Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
DRAMATIESE KUNSTE
2018
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 35 bladsye en 3 bylaes.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2018 papers 





View all





Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Dramatic Arts memorandum from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 38 pages. Read online or download the free PDF.
Dramatic Arts · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Memorandum, 38 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dramatic Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2018
- Exam period
- NSC June Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 38
- File size
- 567.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 38
This exam
NSC June Exam 2018
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 2 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
ALGEMENE AANTEKENINGE VIR DIE HOOFNASIENER EN NASIENERS
1. Die doel van assesserings-/eksamenprosesse is nie net om die 'onthou' van
kennis onderrig en geleer op elk van die 6 kognitiewe kennisvlakke te bepaal nie,
maar ook om die kompleksiteit van die denkproses wat die kandidaat toepas op
die kennis wat uit die geheue herwin is, te bepaal. Die instrument wat gebruik
word om hierdie twee komponente te assesseer, is Anderson en Krathwohl se
hersiene Blooms se Taksonomie.
• 6 kognitiewe moeilikheidsvlakke
• 4 kompleksiteitsdenkprosesse
2. Die nasienriglynbesprekingsforum voordat nasien begin, kan nie genoegsaam
alle antwoorde voorspel nie. Provinsiale nasieners moet dit in ag neem en oop
wees vir kandidate se antwoorde. Maak seker dat verskillende onderrigstyle nie
die leerder/kandidaat benadeel nie.
3. Gebruik die eerste dag om die kwaliteit en hoeveelheid bewyse in die
nasienriglyne te evalueer, die vereiste antwoorde te standaardiseer en om
algemene definisies en begrippe te vind. Assimileer die:
• Verwagte antwoorde op elke vraag
• Die kognitiewe moeilikheidsvlak vereis van die kandidaat
• Die tipe denkproses en -kompleksiteit wat van die kandidaat verwag word
• Aksiewerkwoorde gebruik by elk van die kognitiewe vlakke en die tipes
bewyse vereis (feite, konsepte, prosesse en denke)
• Verwys na die bylaes aan die einde van die nasienriglyne
4. As die nasienriglyn nie duidelike riglyne verskaf nie, moet 'n nasiener, met kort
kommentaar, aandui waarom punte toegeken moet word of nie.
5. Maak 'n duidelike merkie langs die betrokke aspekte ten opsigte van kognitiewe
vlak/kompleksiteitsdenkproses/konsep/inhoud/vaardighede/kennis wanneer 'n
punt toegeken word. Nasieners moet aktief by die antwoord betrokke wees.
• Verwys na die bylaes aan die einde van die nasienriglyne
6. Daar moet gedurende die nasienproses etlike konsultasierondtes wees om te
verseker dat nasien gestandaardiseer is.
7. Waar 'n kandidaat meer as die voorgestelde getal woorde geskryf het, moet hy/sy
nie penaliseer word nie (bv. opstelvraag).
8. Sien globaal na waar moontlik. Nasieners aanvaar enige korrekte, relevante en
goed gemotiveerde antwoorde.
9. Nasieners moet seker maak dat die kandidate se antwoorde ooreenstem met die
KABV-dokument se Breë Onderwerpe en Onderwerpe.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 3 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
STANDAARDISERING VAN NASIEN IN AL DIE PROVINSIES
Nasien van Opstel- en Antwoordvrae
Die hoofnasiener in elke provinsie moet die paradigma waaruit die vrae en die
bygaande nasienriglyne ontwerp en opgestel is:
1. Itemmoeilikheidsgraad:
Hoe kompleks is die ontwerp van die vraag?
2. Taakmoeilikheidsgraad:
Wat is die kognitiewe vlak en denkproses wat van die kandidaat verwag word?
3. Stimulusmoeilikheidsgraad:
Hoe moeilik of maklik is dit om die bron te verstaan en toe te pas?
4. Moeilikheidsgraad van die antwoord wat verwag word:
Wat is die hoeveelheid/aantal (hoeveel) en gehalte/kwaliteit (hoe goed) van die
verwagte antwoord wat van die kandidaat vereis word, soos in die nasienriglyne
gegee?
Is dit in lyn met die item, taak en stimulus?
Is die punte toepaslik toegeken en geweeg?
–Leong: 2002
Wanneer nasieners aan die begin van die nasienproses opgelei word moet die
hoofnasiener in elke provinsie die volgende prosedure volg. Dit sal help met die
standaardisering van die puntetoekenning van kandidate se opstelle en antwoorde vir
elke deel van die eksamen. Dit sal ook nasionale nasienprosedures, -prosesse en -
uitslae standaardiseer.
Inleiding tot die Taak
• Nasieners lees die taak vereis vir die item en som dit op.
• Nasieners lees die item en beplan 'n antwoord op die taak.
• Nasieners deel antwoordplanne en som verwagtings vir kandidaatantwoorde op/
deel nie net die hoeveelheid (aantal) bewyse nie, maar ook die gehalte van
bewyse (hoe goed).
Inleiding tot die Rubriek en Ankervraestelle
• Opleier hersien rubriek met verwysing na die taak.
• Opleier hersien prosedures vir die toeken van holistiese punte (d.i. deur bewyse
van die antwoord by die taal van die rubriek te pas en deur alle eienskappe ewe
veel te laat weeg).
• Opleier lei die hersiening van elke ankervraestel en kommentaar.
(LET WEL: Ankervraestelle word in volgorde van hoog na laag in elke puntvlak
geplaas.)
Oefen Individuele Puntetoekenning
• Nasieners ken individueel punte aan 'n pak oefenvraestelle toe. Nasieners moet
die vraestelle onafhanklik nasien.
• Opleier teken punte aan en lei bespreking. (Oefenvraestelle moet puntetelling en
kommentaar bevat.)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 4 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings (30)
AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994 (40)
AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994 – Kontemporêr (40)
AFDELING D: Teatergeskiedenis, Praktiese Begrippe, Inhoud en
Vaardighede (40)
2. AFDELING A
VRAAG 1 is VERPLIGTEND.
Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die betrokke
20ste-eeuse Teaterbeweging.
EPIESE TEATER
• Caucasian Chalk Circle Bertolt Brecht
• Kaukasiese Krytsirkel Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
• Mother Courage Bertolt Brecht
• Moeder Courage Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
• The Good Person of Szechwan Bertolt Brecht
• Kanna Hy Kô Hystoe Adam Small
OF
TEATER VAN DIE ABSURDE
• Waiting for Godot Samuel Beckett
• Afspraak met Godot Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks
• Bagasie André P Brink
• The Bald Primadonna Eugene Ionesco
• Die Kaalkop Primadonna Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks
OF
POSTMODERNEE TEATER
• Skrapnel Willem Anker
• Top Girls Carol Churchill
• Popcorn Ben Elton
• Buried Child Sam Shepard
3. AFDELING B
Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
hierdie afdeling.
VRAAG 2: Woza Albert! Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en
Barney Simon OF
VRAAG 3: Sophiatown Junction Avenue Theatre Company OF
VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis
4. AFDELING C
Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
hierdie afdeling.
VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani OF
VRAAG 6: Groundswell Ian Bruce OF
VRAAG 7: Mis Reza de Wet
5. AFDELING D
Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag (VRAAG 8) wat VERPLIGTEND is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 5 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS
VRAAG 1
Gehaltevlak Punte- Gehalte van bewyse
toekenning
Kundige Punt Die antwoord dui toepassing van 'n redelike strategie aan wat lei tot 'n korrekte oplossing in die konteks
van die probleem. Die prosedurevoorstellings/-uitbeeldings is korrek. Die verduideliking en/of
24–30 regverdiging is logies gegrond, duidelik aangebied, volledig ontwikkel, steun die oplossing, en bevat
geen belangrike konseptuele foute nie. Die antwoord toon volledige begrip en ontleding van die
probleem.
Gemiddeld Punt Die antwoord dui toepassing van 'n redelike strategie aan wat tot 'n korrekte oplossing in die konteks
en van die probleem kan lei van nie lei nie. Die gebruik van inhoud/vaardigheid is essensieel korrek. Die
Bogemiddeld 15–23 verduideliking en/of regverdiging is oor die algemeen goed ontwikkel, moontlik en steun die oplossing.
Die antwoord toon duidelike begrip en ontleding van die probleem.
Behaal Punt Die antwoord dui onvolledige toepassing van 'n redelike strategie aan wat tot 'n doelgeskikte korrekte
oplossing kan lei van nie lei nie. Die gebruik van inhoud/vaardigheid is fundamenteel korrek.
11–14 Die verduideliking en/of regverdiging steun die oplossing en is aanvaarbaar. Die antwoord toon 'n
konseptuele begrip en ontleding van die probleem.
Swak Punt Die antwoord dui min of geen toepassing van 'n redelike strategie aan nie. Dit kan die korrekte
antwoord bevat of nie. Die gebruik van inhoud/vaardigheid is onvolledig van ontbreek. Die
1–10 verduideliking en/of regverdiging toon ernstige beredeneringsgebreke. Die antwoord toon minimale
begrip en ontleding van die probleem.
Nie Behaal Punt Die antwoord is heeltemal verkeerd en irrelevante. Daar is moontlik geen antwoord nie, of die antwoord
Nie 0 is: 'Ek weet nie.'
Die volgende dien as 'n riglyn:
Die kandidaat moet:
• Hierdie vraag in die vorm van 'n opstel beantwoord
• Die toneelteks wat hy/sy bestudeer het, as 'n voorbeeld gebruik
• Na een van drie bewegings: Teater van die Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater verwys
• Na die bron in sy/haar antwoord verwys
• Toon dat die vraag en bron in sy/haar opstel ontleed, verstaan en geïntegreer is
Die inhoud van die opstel moet die volgende dek:
1. EEN gekose teaterbeweging:
o Teater van die Absurde OF
o Epiese Teater OF
o Postmoderne Teater
2. Toneelteks bestudeer
3. Vraag
4. Bron
Nasiener se aantekeninge:
• Kandidaat moet toon dat die bogenoemde verstaan, krities ontleed en in die opstel toegepas is
• Kennis wat gememoriseer is, moet in 'n oorspronklike argument gekontekstualiseer word wat feitlike,
kontekstuele, prosedure- en metakognitiewe denke getoon
• Die rubriek op die volgende bladsy is 'n riglyn vir die nasiener om die volgende te assesseer:
o Kennisdimensievlakke (onthou, verstaan, toepas, ontleed, evalueer en skep)
o Kompleksiteit van denke deur kandidaat getoon (feitelik, konseptueel, prosedure, metakognitief)
• Antwoorde moet in die vorm van aantekeninge wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 6 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT TOON DIE VOLGENDE:
Denkproses: Pas feitlike, konseptuele, prosedure-, en metakognitiewe kennis in die vraag,
bron en inhoud toe.
Uitstaande
• Integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n nuwe, kreatiewe en oorspronklike wyse.
27–30 • Evalueer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne
Metakognitiewe
90–100 in 'n omvattende reeks insiggewend gekose teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
Kennis
A+ • Ontwerp en skep 'n argument volgens 'n nuwe en unieke patroon wat refleksiewe
Skep kreatiewe, kritiese en analitiese denke toon.
Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te skep, te herorganiseer, te ontdek, te verander en
te verbeter.
Denkproses: Ondersoek feitlike, konseptuele, prosedure- en metakognitiewe kennis in die
vraag, bron en inhoud en integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n gedifferensieerde,
Uitstekend
vertolkende en interessante wyse.
24–26 • Beoordeel/Assesseer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander
Metakognitiewe
80–89 addisionele bronne in 'n betekenisvolle reeks toepaslik gekose teoretiese, praktiese en
Kennis
A estetiese inhoud.
Evalueer • Stel 'n argument volgens 'n interessante patroon saam wat reflektiewe, kritiese en
analitiese denke toon.
Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te beoordeel, kritiek te lewer, aan te beveel en voor te stel.
Denkproses: Ontleed, onderskei en ondersoek feitlike, konseptuele en prosedurekennis in die
Verdienstelik vraag, bron en inhoud en integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n gedifferensieerde
en vertolkende wyse.
21–23
Prosedure- • Ontleed/Dissekteer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele
70–79
kennis bronne in 'n breë reeks toepaslik gekose teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
B
• Stel 'n argument saam wat kritiese en analitiese denke toon.
Ontleed Kognitiewe vlak: Toon vermoë om gevolgtrekkings te maak, begrippe te dekonstrueer, met
mekaar in verband te bring, toe te skryf, te ontdek.
Denkproses: Ontleed en onderskei feitlike, konseptuele en prosedurekennis in die vraag, bron
Wesenlik
en inhoud. Integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n georganiseerde,
18–20 gedifferensieerde en verklarende wyse.
Prosedure-
60–69 • Integreer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne in
kennis
C 'n breë reeks toepaslik gekose teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
• Verskaf 'n argument wat kritiese en analitiese denke toon.
Toepas
Kognitiewe vlak: Toon 'n vermoë om toe te pas, saam te stel en te integreer.
Denkproses: Verduidelik, interpreteer en herformuleer feitlike en konseptuele kennis van die
Voldoende vraag, bron en inhoud en integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n konvensionele
wyse.
15–17
Konseptuele • Interpreteer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne
50–59
Kennis in 'n breë reeks teoretiese, praktiese en estetiese inhoud, voorspelbaar.
D
• Verskaf 'n argument wat analitiese denke toon.
Begrip Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te interpreteer, met mekaar in verband te bring, toe te lig,
te klassifiseer, op te som, te vergelyk en te verduidelik.
Denkproses: Verduidelik en interpreteer feitlike en konseptuele kennis van die vraag, bron en
Gemiddeld
inhoud. Integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n gedifferensieerde wyse.
12–14 • Verduidelik voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne
Konseptuele
40–49 in 'n voorspelbare reeks teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
Kennis
E • Skryf 'n verduideliking in voorspelbare/algemene denkprosesse.
Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te interpreteer, met mekaar in verband te bring, toe te lig,
Begrip
klassifiseer, op te som, te vergelyk en te verduidelik.
Denkproses: Definieer en pas kennis uit geheue toe. Integreer die vereistes van die vraag en
Elementêr
bron op 'n ongekompliseerde/reguit/fundamentele vlak op 'n algemene wyse.
10–11 • Kies voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne in 'n
Feitlike
30–39 beperkte reeks teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
Kennis
F • Skryf 'n verduideliking met voorspelbare denkprosesse.
Onthou Kognitiewe vlak: Toon elementêre vermoë om probleem op te los, te identifiseer, te noem, in
verband te bring, te definieer.
Nie Behaal Nie Denkproses: Onthou en pas kennis uit geheue toe. Probeer om vraag en bron te integreer,
maar toon beperkte tot basiese vermoë om die vereistes van die vraag en aanhaling op te los.
1–9
Feitlike • Kies voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne in 'n
20–29
Kennis beperkte, voorspelbare reeks teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
G
Kognitiewe vlak: Toon beperkte vermoë om te identifiseer, te noem, in verband te bring en te
Onthou definieer.
Nie Behaal Nie Denkproses: Toon geen begrip van die vraag van bron nie, kan nie opstel skryf nie, gee geen
voorbeelde uit die toneelteks van die teaterbeweging. OF
Feitlike 0 • Bied feite aan wat nie verband met vraag het nie. OF
Kennis H • Nie in staat om te identifiseer, te noem, in verband te bring, te definieer nie.
Kognitiewe vlak: Bied gememoriseerde inligting en inhoud aan wat nie die vraag antwoord nie.
Onthou
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 7 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
Die volgende is algemene inligting oor die teaterbewegings.
EPIESE TEATER
Bedoeling en doel:
• Distansieer die gehoor (emosioneel)
• Moedig die gehoor aan om die wêreld waarin hulle leef meer krities en duideliker te
beskou eerder as om hulle oortuigings as vanselfsprekend te beskou
• Maak duidelike onderskeid tussen 'n Illusieteater ('Dramatiese' Teater) en Epiese
Teater
• Teen die idee van skynvertoon ('pretence') gekant ('n tipiese kenmerk van Realisme),
beeld eerder die ongevoeligheid van die werklike lewe uit
• Toeskouers moet deur die hele toneelstuk bedag/op hulle hoede wees
• Verwyder die 'illusie' van Realisme
• Gebruik verskillende tegnieke om die gehoor te vervreem – verskil tussen wat hulle
op verhoog sien en dit wat werklik is
Tegnieke:
• 'Verfremdungseffekt' of vervreemding distansieer gehore van die aksie op die
verhoog
• Musiek moet noemenswaardige kommentaar lewer op die handeling, bv. in Moeder
Courage waar die ironies bitter woorde van 'n liedjie wat oor die karakter se
geleidelike morele agteruitgang handel, doelbewus op 'n soet, sorgelose wysie
getoonset is. Die onversoenbaarheid van die wysie en die woorde dwing die gehoor
om oor die ware betekenis van die liedjie na te dink
• Liedjies wat tussen tonele geplaas word om die gehoor te vertel wat moet gebeur
voor dit plaasvind
• Verhoogruimte is nie spesifiek nie
• Dekorstelle is eenvoudig en simbolies
• Teater wat die handelinge wat aangebied word, 'vreemd' moet maak
• Historifikasie – die dramaturg moet die 'verledenheid' van die gebeure beklemtoon
deur dit van die hede te skei
Gehoorreaksie:
• Toeskouer moet dink dat indien hy/sy dieselfde toestande getoon het as dié wat in die
toneel ervaar is, hy/sy anders sou opgetree het as gevolg van die lesse wat geleer is
• Toeskouers oorweeg wat hulle sou gedoen het om 'n positiewe verskil te maak
• Toeskouer moet geïnspireer wees om soortgelyke waardevolle maatskaplike/sosiale
veranderinge met betrekking tot die huidige stand van sake te maak
• Toeskouer word aangemoedig om maatskaplike/sosiale hervormings in sy/haar
gemeenskap of omgewing in te stel
TEATER VAN DIE ABSURDE
Die Absurdistiese wêreld:
• Lyk asof daar geen ware orde of betekenis is nie
• Bied die gehoor 'n eksistensialistiese standpunt van die buitewêreld
• Forseer die gehoor om hulle betekenis in die wêreld te bevraagteken
• Het geen definitiewe, spesifieke of herkenbare bestaan nie
• Stel voor dat mense is wat hulle van hulleself maak
• Stel voor dat mense deur hulle handelinge en keuses gekenmerk word
• Het 'n pessimistiese beskouing van die menslike lewenstryd
• Is hoofsaaklik met die mens se soeke na betekenis gemoeid
Karakters:
• Is nie vas/konsekwent nie
• Verteenwoordig die mensdom, terwyl hulle self niks is nie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 8 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
• Bestaan in 'n droewige wêreld sonder betekenis
• Is verlore, verward
• Alle handelinge/aksies is waardeloos en absurd
• Nar-agtig
• Bly bymekaar omdat hulle bang is om in so 'n onverstaanbare wêreld alleen te wees
• Gebrek aan identiteit– vervelig, oninteressant en sonder diepte
• Vol foute
• Nie goed afgerond nie – het geen verlede nie en die gehoor kry weinig aanduiding
van wat die toekoms kan wees
• Bly staties en toon geen ontwikkeling nie
• Kom oor as afstootlik, pateties, ongelukkig en onbevoeg
• Kom voor as emosioneel leeg
• Hulle eienskappe word oordryf
• Word gebruik om Absurdiste se standpunte oor die menslike toestand uit te druk
• Is onderling afhanklik
• Is sosiale marionette'
• Voer tweeman-optredes op
Taal en dialoog:
• Dui daarop dat mense nie met kommunikasie bedrewe is nie
• Tree as hindernis tot kommunikasie op
• Isoleer die individu nog meer
• Toon dat taal/spraak feitlik waardeloos is
• Bevraagteken die waarde van taal
• Het vermoë om te kommunikeer verloor
• Kommunikasiepogings 'disintegreer' dikwels van clichés tot betekenislose lettergrepe
• Onvermoë van taal om gaping tussen die karakters te oorbrug
• Uitbeelding van ontmensliking, outomatisering en betekenisloosheid van menslike
bestaan
• Bied die onverwagte, die bisarre en die absurde aan
• Gebruik stilte eerder as die gesproke woord
• Bevat betekenislose gesprekke
• Is 'uit gewoonte' en oppervlakkig
• Word beskou as 'n ontsnapping aan die verveligheid van die lewe
• Skep/Bou nuwe woorde
• Bevat banale alledaagse gesprekke gemeng met literêre taal, dubbele betekenisse,
clichés, sleng en herhalings deurspek met poëtiese taal
• Uitbeelding van herhalende dialoogstyl om sikliese aard van die lewe te beklemtoon
Temas ondersoek en toon die:
• Tydelikheid en verganklikheid van tyd
• Tragiese gesukkel om van jou self bewus te word in die genadelose proses van
vernuwing en vernietiging wat in die lewe plaasvind
• Verandering van tyd
• Hindernisse tot kommunikasie
• Nimmereindigende soeke na die werklikheid (realiteit)
• Tragiese aard van verhoudings
• Mens se angs in die aanskyn van totale betekenisloosheid
• Angs (eksistensiële angs)
• Isolasie en eensaamheid van die mens, verlore in 'n wêreld waarin God hom
verlaat het
• Illusie dat wetenskap en rasionele denke antwoorde of betekenis gee
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 9 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
POSTMODERNISME
Die Postmoderne wêreld:
• Verwerp die sekerhede van die Moderne Tydperk
• Bevat geen groot narratief/vertelling of enkele waarheid nie
• Verwerp die idee dat daar 'n dominante stel oortuigings of 'n netjiese oplossing is
• 'Vernietig' die 'waarheid'
• Verwelkom veelvuldige standpunte, perspektiewe, realiteite
• Sluit kuns, teater, argitektuur, musiek, rolprente, letterkunde, modes, TV en ander
vorms van uitdrukking in
• Leen by 'n reeks verskillende style
• Verwerp die idee van 'hoë kuns' en 'lae kuns'
• Verwelkom avant-garde-(toekomsgerigte/aktivistiese denke) eksperimentele teater
• Skryf nie 'suiwerheid' in kuns voor nie
• Is sterk teen hoë kuns gekant ('Trashes high art')
• Het nie vaste manier om kuns te skep nie
• Beweeg in die rigting van 'n meer subjektiewe opinie/mening
• Meen dat kultuur aan almal behoort
• Dekonstrueer ('n manier om vasgestelde idees uitmekaar te haal en weer op 'n nuwe,
ontwrigte/verdeelde en deurmekaar manier aanmekaar te sit) idees, beelde en
konstrukte/konsepte
• Weerspreek idees, beelde en konstrukte/konsepte
• Skryf nie 'n betekenis, standpunt of perspektief voor nie
• Meen dat elke individuele kyker sy/haar eie unieke betekenis skep
• Besin en vier die malligheid en chaotiese leefwyse in 'n Populêre kultuur
• Geniet nonsenskuns, -idees, -konstrukte/-konsepte en -teorieë
• Sien ironie en humor
• Beklemtoon HOE dinge gesien word, eerder as WAT gesien word
Pastiches
• Is 'n tegniek in visuele kunste waar verskillende beelde, mediavorms, ens.
