SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
VERBRUIKERSTUDIES
MEI/JUNIE 2024
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 200
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 19 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 





View all


--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)


Consumer Studies May June 2024 Afr
Consumer Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- NSC June Exam
- Pages
- 19
- File size
- 423.1 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 19
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Verbruikerstudies 2 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 1.1.1 D Onthou, maklik (Verken, bl.167; Suksesvol, bl.185) (1)
1.1.2 B Onthou, maklik (Verken, bl.174; Suksesvol, bl.191-193) (1)
1.1.3 A Onthou, maklik (Verken, bl.156; Suksesvol, bl.173-174) (1)
1.1.4 C Onthou, matig (Verken, bl.162; Suksesvol, bl.178-179) (1)
1.1.5 C Verstaan, maklik (Verken, bl.98; Suksesvol, bl.118) (1)
1.1.6 A Toepassing, moeilik (Verken, bl.103; Suksesvol, bl.123) (1)
1.1.7 B Verstaan, matig (Verken, bl.80-82; Suksesvol, bl. 94-96) (1)
1.1.8 D Onthou, maklik (Verken, bl.93; Suksesvol, bl.113) (1)
1.1.9 C Onthou, maklik (Verken, bl.105; Suksesvol, bl.127) (1)
1.1.10 B Onthou, maklik (Verken, bl.83; Suksesvol, bl.97) (1)
1.1.11 B Toepassing, matig (Grade 11) (1)
1.1.12 D Toepassing, matig (Grade 11) (1)
1.1.13 C Verstaan, maklik (Verken, bl.51; Suksesvol, bl.54) (1)
1.1.14 C Onthou, maklik (Verken, bl.144; Suksesvol, bl.158) (1)
1.1.15 A Verstaan, maklik (Verken, bl.143; Suksesvol, bl.152) (1)
1.1.16 B Onthou, maklik (Verken, bl.16; Suksesvol, bl.22) (1)
1.1.17 D Onthou, maklik (Verken, bl.35; Suksesvol, bl.35) (1)
1.1.18 A Onthou, maklik (Verken, bl.13; Suksesvol, bl.19, CAPS) (1)
1.1.19 B Verstaan, matig (Verken, bl.26; Suksesvol, bl.26) (1)
1.1.20 C Verstaan, maklik (Verken, bl.35; Suksesvol, bl.34) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 3 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
1.2 1.2.1 C
1.2.2 F
1.2.3 B
1.2.4 G
1.2.5 A (5)
Onthou, maklik (Verken, bl.163-165; Suksesvol, bl.181-183)
1.3 1.3.1 Klassieke (mode)
1.3.2 (Mode) neigings
1.3.3 (Mode) gier (3)
Onthou, maklik (Verken, bl.49-51; Suksesvol, bl.51-53)
1.4 1.4.1 D
1.4.2 F
1.4.3 B
1.4.4 C (4)
Onthou, moeilik (Verken, bl.93-94; Suksesvol, bl.113-114)
1.5 1.5.1 Winsopslag
1.5.2 Slegste-verkope scenario
1.5.3 Volhoubare winsgewendheid
1.5.4 Kontantvloeiprojeksie/ vooruitskatting (4)
Verstaan, maklik (Verken, bl.35-40; Suksesvol, bl.34-42)
1.6 A
D
F
G (Enige volgorde) (4)
Verstaan, matig (Verken, bl.117-118; Suksesvol, bl.137-138)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 4 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: LANGVRAE
VRAAG 2: DIE VERBRUIKER
2.1 Noem die rentekoers wat deur die Suid Afrikaanse Reserwe bank gevra
word.
Repokoers (1)
Onthou, maklik (Verken, bl.166; Suksesvol, bl.184)
2.2 Gee TWEE voorbeelde van hernubare energiebronne.
• Sonenergie/son1
• Windenergie/wind2
• Hidrokrag/waterenergie3
• Bioenergie/ biomassa/hout4 (Enige 2) (2)
Onthou, maklik (Verken, bl.170-171; Suksesvol, bl.191)
2.3 Verduidelik die volgende met betrekking tot eiendomsbelasting wat deur
'n munisipaliteit gevra word.
2.3.1 Wie is verantwoordelik vir die betaling daarvan?
Eienaars van eiendom/ huiseienaars (1)
Onthou, maklik (Verken, bl.164; Suksesvol, bl.182)
2.3.2 Hoe bepaal die munisipaliteit die bedrag wat betaalbaar is?
Hulle word op die markwaarde van die eiendom en die area waar
die eiendom geleë is gebaseer. (1)
Onthou, maklik (Verken, bl.164; Suksesvol, bl.182)
2.3.3 Waarvoor word die geld gebruik?
Dit word vir munisipale dienste aan gemeenskappe wat in die
(1)
munisipale area woon gebruik.
