Skip to content

Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paperDramatic ArtsGrade 12202515 pages

Grade 12 Dramatic Arts question paper from the NSC June Exam 2025 (Afrikaans), 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

NSC June Exam 2025

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN DRAMATIESE KUNSTE MEI/JUNIE 2025 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye. Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 2 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A: 20ste-eeuse Europese Teaterbewegings (30) AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994 (40) AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994–Kontemporêr (40) AFDELING D: Teatergeskiedenis, Praktiese Begrippe, Inhoud en Vaardighede (40) 2. AFDELING A VRAAG 1 is VERPLIGTEND. Verwys na EEN van die toneeltekste hieronder wat jy bestudeer het en die betrokke 20ste-eeuse Europese Teaterbeweging. EPIESE TEATER • Caucasian Chalk Circle Bertolt Brecht • Kaukasiese Krytsirkel Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks • Mother Courage Bertolt Brecht • Moeder Courage Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks • The Good Person of Szechwan Bertolt Brecht • Kanna Hy Kô Hystoe Adam Small OF TEATER VAN DIE ABSURDE • Waiting for Godot Samuel Beckett • Afspraak met Godot Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks • Bagasie André P Brink • The Bald Primadonna Eugene Ionesco • Die Kaalkop Primadonna Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks OF POSTMODERNE TEATER • Skrapnel Willem Anker • Top Girls Carol Churchill • Popcorn Ben Elton • Buried Child Sam Shepard 3. AFDELING B Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 2: Woza Albert! Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en Barney Simon OF VRAAG 3: Sophiatown Junction Avenue Teater Company OF VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis 4. AFDELING C Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani OF VRAAG 6: Groundswell Ian Bruce OF VRAAG 7: Mis Reza de Wet 5. AFDELING D Hierdie afdeling is VERPLIGTEND. Beantwoord VRAAG 8 en 9. 2025 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 3 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik AFDELING A: 20ste-EEUSE EUROPESE TEATERBEWEGINGS Hierdie vraag is VERPLIGTEND. VRAAG 1 Verwys na BRON A hieronder en beantwoord die vraag wat volg. BRON A: PRENT UIT 'N 20ste-EEUSE TONEELSTUK [Bron: fourthperiodfilm/undefined/zapinterest.com] Jy is gevra om die toneelstuk op te voer wat jy hierdie jaar bestudeer het. Bespreek, in 'n opstel, hoe jy BRON A sal gebruik om 'n produksie van die toneelstuk te skep in die styl van die 20ste-eeuse Teaterbeweging wat jy bestudeer het. Verwys na en integreer die volgende: • Die inligting vervat in BRON A • Die toneelteks wat jy bestudeer het • Die relevante 20ste-eeuse Teaterbeweging wat jy bestudeer het (Teater van die Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater) • Die vraag Skryf die titel van die toneelstuk wat jy bestudeer het, aan die begin van jou opstel neer. TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 4 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994 Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN BARNEY SIMON Bestudeer BRON B hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON B: 'N SLAGSPREUK WAT WOZA ALBERT! 1976 RELOADED ADVERTEER Alhoewel apartheid dood is, sal daar altyd kwessies wees waarteen beswaar gemaak kan word. Teater is 'n doeltreffende, geweldlose wapen vir verandering in die samelewing. [Bron: Raeford Daniel, Suid-Afrikaanse joernalis en teaterkritikus] Jy is gevra om 'n nuwe weergawe van Woza Albert! met opgedateerde tonele te skep. Die toneelstuk sal tot Woza Albert! 1976 Reloaded hernoem word om teen kontemporêre (moderne) sosiopolitieke kwessies beswaar te maak. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 5 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 2.1 Identifiseer die doelwitte van Protesteater. (4) 2.2 Beskryf TWEE kontemporêre (moderne) sosiopolitieke kwessies wat die moeite werd is om teen beswaar te maak wat jy moontlik by jou nuwe toneelstuk sal insluit. (4) 2.3 Verduidelik die waarde van improvisasie in die skep van die nuwe tonele. (4) 2.4 Beskryf enige EEN van die nuwe tonele wat jy moontlik vir Woza Albert! 1976 Reloaded kan skep. (4) 2.5 Oorweeg of Arm/Gestroopte Teater steeds die geskikste styl vir die opvoering van die nuwe produksie is, of nie. Gee redes vir jou antwoord. (6) 2.6 Motiveer of die prent in BRON B 'n geskikte plakkaat vir die advertering van die nuwe produksie kan wees, of nie. (4) 2.7 Bespreek of die oorspronklike Woza Albert! steeds as 'n 'doeltreffende geweldlose wapen vir verandering in ons samelewing' gebruik kan word, of nie. (4) 2.8 Evalueer die historiese belangrikheid en teaterimpak van die oorspronklike produksie van Woza Albert! op gehore, vanaf die eerste opvoering tot vandag toe. Verwys na spesifieke voorbeelde in die toneelstuk. (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 6 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR DIE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY Bestudeer BRON C hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON C: 'N TEATERRESENSIE TEATER: VRAE OOR IDENTITEIT Die herdenkingsproduksie van die musiekvertoning, Sophiatown, maak hierdie week by die Markteater oop om die goue Sophiatown-tydperk van die 1950's te vier. Sophiatown was 'n nes van gewelddadige bendes, asook 'n plek van uiterste armoede, alkoholisme en depressie wat daartoe gelei het dat van hulle briljantste leiers voortydig oorlede is. 5 Die Sophiatown-produksie verskaf beslis 'n flitsbeeld (prentjie) van geskiedenis en is vol humor, musiek en dans. Maar dit is die ondersoek van identiteit wat kragtig is. Persoonlike identiteit. 'Hierdie keer is my benadering, behalwe om elke moment te laat werk, in besonder oor die idee van identiteit.' Malcolm Purkey hoop dat jongmense wat na Sophiatown ('n graad 11- 10 en graad 12-toneelstuk) kom kyk, die huidige temas sal waardeer, terwyl hulle tot geskiedenis, poësie en die ontstaan van verhoudings toegang verkry. [Aangepas uit 'n Markteater-resensie deur Christina Kennedy, 24 Maart 2016] 3.1 Noem hoe Sophiatown, die plek, sy naam gekry het. (2) 3.2 Beskryf Sophiatown, die plek, soos dit in die 1950's was. (4) 3.3 Verduidelik hoe die karakters van Mingus en Charlie en hulle optrede as snaaks/humoristies beskou kan word. (4) 3.4 Motiveer, met voorbeelde, waarom die toneelstuk Sophiatown ' 'n flitsbeeld (prentjie) van geskiedenis [verskaf], en is vol humor, musiek en dans' (reël 6–7). (6) 3.5 Analiseer hoe die toneelstuk Sophiatown die kwessie van persoonlike identiteit ondersoek (reël 8). Verwys na die karakters van Ruth en Jakes en hulle verhouding met mekaar. (8) 3.6 Motiveer of jy Sophiatown as 'n toneelstuk vir leerders sou aanbeveel, of nie. (6) 3.7 Reflekteer oor hoe en waarom die temas van familie, rampokkery (bendes) en gedwonge geografiese verskuiwings in die toneelstuk steeds in vandag se lewe relevant kan wees. Verwys na spesifieke voorbeelde in die toneelstuk. (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 7 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS Bestudeer BRON D hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON D: 'N PLAKKAAT VAN 'N ONLANGSE PRODUKSIE VAN SIENER IN DIE SUBURBS [Bron: Aardklop-kunstefees, 2015] 4.1 Noem waarom jy dink Siener in die Suburbs 'n geskikte titel vir die toneelstuk is. (4) 4.2 Motiveer of jy dink die plakkaat in BRON D 'n doeltreffende bemarkingsinstrument vir die produksie is, of nie. (4) 4.3 Kies enige TWEE karakters in die plakkaat en bespreek hulle verhouding met mekaar. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 8 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik Bestudeer BRON E hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON E: 'N RESENSIE VAN SIENER IN DIE SUBURBS Daar is 'n verskeidenheid redes waarom die toneelstuk steeds gewild is. Vir my is dit die uitstekend beheerde tempo wat uitstaan; die manier waarop die spanning stadig maar seker uit die uiteensetting opbou. Die klimaks is onvermydelik, maar nogtans skokkend. Die balans tussen die komiese en die tragiese is gepas en toepaslik. Die karakters is volledig afgerond: op die verhoog word hulle mense. Hulle is nie net 5 'n mondstuk vir die dramaturg nie. Hulle is antihelde. Die toneelstuk is lank genoeg sodat die gehoor by die lewens van die karakters betrokke raak. Hierdie mense bestaan; soos die gemeenskappe wat die inspirasie vir Siener in die Suburbs was. Die aanpassing van die drama na die moderne ligging van die Kaapse Vlakte is relevant. Die aspek wat egter die meeste beïndruk het, was die uitstekende toneelspel. 10 [Aangepas uit 'n Aardklop-kunstefees 2015-resensie] 4.4 Verduidelik waarom 'n gehoor 'n moderne produksie ('n aanpassing) van Siener in die Suburbs steeds relevant kan vind. (6) 4.5 Identifiseer die stadiums in die intrige waar die uiteensetting, stygende aksie en klimaks duidelik is. Verwys na voorbeelde in die toneelstuk. (6) 4.6 Noem wat jy onder die term 'antihelde' (reël 6) verstaan. (2) 4.7 Bespreek of Jakes as 'n antiheld, of nie, beskou kan word. (4) 4.8 Evalueer hoe die toneelstuk Siener in die Suburbs 'n gedetailleerde kykie in (ondersoek na) die lewens van werkersklasgemeenskappe in die voorstede verskaf. Verwys na spesifieke voorbeelde in die toneelstuk. (10) [40] TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 9 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994–KONTEMPORÊR Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI Bestudeer BRON F hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON F: FOTO WAT 'N TONEEL IN NOTHING BUT THE TRUTH UITBEELD [Bron: Foto © Paul Kolnik] Jy het onlangs 'n produksie van Nothing but the Truth bygewoon. As 'n smaakmaker ('influencer') (iemand wie se opinies die denke beïnvloed van die mense wat hulle op sosiale media volg), het jy besluit om 'n blog (internet-artikel) oor jou ervaring van die produksie te skryf. Jy het die foto hierbo (BRON F) by jou blog ingesluit. 5.1 Verduidelik aan jou lesers hoe die titel van die toneelstuk geïnterpreteer kan word. (3) 5.2 Beskryf aan jou lesers hoe die verhoog met meubels, rekwisiete, beligting, ens. opgestel is om Realisme in die Teater te skep. (4) 5.3 Identifiseer die karakters in BRON F vir jou lesers. (3) 5.4 Noem en analiseer VIER tegnieke van Stanislavski se Sisteem/Metode wat akteurs kan toepas om hulle karakters uit te beeld. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 10 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 5.5 Beskryf wat teen die einde van die toneelstuk met ELK van die karakters gebeur (BRON F). (4) 5.6 Stel in jou blog (internet-artikel) voor wat realisties met Sipho, Thando en Mandisa kon gebeur het indien die toneelstuk NÁ die oorspronklike einde sou voortgegaan het. (4) 5.7 Analiseer die belangrikheid van die Waarheid-en-Versoeningskommissie in die toneelstuk en in Suid-Afrika. (4) 5.8 Bespreek hoe die temas van waarheid, versoening, familie en vergifnis ons kan help om menslike optrede te verstaan en om ons oor ons eie lewens in die hedendaagse Suid-Afrika te leer. (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 11 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE Bestudeer BRON G hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON G: ONDERHOUD MET IAN BRUCE Wat het die skepping van die toneelstuk geïnspireer? Ek het vir 'n paar jaar in die 1990's in en om Port Nolloth, 'n klein Weskus-dorpie naby die Namibiese grens, gewoon en gewerk. Dit is geleë op 'n redelik afgeleë kuslyn wat deur die halfwoestynagtige Namakwaland omring word. Aflandige diamantmynbou het fortuinsoekers en swerwers gelok. Dit was die mense wat ek leer ken het. Onder hulle 5 was 'n jong duiker wat 'n polisieman was. Hy het per ongeluk 'n ongewapende man geskiet en is uit die polisiemag ontslaan. Daar was 'n tuinier van Queenstown wat gehoop het om 'n pakkie onwettige ruwe diamante in die hande te kry. Ek het vir 'n rukkie 'n gastehuis ('lodge') bestuur en het baie ryk gaste, elk met hulle eie storie, onthaal/vermaak. 10 Ek het skerp bewus geraak van die verskille, nie net van die agtergronde waaruit ons gekom het nie, maar ook van die manier waarop dit 'n invloed gehad het op hoe ons die nuwe Suid-Afrika se toekoms en ons eie plek daarin beskou het. Hierdie dinge, meestal onder die oppervlak van ons bewussyn, sou die manier slyp waarop ons vorentoe gegaan het en kon ons bymekaar bring of ons uitmekaar hou. 15 Wat kan mense uit die karakters en situasies in jou toneelstuk leer? Hierdie mans se situasie is nogal uitdagend. Hulle is almal in 'n werklike asook 'n metaforiese (simboliese) onbekende spasie. Hulle moet verander. Terselfdertyd kan hulle nie laat los van hoe hulle dink die verandering behoort te lyk nie. Hulle kan nie aanvaar dat 'n tree in die onbekende in, hulle nader aan mekaar en na die deur van 'n 20 werklike toekoms kan bring, wat nie een tot nog toe vir hulleself kon voorstel nie. Groundswell was 'n geleentheid om iets vreemd vir ons almal te oorweeg. Ek bedoel die nuwe Suid-Afrika waar ons, wat eens in verskillende wêrelde weg van mekaar gehou is, nou gedwing sou word om saam te kom, om op 'n manier diegene wat altyd 'die ander' was, by die definiëring van ons eie identiteit en by ons einste oorlewing in te sluit. 25 [Bron: Onderhoud met Ian Bruce, 2017] Jy het onlangs 'n produksie van Groundswell bygewoon waar jy die dramaturg Ian Bruce ontmoet het en met hom 'n onderhoud gevoer het. Jy het besluit om 'n blog (internet- artikel) oor jou ervaring van die toneelstuk en die dramaturg te skryf. 6.1 Verduidelik aan jou lesers hoe die titel van die toneelstuk geïnterpreteer kan word. (4) 6.2 Noem die gastehuis ('lodge') waar hierdie toneelstuk afspeel. (1) 6.3 Beskryf aan jou lesers hoe die verhoog met meubels, rekwisiete, beligting, ens. opgestel is om Realisme in die Teater te skep. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 12 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik 6.4 Identifiseer die karakters in Groundswell wat op die volgende werklike mense in Port Nolloth gebaseer is: 6.4.1 'jong duiker wat 'n polisieman was' (reël 6) (1) 6.4.2 'tuinier van Queenstown wat gehoop het om 'n pakkie onwettige ruwe diamante in die hande te kry' (reël 7–8) (1) 6.4.3 'baie ryk gaste, elk met hulle eie storie' (reël 9) (1) 6.5 Beskryf aan jou lesers die 'uitdagend(e)' situasie waarin die karakters hulleself bevind (reël 17). (4) 6.6 Noem en analiseer DRIE tegnieke van Stanislavski se Sisteem/Metode wat akteurs kan toepas om hulle karakters uit te beeld. (6) 6.7 Stel in jou blog (internet-artikel) voor wat met die karakters in Groundswell kan gebeur indien die toneelstuk NÁ die oorspronklike einde sou voortgegaan het. (4) 6.8 Verduidelik die belangrikheid van diamante in die toneelstuk. (4) 6.9 Bespreek hoe die temas van 'n onopgeloste verlede, samehorigheid en identiteit, skuld, beskuldiging en vrymaking ons kan help om menslike gedrag te verstaan en om ons oor ons eie lewens in Suid-Afrika te leer. (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 13 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET Bestudeer BRON H hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON H: PRENT WAT 'N TONEEL IN MIS UITBEELD [Bron: omkajans.com/ingilizce-oyunlar] Jy het onlangs 'n produksie van Mis bygewoon. Jy het besluit om 'n blog (internet-artikel) oor jou ervaring van die produksie te skryf. Jy het die foto (BRON H) by jou artikel ingesluit. 