Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
DRAMATIESE KUNSTE
2022
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentQuestion paper 



View all



Dramatic Arts May June 2022 Afr_hlayiso.com_.pdf
Dramatic Arts · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dramatic Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC June Exam
- Pages
- 10
- File size
- 453.0 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 10
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 2 DBE/2022
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings (30)
AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994 (40)
AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994–Kontemporêr (40)
AFDELING D: Teatergeskiedenis, Praktiese Begrippe, Inhoud en
Vaardighede (40)
2. AFDELING A
VRAAG 1 is VERPLIGTEND.
Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die betrokke
20ste-eeuse Teaterbeweging.
EPIESE TEATER
Caucasian Chalk Circle Bertolt Brecht
Kaukasiese Krytsirkel Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
Mother Courage Bertolt Brecht
Moeder Courage Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
The Good Person of Szechwan Bertolt Brecht
Kanna Hy Kô Hystoe Adam Small
OF
TEATER VAN DIE ABSURDE
Waiting for Godot Samuel Beckett
Afspraak met Godot Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks
Bagasie André P Brink
The Bald Primadonna Eugene Ionesco
Die Kaalkop Primadonna Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks
OF
POSTMODERNE TEATER
Skrapnel Willem Anker
Top Girls Carol Churchill
Popcorn Ben Elton
Buried Child Sam Shepard
3. AFDELING B
Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
hierdie afdeling.
VRAAG 2: Woza Albert! Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en
Barney Simon OF
VRAAG 3: Sophiatown Junction Avenue Teater Company OF
VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis
4. AFDELING C
Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
hierdie afdeling.
VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani OF
VRAAG 6: Groundswell Ian Bruce OF
VRAAG 7: Mis Reza de Wet
5. AFDELING D
Hierdie afdeling is VERPLIGTEND.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 3 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS
Hierdie vraag is VERPLIGTEND.
VRAAG 1
Verwys na BRON A hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
BRON A
DIE KRAG VAN DIE
TONEELSTUK
LÊ OP DIE BLADSY
EN OP DIE VERHOOG …
Temas Karakters en Relevansie
Situasies van die
toneelstuk
Boodskappe
en Stelontwerp en
Betekenis opvoertegnieke
In 'n opstel, evalueer en bespreek die 'krag van die toneelstuk' op die bladsy en op die
verhoog deur enige DRIE van die dramatiese elemente wat in BRON A gegee word, in
ag te neem. Verwys na beide die 20ste-eeuse Teaterbeweging en die toneelteks wat jy
hierdie jaar bestudeer het.
Skryf die titel van die toneelteks en 20ste-eeuse Teaterbeweging (Teater van die
Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater) aan die begin van jou opstel
neer.
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 4 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994
Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.
VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
BARNEY SIMON
Bestudeer BRON B hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON B
(They dance on.)
BOTH: (singing):
Yamemeza inkosi yethu
Yathi mathambo hlanganani
Oyawa vusa amaqhawe amnyama 5
Wathi kuwo
[Our Lord is calling.
He's calling for the bones of the dead to join together.
He's raising up the black heroes.
He calls to them] 10
MBONGENI: Steve Biko! The hero of our children! Please Morena – Please raise him!
PERCY: Woza Steve!
MBONGENI: Steve! Steve! Uyangikhumbula ngikulandela eKingwilliams-town?
[Steve, do you remember me, following you in Kingwilliamstown?]
BOTH: (dancing) Woza Bram Fischer! … Woza Ruth First! ... Woza Griffith 15
Mxenge … Woza Hector Peterson … (They stop, arms raised
triumphantly.) WOZA ALBERT!!!
(Blackout.)
2.1 Som die gebeurtenisse na Morena se dood op wat tot die finale toneel van die
toneelstuk lei. (4)
2.2 Verduidelik waarom Hector Peterson 'n belangrike simbool van die
apartheidvryheidstryd (reël 16) is. (3)
2.3 Regverdig die gebruik van verskillende tale in BRON B. (4)
2.4 Motiveer waarom sang en dans 'n belangrike deel van die toneel in BRON B
is. (4)
2.5 Stel voor hoe 'n hedendaagse gehoor moontlik op die finale gebeure of
oomblikke van 'n opvoering van die toneel in BRON B kan reageer. (3)
2.6 Brei uit oor hoe jy blok of tegniese aspekte kan gebruik om hierdie finale
toneel op te voer. (6)
2.7 Bespreek die mate waartoe die toneelstuk Woza Albert! aspekte van die
vryheidstryd vasvang. (6)
2.8 Evalueer hoe jou studie van hierdie toneelteks jou denke gevorm het oor die
kwessies geopper, met inagneming van huidige omstandighede. (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 5 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY
Bestudeer BRON C hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON C
JAKES: This destruction is called Triomf. I hope the dust of that triumph settles deep
in the lungs like a disease and covers these purified suburbs with ash.