Onthou, maklik (Verken, bl.164; Suksesvol, bl.182)
LET WELL: Voorbeelde van basiese en ander dienste kan aanvaar word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 5 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
2.4 Verduidelik hoe 'n huishouding elektrisiteitsverbruik kan verminder
wanneer 'n huis tydens die wintermaande verhit word.
• Gebruik gas/ parafienverwarmers/ kaggel in 'n vertrek in plaas van
elektriese verwarmers.1
• Installer ‘n sonpaneelstelsel2
• Gebruik infrarooi elektriese / lae “watt” verwarmers omdat hulle meer
energie-doeltreffend is.3
• Maak gordyne en blindings gedurende die dag oop om die son in te
laat.4
• Maak gordyne en blindings vroeg in die dag toe, om te verhoed dat hitte
ontsnap.5
• Verhit slegs die vertrekke wat jy gebruik.6
• Hou deure en vensters in die vertrek wat jy verhit toe.7
• Trek warm aan/ gebruik komberse om warm te bly in plaas daarvan om
die verwarmer aan te skakel.8
• Skakel saans verwarmers af/ skakel verwarmers af indien dit nie gebruik
word nie.9
• Verseël trekke wat deur vensters en onder deure kom.10
• Isoleer die plafon.11
• Gebruik 'n warmwaterbottel.12
• Plaas matte op die vloere.13 (Enige 5) (5)
Onthou, maklik (Verken, bl.173; Suksesvol, bl.194)
2.5 Definieer die term grysgoedere/parallelle invoere.
Grysgoedere/parallelle invoere is items wat 'n vervaardiger nie in 'n sekere land
verkoop wil hê nie1 maar hulle eindig daar op deur ongemagtigde
verspreidingskanale2 en hulle is nie onwettig nie.3
OF
Grysgoedere/parallelle invoere is goedere wat in 'n land ingevoer word4
deur nie-amptelike/ongemagtigde verspreidingskanale5 en hulle is nie
onwettige goedere nie6 en nodige belasting word betaal. (Enige 3) (3)
Onthou, maklik (Verken, bl.158; Suksesvol, bl.176)
2.6 Verduidelik wat dit beteken as 'n produk 'n waarborg het.
'n Produk kan na die verkoper terug geneem word1 vir herstelwerk/
vervanging/ geld terug te ontvang2 binne 'n gegewe tydperk/spesifieke
periode3 indien ‘n produk nie in werkende toestand bly nie/ nie aan sekere
standarde voldoen nie.4 (Enige 2) (2)
Onthou, maklik (Verken, bl.158; Suksesvol, bl.175)
2.7 Verduidelik die term inflasie.
• Dit is die styging in pryse van goedere en dienste1 wat oor 'n spesifieke
tydperk gemeet word.2
OF
• Inflasie is die gemiddelde styging in pryse van goedere3 en dienste in 'n
jaar.4 (Enige 2) (2)
Onthou, maklik (Verken, bl.167; Suksesvol, bl.184)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 6 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
2.8 Vergelyk 'n stokvel met 'n multivlak/stapelvlakbemarkingskema onder die
volgende opskrifte:
Opskrifte Stokvel Multivlak/stapelvlak
bemarking
Stapelvlak Dit het nie stapelvlakke Bestaande lede is op die
nie/ alle lede is gelyk. 1 hoogste vlak/lede met die
meeste verkope is op die
hoogste vlak/nuwe lede is
op die laagste vlak.2
Verkoop van No/ daar is geen verkope Ja/ produkte word
produkte van produkte nie.3 verkoop.4
Betaling aan lede Alle lede ontvang Lede word volgens hulle
dieselfde bedrag5 op verkope betaal.7
dieselfde tyd.6 (6)
Verstaan, matig (Verken, bl.161-162; Suksesvol, bl.177-179)
2.9 Noem DRIE maniere waarin verbruikers kan help om waterbesoedeling te
verminder.
•Gebruik bioafbreekbare wasmiddels.1
•Moenie onnodige items/stowwe in die opwasbak/toilet/dreineringstelsel
afgooi nie.2
• Gebruik omgewingsvriendelike/veilige skoonmaakmiddels/waspoeier.3
• Moenie plaagdoders/bemestingstowwe/chemiese stowwe oormatig
gebruik nie.4
• Moenie rommel om riviere en damme strooi nie/tel enige rommel5 wat om
riviere/damme/strande lê op.
• Moenie riool6 in riviere/damme stort nie. (Enige 3) (3)
Verstaan, matig (Verken, bl.178-179; Suksesvol, bl.198)
2.10 Bespreek die negatiewe impak op die plaaslike gemeenskap, van 'n
munisipaliteite wat hierdie verantwoordelikheid verwaarloos.
