Skip to content

Dramatic Arts Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paperDramatic ArtsGrade 12201811 pages

Grade 12 Dramatic Arts question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 DRAMATIESE KUNSTE PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2018) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings: Punte AFDELING A: 20ste Eeuse Teaterbewegings (30) AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994 (40) AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Post-1994 (40) AFDELING D: Teatergeskiedenis, Praktiese Konsepte, Inhoud en vaardighede (40) 2. AFDELING A Alle kandidate moet die vraag antwoord deur te verwys na die toneelteks wat hulle bestudeer het en die relevante 20ste eeuse teaterbeweging. EPIESE TEATER  Caucasian Chalk Circle Bertolt Brecht  Kaukasie Krytsirkel Vertaling van die Bertolt Brecht-teks  Mother Courage Bertolt Brecht  Moeder Courage Vertaling van die Bertolt Brecht-teks  The Good Person of Szechwan Bertolt Brecht  Kanna Hy Kô Hystoe Adam Small TEATER VAN DIE ABSURDE  Waiting For Godot Samuel Beckett  Afspraak met Godot Vertaling van die Samuel Beckett-teks  Bagasie Andrê P Brink  The Bald Prima Donna Eugeni Ionesco  Die Kaalkop Prima Donna Vertaling van die Eugene Ionesco-teks POSTMODERNE TEATER  Skrapnel Willem Anker  Top Girls Carol Churchill  Popcorn Ben Elton  Buried Child Sam Shepard 3. AFDELING B SUID-AFRIKAANSE TEATER (1960–1994) Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Kandidate moet slegs EEN vraag uit hierdie afdeling beantwoord. VRAAG 2: Woza Albert! Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en Barney Simon VRAAG 3: Sophiatown Junction Avenue Theatre Company VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) DRAMATIESE KUNSTE 3 4. AFDELING C SUID-AFRIKAANSE TEATER (POST-1994) Hierdie afdeling bestaan uit TWEE vrae. Kandidate moet slegs EEN vraag uit hierdie afdeling beantwoord. VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani VRAAG 6: Mis Reza de Wet 5. AFDELING D TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE KONSEPTE, INHOUD EN VAARDIGHEDE Vraag 7 is VERPLIGTEND VRAAG 7: Die Geskiedenis van Teater, Praktiese konsepte, inhoud en vaardighede. NOTA AAN ONDERWYSERS AFDELING D mag elke jaar ʼn verskeie aantal vrae bevat afhangend van die aspekte wat assesseer word asook die bronmateriaal wat gebruik word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2018) AFDELING A: 20STE EEUSE-TEATERBEWEGINGS (-ISMES) VRAAG 1: 20STE EEUSE-TEATERBEWEGINGS (-ISMES) 1.1 Beantwoord hierdie vraag deur na die toneelteks en die relevante 20 ste eeuse teaterbeweging wat jy bestudeer het te verwys. (Teater van die Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater) Skryf die titel van die teks wat jy bestudeer het boaan jou opstel neer. Lees die volgende aanhalings van verskeie (Facebook) plasings: Eish, jongmense jaag RDP-huise en sosiale toelaes na. Ons droom nie meer nie. Geplaas deur Rachel Rozelle Mohajane … Ek gaan in ʼn donker kamer lê en my lewe oordink. Geplaas deur LoveScience … daar is geen punt daaraan om te soek en te strewe na dit wat aan die buitekant sit nie. Die mens dink dat hy geluk kan kry in die wêreld of iewers op ʼn ander plek … Geplaas deur Sri Sathya Sai Baba Alleen beteken nie eensaam nie. Geplaas deur Huffpost Party mense moet uit jou lewe waai want hul seisoen het verval! Geplaas deur Paula-White Cain Kuns is ʼn rewolusionêre aksie. Die vorm van kuns en die rol daarvan in die samelewing verander voortdurend en op geen stadium is kuns staties