Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2012
DRAMATIESE KUNSTE
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 35 bladsye.
Skip to contentAll 2012 papers 





View all





Dramatic Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 Memo (Afr)
Grade 12 Dramatic Arts Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2012 (Afrikaans), 35 pages. Read online or download the free PDF.
Dramatic Arts · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Memorandum, 35 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Dramatic Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2012
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 35
- File size
- 407.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 35
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2012
Questions in this paper
- Question 1Theatre of the Absurd, Epic Theatre and Postmodern Theatre30 marks
- Question 2Theatre of the Absurd, Epic Theatre and Postmodern Theatre30 marks
- Question 3South African Theatre (1960–1994)30 marks
- Question 4South African Theatre (1960–1994)30 marks
- Question 5South African Theatre (1960–1994)30 marks
- Question 6South African Contemporary Theatre (Post-1994)40 marks
Show all 13 questions
- Question 7South African Contemporary Theatre (Post-1994)30 marks
- Question 8South African Contemporary Theatre (Post-1994)30 marks
- Question 9Performance Skills and Technical Theatre15 marks
- Question 10Performance Skills and Technical Theatre15 marks
- Question 11Performance Skills and Technical Theatre15 marks
- Question 12Performance Skills and Technical Theatre15 marks
- Question 13South African Contemporary Theatre (Post-1994)15 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 DRAMATIESE KUNSTE (Memo) (SEPTEMBER 2012)
ALGEMENE AANTEKENINGE AAN OPVOEDERS
1. Merkers moet kort aantekeninge maak en motiveer waarom ʼn laer punt toegeken
is indien die memorandum nie duidelike riglyne gee nie en die merker sy eie
diskresie moet gebruik.
2. Maak ʼn merk om aan te dui waar die punt wat geassesseer is toegeken word.
Merkers moet aktief met die antwoord omgaan.
3. Hoofmerkers fasiliteer die rubriek met merkers. Die vlakbeskrywers van
Dramatiese Kunste is die riglyn wat die merker volg.
4. Gereelde konsultasie is nodig om die merkproses te standaardiseer.
5. Geen penalisering word toegepas waar die kandidaat meer skryf as die
voorgestelde aantal woorde nie. (Opstelvraag).
6. Die memobesprekingsforum kan nie volwaardig alle response van leerder
voorspel nie. Provinsiale merkers moet dit in ag neem en oop wees vir leerders
se response en maak seker dat leerders nie benadeel word as gevolg van
verskeidenheid in onderrig metodes nie.)
7. Spandeer tyd om die kwaliteit en kwantiteit van die bewyse in die memo te
ontsluit en soek gestandaardiseerde en gemeenskaplike definisies en konsepte.
8. Merkers moet die Assesseringstandaarde in lyn bring met die vrae.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) DRAMATIESE KUNSTE (Memo) 3
INSTRUKSIES AAN DRAMATIESE KUNSTE MERKERS VIR DIE GRAAD 12
EKSAMENVRAESTEL
1. Hierdie vraestel is DRIE ure lank.
2. Die TOTALE aantal punte vir die vraestel is 150.
3. Leestyd van VYFTIEN minute word toegestaan voor die aanvang van die
beantwoording van die vraestel. Dit is noodsaaklik sodat leerders die geleentheid
gegun word om gepaste keuses te maak.
4. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A, AFDELING B en
AFDELING C. AFDELING A tel 30 punte, AFDELING B tel 60 punte, AFDELING
C tel 60 punte
5. AFDELING A bestaan uit TWEE vrae en fokus hoofsaaklik op LU 3 maar LU2
word ook direk of indirek getoets:
• VRAAG 1: Epiese Teater (Kaukasiese Krytsirkel, Moeder Moed of Kanna
Hy Kô Hystoe)
• VRAAG 2: Absurde Teater (Wag vir Godot, Die Kaalkop Primadonna OF ʼn
ander voorgeskrewe Teater van die Absurde-teks)
Kandidate moet EEN van die twee vrae beantwoord.
6. AFDELING B bevat SES vrae wat hoofsaaklik fokus op LU 3 (ander LUste word
ook direk of indirek getoets) en spesifieke toneeltekste van die Suid-Afrikaanse
teater beweging:
• VRAAG 3 (Boesman en Lena)
• VRAAG 4 (Woza Albert!)
