Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
DRAMATIESE KUNSTE
NOVEMBER 2024
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 





View all



--295292ad-642f-4171-ae1e-c2dd59f80f5a/v1-20e004afb86073eee4e0/card.webp)
--75e178c5-f96e-43f8-8078-84ce1d3d0082/v1-f945cc30348cd5009930/card.webp)
Dramatic Arts Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)
Grade 12 Dramatic Arts question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Dramatic Arts · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dramatic Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
November NSC 2024
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Dramatiese Kunste 2 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
AFDELING A: 20ste-eeuse Europese Teaterbewegings (30)
AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994 (40)
AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994–Kontemporêr (40)
AFDELING D: Teatergeskiedenis, Praktiese Begrippe, Inhoud en
Vaardighede (40)
2. AFDELING A
VRAAG 1 is VERPLIGTEND.
Verwys na EEN van die toneeltekste hieronder wat jy bestudeer het en die
betrokke 20ste-eeuse Europese Teaterbeweging.
EPIESE TEATER
Caucasian Chalk Circle Bertolt Brecht
Kaukasiese Krytsirkel Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
Mother Courage Bertolt Brecht
Moeder Courage Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
The Good Person of Szechwan Bertolt Brecht
Kanna Hy Kô Hystoe Adam Small
OF
TEATER VAN DIE ABSURDE
Waiting for Godot Samuel Beckett
Afspraak met Godot Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks
Bagasie André P Brink
The Bald Primadonna Eugene Ionesco
Die Kaalkop Primadonna Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks
OF
POSTMODERNE TEATER
Skrapnel Willem Anker
Top Girls Carol Churchill
Popcorn Ben Elton
Buried Child Sam Shepard
3. AFDELING B
Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
hierdie afdeling.
VRAAG 2: Woza Albert! Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en
Barney Simon OF
VRAAG 3: Sophiatown Junction Avenue Theatre Company OF
VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis
4. AFDELING C
Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
hierdie afdeling.
VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani OF
VRAAG 6: Groundswell Ian Bruce OF
VRAAG 7: Mis Reza de Wet
5. AFDELING D
Hierdie afdeling is VERPLIGTEND. Beantwoord VRAAG 8 en 9.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 3 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING A: 20ste-EEUSE EUROPESE TEATERBEWEGINGS
Hierdie vraag is VERPLIGTEND. Nov
VRAAG 1
Verwys na BRON A hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
BRON A: 'N TEATERRUIMTE
[Bron: theplannerguru.co.za]
Bespreek, in 'n opstel, hoe jy die toneelteks wat jy vanjaar bestudeer het, sal opvoer in
die styl van die betrokke 20ste-eeuse Teaterbeweging in die teater wat in BRON A
getoon word.
As riglyne vir jou antwoord kan jy na die volgende aspekte van die opvoering van jou
toneelstuk verwys:
Stelontwerp
Gebruik van die teaterruimte
Tegniese vereistes
Toneelspelstyl
Temas en boodskappe wat jy deur die opvoering wil uitlig
Skryf die titel van die toneelteks en die 20ste-eeuse Beweging (Teater van die Absurde
OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater) wat jy bestudeer het, aan die begin van
jou opstel neer.
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 4 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994
Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.
VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
BARNEY SIMON
Bestudeer BRON B hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON B: DIE OPENINGSTONEEL UIT WOZA ALBERT!
FOTO/PRENT A FOTO/PRENT B
[Bron: Foto deur Veli Nhlapo] [Bron: X.com, Soweto Theatre]
Stel jou voor jy regisseer die toneel wat in die foto's/prente in BRON B getoon word.
