Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
DRAMATIESE KUNSTE
NOVEMBER 2022
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2022 papers 





View all



--295292ad-642f-4171-ae1e-c2dd59f80f5a/v1-20e004afb86073eee4e0/card.webp)
--75e178c5-f96e-43f8-8078-84ce1d3d0082/v1-f945cc30348cd5009930/card.webp)
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2022 QP (Afr)
Grade 12 Dramatic Arts question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Dramatic Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dramatic Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC November Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 535.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
NSC November Exam 2022
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 2 DBE/November 2022
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings (30)
AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994 (40)
AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994–Kontemporêr (40)
AFDELING D: Teatergeskiedenis, Praktiese Begrippe, Inhoud en
Vaardighede (40)
2. AFDELING A
VRAAG 1 is VERPLIGTEND.
Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die betrokke
20ste-eeuse Teaterbeweging.
EPIESE TEATER
Caucasian Chalk Circle Bertolt Brecht
Kaukasiese Krytsirkel Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
Mother Courage Bertolt Brecht
Moeder Courage Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
The Good Person of Szechwan Bertolt Brecht
Kanna Hy Kô Hystoe Adam Small
OF
TEATER VAN DIE ABSURDE
Waiting for Godot Samuel Beckett
Afspraak met Godot Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks
Bagasie André P Brink
The Bald Primadonna Eugene Ionesco
Die Kaalkop Primadonna Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks
OF
POSTMODERNE TEATER
Skrapnel Willem Anker
Top Girls Carol Churchill
Popcorn Ben Elton
Buried Child Sam Shepard
3. AFDELING B
Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
hierdie afdeling.
VRAAG 2: Woza Albert! Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en
Barney Simon OF
VRAAG 3: Sophiatown Junction Avenue Theatre Company OF
VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis
4. AFDELING C
Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
hierdie afdeling.
VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani OF
VRAAG 6: Groundswell Ian Bruce OF
VRAAG 7: Mis Reza de Wet
5. AFDELING D
Hierdie afdeling is VERPLIGTEND. Beantwoord VRAAG 8 en 9.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 3 DBE/November 2022
NSS
AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS
Hierdie vraag is VERPLIGTEND.
VRAAG 1
Verwys na BRON A hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
BRON A
Mense het in die 20ste eeu gebroke gevoel nadat hulle die verwoesting en verlies van
twee wêreldoorloë ervaar het wat die lewens van miljoene mense geëis het.
Die gevoelens van angs, wanhoop en hopeloosheid oor die toestand van die wêreld
word in die temas van die toneelstukke van die 20ste eeu gesien. Baie toneelstukke
gaan oor korrupsie en gierigheid, die vrees of gevolge van oorlog en die verlange na
verandering in 'n nuwe môre.
Deesdae, in die 21ste eeu, moet mense die gevolge van die Covid-19-virus, korrupsie,
armoede en werkloosheid en die bedreiging van nog 'n wêreldoorlog hanteer. Dit blyk
dat ons baie met die verlede in gemeen het.
– Lara Chanteuse
Besin oor BRON A en bespreek, in 'n opstel, die lesse wat ons uit die verlede kan leer
om ons te help om die hede te hanteer en 'n beter toekoms te skep. Verwys na die
karakters, temas en boodskappe van die toneelteks en die 20ste-eeuse
Teaterbeweging wat jy hierdie jaar bestudeer het.
Skryf die titel van die toneelteks en die 20ste-eeuse Teaterbeweging wat jy bestudeer
het (Teater van die Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater) aan die begin
van jou opstel neer.
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 4 DBE/November 2022
NSS
AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994
Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.
VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
BARNEY SIMON
Bestudeer BRON B hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON B: VERHOOGAANWYSINGS VIR DIE OPENINGSTONEEL VAN WOZA
ALBERT!
The actors enter and take their positions quickly, simply. Mbongeni sits on the tea
chests at the point where they meet in the middle. Percy squats between his legs.
As they create their totem (image), the house lights dim to blackout.
On the note of their music, overhead lights come on, sculpting them. They become an
instrumental jazz band, using their bodies and their mouths to create a double bass, 5
saxophone, flute, drums, bongos, trumpet, etc. At the climax of their performance, they
transform into an audience, applauding wildly.
2.1 Verduidelik die funksie van die verhoogaanwysings in 'n toneelstuk. (2)
2.2 Identifiseer die tegniese element wat in reël 3 en 4 van die
verhoogaanwysings gebruik is. (2)
2.3 Bespreek die dramatiese effek wat geskep is deur die tegniese element wat in
die antwoord op VRAAG 2.2 geïdentifiseer is. (4)
2.4 Stel voor hoe die akteurs vokale en/of fisiese vaardighede kan gebruik om
'become an instrumental jazz band, using their bodies and their mouths' en
'they transform into an audience' (reëls 4 tot 7).