• Indien paaie nie gebou/in stand gehou word nie affekteer dit die
toeganklikheid/toerisme1 na die gemeenskap.
• Paaie wat nie in stand gehou word nie lei tot agteruitgang/slaggate2 wat
sal lei tot beskadiging van motoriste se motorbande.3 Motoriste sal meer
geld aan die herstel/ aankope van bande moet bestee.4
• Ongelukke mag weens gebarste motorbande plaasvind5
• Indien stormwater dreinering nie gedoen word nie/ in stand gehou word nie,
mag dit tot oorstromings lei6 wat 'n veiligheidsrisiko word vir pad
gebruikers7 en huise wat langs hierdie paaie gebou is.8
• Verstopte stormwater dreinering kan ‘n gesondheids gevaar/ broeiplek vir
knaagdiere word.9
• Indien munisipaliteite hulle verantwoordelikhede verwaarloos/ vernalaat
mag dit tot gemeenskappe se protesaksies lei.10
• Indien mangat (‘manhole”) nie bedek gehou word
• nie kan dit voertuig ongelukke veroorsaak/ mense kan daarin val.11
• Indien munisipaliteite hulle verantwoordelikhede verwaarloos/ vernalaat
mag dit veroorsaak dat die waarde van die eiendomme verlaag.12
Toepassing, matig (Verken, bl.184; Suksesvol, bl.202, 204-205) (Enige 5) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 7 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
2.11 Analiseer die reaksie van die winkelbestuurder met spesifieke
verwysing na die afkoeltydperk en 'n onbillike sakepraktyk.
• Ben was deur direkte bemarking genader 1 buite die
besigheidsperseel2 en het nie die transaksie begin/aan die gang gesit
nie.3
• Hy het na 'n dag die kragopwekker na die winkel terug geneem4 en die
kontrak gekanselleer.5
• Die wettige afkoelperiode laat Ben vyf werksdae toe om die transaksie te
kanselleer6 en geld terug te ontvang.7
• Die verkoopsman het 'n valse belofte/misleidende inligting/
misverteenwoordiging van die kragopwekker gegee/gesê dat dit alle
elektriese toestelle sal laat werk.8 Dit het nie die warmwatergeiser en
stoof laat werk nie.9
• Die winkeleienaar moes Ben se deposito/of 'n gedeelte daarvan10 binne
sewe besigheidsdae/ vyftien dae11 nadat die kontrak gekanselleer was,
terug betaal het omdat Ben die kragopwekker slegs vir een dag gebruik
het.
(Enige 8) (8)
Analisering, moeilik (Verken, bl.157, Suksesvol, bl.173-174)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 8 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING
3.1 Gee DRIE voorbeelde van algemene voedselallergene wat in dierlike
produkte gevind word.
• Koeimelk1
• Vis2
• Skulpvis3
• (Hoender) eiers4 (Enige 3) (3)
Verstaan, maklik (Verken, bl.79; Suksesvol, bl.92)
3.2 Noem DRIE riglyne vir die bestuur van voedselallergieë.
•Verseker 'n gebalanseerde dieet met genoegsame inname van alle
voedingstowwe/ neem aanvullings indien nodig.1
• Vermy die voedsel wat die allergie veroorsaak.2
• Bestudeer voedseletikette sorgvuldig om voedsel wat 'n allergeen bevat te
vermy.3
• Vervang voedsel wat allergieë veroorsaak met soortgelyke voedsel.4
• 'n Persoon met allergieë behoort veilige voedsel saam te neem wanneer
hulle reis.5
• Kelnerpersoneel by restaurante behoort van die voedselallergieë ingelig te
word/ vra oor bestanddele wat in geregte in 'n restaurant gebruik word.6
• 'n Persoon met allergieë behoort altyd die voorgeskrewe medikasie te dra
in geval van 'n allergiese reaksie.7 (Enige 3) (3)
Onthou, maklik (Verken, bl.79; Suksesvol, bl.92)
3.3 Noem VIER kenmerke van 'n persoon wat aan anorexia ly.
•Uitermatig ondergewig.1
•'n Beperkte inname van voedsel/ obsessief/ behep met kilojoule inname/
eet baie min.2
• 'n Irrasionele/ intensiewe vrees van gewigstoename/ weeg hom/ haarself
obsessief.3
• 'n Verwronge liggaamsbeeld/ sielkundige versteuring waarin die persoon
hulself as oorgewig sien.4
• Swakheid.5
• Droë bros hare.6
• Bros vel7
• Koue hande en voete.8
• Amenorree/ oorslaan van drie opeenvolgende maandstondes.9
• Geheimsinnig oor voedsel.10
• Oormatige oefening/ oorbenutting van dieetpille/ urienedreiweres/
lakseermiddels/ enemas om liggaamsgewig te verminder.11 (Enige 4) (4)
Onthou, maklik (Verken, bl.82; Suksesvol, bl.94)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 9 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
3.4 Noem TWEE voordele van die byvoeg van antioksidante by voedsel.
•Preserveer die gehalte van voedsel/ verleng die raklewe1 van voedsel.