• VRAAG 5 (Sophiatown)
• VRAAG 6 (Nothing but the Truth)
• VRAAG 7 (Siener in die Suburbs)
• VRAAG 8 (Mis)
Kandidate moet TWEE van die ses vrae beantwoord.
7. AFDELING C bevat DRIE vrae wat hoofsaaklik fokus op LU1 en LU4. LU2 word
ook getoets direk of indirek. Hierdie afdeling is VERPLIGTEND. Die
gewigverspreiding van die LUste op die vraestel soos vervat in die
Vakassesseringsriglyne is soos volg:
• LU1 – 20% (30 punte)
• LU3 – 60% (90 punte)
• LU4 – 20% (30 punte)
Downloaded from hlayiso.com
4 DRAMATIESE KUNSTE (Memo) (SEPTEMBER 2012)
AFDELING A VERSTAAN EN ANALISEER
VRAAG 1 EPIESE TEATER
HIERDIE VRAAG VERWYS NA KAUKASIESE KRYTSIRKEL OF MOEDER MOED OF KANNA HY KO HYSTOE
Gebruik beide die rubriek hieronder asook die voorgestelde antwoord hieronder om jou te lei met die nasien van VRAAG 1.1.
KATEGORIE PUNT AANDUIDERS (BEWYSE)
Goed georganiseerd, omvattend en samehangend, volmaakte struktuur.
Vertoon buitengewone vlak van vaardigheid met die hantering van inligting, vir oorspronklike interpretasie en
Uitstaande
18-20 deurdagte keuse van feite.
bereiking
Kandidaat maak gebruik van relevante dramatiese verwysings.
Insiggewende, vlot, waarneming en kennis gesaghebbend uitgedruk.
Goed georganiseerd, gedetailleerd en samehangend, afgeronde struktuur.
Vertoon buitengewone vlak van vaardigheid met die omsigtige selektering van feite om inligting te prosesseer,
Bereiking met
16-17 vir oorspronklike interpretasie en deurdagte keuse van feite.
meriete
Kandidaat maak gebruik van ʼn seleksie van dramatiese verwysings.
Vertoon insig, waarneming en kennis goed uitgedruk.
Georganiseerd, gedetailleerd en sekere mate van vaardigheid, effense tekortkominge sigbaar in die struktuur.
Substantiewe Interessant om te lees, duidelike stellings, oortuigend en eenvoudige direkte taal.
14-15
bereiking Ondersteun met ʼn seleksie van relevante dramatiese verwysings.
Vertoon goeie begrip van die tema/taak, ʼn mate van logiese stellings.
Struktuur is nie altyd logies nie.
Aanvaarbare Vertoon ʼn basiese begrip maar is geneig om meganisties te wees en soms stereotipiese response.
12-13
bereiking Aanvaarbare seleksie van dramatiese verwysings.
Aanvaarbaar maar voel na ʼn gememoriseerde skrywe. Nie altyd ʼn hoë vlak van insig nie.
Nie altyd georganiseerd nie, nie logies gestruktureer nie.
Middelmatige
9-11 Beperkte seleksie van inligting, swak taalvaardighede mag ʼn bydraende faktor wees.
bereiking
Kandidaat het nie die vermoë om sy/haar antwoorde met gepaste voorbeeld te ondersteun nie.
Onsamehangend – geen struktuur, beperkte woordeskat, weinige poging om inligting in ʼn aanvaarbare wyse
Elementêre aan te bied, min insette om werk in ʼn aanvaarbare wyse aan te bied.
6-8
bereiking Baie min inligting, deurmekaar, nie maklik om te volg nie, telkens onvanpas.
Kandidaat het nie die vermoë om sy/haar antwoorde met gepaste voorbeeld te ondersteun nie.
Onsamehangend, baie min werk, beperkte vaardighede, behoefte aan ondersteuning.
