GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
VERBRUIKERSTUDIES
NOVEMBER 2024
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 200
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 20 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 





View all





Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC Memo (Afrikaans)
Grade 12 Consumer Studies memorandum from the November 2024 NSC (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.
Consumer Studies · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 20
- File size
- 366.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 20
This exam
November NSC 2024
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Verbruikerstudies 2 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: KORTVRAE
VRAAG 1
1.1 1.1.1 A Onthou, maklik (Verken, p.165; Suksesvol, p.182) (1)
1.1.2 C Onthou, maklik (Verken, p.166; Suksesvol, p.184) (1)
1.1.3 B Verstaan, maklik (Verken, p.176; Suksesvol, p.195) (1)
1.1.4 D Onthou, maklik (Verken, p.181; Suksesvol, p.199) (1)
1.1.5 C Onthou, maklik (Verken, p.158; Suksesvol, p.175) (1)
1.1.6 B Verstaan, maklik (Verken, p.98; Suksesvol, p.118) (1)
1.1.7 C Verstaan, maklik (Verken, p.106; Suksesvol, p.129) (1)
1.1.8 D Verstaan, maklik (Verken, p.76; Suksesvol, p.90) (1)
1.1.9 A Verstaan, maklik (Verken, p.71; Suksesvol, p.78) (1)
1.1.10 D Verstaan, maklik (Verken, p.72; Suksesvol, p.82) (1)
1.1.11 C Verstaan, maklik (Verken, p.64; Suksesvol, p.72) (1)
1.1.12 B Verstaan, maklik (Verken, p.55; Suksesvol, p.62) (1)
1.1.13 B Verstaan, maklik (Verken, p.49; Suksesvol, p.51) (1)
1.1.14 D Onthou, maklik (Verken, p.122; Suksesvol, p.140) (1)
1.1.15 C Onthou, maklik (Verken, p.122; Suksesvol, p.140) (1)
1.1.16 A Verstaan, maklik (Verken, p.24; Suksesvol, p.25) (1)
1.1.17 B Onthou, maklik (Verken, p.25; Suksesvol, p.25) (1)
1.1.18 D Analisering, matig (Verken, p.35; Suksesvol, p.34) (1)
1.1.19 C Analisering, maklik (Verken, p.27; Suksesvol, p.26) (1)
1.1.20 D Analisering, matig (Verken, p.16; Suksesvol, p.22) (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 3 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
1.2 1.2.1 Inflasie
1.2.2 Rente
1.2.3 Repo/ terugkoopkoers
1.2.4 Verbruikersprysindeks/ VPI (4)
Onthou, maklik (Verken, p.166-167; Suksesvol, p.183-185)
1.3 1.3.1 B (1)
1.3.2 C (1)
1.3.3 A (1)
1.3.4 G (1)
1.3.5 E (1)
Onthou, matig (Verken, p.93-95; Suksesvol, p.112-114)
1.4 1.4.1 Teikenmark/ groep (1)
1.4.2 Oorhoofse/ bokoste/ bedryfskoste (1)
1.4.3 Verkoopprys (1)
1.4.4 (Produk) Spesifikasie (1)
Onthou, matig (Verken, p.16,20,37,38; Suksesvol, p.11,21,28-39)
1.5 B
C
F (Enige volgorde) (3)
Verstaan, maklik (Verken, p.51; Suksesvol, p.54)
1.6 A
C
F
H (Enige volgorde) (4)
Verstaan, matig (Verken, p.150; Suksesvol, p.161)
TOTAAL AFDELING A: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 4 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
AFDELING B: LANGVRAE
VRAAG 2: DIE VERBRUIKER
2.1 Noem die tipe swendelskema waar 'n epos aan 'n verbruiker gestuur
word, wat voorgee dat dit van 'n bank of finansiële instelling kom.
Uitvissing/hengel/ bank/ aanlynswendelskema (1)
Onthou, maklik (Verken, p.159; Suksesvol, p.177)
2.2 Verduidelik die volgende terme:
2.2.1 Hernubare vorms van energie
• Bronne van energie wat in die natuur teenwoordig is soos die
son/ wind/ water/ hout.1 Hulle word aanhoudende aangevul/
vervang2 en sal dus nooit uitgeput raak nie/ is volhoubaar.3
(Enige 2) (2)
Onthou, matig (Verken, p.170; Suksesvol, p.191)
2.2.2 Afkoeltydperk
• Die hoeveelheid tyd/ VYF besigheids/ werksdae1 wat die wet
'n verbruiker wat 'n kontrak onderteken het gee, om die kontrak
te kanselleer2 sonder 'n rede/ finansiële implikasies.3
• Dit is van toepassing op alle transaksies wat die gevolg van
direkte bemarking is/ wat die verbruiker nie begin het nie.4
• Die besigheid het SEWE tot VYFTIEN werksdae om die
verbruiker terug te betaal5 na die kansellasie. (Enige 3) (3)
Onthou, matig (Verken, p.157; Suksesvol, p.173)
2.3 Verduidelik hoe indirekte belasting van Suid Afrikaners ingevorder
word.