•Voorkom galsterigheid2en onaangename smaak en reuk3 in margarien/
kookolie /koekies/ aartappelskyfies/ sopmengsels.
• Preserveer die kleur van vars gesnyde vrugte en groente/ vertraag
ensimatiese verbruining/ voorkom verkleuring in vrugte en groente/
vrugtesap/ gaskoeldrank/ ingemaakte groente/ bevrore vrugte.4
(Enige 2) (2)
Onthou, matig (Verken, bl.94; Suksesvol, bl.114)
3.5 Verduidelik hoe gastro-enteritis oorgedra kan word.
•Wanneer 'n besmette persoon voedsel voorberei of hanteer sonder
geskikte higiëne1/ nie hande was nadat die toilet gebruik is nie.2
• Eet van voedsel wat besmet/ nie gewas is nie.3
• Drinkwater wat besmet is.4
• In kontak kom met 'n besmette persoon.5
• Gebruik van vuil gereedskap wat besmet is.6 (Enige 3) (3)
Onthou, maklik (Verken, bl.91, Suksesvol, bl.108)
3.6 Verduidelik waarom amandelmelk geskik is vir mense wat laktose-
intolerant is.
•Dit bevat nie laktose1 wat die suiker in koeimelk is nie.2
•Laktose kan nie verteer word nie3 indien die ensiem laktase4wat
benodig word vir die vertering van laktose, nie voldoende is nie.5
(Enige 3) (3)
Verstaan, matig (Verken, bl.79; Suksesvol, bl.93)
3.7 Verduidelik waarom dokters, sielkundiges en dieetkundiges met die
bestuur van bulimie geraadpleeg moet word.
•
Bulimie is 'n eetversteuring wat mees waarskynlik sielkundig is1 word
geassosieer met 'n gebrek aan beheer/ depressie/ stres/ gevoelens wat
verband hou met liggaamsvorm/ gewig.2
• Antidepressante/ medikasie/ hospitalisering3 mag benodig word om die
sielkundige komplikasies van bulimie te behandel.
• 'n Dieetkundige sal die fisiese gesondheid behandel4 en normale
eetpatrone voorstel/ eetvergrypings en ledigingsiklusse stop/om
liggaamsgewig te stabiliseer.5
• Voedingsvoorligting/ opvoeding6 en gedragsbestuur7 help die pasiënt/
bulimiese persoon met meer gesonde alternatiewe van gewigsbestuur.8
(Enige 4) (4)
Toepassing, matig (Verken, bl.82; Suksesvol, bl.96)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 10 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
3.8 Bespreek die redes waarom organiese voedsel nie kan help om
voedselsekerheid te handhaaf nie.
•Dit is duur1 om organiese voedsel te produseer en nie baie mense kan dit
bekostig nie.2
• Meer grond word benodig om genoeg organiese voedsel te kweek3 wat
dalk nie moontlik vir die meeste mense is nie omdat grond skaars is4 en
dit dra nie tot voedselsekerheid by nie.
• Die oes-opbrengste is laag5 dus sal daar minder voedsel beskikbaar
wees.6
• Hulle het 'n kort raklewe/hou nie lank nie7 omdat hulle nie enige
preserveermiddels bevat nie.8 Produkte kan bederf/ gemors word
voordat dit geëet word.9
• Kopersulfaat word in organiese boerdery toegelaat, maar dit is toksies10
en kan skadelik vir vis wees, wat die hoeveelheid beskikbare voedsel
verminder.11 (Enige 6) (6)
Toepassing, moeilik (Verken, bl.104; Suksesvol, bl.126)
3.9 Analiseer hoe die oorstromings in 2022 en 2023 hierdie huishoudings se
voedsel selfonderhoudend of genoegsaamheid geaffekteer het.
• Oorstromings mag hul gewasse weggespoel/ beskadig het,1 wat minder/
geen vars produkte2 om hulself te onderhou tot gevolg het.