saamgeflans word om een stuk te vorm
• Gebruik verwysings en lae, verskillende tekste en beelde
• Gebruik Metateater/-teks
• Herinner kykers daaraan dat hulle in die teater is
• Bevat karakters wat uit karakter kan tree en met die gehoor kan kommunikeer
• Is die kunswerk wat oor homself besin
• Konstruksie is nie-lineêr
• Is refleksief/besinnend
• Is periferaal, nie-essensieel
• Bevat teorieë of idees
• Is gebroke
• Kan met baie standpunte en teenstrydige/botsende stemme oorvleuel
Opvoerings is:
• Die hooffokus
• Die hoofproses
• Nie in 'n manuskrip/teks vasgelê nie, omdat dit uit beelde, klanke en multimedia
bestaan
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 10 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
Repetisieprosesse is:
• Geïmproviseer
• Verander
• Hersien
• Op datum gebring/Bygewerk
• Voortdurend tydens optrede/opvoering omskep
Gehoor is:
• 'n Belangrike aktiewe element
• Dikwels by die dialoog betrek
Toneeltekste:
• Het nie 'n duidelike begin, middel of einde nie
• Maak die manuskrip/teks net die beginpunt
• Het onbeantwoorde vrae
Tekste (visueel, gehoor, die menslike liggaam, ens.):
• Kyk na temas of teatertegnieke/-middele
• Laat die toneelstuk se einde oop
• Verwelkom die idee dat die gehoor hul eie betekenis skep
• Vra meer vrae as wat beantwoord word
• Bevat visuele beelde en nie-gesproke aksies/handelinge
• Dekonstrueer 'n waarheid en aanvaar nie net een realiteit nie
• Gebruik tyd, ruimte en struktuur om die gedekonstrueerde of gedefragmenteerde
storie of intrige te eggo
• Het nie noodwendig werklike mense nie
• Bevat karakters en mense wat bloot 'n verteenwoordiging van gefragmenteerde idees
is
• Begin dikwels op 'n realistiese punt, maar ontrafel en die aksie word onwerklik soos
wat die toneelstuk ontwikkel
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 11 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994
Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord.
VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
BARNEY SIMON
2.1 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Kandidate hoef net een verteenwoordiging te noem.
Die volgende is 'n riglyn:
'Pink noses' word gebruik om die volgende te verteenwoordig:
• Wit karakters, bv. Baas Kom, die wit polisieman
• 'n Myner se lamp (2)
2.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
• Akteurs vertolk baie karakters deur transformasietegnieke
• Dit is makliker om hulle regte name in die manuskrip te gebruik
• Die toneelstuk is met die twee akteurs wie se name gebruik is, in 'n
werkswinkel gedoen (2)
2.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Sien globaal na.
Ken volpunte toe vir:
• Drie goed gemotiveerde stellings OF
• Ses aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Gebruik van stem:
• Akteurs moet die vermoë hê om verskillende aksente te gebruik want hulle
wissel van een karakter na die volgende, bv. Bobbejaan word Baas Kom
• Hulle moet klankeffekte met hulle stemme kan maak, bv. die klank van 'n
sirene in die tronk
Gebruik van liggaam:
• Staan regop
• Bors uit
• Bene effens apart
• Die fisiese kenmerke gee hulle 'n gevoel/sin van gesag/outoriteit
Gebruik van opvoerruimte/blok (verhoogplasing):
• Akteurs kan by die gehoor inkom en tussen hulle deurbeweeg
• Die hele opvoerruimte kan vir die militêre parade gebruik word (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 12 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
2.4 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Ken volpunte toe vir:
• Twee goed gemotiveerde stellings OF
• Vier aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Akteurs:
• Kan dit moeilik vind om veelvuldige rolle te vertolk omdat dit beide fisies
en vokaal veeleisend is om van een karakter na die volgende verander
• Is nie in staat om al die verskillende aksente van die verskillende karakters
na te maak nie
• Kan met die fisiese en vokale transformasie van die karakters sukkel want
elke karakter moet sy eie unieke fisiese en vokale kenmerke hê
• Kan met asembeheer sukkel omdat die opvoeringsvereistes fisies
veeleisend is (4)
2.5 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Ken volpunte toe vir:
• Een goed gemotiveerde stelling OF
• Twee aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Die verhoogaanwyings is nodig vir die sukses van die toneelstuk omdat:
• Die gehoor sal hulle ook as militêre persone eien as gevolg van hulle
gebare, militêre pette en pienk neuse
• Die gehoor sal insien dat hulle gewond is as gevolg van die verbande
• Die opvoeringstyl is Arm/Gestroopte Teater en die doeltreffendheid van
Arm/Gestroopte Teater is om van enige onnodige kostuums of rekwisiete
ontslae te raak en op die gehoor en wat belangrik is, te fokus (2)
2.6 Nasieners aanvaar ander relevante antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
Die gebeure wat tot Operation Coronation gelei het, is:
• Bobbejaan en Zuluboy wag vir Morena se aankoms
• Hulle wil hê Morena moet nog meer stene maak
• Morena kom aan en hulle bied hom kos en drinkgoed aan
• Bobbejaan verraai Morena by die polisie
• Die polisie voer 'n klopjag by Coronation Brickyard uit
• Zuluboy slaan 'n polisieman met 'n knopkierie
• Morena word in hegtenis geneem (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 13 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
2.7 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Ken volpunte toe vir:
• Drie goed gemotiveerde stellings wat evaluering weerspieël OF
• Ses aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Fisiese komedie:
Karakters:
• Gebruik oordrewe bewegings en gebare om na te aap/boots (mimiek) en
spot met karakters en aksies/handelinge, bv. marsjeer soos soldate
Vokale komedie:
Karakters:
• Gebruik oordrewe aksente om te spot te dryf en humor te skep
• Gebruik vokale mimiek van stereotipes ('n sersant) vir eiening en
veroorsaak 'n gelag
• Gebruik hiperbool, bv. 'He struck me with 'n branch of 'n tree' (6)
2.8 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Ken volpunte toe vir:
• Twee goed gemotiveerde stellings OF
• Vier aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Woza Albert! kan as Protesteater beskryf word want die tonnelstuk:
• Protesteer teen apartheid
• Hanteer sosiopolitieke kwessies wat verander moet word, bv. armoede,
Bantoe-onderwysstelsel, swak werksomstandighede
• Het ten doel om die samelewing buite die terrein van die teater te
verander
• Is gebruik om die onderdrukte massa/mense teen apartheid op te sweep (4)
2.9 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE 'n om jou nasienwerk te lei.
Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
Onderrig en mobilisering het plaasgevind deur:
Inhoud wat:
• Relevante sosiopolitieke kwessies, swak werksomstandighede, armoede
en Bantoe-onderwys uit te lig
• Die gehoor met kwessies van die stryd vertroud te maak
• 'n Bewustheid van die wreedhede wat deur die apartheidsregering
gepleeg is, te skep
• Die karakters herkenbaar maak sodat gehore aansluiting by hulle kan
vind, bv. Auntie Dudu en die vleisverkoper
• Plekke herkenbaar gemaak het en wat sterk gevoelens van woede en
hartseer gewek het, bv. Albert Street, Regina Mundi Church en Coronation
Brickyard
• Situasies vir lede van die gehoor bekend maak, bv. die musikant en die
pasboek en Auntie Dudu wat kos soek
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 14 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
Opvoeringstyl wat:
• Verskeie Suid-Afrikaanse tale gebruik, soos isiZulu, Afrikaans en Engels,
om alle Suid-Afrikaners in te sluit
• Interaktiewe sang, dans en storievertel insluit wat gehore bekoor het
• 'n Fisiese toneelspelstyl getoon het wat energiek en lewendig was
• 'n Intieme akteur-gehoorverhouding geskep het, bv. breek van die vierde
muur
• Mimiek, wat wêreldwyd herkenbaar is, te gebruik
• Ideofone gebruik om die wêreld van die toneelstuk te skep en reaksies uit
te lok (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 15 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY
3.1 Mingus is ongeletterd, hy kan nie lees of skryf nie. (2)
3.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
Die slot kan moontlik snaaks wees, want:
• Die frase, 'Yours in loving memory', word gebruik om na mense te verwys
wat reeds gesterf het, nie in 'n liefdesbrief nie. Mingus het dit moontlik by
die begrafnis wat hy vroeër bygewoon het, gehoor.
• Dit is nie romanties om 'Yours in loving memory' te sê nie (2)
3.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Ken volpunte toe vir:
• Twee goed gemotiveerde stellings OF
• Vier aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Die karakters vind in hierdie toneel by mekaar aansluiting as mense wat:
• Met mekaar ken; met die uitsondering van Fahfee, woon hulle almal in
dieselfde huis
• Die meeste van die tyd met mekaar klaarkom
• Mekaar beskerm, veral Mingus sy jonger suster, Lulu
• Oor mekaar se welstand bekommerd is, bv. Jakes en Mingus wil beide hê
Lulu moet in die skool bly en haar opvoeding kry
• Oor sommige sake sal stry en nie met mekaar sal saamstem nie, maar
wat mekaar in krisistye sal verdedig (4)
3.4 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
• Drie goed gemotiveerde stellings OF
• Ses aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Die toneel moet geblok word om die volgende fisiese en emosionele
verhoudings tussen karakters te weerspieël:
• Mingus is desperaat dat Jakes sy brief skryf daarom staan hy baie naby
aan Jakes om te sien wat hy op die bladsy skryf (reël 1)
• Fahfee kan links na agter op die verhoog kom en nogal vinnig, aangevuur
deur die nuus van die dag, oor die verhoog beweeg (reëls 3 tot 5)
• Jakes kan Fahfee nader (reël 6) want hy is nuuskierig oor of hy Lulu se
boeke gebring het
• Mingus kan met 'n aggressiewe houding tussen Fahfee en Jakes beweeg
(reëls 7 tot 9), omdat hy beskermend oor sy suster, Lulu, is (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 16 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
3.5 Nasieners aanvaar ander relevante antwoorde.
• Twee goed gemotiveerde stelling OF
• Vier aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Jakes wil:
• Oor 'n wit meisie skryf wat dalk gewillig sal wees om in Mamariti se huis te
woon
• Bewys dat mense uit verskillende kulturele agtergronde in harmonie kan
saamleef en apartheidswette kan teenstaan
• Op 'n menslike storie fokus wat universeel meer relevant sal wees (4)
3.6 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
• Drie goed gemotiveerde stellings OF
• Ses aparte gedagtes/idees
Kandidate moet fokus op 'n geïntegreerde analise van die voorbereiding en
vertolking van die karakter. Stanislavski se Stelsel/Metode kan genoem word.