Memory is a weapon. Only a long rain will clean away these tears.
(The Cast sing 'Izinyembezi zabantu')
Izinyembezi zabantu Izinyembezi zabantu Izinyembezi zabantu 5
Sophiatown Sophiatown Sophiatown
Izinyembezi zabantu
[Tears of the people (3)
Sophiatown (3)
Tears of the people] 10
(Fade to black)
3.1 Som die gebeurtenisse op wat tot Jakes se finale praatbeurt in BRON C
gelei het. (2)
3.2 Motiveer hoe hierdie toneel Jakes se baie rolle en verantwoordelikhede uitlig. (3)
3.3 Verduidelik die boodskap wat Jakes in reëls 1–3 oordra. (4)
3.4 Lewer kommentaar oor die belangrikheid van die naamsverandering van
Sophiatown na Triomf (reël 1). (4)
3.5 Stel voor hoe die liedjie die boodskap van hierdie toneel versterk. (4)
3.6 Bespreek die mate waartoe die vertel van die storie van Sophiatown aspekte
van die vryheidstryd vasvang. (4)
3.7 Stel voor hoe 'n hedendaagse gehoor moontlik op die finale gebeure of
oomblikke van 'n opvoering van die toneel in BRON C kan reageer. (3)
3.8 Brei uit oor hoe jy blok of tegniese aspekte kan gebruik om hierdie finale
toneel op te voer. (6)
3.9 Evalueer hoe jou studie van hierdie toneelteks jou denke gevorm het oor die
kwessies geopper, met inagneming van huidige omstandighede. (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 6 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS
Bestudeer BRON D hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON D
(Daar is 'n slag in die huis, Tiemie gil, 'Sugar, Sugar' raak skielik stil. Ma
ruk aan die agterdeur, pleit tussendeur.)
MA: Tjokkie, help!
TJOKKIE: Ek het alles bewetter. (Hy mompel.) Alles my skuld … alles bewetter …
(Hy gaan na die motor, kruip onder hom in nadat hy die domkrag 5
oopgedraai het.)
MA: Tjokkie!
(Die domkrag sis stadig laer, die gesis word versterk deur klankeffekte. Ma
nog by die deur, Jakes kom uit met die kanseldoek in sy hande. Hy gooi dit
in Ma se gesig.) 10
JAKES: (bo die gesis uit) Daar is jou verdomde love.
(Ma staan tussen haar kinders, sy weet nie na wie toe om te gaan nie …
kyk na die doek in haar hande.)
MA: Daar's bloed aan … daar's altyd net bloed aan …
Gordyn 15
4.1 Som die gebeurtenisse (na Tjokkie se visioen) op wat tot die finale toneel van
die toneelstuk gelei het. (3)
4.2 Motiveer hoe die liedjie en die skielike einde daarvan tot die boodskap van die
toneelstuk bydra (reël 1). (4)
4.3 Verduidelik die doeltreffendheid van die herhaling in reël 4. (2)
4.4 Lewer kommentaar oor die belangrikheid van die bloedbevlekte kanseldoek
(reël 9). (4)
4.5 Assesseer hoe die kwessie van geslagsgebaseerde geweld in BRON D
uitgebeeld word. (4)
4.6 Evalueer tot watter mate Tjokkie die slagoffer van sy eie gawe as die 'Siener'
word. (4)
4.7 Stel voor hoe 'n hedendaagse gehoor moontlik op die finale gebeure of
oomblikke van 'n opvoering van die toneel in BRON D kan reageer. (3)
4.8 Brei uit oor hoe jy blok of tegniese aspekte kan gebruik om hierdie finale
toneel op te voer. (6)
4.9 Evalueer hoe jou studie van hierdie toneelteks jou denke gevorm het oor die
kwessies geopper, met inagneming van huidige omstandighede. (10)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 7 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994–KONTEMPORÊR
Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.
VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI
Bestudeer BRON E hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON E
Oudisies
vir 'n internasionale/oorsese produksie van
Nothing but the Truth deur John Kani
GENRE: REALISME IN DIE TEATER
GESELSKAP: SLICE OF LIFE PRODUCTIONS
~ 'n Greep uit die lewe op die verhoog ~
PRODUKSIEBESKRWYING:
Nothing but the Truth is 'n gesinsdrama wat in die jaar 2000 in Port Elizabeth afspeel. Die toneelstuk speel af
teen die agtergrond van die WVK, terwyl waarheid en vergifnis op 'n persoonlike en politieke vlak ondersoek
word.