• Dit word outomaties in gevorder deur dit in te sluit/ versteek in die prys
van goedere of dienste.1
• Dit word ingevorder deur/ ingesluit in BTW/ heffings (brandstof/
omgewings)/ aksynsbelasting (sondebelasting)/ lisensies/
invoerbelasting/ lugpassasiersbelasting.2 (Enige 1) (1)
Verstaan, maklik (Verken, p.164; Suksesvol, p.180)
LET WEL: Leerders kan nie slegs deur ‘n voorbeeld te gee ‘n punt toegeken word nie.
2.4 2.4.1 Noem die tipe produkte wat die verkoper in Suid Afrika
verkoop.
Grysgoedere/ parallelle / skuilinvoere. (1)
Onthou, maklik (Verken, p.158; Suksesvol, p.176)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 5 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
2.4.2 Verduidelik hoe die verkoper die produkte wettig na Suid
Afrika ingevoer het.
Deur invoerfooie/ doeanebelasting te betaal1 deur nie-amptelike/
ongemagtigde verspreidingskanale/ word vanaf ander lande
sonder die toestemming van die vervaardigende land ingebring.2
(Enige 1) (1)
Verstaan, maklik (Verken, p.158; Suksesvol, p.176)
2.5 Verduidelik die verskil tussen 'n uitsluitingsklousule en 'n onbillike
sakepraktyk.
•'n Uitsluitingsklousule is in 'n kontrak1 en dit vrywaar/ stel een party vry
van enige aanspreeklikheid indien hulle nie die ooreenkoms nakom nie.2
Dit is wettig.3
• 'n Onbillike sakepraktyk is wanneer 'n verskaffer op 'n onbillike manier
probeer om 'n verbruiker te beïnvloed of te teister4 om sake met hom te
doen/ dit sluit in bedrog/ wanvoorstelling/ misleidende/ onderdrukkende/
onredelike optrede teenoor verbruikers.5 Dit is onwettig.6 (Enige 4) (4)
Verstaan, maklik (Verken, p.157; Suksesvol, p.174)
2.6 Verduidelik die voordele daarvan om in Suid Afrika deel van 'n stokvel te
wees.
•Stokvel is wettig1 omdat al die lede weet hoe die geld belê gaan word.2
•Dit is 'n vorm van spaar/ belegging/ ‘n manier om lede te dwing/ verplig om
elke maand geld weg te sit3 met toekomstige voordele.4
• Alle lede is bewus van die datum van uitbetaling/ wanneer die voordele
ontvang sal word. 5
• Alle lede kom ooreen oor die risiko's wat hulle bereid is om te neem.6
• Bydrae word tot 'n gesamentlike fonds/ pot geld gemaak.7
• Alle lede dra gereeld/ gelyke hoeveelheid by8 en kan van die winste/
rente9 trek/ deel, gewoonlik vir 'n spesifieke doel/ groot aankope.10
• Bankkoste is laer omdat dit onder al die lede van die stokvel verdeel
word.11
• Daar is beperkte finansiële verlies/ selfs wanneer ‘n lid afsterf sal die
familie steeds hulle deel van die voordele ontvang.12
• Lede kan van krediet voorsien word/ leen uit die fonds.13
• Dit dien as ‘n ondersteuningsnetwerk/ bevorder sosiale verbintenis/ het ‘n
onthaal funksie.14 (Enige 5) (5)
Verstaan, maklik (Verken, p.161; Suksesvol, p.177-178)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 6 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
2.7 Bespreek hoe die funksies van die wasmasjien help om
elektrisiteitverbruik te verminder.
•'n Energiedoeltreffende wasmasjien gebruik minder elektrisiteit.1
•Dit het 'n opsie van 'n kouewater was, wat beteken dat geen elektrisiteit
gebruik sal word om die water te verhit nie.2
• Dit het 'n 'super' vinnige funksie wat beteken dat dit vinnig sal wees3 en
minder elektrisiteit sal gebruik.
• Die outomatiese kapasiteitaanwyser sal verseker dat maksimum ladings
gewas word/ die watervlak/ type siklus sal aangepas word volgens doe
ladinggrootte.4
• Kreukelbestandheid verminder elektrisiteit omdat dit nie nodig is om te
stryk nie.5
• 'n Voorlaaier gebruik minder elektrisiteit as 'n bolaaier/ dubbelbalie. 6
(Enige 4) (4)
Toepassing, matig (Verken, p.174; Suksesvol, p.193)
2.8 Stel maniere voor waarop gemeenskappe waterbesoedeling kan
verminder om die toestand van Alle riviere te verbeter.
•Moenie rommel/ vullis/ plastiek in riviere gooi nie.1
•Moenie rommel in die strate gooi nie omdat reënwater dit na riviere kan
lei.2
• Hulle moenie in riviere urineer nie3 rioolstorting4 in riviere toelaat nie
om besoedeling te voorkom.
• Hulle kan ophou om hul klere in die riviere te was.5
• Hulle moenie hulself in die riviere was/ bad nie6
• Moenie toelaat dat dieremis in kontak met die rivier kom nie.7
• Gebruik bio-afbreekbare wasmiddels/ omgewingsvriendelike
skoonmaakmiddels.8
• Moenie skadelike plaagdoders en bemestingstowwe oormatig gebruik nie
omdat dit in die riviere kan vloei.9
• Rapporteer/ vermy onwettige afval/ olie/ verf/ chemikalieë-storting in die
riviere.10
• Organiseer gemeenskap bewusmaking/ skoonmaakveldtogte rondom die
riviere.11 (Enige 4) (4)
Verstaan, matig (Verken, p.178; Suksesvol, p.197-198)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 7 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
2.9 Bespreek die rol wat gemeenskappe kan speel om munisipaliteite te
help om hulle skuld aan Eskom te verminder.