Ander geloofwaardige, oorspronklike benaderings tot karakterisering en
toneelspel sal erken word.
Die volgende is 'n riglyn:
Die akteur kan 'n begrip van die volgende aspekte van Stanislavski se
Stelsel weerspieël, bv.:
Fisiese stand van aksies
• Aksies en reaksies moet realisties wees
• Fisiese aksie (gesigsuitdrukking, gebare en beweging) word gebruik in die
skep van die toneelstuk se lewe op die verhoog
Doelwitte en Superdoelwitte ('Beat Work')
• Verskuiwings in denke en gevoelens moet realisties weergegee/vertolk
word
• Eenhede en doelwitte moet in die akteur se fisiese en vokale uitdrukking
weerspieël word
Vokale Uitdrukking
• Die illusie van 'n werklike gesprek word geskep want die toneelstuk is
realisties
• Gedagtes en gevoelens moet ontleed en begryp word om in die akteur se
stemhoogte, pas, tempo, volume, ens. weerspieël te word
Magiese As ('Magic If'
• Die akteur moet leef asof hy/sy die karakter
• Vokale en fisiese reaksies sal van opvoering na opvoering verskil, maar
sal altyd as geloofwaardig en so werklik s moontlik ervaar word
• 'Toneelspel is glo.'
Aandagsirkels
• Die akteur se fokus moet op die wêreld van die toneelstuk en nie op die
gehoor wees nie.
Emosionele geheue
• Akteur kan persoonlike ervarings en werklike emosies gebruik (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 17 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
3.7 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Ken volpunte toe vir:
• Drie goed gemotiveerde stellings OF
• Ses aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Elemente van Protesteater wat in die toneelstuk gevind word:
• Protesaksie teen apartheid
• Hanteer sosiopolitieke kwessies wat moet verander, bv. armoede, Bantoe-
onderwysstelsel, misdaad en gedwonge verskuiwings
• Het ten doel om die samelewing buite die teater te verander deur
emosionele reaksie by die gehoor te ontlok
• Gebruik om die massas teen apartheid op te sweep
• Gebruik slagspreuke, liedjies en vertelling om 'n reaksie by die gehoor te
ontlok
• Laat die akteurs etlike kere die gehoor aanspreek
• Is 'n lewendige koerant wat die gedwonge verskuiwings, sloop en
uiteindelik die vernietiging van Sophiatown, die plek, te dokumenteer
• 'n Rekord van die uitdaging/teenstand van die inwoners van Sophiatown (6)
3.8 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE 'n om jou nasienwerk te lei.
Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Die kandidaat moet sy/haar standpunt in die vorm van 'n besinning/refleksie
uitdruk. Die kandidaat moet die lewe in Sophiatown dokumenteer,
kommentaar lewer op persoonlike ervaring van gedwonge verskuiwings
asook die uitwerking van gedwonge verskuiwings op die mense wat in
Mamariti se huis gewoon het.
Die volgende is 'n riglyn:
Persoonlike ervaring van die lewe in Sophiatown:
• Ons het in 'n oorvol, klein ruimte gewoon. Ons het die ruimte met ander
mense gedeel en geen persoonlike ruimte gehad soos waaraan ek by die
huis in Yeoville gewoond was nie. In Mamariti se huis was daar geen
privaatheid nie en ek het nie my eie slaapkamer gehad nie, ek moes dit
met die ander vroulike bewoners van die huis deel.
• Dit was moeilik, maar tog interessant om oor verskillende lewenswyses te
leer. Ek moes Tsotsitaal leer en vir die eerste keer in my lewe met
bendelede kommunikeer. Ek moes in beheer van die situasie wees en nie
net die korrekte taal/lingo gebruik nie, maar ook lyftaal en oogkontak
behou om my erns te toon.
• Ek wou 'n ander tipe lewe as die een waaraan ek gewoond was, ervaar.
Ek het uiteindelik op Jakes verlief geraak, maar ons kon nie met die
verhouding voortgaan nie as gevolg van die apartheidswette wat
interrassige verhoudings verbied het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 18 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
Persoonlike ervaring van gedwonge verskuiwings:
• As gevolg van die gedwonge verskuiwings is ek fisies en emosioneel
verplaas. Ek moes besluit waarheen ek moes gaan aangesien ek die deur
agter my by die huis Yeoville toegemaak het. Om in Sophiatown te bly,
was nie 'n opsie nie want ek is nou met die werklikheid gekonfronteer dat
ek nie daar hoort nie alhoewel my hart daar wortel geskiet het en ek liefde
daar gevind het
• Om saam met my geliefde uit te trek, was ook nie 'n opsie nie. Ons was
beide bang om die verhouding verder te vat en teen die Ontugwet te
rebelleer
Uitwerking van gedwonge verskuiwings:
• Mamariti se hart was gebreek want sy moes haar huis verlaat. Dit het 'n
verlies aan inkomste vir haar beteken want sy kon nie voortgaan om haar
sjebeen te bedryf nie en sy kon ook nie die kamers in haar huis vir 'n
ekstra inkomste uitverhuur nie. Dit was onwettig om 'n sjebeen te besit en
drank te verkoop
• Party van Mamariti se besittings is vernietig terwyl dit op die vragmotor
gelaai is en nie al haar besittings kon gelaai word nie
• Lulu se skoolopleiding is onderbreek
• Mingus het finaal die feit aanvaar day hy Meadowlands toe moes trek en
het gewilliglik dit gedoen (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 19 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS
4.1 Tjokkie is met die helm gebore en daarom het hy vermoë om te 'sien'. (1)
4.2 Giel en Jakes. (2)
4.3 Nasieners aanvaar ander relevante antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
Die twee karakters forseer Tjokkie om te sien deur:
• Deur Tjokkie aan sy oorpak met die katrolstel ('block-and-tackle') op te
trek terwyl
• Hulle die domkrag op sy bene laat sak
• Hom te dwing om 'n joint (dagga/marijuana) te rook (2)
4.4 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Kandidate moet TWEE van die visioen noem om volpunte kry. Sien globaal
na.
Die volgende is 'n riglyn:
Visioen 1:
Die visioen kan verwys na:
• Tiemie wat met 'n tuin vergelyk word
• Jakes wat verskyn om te sien of die saadjie in die tuin groei
• Die vraag wie die vader is van die kind wat Tiemie dra
• Jakes wat wil uitvind of hy die kind se vader is
Visioen 2:
In die visioen kan:
• Die eende perde in 'n resies verteenwoordig
• Minder kleurvolle eend kan verwys na die grys perd, Nattie Tatty, wat later
in die toneelstuk die resies wen
Visioen 3:
Die visioen kan verwys na:
• Tjokkie se begeerte om met sy oorlede herenig te word
• Giel wat Ma aan die einde van die toneelstuk verlaat
• Die dood van beide Tjokkie en Tiemie
• Jakes wat weghardloop nadat hy Tiemie doodgemaak het
• Ma wat roerloos in 'n toestand van skok staan (6)
4.5 Nasieners aanvaar ander relevante antwoorde.
Ken volpunte toe vir:
• Drie aparte gedagtes/stellings
Die volgende is 'n riglyn:
Die toneelstuk is 'n 'moet sien' omdat:
• Dit 'n drama is oor die lewens van gewone mense wat in 'n huis afspeel
• Die temas is universeel
• Dit het interessante en boeiende karakters
• Dit het 'n dramatiese intrige en uitkoms
• Baie mense kan hulle vereenselwig met die kwessie van dat hulle in hulle
eie omstandighede 'vasgevang' is (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 20 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
4.6 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Kandidate moet fokus op 'n geïntegreerde ontleding van hoe realisme in die
teater lei tot voorbereiding en vertolking van die karakter. Stanislavski se
Stelsel/Metode kan genoem word. 'n Geloofwaardige, oorspronklike
benadering tot karakterisering en toneelspel sal erken word.
Die volgende is 'n riglyn:
Die akteur wat Tjokkie speel kan 'n begrip van die volgende aspekte van
Stanislavski se Stelsel weerspieël, bv.:
Fisiese stand van aksies
• Aksies en reaksies moet realisties wees
• Fisiese aksie (gesigsuitdrukking, gebare en beweging) word gebruik in die
skep van die toneelstuk se lewe op die verhoog
Doelwitte en Superdoelwitte ('Beat Work')
• Verskuiwings in denke en gevoelens moet realisties weergegee/vertolk
word
• Eenhede en doelwitte moet in die akteur se fisiese en vokale uitdrukking
weerspieël word
Vokale Uitdrukking
• Die illusie van 'n werklike visioen word geskep want die toneelstuk is
realisties
• Gedagtes en gevoelens moet ontleed en begryp word om in die akteur se
stemhoogte, pas, tempo, volume, ens. weerspieël te word
Magiese As ('Magic If'
• Die akteur moet leef asof hy/sy die karakter
Aandagsirkels
• Die akteur se fokus moet op die wêreld van die toneelstuk, en nie op die
gehoor wees nie.
Emosionele geheue
• Akteur kan persoonlike ervarings en werklike emosies gebruik (8)
4.7 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde
gebaseer op die kandidaat se kennis van die toepassing van klank- en
beligtingsontwerp.
Ken volpunte toe vir:
• Vier goed gemotiveerde stellings
Die volgende is 'n riglyn:
Klankeffekte kan die gebruik van die volgende insluit:
• 'n Liedjie om die spanning te verhoog en om 'n misterieuse atmosfeer te
skep
• Meganiese klanke om Tjokkie se stryd te beklemtoon
• Stilte om die belangrikheid van die oomblik te versterk
Beligtingseffekte kan die gebruik van die volgende insluit:
• Rooi beligting om die gevaar van die visioene te voorspel
• Flitsende ligte om die bonatuurlike aard van die visioene te versterk (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 21 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
4.8 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE 'n om jou nasienwerk te lei.
Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Kandidate moet 'n begrip uitbeeld van hoe sentrale idees deur die karakters
in die toneelstuk uitgelig word.
