You're offline
Skip to content
Question paper

Dramatic Arts May June 2024 Afr

Subject: Dramatic ArtsGrade 12202417 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN DRAMATIESE KUNSTE MEI/JUNIE 2024 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye. Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 2 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A: 20ste-eeuse Europese Teaterbewegings (30) AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994 (40) AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994–Kontemporêr (40) AFDELING D: Teatergeskiedenis, Praktiese Begrippe, Inhoud en Vaardighede (40) 2. AFDELING A VRAAG 1 is VERPLIGTEND. Verwys na EEN van die toneeltekste hieronder wat jy bestudeer het en die betrokke 20ste-eeuse Europese Teaterbeweging. EPIESE TEATER  Caucasian Chalk Circle Bertolt Brecht  Kaukasiese Krytsirkel Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks  Mother Courage Bertolt Brecht  Moeder Courage Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks  The Good Person of Szechwan Bertolt Brecht  Kanna Hy Kô Hystoe Adam Small OF TEATER VAN DIE ABSURDE  Waiting for Godot Samuel Beckett  Afspraak met Godot Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks  Bagasie André P Brink  The Bald Primadonna Eugene Ionesco  Die Kaalkop Primadonna Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks OF POSTMODERNE TEATER  Skrapnel Willem Anker  Top Girls Carol Churchill  Popcorn Ben Elton  Buried Child Sam Shepard 3. AFDELING B Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 2: Woza Albert! Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en Barney Simon OF VRAAG 3: Sophiatown Junction Avenue Theatre Company OF VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis 4. AFDELING C Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani OF VRAAG 6: Groundswell Ian Bruce OF VRAAG 7: Mis Reza de Wet 5. AFDELING D Hierdie afdeling is VERPLIGTEND. Beantwoord VRAAG 8 en 9. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 3 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik AFDELING A: 20ste-EEUSE EUROPESE TEATERBEWEGINGS Hierdie vraag is VERPLIGTEND. VRAAG 1 Verwys na BRON A hieronder en beantwoord die vraag wat volg. BRON A Die dekorstel en verhoog- plasing vertel my iets … WAT BETEKEN DIE TONEELSTUK?? Belangrike Kyk na wat boodskappe … Die op die maar wat is dit?! karakters! verhoog gebeur! Waaroor gaan Hierdie toneelstuk het 'n invloed op die storie? my gehad!! Ek dink hierdie toneelstuk het ons almal beïnvloed … Die betekenis van 'n toneelstuk word oorgedra deur wat jy op die verhoog sien en hoor. Die karakters, die handeling, die opvoering en die storie praat met ons en dit het 'n invloed op ons lewens buite die teater. Dink na oor BRON A. Bespreek, in 'n opstel, hoe jy die betekenis ontdek het van die toneelteks en die 20ste-eeuse Teaterbeweging wat jy hierdie jaar bestudeer het. Bespreek die invloed wat dit op jou en jou lewe gehad het. Skryf die titel van die toneelteks en die 20ste-eeuse Teaterbeweging (Teater van die Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater) wat jy bestudeer het, aan die begin van jou opstel neer. TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 4 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994 Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN BARNEY SIMON Bestudeer BRON B en BRON C hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON B: DIE DEKORSTEL VAN WOZA ALBERT! [Bron: Gramho.com] BRON C: 'N UITTREKSEL UIT 'N RESENSIE VAN WOZA ALBERT! Woza Albert! bly een van die sprankelendste, mees energieke en opwindende voorbeelde van satire as anti-apartheid Suid-Afrikaanse Teater. Dit toon innovering en kreatiwiteit in die opvoering en vertolking van die toneelstuk en is in 'n betekenisvolle teatertydperk in hierdie land gemaak, waarin teater gebruik is om teen apartheid te betoog. 5 Die gehoor sien hoe die amper leë dekorstel verlewendig word met die transformasie na verskillende tonele en plekke. Woza Albert! is vandag steeds 'n relevante storie en is 'n voorgeskrewe werk vir Dramatiese Kunste. Die toneelstuk beeld soveel waarheid oor apartheid-Suid-Afrika uit. 10 Geen onder 14's nie. [Aangepas uit https://www.joburgtheatre.com/] 2024 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 5 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 2.1 Gee 'n definisie van satire (reël 2). (2) 2.2 Identifiseer EEN voorbeeld van satire in die toneelstuk. (2) 2.3 Verduidelik hoe die voorbeeld van satire wat in VRAAG 2.2 geïdentifiseer is, as snaaks beskou kan word. (4) 2.4 Regverdig die ouderdomsbeperking wat in die bron (reël 11) verskaf word. (2) 2.5 Analiseer hoe die 'amper leë dekorstel verlewendig word met die transformasie na verskillende tonele en plekke' (reëls 6–7). (6) 2.6 Motiveer waarom Woza Albert! 