You're offline
Skip to content
Memorandum

Dramatic Arts Nov 2018 FINAL Memo Afr hlayiso.com . hlayiso.com

Subject: Dramatic ArtsGrade 12201841 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 DRAMATIESE KUNSTE NOVEMBER 2018 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie riglyne bestaan uit 38 bladsye wat 3 bylaes insluit. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 2 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne ALGEMENE AANTEKENINGE VIR DIE HOOFNASIENER EN NASIENERS 1. Die doel van assesserings-/eksamenprosesse is nie net om die 'onthou' van kennis onderrig en geleer op elk van die 6 kognitiewe kennisvlakke te bepaal nie, maar ook om die kompleksiteit van die denkproses wat die kandidaat toepas op die kennis wat uit die geheue herwin is, te bepaal. Die instrument wat gebruik word om hierdie twee komponente te assesseer, is Anderson en Krathwohl se hersiene Blooms se Taksonomie. • 6 kognitiewe moeilikheidsvlakke • 4 kompleksiteitsdenkprosesse 2. Die nasienriglynbesprekingsforum voordat nasien begin, kan nie genoegsaam alle antwoorde voorspel nie. Provinsiale nasieners moet dit in ag neem en oop wees vir kandidate se antwoorde. Maak seker dat verskillende onderrigstyle nie die leerder/kandidaat benadeel nie. 3. Gebruik die eerste dag om die kwaliteit en hoeveelheid bewyse in die nasienriglyne te evalueer, die vereiste antwoorde te standaardiseer en om algemene definisies en begrippe te vind. Assimileer die: • Verwagte antwoorde op elke vraag • Die kognitiewe moeilikheidsvlak vereis van die kandidaat • Die tipe denkproses en -kompleksiteit wat van die kandidaat verwag word • Aksiewerkwoorde gebruik by elk van die kognitiewe vlakke en die tipes bewyse vereis (feite, konsepte, prosesse en denke) • Verwys na die bylaes aan die einde van die nasienriglyne 4. As die nasienriglyn nie duidelike riglyne verskaf nie, moet 'n nasiener, met kort kommentaar, aandui waarom punte toegeken moet word of nie. 5. Maak 'n duidelike merkie langs die betrokke aspekte ten opsigte van kognitiewe vlak/kompleksiteitsdenkproses/konsep/inhoud/vaardighede/kennis wanneer 'n punt toegeken word. Nasieners moet aktief by die antwoord betrokke wees. • Verwys na die bylaes aan die einde van die nasienriglyne 6. Daar moet gedurende die nasienproses etlike konsultasierondtes wees om te verseker dat nasien gestandaardiseer is. 7. Waar 'n kandidaat meer as die voorgestelde getal woorde geskryf het, moet hy/sy nie penaliseer word nie (bv. opstelvraag). 8. Sien globaal na waar moontlik. Nasieners aanvaar enige korrekte, relevante en goed gemotiveerde antwoorde. 9. Nasieners moet seker maak dat die kandidate se antwoorde ooreenstem met die KABV-dokument se Breë Onderwerpe en Onderwerpe. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 3 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne STANDAARDISERING VAN NASIEN IN AL DIE PROVINSIES Nasien van Opstel- en Antwoordvrae Die hoofnasiener in elke provinsie moet die paradigma waaruit die vrae en die bygaande nasienriglyne ontwerp en opgestel is: 1. Inhoudsmoeilikheidsgraad: Hoe kompleks is die ontwerp van die vraag? Word die inhoud op die korrekte vlak geassesseer? 2. Taakmoeilikheidsgraad: Wat is die kognitiewe vlak en denkproses wat van die kandidaat verwag word? 3. Stimulusmoeilikheidsgraad: Hoe moeilik of maklik is dit om die bron te verstaan en toe te pas? 4. Moeilikheidsgraad van die antwoord wat verwag word: Wat is die hoeveelheid/aantal (hoeveel) en gehalte/kwaliteit (hoe goed) van die verwagte antwoord wat van die kandidaat vereis word, soos in die nasienriglyne gegee? Is dit in lyn met die item, taak en stimulus? Is die punte toepaslik toegeken en geweeg? –Leong: 2002 Wanneer nasieners aan die begin van die nasienproses opgelei word moet die hoofnasiener in elke provinsie die volgende prosedure volg. Dit sal help met die standaardisering van die puntetoekenning van kandidate se opstelle en antwoorde vir elke deel van die eksamen. Dit sal ook nasionale nasienprosedures, -prosesse en - uitslae standaardiseer. Inleiding tot die Taak • Nasieners lees die taak wat van die item vereis word en som dit op. • Nasieners lees die item en beplan 'n antwoord op die taak. • Nasieners deel antwoordplanne en som verwagtings vir kandidaatantwoorde op/ deel nie net die hoeveelheid (aantal) bewyse nie, maar ook die gehalte van bewyse (hoe goed). Inleiding tot die Rubriek en Ankervraestelle • Opleier hersien rubriek met verwysing na die taak. • Opleier hersien prosedures vir die toeken van holistiese punte (d.i. deur bewyse van die antwoord by die taal van die rubriek te pas en deur alle eienskappe ewe veel te laat weeg). • Opleier lei die hersiening van elke ankervraestel en kommentaar. (LET WEL: Ankervraestelle word in volgorde van hoog na laag in elke puntvlak geplaas.) Oefen Individuele Puntetoekenning • Nasieners ken individueel punte aan 'n pak oefenvraestelle toe. Nasieners moet die vraestelle onafhanklik nasien. • Opleier teken punte aan en lei bespreking. (Oefenvraestelle moet puntetelling en kommentaar bevat.) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 4 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings (30) AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994 (40) AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994 – Kontemporêr (40) AFDELING D: Teatergeskiedenis, Praktiese Begrippe, Inhoud en Vaardighede (40) 2. AFDELING A VRAAG 1 is VERPLIGTEND. Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die betrokke 20ste-eeuse Teaterbeweging. EPIESE TEATER • Caucasian Chalk Circle Bertolt Brecht • Kaukasiese Krytsirkel Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks • Mother Courage Bertolt Brecht • Moeder Courage Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks • The Good Person of Szechwan Bertolt Brecht • Kanna Hy Kô Hystoe Adam Small OF TEATER VAN DIE ABSURDE • Waiting for Godot Samuel Beckett • Afspraak met Godot Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks • Bagasie André P Brink • The Bald Primadonna Eugene Ionesco • Die Kaalkop Primadonna Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks OF POSTMODERNE TEATER • Skrapnel Willem Anker • Top Girls Carol Churchill • Popcorn Ben Elton • Buried Child Sam Shepard 3. AFDELING B Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 2: Woza Albert! Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en Barney Simon OF VRAAG 3: Sophiatown Junction Avenue Teater Company OF VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis 4. AFDELING C Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani OF VRAAG 6: Groundswell Ian Bruce OF VRAAG 7: Mis Reza de Wet 5. AFDELING D Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag (VRAAG 8) wat VERPLIGTEND is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 5 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS VRAAG 1 Die volgende dien as 'n riglyn: Die kandidaat moet: • Hierdie vraag in die vorm van 'n opstel beantwoord • Die toneelteks wat hy/sy bestudeer het, as 'n voorbeeld gebruik • Na een van drie bewegings: Teater van die Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater verwys • Na die bron in sy/haar antwoord verwys b.v.hoe vernuwing in dietoneltuk uitgedruk word om die tydperk en filosofie van die beweging te weerspieël. • Toon dat die vraag en bron in sy/haar opstel ontleed, verstaan en geïntegreer is Die inhoud van die opstel moet die volgende dek: 1. EEN gekose teaterbeweging: o Teater van die Absurde OF o Epiese Teater OF o Postmoderne Teater 2. Die toneelteks bestudeer 3. Die vraag 4. Die bron Nasiener se aantekeninge: • Kandidaat moet toon dat die bogenoemde verstaan, krities ontleed en in die opstel toegepas is • Kennis wat gememoriseer is, moet in 'n oorspronklike argument gekontekstualiseer word wat feitlike, kontekstuele, prosedure- en metakognitiewe denke getoon • Die rubriek op die volgende bladsy is 'n riglyn vir die nasiener om die volgende te assesseer: o Kennisdimensievlakke (onthou, verstaan, toepas, ontleed, evalueer en skep) o Kompleksiteit van denke deur kandidaat getoon (feitelik, konseptueel, prosedure, metakognitief) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 6 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT TOON DIE VOLGENDE: Denkproses: Pas feitlike, konseptuele, prosedure-, en metakognitiewe kennis in die vraag, bron en inhoud toe. Uitstaande • Integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n nuwe, kreatiewe en oorspronklike wyse. • Evalueer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne 27–30 Metakognitiewe in 'n omvattende reeks insiggewend gekose teoretiese, praktiese en estetiese inhoud. 90–100 Kennis • Ontwerp en skep 'n argument volgens 'n nuwe en unieke patroon wat refleksiewe A+ (ondersoek kreatiewe, kritiese en analistiese denke) kreatiewe, kritiese en analitiese denke Skep toon. Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te skep, te herorganiseer, te ontdek, te verander en te verbeter. Denkproses: Ondersoek feitlike, konseptuele, prosedure- en metakognitiewe kennis in die vraag, bron en inhoud en integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n gedifferensieerde, Uitstekend vertolkende en interessante wyse. 24–26 • Beoordeel/Assesseer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander Metakognitiewe 80–89 addisionele bronne in 'n betekenisvolle reeks toepaslik gekose teoretiese, praktiese en Kennis A estetiese inhoud. • Stel 'n argument volgens 'n interessante patroon saam wat reflektiewe (diep denke), Evalueer kritiese en analitiese denke toon. Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te beoordeel, kritiek te lewer, aan te beveel en voor te stel. Denkproses: Ontleed, onderskei en ondersoek feitlike, konseptuele en prosedurekennis in die Verdienstelik vraag, bron en inhoud en integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n gedifferensieerde en vertolkende wyse. 21–23 Prosedure- • Ontleed/Dissekteer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele 70–79 kennis bronne in 'n breë reeks toepaslik gekose teoretiese, praktiese en estetiese inhoud. B • Stel 'n argument saam wat kritiese en analitiese denke toon. Ontleed Kognitiewe vlak: Toon vermoë om gevolgtrekkings te maak, begrippe te dekonstrueer, met mekaar in verband te bring, toe te skryf, te ontdek. Denkproses: Ontleed en onderskei feitlike, konseptuele en prosedurekennis in die vraag, bron Wesenlik en inhoud. Integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n georganiseerde, 18–20 gedifferensieerde en verklarende wyse. Prosedure- 60–69 • Integreer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne in kennis C 'n breë reeks toepaslik gekose teoretiese, praktiese en estetiese inhoud. • Verskaf 'n argument wat kritiese en analitiese denke toon. Toepas Kognitiewe vlak: Toon 'n vermoë om toe te pas, saam te stel en te integreer. Denkproses: Verduidelik, interpreteer en herformuleer feitlike en konseptuele kennis van die Voldoende vraag, bron en inhoud en integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n konvensionele wyse. 15–17 Konseptuele • Interpreteer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne 50–59 Kennis in 'n breë reeks teoretiese, praktiese en estetiese inhoud, voorspelbaar. D • Verskaf 'n argument wat analitiese denke toon. Begrip Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te interpreteer, met mekaar in verband te bring, toe te lig, te klassifiseer, op te som, te vergelyk en te verduidelik. Denkproses: Verduidelik en interpreteer feitlike en konseptuele kennis van die vraag, bron en Gemiddeld inhoud. Integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n gedifferensieerde wyse. 12–14 • Verduidelik voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne Konseptuele 40–49 in 'n voorspelbare reeks teoretiese, praktiese en estetiese inhoud. Kennis E • Skryf 'n verduideliking in voorspelbare/algemene denkprosesse. Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te interpreteer, met mekaar in verband te bring, toe te lig, Begrip klassifiseer, op te som, te vergelyk en te verduidelik. Denkproses: Definieer en pas kennis uit geheue toe. Integreer die vereistes van die vraag en Elementêr bron op 'n ongekompliseerde/reguit/fundamentele vlak op 'n algemene wyse. 10–11 • Kies voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne in 'n Feitlike 30–39 beperkte reeks teoretiese, praktiese en estetiese inhoud. Kennis F • Skryf 'n verduideliking met voorspelbare denkprosesse. Kognitiewe vlak: Toon elementêre vermoë om probleem op te los, te identifiseer, te noem, in Onthou verband te bring, te definieer. Nie Behaal Nie Denkproses: Onthou en pas kennis uit geheue toe. Probeer om vraag en bron te integreer, maar toon beperkte tot basiese vermoë om die vereistes van die vraag en aanhaling op te los. 1–9 Feitlike • Kies voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne in 'n 20–29 Kennis beperkte, voorspelbare reeks teoretiese, praktiese en estetiese inhoud. G Kognitiewe vlak: Toon beperkte vermoë om te identifiseer, te noem, in verband te bring en te Onthou definieer. Nie Behaal Nie Denkproses: Toon geen begrip van die vraag of bron nie, kan nie opstel skryf nie, gee geen voorbeelde uit die toneelteks van die teaterbeweging. OF Feitlike 0 • Bied feite aan wat nie verband met vraag het nie. OF Kennis H • Nie in staat om te identifiseer, te noem, in verband te bring, te definieer nie. Kognitiewe vlak: Bied gememoriseerde inligting en inhoud aan wat nie die vraag antwoord nie. Onthou Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 7 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne Die volgende is algemene inligting oor die teaterbewegings. ALGEMEEN TOT AL DRIE TEATERBEWEGINGS WW1: Russiese revolusie, die groot depressie, die rise van diktatorskap, kapitalisme WW2: Europa and die ‘Pacific countries’/Stille Oseaan lande, Holocaust, ‘new age’, na- oorlogse wêreldse visie en die koue oorlog. EPIESE TEATER Bedoeling en doel: • Distansieer die gehoor (emosioneel) • Moedig die gehoor aan om die wêreld waarin hulle leef meer krities en duideliker te beskou eerder as om hulle oortuigings as vanselfsprekend te beskou • Maak duidelike onderskeid tussen 'n Illusieteater ('Dramatiese' Teater) en Epiese Teater • Teen die idee van skynvertoon ('pretence') gekant ('n tipiese kenmerk van Realisme), beeld eerder die ongevoeligheid van die werklike lewe uit • Toeskouers moet deur die hele toneelstuk bedag/op hulle hoede wees • Verwyder die 'illusie' van Realisme • Gebruik verskillende tegnieke om die gehoor te vervreem – verskil tussen wat hulle op verhoog sien en dit wat werklik is Tegnieke: • 'Verfremdungseffekt' of vervreemding distansieer gehore van die aksie op die verhoog • Musiek moet noemenswaardige kommentaar lewer op die handeling, bv. in Moeder Courage waar die ironies bitter woorde van 'n liedjie wat oor die karakter se geleidelike morele agteruitgang handel, doelbewus op 'n soet, sorgelose wysie getoonset is. Die onversoenbaarheid van die wysie en die woorde dwing die gehoor om oor die ware betekenis van die liedjie na te dink • Liedjies wat tussen tonele geplaas word om die gehoor te vertel wat moet gebeur voor dit plaasvind • Verhoogruimte is nie spesifiek nie • Dekorstelle is eenvoudig en simbolies • Teater wat die handelinge wat aangebied word, 'vreemd' moet maak • Historifikasie – die dramaturg moet die 'verledenheid' van die gebeure beklemtoon deur dit van die hede te skei Gehoorreaksie: • Toeskouer moet dink dat indien hy/sy dieselfde toestande getoon het as dié wat in die toneel ervaar is, hy/sy anders sou opgetree het as gevolg van die lesse wat geleer is • Toeskouers oorweeg wat hulle sou gedoen het om 'n positiewe verskil te maak • Toeskouer moet geïnspireer wees om soortgelyke waardevolle maatskaplike/sosiale veranderinge met betrekking tot die huidige stand van sake te maak • Toeskouer word aangemoedig om maatskaplike/sosiale hervormings in sy/haar gemeenskap of omgewing in te stel TEATER VAN DIE ABSURDE Die Absurdistiese wêreld: • Lyk asof daar geen ware orde of betekenis is nie • Bied die gehoor 'n eksistensialistiese standpunt van die buitewêreld • Forseer die gehoor om hulle betekenis in die wêreld te bevraagteken • Het geen definitiewe, spesifieke of herkenbare bestaan nie • Stel voor dat mense is wat hulle van hulleself maak • Stel voor dat mense deur hulle handelinge en keuses gekenmerk word Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 8 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne • Het 'n pessimistiese beskouing van die menslike lewenstryd • Is hoofsaaklik met die mens se soeke na betekenis gemoeid Karakters: • Is nie vas/konsekwent nie • Verteenwoordig die mensdom, terwyl hulle self niks is nie • Bestaan in 'n droewige wêreld sonder betekenis • Is verlore, verward • Alle handelinge/aksies is waardeloos en absurd • Nar-agtig • Bly bymekaar omdat hulle bang is om in so 'n onverstaanbare wêreld alleen te wees • Gebrek aan identiteit– vervelig, oninteressant en sonder diepte • Vol foute • Nie goed afgerond nie – het geen verlede nie en die gehoor kry weinig aanduiding van wat die toekoms kan wees • Bly staties en toon geen ontwikkeling nie • Kom oor as afstootlik, pateties, ongelukkig en onbevoeg • Kom voor as emosioneel leeg • Hulle eienskappe word oordryf • Word gebruik om Absurdiste se standpunte oor die menslike toestand uit te druk • Is onderling afhanklik • Is sosiale marionette' • Voer tweeman-optredes op Taal en dialoog: • Dui daarop dat mense nie met kommunikasie bedrewe is nie • Tree as hindernis tot kommunikasie op • Isoleer die individu nog meer • Toon dat taal/spraak feitlik waardeloos is • Bevraagteken die waarde van taal • Het vermoë om te kommunikeer verloor • Kommunikasiepogings 'disintegreer' dikwels van clichés tot betekenislose lettergrepe • Onvermoë van taal om gaping tussen die karakters te oorbrug • Uitbeelding van ontmensliking, outomatisering en betekenisloosheid van menslike bestaan • Bied die onverwagte, die bisarre en die absurde aan • Gebruik stilte eerder as die gesproke woord • Bevat betekenislose gesprekke • Is 'uit gewoonte' en oppervlakkig • Word beskou as 'n ontsnapping aan die verveligheid van die lewe • Skep/Bou nuwe woorde • Bevat banale alledaagse gesprekke gemeng met literêre taal, dubbele betekenisse, clichés, sleng en herhalings deurspek met poëtiese taal • Uitbeelding van herhalende dialoogstyl om sikliese aard van die lewe te beklemtoon Temas ondersoek en toon die: • Tydelikheid en verganklikheid van tyd • Tragiese gesukkel om van jou self bewus te word in die genadelose proses van vernuwing en vernietiging wat in die lewe plaasvind • Verandering van tyd • Hindernisse tot kommunikasie • Nimmereindigende soeke na die werklikheid (realiteit) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 9 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne • Tragiese aard van verhoudings • Mens se angs in die aanskyn van totale betekenisloosheid • Angs (eksistensiële angs) • Isolasie en eensaamheid van die mens, verlore in 'n wêreld waarin God hom verlaat het • Illusie dat wetenskap en rasionele denke antwoorde of betekenis gee POSTMODERNISME Die Postmoderne wêreld: • Verwerp die sekerhede van die Moderne Tydperk • Bevat geen groot narratief/vertelling of enkele waarheid nie • Verwerp die idee dat daar 'n dominante stel oortuigings of 'n netjiese oplossing is • 'Vernietig' die 'waarheid' • Verwelkom veelvuldige standpunte, perspektiewe, realiteite • Sluit kuns, teater, argitektuur, musiek, rolprente, letterkunde, modes, TV en ander vorms van uitdrukking in • Leen by 'n reeks verskillende style • Verwerp die idee van 'hoë kuns' en 'lae kuns' • Verwelkom avant-garde-(toekomsgerigte/aktivistiese denke) eksperimentele teater • Skryf nie 'suiwerheid' in kuns voor nie • Is sterk teen hoë kuns gekant ('Trashes high art') • Het nie vaste manier om kuns te skep nie • Beweeg in die rigting van 'n meer subjektiewe opinie/mening • Meen dat kultuur aan almal behoort • Dekonstrueer ('n manier om vasgestelde idees uitmekaar te haal en weer op 'n nuwe, ontwrigte/verdeelde en deurmekaar manier aanmekaar te sit) idees, beelde en konstrukte/konsepte • Weerspreek idees, beelde en konstrukte/konsepte • Skryf nie 'n betekenis, standpunt of perspektief voor nie • Meen dat elke individuele kyker sy/haar eie unieke betekenis skep • Besin en vier die malligheid en chaotiese leefwyse in 'n Populêre kultuur • Geniet nonsenskuns, -idees, -konstrukte/-konsepte en -teorieë • Sien ironie en humor • Beklemtoon HOE dinge gesien word, eerder as WAT gesien word Pastiches • Is 'n tegniek in visuele kunste waar verskillende beelde, mediavorms, ens. saamgeflans word om een stuk te vorm • Gebruik verwysings en verskeie lae, verskillende tekste en beelde • Gebruik Metateater/-teks • Herinner kykers daaraan dat hulle in die teater is • Bevat karakters wat uit karakter kan tree en met die gehoor kan kommunikeer • Is die kunswerk wat oor homself besin • Konstruksie is nie-lineêr • Is refleksief/besinnend • Is periferaal, nie-essensieel • Bevat teorieë of idees • Is gebroke • Kan met baie standpunte en teenstrydige/botsende stemme oorvleuel Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 10 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne Opvoerings is: • Die hooffokus • Die hoofproses • Nie in 'n manuskrip/teks vasgelê nie, omdat dit uit beelde, klanke en multimedia bestaan Repetisieprosesse is: • Geïmproviseer • Verander • Hersien • Op datum gebring/Bygewerk • Voortdurend tydens optrede/opvoering