ROLVERDELING: Oudisies sal vir die volgende rolle gehou word:
SIPHO
THANDO
MANDISA
BENODIG: Foto (in karakter)
Opvoer van 'n toneel uit die toneelstuk
5.1 Veronderstel jy is 'n professionele akteur wat op die oudisiekennisgewing in
BRON E reageer.
5.1.1 Noem die karakter wat jy vir jou oudisie gekies het en gee 'n rede
vir jou keuse. (1)
5.1.2 Beskryf die karakter wat in VRAAG 5.1.1 genoem is. (4)
5.1.3 Stel voor watter klere jy vir die vereiste foto 'in karakter' kan dra. (3)
5.2 Jy is versoek om vir jou oudisie 'n dramaties uitdagende toneel, wat spanning
in die toneelstuk skep, voor te berei.
5.2.1 Som op wat in die toneel wat jy gekies het, gebeur. (3)
5.2.2 Motiveer waarom jy die toneel in VRAAG 5.2.1 gekies het. (3)
5.2.3 Verduidelik enige DRIE van Stanislavski se tegnieke/metodes wat
jy kan gebruik om voor te berei vir jou optrede in die toneel wat jy
gekies het. (6)
5.2.4 Bespreek hoe jy jou stem of liggaam kan gebruik om die karakter in
hierdie toneel te speel. (4)
5.3 Analiseer waarom die frase ' 'n Greep uit die lewe op die verhoog' 'n gepaste
beskrywing van die genre van Nothing but the Truth is, deur na die intrige,
taal en stel te verwys. (6)
5.4 Evalueer of Nothing but the Truth 'n gewilde en relevante toneelstuk vir
internasionale/oorsese gehore kan wees, of nie. Fokus op die sosiale,
politieke en kulturele kontekste. (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 8 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE
Bestudeer BRON F hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON F
Oudisies
vir 'n internasionale/oorsese produksie van
Groundswell deur Ian Bruce
GENRE: REALISME IN DIE TEATER
GESELSKAP: SLICE OF LIFE PRODUCTIONS
~ 'n Greep uit die lewe op die verhoog ~
PRODUKSIEBESKRWYING:
Groundswell is 'n riller wat in Garnet Lodge, 'n gastehuis op 'n klein dorpie aan die Weskus van Suid-Afrika,
afspeel. Johan en Thami werk by die gastehuis, maar beplan ook om 'n diamantkonsessie te koop. Wanneer
Smith aankom, ontvou die drama …
ROLVERDELING: Oudisies sal vir die volgende rolle gehou word:
JOHAN
THAMI
SMITH
BENODIG: Foto (in karakter)
Opvoer van 'n toneel uit die toneelstuk
6.1 Veronderstel jy is 'n professionele akteur wat op die oudisiekennisgewing in
BRON F reageer.
6.1.1 Noem die karakter wat jy vir jou oudisie gekies het en gee 'n rede
vir jou keuse. (1)
6.1.2 Beskryf die karakter wat in VRAAG 6.1.1 genoem is. (4)
6.1.3 Stel voor watter klere jy vir die vereiste foto 'in karakter' kan dra. (3)
6.2 Jy is versoek om vir jou oudisie 'n dramaties uitdagende toneel, wat spanning
in die toneelstuk skep, voor te berei.
6.2.1 Som op wat in die toneel wat jy gekies het, gebeur. (3)
6.2.2 Motiveer waarom jy die toneel in VRAAG 6.2.1 gekies het. (3)
6.2.3 Verduidelik enige DRIE van Stanislavski se tegnieke/metodes wat
jy kan gebruik om voor te berei vir jou optrede in die toneel wat jy
gekies het. (6)
6.2.4 Bespreek hoe jy jou stem of liggaam kan gebruik om die karakter in
hierdie toneel te speel. (4)
6.3 Analiseer waarom die frase ' 'n Greep uit die lewe op die verhoog' 'n gepaste
beskrywing van die genre van Groundswell is, deur na die intrige, taal en stel
te verwys. (6)
6.4 Evalueer of Groundswell 'n gewilde en relevante toneelstuk vir
internasionale/oorsese gehore kan wees, of nie. Fokus op die sosiale,
politieke en kulturele kontekste. (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 9 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET
Bestudeer BRON G hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON G
Oudisies
vir 'n internasionale/oorsese produksie van
Mis deur Reza de Wet
GENRE: REALISME IN DIE TEATER
GESELSKAP: SLICE OF LIFE PRODUCTIONS
~ 'n Greep uit die lewe op die verhoog ~
PRODUKSIEBESKRWYING:
Mis is 'n magiese drama wat gedurende die Groot Depressie in die 1930's op 'n afgeleë hoewe in
Suid-Afrika afspeel. Jong meisies het weggeraak. Wanneer Konstabel besoek aflê, sal niks ooit weer
dieselfde wees nie …
ROLVERDELING: Oudisies sal vir die volgende rolle gehou word:
MIEM
MEISIE
GERTIE
KONSTABEL
BENODIG: Foto (in karakter)
Opvoer van 'n toneel uit die toneelstuk
7.1 Veronderstel jy is 'n professionele akteur wat op die oudisiekennisgewing in
BRON G reageer.