2.1 Noem wat in die openingstoneel van die toneelstuk gebeur. (2)
2.2 Verduidelik hoe jy die twee akteurs kan lei om gedurende 'n opvoering van
BRON B van karakter na karakter te transformeer. (4)
2.3 Stel voor hoe TWEE verskillende items wat aan die klerereling in
FOTO/PRENT A hang, in die toneelstuk gebruik kan word. (4)
2.4 Motiveer hoe jy improvisasie met jou akteurs kan gebruik om die toneel in
BRON B doeltreffend te vertolk. (4)
2.5 Beskryf die fisiese vaardighede wat jy dalk van 'n akteur kan vereis wat die
toneel in BRON B vertolk. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 5 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
2.6 Bespreek die werkswinkelproses wat gebruik is om die oorspronklike
weergawe van Woza Albert! te skep. (6)
2.7 Vergelyk hoe jou proses as 'n regisseur van BRON B van die oorspronklike
werkswinkelproses kan verskil. (4)
2.8 Evalueer hoe die temas van Woza Albert! die sosiopolitieke toestande
gedurende apartheid en in Suid-Afrika vandag weerspieël. (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 6 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR DIE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY
Bestudeer BRON C hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON C: 'N TONEEL UIT SOPHIATOWN
[Bron: https://statetheatre.co.za]
Stel jou voor jy regisseer die toneel wat in BRON C getoon word.
3.1 Noem wat in hierdie toneel gebeur. (2)
3.2 Stel aan die akteurs wat Ruth en Mingus speel, voor wat hulle dalk kan dink
en voel in die oomblik wat in BRON C vasgevang is. (6)
3.3 Verduidelik hoe Mingus se kostuum dalk kan help om sy karakter aan die
gehoor oor te dra (te toon). (4)
3.4 Motiveer hoe jy improvisasie met jou akteurs kan gebruik om hulle te help om
die toneel in BRON C doeltreffend te vertolk. (4)
3.5 Motiveer hoekom jy dink die agtergrond in BRON C vir die toneelstuk geskik
kan wees. (4)
3.6 Bespreek die werkswinkelproses wat gebruik is om die oorspronklike
weergawe van Sophiatown te skep. (6)
3.7 Vergelyk hoe jou proses as 'n regisseur van BRON C van die oorspronklike
werkswinkelproses kan verskil. (4)
3.8 Evalueer hoe die temas van Sophiatown die sosiopolitieke toestande
gedurende apartheid en in Suid-Afrika vandag weerspieël. (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 7 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS
Bestudeer BRON D hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON D: 'N TONEEL UIT SIENER IN DIE SUBURBS
[Bron: Facebook, 6 Maart 2015]
Stel jou voor jy regisseer die toneel wat in die prent in BRON D getoon word.
4.1 Noem wat in hierdie toneel gebeur. (2)
4.2 Stel aan die akteurs wat Fé en Tjokkie speel, voor wat hulle dalk kan dink en
voel in die oomblik wat in BRON D vasgevang is. (4)
4.3 Verduidelik hoe Tjokkie se kostuum dalk kan help om sy karakter aan die
gehoor oor te dra (te toon). (4)
4.4 Motiveer hoe jy improvisasie met jou akteurs kan gebruik om hulle te help om
BRON D doeltreffend uit te beeld. (4)
4.5 Motiveer hoekom jy dink die stel wat in BRON D uitgebeeld (getoon) word, 'n
geskikte omgewing vir die toneelstuk kan verskaf. (6)
4.6 Verduidelik waarom hierdie toneelstuk oorspronklik geskep is. (4)
4.7 Bespreek hoe enige TWEE tegnieke van Stanislavski se Sisteem/Metode jou
kan help om die toneelstuk te regisseer. (6)
4.8 Evalueer hoe die temas van Siener in die Suburbs die sosiopolitieke
toestande gedurende apartheid en in Suid-Afrika vandag weerspieël. (10)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 8 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994–KONTEMPORÊR
Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.
VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI
Bestudeer BRON E hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON E: 'N ONDERHOUD MET NOMHLE MAVUNDLA, DIE AKTRISE IN DIE
ROL VAN MANDISA IN NOTHING BUT THE TRUTH
VERSLAGGEWER: Baie geluk met die rol van die spoggerige fashionista Mandisa! Jy
moet baie opgewonde wees om saam met jou wonderlike
geselskap en tegniese span te werk.
NOMHLE: Dankie. Ek voel nederig en geëerd om saam met so 'n hegte en
bekwame geselskap te werk om hierdie relevante verhaal 5
lewendig te maak.