omskep Gehoor is: • 'n Belangrike aktiewe element • Dikwels by die dialoog betrek Toneeltekste: • Het nie 'n duidelike begin, middel of einde nie • Maak die manuskrip/teks net die beginpunt • Het onbeantwoorde vrae Tekste (visueel, gehoor, die menslike liggaam, ens.): • Kyk na temas of teatertegnieke/-middele • Laat die toneelstuk se einde oop • Verwelkom die idee dat die gehoor hul eie betekenis skep • Vra meer vrae as wat beantwoord word • Bevat visuele beelde en nie-gesproke aksies/handelinge • Dekonstrueer 'n waarheid en aanvaar nie net een realiteit nie • Gebruik tyd, ruimte en struktuur om die gedekonstrueerde of gedefragmenteerde storie of intrige te eggo • Het nie noodwendig werklike mense nie • Bevat karakters en mense wat bloot 'n verteenwoordiging van gefragmenteerde idees is • Begin dikwels op 'n realistiese punt, maar ontrafel en die aksie word onwerklik soos wat die toneelstuk ontwikkel TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 11 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994 Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord. VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN BARNEY SIMON 2.1 Ken volpunte toe vir: • Een goed gemotiveerde stelling OF • Twee aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: • Albert Luthuli was een van die helde van die stryd teen apartheid en dit is gepas om aan hom erkenning te gee • Die naam Albert het baie konnotasies, soos Albertstraat in Johannesburg waar werkspermitte uitgereik is • Die herhaling van die woord ‘Woza’ beklemtoon die nuwe produksie en huts die gehoor aan om te kom kyk. • Dit is ook ‘n herhinnering na die vorige produksie, diende dat ‘Woza’ ook beteken “Kom/Staan op”. Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. (2) 2.2 Ken volpunte toe vir: • Drie goed gemotiveerde stellings OF • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Die reklametoer: • Dit is 'n prettige manier om buite die klaskamer kennis oor te dra en te leer • Leerders word op 'n meer persoonlike vlak betrek omdat kwessies vir hulle tydens hulle eie optrede relevant gemaak word • Moedig portuuronderrig en -leer aan • Maak dit oop vir bespreking onder die leerders omdat hulle dalk van verskillende interpretasies en perspektiewe bewus kan wees • Moedig leerderdeelname aan • Help leerders om die inhoud te onthou • Moedig leerders aan om na 'n lewendige opvoering te kyk, want dit is onmiddellik en visueel en bly in die geheue van die gehore wat daarna kyk en die toepassing van bladsy na verhooog word gesien. • Help leerders om te verstaan hoe ‘n ‘roadshow/reklametoer’ werk • Sal leerders help om die funksies en praktyke van Arm teater te verstaan • Verbeter toneelspel • Help met ‘n beter begrip van die geskiedenis van die apartheidsera Aanvaar antwoorde van die akteurs se siening of gehoor. Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 12 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne 2.3 Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees • Kandidaat kan redes gee vir of teen die effektiwiteit van die plakkaat Die volgende is 'n riglyn: Vir: Die plakkaat: • Bevat visuele en verbale ontwerp aspekte wat relevante inligting van die produksie bevat. • Is relevant want dit bevat party van die temas wat in die toneelstuk gevind word • Vang die oog want daar word interessante kleure, vorms en woorde/idees gebruik wat met die toneelstuk verband hou • Gee die relevante inligting oor die toneelstuk en wat verwag moet word • Praat direk met die relevante teikengehoor, bv. graad 12-leerders wat die toneelstuk bestudeer Teen: Die plakkaat: • Bevat ontwerp elemente wat nie vir die reklame van die produksie weergee nie. • Is nie kleurvol nie, trek nie die aandag nie • Bestaan uit onnodige inligting Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. (4) 2.4 Ken volpunte toe vir: • Drie goed gemotiveerde stellings OF • Ses aparte gedagtes/idees • Bevat nie all relevante inligting nie • Tot 4 punte indien daar geen verwysing is na toneelstuk is nie. Die volgende is 'n riglyn: 'Gevreesde Paswet' en 'Gevreesde Dompas': • Is beide temas in die toneelstuk wat die onregverdigheid van die apartheidstelsel onthul • Swart mense is nie toegelaat om vrylik te reis nie en moes te alle tye 'n pasboek dra soos gesien in die eerste toneel • Die toneelstuk beklemtoon die tema van diskriminasie en onregverdigheid aangesien die dra van 'n dompas 'n skending van die vryheid en regte van swart mense was • Verduideliking van die apartheid beleide en wetgewing b.v. die dompas (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 13 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne 2.5 Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Moontlike uitdagings kan insluit: • Tydbeperking m.b.t. repetisies omdat leerders aan vereistes van ander vakke moet aandag gee, sport, vervoerkwessies, ens. • Ekonomiese beperkings, bv. vervoer van stel en rekwisiete, lewensmiddele en vervoer vir rolverdeling en span • Gebrek aan toegewydheid van spanlede omdat nie alle leerders ewe toegewyd oor drama of optrede is nie • Tyd weg van die skool af kan moeilik wees aangesien klasse in vakke nie bygewoon kan word nie, eksamens kan gemis word, ens. • Asgevolg van tydskedules sal eksterne groepe nie toegelaat word nie Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. (4) 2.6 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Sien holisties na. Ken volpunte toe vir: • Vier goed gemotiveerde stellings OF • Agt aparte gedagtes/idees Kandidate moet die volgende beginsels op hulle eie produksie toepas: Dekorstel en rekwisiete: • Stroop van alle onnodige teaterelemente, bv. kostuums, beligting, klankeffekte, grimering, rekwisiete, stel • Stel moet funksioneel (ook om die stemming te stel), eerder as dekoratief. • Geen stel of dekor, in die traditionele sin, slegs ‘n paar funksionele rekwisiete • Uitwis en stroping van die verhoog en die tegniese/teatrale/dramatiese elemente Akteur-gehoor-verhouding: • Uitwis van alle sielkundige blokkasies wat die akteurs verhinder om hulself aan hulle kuns en die gehoor oor te gee – Heilige Akteur • Ruimtelike interaksie van akteurs en gehoor • Enige ruimte kan aangepas word • Gehoor is betrokke en word deur die produksie beïnvloed (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 14 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne 2.7 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk te lei. Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die volgende is 'n riglyn: Die idee van Morena wat terugkeer na Suid-Afrika is sentraal tot die toneel omdat: • Dit was die oorspronklike idee wat ontwikkel het nadat godsdienstige liedjies in 'n bus gesing is wat van 'n toer van Gibson Kente se King Kong teruggekeer het, wat die vraag laat ontstaan het: 'Wat sal gebeur as die Verlosser, Jesus Christus, na 'n apartheid-Suid-Afrika sou terugkeer?' • Die toneelstuk se struktuur is gevorm rondom die vrae oor Morena wat terugkeer Suid-Afrika toe, Sy aankoms en gevolglike dood en opstanding. • Karakters vind deur die hele toneelstuk aansluiting by 'n onsigbare Morena deur hulle erkenning van Sy teenwoordigheid in hulle gesprekke • Morena simboliseer die begeerde vryheid van apartheid Suid Afrika aangesien Morena die Verlosser, Jesus Christus, vryheid van onderdrukking en alles waarvoor Christus staan, verteenwoordig • Morena verenig en mobiliseer die onderdruktes tot aksie omdat die mense voel dat Hy gekom het om hulle van onderdrukking te red • Morena is 'n integrale deel van die hele toneelstuk, die stemming, boodskappe en betekenis omdat die hele toneelstuk draai om die vraag: 'Wat sou jy doen as Morena na Suid-Afrika sou terugkeer?' • ‘n Verwysing mag gemaak work na ironie en skynheiligheid. (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 15 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR DIE JUNCTION AVENUE TEATER COMPANY 3.1 Nasieners aanvaar enige relevante titel met 'n geskikte motivering. Ken soos volg punte toe: • Een punt vir die titel • Een punt vir die motivering (2) 3.2.1 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n begrip toon van 'n toneel uit Sophiatown. Ken volpunte toe vir: • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Ruth se aankoms in Sophiatown: • Verras die inwoners van Mamariti se huis aangesien die familie nie van Jakes se plan bewus was nie • Veroorsaak aan die begin dat Lulu en Princess, Ruth laat onwelkom voel omdat Ruth vir hulle 'n vreemdeling in hulle eie huis is • Wek belangstelling by Mingus en Jakes want sy is van die teenoorgestelde geslag en sy is 'n wit meisie van Yeoville af • Stel iemand 'van buite' aan Sophiatown bekend, iemand uit die noordelike voorstede van Johannesburg (4) 3.2.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Sien holisties na. Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Ruth: • Kan 'n rok vol blomme, plat skoene, 'n halssnoer en 'n somershoed dra • Is van Yeoville af en is moontlik aan die jongste modes in Johannesburg blootgestel Lulu: • Kan haar skooluniform dra wat bestaan uit tuniek, wit hemp, grys kouse en swart skoolskoene (4) 3.2.3 Die kandidaat moet begrip toon van hoe 'n akteur die geloofwaardige vertolking van die rol sou benader. Kan Stanislavski se Stelsel/Metode noem. Ander geloofwaardige, benaderings tot toneelspel, vokale en karakteriseringsmetodes sal erken word. Ken volpunte toe vir: • Drie goed gemotiveerde stellings OF • Ses aparte gedagtes/idees • Merk holisties Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 16 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne Die volgende is 'n riglyn: • Verskuiwing in gedagtes en gevoelens word geloofwaardig weerspieël deur die akteurs se aksies en reaksies op mekaar deur die gebruik van gesigsuitdrukkings en gebare • Die regisseur moet help met die akteurs se begrip van die gedagtes en gevoelens wat op hierdie punt van die toneelstuk die karakters se verhouding weergee en geloofwaardige reaksies by die akteurs uitlok, bv. Mingus se reaksie wanneer Princess besluit om vir 'n Nederlandse fotograaf te poseer. • Die akteurs moet 'in die oomblik' leef en vokale en fisiese reaksies kan daarom van opvoering tot opvoering verskil, maar sal altyd realisties en getrou wees • Stanislavski of enige ander praktisyn se metode kan gegee word Voor repetisies: • Die akteur kan die teks lees om verstaan hoe die karakter reageer en by die aksie van die toneelstuk inpas Waarneming en navorsing: • Die akteur kan die karakter deeglik in die toneelteks analiseer • Verstaan die karakter se doelwitte en motiverings • Deeglike navorsing en waarneming van die karaktertipe Fisiese stand van aksies • Aksies en reaksies moet geloofwaardig wees vir die karakter in die situasie. • Gebruik fisiese aksie (gesigsuitdrukking, postuur, gebare en beweging) op 'n natuurlike en geloofwaardige manier om die lewe van die toneelstuk op die verhoog te skep Vokale uitdrukking • Die akteur moet die illusie van 'n werklike gesprek skep • Lei akteur in die begrip van die gedagtes en gevoelens wat in die akteur se vokale reaksies deur stemhoogte, pas, tempo, volume, ens. weerspieël word Doelwitte en superdoelwitte ('Beat Work') • Verskuiwings in denke en gevoelens moet effektief, realisties en geloofwaardig weergegee/vertolk word • Eenhede en doelwitte moet in die akteur se fisiese en vokale uitdrukking weerspieël word Magiese As ('Magic If') • Die akteur moet speel asof hy/sy die karakter is en daarom kan fisiese en vokale uitdrukking in elke opvoering verskil. Aandagsirkels • Die akteur se fokus moet op die wêreld van die toneelstuk, en nie op die gehoor wees nie. Emosionele geheue Akteur kan persoonlike ervarings en werklike emosies gebruik Opwarmingsoefeninge: • Die akteur kan sy/haar instrument opwarm om aan die fisiese en vokale vereistes van die rol te voldoen • Vokale opwarming, bv. diafragmatiese interkostale asemhaling, resonansieoefeninge (neurie) • Fisiese opwarmoefeninge wat spinale rol vir soepelheid en postuur insluit Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 17 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne 3.3.1 Ken volpunte toe vir: • Drie goed gemotiveerde stellings • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Universele tersaaklikheid/relevansie: • Sophiatown is vandag so tersaaklik soos toe, want die temas, kwessies en karakters verteenwoordig almal die mensdom in sy essensiële tydloosheid, bv. bevooroordeeldheid en liefdesverhoudings • Temas van diskriminasie, bendes, ens. is vandag steeds tersaaklik • Die dinamiese aard van die produksie vermaak en onderrig steeds omdat dit sang, dans, vertelling en 'n verskeidenheid kleurvolle karakters bevat • Dit is 'n lewendige koerant en historiese dokumentêre aantekening van feite vir altyd Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. (6) 3.3.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken punte soos volg toe: • Een punt vir die reklamemiddel/advertensiemiddel • Een punt vir die motivering Die volgende is 'n riglyn: Die reklametoer kan op die volgende maniere geadverteer word: • Sosiale media bv. Facebook, Twitter, WhatsApp • Gedrukte media, bv. koerante, plakkate • Mondelings • Plaaslike radiostasies, onderhoude, geselsprogram, advertensies Motivering: • Gebruik van verskillende mediavorms het potensiaal om meer mense te bereik • Dit is kostedoeltreffend en spaar dus geld (2) 3.4 Ken punte soos volg toe: • Twee punte vir die items gekies EN • Vier punte vir die regverdiging van items Die volgende is 'n riglyn: Die volgende teateritems kan gekies word om die Sophiatown van die 1950s te weerspieël, want dit was toe gewild: • Kontemporêre musiek omdat dit opwindend en pret is • Verskillende inheemse dansstyle wat kan leer en vermaak • Koorwerk wat 'n dinamiese en kragtige vokale invloed kan byvoeg • A capella-sang wat 'n eerlike en opregte stemming aan die produksie te verleen • Jazz-musiek wat die lewenstyl van die plek kan beïnvloed • Amerikaanse dansstyle van daardie tyd, bv. swing en jive wat toe in danssale geniet is • Die kwêlafluitjie wat daardie tyd 'n gewilde en goedkoop musikale instrument was Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 18 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne • Gewilde liedjies van daardie tyd, bv. Pata Pata, liedjies deur Miriam Makeba • Mag ‘n item insluit as ‘n fisiese item, bv. ‘n rekwisiet Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. (6) 3.5 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk te lei. Kandidate se antwoorde moet goed gemotiveerd wees en begrip toon van die sosiopolitieke kwessies en die temas en bied kritieke insig wat 'n persoonlike evaluering weerspieël. Die volgende is 'n riglyn: Sosiopolitieke kwessies in 'n apartheid-Suid-Afrika: • Ongelykheid word uitgebeeld deur die bewegingsbeperking van swart mense. • Inwoners van Sophiatown is nie toegelaat om alkohol in Johannesburg te koop nie as gevolg van die streng apartheidswette • Verhoudings oor die kleurgrens heen is nie toegelaat nie, bv. Ruth en Jakes kon nie in 'n verhouding wees nie want hulle velkleur het verskil (Ontugwet) • Daar is volgens ras aan mense lewensruimte toegeken (Groepsgebiedewet) as gevolg van apartheidswette wat mense volgens ras geskei het. • Hoë werkloosheidskoers het gelei tot die vorming van bendes en 'n toename in misdaad om te oorleef en vir hulle families te sorg Temas: • Bantoe-onderwys word deur Lulu se karakter uitgebeeld. Dit was 'n minderwaardige onderwysstelsel wat daarop gemik was om die meerderheid van die bevolking onderdruk en in dwang te hou • Gedwonge verskuiwings: baie inwoners van Sophiatown wou nie na Meadowlands skuif nie want hulle het alle reg gehad om in hulle eie huise te woon. Hulle het plakkate en geskrewe slagspreuke, soos 'Ons sal nie trek nie', gebruik om te protesteer • Bendes: mededingende bendes het vir beheer oor gebiede en meisies baklei om geld te maak om te oorleef en ook om mekaar te beskerm • Oorbesetting is in Sophiatown as normaal beskou want baie mense is na die plek gelok as gevolg van die lewendige lewenstyl waar verskillende kulture vrylik kon meng en hulle kreatiwiteit, musiek, idees en kultuur kon uitleef • Huiseienaars het hulle agterkamers aan soveel mense uitverhuur as wat hulle eiendomme moontlik kon akkommodeer om geld te maak • Huishoudelike geweld word deur Mingus en Princess se karakters gesien. Mingus mishandel Princess fisies en verbaal omdat hy voel dat hy daarop geregtig is aangesien hy vir haar sorg. Hierdie tipe gedrag toon seksisme en patriargie. Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 19 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS 4.1 Ken punte soos volg toe: • Een punt vir die titel • Een punt vir die motivering Nasieners aanvaar enige relevante titel met 'n geskikte motivering. (2) 4.2.1 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n begrip toon van die toneel wat uit Siener in die Suburbs geneem is. Ken volpunte toe vir: • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Jakes se aanranding van Tiemie: • Tiemie hardloop in die huis in, gevolg deur Jakes want hy is vir haar kwaad omdat sy moontlik met 'n ander man se kind swanger is • Ma word histeries en pleit by Jakes om Tiemie uit te los • Giel besluit hy gaan weg want hy het geld op die perde gewen • Tjokkie pleeg selfmoord (4) 4.2.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Sien holisties na. Ken volpunte toe vir: • Twee: goed beskryfde kostuum OF • Vier: vir aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Jakes: • Kan 'n bedrukte hemp, mouloos wit vessie, jeans en 'n leerbaadjie dra • Is rebels in sy natuur en gedrag Tiemie: • Kan 'n kort somerrok met blomme en plat skoene dra • Is nogal modieus en haar kostuum sal dit reflekteer (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 20 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne 4.2.3 Die kandidaat moet 'n begrip toon van hoe 'n akteur die geloofwaardige vertolking van die rol moet benader. Stanislavski se Stelsel/Metode kan genoem word. Ander geloofwaardige, oorspronklike benaderings tot karakterisering en toneelspel sal erken word. Ken volpunte toe vir: • Drie goed gemotiveerde stellings OF • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Voor repetisies: • Die akteur kan die teks lees om verstaan hoe die karakter reageer en by die aksie van die toneelstuk inpas Waarneming en navorsing: • Die akteur kan die karakter deeglik in die toneelteks analiseer • Verstaan die karakter se doelwitte en motiverings • Deeglike navorsing en waarneming van die karaktertipe Fisiese stand van aksies • Aksies en reaksies moet geloofwaardig wees vir die karakter in die situasie • Gebruik fisiese aksie (gesigsuitdrukking, postuur, gebare en beweging) op 'n natuurlike en geloofwaardige manier om die lewe van die toneelstuk op die verhoog te skep Doelwitte en superdoelwitte ('Beat Work') • Verskuiwings in denke en gevoelens moet effektief, realisties en geloofwaarding weergegee/vertolk word • Eenhede en doelwitte moet in die akteur se fisiese en vokale uitdrukking weerspieël word Vokale uitdrukking • Die akteur moet die illusie van 'n werklike gesprek skep aangesien die toneelstuk realisties is • Lei akteur in die begrip van die gedagtes en gevoelens wat in die akteur se vokale reaksies deur stemhoogte, pas, tempo, volume, ens. weerspieël word Magiese As ('Magic If') • Die akteur moet speel asof hy/sy die karakter is en daarom kan fisiese en vokale uitdrukking in elke opvoering verskil, maar tog altyd geloofwaardig bly Aandagsirkels • Die akteur se fokus moet op die wêreld van die toneelstuk, en nie op die gehoor wees nie. Emosionele geheue Akteur kan persoonlike ervarings en werklike emosies gebruik Opwarmingsoefeninge: • Die akteur kan sy/haar instrument opwarm om aan die fisiese en vokale vereistes van die rol te voldoen • Vokale opwarming, bv. diafragmatiese interkostale asemhaling, resonansieoefeninge (neurie) • Fisiese opwarmoefeninge kan spinale rol vir soepelheid en postuur insluit (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 21 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne 4.3.1 Kandidate mag sê dat dit nie relevant nou is nie (‘of doen dit’ impliseer dat dit moontlik is nie) Aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde soos, mileu, taal en konteks van die karakters mag moontik nie bekend wees aan almal nie. Ken volpunte toe vir: • Drie goed gemotiveerde stellings • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Universele relevansie/tersaaklikheid: • Siener in die Suburbs is vandag net so tersaaklik as wat dit toe was • Temas oor armoede, vryheid, mishandeling, ens. is steeds vandag relevant/tersaaklik. • Die realistiese aard van die toneelstuk (taal, omgewing/agtergrond, karakters, ens.) vind aanklank en is vir alle gehore relevant/tersaaklik (6) 4.3.