Skip to content

Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)

MemorandumDramatic ArtsGrade 12202543 pages

Grade 12 Dramatic Arts memorandum from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 43 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 DRAMATIESE KUNSTE NOVEMBER 2025 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 41 bladsye en 2 bylaes. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 2 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne ALGEMENE AANTEKENINGE VIR DIE INTERNE MODERATOR EN DIE HOOFNASIENER EN NASIENERS 1. Die doel van assesserings-/eksamenprosesse is nie net om die 'memorisering' van kennis wat onderrig en geleer is te bepaal nie, maar ook om die kompleksiteit van die denkproses wat die kandidaat toepas op die kennis wat uit die geheue herwin is, te bepaal. 2. Die instrument wat gebruik word om hierdie twee komponente te assesseer, is Anderson en Krathwohl se Hersiene Bloom se Taksonomie ('Revised Bloom's Taxonomy'). • 6 kognitiewe moeilikheidsvlakke • 4 denkprosesse van kompleksiteit 3. Nasieners: • Gebruik die eerste dag om die kwaliteit en hoeveelheid bewyse in die nasienriglyne uiteen te sit. • Vind algemene definisies en begrippe. • Assimileer en standaardiseer die: o Verwagte antwoorde op elke vraag o Kognitiewe moeilikheidsvlak wat vereis word van die kandidaat o Tipe denkproses en -kompleksiteit wat van die kandidaat verwag word o Aksiewerkwoorde wat gebruik word by elk van die kognitiewe vlakke en die tipes bewyse vereis (feite, konsepte, prosesse en denke) • Maak 'n duidelike regmerkie langs die kognitiewe vlak/denkproses van kompleksiteit/konsep/inhoud/vaardigheid/kennisaspek wat vereis word wanneer 'n punt toegeken word. • Die Hoofnasiener en Interne Moderator mag slegs 'n nasiener wees wat 'n geskikte kwalifikasie in Drama van 'n Hoëronderwys Instituut het, bv. 'n Baccalaureusgraad of 'n graad in Drama op vlak drie. • Nuwe of onervare nasiener moet deur óf die Hoofnasiener óf die Interne Moderator gemodereer word • Dit is die rol van die Interne Moderator en Hoofnasiener om punte opwaarts of afwaarts aan te pas om korrekte, aan te pas om regverdig, geloofwaardig en betroubare punte toe te ken • Dramaties Kunste is nie 'n empieriese vak wat slegs een korrekte antwoord het nie • Alle merkers moet deurlopende gedurende die nasienproses opleiding ontvang • Die Dramatiese Kunste vraestel bevat vrae wat van kandidate verwag om hulle eie opinies of ervarings in 'n oorspronklike en kreatiewe manier toe te pas • Sien na met 'n holistiese oogpunt en aanvaar korrekte en relevante antwoorde wat dalk nie in the memorandum mag wees nie • Aanvaar ander korrekte antwoorde wat die kandidaat se Kennis, Konsepte en Vaardighede weergee. Die meerderheid vrae van die vak, Dramatiese Kunste, verwag van 'n kandidaat om persoonlike subjektiewe opinies asook oorspronklike en kreatiewe antwoorde te gee. Sien uit 'n holistiese oogpunt na en aanvaar korrekte antwoorde wat nie in die Nasienriglyne is nie • Raak aktief betrokke by die antwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 3 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne • Verwys na die rubrieke aan die einde van die nasienriglyne om te verseker dat nasien regverdig, geldig en betroubaar is en aan duidelike kriteria gemeet word. • Die Verdragingsreeks (ꞌTolerance Rangeꞌ) vir Dramatiese Kunste is 3% uit die 150 - punte totaal van die Vraestel. Dit is 5 punte vir die Verdragsreeks in totaal vir die Vraestel. • As nasieners se punte hoër of laër as die Verdragingsreeks is, moet die Hoofnasiener of die Interne Moderator 'n besluit neem of die punt ervaar of verwerp, of aangepas moet word. • Daar moet gedurende die nasienproses gereelde konsultasieproses wees om te verseker dat nasien gestandaardiseer is. • Die nasienriglyne kan nie al die antwoorde voorspel nie. Provinsiale nasieners moet dit in ag neem en moet ontvanklik wees met die kandidate se antwoorde. • Sien globaal na. • Nasieners moet seker maak dat die kandidate se antwoorde ooreenstem met die KABV-dokument se Breë Onderwerpe en Onderwerpe van graad 10/11/12 (konsepte, vaardighede en kennis) en met die spesifieke vraag se vereistes. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 4 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne STANDAARDISERING VAN NASIEN IN AL DIE PROVINSIES Nasien van Opstel- en Antwoordvrae Die hoofnasiener in elke provinsie moet die paradigma waaruit die vrae en die bygaande nasienriglyne ontwerp en opgestel is, verduidelik en moet die merkers oplei om Leong se beginsels toe te pas: 1. Itemmoeilikheidsgraad (Vraag): Hoe kompleks/moeilik is die ontwerp van die werklike vraag/item self? 2. Taakmoeilikheidsgraad: Wat is die kompleksiteit/moeilikheidsgraad van die kognitiewe vlak en denkproses wat van die kandidaat verwag word? 3. Stimulusmoeilikheidsgraad (Bron): Hoe kompleks/moeilik of maklik is dit om die bron toe te pas en te verstaan? 4. Moeilikheidsgraad van die antwoord wat verwag word: (Nasienriglyne) Wat is die hoeveelheid/aantal (hoeveel) en gehalte/kwaliteit (hoe goed) van die verwagte antwoord wat van die kandidaat vereis word, soos in die nasienriglyne gegee? Is dit in lyn met die item, taak en stimulus? Is die punte toepaslik geweeg en toegeken? – Leong: 2002 Wanneer nasieners aan die begin van die nasienproses opgelei word moet die hoofnasiener in elke provinsie die volgende prosedure volg: • Maak seker daar is standaardisering van die puntetoekenning van kandidate se opstelle en antwoorde vir elke deel van die eksamen • Standaardiseer nasionale nasienprosedures, prosesse en uitslae • Volg die volgende prosedure: Die item (vraag) en taak (nasienriglyne): o Lees die item en bepaal die vlak van kompleksiteit en moeilikheidsgraad van die ontwerp van die vraag: lae, middel of hoë vlak o Lees die taak (nasienriglyne) en bepaal watter inhoud van die kandidaat vereis word om die vraag te antwoord. Som die inhoud op Fasiliteer die opleiding van die nasiener m.b.t. die nasienriglyne en die rubrieke o Hersien die rubriek met betrekking tot die item en die taak o Hersien die prosedures vir die toeken van holistiese punte (d.i. deur bewyse van die antwoord by die kriteria van die rubriek te pas en alle elemente ewe veel te laat weeg) Oefen om individueel na te sien o Sien 'n stel oefenskrifte na. o Nasieners moet die skrifte onafhanklik nasien. Die hoofnasiener/interne moderator moet die nasieners se punte aanteken en die bespreking lei. (Opleidingskrifte moet punte en kommentaar bevat.) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 5 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne AFDELING A: 20ste-EEUSE EUROPESE TEATERBEWEGINGS VRAAG 1 Die kandidaat moet: • Hierdie vraag in die vorm van 'n opstel beantwoord • Verwys na die toneelteks wat bestudeer is • Enige een van die drie Teaterbewegings binne die konteks van die vereistes van die vraag toepas: o Teater van die Absurde OF o Epiese Teater OF o Postmoderne Teater • Na die bronmateriaal in hulle antwoord verwys • Na die vraag in hulle antwoord verwys • Toon dat die vraag en bron verstaan, ontleed, toegepas, geëvalueer en in hulle opstel geïntegreer is • Kontekstualiseer gememoriseerde kennis in 'n bespreking, wat feitelike, kontekstuele, prosedurele en metakognitiewe denke toon • Kreatiwiteit in die toepassing van die eise van die vraag Nasieners moet die volgende in ag neem: • Kandidate moet toon dat hulle die bostaande verstaan en krities ontleed en in hulle opstel toegepas het. • Die Rubriek moet deur die merker gebruik word om die volgende te beoordeel: o Kognitiewe vlakke (onthou, verstaan, toepas, analiseer, evalueer en skep) o Kompleksiteite van denke wat deur die kandidaat getoon word (feitelik, konseptueel, prosedureel, metakognitief) • Al die vrae se vlakke, elemente en instruksies moet in ag geneem word wanneer die opstel nagesien word. • Om 'n billike, geldige en betroubare punt toe te ken, moet nasieners bevoeg wees in die betekenis en toepassing van Anderson en Krathwohl se Hersiene Bloom se Taksonomie, asook die ontwerp, doel, gebruik en toepassing van 'n rubriek: o Kriteria (vaardighede, kennis, konsepte, tegnieke en inhoud) o Vlakbeskrywers (laag, middel en hoog) o Woordbeskrywers o Aksiewerkwoorde o Kognitiewe vlakke o Denkprosesse • Nasieners moet streng en deurlopend in die merkproses opgelei word in hoe om die ses kognitiewe vlakke, asook die vier denkprosesse in die rubrieke te interpreteer, te gebruik en toe te pas om kandidate se prestasies te meet. • Merk holisties • Kandidate hoef nie op al drie punte te reageer om volpunte te kry nie • Kandidate moet billike, geldige en korrekte inhoud verskaf • Aanvaar positiewe nuanses/reaksies Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 6 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne BESKRYWER PUNTE DIE KANDIDAAT SE ANTWOORD TOON 'N VERMOË OM: • Kognitiewe vlak en denkproses: Skep, ontdek, vernuwe, verander op 'n uitstaande wyse met metakognitiewe denke oor die 27–30 inhoud Uitstaande • Argument: 90–100% Skep 'n nuwe, unieke en gedifferensieerde argument wat refleksiewe, kreatiewe, kritiese en Metakognitiewe analitiese denke op 'n uitstaande vlak toon A+ • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron: Skep Gebruik en kontekstualiseer uitstaande bykomende bronne uit die toneelteks en die teaterbeweging op 'n uitstaande wyse. Voorbeelde kom uit die toneelteks en die teaterbeweging binne 'n omvattende reeks insiggewend gekose inhoud en ander bronne • Kognitiewe vlak en denkproses: Beoordeel, lewer kritiek en evalueer op 'n uitstekende manner met metakognitiewe denke oor die inhoud Uitstekend 24–26 • Argument: Stel 'n argument volgens 'n interessante patroon wat bewyse toon van refleksiewe, kritiese Metakognitiewe 80–89% en analitiese denke op 'n uitstekende vlak • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron: Evalueer A Gebruik en kontekstualiseer uitstaande bykomende bronne uit die toneelteks en die teaterbeweging op 'n uitstekende wyse. Voorbeelde kom uit die toneelteks, die teaterbeweging binne 'n omvattende reeks toepaslik gekose inhoud en ander bronne • Kognitiewe vlak en denkproses: Maak gevolgtrekkings, gekonstrukteer konsepte, ontdek op 'n verdienstelike wyse; met Verdienstelik 21–23 prosedurele denke oor die inhoud • Argument: Prosedureel 70–79% Stel 'n argument wat kritiese en analitiese denke op 'n verdienstelike vlak toon • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron: Ontleed B Gebruik en kontekstualiseer voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende bronne binne 'n omvattende reeks toepaslik gekose inhoud • Kognitiewe vlak en denkproses: Wesenlik 18–20 Pas toe, konstrueer, integreer op 'n wesenlike vlak; met prosedurele denke oor die inhoud • Argument: Prosedureel 60–69% Stel 'n argument wat kritiese en analitiese denke op 'n wesenlike vlak toon • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron: Toepas C Integreer voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende bronne binne 'n wesenlike reeks gekose