'n relevante keuse as 'n voorgeskrewe werk vir Dramatiese Kunste is. (2) 2.7 Stel voor hoe Woza Albert! innovering en kreatiwiteit (reël 2–3) in die maak en opvoering van die toneelstuk toon. (6) 2.8 Bespreek hoe die 'waarheid oor apartheid-Suid-Afrika' in Woza Albert! uitgebeeld word. (6) 2.9 Evalueer hoe 'teater gebruik is om teen apartheid te betoog' (reël 4–5) vanaf 1960 tot 1994 en waarom Woza Albert! 'vandag steeds 'n relevante storie' is (reël 8). Sluit inligting in oor:  Die politieke konteks/geskiedenis  Die doelwitte van Protesteater (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 6 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR DIE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY Bestudeer BRON D en E hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON D: DIE DEKORSTEL VAN SOPHIATOWN [Bron: www.thedailyvox.co.za] BRON E: 'N UITTREKSEL UIT 'N RESENSIE VAN SOPHIATOWN Die toneelstuk Sophiatown fokus op die lewe van 'n Sophiatown-huishouding. Mingus, altyd in spoggerige Amerikaanse klere geklee – elegante Stetson-hoed, onberispelike pak klere en blink, swart skoene – is 'n bendelid, en tog lyk hy nie anders as Jakes nie, 'n verslaggewer wat 'n agterkamer huur. 'n Jong, buitengewone vrou, Ruth, word by hierdie huishouding gevoeg, en sy is gretig om die deure na 'n samelewing wat 5 agterdogtig oor haar teenwoordigheid is, oop te maak. Verdraagsaamheid en begrip ontwikkel; dit word egter uitmekaar geskeur wanneer die polisie en stootskrapers deur Sophiatown skeur. Die inwoners is met geweld deur die apartheidsregering uit hulle huise na afgeleë plekke verwyder, soos Meadowlands, en dit het die verhoudings wat in die huishouding bestaan het, permanent beëindig. 10 Sophiatown neem die gehoor terug na die lewendige kultuur van die township en gebruik die musiek, sang en dans van die tyd om die storie te vertel. – S Ndaba Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 7 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 3.1 Identifiseer die verhoogtipe wat in BRON D gebruik is. (2) 3.2 Bespreek die 'lewe van 'n Sophiatown-huishouding' wat in die toneelstuk uitgebeeld word (reël 1). (4) 3.3 Verduidelik hoe 'die lewendige kultuur van die township' (reël 11) van Sophiatown deur die dekorstel geskep word. (6) 3.4 Motiveer waarom Ruth se karakter as 'buitengewoon' in apartheid-Suid-Afrika beskou kan word (reël 4). (4) 3.5 Analiseer hoe die verhoudings tussen Ruth en die ander karakters regdeur die toneelstuk verander. (4) 3.6 Skryf 'n karakterbeskrywing van Mingus. Sluit inligting in oor:  Sy kostuum  Die manier waarop hy 'n bestaan maak  Sy gedrag teenoor die ander karakters in die toneelstuk (6) 3.7 Stel voor hoe 'die musiek, sang en dans van die tyd' tot 'die lewendige kultuur van die township' op die verhoog bydra (reëls 11 en 12). (4) 3.8 Stel jou voor jy is die karakter Jakes wat 'n artikel met die titel 'Sophiatown- lewens Maak Saak' ('Sophiatown Lives Matter') skryf. Sluit die volgende in:  'n Beskrywing van hoe jy 'met geweld' uit jou huis verwyder is (reël 8)  Waarom die optrede van die regering 'die verhoudings wat in die huishouding bestaan het, permanent beëindig' het (reël 10)  Hoe apartheid almal in Suid-Afrika geraak het, toe en nou (vandag) (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 8 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS Bestudeer BRON F en BRON G hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON F: DIE DEKORSTEL VAN SIENER IN DIE SUBURBS [Bron: Starburst Promosies en Publisiteit] BRON G: 'N UITTREKSEL UIT 'N RESENSIE VAN SIENER IN DIE SUBURBS PG du Plessis werp lig op 'n gemeenskap wat nog nie voorheen op Suid-Afrikaanse verhoë gesien is nie, en die dekorstel is 'n doeltreffende omgewing hiervoor en skep 'n bewustheid van 'n spesifieke groep mense en hulle lewens. Dit is 'n klassieke en tydlose toneelstuk. Die gebeure in die toneelstuk kan steeds op enige tyd en enige plek gebeur. 