VERSLAGGEWER: Jou rol vereis interessante stem- en fisieke werk. Hoe het jy dit
benader?
NOMHLE: Ja. Aksentwerk, tesame met Mandisa se uitgesproke geaardheid,
vereis 'n sensitiwiteit en gedetailleerde kennis van haar karakter, 10
asook spesifieke oefeninge.
VERSLAGGEWER: Hoe het jy te werk gegaan om haar karakter na te vors? Mandisa
speel so 'n belangrike rol in die ontwikkeling van die intrige van
die toneelstuk.
NOMHLE: Ek het Camden Town besoek en koffie gedrink, omring deur so 15
baie nuwerwetse modeboetieks met die regte Mandisas van die
wêreld, wat nie bang is om reguit te sê wat hulle dink nie. Dit was
opvoedkundig!
VERSLAGGEWER: Dit moes jou idees oor jou karakter se liggaamlikheid/fisikaliteit
en unieke styl beïnvloed het. Het jy enige sê oor die regisseur se 20
kostuumkeuses vir haar gehad?
NOMHLE: Ja, dit was soveel pret! Sy het my sowaar gevra om werklike
uitrustings op my reis na Londen te koop, wat vir Mandisa geskik
is. Dit is natuurlik nie alles net pret, pret, pret nie! Repetisies is
emosioneel uitputtend omdat die onderwerp en boodskappe van 25
die toneelstuk baie belangrik is.
VERSLAGGEWER: Ek wens jou span alle sterkte toe vir julle speelvak. Almal moet
hierdie relevante toneelstuk sien.
NOMHLE: Baie dankie!
[Bron: Eksaminator se eie teks]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 9 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
5.1 Noem die TWEE karakters, buiten Mandisa, in die geselskap van Nothing But
The Truth. (2)
5.2 Identifiseer die funksies van TWEE tegniese spanlede wat vir die opstel van
die toneelstuk benodig word. (2)
5.3 Skryf 'n karakterbiografie vir Mandisa, wat op jou kennis van die toneelstuk
gebaseer is. (4)
5.4 Ontleed Mandisa se rol in die ontwikkeling van die intrige (storielyn/ꞌplotꞌ) van
die toneelstuk. (4)
5.5 Verduidelik watter fisieke en/of stemwerk die aktrise wat Mandisa speel, kan
doen om haar karakter doeltreffend uit te beeld. (6)
5.6 Beskryf die opvoerings- en lewensvaardighede wat 'n aktrise kan leer deur in
'n klein, hegte geselskap te werk. (6)
5.7 Evalueer, deur na die temas van die toneelstuk te verwys, waarom almal
Nothing But The Truth moet sien. (6)
5.8 'Realisme in die teater maak staat op 'n ware weerspieëling van die lewe in
ons wêreld.'
– Heshathate Smanava
Bespreek hoe Nothing But The Truth 'n ware weerspieëling van die lewe in
ons wêreld skep deur die toneelstuk se intrige, dekorstel en taal. (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 10 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE
Bestudeer BRON F hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON F: 'N ONDERHOUD MET VUYO MBILINI, DIE AKTEUR IN DIE ROL VAN
THAMI IN GROUNDSWELL
VERSLAGGEWER: Baie geluk met die rol in Ian Bruce se betekenisvolle toneelstuk.
Jy moet baie opgewonde wees om saam met jou wonderlike
geselskap en tegniese span te werk.
VUYO: Dankie. Ek voel nederig en geëerd om saam met so 'n hegte en
bekwame geselskap te werk om hierdie relevante verhaal 5
lewendig te maak.
VERSLAGGEWER: Jou rol vereis vaardige stem- en fisieke werk. Hoe het jy dit
benader in jou voorbereiding vir die rol?
VUYO: Ja. 'n Sensitiwiteit en gedetailleerde kennis van sy karakter,
asook spesifieke daaglikse oefeninge word vereis om beide 10
vokaal en fisiek voor te berei om 'n geloofwaardige opvoering te
lewer.