Geen
0-5 Onvanpas
bereiking
Eenvoudige frases en woorde wat sonder begrip deur die kandidaat gememoriseer is.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) DRAMATIESE KUNSTE (Memo) 5
AFDELING A VERSTAAN EN ANALISEER
VRAAG 1 EPIESE TEATER
1.1 MOONTLIKE ANTWOORD
Vervreemding
Historifikasie
Epiese Struktuur
Historifikasie: Beteken die gebruik van materiaal uit ander tye en plekke
Brecht se redenasie is dat die dramaturg die (historiese) “Pastiness”
beklemtoon – die uithaal van patrone en gebeure uit die huidige tyd. Hy
poog om die toeskouer te laat voel asof hy die toestande in die verlede
beleef het en positiewe aksies geneem het. Die toeskouers kry insig in
die veranderings in die omstandighede en dat dit moontlik is om
veranderings in die huidige tyd en konteks aan te bring.
Vervreemding: In samehang met historifikasie, gebruik die dramaturg
ander tegnieke om dinge vreemd voor te doen. Hy sal doelbewustelik die
gehoor se aandag lei na die kunsmatigheid van die produksie eerder as
om hulle te van die realiteit van die aanbieding te probeer oortuig.
Liedere, vertellings, filmprojeksies en ander tegnieke word aangewend vir
die doel. Die gehoor moet nooit verwar word met die wat hulle op die
verhoog beleef as realiteit nie. Die toneelstuk moet kommentaar lewer op
die lewe en moet krities beskou en beoordeel word.
Brecht het altyd daarop aangedring dat die teater genot moet bied deur
die produktiewe deelname wat die aktiewe oordeel van die gehoorlid te
aktiveer en die toepassing van dit wat hulle op die verhoog sien in die
omstandighede buite die teater. Om dit vir die toeskouer moontlik te
maak om produktief deel te neem moet hy vervreem word van die
gebeure in die toneelstuk. Vervreemding beteken nie dat die toeskouer
nie emosioneel betrokke moet raak by die karakters en hulle handelinge
nie, Emosionele reaksie is egter altyd deel van die groter, kritiese reaksie.
Elke element van die produksie is ontwerp om by te dra tot die
vervreemding van die toeskouer. Brecht se visie is juis die
onafhanklikheid van elke kunsvorm. So byvoorbeeld moet musiek
kommentaar lewer op die handeling in die produksie in plaas daarvan om
ondersteunend tot die gebeure te wees. Die kontras tussen musiek en
woorde skep vervreemding en dwing die toeskouer in oorweging van die
betekenis van die lied. Die verhooginkleding skep net so ook slegs ʼn
illusie. Hy is ʼn voorstaander van projeksies, fragmentariese invoegsels en
stelinkledingstukke wat die plasing (ruimte) van die handeling aandui.
In sy skrywes beveel Brecht aan dat akteurs aan hulle karakters in die
derdepersoon dink. In die wyse word die speler verhinder om die karakter
te word (soos wat sou gebeur indien die Stanislavski-metodiek toegepas
word)
Downloaded from hlayiso.com
6 DRAMATIESE KUNSTE (Memo) (SEPTEMBER 2012)
As ʼn bykomende hulpmiddel met vervreemding verkies Brecht om die
handeling “teatraal” te hou deurdat die meganismes van die teater sigbaar
bly. Hy stel voor dat die beligtingstoerusting sigbaar moet wees,
dekorwisselings vind plaas in die teenwoordigheid van en sigbaar vir die
gehoor, en hy plaas musikante op die verhoog. Die toneelaanbieding
word hierdeur verhinder om die gehoor in ʼn gevoel van tydloosheid en
sekuriteit in te sus en word ondersteun om beide gevoelens en kritiese
oordeel te verskerp ten einde die verantwoordelikheid teenoor die
gemeenskap te bekragtig.
Brecht voer ʼn aantal redes aan waarom hy sy teater “Epiese Teater”
noem. Eerstens wil hy Epiese teater van Dramatiese teater onderskei.
Tweedens voel hy verteenwoordig sy teater eerder die “epiese digkuns” in
teenstelling met dramas in die verlede. Die epiese gedig word
gekonstrueer deur afwisselende afdelings van dialoog en vertelling, en die
hele verhaal word uit die perspektief van ʼn enkele storieverteller
aangebied. Die epiese gedig beskik feitlik oor totale vryheid in wisseling
van tyd en plek; dit vertel van sommige tonele en speel ander uit; dit
oorbrug groot tydperke met ʼn enkele sin of kort vertelling; dit kan selfs die
strekking en totaliteit van ʼn historiese periode dek.