5 Die toneelstuk is 'n gespanne rit na tragedie. Elk van die drie bedrywe eindig in spannende afwagting en die impak van die toneelstuk kom van die sterk karakters en die storie. Dit is 'n werk wat steeds relevant is. Tiemie se toespraak aan die einde van Bedryf 1: 'Ek wou so graag van geweet wees,' som die wese van baie werkersklasgemeenskappe op waar drome so maklik deur 10 tienerswangerskappe en die misbruik van dwelms en alkohol verpletter word. Waar mense hulle hoop en drome verloor het. – H Reisenhofer 4.1 Identifiseer die styl/genre van die geskrewe toneelteks. (2) 4.2 Verduidelik hoe die styl/genre van die toneelstuk in BRON F uitgebeeld word. (4) 4.3 Noem en beskryf die 'spesifieke groep mense en hulle lewens' (reël 3). (4) 4.4 Regverdig of die dekorstel 'n geskikte omgewing vir die toneelstuk is, of nie. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 9 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 4.5 Verduidelik waarom die toneelstuk as 'n 'klassieke en tydlose toneelstuk' geklassifiseer kan word (reël 4). (4) 4.6 Motiveer waarom die toneelstuk 'n 'gespanne rit na tragedie' is (reël 6) deur na die intrige en handeling van die toneelstuk te verwys. (6) 4.7 Skryf 'n karakterbeskrywing van Tjokkie. Sluit inligting in oor:  Sy kostuum  Die manier waarop hy 'n bestaan maak  Sy verhouding met die ander karakters in die toneelstuk (6) 4.8 'Tiemie se toespraak aan die einde van Bedryf 1: "Ek wou so graag van geweet wees," som die wese van baie werkersklasgemeenskappe op …' (reëls 9–10). Bespreek die stelling hierbo deur na die karakters en temas van die toneelstuk te verwys. (10) [40] TOTAAL AFDELING B: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 10 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994–KONTEMPORÊR Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling. VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI Bestudeer BRON H en BRON I hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON H: 'N UITTREKSEL UIT NOTHING BUT THE TRUTH MANDISA: What did my father do to you? What happened between the two of you? SIPHO: He never told you? MANDISA: No! I can't stay here any longer. I'm going out to dinner even if I have to go alone. 5 (Both women start to exit.) SIPHO: Stop! No one leaves this house. You want to know the truth? You want to know why I fought your father? You want to know why your mother left me? Left an eighteen- month old baby in my hands and walked away and never 10 came back? THANDO and MANDISA: Yes! BRON I: VERTOLKING VAN DIE TONEEL IN BRON H [Bron: Namibiese Nasionale Teater] Stel jou voor dat jy gevra is om Nothing But The Truth te regisseer en jy repeteer die toneel in BRON H. 5.1 Beskryf aan die akteurs wat in die toneel in BRON H gebeur. (4) 5.2 Stel die dramatiese effek van al die vrae van die karakters in BRON H voor. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 11 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 5.3 Analiseer hoe die akteur wat Mandisa vertolk, die stemvaardighede soos tempo, stembuiging (infleksie) en volume kan gebruik om haar woorde in BRON H voor te dra. (3 x 2) (6) 5.4 Motiveer jou keuse van blok vir die vroulike akteurs in reëls 4–6. (6) 5.5 Verduidelik aan die akteurs waarom die toneel in BRON H na die klimaks van die toneelstuk opbou. (4) 5.6 Regverdig of die handelinge, gebare of liggaamstaal van TWEE akteurs in BRON I gepas is vir wat in die toneel in BRON H gebeur. (6) 5.7 In so 'n toneelstuk hang so baie van die akteurs af. Hierdie gesinsdrama vereis groot vaardigheid en sensitiwiteit van die verhoogkunstenaars. Bespreek hoe die akteurs sensitiewe opvoerings kan skep deur Stanislavski se Sisteem/Metode in die voorbereiding en vertolking van hierdie toneel toe te pas. (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 12 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE Bestudeer BRON J en BRON K hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON J: 'N UITTREKSEL UIT GROUNDSWELL JOHAN: (He closes in on Smith, toying with the knife.) SMITH: (Frightened.) Please be careful with that knife. JOHAN: But it didn't really matter to you, because you and these people never came too close to each other. (Pause.) 5 But just think now if you're the one who has to go to where these people live, knowing what you know – how much they hate you. You have to go to one of their houses in the middle of the night. Think about that, Smith. The middle of the night – there's no street lights, nothing. Imagine, when that door opens … and there stands the man you fear more than anything … 10 and it's dark and you have a torch but you can't really see … and then – the man moves! (Johan jerks the knife high, and plunges it into the noticeboard above Smith's head. Smith cries out, throws up his hands and slides down the wall. He ends up a cringing, crumpled heap at Johan's feet.) 15 BRON K: VERTOLKING VAN DIE KRISISOOMBLIK VAN GROUNDSWELL [Bron: Groundswell-aanbiedingshandleiding] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 