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken punte soos volg toe: • Een punt vir reklame-/advertensiemiddel • Een punt vir motivering Die volgende is 'n riglyn: Die reklametoer kan op die volgende maniere geadverteer word: • Sosiale media bv. Facebook, Twitter, WhatsApp • Gedrukte media, bv. koerante, plakkate • Mondelings • Plaaslike radiostasies Motivering: • Potensiaal om baie mense te bereik • Kostedoeltreffend (2) 4.4 Kandidate moet 'n begrip toon van die moontlike teaterimpak van die motorfiets in 'n produksie van die toneelstuk. Ken volpunte toe vir: • Drie goed gemotiveerde stellings OR • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Die motorfiets kan die volgende skep: • 'n Gevaarlike atmosfeer want die klank van motorfiets is hard en aggressief wanneer Jakes daarop ry • 'n Intimiderende stemming want dit word op die verhoog uitgebeeld en verteenwoordig Jakes se teenwoordigheid in die toneelstuk. Jakes word as 'n boelie beskou • Die model van die motorfiets wat gekies word, voeg by die karakterisering van Jakes aangesien hy 'n boelie is en mense intimideer om sy sin te kry. Hy boelie Tjokkie om te 'sien'. Hy is verdedigend en sal nie huiwer om geweld te gebruik om sy sin te kry nie Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 22 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne 4.5 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk te lei. Kandidate moet begrip toon van hoe liefde as 'n tema deur die hele toneelstuk resoneer. Die volgende is 'n riglyn: • Dit is duidelik uit Jakes se aksies/handelinge dat hy nie verstaan wat liefde is nie, want hy rand Tiemie aan en gooi die bebloede altaarkleed na Ma toe en sê: 'Daar is jou blêrrie love' • Die boodskap op die altaarkleed, 'God is Liefde', toon dat Ma probeer om volgens hierdie voorbeeld te lewe, anders as die ander karakters, al beskuldig hulle haar dat sy 'n swak rolmodel en 'n vrou met lae morele standaarde is • Ma ervaar persoonlike tragedie want sy probeer om God se liefde in haar soeke na 'n patriarg vir haar gesin te vind • Die verhouding tussen Giel en Ma weerspieël 'n liefde van gerief en oppervlakkigheid omdat Giel weggaan sodra hy op die perde wen • Tiemie en Jakes het net 'n seksuele verhouding en het mekaar nie lief nie. Alhoewel Jakes sê dat hy 'n 'bok vir love' is en voorgee dat vir Tiemie omgee • Fé is lief vir Tjokkie, alhoewel Tjokkie sê dat sy vermoë om te 'sien' belangriker as 'n verhouding met Fé is • Ma is lief vir haar kinders. Sy sal nooit dat Tjokkie tot haar eie voordeel 'sien' nie, want sy weet dat om te 'sien' hom seermaak Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. (10) [40] TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 23 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994–KONTEMPORÊR VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI 5.1.1 Waarheid-en-versoeningskommissie (1) 5.1.2 Thando Makhaya of slegs Thando (1) 5.1.3 Die volgende is 'n riglyn: Amnestie: • Dit is die kwytskelding (vergifnis) van misdrywe • Dit word toegestaan aan skuldiges wat al hulle dade onthul • Laat die skuldiges vry sodra amnestie toegestaan is Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. (2) 5.1.4 Die volgende is 'n riglyn: The Daily Mirror is 'n geskikte titel want: • Dit weerspieël daaglikse lewe en die lewens van die Makhaya-gesin • 'Daily' ('Daagliks') word in die dag-tot-dag-gebeurtenisse weerspieël • Realisme in die teater is 'n 'spieël' ('mirror') vir die lewe • Dit help ons om werklike kwessies te bestudeer Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. (3) 5.2 Nasieners aanvaar anderr korrekte antwoorde Die volgende is 'n riglyn: WVK-sake wat in die toneelstuk genoem word, bv. • Craig Williamson-saak • Chris Hani-saak • Ruth First-saak • 'The Cradock Four'-saak (2) • Pebco drie 5.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die volgende is 'n riglyn: Die toneelstuk sou 'n goeie TV-reeks gewees het want dit bevat elemente van: • Romanse • Liefde • Ongeoorloofde verhoudings tussen familielede • Dood • Intrige • Sensasionalisme • Spanning • Geheime en leuens wat uiteindelik onthul word Karakters: • Steek geheime weg (Sipho) • Is flambojant (Mandisa) • Het verhoudings (Themba) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 24 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne • Word dronk (Sipho) • Is moreel opreg (Thando) • Uitbarstings is dramaties (Sipho sê hy sal die biblioteek opblaas) Situasies: • Is sensasioneel (ongeoorloofde verhouding met Themba) • Is gespanne (wag vir die aankoms van Themba se liggaam) • Is skandalig (Thando is dalk Themba se kind) • Weerspieël konflik in die familie (broer teen broer ens.) Die toneelstuk sal nie 'n goeie sepie maak nie, want dit handel oor: • Sensitiewe sake waar werklike mense betrokke is • Die gruweldade van apartheid en die gevolge daarvan vir gewone mense en die daaglikse stryd wat mense het om te oorleef Karakters: • Leef gewone alledaagse lewens • Verteenwoordig die gewone mense • Handel oor sensitiewe kwessies wat pynlik en werklik is Situasies weerspieël: (4) • Gewone alledaagse situasies waarvoor almal te staan kom • Normale wedywering tussen broers en susters/konflik in die familie (broer teen broer) 5.4 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die volgende is 'n riglyn: Sipho is geskok en kwaad, want: • Verassing is teen sy tradisionele geloof oor begrafnisse aangesien die Afrikastelsel van begrafnis 'n kis en 'n liggaam behels • Hy het verwag om 'n liggaam in 'n kis by die lughawe te kry, en was verbaas om uit te vind daar is geen liggaam om te begrawe nie • Hy is kwaad vir sy familie in Londen dat hulle hom nie in kennis gestel het nie en hy voel dat sy wense nie gehoor of oorweeg is nie • Hy het baie tyd en moeite bestee om die begrafnis voor te berei en te reël (3) 5.5 Kandidate moet 'n begrip toon van hoe om Stanislavski tegnieke toe te pas om vir 'n opvoering voor te berei. Stanislavski se Stelsel/Metode kan genoem word. Ander geloofwaardige, oorspronklike benaderings tot karakterisering en toneelspel sal erken word. Ken volpunte toe vir: • Drie goed gemotiveerde stellings OF • Ses aparte gedagtes/idees gelys en kortliks beskryf Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde Sien holisties na. Die volgende is 'n riglyn: Die akteur kan 'n begrip van die volgende aspekte van Stanislavski se Stelsel weerspieël, bv.: Fisiese stand van aksies Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 25 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne • Aksies en reaksies moet geloofwaardig wees tot die karkater in die situasie • Gebruik fisiese aksie (gesigsuitdrukking, postuur, gebare en beweging) op 'n natuurlike en geloofwaardige manier om die lewe van die toneelstuk op die verhoog te skep Doelwitte en Superdoelwitte ('Beat Work') • Verskuiwings in denke en gevoelens moet effektief, realisties en geloofwaardig weergegee/vertolk word • Eenhede en doelwitte moet in die akteur se fisiese en vokale uitdrukking weerspieël word Vokale Uitdrukking • Die illusie van 'n werklike gesprek word geskep, want die toneelstuk is realisties • Gedagtes en gevoelens moet ontleed en begryp word om in die akteur se stemhoogte, pas, tempo, volume, ens. weerspieël te word Magiese As ('Magic If' • Die akteur moet leef asof hy/sy die karakter is en vokale en fisiese reaksies kan dus van opvoering tot opvoering verskil, maar sal altyd as werklik ervaar word • 'Toneelspel is glo.' Aandagsirkels • Die akteur se fokus moet op die wêreld van die toneelstuk en nie op die gehoor wees nie. Emosionele geheue • Akteur kan persoonlike ervarings en werklike emosies gebruik Opwarmingsoefeninge: • Die akteur kan sy/haar instrument opwarm om aan die fisiese en vokale vereistes van die rol te voldoen • Vokale opwarming, bv. diafragmatiese interkostale asemhaling, resonansieoefeninge (neurie) • Fisiese opwarmoefeninge kan spinale rol vir soepelheid en postuur insluit (6) 5.6 Ken volpunte toe vir: • Drie goed gemotiveerde stellings OR • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Afrika- en Westerse kulturele tradisies en gebruike word weerspieël deur: • Geloofstelsels m.b.t. begrafnisse, bv. Afrikabegrafnisse behels dat die afgestorwene in 'n oop kis geplaas word en dat daar respek betoon word aan die liggaam selfs wanneer hy/sy begrawe word want die voorvaders (die dooies) word nadat hulle dood en begrawe is tydens seremonies en rituele te voorskyn geroep • Huweliksgebruike, soos ilobolo/magadi/mahadi en Westerse huweliksrituele, word in Thando en Mandisa se gesprekke oor kêrels genoem. Waar Mandisa baie kêrels uit verskillende kulturele agtergronde het (bv. Derek Loxworth), is Thando se verhouding met Mpho van lange duur en sy is aan hom verloof en sal volgens tradisionele gebruike met hom trou Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 26 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne • Verwysing na die Nuremberg trial and the TRC in comparison to the Lekgotla (Verskillende geografiese areas mag verskillende woorde gebrurik vir Lekgotla). • Die verhoudings tussen ouers en kinders verskil, soos gesien in Mandisa se oneerbiedigheid teenoor ouer mense, getoon in die wyse waarop sy met Sipho praat en Thando se respekvolle reaksies op Sipho • Afrika- tradisionele kleredrag word in Nandipa se ontwerpe getoon. Thando het 'n rok wat deur Nandipha Kalana ontwerp is en dit verskil van Westerse ontwerp wat Mandisa interesseer want sy is 'n modeontwerpstudent in Londen Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde (6) 5.7 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE B om jou nasienwerk te lei. Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die volgende is 'n riglyn: Kandidate kan op verskillende aspekte van die koerantstimulus in BRON G reageer om die vrae oor sosiopolitieke konteks, onderwerpmateriaal en temas in die toneelstuk te beantwoord. Ken punte toe vir 'n goed geïntegreerde, kreatiewe reaksie op die vraag, wat na Nothing But The Truth verwys. Sosiopolitieke konteks: • Die WVK was 'n belangrike invloed op die sosiopolitieke omgewing van Suid Afrika want dit het weer na die gruweldade van die verlede gekyk en dit op 'n wyse verwerk waar sosiale transformasie en genesing moontlik was deur die onthulling van die waarheid, persoonlike verhale en vergifnis/amnestie • Hierdie toneelstuk is Teater vir Versoening en die intrige en temas daarvan weerspieël die essensie/wese van die WVK • Nuwe Suid-Afrikaanse demokrasie en vryheid het 'n nuwe sosiale, politieke, persoonlike en sielkundige ruimte geskep waarin daar geleef moet word Onderwerp: • Die intrige van die toneelstuk handel oor verlies, liefde, verbanning en broedertwis tussen Sipho en Themba Makhaya, want Themba het so baie by Sipho 'gesteel': sy draadbus, baadjie, vrou, opvoeding, ens. • Word weerspieël in die stelling en artikel oor 'Stof tot Stof', want Afrikabegrafnisse sluit nie verassing in nie. Temas: • Broedertwis word by Themba en Sipho gesien en hulle konflik wat deur Sipho se onthulling van geheime en waarhede van die verlede wat ontbloot word • Liefde word weerspieël in die naam van Sipho se dogter, Thando, Sipho se liefde vir Themba, Sindiswa en Thando en die liefde van familie en ook mekaar, wat 'n teenmiddel vir rassisme, vooroordeel, haat en bitterheid is • Verlies word weerspieël in die verlies van 'n broer deur verbanning en die dood, verlies aan menseregte en menswaardigheid in 'n apartheid Suid- Afrika en die herwinning en vernuwing van die mensheid, familie en land deur die versoeningsproses • Alle aspekte van die Daily Mirror is in hierdie antwoord aanvaarbaar. (12) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 27 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE 6.1.1 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die volgende is 'n riglyn: Die naam van die koerant is gepas, want: • Die toneelstuk speel aan die Weskus af • Die toneelstuk neem die lewens van die karakters in die toneelstuk op 'n realistiese manier waar (2) 6.1.