nie, daar’s geen reëls nie … karakters Geplaas deur Eaindray Minthwin Mense in vandag se wêreld gebruik sosiale media om hul gevoelens oor die lewe en die wêreld uit te druk. Die 20ste eeuse teaterpraktisyne het in ʼn ander wêreld geleef. Vergelyk hoe hul wêreld anders en/of dieselfde is as die wêreld waarin ons vandag leef deur ʼn opstel te skryf waarin jy die idees oor die lewe en die wêreld bespreek soos dit in die toneelteks wat jy bestudeer het uitgedruk word. Verduidelik en motiveer hoe die dramaturg sy idees uitdruk deur die gebruik van die tegnieke wat in die toneelstuk voorkom. Verwys na die boonste aanhalings asook na die temas, karakters en teatergebruike (theatrical conventions) wat deur die dramaturg van jou toneelstuk gebruik is. Jou opstel moet 3–4 bladsye lank wees. TOTAAL AFDELING: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) DRAMATIESE KUNSTE 5 AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER (1960–1994) Beantwoord slegs EEN vraag uit hierdie afdeling. VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR BARNEY SIMONS, PERCY MTWA EN MBONGENI NGEMA 2.1 Lees die volgende uittreksel en beantwoord dan die vrae wat daarop volg. Die metode waardeur ʼn werk geskep word is tradisioneel hiërargies, met 1 ʼn bestaande teks, ʼn regisseur wat die teks interpreteer en akteurs wat die kollektiewe visie van die dramaturg en die regisseur uitbeeld. Gedurende die sewentigs en tagtigs was die uitvoerende kunstenaars meer vryheid gegun om te interpreteer, dus die verskeie skeppers van 5 hierdie werk met Barney Simon as die fasiliteerder in die kreatiewe proses. Gedurende die kreatiewe proses is baie van die tradisionele teatergebruike soos spasie, beweging, atmosfeer, simbolisme en taal uitgedaag. 9 2.1.1 Watter ‘metode waardeur ʼn werk geskep word’ is gebruik vir Woza Albert!? (reël 1) (1) 2.1.2 Verduidelik wat jy verstaan met ‘meer vryheid om te interpreteer’. (reël 5) (3) 2.1.3 Verduidelik hoe sekere tradisionele teatergebruike in Woza Albert! uitgedaag word. Oorweeg karakters, intrige (plot) en kostuums in jou antwoord. (8) 2.2 Dink jy dat dit moontlik is om die Stanislavski-sisteem te gebruik om ʼn karakter uit Woza Albert! uit te beeld? Motiveer jou antwoord. (6) 2.3 Watter verskil sou dit maak as Woza Albert! dieselfde hoeveelheid akteurs gehad het as die hoeveelheid karakters wat in die stuk uitgebeeld word? Ondersteun jou antwoord met voorbeelde. (6) 2.4 Oorweeg die volgende stelling. Gestroopte teater het niks te doen met geld nie. Stem jy saam of verskil jy met die bogenoemde stelling? Verwys na verhoogplasing (setting) en kostuums in Woza Albert! om jou antwoord te ondersteun. (6) 2.5 Hoe sou jy te werk gaan om ʼn produksie van Woza Albert! by jou skool op die planke te bring? Verwys na verhoogtegnieke en die relevansie van die temas vir die gehoor. (10) [40] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2018) VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR DIE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY 3.1 Oorweeg die onderstaande BRON wat uit die artikel, ‘We were taken by surprise’ (Ons is onverwags (weg)gevat) en beantwoord die vrae wat volg. ‘… Ons het ʼn kennisgewing gekry dat ons op 12 Februarie 1955 geskuif gaan word, maar ons was verras deur duisende polisiemanne en soldate, wat swaar bewapen was,’ dra Mokhine by. ‘Ons was nog besig om onsself voor te berei om teen die verskuiwings te protesteer, en ons het geen keuse gehad nie want niemand was gereed vir hulle nie – en buitendien, hulle was bewapen.’ Omtrent 65 000 mense was verskuif na Meadowlands, Lenasia, Western Kleurlinglokasie (nou Westbury) en Noordgesig … 3.1.1 Bespreek die inhoud van die uiteensetting (eksposisie) van Sophiatown. (4) 3.1.2 Hoe sou jy die eksposisie op die verhoog doen ten einde dit effektief en eg Sophiatown te maak? Motiveer jou keuses. (6) 3.2 Beskryf die tipe kostuum wat jy sou kies vir die karakter van Mamariti en Mingus onderskeidelik. Motiveer jou antwoord. (8) 3.3 Hoekom dink jy was die gebruik van liedjies as deel van die handeling effektief, veral om van Sophiatown suksesvolle musiekteater (musical) te maak? (8) 3.4 Skryf notas aan ʼn akteur oor hoe om die karakter van Charlie effektief te kan speel. (4) 3.5 Wat kan die hedendaagse Suid-Afrikaners leer uit die kultuur of lewenstyl van die mense van Sophiatown? Gebruik voorbeelde uit die teks en huidige kwessies wat Suid-Afrikaners trotseer in jou antwoord. (10) [40] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) DRAMATIESE KUNSTE 7 VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS 4.1 Identifiseer die protagonis van hierdie drama en motiveer jou keuse deur na die teks te verwys. (4) 4.2 Jy is die regisseur van ʼn produksie van Siener in die Suburbs. Skryf kort notas aan jou akteurs waarin jy verduidelik hoekom jy verwag dat hulle Stanislavski se toneelspeltegnieke moet gebruik as hulle hul rolle karakteriseer. (6) 4.3 Noem ʼn insident wat die sentrale tema van die toneelteks openbaar en gee ʼn kort beskrywing van die tema. (4) 4.4 Verduidelik die ooreenkomste en verskille tussen die karakters van Ma en Tiemie. (4) 4.5 Die struktuur van hierdie toneelstuk kan as tipies van die teater van realisme (well-made play) gesien word. Skryf ʼn kort opstel waarin jy die struktuur van die drama duidelik bespreek deur na die handeling (plot) te verwys. (8) 4.6 Die karakter van Ma sê dat sy ‘… weet van die swakhede van die mens.’ Watter ‘swakheid’ uit haar eie ervaring verwys sy na? (2) 4.7 Skryf ʼn kort opstel waarin jy die verskillende betekenisse van die ‘sien’- element in die titel en deur die hele toneelstuk verduidelik volgens jou eie interpretasie. Verwys na spesifieke insidente in die teks om jou antwoord te motiveer. (12) [40] TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2018) AFDELING C: KONTEMPORȆRE SUID-AFRIKAANSE TEATER VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI 5.1 Lees die volgende uittreksel en beantwoord dan die vrae wat volg. … Gedurende die twee dae van die handeling van die stuk sê Sipho 1 herhaaldelik dat, dwarsdeur sy lewe, hy opofferings gemaak het wat dikwels nie deur sy broer waardeer is nie. Hy vertel vir Mandisa en sy eie dogter, Thando, gespeel deur Warona Seane, van sy pynlike herinneringe. (‘Mense vat altyd goed by my,’ sê hy, ‘dis die verhaal van my lewe.’) 6 [Bron: David Finkle, Desember 8, 2003, New York stad] Watter ‘goed’ verwys Sipho na in reël 5? (4) 5.2 Verduidelik die term subteks aan ʼn mede-akteur. (2) 5.3 Oorweeg die volgende uittreksel en beantwoord dan die vrae wat volg. … Volgens Stanislavski (1937), ʼn beroemde akteur en toneelspel- 1 spelonderwyser: ‘om eg te speel beteken om reg, logies, samehangend te dink, strewe, voel en om toneel te speel in eenheid met jou rol en dus ʼn psigologiese tegniek van die rol leef te assimileer …’ 4 [Bron: Acting Training, Theory of Mind, and Empathy, E Ligthelm. UCT, SA] 5.3.1 Wat is sommige van die sosiale kwessies waaraan jy moet ‘dink’ (reël 2–3) as jy die karakter van Mandisa moet speel? Verwys na die toneelstuk in jou antwoord. (8) 5.3.2 Bespreek hoe dinge in Sipho se verlede die manier waarop hy as karakter dink beïnvloed. Gebruik voorbeelde uit die toneelstuk. (8) 5.3.3 Waarom is dit belangrik om jou karakter geloofwaardig te maak? Oorweeg die wedersydige gehoor-met-akteur verhouding in jou antwoord. (8) 5.3.4 Kies enige toneel uit Nothing but the Truth. Skryf regisseursnotas aan jou akteurs oor hoe hulle hul rolle geloofwaardig kan speel. Fokus op stem- en fisieke karakterisering in jou antwoord. (10) [40] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) DRAMATIESE KUNSTE 9 VRAAG 6: MIS DEUR REZA DE WET 6.1 Motiveer kortliks, deur na die teks te verwys, waarom die styl van Mis as magiese realisme beskryf kan word. (4) 6.2 Die stuk lewer kommentaar op die patriargale Afrikaner samelewing. 6.2.1 Stem jy saam met die bogenoemde stelling? Motiveer jou opinie deur na die karakter van Pa (Gabriël) te wys. (3) 6.2.2 Verduidelik die stereotipering van Afrikaner-vroue in die stuk deur na Meisie, Miem en Gertie se karakterisering te verwys. (9) 6.3 Jy is die regisseur van ʼn skoolproduksie van Mis. In die volgende vrae verwys na die akteur se stem- en fisiese karakterisering en verwys na spesifieke tonele in die teks waar hierdie transformasie duidelik is. 6.3.1 Skryf kort notas aan die akteur wat Konstabel speel om hom te help om Konstabel voor sy transformasie uit te beeld. (6) 6.3.2 Skryf kort notas aan die akteur wat Konstabel speel om hom te help om Konstabel na sy transformasie uit te beeld. (6) 6.4 Sal jy as regisseur vir jou spelers in Mis aanbeveel om Stanislavski se speltegniek te gebruik om die karakters effektief te uit te beeld? Motiveer jou antwoord. (4) 6.5 Grotowski het die gebruik van die tradisionele opvoerruimte (proscenium- boog) van opvoerings verander deur die spelers en gehoor in dieselfde spasie te akkommodeer. Skryf ʼn kort opstel waarin jy motiveer of jy Grotowski se idees oor die opvoerruimte sal gebruik in Mis of nie. (8) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 DRAMATIESE KUNSTE (EC/SEPTEMBER 2018) AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE KONSEPTE, INHOUD EN VAARDIGHEDE VRAAG 7: TEATERGESKIEDENIS PRAKTIESE KONSEPTE, INHOUD EN VAARDIGHEDE 7.1 Bestudeer die volgende BRONNE en beantwoord die vrae wat volg. BRON 1 BRON 2 ‘Akropolis’, foto met vergunning van die www.cssd.ac.uk Laboratorium Teater/Die Grotowski-Instituut. Argief BRON 3 BRON 4 Aaron Sutten 'Fears, Dreams, Loves' deur Jessica Joan ‘The Top of Bravery’ Graham, Koonung Secondary College, 2010 en 2011 7.1.1 Watter teaterstyl word die beste in BRON 2 beskryf? (5) 7.1.2 Wat is die visuele verskille tussen BRON 3 en BRON 4? Gebruik teater-terminologie in jou antwoord. (6) 7.1.3 Watter BRON (1, 2, 3 of 4) dink jy vereis meer fisieke voorbereiding? Motiveer jou antwoord. (4) 7.1.4 Identifiseer enige TWEE BRONNE hierbo wat geassosieer kan word met realisme. Verwys na die stel (plasing) en kostuum in jou antwoord. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2018) DRAMATIESE KUNSTE 11 7.2 Reflekteer oor jou vokale en fisiese ontwikkeling van graad 10 tot 12 en verwys na spesifieke oefeninge wat jou gehelp het om as akteur te verbeter. (10) 7.3 Bespreek jou persoonlike opinie oor die verskil tussen ʼn student wat drama as ʼn vak neem en ʼn student wat drama by ʼn gemeenskapsentrum aanleer. Gee voorbeelde om jou antwoord te motiveer. Verwys na die volgende:  Teatergeskiedenis  Toneelspelteorie  Stemteorie  Bewegingsteorie (10) [40] TOTAAL AFDELING D: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Dramatic Arts

View all