Epiese Teater handel oor die menslike kondisie; dit rapporteer en lewer
kommentaar op verskeie aspekte van daardie kondisie. Soos met ander
vorme van Teater vir Sosiale Aksie, sien Epiese teater dat die effek van
die drama buite die teater sal plaasvind. Die drama roep gedagtes op en
vuur die toeskouer aan om op te tree ten einde sosiale verandering te
bewerkstellig. Die teater ontsnap daardeur dat dit irrelevant is en word ʼn
belangrike en produktiewe deel van die gemeenskap se lewe. (20)
1.2 1.2.1 Kontraspunt
Kontrasterende argument, plot, idee of tema, ʼn melodie wat in
kontras met en saam met ʼn ander melodie gespeel word. (3)
1.2.2 Paradoks
Oënskynlik absurditeit of kontradiksie in ʼn stelling, selfs al is dit
feitelik gegrond. (2)
1.2.3 Onenig
Kontradiksie, in konflik of nie in ooreenstemming met die logiese. (2)
1.2.4 Satiere
Die gebruik van spot en ironie om ligsinnigheid of misbruik te
ontbloot, baie keer om met persone in magsposisies te spot. (1)
1.2.5 Tableau
ʼn Treffende, helder verteenwoordiging van ʼn beeld (stilprent). (2)
[30]
OF
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) DRAMATIESE KUNSTE (Memo) 7
VRAAG 2 TEATER VAN DIE ABSURDE
Beantwoord hierdie vraag indien jy Wagtend op Godot OF Die Kaalkop
Primadonna OF ʼn ander Teater van die Absurde-teks bestudeer het.
2.1 Die antwoord hieronder is slegs ʼn moontlike antwoord. Die opstel
moet gemerk word deur die gebruik van die rubriek en moet die
kandidaat se benadering tot die onderwerp in ag neem.
Gemotiveerde oorspronklike antwoorde wat bewys lewer van insig
moet die nodige erkenning geniet. Die drama wat bestudeer is moet
ook in ag geneem word.
Die leerder moet nie benadeel word indien hulle meer as wat die verwagte
3 bladsye geskryf het nie.
Kandidate behoort nie gepenaliseer te word indien hulle nie direk na die
aanhaling verwys nie. Algemene gebruik van aanhalings om antwoorde
te staaf is nie noodsaaklik nie. Kandidate se antwoord kan enige van die
volgende generiese punte betreffende die karakters, styl of taal en temas.
Teater van die absurde is hoofsaaklik besig met die mens se soeke na
betekenis en poog om sin te maak van die sinnelose situasie waarin hulle
hulself bevind en om tot vergelyk te kom met die hopeloosheid van die
situasie. Absurde drama skei dus ʼn omgewing waarin karakters geïsoleer
is. Hulle is soos narre, karakters wat voortploeter deur hulle lewe omdat
hulle nie weet wat anders om te doen nie. Karakters bly telkens
bymekaar omdat hulle bang is om alleen in so ʼn onverstaanbare wêreld,
byvoorbeeld Estragon en Vladimir in Wagtend op Godot. In teenstelling
met realisme waar die karakters gerond en ten volle sielkundig oortuigend
ontwikkel is, is die karakters in die teater van die absurde sonder identiteit,
vaag, oninteressant en sonder dimensie. In plaas van deugde het die
karakters swakhede en omdat dit nie geronde karakters is nie bly hulle
staties en toon geen ontwikkeling nie, hulle kom oor as walglik, pateties,
ongelukkig en onbeholpe. Hulle is emosioneel leeg en
verteenwoordigend van die menslike kondisie soos dit deur Teater van die
Absurde gedefinieer word. Die karakters is eerder verteenwoordigend
van die mensdom, eerder as om ʼn „werklike” persoon op die verhoog te
skep. Hulle kwaliteite is oordrewe en die situasies waarin hulle hulself
bevind is gelaai met intensiteit. Hulle het geen verlede en ons het geen
aanduiding wat hulle toekoms sal inhou nie. Vir die Absurddramaturge, is
die karakters ʼn middel om uitdrukking te gee aan hulle gedagtes oor die
menslike kondisie. Bekket se karakters toon ʼn interafhanklikheid terwyl
Ionesco se karakters as “marionette” beskryf word. Die karakters word
telkens in pare of groepe aangebied wat gebaseer is op die tweekarakter
uitbeeldings uit “Vaudeville” of “music hall” komediante.