• Hulle moet elektrisiteit wat hulle gebruik koop of daarvoor betaal/ vooraf
betaalbare meters installeer1 sodat munisipaliteite fondse kan hê om aan
Eskom te betaal.2
• Hulle moet erfbelasting3 betaal sodat van die geld gebruik kan word om
die skuld te diens.
• Moenie onwettige elektriese bewyse koop nie4 omdat minder geld aan
munisipaliteite5 betaal sal word. om hul skuld aan Eskom te verminder.
• Hulle moenie elektrisiteit onwettig koppel nie6 omdat hulle nie enige geld
aan die munisipaliteit sal betaal nie7 en elektrisiteit gratis gebruik.8
• Reël vir 'n afbetalingsplan indien hulle nie die volle bedrag kan bekostig
nie9 om aan munisipaliteite fonds te voorsien om hul skuld te diens.10
• Gebruik hernubare/ alternatiewe bronne van elektrisiteit/ sonkrag omdat dit
nie die skuld sal verhoog nie.11
• Hulle moenie elektriese strukture vandaliseer/ vernietig12 en elektriese
kabels steel nie13 omdat dit die munisipaliteit geld sal kos om dit te
herstel of te vervang14 en munisipaliteite sal nie genoegsame fondse hê
om aan Eskom te betaal nie.15
• Rapporteer wanneer hulle van mense weet wat onwettig elektrisiteit
koppel/ elektriese strukture vandaliseer/ kabels/ elektrisitelt steel.16
(Enige 6) (6)
Toepassing, matig (Verken, p.183-184; Suksesvol, p.201-204)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 8 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
2.10 Analiseer die impak wat die verhoogde minimum loon op Suid-
Afrikaanse huishoudings en die ekonomie sal hê.
Positief
• Die lewenskwaliteit van baie mense sal verbeter1 omdat hul inkomste
sal verhoog.2
• Mense sal meer geld hê om te spandeer en sal dus hul basiese
behoeftes kan bevredig3 en voedselsekerheid verbeter.4
• Minder huishoudings sal van NROs afhanklik wees vir
ondersteuning.5
• Daar kan 'n klein vermindering in armoede6 wees omdat mense meer
besteebare inkomste mag hê om te bestee.7
• Sommige verbruikers mag in staat wees om klein bedrae geld vir hul
toekoms te spaar.8
• Huishoudings mag in staat wees om hul skuld te verminder.9
• Huishoudings mag nou kan bekostig om krediet/ lening kry.10
• Die land se ekonomie sal verbeter.11
• Hulle sal belasting12 betaal op die ekstra produkte wat hulle nou kan
bekostig.
Negatief
• Arbeidskoste sal verhoog13 wat mag veroorsaak dat sommige
werknemers hul werk verloor/ afgedank14 word indien werkgewers
nie kan bekostig om die nuwe basiese loon te betaal nie.15
• Die besighede sal produksiekoste verhoog16 om die verhoogde
minimum loon te dek, wat sal veroorsaak dat verbruikers meer vir
goedere en dienste betaal17 en minder besteebare inkomste het.18
• Meer mense sal vir sosiale toelae registreer,19 wat die
staatsbesteding op sosiale toelae sal verhoog.20
• Mense mag meer op NROs vir onderhoud staatmaak omdat hulle nie
in staat mag wees om aan hul behoeftes te voorsien nie.21
• Die prys van goedere en diebste sal verhoog22 wat publieke
besteding sal vertaag.23
• Inflasie sal verhoog.24
• Alhoewel die minimum loon verhoog het, mag dit nie genoeg wees om
‘n merkwaardige verskil25 in die besteebare inkomste te maak nie en
baie gesinne sal nog steeds in armoede leef.26 (Enige 8) (8)
Analisering, moeilik (Verken, p.167-168; Suksesvol, p.184-185)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 9 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING
3.1 Verduidelik die volgende terme:
3.1.1 Voedselbestraling
'n Tegnologie/ die gebruik van kort lig-en radiogolwe1 wat
mikroörganismes/ patogeniese bakterieë2 en insekte3 in
voedsel verminder of vernietig/ verbeter die veiligheid/
aanvaarbaarheid/ raklewe.4 (Enige 3) (3)
Onthou, maklik (Verken, p.105; Suksesvol, p.127)
3.1.2 Glukemiese indeks van voedsel
Dit meet hoeveel voedsel wat koolhidrate1 bevat die
bloedglukosevlak sal laat styg2 op 'n skaal3 van 1-100.