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die volgende is 'n riglyn: Garnet-Lodge is 'n geskikte omgewing as gevolg van die volgende: Die afgesonderdheid van die lodge: • Kan die feit dat die karakters in die toneelstuk geïsoleerd en vasgevang is, beklemtoon Die posisie van die lodge: • Op die rand van 'n seekrans kan die idee dat daar 'n gevoel van gevaar is, bv. Johan wat Smith dreig, beklemtoon Die lodge is 'n ontmoetingspunt: • Die lodge verdryf ('dislodges') die karakters uit hulle eie huise (4) 6.1.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die volgende is 'n riglyn: Die aanhaling: • Weerspieël die onderdrukking van die karakters • Die stille mis hang in die lug en versmoor die inwoners amper • Die seeklok lui in die toneelstuk en lui naderende onheil in • Die klok lui vir tyd wat verbygaan • Die langsame deining ('groundswell') is die onderstroming wat die toneelstuk aandryf • Die spanning en stemming van die toneelstuk word deur die deining ('groundswell) beïnvloed (4) 6.1.4 Nasieners aanvaar ander korrekte, relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken volpunte toe vir: • Drie goed gemotiveerde stellings OF • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Die toneelstuk is 'n sielkundige drama, want: • Karakters is driedimensioneel • Hulle het geloofwaardige verledes, komplekse hedes en hopelose toekomste • Die illusie van werklikheid word deur die aandag aan detail in die geloofwaardige en outentieke uitbeelding van elke karakter geskep • Die kompleksiteite van hulle verhoudings word getoon in die manipulasie van mekaar om elk hulle sin te kry • Doelwitte en begeertes dryf elke karakter • Spanning tussen die karakters dryf die intrige van die toneelstuk • Karakters is op werklike mense geskoei (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 28 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne 6.1.5 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken volpunte toe vir: • Drie goed gemotiveerde stellings OF • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Sosiopolitieke konteks: • Suid Afrika ná apartheid • Tyd om nuwe verhoudings te smee • 'n Geleentheid om dit te doen, word in hierdie plek, Garnet-Lodge, gegee, maar die werklike geleentheid vir veranderde dinamiek tussen mense word nie geneem nie • Elke karakter bring 'bagasie' uit sy verlede na die nuwe situasie en is nie in staat om te laat gaan nie Onderwerpmateriaal: • Sielkundige trauma wat in die verlede plaasgevind het, word deur die beradingsdiens wat in die koerant aangebied word, voorgestel • Daar is 'n behoefte aan sielkundige ingryping in die lewens van die individue wat deur apartheid beïnvloed is • Die stel en omgewing van die toneelstuk word in die advertensie vir akkommodasie by Garnet-Lodge genoem • Die Lodge se afgesonderdheid word ook genoem • Diepseeduik is die onderwerpmateriaal van die diamantduik in die toneelstuk • Johan is fisies deur te veel duik geaffekteer en beweer dat sy lyf soos 'n 'fizzy drink' (drankie vol gas) is • Johan se aanval op Smith word ook as 'n artikel op bladsy 2 genoem en sinspeel op hierdie insident wat die onderwerp van spanning en klimaks is en dit beïnvloed die handeling/aksie en uitkoms van die toneelstuk (6) 6.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Kandidate moet fokus op 'n geïntegreerde analise van hoe realisme in die teater omgesit word in voorbereiding en vertolking van 'n karakter. Stanislavski se Stelsel/Metode kan genoem word. Ander geloofwaardige, oorspronklike benaderings tot karakterisering en toneelspel sal erken word. Ken volpunte toe vir: • Drie goed gemotiveerde stellings OR • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: 'n Akteur wat Johan wil speel, moet van die volgende bewus wees: • Kennis van die toneelstuk en intrige • Kennis van die karakter, sy biografie, agtergrond, motiewe en doelwitte • 'n Proses waar die akteur sy karakter vir opvoering voorberei wat 'n begrip van die volgende aspekte van Stanislavski se Stelsel insluit, bv. • Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 29 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne Fisiese stand van aksies • Aksies en reaksies moet geloofwaardig wees vir die karakter in die situasie. • Gebruik fisiese aksie (gesigsuitdrukking, postuur, gebare en beweging) op 'n natuurlike en geloofwaardige manier om die lewe van die toneelstuk op die verhoog te skep Doelwitte en Superdoelwitte ('Beat Work') • Verskuiwings in denke en gevoelens moet effektief, geloofwaardig weergegee/vertolk word • Eenhede en doelwitte moet in die akteur se fisiese en vokale uitdrukking weerspieël word Vokale uitdrukking • Die illusie van 'n werklike gesprek word geskep, want die toneelstuk is realisties • Gedagtes en gevoelens moet ontleed en begryp word om in die akteur se stemhoogte, pas, tempo, volume, ens. weerspieël te word Magiese As ('Magic If' • Die akteur moet leef asof hy/sy die karakter is en vokale en fisiese reaksies kan dus van opvoering tot opvoering verskil, maar sal altyd as werklik ervaar word • 'Toneelspel is glo.' Aandagsirkels • Die akteur se fokus moet op die wêreld van die toneelstuk en nie op die gehoor wees nie. Emosionele geheue • Akteur kan persoonlike ervarings en werklike emosies gebruik Opwarmingsoefeninge: • Die akteur kan sy/haar instrument opwarm om aan die fisiese en vokale vereistes van die rol te voldoen • Vokale opwarming, bv. diafragmatiese interkostale asemhaling, resonansieoefeninge (neurie) • Fisiese opwarmoefeninge kan spinale rol vir soepelheid en postuur (6) 6.3 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE B om jou nasienwerk te lei. Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Die volgende is 'n riglyn: Die karakters kan dalk nie aangaan met hulle lewens nie, want: • Hulle is in 'n situasie wat hopeloos is, vasgevang • Die enigste hoop wat Johan en Thami gehad het om hulle drome te bewaarheid, was Smith Johan: • Is erg deur sy verlede aangeraak • Is nie in staat om te verander nie • Het Thami se begrip en aanvaarding nodig om van sy skuld bevry te word • Alhoewel hy desperaat is om sy isolasie en baie jare se bannelingskap te beëindig, slaag hy nie daarin nie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 30 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne • Selfs wanneer hy die Lodge verlaat, jaag hy sy hond weg, dus heeltemal alleen en van sy sinne beroof Thami: • Is deur apartheid beïnvloed • Is nie in staat om te verander nie want hy het nie die middele om dit te doen nie • Het sy gesin agtergelaat om sy fortuin te soek, maar het misluk • Het nie Johan se vriendskap nodig nie, maar beskou Johan se planne en skemas as 'n geleentheid om uit sy huidige situasie te kom • Anders as Johan, het Thami ander opsies in die nuwe Suid-Afrika, maar sal hy daarin slaag om dit te aanvaar? • Thami kan dalk 'n nuwe toekoms maak deur terg te gaan na sy gesin, alhoewel hy dalk te skaam is om dit te doen Smith: • Is welaf, in 'n gesonde finansiële posisie, maar het hy tyd? • Hy het betekenis en doel in sy lewe verloor • Nadat die toneelstuk geëindig het, sal Smith waarskynlik met sy selfsugtige, betekenislose lewe voortgaan en nog 'n ontbyt by die Lodge eet • Dit is onwaarskynlik dat hy ooit sal verander • Sy gesin is verspreid en hy is alleen • Sy lewe is leeg en eensaam • Sy houding teenoor ander is so vasgestel dat hy onwaarskynlik nuwe insig in verhoudings sal vind (12) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 31 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET 7.1.1 Ken volpunte toe vir: • EEN goed gemotiveerde stelling OF • TWEE aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Die naam van die koerant is gepas, want: • In die toneelstuk is dit duidelik dat Miem en Gertie dit geniet om te skinder wanneer hulle die dorpsmense en die 'booshede' van die sirkus bespreek. • Dit is sensasioneel, want hulle jok oor die ‘lang’ lys van meisies. Slegs twee meisies het verdwyn. Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Kandidate moet begrip toon van die inhoud van die toneelstuk. (2) 7.1.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Kandidate moet begrip toon van die konteks van die toneelstuk. Die volgende is 'n riglyn: Kandidate kan soos volg antwoord: • 1 September, want Meisie raak laataand op 31 Augustus weg (2) 7.1.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken volpunte toe vir: • TWEE goed gemotiveerde stellings OF • VIER aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Afrikaans = 'Mis': • Bemesting (die 'mis' wat Miem en Meisie in sakke pak om te verkoop) • 'Mis' as menslike ontlasting (die aksies en gesprekke rondom die slopemmer) • Indirekte verwysings na Rooms-Katolieke 'Mis' (al die vroue in die drama bieg teenoor Konstabel soos teenoor 'n priester) • Die vroue kyk die waarheid 'mis' • Meisies word uit die dorp ver'mis' • Die feit dat die vroue hul 'mis'gis • Al die karakters 'mis' iets • 'Mis'tig buitekant • 'Mis' voor die vroue se oë English = 'Missing': • Die meisies wat wegraak ('vermis raak') • Die karakters 'mis' almal iets: Miem 'mis' Gabriel, Gertie 'mis' haar jeug en seksuele bevryding en Meisie 'mis' haar vryheid • Die waarheid is weg ('vermis') in die huis • Ons weet van Gabriel se afwesigheid – hy is 'vermis' • Vreugde, liefde en warmte is 'vermis' in die huis (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 32 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne 7.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Kandidate moet 'n begrip van Konstabel se karakter toon. Ken volpunte toe vir: • TWEE goed gemotiveerde stellings OF • VIER aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Konstabel: • Is sjarmant en 'n bietjie geheimsinnig en sosiaal goed vertroud. • Gebruik sy blindheid en sy gewilligheid om na die vroue om te sien om hulle vertroue te wen • Manipuleer deur die weerloosheid van die ander karakters uit te buit • Hy blind is. Hy het 'n uitstekende reuksintuig • Hy het ‘n indrukwekkende teenwoordigheid en postuur • Hy praat Afrikaans • Hy het verhoogde sintuie. • Verteenwoordig die geheimsinnige eksterne omgewing voor, bv. die sirkus wat deur sommige gevrees word en waaroor ander nuuskierig is • Die konstabel se fisiese voorkoms mag na verwys word in die beskrywing. (4) 7.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Kandidate moet 'n begrip van die karakters in die toneelstuk toon. Ken volpunte toe vir: • TWEE goed gemotiveerde stellings OF • VIER aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Die vroue laat Konstabel in die huis toe, want: • Hulle vertrou die patriargaat en polisie blindelings (agv Calvinistiese geloof) • ‘n Polisieman moet vertrou word. • Sy 'blindheid' laat hulle dink hy is skadeloos en meer betroubaar is (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 33 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne 7.4 Kandidate moet 'n begrip toon van hoe om Stanislavski se tegnieke toe te pas om vir 'n opvoering voor te berei. Ken volpunte toe vir: • DRIE goed gemotiveerde stellings OF • SES aparte gedagtes/idees Kandidate moet fokus op 'n geïntegreerde analise van hoe realisme in die teater omgesit word in voorbereiding en vertolking van die karakter. Stanislavski se Stelsel/Metode kan genoem word. Ander geloofwaardige, oorspronklike benaderings tot karakterisering en toneelspel sal erken word. Die volgende is 'n riglyn: Die akteur wat Konstabel speel, kan 'n begrip van die volgende aspekte van Stanislavski se Stelsel weerspieël, bv.: Fisiese stand van aksies • Aksies en reaksies moet geloofwaardig wees • Gebruik fisiese aksie (gesigsuitdrukking, postuur, gebare en beweging) op 'n natuurlike en geloofwaardige manier om die lewe van die toneelstuk op die verhoog te skep Doelwitte en Superdoelwitte ('Beat Work') • Verskuiwings in denke en gevoelens moet effektief, realisties en geloofwaardig weergegee/vertolk word • Eenhede en doelwitte moet in die akteur se fisiese en vokale uitdrukking weerspieël word Vokale uitdrukking • Die illusie van 'n werklike gesprek word geskep, want die toneelstuk is realisties • Gedagtes en gevoelens moet ontleed en begryp word om in die akteur se stemhoogte, pas, tempo, volume, ens. weerspieël te word Magiese As ('Magic If' • Die akteur moet leef asof hy/sy die karakter is en vokale en fisiese reaksies kan dus van opvoering tot opvoering verskil, maar sal altyd as werklik ervaar word • 'Toneelspel is glo.' Aandagsirkels • Die akteur se fokus moet op die wêreld van die toneelstuk en nie op die gehoor wees nie. Emosionele geheue • Akteur kan persoonlike ervarings en werklike emosies gebruik Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 34 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne 7.5 Kandidate moet 'n begrip van die sosio-ekonomiese konteks van die toneelstuk toon. Ken volpunte toe vir: • TWEE goed gemotiveerde stellings OF • VIER aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Die Groot Depressie: • Die toneelstuk speel af in die konteks van ekonomiese swaarkry • Miem en Meisie werk om sakke te maak en mis te verkoop om 'n inkomste te verdien omdat werk tydens die Groot Depressie skaars was • Die vader kruip op die solder weg a.g.v. die effekte van depressie want hy kan nie die wrede werklikheid in die gesig staar nie. Hy is in sy eie persoonlike 'groot depressie' en dit word uitgedruk deur sy onkonvensionele lewenswyse deur alleen op die solder te woon • Miem word geforseer om moeder en vader in 'n baie patriargale omgewing te wees, want die vaderfiguur is afwesig • Hierdie karakters word in oorlewingswyse inforseer en dit is waarom die sirkus groot verligting en ontsnapping van die Groot Depressie skep Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde (4) 7.6 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken een punt vir keuse en een punt vir motivering toe. Kandidate mag ook noem dat hul dit nodig het vir persoonlike gewin Die volgende is 'n riglyn: Die volgende produkte/dienste kan in die koerant geadverteer word: • Reukweerder – stank van mis • Privaatspeurderagentskap – Meisie raak weg • Rose – om van die reuk van mis ontslae te raak • Sakke – vir mis gebruik • Klere – deur Meisie gemaak • Olie vir die olielamp • Aerobieseklasse vir Gertie • ‘Doom’ vir Meisie en die vlieë • Appels vir Konstabel • Vensters en vensterpaneel instillasies. (2) 7.7 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE B om jou nasienwerk te lei. Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Kandidate moet 'n begrip toon van hoe die sirkus 'n sentrale idee in die toneelstuk is. Die volgende is 'n riglyn: Genre: Die sirkus is: • In direkte kontras met die ideale van Afrikaner Calvinisme want dit verteenwoordig onsedelikheid, promiskuïteit, die val van die kerk, die okkulte, ens. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 35 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne • Beskou as 'n aspek van die samelewing waar die onmoontlike moontlik gemaak word en dus die Magiese Realisme van die toneelstuk ondersteun en gee nuwe insig en onbeantwoorde vrae • Geassosieer met die bonatuurlike want mense is bang vir dit wat hulle nie verstaan nie, daarom word bonatuurlike mites geskep om mense af te skrik van 'n besoek aan die sirkus Stemming en atmosfeer: Die sirkus: • Skep spanning wanneer die verteenwoordiger van die eksterne omgewing (Konstabel/Pierrot) die interne omgewing (Miem se huis) binnedring • Musiek en ligte versterk die gevoel van geheimsinnigheid/misterie en senuagtige opgewondenheid Karakters: • Miem praat net van die sirkus, sy besoek dit nie. Sy verbied haar dogter om enigiets daarmee te doen te hê. Sy toon egter oomblikke van nuuskierigheid wanneer Meisie nie naby is nie. • Gertie is nuuskierig en het die kleiner sirkustent langs die hoofarena besoek en die sirkusprosessie deur die strate gesien. • Meisie is verbied om die sirkus te besoek. Meisie is egter nuuskierig en glip uit die huis om die geheimenisse van die sirkus te ervaar • Konstabel kom van die sirkus af wat duidelik word wanneer hy in 'n Pierrot (nar) transformeer (12) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 36 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne AFDELING D: DIE GESKIEDENIS VAN TEATER, PRAKTIESE BEGRIPPE, INHOUD EN VAARDIGHEDE VRAAG 8 (VERPLIGTEND) 8.1.1 Ken twee punte vir elke definisie toe. Die volgende is 'n riglyn: Monoloog: • Teaterspraak deur een persoon Gedig: • Gestileerde taal wat gebruik word om emosies en idees uit te druk Prosa: • Taal in sinsformaat/bestaan uit dialoog asook vertelling. Vorm van storievertelling. Dit kan ook in eerste persoon geskryf word. Dit is gewoonlik uit ‘n kortverhaal of enige ander teks. Dit is nie uit ‘n toneelstuk nie. Nasieners aanvaar ander relevante antwoorde (6) 8.1.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken punte toe vir reaksies wat begrip en kennis van suksesvolle bemarking toon. Die volgende is 'n riglyn: Die plakkaat is suksesvol, want: • Dit sluit die naam van die dramaturg, 'n bekende teaterpraktisyn in • Gebruik interessante lettertipes • Noem dat die produksie musiek bevat • Sal geld maak. Die plakkaat is onsuksesvol, want: • Beeld vrouens as emotioneel en onstabiel. • Dis in swart en wit • Bevat nie opvoeringbesonderhede soos datum, tyd, toegangsgeld nie (4) 8.1.3 Ken punte toe vir: • Een punt vir die titel • Een punt vir die #hashtag(hutsmerk) • Twee punte vir die motivering Nasieners aanvaar enige geskikte, goed gemotiveerde titel- en #hashtag (hutsmerk) wat 'n kreatiewe konneksie met die toneelstuk toon (4) 8.2 Ken punte toe vir reaksies wat 'n vertolking van opvoerstyl en tegniese elemente toon. Die volgende is 'n riglyn: Vokale en Fisiese Opvoering: • Groep kan kies om die uittreksel as 'n koorstuk op te voer • Individuele stemme kan gebruik word • Vokale elemente, bv. sang, toonhoogte, pas, volume kan bespreek word • Fisikaliteit van spelers, bv. beweging, gebare, dans, fisiese teater kan bespreek word Tegniese en Teaterelemente: • Beligting en klank kan gebruik word om die opvoering te versterk • Spelers kan multimedia gebruik en die hele stuk op die skerm opvoer, asof hulle oral in die wêreld is Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 37 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne • Visuele beelde en klankeffekte kan teaterimpak versterk • Groep kan musiekinstrumente speel of opgeneemde musiek gebruik • Mikrofone kan benodig word, afhangend van die grootte van die lokaal • Teaterruimte kan kreatief gebruik word • Stelkeuse kan bespreek word Moet relevant wees tot Jeugdag • Die kandidaat moet antwoorde bied wat hul keuses van verhooginkleding in lyn bring tot die onderwerp en die doel van Jeugdag. Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Merk holisties (10) 8.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken punte toe vir reaksies wat 'n vermoë toon om die tipe opvoering wat vir 'n Jeugdagviering in 'n Suid-Afrikaanse teater en sosiopolitieke/historiese konteks geskik is, te evalueer. Die opvoeringsitem moet geïdentifiseer word. Die volgende is 'n riglyn: Opvoeringsitems kan die volgende insluit: • Dans, bv. rubbersteweldans, ischathamiya, toi-toi, hip hop, wat opbeurend en verenigend is want dit is vol energie, ritmies en artisties • Tromwerk want dit skep 'n kragtige atmosfeer van eenheid in die skare • Sang, bv. koorliedjies, pryssang wat opbeurend is • Gedigte, bv. 'slam poetry', koorspraak. Lofgedigte wat kragtige en roerende boodskappe oordra • Lewendige orkes of enige musiek want die massa word deur musiek geraak • Kort uittreksel van enige ander relevante toneelstuk from any other relevant play • Kandidaat mag die woord ‘item’ interpreteer as ‘n fisiese voorwerp. (4) 8.4 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE B om jou nasienwerk te lei. Nasieners let wel: Goed beplande, gemotiveerde antwoorde met relevante voorbeelde word vereis. Kandidate mag nie na die toneelstuk en teaterbeweging verwys waarna in Vraag 1 verewys is nie. Kandidate kan enige toneelstukke, teaterbewegings of praktisyne wat hulle bestudeer het, bespreek. Kandidate moet fokus op Eve Ensler se stelling, d.i. teater se kapasiteit om: Mense emosioneel te roer: • Teater se mag lê in die vermoë om onmiddellik met die gehoor te konnekteer en so die gehoor se emosionele toestand te manipuleer deur die subtiele semiotiek van teater: visuele en gehoorbeelde, deur die gebruik van tekens en die akteur se stem en liggaam • Die gehoor doen met die toneelstuk op 'n diep sielkundige vlak mee en word na 'n ander toestand van wees verplaas teen die tyd wat hy/sy die teater verlaat Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 38 DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne Gesprekke oor kwessies: • Taboe onderwerpe waaroor nie in die samelewing gepraat word nie, word gelug en 'n stem op die verhoog gegee en dit stimuleer gesprekke tussen lede van die gehoor na die opvoering. Families kan kwessies bespreek waaroor nie gepraat word nie • Die toneelstuk self pak kwessies wat moontlik in die alledaagse lewe nie oor gepraat word nie, maak dus wêreld vir luisteraar en kyker oop waarvan hulle andersins onbewus sou gewees het Inspireer sosiale rewolusie: • Die mag van teater om oor kwessies te praat wat persoonlike, sosiale en politieke arenas van die samelewing kan affekteer, kan ingesteldheid verander en dus ook harte en gedagtes en 'n effek mobiliseer wat 'n sosiale rewolusie kan veroorsaak, bv. Woza Albert! (12) • Die meeste toneelstukke, dramaturge en produksies word met 'n doel geskep en wil die samelewing verander, bv. Brecht TOTAAL AFDELING D: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne BYLAE A: RUBRIEK VIR VRAAG 2, 3 en 4: 10 PUNTE BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT Denkproses: • Toon 'n kreatiewe benadering tot feitlike, konseptuele, prosedure-, en metakognitiewe kennis. Uitstaande • Ondersoek, beoordeel en kontekstualiseer die vraag en aanhaling op 'n oorspronklike manier. • Toon 'n oorspronklike begrip van die vraag, die aanhaling, toneelteks en dramatiese beweging Metakognitiewe • Maak waardeoordele gebaseer op 'n geregverdigde stel kriteria. 