13 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik Stel jou voor dat jy gevra is om Groundswell te regisseer en jy repeteer die toneel in BRON J. 6.1 Beskryf aan die akteurs wat in die toneel in BRON J gebeur. (4) 6.2 Stel voor hoe Johan se spraak en handelinge die dramatiese spanning van die toneel in BRON J kan opbou/verhoog. (4) 6.3 Analiseer hoe die akteur wat Smith vertolk, die stemvaardighede soos tempo, stembuiging en volume kan gebruik om sy woorde in BRON J voor te dra. (3 x 2) (6) 6.4 Motiveer jou keuse van blok vir die karakters in BRON J. (6) 6.5 Verduidelik aan die akteurs waarom die toneel in BRON J na die klimaks van die toneelstuk opbou. (4) 6.6 Regverdig of die handelinge, gebare of liggaamstaal van die TWEE akteurs in BRON K geskik is vir wat in die toneel in BRON J gebeur. (6) 6.7 In so 'n toneelstuk hang so baie van die akteurs af. Hierdie drama vereis groot vaardigheid en sensitiwiteit van die verhoogkunstenaars. Bespreek hoe die akteurs sensitiewe opvoerings kan skep deur Stanislavski se Sisteem/Metode in die voorbereiding en vertolking van hierdie toneel toe te pas. (10) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 14 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET Bestudeer BRON L en BRON M hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRON L: 'N UITTREKSEL UIT MIS MEISIE: Close the window! I'm not allowed to hear the music! Please! CONSTABLE: Just for a while. It lets in the night air. MEISIE: (Pressing her hands to her ears.) It's so loud! I'm not allowed to hear it! (The Constable opens the door quickly. The music becomes even 5 louder.) No! Close the door! (She runs to the door.) (The Constable stops her. She runs to the washstand and leans over it to close the window. He puts his hand about her waist. She freezes. He turns her slowly towards him. Her arms drop. He takes her face 10 between his hands and looks at her. She starts to move her head slowly from side to side. Slowly, almost as if she were going to sleep.) Please … close the … window please … close the door. BRON M: VERTOLKING VAN DIE FINALE TONEEL VAN MIS [Bron: Hoërskool Brackenfell] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 15 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik Stel jou voor dat jy gevra is om Mis te regisseer en jy repeteer die toneel in BRON L. 7.1 Beskryf aan die akteurs wat in die toneel in BRON L gebeur. (4) 7.2 Verduidelik hoe dramatiese spanning in die toneel in BRON L opgebou/ verhoog word. (4) 7.3 Analiseer hoe die akteur wat Meisie vertolk, die stemvaardighede soos tempo, stembuiging (infleksie) en volume kan gebruik om haar woorde in BRON L voor te dra. (3 x 2) (6) 7.4 Motiveer jou keuse van blok vir die karakters in BRON L. (6) 7.5 Verduidelik aan die akteurs waarom die toneel in BRON L die klimaks van die toneelstuk is. (4) 7.6 Regverdig of die handelinge, gebare of liggaamstaal van die TWEE akteurs in BRON M gepas is vir wat in die toneel in BRON L gebeur. (6) 7.7 In so 'n toneelstuk hang so baie van die akteurs af. Hierdie gesinsdrama vereis groot vaardigheid en sensitiwiteit van die verhoogkunstenaars. Bespreek hoe die akteurs sensitiewe opvoerings kan skep deur Stanislavski se Sisteem/Metode in die voorbereiding en vertolking van hierdie toneel toe te pas. (10) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 16 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE BEGRIPPE, INHOUD EN VAARDIGHEDE VRAAG 8 en 9 is VERPLIGTEND. VRAAG 8 BRON N: TEATERSTYLE/-GENRES REALISME IN DIE TEATER [Bron: www.d.umn.edu] ARM/GESTROOPTE TEATER [Bron: Backstage.com] 8.1 Beskryf die dekorstel, kostuums en verhoogplasing van ÓF Realisme in die Teater ÓF Arm/Gestroopte Teater. Jy mag in jou antwoord na BRON N verwys. (10) 8.2 Skryf 'n joernaalinskrywing oor die voorbereiding en opvoering van ÓF Realisme in die Teater ÓF Arm/Gestroopte Teater. Sluit voorbeelde van vaardighede en tegnieke wat jy geleer het, in. Skryf ÓF Realisme in die Teater ÓF Arm/Gestroopte Teater as 'n opskrif vir jou antwoord. (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Dramatiese Kunste 17 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 9 Skryf aantekeninge oor die volgende: 9.1 Die rol van die regisseur (5) 9.2 Diafragmatiese interkostale asemhaling (5) 9.3 Die belangrikheid van stem- en fisieke opwarming (5) 9.4 Die voordele daarvan om Dramatiese Kunste te studeer (5) [20] TOTAAL AFDELING D: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Dramatic Arts

Explore more published documents in this catalogue.

View all