Die volgende is 'n riglyn:
• Daar word geglo dat Tjokkie die toekoms kan voorspel wanneer hy
visioene het
• Tjokkie se visioens van die toekoms dien as 'n katalisator van die
dramatiese aksie/handeling in die toneelstuk
• Tjokkie glo Tiemie het potensiaal en sy moet uit die suburbs wegkom om
'n beter toekoms te hê
• Tiemie droom van 'n beter toekoms weg van die suburbs af
• Tiemie wil nie vasgevang wees in 'n huis met kinders en 'n man wat elke
aand dronk huis toe kom nie
• Jakes droom van 'n toekoms waarin hy en Tiemie getroud is en 'n seun
het
• Giel dobbel om sy eie toekoms te verbeter
• Ma wil nie hê haar kinders moet dieselfde foute as sy maak nie (10)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 22 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994 – KONTEMPORÊR
VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI
5.1 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Ken volpunte toe vir:
• Drie goed gemotiveerde stellings OF
• Ses aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Die plasing van die karakters op die verhoog weerspieël 'n verhouding:
• Waarin Sipho in beheer van die ruimte is; hy sit op 'n stoel terwyl Thando
op die vloer kniel en die koffietafel skoonmaak soos 'n gedienstige dogter
sal doen
• Van die nabyheid van vader en dogter aangesien hulle fisies naby aan
mekaar is
Die dialoog weerspieël:
• Besorgde navraag oor haar vader se welstand
• 'n Verhouingsdiepte in die kommunikasie en kwalifiseer wat dit is wat
Sipho pla
• Dat Thando na aan haar vader is, want sy is sensitief vir sy stemming en
gevoelens (6)
5.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Ken volpunte toe vir:
• Twee goed gemotiveerde stellings OF
• Vier aparte gedagtes/idees
Leiding oor die woorde kan die volgende in aanmerking neem:
• Karakter en situasie, bv. angstigheid oor die gewag vir die liggaam om aan
te kom
• Stemming en gevoel, bv. somber, hartseer, rou
• Motivering en spanning, bv. verhouding met die oorledene
Kandidate kan die volgende aspekste van vokale lewering noem:
• Volume, bv. Sipho se volume kan hard wees want sy angstigheid kan die
vorm van aggressie aanneem
• Stemhoogte, bv. Thando se stemhoogte kan hoër wees om haar
angstigheid te weerspieël
• Infleksie, bv. Thando se vraag kan op 'n hoër infleksie eindig
• Pouseer, bv. 'n dramatiese pouse om die kwessie dat die
senuweeagtigheid oor 'vanaand' ('this evening') is, te beklemtoon (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 23 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
5.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
Sipho se kostuum is geskik want dit:
• Weerspieël sy posisie as assistent-hoofbibliotekaris; dra 'n pak en das wat
ietwat slordig is na 'n lang dag se werk en die vooruitsig van Mandisa se
aankoms
• Is vir sy ouderdom geskik
• Is konserwatief net soos sy karakter
Thando se kostuum is gekik want:
• Sy maak die huis skoon en sy dra 'n voorskoot
• Haar hooftooisel toon haar respek en konserwatiewe geaardheid
• Sy het pas van die werk afgekom so sy dra steeds haar werksbaadjie (4)
5.4 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Ken volpunte toe vir:
• Twee goed gemotiveerde stellings OF
• Vier aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Thando is bekommerd dat Sipho gespanne is oor:
• Mandisa se aankoms uit Engeland
• Die aankoms van Themba se liggaam uit Engeland
• Die begrafnisreëlings vir Themba
• Die ontmoeting met Reverend Haya en Mr Kahla om begrafnisreëlings
te tref (2)
5.5 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Sien
globaal na.
Ken volpunte toe vir:
• Drie goed gemotiveerde stellings OF
• Ses aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Gebeure kan insluit:
• Mandisa se aankoms met as eerder as met 'n liggaam
• Mandisa se ligsinnige en ietwat onrespekvolle houding teenoor Sipho as
gevolg van haar Westerse opvoeding
• Thando en Mandisa se aanhoudende vrae oor Themba om die waarheid
uit te vind
• Die onthouding van die waarheid van Mandisa en Thando as gevolg van
Themba se verhouding
• Die bekommernis oor die begrafnis
• Om nie as hoofbibliotekaris aangestel te word nie, kon daartoe lei dat
Sipho kwaad en teleurgesteld is
• Sipho gaan na 'n sjebeen en word dronk as 'n emosionele reaksie op die
slegte nuus dat hy nie as hoofbibliotekaris aangestel is nie
Al hierdie gebeure bou op as brandstof vir Sipho se kritieke uitbarsting. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 24 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
5.6 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Ken volpunte toe vir:
• Drie goed gemotiveerde stellings OF
• Ses aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Die stelontwerp is doeltreffend vir die aksie van die toneelstuk omdat:
• Dit aandag aan besonderhede gee, bv. die kralegordyn, die meubels,
kombuis en sitkamer
• Sluit 'n boekrak in met boeke wat lyk asof dit baie gebruik is
• Foto's op die rak wat die warmte van die gesinslewe weerspieël
• Stel die karakters in staat om gemaklik met die stel te wees en gebruik dit
op 'n realistiese manier, bv. Thando kniel gemaklik op die mat, Sipho sit
angstig op die punt van sy stoel
• Weerspieël die sosio-ekonomiese omgewing waarin die karakters woon,
bv. twee kamers, kralegordyn
• Laat die karakters ruimte toe om te beweeg (6)
5.7 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE B om jou nasienwerk te lei.
Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
Nothing But The Truth is 'n goeie voorbeeld van persoonlike en
universele versoening omdat die toneelstuk se aksie/handeling ten doel
het om:
• Baie uiteenlopende elemente te versoen: tradisionele en moderne; oud en
jonk; manlik en vroulik; uitgeweke Suid-Afrikaners oorsee en die mense
wat in apartheid-Suid-Afrika agtergelaat is.
• Bring gesinne/families bymekaar: vader en dogter; man en vrou; broer en
broer, niggie en niggie
• Genees die Makhaya-familie van die pyn wat hulle tydens apartheid
ondervind het
• Toon hoe tradisionele en moderne waardes lyk asof dit bots, soos in die
geval waar Mandisa teen die idee is dat sy nie voor haar vader se
begrafnis mag uitgaan nie. Dit is gebruiklik dat die familie van die
oorledene nie mag sosialiseer terwyl hulle rou nie. Dit word uiteindelik
opgelos.
• Onthul hoe die ou en jonger geslagte die lewe verskillend verstaan, maar
Sipho as die ouer persoon het die finale sê in huishoudelike sake.
• Herstel die gebroke verhouding tussen broers, soos in die geval van Sipho
en Themba. Sipho slaag daarin om uiteindelik sy broer te vergewe vir alles
wat hy verkeerd gedoen het. Hy erken dat hy nie die waarheid wou erken
nie en dat hy eerder sy broer vir die dood van sy seun, Luvuyo, geblameer
het al het hy geweet dat hy nie verantwoordelik was nie
• Versoen karakters (bv. Sipho met homself), tussen karakters (bv. Sipho,
Thando en Mandisa), en met die toekoms (Sipho los die verlede en fokus
op toekomsplanne)
• Het universele belang vir versoening van alle soorte omdat die toneelstuk
die menslike toestand weerspieël (12)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 25 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE
6.1 Nasieners aanvaar ander relevante antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
Die plek is:
• Ná apartheid in Suid-Afrika
• 'n Afgeleë gastehuis aan die Weskus (2)
6.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
Die stemming is:
• Gespanne want Johan is op die punt om Smith te slaan
• Dreigend want Johan is fisies aggressief met Smith
• Ernstig want iemand kan seerkry
• Plofbaar want dit toon Johan se vinnige humeur (2)
6.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
Die insluiting van isiXhosa:
• Gee die toneelstuk 'n opmerklike Suid-Afrikaanse karakter want isXhosa is
'n taal wat in Suid-Afrika gepraat word
• Maak die toneelstuk meer inklusief vir Xhosasprekendes
• Dra by tot die realisme van die karakters en situasie want Thami is 'n
Xhosasprekende man (2)
6.4 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Ken volpunte toe vir:
• Twee gemotiveerde stellings
Die volgende is 'n riglyn:
Die plasing van die karakters weerspieël:
Hulle verhoudings:
• Toon Johan se dominansie oor Smith
• Johan se aggressie want hy het Smith aan die kraag beet
• Beklemtoon Smith se vrees vir Johan
Stemming:
• Is dreigend en gewelddadig
• Is vol aggressie (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 26 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
6.5 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Ken volpunte toe vir:
• Twee goed gemotiveerde stellings OF
• Vier aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Johan:
• As 'n polisieman het hy die fundamentele slagoffer en/of skuldige geword
want hy het 'n ander man doodgemaak
• Dit het van daardie punt af vorentoe die res van sy lewe beïnvloed
aangesien hy skuldig gevoel het homself verwyt het
• Sy skuldgevoel en skaamte het hom in 'n negatiewe siklus van
selfvernietiging vasgevang, bv. hy ervaar hopeloosheid en hy misbruik
alkohol
Thami:
• As 'n swart man is hy volgens ras geklassifiseer en as minderwaardig
beskou, hy is sy burgerregte ontneem en is geleenthede ontken wat
beskikbaar was aan bevoorregte wit mense wat vryheid van beweging
gehad het
• Sy vryheid om te stem, te lewe en waardige werk te doen, is hom ontneem
• Alhoewel apartheid dood is, bly hy desperaat om sy sosio-ekonomiese
omstandighede te verander
Smith:
• Smith glo dat hy nooit iemand seergemaak het nie en is blind vir die feit
dat alhoewel hy Tutu se hand geskud het en ook dat sy vrou aan die Black
Sash-beweging behoort het, sy bydrae tot die stryd teen apartheid passief,
onbelangrik en waardeloos was
• Hy het, as 'n wit sakeman, die vergunning van rykdom in 'n land geniet
waar die skeiding tussen dié wat het en dié wat nie het nie, ekstreem was
• Sy blindheid vir die feit dat apartheid hom beïnvloed het, maak die
moontlikheid dat hy hoegenaamd sal verander baie skraal. Hy het
selfsugtig, egoïsties en hedonisties geword en soek slegs plesier vir
homself. Sy weiering om geld voor te skiet vir die besigheidsgeleentheid
wat die drie mans dalk kan saambring, beklemtoon hierdie feit. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 27 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
6.6 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Kandidate moet fokus op 'n geïntegreerde analise van hoe realisme in die
teater lei tot die voorbereiding en vertolking van die karakter in die toneelstuk
waarin hulle 'n rol gekry het. Stanislavski se Stelsel/Metode kan genoem
word. 'n Geloofwaardige, oorspronklike benadering tot karakterisering en
toneelspel sal erken word.
Die volgende is 'n riglyn:
Die akteur kan 'n begrip van die volgende aspekte van Stanislavski se
Stelsel weerspieël, bv.:
Fisiese stand van aksies
• Aksies en reaksies moet realisties wees
• Fisiese aksie (gesigsuitdrukking, gebare en beweging) word gebruik in die
skep van die toneelstuk se lewe op die verhoog
Doelwitte en Superdoelwitte ('Beat Work')
• Verskuiwings in denke en gevoelens moet realisties weergegee/vertolk
word
• Eenhede en doelwitte moet in die akteur se fisiese en vokale uitdrukking
weerspieël word
Vokale Uitdrukking
• Die illusie van 'n werklike visioen word geskep want die toneelstuk is
realisties
• Gedagtes en gevoelens moet ontleed en begryp word om in die akteur se
stemhoogte, pas, tempo, volume, ens. weerspieël te word
Magiese As ('Magic If'
• Die akteur moet leef asof hy/sy die karakter is.