• Pluimvee mag tydens die oorstromings dood gegaan het3wat hierdie
huishoudings se vermoë om hul eie eiers te produseer4 of hul eie
pluimvee/ vleis te voorsien verminder het.5
• Grond om groente/ vrugte te kweek mag beskadig wees/ bo-grond het
weggespoel6 om nuwe vars produkte te kweek, dus moet bemesting/
dieremis/ kompos aangekoop word om die grond te verryk.7
• Aankope van bemesting/ dieremis/ kompos/ nuwe sade/ jong plante/
hoenders het geldbesteding tot gevolg8 wat gebruik kon word om
voedsel wat hulle nie self kan produseer nie, te koop.9
• Sonder vars produkte/ pluimvee/eiers om te verkoop, verloor hulle
inkomste.10
• Al die bogenoemde mag die huishoudings se vermoë tot self-
genoegsaamheid/ selfversorging verminder.11 (Enige 6) (6)
Analisering, matig (Verken, bl.106-107; Suksesvol, bl.129-130)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 11 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
3.10 Regverdig die stelling hierbo.
• Indien mense nie elektrisiteit het om te kook nie, mag hulle wegneemetes/
kitskos1 koop wat ryk in vet2 en hoog in suikers is/ gaskoeldrank is hoog
in suiker.3 wat bydra tot vetsug.
• Mense mag voedsel wat gereed is om gaar te maak/ voedsel wat vinnig
gaargemaak word, wat ryk aan vette4 en energiedig5 is gebruik, wat
ongesond6 is. Dit dra by tot ongesonde gewigstoename.7
• Mense koop voedsel wat lank hou/ nie-bederfbaar is8 voedsel wat nie
enige gaarmaak en verkoeling vereis nie en hierdie voedsel mag
ongesond wees.9
• Mense mag verveeld wees10 gedurende beurtkrag en peusel aan/ ooreet
aan ongesonde versnaperinge/ peuselhappies.11 (Enige 6) (6)
Toepassing, moeilik (Verken, bl.83; Suksesvol, bl.97)
LET WEL: 'n Punt kan slegs een keer vir ongesond toegeken word.
'n Punt kan slegs een keer vir ryk in vet toegeken word.
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 12 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4: KLEDING
4.1 Definieer die volgende terme:
4.1.1 Mode
Style/ tipe klere1 wat deur die meerderheid/ meeste/ baie
mense gedra/ aanvaar2 word in 'n spesifieke tydperk en plek.3
OF
Mode is die styl klere wat die meerderheid mense5 in 'n land/
4
ouderdomsgroep/ area nou dra.6 (Enige 2) (2)
Onthou, maklik (Verken, bl.48; Suksesvol, bl.49)
4.1.2 Kleredragkode
Dit is 'n stel reëls/ dokument1 oor die tipe klere2 wat die
maatskappy van sy werkers, verwag om werk toe/ geleenthede
verbonde aan werk te dra.3 (Enige 2) (2)
Onthou, maklik (Verken, bl.54; Suksesvol, bl.57)
4.2 Verduidelik die betekenis van organiese tekstiele.
Natuurlike vesels1 wat sonder enige plaagdoders/ onkruiddoders/ ander
toksiese stowwe gekweek is/ nie die natuurlike omgewing beskadig nie.2
OF
Vesels word organies gekweek3 sonder die gebruik van onkruiddoders/
plaagdoders.4 (Enige 2) (2)
Onthou, maklik (Verken, bl.61; Suksesvol, bl.67)
4.3 Beskryf waarom 'n vlootblou pak klere 'n goeie keuse vir 'n klerekas, vir
die werkswêreld is.
•Vlootblou is 'n basiese kleur.1
•Dit is maklik om te meng en pas met baie hemde/ bloese en dasse/
serpe.2
• Kan met swart of bruin skoene en belde gedra word. 3
• Kan in alle seisoene gedra word.4
• Kan formeel en informeel gedra word.5
• Dit is professioneel/ formeel/ deftig/ respekvol.6
• Kan vir baie jare gedra word/ tydloos/ klassiek.7
• Dit pas by die meeste liggaamstipe.8
• Dit is veelsydig omdat dit vir verskillende werke geskik is.9 (Enige 4) (4)
Verstaan, matig (Verken, bl.56-58; Suksesvol, bl.59)
LET WEL: Die woord veelsydig kan slegs eenkeer ‘n punt toegeken word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 13 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
4.4 Bespreek die positiewe impak wat Rewoven op die natuurlike en
ekonomiese omgewing van die land sal hê, indien dit oral in Suid Afrika
geïmplementeer word.
•Minder water1 en elektrisiteit2 sal gebruik word omdat minder nuwe
tekstiele geproduseer hoef te word.3
• Minder tekstiele afval sal in stortingsterreine opeindig4 omdat ou
tekstiele herwin sal word, wat ook die impak op die natuurlike omgewing sal
verminder/ besoedeling verminder. 5
• Dit sal die ekonomie van die land verhoog6 omdat meer mense in die
versameling/ vervoerherwinning van die ou tekstiele7 in diens geneem sal
word.8 (Enige 4) (4)
Verstaan, matig (Verken, bl.61-63; Suksesvol, bl.68)
4.5 4.5.1 Noem TWEE onwettige klerepraktyke wat oorspronklike
produkte kopieer.
