1) (1) OPBRENGS (1) (1) RAKLEWE (1) (1) KOSTE (1) (1) (8) 3.5 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Geblikte vis word toenemend gewild in Suid-Afrika. [Aangepas uit News24] 3.5.1 Verduidelik hoe geblikte vis met die voorkoming van osteoporose kan help. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 12 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 3.5.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vraag wat volg. VOEDSELSEKERHEIDKRISIS VIR SUID-AFRIKA Hoewel dit aansienlik laer is as meer as twee dekades gelede, sukkel 'n groot persentasie van die Suid-Afrikaanse bevolking steeds met voedselonsekerheid. [Aangepas uit Businesstech, 25 Mei 2024] Geblikte vis sal Suid Afrikaners help om voedselonsekerheid te beveg. Regverdig die stelling. (4) 3.6 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die Dagwood-toebroodjie bestaan uit:  Geroosterde witbrood  Twee beesvleiskoekies ('patties')  Een gebraaide eier  Twee skywe geprosesseerde kaas  Slaaiblare  Tamatieskywe [Aangepas uit Wimpy.co.za] TIPIESE VOEDINGSINLIGTING Totale kilojoules 5 236 kJ Vet 69 g Koolhidrate 76 g Natrium 1 926 mg 3.6.1 Noem die hoofoorsaak van Tipe 1-diabetes. (1) 3.6.2 Noem hoe Tipe 1-diabetes bestuur word. (2) 3.6.3 Evalueer die geskiktheid van die Dagwood-toebroodjie vir 'n persoon met diabetes. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 13 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 4: KLEDING 4.1 Gee EEN voorbeeld van 'n plantgebaseerde, volhoubare, hernubare tekstiel. (1) 4.2 Noem DRIE kenmerke van kleremaatskappye wat billike handelspraktyke nakom. (3) 4.3 Bestudeer die grafiek van die modesiklusse hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Aangepas uit The Second Skin] 4.3.1 Gee TWEE redes waarom die modesiklusse oorvleuel. (2) 4.3.2 Skryf 'n paragraaf om die interverwantskap tussen die piek-/ hoogtepuntstadium in die modesiklus en kontemporêre mode te beskryf. (4) 4.4 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vraag wat volg. 'n Maatskappy het 'n formele Hierdie uitrusting bestaan uit: kleredragkode.  'n Ligblou pak klere  'n Wit katoen-T-hemp met 'n ronde nek  Wit All-Star-hardloopskoene [Bron: Pinterest] Beskryf waarom hierdie 'n geskikte uitrusting is om op 'n warm somersdag na 'n korporatiewe werkplek vir 'n loslit-Vrydag te dra. (4) 4.5 Analiseer hoe die volgende faktore kontemporêre mode wat verbruikers in 2024 gedra het, kon beïnvloed het: 4.5.1 Verhoogde rente op klerewinkel-kredietkaarte (3) 4.5.2 Verhoogde elektrisiteitkoste (3) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 14 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR 5.1 Noem TWEE hoofpartye wat by 'n huurooreenkoms betrokke is. (2) 5.2 Verduidelik wat 'n verbandakte is. (2) 5.3 Beskryf waarom dit vir huiseienaars belangrik is om omvattende huiseienaarsversekering te hê. (2) 5.4 Onderskei tussen 'n koopaanbod-ooreenkoms en 'n verkoopakte-ooreenkoms. (4) 5.5 Weens die huidige swak ekonomiese klimaat is daar baie huise wat te koop is. Verduidelik waarom dit waarskynlik steeds beter is om 'n huis te bou eerder as om 'n bestaande voltitelhuis te koop. (5) 5.6 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Mikrogolfoond  Ingeboude lugbraai  Kombinasierooster  Konveksie vir rooster of bak  Verhit vinniger  Tydreëlaar [Bron: AEG.co.za] Beskryf die positiewe omgewingsimpak van die mikrogolfoond. (5) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 15 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP 6.1 Definieer die term slegste-verkope-scenario. (2) 6.2 Verduidelik die term finansiële uitvoerbaarheidstudie. (3) 6.3 Maak 'n lys van faktore wat 'n entrepreneur in ag moet neem wanneer 'n produk vir 'n kleinskaalse besigheid gekies word. (4) 6.4 Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Jasper se Mark Kom na Jasper se Mark vir organiese voedsel teen onverbeterlike pryse. [Bron: Facebook Marketplace] Identifiseer, met voorbeelde, die P's van 'n bemarkingstrategie wat in die advertensie sigbaar is. (3) 6.5 Verduidelik die nadele van 'n besigheid wat te veel voorraad het. (4) 6.6 Pick n Pay gebruik plantgebaseerde verpakking wat gedeeltelik uit suikerriet gemaak is, vir hul UVB-langlewe/boks-melk. Verduidelik die positiewe impak wat hierdie verpakking op die omgewing het. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 16 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 6.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Sam het die geld gebruik wat hy ontvang het nadat hy sy ou besigheid verkoop het, om 'n nuwe besigheid te begin waar hy goedere aflewer. Hy het kontant betaal vir 'n nuwe hibriede ('hybrid') afleweringswa (gebruik beide brandstof en elektrisiteit) wat vir vervoer gebruik word. Sam lewer pakkies oral in die provinsie af. Indien hy nie self kan aflewer nie, gebruik hy ander afleweringsmaatskappye omdat hy nie sy kliënte wil teleurstel nie. Hy verhuur ook 'n stooreenheid, teen 'n klein fooi elke maand, vir kliënte wat hulle items wil stoor. Indien die pakkies ná ses maande nog nie afgehaal is nie, verkoop hy dit om sy koste te dek. Hy het 'n vennootskap met ander afleweringsmaatskappye gevorm om mekaar te help indien hulle pakkies het wat na dieselfde plek toe gaan. Hy bied ook vir sy kliënte 'n gratis toedraaidiens vir hulle pakkies aan. [Eie teks] 6.7.1 Noem die aanvangskapitaal vir Sam se besigheid. (1) 6.7.2 Verduidelik hoe Sam 'n mededingende voordeel in sy besigheid behaal. (2) 6.7.3 Bespreek hoe Sam verseker dat sy besigheid voortdurend 'n wins maak. (6) 6.7.4 Verduidelik hoe Sam geld vir sy besigheid bespaar met brandstofpryse wat aanhoudend styg. (2) 6.8 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Vanaf Maandag 6 Mei 2024 het Suid-Afrika 40 dae sonder beurtkrag aangeteken. [Aangepas uit News24.com] Voorspel die positiewe impak wat die toestand van geen beurtkrag op kleinskaalse besighede kan hê. (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 160 GROOTTOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Consumer Studies

View all