OF
Glukemiese indeks rangskik voedsel wat koolhidrate bevat1
gebaseer op hoe vinnig en tot watter mate
bloedglukosevlakke styg2 nadat hierdie voedsels geëet/ verteer is,
op ‘n skaal3 van 1-100. (Enige 2) (2)
Onthou, matig (Verken, p.71; Suksesvol, p.77)
3.2 Verduidelik die betekenis van ELK van die volgende datumstempels wat
op voedseletikette gevind word:
3.2.1 'Beste voor'
• Die einde van die periode wat die produk op sy beste gehalte
sal wees.1
• Produkte is veilig vir verbruik na hierdie datum.2 (Enige 1) (1)
3.2.2 'Gebruik teen'
Produkte moenie na hierdie datum gebruik word nie/ dui die periode
aan waarteen die produk van goeie gehalte/ veilig sal wees om
te eet. (1)
3.2.3 'Verkoop teen'
Die laaste dag waarop produkte vir verkope aangebied moet
word,1 maar kan steeds na hierdie datum gebruik word.2
(Enige 1) (1)
Onthou, matig (Verken, p.98; Suksesvol, p.118)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 10 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
3.3 Noem maniere waarop die oordrag van voedseloordraagbare siektes
voorkom kan word.
•'n Persoon moet hul hande was voordat hulle aan voedsel raak.1
•'n Persoon moet hul hande was nadat die toilet gebruik / doeke omgeruil
is2 voordat voedsel hanteer word.
• ‘n Besmette persoon/ persoon met simptome moenie voedsel vir ander
mense voorberei nie. 3
• Rou voedsel moet deeglik in skoon veilige water gewas word4 voordat
dit gebruik word om infeksie te voorkom.
• Gereedskap wat gebruik word om rou voedsel voor te berei, moet deeglik
na gebruik gewas word.5
• Gereedskap wat gebruik word om voedsel te eet/ voedsel voor te berei
moet deeglik gewas word voordat dit deur ander mense gebruik word.6
• Maak werkoppervlakke deeglik skoon.7
• Vleis moet deeglik gaargemaak word.8
• Melk moet gepasteuriseer word voordat dit gebruik word.9
• Voorkom kruiskontaminasie tussen rou en gaar voedsel.10
• Hou voedsel teen veilige temperature.11
• 'n Persoon moenie besmette voedsel eet nie12
• ‘n Persoon moenie besmette water drink nie/ besmette water moet
behandel word/gekook word voordat dit gebruik word.13 (Enige 5) (5)
Onthou, maklik (Verken, p.89-91; Suksesvol, p.103-109)
3.4 Onderskei tussen organiese voedsel en geneties gemodifiseerde
voedsel, volgens die gegewe kriteria. Tabuleer jou antwoord soos volg.
Kriteria Organiese voedsels Geneties-gemodifiseerde
voedsels
Tyd om te • Neem 'n lang tyd om te • Neem 'n kort tyd om te
groei groei.1 (1) groei.2 (1)
Opbrengs • Het 'n lae opbrengs/ hulle • Het 'n groot opbrengs/
voed min mense.3 meer mense kan
(1) gevoed word.4 (1)
Raklewe • Het ‘n natuurlike raklewe/ • Het 'n lang raklewe/
het nie 'n lang raklewe nie/ sal langer hou.6
hou nie lank nie.5 (1) (1)
Koste • Hoë produksiekoste/ duur/ • Laer produksiekoste/
nie almal kan dit bekostig bekostigbaar/ meer
nie.7 toeganklik vir almal.8
(1) (1) (8)
Verstaan, matig (Verken, p.103-104; Suksesvol, p.123-125)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 11 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
3.5 3.5.1 Verduidelik hoe geblikte vis met die voorkoming van
osteoporose kan help.
• Geblikte vis met bene is 'n goeie bron van kalsium1 wat
benodig word om sterk bene te bou/ verhoog beendigtheid.2
• Pilchards (Pelsers)/ olierige vis is 'n goeie bron van vitamien
D3 en fosfor4 wat benodig word vir die absorpsie van
kalsium5 en insluiting van kalsium in die bene.6
• Die proteïen7 in die vis is nodig vir normale kollageen
sintese8 wat bydra in die voorkoming van osteoporose.
(Enige 4) (4)
Verstaan, maklik (Verken, p.76; Suksesvol, p.90)
3.5.2 Geblikte vis sal Suid Afrikaners help om voedselonsekerheid
te beveg.
Regverdig die stelling.
• Geblikte vis hou vir 'n lang tydperk/ het 'n lang raklewe,1 kan
in grootmaat aangekoop word2 en sal nie deur beurtkrag3
geaffekteer word nie, wat beteken dat mense vir 'n langer
tydperk veilige voedsel4 sal hê.
• Geblikte vis is voedsaam/ gesond5 en 'n goeie bron van
kalsium/ vitamien D/ proteïene/ omega 3/ yster/ selenium6 wat
wanvoeding mag voorkom.7
• Dit is vrygestel van BTW8 wat dit meer bekostigbaar/
goedkoper9 as vleis/ vleisalternatiewe en baie mense kan
bekostig om dit te koop.
• Dit kan sonder dat dit gaargemaak word geëet word.10
• Dit kan op verskeie maniere voorberei word om die
voedsingswaarde te verhoog.11
• Geblikte vis is maklik beskikbaar/ toeganklik.12
• Geblikte vis is maklik om te verpak/ vervoer/ versprei.13
• Een blik vis kan verleng word om baie mense te voed.14
(Enige 4) (4)
Analisering, moeilik (Verken, p.106; Suksesvol, p.128-129)
3.6 3.6.1 Noem die hoofoorsaak van Tipe 1-diabetes.