inhoud • Kognitiewe vlak en denkproses: Voldoende 15–17 Interpreteer, illustreer, klassifiseer op 'n voldoende vlak; met konseptuele denke oor inhoud • Argument: Konseptueel 50–59% Stel 'n argument wat begrip en konseptualisering van kennis op 'n voldoende vlak toon • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron: Begrip D Verskaf voldoende voorbeelde uit die toneelteks binne 'n algemene reeks voorspelbare inhoud • Kognitiewe vlak en denkproses: Gemiddeld 12–14 Verduidelik op 'n gemiddelde vlak; met konseptuele denke oor inhoud • Argument: Konseptueel 40–49% Stel 'n argument wat 'n verduideliking en denke op 'n gemiddelde vlak toon • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron: Begrip E Gebruik 'n paar voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende bronne binne 'n beperkte en gemiddelde reeks inhoud • Kognitiewe vlak en denkproses: Elementêr 9–11 Identifiseer, noem, definieer op 'n elementêre vlak; met feitelike denke oor die inhoud • Argument: Feitlik 30–39 Skryf 'n opstel wat denke op 'n elementêre vlak toon • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron: Onthou F Kies slegs 'n paar voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende bronne • Kognitiewe vlak en denkproses: Nie Behaal Nie 6-8 Op 'n beperkte vlak identifiseer, noem; met beperkte feitelike denke oor inhoud • Argument: Feitlik 20–29% Skryf feite neer op 'n voorspelbare beperkte vlak • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron: Onthou G Verskaf idees of inligting, maar op 'n beperkte vlak • Kognitiewe vlak en denkproses: 0-5 Geen inligting nie. Kan nie gedagtes in woorde uitdruk nie. • Argument: Nie Behaal Nie 0–19% Onvermoë om 'n opstel saam te stel; te identifiseer, noem, in verband te bring en om genoeg feite te verskaf H • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron: Geen bewyse van enige feitelike kennis nie TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 7 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994 Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord. (Vraag 2 OF 3 OF 4). VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN BARNEY SIMON 2.1 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis en begrip van die karakters in die toneel toon. Ken volpunte toe vir die identifisering van die twee karakters Die volgende is 'n riglyn: Die karakters wat vertolk word in BRON B kan wees, bv. • Die polisiemanne wat met mekaar kommunikeer oor die ontsnapping van Morena en die plan om Morena te bom • Soldate wat getaak is om Morena te arresteer • Militêre personeel wat op wag diens is • Apartheid polisiemanne wat uitgestuur is om Morena aan te val • Helikopter vlieenier/ helikopter beheer/ radio operateur/ bemanning aan boord (2) 2.2 Nasieners aanvaar enige relevante en goed verduidelike antwoorde wat kennis en begrip van hoe die beligting gepas is om die toneel in BRON B uit te beeld, toon. Ken volpunte toe vir: • Een goed gemotiveerde stelling OF • Twee aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Die beligtingskeuse is gepas omdat: • Die kollig die akteurs op die bokse beklemtoon • Dit die gehoor se fokus plaas op die skep van die helikopter • Die beligting die verhoog verlig en die fokus op die handeling op die verhoog plaas (2) 2.3 Nasieners aanvaar relevante en goed verduidelikte antwoorde wat kennis en begrip oor hoe Percy reëls 3–5 kan vertolk toon. Ken volpunte toe vir: • Drie goed verduidelikte stellings OF • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Hy kan: • Mimiek hoe hy in die 'CB radio' praat en luister na 'n denkbeeldige antwoord • Gesigsuitdrukkings gebruik om skok en ongeloof te wys oor die reaksie van Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 8 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne • die bevelsentrum • 'n Pouse gebruik voor hy antwoord 'What?' om sy ongeloof te wys • Bevraagtekening en skok in sy stem reflekteer, asook gehoorsaamheid aan die bevel • Na die vlieënier kyk wanneer hy vra 'What do you see down below?' • Na die denkbeeldige see kyk waar Morena op die water loop om die toneel te vestig • Sy ander arm gebruik om die propeller van die helikopter te verteenwoordig • Die geluid van die helikopter maak met sy stem wanneer hy nie praat nie • Die spanning van in die helikopter wees uitbeeld deur vas te hou aan ń denkbeeldige reling (6) 2.4 Nasieners aanvaar relevante en goed beskryfde antwoorde waar kennis, begrip, toepassing en ontleding van die gebruik van mimiek in BRON B toon. Ken volpunte toe vir: • Twee goed beskryfde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Mimiek word gebruik om voor te stel: • Helikopter vlieg en af kyk na Morena wat ontsnap het van die maksimum tronk • Die radio wat gebruik word vir kommunikasie deur die polisie • Vêrkyker wat gebruik is deur die polisie wat die helikopter vlieg • 'n Mikrofoon/tweerigtingradio (4) 2.5 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en ontleding van Morena se rol in die toneelstuk toon Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Morena se rol in die toneelstuk: • Hy is die redder en leermeester • Hy het gekom om die onderdruktes van Suid-Afrika vry te maak • Sy aankoms veroorsaak rebellie en revolusie, bv. die brand van die pasboeke • Hy vestig verhoudings met die karakters wat Percy en Mbongeni uitbeeld, bv. Bobbejaan en Zuluboy in die Coronation Brickyard • Sy gevangenis, ontsnapping, bomming, sterfte en opstanding weerspieël die bybelse verhaal van Jesus se lewe, sterfte en opstanding (Mbongeni Ngema het genoem dat hulle die bybel wou vertolk vir vandag) • Morena laat die dooie strydhelde opstaan en sodoende verhoog hy die moraal en hoop van die mense gedurende apartheid Suid-Afrika • Die impak van Morena se invloed op die toneelstuk word gevoel deur die gehoor en dit kan hulle moontlik aanhits om protes te lewer teen die onregte van apartheid (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 9 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 2.6 2.6.1 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en ontleding van hoe handeling in die toneel in BRON B bydra tot die spanning toon Ken volpunte toe vir: • Een goed gemotiveerde stellings OF • Twee aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn Die handeling in die toneel bou spanning in die toneelstuk omdat: • Spanning word geskep deur die geantisipeerde handeling van Morena wat 'gebom' word • Die stem en fisiese reaksies van die akteurs teenoor die instruksie dat hulle Morena moet bom, reflekteer skok en verskrikking • Die gehoor antisipeer Morena se dood en die nagevolge daarvan (2) 2.6.2 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip, ontleding en evaluering van waarom die gebeure wat volg na die toneel in BRON B die gehoor se reaksie op die toneelstuk kan beïnvloed toon Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn Die gebeure na die toneel in BRON B kan moontlik die gehoor se reaksie beïnvloed omdat: • Die aankondiging van Morena se dood oor die televisie kan moontlik 'n gevoel van hartseer en hopeloosheid in die gehoor skep want hy verteenwoordig die hoop vir 'n beter toekoms en vryheid vir die onderdruktes • Morena se opstanding en verskyning in die finale toneel kan die gehoor hoop gee vir positiewe verandering en die herstel van menseregte en Vryheid • Die gebeure van die finale toneel kan die gehoor se denke en aksies beïnvloed deur 'n emosionele reaksie uit te lok, en moontlik die gehoor aanmoedig om teen apartheid te protesteer en verandering bring in die sosio-politiese omstandighede (4) • Afgryse oor die sinnelose geweld • Woede oor die wreedheid van apartheid • Simpatie met beide Morena en die verwarde soldate • Hartseer en emosionele skok • Bewustheid van hoe mag gewone mense korrupteer • Besinning oor die voortdurende stryd om geregtigheid Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 10 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 2.7 Nasieners aanvaar enige relevante toespraak, gedig of monoloog wat die kandidaat se kennis, begrip, ontleding en evaluering van hoekom die toneelstuk belangrik is vir 'n jong mens wat in Suid-Afrika woon toon Die antwoord moet die vorm van 'n toespraak/gedig/monoloog van 6–8 reëls aanneem, waarvan die kwaliteit nie geassesseer word nie. Persoonlike, kreatiewe antwoorde moet erken word. Merk Holisties. Aanvaar antwoorde wat stel dat die toneelstuk belangrik is, of nie belangrik is nie. Die volgende is 'n riglyn: Die inhoud van die toespraak/gedig/monoloog kan elemente van die volgende inligting bevat oor hoekom die toneel belangrik is: • Dit leer my/ons oor die onregte wat plaasgevind het gedurende die apartheidsera, bv. polisiegeweld en ongelykheid in onderwys en werksgeleenthede • Dit dien as 'n herinnering dat mense nie dieselfde onregte moet laat gebeur nie, bv. rassisme en segregasie • Dit dokumenteer 'n belangrike gedeelte van Suid-Afrikaanse geskiedenis waarin die apartheidsisteem gevestig en afgedwing is • Dit skep 'n waardering vir die demokrasie wat ons vandag geniet want ons sien hoe geweldadig en ongeregtig die sisteem van apartheid was in vergelyking met die vryheid en menseregte van vandag • Dit herinner ons dat ons nie altyd toegelaat was om ons uniekheid en diversiteit te kon uitleef soos ons vandag doen as 'n reënboog nasie nie. • Dit beklemtoon die belangrikheid van ons persoonlike vryheid wat ons vandag geniet want mense het nou die vryheid, anders as tydens apartheid, om te kan kies waar hulle wil bly, werk en sosialiseer • Dit skep 'n pynlike bewussyn van hoe families nie saam kon leef gedurende apartheid nie; die tradisionele familie struktuur is afgebreek want die broodwinners moes vêr van hulle families af bly opsoek na werk en dit skep 'n dieper waardering van hoe families vandag kan saamleef • Dit wys hoe mense 'n 'dompas' moes saam dra waarookal hulle gegaan het en nou is ons nie meer so beperk nie • Dit inspireer ons om ons demokrasie te behou en om aan te hou veg teen mense onregte Bv. Gedig: Ons is nie dom nie Nee vir die dompas! Ons is nie dom nie! Laat ons beweeg teen 'n vinniger pas Verby apartheid tot in vryheid. Kom ons hardloop na die arms van Morena Waar ons veilig is Dankie Morena dat jy Suid-Afrika gered het Ons is deur Ons is vry (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 11 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne Bv. Monoloog: Mense staan saam! Ons is onder een God. Ons sal nie meer onderdruk word nie. Afrika, staan op en vat jou plek op die wêreldverhoog. Ons rykdom lê in skatte en goud. Ons is die goud wat gemyn moet word. Afrika is nie te koop nie! Haar mense is sterk en moedig en magtig. Ons geskiedenis is so diep soos die myneskagte en ons rykdom sal skyn vir die wêreld om te sien. Ons generasie sal leiers sien wat sal opstaan en die wêreld sal oorheers en die vestiging van burokrasie, skynheiligheid en middelmatigheid breek. Die leiers sal ons nie meer gevangenis hou nie, hulle sal ons nasie dien. 2.8 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk toe te lig. Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis, begrip, ontleding, toepassing en evaluering van hoekom Woza Albert! waardeer kan word deur gehore regoor die wêreld toon. Die volgende is 'n riglyn: Woza Albert! Kan deur gehore regoor die wêreld waardeer word omdat: • Dit teaterelemente soos dans, sang, mimiek en dialoog kombineer binne die konteks waar onderdrukking aangespreek word • Die teaterelemente in die toneel struktuur en optrede dra 'n hoë vlak van emosie en gevoelens wat die gehore kan aanraak • Dit een van Suid-Afrika se toneelstukke was wat teen apartheid geprotesteer het en aan die mense gekommunikeer het dat hulle die sisteem moet teenstaan. Dit het ook internasionale stemme teen apartheid gemobiliseer • Die toneelstuk 'n dieper insig lewer oor die onregte teen die mense deur die politieke apartheid sisteem want dit sluit tonele en gebeure in waarin die realiteit van die tyd uitbeeld word • Die toneelstuk wys hoe sterk die mense kan wees in die gesig van slegte omstandighede want die karakters wys braafheid en trots in hulself • Die temas van rasisme, ongelyke onderrig vir spesifieke mense, polisie geweldadigheid teenoor mense wat ontmag is ens. is steeds globale temas (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 12 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY 3.1 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis en begrip too, van hoekom die karakters in 'n paniekbevange toestand is in BRON C. Ken volpunte toe vir: • Een goed gemotiveerde stelling OF • Twee aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn Die karakters is paniekbevange want: • Die apartheidpolisie (G-men) onverwags opgedaag het om die inwoners van Sophiatown te verwyder • Mingus en Charlie moes jaag om hulle gesteelde goedere weg te steek van die G-men • Hulle is nie genoeg tyd gegee om hulle besittings te pak nie (2) 3.2 Nasieners aanvaar relevante en goed verduidelikte antwoorde wat kennis, begrip en ontleding toon van hoe om reëls 7 en 16 te vertolk sonder om eentonig te klink. Ken volpunte toe vir: • Twee goed verduidelikte stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn • Die akteur moet stem variasie gebruik in terme van stemtoon, toonhoogte, tempo en volume • Die akteur moet 'n ander houding gebruik vir die verskillende reëls • Die akteur moet gesigsuitdrukkings gebruik vir elke reël (4) 3.3 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip toon van 'n rekwisiet wat moontlik die gedwonge verskuiwings simboliseer. Ken volpunte toe vir: • Een goed gemotiveerde stellings OF • Twee aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn 'n Rekwisiet wat die tema van gedwonge verwydering kan simboliseer is bv. Bokse: • Word gebruik om die mense se besittings te pak want die inwoners van Sophiatown moes uit die area uit trek • Was haastig gedra om die besitting te pak in Mamariti se huis want die G-men het vroeër as verwag opgedaag • Bevat gesteelde goedere wat vinnig verwyder moet word om te voorkom dat die polisie dit ontdek en konfiskeer Tas: • Word gebruik om hul belangrikste besittings te pak sodat hulle dit saam kan neem wanneer hulle trek (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 13 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 3.4 Nasieners aanvaar relevante en goed verduidelikte antwoorde wat kennis, begrip en toepassing toon van die gebruik van beligting om die tyd van die dag uit te beeld in BRON C. Ken volpunte toe vir: • Een goed verduidelikte stellings OF • Twee aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn Die beligting om die tyd van die dag aan te dui kan gedoen word deur: • 'n Lig stadig in te vervaag om die oggendure aan te dui (5 vm) • Verdofde beligting om die vroeë oggend ure uit te beeld wanneer die karakters wakker gemaak word deur Mingus en Charlie wat in die huis inkom (2) 3.5 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en ontleding toon, van Ruth se rol in die toneelstuk. Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn Ruth se rol in die toneel: • Die aankoms van Ruth is die katalisator vir baie van die handeling in Sophiatown, die toneelstuk, want sy bring die wêreld buite Sophiatown vir die inwoners van Mamariti se Diamond Sjebeen • Ruth leer ook hoe lewe funksioneer in die Townships (lokasie). Ons as die gehoor kan sodoende ook leer bv. Die inwoners leer van Joodse tradisies en Ruth leer Tsotsitaal • Ruth se verhouding met Jakes is die bron van soveel afgunstigheid en jaloesie bv. Dit skep spanning tussen Mingus en Jakes want beide stel belang aan Ruth • Omdat Ruth geklassifiseer is as 'n wit persoon en Jakes as 'n swart persoon, skep dit komplikasies want die toneel speel af gedurende apartheid Suid-Afrika • Die verhouding tussen Ruth en Princess is 'n bron van spanning want Princess beskou haar as 'n bedreiging vir haar verhouding met Mingus • Ruth se karakter bied 'n nuwe uitkyk aan die gehoor oor hoe Suid-Afrikaners in harmonie kan saamleef (4) 3.6 3.6.1 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en ontleding toon van hoe die kandidaat moontlik die regie sal behartig van die handeling in die toneel. Ken volpunte toe vir: • Drie goed gemotiveerde stellings OF • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 14 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne Die kandidaat kan die regie van die handeling behartig in die volgende wyse bv. • Ligte gaan aan met die inkom van Mingus en Charlie om die vroeë oggend ure aan te dui • Die inkom van die akteurs moet die stilte en vrede van die vorige aand breek om die gepaste gevoel te skep van die gedwonge verwyderings wat op hulle wag, en die gevolglike pyn en chaos • Die karakters wie in Mamariti se sjebeen bly moet in kom terwyl hulle hul oë vryf en moet aangetrek wees in nagklere om aan te dui dat hulle pas wakker geword het en dat dit vroeg oggend is • Die karakters op die verhoog kan verward wees, soos wat dit aangedui is met die vraagtekens in die teks • Die fokus van die karakters moet op Jakes gerig wees wanneer hy beheer neem oor die situasie • Karakters moet ook reageer wanneer Jakes vir Mingus vra 'What's the story?'. Dit sal die aandag van die karakter en die gehoor fokus op Mingus. Dit kan ook vertolk word deur die verhoogplasing; plaas vir Mingus op die agterverhoog en die ander karakter op die voorverhoog dan verskuif die karaters hulle aandag op Mingus (6) 3.6.2 Nasieners aanvaar relevante en goed bespreekte antwoorde wat kennis, begrip ontleding en evaluering toon, van hoekom die gebeure van volg op die toneel in BRON C die gehoor kan beïnvloed. Ken volpunte toe vir: • Twee goed bespreekte stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn Die gebeure wat BRON C volg kan die reaksie van die gehoor op die toneelstuk verander omdat: • Die gehoor kan aanklank vind met die emosionele trauma van die uiters persoonlike en intieme interaksie tussen Mingus en Charlie soos hulle die laaste totsiens sê in die volgende toneel • Charlie kan nie saam met Mingus trek nie oor hul verskillende rasse klassifikasie en dit kan ook 'n emosionele reaksie in die gehoor na vore bring omdat hulle bewus is van hoe naby Mingus en Charlie aan mekaar is • Die navolgende aankondiging van Charlie se dood ontlok 'n diep hartseer want die karakter het bemind aan die gehoor geword • Die gesing en stilte van die finale toneelstuk kan reaksie by die gehoor uitlok en kan beïnvloed hoe hulle die samelewing in 'n apartheid Suid-Afrika aanskou, en dit kan hulle mobiliseer om teen apartheid te protesteer • Die menslike lyding wat uitgebeeld word aan die einde van die toneelstuk het 'n universele betekenis en die gehore kan verseker empatiseer met die ervaringe van die karakters op die verhoog (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 15 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 3.7 Nasieners aanvaar enige relevante toespraak, gedig of monoloog wat die kandidaat se kennis, begrip, ontleding en evaluering toon, van moontlike reaksies op Jakes se vraag 'What's the Story?'. Die antwoord moet die vorm van 'n toespraak/gedig/monoloog van 6-8 reëls aanneem, waarvan die kwaliteit nie geassesseer word nie. Korrekte en relevante persoonlike en kreatiewe antwoorde moet erken word. Merk Holisties. Die volgende is 'n riglyn: Die inhoud van die toespraak/gedig/monoloog kan elemente van die volgende inligting bevat oor hoekom die toneel belangrik is: • Die G-men het onverwags in Sophiatown opgedaag om die inwoners van Mamariti se huis met dwang te verskuif • Inwoners is verward oor wat besig is om te gebeur omdat hulle nie die skielike aankoms van die G-men verwag het nie • Mingus se reaksie op die vraag 'what's the story?' is dat daar geen storie is nie en dat hulle moet pak en vlug • Die 'Storie' kan ook verwys na die storie van Sophiatown en die gedwonge verwyderings wat daar plaas gevind het. Kandidate kan verwys na enige korrekte en relevante aspek of kwessie oor die 'storie' van Sophiatown Bv. Gedig: Wat is die storie? Vertel ons 'n storie wat 'n traan sal laat stort Vertel my 'n storie waar ons 'n totsiens gaan kort Jy sal nooit die pyn kan verstaan As jy kon, sou jou hart ook traan. My lewe in skerwe, net soos die straat Waar familie en vriende saam kon praat Sophiatown, my huis, my vriend Alles verlore, niks verdiend Bv. Monoloog: Waarheen gaan ons? Wat is ons storie? En waar eindig dit? Wie weet? Wie geein elk geval om? Ons is verlore en vergete in 'n verlate landskap. Ek kan die geluide van die bulldozers hoor, en met elke slag breek 'n gedeelte van my hart. Sophiatown, my huis, waar my kinders gebore is, waar lewe gemaak is en 'n identiteit gegroei het, is nou weggeneem deur die trokke. Totsiens. Wie weet wat die volgende hoofstuk inhou. (6) 3.8 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk toe te lig. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 16 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip, ontleding, toepassing en evaluering toon, van hoekom Sophiatown waardeer kan word deur gehore regoor die wêreld. Die volgende is 'n riglyn: Sophiatown kan deur gehore regoor die wêreld waardeer word omdat: • Dit wêreldwyd bekend geraak het as 'n ikoniese voorbeeld van die 'Lewende Koerant'-styl produksie. Dit het 'n belangrike gedeelte van Suid-Afrikaanse geskiedenis gedokumenteer • Die toneelstuk het wêreldwyd gereis om die menseregteskendings en die gruweldade van apartheid Suid-Afrika te verkondig • Die styl van die toneelstuk het elemente van Township (lokasie) musiekblyspel geïnkorporeer met ander optree-style bv. Die lied van Meadowlands. Die was 'n unieke aanslag • Die proses waar die toneelstuk gewerkswinkel is, het innoverende teater idees gegenereer wat nagevors is om te improviseer, aan te pas en te selekteer vir optredes • Die Toneelstuk se protes teen apartheid en teen die geweld en effek van die gedwonge verwyderings het uitgestaan as 'n voorbeeld van 'n geweld vrye wapen vir sosio-politiese verandering • Temas van bendes, geweld, armoede en huishoudelike geweld is universele temas • Dit bied 'n stem vir die wat stemloos is, en dien as 'n verhoog om dit wat deur die media en regering stilgemaak is, te kommunikeer. Die internasionale wêreld het by die protes teen apartheid aangesluit (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 17 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS 4.1 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis en begrip toon, van hoekom Ma om hulp roep. Ken volpunte toe vir: • Een goed gemotiveerde stelling OF • Twee aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn Ma roep om hulp omdat: • Jakes en Tiemie baklei het oor vaderskap van Tiemie se kind want Tjokkie het 'n visioen gehad wat verklap het dat dit 'n ander man se kind is • Tiemie het in die huis ingehardloop en Jakes het haar agtervolg. Daar was 'n geraas en 'n roering in die huis wat daarop dui dat Jakes in die huis gegaan het om vir Tiemie seer te maak • Giel het weggeloop en vir Ma alleen gelos om die konflik tussen Tiemie en Jakes, en Tjokkie wat sy eie lewe neem, te hanteer • Ma was verdeeld tussen die feit dat Giel weggeloop het, Jakes vir Tiemie aangerand het en Tjokkie in die proses was om sy eie lewe te neem • Ma het nie geweet wat om met al die gebeure te doen nie, en dit het haar hulpeloos gelaat (2) 4.2 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en ontleding toon, van Tjokkie se stelling 'Ek het alles bewetter ...' Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn Tjokkie sê 'ek het alles bewetter' omdat: • Vroeër in die toneel was hy geforseer deur Jakes en Giel om 'n visioen te hê. In die visioen het hy gesien watter perd wen en dat Tiemie swanger was by 'n ander man nie Jakes nie. Dit het konflik veroorsaak binne homself en tussen die ander karakters • Tjokkie sê dat hy nie daarvan hou om te 'sien' nie want dit wat hy sien eindig altyd op in iets sleg vir mense en situasies • Hy voel verantwoordelik vir Tiemie se seerkry en vir Giel wat weggeloop het • Hy voel hy het Tiemie en Ma se lewens vernietig en kan nie met die emosionele pyn saamleef nie (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 18 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 4.3 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis en begrip toon, van fisiese en/of stemkarakterisering. Ken volpunte toe vir: • Twee goed verduidelikte stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn Fisies/Liggaam: • Die akteur wat Tjokkie vertolk kan stadig kluip met spanning is sy hele liggaam en gesig • Hy kan sy oë toeknyp as gevolg van die skok en pyn wat hy ervaar as nagevolge van sy visioen Stem: • Die akteur wat Tjokkie vertolk sal 'n lae mompel gebruik soos hy die reëls sê • Hy kan diep en hard asem haal om sy skok uit te beeld (4) 4.4 Nasieners aanvaar relevante en goed verduidelike antwoorde wat kennis, begrip, ontleding en toepassing toon, van hoe die toneelaanwysings of die klankeffekte bydra tot die bou van spanning. Ken volpunte toe vir: • Twee goed verduidelike stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn Die toneelaanwysings of klankeffekte in BRON D dra by tot die bou van spanning omdat: • Die aanvanklike stilte van die toneel verskaf 'n onheilspellende voorgevoel van die tragedie wat gaan volg en die dramatiese oomblik behou die openingsoomblik van die toneel en is die motoriese moment • Die klankeffekte wat van die agterverhoog af gehoor kan word dui die roering in die huis aan en dit beïnvloed die spanning, atmosfeer, handeling en ritme van die toneel omdat die gehoor nie weet wat gebeur het nie, en wag in spanning om uit te vind • Tiemie se kreet verhoog die spanning in die toneel want die gehoor antisipeer moontlike tragedie • Die gedetailleerde aanwysings van die klankeffekte van die domkrag wat versterk en van Jakes se motorfiets wat saam die ander geluide tot 'n crescendo groei, beklemtoon die spanning van die oomblik • Die toneelaanwysings van Ma wat haar ore toe druk en die kanseldoek oor haar oë hou, dui daarop dat sy dit nie kan verduur om te kyk of luister na dit wat gebeur nie, en dit verhoog die visuele dramatiese spanning (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 19 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 4.5 Nasieners aanvaar relevante en goed verduidelike antwoorde wat kennis, begrip en ontleding van hoe beligting gebruik kan word in BRON D toon. Ken volpunte toe vir: • Twee goed verduidelike stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn Beligting kan: • Donkerder of dowwer word wanneer ma die harde geluid van binne die huis en Tiemie se kreet hoor, en die liedjie 'Sugar, Sugar' skielik stil raak • Verdof soos die 'gesis' geluid van die domkrag harder raak • 'n Kollig fokus op die kar en die 'domkrag' • Selfs donkerder word soos Jakes uit die huis kom, Ma met die kanseldoek gooi en op sy motorfiets klim en weg jaag • Verhelder wanneer Ma tussen haar twee kinders met die kanseldoek in haar hande staan en sy haar laaste reël sê (4) 4.6 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip, toepassing en ontleding toon, van hoekom die toneel in BRON D as die klimaks van Siener in die Suburbs gesien kan word. Ken volpunte toe vir: • Drie goed gemotiveerde stellings OF • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn Die toneel in BRON D kan beskou word as die klimaks van Siener in die Suburbs omdat: • Die intrige van die toneelstuk bereik sy klimaks want al die gebeure in die toneel bou tot die finale dramatiese toneel, bv. Die stres van lewe in die suburbs, Tiemie se swangerskap en Tjokkie se gawe om te kan 'sien' • Die dramatiese gebeure van Jakes wat vir Tiemie geweldadig aanval, Giel wat wegloop en Tjokkie se gevolglike intensie om sy eie lewe te neem dra by tot die klimaks van die toneelstuk • Die handeling van om 'n lewe op die verhoog te neem skokkende dramatiese effek op die gehoor want dit wat gebeur is ekstreem en skrikwekkend om na te kyk • Deurlopend sê Tjokkie dat sy visioene slegte dinge laat gebeur. Hierdie toneel wat sy dood op die verhoog uitbeeld, is die hoogtepunt van die slegte nagevolge van sy visioene (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 20 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 4.7 Nasieners aanvaar enige relevante toespraak, gedig of monoloog wat die kandidaat se kennis, begrip, ontleding en evaluering van Ma se gedagtes en gevoelens toon. Die antwoord moet die vorm van 'n toespraak/gedig/monoloog van 6-8 reëls aanneem, waarvan die kwaliteit nie geassesseer word nie. Persoonlike, kreatiewe antwoorde moet erken word. Merk Holisties. Ken volpunte toe vir: • Drie goed gemotiveerde stellings OF • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Die inhoud van die toespraak/gedig/monoloog kan die volgende reflekteer oor Ma se gedagtes of gevoelens in reël 18: • Almal in haar lewe is nou weg. Giel het weggeloop en Tjokkie en Tiemie is beseer (of moontlikdood) • Sy voel skuldig omdat sy niks kon doen om Tjokkie of Tiemie te red nie. Sy kan ook skuldig voel dat sy toegelaat het dat Jakes en Giel vir Tjokkie druk om te 'sien' • Sy voel verlore, gebroke en alleen • 'n Oomblik van self refleksie oor waar sy kon verkeerd gegaan het met almal in haar lewe • Sy is hartseer oor die lewe wat sy nou verloor het • Sy is agtergelaat met min hoop dat Pa dalk kan terug kom Bv. Gedig: Iets wat ek nie kon sien Verdeel tussen die liggame van twee En Giel wat moet bly, sê nee Sien ek ons bloed stroom uit gebroke harte en drome En dit syfer deur die kanseldoek se some Ons lewe apart, hart tot hart Iets wat ek nie kon sien Is my einde, en niemand moet dit verdien Bv. Monoloog: Daar is altyd bloed. Bloed in ons hande. Mag die bloed van ons voorvaders skree vir die aanvaarding vir wie ons is. Ons is die deurskynende mense, die klein mense, wat klein lewe maar groot droom. Al wat ons soek van die lewe, is die lewe self: die vryheid om so groot te lewe soos ons wil. Maar die bloed op die vloer hou ons gevange in ons eie gedagtes. Wat het verkeerd geloop? Al wat ons wou hê is so klein bietjie meer. Maar nou het ek dit wat ek gehad het ook verloor, en my hart bloei op die vloer (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 21 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 4.8 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk toe te lig. Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip, ontleding en evaluering toon, van hoekom Siener in die Suburbs waardeer kan word deur gehore regoor die wêreld toon alhoewel die toneelstuk oor een spesifieke Suid-Afrikaanse familie en hulle persoonlike probleme gaan. Die volgende is 'n riglyn: Siener in die Suburbs kan deur gehore regoor die wêreld gewaardeer word omdat: • Siener in die Suburbs bewustheid skep oor sekere sosio-ekonomies aspekte wat in enige gedeelte van die wêreld gevind kan word, bv. armoede, werkloosheid • Temas in Siener in die Suburbs sluit in: lae sosiale status, armoede, liefde, verslawing, huishoudelike geweld, emosionele mishandeling, vryheid en ontsnapping waarmee almal in die wêreld kan aanklank vind • Dit is 'n realistiese toneelstuk wat kwessies soos huishoudelike geweld, armoede en verslawing teenstaan. Hierdie kwessies word deur soveel gemeenskappe in die wêreld in die gesig gestaar • Karakters is driedimensioneel en geloofwaardig want die stel en milieu wat uitgelê is op die verhoog, in samewerking met die beligting, klankeffekte en mise-en-scène, skep Magiese Realisme in die Teater wat die toneelstuk baie medeleefbaar, opwindend en interessant maak want dit handel oor die mense kwessies wat almal kan herken, bv. Karakters is geloofwaardig en gerond. Die klein rolverdeling laat die gehoor 'n intieme verhouding met die karakters vorm • Dit wys die nagevolge van 'n persoon se keuses of aksies wat handel oor die menslike toestand, bv. As jy vir 'n persoon lief is wat jou mishandel, kan jy moontlik vasgevang word in daardie mishandeling soos Tiemie se liefde vir Jakes se gevolg is sy dat sy deur hom mishandel word (10) [40] TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 22 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994-KONTEMPORÊR Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord. (Vraag 5 OF 6 OF 7). VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI 5.1 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis van die karakters in die toneelstuk toon. Ken volpunte toe vir EEN korrekte antwoord: Die karakters is: • Sipho Makhaya OF • Thando Makhaya OF • Mandisa McKay (1) 5.2 Nasieners aanvaar antwoorde wat kennis en begrip van die teaterterme toon. Ken volpunte toe vir: • Twee goed gedefinieer stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn Agterverhoog is die area: • Agter/om die verhoog wat nie gesien kan word deur die gehoor nie • Af-verhoog waar die akteurs wag om op die verhoog te kom • Waar rekwisiete en kostuums gestoor word • Waar die kleedkamers gekry word • Waar die ruskamer moontlik kan wees • Waar die verhoogbestuurder en souffleur sit gedurende die optrede Volledige kleedrepetisie is: • Die laaste kleedrepetisie voor die amptelike optrede • Waar vol kostuum en grimering gedra word • Waar die volledige dekorstel met rekwisiete, beligting, klank, ens deel vorm van die finale kleedrepetisie (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 23 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 5.3 Nasieners aanvaar relevante en goed beskryfdede antwoorde wat kennis en begrip toon, van 'n stap vir stap, opwarmingsoefening om oor senuweeagtigheid te kom. Ken volpunte toe vir: • Drie aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn 'n Voorbeeld van 'n opwarmingsoefening vir ontspanning kan wees: • Staan in 'n neutrale posisie • Haal 'n diep asem in • Ontspan jou skouers en laat jou ken sag op jou bors rus • Rol die ruggraat af, werwel vir werwel, op agt tellings soos jy uit asem • Bly in die afgerolde posisie vir agt tellings • Rol die ruggraat terug op, werwel vir werwel, vir agt tellings (3) 5.4 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis van die benodigde rekwisiete en meubels vir Nothing but the Truth toon. Ken volpunte toe vir: • Twee rekwisiete EN • Twee meubelstukke Die volgende is 'n riglyn Rekwisiete kan insluit: • 'n Vaas (urn) vir Themba se as • Familie foto's • Boeke • 'n Ketel op die stoof • 'n Bottel whiskey • Glase • 'n Telefoon Meubelstukke kan insluit: • Gemaklike bank en stoele in die sitkamer • Koffietafel • Boekrak • Yskas • Stoof (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 24 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 5.5 Nasieners aanvaar enige relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en ontleding van hoe die stel die lewens van die karakters wat daarin woon weerspieël, toon. Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn Die stel weerspieël die lewens van die karakters in die volgende wyse: • Dis 'n stel ontwerp van 'n tipiese township (lokasie) huis, ontwerp met die presiese afmetings: 3,6 x 7,2 m. Dit is 'n gepaste huis vir die Makhaya familie wat in New Brighton Township (lokasie) woon • Omdat die toneel geselskap klein is (slegs drie op die verhoog) en die stel gedetailleerd is, bly die aandag op wat op die verhoog gebeur en op die op die lewens van die karakters binne die wereld van die toneelstuk • Die realistiese stel is ontwerp om die spesifieke huis van Sipho Makhaya, 46 Madala Street, New Brighton, uit te beeld, en dit sluit meubelstukke in, wat pas by die lewenswyse van 'n van 'n Assistent Hoofbibliotekaris van die Port Elizabeth Openbare Biblioteek met 'n beperkte inkomste. • Die leef area, opgedeel in 'n kombuis en sitkamer met 'n skeiding, skep 'n gepaste omgewing waarin die aksie van die toneelstuk kan plaasvind. Die karakter leef, maak kos, kook water, antwoord die foon, sit en beweeg op en af in die area • Die twee slaapkamers, waar toegang verkry word deur die leefkamer en die kralegordyne, weerspieël gepaste isiXhosa Afrika styl keuses vir die Makhaya-gesin • Die meubels is tipies en gedetailleerde rekwisiete voltooi die realisties visuele prent wat die Assistent Hoofbibliotekaris sal pas. Dit het boeke, leer en foto's van die familie • Die sitkamer is netjies en eenvoudig maar versorg gemeubileerd. Dit weerspieël die beperkte inkomste van 'n opgevoede familie (Thando is 'n onderwyseres en werk by die WVK) (4) 5.6 Nasieners aanvaar enige relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en ontleding van hoekom die gehoor in 'n verdonkerde ouditorium sit toon. Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn Die gehoor sit in 'n verdonkerde ouditorium omdat: • In Realisme in die Teater is die fokus op die handeling op die verhoog, daarom sit die gehoor in rye in die donker • Die gehoor kan hulself dan verloor in die wêreld van die toneelstuk en empatiseer met die lewe wat uitgebeeld word op die verhoog • Daar 'n ‘vierde muur’ is • Daar nie ligte is wat in die gehoor se oe skyn en hulle verblind nie • As gehoorlede van hul sitplekke opstaan, sal hulle nie ander gehoorlede aflei nie. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 25 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 5.7 Nasieners aanvaar enige relevante en antwoorde wat kennis, begrip, ontleding en toepassing van hoe die kandidaat die drie Stanislavski-tegnieke toegepas het, toon. Ken volpunte toe vir: • Twee punte vir die toepassing, nie net 'n verduideliking nie, van elke tegniek Die volgende is 'n riglyn: Die volgende DRIE Stanislavski-tegnieke moet bespreek word Magiese as: • Die akteur moet die handelinge, motiverings, emosies en behoeftes van die karakter verbeel asof dit realiteit is • 'Toneelspel is om te glo in jou karakter, emosies en handeling en situasie' Aandagkringe: • Die akteur se fokus moet op die wêreld van die toneelstuk gerig wees (gegewe 'n omstandighede, lewens van die karakters, storielyn, doelwit, ens.) en nie op die gehoor nie Emosionele Geheue: • Die akteur kan van eie persoonlike ervaringe en herinnering gebruik maak om 'n emosionele realiteit te skep in die opvoering • Moet nie gebruik maak van herinneringe wat jonger as 7 jaar is nie (6) 5.8 Nasieners aanvaar enige relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en ontleding toon, oor hoekom dit waardevol is as 'n Dramatiese Kunste leerder 'n joernaal aan te vul. Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Dit is waardevol is vir 'n Dramatiese Kunste leerder om 'n joernaal aan te vul omdat: • Dit die leerder in staat stel om te reflekteer op hulle ontwikkeling deur die jaar • Dit dien as rekord van die werk wat voltooi is en die vaardighede en kennis wat bygeleer is • Dit is 'n teoretiese ontleding van praktiese opvoeringswerk • Dit kan 'n handige verwysing/studie instrument wees (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 26 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 5.9 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk toe te lig. Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip, ontleding en evaluering van die karakters, temas en boodskappe en hoekom die toneelstuk steeds relevant is toon. Die volgende is 'n riglyn: Die toneelstuk, Nothing but The Truth, is steeds relevant omdat: Die karakters: • Die klein geselskap van drie is emosioneel, sosiaal en kultureel relevant vir 'n gehoor want hulle kan empatiseer met die karakters se lewens bv. Thando wat die wêreld buite haar familie wil ontdek • Die realistiese ontwikkeling van elke karakter skep geloofwaardige 'regte lewe' omstandighede wat herken kan word, bv. Sipho as die tipiese oorbeskermende pa Temas en boodskappe kan insluit: Genesing: • Die behoefte om gebroke of beskadigde verhoudings te genees is 'n relevante universele tema. Sipho ervaar pyn wanneer hy vasklou aan die bitterheid teenoor sy broer Themba, maar hy ervaar genesing wanneer hy hom vergewe vir hoe hy hom veraai het Vergifnis: • Vergifnis sal altyd 'n tema bly waarmee mens kan aanklank vind. Elke persoon moes met tye al laat gaan van woede en onvergifnis om vryheid te bereik bv. Deur vergifnis is Sipho genees van die onregte van sy verlede. Hy kan nou vorentoe beweeg met sy lewe Familie: • Die tema van komplekse en geheimsinnige familie kwessies is die kern van die intrige. Meeste families het geheime wat hulle nie vir die ander lede kan vertel nie bv. Sipho hou die geheim van Themba, sy broer, wat met Sipho se vrou, Sindiswa, 'n buite-egtelike verhouding gehad het. Familiedinamiek soos die sal altyd relevant wees Sibbe wedywering: • Sibbewedywering is steeds 'n relevante tema om te ondersoek; veral in familie dinamika. Die tema kan gesien word in die verhouding tussen die twee broers, Sipho en Themba. Sipho voel dat Themba altyd die gunsteling kind van hulle ouers was • Sipho se inner konflik met sy oorlede broer, Themba, is opgelos aan die einde van die toneelstuk en dit kan maklik mee aanklank gevind word want gevoelens van inner konflik en hartseer gebeur in ons alledaagse lewe Waarheid en Versoening: • Waarheid is 'n universele relevante tema. Dit is ook sentraal tot die toneel. Sipho ontbloot en staar die waarheid van sy verlede in die gesig en dit weerspieël die sosio-politiese konteks van die Waarheid en Versoenings Kommissie. Ek kan aanklank vind met die behoefte om die waarheid te praat vir versoening in my eie lewe • Versoening in die familie is weerspieël in die versoening van die gemeenskap en ek kan sien hoe ons land baat gevind het daardeur, deur te kyk na hoe ons almal as een gemeenskap saamleef vandag (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 27 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE 6.1 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis van die karakters in die toneelstuk toon. Ken volpunte toe vir een korrekte antwoord. Die karakters is: • Johan OF • Thami OF • Smith (1) 6.2 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip van die nodige teaterterme toon. Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Agterverhoog is die area: • Agter/om die verhoog wat nie gesien kan word deur die gehoor nie • Af-verhoog waar die akteurs wag om op die verhoog te kom • Waar rekwisiete en kostuums gestoor word • Waar die kleedkamers gekry kan word • Waar die ruskamer moontlik kan wees • Waar die verhoogbestuurder en souffleur sit gedurende die optrede Volledige kleedrepetisie is: • Die laaste kleedrepetisie voor die amptelike optrede • Wanneer vol kostuum en grimering gedra word • Wanneer die volledige stel met rekwisiete, beligting, klank, ens deel vorm van die finale kleedrepetisie (4) 6.3 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip van 'n stap vir stap, opwarmingsoefening om oor senuweeagtigheid te kom toon. Ken volpunte toe vir: • Drie aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: 'n Voorbeeld van 'n opwarmingsoefening vir ontspanning kan wees: • Staan in 'n neutrale posisie • Haal 'n diep asem in • Ontspan jou skouers en laat jou ken sag op jou bors rus • Rol die ruggraat af, werwel vir werwel, vir agt tellings soos jy uitasem • Bly in die afgerolde posisie vir agt tellings • Rol die ruggraat terug op, werwel vir werwel, vir agt tellings (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 28 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 6.4 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis van die benodigde rekwisiete en meubels vir Groundswell toon. Ken volpunte toe vir: • Twee rekwisiete EN • Twee meubelstukke Die volgende is 'n riglyn Rekwisiete kan insluit: • 'n Mes vir Johan • Breekware en eetgerei vir die gastehuis • Tafeldoeke • 'n Beursie vir Smith • Pen en papier vir Thami om 'n brief huis toe te skryf • 'n Besem en mop • Skoonmaakmiddele Meubels kan insluit: • 'n Gemaklike bank en stoele vir die gastehuis se sitkamer • Tafels en stoele vir die eetkamer • 'n Toonbank vir die ontvangs • Vensters met 'n uitsig van die see (4) 6.5 Nasieners aanvaar enige relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en ontleding van hoe die stel die lewens van die karakters wat daarin woon weerspieël, toon. Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Die stel weerspieël die lewens van die karakters in die volgende wyse: • Die karakters wat in die Garnet Lodge gastehuis, aan die wilde Weskus van Suid-Afrika woon, weerspieël die onheilspellende storms van die lewe wat teruggehou moet word, bv. Johan bring sy traumatiese geskiedenis saam hom, en hy soek persoonlike veiligheid in die gastehuis • Die donker gevoel van die toneelstuk word weerspieël deur die karakters wat almal struikelblokke dra bv. Thami sukkel om na sy gesin om te sien in die Oos Kaap en Smith is agtergelaat deur sy kinders wat die land verlaat het • Dit speel af in 'n geïsoleerde plek; die karakters is ook as individue geïsoleer in die lewe: Thami en Smith is van hul families geskei en Johan is alleen in die wêreld • Die rolverdeling is klein (slegs drie karakters is op die verhoog) en die stel gedetailleerd is wat die belangstelling fokus op die lewens van die karakters • Die stel is realisties en gedetailleerd, net soos die karakters, daarom kan ons glo in die identiteite en die lewens van die karakters. Ons glo in die realisme van die stel wat 'n wêreld skep waarmee mens kan identifiseer • Die sit-cum eetkamer in die gastehuis in 'n klein diamantmyn- en vissersgemeenskap langs die Weskus, skep 'n bedreigende omgewing waar enige iets moontlik kan gebeur. Iets gebeur wel: Smith word met 'n mes gedreig deur Johan • Die stel en karakters smelt saam in 'n wêreld wat die gehoor kan aanvaar as 'n realiteit, daarin glo en waarin die karakters 'n lewe leef (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 29 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 6.6 Nasieners aanvaar enige relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en ontleding toon, van hoekom die gehoor in 'n verdonkerde ouditorium sit. Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn Die gehoor sit in 'n verdonkerde ouditorium omdat: • In Realisme in die teater is die fokus op die handeling op die verhoog, daarom sit die gehoor in rye in die donker • Die gehoor kan hulself dan verloor in die wêreld van die toneelstuk en empatiseer met die lewe wat uitgebeeld word op die verhoog • Daar 'n ‘vierde muur’ is • Dat dit nie die aandag van ander gerhoorlewe aftrek as iemand opstaan nie (4) 6.7 Nasieners aanvaar enige relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip, ontleding en toepassing van hoe die kandidaat die drie Stanislavski-tegnieke toegepas het toon. Ken volpunte toe vir: • Twee punte vir die toepassing, nie net 'n verduideliking nie, van elke tegniek Die volgende is 'n riglyn: Die volgende DRIE Stanislavski-tegnieke moet bespreek word Magiese as: • Die akteur moet die handeling, motiverings, emosies en behoeftes van die karakter verbeel asof dit realiteit is • 'Toneelspel is om te glo in jou karakter, emosies en handeling en situasie' Aandagkringe: • Die akteur se fokus moet op die wêreld van die toneelstuk gerig wees (gegewe 'n omstandighede, lewens van die karakters, storielyn, doelwit, ens.) en nie op die gehoor nie Emosionele Geheue: • Die akteur kan van eie persoonlike ervaringe en herinnering gebruik maak om 'n emosionele realiteit te skep in die opvoering • Moet nie gebruik maak van herinneringe wat jonger as 7 jaar is nie (6) 6.8 Nasieners aanvaar enige relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en ontleding oor hoekom dit waardevol is as 'n Dramatiese Kunste leerder 'n joernaal aan te vul. Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Dit is waardevol is vir 'n Dramatiese Kunste leerder om 'n joernaal aan te vul omdat: • Dit die leerder in staat stel om te reflekteer op hulle ontwikkeling deur die jaar • Dit dien as rekord van die werk wat voltooi is en die vaardighede en kennis wat bygeleer is • Dit is 'n teoretiese ontleding van praktiese opvoeringswerk • Dit kan 'n handige verwysing/studie instrument wees (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 30 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 6.9 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk toe te lig. Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip, ontleding en evaluering van die karaters, temas en boodskappe en hoekom die toneelstuk steeds relevant is toon. Die volgende is 'n riglyn: Die toneelstuk Groundswell is steeds relevant omdat: Die karakters: • 'n Klein rolverdeling van drie karakters laat die gehoor toe om 'n intieme verhouding met elke karakter te vorm, en te empatiseer met hul lewens • Die realistiese ontwikkeling van elke karakter skep geloofwaardige omstandighede waarmee die gehoor kan identifiseer bv. Desperaatheid om geld te maak en vir familie te sorg Temas en boodskappe kan insluit: Persoonlike stryd: • Onder die oppervlak weerspieël die interaksies van die karakters dat daar gevoelens en ervarings is wat hulle nie sal toelaat om ooreenkomste of vrede te vind nie. Die tema is universeel relevant omdat ons almal persoonlike probleme ervaar wanneer ons met die verlede in aanraking kom, wat 'n residu van skaamte, verwyt of skuldgevoel kan agterlaat. Ons kan aanklank vind daarmee in ons persoonlike lewens Politiek: • Al is die politiek en die regering al verander is vir meer as dertig jaar, is dit duidelik dat indien seker sensitiewe kwessies oor gepraat word, daar oud skeidings is wat opgebring word en ongemaklik naby aan die oppervlak kom. Dit dui daarop dat die toneeltekd 'n tydlose, universele kwaliteit het. Ons kan almal soms onvanpas reageer, wat die tema van politiek relevant maak Plek om te behoort en identiteit: • Die drie mans se lewens is gevorm en gedefinieer gedurende die apartheid era. Hulle is desperaat opsoek na 'n plek om te behoort en identiteit in die nuwe wêreld. Die tema is altyd relevant. Mense is konstant in 'n stryd opsoek na 'n plek om te behoort en identiteit • Die struikelblokke 'n plek om te behoort en identiteit is intern, emosioneel en sielkundig. Johan is eensaam en so geïsoleer soos die gastehuis, Thami is so ver van sy huis, en Smith is ontkoppel van sy eie familie. Ons almal voel 'n vorm van sielkundige isolasie al is ons saam mense • Elke karakter probeer uitvind wie hy is in die nuwe Suid-Afrika en hoe hy daarin pas. Ons almal sukkel soms om 'n plek in die wêreld te kry; ons almal benodig 'n plek waar ons behoort dis 'n fundamentele kwaliteit van die menslike kondisie Mensdom: • Mensdom ervaar soortgelyke daaglikse struikelblokke, manipulasies en probleme soos die karakters. Ons kan onsself sien in die lewens van die karakters op die verhoog (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 31 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET 7.1 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis van die karakters in die toneelstuk toon. Ken volpunte toe vir een korrekte antwoord: Die karakters is: • Miem OF • Gertie OF • Meisie OF • Konstabel (1) 7.2 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis en begrip van die teaterterme toon. Ken volpunte toe vir: • Twee goed gedefinieerde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn Agterverhoog is die area: • Agter/om die verhoog wat nie gesien kan word deur die gehoor nie • Af-verhoog waar die akteurs wag om op die verhoog te kom • Waar rekwisiete en kostuums gestoor word • Waar mens die kleedkamers gekry kan word • Waar die ruskamer moontlik kan wees • Waar die verhoogbestuurder en souffleur sit gedurende die optrede Volledige kleedrepetisie is: • Die laaste kleedrepetisie voor die amptelike optrede • Wanneer vol kostuum en grimering gedra word • Wanneer die volledige stel met rekwisiete, beligting, klank, ens deel vorm van die final kleedrepetisie (4) 7.3 Nasieners aanvaar relevante en goed gedefinieerde antwoorde wat kennis en begrip van 'n stap vir stap, opwarmingsoefening om oor senuweeagtigheid te kom toon. Ken volpunte toe vir: • Drie aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: 'n Voorbeeld van 'n opwarmingsoefening vir ontspanning kan wees: • Staan in 'n neutrale posisie • Haal 'n diep asem in • Ontspan jou skouers en laat jou ken sag op jou bors rus • Rol die ruggraat af, werwel vir werwel, op agt tellings soos jy uitasem • Bly in die afgerolde posisie vir agt tellings • Rol die ruggraat terug op, werwel vir werwel, vir agt tellings (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 32 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 7.4 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis van die benodigde rekwisiete en stel vir Mis toon. Ken volpunte toe vir: • Twee rekwisiete EN • Twee meubelstukke Die volgende is 'n riglyn: Rekwisiete kan insluit: • Goiingsakke • 'n Slopemmer en tou • 'n Brood • 'n Olie lamp • 'n Koffieketel op die koolstoof Meubels kan insluit: • 'n Ou werkstafel en stoele • 'n Koolstoof • 'n Tafel met 'n olie lap • 'n Kombuis kas (4) 7.5 Nasieners aanvaar enige relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en ontleding van hoe die stel die lewens van die karakters wat daarin woon weerspieël, toon. Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Die stel weerspieël die lewens van die karakters in die volgende wyse: • Omdat dit afspeel in 'n verlate plaashuis, is dit 'n paste omgewing om die huis van 'n familie wat geïsoleer is en wat bang is vir wat buite hulle huis aangaan, uit te beeld in 'n boks stel, bv. die bedreiging van Konstabel • Omdat die rolverdeling so klein is (slegs vier karakters op die verhoog) en die stel so gedetailleerd is, is die belangstelling wat gebeur op die verhoog gefokus op die lewens van die karakters binne hulle wêreld. Dit verhoog die intensiteit van die dramatiese handelinge waar Meisie weggelei word van haar huis af • Die stel is realisties en gedetailleer, soos die karakters, en daarom kan ons in hulle identiteite en lewens glo. Ons glo in die Magies Realisme van die omgewing en die stel op dieselfde manier, daarom kan ons daarmee identifiseer • Die realistiese stel is ontwerp om die huis van 'n familie wat geaffekteer is deur die Depressie uit te beeld, daarom is dit 'n vertrek met minimale meubelstukke wat donker vertoon, bv. Kombuis tafel, 'n paar stoele en verdofde beligting; die omgewing waarin hulle sit en werk aan die goiing sakke en in vrees lewe vir die wêreld daar buite, waar jong meisies verlore raak • Die onheilspellende teenwoordigheid van Gabriel is meegebring met 'n deur in die dak, en dit speel 'n belangrike rol in die algehele stemming van die toneel (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 33 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 7.6 Nasieners aanvaar enige relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en ontleding van hoekom die gehoor in 'n verdonkerde ouditorium sit toon. Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn Die gehoor sit in 'n verdonkerde ouditorium omdat: • In Realisme in die teater is die fokus op die aksie op die verhoog, daarom sit die gehoor in rye in die donker • Die gehoor kan hulself dan verloor in die wêreld van die toneel en empatiseer met die lewe wat uitgebeeld word op die verhoog • Daar 'n ‘vierde muur’ is (4) 7.7 Nasieners aanvaar enige relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip, ontleding en toepassing toon, van hoe die kandidaat die drie Stanislavski- tegnieke toegepas het. Ken volpunte toe vir: • Twee punte vir die toepassing, nie net 'n verduideliking nie, van elke tegniek Die volgende is 'n riglyn: Die volgende DRIE Stanislavski-tegnieke moet bespreek word Magiese as: • Die akteur moet die handelings, motiverings, emosies en behoeftes van die karakter verbeel asof dit realiteit is • 'Toneelspel is om te glo in jou karakter, emosies en handeling en situasie' Aandagkringe: • Die akteur se fokus moet op die wêreld van die toneelstuk gerig wees (gegewe 'n omstandighede, lewens van die karakters, storielyn, doelwit, ens.) en nie op die gehoor nie Emosionele Geheue: • Die akteur kan van eie persoonlike ervaringe en herinnering gebruik maak om 'n emosionele realiteit te skep in die opvoering • Moet nie gebruik maak van herinneringe wat jonger as 7 jaar is nie (6) 7.8 Nasieners aanvaar enige relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en ontleding oor hoekom dit waardevol is as 'n Dramatiese Kunste leerder om 'n joernaal aan te vul. Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Dit is waardevol is vir 'n Dramatiese Kunste leerder om 'n joernaal aan te vul: • Dit die leerder in staat stel om te reflekteer op hulle ontwikkeling deur die jaar • Dit dien as rekord van die werk wat voltooi is en die vaardighede en kennis wat bygeleer is • Dit is 'n teoretiese ontleding van praktiese opvoeringswerk • Dit kan 'n handige verwysing/studie instrument wees (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 34 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 7.9 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk in te lig. Nasieners aanvaar enige relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip, ontleding en evaluering van die karaters, temas en boodskappe en hoekom die toneelstuk steeds relevant is toon. Die volgende is 'n riglyn: Die toneelstuk Mis is steeds relevant omdat: Die karakters: • Die klein rolverdeling van vier karakters op die verhoog laat die gehoor 'n intieme verhouding met die karakters vorm en met hulle lewens empatiseer • Elke karakter skep omstandighede waarmee die gehoor kan identifiseer bv. 'n afwesige pa, 'n ma wat probeer geld maak en hard werk om haar familie te ondersteun en sterk calvinistiese waardes probeer afdruk op haar dogter • Al speel die toneelstuk in die 1930's af, kan die gehoor sien dat hulle steeds soortgelyke omstandighede in hul familie lewens kan ervaar Temas en boodskappe kan insluit: Bevryding: • Die gehoor kan empatiseer met die stryd van die karakters en hul wense om vrygemaak te word van isolasie en gevangenis in hulle situasie, want ons almal voel soms beperk in ons eie lewens • Die toneelstuk wys dat dit moontlik is om vrygemaak te word van reëls en regulasies, soos Meisie 'n manier kry om uit die huis te ontsnap. Gehore kan daarmee identifiseer • Konstabel bied mootlike vryheid en bevryding van hulle persoonlike vrou- onderdrukte omstandighede. Die behoefte vir vryheid en bevryding van omstandighede van onderdrukking is universeel en sal altyd relevant wees Misdaad: • Daar is gevaar buite die huis. Dit is bekend aan baie gehore omdat daar baie areas is met 'n hoë misdaadsyfer, en hulle dit in hul eie lewens ervaar • Mense wat verdwyn is 'n alledaagse gebeurtenis, en gebeur dikwels in ons gemeenskap vandag Calvinisme: • Baie mense is steeds onderdruk deur sterk onbuigsame Calvinistiese reëls en idees. Ek herken die in my eie lewe en in die lewens van die mense om my. Ons kan vryheid vind van die onderdrukking deur na die toneelstuk te kyk, en moontlik 'n katarsis ervaar • Calvinistiese Afrikaners glo hulle moet onder streng emosionele en fisiese beperkings leef. Ek kan sien dat hierdie mense alternatiewe maniere moet vind om hulle lewe te leef. 'n Lewe vol geleenthede en genot (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 35 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE BEGRIPPE, INHOUD EN VAARDIGHEDE VRAAG 8 8.1 Nasieners aanvaar relevante en antwoorde wat kennis en begrip van EEN beweging en EEN toneelskrywer of teaterpraktisyn toon. Ken volpunte toe vir: • Een punt vir 'n toneelskrywer van 'n beweging OF • Een punt vir 'n praktisyn van 'n beweging Die volgende is 'n riglyn: Simbolisme: • Maurice Maerterlinck • TS Eliot • Alfred Jarry Ekspressionisme: • Gerg Kaiser • Ernst Toller • Kaufman and Connely • Thornton Wilder Futurisme: • Filippo Tommaso Marinetti Konstruktivisme: • Vsevolod Meyerhold Dadaïsme: • Hugo Ball • Tristan Tzara • Georg Grosz • Emmy Hennings Surrealisme: • Guillaune Apollinaire • Andre Breton • Antonin Artaud • Jean Cocteau Eksistensialisme: • Thornton Wilder Feminisme: • Eve Ensler • Albert Camus • Sylvia Plath • Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 36 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne Merkersnota: Kandidate kan ook noem: • Arm Teater • Werkswinkelteater, bv. Protes Teater • Teater van die Absurde • Epiese Teater • Postmoderne Teater (2) 8.2 Nasieners aanvaar enige relevante en goed beskrewe antwoorde wat kennis, begrip en ontleding van die 20ste-eeuse teater bewegings (ismes) toon. Ken volpunte toe vir: • Drie goed gemotiveerde stellings OF • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Simbolisme: • Was een van die mees invloedryke reaksies teen Realisme • Het ontstaan in Frankryk in die 1880's • Het uitgesterf in die vroeë 20ste eeu • Is anti-realisties in die ontkenning dan waarheid gevind kan word deur rasionele denke en sensoriese bewyse • Stel voor dat waarheid instinktief begrip moet word • Probeer indrukke en gevoelens te dramatiseer – 'n subjektiewe realiteit • Neig om geheimsinnig en vaag te wees • Die produksies kon herken word aan hul eenvoudigheid • Die atmosfeer en stemming is geskep deur beligting, kleure, vorms en lyne • Die optrede en regie was verteenwoordigend • Die dialoog was staccato uitgevoer • Was om akteurs die geleentheid te gee om die gehoor te bereik en om meer te deel, is die proscenium boog verwyder Ekspressionisme: • Fokus op die emosie van die gehoor en die kunstenaar • Objekte wat gewoonlik gebruik was om emosie uit te lok, was nie meer die fokus nie • Daar was baie sielkundige introspeksie betrokke • Temas van Ekspressionisme het gefokus op die mensdom se ongelukkigheid in outoriteit en materialisme • Die stemming van die toneelstukke was sarkasties en satiries • Die filosofie is dat daar geen 'absolute waarheid' is nie • Die enigste waarheid is die waarheid binne ons • Waarheid het dus subjektief begin word • Dit is die subjektiewe realiteit wat ekspressionisme ondersoek Futurisme: • Die het begin in Italië • Dit het die verlede verwerp en gepoog om realiteit te transformeer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 37 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne • Die verheerliking van die masjien tydperk was die fokus van Futurisme • Tyd en plek was in mekaar gedruk en verskeie onverwante tonele is opgevoer in een dramatiese milieu • Het weggedoen met die tradisionele proscenium boog aanslag en alle vorms van die kunste geïntegreer: sirkus, musieksaal en nagklub optredes • Multimedia tegnieke is gebruik om die gehore na bewustheid te ruk • Die optredes en ervarings was soms chaoties met multimedia voorleggings en die gebruik van verskeie kunsvorms • Akteurs het die vierde muur gebreek, partykeer selfs in die ouditorium opgetree Konstruktivisme: • Begin met Meyerhold in Rusland • Hy het 'n optree-styl ontwikkel genaamd 'bio-meganisme' • Hy het geglo dat seker emosies ontlok kan word deur die gebruik van seker spier bewegings • Hy het Stanislavski se oortuiging van interne motivering uitgedaag • Die teaterontdekking was 'n praktiese manier van optrede en verhoogaanbieding • Stelle het bestaan uit strukture, platforms, wiele, trappe en masjiendele • Die groteske is gebruik om die menslike kondisie te weerspieël Dadaïsme: • Gepoog om waansinnigheid en chaos te ondersoek • Het die manier waarop mense die gemeenskap ervaar weerspieël • Daar was geen waarheid of orde om betekenis vir 'n mens se bestaan te skep nie • Optredes was gewoonlik gedigte wat gebruik gemaak het van klanke wat saam geslinger is • Uitgebeeld dat daar geen betekenis in realiteit of interaksies is nie • Gehore kon nie sin maak van die optredes nie Surrealisme: • Dadaïsme was geabsorbeer in die nuwe beweging • Die ontwikkeling het hoofsaaklik in Frankryk begin • Staan ook beken as Super-Realisme en staan Realisme teen. Die Surrealistiese kunstenaar was opsoek na artistieke waarhede • Daar is gepoog om 'n ware uitbeelding van realiteit te kry • Hulle het dit bereik deur bekende menslike kondisies met ongewone omstandighede teen mekaar te stel • Die samesyn van die gewone realiteit was gebreek • Alledaagse logika is verwerp • Jean Cocteau was die belangrikste teaterpraktisyn van Surrealisme • Antontin Artaud het ook groot invloed gelewer en hy het nuwe ruimtes gebruik om die tradisionele teater geboue te vervang • Hy het skerp beligting, skril klankeffekte en die stem gebruik om harmonie of wanbalans te skep. Dit het bekend gestaan as 'Teater van Wreedheid' • Dit was 'n teaterstyl gevul met spektakel • Dit was seremonies met aspekte van geloofsrituele (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 38 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 8.3 Nasieners aanvaar enige relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip, ontleding en evaluering oor of BRON H 'n gepaste prent is om te gebruik is die les toon Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn Die visuele beelde is gepas om te gebruik in my les omdat: • Dit prente uitlig wat vyf van die ismes weerspieël, wat die klas dan 'n visuele stimulus gee vir hulle eie kritiese refleksie oor die 'ismes' • Dit is helder, kleurvol en mooi om na te kyk • Dit bevat inligting oor die 'ismes' • Die opskrif is vetgedruk en duidelik Kandidate kan na die beelde in die visueel verwys, en hoe dit gepas is, bv. Die koerante in die agtergrong: Verteenwoordig die media wat hulle waarheid verkoop. Dit is soms betekenisloos en sensasioneel • Kan die viering van die mensdom verteenwoordig, of die dood van die mensdom, afhangende van die verslag Nasienersnota: • Kandidate kan ook motiveer dat die beeld nie gepas is vir die les nie. Ken punte toe vir goed gemotiveerde antwoorde (4) 8.4 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en ontleding toon, oor hoe karakters, stel, intrige, temas en verhoog van Realisme in die Teater verskil van die 'ismes'. Ken volpunte toe volgens: • Twee punte vir elke element: karakters, stel, intrige, temas en verhoog Die volgende is 'n riglyn Die verskil tussen Realisme in die Teater en die 'ismes': Realisme in Teater: Karakters: • Is geronde karakters met 'n agtergrond • Is mense wat jy in die alledaagse lewe sal kry Stel: • Is 'n boksstel • Is driedimensioneel met baie aandag aan detail om die stel so realisties as moontlik te maak as 'n omgewing waarin die handeling kan plaasvind Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 39 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne Intrige: • Is lineêr, logies en het 'n kronologiese ontwikkeling • Het 'n toneelmatige