• Vokale en fisiese reaksies sal van opvoering tot opvoering wissel, maar
sal altyd as waar en so werklik as moontlik ervaar word.
• 'Toneelspel is glo.'
Aandagsirkels
• Die akteur se fokus moet op die wêreld van die toneelstuk, en nie op die
gehoor wees nie.
Emosionele geheue
• Akteur kan persoonlike ervarings en werklike emosies gebruik
Agter die skerms, voor 'n opvoering, kan die akteur kies om:
• Vokale en fisiese opwarmingsoefeninge te doen (voorbeelde van
opwarmosoefeninge kan deur die kandidaat gegee word)
• Ontspanningsoefeninge (voorbeelde kan gegee word)
• Grimering en kostuum relevant tot die karakter
• Fokus en konsentrasieoefeninge om voorbereiding en werk tydens
repetisies te herroep volgens Stanislavski se Metode (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 28 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
6.7 Nasieners aanvaar ander korrekte, relevante en goed gemotiveerde
antwoorde.
Ken volpunte toe vir:
• Twee goed gemotiveerde stellings OF
• Vier aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Kandidate kan in detail die dekorstel of abstrakte eienskappe van die
dekorstel beskryf, bv.:
Die dekorstel:
• Garnet Lodge is die naam van die lodge
• Dis 'n gastehuis wat na die strand front by die see
• Dis in 'n klein hawedorpie aand ie Weskus
• Keuse van dekor is dié van afwesige eienaars wat nie dikwels daar kom
nie
• Dit 'n groot vertrek met hoofsaaklik houtmure
• Daar is 'n versameling tweedehandse meubels wat nie baie duur is nie
• 'n Eetkamer met 'n tafel en vier stoele gee die akteurs ruimte vir interaksie
want dit is die eetvertrek in die gastehuis
• Daar is 'n moderne musieksentrum om die tydperk te toon speel dalk
liedjies wat met die stemming en boodskappe van die toneelstuk
• Het 'n ingang na die kombuis met 'n kralegordyn om vir geloofwaardige
opgaan en afgaan sorg
• Het 'n sitarea met twee leunstoele en 'n koffietafel waar die karakters met
mekaar kan kontak hê/saamwees/handel
• Het 'n gepaste tema van die see want dit is aan die Weskus
• Skep die illusie van die werklikheid deur aandag aan besondrhedel
• Dis 'n niemandlans want dit is niemand se huis/tuiste nie (4)
6.8 Nasieners aanvaar ander korrekte, relevante en goed gemotiveerde
antwoorde.
Ken volpunte toe vir:
• Twee goed gemotiveerde stellings OF
• Vier aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Die regisseur het gekies om hierdie toneelstuk by my skool op te voer,
omdat:
• Die toneelstuk hanteer relevante persoonlike, interpersoonlike en
maatskaplike kwessies waaruit ons almal kan leer want dit is universeel
relevant
• Die karakters is driedimensioneel, ons kan by hulle aansluiting vind as
werklike mense
• Die psigologiese realisme in die toneelstuk stel die gehoor in staat om met
die karakters te empatiseer en simpatiseer
• Die situasies is universeel: skuldgevoelens, berou oor handelinge/dade in
die verlede, woede en bitterheid oor daar gefaal is of teleurstelling as
gevolg van 'n stelsel wat steeds ondervind word
• DIt kan help om gehore die rassisme en keuses wat die karakters maak te
laat raaksien/erken en uit hulle reaksies te leer (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 29 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
6.9 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE B om jou nasienwerk te lei.
Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
Konflik:
• Is beide intern en ekstern, bv. Johan kan nie sy drome vervul nie, wat
innerlike konflik oor hoe om hierdie probleem op te los, veroorsaak
• Thami ervaar innerlike konflik omdat hy weg is van sy gesin terwyl hy geld
maak om hulle te onderhou en Smith is in konflik oor Johan se aggressie en
konflik teenoor hom a.g.v. sy besluit om nie in Johan se skema te belê nie
• Kan tussen mens en God, mens en mens en binne mense wees volgens die
Aristoteliaanse definisie van dramatiese konflik
• In hierdie toneelstuk is dit ook met die omgewing en die samelewing deur die
karakters, hulle situasies en die sosiopolitieke konteks
• Dryf die handeling van die intrige in 'n duidelike oorsaak-tot-uitwerking-
rangskikking, tipies van 'n goed gemaakte toneelstuk; van klimaks tot
uiteindelike denouement (afsluiting)
• Dis 'n universele verskynsel en hou die gehoor geïnteresseerd om te sien of
die konflikte opgelos gaan word (of nie)
Intrige:
• Die opbou van spanning word aangedryf deur die duidelike oorsaak-tot-
uitwerkingstruktuur van die intrige
• Johan se woede uit die verlede word verhoog deur sy huidige desperate
situasie m.b.t. die befondsing van hulle besigheidsgeleentheid
• Die moontlikhede en potensiaal vir 'n beter toekoms word gefrustreer deur die
hindernis, Smith, wat weier om die diamantkonsessie te befonds, en daardeur
spanning veroorsaak en die intrige tot sy klimaks en afsluiting dryf
Sosiopolitieke konteks:
• Due Nuwe Suid-Afrika behoort moontlikhede vir veranderinge te bied, maar
ongelukkig kan hierdie karakters dit nie aangryp en 'n werklikheid maak nie.
• Apartheid het elke karakter beïvloed. Smith is blind vir die feit dat, ten spyte
van sy gesin se betrokkenheid by die Black Sash, ens., sy bydrae tot die
stryd impotent was. Johan is 'n slagoffer van sy verlede as 'n polisieman wat
'n man gedood het. Thami is ontmens en benadeel deur die apartheidstelsel.
• Die menslike toestand word ontbloot deur die karakters en hoe hulle op hulle
situasies reageer, bv. Johan se desperaatheid om van sy verlede te ontsnap
en 'n beter toekoms te skep.
• 'n Gebrek aan fondse het Thami en Johan se pogings om hulleself van hulle
huidige sosio-ekonomiese situasie te bevry, gesaboteer
Onderwerpmateriaal:
• Die diamantkonsessie is 'n boeiende en opwindende vooruitsig wat die
gehoor se aandag trek en behou
• Die onwettige aard van baie diamanttransaksies kan moontlik die gehoor se
aandag trek en spanning skep
• Johan se gewelddadige uitbarsting dryf die aksie van die toneelstuk tot sy
klimaks en afsluiting
• Konflikterende verwagtinge en drome dryf uiteindelik Thami en Johan
uitmekaar en lei tot Johan se wanhopigheid as hy finaal die gastehuis verlaat
• Onmiddellike betrokkenheid met die onderwerpmateriaal deur die akteur-
gehoor-verhouding, bv. karakters is psigologies realisties, daarom identifiseer
die gehoor met hulle en hulle situasies (12)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 30 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET
7.1 Nasieners aanvaar ander relevante antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
Die stemming kan misterieus, spanningsvol en dreigend wees omdat:
• Dit is donker en gevaarlik buitekant
• Daar is gerugte van 'n moord en 'n verkragter
• Die karakters bespreek die meisies wat weggeraak het
• Die gebruik van die woorde 'softly, ' glances quickly', 'suddenly'
• Die karakters is bang om hard te praat (2)
7.2 Nasieners aanvaar ander relevante antwoorde gebaseer op die kandidaat se
kennis van die toepassing van klankontwerp.
Ken volpunte toe vir:
• Vier aparte gedagtes/idees.
Die volgende is 'n riglyn:
Klankontwerp kan die volgende insluit:
• Blaffende honde om 'n stemming van moontlike indringing te skep
• Polisiemanne wat besoek om 'n stemming van moontlike gevaar te skep
• Sirkusmusiek in die verte om 'n stemming van misterie en verleidelikheid
te skep
• Uile wat roep om 'n onheilspellende atmosfeer te skep (4)
7.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
Die ironie is dat Miem die mense van die dorp slegsê wat nie die gevaar van
die sirkus insien nie, maar syself sien nie die gevaar wanneer sy Konstabel by
die huis laat inkom nie. (2)
7.4 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Die volgende is 'n riglyn:
Ondanks Miem se waarksuwings oor die gevare van die sirkus is Meisie
steeds nuuskierig en opgewonde. (2)
7.5 Nasieners aanvaar ander relevante antwoorde gebaseer op die kandidaat se
kennis van lig as 'n simbool in die toneelstuk.
Ken volpunte toe vir:
• Drie goed gemotiveerde stellings OF
• Ses aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Lig in die toneelstuk simboliseer:
• Waarheid/Werklikheid van die afwesigheid van waarheid
• Ontwikkeling of die gebrek daaraan
• Konstabel wat die waarheid wegsteek van die ander karakters omdat hy
voorgee dat hy blind en 'n polisieman is
• Onderdrukking van Miem en Gertie se godsdienstige oortuigings wat deur
die dowwe lig van die olielampe verteenwoordig word
• Die opwinding van die misterieuse deur die helder kleurvolle sirkusligte (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 31 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
7.6 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Ken volpunte toe vir drie goed gemotiveerde stellings.
Die volgende is 'n riglyn:
Miem:
• Leef haar lewe in vrees vir die onbekende
• Is paranoïes oor wat sy nie verstaan nie
• Beskou haarself as die sedelike gewete van die gemeenskap en voel sy
moet hulle waarksu oor die gevare van die sirkus
• Is veroordelend wanneer sy na die mense as 'dreadful' verwys
• Voel dat sy Meisie teen die boosheid van die wêreld moet beskerm
• Ironies kruip Meisie vir die wêreld weg op dieselfde wyse as waarop sy vir
haar man vir die wêreld wegsteek (4)
7.7 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Kandidate moet fokus op 'n geïntegreerde analise van hoe realisme in die
teater lei tot die voorbereiding en vertolking van die karakter in die toneelstuk.
Stanislavski se Stelsel/Metode kan genoem word. 'n Geloofwaardige,
oorspronklike benadering tot karakterisering en toneelspel sal erken word.
Die verhoogaanwysing in reël 16 ('angrily') beskryf Miem se reaksie op Gertie.
Dit gee die akteur leiding oor haar emosionele toestand. Die akteur moet
ware emosies en gevoelens in haar ontstoke gemoedstoestand vind en
uitdruk. Die akteur se vokale (stemhoogte, toon, volume, ens.) en fisiese
uitdrukking (houding, gebare, bewegings) moet geloofwaardig en realisties
wees om met hierdie ontstoke toestand en emosie ooreen te kom.
