Skip to content

Dramatic Arts Grade 12 P1 NSC June 2022 Memo (Afrikaans)

MemorandumDramatic ArtsGrade 12202246 pages

Grade 12 Dramatic Arts Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 46 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN DRAMATIESE KUNSTE 2022 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 43 bladsye en 3 bylaes. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 2 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne ALGEMENE AANTEKENINGE VIR DIE HOOFNASIENER EN NASIENERS 1. Die doel van assesserings-/eksamenprosesse is nie net om die 'memorisering' van kennis wat onderrig en geleer is te bepaal nie, maar ook om die kompleksiteit van die denkproses wat die kandidaat toepas op die kennis wat uit die geheue herwin is, te bepaal. 2. Die instrument wat gebruik word om hierdie twee komponente te assesseer, is Anderson en Krathwohl se hersiene Bloom se Taksonomie.  6 kognitiewe moeilikheidsvlakke  4 kompleksiteitsdenkprosesse 3. Gebruik die eerste dag om die kwaliteit en hoeveelheid bewyse in die nasienriglyne te evalueer, die vereiste antwoorde te standaardiseer en om algemene definisies en begrippe te vind. Assimileer die:  Verwagte antwoorde op elke vraag  Die kognitiewe moeilikheidsvlak vereis van die kandidaat  Die tipe denkproses en -kompleksiteit wat van die kandidaat verwag word  Aksiewerkwoorde gebruik by elk van die kognitiewe vlakke en die tipes bewyse vereis (feite, konsepte, prosesse en denke) 4. Maak 'n duidelik regmerkie langs die vereiste aspek van kognitiewe vlak/denkproses kompleksiteit/konsep/inhoud/vaardighede/kennis wanneer 'n punt toegeken word. Nasieners moet aktief betrokke raak by die antwoord  Verwys na die rubrieke aan die einde van die nasienriglyne. 5. As die nasienriglyn nie duidelike riglyne verskaf nie, moet 'n nasiener, met kort kommentaar, aandui waarom punte toegeken moet word of nie. 6. Daar moet gedurende die nasienproses etlike konsultasierondtes wees om te verseker dat nasien gestandaardiseer is. 8. Waar 'n kandidaat meer as die voorgestelde getal woorde geskryf het, moet hy/sy nie gepenaliseer word nie (bv. opstelvraag). 9. Sien holisties na, waar moontlik. Nasieners aanvaar enige korrekte, relevante en goed gemotiveerde antwoorde. 10. Nasieners moet seker maak dat die kandidate se antwoorde ooreenstem met die KABV-dokument se Breë Onderwerpe en Onderwerpe (konsepte, vaardighede en kennis) en met die spesifieke vraag gevra. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 3 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne STANDAARDISERING VAN NASIEN IN AL DIE PROVINSIES Nasien van Opstel- en Antwoordvrae Die hoofnasiener in elke provinsie moet die paradigma waaruit die vrae en die bygaande nasienriglyne ontwerp en opgestel is, verstaan: 1. Inhoudsmoeilikheidsgraad: Hoe kompleks is die ontwerp van die vraag? Word die inhoud op die korrekte vlak geassesseer? 2. Taakmoeilikheidsgraad: Wat is die kognitiewe vlak en denkproses wat van die kandidaat verwag word? 3. Stimulusmoeilikheidsgraad: Hoe moeilik of maklik is dit om die bron te verstaan en toe te pas? 4. Moeilikheidsgraad van die antwoord wat verwag word: Wat is die hoeveelheid/aantal (hoeveel) en gehalte/kwaliteit (hoe goed) van die verwagte antwoord wat van die kandidaat vereis word, soos in die nasienriglyne gegee? Is dit in lyn met die item, taak en stimulus? Is die punte toepaslik toegeken en geweeg? Leong: 2002 Wanneer nasieners aan die begin van die nasienproses opgelei word moet die hoofnasiener in elke provinsie die volgende prosedure volg. Dit sal help met die standaardisering van die puntetoekenning van kandidate se opstelle en antwoorde vir elke deel van die eksamen. Dit sal ook nasionale nasienprosedures, -prosesse en -uitslae standaardiseer. Inleiding tot die nasienproses  Nasieners lees die vraag en beplan 'n antwoord.  Nasieners deel antwoordplanne en som verwagtings vir kandidaatantwoorde op/ deel nie net die hoeveelheid (aantal) bewyse nie, maar ook die gehalte van bewyse (hoe goed). Inleiding tot die Nasienriglyne en Rubrieke  Hersien rubriek met verwysing na die vraag.  Hersien prosedures vir die toeken van holistiese punte (d.i. deur bewyse van die antwoord by die taal van die rubriek te pas en deur alle eienskappe ewe veel te laat weeg).  Hersien elke vraestel met kommentaar Oefen Nasien Onafhanklik  Nasieners ken onafhanklik punte aan 'n pak oefenvraestelle toe.  Opleier teken punte aan en lei bespreking. (Oefenvraestelle moet puntetelling en kommentaar bevat.) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 4 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS VRAAG 1 Die volgende dien as 'n riglyn: Die kandidaat moet:  Hierdie vraag in die vorm van 'n opstel beantwoord  Hierdie antwoord skryf met verwysing na die toneelteks wat bestudeer is  Na EEN van drie bewegings as die konteks verwys: Teater van die Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater verwys  Na die bronmateriaal in sy/haar antwoord verwys  Toon dat die vraag en bron in sy/haar opstel verstaan, ontleed, geëvalueer en geïntegreer is Die inhoud van die opstel moet die volgende dek:  Hoe dramaturge hulle toneelstukke prakseer/bewerk met boodskappe en betekenis in gedagte en hoe hulle die verhoog gebruik om hulle doelwitte, idees en gedagtes lewe te gee  'n Seleksie van karakters, temas, boodskappe en betekenis, stelontwerp en verhoogplasingstegnieke uit die toneelteks om hulle bespreking te ondersteun  Die 20ste-eeuse teaterbeweging wat die kandidaat bestudeer het: Teater van die Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater  Die vraag  Die bron  'n Begrip van die geïntegreerde aard van die toneelteks rakende die verhoogplasing Nasiener se aantekeninge:  Die kandidaat moet toon dat die bogenoemde verstaan, krities ontleed en in die opstel toegepas is  Kennis wat gememoriseer is, moet in 'n oorspronklike argument gekontekstualiseer word wat feitlike, kontekstuele, prosedure- en metakognitiewe denke toon  Die rubriek is 'n riglyn vir die nasiener om die volgende te assesseer: o Kognitieweprosesdimensievlakke (onthou, verstaan, toepas, ontleed, evalueer en skep) o Kompleksiteit van denke deur die kandidaat getoon (feitelik, konseptueel, prosedureel metakognitief)  Neem alle instruksies in ag wanneer die opstel nagesien word  Gebruik die rubriek se kriteria, vlakbeskrywers, kognitiewe vlakke en denkprosesse om 'n punt toe te ken  Indien nasieners nie met Bloom se Taksonomie en die bygaande rubriek bekend is nie, moet nougesette opleiding gegee word Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 5 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne BESKRYWER PUNTE DIE KANDIDAAT SE ANTWOORD TOON 'N VERMOË OM: • Kognitiewe vlak en denkproses: Skep, besin, ontdek, vernuwe, verander op uitstaande in 'n uitstaande wyse met 27–30 Uitstaande metakognitiewe denke oor inhoud • Argument: 90–100% Metakognitiewe Skep 'n nuwe en unieke, geïntegreerde, gedifferensieerde, verklarende argument wat refleksiewe, kreatiewe, kritiese en analitiese denke op 'n uitstaande vlak toon A+ Skep • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron: Gebruik en kontekstualiseer uitstaande bykomende bronne op 'n uitstaande wyse Voorbeelde is binne 'n omvattende reeks insiggewend gekose inhoud • Kognitiewe vlak en denkproses: Beoordeel, lewer kritiek, evalueer op uitstekende wyse met metakognitiewe denke oor Uitstekend 24–26 inhoud • Argument: Metakognitiewe 80–89% Stel 'n argument volgens 'n interessante patroon wat bewyse toon van besinning, kritiese en analitiese denke op 'n uitstekende vlak Evalueer A • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron: Gebruik en kontekstualiseer uitstekende bronne. Evalueer voorbeelde binne 'n omvattende reeks insiggewend gekose inhoud • Kognitiewe vlak en denkproses: Kom tot gevolgtrekkings, dekonstrueer konsepte, ontdek op 'n verdienstelike wyse, met Verdienstelik 21–23 proseduredenke oor inhoud • Argument: Prosedure 70–79% Pas kritiese en analitiese denke op 'n verdienstelike vlak toe • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron: Ontleed B Gebruik en kontekstualiseer voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende bronne binne 'n breë reeks toepaslike gekose inhoud • Kognitiewe vlak en denkproses: Wesenlik 18–20 Pas toe, konstrueer, integreer op 'n wesenlike vlak met proseduredenke oor inhoud • Argument: Prosedure 60–69% Pas kritiese en analitiese denke op 'n wesenlike vlak toe • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag, bron: Toepas C Integreer voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende bronne binne 'n beperkte reeks gekose inhoud • Kognitiewe vlak en denkproses: Interpreteer, illustreer, klassifiseer op 'n voldoende vlak; met konseptuele denke oor Voldoende 15–17 inhoud • Argument: Konseptueel 50–59% Begryp en konseptualiseer kennis op 'n voldoende vlak • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag, bron: Begrip D Verskaf voldoende voorbeelde uit die toneelteks binne 'n algemene reeks voorspelbare inhoud • Kognitiewe vlak en denkproses: Gemiddeld 12–14 Verduidelik op 'n gemiddelde vlak; met konseptuele denke oor inhoud • Argument: Konseptueel 40–49% Verduidelik denkprosesse op 'n gemiddelde vlak • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag, bron: Begrip E Gebruik 'n paar voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende bronne binne 'n beperkte en gemiddelde reeks inhoud • Kognitiewe vlak en denkproses: Elementêr Identifiseer, noem, definieer op 'n elementêre vlak; met feitelike denke oor inhoud 10–11 • Argument: Feitlik 30–39 Verskaf denkprosesse op 'n elementêre vlak F • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag, bron: Onthou Kies slegs 'n paar voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende bronne Nie Behaal • Kognitiewe vlak en denkproses: 1–9 Nie Op 'n beperkte vlak identifiseer, noem; met beperkte feitelike denke oor inhoud • Argument: 20–29% Feitlik Verskaf feitelike denkprosesse, maar op 'n beperkte vlak • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag, bron: G Onthou Verskaf idees of inligting in woorde, maar op 'n beperkte vlak Nie Behaal • Kognitiewe vlak en denkproses: Nie Baie min of geen inligting nie. Kan nie denke/gedagtes in woorde uitdruk nie 0 • Argument: 0 – 19% Feitlik Onvermoë om te identifiseer, noem, in verband te bring, definieer H • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag, bron: Onthou Geen bewyse van enige feitelike kennis nie TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 6 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994 Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord. VRAAG 2: WOZA ALBERT! – PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN BARNEY SIMON 2.1 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis en begrip van die intrige van die toneelstuk weerspieël en 'n vermoë om die gebeure op te som. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn:  Morena se dood word op die TV-nuus aangekondig  Kaapstad word deur die kernontploffing vernietig wat Morena doodgemaak het  Morena staan uit die dood op  Zuluboy maak die begraafplaas skoon  Morena slaap bo-op 'n grafsteen  Zuluboy sien Morena, nader hom en hulle herken mekaar  Zuluboy is verras maar gelukkig dat Morena nog leef  Morena vra of die grafte in alfabetiese volgorde gehou word  Morena soek na mense om te laat opstaan uit die dood  Hy laat die geeste van die vryheidstrydhelde opstaan (4) 2.2 Nasieners aanvaar goed gemotiveerde antwoorde wat begrip toon van die1976-Soweto-opstande en die rol wat Hector Petersen as 'n simbool van die onderdrukte sukkelende en gevalle jongmense gespeel het wat hulle teen Afrikaans as 'n onderrigmiddel verset het. Ken volpunte toe vir:  Een goed gemotiveerde stelling OF  Drie aparte stellings Die volgende dien as 'n riglyn: Hector Petersen was:  'n Skolier tydens die 1976-skoolboikotte en opstande  Deur die apartheid-polisie doodgeskiet  Iemand wie se foto regdeur die wêreld as 'n simbool van die brutaliteit van die apartheidsregering geplaas is  'n Simbool van moed en heldhaftigheid in teëspoed  'n Held van die stryd teen apartheid  'n Ikoon van die vryheidstryd (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 7 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 2.3 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n analise en waardering van die taalkeuse wat in BRON B gebruik is, toon. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Taal:  Weerspieël die diversiteit van die Suid-Afrikaanse bevolking  IsiXhosa/isiZulu en Engels word in die dialoog en sang gebruik  Die taal van die teks sal aanklank vind by die verskillende taalgroepe en rassegroepe  As die teks in die gehoor se moedertaal is, kan dit die gehoor se deelname aanspoor  Die mense het maklik toegang tot die taal en identifiseer met wat gesê word  Beide sang en dialoog kom in die toneel voor wat dramatiese verskeidenheid skep  Druk die gedagtes en emosies van die mense uit  Het 'n kragtige emotiewe effek op die gehoor deur die sang en oproep van vryheidstrydhelde  Skree en uitroepe (deur hoofletters en uitroeptekens getoon) trek die aandag van die gehoor (4) 2.4 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip toon van die verskillende dinamiek en effek van sang en dans op die verhoog, wat tot 'n crescendo in die laaste toneel opbou. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Sang:  Is emotief want dit skep stemming en atmosfeer en moedig die gehoor aan om deel te neem  Die inhoud van die liedjie spoor die gehoor tot aksie aan  Maak die toneel lewendig deur musikaliteit, ritme en inhoud  A capella-sang sal aanklank vind by die gehoor en skep ruimte vir spontaneïteit Dans:  Is 'n sterk fisiese uitdrukking van denke en gevoel  Is hoogs energiek en wek emosie op wat suiwerend kan wees  Het 'n mobiliserende effek want dit kan die gehoor aanspoor om saam te dans en deelname te verhoog  Vul die verhoog met energie en vergroot die teaterimpak  Dit roer die gehoor emosioneel want dit skep stemming en atmosfeer  Dit word gebruik as 'n skakelmiddel om die tonele saam te skakel wat samehang tot gevolg het  Gebruik om kommentaar te lewer op die handeling, baie soos die Griekse koor/refrein (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 8 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 2.5 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n duidelike analise van die verskillende aspekte van die finale oomblikke van die toneelstuk en hoe dit die gehoor kan affekteer, toon. Ken volpunte toe vir:  Een goed gemotiveerde stelling OF  Drie aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Die finale oomblikke van die toneelstuk:  Is hard in volume om die dramatiese effek van die klimaks op die gehoor te verhoog  Trek die gehoor se aandag want al die vryheidstrydhelde staan uit die dood uit op  Mobiliseer die gehoor tot aksie buite die teater omdat die dramatiese effek 'n behoefte aan verandering aanmoedig  Toon die vermoëns en grootheid van God. Hy laat mense uit die dood opstaan. Roer die godsdienstige geesdriftigheid van die gehoor aan en bevestig die mag van God  Beklemtoon die belangrikheid van die titel – Woza Albert! wat beteken 'staan op' en sal die gehoor bevredig voel (3) 2.6 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kreatiwiteit en innovering in hulle opvoerkeuses (wat dalk onverwags, maar nogtans aanvaarbaar is) toon. Keuses moet beskou word as dat dit die impak van die toneelstuk op 'n manier versterk. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees Blok kan die volgende insluit:  Die kreatiewe gebruik van al die verhoogareas, bv. 'USC', 'DSL'  Die gebruik van vlakke op die verhoog – rostrums op verskillende vlakke kan 'n platform verskaf wat van lae na gemiddelde tot hoë vlakke beweeg  Interessante patrone, reguitlyne, sirkels, vierkante  Verskillende dinamiek: stadige, medium en vinnige pas om oor die verhoog te beweeg Tegniese aspekte kan die volgende insluit:  Visuelemedia-projeksies, beelde/foto's met inligting oor die vryheidstrydhelde  Gepaste gebruik van emotiewe musiek in die agtergrond om 'n empatiese gevoel uit die gehoor te lok  Baniere, slagspreuke en protessang teen apartheid  Die gehoor in die aksie van sing en dans intrek deur die akteurs wat tussen die gehoor inbeweeg  Ekstra dialoog om oor die verset uit te brei en gehore te sê hoe hulle moet optree om verandering teweeg te bring (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 9 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 2.7 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n vermoë weerspieël om die moontlike waarde en impak wat Woza Albert! as 'n nie- gewelddadige wapen vir verandering op die vryheidstryd kon gehad het demonstreer. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Woza Albert!  Het 'n stem aan stemloses en die onderdrukte ontburgerde bevolking van Suid-Afrika gegee  Het mense van hulle regte bewus gemaak  Het mense verenig in die stryd teen die apartheidsregering  Het die geskiedenis van apartheid gedokumenteer  Het die lewens en stryd van die gewone mens weerspieël en was daarom katarties in die weerspieëling van die lewens van baie lede van die gehoor  Het die gesensorde boodskap van die onderdrukking en brutaliteit van apartheid aan die res van die wêreld oorgedra  Het internasionale regerings en organisasies gemobiliseer om Suid-Afrika te boikot  Het 'n rol as nie-gewelddadige wapen vir verandering in Suid-Afrika gespeel (6) 2.8 Verwys na die notas hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk toe te lig. Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Kandidate moet kan evalueer hoe die studie van die toneelstuk hulle denke gevorm het. Die antwoord kan persoonlik wees Die volgende dien as 'n riglyn: Kwessies in die toneelstuk:  Armoede  Werkloosheid  Brutale apartheidswette  Hopeloosheid teenoor hoop  Karakters wag vir die verlosser om hulle uit hulle situasie te red  Die toneelstuk weerspieël die menseregteskendings, gruweldade, honger, dors en desperaatheid van 'n nasie in krisis  Rassisme en onregverdige diskriminasie gebaseer op die kleur van jou vel, bv. twee wit mense bly in 'n groot huis met tien duisend stene gebou terwyl die meerderheid mense in sinkhutte woon  Uitbuiting van werkers, bv. Bobbejaan en Zuluboy se lone  Ontburgering van regte, bv. mense is nie toegelaat om te stem nie  Gebrek aan identiteit, bv. passtelsel en sommige karakters is naamloos, bv. vleisverkoper (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 10 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 3: SOPHIATOWN – THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY 3.1 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis en begrip van die intrige van die toneelstuk weerspieël. Ken volpunte toe vir:  Een goed gemotiveerde stelling OF  Twee aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn:  Die gedwonge verskuiwing van inwoners van Sophiatown  Die G-men het 'n paar dae vroeër as in die briewe gestipuleer na Sophiatown gegaan om die inwoners uit te sit (2) 3.2 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip en analise toon van die rol wat Jakes in die toneel speel. Ken volpunte toe vir:  Een goed gemotiveerde stelling OF  Drie aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Jakes:  Tree as verteller op en vertel die storie en geskiedenis van wat met Sophiatown gebeur het  Lewer kommentaar oor die dramatiese handeling  Maak waardeoordeel oor die gebeure, bv. die gedwonge uitsetting  Spreek die gehoor direk aan – verwyder skans tussen die gehoor en die akteur om oor kwessies uit te wei  Dra die boodskappe en die temas van die toneelstuk oor en beklemtoon die patos van die einde  Moedig die gehoor aan om op te tree na die toneelstuk  Lê sy eie weerloosheid bloot asook dit van alle swart mense (3) 3.3 Nasieners aanvaar relevante interpretasies van Jakes se woorde. Antwoorde moet 'n begrip toon van die betekenis van wat Jakes in reël 1–3 sê. Kandidate wys die vaardigheid om dit in hulle eie woorde uit te druk Ken volpunte toe vir:  As die kandidaat in staat is om die betekenis van Jakes se woorde op te som OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Jakes se toespraak:  Hy wens dat slegte dinge met die oortreders van die ongeregtighede (gedwonge verskuiwings) sal gebeur  Vergifnis en genesing sal nie onmiddellik plaasvind nie, want die pyn is so diep (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 11 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 3.4 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip van die geskiedenis en impak van gedwonge verskuiwings in Suid- Afrika weerspieël. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Sophiatown:  Is vernoem na Herman Tobiansky se vrou en was daarom aan die grond gekoppel wat 'n geskenk aan die mense was want hulle is toegelaat om daar te woon en 'n lewe te skep  Die dorp was 'n mikrokosmos van die diverse rasse en kulture en 'n voorbeeld van hoe goed diverse mense respekvol kan saamleef, en in harmonie 'n lewendige gemeenskap kan skep Triomf:  Was 'n Afrikaanse naam wat dus die dominansie van die oorwegend onderdrukkende wit Afrikaanse nasionale regering van daardie tyd verteenwoordig het  Die naam 'Triomf' is ironies want oorwinning vir een persoon, veroorsaak lyding en dominansie vir 'n ander persoon (4) 3.5 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip en analise van die inhoud en impak van die liedjie toon. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Die liedjie:  Word as 'n musikale partituur in die agtergrond gebruik terwyl Jakes praat  Verhoog die emotiewe kwaliteit van Jakes se woorde  Bevat die trane ('tears') van die mense. Dit impliseer diepe hartseer. Dit wys die treurlied (klaagsang) en emosionele impak op die mense wat die gedwonge verskuiwings moes ervaar  Sluit die toneelstuk met 'n duidelike stemming van verlies, hartseer en verwoesting af  Die hopeloosheid van hulle lewens word oorgedra deur die herhaling van die woorde in die liedjie (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 12 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 3.6 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip van die belangrikheid van Sophiatown die toneelstuk en die plek toon. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Die storie van Sophiatown:  Dokumenteer die geskiedenis van die Swart, Kleurling- en Indiër-lewens tydens die brutaliteit van apartheid  Herinner ons aan die gruwels van gedwonge verskuiwings en die verwoesting wat dit veroorsaak het  Die storie van Sophiatown bewys 'Memory is a weapon' (Geheue is 'n wapen) wat 'n nie-gewelddadige wapen is om verandering in ons samelewing teweeg te bring  Sluit persoonlike besonderhede van spesifieke swart lewens in waarmee die gehoor kan empatie hê en hulleself sien  Herinner ons daaraan om nie die foute van die verlede te herhaal nie (4) 3.7 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n vermoë toon om die effek wat die finale oomblikke van die toneelstuk op die gehoor gehad het, te verstaan. Ken volpunte toe vir:  Een goed gemotiveerde stelling OF  Drie aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Die gehoor se reaksie kan wees om:  Emosioneel deur die sang geraak te word  Oor die verwoesting en vernietiging van die apartheidsregering se gedwonge verskuiwings op die mense van Sophiatown ingelig te word  Sensitief te raak oor die persoonlike pyn van die swart mense  Gemobiliseer te word om op te tree in die samelewing na die toneelstuk (3) 3.8 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kreatiewe toepassing van die beginsels en praktyke van blokkering/opvoer van die finale toneel weerspieël. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Blok:  Die ander karakters kan agter op die verhoog weg van Jakes sing terwyl hy vertel  Karakters kan op verskillende plekke op die verhoog geplaas word. Hulle kan baie stil staan, met elke karakter wat hartseer na hulle vorige plekkies kyk, en besin oor die tye wat hulle in die huis gehad het Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 13 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne OF Tegniese aspekte:  Klankeffekte van bewegende trokke en mense wat skree en hulle verset teen die verskuiwing kan op die agtergrond gespeel word, asook die klanke van polisiemanne wat van die verhoog af op die mense skree en hulle dwing om te trek  Die klank van borde en koppies wat breek, van messegoed wat val, ens. kan alles gespeel word as klankeffekte wat die 'verbryseling' van mense aandui soos wat hulle haas om hulle besittings te pak  Verdoffing van kolligte kan ook gebruik word om elke karakter eers uit te lig en dan een vir een te laat vervaag totdat die verhoog swart is  Akteurs kan ook afbeweeg as die kollig vervaag wat 'n leë verhoog laat wat die leegheid beklemtoon  Die ligte kom vlugtig na die verdonkering aan om 'n leë verhoog te wys (6) 3.9 Verwys na die notas hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk toe te lig. Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Kandidate moet kan evalueer hoe die studie van die toneelstuk hulle denke gevorm het, en besin oor kwessies hieronder genoem, en kommentaar inkorporeer oor huidige omstandighede. Kandidate moet ‘n persoonlike antwoord gee. Die volgende dien as 'n riglyn: Kwessies in die toneelstuk:  Bantoe-onderwys, soos deur die karakter van Lulu getoon, was 'n minderwaardige onderwysstelsel wat daarop gemik was om die meerderheid van die bevolking onderdruk te hou  Gedwonge verskuiwings: Inwoners van Sophiatown wou nie trek nie want hulle het die volste reg gehad om in hulle eie huis te woon.Om te protesteer het hulle plakkate met geskrewe slagspreuke gebruik soos: 'We Won't Move' (Ons sal nie trek nie')  Rampokkery: Mededingende bendes sou oor beheer van gebiede en meisies baklei om geld te maak om te oorleef en ook om mekaar te beskerm  Oorbevolking is as normaal in Sophiatown beskou want baie mense was aangetrokke tot die plek as gevolg van die lewendige leefstyl waar verskillende kulture vrylik met mekaar kon meng, hulle kreatiwiteit, musikaliteit, idees en kulture kon deel.  Huishoudelike geweld, soos deur die karakters van Mingus en Princess getoon. Mingus misbruik Princess fisies en verbaal want hy voel hy is geregtig daarop aangesien hy vir haar sorg, wat seksisme, 'n patriargale stelsel en toksiese manlikheid toon  Ongelykheid word uitgebeeld deur die beperking van beweging van swart mense  Rassisme: daar is leefruimtes aan mense volgens hulle ras toegeken (Groepsgebiedewet) omdat apartheidswette mense gesegregeer het (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 14 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS – PG DU PLESSIS 4.1. Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip van die intrige van die toneelstuk en 'n vermoë om die gebeure op te som, weerspieël. Ken volpunte toe vir:  Drie aparte stellings Die volgende dien as 'n riglyn: Die gebeure wat tot die finale toneel gelei het:  Tjokkie voorspel dat die grys perd die resies sal wen. Hy voorspel dat sy pa terugkom en dat Jakes nie die pa van Tiemie se baba is nie.  Wanneer Natty Tatty (grys perd) die resies wen, glo hulle dat die res van die voorspellings ook waar sal wees  Jakes rand Tiemie aan want hy glo dis nie sy baba nie  Tjokkie pleeg selfdood omdat hy skuldig voel oor sy voorspelling dat Tiemie se baba nie Jakes s'n is nie (3) 4.2 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip van beide die liedjie en die dramatiese impak van die skielike einde toon. Ken punte vir die volgende toe:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Die liedjie Sugar Sugar en die skielike einde daarvan is belangrik want:  Die liedjie is Tiemie se gunsteling  Die liedjie verwys na Tiemie se onskuldigheid want sy is soet en 'n 'honey'  Die musiek stop wanneer Jakes haar in die huis aanrand  Die skielike einde van die liedjie funksioneer as 'n dramatiese pouse in die handeling/aksie, wat daardeur die belangrikheid van die gebeure beklemtoon  Dit kan miskien Tiemie se dood OF die verlies van haar onskuld voorspel  Die opgewekte lighartige liedjie is 'n skerp kontras met die wrede gebeure (4) 4.3 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip van Tjokkie se woorde toon. Ken punte vir die volgende toe:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn:  Dit beklemtoon hoeveel Tjokkie homself vir die tragedie blameer  Dit toon hoe diep Tjokkie se skuldgevoel is  Dit skep 'n gevoel van desperaatheid by Tjokkie wat die gehoor kan voel (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 15 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 4.4 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat konseptuele begrip en die effek van dramatiese simbole toon. Ken punte vir die volgende toe:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Die belangrikheid van die bloedbevlekte kanseldoek:  Dit is 'n dramatiese beeld en het konnotasies van lyding en die belangrikheid van die kerk se tradisies  Dit is 'n simbool en metafoor vir meer as die letterlike waarde daarvan op die verhoog: Dit verteenwoordig liefde en godsdiens want Ma borduur die doek met die woorde: 'God is Liefde'. Dit simboliseer dat wanneer jy iemand lief het, jy uiteindelik kan seer kry.  Giel wil dit verkoop vir geld en daardeur word dit van sy waarde beroof  Daar is bloed op die doek nadat Jakes vir Tiemie aangerand het en dit toon die hewigheid van die aanranding  Toon dat Ma nie meer in ware liefde glo nie. Haar laaste woorde is: 'Daar's altyd net bloed aan.' (4) 4.5 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n vermoë toon om te identifiseer en te analiseer hoe geslagsgebaseerde geweld in die bron hanteer word en ook hoe dit op die verhoog uitgebeeld word. Kandidate moet na die reëls en woorde in BRON D verwys. Ken punte vir die volgende toe:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Geslagsgebaseerde geweld word deur die volgende uitgebeeld:  Jakes wat Tiemie fisies mishandel  Die reaksies en aksies/handelings van die karakter in die toneel weerspieël die impak van die geweld  Die ontwrigtende en verskriklike geraas in die huis wat die gehoor kan skok en daarop dui dat geweld plaasvind  Tiemie se gil wat aandui dat sy deur Jakes aangerand word.  Die opgewekte liedjie wat skielik stop en die hartseer geweld wat teen Tiemie gepleeg word, aandui  Ma wat desperaat probeer om die deur oop te maak. Haar dringende/desperate pleidooie dui haar angstigheid oor wat pas gebeur het aan, net soos haar roep na Tjokkie vir hulp  Jakes se finale verskyning met die bloedbevlekte kanseldoek in sy hand en sy gewelddadige aggressiewe gebaar om dit in Ma se gesig te gooi  Die gehoor se kennis van wat gebeur het, alhoewel dit van die verhoog af plaasgevind het. Die plasing van die aksie van die verhoog af, vererger die geweld van die gebeure in die gehoor se verbeelding (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 16 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 4.6 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n vermoë toon om die karakter van Tjokkie en sy gawe om die toekoms te voorspel en hoe dit na die tragiese einde van die toneelstuk (sy selfdood) gelei het, kan analiseer en evalueer. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Tjokkie word 'n slagoffer van sy eie gawe omdat:  Sy vermoë om die toekoms te voorspel 'n vloek word; sy voorspellings veroorsaak verraad, hartseer, geweld en selfs moord  Hy wil nie sy gawe gebruik nie want dit maak hom vir dae lank siek  Ander mense dwing/mishandel hom om sy gawe tot hulle eie voordeel te gebruik  Hy is 'n gevangene van sy eie gawe, want hy voorspel (sien) selfs al wil hy nie sien nie, wat fisies en emosioneel vir hom traumaties is  Jakes wil hê hy moet 'sien' of Tiemie swanger is  Giel wil weet wat die uitslag van die perdereisies is sodat hy geld op die wenperd kan wed, want hy het dringend geld nodig  Fé stel voor dat Tjokkie moet lieg oor die feit dat Jakes nie die vader van Tiemie se moontlike swangerskap is nie  Ná sy visie besef hy sy gawe het Ma en Tiemie seergemaak (Giel los Ma en Jakes mishandel Tiemie)  Dit lei tot sy selfdood aan die einde van die toneelstuk (4) 4.7. Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n vermoë toon om die effek wat die finale oomblikke van die toneelstuk op die gehoor het, analiseer. Ken volpunte toe vir:  Drie aparte stellings Die volgende dien as 'n riglyn: Die gehoor se reaksie:  Sal kan identifiseer met party van die karakters want hulle is ouers wat dieselfde pyn as Ma ervaar wat albei haar kinders verloor het  Geraak sal word deur die hartseer situasie van Ma wat nou alleen, sonder Giel of haar kinders, is  Teen geslagsgebaseerde geweld sal kan opstaan as gevolg van Jakes se gewelddadige gedrag  Indien hulle bevoorreg en nie bewus is van die moeilike situasie in die voorstede ('suburbs') nie, sal leer om hulle eie situasie te waardeer  Sal sien dat selfdood nie die antwoord op probleme is nie  Sal besef dat jy getrou aan jou waardes moet bly  Hulle mag geskok wees deur die geweld en mishandeling (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 17 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 4.8 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kreatiewe toepassing van die beginsels en praktyke van die opvoer van die finale toneel weerspieël. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Opvoer van die finale toneel kan insluit: Blok:  Ma kan geplaas word middelverhoog, omdat sy in die middel van al die aksie (handeling) is en nie weet waarheen om te gaan nie  Ma kan op en af beweeg, want sy weet nie of sy vir Tjokkie of vir Tiemie moet help of keer dat Jakes weggaan nie  Jakes is haastig om die verhoog te verlaat want hy wil van die situasie wegkom OF Tegniese aspekte bestaan uit:  Gedetailleerde konseptualisering en produksie van opvoer (verhoogplasing), stel, rekwisiete, kostuums, grimering  Gedetailleerde fokus op die klankeffekte ('slag in die huis')  Die bloed op die doek om die huishoudelike geweld te beklemtoon  Tjokkie se selfdood onder die motor word beklemtoon deur die klankeffekte (gesis van die domkrag)  Beligting en die beweging van die Buick op die domkrag want sy dood kom nader  Die beligting wat op Ma in die middel van die verhoog kan fokus omdat sy die middelpunt van die gebeure en die gevolge daarvan is  Die klankeffekte van die motorfiets wat kan beklemtoon dat Jakes die situasie verlaat (wegkom uit die situasie)  Totale stilte en 'n pouse voor Ma se laaste woorde om die impak van die laaste woorde te beklemtoon (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 18 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 4.9 Verwys na die notas hieronder en BYLAE A 'n om jou nasienwerk toe te lig. Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n evaluering toon van hoe die toneelstuk hulle denke gevorm het, en besin oor kwessies hieronder genoem, en kommentaar inkorporeer oor huidige omstandighede. Kandidate moet persoonlike begrip toon. Die volgende dien as 'n riglyn: Kwessies in die toneelstuk:  Arm wit Suid-Afrikaners:  In die 1970's was die 'suburbs' en die skakelhuise aan die armer wit Suid-Afrikaners toegeken  Klas en sosiale stand/status: Hierdie toneelstuk deur PG du Plessis is die eerste toneelstuk wat die lewens van die arm wit Afrikaner beklemtoon. Die meeste van die karakters in die toneelstuk kan nie uit hulle situasies ontsnap nie  Tiemie werk aan die ander kant van die spoorlyn – in die ryk gebied. Deur die dag is sy deel van die beter meer welaf deel van die samelewing, maar sy woon steeds by Ma in die arm 'suburbs'  Tiemie vertel haar gesin dat die mense by die werk nie enigiets weet oor hulle arm toestande in die 'suburbs' nie  Hulle sal verleë voel en minder van haar dink as hulle hoor waar sy  woon  Tjokkie en Ma hoop dat Tiemie met 'n man uit 'n beter sosiale stand sal trou  Armoede van die wit Afrikaner:  Ma se man het tydens die Tweede Wêreldoorlog vermis geraak en sy ontvang 'n klein pensioen  Liefdelose verhoudings:  Giel bly slegs by Ma vir haar geld en huis, maar hy vertel haar hy is lief vir haar  Tiemie is nie lief vir Jakes nie, sy besluit om 'n beter lewe te soek  Vasgekeerde lewens:  Tjokkie is Ma se seun by haar eerste man, maar hy weet dat hy nie die vaardighede het om die 'suburbs' agter te laat nie  Hy het groot verwagtinge dat sy suster Tiemie die laeklaslewe in die 'suburbs' sal agterlaat  Sy is slim en baie mooi en het 'n werk in 'n kantoor (by dié wat aan n beter gemeenskap behoort)  Haar ondergang is dat sy Jakes se meisie is, die laagste klas in die 'suburbs' (Hulle noem Jakes 'n 'tang') Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 19 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne  Geslagsgebaseerde geweld:  Tiemie is bang vir Jakes se woede en bly by hom omdat sy bang is, maar sy is nie lief vir hom nie  Wanneer sy dink sy is swanger, wil sy nie met Jakes trou nie, want sy weet sy sal dan nie uit die 'suburbs' kan ontsnap nie  Jakes rand Tiemie fisies aan want hy voel sy het hom verraai en omdat hy glo hy is nie die pa van die kind wat Tiemie dra nie (10) TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 20 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994–KONTEMPORÊR Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord. VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI 5.1.1 Ken 'n punt vir EEN van die volgende karakters wat genoem is toe: Thando Makhaya OF Sipho Makhaya OF Mandisa Mackay met 'n rede vir die keuse (1) 5.1.2 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip van karakterkeuse toon. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Mandisa is:  'n Onafhanklike vrou wat soms selfs as selfgesentreerd beskou kan word  Vol selfvertroue en reguit en in staat om haar menings vrylik te lug  Onsensitief vir die kulturele norme van haar Suid-Afrikaanse familie  'n Modeontwerper  Woon in Londen Thando is:  Respekvol, versorgend en liefdevol  'n Onderwyseres en werk ook by die WVK as 'n vertaler  Sipho se enigste dogter  Is bewus van haar kulturele waardes Sipho is:  'n 63-jarige Assistenthoof-bibliotekaris by die openbare biblioteek in Port Elizabeth  Baie konserwatief en n tradisionele Xhosa-man  Is trots op sy voorkoms en sy huis  Het vaste gewoontes  Is gebonde aan sy kulturele waardes en handhaaf dit (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 21 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 5.1.3 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip toon van die gepaste kleredrag vir die karakter wat op die vereiste foto uitgebeeld moet word. Ken volpunte toe vir:  Drie aparte stellings Die volgende dien as 'n riglyn: Mandisa kan die volgende dra:  Modieuse/kontemporêre/stylvolle klere want sy is 'n modeontwerper van Londen  Hoëhakskoene om gesofistikeerd te lyk  Helderkleurige klere om haar flambojante aard te vertoon  'n Serp of handsak met 'n bekende handelsnaam as 'n modebykomstigheid Sipho kan die volgende dra:  Formele klere want hy werk as Assistenthoof-bibliotekaris en hy is op pad om Reverend Haye te besoek  Formele hemp  'n Formele das want hy het pas van die werk af gekom en Thando help hom met sy das in die toneelstuk  Formele gepoleerde skoene want hy versorg sy voorkoms Thando kan die volgende dra:  Konserwatiewe klere want sy is 'n onderwyseres en sy werk ook by die WVK  Fatsoenlike klere, bv. lang romp  Kortmoubloes want sy is jonk  Hofskoene, eenvoudig en prakties, om by haar werk te pas  'n Deftige baadjie (3) 5.2.1 Nasieners aanvaar die identifisering van enige dramaties uitdagende toneel in die toneelstuk. Kandidate moet ‘n persoonllike antwoord gee Ken volpunte toe vir:  Drie aparte stellings 'n Voorbeeld van 'n dramaties uitdagende toneel kan die volgende wees:  Sipho wat die waarheid vir Mandisa en Thando vertel, asof hy by die WVK is, waar daar van hom verwag sou word om 'die waarheid, die volle waarheid en niks anders as die waarheid' te praat nie.  Hy is geforseer om die waarheid te praat, selfs al weet hy dat die potensiaal bestaan dat dit sy familie uitmekaar kan skeur  Dit bring al die pynlike en teenstrydige herinneringe van sy verlede terug, waaroor hy nog nie die kans gehad het om praat of te hanteer nie want hy is nog nie voorheen daarmee gekonfronteer nie  Hy het 'n emosionele uitbarsting  Hy vind sy eie stem, hy word bevry en verlos van sy verdriet. Omdat hy die vryheid het om homself uit te spreek, voor die waarheid te staan te kom en om verantwoordelikheid te neem om sy broer, sy vrou en sy werkgewer te vergewe vir al die pyn en verdriet wat hulle hom aangedoen het  Hy is in staat om vrede te maak en die mense te vergeef wat dinge by hom weggevat het (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 22 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 5.2.2 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip en analise toon van 'n toneel wat dramaties uitdagend is. Merk holisties  Een goed gemotiveerde stelling OF  Drie aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Ek verkies hierdie toneel want dit onthul die versteekte waarheid wat Sipho vir sy familie weggesteek het en verskaf die volgende geleenthede vir die akteur om te toon:  Wat sy emosionele omvang is: die akteur moet diep en pynlike emosies toon  Sy emosionele geheue: die akteur moet 'n vermoë toon om sy herinneringe as 'n bron vir sy karakter te gebruik  Sy vokale vaardighede en tegnieke: die akteur moet in staat wees om 'n hoë intensiteit in sy vokale energie te toon, maar daar moet tog tegniese beheer en behendigheid wees  Sy fisieke vaardighede: die akteur moet sy intensiteit en emosies deur sy liggaam (bewegings, gebare, stap en houding) kan kanaliseer  Sy intellektuele vaardighede: die akteur moet 'n goeie begrip van die karakter se doelwitte, gegewe omstandighede en subteks toon (3) 5.2.3 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en toepassing van enige van Stanislavski se tegnieke/metodes in die voorbereiding van sy/haar karakter toon. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: 'n Akteur moet van die volgende bewus wees: Gegewe omstandighede:  Kennis van die toneelstuk, intrige, en subteks  Kennis van die karakter, biografie, agtergrond, motiewe en doelwitte Fisiese stand van aksies  Aksies en reaksies (emosies, gedagtes/denke, bewegings, besluite) moet realisties en gemotiveerd wees  Die geskikte keuse, skepping en karakterisering (gesigsuitdrukking, gebare en beweging) om die lewe van die toneelstuk op die verhoog te skep Doelwitte en superdoelwitte ('Beat Work')  Verskuiwings in denke, gevoelens, behoeftes en handelinge (aksies) moet effektief en realisties weergegee/vertolk word  Eenhede en doelwitte moet in die akteur se fisieke en vokale uitdrukking weerspieël word Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 23 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne Vokale uitdrukking:  Omdat die metode/tegniek vir realisme in die teater geskep is, moet die akteur die illusie van 'n ware gesprek skep  Die akteur moet gelei word met betrekking tot die begrip en betekenis van die gedagtes en gevoelens wat in die vokale reaksies weerspieël word deur toon, pas, tempo, volume, ens. Magiese As ('Magic if'):  Die akteur moet homself verbeel dat die aksies (handelinge), motiverings, emosies en behoeftes van die karakter werklik is/sy eie is  Toneelspel is glo ('Acting is believing') Aandagsirkels:  Die akteur se fokus moet op die wêreld van die toneelstuk wees (gegewe omstandighede, lewens van die karakters, intrige, doelwitte, ens.) en nie op die gehoor nie Emosionele geheue:  Die akteur kan put uit persoonlike ervarings om hierdie emosionele werklikheid in sy/haar toneelspel te benut Kandidate kan na voorbeelde of oomblikke in die toneelstuk verwys om hulle antwoorde te motiveer. (6) 5.2.4 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n analise en toepassing van die gebruik van die stem en liggaam toon. Kandidate kan of hoef nie voorbeelde te gebruik nie. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Bv. Sipho se stemgebruik:  Die akteur moet die karakter verstaan en gelei word deur die gedagtes en gevoelens van die karakter. Dit word weerspieël in vokale reaksies deur toon, pas, tempo, volume, ens.  Die akteur moet die spanning kan opbou, bv. 'n verhoogde tempo en volume, wat 'n spesifieke gedagte beklemtoon OF Bv. Sipho se gebruik van sy liggaam:  Die akteur moet gepaste gebare, beweging, houding en fisieke aksies kan kies om sy woede en teleurstelling uit te druk wanneer hy vertel wat met hom tydens sy kinderjare en deur die jare gebeur het  Die akteur moet sy gesigsuitdrukkings op 'n geloofwaardige manier gebruik om iemand te vertolk wat emosioneel seergemaak en verraai voel. Die akteur moet nie dink hoe woede moet lyk en dan 'n gesig wys met woede nie. Die akteur se gesig moet werklik die woede voel  Die akteur se fisikaliteit toon dat hy verbitterd en kwaad is (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 24 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 5.3 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en 'n analise van die genre van Realisme in die teater toon. Ken volpunte tore vir volpunte toe vir: Drie goed gemotiveerde Ses aparte stellings Die volgende dien as 'n riglyn: Intrige:  Is realisties en volg die formaat van n ‘goed geskepte toneelstuk’, met 'n duidelike uiteensetting, logiese oorsaak-tot-gevolg-ontwikkeling, klimaks en oplossing  Word aangedryf deur die dramatiese spanning opgebou deur die konflikte wat duidelik in Sipho, die karakters en in die geheime en seerkry van die verlede is. Die kern van realisme in drama is konflik. Dit is die brandstof wat die intrige aandryf en die spanningslyn hoog hou  'n Familie kom saam vir die begrafnis van Sipho se broer, 'n politieke banneling wat in Londen gesterf het, in New Brighton. Die paar oorlewende lede van die gesin kom saam – Sipho, Thando en Mandisa. Mandisa het vir die eerste keer by haar familietuiste aangekom, verwar deur die vreemde plek waarvan sy haar hele lewe gehoor het, maar waarvan sy niks weet nie Taal:  Die dialoog is herkenbare alledaagse taal  Die realistiese intrige word aangedryf deur 'n reeks gesprekke en argumente wat die uiteindelike waarheid van die situasie, die karakters en hulle standpunte onthul  Die gebruik van pouses, wat spanning aandui, dui vir die gehoor daarop dat daar konflik is en dat die karakters nie gemaklik is met die onderwerp wat bespreek word nie Stel:  Die stel is 'n presiese weergawe van 'n tipiese township-huis  Dieselfde afmetings en meubels is tipies en gedetailleerde rekwisiete voltooi die realistiese visuele prentjie  Is ontwerp om op 'n prosceniumboog-verhoog in te pas (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 25 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 5.4 Verwys na die notas hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk toe te lig. Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n evaluering toon van Nothing but the Truth as 'n gewilde en relevante toneelstuk vir gehore regdeur die wêreld. Die volgende dien as 'n riglyn: Sosiale:  Samehorigheid is deur die deelname aan die WVK-prosesse behaal  Verskillende rasse is nou geïntegreerd en daar is meer aanvaarding en verdraagsaamheid van verskille  Die wette is nou regverdig en respekteer en behandel alle mense as gelykes Kulturele:  Tradisionele en Westerse kulture word beide aanvaar en gevier  Daar is verdraagsaamheid tussen die verskillende kulturele praktyke en groepe  Gebrekkige persepsies en stereotipes deur ander lande word uitgedaag en bevraagteken Politieke:  Die diskriminerende wette voor 1994, wat onregverdig was, is ontbloot vir hulle brutaliteit en onmenslike behandeling van mense  Die huidige demokratiese wette, reëls en beleide het mense teen wie voorheen gediskrimineer is, waardigheid gegee  Ander lande wat onregverdige praktyke het, word uitgedaag en kan moontlik besin oor hulle behandeling van mense (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 26 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE 6.1.1 Ken 'n punt vir EEN van die volgende karakters wat genoem is toe: Johan OF Thami OF Mr Smith en gee 'n rede vir die keuse (1) 6.1.2 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip van karakterkeuse toon. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Thami:  Is die bestuurder van Garnet Lodge in die afwesigheid van die eienaars  Soek geleenthede om te bereik wat hy beoog het toe hy sy familie agtergelaat het en na die Diamantkus gekom het om geld te maak om 'n plaas te koop en sy familie te onderhou  Kommunikeer met sy vrou deur briewe waarin hy nie eerlik oor sy prestasies en rykdom is nie  Beskou Johan nie as deel van sy toekomsplanne nie Mr Smith is:  'n Gas by die Garnet Lodge  'n Ryk sakeman met 'n huis en 'n motor  'n Man wat sy werk en die doel van sy lewe verloor het  Word as 'n belegger beskou  Soek na iets om die aandag van die leegheid van sy lewe af te trek  Soek geleenthede om te bereik wat hy beoog het toe hy sy familie agtergelaat en na die Diamantkus gekom het Johan:  Is 'n verstoteling/uitgeworpene uit die samelewing wat probeer om van sy verlede weg te kom  Is desperaat om met 'n diamantkonsessie geld te maak  Is 'n gewese polisieman  het 'n swart man doodgemaak (4) 6.1.3 Ken punte toe vir relevante antwoorde wat begrip toon van die gepaste kleredrag vir die karakter wat op die vereiste foto uitgebeeld moet word. Ken volpunte toe vir:  Drie aparte stellings Die volgende dien as 'n riglyn: Bv. Mr Smith:  Is formeel aangetrek, vertoon sy rykdom  Dra ‘n formele langbroek  Dra ‘n hemp met kraag en das  Dra formele skoene Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 27 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne Thami:  Dra ou klere want hy werk met skoonmaakmiddels of dra deftige klere want hy is die bestuurder van die Garnet Lodge  Dra ‘n Langbroek  Dra ‘n formele hemp en skoene Johan:  Dra ‘n T-hemp  Dra jeans  Dra tekkies  Dra ‘n leerbaadjie (3) 6.2.1 Nasieners aanvaar die identifisering en opsomming van enige dramaties uitdagende toneel in die toneelstuk. Ken volpunte toe vir:  Drie aparte stellings (3) 6.2.2 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip en analise van 'n toneel wat dramaties uitdagend is, toon. Merk holisties Die volgende dien as 'n riglyn: 'n Voorbeeld van 'n dramaties uitdagende en sprekende toneel is:  Johan wat Smith ontbloot as 'n persoon wat uit die onregverdige apartheid-verlede voordeel getrek het  Hy begin deur Smith se reisbaadjie met die baie sakke te kommandeer  Hy maak die sakke leeg en onthul van Smith se mees persoonlike items: sy sleutels, kredietkaarte, tjekboek en 'n foto van sy dogters  Johan het 'n mes in sy hand  Hy bou 'n prentjie van Smith as 'n bevoordeelde van die apartheidstelsel  Mr Smith probeer om homself te verdedig, maar hy misluk  Mr Smith weier om 'n tjek te teken wat aan Thami uitgemaak is  Johan onthul sy eie verlede aan Smith as 'n onteerde polisieman wat tien jaar gelede uit die mag gegooi is omdat hy op nalatige wyse 'n onskuldige man doodgemaak het (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 28 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 6.2.3 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip van enige van Stanislavski se tegnieke/metodes in die voorbereiding van sy/haar karakter toon. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: 'n Akteur moet van die volgende bewus wees: Gegewe omstandighede:  Kennis van die toneelstuk, intrige en subteks  Kennis van die karakter, biografie, agtergrond, motiewe en doelwitte Fisieke stand van aksies  Aksies en reaksies (emosies, gedagtes/denke, bewegings, besluite) moet realisties en gemotiveerd wees  Die geskikte keuse, skepping en karakterisering (gesigsuitdrukking, gebare en beweging) om die lewe van die toneelstuk op die verhoog te skep Doelwitte en superdoelwitte ('Beat Work')  Verskuiwings in denke, gevoelens, behoeftes en handelinge (aksies) moet effektief en realisties weergegee/vertolk word  Eenhede en doelwitte moet in die akteur se fisieke en vokale uitdrukking weerspieël word Vokale uitdrukking:  Omdat die metode/tegniek vir Realisme in die teater geskep is, moet die akteur die illusie van 'n ware gesprek skep  Die akteur moet gelei word met betrekking tot die begrip en betekenis van die gedagtes en gevoelens wat in die vokale reaksies weerspieël word deur toon, pas, tempo, volume, ens. Magiese As ('Magic if'):  Die akteur moet homself verbeel dat die aksies (handelinge), motiverings, emosies en behoeftes van die karakter werklik is/sy eie is  Toneelspel is glo ('Acting is believing') Aandagsirkels:  Die akteur se fokus moet op die wêreld van die toneelstuk wees (gegewe omstandighede, lewens van die karakters, intrige, doelwitte, ens.) en nie op die gehoor nie Emosionele geheue:  Die akteur kan put uit persoonlike ervarings om hierdie emosionele werklikheid in sy/haar toneelspel te benut Kandidate kan na voorbeelde of oomblikke in die toneelstuk verwys om hulle antwoorde te motiveer. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 29 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 6.2.4 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n analise en toepassing van die gebruik van die stem en die liggaam toon. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Bv. Johan se stemgebruik:  Die akteur moet die karakter verstaan en gelei word deur die gedagtes en gevoelens van die karakter. Dit word weerspieël in vokale reaksies deur toon, pas, tempo, volume, ens.  Die akteur moet die spanning kan opbou, bv. 'n verhoogde tempo en volume, wat 'n spesifieke gedagte beklemtoon OF Bv. Johan se gebruik van sy liggaam:  Die akteur moet gepaste gebare, beweging, houding en fisieke aksies kan kies om sy woede en teleurstelling uit te druk  Die akteur moet sy gesigsuitdrukkings op 'n geloofwaardige manier gebruik om iemand te vertolk wat emosioneel seergemaak voel. Die akteur moet nie dink hoe woede moet lyk en dan 'n gesig wys met woede nie. Die akteur se gesig moet werklik die woede voel  Die akteur se fisikaliteit toon dat hy verbitterd en kwaad is (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 30 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 6.3 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en 'n analise van die genre van Realisme in die teater toon. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Intrige:  Is realisties en volg die formaat van n ‘goed geskepte toneelstuk’, met 'n duidelike uiteensetting, logiese oorsaak-tot-gevolg-ontwikkeling, klimaks en oplossing  Word aangedryf deur die dramatiese spanning opgebou deur die konflikte wat duidelik in die karakters en in die geheime van die verlede is. Die kern van Realisme in drama is konflik. Dit is die brandstof wat die intrige aandryf en die spanningslyn hoog hou  Die toneel begin waar Thami ou klere dra en deur skoonmaakmiddels omring is Johan, wat 'n voormalige polisieman is, is in 'n desperate situasie omdat hy sy skuldgevoel wil besweer. Albei mans werk vir afwesige gastehuiseienaars, maar Thami het die beter posisie as bestuurder. Hulle begin 'n komplot om 'n diamantmynboukonsessie op die nabye rivier by die regering te koop Taal:  Die dialoog is herkenbare alledaagse taal tipies van realisme in die teater  Die realistiese intrige word aangedryf deur 'n reeks gesprekke en argumente wat die uiteindelike waarheid van die situasie, die karakters en hulle standpunte onthul Stel:  Die stel is die sitkamer cum eetkamer van 'n gastehuis in 'n klein diamantmyn- en vissersdorpie met die Weskus op  Meubels is tipies van 'n gastehuis en gedetailleerde rekwisiete voltooi die realistiese visuele prentjie  Die stel is ontwerp om op 'n prosceniumboog-verhoog in te pas (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 31 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 6.4 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n evaluering van Groundswell as 'n gewilde en relevante toneelstuk vir gehore regdeur die wêreld toon. Die volgende dien as 'n riglyn: Sosiale:  Elke karakter verteenwoordig 'n verskillende sosiale sektor in die Suid-Afrikaanse samelewing:  Thami is 'n swart man wat tydens apartheid benadeel is. Swart mense se armoede en stryd word ontbloot. Hulle woon nog steeds in hutte in swart townships  Johan is 'n middelklas wit man wat tydens apartheid voorregte gehad het. Hy het in 'n middelklas wit woonbuurt grootgeword.  