struktuur wat gebruik maak van 'n duidelike eksposisie, oorsaak tot gevolg- stygende aksie, klimaks en denouement/afsluiting Temas: • Het sielkundige en fisiese probleme in die gemeenskap uitgebeeld, bv. Egskeiding, familie konflik, ens. • Weerspieël 'n stukkie van die lewe (slice of life), iets wat die meerderheid mense in die tydperk ervaar het Verhoog: • Proscenium boog • Vleuels • Beligting versteek 'Ismes': Karakters: • Is soms twee dimensioneel, met geen agtergrond of persoonlikheid nie • Is soms vreemd en tree op in 'n onlogiese manier bv. Die manier hoe hulle loop of praat • Kan simbole wees vir die innerlike lewe van die skrywer • Is verteenwoordigend Stel: • Is gewoonlik leeg, en maak gebruik van teater-in-die-rondte of Oop verhoog • Bevat oordrewe en verwronge elemente. Prent-agtig, verskillende vlakke word gebruik. Was ontwerp om gedagtes en gevoelens na vore te bring. Alle teaterelemente is gebruik om gevoelens by die gehoor uit te lok Intrige: • Is vaag, onduidelik en gereeld siklies • Kan episodies en onlogies wees • Sommige toneelstukke het geen intrige nie Temas: • Ondersoek die idees van spiritualiteit, lot en die onderbewussyn • Beeld emosionele en sielkunde toestande uit • Weerspieël betekenisloosheid, absurditeit, isolasie en hartseer • Het moontlik geen antwoorde oor die lewe nie, maar fokus eerder op die onvoorkombare aftakeling van idees, beklemtoon die te kort aan menslike vryheid, isolasie en die gesoek na betekenis in 'n skynbare onbelangstellende wêreld Verhoog: • Eksperimentele verhoog, bv. Oop verhoog • Gehoor omring soms die aksie • Tegniese elemente is nie altyd versteek nie (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 40 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne VRAAG 9 9.1 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip toon, van kwessies wat uitgelig word in gemeenskappe Ken volpunte toe vir: • 'n Frase of sin Die volgende is 'n riglyn Hoofkwessies of probleme wat beklemtoon kan word, sluit in: • Mensehandel • Misdaad • Dwelm en alkohol misbruik • Huishoudelike geweld • Slegte behuising en sanitasie • Waterskaarstes en elektrisiteit-tekorte/beurtkrag (2) 9.2 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis en begrip toon, van die begin, middel en einde van die sinopsis/idee. Ken volpunte toe vir: • Merk holisties Die volgende is 'n riglyn: Bv. Storie oor mensehandel: Begin: • In die verre Noord-Wes van Suid-Afrika het twee susters gewoon. Hulle was beide baie hardwerkend. Hulle het daagliks skool bygewoon en goeie punte gekry. Hulle was nie bewus van die gevare wat om hulle was nie Middel: • Eendag het 'n man skool toe gekom, vermom as 'n model-agent opsoek na potensiële internasionale modelle. Hulle ouers was so opgewonde dat beide die susters gekies is vir die wonderlike geleentheid. Toestemming is vir hulle toegestaan om skool te verlaat en aanlyn te studeer. Hulle het gegroet op OR Tambo lughawe en het toe gevlieg om met hul belowende toekoms te begin Einde: • Niemand het besef dat hulle die slagoffers van mensehandel was nie. Hulle (6) is nooit weer gesien nie 9.3 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis en begrip toon van 'n relevante titel Ken volpunte toe vir: • Aanvaarbare titel Titels vir die toneelstukke kan insluit: • Hou op boelie, wees vriendelik • Romeo en Juliet herskryf (2) • Dwelms maak dood Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 41 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 9.4 9.4.1 Nasieners aanvaar enige relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip toon, van ń gepaste opveoeringstyl Ken volpunte toe vir: • Merk holisties Moontlike opvoeringstyle mag insluit: • Teater van die Absurde • Realisme in die Teater • Arm Teater (2) 9.4.2 Nasieners aanvaar relevante en gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip toon van die teikengehoor. Ken volpunte toe vir: • Merkers gebruik oordeel om te verseker die teikengehoor aansluit by die titel of die synopsis/idee Die teikengehoor vir n toneelstuk oor mensehandel mag die voldende insluit bv.: Kinders by die skool • Sodat hulle hulleself kan beskerm teen ontvoering en sodat hulle bewus kan word van die gevare in gemeenskappe Gemeenskapslede • Sodat hulle aangemoedig kan word om nie weg te kyk nie en om bewus te wees van die kwessie van mensehandel te stop (2) 9.4.3 Nasieners aanvaar enige relevante antwoorde wat kennis en begrip, toon, van rekwisiete, dekorstel en kostuums Ken volpunte toe vir: • Merkers gebruik oordeel om te verseker dat die rekwisiete, stel en kostuums by die titel of die sinopsis/idee aansluit (4) 9.4.4 Nasieners aanvaar enige relevante antwoorde wat kennis en begrip toon van tegniese aspekte vir die opvoering Ken volpunte toe vir: • Merkers gebruik oordeel om te verseker dat die tegniese elemente by die titel of die sinopsis/idee aansluit (2) [20] TOTAAL AFDELING D: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne BYLAE A: RUBRIEK VIR VRAAG 2, 3, 4, 5, 6 EN 7: 10 PUNTE Nasieners moet opgelei word oor hoe om al ses die kognitiewe vlakke asook die vier denkprosesse te gebruik en toe te pas om die kandidaat se prestasie te meet. BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT TOON 'N VERMOË OM Uitstaande • Kognitiewe vlakke en denkproses: Verander, lewer opnuut 'n uitstaande vlak met denke op 'n metakognitiewe vlak Metakognitiewe • Die antwoord: Denke 9–10 Skep, kontekstualiseer en gee 'n antwoord op 'n oorspronklike oor wyse en op 'n uitstaande vlak Kennis • Voorbeelde: Verskaf en evalueer 'n uitgebreide reeks insiggewende Skep teoretiese en estetiese voorbeelde Verdienstelik • Kognitiewe vlakke en denkproses: Evalueer en kom tot gevolgtrekking op verdienstelike vlak met Proseduriële- denke op 'n prosedurevlak Denke • Die antwoord: oor 7–8 Ondersoek, kontekstualiseer en gee 'n interessante antwoord op Kennis 'n oorspronklike manier op 'n verdienstelike vlak • Voorbeelde: Evalueer Verskaf analise van 'n wye reeks insiggewend gekose teoretiese en estetiese voorbeelde Gemiddeld • Kognitiewe vlakke en denkproses: Doen navraag, kontrasteer op gemiddelde vlak met denke op 'n Konseptuele konseptuele vlak Denke • Die antwoord: 5–6 oor Ondersoek, kontekstualiseer en gee 'n antwoord op 'n Kennis gemiddelde vlak • Voorbeelde: Analiseer Verskaf en ondersoek voorbeelde Elementêr • Kognitiewe vlakke en denkproses: Identifiseer, organiseer en interpreteer op 'n elementêre vlak met Feitelike denke op 'n feitelike vlak Denke • Die antwoord: 3–4 oor Verstaan en gee 'n reguit en voorspelbare antwoord op 'n Kennis elementêre vlak • Voorbeelde: Toepas Verskaf 'n paar voorbeelde Behaal • Kognitiewe vlakke en denkproses: Identifiseer en noem op 'n basiese vlak met basiese denke op 'n Feitelike feitelike vlak Denke • Die antwoord: oor 1–2 Verstaan en verskaf 'n antwoord met 'n paar reguit basiese feite Kennis • Voorbeelde: Verskaf verkeerde voorbeelde of geen voorbeelde Verstaan/Begrip Nie behaal nie • Kognitiewe vlakke en denkproses: Geen identifikasie of noem nie en sonder denke Feitelike • Die antwoord: Denke Geen begrip van die vraag en verskaf feite wat nie met die vraag 0 oor verband hou nie Kennis • Voorbeelde: Verskaf geen voorbeelde nie Onthou Kopiereg voorbehou
Dramatiese Kunste DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne BYLAE B: BLOOM SE TAKSONOMIE Klassifiseringstelsel om verskillende vlakke van mensekennis te definieer en te onderskei Nasieners moet opgelei word oor hoe om al ses die kognitiewe vlakke asook die vier denkvlakke te gebruik en toe te pas om kandidate se prestasie te meet. DIE DIE KOGNITIEWEPROSES-DIMENSIE: 6 KOGNITIEWE VLAKKE KENNIS- Onthou Verstaan Toepassing Ontleding Evaluering Skep DIMENSIE Feitelik Noem Opsom Reageer Kies Gaan na vir Ontwikkel 4 DENK- Konseptueel Herken Klassifiseer Verskaf Onderskei Bepaal Stel saam PROSES- Prosedure Herroep Verklaar Uitvoer Integreer Beoordeel Ontwerp VLAKKE Metakognitiewe Identifiseer Voorspel Gebruik Dekonstrueer Besin Skep 1. Onthou Herwin gememoriseerde inligting, kennis, feite, definisies, lyste, konvensies, neigings, reekse, klassifikasies, kategorieë, kriteria, metodologie en maniere/wyses om met spesifisiteite van die universele, abstraksiebeginsels, veralgemenings, teorieë en struktuur te hanteer Noem Spesifiseer (tyd of plek) as iets gewens, voorgestel of op besluit word Om te identifiseer, spesifiseer of by naam noem Identifiseer Om 'n probleem, behoefte, feit, ens. te herken en te toon wat dit is en dat dit bestaan Om te bewys wie of wat iemand of iets is Kies Kies noukeurig, bepaal of besluit dat dit die beste of geskikste is 2. Verstaan Konstrueer betekenis uit verskillende tipes kennis, organiseer, vergelyk, vertaal, interpreteer en haal uit Verduidelik Maak iets duidelik, maklik om te verstaan deur dit in meer besonderhede te beskryf of om relevante feite of inligting daaroor te onthul. Gee 'n rede om te regverdig of te verontskuldig ('n aksie of gebeurtenis) Beskryf Om 'n gedetailleerde beskrywing van iets te gee, te vertel, te beskryf, uit te druk Motiveer Gee 'n rede, bied feite en argumente aan om iets te ondersteun, noem iets 3. Toepassing Om 'n prosedure uit te voer, te implementeer of te gebruik om 'n probleem in 'n nuwe situasie op te los of te ontwikkel deur toepassing van verworwe kennis, feite, reëls, tegnieke Voorstel Lei tot, argumenteer, toon, wys, dui aan dat (iets) bestaan of die geval is Vir oorweging voorstel Om 'n idee, moontlike plan of aksie aan ander mense te noem vir oorweging Om 'n idee uit te dink/voort te bring 4. Ontleding Breek inligting in dele op. Bepaal hoe die dele verwant is deur identifisering, onderskeiding of organisering van elemente, verhoudings, beginsels, motiewe, doelwitte of oorsake. Maak afleidings/gevolgtrekkings en vind bewyse om veralgemenings te ondersteun. Reageer/Antwoord Antwoord/Reageer in woorde Bespreek Skryf oor ('n onderwerp) in besonderhede, neem verskillende kwessies of idees of menings/opinies wat daarmee verband hou, in ag of oorweeg dit Skryf Skryf, stel saam, produseer Ontleed Ondersoek iets metodies en in besonderhede, tipies om te ontdek, te verduidelik en te interpreteer Oorweeg Dink aandagtig oor iets, tipies voordat 'n besluit geneem word of 'n oordeel/keuse gemaak word 5. Evaluering Om opinies/menings aan te bied en te verdedig deur oordele oor inligting, geldigheid van idees, of gehalte van werk te maak gebaseer op 'n stel kriteria en standaarde met behulp van kontrolering/nagaan en kritiek Evalueer Om die betekenis/belangrikheid, waarde, doel of toestand van iets deur noukeurige waardebepaling en studie te bepaal, te beoordeel, ten einde te verstaan/begryp, te interpreteer of te lei 6. Skep Gebruik kreatiewe individuele insig en gedagtes om inligting te herorganiseer en saam te stel deur die ontwikkeling, beplanning en skep van 'n nuwe patroon, produk of struktuur Skep Ontwikkel uit eie denke of verbeelding, as 'n kunswerk, 'n uitvinding of iets nuuts Gee aanleiding tot ontstaan/oorsprong Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Dramatic Arts

View all