Die pankreas mag beskadig wees/ nie insulien / nie genoeg
insulien produseer nie. (1)
Onthou, maklik (Verken, p.72-73; Suksesvol, p.80)
3.6.2 Noem hoe Tipe 1 diabetes bestuur word.
• Insulieninspuiting1
• Diabetiese dieet (Lae GI voedsel/ eet gereeld klein maaltye/
lae vet dieet/ hoë dieet/ vermy versteekte. suikerryke voedsels/
minder souterige voedsel).2
• (Gereelde) oefening.3 (Enige 2) (2)
Onthou, maklik (Verken, p.72; Suksesvol, p.80-82)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 12 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
3.6.3 Evalueer die geskiktheid van die 'Dagwood' toebroodjie vir 'n persoon
met met diabetes.
• Die 'Dagwood' toebroodjie is hoog in energie/ kilojoules1 wat nie goed
is vir 'n persoon met diabetes nie omdat diabete 'n gesonde gewig
behoort te onderhou.2
• Die 'Dagwood' toebroodjie bevat witbrood wat hoog in verfynde koolhidrate/
stysel3 is en ‘n hoë GI4 bevat wat 'n skerp styging in die
bloedglukosevlakke/ hiperglukemie mag veroorsaak.5
• Die witbrood het 'n lae veselinhoud6 wat nie goed is nie omdat vesel
vertering vertraag/ die hongergevoel vertraag/ maak dat jy langer
versadig voel.7
• Tamaties/ slaaiblare is ryk in (dieet) vesel wat voorkom dat mense
ooreet8 en wisseling in bloedglukosevlakke voorkom.9
• Die 'Dagwood' toebroodjie bevat beesvleis 'patties'/ geprosesseerde
kaas/ gebraaide eiers wat hoog in vet is.10 'Patties' bevat baie
transvette11 wat vermy/ beperk moet word12 omdat diabetiese
mense meer vatbaar vir hartsiektes/ beroerte is.13
• Die kaas/ “patties” is hoog in sout/ natrium14 wat die bloeddruk kan
laat styg, wat lei tot hartsiekte/ beroerte wat 'n risiko vir diabete is.15
• Diabete behoort gereelde klein maaltye in te neem16 en die dagwood
is ‘n groot gereg wat nie aanbeveel word nie. (Enige 7)
Gevolgtrekking: Die 'Dagwood' toebroodjie is nie geskik17 vir 'n persoon
wat diabeties is nie. Dit sal nie die bloedglukosevlak in stand kan hou nie.
(1) (8)
Evaluering, moeilik (Verken, p.73; Suksesvol, p.82-83)
LET WEL: 'Meer vatbaar vir hartsiekte/ beroerte' kan slegs eenkeer 'n punt toegeken
word.
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 13 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4: KLEDING
4.1 Gee EEN voorbeeld van 'n plantgebaseerde volhoubare hernubare
tekstiel.
Hennep/ Bamboes/ Vlas/ Soja/ (Organiese) katoen wat in 'n
omgewingsvriendelike manier gekweek is. (1)
Onthou, maklik (Verken, p.62; Suksesvol, p.68)
4.2 Noem DRIE kenmerke van kleremaatskappye wat billike sakepraktyke
nakom.
•Betaal 'n billike loon.1
•Bied goeie werksomstandighede2 en ordentlike werksure.3
•Voldoen aan arbeids/ siviele/ veiligheidswette.4
•Gebruik nie kinderarbeid nie.5
•Ondersteun omgewingsvolhoubaarheid/ beskerming van die
omgewing.6 (Enige 3) (3)
Onthou, maklik (Verken, p.61; Suksesvol, p.69)
4.3 4.3.1 Gee TWEE redes waarom die modesiklusse oorvleuel.
• Soos een mode se gewildheid afneem1 begin 'n ander
mode.2
OF
• Die begin van 'n nuwe mode-item3 oorvleuel met die afname
van die vorige mode.4 (Enige 2) (2)
Verstaan, matig (Verken, p.50; Suksesvol, p.50)
4.3.2 Skryf 'n paragraaf om die interverwantskap tussen die piek/
hoogtepunt stadium in die modesiklus en kontemporêre mode
te beskryf.
Kontemporêre mode is klere/ mode wat baie/ meeste mense1
tans dra2 en dit is bekostigbaar.3 Dit sal beteken dat die mode
sy hoogtepunt in gewildheid bereik het.4 Dit word in massas
geproduseer/ in groeiende getalle geproduseer5 en word deur
klerewinkels in tydskrifte/ vensteruitstallings/ sosiale media
geadverteer.6 (Enige 4) (4)
Verstaan, matig (Verken, p.49-50; Suksesvol, p.49-50)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 14 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
4.4 Beskryf waarom hierdie uitrusting geskik is om op 'n warm somersdag
vir 'n loslit Vrydag na 'n korporatiewe werkplek te dra.
•
Die pak is formeel/ professioneel1 en pas in die maatskappy se
kleredragkode.2
• Die pak/ T-hemp/ All-star hardloopskoene is klassiek en tydloos/ kan vir
baie seisoene/ 'n lang tydperk/ gedra word.3
• Die T-hemp/ 'All-star' hardloopskoene maak die uitrusting minder
formeel4 wat geskik is vir loslitdag.