• Handelsmerkrowery/ nabootsing/ replika1
• Nagemaakte/ vervalsde goedere2 (2)
Verstaan, maklik (Verken, bl.64; Suksesvol, bl.72)
4.5.2 Bespreek die impak wat die aankoop van replika items op
plaaslike opkommende klereontwerpers kan hê.
• Opkomende ontwerpers mag sukkel om hul produkte te
verkoop/ in die mark mee te ding/ kompeteer1 omdat
verbruikers mag verkies om replikas teen 'n laer prys te
koop.2
• Nuwe ontwerpers mag nie floreer nie,3 kan dus nie uitbrei4
en nuwe werk skep nie.5 Dit beteken dat die besigheid nie
volhoubaar mag wees nie.6
• Nuwe ontwerpers is nie in staat om in die mark mee te ding nie,
omdat dit oorvloed is met geroofde handelsmerke.7 (Enige 4) (4)
Analisering, moeilik (Verken, bl.64; Suksesvol, bl.72)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 14 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR
5.1 Definieer die term voltitel-eienaarskap.
Die eienaar wat die huis koop word die wettige eienaar1 van die hele
eiendom,2 wat beteken die grond en al die strukture daarop.3 (Enige 2) (2)
Onthou, maklik (Verken, bl.121; Suksesvol, bl.139)
5.2 Verduidelik wat 'n koopaanbod is.
• Dit is 'n geskrewe (ongetekende) ooreenkoms1 tussen die verkoper en
die koper.2
• 'n Koopaanbod is die dokument waarin die koper 'n offer aan die
verkoper maak,3 dit sluit bedrag wat die koper aanbied om vir die
eiendom te betaal4 en die terme en voorwaardes vir die
aankoop/verkoop van die eiendom in.5 (Enige 2) (2)
Onthou, matig (Verken, bl.125; Suksesvol, bl.142)
5.3 Gee redes waarom dit goedkoper is om huishoudelike toestelle met
kontant eerder as met 'n afbetalingskooptransaksie aan te koop.
• Wanneer kontant gebruik word, word geen rente betaal nie.1
• Dit is moontlik om 'n kontantafslag te kry.2
• Daar is geen paaiemente om elke maand te betaal nie.3
• Daar is ekstra kostes/ administratiewekoste/ korttermyn versekering wat
gevra word4 wanneer 'n afbetalingskooptransaksie gebruik word.
(Enige 3) (3)
Verstaan, matig (Verken, bl.148; Suksesvol, bl.162)
5.4 Noem die kostes waarvoor 'n voornemende huiseienaar, voor en
gedurende die bou van 'n nuwe huis, verantwoordelik sal wees.
• Aankoop/ betaling vir die grond/ erf.1
• Daar mag addisionele koste wees2 soos terreinvoorbereiding/ water
aansluiting.
• Die huisplan moet deur 'n sketstekenaar/ argitek opgetrek word, wat
betaal moet word.3
• Die munisipaliteit vra 'n fooi om die huisplan goed te keer.4
• 'n Boukontrakteur moet betaal word/ arbeidskoste.5
• Daar moet vir boumateriaal betaal word.6
• Laat aflewering/ tekorte aan materiaal sal koste verhoog.7
• Professionele inspekteurs/ elektriese inspekteur/ strukturele ingenieur
moet betaal word om inskiklikheid te verseker.8
• Indien konstruksie foutief is, mag meer materiaal/ arbeid benodig
word.9
• Indien daar vertragings in tyd gedurende die bouproses is, sal hulle aan
meer koste blootgestel word.10
• Die eienaar moet vir akkommodasie betaal voor die bouproses voltooid
is.11 (Enige 4) (4)
Verstaan, matig (Verken, bl.119; Suksesvol, bl.138-139)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 15 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
5.5.1 Bereken die totale afbetalingskooptransaksie-prys van die
draagbare gasstoof. Toon alle berekeninge.
R69,00 x 6 = R414,001
R414,00 + R59,002 = R473,003 (3)
Toepassing, matig: Eksamenriglyne.
5.5.2 Analiseer hoe hierdie draagbare een-plaat-gasstoof:
(a) Menslike energie bespaar.
• Die wegdoenbare gasblik is klein/ lig en maklik om te verwyder/
pas/ installeer.1
• Die verwyderbare boonste plaatraam maak dit maklik om skoon
te maak.2
• Die outomatiese aansteekknop maak dit maklik/ veilig om aan te
steek/ gebruik.3
• Die ligte en kompakte tas is maklik om te hanteer/ op te berg/
vervoer.4 (Enige 3) (3)
(b) 'n Nuttige aankoop vir 'n huishouding sal wees.