7.1.1 Noem die karakter wat jy vir jou oudisie gekies het en gee 'n rede
vir jou keuse. (1)
7.1.2 Beskryf die karakter wat in VRAAG 7.1.1 genoem is. (4)
7.1.3 Stel voor watter klere jy vir die vereiste foto 'in karakter' kan dra. (3)
7.2 Jy is versoek om vir jou oudisie 'n dramaties uitdagende toneel, wat spanning
in die toneelstuk skep, voor te berei.
7.2.1 Som op wat in die toneel wat jy gekies het, gebeur. (3)
7.2.2 Motiveer waarom jy die toneel in VRAAG 7.2.1 gekies het. (3)
7.2.3 Verduidelik enige DRIE van Stanislavski se tegnieke/metodes wat
jy kan gebruik om voor te berei vir jou optrede in die toneel wat jy
gekies het. (6)
7.2.4 Bespreek hoe jy jou stem of liggaam kan gebruik om die karakter in
hierdie toneel te speel. (4)
7.3 Analiseer waarom die frase ' 'n Greep uit die lewe op die verhoog' 'n gepaste
beskrywing van die genre van Mis is, deur na die intrige, taal en stel te
verwys. (6)
7.4 Evalueer of Mis 'n gewilde en relevante toneelstuk vir internasionale/oorsese
gehore kan wees, of nie. Fokus op die sosiale, politieke en kulturele
kontekste. (10)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 10 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE KONSEPTE, INHOUD EN
VAARDIGHEDE
Hierdie vraag is VERPLIGTEND.
VRAAG 8
8.1 Die teater doen meer as om net die lewe te weerspieël, dit wys ons hoe dinge
behoort te wees of kan wees – wat moontlik die gehoor kan verbeter of hulle
tot optrede kan aanspoor.
– Helen Szymczak
Bespreek enige Suid-Afrikaanse teatervorm met 'n spesifieke agenda wat
gebruik is om die lewe te weerspieël en om die gehoor tot optrede aan
te spoor, bv. Protesteater, Werkswinkelteater, Versoeningsteater en
Werkersteater. (12)
8.2 Repetisie gaan eintlik oor ondersoek/ontdekking en keuses. Ek het 'n paar
verbasende ontdekkings oor myself en my karakter gemaak deur vrae te vra
en ander keuses te maak.
– Guy Littleton
8.2.1 Bespreek die waarde daarvan om 'n repetisieproses te volg
wanneer jy vir jou opvoerassesserings voorberei. (8)
8.2.2 Lewer kommentaar oor TWEE vokale of fisieke keuses wat jy
tydens repetisies gemaak het om jou te help om jou karakter uit te
beeld. (8)
8.2.3 Bespreek, met voorbeelde, hoe Dramatiese Kunste, as een van jou
vakke, jou gehelp het om die volgende vaardighede vir die
21ste eeu te ontwikkel:
Kommunikasievaardighede
Kreatiewedenkevaardighede
Samewerkingsvaardighede
Kritiesedenkevaardighede (12)
TOTAAL AFDELING D: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.
Question paper
Dramatic Arts May June 2022 Eng_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Dramatic Arts P1 May June 2022 MG Eng_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Dramatic Arts_hlayiso.com_. P1 May June 2022 MG Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Dramatic Arts Nov 2022 MG Afr_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Dramatic Arts Nov 2022 Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper
Dramatic Arts Nov 2022 Eng_hlayiso.com_.pdf
More from Grade 12 Dramatic Arts
Explore more published documents in this catalogue.

Annual teaching plan
Gr 12 Dram Art ATP 2023-24.pdf

Memorandum
Dramatic Arts May-June 2025 MG Eng.pdf

Question paper
Dramatic Arts May-June 2023 Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Dramatic Arts P1 May-June 2023 MG Eng_hlayiso.com_.pdf
Question paper
Dramatic Arts P1 May-June 2023 MG Afr_hlayiso.com_.pdf

Question paper