• Ligblou is 'n koel kleur.5 Wit/ ligblou sal koel vertoon/ voel6 op 'n
somersdag.
• Ligte klere reflekteer lig/ hitte weg vanaf die liggaam.7
• Katoen is koel/ gemaklik om te dra.8
• Die baadjie kan verwyder word.9
• Die baadjie se knope kan los gemaak word.10 (Enige 4) (4)
Toepassing, matig (Verken, p.56-57; Suksesvol, p.59)
4.5 Analiseer hoe die volgende faktore kontemporêre mode wat verbruikers
in 2024 gedra het, kon beïnvloed het.
4.5.1 Verhoogde rente op klerewinkel-kredietkaarte.
• Verbruikers het meer rente op hul klerewinkel-kredietkaarte
betaal,1 en mag dus nie in staat was om baie nuwe klere/
gereeld klere te koop nie.2
• Die aanvraag vir klere-items mag verminder het,3 wat
oormatige aanbod tot gevolg gehad het.4 Dit kon veroorsaak
het dat klerewinkels hul pryse verlaag/ 'n verlies gelei het.5 Dit
kon veroorsaak het dat minder klere/ mode vervaardig is.6
(Enige 3) (3)
4.5.2 Verhoogde elektrisiteitkoste.
• Hoër elektrisiteitskoste het die produksiekoste verhoog,1 dus
die prys van kontemporêre mode verhoog het.2
• Verbruikers het meer betaal3 vir kontemporêre mode, wat
minder klereaankope tot gevolg gehad het.4
• Verbruikers het meer vir elektrisiteit betaal5 dus minder
besteebare inkomste/ geld gehad om op kontemporêre mode te
bestee.6 (Enige 3) (3)
Analisering, moeilik (CAPS, p.32-33; Verken, p.49; Suksesvol, p.53)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 15 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR
5.1 Noem TWEE hoofpartye wat by 'n huurooreenkoms betrokke is.
• Huurder1
• Verhuurder/ huiseienaar2 (2)
Onthou, maklik (Verken, p.117; Suksesvol, p.137)
5.2 Verduidelik wat 'n verbandakte is.
'n Verbandakte is 'n dokument wat 'n koper onderteken om te onderneem/
belowe dat hy/sy die lening op vaste eiendom/ huis1aan die bank/ finansiële
instelling2 sal terug betaal.3 Die reg oor eiendom van ‘n ander.4
(Enige 2) (2)
Onthou, matig (Verken, p.126; Suksesvol, p.145)
5.3 Beskryf waarom dit vir huiseienaars belangrik is om omvattende
huiseienaarsversekering te hê.
Omvattende Huiseienaarsversekering sal enige verliese dek1 indien die
huis se struktuur/ permanente toebehore skade ly as gevolg van 'n
natuurramp/ storm/ oorstroming/ 'n ongeluk/ gebarste warmwatersilinder/
politieke onrus/ vuur.2 (2)
Verstaan, maklik (Verken, p.127; Suksesvol, p.145)
5.4 Onderskei tussen 'n koopaanbod-ooreenkoms en 'n verkoopakte-
ooreenkoms.
'n Koopaanbod-ooreenkoms is 'n dokument waarin die koper 'n aanbod aan
die verkoper maak om die eiendom te koop,1 wat die voorwaardes en
voorwaardes2 en die bedrag3 bevat wat vir die verkoop van die eiendom
aangebied word.
Die verkoopakte/ koopakte-ooreenkoms is wanneer beide die koper en die
verkoper die koopaanbod-dokument onderteken,4 wat dan die verkoopakte
genoem word. Die koper is dan deur die wet verbind om die eiendom te
koop.5 (Enige 4) (4)
Verstaan, matig (Verken, p.125; Suksesvol, p.142)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 16 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
5.5 Verduidelik waarom dit waarskynlik steeds beter is om 'n huis te bou
eerder as om 'n bestaande voltitelhuis te koop.
•Die eienaar kan op hul eie pas bou1 en die bouproses kan vir 'n rukkie
gestaak word indien fondse nie beskikbaar is nie.2
• Die huise wat beskikbaar is mag dalk nie in 'n baie goeie toestand wees
nie.3
• Die eienaar gaan nie probleme van 'n ander eiendom oorerf nie.4
• Die huis kan volgens die eienaar se behoeftes en smaak ontwerp word.5
• Die eienaar kan al die nuutste eienskappe en toebehore kies6 en die
toebehore is nuut en behoort te werk.7
• Die eienaar kan al die jongste ontwerpe en tegnologie kies.8
• Dit is moontlik om 'n omgewingsvriendelike huis te skep.9
• Dit kan bevredigend wees om deel van die bouproses te wees.10
• Dit kan minder kos indien die eienaar die bouer is.11
• Die eienaar kan kies waar om te bou.12
• Daar is geen oordragkoste nie.13
• Nuwe huise word oor die algemeen in nuwe areas wat groei, gebou wat
sal help met die toekomstige herverkoopwaarde.14 (Enige 5) (5)
Verstaan, matig (Verken, p.121; Suksesvol, p.138)
5.6 Beskryf die positiewe omgewingsimpak van die mikrogolfoond.
• Dit verhit vinniger1 omdat dit kleiner as 'n konvensionele oond wat
beteken dat dit minder elektrisiteit gebruik/ energie doeltreffend is2 wat 'n
kleiner koolstofvoetspoor laat.3
• Rooster/ bak/ lugbraai bespaar elektrisiteit omdat dit nie vooraf
verhitting4 vereis nie.