VERSLAGGEWER: Hoe het jy te werk gegaan om sy karakter na te vors? Thami
speel so 'n interessante rol in die ontwikkeling van die intrige van
die toneelstuk. 15
VUYO: Ek het die Oos-Kaap besoek en met die regte Thami's van die
wêreld gepraat, wat destyds soortgelyke werklike situasies beleef
het. Dit was opvoedkundig!
VERSLAGGEWER: Dit moes jou beïnvloed het oor hoe jy jou karakter ontwikkel het.
Het jy enige sê oor die regisseur se idees vir die voorbereiding vir 20
'n realistiese rol gehad?
VUYO: Ja, dit was regtig uitdagend om so baie Thami's te
verteenwoordig wat probeer het om hulle eie 'beter lewe vir almal'
in Suid-Afrika te skep. Repetisies was emosioneel uitputtend
omdat die onderwerp en boodskappe van die toneelstuk baie 25
belangrik is.
VERSLAGGEWER: Ek stem saam en wens jou span alle sterkte toe vir julle
speelvak. Die wêreld moet hierdie toneelstuk sien.
VUYO: Baie dankie!
[Bron: Eksaminator se eie teks]
6.1 Noem die TWEE ander karakters in die rolverdeling van Groundswell. (2)
6.2 Identifiseer die funksies van TWEE tegniese spanlede wat vir die opstel van
die toneelstuk benodig word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 11 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
6.3 Skryf 'n karakterbiografie vir Thami, gebaseer op jou kennis van die
toneelstuk. (4)
6.4 Ontleed Thami se rol in die ontwikkeling van die intrige (storielyn/ꞌplotꞌ) van
die toneelstuk. (4)
6.5 Verduidelik watter fisieke en/of stemwerk die akteur wat Thami speel, kan
doen om sy karakter doeltreffend uit te beeld. (6)
6.6 Beskryf die opvoerings- en lewensvaardighede wat 'n akteur kan leer deur in
'n klein, hegte geselskap te werk. (6)
6.7 Evalueer, deur na die temas van die toneelstuk te verwys, waarom almal
Groundswell moet sien. (6)
6.8 'Realisme in die teater maak staat op 'n ware weerspieëling van die lewe in
ons wêreld.'
– Heshathate Smanava
Bespreek hoe Groundswell 'n ware weerspieëling van die lewe in ons wêreld
skep deur die toneelstuk se intrige, dekorstel en taal. (10)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 12 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET
Bestudeer BRON G hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON G: 'N ONDERHOUD MET DIVAN BOSMAN, DIE AKTEUR IN DIE ROL VAN
KONSTABEL IN MIS
VERSLAGGEWER: Baie geluk met die rol as Konstabel in hierdie fassinerende
toneelstuk. Jy moet baie opgewonde wees om saam met jou
wonderlike geselskap en tegniese span te werk.
DIVAN: Dankie. Ek voel nederig en geëerd om saam met so 'n hegte en
bekwame geselskap te werk om hierdie ongewone verhaal 5
lewendig te maak.
VERSLAGGEWER: Jou rol vereis interessante stem- en fisieke werk. Hoe het jy dit
benader?
DIVAN: Ja. Dit was nodig om 'n sensitiwiteit en gedetailleerde kennis van
sy karakter se motiewe te hê, asook spesifieke oefeninge om 10
geloofwaardigheid in die vertolking van sy 'blindheid' te ontwikkel.
VERSLAGGEWER: Hoe het jy te werk gegaan om sy karakter na te vors? Konstabel
speel so 'n belangrike rol in die ontwikkeling van die intrige van
die toneelstuk.
DIVAN: Ek het die sirkus en verskeie polisiestasies besoek om te 15
ondersoek hoe beide die polisie en misdadigers se koppe werk.
'n Besoek aan 'n plaaslike skool vir blindes was opvoedkundig.
VERSLAGGEWER: Dit moes jou idees oor jou karakter se fisieke en stem-
eienskappe beïnvloed het. Het jy enige sê oor die regisseur se
idees vir die uitbeelding van Konstabel gehad? 20
DIVAN: Ja, ons het saamgewerk aan 'n baie interessante psigologiese
reis om so 'n komplekse karakter te vertolk. Repetisies is
emosioneel uitputtend omdat die onderwerp en boodskappe van
die toneelstuk regtig ingewikkeld, maar belangrik, is.