7.1 Verduidelik aan jou lesers hoe die titel van die toneelstuk geïnterpreteer kan word. (4) 7.2 Beskryf aan jou lesers wat magiese realisme in die teater is. Verwys na voorbeelde in die teks. (4) 7.3 Identifiseer die karakters in BRON H vir jou lesers. (4) 7.4 Noem en analiseer DRIE tegnieke van Stanislavski se Sisteem/Metode wat akteurs kan toepas om hulle karakters uit te beeld. (6) 7.5 Beskryf aan jou lesers wat aan die einde van die toneelstuk gebeur met die knielende vroulike karakter en met die manlike karakter wat aan haar gesig vat. (4) 7.6 Stel in jou blog (internet-artikel) voor wat met die karakters in Mis kon gebeur het indien die toneelstuk NÁ die oorspronklike einde sou voortgegaan het. (4) 7.7 Verduidelik die betekenis van die volgende tydaanduidings in die intrige van die toneelstuk: 7.7.1 Die Groot Depressie (2) 7.7.2 Middernag (00:00) (2) 7.8 Bespreek hoe die temas van Afrikaner Calvinisme, vrees vir die onbekende en bevryding ons kan help om menslike gedrag te verstaan en om ons oor ons eie lewens in Suid-Afrika te leer. (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 14 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE BEGRIPPE, INHOUD EN VAARDIGHEDE VRAAG 8 en 9 is VERPLIGTEND. VRAAG 8 Bestudeer BRON I hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON I: PRENT VIR DIE GEMEENSKAPSBYEENKOMS MET DIE TITEL 'PEACE IN OUR HANDS' ('VREDE IN ONS HANDE') [Bron: za/pinterest.com/pin/] Jy is gevra om 'n byeenkoms met die titel 'PEACE IN OUR HANDS' ('VREDE IN ONS HANDE') te regisseer om vrede en versoening in jou gemeenskap te bevorder. BRON I is jou verhoogagtergrond (die beeld op die muur agter die aksie op die verhoog). 8.1 Definieer die term Gemeenskapsteater. (2) 8.2 Verduidelik die doelstellings van Gemeenskapsteater. (4) 8.3 Noem en beskryf 'n tipe verhoog wat vir hierdie byeenkoms geskik kan wees. (4) 8.4 Stel voor hoe 'n tegniese span tot die algehele sukses van die byeenkoms kan bydra. (4) 8.5 As regisseur spreek jy die gehoor direk met hierdie woorde toe: Let's join hearts and hands (Kom laat ons harte en hande saamvat) Across the lands (Oor die wêreld heen) So the world understands (Sodat die wêreld verstaan) That peace is in our hands! (Dat vrede in ons hande lê!) Beskryf hoe jy sou kies om die woorde hierbo op te voer vir maksimum effek op die gehoor. Sluit inligting in oor vokale en/of fisiese vaardighede wat jy kan gebruik. (6) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 15 DBE/Mei/Junie 2025 SS/NSS Vertroulik VRAAG 9 Bestudeer BRON J hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON J Sannie sê sy sal sewe sakke sout sleep, sewe sakke sout is swaar sowaar. [Bron: shutterstock] [Bron: wikiHow] 9.1 Jy is gevra om BRON J te gebruik om spraakbeginsels ('principles of speech') met jou klas te hersien. Verduidelik die volgende terme: 9.1.1 Resonansie (2) 9.1.2 Toonhoogte (2) 9.1.3 Klem (2) 9.1.4 Projeksie (2) 9.1.5 Artikulasie (2) 9.2 Jy word gevra om jou finale Dramatiese Kunste praktiese eksamen vir jou onderwysers en portuurgroep op te voer. Jy is senuweeagtig oor jou optrede. Beskryf, stap vir stap, opwarmingsoefeninge om die volgende te vermy: 9.2.1 Skouerspanning (4) 9.2.2 'n Stem wat klink of jy uitasem is (Ruiserige stem) (4) 9.3 Motiveer waarom dit belangrik is om voor 'n opvoering op te warm. (2) [20] TOTAAL AFDELING D: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Dramatic Arts

View all