• Kan gebruik word wanneer daar kampeer/ gereis/ gestap
word.1
• Kan tydens beurtkrag gebruik word2 omdat dit nie elektrisiteit
vereis nie.
• Kan maklik opgeberg word wanneer dit nie gebruik word nie,
omdat dit kompak/ klein is.3
• Min toonbankspasie word tydens gebruik opgeneem.4
• Dit is maklik om te gebruik/ bereikbaar bo 'n toonbank omdat dit
laag is.5
• Dit werk met 'n klein wegdoenbare blik wat algemeen
• beskikbaar is.6
• Dit verskaf onmmiddellike hitte.7 (Enige 3) (3)
Analisering, matig (Verken, bl.175-176; Suksesvol, bl.159)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 16 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP
6.1 Maak 'n lys van die inligting wat op 'n produk se etiket behoort te
verskyn.
• Naam van produk1
• Handelsnaam/Handelsmerk2
• Waarskuwings/ allergene3
• Datums: verkoop teen/gebruik teen/beste voor4
• Naam en adres van vervaardiger/waar dit gemaak is5
• Prys/pryskode6
• Produk inhoud/nutriëntinligting7
• Bestanddele/tekstielvesels8
• Grootte/ massa/ gewig/ volume/ hoeveelheid9
• Versorgings/ gaarmaak/ opbergingsinstruksies10
• Lotnommer11 (Enige 4) (4)
Onthou, maklik (Verken, bl.24; Suksesvol, bl.24 en 29)
6.2 Noem watter TWEE van die 5 P's-bemarkingstrategieë deur die
bekostigbaarheid en toeganklikheid van 'n produk aangedui word.
• Prys1
• Plek2 (2)
Onthou, matig (Verken, bl.32-33; Suksesvol, bl.30-31)
LET WEL: Idien meer as twee antwoorde gegee word, merk slegs die eerste twee.
6.3 Verduidelik waarom dit vir 'n besigheid voordelig is om plaaslik
beskikbare grondstowwe te gebruik.
• Geproduseerde voedsel sal vars wees.1
• Hulle is maklik bekombaar,2 kan onmiddellik afgelewer of opgeneem word/
hulle hoef nie ingevoer of van een area na die volgende vervoer te
word nie.3
• Produksie stop nie4 omdat daar geen tekorte is nie. Die wagtydperk is
kort indien die besigheid 'n tekort het.5
• Hulle is bekostigbaar6 omdat hulle nie hoë vervoerkoste/ invoerbelasting
het wat bygevoeg word nie.7
• Dit vestig 'n goeie verstandhouding met die verskaffers,8 wat die
besigheid mag toelaat om op krediet te koop/grondstowwe voor betaling
afgelewer te kry/ 'n kredietlyn met die verskaffer te open.9 (Enige 3) (3)
Toepassing, matig (Verken, bl. 13; Suksesvol, bl.19-20)
Kopiereg voorbehou
Verbruikerstudies 17 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
6.4 Bespreek DRIE finansiële voordele vir 'n besigheid om opgeleide
personeellede te hê.
• Dit verhoog werknemers se produktiwiteit1 en meer produkte sal verkoop
word/ die besigheid se inkomste sal verhoog.2
• Dit help om goeie gehalte produkte te produseer/ verbeter die gehalte van
werk3 en kliënte sal aanhou om goeie gehalte produkte te koop wat wins
mag verhoog.4
• Dit lei tot vermindering van vermorsing in die besigheid,5 minder geld sal
op die vervanging van beskadigde produkte of grondstowwe bestee
word.6
• Dit verminder onderhouds-/ herstelkoste7 vir die besigheid omdat
gereedskap korrek gebruik sal word.8 (Enige 3 x 2) (6)
Toepassing, matig (Verken, bl.25; Suksesvol, bl.26)
6.5 Gee VIER gevolge van swak voorraadbeheer in 'n besigheid.
•Meer opbergspasie mag vereis word.1
•Te veel voorraad.2
•Voorraad mag bederf indien dit nie teen die gebruik-teen datum gebruik
word nie.3
• Grondstowwe kan beskadig of gesteel word.4
• Die gehalte van die eindproduk sal geaffekteer word indien grondstowwe
verval het.5
• Kapitaal word in voorraad vasgevang.6
• Daar mag tekorte in voorraad wees7 en produksie sal stop.8
• Wins sal verminder9 indien voorraad verlore gaan/ beskadig/ gesteel
word. (Enige 4) (4)
Verstaan, maklik (Verken, bl. 19; Suksesvol, bl. 23)
6.6 6.6.1 Identifiseer Eerste Kafee se teikenmark.