Vertaling:
Stel voor hoe die akteurs vokale en/of fisiese vaardighede kan gebruik om
' 'n instrumentele jazz-orkes met gebruik van hulle liggame en hulle monde te
word' en 'hulle verander in 'n gehoor' (reëls 4 tot 7). (6)
2.5 Beskryf 'n geskikte stel vir 'n produksie van Woza Albert!. (2)
2.6 Analiseer hoe die akteurs die stel wat in jou antwoord op VRAAG 2.5 beskryf
is, kan gebruik om die openingstoneel te skep. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 5 DBE/November 2022
NSS
Bestudeer BRON C en beantwoord die vrae wat volg.
BRON C: VISUELE BEELDE WAT MET WOZA ALBERT! VERBAND HOU
A B
[Bron: Foto deur Lauge Sorenson]
2.7 Motiveer hoe VISUELE BEELD A, in BRON C, die positiewe in die lewens
van die karakters in die toneelstuk uitbeeld (wys). (6)
2.8 Evalueer hoe VISUELE BEELD B, in BRON C, die temas en boodskappe van
die toneelstuk kan uitlig. (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 6 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY
Bestudeer BRON D hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON D: VERHOOGAANWYSINGS VIR DIE OPENINGSTONEEL VAN
SOPHIATOWN
Shafts of light slowly reveal the Cast as they sing 'Kofifi, Sophia'. Mingus is centre
stage, his hat pulled low over his eyes. Mingus returns to his seat, the song quietens to
a murmur and JAKES rises to speak. 3
3.1 Verduidelik die funksie van die verhoogaanwysings in 'n toneelstuk. (2)
3.2 Identifiseer die tegniese element wat in reël 1 van die verhoogaanwysings
gebruik is. (2)
3.3 Bespreek die dramatiese effek wat geskep is deur die tegniese element wat in
die antwoord op VRAAG 3.2 geïdentifiseer is. (4)
3.4 Stel voor hoe die akteurs vokale en/of fisiese vaardighede kan gebruik om die
openingsoomblikke van die toneelstuk op te voer. (6)
3.5 Beskryf 'n geskikte stel vir 'n produksie van Sophiatown. (4)
3.6 Analiseer hoe die akteurs die stel wat in jou antwoord op VRAAG 3.5 beskryf
is, kan gebruik om die openingstoneel te skep. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 7 DBE/November 2022
NSS
Bestudeer BRON E en beantwoord die vrae wat volg.
BRON E: VISUELE BEELDE WAT MET SOPHIATOWN VERBAND HOU
A B
[Bron: Mutualart.com] [Bron: Foto deur Mpho Kwezi]
3.7 Motiveer hoe VISUELE BEELD A, in BRON E, die positiewe in die lewens van
die karakters in die toneelstuk uitbeeld (wys). (6)
3.8 Evalueer hoe VISUELE BEELD B, in BRON E, die temas en boodskappe van
die toneelstuk kan uitlig. (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 8 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS
Bestudeer BRON F hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON F: VERHOOGAANWYSINGS VIR DIE OPENINGSTONEEL VAN SIENER IN
DIE SUBURBS
Wanneer die skerm (gordyn) opgaan is daar blykbaar niemand op die verhoog nie.
Dan kruip Tjokkie onder die motor uit en gaan na die werksbank. Hy vee sy hande aan
'n lap af en gaan voort met die slyp van die kleppe. Sy hande beweeg vinnig, hy
inspekteer soms, sit telkens slyppasta by. Ma kom sonder 'n woord deur die
kombuisdeur in (die gaasdeur klap). Sy hang 'n paar stukkies wasgoed op, en loop 5
dan terug.
4.1 Verduidelik die funksie van die verhoogaanwysings in 'n toneelstuk. (2)
4.2 Identifiseer die tegniese element wat in reël 1 van die verhoogaanwysings
gebruik is. (2)
4.3 Bespreek die dramatiese effek wat geskep is deur die tegniese element wat in
die antwoord op VRAAG 4.2 geïdentifiseer is. (2)
4.4 Stel voor hoe die akteurs vokale en/of fisiese vaardighede kan gebruik om
hulle karakters te vertolk. (8)
4.5 Beskryf 'n geskikte stel vir 'n produksie van Siener in die Suburbs. (4)
4.6 Analiseer hoe die akteurs die stel wat in jou antwoord op VRAAG 4.5 beskryf
is, kan gebruik om die openingstoneel te skep. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 9 DBE/November 2022
NSS
Bestudeer BRON G en beantwoord die vrae wat volg.
