Skip to content

Dramatic Arts Grade 12 November 2024 NSC Memo (Afrikaans)

MemorandumDramatic ArtsGrade 12202449 pages

Grade 12 Dramatic Arts memorandum from the November 2024 NSC (Afrikaans), 49 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 DRAMATIESE KUNSTE NOVEMBER 2024 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 47 bladsye en 2 bylaes. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 2 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne ALGEMENE AANTEKENINGE VIR DIE HOOFNASIENER EN NASIENERS 1. Die doel van assesserings-/eksamenprosesse is nie net om die 'memorisering' van kennis wat onderrig en geleer is te bepaal nie, maar ook om die kompleksiteit van die denkproses wat die kandidaat toepas op die kennis wat uit die geheue herwin is, te bepaal. 2. Die instrument wat gebruik word om hierdie twee komponente te assesseer, is Anderson en Krathwohl se Hersiene Bloom se Taksonomie ('Revised Bloom's Taxonomy'). • 6 kognitiewe moeilikheidsvlakke • 4 denkprosesse van kompleksiteit 3. Nasieners: • Gebruik die eerste dag om die kwaliteit en hoeveelheid bewyse in dienasienriglyne uiteen te sit. • Vind algemene definisies en begrippe. • Assimileer en standaardiseer die: o Verwagte antwoorde op elke vraag o Kognitiewe moeilikheidsvlak wat vereis word van die kandidaat o Tipe denkproses en -kompleksiteit wat van die kandidaat verwag word o Aksiewerkwoorde wat gebruik word by elk van die kognitiewe vlakke endie tipes bewyse vereis (feite, konsepte, prosesse en denke) • Maak 'n duidelike regmerkie langs die kognitiewe vlak/denkproses van kompleksiteit/konsep/inhoud/vaardigheid/kennisaspek wat vereis word wanneer 'n punt toegeken word. • Die Hoofnasiener en Interne Moderator mag slegs 'n nasiener wees wat 'n geskikte kwalifikasie in Drama van ʼn Hoëronderwys Instituut het, bv. 'n Baccalaureusgraad of 'n graad in Drama op vlak drie. • Nuwe of onervare nasiener moet deur óf die Hoofnasiener óf die Interne Moderator gemodereer word • Aanvaar ander korrekte antwoorde wat die kandidaat se Kennis, Konsepte en Vaardighede weergee. Die meerderheid vrae van die vak, Dramatiese Kunste, verwag van ʼn kandidaat om persoonlike subjektiewe opinies asook oorspronklike en kreatiewe antwoorde te gee. Sien uit 'n holistiese oogpunt na en aanvaar korrekte antwoorde wat nie in die Nasienriglyne is nie • Raak aktief betrokke by die antwoord. • Verwys na die rubrieke aan die einde van die nasienriglyne om te verseker dat nasien regverdig, geldig en betroubaar is en aan duidelike kriteria gemeet word. • Die Verdragingsreeks (ꞌTolerance Rangeꞌ) in Dramatiese Kunste word jaarliks aangepas om by die vraestel te pas. As nasieners punte hoër of laer as die Verdragingsreeks gee, moet die Hoofnasiener of die Interne Moderator 'n besluit neem en/of die punt ervaar of verwerp. • Daar moet gedurende die nasienproses gereelde konsultasierondtes/opleiding wees om te verseker dat nasien gestandaardiseer is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 3 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne • Die nasienriglyne kan nie al die antwoorde voorspel nie. Provinsiale nasieners moet dit in ag neem en moet ontvanklik wees met die kandidate se antwoorde. • Sien globaal na. • Nasieners moet seker maak dat die kandidate se antwoorde ooreenstem met die KABV-dokument se Breë Onderwerpe en Onderwerpe van graad 10/11/12 (konsepte, vaardighede en kennis) en met die spesifieke vraag se vereistes. • As die nasienriglyne nie duidelike riglyne verskaf nie, moet 'n nasiener, met kort kommentaar, aandui waarom punte toegeken moet word of nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 4 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne STANDAARDISERING VAN NASIEN IN AL DIE PROVINSIES Nasien van Opstel- en Antwoordvrae Die hoofnasiener in elke provinsie moet die paradigma waaruit die vrae en diebygaande nasienriglyne ontwerp en opgestel is, verstaan: 1. Itemmoeilikheidsgraad (Vraag/Item): Hoe kompleks/moeilik is die ontwerp van die werklike vraag/item self? 2. Taakmoeilikheidsgraad: Wat is die kompleksiteit/moeilikheidsgraad van die kognitiewe vlak en denkproses wat van die kandidaat verwag word? 3. Stimulusmoeilikheidsgraad (Bron): Hoe kompleks/moeilik of maklik is dit om die bron toe te pas en te verstaan? 4. Moeilikheidsgraad van die antwoord wat verwag word: Wat is die hoeveelheid/aantal (hoeveel) en gehalte/kwaliteit (hoe goed) van die verwagte antwoord wat van die kandidaat vereis word, soos in die nasienriglyne gegee? Is dit in lyn met die item, taak en stimulus? Is die punte toepaslik geweeg en toegeken? – Leong: 2002 Wanneer nasieners aan die begin van die nasienproses opgelei word moet diehoofnasiener in elke provinsie die volgende prosedure volg: Maak seker daar is standaardisering van die puntetoekenning van kandidate se opstelle en antwoorde vir elke deel van die eksamen Standaardiseer nasionale nasienprosedures, prosesse en uitslae Volg die volgende prosedure: Die item (vraag) en taak (nasienriglyne): o Lees die item en bepaal die vlak van kompleksiteit en moeilikheidsgraad vandie ontwerp van die vraag: lae, middel of hoë vlak o Lees die taak (nasienriglyne) en bepaal watter inhoud van die kandidaat vereisword om die vraag te antwoord. Som die inhoud op o Deel antwoordplanne en som verwagtinge oor leerderantwoorde op. o Deel nie net die kwantiteit bewyse nie, maar ook die gehalte van die bewyse (hoe goed). Fasilitering van die opleiding van die nasiener m.b.t. die nasienriglyne en dierubrieke o Hersien die rubriek met betrekking tot die item en die taak o Hersien die prosedures vir die toeken van holistiese punte (d.i. deur bewyse van die antwoord by die kriteria van die rubriek te pas en alle elemente ewe veel te laat weeg) Oefen om individueel na te sien o Sien 'n stel oefenskrifte na. o Nasieners moet die skrifte onafhanklik nasien. Die hoofnasiener/interne moderator moet die nasieners se punte aanteken en diebespreking lei. (Opleidingskrifte moet punte en kommentaar bevat.) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 5 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne AFDELING A: 20ste-EEUSE EUROPESE TEATERBEWEGINGS VRAAG 1 Die kandidaat moet: Hierdie vraag in die vorm van 'n opstel beantwoord Verwys na die toneelteks wat bestudeer is Enige een van die drie Teaterbewegings binne die konteks van die vereistes van die vraag toepas: o Teater van die Absurde OF o Epiese Teater OF o Postmoderne Teater Na die bronmateriaal in hulle antwoord verwys Na die vraag in hulle antwoord verwys Demonstreer dat die vraag en bron verstaan, ontleed, toegepas, geëvalueer en in hulle opstel geïntegreer is Gekonstrueerde en gememoriseerde kennis in 'n bespreking kontekstualiseer, wat feitelike, kontekstuele, prosedurele en metakognitiewe denke toon Kreatiwiteit in die toepassing van die eise van die vraag Nasieners moet die volgende in ag neem: Kandidate moet demonstreer dat hulle die bostaande verstaan en krities ontleed en in hulle opstel toegepas het. Die Rubriek is 'n gids vir die nasiener om die volgende te assesseer: o Kognitiewe vlakke (onthou, verstaan, toepas, analiseer, evalueer en skep) o Kompleksiteite van denke wat deur die kandidaat getoon word (feitelik, konseptueel, prosedureel, metakognitief) Al die vrae se vlakke, elemente en instruksies moet in ag geneem word wanneer die opstel nagesien word. Om 'n billike, geldige en betroubare punt toe te ken, moet nasieners bevoeg wees in die betekenis en toepassing van Anderson en Krathwohl se Hersiene Bloom se Taksonomie, asook die ontwerp, doel, gebruik en toepassing van 'n rubriek: o Kriteria (vaardighede, kennis, konsepte, tegnieke en inhoud) o Vlakbeskrywers (laag, middel en hoog) o Woordbeskrywers o Aksiewerkwoorde o Kognitiewe vlakke o Denkprosesse Nasieners moet streng opgelei word hoe om al ses die kognitiewe vlakke, asook die vier denkprosesse te identifiseer, te gebruik en toe te pas om kandidate se prestasies te meet. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 6 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne BESKRYWER PUNTE DIE KANDIDAAT SE ANTWOORD TOON 'N VERMOË OM: • Kognitiewe vlak en denkproses: Skep, ontdek, vernuwe, verander op 'n uitstaande wyse met metakognitiewe denke oor die 27–30 inhoud Uitstaande • Argument: (Bespreking/Beskrywing) 90–100% Skep 'n nuwe, unieke en gedifferensieerde argument wat refleksiewe, kreatiewe, kritiese Metakognitiewe en analitiese denke op 'n uitstaande vlak toon A+ • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron: Skep Gebruik en kontekstualiseer uitstaande bykomende bronne uit die toneelteks en die teaterbeweging op 'n uitstaande wyse. Voorbeelde kom uit die toneelteks en die teaterbeweging binne 'n omvattende reeks insiggewend gekose inhoud en ander bronne • Kognitiewe vlak en denkproses: Beoordeel, lewer kritiek en evalueer op 'n uitstekende manner met metakognitiewe denke oor die inhoud Uitstekend 24–26 • Argument: (Bespreking/Beskrywing) Stel 'n argument volgens 'n interessante patroon wat bewyse toon van refleksiewe, kritiese Metakognitiewe 80–89% en analitiese denke op 'n uitstekende vlak • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron: Evalueer A Gebruik en kontekstualiseer uitstaande bykomende bronne uit die toneelteks en die teaterbeweging op 'n uitstekende wyse. Voorbeelde kom uit die toneelteks, die teaterbeweging binne 'n omvattende reeks toepaslik gekose inhoud en ander bronne • Kognitiewe vlak en denkproses: Maak gevolgtrekkings, dekonstruktureer konsepte, ontdek op 'n verdienstelike wyse; met Verdienstelik 21–23 prosedurele denke oor die inhoud • Argument: (Bespreking/Beskrywing) Prosedureel 70–79% Stel 'n argument wat kritiese en analitiese denke op 'n verdienstelike vlak toon • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron: Ontleed B Gebruik en kontekstualiseer voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende bronne binne 'n omvattende reeks toepaslik gekose inhoud • Kognitiewe vlak en denkproses: Wesenlik 18–20 Pas toe, konstrueer, integreer op 'n wesenlike vlak; met prosedurele denke oor die inhoud • Argument: (Bespreking/Beskrywing) Prosedureel 60–69% Stel 'n argument wat kritiese en analitiese denke op 'n wesenlike vlak toon • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron: Toepas C Integreer voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende bronne binne 'n wesenlike reeks gekose inhoud • Kognitiewe vlak en denkproses: Voldoende 15–17 Interpreteer, illustreer, klassifiseer op 'n voldoende vlak; met konseptuele denke oor inhoud • Argument: (Bespreking/Beskrywing) Konseptueel 50–59% Stel 'n argument wat begrip en konseptualisering van kennis op 'n voldoende vlak toon • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron: Begrip D Verskaf voldoende voorbeelde uit die toneelteks binne 'n algemene reeks voorspelbare inhoud • Kognitiewe vlak en denkproses: Gemiddeld 12–14 Verduidelik op 'n gemiddelde vlak; met konseptuele denke oor inhoud • Argument: (Bespreking/Beskrywing) Konseptueel 40–49% Stel 'n argument wat 'n verduideliking en denke op 'n gemiddelde vlak toon • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron: Begrip E Gebruik 'n paar voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende bronne binne 'n beperkte en gemiddelde reeks inhoud • Kognitiewe vlak en denkproses: Elementêr 10–11 Identifiseer, noem, definieer op 'n elementêre vlak; met feitelike denke oor die inhoud • Argument: (Bespreking/Beskrywing) Feitlik 30–39 Skryf ʼn opstel wat denke op 'n elementêre vlak toon • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron: Onthou F Kies slegs 'n paar voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende bronne • Kognitiewe vlak en denkproses: Nie Behaal Nie 1–9 Op 'n beperkte vlak identifiseer, noem; met beperkte feitelike denke oor inhoud • Argument: (Bespreking/Beskrywing) Feitlik 20–29% Skryf feite neer op 'n voorspelbare beperkte vlak • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron: Onthou G Verskaf idees of inligting, maar op 'n beperkte vlak • Kognitiewe vlak en denkproses: 0 Geen inligting nie. Kan nie gedagtes in woorde uitdruk nie. • Argument:(Bespreking/Beskrywing) Nie Behaal Nie 0–19% Onvermoë om 'n opstel saam te stel; te identifiseer, noem, in verband te bring en om genoeg feite te verskaf H • Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron: Geen bewyse van enige feitelike kennis nie TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 7 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994 Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord. VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN BARNEY SIMON 2.1 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis van die openingstoneel demonstreer. Ken volpunte toe vir: • Twee aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: In die openingstoneel: • Skep die akteurs 'n totempaal • Vorm die akteurs 'n jazz-orkes • Vra die polisieman die musikant vir sy 'dompas'/pasboek • Transformeer/Omvorm een akteur van die jazz-orkes tot die polisieman en (2) die ander bly die musikant 2.2 Nasieners aanvaar antwoorde wat kennis en begrip van die toneelstuk en die karaktertransformasietegnieke demonstreer wat deur die akteurs gebruik kan word. Die volgende is 'n riglyn: Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die regisseur kan die akteurs lei om karakters te transformeer deur: • Van die jazz-orkes na die polisieman te verander. Dit word gedoen deur postuur, fisiese energie en stem-uitdrukking te verskuif en weer aan te pas. Daar is ook verskuiwings van die maak van die klank van 'n musiekinstrument na praat met die gesag en die aksent van 'n Afrikaanse polisieman wanneer hy sy tafeltennisneus opsit, sy postuur verander om regop te staan en sy stem gebruik om gesaghebbend en sarkasties te klink. • Van die jazz-orkes tot die musikant te transformeer. Dit word gedoen deur sy houding en mannerismes, wat onderdanigheid teenoor die wit polisieman toon, te verander, asook deur sy stem te verander en te gebruik in 'n nederige, smekende stem van iemand wat as minderwaardig binne die konteks van 'n apartheid-Suid-Afrika beskou word. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 8 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 2.3 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis en begrip van die gebruik van kostuum demonstreer. Ken volpunte toe vir: • Twee stellings wat goed verduidelik is Die volgende is 'n riglyn: Die items wat op die klerereling hang, kan gebruik word vir die volgende: • Baas Kom se baadjie, wat sy werksdrag voorstel, mag geskep word deur die wit stofjas te gebruik • Aunty Dudu se tjalie mag geskep word deur 'n wit stofjas te gebruik • Die haarkapper se doek, wat die haarkapper oor die skouers van sy klantesit, word geskep deur die wit stofjas te gebruik • Die steenkoolverkopers se sakke wat hulle oor hulle koppe sit, mag gemaak word deur enige van die kledingstukke oor hulle koppe te hang • Die tandelose ou man se oorjas mag met enige een van die kledingstukkeop die reling gemaak word • Die klerereling mag gebruik word as ʼn skerm waaragter die akteurs kostuum of karakter veranderings kan maak • Die komberse mag ook gebruik word om die gevangenes se slaapplek voo te rstel • Die komberse mag ook gebruik word om die tafel van die verkoper voor te stel (4) 2.4 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en 'n toepassing van improvisasie demonstreer. Ken volpunte toe vir: • Twee stellings wat goed verduidelik is • Om opvoering en woorde aan te pas ingeval dit vergeet word Die volgende is 'n riglyn: Die regisseur kan die akteurs lei na, in Prent A: • Om hulle liggame en gebare op verskillende maniere te gebruik om jazzmusiekinstrumente te speel soos dromme, 'n saksofoon en enige ander instrumente wat hulle kan uitdink en visualiseer. (Die verskille in die gebruik van die liggaam kan van een repetisie na 'n ander verskil.) • Die gebruik van mimiek om die musiekinstrumente op baie verskillende maniere te bespeel • Die gebruik van kreatiwiteit en oorspronklikheid, gevind deur die handeling van improvisasie, wat die impak van die opvoering mag verhoog • Die manipulasie van hulle liggame om verskillende vorme te skep, om hiermee deur improvisasie eksperimenteer • Die ervaring van kreatiewe vryheid om die fisieke en stemkenmerke op unieke en gevarieerde wyse deur die proses van improvisasie te interpreteer • Die gebruik van idiofone om die klanke van musiekinstrumente te skep Die regisseur kan die akteurs lei na, in Prent B: • Verskeie maniere van loop en praat as 'n polisieman en musikant om die karakterisering te vind wat die doeltreffendste werk Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 9 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne • Eksperimentering met verskillende posture, bv. om 'n polisieman te wees vereis dalk 'n karakter met 'n regop postuur of 'n 'muuragtige' beweging (Laban) • Verskeie maniere om hulle stemme te gebruik wanneer die verskillende karakters uitgebeeld word sodat elke karakter sy/haar eie, unieke en ander manier van praat het • Rolspel en transformasiekeuses voordat hulle kreatiewe keuses gemaak word (4) • Om die toneelspel of dialoog te verander of aan te pas as dié vergeet word 2.5 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en toepassing van fisieke en stemvaardighede demonstreer. Nasieners onderskei tussen fisiese en vokale vaardighede inhoud. Ken volpunte toe vir: • Drie stellings wat goed verduidelik is OF • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Fisiese vaardighede benodig: • Karakterskepping of -transformasie: Die akteurs moet veelvuldige karakters skep en van een karakter na 'n ander transformeer (verander). Dit word gedoen deur die gebruik van sang, dans, fisieke teater en beweging • Buigsaamheid en/of fiksheid en/of stamina: Die akteurs verander van karakter deur die toneelstuk en is vir die hele duur van die toneelstuk op die verhoog en benodig hierdie fisieke vaardighede • Mimiek: Daar is geen ingewikkelde stelle en rekwisiete nie, die akteurs moet dit skep deur hulle fisiese liggame te gebruik (6) 2.6 Nasieners aanvaar relevante en antwoorde wat goed verduidelik is en kennis,begrip en ontleding van die werkswinkelfases van 'n toneelstuk demonstreer. Let wel: Sommige provinsies leer vyf, en ander leer ses, werkswinkelfases. Albei is korrek. Ken volpunte toe vir: • Drie stellings wat goed verduidelik is OF • Ses aparte gedagtes/idees • Indien ʼn kandidaat slegs ʼn lys van die stappe gemaak het, kan ʼnmaksimum van drie punte toegeken word Die volgende is 'n riglyn: Die werkswinkelproses bestaan uit: 'n Idee/boodskap: • In Woza Albert! was die idee waaroor 'n dinkskrum gehou is, wat sou gebeur as Morena na 'n apartheid-Suid-Afrika teruggekeer het Navorsing en waarneming: • Mense in Soweto is ondervra, bv. by Dube-stasie, by die markte, 'n haarkapper wat in die buitelug werk, ens. Die skeppers is ook deur Grotowski se Arm/Gestroopte Teater beïnvloed Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 10 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne Improvisasie: • Die skeppers het improvisasie-oefeninge en -aktiwiteite gebruik om met verskeie idees en maniere om toneel te speel, te eksperimenteer. Deur improvisasie het hulle die karakters en die situasies wat hulle in hulle navorsing en waarneming teëgekom het, verken en verstaan Redigering/Keuring: • Die groep redigeer/keur en werkswinkeltonele wat nie geskik is nie, word uitgelaat. Slegs die toepaslikste en mees relevante tonele word gekeur om die toneelstuk te skep Repetisie: • Die skeppers repeteer en slyp die opvoering. (verfyn) Opvoering en Opname: (6) • Die finale tonele word as 'n toneelstuk opgevoer en die toneelstuk word neergeskryf/op video afgeneem 2.7 Nasieners aanvaar antwoorde wat 'n kennis en begrip van die toneelstuk en die toepassing van die beginsels van regie demonstreer. Nasieners sien holisties na. Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Regie kan van die oorspronklike werkswinkelproses verskil want: Regie: • Die regisseur van die toneelteks sou met 'n bestaande teks werk • 'n Regisseur mag nie improvisasie in die repetisieproses gebruik nie as gevolg van tydsbeperkings of kreatiewe keuses en mag eerder gesaghebbend en voorskriftelik wees in benadering • Die byvoeging van opgeneemde klank kan ingestel word • 'n Regisseur kan kies om meer akteurs te gebruik om die verskillende karakters uit te beeld Werkswinkeldramaskepping: • Die oorspronklike teaterskeppingproses het nie 'n teks gebruik nie, maar het eerder een geskep nadat die toneelstuk in die werkswinkelproses geskep/opgevoer is • Nie al die fases van die werkswinkel sal gebruik word nie omdat dieregisseur vir die kreatiewe aspekte van die hele toneelstuk verantwoordelik sal wees (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 11 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 2.8 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk toe te lig. Nasieners aanvaar antwoorde wat die temas identifiseer en evalueer, wat die sosio-politieke toestande in Suid-Afrika gedurende apartheid en die huidige Suid-Afrika uitlig Die volgende is n riglyn: Betoging teen apartheid: • Die toneelstuk is n betoging teen die apartheids regering en sy onderdrukkende wette van segregasie, diskriminasie en onreg • Die storielyn, dekorstel, liedjies en dialoog betoog/protesteer teen die ongeregtighede en brutalitiet van apartheid • In hedendaagse Suid Afrika protesteer mense nog steeds teen kwessies soos werkloosheid, armoede ens. Rassisme • Swart mense is gedwing om te alle tye 'n pasboek of 'dompas' by hulle te dra. Versuim om dit te doen, sou tot tronkstraf deur die apartheidspolisie lei. Morena is van die paswette vertel hoe swart mense se bewegings beperk is. Hy het hulle opdrag gegee om hulle 'dompas' weg te gooi • In hedendaagse Suid Afrika, selfs na die demokratiese regering is gelykheid tussen rasse ingestel het, vind insidente van rasisme nog plaas Onderwys • Die apartheidstaat het nie genoeg skole of onderwysers vir swart mense voorsien nie. Die geboue en die salarisse was onvoldoende om doeltreffende onderwys te lewer. Swart leerders en onderwysers is gedwing om in n taal wat nie hul moedertaal was nie, te onderrig en te leer. Hulle is ook gedwing om te leer oor kulture wat nie hulle eie was nie. Dit het daartoe gelei dat opvoedkundige beginsels en konsepte nie verstaan is nie of wat vir swart mense en hulle kulture irrelevant was nie. Dit het tot ʼn gebrek aan relevante onderwys gelei. • In hedendaagse Suid Afrika is die onderwysstandaard nog steeds n probleem Beperking van vryheid van beweging: • Die apartheidstaat het swart mense verbied om na sekere gebiede toe te gaan. Hulle kon net in gebiede woon wat deur die regering goedgekeur is. Vryheid om te loop, te reis en te woon waar hulle wou, is aan swart mense geweier. • In hedendaagse Suid Afrika is vryheid van beweging steeds beperk want arm mense in arm buurte het nie altyd toegang tot publieke vervoer nie en dit mag nie altyd veilig wees om na ure publieke vervoer te gebruik nie Polisiebrutaliteit • Die apartheidsregering het brutale wette geskryf en toegepas. Die behandeling van swart mense deur die polisiemagte was onmenslik. Die polisie sou mense ondervra, slaan, arresteer, aanhou en martel. Bv. Die musikant was in die moeilikheid by die polisieman omdat hy nie sy 'dompas' gehad het nie. Die staatsveiligheidsmagte sou dikwels swart mense tydens protesoptogte skiet en doodmaak. Baie swart mense is tydens tronkstraf en ondervraging gemartel en sommiges het selfs gesterf • In hedendaagse Suid Afrika is die polisie nog steeds brutaal teenoor mense. Selfs as ʼn betoging vreedsaam is word mense soms met geweld hanteer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 12 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne Onbellike/Swak werksomstandighede • Baie Suid-Afrikaners het gebuk gegaan onder onregverdige werks- omstandighede, lae lone en lang werksure, bv. werkers by Coronation- Steenwerf het lang ure gewerk vir baie min betaling/lone. Hulle het swaar en harde hande-arbeid gedoen. Daar is van hulle verwag om tienduisend bakstene per dag te maak/produseer Armoede • Swart mense is dikwels gedwing om vir wit mense te werk en is swak betaal en kon slegs vir minderwaardige werk aansoek doen. Met die groot hoeveelheid werklose mense en die minderwaardige salarisse was daar diep en pynlike armoede. Bv. Aunty Dudu het gewens dat wit (1 mense meer partytjies moes hou sodat sy meer oorskiet uit hulle vullisdromme kon kry • In hedendaagse Suid-Afrika leef die meerderheid mense steeds in armoede (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 13 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR DIE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY 3.1 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis demonstreer van die toneel wat in BRON C getoon/opgevoer word. Ken volpunte toe vir: • Twee aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: In hierdie toneel: • Gee Mingus vir Ruth 'n geskenk van pêrels wat hy gesteel het • Is Prinses nie gelukkig dat Mingus vir Ruth sy aandag en geskenke gee nie, want sy wil al die aandag vir haarself hê • Is Jakes besig om ’n storie/koerant artikel op sy tikmasjien te skryf • Is Mamariti en Lulu in die agtergrond en praat hulle met mekaar (2) 3.2 Nasieners aanvaar antwoorde wat kennis en begrip van die karakters se innerlike gedagtes en emosies demonstreer, soos uitgedruk deur die gesigsuitdrukkings, postuur en gebare van die akteurs wat Ruth en Mingus in die prent in BRON C speel. Ken volpunte toe vir: • Drie stellings wat goed verduidelik is OF • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Ruth: • Sy lyk geskok/verbaas/verstom omdat sy nie verwag het om 'n geskenk van Mingus te kry nie • Haar gesigsuitdrukking mag dalk verbasing toon omdat haar mond oop is en dit lyk asof haar wenkbroue gelig is • Haar skouers is gelig, wat mag aandui dat Mingus se gebaar onverwags was • Dit lyk asof sy aan sy hand raak wanneer sy aan die pêrels raak omdat sy moontlik gevoelens het vir Mingus of sy mag dalk baie van juwele hou • Sy lyk geskok omdat Mingus vir haar gesteelde juweliersware aanbied Mingus: • Mingus lyk selftevrede en selfvoldaan om vir Ruth so 'n duur geskenk te kan gee, en hy kan afwagtend wees omdat hy Ruth dalk as 'n potensiële meisie sien • Hy voel dalk meerderwaardig om 'n voorsiener te wees en, omdat hy vir Ruth kan voorsien, hy voel waardig vir haar toegeneendheid • Sy gesigsuitdrukking toon tevredenheid en triomf • Dit weerspieël sy egotistiese persoonlikheid • Sy verwaandheid en selfvertroue word in sy uitgedrukte bors en regop postuur weerspieël (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 14 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 3.3 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis, begrip en ontleding demonstreer van hoe kostuum karakter oordra. Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Mingus se kostuum mag sy karakter aan die gehoor oordra, want: • Mingus se kostuum dui daarop dat net die beste goed genoeg vir hom is, want die materiaal wat vir sy baadjie gebruik word, lyk na die beste gehalte, blink en pronkerig • Hy trek die beste op die dorp aan, volgens sy eie verwaande houding teenoor homself • Sy keuse van 'n Woodrow/Borsalino hoed, veer in die hoedband en strikdas weerspieël sy styl en duur smaak, gepas vir ʼn arrogante bendelid in daardie tyd • Hy boots die kleredrag van die filmsterre na, wat toon dat hy hoogs verwaand is en sterre soos Clark Gable naboots (4) 3.4 Nasieners aanvaar goed gemotiveerde en relevante antwoorde wat kennis, begrip en toepassing van improvisasie demonstreer. Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Die regisseur gebruik improvisasie om akteurs moontlik op die volgende maniere te help: • Die akteurs kan hulle liggame en gebare gebruik om verskillende tonele en situasies uit die toneelstuk te improviseer, bv. 'n argument uit te voer • Improvisasie gee aan die akteurs kreatiewe vryheid om die fisieke en stemkenmerke van karakters op ’n unieke en gevarieerde wyse te interpreteer • Die akteurs kan verskeie maniere improviseer van hulle karakter se manier van loop, praat, optrede en reaksie voordat hulle keuses oor vertolking maak • Die akteurs kan verskeie maniere improviseer om hulle stemme te gebruik wanneer hulle hul karakters uitbeeld sodat elke karakter hulle eie, unieke manier van praat het, bv. Mingus as 'n bendelid, met waardes en houdings wat sigbaar kan wees deur spraakpatrone, volume en aksent • Die akteurs kan verskillende emosies van hulle karakter improviseer en opvoer om uit te vind wat die beste in die toneel werk • Die akteurs die toneelspel of dialoog verander of aanpas as dié vergeet word (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 15 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 3.5 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n kennis, begrip en ontleding van die historiese tydperk van Sophiatown sowel as die agtergrond van die toneelstuk demonstreer. Nasieners aanvaar gemotiveerde antwoorde wat verwys na die verhoog aanwysings in die drama asook die stel ontwerp. Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Die agtergrond is geskik vir die toneelstuk, want: • Dit weerspieël die bui en emosies van dié wat geweier het om te swig voor gedwonge verskuiwings omdat die woorde op die banier die rebelse emosies van Sophiatown se inwoners toon • Die eenheid onder die inwoners van Sophiatown word in die slagspreuk weerspieël omdat dit hulle gemeenskaplike weerstand teen gedwonge verskuiwings getoon het • Dit teken die geskiedenis van die betoging wat in Sophiatown plaasgevind het, aan (4) 3.6 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis, begrip en toepassing van werkswinkeldramaskepping van 'n toneelstuk demonstreer. Let wel: Sommige provinsies leer vyf, en ander leer ses, werkswinkelfases. Albei is korrek. Ken volpunte toe vir: • Drie stellings wat goed verduidelik is OF • Ses aparte gedagtes/idees Indien 'n kandidaat slegs 'n lys van die stappe gemaak het, kan 'n maksimum van drie punte toegeken word. Die volgende is 'n riglyn: Die toneelstuk is oorspronklik geskep deur die werkswinkelproses wat bestaan uit: 'n Idee/boodskap: • In Sophiatown is die idee gedinkskrum om ʼn advertensie in Drum-tydskrif te plaas vir ʼn inwoner wat behuising soek in Sophiatown en die vraag te vra van sal gebeur as ʼn wit meisie opdaag Navorsing en waarneming: • Mense wat vroeër in Sophiatown gewoon het, is ondervra, bv. Dollar Brand, Dolly Radebe, oud-inwoners van Sophiatown. Lede van die Junction Avenue Theatre Company het na argiewe in biblioteke gekyk. Die skeppers is ook deur Grotowski se Arm/Gestroopte Teater beïnvloed Improvisasie: • Die skeppers het improvisasie-oefeninge en -aktiwiteite gebruik om met verskeie idees en maniere om toneel te speel, te eksperimenteer. Deur improvisasie het hulle die karakters en die situasies wat hulle in hulle navorsing en waarneming teëgekom het, verken en verstaan Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 16 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne Redigering/Keuring: • Die groep redigeer/kies en laat werkswinkeltonele wat nie geskik is nie, uit Slegs die toepaslikste en mees relevante tonele sal gekeur word om die toneelstuk te skep Repetisie: • Die skeppers repeteer en slyp die opvoering Opvoering en Opname: • Die finale tonele word as 'n toneelstuk opgevoer en die toneelstuk word neergeskryf/op video afgeneem (6) 3.7 Nasieners aanvaar antwoorde wat 'n kennis en begrip van die toneelstuk en die toepassing van die beginsels van regie demonstreer. Sien holisties na. Ken volpunte toe vir: • Twee stellings wat goed verduidelik is OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Regie kan van die oorspronklike werkswinkelproses verskil want: • Die regisseur van die toneelteks sou met 'n bestaande teks werk. Die oorspronklike teaterskeppingproses het nie 'n manuskrip gebruik nie, maar eerder een geskep in die werkswinkel proses • 'n Regisseur gebruik dalk nie improvisasie in die repetisieproses nie as gevolg van tydsbeperkings of kreatiewe keuses en kan gesaghebbend en voorskriftelik in benadering wees • Opgeneemde musiek kan gebruik word eerder as om die stemme van die akteurs te gebruik om te sing • Die dekorstel kan volgens die regiekonsep verander word (4) 3.8 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk toe te lig. Nasieners aanvaar antwoorde wat die temas identifiseer en evalueer, wat die sosiopolitieke toestande in Suid-Afrika gedurende apartheid en die hedendaagse Suid-Afrika uitlig. Die volgende is 'n riglyn: Die temas gedurende apartheid en die hedendaagse Suid-Afrika weerspieël die sosiopolitieke toestande, bv.: Betoging teen apartheid: • Die toneelstuk is 'n betoging teen die apartheidsregering en sy onderdrukkende wette van segregasie, diskriminasie en onreg • Die storielyn, dekorstel, liedjies en dialoog betoog/protesteer teen die ongeregtighede en brutaliteit van apartheid • In Suid-Afrika word daar vandag steeds betoog teen die verwoesting wat apartheid gelaat het Om 'n stem aan die stemloses te gee: • Die toneelstuk gee 'n stem aan die stemloses; die stemloses is elke persoon wat in Sophiatown gewoon het en wat met geweld verwyder is, bv. Charlie, wat deur die hele toneelstuk stilgebly het, begin praat wanneer hy saam met Mingus na Meadowlands toe wil gaan. Mingus sê dat hy nie geweet het dat Charlie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 17 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne soveel woorde gehad het om te sê nie • Die arm en onopgevoede mense in Suid-Afrika ervaar steeds dat hulle stemloos is, want die huidige regering het nie baie van hulle stryd opgelos nie • Die kuns wat vernietig is; die danse, liedjies, visuele kuns en geskrifte deur joernaliste en dramaturge gee ook 'n stem aan die stemloses • Kunstenaars in die hedendaagse Suid-Afrika sukkel steeds om 'n inkomste te verdien wat voldoende is om hulle verantwoordelikhede na te kom Rampokkery ('Gangsterism'): • Mededingende bendes sou veg, en veg nog steeds, oor die beheer van gebiede en meisies om sodoende geld te maak om te oorleef en ook om mekaar te beskerm Oorbevolking: • Is in Sophiatown as normaal gesien omdat baie mense aangetrokke was tot die plek as gevolg van die lewendige leefstyl, waar verskillende kulture vrylik gemeng het en hulle kreatiwiteit, musikaliteit, idees en kulture uitgeruil het • In die hedendaagse Suid-Afrika woon die arm mense in oorvol townships en gemeenskappe. Skole en klaskamers is oorvol Huishoudelike geweld: • Soos gesien deur die karakters van Mingus en Prinses. Mingus het Prinses fisies en verbaal mishandel omdat hy gevoel het hy het aanspraak om dit te doen aangesien hy in haar behoeftes voorsien het, wat seksisme en patriargie en giftige manlikheid toon • In die hedendaagse Suid-Afrika is daar bewustheid van geen geweld teen kinders, vroue en oumense nie, maar huishoudelike geweld is steeds 'n alledaagse gebeurtenis Kulturele diversiteit: • Sophiatown, die plek, was 'n lewendige, multikulturele en veelrassige gebied • Die gemeenskap van mense het verskille aanvaar en diversiteit gevier. Dit was 'n direkte trotsering van die apartheidsregering, wat nie geglo het dat anderskleuriges in harmonie kan saamleef nie • Charlie vind skielik dat hy gedwing word om die feit te aanvaar dat hy nie van dieselfde ras as Mingus is nie. Charlie is 'n Kleurling • In die hedendaagse Suid-Afrika is daar wettige politieke/menseregte- gebaseerde Grondwet wat kulturele diversiteit aanmoedig Ras en konflik/gedwonge verskuiwings: • Mense is met geweld uit hulle huise verwyder en op vragmotors gelaai om afgelaai te word in gebiede wat deur die regering gekies is • Die meeste van hierdie gebiede het geen infrastruktuur gehad nie, was ver van stede en het dikwels geen omgewingsrykdom of -voordele gehad nie. • Hierdie brutaliteit het gebroke huise, ongekende hartseer, terreur en trauma veroorsaak vir die mense wat in Sophiatown gewoon het • Daar was 'n beplande betoging deur die mense om weerstand te bied teen die gedwonge verskuiwings • Die betoging het egter nie gerealiseer nie omdat die regering die polisiemagte en die stootskrapers drie dae vroeër gestuur het as die datum wat aan die mense oorgedra is • In die huidige Suid-Afrika is daar wette teen enige vorm van rassisme. Maar baie mense handhaaf steeds rassistiese houdings, gedagtes, gedrag en praktyke. Hulle doen dit deur stereotipering, diskriminasie en om vooroordele te hou teen mense wat van 'n ander ras is (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 18 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS 4.1 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis demonstreer van die toneel wat in BRON D getoon/opgevoer word. Nasieners aanvaar as kandidate Tiemie as die karakter identifiseer wat met Tjokkie praat Ken volpunte toe vir: • Twee aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: In hierdie toneel: • Sit Tjokkie en voer 'n gesprek met Fé wat ongelukkig en ietwat geïrriteerd lyk, soos deur haar gesigsuitdrukking uitgedruk • Het Fé Tjokkie gevra om 'in die toekoms te sien' om Tiemie te help omhaar probleem op te los • Weier Tjokkie om 'in die toekoms te sien' en verduidelik dit aan Fé • Handhaaf albei karakters 'n emosionele afstand van mekaar • Dui die lyftaal van beide karakters daarop dat daar geen verband tussen hulle is nie (2) 4.2 Nasieners aanvaar antwoorde wat kennis en begrip demonstreer van die karakters se innerlike gedagtes en emosies soos uitgedruk in hierdie toneel deur die akteurs wat Fé en Tjokkie speel. Nasieners aanvaar antwoorde waarin kandidate die akteurs se gevoelens bespreek Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Fé: • Sy is kwaad omdat Tjokkie nie na haar wil luister nie omdat hy weier om in die toekoms te sien' • Fé se gesigsuitdrukking dui aan dat sy ongelukkig is met Tjokkie se antwoord • Fé hou 'n emosionele afstand van Tjokkie • Fé kyk nie na Tjokkie nie en sy lyk buierig en ontsteld • Het gevoelens vir Tjokkie gehad en was gefrustreerd want Tjokkie voel nie dieselfde nie Tjokkie: • Hy is kwaad en gefrustreerd dat Fé hom gevra het om 'in die toekoms te sien’ • Hy voel onder druk en gefrustreerd omdat hy sy standpunt moet verduidelik • Sy gesigsuitdrukkings toon dat hy in 'n lewendige bespreking is waarin hy 'n punt probeer maak • Tjokkie se handgebare toon dat hy desperaat is om sy standpunt te verduidelik (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 19 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 4.3 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis, begrip en ontleding demonstreer van hoe kostuum karakter oordra. Ken volpunte toe vir: • Twee stellings wat goed verduidelik is OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Tjokkie se kostuum dra sy karakter oor omdat die oorpak toon: • Hy is 'n motorkar werktuigkundige • Hy voel veilig in sy oorpak. Wanneer hy wil ontsnap, gaan hy onder die kar in om te werk. • Hy is gemaklik in die oorpak, want dit beskerm hom teen die harde (4) werklike situasies. 4.4 Nasieners aanvaar relevante en goed verduidelike antwoorde wat kennis, begrip en toepassing van improvisasie demonstreer. Ken volpunte toe vir: • Twee stellings wat goed verduidelik is OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Die regisseur gebruik improvisasie om akteurs moontlik op die volgende maniere te help: • Die akteurs kan hulle liggame en gebare sonder woorde gebruik om die toneel in BRON D te improviseer. Dit kan hulle interpretasie van hulle gedagtes en gevoelens deur die gebruik van liggaamlikheid (aksies, gebare, ens.) verduidelik • Improvisasie kan die akteurs help om onnodige inhibisies vry te stel. Die akteurs sal kreatiewe vryheid hê om die fisieke en stemkenmerke van ʼn karakter op 'n unieke, gevarieerde wyse te interpreteer • Die akteurs kan baie verskillende maniere van loop, praat, toneelspel en reaksie improviseer voordat hulle opvoeringskeuses maak • Die akteurs kan verskeie maniere improviseer om hulle stemme te gebruik wanneer hulle hul karakters uitbeeld. Karakters sal hulle eie, unieke manier van praat hê, met waardes en houdings wat deur spraakpatrone, volume en aksent oorgedra kan word • Die akteurs kan verskillende emosies improviseer en uitbeeld om uit te vind wat die beste in die toneel werk • Die akteurs kan die toneelspel of dialoog verander of aanpas as dié vergeet word (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 20 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 4.5 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n kennis, begrip en ontleding demonstreer van hoe die realistiese dekorstel van Siener in die Suburbs 'n geskikte omgewing van die toneelstuk bied. Nasieners aanvaar antwoorde wat die verhoog aanwysings in die teks bespreek. Ken volpunte toe vir: • Drie stellings wat goed verduidelik is OF • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Die stel toon: • ʼn Moontlike area wat as ʼn garage gebruik kan word • ʼn Kar wat reggemaak word • The garage bevat ʼn krat op waarop Fé sit • Dit bevat ʼn kar trollie waarop Tjokkie sit • A muur/skerm wat die area afsluit (6) 4.6 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis en begrip demonstreer van hoekom die toneelstuk oorspronklik geskep is. Ken volpunte toe vir: • Twee stellings wat goed verduidelik is OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Die toneelstuk is oorspronklik geskep, want die dramaturg wou: • Die essensie van die menslike natuur in die arm wit voorstede vasvang deur die karakters, temas, onderwerp en situasies wat in die toneelstuk gevind word • Gehore bewus maak van die lewe in die voorstede waar arm mense 'n bestaan probeer maak, bv. Tjokkie probeer die kar regmaak • Wys hoe die lewe aan die 'verkeerde kant' van die spoorlyn is, bv. armoede en skaamte van die inwoners • Die verskil in sosiaal-ekonomiese omstandighede tussen arm mense in die voorstede en die Dandies in die ryk gebiede beklemtoon • Die hoop en drome van die laeklas-mense toon, soos Tiemie wat probeer om deel te wees van die Dandies (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 21 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 4.7 Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en ontleding weerspieël van hoe Stanislavski se Sisteem/Metode kan help met die regie van die toneelstuk. Ken volpunte toe vir: • Drie goed gemotiveerde stellings OF • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Die regie van die toneelstuk sal gehelp word deur kennis en die toepassing van die volgende beginsels, praktyke en tegnieke van Stanislavski: Gegewe omstandighede is: • Die toneelstuk se intrige, stemming, atmosfeer, geografiese ligging, sosiopolitieke konteks, subteks, ens. • Karakterbiografieë, agtergronde, motiewe en doelwitte Fisiese reëls van handelinge is: • Handelinge en reaksies wat realisties is • Fisieke handelinge, gesigsuitdrukkings, gebare en beweging wat vir karakterisering gebruik word Maatwerk: • Dit is verskuiwings/veranderinge in denke, gevoel, bui, atmosfeer, ritme, ens. Selfs uitgange en ingange is deel van maatwerk. Hulle moet doeltreffend en realisties weerspieël word • Eenhede en doelwitte moet deel van die akteur se fisiese en vokale uitdrukking wees Stem-uitdrukking: • Is gebaseer op hoe mense in die alledaagse lewe praat. Die akteur moet die illusie van 'n werklike gesprek skep • Word begelei deur die akteurs in die begrip van die gedagtes en gevoelens wat in stemreaksies deur toon, tempo, volume, ens. van die karakter weerspieël word Magiese as/of ('magic if') is: • Die akteur leef asof hy/sy die karakter is. Stem- en fisieke reaksies kan dus van opvoering tot opvoering verskil, maar sal altyd realisties wees • Wanneer opvoering is om te ‘glo’. Die akteur moet glo in die realiteit op die verhoog en dat die ander karakters werklik is Kringe van aandag: • Wanneer die akteur se fokus op die wêreld van die toneelstuk (dekorstel, ander akteurs, emosies, handelinge, ens.) is en nie op die gehoor nie Emosionele geheue: • Wanneer die akteur uit persoonlike ervarings en emosies kan kry om die emosionele realiteit van sy/haar karakter en ander karakters te gebruik • Die emosionele geheue wat die akteur vir 'n karakter gebruik, moet nie meer onlangs as sewe jaar oud wees nie (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 22 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 4.8 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk toe te lig. Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en 'n ontleding demonstreer van hoe die temas in die drama die sosio- politiese (en ekonomiese) toestande in die 1970's weerspieël – apartheid-Suid-Afrika en die hedendaagse Suid-Afrika. Die volgende is 'n riglyn: Die temas van die drama weerspieël die sosio-politieke (en ekonomiese) toestande in die 1970's – apartheid-Suid-Afrika en die hedendaagse Suid- Afrika, byvoorbeeld: Lae sosiale status: • Die karakters weier om die status quo te aanvaar om gesien te word as minderwaardig teenoor die Dandies en probeer desperaat om hulleself van hulle sosiale status te bevry • Tiemie skaam haar vir Ma, daarom wil sy ontsnap deur in die wêreld van die Dandies te kom • Jakes wil hê Tiemie moet sy kind hê, want dit is sy manier om teen sy wêreld te protesteer. Hy glo Tiemie is sy kaartjie na 'n beter lewe • In die hedendaagse Suid-Afrikaanse sosio-politieke (en ekonomiese) toestande het nie veel verander nie. Arm, sogenaamde 'laeklas'-mense is steeds gegrief om in so 'n vernederende posisie en die droom van ontsnapping te wees Armoede: • Al die karakters doen alles wat hulle kan om uit armoede te ontsnap, bv. Giel keer terug na dobbel om geld te maak. Hy dwing Tjokkie om die wenperd vir hom te 'sien', maar Tjokkie weier • Tiemie protesteer teen Ma as 'n rolmodel vir haar omdat sy nie soos Ma arm wil opeindig nie • Tjokkie weier om sy huidige situasie te aanvaar, daarom werk hy sonder einde aan die kar • In die hedendaagse Suid-Afrikaanse sosio-politieke (en ekonomiese) toestande het nie veel verander nie. Die meerderheid Suid-Afrikaners is werkloos, verdien nie ’n salaris nie en is arm Liefde: • Tiemie romantiseer die idee van liefde en glo dat dit haar sal bevry van die strikke van die voorstedelike lewe • Dit is 'n universele tema en mense droom vandag nog om liefde te vind en geliefd te wees Verslawing: • Verslawing word in die toneelstuk weerspieël deur die karakters van Jakes en Ma wat te veel alkohol drink en ook deur Giel se dobbelary • In die hedendaagse Suid-Afrikaanse sosio-politieke toestande is verslawing erger as tydens apartheid. Selfs kinders en tieners is verslaaf aan verskillende soorte middele, bv. alkohol, metamfetamien, ens. Huishoudelike geweld: • Huishoudelike geweld word in die onstabiele verhouding tussen Jakes en Tiemie getoon • In die hedendaagse Suid-Afrika is daar 'n mate van bewustheid van geen geweld teenoor vroue, kinders en oumense nie, maar huishoudelike Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 23 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne geweld is steeds 'n alledaagse gebeurtenis. Emosionele mishandeling: • Tjokkie ly aan emosionele mishandeling omdat hy gedwing word om te 'sien' • In die hedendaagse Suid-Afrika is daar 'n mate van bewustheid van hoe skadelik emosionele mishandeling is. Die meeste mense is egter nie opgevoed oor wat emosionele mishandeling is, hoe om dit aan te meld, hoe om in te gryp wanneer iemand emosioneel mishandel word, waar om hulp te soek en hoe om van emosionele mishandeling genees te word nie (10) [40] TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 24 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994-KONTEMPORÊR VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI 5.1 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis van die karakters in die toneelstuk demonstreer. Ken volpunte toe vir TWEE korrekte antwoorde. Die karakters is: • Sipho • Thando (2) 5.2 Nasieners aanvaar antwoorde wat kennis van die funksie (werk) van die tegniese span vir hierdie produksie identifiseer. Ken volpunte toe vir TWEE korrekte antwoorde. Die volgende is 'n riglyn: Die tegniese vereistes kan die volgende insluit: • Beligtingsontwerp/opstel/werking • Klankontwerp/opstel/werking • Dekorstelontwerp/opstel/werking • Verhoogbestuurder/bestuur/delegeer (2) 5.3 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis, begrip en 'n ontleding van die karakter van Mandisa demonstreer. Ken volpunte toe vir: • Twee stellings wat goed verduidelik is OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Mandisa: • Is die dogter van Themba (Sipho se broer en Thelma) • Woon in Londen • Is 'n modeontwerper • Is modern in haar uitkyk • Is uitgesproke en staan op teen Sipho • Is liberaal en haar kulturele waardes en sienings is op haar moderne Westerse opvoeding in Londen gebaseer • Trek baie modieus aan omdat sy 'n modeontwerper is • Is Thando se suster of niggie (nasieners aanvaar een van die twee) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 25 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 5.4 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis, begrip en ontleding van die karakter van Mandisa demonstreer en hoe sy 'n belangrike rol in die ontwikkeling van die intrige speel. Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Strukturele intrige/ontwikkeling: • Mandisa se koms is die motoriese moment in die toneelstuk/intrige. Haar aankoms laat die intrige begin. • Mandisa se koms vanaf London na SA met Temba se as in n kruik, Sipho het verwag dat die liggaam van sy oorlede broer in ʼn kis sal arriveer. Dit veroorsaak spanning in die intrige • Mandisa skep spanning omdat sy nie die tradisionele manier van rou van die Makhaya-gesin nakom nie • Mandisa skep onbedoeld 'n skeiding tussen pa en dogter. Sy moedig Thando desperaat aan om op te staan vir waarin sy glo deur voor te stel dat hulle die aand uitgaan. Sy moedig Thando ook aan om na Johannesburg en Londen toe te reis. Mandisa dring so daarop aan om Thando te beïnvloed dat sy min tot geen sensitiwiteit vir die kulturele routydperk toon waarin hulle is nie • Mandisa skep een van die hoogtepunte wanneer sy Sipho konfronteer en eis dat hy hulle die waarheid oor sy verlede vertel • Mandisa skep ideologiese en politieke verdeeldheid wanneer sy met Thando oor die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) se mandates, aims and work. Hulle ontdek hulle her verskillende standpunte (4) 5.5 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis, begrip en toepassing van fisieke en/of stemvermoë demonstreer van die akteur wat die karakter van Mandisa uitbeeld. Ken volpunte toe vir: • Drie stellings wat goed verduidelik is • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Fisieke voorbereiding: • Waarneming: Benader haar fisieke voorbereiding deur mense waar te neem wat in die werklike lewe soos haar karakter lyk. Sy kan die manier waarneem waarop hulle hul postuur/lyf hou, hulle arms swaai, loop, ens. • Improvisasie: Verken en eksperimenteer met verskillende fisieke liggaams- bewegingspatrone. Dit kan 'n manier wees om die geskikste liggaamlikheid te vind vir die karakter wat uitgebeeld word • Oefeninge: Ontspanning, postuur en diafragmatiese interkostale asemhaling sal die fisieke en emosionele opvoering ondersteun Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 26 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne Stemvoorbereiding: • Gegewe omstandighede: Skep 'n biografie met die ontleding van gegewe omstandighede wat die toon en volume van haar stem kan beïnvloed • Vokale oefeninge: Gebruik sistemiese oefeninge vir asemhaling (diafragmatiese interkostale asemhaling) wat met die voorbereiding vir stemprojeksie sal help Gebruik oefeninge om resonansie, toon, toonhoogte, tempo, ens te verbeter • Aksent: Die karakter, Mandisa, is van Londen en die aksent moet dit weerspieël. Noukeurige luister, ontleding en toepassing van die Britse aksent sal 'n outentieke stemopvoering ondersteun (6) 5.6 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis, begrip en toepassing demonstreer van die vaardighede en eienskappe wat vereis word van 'n akteur wat in 'n klein, hegte geselskap werk. Ken volpunte toe vir: • Drie stellings wat goed verduidelik is OF • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Werk in 'n klein, hegte geselskap: Opvoeringvaardighede: • Ontwikkel luistervaardighede, beide op en van die verhoog af. Dit verbeter die natuurlike ritmes van spraak en stiltes binne die dialoog van die toneelstuk. Die akteur raak ook meer ontvanklik vir die ander karakters op die verhoog • Maak emosionele kwesbaarheid moontlik, wat die sleutel is tot die skep van 'n geloofwaardige emosionele lewe op die verhoog • Maak uitdrukking van gedagtes en gevoelens meer outentiek, duidelik, openlik en eerlik as die karakter, moontlik omdat die akteur die karakter se gedagtes, gevoelens, doelwitte asook die subteks van die toneelstuk moet ontleed om die karakter se motiverings, doelwitte en superdoelwitte beter te verstaan • Vereis 'n outentieke, realistiese reaksie as akteur, om 'n geloofwaardige wêreld op die verhoog te skep Lewensvaardighede: • Bevorder spanwerk en leer die vaardigheid aan om 'n produktiewe spanspeler te wees • Ontwikkel die vermoë om kritiek goed te aanvaar en dit konstruktief te ontvang en dit nie as 'n aanval op jouself te sien nie, maar as 'n manier van groei • Vereis die aanvaarding van ander mense se standpunt en bevorder daardeur verdraagsaamheid, kompromie, kreatiewe probleemoplossing en 'n vermoë om harmonieus saam te werk • Vereis kompromie en nederigheid. Elke persoon is gelyk en een persoon moenie die spanwerk oorneem of dikteer nie. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 27 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 5.7 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en ontleding van die toneelstuk en die universele relevansie daarvan demonstreer. Ken volpunte toe vir: • Drie goed gemotiveerde stellings OF • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Almal moet Nothing But The Truth sien, want dit bevat universiele temas: Waarheid en versoening: • Die tydsraamwerk waarin die toneelstuk afspeel, sluit die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) se verhore in. Dit het universele betekenis vir die belangrikheid daarvan om die waarheid van 'n saak te vind om versoening te bewerkstellig Genesing: • Die behoefte aan liefde, 'n beter lewe, waarheid, hernude en geneesde verhoudings staan sentraal in hierdie toneelteks as voorbeeld van Teater vir Versoening Vergifnis: • Die toneelstuk weerspieël Sipho se bitterheid wat uiteindelik verander in die vergifnis van Themba en die vryheid wat dit vir Sipho bring. Ons kan almal aansluiting vind by die dinamika van verskuiwende gesinsverhoudings • Deur vergifnis word Sipho van vorige ongeregtighede genees. Hy is in staat om met sy lewe aan te beweeg. Die vryheid wat deur vergifnis gevind word, het universele toepassing Familie: • Gesinskwessies is die kern van die intrige. Sipho verberg die moontlikheid dat Thando in werklikheid Themba se dogter kan wees. Die gehoor kan ingetrek word in die intrige van gesinsdinamika en kan ook daarby aansluiting vind Wedywering onder broers en susters: • Wedywering onder broers en susters is vandag steeds 'n gesinsdinamiek. Dit word in die verhouding tussen die twee broers, Sipho en Themba, gesien. Sipho voel dat Themba altyd hulle ouers se gunstelingkind was Kulturele waardes: • Daar is konflikte tussen Sipho, Mandisa en Thando met betrekking to Afrika- tradisionele en Westerse waardes Gehore hoef nie Nothing But The Truth te sien nie, want: • Die meeste mense het wegbeweeg van ou, argaïese oortuigings en tradisies wat mense voorheen gebind en onderdruk het • Die meeste mense is meer oopkop en aanvaar ander kulture en tradisies • Ons leef nou in 'n demokratiese samelewing, waar almal gelyk is en ons het aanbeweeg en die verlede in die verlede gelos • Die meeste gesinne het geheime en 'geraamtes in die kas', so die toneelstuk bied niks nuuts en opwindends nie (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 28 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 5.8 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk toe te lig. Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip, ontleding en 'n toepassing van die genre van Realisme in die Teater demonstreer, om te toon hoe dit tot die 'lewende verhouding' bydra, om te wys hoe die wêreld van die toneelstuk Nothing But The Truth aan die gehoor oorgedra word. Die volgende is 'n riglyn: Nothing But The Truth skep 'n ware weerspieëling van die lewe in ons wêreld deur: Die storielyn (plot): • Die storielyn is realisties en volg 'n goedgemaakte toneelstukformaat, met 'n duidelike uiteensetting (begin), logiese oorsaak-tot-gevolg met ontwikkeling (middel), klimaks en oplossing (einde) tot gevolg. Die realistiese intrige word deur 'n reeks gesprekke en argumente gedryf, wat die uiteindelike waarheid van die situasie, die karakters en hulle standpunte openbaar • Die storielyn is wat deur die dramatiese spanning gedryf word en wat gebou word deur die konflikte sigbaar binne die karakters asook die geheime van die verlede. Die essensie van 'n realistiese drama is konflik wat die intrige dryf en die boog/deurlyn van spanning styf hou Die dekorstel: • Die openingsoomblikke van die toneelstuk trek die gehoor in deur wat hulle sien en hoor. Ons betree die wêreld van die toneelstuk deur hierdie oomblikke. • Die tydplasing is die jaar 2000, wat op baie vlakke betekenisvol is. Dit simboliseer nuutheid; die nuutheid van die millennium, die nuutheid van Suid-Afrika en die nuwe moontlikhede wat op Sipho en sy gesin wag • Is 'n afgeslote stel en ontwerp om op 'n prosceniumboog-verhoog te pas • Is 'n presiese replika van 'n tipiese township-huis • Is dieselfde afmetings as 'n township-huis • Die meubels is tipies en gedetailleerde rekwisiete voltooi die realistiese visuele prentjie Die taal: • Die dialoog is normale, herkenbare alledaagse taal, tipies van Realisme in die Teater. Ons as gehoor kan die gesprekke en stiltes wat die inligting bevat wat ons in die wêreld op die verhoog intrek, verstaan en daarby aansluiting vind. Ons skort ons ongeloof op terwyl ons verbeelding betrokke raak by die geskepte lewe van die dramaturg wat lewendig raak deur die akteurs, dekorstel, kostuums, tegniese elemente en alle fasette van die toneelstuk, wat saam verweef om 'n realistiese wêreld te vorm • Die gebruik van pouses wat spanning aandui, vertel die gehoor daar is konflik en dat die karakters nie gemaklik is met die onderwerp wat bespreek word nie • Die dialoog is herkenbare, alledaagse taal (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 29 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE 6.1 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis van die karakters in die toneelstuk demonstreer. Ken volpunte toe vir TWEE korrekte antwoorde. Die karakters is: • Johan • Mnr. Smith (2) 6.2 Nasieners aanvaar antwoorde wat kennis en begrip van die funksie (werk) van die tegniese span vir hierdie produksie identifiseer. Ken volpunte toe vir TWEE korrekte antwoorde. Die volgende is 'n riglyn: Die tegniese vereistes kan die volgende insluit: • Beligtingsontwerp/opstel/werking • Klankontwerp/opstel/werking • Dekorstelontwerp/opstel/werking • Verhoogbestuurder/bestuur/delegeer (2) 6.3 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis, begrip en 'n ontleding van karakterisering demonstreer. Ken volpunte toe vir: • Twee stellings wat goed verduidelik is OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Thami: • In die afwesigheid van die Lodge-eienaars, is die bestuurder van Garnet Lodge • Soek geleenthede om te slaag hierin wat hy beoog het toe hy sy gesin verlaat het en Diamantkus toe gekom het, en dit is om geld te maak om 'n plaas te koop en sy gesin te onderhou • Kommunikeer met sy vrou deur briewe waarin hy nie eerlik is oor sy onwettige diamantkoop nie, met die doel om dit te verkoop om ryk te word. • Sien Johan nie as deel van sy toekomsplanne nie (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 30 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 6.4 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip en toepassing van die toneelteks demonstreer asook die komplekse verhoudings tussen die karakters en hoe hulle die intrige van die toneelstuk ontwikkel. Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Strukturele intrige/ontwikkeling: Openbaring: • Thami skryf 'n brief aan sy vrou dat hy ver van die huis is • Thami soek diamante in 'n gebruikte myn. Hy is 'n man met karige (min) vermoëns, met 'n missie om sy en sy gesin se lewe te verbeter. Hierdie gegewe omstandighede dryf sy motiewe en optrede en dit beïnvloed die intrige van die toneelstuk aangesien hy met Johan saamspan (saamsweer) om geld te kry om 'n diamantkonsessie te finansier Klimaks: • Thami se verhouding met Johan, wat in 'n desperate situasie is, verskaf die konflik wat nodig is om die toneelstuk tot sy klimaks te bou omdat sy standpunt van Johan verskil oor hoe om Smith te hanteer Handeling: • Thami tree op as 'n omstander van Johan se skelmstreke wanneer die geleentheid hom voordoen in die vorm van Mnr. Smith, 'n ryk reisiger, wat vir 'n nag by die gastehuis inboek en op dié manier 'n kontrapunt vir die handeling skep Konflik: • Thami se superieure posisie as bestuurder skep ook konflik met Johan. Johan wil die situasie met Smith manipuleer en beheer, alhoewel hy en Thami saam in 'n skema aangesluit het om 'n diamantmynkonsessie langs die nabygeleë rivier van die regering te koop Hoogtepunt-gevolgtrekking: • Thami word deur Johan oortuig dat Smith dalk bereid is om, vir 'n persentasie van die winste, die kapitaal te gee wat hulle nodig het om hulle konsessie te koop en hulleself toe te rus, en dat hulle hom daarom moet nader. Dit laat die intrige vorentoe beweeg na die klimaktiese hoogtepunt (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 31 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 6.5 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis, begrip en toepassing van fisieke en/of stemvermoë demonstreer van die akteur wat die karakter van Thami uitbeeld. Ken volpunte toe vir: • Drie stellings wat goed verduidelik is • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Fisieke voorbereiding: • Waarneming: Benader sy fisieke voorbereiding deur mense waar te neem wat in die werklike lewe soos sy karakter lyk. Hy kan die manier waarneem waarop hulle hul postuur/lyf hou, hulle arms swaai, loop, ens. • Improvisasie: Verken en eksperimenteer met verskillende fisieke liggaams- bewegingspatrone. Dit kan 'n manier wees om die geskikste liggaamlikheid te vind vir die karakter wat uitgebeeld word • Oefeninge: Ontspanning, postuur en diafragmatiese interkostale asemhaling sal die fisieke en emosionele vertolking ondersteun Stemvoorbereiding: • Gegewe omstandighede: Skep 'n biografie met die ontleding van gegewe omstandighede wat die toon en volume van sy stem kan beïnvloed • Vokale oefeninge: Gebruik sistemiese oefeninge vir asemhaling (diafragmatiese interkostale asemhaling) wat met die voorbereiding vir stemprojeksie, resonansie, toon, toonhoogte en tempo sal help • Aksent: Aksentwerk sal karakterisering verbeter. Noukeurige luister na diebesondere Oos-Kaapse streekstaal en aksent sal 'n outentieke stem- opvoering ondersteun (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 32 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 6.6 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis, begrip en toepassing demonstreer van die vaardighede en eienskappe wat vereis word van 'n akteur wat in 'n klein, hegte geselskap werk. Ken volpunte toe vir: • Drie stellings wat goed verduidelik is OF • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Werk in 'n klein, hegte geselskap: Opvoeringvaardighede: • Ontwikkel luistervaardighede, beide op en van die verhoog af. Dit versterk (bevorder) die natuurlike ritmes van spraak en stiltes binne die dialoog van die toneelstuk. Die akteur raak ook meer ontvanklik vir ander karakters op die verhoog • Maak emosionele kwesbaarheid moontlik, wat die sleutel is tot die skep van 'n geloofwaardige emosionele lewe op die verhoog • Maak uitdrukking van gedagtes en gevoelens meer outentiek, duidelik, openlik en eerlik as die karakter, moontlik omdat die akteur die karakter se gedagtes, gevoelens, doelwitte asook die subteks van die toneelstuk moet ontleed om die karakter se motiverings, doelwitte en superdoelwitte beter te verstaan • Vereis 'n outentieke, realistiese reaksie as akteur, om 'n geloofwaardige wêreld op die verhoog te skep Lewensvaardighede: • Bevorder spanwerk en leer die vaardigheid om 'n produktiewe spanspeler te wees • Ontwikkel die vermoë om kritiek goed te aanvaar en dit nie as 'n aanval op jouself te sien nie, maar as 'n manier van groei • Vereis die aanvaarding van ander mense se standpunt en bevorder daardeur verdraagsaamheid, kompromie, kreatiewe probleemoplossing en 'n vermoë om harmonieus saam te werk • Vereis kompromie en nederigheid. Elke persoon is gelyk en een persoon moenie die spanwerk oorneem of dikteer nie (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 33 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 6.7 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n duidelike begrip en ontleding van die toneelstuk en die relevansie vir 'n hedendaagse gehoor demonstreer. Ken volpunte toe vir: • Drie goed gemotiveerde stellings OF • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Almal moet Groundswell sien, want: Die temas is universeel en sluit die hantering van 'n onopgeloste verlede in: Persoonlike stryd: • Onder die oppervlak weerspieël die interaksies van die karakters dat daar gevoelens en ervarings (die storms van die verlede) is wat hulle nie sal toelaat om 'n ooreenkoms of vrede met mekaar of hulleself te vind nie. Ons kan almal hierdie sielkundige element van ons eie persoonlike stryd herken by die hantering van vorige ervarings wat die oorblyfsel van skuld, skaamte, spyt of berou kan laat Politiek: • Alhoewel die politiek en regering van die land vir meer as dertig jaar verander het, sien ons dat, wanneer sekere sensitiewe kwessies geopper word, ons vind dat ou verdeeldhede ontstellend naby die oppervlak is. Dit toon dat die toneelstuk 'n tydlose, universele kwaliteit het Tuishoort en identiteit: • Die drie mans se lewens is tydens die apartheidsera gevorm en gedefinieer • Die struikelblokke van om te behoort en identiteit is intern, emosioneel en psigologies. Johan is eensaam en so afgesonder soos die gastehuis.Thami is so ver van die huis af en Smith is ontkoppel van sy eie familie • Elke man probeer uitvind wie hy in die nuwe Suid-Afrika is en hoe hy daar inpas. Ons almal sukkel om ons plek in hierdie wêreld te vind; ons moet 'n gevoel hê van tuishoort. Dit is 'n fundamentele eienskap van die menslike toestand Beskuldigings en skuld: • Johan beskuldig mnr. Smith daarvan dat hy voordeel getrek het uit apartheid en van Johan se polisiëring van die townships • Johan beskuldig Smith ook daarvan dat hy sy skuld in hierdie sake ontken het en homself sodoende die geleentheid tot verlossing ontsê het • So doeltreffend word hierdie beskuldigings in die handeling van die toneelstuk ingeweef dat dit aanvanklik bloot lyk soos manipulasies wat daarop gemik is om mnr. Smith te laat afstand doen van sy geld • Dit is eers later in die drama, wanneer ons Johan se eie skuldlas ontdek, dat ons besef hoe ernstig hulle is Menslikheid • Die mensdom ervaar hierdie daaglikse stryd, manipulasies en laste, hetsy wetend of onwetend, en ons is dus in staat om onsself in die lewens van die karakters op die verhoog te sien Gehore hoef nie Groundswell te sien nie, want: • Die meeste mense het wegbeweeg van ou, argaïese oortuigings en tradisies wat mense voorheen gebind en onderdruk het • Apartheid is verby en mense is gefokus op die herbou van ons land as 'n verenigde nasie, ongeag ras of kulturele agtergrond Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 34 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne • Ons leef nou in 'n demokratiese samelewing, waar almal gelyk is en vryheid het • Dit is nie relevant vir ons tyd nie. Daar is meer geleenthede vir mense om te floreer • Die toneelstuk sal dalk net by 'n sekere groep mense aanklank vind (6) 6.8 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk toe te lig. Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip, ontleding en 'n toepassing van die genre van Realisme in die Teater demonstreer om te toon hoe dit bydra tot die 'lewende verhouding', om te wys hoe die wêreld van die toneelstuk Groundswell aan die gehoor oorgedra word. Die volgende is 'n riglyn: Groundswell skep 'n ware weerspieëling van die lewe in ons wêrelddeur: Die intrige (storielyn/plot): • Is realisties en volg 'n goedgemaakte toneelstukformaat, met 'n duidelike uiteensetting (begin), logiese oorsaak-tot-gevolg (middel), klimaks en oplossing (einde) tot gevolg. Die realistiese intrige word deur 'n reeks gesprekke en argumente gedryf, wat die uiteindelike waarheid van die situasie, die karakters en hulle standpunte openbaar • Word deur die dramatiese spanning gedryf en word gebou deur die konflikte sigbaar binne die karakters asook deur die geheime van die verlede. Die essensie van 'n realistiese drama is konflik wat die intrige dryf en die boog/deurlyn van spanning styf hou • Se openingsmomente van spel trek die gehoor in deur wat hulle sien en hoor. Ons betree die wêreld van die toneelstuk deur hierdie oomblikke Die dekorstel: • Weerspieël die omgewing aan die wilde Weskus van Suid- Afrika. Dit is simbolies van die onheilspellende storms van die lewe wat teruggehou word. Hierdie opset is die omgewing waarbinne die stel geskep word en beïnvloed dus die stemming van die toneelstuk • Ons as gehoor verbind ons dus op 'n diep sielkundige vlak met die wêreld van die toneelstuk • Is ʼn sit-eetkamer van 'n gastehuis in 'n klein diamantmyn- en vissersdorpie teen die Weskus en bied 'n toegespinde plek waar enigiets kan gebeur. Soos die intrige ontvou, volg en beweeg ons deur die handeling saam met die karakters en pas hulle geleefde ervarings op ons eie lewens toe, en leer daardeur en word verryk en getransformeer deur die belewing van die toneelstuk Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 35 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne • Die meubels is tipies van 'n gastehuis en gedetailleerde rekwisiete voltooi die realistiese visuele prentjie • Die stel is 'n afgeslote stel en ontwerp om op 'n prosceniumboog-verhoog te pas • Al die elemente van die toneelstuk versmelt om 'n wêreld op stel te skep wat die gehoor aanvaar, glo en waaruit die gehoor getransformeer word Die taal: • Die dialoog is normale, herkenbare alledaagse taal, tipies van Realisme in die Teater. Ons as gehoor kan die gesprekke en stiltes wat die inligting bevat, verstaan en daarby aansluiting vind • Die harde realisme van die taalgebruik trek ons in die wêreld op die verhoog in en ons staak ons ongeloof terwyl ons verbeelding betrokke raak by die geskepte lewe van die dramaturg, wat lewendig raak deur die akteurs (10) se verhoudings wat gekenmerk word deur hoe hulle met mekaar praat [40] VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET 7.1 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis van die karakters in die toneelstuk demonstreer. Ken volpunte toe vir TWEE korrekte antwoorde. Die karakters is: • Miem • Gertie • Meisie (2) 7.2 Nasieners aanvaar antwoorde wat kennis en begrip van die werk van die tegniese span vir hierdie produksie identifiseer. Ken volpunte toe vir TWEE korrekte antwoorde. Die volgende is 'n riglyn: Die tegniese vereistes kan die volgende insluit: • Beligtingsontwerp/-werking • Klank-ontwerp/-werking • Stel-ontwerp/-werking • Verhoogbestuurder/bestuur/delegeer (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 36 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 7.3 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis en begrip van die karakter van Konstabel demonstreer. Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings wat goed verduidelik is OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Konstabel: • Is 'n geheimsinnige karakter omdat ons nie seker is waar hy vandaan kom wanneer hy by die huis aankom nie • Is moontlik tussen die ouderdom van dertig en veertig • Is 'n leuenaar; bedrieer, manipuleerder al wat ons van hom weet, is leuens, bv. hy lieg, bedrieg en manipuleer dat hy op die plaas grootgeword het • Maak asof hy blind is. Hy gebruik 'n wit kierie om sy pad te vind • Vra baie vrae van Miem, Meisie en Gerty. Hierdie handeling ontwikkel die intrige • Is geheimsinnig, manipulerend en magies omdat hy die swak punte van die ander karakters ken • Word valslik gesien as 'n persoon wat mense sal beskerm omdat hy 'n polisieuniform dra • Is 'n Afrikaner. Hy ken die tradisies, bv. hoe om met Miem te praat om haar spesiaal te laat voel. • Is deel van die irrasionele, donker wêreld (4) 7.4 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis, begrip en ontleding van die toneelteks asook die karakter van Konstabel en sy rol in die ontwikkeling van die intrige van die toneelstuk demonstreer. Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings OF • Vier aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Konstabel se rol in die ontwikkeling van die storielyn/plot is dat: • Sy koms is die motoriese moment wat die intrige in werking stel. • Hy bring verandering en bied bevryding aan die vroue • Hy flankeer met Meisie en voer geheime gesprekke met haar. Hierdie handeling bring emosionele reaksies van Meisie na vore wat uiteindelik tot die klimaks en ontknoping van die toneelstuk lei • Sy transformasie van polisieman na Pierrot, deur sy baadjie verkeerdom aan te trek, is die openbaringsoomblik wat die standpunte en reaksies van ander karakters verander en die daaropvolgende (gevolglike) handeling van die toneelstuk beïnvloed • Sy manipulerende karakter oortuig Meisie om by die agterdeur uit te dans Hulle word nooit weer gesien nie; hy speel dus 'n sleutelrol in die skepping van die hoogtepunt aan die einde van die toneelstuk (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 37 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 7.5 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis, begrip en toepassing van fisieke en/of stemvoorbereiding van die akteur wat die karakter van Konstabel uitbeeld, demonstreer. Ken volpunte toe vir: • Drie goed gemotiveerde stellings OF • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Die akteur wat Konstabel speel, kan sy karakter doeltreffend uitbeeld deur: Fisieke voorbereiding: • Besoek 'n inrigting vir blindes om vertroud te raak met die manier waarop blinde mense mag loop en beweeg • Besoek 'n polisiestasie om die moontlike maniere en gedrag van polisiebeamptes waar te neem Postuur: • Ontwikkel sy postuur om 'n regop liggaam te hê om die imposante en manipulerende kwaliteit van sy rol te speel Buigsaamheid: • Ontwikkel sy buigsaamheid en behendigheid (vinnigheid) om baie vinnig in Pierrot te kan transformeer/verander Stemvoorbereiding: Oefeninge: • Doen stemoefeninge om resonansie te ontwikkel vir die toon van sy stem om die verskillende maniere waarop hy die vroue manipuleer, te kan uitdruk (toon), bv. sy charisma • Oefen diafragmatiese interkostale asemhaling om toepaslike projeksie in spraak en stembeheer te verkry Volume en toonhoogte: • Ontwikkel volume en toonhoogte om die eienskappe uit te beeld wat vereis (6) word vir 'n gesaghebbende stem wanneer hy die polisieman speel Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 38 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 7.6 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat kennis, begrip en toepassing demonstreer van die vaardighede en eienskappe wat vereis word van 'n akteur wat in 'n klein, hegte geselskap werk. Ken volpunte toe vir: • Drie stellings wat goed verduidelik is OF • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Werk in 'n klein, hegte geselskap: Opvoeringvaardighede: • Ontwikkel luistervaardighede, beide op en van die verhoog af. Dit versterk die natuurlike ritmes van spraak en stiltes binne die dialoog van die toneelstuk. Die akteur raak ook meer ontvanklik vir ander karakters op die verhoog • Maak emosionele kwesbaarheid moontlik, wat die sleutel is tot die skep van 'n geloofwaardige emosionele lewe op die verhoog • Maak uitdrukking van gedagtes en gevoelens meer outentiek, duidelik, openlik en eerlik as die karakter, moontlik omdat die akteur die karakter se gedagtes, gevoelens, doelwitte asook die subteks van die toneelstuk moet ontleed om die karakter se motiverings, doelwitte en superdoelwitte beter te verstaan • Vereis 'n outentieke, realistiese reaksie as akteur, om 'n geloofwaardige wêreld op die verhoog te skep Lewensvaardighede: • Bevorder spanwerk en leer die vaardigheid om 'n produktiewe spanspeler te wees • Ontwikkel die vermoë om kritiek te aanvaar en dit konstruktief te ontvang en dit nie as 'n aanval op jouself te sien nie, maar as 'n manier van groei • Vereis die aanvaarding van ander mense se standpunt en bevorder daardeur verdraagsaamheid, kompromie, kreatiewe probleemoplossing en 'n vermoë om harmonieus te werk • Vereis kompromie en nederigheid. Elke persoon is gelyk en een persoon moenie die spanwerk oorneem of dikteer nie (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 39 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 7.7 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n duidelike begrip en ontleding van die toneelstuk toon en hoe dit universele aantrekkingskrag het. Ken volpunte toe vir: • Drie goed gemotiveerde stellings OF • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Gehore moet Mis sien, want die temas in universeel en sluit in: Bevryding: • Die gehoor het empatie met die lot (benarde situasie/stryd) van die karakters en wens dat hulle van die isolasie en beperking van hulle situasie bevry moet word • Drome van bevryding van hulle eie probleme kan in die gehoor se gedagtes wees • Die gehoor kan dalk sien dat dit moontlik is om van reëls en regulasies bevry te word • Konstabel bied moontlike vryheid en bevryding aan die vroue van hulle persoonlike onderdrukkende omstandighede. Die behoefte aan vryheid en bevryding van onderdrukkende omstandighede is 'n universele kwessie en een waarby die gehoor kan aansluiting vind. Misdaad: • Daar is gevaar buite die huis. Dit is 'n scenario wat aan die gehoor bekend is omdat ons land hoë misdaadvlakke het. • Mense se verdwyning is 'n gebeurtenis wat vandag dikwels in ons samelewing gebeur Calvinisme: • Baie Afrikanermense word dalk nog onderdruk deur streng dogmatiese godsdienstige Calvinistiese reëls en gedagtes. Hierdie individue kan vryheid vind van hierdie onderdrukkende toestand van bestaan, aangesien die toneelstuk 'n katarsiese ervaring vir die gehoor kan wees • Calvinistiese Afrikaners glo dat hulle onder streng emosionele en fisiese beperkings moet leef. Die gehoor sal dalk sien dat hierdie mense 'n alternatiewe manier van lewe sal vind. 'n Lewe van geleenthede en vreugde • Streng dogmatiese Calvinisme het 'n vrees ingeboesem vir die nuwe, die vreemde en enigiets anders as wat bekend is en deur Calvinisme ingeboesem is. Die gehoor sal dalk sien dat onderdrukte Afrikaners nuwe maniere van dink, voel en leef sal vind Gehore hoef nie Mis te sien nie, want: • Die meeste mense het wegbeweeg van ou, argaïese oortuigings en tradisies wat mense voorheen gebind en onderdruk gehou het • Vroue is meer geleerd en bewus van seksuele roofdiere in die samelewing en hulle is nie so goedgelowig soos die vroue in die toneelstuk nie • Tieners vandag vind dalk nie maklik met Meisie, wat baie onderdanig en gehoorsaam is, aansluiting nie. Tieners vandag is meer bewus van die gevare wat in die samelewing heers en is meer opstandig • Die toneelstuk mag dalk net by 'n sekere groep mense met streng Afrikaner Calvinistiese oortuigings byval vind (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 40 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 7.8 Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk toe te lig. Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip, ontleding en 'n toepassing van die genre van Realisme in die Teater demonstreer. Antwoorde moet illustreer hoe hierdie genre tot die 'lewende verhoudings' van die karakters bydra en toon hoe die wêreld van die toneelstuk Mis aan die gehoor oorgedra word. Merkers aanvaar antwoorde wat Magiese Realisme in die Teater bevat. Die volgende is 'n riglyn: Mis skep 'n ware weerspieëling van die lewe in ons wêreld deur: Die intrige (Storielyn/plot): • Is realisties en volg 'n goedgemaakte speelformaat, met 'n duidelike uiteensetting (begin), logiese oorsaak-tot-gevolg (middel), klimaks en oplossing (einde). Die realistiese intrige word gedryf deur 'n reeks gesprekke en argumente wat die uiteindelike waarheid van die situasie, die karakters en hulle standpunte openbaar • Word gedryf deur die dramatiese spanning en word gebou deur die konflikte wat binne die karakters teenwoordig is. Die essensie van 'n realistiese drama is konflik. Dit is die stimulus wat die intrige dryf en die spanningsboog/deurlopende spanningslyn hou • Die openingsmomente van die toneelstuk trek die gehoor in deur wat hulle sien en hoor. Ons betree die wêreld van die toneelstuk deur hierdie momente Die dekorstel: • Is 'n afgeslote stel en ontwerp om op 'n prosceniumboog-verhoog te pas • Is 'n realistiese uitbeelding van die afgeleë plaashuis • Die meubels is tipies van 'n plaashuis van hierdie era en gedetailleerde rekwisiete voltooi die realistiese visuele prentjie • Is ontwerp om in 'n prosceniumboog-verhoog te pas • Die onheilspellende/somber teenwoordigheid van Gabriël word opgestel deur die valdeur in die plafon, 'n belangrike element van die stel en betekenis van die toneelstuk Die taal: • Die dialoog is herkenbaar; alledaagse taal tipies van Realisme in dieTeater. • Die gebruik van pouses, wat spanning aandui, sê vir die gehoor daar is konflik en dat die karakters nie gemaklik is met die onderwerp wat bespreek word nie • Ons as gehoor kan die gesprekke en stiltes wat die inligting bevat verstaan en daarby aansluiting vind en dit trek ons in die wêreld op die verhoog in, en ons skort ons ongeloof op namate ons verbeelding betrokke raak by die geskepte lewe van die dramaturg, wat lewendig word deur die akteurs se gesprekke wat hulle verhoudings kenmerk (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 41 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE BEGRIPPE, INHOUD ENVAARDIGHEDE VRAAG 8 8.1 Nasieners aanvaar ander relevante antwoorde wat kennis demonstreer van die teaterstyle, praktisyns en toneelstukke wat geskryf is. Die volgende is 'n riglyn: 8.1.1 Hendrick Ibsen/A Doll's House (2) 8.1.2 Jerzy Grotowski/Dr Faustus (2) 8.1.3 Mbongeni Ngema/Woza Albert! (2) 8.1.4 Thami Mbongo/Winterveld Squatter Camp Project (2) 8.1.5 Pieter Dirk Uys/Skating on Thin Uys (2) 8.2 Verwys na BYLAE A en die aantekeninge hieronder om jou nasienwerk toe te lig. Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat 'n vermoë weerspieël om kennis oor enige aspek van die teaterstyl aan te teken. Hierdie antwoord kan enige manier gebruik om aantekeninge te maak, bv. puntvorm-aantekeninge, paragrawe, spinnekopdiagram. Ken volpunte toe vir: • Tien gedagtes/idees/feite OF • Vyf goeie gemotiveerde punte Die volgende is 'n riglyn: Realisme in die Teater: • Ontstaan in reaksie op 'n veranderende samelewing in die middel 1800's • Het psigologiese en fisieke probleme in die samelewing weerspieël • Was anders as melodrama, klug en romantiese dramas • Het 'n spieël na die werklikheid ('slice of life') op die verhoog weerspieël • Het toneelstukke met 'n 'goed gemaakte' struktuur met elke toneelstuk ingesluit, wat 'n duidelike uiteensetting van die situasie gehad het, sorgvuldige voorbereiding van toekomstige gebeure, onverwagse maar logiese ommekeer in die karakters se omstandighede as 'n noodsaaklike deel van die dramatiese struktuur, 'n verpligte toneel waarin die goeie beloon en die slegte gestraf is, en 'n logiese gevolgtrekking en oplossing • Het 'n prosceniumboog-verhoog of prentraam gebruik, wat as omringing vir die verhoog gebly het. Dit omraam die handeling wat die gehoor wat in die donker gesit het, deur die onsigbare vierde muur gesien het • Het huisligte en goed beligte verhoogtonele gebruik wat 'n illusie geskep het dat die verhoog 'n aparte werklikheid is, voyeuristies deur die gehoor afgeloer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 42 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne • Het stelle wat driedimensioneel was, gebruik. Baie aandag is gegee aan stelkleding om 'n realistiese omgewing te skep waarin die akteur sy rol kon 'leef'. Stelle is met behulp van drie mure van die herskepte kamer geskep. • Het gehore toegelaat om te voel asof hulle die werklike lewe deur die denkbeeldige vierde muur waarneem sonder dat die karakters op die verhoog daarvan geweet het Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 43 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne Arm/Gestroopte Teater: • Is 'n teatervorm wat deur Jerzy Grotowski, 'n Poolse teaterskepper, geskep en ontwikkel is. Hy het geglo dat as teater nie teen films of 'Ryk Teater' kan meeding nie, dan moet dit 'Arm/Gestroop' raak. Dit word gedoen deur die uitskakeling van alle onnodige teater-elemente • Die akteurs 'offer' hulleself op aan die voorbereiding en opvoering van 'n Arm/Gestroopte-toneelstuk (Heilige Akteur) • Intensiewe en soms uitmergelende (pynlike) voorbereiding (bv. om nie te eet nie/naak uit te trek/fisieke pyn te ervaar, uiterste oefeninge en intense dissipline) kan 'n integrale deel van die voorbereiding vir 'n opvoering wees • Die intimiteit van die akteur-gehoor moedig die gehoor aan om by introspeksie betrokke te raak • Arm/Gestroopte Teater is daarop ingestel/gefokus om die verdeling tussen die akteur en die gehoor uit te skakel/te vernou, selfs om die verhoog uit te skakel, bv. In Dr Faustus, deur Christopher Marlowe, sit die gehoor by die tafel waar Faustus sy laaste maaltyd eet • Arm/Gestroopte teater mag verwys na teater wat deur arm mense/gemeenskappe/geselskappe geskep en opgevoer word Protesteater: • Een van die invloedrykste teatervorme het tydens apartheid ontwikkel, wat daarop gemik was om teen apartheid te betoog • Gedurende die 1960's het Suid-Afrika 'n Republiek geword en sanksies het die ontwikkeling van plaaslike drama en teater tot gevolg gehad, wat op grondvlak geskep is, aangesien die Rade vir Uitvoerende Kunste rassisties van aard was en vir 'Slegs Blankes' was • Die 1970's het die ontwikkeling van Alternatiewe Teater-lokale gesien, waar veelrassige opvoerings plaasgevind het. Dit was egter onwettig. Die Space Theatre, Markteater en ander is gestig en het Protesteater-toneelstukke gehuisves • Praktisyns soos Athol Fugard, Maishe Maponya, Pieter-Dirk Uys, Junction Avenue Theatre Company en ander het in hierdie tyd gefloreer • Gedurende die 1980's het Protesteater 'n belangrike rol gespeel in ’n nie- gewelddadige beweging vir sosio-politieke verandering. Toneelstukke soos Woza Albert! is deur die werkswinkelproses geskep • Protesteater het gehore in Suid-Afrika en in die buiteland opgevoed en gemobiliseer en Protesteater se rol as ’n sosio-politieke veranderingsagent is erken Gemeenskapsteater: • Is teater vir die gemeenskap deur die gemeenskap • Is die produk van 'n kollektiewe kreatiewe herskepping van 'n gemeenskap se lewe op die verhoog • Mobiliseer gemeenskappe om deel te neem aan wat dikwels selfbemagtigingsprojekte is • Moedig dialoog en kommunikasie aan oor kwessies wat gemeenskappe raak, bv. MIV/Vigs, GGG ('GBV'), misdaad • Bemagtig, sensitiseer en maak die gemeenskap bewus oor verskeie onderwerpe, bv. onderwys, swak bywoning van skole, dwelm- en alkoholmisbruik • Word vir die doel van debat, bespreking en konflikoplossing gebruik • Bou 'n verhouding met gemeenskapslede en motiveer hulle om deel te neem en te help om gemeenskapsgees en eenheid te help skep Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 44 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne • Organiseer opvoering as 'n manier om gemeenskappe bymekaar te bring en saam te besluit oor oplossings en handelinge • Verken belangrike kwessies deur die gebruik van drama, dans, mimiek en liedjies om gemeenskappe te help om oplossings te vind vir die kwessies wat hulle in die gesig staar • Verskaf inkomste-generering, werk en/of betekenisvolle ontspannings- aktiwiteite • Kan in gemeenskapsale, kerke, skole, op straat, markpleine en taxi- staanplekke opgevoer word • Voorbeelde: Winterveld Plakkerskampprojek, Kode Kobenini ma, Ilembe, Orange farm community etc. Satire/Satiriese Revue: • Is 'n belangrike en gewilde manier om teen die regering te betoog en is as sodanig 'n kragtige instrument in Suid-Afrikaanse Teater • Het geen intrige of deurlopende lyn nie, maar die opvoering bestaan eerder uit 'n reeks sketse of spotstukke wat verband hou met die persoon van die kunstenaar, die onderwerp gedek word, óf die toon van die aanbieding • Verken onderwerp wat aktueel is en dek meestal politiek, seksuele verhoudings, slegte maniere en persoonlike absurditeit of onnoselheid • Ontbloot die tekortkominge en gebreke van mense op 'n amusante manier en alhoewel die inhoud daarvan dikwels die hardste realiteite van die menslike bestaan is, is dit bedoel om ons te laat lag of glimlag • Sluit die werk van Pieter-Dirk Uys, Maynard Peters, Mark Banks, Casper de Vries, Marc Lottering en Soli Philander, ens. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 45 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne VRAAG 9 9.1 Nasieners aanvaar relevante antwoorde wat die kandidaat se kennis en begrip van fisieke teater weerspieël. Ken volpunte toe vir: • Een goed gemotiveerde stelling OF • Twee aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Fisieke Teater: • Is 'n teatervorm waarin stories hoofsaaklik deur die gebruik van die kunstenaar se liggaam vertel word • Mimiek, ekspressiewe (uitdrukkingsvol) beweging, dans en drama kan (2) deel vorm van 'n fisieke teateropvoering 9.2 Nasieners aanvaar goed gemotiveerde en kreatiewe antwoorde wat kennis en begrip demonstreer van die fisiese taal wat in PRENT A en PRENT B uitgebeeld word. Ken volpunte toe vir: • Twee goed gemotiveerde stellings Die volgende is 'n riglyn: Prent A: • 'n Geskikte titel vir die opvoering kan Caught in the Act wees omdat die kunstenaar vasgebind word deur toue wat vasgehou word deur ander wat die mense kan verteenwoordig wat iemand 'op heterdaad' betrap het Prent B: • 'n Geskikte titel vir die opvoering kan The Web wees omdat dit lyk asof die kunstenaars in 'n webagtige steier-/stellasiestruktuur vasgevang is (4) 9.3 Nasieners aanvaar goed gemotiveerde antwoorde wat 'n vermoë demonstreer om die eienskappe/vaardighede wat van kunstenaars vereis mag word, te evalueer. Ken volpunte toe vir: • Drie goed gemotiveerde stellings OF • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Die vereiste eienskappe/vaardighede kan wees: • Vertrou: Kunstenaars sal dalk op mekaar moet staatmaak om fisies opgelig te word, te balanseer, fisieke groepwerk te doen • Krag: Kunstenaars moet in staat wees om swaar hysings en lang-/ hoogspronge te doen • Stamina: Kunstenaars sal dalk lang repetisies en fisies uitdagende opvoerings moet doen • Buigsaamheid: Kunstenaars moet subtiel wees en hulle liggaamsdele en liggaam in uiterste fisiese posisies en bewegings gebruik om doeltreffend te kommunikeer en om die fisiese instrument optimaal te gebruik Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 46 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne • Kreatiwiteit in uitdrukking: Gehore vereis variasie, innovasie en verrassing om hulle aandag te hou. Kunstenaars moet eksperimenteer en kreatiewe maniere van opvoering toepas • Musikaliteit: Fisiese uitdrukking maak staat op ritme, tempo, pouse en stres. Die musiek van die fisiese liggaam en uitvoering moet geïnterpreteer en uitgevoer word • Vermoë om in groepe/met ander te werk om 'n harmonieuse groepvertoning te kan skep • 'n Begrip van nieverbale kommunikasie om fisiese ekspressiwiteit (uitdrukking) te maksimeer (6) 9.4 Nasieners aanvaar antwoorde wat kennis en begrip van die funksionaliteit, doeltreffendheid en geskiktheid van kostuums vir 'n Fisieke Teater-opvoering demonstreer. Ken volpunte toe vir • Een goed gemotiveerde stelling OF • Twee aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Kostuums kan geskik wees, want: • Hulle is gemaklik en maak voorsiening vir vryheid van fisiese beweging • Hulle kan 'n idee gee van karakter of stemming van die opvoering aangesien kleur, tekstuur en styl van die kostuum tot die tema/boodskap van die opvoering sou bydra (2) 9.5 Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis, begrip, evaluering, ontleding en sintese van idees demonstreer. Ken volpunte toe vir: • Drie goed gemotiveerde stellings OF • Ses aparte gedagtes/idees Die volgende is 'n riglyn: Beweging en Fisieke Teater behoort deel te vorm van die Dramatiese Kunste-kurrikulum, want dit: • Ontwikkel en verfyn fisiese vaardighede en stel leerders in staat omhulself deur hulle liggame uit te druk omdat die hele liggaam gebruik kan word om 'n storie te vertel • Help leerders om die ruimte in verhouding tot ander liggame, die ruimte rondom die liggaam en die ruimte tussen die kunstenaar en die gehoor kreatief te gebruik • Ontwikkel fisiese interpretasie en/of karakterisering • Help leerders om nieverbale kommunikasievaardighede toe te pas en te verstaan • Help met die ontwikkeling van groepdinamika en ensemblewerk • Ontwikkel/bevorder leerders se tydsberekening, ritme, musikaliteit, ekspressiwiteit en kreatiwiteit • Verskerp fokus, konsentrasie, fisiese koördinasie en asembeheer Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 47 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne Beweging en Fisieke Teater behoort nie by die Dramatiese Kunste- kurrikulum ingesluit te word nie, want: • Dit is tydrowend met al die ander inhoud wat onderrig moet word • Daar is te veel werk om in die matriekjaar te voltooi • Nie alle opvoeders is bewegingspesialiste nie of het bewegingsvaardighede nie • Leerders mag te selfbewus en baie mag ongemaklik voel in hulle liggame • Leerders beskerm hulle eie, persoonlike ruimte en voel ongemaklik om so nou saam met ander te werk (self-bewus) • Klaskamer ruimte mag beperk wees en leerder getalle mag veel wees • Sommige leerders wil dalk nie aan beweging- en fisieke teaterklasse deelneem nie as gevolg van die vrees vir ander wat hulle laat skaam voel oor hulle liggame/lywe (6) [20] TOTAAL AFDELING D: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou
Dramatiese Kunste DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne BYLAE A: RUBRIEK VIR VRAAG 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8 en 9: 10 PUNTE Nasieners moet opgelei word oor hoe om al ses die kognitiewe vlakke asook die vier denkprosesse te gebruik en toe te pas om die kandidaat se prestasie te meet. BESKRYWER PUNT DIE KANDIDAAT TOON 'N VERMOË OM Uitstaande • Kognitiewe vlakke en denkproses: Verander, lewer opnuut 'n uitstaande vlak met denke op 'n metakognitiewe vlak Metakognitiewe • Die antwoord: Denke 9–10 Skep, kontekstualiseer en gee 'n antwoord op 'n oorspronklike oor wyse en op 'n uitstaande vlak Kennis • Voorbeelde: Verskaf en evalueer 'n uitgebreide reeks insiggewende teoretiese Skep en estetiese voorbeelde Verdienstelik • Kognitiewe vlakke en denkproses: Evalueer en kom tot gevolgtrekking op verdienstelike vlak met Proseduriële- denke op 'n prosedurevlak Denke • Die antwoord: oor 7–8 Ondersoek, kontekstualiseer en gee 'n interessante antwoord op Kennis 'n oorspronklike manier op 'n verdienstelike vlak • Voorbeelde: Evalueer Verskaf analise van 'n wye reeks insiggewend gekose teoretiese en estetiese voorbeelde Gemiddeld • Kognitiewe vlakke en denkproses: Doen navraag, kontrasteer op gemiddelde vlak met denke op 'n Konseptuele konseptuele vlak Denke • Die antwoord: 5–6 oor Ondersoek, kontekstualiseer en gee 'n antwoord op 'n gemiddelde Kennis vlak • Voorbeelde: Analiseer Verskaf en ondersoek voorbeelde Elementêr • Kognitiewe vlakke en denkproses: Identifiseer, organiseer en interpreteer op 'n elementêre vlak met Feitelike denke op 'n feitelike vlak Denke • Die antwoord: 3–4 oor Verstaan en gee 'n reguit en voorspelbare antwoord op 'n Kennis elementêre vlak • Voorbeelde: Toepas Verskaf 'n paar voorbeelde Behaal • Kognitiewe vlakke en denkproses: Identifiseer en noem op 'n basiese vlak met basiese denke op 'n Feitelike feitelike vlak Denke • Die antwoord: oor 1–2 Verstaan en verskaf 'n antwoord met 'n paar reguit basiese feite Kennis • Voorbeelde: Verskaf verkeerde voorbeelde of geen voorbeelde Verstaan/Begrip Nie behaal nie • Kognitiewe vlakke en denkproses: Geen identifikasie of noem nie en sonder denke Feitelike • Die antwoord: Denke Geen begrip van die vraag en verskaf feite wat nie met die vraag 0 oor verband hou nie Kennis • Voorbeelde: Verskaf geen voorbeelde nie Onthou Kopiereg voorbehou
Dramatiese Kunste DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne BYLAE B: BLOOM SE TAKSONOMIE Klassifiseringstelsel om verskillende vlakke van mensekennis te definieer en te onderskei Nasieners moet opgelei word oor hoe om al ses die kognitiewe vlakke asook die vier denkvlakke te gebruik en toe te pas om kandidate se prestasie te meet. DIE DIE KOGNITIEWEPROSES-DIMENSIE: 6 KOGNITIEWE VLAKKE KENNIS- Onthou Verstaan Toepassing Ontleding Evaluering Skep DIMENSIE Feitelik Noem Opsom Reageer Kies Gaan na vir Ontwikkel 4 DENK- Konseptueel Herken Klassifiseer Verskaf Onderskei Bepaal Stel saam PROSES- Prosedure Herroep Verklaar Uitvoer Integreer Beoordeel Ontwerp VLAKKE Metakognitiewe Identifiseer Voorspel Gebruik Dekonstrueer Besin Skep 1. Onthou Herwin gememoriseerde inligting, kennis, feite, definisies, lyste, konvensies, neigings, reekse, klassifikasies, kategorieë, kriteria, metodologie en maniere/wyses om met spesifisiteite van die universele, abstraksiebeginsels, veralgemenings, teorieë en struktuur te hanteer Noem Spesifiseer (tyd of plek) as iets gewens, voorgestel of op besluit word Om te identifiseer, spesifiseer of by naam noem Identifiseer Om 'n probleem, behoefte, feit, ens. te herken en te toon wat dit is en dat dit bestaan Om te bewys wie of wat iemand of iets is Kies Kies noukeurig, bepaal of besluit dat dit die beste of geskikste is 2. Verstaan Konstrueer betekenis uit verskillende tipes kennis, organiseer, vergelyk, vertaal, interpreteer en haal uit Verduidelik Maak iets duidelik, maklik om te verstaan deur dit in meer besonderhede te beskryf of om relevante feite of inligting daaroor te onthul. Gee 'n rede om te regverdig of te verontskuldig ('n aksie of gebeurtenis) Beskryf Om 'n gedetailleerde beskrywing van iets te gee, te vertel, te beskryf, uit te druk Motiveer Gee 'n rede, bied feite en argumente aan om iets te ondersteun, noem iets 3. Toepassing Om 'n prosedure uit te voer, te implementeer of te gebruik om 'n probleem in 'n nuwe situasie op te los of te ontwikkel deur toepassing van verworwe kennis, feite, reëls, tegnieke Voorstel Lei tot, argumenteer, toon, wys, dui aan dat (iets) bestaan of die geval is Vir oorweging voorstel Om 'n idee, moontlike plan of aksie aan ander mense te noem vir oorweging Om 'n idee uit te dink/voort te bring 4. Ontleding Breek inligting in dele op. Bepaal hoe die dele verwant is deur identifisering, onderskeiding of organisering van elemente, verhoudings, beginsels, motiewe, doelwitte of oorsake. Maak afleidings/gevolgtrekkings en vind bewyse om veralgemenings te ondersteun. Reageer/Antwoord Antwoord/Reageer in woorde Bespreek Skryf oor ('n onderwerp) in besonderhede, neem verskillende kwessies of idees of menings/opinies wat daarmee verband hou, in ag of oorweeg dit Skryf Skryf, stel saam, produseer Ontleed Ondersoek iets metodies en in besonderhede, tipies om te ontdek, te verduidelik en te interpreteer Oorweeg Dink aandagtig oor iets, tipies voordat 'n besluit geneem word of 'n oordeel/keuse gemaak word 5. Evaluering Om opinies/menings aan te bied en te verdedig deur oordele oor inligting, geldigheid van idees, of gehalte van werk te maak gebaseer op 'n stel kriteria en standaarde met behulp van kontrolering/nagaan en kritiek Evalueer Om die betekenis/belangrikheid, waarde, doel of toestand van iets deur noukeurige waardebepaling en studie te bepaal, te beoordeel, ten einde te verstaan/begryp, te interpreteer of te lei 6. Skep Gebruik kreatiewe individuele insig en gedagtes om inligting te herorganiseer en saam te stel deur die ontwikkeling, beplanning en skep van 'n nuwe patroon, produk of struktuur Skep Ontwikkel uit eie denke of verbeelding, as 'n kunswerk, 'n uitvinding of iets nuuts Gee aanleiding tot ontstaan/oorsprong Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Dramatic Arts

View all