Hy dui aan hoe ver die meeste wit mense van die realiteite van arm swart mense verwyder was  Smith is 'n ryk wit man wat sy loopbaan en rykdom in 'n stelsel opgebou het wat vir hom voordelig was en gebaseer op 'n 'demokratiese' stelsel hom geleenthede verskaf het. Hy het in 'n ryk hoëklas-woonbuurt gewoon. Kulturele:  Elke karakter verteenwoordig 'n verskillende kulturele sektor in die Suid-Afrikaanse samelewing:  Thami is 'n swart man wat sy tradisionele geloofstelsels eer  Johan is 'n middelklas wit man wat moontlik in 'n godsdienstige huis grootgeword het en 'n goeie skool bygewoon het  Smith sou met ryk en magtige mense gemeng het. Sy fokus was om rykdom en mag bymekaar te maak en om sy familie goed te versorg Polities:  Elke karakter verteenwoordig 'n verskillende politieke sektor in die Suid-Afrikaanse samelewing:  Thami as 'n swart onderdrukte man met baie min regte sal gehore bewus maak van menseregteskendings en die nodigheid om vir geregtigheid en gelyke behandeling van alle mense te veg  Johan as 'n middelklas wit man het moontlik nie die voorregte wat deur apartheid verskaf is, bevraagteken nie en het moontlik uitgesien na 'n toekoms met geleenthede  Smith as 'n ryk sakeman het baie van sy rykdom aan 'verdienstelike sake' geskenk het maar hy verstaan steeds nie werklik die lyding van swart mense nie (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 32 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET 7.1.1 Ken 'n punt vir EEN van die volgende karakters wat genoem is toe: Miem, Meisie OF Konstabel OF Gertie met 'n rede vir die keuse (1) 7.1.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat begrip toon van die karakter gekies. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Meisie is:  Miem se dogter, ongeveer agtien jaar oud  Bleek met lang hare  Hardwerkend, maak goiingsakke om met mis vol te maak  Lyk asof sy onderdanig is maar in werklikheid rebelleer sy teen haar moeder en Afrikaner Calvinisme  Hunker na vryheid en om van haar moeder en die reëls en regulasies waarvolgens sy moet leef, bevry te wees Konstabel is:  In sy dertigs  Geheimsinnig en 'n sjarmante man  'n Magiese karakter wat die tema van magiese realisme in die teater dra  Gee voor dat hy blind is maar hy kan egter sien  'n Afrikaner en ken die tradisies van die Afrikaners  'n Wetstoepasser (4) 7.1.3 Ken punte toe vir relevante antwoorde wat begrip toon van die gepaste kleredrag vir die karakter wat op die vereiste foto uitgebeeld moet word. Ken volpunte toe vir:  Drie aparte stellings Die volgende dien as 'n riglyn: Bv. Meisie:  Dra 'n ou rok  Die rok sal niks ontbloot nie  Die rok sal langmoue hê  Die rok mag ‘n hoë kragie hê wat tot by die nek toegeknoop is  Dra plat skoene soos hofskoene Gertie:  Dra ‘n sweetpakbroek of oefenklere  Dra ‘n toegeknoopte bloes  Mag ‘n bostuk met ritssluiter/Sweetpakbostuk aan hê  Dra skoene om mee te oefen Konstabel:  Dra 'n uniform met langbroek, baadjie, helm, bril en stok (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 33 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 7.2.1 Nasieners aanvaar die identifikasie en opsomming van enige dramaties uitdagende toneel in die toneelstuk. Ken volpunte toe vir:  Drie aparte stellings (3) 7.2.2 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip en analise van 'n toneel wat dramaties uitdagend is, toon. Merk holisties Die volgende dien as 'n riglyn:  Miem vra Konstabel oor sy blindheid uit  Konstabel vertel die verhaal van die sonsverduistering wat sy blindheid veroorsaak het  Die aandag is slegs op Konstabel wanneer hy sy monoloog doen  Hy vertel van sy ouers en tant Hannie  Hy vertel die storie  Die ander karakters luister aandagtig  Hy vertel 'n leuen maar moet baie oortuigend wees om die vertroue van die dames te wen  Hy moet 'n geloofbare blinde karakter speel  Die monoloog moet opbou tot 'n klimaks met gebruik van tempo en volume asook stilte  Die woorde moet bydra tot magiese realisme in die teater want dit val saam met die wind (3) 7.2.3 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip van enige van Stanislavski se tegnieke/metodes/ stelsel/beginsels in die voorbereiding van sy/haar karakter toon. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: 'n Akteur moet van die volgende bewus wees: Gegewe omstandighede:  Kennis van die toneelstuk, intrige en subteks  Kennis van die karakter, biografie, agtergrond, motiewe en doelwitte Fisiese stand van aksies  Aksies en reaksies (emosies, gedagtes/denke, bewegings, besluite) moet realisties en gemotiveerd wees  Die geskikte keuse, skepping en karakterisering (gesigsuitdrukkings, gebare en beweging) om die lewe van die toneelstuk op die verhoog te skep Doelwitte en superdoelwitte ('Beat Work')  Verskuiwings in denke, gevoelens, behoeftes en handelinge (aksies) moet effektief en realisties weergegee/vertolk word  Eenhede en doelwitte moet in die akteur se fisieke en vokale uitdrukking weerspieël word Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 34 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne Vokale uitdrukking:  Omdat die metode/tegniek vir realisme in die teater geskep is, moet die akteur die illusie van 'n ware gesprek skep  Die akteur moet gelei word met betrekking tot die begrip en betekenis van die gedagtes en gevoelens wat in die vokale reaksies deur toon, pas, tempo, volume, ens. weerspieël word Magiese As ('Magic if'):  Die akteur moet homself verbeel dat die aksies (handelinge), motiverings, emosies en behoeftes van die karakter werklik is/sy eie is  Toneelspel is glo ('Acting is believing') Aandagsirkels:  Die akteur se fokus moet op die wêreld van die toneelstuk wees (gegewe omstandighede, lewens van die karakters, intrige, doelwitte, ens.) en nie op die gehoor nie Emosionele geheue:  Die akteur kan put uit persoonlike ervarings om hierdie emosionele werklikheid in sy/haar toneelspel te benut Kandidate moet na voorbeelde of oomblikke in die toneelstuk verwys om hulle antwoorde te motiveer. (6) 7.2.4 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n kennis, begrip en toepassing van die gebruik van die vokale en fisiese vaardighede toon. Ken volpunte toe vir:  Twee goed gemotiveerde stellings OF  Vier aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Stemgebruik:  Die akteur moet gelei word deur die gedagtes en gevoelens van die karakter. Dit word weerspieël in vokale reaksies deur toon, pas, tempo, volume, ens.  Die akteur moet die spanning kan opbou, bv. 'n verhoogde tempo en volume, wat 'n spesifieke gedagte beklemtoon OF Gebruik van liggaam:  Die akteur moet gepaste gebare, beweging, houding en fisieke aksies kan kies om sy gevoel van verlies uit te druk  Die akteur moet sy gesigsuitdrukkings op 'n geloofwaardige manier gebruik om iemand te vertolk wat emosies van aanvaarding toon. Die akteur moet nie dink aan hoe aanvaarding moet lyk en dan 'n gesig wys met aanvaarding nie. Die akteur se gesig moet werklik aanvaarding voel  Die akteur se fisikaliteit moet spanning toon (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 35 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 7.3 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en 'n analise van die genre van realisme en magiese realisme in die teater toon. Ken volpunte toe vir:  Drie goed gemotiveerde stellings OF  Ses aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Intrige:  The intrige hanteer werklike probleme van die karakters na die Groot Depressie  Bevat sosio-ekonomiese probleme soos armoede, geen werk nie en verlies aan rykdom  Miem moet mis verkoop om 'n lewe te maak  Sy is die broodwinner  Die intrige volg die patroon van 'n ‘goed geskepte toneelstuk’, uiteensetting, insident wat aksie aan die gang sit, stygende spanning, klimaks en dalende aksie en ontknoping  Die plek/ligging/omgewing is realisties op 'n afgeleë kleinhoewe  Die karakters moet die beperkings en skuldgevoelens en skande van Afrikaner Calvinisme hanteer  Daar is spanning tussen Miem en Meisie  Daar was op daardie tydstip 'n werklike algehele sonsverduistering Taal:  Die taal is realisties, alledaags, herkenbaar en omangstaal/gesprekstaal volgens karakters se temperament, aksies, gedrag, motiverings, doelwitte en agtergrond  Dit is alledaagse gesprekstaal  Dit vertel jou meer van die karakter en sy/haar omstandighede  Daar is geen sang nie, slegs dialoog  Hierdie styl van taal is spesifiek wat jy van elke karakter sou verwag volgens hul temperament, aksies, gedrag, motiverings, doelwitte en agtergrond Stel:  Die stel is 'n ou kombuis wat die gebrek aan geld toon  Daar is 'n vervalle, ou tafel en stoele  Daar is 'n koolstoof  'n Tafel met 'n plastiektafeldoek  Linoleum-vloerbedekking wat uitgrtrap is  Verbleikte gordyne hang voor die vensters  Die plafon, wat die valdeur wys  Die sinkmure waarmee die huis gebou is  'n Haak teen die agterdeur  Ander ruimtes, bv. die slaapkamers word voorgestel (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 36 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 7.4 Verwys na die notas hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk toe te lig. Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n evaluering van Mis as 'n gewilde en relevante toneelstuk vir gehore regdeur die wêreld toon. Die volgende dien as 'n riglyn: Sosiale:  Elke karakter verteenwoordig 'n verskillende sosiale aspek in die Suid-Afrikaanse samelewing, bv.:  Konstabel is 'n man wat homself in 'n chauvinistiese samelewing bevind waar mans oorheers. Dit gee hom voorregte en vryheid wat vroue nie het nie  Miem is 'n getroude vrou wie se man in die solder van die huis woon. Hy kom nooit af om haar geselskap te hou nie. Sy voel eensaam want as 'n getroude vrou in 'n chauvinistiese samelewing word daar van haar verwag om lojaal aan haar man te bly.  Meisie is 'n jong meisie wat deur die reëls van hierdie samelewing onderdruk voel. Sy moet rein en onskuldig bly totdat 'n man haar vra om te trou. Sy rebelleer hierteen en loop saam Konstabel weg. Kulturele  Elke karakter verteenwoordig 'n verskillende kulturele sektor in die Suid-Afrikaanse samelewing, bv.:  Konstabel, as 'n man, word gerespekteer en as magtig beskou. Hy sal die besluitnemer en leier in byeenkomste en situasies wees. Dit is die toksiese wit manlike kultuur  Miem, as 'n ouer vrou, moet haar plek in 'n gesprek ken. Sy mag nie te hard praat of verregaande optree nie want dit sal skande oor haar en die familie bring  Meisie, as 'n jong vrou, bevraagteken hierdie kulturele beperkings en reëls. Die feit dat sy sirkus toe gaan en saam met Konstabel wegloop, beteken 'n verandering in die kultuur Polities:  Elke karakter verteenwoordig 'n verskillende politieke sektor in die Suid-Afrikaanse samelewing, bv.:  Konstabel: As 'n wit man sal moontlik konserwatief wees en verseker dat wit mense die mag behou  Miem: As 'n ouer wit vrou sal Miem moontlik konserwatief wees. Sy sal moontlik glo dat die regering van daardie tyd gehoorsaam moet word  Meisie: As jonk en van 'n nuwe generasie sal sy moontlik die politiek en onregverdighede van daardie tyd bevraagteken. Sy kan moontlik teen die politieke status quo rebelleer soos sy teen haar moeder rebelleer (10) TOTAAL AFDELING C: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 37 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE KONSEPTE, INHOUD EN VAARDIGHEDE VRAAG 8 Verwys na die notas hieronder en BYLAE B om jou nasienwerk toe te lig. 8.1 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip van Suid-Afrikaanse teater met 'n spesifieke agenda toon. Kandidate kan relevante en korrekte historiese feite, kontekste en verduidelikings van enige ander teater met 'n spesifieke agenda verskaf. Die antwoord moet met die aanhaling gegee, verband hou. Merkers moet daarop bedag wees dat daar oorvleueling van die verskillende teaters mag wees in kandidate se antwoorde Die volgende is voorbeelde maar nie beperk tot slegs onderdstaande nie Protesteater:  Die doel was om teen apartheid te mobiliseer, mense van die brutaliteit daarvan bewus te maak en daaroor te leer  Het in Suid-Afrika bekend geword·  Protesteer teen die brutale apartheidsisteem wat deur die wette van die tyd afgedwing is  1948 Hendrik Verwoerd vestig apartheid  1960 Unie van SA word die Republiek van SA  Die 'Equity ban': Buitelandse spelers is nie toegelaat om in Suid-Afrika op te tree nie en vice versa  Plaaslike dramaturge beveg apartheid, bv. Athol Fugard, Maishe Maponya  The Space Teater, Markteater is nie gesubsidieer n  Werkswinkels/Slypskole is oor baie toneelstukke gehou en was vir almal toeganklik  Opgevoer in gemeenskappe, gebruik eenvoudige kostedoeltreffende stelle Werkswinkelteater:  Is n teater-maak-proses  Is dikwels geskep deur 'n groep mense (saam) bymekaar in deelname aan ‘n demokratiese proses van teater-maak  Stappe in die proses: idee, dinkskrum, navorsing, improvisasie, seleksie, redigering en repetisie, afronding, draaiboek of opname Voorbeelde van toneelstukke: Ilanga, Woza Albert!  