BRON G: VISUELE BEELDE WAT MET SIENER IN DIE SUBURBS VERBAND
HOU
A B
[Bron: countertorrent.org]
[Bron: Mubi.com]
4.7 Motiveer hoe VISUELE BEELD A, in BRON G, die positiewe in die lewens
van die karakters in die toneelstuk uitbeeld (wys). (6)
4.8 Evalueer hoe VISUELE BEELD B, in BRON G, die temas en boodskappe van
die toneelstuk kan uitlig. (10)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 10 DBE/November 2022
NSS
AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994–KONTEMPORÊR
Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.
VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI
Bestudeer BRON H hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON H: KOMMENTAAR DEUR 'N DRAMATIESE KUNSTE-LEERDER
Die toneelspel in 'n realistiese toneelstuk kom soms so werklik voor dat ons daarby
aansluiting kan vind! Ons het meegevoel met die karakters en hulle omstandighede.
Ons wil uitvind wat aan die einde van die toneelstuk gebeur. Ons hoop op 'n beter
toekoms vir hulle en vir ons! 4
5.1 Definieer Realisme in die Teater. (2)
5.2 Beskryf die stel van Nothing but the Truth. (4)
5.3 Verduidelik waarom 'die toneelspel in 'n realistiese toneelstuk' soms so
werklik voorkom 'dat ons daarby aansluiting kan vind' en waarom ons 'met die
karakters en hulle omstandighede' meegevoel het (reël 1 en 2).
Verwys na Stanislavski se Sisteem/Metode in jou antwoord. (6)
5.4 Bespreek hoe die struktuur van die realistiese, goed geskepte toneelstuk en
die intrige (storielyn) in Nothing but the Truth die gehoor wil laat uitvind wat
'aan die einde van die toneelstuk gebeur'. (8)
5.5 Evalueer of die toneelstuk 'hoop op 'n beter toekoms vir hulle en vir ons'
(reël 3 en 4) kan bring. (8)
5.6 Verbeel jou jy is 'n regisseur en jy wil graag die toneelstuk Nothing but the
Truth vir 'n skoolfees opvoer.
5.6.1 Noem TWEE klankeffekte wat reeds in die toneelteks van Nothing
but the Truth voorkom. (2)
5.6.2 Motiveer hoe die klankeffekte wat in die antwoord op VRAAG 5.6.1
genoem is tot die impak en ervaring van die toneelstuk bydra. (4)
5.6.3 Stel voor hoe die akteurs wat Thando en Mandisa speel hulle
karakters vokaal of fisies kan vertolk sodat die gehoor elke karakter
kan identifiseer. (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 11 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE
Bestudeer BRON I hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON I: KOMMENTAAR DEUR 'N DRAMATIESE KUNSTE-LEERDER
Die toneelspel in 'n realistiese toneelstuk kom soms so werklik voor dat ons daarby
aansluiting kan vind! Ons het meegevoel met die karakters en hulle omstandighede.
Ons wil uitvind wat aan die einde van die toneelstuk gebeur. Ons hoop op 'n beter
toekoms vir hulle en vir ons! 4
6.1 Definieer Realisme in die Teater. (2)
6.2 Beskryf die stel van Groundswell. (4)
6.3 Verduidelik waarom die 'toneelspel in 'n realistiese toneelstuk' soms so
werklik voorkom 'dat ons daarby aansluiting kan vind' en waarom ons 'met die
karakters en hulle omstandighede' meegevoel het (reël 1 en 2).
Verwys na Stanislavski se Sisteem/Metode in jou antwoord. (6)
6.4 Bespreek hoe die struktuur van die realistiese, goed geskepte toneelstuk en
die intrige (storielyn) in Groundswell die gehoor wil laat uitvind wat 'aan die
einde van die toneelstuk gebeur'. (8)
6.5 Evalueer of die toneelstuk 'hoop op 'n beter toekoms vir hulle en vir ons'
(reël 3 en 4) kan bring. (8)
6.6 Verbeel jou jy is 'n regisseur en jy wil graag die toneelstuk Groundswell vir 'n
skoolfees opvoer.
6.6.1 Noem TWEE klankeffekte wat reeds in die toneelteks van
Groundswell voorkom. (2)
6.6.2 Motiveer hoe die klankeffekte wat in die antwoord op VRAAG 6.6.1
genoem is tot die impak en ervaring van die toneelstuk bydra. (4)
6.6.3 Stel voor hoe die akteurs wat Johan en Smith speel hulle karakters
vokaal of fisies kan vertolk sodat die gehoor elke karakter kan
identifiseer. (6)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 12 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET
Bestudeer BRON J hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON J: KOMMENTAAR DEUR 'N DRAMATIESE KUNSTE-LEERDER
Die toneelspel in 'n realistiese toneelstuk kom soms so werklik voor dat ons daarby
aansluiting kan vind! Ons het meegevoel met die karakters en hulle omstandighede.