Die volgende is 'n riglyn:
Die akteur kan 'n begrip van die volgende aspekte van Stanislavski se
Stelsel weerspieël, bv.:
Fisiese stand van aksies
• Aksies en reaksies moet realisties wees
• Fisiese aksie (gesigsuitdrukking, gebare en beweging) word gebruik in die
skep van die toneelstuk se lewe op die verhoog
Doelwitte en Superdoelwitte ('Beat Work')
• Verskuiwings in denke en gevoelens moet realisties weergegee/vertolk
word
• Eenhede en doelwitte moet in die akteur se fisiese en vokale uitdrukking
weerspieël word
Vokale Uitdrukking
• Die illusie van 'n werklike gesprek word geskep want die toneelstuk is
realisties
• Gedagtes en gevoelens moet ontleed en begryp word om in die akteur se
stemhoogte, pas, tempo, volume, ens. weerspieël te word
Magiese As ('Magic If'
• Die akteur moet leef asof sy die karakter is.
• Vokale en fisiese reaksies sal van opvoering tot opvoering wissel, maar
sal altyd as waar en so werklik as moontlik ervaar word.
• 'Toneelspel is glo.'
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 32 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
Aandagsirkels
• Die akteur se fokus moet op die wêreld van die toneelstuk, en nie op die
gehoor wees nie.
Emosionele geheue
• Akteur kan persoonlike ervarings en werklike emosies gebruik
Agter die skerms, voor 'n opvoering, kan die akteur kies om:
• Vokale en fisiese opwarmingsoefeninge te doen (voorbeelde van
opwarmsoefeninge kan deur die kandidaat gegee word)
• Ontspanningsoefeninge (voorbeelde kan gegee word)
• Grimering en kostuum relevant tot die karakter
Fokus en konsentrasieoefeninge om voorbereiding en werk tydens repetisies
te herroep volgens Stanislavski se Metode (8)
7.8 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE B om jou nasienwerk te lei.
Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Kandidate moet 'n begrip toon van hoe die bonatuurlike in die toneelstuk
uitgebeeld word.
Die volgende is 'n riglyn:
Die bonatuurlike in die toneelstuk word uitgebeeld en geskep deur die:
• Bisarre huishouding van Miem en Meisie, bv. die vader in die solder, die
mis op die grasperk buitekant en die afsondering van die huis van die res
van die dorp
• Beskrywing van die onbekende omgewing, wat onheilspellend en
misterieus is en dit dra by tot die stemming van die toneelstuk
• Misterieuse en onverklaarbare verdwyning van meisies teen middernag
elke lente, verteenwoordig en simboliseer die gesteelde verskyning van
jeug na volwassewording
• Gebruik onrealistiese sirkusmusiek wat beide aanlok en dreig, opgewonde
maak en tempteer wat geanimeerde spanning by die karakters en gehore
veroorsaak
• Teenwoordigheid van die verskillende tipes wind wat dreigemente uit die
buitewêreld en 'n bose teenwoordigheid simboliseer
• Teenwoordigheid van bygelowigheid en drome wat die stemming en
aksies van die karakters in die toneelstuk beïnvloed
• Beskrywing van die fratse by die sirkus deur Gertie wat die groteske, tog
betowerende, aard van enige boosheid of versoeking karakteriseer, wat is
wat die sirkus kan verteenwoordig
• Die ongesiene teenwoordigheid van Gabriel in die solder voeg ook 'n
bonatuurlik element by, want ons sien hom nooit nie, alhoewel ons soms
sy gekreun hoor en emmers met sy uitskeiding sien wat op die verhoog
(12)
laat sak word
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 33 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE BEGRIPPE, INHOUD EN
VAARDIGHEDE
VRAAG 8 (VERPLIGTEND)
8.1 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Kandidate moet 'n begrip van Arm/Gestroopte Teater toon.
Ken volpunte toe vir:
• Twee goed gemotiveerde stellings OF
• Vier aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Arm/Gestroopte Teater:
• Stroop teater van eksterne tegniese elemente en ondersteuning, bv.
beligting, klank, kostuums
• Vereis dat die akteurs gulle eie persoonlike hulpbronne gebruik om die
omgewing te skep (2)
8.2 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Kandidate moet 'n begrip van Grotowski se 'Heilge Akteur' toon.
Ken volpunte toe vir:
• Twee goed gemotiveerde stellings OF
• Vier aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Grotowski se sienings oor akteurs en tonnelspel:
• Die akteur is 'heilig' en is 'n middel (liggaam, stem, verbeelding, emosies)
om met die gehoor te kommunikeer
• Die rol van 'n akteur was die 'daad om jouself te ontbloot, die masker van
die daaglikse lewe af te skeur …' om kwesbaar en oop te wees vir die
ervaring van die toneelstuk en die gehoor
• Die akteur moet 'organies' in sy/haar reaksies bly. Aksie en reaksie moet
onmiddellik wees, daar moet geen tydsverloop tussen aksie en reaksie
wees nie
• Akteurs moet fisies en vokaal hoogs opgelei wees om te kan reageer op
die veeleisende vereistes om Arm/Gestroopte Teater op te voer
• Plastiques is 'n fisiese en geestelike uitdaging vir die akteur deur 'n
eksterne 'masker' met gebruik van die hele liggaam te skep om die diepste
emosies uit te druk
• Die perfekte akteur 'offer' sy liggaam aan toneelspel op deur 'n offerande
van hom-/haarself aan die gehoor te maak, deur ontbloting van hom-
/haarself aan die gehoor
• Via Negativa – verwydering van emosionele blokkasies deur die
stelselmatige eliminasie van enige psigologiese hindernis tot uitdrukking (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 34 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
8.3 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Kandidate moet 'n begrip toon van hoe Arm/Gestroopte Teater tydens
apartheid in Suid-Afrika beïnvloed is.
Ken volpunte toe vir:
• Twee goed gemotiveerde stellings OF
• Vier aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
• Tydens apartheid het die meerderheid Suid-Afrikaners nie toegang tot
teaterruimtes en begrotings om toneelstukke op te voer, gehad nie. Dus
het Arm/Gestroopte Teater 'n alternatiewe wyse gebied om toneelstukke
te regisseer sonder 'n groot begroting. Omdat die meerderheid van die
bevolking uit staatsteaters verban is, het opvoerings enige plek
plaasgevind, die straat, townshipsale, kerke ens.
• Die idees van Arm/Gestroopte Teater is aan mense soos, Mbongeni
Ngema en Percy Mtwa, bekendgestel. Hulle is aan Grotowski se 'Towards
a Poor Theater' blootgestel wat die beginsels van sy opvoerings
verduidelik het
• Dit was makliker om toneelstukke op te voer en met die minimum
rekwisiete, stelle en kostuums te toer (4)
8.4 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Kandidate moet 'n begrip van Stanislavski se invloed as 'n teaterpraktisyn te
toon.
Ken volpunte toe vir:
• Twee goed gemotiveerde stellings OF
• Vier aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
• Stanislavski created tegnieke for akteurs in order to portray their karakters
more realistically
• He demanded more discipline from his akteurs
• He transformed die art of acting into 'n more professional discipline (4)
8.5 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Kandidate moet 'n begrip van Grotowski en Stanislavski se gebruik van
teaterruimte toon.
Ken volpunte toe vir:
• Drie goed gemotiveerde stellings OF
• Ses aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Die akteur-gehoor-verhouding:
• Stanislavski het 'n vierde onsigbare muur tussen die akteur en die gehoor
geskep, alhoewel die verhouding intiem en empaties was
• Grotowski het die afstand tussen akteur en gehoor geëlimineer ten opsigte
van die ruimtelike verhouding deur akteur en gehoor in dieselfde 'vertrek'
in te sluit, dus was gehoor deel van die opvoering
• Akteurs en gehore is deur die ervaring van Grotowski se eksperimentele
teater verander, terwyl Stanislavski se donker auditorium die gehoor 'n
vals gevoel van veiligheid kon laat skep het (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste 35 DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
8.6 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Ken volpunte toe vir:
• Twee goed gemotiveerde stellings OF
• Vier aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Teater kon nie met die filmwese meeding nie, want:
• Film het tegnologie gebruik wat nie in die teater moontlik was nie, bv.
selluloïed het tonele vasgevang wat later geredigeer en vir altyd bewaar
kon word
• Teater was 'n tydelike ervaring, terwyl film gebêre kon word en weer en
weer gekyk word
• Film kon etlike plekke en tydraamwerke gebruik
• Film was gewild e het groot begrotings gehad
• Teater is deur 'n beperkte getal lede in die gehoor ervaar op 'n spesifieke
tyd en plek en waneer dit verby was, was dit weg (4)
8.7 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Kandidate moet 'n begrip van die ervaring om na lewendige teater te kyk met
die ervaring om na 'n film te kyk, vergelyk.
Ken volpunte toe vir:
• Drie goed gemotiveerde stellings OF
• Ses aparte gedagtes/idees
Die volgende is 'n riglyn:
Kyk na 'n lewendige opvoering:
• Dis 'n persoonlike en onmiddellike ervaring
• 'n Lid van die gehoor 'verkeer saam' met die akteurs op 'n
lewendige/regstreekse manier
• Dit is moontlik om te reageer deur hande te klap, te praat, lag te huil wat
op hul beurt die toneelspel kan beïnvloed
Kyk na 'n film:
• Dis onpersoonlik ten opsigte van enige akteur-gehoor-verhouding want die
akteurs in 'n film is nie tydens die ervaring 'teenwoordig' nie
• Jy kan vasgevang word in die hiperrealisme en spesiale effekte van 'n film
op 'n wyse wat nie in 'n teater moontlik is nie
• Jy kan dieselfde film terugspeel, stop en weer kyk en dieselfde ervaring
enige tyd weer hê (6)
8.8 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE 'n om jou nasienwerk te lei.
Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
Kandidate moet 'n toepassing van Stanislavski OF Grotowski OF Film in
Parktyk uitbeeld. Ken punte toe vir antwoorde wat 'n begrip toon van die
praktykbeginsels. (10)
[40]
TOTAAL AFDELING D: 40
GRAND TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
BYLAE A: RUBRIEK VIR VRAAG: 2, 3, 4, 8: 10 PUNTE
BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT
Denkproses:
• Toon 'n kreatiewe benadering tot feitlike, konseptuele, prosedure-, en metakognitiewe kennis.
Uitstaande • Ondersoek, beoordeel en kontekstualiseer die vraag en aanhaling op 'n oorspronklike manier.
• Toon 'n oorspronklike begrip van die vraag, die aanhaling, toneelteks en dramatiese beweging
Metakognitiewe • Maak waardeoordele gebaseer op 'n geregverdigde stel kriteria.
9–10
Kennis • Gee 'n nuwe perspektief en skep oorspronklike insigte.
• Verskaf en evalueer 'n uitgebreide reeks teoretiese en estetiese voorbeelde wat insiggewend
Skep gekies is en op die toneelteks en dramatiese beweging gebaseer is.
Kognitiewe vlakke:
• Kandidaat toon vermoë om te verander, te beoordeel, te beredeneer en te herorganiseer.
Denkproses:
• Bied feitlike, konseptuele en prosedurekennis aan.