• Die tydreëlaar/ tydskakelaar stop outomaties die gaarmaakproses om
oorgebruik van elektrisiteit te voorkom.5
• Minder toestelle hoef vervaardig te word6 wat beteken dat minder
grondstowwe gebruik word,7 wat minder skade/ minder besoedeling aan
die omgewing veroorsaak.8
• Dit verminder die hoeveelheid e-afval9 omdat daar slegs van een toestel
weggedoen moet word in plaas van verskeie toestelle.10
• Die e-afval van een mikrogolfoond kan herwin word11 wat dit meer
omgewingsvriendelik maak. (Enige 5) (5)
Analisering, moeilik (Verken, p.138; Suksesvol, p.155)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verbruikerstudies 17 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP
6.1 Definieer die slegste-verkope-scenario.
Dit is 'n vooruitskatting1 van wat kan gebeur indien die produk glad nie goed
verkoop nie.2
OF
Kom voor indien 'n besigheid minder as sy gelykbreekpunt3 verkoop en 'n
verlies sal ly/ geen wins maak nie.4 (Enige 2) (2)
Onthou, matig (Verken, p.39; Suksesvol, p.41)
6.2 Verduidelik die term finansiële uitvoerbaarheidstudie.
• 'n Studie om die sterkpunte1 en swakhede2 van 'n bestaande/ nuwe
besigheid te ontdek. Dit gee 'n idee of die besigheid die potensiaal besit
om suksesvol te wees.3
OF
•'n Studie om vas te stel of die besigheid 'n sukses sal wees4 nadat sy
totale koste5 en moontlike inkomste oorweeg is.6 (Enige 3) (3)
Onthou, matig (Verken, p.35; Suksesvol, p.35)
6.3 Maak 'n lys van faktore wat 'n entrepreneur in ag moet neem wanneer 'n
produk vir 'n kleinskaalse besigheid gekies word.
• Aantrekkingskrag vir verbruikers1
• Beskikbaarheid van grondstowwe2
• Beskikbare werkruimte3
• Beskikbare finansiële hulpbronne4
• Beskikbaarheid van menslike vaardighede5 (Enige 4) (4)
Onthou, matig (Verken, p.10-13; Suksesvol, p.17-20) CAPS
6.4 Identifiseer, met voorbeelde, die P's van 'n bemarkingstrategie wat in die
advertensie sigbaar is.
• Produk: Organiese voedsel1
• Plek: Jasper se mark2
• Prys: Onverbeterlik3
• Promosie: Facebook/ sosiale media4
• Persone: Kliënt/ verkoopspersoon5 (Enige 3) (3)
Verstaan, matig (Verken, p.29-33; Suksesvol, p.28-31)
LET WEL: Beide die P en voorbeeld moet genoem word vir 'n punt.
Kopiereg voorbehou
Verbruikerstudies 18 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
6.5 Verduidelik die nadele van 'n besigheid wat te veel voorraad het.
•Vermorsing gaan verhoog1 weens die hoeveelheid ongebruikte
voorraad/ ongebruikte bederfbare voorraad sal die verkoop teen of gebruik
teen datum2 bereik.
• Te veel voorraad kan tot beskadiging lei3 wat sal veroorsaak dat die
besigheid geld sal geld verloor.4
• Die besigheid sal te veel geld belê/ vasgevang wees in die voorraad5 en
minder geld sal beskikbaar wees om die besigheid te bedryf.6
• Voorraad mag waardevolle opbergruimte opneem.7
• Dit sal moeilik wees om die opbegplek skoon/ netjies te hou.8
• Diefstal9 mag verhoog. (Enige 4) (4)
Verstaan, maklik (Verken, p.19; Suksesvol, p.22-23)
6.6 Verduidelik die positiewe impak wat hierdie verpakking op die
omgewing het.
•Suikerriet/ plantgebaseerde verpakking kan terug groei/ herskep word/ is
hernubaar.1
• Dit het die minimum impak op die omgewing/ is ekovriendelik.2
• Dit is bioafbreekbaar,3 dus besoedel dit nie die omgewing nie.4
• Dit kan herwin5 en hergebruik6 wordwat afval verminder/ minder afval
in afvalterreine7 en minder grond/ water/ lugbesoedeling8
• Dit sal nie tot aardverwarming bydra nie.9
• Dit het 'n lae koolstofvoetspoor/ kweekhuis effek.10 (Enige 5) (5)
Toepassing, matig (Verken, p.27; Suksesvol, p. 26)
6.7 6.7.1 Noem die aanvangskapitaal vir Sam se besigheid.
Geld uit die verkoop van sy ou besigheid. (1)
Onthou, maklik (Verken, p.11; Suksesvol, p.40)
6.7.2 Verduidelik hoe Sam 'n mededingende voordeel in sy
besigheid behaal.