9–10 Kennis • Gee 'n nuwe perspektief en skep oorspronklike insigte. • Verskaf en evalueer 'n uitgebreide reeks teoretiese en estetiese voorbeelde wat insiggewend Skep gekies is en op die toneelteks en dramatiese beweging gebaseer is. Kognitiewe vlakke: • Kandidaat toon vermoë om te verander, te beoordeel, te beredeneer en te herorganiseer. Denkproses: • Bied feitlike, konseptuele en prosedurekennis aan. Verdienstelik • Ondersoek en kontekstualiseer die vraag en aanhaling op 'n interessante wyse. • Toon 'n insiggewende begrip van die vraag, die aanhaling die toneelteks en dramatiese Prosedure- beweging. 7–8 kennis • Verskaf en ontleed 'n wye reeks teoretiese en estetiese voorbeelde wat insiggewend gekies is en op die toneelteks en dramatiese beweging gebaseer is. Evalueer Kognitiewe vlakke: • Kandidaat toon vermoë om te ondersoek, voor te stel, te beoordeel, te evalueer en om gevolgtrekkings te maak. Denkproses: Gemiddeld • Toon feitlike en konseptuele kennis. • Ondersoek en kontekstualiseer die vraag en aanhaling. Konseptuele • Bied 'n geskikte antwoord aan wat met die vraag, die aanhaling, toneelteks en dramatiese 5–6 Kennis beweging verband hou. • Gee en ondersoek voorbeelde uit die toneelteks en die dramatiese beweging. Ontleed Kognitiewe vlakke: • Kandidaat toon die vermoë om te ondersoek, te kontrasteer, te onderskei, te klassifiseer. Denkproses: • Toon feitlike kennis. Elementêr • Verstaan die vraag en aanhaling op 'n elementêre vlak. • Toon 'n bietjie feitlike kennis. Feitelike • Verskaf 'n reguit, voorspelbare antwoord wat met die vraag, die aanhaling, toneelteks en 3–4 Kennis dramatiese beweging verband hou. • Gee 'n paar voorbeelde uit die toneelteks. Toepas Kognitiewe vlakke: • Kandidaat toon die vermoë om aansluiting te vind, te organiseer, te vertolk, te identifiseer en te integreer. Denkproses: Behaal • Herroep feitelike kennis. • Toon 'n basiese begrip van die vraag en die aanhaling. Feitelike 1–2 • Verskaf 'n paar reguit/basiese feite wat met die vraag, die aanhaling, toneelteks en dramatiese Kennis beweging verband hou. Kognitiewe vlakke: Onthou • Kandidaat toon vermoë om te identifiseer, te noem, te definieer, te vergelyk en te verduidelik. Denkproses: • Bied onsamehangende, onverwante feitelike kennis aan. • Toon geen begrip van die vraag en die aanhaling nie. • Verskaf 'n feite wat nie met die vraag, die aanhaling, toneelteks en dramatiese beweging Nie Behaal Nie 0 verband hou nie. • Gee geen voorbeelde uit die toneelteks of die dramatiese beweging nie. Kognitiewe vlakke: • Kandidaat is nie in staat om te identifiseer, te noem, te herken of te definieer nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatic Arts DBE/November 2018 NSS – Marking Guidelines BYLAE B: RUBRIEK VIR VRAAG 5, 6, 7 en 8: 12 PUNTE BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT Denkproses: • Toon 'n kreatiewe benadering tot feitlike, konseptuele, prosedure-, en metakognitiewe kennis. Uitstaande • Ondersoek, beoordeel en kontekstualiseer die vraag en aanhaling op 'n oorspronklike manier. • Toon 'n oorspronklike begrip van die vraag, die aanhaling, toneelteks en dramatiese beweging Metakognitiewe • Maak waardeoordele gebaseer op 'n geregverdigde stel kriteria. 11–12 Kennis • Gee 'n nuwe perspektief en skep oorspronklike insigte. • Verskaf en evalueer 'n uitgebreide reeks teoretiese en estetiese voorbeelde wat insiggewend Skep gekies is en op die toneelteks en dramatiese beweging gebaseer is. Kognitiewe vlakke: • Kandidaat toon vermoë om te verander, te beoordeel, te beredeneer en te herorganiseer. Denkproses: • Bied feitlike, konseptuele en prosedurekennis aan. Verdienstelik • Ondersoek en kontekstualiseer die vraag en aanhaling op 'n interessante wyse. • Toon 'n insiggewende begrip van die vraag, die aanhaling die toneelteks en dramatiese Prosedure- beweging. 9–10 kennis • Verskaf en ontleed 'n wye reeks teoretiese en estetiese voorbeelde wat insiggewend gekies is en op die toneelteks en dramatiese beweging gebaseer is. Evalueer Kognitiewe vlakke: • Kandidaat toon vermoë om te ondersoek, voor te stel, te beoordeel, te evalueer en om gevolgtrekkings te maak. Denkproses: Gemiddeld • Toon feitlike en konseptuele kennis. • Ondersoek en kontekstualiseer die vraag en aanhaling. Konseptuele • Bied 'n geskikte antwoord aan wat met die vraag, die aanhaling, toneelteks en dramatiese 7–8 Kennis beweging verband hou. • Gee en ondersoek voorbeelde uit die toneelteks en die dramatiese beweging. Ontleed Kognitiewe vlakke: • Kandidaat toon die vermoë om te ondersoek, te kontrasteer, te onderskei, te klassifiseer. Denkproses: • Toon feitlike kennis. Elementêr • Verstaan die vraag en aanhaling op 'n elementêre vlak. • Toon 'n bietjie feitlike kennis. Feitelike • Verskaf 'n reguit, voorspelbare antwoord wat met die vraag, die aanhaling, toneelteks en 5–6 Kennis dramatiese beweging verband hou. • Gee 'n paar voorbeelde uit die toneelteks. Toepas Kognitiewe vlakke: • Kandidaat toon die vermoë om aansluiting te vind, te organiseer, te vertolk, te identifiseer en te integreer. Denkproses: Behaal • Herroep feitelike kennis. • Toon 'n basiese begrip van die vraag en die aanhaling. Feitelike 3–4 • Verskaf 'n paar reguit/basiese feite wat met die vraag, die aanhaling, toneelteks en dramatiese Kennis beweging verband hou. Kognitiewe vlakke: Onthou • Kandidaat toon vermoë om te identifiseer, te noem, te definieer, te vergelyk en te verduidelik. Denkproses: • Bied onsamehangende, onverwante feitelike kennis aan. • Toon geen begrip van die vraag en die aanhaling nie. • Verskaf 'n feite wat nie met die vraag, die aanhaling, toneelteks en dramatiese beweging Nie Behaal Nie 0–2 verband hou nie. • Gee geen voorbeelde uit die toneelteks of die dramatiese beweging nie. Kognitiewe vlakke: • Kandidaat is nie in staat om te identifiseer, te noem, te herken of te definieer nie. Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste DBE/November 2018 NSS – Nasienriglyne BLOOMS SE TAKSONOMIE Klassifiseringstelsel om verskillende vlakke van mensekennis te definieer en te onderskei DIE DIE KOGNITIEWEPROSES-DIMENSIE: 6 KOGNITIEWE VLAKKE KENNIS- Onthou Verstaan Toepassing Ontleding Evaluering Skep DIMENSIE Feitelik Noem Opsom Reageer Kies Gaan na vir Ontwikkel 4 DENK- Konseptueel Herken Klassifiseer Verskaf Onderskei Bepaal Stel saam PROSES- Prosedure Herroep Verklaar Uitvoer Integreer Beoordeel Ontwerp VLAKKE Metakognitiewe Identifiseer Voorspel Gebruik Dekonstrueer Besin Skep 1. Onthou Herwin gememoriseerde inligting, kennis, feite, definisies, lyste, konvensies, neigings, reekse, klassifikasies, kategorieë, kriteria, metodologie en maniere/wyses om met spesifisiteite van die universele, abstraksiebeginsels, veralgemenings, teorieë en struktuur te hanteer Noem Spesifiseer (tyd of plek) as iets gewens, voorgestel of op besluit Om te identifiseer, spesifiseer of by naam noem Identifiseer Om 'n probleem, behoefte, feit, ens. te herken en te toon wat dit is en dat dit bestaan Om te bewys wie of wat iemand of iets is Kies Kies noukeurig, bepaal of besluit dat dit die beste of geskikste is 2. Verstaan Konstrueer betekenis uit verskillende tipes kennis, organiseer, vergelyk, vertaal, interpreteer en haal uit Verduidelik Maak iets duidelik, maklik te verstaan deur dit in meer besonderhede te beskryf of om relevante feite of inligting daaroor te onthul. Gee 'n rede om te regverdig of verontskuldig ('n aksie of gebeurtenis) Beskryf Om 'n gedetailleerde beskrywing van iets te gee, vertel, te beskryf, uit te druk Motiveer Gee 'n rede, bied feite en argumente om iets te ondersteun aan, noem iets 3. Toepassing Om 'n prosedure uit te voer, te implementeer of te gebruik om 'n probleem in 'n nuwe situasie op tye los of te ontwikkel deur toepassing van verworwe kennis, feite, reëls, tegnieke Voorstel Lei tot, argumenteer, toon, wys, dui aan dat (iets) bestaan of die geval is Vir oorweging voorstel Om 'n idee, moontlike plan of aksie aan ander mense te noem vir oorweging Om 'n idee uit te dink/voort te bring 4. Ontleding Breek inligting in dele op. Bepaal hoe die dele verwant is deur identifisering, onderskeiding of organisering van elemente, verhoudings, beginsels, motiewe, doelwitte of oorsake. Maak afleidings/gevolgtrekkings en vind bewyse om veralgemenings te ondersteun. Reageer/Antwoord Antwoord/Reageer in woorde Bespreek Skryf oor ('n onderwerp) in besonderhede, neem verskillende kwessies of idees of menings/opinies wat daarmee verband hou, in ag of oorweeg dit Skryf Skryf, stel saam, produseer Ontleed Ondersoek iets metodies en in besonderhede, tipies om te ontdek, te verduidelik en te interpreteer Oorweeg Dink aandagtig oor iets, tipies voordat 'n besluit geneem word of 'n oordeel/keuse gemaak word 5. Evaluering Om opinies/menings aan te bied en te verdedig deur oordele oor inligting, geldigheid van idees, of gehalte van werk te maak gebaseer op 'n stel kriteria en standaarde met behulp van kontrolering/nagaan en kritiek Evalueer Om die betekenis/belangrikheid, waarde, doel of toestand van iets deur noukeurige waardebepaling en studie te bepaal, te beoordeel, ten einde te verstaan/begryp, te interpreteer of te lei 6. Skep Gebruik kreatiewe individuele insig en gedagtes om inligting te herorganiseer en saam te stel deur die ontwikkeling, beplanning en skep van 'n nuwe patroon, produk of struktuur Skep Ontwikkel uit eie denke of verbeelding, as 'n kunswerk, 'n uitvinding of iets nuuts Gee aanleiding tot ontstaan Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Dramatic Arts

Explore more published documents in this catalogue.

View all