Verdienstelik • Ondersoek en kontekstualiseer die vraag en aanhaling op 'n interessante wyse.
• Toon 'n insiggewende begrip van die vraag, die aanhaling die toneelteks en dramatiese
Prosedure- beweging.
7–8
kennis • Verskaf en ontleed 'n wye reeks teoretiese en estetiese voorbeelde wat insiggewend gekies is
en op die toneelteks en dramatiese beweging gebaseer is.
Evalueer Kognitiewe vlakke:
• Kandidaat toon vermoë om te ondersoek, voor te stel, te beoordeel, te evalueer en om
gevolgtrekkings te maak.
Denkproses:
Gemiddeld • Toon feitlike en konseptuele kennis.
• Ondersoek en kontekstualiseer die vraag en aanhaling.
Konseptuele • Bied 'n geskikte antwoord aan wat met die vraag, die aanhaling, toneelteks en dramatiese
5–6
Kennis beweging verband hou.
• Gee en ondersoek voorbeelde uit die toneelteks en die dramatiese beweging.
Ontleed Kognitiewe vlakke:
• Kandidaat toon die vermoë om te ondersoek, te kontrasteer, te onderskei, te klassifiseer.
Denkproses:
• Toon feitlike kennis.
Elementêr • Verstaan die vraag en aanhaling op 'n elementêre vlak.
• Toon 'n bietjie feitlike kennis.
Feitelike • Verskaf 'n reguit, voorspelbare antwoord wat met die vraag, die aanhaling, toneelteks en
3–4
Kennis dramatiese beweging verband hou.
• Gee 'n paar voorbeelde uit die toneelteks.
Toepas Kognitiewe vlakke:
• Kandidaat toon die vermoë om aansluiting te vind, te organiseer, te vertolk, te identifiseer en
te integreer.
Denkproses:
Behaal
• Herroep feitelike kennis.
• Toon 'n basiese begrip van die vraag en die aanhaling.
Feitelike
1–2 • Verskaf 'n paar reguit/basiese feite wat met die vraag, die aanhaling, toneelteks en dramatiese
Kennis
beweging verband hou.
Kognitiewe vlakke:
Onthou
• Kandidaat toon vermoë om te identifiseer, te noem, te definieer, te vergelyk en te verduidelik.
Denkproses:
• Bied onsamehangende, onverwante feitelike kennis aan.
• Toon geen begrip van die vraag en die aanhaling nie.
• Verskaf 'n feite wat nie met die vraag, die aanhaling, toneelteks en dramatiese beweging
Nie Behaal Nie 0
verband hou nie.
• Gee geen voorbeelde uit die toneelteks of die dramatiese beweging nie.
Kognitiewe vlakke:
• Kandidaat is nie in staat om te identifiseer, te noem, te herken of te definieer nie.
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Dramatic Arts DBE/2018
SCE – Marking Guidelines
BYLAE B: RUBRIEK VIR VRAAG 5, 6, 7: 12 PUNTE
BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT
Denkproses:
• Toon 'n kreatiewe benadering tot feitlike, konseptuele, prosedure-, en metakognitiewe kennis.
Uitstaande • Ondersoek, beoordeel en kontekstualiseer die vraag en aanhaling op 'n oorspronklike manier.
• Toon 'n oorspronklike begrip van die vraag, die aanhaling, toneelteks en dramatiese beweging
Metakognitiewe • Maak waardeoordele gebaseer op 'n geregverdigde stel kriteria.
11–12
Kennis • Gee 'n nuwe perspektief en skep oorspronklike insigte.
• Verskaf en evalueer 'n uitgebreide reeks teoretiese en estetiese voorbeelde wat insiggewend
Skep gekies is en op die toneelteks en dramatiese beweging gebaseer is.
Kognitiewe vlakke:
• Kandidaat toon vermoë om te verander, te beoordeel, te beredeneer en te herorganiseer.
Denkproses:
• Bied feitlike, konseptuele en prosedurekennis aan.
Verdienstelik • Ondersoek en kontekstualiseer die vraag en aanhaling op 'n interessante wyse.
• Toon 'n insiggewende begrip van die vraag, die aanhaling die toneelteks en dramatiese
Prosedure- beweging.
9–10
kennis • Verskaf en ontleed 'n wye reeks teoretiese en estetiese voorbeelde wat insiggewend gekies is
en op die toneelteks en dramatiese beweging gebaseer is.
Evalueer Kognitiewe vlakke:
• Kandidaat toon vermoë om te ondersoek, voor te stel, te beoordeel, te evalueer en om
gevolgtrekkings te maak.
Denkproses:
Gemiddeld • Toon feitlike en konseptuele kennis.
• Ondersoek en kontekstualiseer die vraag en aanhaling.
Konseptuele • Bied 'n geskikte antwoord aan wat met die vraag, die aanhaling, toneelteks en dramatiese
7–8
Kennis beweging verband hou.
• Gee en ondersoek voorbeelde uit die toneelteks en die dramatiese beweging.
Ontleed Kognitiewe vlakke:
• Kandidaat toon die vermoë om te ondersoek, te kontrasteer, te onderskei, te klassifiseer.
Denkproses:
• Toon feitlike kennis.
Elementêr • Verstaan die vraag en aanhaling op 'n elementêre vlak.
• Toon 'n bietjie feitlike kennis.
Feitelike • Verskaf 'n reguit, voorspelbare antwoord wat met die vraag, die aanhaling, toneelteks en
5–6
Kennis dramatiese beweging verband hou.
• Gee 'n paar voorbeelde uit die toneelteks.
Toepas Kognitiewe vlakke:
• Kandidaat toon die vermoë om aansluiting te vind, te organiseer, te vertolk, te identifiseer en
te integreer.
Denkproses:
Behaal
• Herroep feitelike kennis.
• Toon 'n basiese begrip van die vraag en die aanhaling.
Feitelike
3–4 • Verskaf 'n paar reguit/basiese feite wat met die vraag, die aanhaling, toneelteks en dramatiese
Kennis
beweging verband hou.
Kognitiewe vlakke:
Onthou
• Kandidaat toon vermoë om te identifiseer, te noem, te definieer, te vergelyk en te verduidelik.
Denkproses:
• Bied onsamehangende, onverwante feitelike kennis aan.
• Toon geen begrip van die vraag en die aanhaling nie.
• Verskaf 'n feite wat nie met die vraag, die aanhaling, toneelteks en dramatiese beweging
Nie Behaal Nie 0–2
verband hou nie.
• Gee geen voorbeelde uit die toneelteks of die dramatiese beweging nie.
Kognitiewe vlakke:
• Kandidaat is nie in staat om te identifiseer, te noem, te herken of te definieer nie.
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste DBE/2018
SSE – Nasienriglyne
BLOOMS SE TAKSONOMIE
Klassifiseringstelsel om verskillende vlakke van mensekennis
te definieer en te onderskei
DIE DIE KOGNITIEWEPROSES-DIMENSIE: 6 KOGNITIEWE VLAKKE
KENNIS- Onthou Verstaan Toepassing Ontleding Evaluering Skep
DIMENSIE Feitelik Noem Opsom Reageer Kies Gaan na vir Ontwikkel
4 DENK- Konseptueel Herken Klassifiseer Verskaf Onderskei Bepaal Stel saam
PROSES- Prosedure Herroep Verklaar Uitvoer Integreer Beoordeel Ontwerp
VLAKKE Metakognitiewe Identifiseer Voorspel Gebruik Dekonstrueer Besin Skep
1. Onthou
Herwin gememoriseerde inligting, kennis, feite, definisies, lyste, konvensies, neigings, reekse, klassifikasies, kategorieë,
kriteria, metodologie en maniere/wyses om met spesifisiteite van die universele, abstraksiebeginsels, veralgemenings,
teorieë en struktuur te hanteer
Noem Spesifiseer (tyd of plek) as iets gewens, voorgestel of op besluit
Om te identifiseer, spesifiseer of by naam noem
Identifiseer Om 'n probleem, behoefte, feit, ens. te herken en te toon wat dit is en dat dit bestaan
Om te bewys wie of wat iemand of iets is
Kies Kies noukeurig, bepaal of besluit dat dit die beste of geskikste is
2. Verstaan
Konstrueer betekenis uit verskillende tipes kennis, organiseer, vergelyk, vertaal, interpreteer en haal uit
Verduidelik Maak iets duidelik, maklik te verstaan deur dit in meer besonderhede te beskryf of om relevante feite of
inligting daaroor te onthul.
Gee 'n rede om te regverdig of verontskuldig ('n aksie of gebeurtenis)
Beskryf Om 'n gedetailleerde beskrywing van iets te gee, vertel, te beskryf, uit te druk
Motiveer Gee 'n rede, bied feite en argumente om iets te ondersteun aan, noem iets
3. Toepassing
Om 'n prosedure uit te voer, te implementeer of te gebruik om 'n probleem in 'n nuwe situasie op tye los of te ontwikkel
deur toepassing van verworwe kennis, feite, reëls, tegnieke
Voorstel Lei tot, argumenteer, toon, wys, dui aan dat (iets) bestaan of die geval is
Vir oorweging voorstel
Om 'n idee, moontlike plan of aksie aan ander mense te noem vir oorweging
Om 'n idee uit te dink/voort te bring
4. Ontleding
Breek inligting in dele op. Bepaal hoe die dele verwant is deur identifisering, onderskeiding of organisering van elemente,
verhoudings, beginsels, motiewe, doelwitte of oorsake. Maak afleidings/gevolgtrekkings en vind bewyse om veralgemenings
te ondersteun.
Reageer/Antwoord Antwoord/Reageer in woorde
Bespreek Skryf oor ('n onderwerp) in besonderhede, neem verskillende kwessies of idees of
menings/opinies wat daarmee verband hou, in ag of oorweeg dit
Skryf Skryf, stel saam, produseer
Ontleed Ondersoek iets metodies en in besonderhede, tipies om te ontdek, te verduidelik en te
interpreteer
Oorweeg Dink aandagtig oor iets, tipies voordat 'n besluit geneem word of 'n oordeel/keuse gemaak word
5. Evaluering
Om opinies/menings aan te bied en te verdedig deur oordele oor inligting, geldigheid van idees, of gehalte van werk te
maak gebaseer op 'n stel kriteria en standaarde met behulp van kontrolering/nagaan en kritiek
Evalueer Om die betekenis/belangrikheid, waarde, doel of toestand van iets deur noukeurige waardebepaling en
studie te bepaal, te beoordeel, ten einde te verstaan/begryp, te interpreteer of te lei
6. Skep
Gebruik kreatiewe individuele insig en gedagtes om inligting te herorganiseer en saam te stel deur die ontwikkeling,
beplanning en skep van 'n nuwe patroon, produk of struktuur
Skep Ontwikkel uit eie denke of verbeelding, as 'n kunswerk, 'n uitvinding of iets nuuts
Gee aanleiding tot ontstaan
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2018 Memo (English)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2018 Question Paper (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2018 Question Paper (Eng)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Memo (English)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2018 Memo (English)
More from Grade 12 Dramatic Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Dram Art ATP 2023 24

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper