Skip to content

Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2019 Question Paper (Afr)

Question paperDramatic ArtsGrade 12201916 pages

Grade 12 Dramatic Arts question paper from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

NSC June Exam 2019

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN DRAMATIESE KUNSTE 2019 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 2 DBE/2019 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings (30) AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994 (40) AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994–Kontemporêr (40) AFDELING D: Teatergeskiedenis, Praktiese Begrippe, Inhoud en Vaardighede (40) 2. AFDELING A VRAAG 1 is VERPLIGTEND. Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die betrokke 20ste-eeuse Teaterbeweging. EPIESE TEATER  Caucasian Chalk Circle Bertolt Brecht  Kaukasiese Krytsirkel Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks  Mother Courage Bertolt Brecht  Moeder Courage Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks  The Good Person of Szechwan Bertolt Brecht  Kanna Hy Kô Hystoe Adam Small OF TEATER VAN DIE ABSURDE  Waiting for Godot Samuel Beckett  Afspraak met Godot Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks  Bagasie André P Brink  The Bald Primadonna Eugene Ionesco  Die Kaalkop Primadonna Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks OF POSTMODERNE TEATER  Skrapnel Willem Anker  Top Girls Carol Churchill  Popcorn Ben Elton  Buried Child Sam Shepard 3. AFDELING B Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 2: Woza Albert! Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en Barney Simon OF VRAAG 3: Sophiatown Junction Avenue Teater Company OF VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis 4. AFDELING C Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani OF VRAAG 6: Groundswell Ian Bruce OF VRAAG 7: Mis Reza de Wet 5. AFDELING D Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag (VRAAG 8) wat VERPLIGTEND is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 3 DBE/2019 SS/NSS AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS Hierdie vraag is VERPLIGTEND. VRAAG 1 Bestudeer BRON A hieronder en beantwoord die vraag wat volg. BRON A Teater laat ons dink en voel … dit verander ons lewenservaring. – Anoniem In 'n opstel, evalueer tot watter mate die stelling in BRON A hierbo waar is met betrekking tot die 20ste-eeuse Teaterbeweging en toneelstuk wat jy bestudeer het. Die inhoud van jou opstel moet die volgende insluit:  Spesifieke voorbeelde uit die toneelteks wat jy bestudeer het  Verwysing na ten minste TWEE dramatiese elemente, soos karakters, temas, taal, opvoertegnieke TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 4 DBE/2019 SS/NSS AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994 Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN BARNEY SIMON Bestudeer BRON B hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON B 'N RESENSIE VAN WOZA ALBERT! Deur N Nkosi Woza Albert! is 'n vinnige-aksie-toneelstuk waar die vlugtige tonele van die lewe tydens Suid-Afrika se apartheidstydperk die absurditeit van rasse-onderdrukking uitwys. Die titel van die toneelstuk beteken 'Staan op, Albert'. Die akteurs dra pienk hansworsneuse wat aan rekkies om hulle nekke vas is. Woza Albert! gebruik satire en humor op skeppende wyse as 'n manier om skerp 5 politieke kommentaar te balanseer. Die vinnige toneelveranderinge en die tweemanrolverdeling, wat meer as een dosyn verskillende karakteriserings dek, voorkom dat die gehoor oorweldig word. Die sigbaarste rekwisiet, die hansworsneus, simboliseer die absurditeit van die apartheidsregime. Boonop word baie van die woorde in beide isiZulu en Afrikaans gesê. Die dramatiese teks verskaf vertalings. 10 Die toneelspelers gebruik mimiek, dans, musiek, sang en baie indrukwekkende atletiese vermoëns om die energie in hierdie toneelstuk met ses en twintig tonele, wat negentig minute sonder enige pouses lank is, vol te hou. Woza Albert! word beskou as Suid-Afrika se voortreflikste voorbeeld van sosiale teater en die samewerking tussen Ngema en Mtwa, twee swart dramaturge, en Simon, 'n wit 15 regisseur, was 'n betekenisvolle verhouding wat die kleurgrens oorgesteek het. Teater het gedurende hierdie tydperk toe ander, meer direkte vorms van sosiale kritiek, verbied is, as 'n middel om wit gehore oor die gruwels van apartheid in te lig en ook as 'n middel van swart selfuitlewing gedien. 2.1 Verduidelik jou begrip van die term satire (reël 5). (2) 2.2 Stel voor hoe 'vinnige toneelveranderinge' (reël 6) in hierdie toneelstuk moontlik is. (3) 2.3 Assesseer hoe die hansworsneus 'die absurditeit van die apartheidsregime' (reël 9) kan weerspieël. (3) 2.4 Motiveer waarom die skeppers van die toneelstuk gekies het om isiZulu en Afrikaans by die toneelstuk (reël 9–10) in te sluit. (3) 2.5 Analiseer hoe Woza Albert! deur vokale en fisiese opvoering dit regkry om die gehoor by 'n 'toneelstuk met ses en twintig tonele, wat negentig minute sonder enige pouses lank is' (reël 12–13) betrokke te hou. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 5 DBE/2019 SS/NSS 2.6 Jy is gevra om hierdie toneelstuk as deel van 'n Jeugdagfees by jou skool op te voer. 2.6.1 Beskryf die dekorstel en EEN rekwisiet wat jy verkies om te gebruik. (4) 2.6.2 Motiveer waar in jou skool jy hierdie toneelstuk sou opvoer. (3) 2.6.3 Verduidelik waarom jy dink hierdie toneelstuk vir Jeugdag geskik sou wees. (6) 2.7 Ondersoek waarom Woza Albert! as 'Suid-Afrika se voortreflikste voorbeeld van sosiale teater' (reël 14) beskou word. Verwys na:  Die sosiopolitieke agtergrond  Die doelstellings van die toneelstuk  Die styl van die opvoering  Akteur-gehoorverhouding (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 6 DBE/2019 SS/NSS VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY Bestudeer BRON C en BRON D hieronder en beantwoord die vrae wat na elke bron volg. BRON C 'N UITTREKSEL UIT SOPHIATOWN (Enter Ruth, a Jewish girl from Yeoville. She is carrying two suitcases and seems prepared to move in. Lulu, Princess and Mamariti draw back in surprise.) RUTH: Hullo! I'm Ruth. (Silence.) Ruth Golden. (Silence.) I'm the Jewish girl. (Silence.) I wonder if this is the right address. (She scratches in her clutch bag.) 65 Gerty Street? 5 LULU: Yes? RUTH: Well I came in response to the advertisement … Where shall I put my things? LULU: Look, who are you? PRINCESS: Yes, this is Sophiatown you know. 10 RUTH: Yes, I know. I've come in response to the advertisement. (Enter Mingus and Charlie.) MINGUS: Hey, hey what's going on? What's happening? 3.1 Beskryf die gebeure wat tot Ruth se aankoms in Sophiatown lei. (4) 3.2 Indien jy die uittreksel hierbo sou regisseer: 3.2.1 Motiveer watter kostuum jy vir Ruth vir haar eerste verskyning sou kies. (4) 3.2.2 Verduidelik hoe jy hierdie toneel sou blok om die reaksie van enige TWEE karakters op Ruth se binnekoms te weerspieël. (6) 3.2.3 Stel aan die aktrises wat Lulu, Ruth en Princess speel, voor hoe hulle optredes fisies OF vokalies van mekaar kan verskil. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 7 DBE/2019 SS/NSS BRON D 'N UITTREKSEL UIT 'N ARTIKEL OOR SOPHIATOWN Deur Ndaba Dlamini 'n Toneelstuk wat pynlike herinneringe laat herleef, Sophiatown, word nou by die Markteater opgevoer. Sophiatown, met regisseur Malcolm Purkey, 'n bekroonde teaterregisseur en dramaturg, voer die gehoor terug na die lewendige kultuur van die township toe die Americans en die Berliners baasgespeel het. Die intrige fokus op die uitsonderlike lewe van 'n huis in Sophiatown met 'n 5 aanstellerige township-tsotsi, Mingus, en Mamariti, 'n sjebeenmamma, aan die spits. 'n Jong wit vrou word by hierdie huishouding gevoeg wat byna die prentjie voltooi van die veelrassige kookpot waarin Sophiatown sou verander het indien dit toegelaat was om voort te bestaan. Sophiatown is deurspek met opbeurende a cappella-musiek en -dans wat jou in tyd na 10 die 1950's en 1960's laat terugreis. Purkey sê dat die toneelstuk daardie wonderlike Sophiatown-oomblikke 'lewendig en vars' hou. 3.3 Malcolm Purkey, een van die oorspronklike skeppers van die toneelstuk, is jare later die regisseur van dieselfde toneelstuk. Stel TWEE voordele hiervan voor. (4) 3.4 Spreek jou mening uit oor of die skrywer reg is wanneer hy na Mingus as 'n 'aanstellerige (arrogante/verwaande) township-tsotsi' (reël 6) verwys. Verwys na spesifieke voorbeelde in die toneelteks. (6) 3.5 Evalueer waarom die toneelstuk soveel jaar na die eerste opvoering steeds relevant is. Verwys na die opvoering, temas en inhoud van Sophiatown. (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 8 DBE/2019 SS/NSS VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS Bestudeer BRON E hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON E PRENTE UIT PRODUKSIES VAN SIENER IN DIE SUBURBS PRENT A – Oorspronklike Rolverdeling PRENT B – Kontemporêre Rolverdeling Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 9 DBE/2019 SS/NSS 4.1 Jy is 'n lid van 'n baie dinamiese en avant-garde (eksperimentele) plaaslike gemeenskapsteatergeselskap wat 'n produksie van Siener in die Suburbs gaan opvoer. Jy het navorsing oor verskillende vorige produksies van die toneelstuk gedoen en besluit om die twee prente in BRON E as inspirasie te gebruik. 4.1.1 Identifiseer wanneer en waar die toneelstuk afspeel. (2) 4.1.2 Stel 'n venue in jou gemeenskap voor wat jy dink die beste plek sal wees om hierdie toneelstuk op te voer. Motiveer jou keuse van venue met verwysing na die toneelteks as 'n geheel. (5) 4.1.3 Verduidelik aan die res van jou teatergeselskap waarom Siener in die Suburbs 'n goeie toneelstuk is om in jou gemeenskap op te voer. Verwys na die toneelteks in jou antwoord. (6) 4.1.4 Bestudeer PRENT B (BRON E). Noem DRIE veranderinge wat jou geselskap kan implementeer om die toneelstuk vir 'n kontemporêre (hedendaagse) gehoor te moderniseer. (3) 4.1.5 Analiseer watter EEN van die prente in BRON E die effektiefste bemarkingsitem vir jou produksie sal wees. (4) 4.1.6 Stel TWEE rekwisiete voor wat Ma op die verhoog kan gebruik wanneer die toneelstuk opgevoer word. Motiveer jou antwoord. (4) 4.1.7 Verduidelik hoe die aktrise wat Ma speel haar rol realisties kan vertolk. (6) 4.2 Steyn du Toit, 'n resensent, het na Siener in die Suburbs as 'n 'tragiese dog hoopvolle verhaal' verwys. Bespreek die waarheid van Steyn du Toit se stelling hierbo. Verwys na die toneelteks as 'n geheel en sluit die volgende in:  Intrige  Karakters  Temas (10) [40] TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 10 DBE/2019 SS/NSS AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994–KONTEMPORÊR Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI Bestudeer BRON F hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON F 'N UITTREKSEL UIT NOTHING BUT THE TRUTH THANDO: Mandisa, we had a choice. We could have gone for revenge. We could have gone for Nuremberg-style trials but how would that have made us different from them? MANDISA: For what in return? THANDO: Peace, stability, reconciliation. 5 MANDISA: You mean international reconciliation. They were so dying for international approval that they sold out. Did anyone of them think about the people? Did someone warn them that the people might want their revenge? THANDO: We have a country to rebuild. A nation to take care of. An economy to grow, jobs to create, houses to build, clinics, hospitals, schools and our 10 lives. Where would revenge get us except more violence? Besides we did not want to give those bastards the honour of taking up arms against us in their defense and call it a legitimate struggle. There was een Struggle, the struggle for liberation, our Struggle. MANDISA: Then why is Craig Williamson a free man? He committed murder. 15 THANDO: Because according to the rules and requirements for amnesty … MANDISA: He disclosed all? Yes. He told us nothing new except that he sent the parcel bombs. Who gave the order? Do we know that? Does that make him innocent? 5.1 Waarom stry Mandisa en Thando? (4) 5.2 Analiseer waarom die dialoog in BRON F as realisties beskryf kan word. (4) 5.3 Beskryf 'n geskikte dekorstel vir hierdie toneel. (4) 5.4 Verduidelik die keuses wat jy sou maak om hierdie toneel te blok ten opsigte van die plasing en beweging van karakters op die verhoog. (4) 5.5 Stel voor hoe die aktrise wat Mandisa speel Stanislavski se stelsel in haar voorbereiding kan gebruik om haar emosionele toestand te vertoon wanneer sy optree. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 11 DBE/2019 SS/NSS 5.6 Evalueer die rol van vroue in die samelewing soos wat dit deur die vroulike karakters in hierdie toneelstuk uitgebeeld word. (6) 5.7 Bespreek die relevansie van die kwessies en idees wat in Thando se woorde (reëls 9–14) ter sprake gebring word. Verwys na:  Die sosiopolitieke konteks van die toneelstuk  Ons hedendaagse samelewing  Temas en boodskappe van die toneelstuk (12) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 12 DBE/2019 SS/NSS VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE Bestudeer BRON G hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON G A B C 'N TONEEL UIT GROUNDSWELL 6.1 Identifiseer karakters A, B en C. (3) 6.2 Beskryf die moontlike onderwerp van hulle gesprek in BRON G. (3) 6.3 Bespreek hoe BRON G die verhouding tussen die karakters deur middel van hulle lyftaal toon. (6) 6.4 Regverdig die keuse van kostuum wat deur enige EEN van die karakters gedra word. (4) 6.5 Analiseer waarom die dekorstel van Groundswell as realisties beskryf kan word. Verwys na BRON G en die toneelstuk om jou antwoord te steun. (6) 6.6 Assesseer hoe die temas van Groundswell steeds vir hedendaagse Suid- Afrikaanse gehore relevant is. (6) 6.7 Die drie mans is almal in 'n onbekende omgewing, gedwing om die kwessies in hulle eie lewens en die konflik wat dit vir hulleself en ander veroorsaak, te konfronteer. Bespreek die waarheid van die stelling hierbo met gebruik van voorbeelde in die toneelstuk (12) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 13 DBE/2019 SS/NSS VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET Bestudeer BRON H hieronder en beantwoord die vrae op die volgende bladsy. BRON H UITTREKSEL UIT MISSING CONSTABLE: It's me. Don't you recognise me? MEISIE: You look … different. CONSTABLE: I always look like this at this time of night. MEISIE: Always? CONSTABLE: Yes. (He smiles.) Always. (He takes his glasses off slowly and looks 5 at her.) MEISIE: And … you can see me? CONSTABLE: That's because it's so late. When it gets very late, I can always see. MEISIE: Really? CONSTABLE: Yes, and I am glad I can see, because now I can see you. And you 10 are beautiful. MEISIE: (Amazed.) Am I? CONSTABLE: You are. MEISIE: You said I shouldn't wear shoes. CONSTABLE: Yes. (He opens the curtain.) It's better that way. (He opens the window. 15 The musiek can be heard.) MEISIE: Please! Close the window! I'm not allowed to hear the musiek! Please! Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 14 DBE/2019 SS/NSS 7.1 Stel voor waarom jy dink Konstabel volgens Meisie 'anders' (different) lyk' (reël 2). (2) 7.2 Brei uit op hoe 'sig' ('sight') en 'sien' ('seeing') simbolies in die toneelteks gebruik word. (6) 7.3 Na jou mening, is Konstabel 'n goeie of 'n slegte karakter? (6) 7.4 Verduidelik hoe 'n ontwerper klank en beligting teatraal (toneelmatig) kan gebruik om Konstabel se transformasie te wys. (6) 7.5 Beskryf hoe die akteur wat óf Meisie óf Konstabel vertolk Stanislavski se stelsel/metode kan gebruik om vir sy/haar rol voor te berei. (8) 7.6 Met verwysing na die karakters, bespreek jou begrip van hoe Reza de Wet die tema van transformasie in die toneelstuk ontwikkel. (12) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 15 DBE/2019 SS/NSS AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE BEGRIPPE, INHOUD EN VAARDIGHEDE VRAAG 8 (VERPLIGTEND) Bestudeer BRON I hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON I GEMASKERDE TONEELSPELERS 8.1 Jy is as die regisseur van julle skool se dramaklub verkies. Jy het besluit om 'n produksie op te voer waar Afrika-dramavorme volgens 'n antirealistiese styl gebruik word. Om dit te bereik, wil jy maskers en fisieke teater gebruik. 8.1.1 Noem wat jy onder fisieke teater verstaan. (2) 8.1.2 Beskryf DRIE vaardighede wat akteurs moet besit om in 'n fisieketeaterproduksie op te tree om 'n impak op die gehoor te skep. (6) 8.1.3 Noem TWEE moontlike nadele van die gebruik van maskers in 'n verhoogopvoering. (4) 8.1.4 As die regisseur van jou skool se dramaklub, analiseer DRIE uitdagings waarvoor jy te staan kan kom wanneer jy hierdie produksie opvoer. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 16 DBE/2019 SS/NSS 8.1.5 Besin oor en bespreek jou vaardigheidsontwikkeling en probleemoplossingsvermoë om vir die finale praktiese opvoeringseksamen voor te berei. Fokus op:  Vokale vaardighede  Fisieke vaardighede  Toneelspelvaardighede  Tegniese kennis (10) 8.2 Die verhoog is die kunsvorm wat die stemming van die nasie die beste weerspieël. – Michael Billington Bespreek die waarheid van Michael Billington se stelling. Verwys na:  Voorbeelde uit toneelstukke  Teaterpraktisyns wat jy bestudeer het  Kennis en inhoud van Dramatiese Kunste (12) [40] TOTAAL AFDELING D: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Dramatic Arts

View all