• Ouers wat leerders by die skool aflaai.1
• Universiteit studente.2
• Skoliere.3
• Plaaslike gemeenskapslede.4
• Toeriste.5
• Onderwysers/ skool personeel/ dosente/ universiteit
personeel. 6 (Enige 2) (2)
Verstaan, matig (Verken, bl.34; Suksesvol, bl.11)
Kopiereg voorbehou
Verbruikerstudies 18 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
6.6.2 Verduidelik die voordele van die gebruik van 'n houer van Big
Box Container as 'n koffiewinkel.
• Dit kan na 'n ander area verskuif word.1
• Dit kan in 'n ander tipe besigheid omskep word.2
• Die houer kan herverkoop word.3
• Hulle besit die houer, dus is daar nie maandelikse huur
betaalbaar nie.4
• Dit is goedkoper5 om in stand te hou as 'n gewone winkel.
• Dit is toegerus met sonpanele dus word geen elektrisiteit vereis
nie/ word bedryf tydens beurtkrag.6
• Dit is toegerus 'n gasstoof wat nie elektrisiteit vereis om gebruik
te word nie.7
• Rommel en afval behoort minimaal te wees8 omdat
herwinningsblikke beskikbaar is. (Enige 4) (4)
Toepassing, matig (Verken, bl.12; Suksesvol, bl.19)
6.6.3 Maak 'n lys van maniere waarop die besigheid verbruikers kan
aantrek.
• Hulle is omgewingsvriendelik /gebruik verpakking wat
herbruikbaar/ bioafbreekbaar is.1
• Hulle bied 'n verskeidenheid2 drankies/ versnaperings/ ligte
maaltye/ koffiebone aan.
• Hulle het 'n gewilde reuse muffin.3
• Aansit en wegneem opsies.4
• Hulle kan tydens beurtkrag oop bly5 aangesien hulle
sonpanele en 'n gasstoof het.
• Hulle het 'n lojaliteitprogram vir gereelde kliënte.6
• Dit is maklik toeganklik7 omdat dit in 'n parkeerarea geleë is.
(Enige 4) (4)
Toepassing, matig (Verken, bl.13; Suksesvol, bl.11 & 20)
6.6.4 Bereken die verkoopprys van EEN reuse muffin. Toon ALLE
berekeninge.
300 x 60 %/ 60 ÷ 100 = R180.00
R 300 + R180 = R480.001 OF R300 x 160 ÷ 100 = R 4802
R480 ÷ 243 = R20.004
OF
R300 ÷ 245 = R12.506
R12.50 60% = R7.507
R12.50 + R7.50 = R20.008
OF
R300 + 60 %9 = R480.0010
R480.00 ÷ 2411 = R20.0012
Koste van EEN reuse muffin is R20.00. (Enige 3) (3)
Toepassing, matig (Verken, bl.40; Suksesvol, bl.40)
LET WELL: Die verkoopprys (R20.00) moet aangedui word om volle punte toe te ken.
Kopiereg voorbehou
Verbruikerstudies 19 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
6.6.5 Analiseer maniere waarop die besigheid volhoubare produksie
en verbruikbeginsels toepas.
• Hulle het 'n skeepshouer gekoop wat voorheen gebruik was,1
wat die behoefte om 'n nuwe skeepshouer te koop uitskakel.
• Die skeepshouer het alreeds 'n gasstoof2 en sonpanele3 wat
die behoefte aan elektrisiteit verminder en die koolstof
• voetspoor verminder.4
• Produkte word op die perseel gebak5 dus word vervoer
verminder/geen brandstof6 word gebruik om produkte na die
verkoopspunt te vervoer nie. Lugbesoedeling word verminder/
minder koolstofvrystellings7 wat die omgewing kan beskadig.
• Hulle gebruik herwinbare/bioafbreekbare verpakkings-
materiaal8 wat minder besoedeling tot gevolg het.9
• Hulle vermy rommel/ doen korrek weg met afval10 omdat hulle
herwinningsblikke het.11 (Enige 8) (8)
Analisering, matig (Verken, bl.26; Suksesvol, bl.26)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 160
GROOTTOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Memorandum
CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2023 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2022 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2021 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
CONSUMER STUDIES GR12 QP SEPT2020 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
Consumer Studies Nov 2024 MG Afr
More from Grade 12 Consumer Studies
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Con Stu ATP 2023 24

Memorandum
CONSUMER STUDIES GR12 MEMO SEPT 2025 AFR

Memorandum
Consumer Studies Nov 2025 MG Afr
--8a5e377e-56ba-4e74-bf85-3168556146ef/v1-c25ccd3585e5fad59a83/card.webp)
Memorandum
Consumer Studies Nov 2025 MG Afr (1)

Errata
Consumer Studies Erratum Sept 2024 hlayiso.com

Memorandum