• Hy verskaf opbergingsdienste aan sy kliënte.1
• Hy gebruik ander afleweringsmaatskappye om met sy
aflewerings te help indien hy dit nie self kan doen nie.2
Aflewerings sal nie laat wees nie/ sy kliënte sal nie teleurgestel
word nie.3
• Hy het ‘n “hybrid” aflewringswa wat gebruik kan word wanneer
daar nie brandstof is nie/ nie herlaai is nie.4
• Hy verskaf gratis toedraai dienste aan sy kliënte.5 (Enige 2) (2)
Onthou, maklik (Verken, p.8; Suksesvol, p.11)
Kopiereg voorbehou
Verbruikerstudies 19 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
6.7.3 Bespreek hoe Sam verseker dat sy besigheid voortdurend 'n
wins maak.
• Hy kry ekstra inkomste uit sy opbergeenheid1 en verloor nie
geld omdat hy pakkette verkoop wat nie gekollekteer was
nie.2
• Hy bied meer as een diens aan3 (opbergeenhede/
afleweringsdienste/ verkoop van pakette wat nie gekollekteer
was nie).
• Hy betaal nie maandelikse paaiemente vir sy bakkie nie4
omdat hy kontant daarvoor betaal het.5
• Hy het nie terugbetalings vir lenings nie6 omdat hy sy eie geld
gebruik het om sy besigheid te begin.7
• Hy het baie kliënte omdat hy regdeur die provinsie aflewerings
doen.8
• Die afleweringsbesigheid is nie seisoenaal nie,9 hy sal
regdeur die jaar kliënte hê.10
• Hy sal nie kliënte verloor nie/ vervul kliënte se behoeftes11
omdat hy ander afleweringsmaatskappye gebruik indien hy nie
self die aflewerings kan doen nie.12
• Hy bespaar geld op salarisse omdat hy sy eie aflewering
doen.13
• Hy bespaar op uitgawes vir vervoer wanneer ander
maatskappye namens hom aflewering doen.14
• Die maatskappye waaarmee hy ‘n venootskap het sal ‘n deel
van hulle fooi aan hom betaal om hulle aflewering te doen.15
(Enige 6) (6)
Toepassing, matig (Verken, p.35; Suksesvol, p.34)
6.7.4 Verduidelik hoe Sam geld vir sy besigheid bespaar, met
brandstofpryse wat aanhoudend styg.
• Hy het 'n 'hybrid' bakkie gekoop wat beide elektrisiteit en
brandstof gebruik,1 wanneer hy elektrisiteit gebruik bespaar
hy op brandstof.2
• Hy het 'n vennootskap met ander maatskappye wat hom toelaat
om op brandstofkoste te bespaar wanneer hulle ritte deel.3
(Enige 2) (2)
Verstaan, matig (Scenario)
Kopiereg voorbehou
Verbruikerstudies 20 DBE/November 2024
NSS – Nasienriglyne
6.8 Voorspel die positiewe impak wat die toestand van geen beurtkrag is
nie, op kleinskaalse besighede kan hê.
• Die besigheid hoef nie daagliks, op 'n sekere tyd toe te maak en kliënte/
geld te verloor nie.1
• Besighede mag nuwe kliënte/ nuwe besigheid by kry/ kan groei2 omdat
hulle aanhoudend oop is.3
• Dit is nie nodig om alternatiewe bronne van energie te koop nie4 soos
kragopwekkers/ sonkrag/ omskakelaars (inverters).
• Dit is nie nodig om brandstof/ diesel te koop om kragopwekkers te vul
nie.5 wat die produksiekoste en verkoopprys sal verlaag6 en die
produkte meer bekostigbaar maak.7
• Besighede is in staat om hul skuld te betaal8 omdat hulle 'n inkomste/
wins verdien.9
• Besighede wat bederfbare produkte verkoop verloor nie geld nie10 omdat
hulle produkte nie bederf nie.11
• Werkers word nie afgedank nie/ verloor nie hul werk nie/ se werksure word
nie verminder nie12 omdat die besighede aanhoudend oop is.13
• Nuwe werknemers mag in diens geneem word14 omdat die besighede
werk/ aanhoudend oop is.15
• Produksie sal nie onderbreek word nie.16
• Werkers sal nie ledig sit terwyl hulle betaal word nie omdat daar geen
elektrisiteit is nie.17
• Daar sal geen oortyd betaling wees nie omdat werkers normale tyd sal
werk18 en besighede sal geld spaar.
• Werkers kan betyds by die werk wees.19
• Produktiwiteit sal verhoog.20
• Meer produkte kan geproduseer word21 en dit lei tot 'n verhoging in
inkomste/ wins.22
• Gereedskap sal nie maklik breek nie omdat daar geen kragoplewing
(“power surge”) sal wees nie.23
• Daar sal geen netwerk kwessies24 wees nie en kliënte kan hul kaarte
“swipe” (swiep) om aankope te doen wat meer geld in die besigheid sal
bring.25
• Daar sal beter sekuriteit wees26 wanneer die krag al die tyd aan is wat
tot minder diefstal sal lei.27 (Enige 8) (8)
Analisering, moeilik (Scenario)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 160
GROOT TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)

Errata
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 Errata

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Eng)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Consumer Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Con Stu ATP 2023 24

Question paper
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 QP (Eng)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Consumer Studies Grade 12 NSC November 2025 QP (Eng)

Memorandum
Consumer Studies Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afr)

Memorandum