Die proses is gebruik in Protes-, Gemeenskaps-, Omgewings-, Werkers- en Opvoedkundige Teater in SA  Die teaterstyl is toeganklik vir almal, a.g.v. opvoering, styl en tegnieke  Gemeenskapsprobleme  Onderwerpmateriaal is aktueel, gemik op onderrig en mobilisering van mense om die wette van aparteid en die samelewing te verander  Werkswinkels vir gemeenskapskwessies is gehou vir oplossings van probleme bv armoede, geweld, ongelyke regte Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 38 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne Gemeenskapsteater:  Bewusmaking: vasstelling van die behoeftes en probleme van die gemeenskap en die skep van bewustheid daarvan  Vir die gemeenskap, deur die gemeenskap  Dikwels deur 'n groep mense geskep  Demokratiese proses om teater te maak  Bewusmaking: vasstelling van die behoeftes en probleme van die gemeenskap en die skep van bewustheid daarvan  Sosiale aksie: kundiges help die akteurs om tonele te dramatiseer wat wys hoe om probleme op te los of dit te hanteer  Verpolitisering: die tonele leer gemeenskappe oor die onderliggende oorsake van hulle situasie en is bedoel om tot sosiale verandering te lei Voorbeelde:  Voorbeelde van Gemeenskapsteater: Winterveld Squatter Camp Project, Kode Kobenini ma Crossroads, ens. Werkersteater: Oorsprong en doelwitte:  Dit is in die 1920’s geskep  'Teater deur die mense, vir die mense'  Pak kwessies aan wat belangrik is vir werkers, soos ervarings in die werksplek en hulle konflikte met bestuur  Skep werkersolidariteit  Leer werkers hoe om op te tree om hulle situasies te verander en aksie te neem teen hulle onregverdige behadeling, wette en werksomstandighede  Bemagtig alle werkers om kwessies te verstaan  Die doel is om kwessies wat aangeroer is, op te los Deelnemers:  Deur werkers opgevoer  Akteurs gewoonlik nie professioneel nie en beeld werklike gebeure wat hulle persoonlik ervaar het, uit  Gehoor betrokke by die opvoering (12) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 39 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 8.2.1 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip van die waarde van die repetisieproses weerspieël. Ken volpunte toe vir:  Vier goed gemotiveerde stellings OF  Agt aparte gedagtes/idees Die volgende dien as 'n riglyn: Belangrike repetisieprosesse:  Navorsing oor die tydperk en genre waarin die toneelstuk afspeel, sal begrip van die sosiaal-politieke en kulturele konteks versterk  Navorsing oor die gegewe omstandighede van die toneelstuk en elke karakter sal die wêreld van die toneelstuk openbaar  Analise en begrip van die subteks en die teks sal die temas, kwessies en dramatiese konflikte duidelik maak  Ondersoek en analise van elke karakter se doelwitte en superdoelwit sal die akteur in staat stel om 'n ware en geloofbare karakter te skep  Ondersoek en keuse van emosionele herinneringe sal 'n geloofwaardige en werklike opvoering en uitbeelding tot gevolg hê  Toepassing van verbeelding en visualisering om die 'magiese as' ('magic if') te bereik sal baie geleenthede vir innovering en kreatiewe idees skep  Voortdurende praktyk, verfyning en repetisie van vokale, toneelspel en fisieke vaardighede sal die akteur versterk asook sy vaardighede en die optrede/spel  Effektiewe skepping van 'n karakter sal die diepte en kreatiwiteit van die optrede/toneelspel versterk  Terugvoering van die onderwyser en portuurgroep sal die opvoering/toneelspel verbeter  Self-evaluering om die persoonlike standaard van spel na optimum spel te verbeter, wat die vervanging van die gekose stukke kan insluit  Leer tydsbestuur om sukses te verseker (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 40 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 8.2.2 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis van effektiewe/doeltreffende fisieke of vokale vaardighede – keuses in die voorbereiding van 'n karakter toon. Ken volpunte toe vir:  Vier goed gemotiveerde stellings OF  Agt aparte stellings Die volgende dien as 'n riglyn: Vokaal: die toepassing van:  Korrekte interkostale diafragmatiese asemhaling  Opwarm- en afkoeloefening  Ontspanningsoefeninge  Artikulasie – om die vokale en konsonante korrek te vorm  Projeksie – om die stem toepaslik binne die ruimte (ver of naby) te plaas  Resonansie – om die borsholte, keel/stemkas, mond, neusholtes te gebruik om met asem te vul om vibrasie en klank te vorm  Uitspraak – om woorde, frases en sinne te vorm om begrip en betekenis te skep  Toonhoogte – om 'n lae, middel of hoë vokale omvang te gebruik  Pas – om dialoog stadiger of vinniger te maak om betekenis te skep  Metrum – om die intrinsieke ritme van die gespoke woord en die stiltes wat daarmee saamgaan, om betekenis te skep  Toon – om emosionele toestande en betekenis te skep  Frasering – om groeperings van woorde te skep om toon, ritme, ens. oor te dra EN/OF Fisiese: die toepassing van:  Korrekte postuur/houding  Belyning van die ruggraat  Ontspanning van die spiere  Opwarm- en afkoeloefeninge  Krag en gefokusde kreatiewe energie  Buigbaarheid  Uithouvermoë  Stamina  Bewegingstegnieke, bv. Laban (krag, inspanning, gewig, tydsberekening), Alexander-tegniek  Gebruik van ruimte  Gebruik van abstrakte idees, gebare, liggaamsbewegings, treë, opeenvolgings en kombinasies  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 41 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne Toneelspel: die toepassing van:  Neutrale liggaamsposisie en postuur  Opwarm- en afkoeltegnieke en oefeninge  Toneelspelmetodes/-tegnieke, bv. Stanislavski, Grotowski  Gegewe omstandighede  Karakteranalise  Subteks en teksanalise (tydperk, genre, dramatiese beweging, tema, stemming, atmosfeer, idees, sosio-, politieke, ekonomiese en ander kontekste)  Emosionele geheue  Magiese as ('Magic if') (8) 8.2.3 Verwys na die rubriek in BYLAE B. Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en begrip toon van ontdekkings wat hulle oor hulle persoonlike vaardighede en ontwikkeling gemaak het deur: Die volgende dien as 'n riglyn: Kommunikasievaardighede in persoon of deur tegnologie:  Vaardighede ten opsigte van die weergee van emosios en gevoelens-vaardighede: Wanneer met 'n PAT of 'n temaprogram gewerk word, is gevoelens en emosies dikwels betrokke en ons kan dikwels seerkry. Sê eerder: 'Ek voel seergemaak deur wat jy gedoen het' as 'Jy maak my seer'.  Vaardighede ten opsigte van selfversekerheid- /selfgeldingsvaardighede: Wanneer met 'n PAT of 'n temaprogram gewerk word, sal daar baie standpunte, menings en idees wees. Die weergee van selfversekerdheid moedig skaam leerders aan om te praat en dominante leerders om almal se bydrae te respekteer. 'Ek sal dit waardeer as jy meer respekvol sal wees', in plaas van 'Bly stil'. Ook om jou in staat te stel om jou standpunt kalm en met respek uit te druk en om gehoor te word.  Konflik-oplossingsvaardighede: Elke situasie bevat konflik. Party konflik is funksioneel en lei tot 'n oplossing. Ander konflik is gewelddadig en lei tot fisieke, emosionele, sielkundige, geestelike of verbale geweld. Wanneer aan 'n PAT of temaprogram gewerk word, is dit meer effektief om te sê: 'Ek sal daarvan hou as jy my ervaring sou oorweeg' in plaas van 'Jy gee nie vir my om nie' of jy 'noem name/blameer/verwyt/beskuldig'.  Woede-bestuursvaardighede: Alle leerders sal kwaad wees wanneer hulle waardigheid, menslikheid, betekenis, bydrae, doel, werk gedevalueer of gekritiseer word. Om kwaad te wees, is menslik, normaal en toepaslik. Dit dui aan dat jy nie met respek behandel is nie. Om te help dat woede funksioneel en respekvol en op 'n selfgeldende wyse uitgedruk word, sê: 'Ek is ontsteld en het tyd op my eie nodig, asseblief – sal dit reg wees so?' in laas van om gewelddadig te wees met woorde, gesigsuitdrukkings, gebare, ens. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 42 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne  Bemiddelingsvaardighede: By repetisie- en praktiese werk is dit belangrik om redes, werksmetodes, menings en idees te verduidelik. Dit is funksioneel om te sê: 'oorweeg die volgende as 'n oplossing vir die gedig' in plaas van 'Jy sal dit met jou stem doen'.  Fasiliteringsvaardighede: Begryp dat praktiese werk berus op begrip van hoe die stem, liggaam, verstand, gevoelens en emosies werk en hoe verskillend dit ten opsigte van diverse agtergronde en kulture kan wees. 'Wat is jou gedagtes, ervaring, standpunt of gevoelens?' in plaas van om vir mense voor te skryf wat hulle moet voel, dink of weet.  Aanbiedingsvaardighede/Opvoervaardighede: Ontspan, is voorbereid, het die vermoë om van aangesig tot aangesig of deur tegnologiese platforms en toeps ('apps') op te tree/toneel te speel. Kreatiewe denkvaardighede in persoon of deur tegnologie:  Laterale denke: Oorweeg alternatiewe opsies vir kreatiewe gebruik van die gebruik van die stem/liggaam/beweging/karakterisering, ens. behalwe die ooglopende keuse/opsie, dink op kreatiewe wyse  Verbeeldingryke denke: Oorweeg die gebruik van 'wat as' as 'n moontlikheid en verbeel/bedink/stel alternatiewe maniere voor van wees, dink en doen met gebruik van jou stem, liggaam, ens. Om risiko's te neem om jouself te ui te brei  Visualiseringsvaardighede: Gebruik jou sintuie (gevoel, tas/aanraking, hoor, smaak en ruik om in jou verbeelding prentjies, beelde, gevoelens, stemmings, stories, karakters, klanke, bewegings, ens te skep.  Konseptuele denke: Pas 'n storie/verhaal of karakter aan om 'n simbool, idee, stemming of atmosfeer oor te dra  Abstrakte denke: Neem 'n konkrete beeld, bv. 'n gewonde/beseerde seun en verteenwoordig hierdie beeld deur die gebruik van beligting, rooi kleedstof, postmoderne bewegings en gebare, ens.  Metakognitiewe denke: Aanpassing, verandering en ontwerp/ontwikkel 'n nuwe, innoverende, unieke manier waarop die stem of liggaam gebruik kan word om 'n oorspronklike karakterisering vir 'n karakter of 'n oorspronklike interpretasie van bv. 'n gedig te skep of om die subteks te speel of om 'n alter ego te skep Samewerkingsvaardighede in persoon of deur tegnologie:  Luistervaardighede: Die vermoë om te luister, te verstaan, en na begrip te soek voordat jy jou motiewe/gedagtes/idees aanbied/voorlê. Ook die vermoë om meer feite en inligting te soek om stereotipiese denke, wanbegrippe en aannames te verminder.  