Ons wil uitvind wat aan die einde van die toneelstuk gebeur. Ons hoop op 'n beter
toekoms vir hulle en vir ons! 4
7.1 Definieer Realisme in die Teater. (2)
7.2 Beskryf die stel van Mis. (4)
7.3 Verduidelik waarom die 'toneelspel in 'n realistiese toneelstuk' soms so
werklik voorkom 'dat ons daarby aansluiting kan vind' en waarom ons 'met die
karakters en hulle omstandighede' meegevoel het (reël 1 en 2).
Verwys na Stanislavski se Sisteem/Metode in jou antwoord. (6)
7.4 Bespreek hoe die struktuur van die realistiese, goed geskepte toneelstuk en
die intrige (storielyn) in Mis die gehoor wil laat uitvind wat 'aan die einde van
die toneelstuk gebeur'. (8)
7.5 Evalueer of die toneelstuk 'hoop op 'n beter toekoms vir hulle en vir ons'
(reël 3 en 4) kan bring. (8)
7.6 Verbeel jou jy is 'n regisseur en jy wil graag die toneelstuk Mis vir 'n skoolfees
opvoer.
7.6.1 Noem TWEE klankeffekte wat reeds in die toneelteks van Mis
voorkom. (2)
7.6.2 Motiveer hoe die klankeffekte wat in die antwoord op VRAAG 7.6.1
genoem is tot die impak en ervaring van die toneelstuk bydra. (4)
7.6.3 Stel voor hoe die akteurs wat Miem en Meisie speel, hulle
karakters vokaal of fisies kan vertolk sodat die gehoor elke karakter
kan identifiseer. (6)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 13 DBE/November 2022
NSS
AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE BEGRIPPE, INHOUD EN
VAARDIGHEDE
VRAAG 8 en 9 is VERPLIGTEND.
VRAAG 8
8.1 Bestudeer BRON K hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON K: WÊRELDOMGEWINGSDAG-PLAKKAAT
RED DIE PLANEET! DIT IS IN ONS HANDE!
Wêreldomgewingsdag
Jy wil help om die planeet te red deur 'n Omgewingsteaterproduksie te skep.
8.1.1 Identifiseer TWEE omgewingskwessies (probleme) wat jy in jou
Omgewingsteaterproduksie wil uitlig. (2)
8.1.2 Verduidelik hoe jy die werkswinkelproses sou gebruik om jou
Omgewingsteaterproduksie te skep. (8)
8.1.3 Motiveer waarom Omgewingsteater kan help om die planeet te red. (2)
8.2 Vergelyk Realistiese Teater met Arm/Gestroopte Teater en analiseer die
volgende elemente van elke teatervorm:
Verhoogtipe
Rekwisiete
Kostuums
Akteur-gehoor-verhouding
(Sit jou antwoord in tabelvorm uiteen volgens die voorbeeld hieronder.
Skryf jou antwoord puntsgewys neer.)
REALISTIESE ARM/GESTROOPTE
TEATER TEATER
Verhoogtipe (4)
Rekwisiete (4)
Kostuums (4)
Akteur-gehoor-verhouding (4)
[28]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 14 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 9
Bestudeer BRON L hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON L: ONGEMASKERDE TEATER
Teater gedurende Covid Teater ná Covid
Om die ophef van die Covid-19-beperkings te vier, beplan jou plaaslike
toneelgeselskap 'n dramafees.
9.1 Identifiseer EEN van die toneelstukke wat jy in Dramatiese Kunste (behalwe
jou graad 12-toneeltekste) bestudeer, gelees of gekyk het wat jy graag by die
fees op die verhoog sal wil sien. (1)
9.2 Verduidelik waarom die opvoeringstyl van die toneelstuk wat jy in die
antwoord op VRAAG 9.1 geïdentifiseer het, in die gehoor se smaak kan val. (3)
9.3 Analiseer die positiewe lewenslesse wat gehore kan leer uit die temas van die
toneelstuk wat jy in die antwoord op VRAAG 9.1 geïdentifiseer het. (6)
9.4 Stel die waarde daarvan voor om lewendige teater te kyk, veral na 'n streng
grendeltydperk. (2)
[12]
TOTAAL AFDELING D: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2022 QP (Eng)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2022 Question Paper (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2022 Question Paper (Eng)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2023 QP (Eng)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2021 QP (Eng)
More from Grade 12 Dramatic Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Dram Art ATP 2023 24

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)
--295292ad-642f-4171-ae1e-c2dd59f80f5a/v1-20e004afb86073eee4e0/card.webp)
Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)
--75e178c5-f96e-43f8-8078-84ce1d3d0082/v1-f945cc30348cd5009930/card.webp)
Memorandum