VERSLAGGEWER: Ek wens jou span alles van die beste toe vir julle speelvak. 25
Gehore moet hierdie merkwaardige toneelstuk sien.
DIVAN: Baie dankie!
[Bron: Eksaminator se eie teks]
7.1 Noem TWEE ander karakters in die rolverdeling van Mis. (2)
7.2 Identifiseer die funksies van TWEE tegniese spanlede wat vir die opstel van
die toneelstuk benodig word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 13 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
7.3 Skryf 'n karakterbiografie van Konstabel, gebaseer op jou kennis van die
toneelstuk. (4)
7.4 Ontleed Konstabel se rol in die ontwikkeling van die intrige (storielyn/ꞌplotꞌ)
van die toneelstuk. (4)
7.5 Verduidelik watter fisieke en/of stemwerk die akteur wat Konstabel speel, kan
doen om sy karakter doeltreffend uit te beeld. (6)
7.6 Beskryf die opvoerings- en lewensvaardighede wat 'n akteur kan leer deur in
'n klein, hegte geselskap te werk. (6)
7.7 Evalueer, deur na die temas van die toneelstuk te verwys, waarom almal Mis
moet sien. (6)
7.8 'Realisme in die teater maak staat op 'n ware weerspieëling van die lewe in
ons wêreld.'
– Heshathate Smanava
Bespreek hoe Mis 'n ware weerspieëling van die lewe in ons wêreld skep
deur die toneelstuk se intrige, dekorstel en taal. (10)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 14 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE BEGRIPPE, INHOUD EN
VAARDIGHEDE
VRAAG 8 en 9 is VERPLIGTEND.
VRAAG 8
8.1 Noem 'n teaterpraktisyn OF die titel van 'n toneelstuk wat verband hou met
die teaterstyle wat hieronder gelys is.
8.1.1 Realisme in die Teater (2)
8.1.2 Arm/Gestroopte Teater (2)
8.1.3 Protesteater (2)
8.1.4 Gemeenskapsteater (2)
8.1.5 Satire en Satiriese Revue (2)
8.2 Skryf studie-aantekeninge oor EEN van die teaterstyle wat in VRAAG 8.1.1
tot 8.1.5 hierbo gelys is. Skryf die geselekteerde teaterstyl as 'n opskrif vir jou
aantekeninge.
Jy kan enige van die volgende formate vir jou notas gebruik:
Sleutelwoorde en definisies
Kolpunte
Kort frases
Spinnekopdiagram
Breinkaart (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 15 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 9
Bestudeer BRON H hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON H: PRENTE VAN FISIEKE TEATER
PRENT A
[Bron: www.uticaod.com]
PRENT B
[Bron: dailytelegraph.com.au]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 16 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
9.1 Definieer Fisieke Teater. (2)
9.2 Verskaf en motiveer geskikte opskrifte vir die Fisieke Teater-opvoerings wat
in PRENT A en PRENT B (in BRON H) uitgebeeld word. (4)
9.3 Evalueer DRIE eienskappe of vaardighede wat van die kunstenaars in
BRON H vereis mag word. (6)
9.4 Verduidelik waarom die kostuums geskik kan wees vir die opvoerings wat in
BRON H uitgebeeld word. (2)
9.5 Motiveer of beweging en Fisiese Teater in die Dramatiese Kunste-kurrikulum
behou moet word, of nie. (6)
[20]
TOTAAL AFDELING D: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2023 QP (Eng)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2022 Question Paper (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2022 Question Paper (Eng)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2022 QP (Eng)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2022 QP (Afr)
More from Grade 12 Dramatic Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Dram Art ATP 2023 24

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)
--295292ad-642f-4171-ae1e-c2dd59f80f5a/v1-20e004afb86073eee4e0/card.webp)
Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2025 Memo (Afrikaans)
--75e178c5-f96e-43f8-8078-84ce1d3d0082/v1-f945cc30348cd5009930/card.webp)
Memorandum