Skip to content
Question paper

Dance Studies Grade 12 NSC November 2014 Question Paper

Grade 12 Dance Studies question paper from the NSC November Exam 2014, 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Dance StudiesGrade 1220149 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 DANSSTUDIES NOVEMBER 2014 PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 2 DBE/November 2014 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit 11 vrae. Beantwoord slegs NEGE vrae. 2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A: Bestaan uit VYF vrae. (VRAAG 1 tot 5) Let daarop dat jy 'n keuse het tussen VRAAG 4 en VRAAG 5 in hierdie afdeling. Indien jy beide vrae beantwoord, sal slegs die eerste vraag wat beantwoord is, nagesien word. AFDELING B: Bestaan uit SES vrae. (VRAAG 6 tot 11) Let daarop dat jy 'n keuse het tussen VRAAG 9 en VRAAG 10 in hierdie afdeling. Indien jy beide vrae beantwoord, sal slegs die eerste vraag wat beantwoord is, nagesien word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Lees elke vraag aandagtig deur en let op wat vereis word. Antwoord in volsinne behalwe waar eenwoord-antwoorde vereis word. 5. Jy mag rofwerk in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek 'n streep deur enige werk wat NIE nagesien moet word NIE. 6. Jy sal geassesseer word op jou vermoë om: • Goeie Afrikaans te gebruik (skryf slegs in een taal) • Inligting te organiseer en duidelik oor te dra • Die spesifieke formaat te gebruik wat in bepaalde vrae vereis word • Spesialis-dansterminologie te gebruik, waar nodig 7. Skryf netjies en leesbaar. 8. Gebruik die tabel hieronder as 'n riglyn vir puntetoekenning en tydindeling wanneer elke vraag beantwoord word. AFDELING VRAAG PUNTE TYD (minute) A: Veilige Danspraktyk en 1 10 Gesondheidsorg 2 6 (Keuse tussen VRAAG 4 3 11 60 en 5) 4 13 5 13 B: Dansgeskiedenis en 6 5 Geletterdheid 7 10 (Keuse tussen VRAAG 9 8 12 en 10) 120 9 18 10 18 11 15 TOTAAL 100 180 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 3 DBE/November 2014 NSS AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG VRAAG 1: VOEDING/HIDRERING EN STEREOTIPERING/GROEPSDRUK 1.1 Noem TWEE gesonde maniere waarop dansers hul energielewering kan verhoog. Verduidelik hoe dit 'n danser se energievlakke sal opstoot. (2) 1.2 Gee TWEE redes waarom dansers meer hidrering nodig het as die gewone persoon tydens repetisies en opleiding. Ondersteun jou antwoord met gedetailleerde verduidelikings. (2) 1.3 Gee TWEE voorbeelde van hoe stereotipering in die dansklas skadelik kan wees. Motiveer jou antwoord. (2) 1.4 Groepsdruk is nie altyd sleg nie. Verduidelik hierdie stelling en ondersteun jou antwoord met voorbeelde. (4) [10] VRAAG 2: KERNSTABILITEIT 2.1 Definieer die term kernstabiliteit duidelik. (2) 2.2 Voorspel hoe 'n gebrek aan kernstabiliteit in die dansklas tot swak prestasievlakke en beserings kan lei. Gee VIER voorbeelde en verduidelik elke voorbeeld. (4) [6] VRAAG 3: BESERINGS, STRES EN SPANNING 3.1 Beskryf in detail VYF hoofoorsake van 'n verstuite enkel of knie in die dansklas. MOENIE swak vloere by jou antwoord insluit NIE. (5) 3.2 Wat is die herkenbare simptome van 'n verstuiting? Noem VIER simptome. (4 x ½) (2) 3.3 Een van jou mededansers toon die volgende tekens: • Buierig, geïrriteerd en ongelukkig • Voortdurend bekommerd • Onrealistiese verwagtinge • Spierspanning/-styfheid en krampe Noem VIER maniere waarop hierdie danser sy/haar stresvlakke kan bestuur. Ondersteun jou antwoord met relevante redes. (4) [11] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 4 DBE/November 2014 NSS LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 4 en VRAAG 5. Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae. VRAAG 4: GEWRIGTE, SPIERE EN ANATOMIESE BEWEGINGS 4.1 Definieer die term sinoviale gewrig duidelik. (1) 4.2 Noem VIER verskillende tipes sinoviale gewrigte in die liggaam. (4 x ½) (2) 4.3 4.3.1 Noem TWEE spiere in die anterior van die torso wat by laterale fleksie van die ruggraat betrokke is. (2 x ½) (1) 4.3.2 Noem TWEE spiere wat vir horisontale adduksie van die arm verantwoordelik is. (2 x ½) (1) 4.4 Gebruik die foto hieronder om die vrae wat volg te beantwoord. [Bron: Treating Dance Injuries of the Foot & Ankle with Solomon's Seal ... solomonsseal.wordpress.com] 4.4.1 Noem die anatomiese aksie wat in die ruggraat van die danser hierbo plaasvind. Noem EEN hoofspier wat vir hierdie aksie verantwoordelik is. (2 x ½) (1) 4.4.2 Noem die TWEE anatomiese aksies wat in die regterheup van die danser hierbo plaasvind. Noem EEN hoofspier/spiergroep wat vir elke aksie verantwoordelik is. (4) 4.4.3 Benoem hierdie tipe gewrig (4.4.3 in die foto) en EEN anatomiese aksie wat in hierdie gewrig moontlik is. (2 x ½) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 5 DBE/November 2014 NSS 4.4.4 Watter anatomiese aksie vind in die linkerheup van die danser in die foto plaas? Noem EEN hoofspier wat vir hierdie aksie verantwoordelik is. (2 x ½) (1) 4.4.5 Watter anatomiese aksie vind in die enkel van die danser in die foto plaas? Noem EEN hoofspier wat vir hierdie aksie verantwoordelik is. (2 x ½) (1) [13] OF VRAAG 5: FUNKSIES EN VEILIGE GEBRUIK VAN DIE RUGGRAAT, VEILIGE STREKWERK 5.1 Noem VIER hooffunksies van die ruggraat. (4) 5.2 Hoe kan 'n danser tydens 'n dansklas, repetisie of dansopvoering 'n besering van die ruggraat voorkom? Gee VIER spesifieke voorbeelde met goeie verduidelikings vir elk. (4) 5.3 Dansers het deeglike kennis nodig van hoe om soepelheid te ontwikkel. Verduidelik hoe 'n danser veilig behoort te strek. Gee VYF voorbeelde wat duidelik omskryf word. (5) [13] TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 6 DBE/November 2014 NSS AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID VRAAG 6: PRODUKSIEBEMARKING Jy moet 'n produksie organiseer om jou choreografie ten toon te stel. Stel VYF innoverende bemarkingstrategieë op om jou opvoering te bemark. [5] VRAAG 7: DANSVORME EN -FUNKSIES Tydens jou studie in graad 10 tot 12 het jy danse van jou hoofdansvorm en inheemse/kruiskulturele danse nagevors en opgevoer. 7.1 Gee 'n duidelike definisie van DRIE van die volgende dansvorme en verduidelik hul funksies in die samelewing: • Tradisionele dans • Inheemse dans • Sosiale dans • Konsertdans (6) 7.2 Suid-Afrikaanse inheemse danse is in die verlede hoofsaaklik in gemeenskappe/stamgroepe as deel van die alledaagse lewe en vir spesiale geleenthede opgevoer. Hoe het dit die afgelope tyd verander? Gee VIER duidelik omskryfde voorbeelde. (4) [10] VRAAG 8: DANSBEGINSELS EN -KENMERKE 8.1 Verskillende dansvorme het verskillende kenmerke en beginsels. Wat is die verskil tussen die kenmerke van 'n dansvorm en die beginsels van 'n dansvorm? (2) 8.2 Omskryf in hooftrekke VIER beginsels en VIER kenmerke van jou hoofdans. (8 x ½) (4) 8.3 Tydens jou PAT'e het jy 'n ander dansvorm as jou hoofdansvorm bestudeer. Omskryf in hooftrekke VIER beginsels en VIER kenmerke van hierdie tweede dansvorm wat jy bestudeer het. (8 x ½) (4) 8.4 Watter voordeel het jy getrek uit die leer van 'n inheemse/kruiskulturele dans? (2) [12] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 7 DBE/November 2014 NSS LET WEL: Jy het 'n keuse tussen VRAAG 9 en VRAAG 10. Beantwoord slegs EEN van hierdie vrae. VRAAG 9: REVELATIONS DEUR ALVIN AILEY Skryf 'n ARTIKEL vir 'n dansjoernaal oor Revelations en sluit die volgende inligting in enige volgorde in: • TWEE van Alvin Ailey se agtergrondinvloede wat in Revelations weergegee word • Die hooftema in ELK van die DRIE dele van hierdie danswerk • VIER spesifieke voorbeelde van bewegings wat in die EERSTE deel gebruik word asook die simboliese betekenis daarvan • TWEE spesifieke voorbeelde wat toon hoe die kostuums en rekwisiete wat in die TWEEDE deel gebruik word, tot die simboliese betekenis van hierdie deel bydra • Beskryf en gee voorbeelde van die gebruik van die siklorama en beligting in die DRIE dele • Beskryf die musiek en hoe dit tot die oordra van die boodskap van hierdie danswerk bygedra het Punte sal toegeken word vir die skryf in die korrekte formaat vir 'n artikel. Beplan jou artikel deeglik voordat jy jou finale antwoord neerskryf. Trek 'n streep deur enige werk wat NIE nagesien moet word NIE. [18] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 8 DBE/November 2014 NSS VRAAG 10: INTERNASIONALE DANSWERKE Kies EEN van die internasionale danswerke wat hieronder genoem word en beantwoord die vraag wat volg. INTERNASIONALE INTERNASIONALE CHOREOGRAWE DANSWERKE Christopher Bruce Ghost Dances George Balanchine Apollo Jewels (Emeralds, Rubies, Diamonds) Jiri Kylian Wings of Wax Martha Graham Lamentation Errand into the Maze Matthew Bourne Swan Lake Cinderella Mats Ek Giselle Swan Lake Carmen Pina Bausch Rite of Spring/Sacre du Printemps Rudi van Dantzig Four Last Songs William Forsythe In The Middle, Somewhat Elevated Skryf 'n RESENSIE vir 'n danstydskrif oor die danswerk wat jy gekies het. Noem die danswerk wat jy gekies het. Jou resensie moet die leser oor die volgende belangrike aspekte inlig: • Noem VYF insiggewende feite oor die samevatting/bedoeling/tema van die danswerk. • Beskryf DRIE produksie-elemente wat in hierdie werk gebruik word, in besonderhede. • Noem VYF belangrike choreografiese elemente wat in die bewegingswoordeskat gebruik word. • Lewer kommentaar oor die betekenis van die werk en ondersteun jou antwoord met toepaslike bewyse uit die danswerk. Punte sal toegeken word vir die skryf in die korrekte formaat vir 'n resensie. Beplan jou resensie deeglik voordat jy jou finale antwoord neerskryf. Trek 'n streep deur enige werk wat NIE nagesien moet word NIE. [18] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dansstudies 9 DBE/November 2014 NSS VRAAG 11: CHOREOGRAWE Kies EEN Suid-Afrikaanse choreograaf uit die lys hieronder om na jou skool toe te nooi. SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAWE Alfred Hinkel Carolyn Holden Dada Masilo Gary Gordon Gregory Maqoma Hazel Acosta Mavis Becker Sylvia Glasser Veronica Paeper Vincent Mantsoe Skryf 'n TOESPRAAK om hom/haar aan die gehoor voor te stel. Gee die volgende inligting: 11.1 Stel die choreograaf aan die leerders voor en praat oor sy/haar agtergrond en opleiding. (5) 11.2 Gee 'n oorsig van sy/haar professionele loopbaan en bespreek die invloede en inspirasies wat dit gevorm het. (5) 11.3 Wat het hierdie choreograaf gedoen om tot die ontwikkeling van dans in Suid- Afrika by te dra? (5) [15] TOTAAL AFDELING B: 60 GROOTTOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Dance Studies

View all