Werk effektief saam mekaar en in 'n groep: Toon vermoë om deur verskille en konflik te werk Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste 43 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne  Nie-verdedigende interaksies: Die vermoë om jou te verbeel hoe die ander persoon voel eerder as wat jy bedoel of wat jy wil hê  Woedebestuur: Die vermoë om jou eie vrees, skaamte en gevoelens van verwerping of dat jy aangeval word, te beheer Geen name noem, blameer, verwyte of beskuldiging van ander persoon nie Gee feite op 'n funksionele wyse deur wanbegrippe en aannames te ondersoek/bestudeer Kritiese denkvaardighede in persoon of deur tegnologie:  Analitiese denke: 'n vermoë of vaardigheid om 'gedagtes/konsepte/ karakters/temas ens. uitmekaar te haal en na die aparte gedeeltes te kyk en hulle funksies, gebruike en betekenis te vind  Besinningsdenke: die vermoë of vaardigheid om terug te gaan na 'n vokale/fisieke/karakteriseringskeuse en om te bepaal, deur begrip van die toneelstuk/subteks/temas, ens. of dit die geskikste keuse was  Refleksiewe/Wederkerende denke: die vermoë om te dink oor, te voel of vas te stel of die impak en effek van keuses ten opsigte van vokale/karakter/toneelspel/fisieke/beweging, ens. wat tydens repetisies of optredes gemaak is, die effektiefste was. Daarby ook 'n vermoë om die gedeelte wat die individu in effektiewe of nie-effektiewe keuses gespeel het, te bepaal. Ten einde ook die vermoë om aan te pas en minder effektiewe keuses aan te pas en te verbeter. (12) TOTAAL AFDELING D: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne BYLAE A: RUBRIEK VIR VRAAG 2, 3, 4, 5, 6, 7: 10 PUNTE Nasieners moet opgelei word oor hoe om al ses die kognitiewe vlakke asook die vier denkprosesse te gebruik en toe te pas om die kandidaat se prestasie te meet. BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT TOON 'N VERMOË OM Uitstaande • Kognitiewe vlakke en denkproses: Verander, beoordeel, beredeneer, reorganiseer, lewer opnuut 'n uitstaande vlak met denke op 'n metakognitiewe vlak Metakognitiewe • Die vraag: Denke Ondersoek, beoordeel en kontekstualiseer op 'n oorspronklike wyse en op 'n oor 9–10 uitstaande vlak Kennis • Die antwoord: Lewer 'n nuwe perspektief en skep oorspronklike insigte Skep • Voorbeelde: Verskaf en evalueer 'n wye reeks insiggewend gekose teoretiese en estetiese voorbeelde Verdienstelik • Kognitiewe vlakke en denkproses: Ondersoek, stel voor, beoordeel, evalueer, kom tot gevolgtrekking op verdienstelike Prosedure- vlak met denke op 'n prosedurevlak Denke • Die vraag: oor Ondersoek en kontekstualiseer die vraag op 'n oorspronklike wyse op 'n Kennis 7–8 verdienstelike vlak • Die antwoord: Evalueer Verskaf 'n insiggewende begrip van die vraag • Voorbeelde: Verskaf 'n analise van 'n wye reeks insiggewend gekose teoretiese en estetiese voorbeelde Gemiddeld • Kognitiewe vlakke en denkproses: Doen navraag, kontrasteer, onderskei, klassifiseer op gemiddelde vlak met denke Konseptuele op 'n konseptuele vlak Denke • Die vraag: oor 5–6 Ondersoek en kontekstualiseer die vraag op 'n gemiddelde vlak Kennis • Die antwoord: Bied 'n geskikte antwoord aan wat met die vraag verband hou Analiseer • Voorbeelde: Verskaf en ondersoek voorbeelde Elementêr • Kognitiewe vlakke en denkproses: Verbind, organiseer, interpreteer, identifiseer, integreer op 'n elementêre vlak met Feitelike denke op 'n feitelike vlak Denke • Die vraag: oor Verstaan die vraag op 'n elementêre vlak 3–4 Kennis • Die antwoord: Toon 'n bietjie feitelike kennis. Lewer 'n reguit en voorspelbare antwoord wat met Toepas die vraag verband hou • Voorbeelde: Verskaf 'n paar voorbeelde Behaal • Kognitiewe vlakke en denkproses: Identifiseer, noem, definieer, vergelyk, verduidelik basies; met basiese denke op 'n Feitelike feitelike vlak Denke • Die vraag: oor Verstaan die vraag op 'n basiese vlak 1–2 Kennis • Die antwoord: Verskaf 'n paar reguit basiese feite Verstaan/Begrip • Voorbeelde: Verskaf verkeerde voorbeelde of onvermoë om voorbeelde te verskaf Nie behaal nie • Kognitiewe vlakke en denkproses: Geen bewyse van identifisering, noem, herken, definieer nie; sonder denke op 'n Feitelike feitelike vlak Denke • Die vraag: oor 0 Geen begrip van die vraag nie Kennis • Die antwoord: Verskaf feite wat nie met vraag verband hou nie Onthou • Voorbeelde: Verskaf geen voorbeelde nie Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne BYLAE B: RUBRIEK VIR VRAAG 8.1 en 8.2.3: 12 PUNTE Nasieners moet opgelei word oor hoe om al ses die kognitiewe vlakke asook die vier denkprosesse te gebruik en toe te pas om die kandidaat se prestasie te meet. BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT TOON DIE VOLGENDE: • Denkproses: Toon 'n kreatiewe benadering tot konseptuele, prosedure- en metakognitiewe kennis • Die vraag: Ondersoek, beoordeel en kontekstualiseer die vraag en haal op oorspronklike manier aan Uitstaande Toon 'n oorspronklike begrip van die vraag, die aanhaling, toneelteks en dramatiese beweging Metakognitiewe Kennis 11–12 • Die antwoord: Maak waardebeoordelings gebaseer op verdedigbare stel kriteria. Skep Lewer 'n nuwe perspektief en skep oorspronklike insigte • Voorbeelde: Verskaf en evalueer 'n uitgebreide reeks teoretiese en estetiese voorbeelde wat met insig gekies is, gebaseer op die toneelteks, dramatiese beweging • Kognitiewe vlakke: Kandidate toon die vermoë om te verander, beoordeel, redeneer, herorganiseer • Denkproses: Bied feitelike, konseptuele en prosedurekennis aan • Die vraag: Ondersoek en kontekstualiseer die vraag en aanhaling op 'n Verdienstelik interessante wyse • Die antwoord: Toon insigryke begrip van die vraag, die aanhaling, Prosedure- toneelteks en dramatiese beweging 9–10 kennis • Voorbeelde: Verskaf en analiseer 'n wye reeks teoretiese en estetiese voorbeelde wat met insig gekies is, gebaseer op die toneelteks, dramatiese Evalueer beweging • Kognitiewe vlakke: Kandidate toon die vermoë om te ondersoek, voor te stel, beoordeel, evalueer en tot slotsom te kom • Denkproses: Bied feitelike en konseptuele kennis aan Gemiddeld • Die vraag: Ondersoek en kontekstualiseer die vraag en aanhaling • Die antwoord: Bied 'n geskikte antwoord aan wat met die vraag, die Konseptuele aanhaling, toneelteks en dramatiese beweging verband hou 7–8 kennis • Voorbeelde: Verskaf en ondersoek voorbeelde uit die toneelteks en die dramatiese beweging Analiseer • Kognitiewe vlakke: Kandidate toon die vermoë om te ondervra, kontrasteer, onderskei, klassifiseer • Denkproses: Bied feitelike kennis aan Elementêr • Die vraag: Verstaan die vraag en aanhaling op 'n elementêre vlak • Die antwoord: Toon 'n bietjie feitelike kennis. Gee 'n reguit en Feitelike voorspelbare antwoord wat met die vraag, die aanhaling, toneelteks en 5–6 kennis dramatiese beweging verband hou • Voorbeelde: Gee 'n paar voorbeelde uit die toneelteks Pas toe • Kognitiewe vlakke: Kandidate toon die vermoë om verbande te vind, te organiseer, te interpreteer, te identifiseer, te integreer • Denkproses: Bied onsamehangende feitelike kennis aan Behaal • Die vraag: Toon 'n basiese begrip van die vraag en die aanhaling Feitelike • Die antwoord: Gee 'n paar reguit/basiese wat met die vraag, die 3–4 aanhaling, toneelteks en dramatiese beweging verband hou kennis • Voorbeelde: Geen voorbeelde verskaf nie Verstaan • Kognitiewe vlakke: Kandidate toon die vermoë om te identifiseer, te noem, te herken, te definieer, te verduidelik • Denkproses: Onthou min of geen feitelike kennis nie Nie behaal nie • Die vraag: Toon geen begrip van die vraag en die aanhaling nie Feitelike • Die antwoord: Gee feite wat nie met die vraag verband hou nie of geen 0–2 feite nie kennis • Voorbeelde: Geen voorbeelde verskaf nie Onthou • Kognitiewe vlakke: Kandidaat is nie in staat om te identifiseer, te noem, te herken of te definieer nie Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com Dramatiese Kunste DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne BLOOM SE TAKSONOMIE Klassifiseringstelsel om verskillende vlakke van mensekennis te definieer en te onderskei Nasieners moet opgelei word oor hoe om al ses die kognitiewe vlakke asook die vier denkvlakke te gebruik en toe te pas om kandidate se prestasie te meet. DIE DIE KOGNITIEWEPROSES-DIMENSIE: 6 KOGNITIEWE VLAKKE KENNIS- Onthou Verstaan Toepassing Ontleding Evaluering Skep DIMENSIE Feitelik Noem Opsom Reageer Kies Gaan na vir Ontwikkel 4 DENK- Konseptueel Herken Klassifiseer Verskaf Onderskei Bepaal Stel saam PROSES- Prosedure Herroep Verklaar Uitvoer Integreer Beoordeel Ontwerp VLAKKE Metakognitiewe Identifiseer Voorspel Gebruik Dekonstrueer Besin Skep 1. Onthou Herwin gememoriseerde inligting, kennis, feite, definisies, lyste, konvensies, neigings, reekse, klassifikasies, kategorieë, kriteria, metodologie en maniere/wyses om met spesifisiteite van die universele, abstraksiebeginsels, veralgemenings, teorieë en struktuur te hanteer Noem Spesifiseer (tyd of plek) as iets gewens, voorgestel of op besluit Om te identifiseer, spesifiseer of by naam noem Identifiseer Om 'n probleem, behoefte, feit, ens. te herken en te toon wat dit is en dat dit bestaan Om te bewys wie of wat iemand of iets is Kies Kies noukeurig, bepaal of besluit dat dit die beste of geskikste is 2. Verstaan Konstrueer betekenis uit verskillende tipes kennis, organiseer, vergelyk, vertaal, interpreteer en haal uit Verduidelik Maak iets duidelik, maklik te verstaan deur dit in meer besonderhede te beskryf of om relevante feite of inligting daaroor te onthul. Gee 'n rede om te regverdig of verontskuldig ('n aksie of gebeurtenis) Beskryf Om 'n gedetailleerde beskrywing van iets te gee, vertel, te beskryf, uit te druk Motiveer Gee 'n rede, bied feite en argumente om iets te ondersteun aan, noem iets 3. Toepassing Om 'n prosedure uit te voer, te implementeer of te gebruik om 'n probleem in 'n nuwe situasie op tye los of te ontwikkel deur toepassing van verworwe kennis, feite, reëls, tegnieke Voorstel Lei tot, argumenteer, toon, wys, dui aan dat (iets) bestaan of die geval is Vir oorweging voorstel Om 'n idee, moontlike plan of aksie aan ander mense te noem vir oorweging Om 'n idee uit te dink/voort te bring 4. Ontleding Breek inligting in dele op. Bepaal hoe die dele verwant is deur identifisering, onderskeiding of organisering van elemente, verhoudings, beginsels, motiewe, doelwitte of oorsake. Maak afleidings/gevolgtrekkings en vind bewyse om veralgemenings te ondersteun. Reageer/Antwoord Antwoord/Reageer in woorde Bespreek Skryf oor ('n onderwerp) in besonderhede, neem verskillende kwessies of idees of menings/opinies wat daarmee verband hou, in ag of oorweeg dit Skryf Skryf, stel saam, produseer Ontleed Ondersoek iets metodies en in besonderhede, tipies om te ontdek, te verduidelik en te interpreteer Oorweeg Dink aandagtig oor iets, tipies voordat 'n besluit geneem word of 'n oordeel/keuse gemaak word 5. Evaluering Om opinies/menings aan te bied en te verdedig deur oordele oor inligting, geldigheid van idees, of gehalte van werk te maak gebaseer op 'n stel kriteria en standaarde met behulp van kontrolering/nagaan en kritiek Evalueer Om die betekenis/belangrikheid, waarde, doel of toestand van iets deur noukeurige waardebepaling en studie te bepaal, te beoordeel, ten einde te verstaan/begryp, te interpreteer of te lei 6. Skep Gebruik kreatiewe individuele insig en gedagtes om inligting te herorganiseer en saam te stel deur die ontwikkeling, beplanning en skep van 'n nuwe patroon, produk of struktuur Skep Ontwikkel uit eie denke of verbeelding, as 'n kunswerk, 'n uitvinding of iets nuuts Gee aanleiding tot ontstaan Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Dramatic Arts

View all