In Wagtend op Godot word twee karakters, Vladimir en Estragon,
byvoorbeeld as boemelaars, wat hulle hele dag spandeer om die verlede
te herleef in ʼn poging om sin te maak van hulle bestaan en oorweeg selfs
selfmoord as manier om te ontsnap. Hulle is kenmerkende absurde
karakters wat die afstand tussen hulle en die gehoor behou. Hulle het in
wese geen identiteit nie en hulle “Vaudeville” manerismes het meer van ʼn
komiese effek op die gehoor in plaas van ʼn tragiese impak. Ons word
bewus hiervan wanneer hulle hulself probeer hang en die meegaande
bespreking van wie eerste moet hang. Vladimir stel voor dat Estragon
eerste moet gaan omdat hy ligter is en die tak nie sal breek nie.
Downloaded from hlayiso.com
8 DRAMATIESE KUNSTE (Memo) (SEPTEMBER 2012)
Absurde karakters verskyn telkens in pare, soos reeds genoem,
verteenwoordig ʼn eenheid van aspekte van dieselfde persoon en daarom
spieëlbeelde van mekaar. Die boemelaars in Wagtend op Godot steun op
mekaar vir gemak, ondersteuning en veral ter wille van betekenis. Hulle
het mekaar nodig om te voorkom dat hulle ʼn eensame betekenislose lewe
lei. Hulle voel genoop om van mekaar te skei en terselfdertyd genoop om
bymekaar te bly. Hulle oorweeg om weg te breek van mekaar maar kom
nooit sover nie en hulle onvermoë om te gaan is ʼn aanduiding van hulle
onsekerheid en frustrasie wat hulle ervaar terwyl hulle wag op ʼn
verduideliking van hulle bestaan. As gehoor, kan ons net toekyk hoe hulle
oor en oor dieselfde dinge doen, luister as hulle oor en oor dieselfde dinge
sê en die feit aanvaar dat Godot nooit mag opdaag nie. Net soos hulle is
ons ook vasgeval in ʼn wêreld waar ons handelinge ons oorlewing bepaal.
Nog ʼn belangrike idee is dat die mens nie beskik oor die kommunikasie
vermoë nie en doelbewustelik konflik skep deur die dialoog ten einde
betekenis aan ʼn betekenislose wêreld te gee. Taal word ʼn hindernis vir
kommunikasie, wat die individu selfs meer isoleer, en spraak word dus
futiel. Becket bevraagteken die waarde van taal in oortuiging dat dit die
vermoë verloor het om te kommunikeer. Ionesco demonstreer dat
pogings tot kommunikasie telkens disintegreer met clichés en selfs
betekenislose klankgrepe. In pas met die Eksistensialistiese idee dat die
mens geïsoleer voel in ʼn wêreld vol bedreigings.
Absurde dramaturge fokus telkens op die onvermoë van taal om die
gaping tussen karakters te oorbrug. Taal stroop die persoonlike is
outomaties en betekenisloos. Kommunikasie tussen karakters mag yl
wees, karakters mag by mekaar verby praat sonder om mekaar te
beïnvloed. Taal dien dan die doel dat dit die onverwagte, bisarre en
absurde aanbied.
Die volgende is voorbeelde van hoe taal in absurde toneeltekste
aangewend word:
• Stilte is net so ʼn belangrike middel tot kommunikasie as die gesproke
woord, byvoorbeeld- in Wagtend op Godot is daar lang pouserings en
stiltes waarin niks plaasvind nie.
• Daar is betekenislose gesprekke en “gewoonte” oppervlakkige
opmerkings waarin karakters betrokke raak. Taal word gesien as
ontsnapping uit die sleur van die lewe of die stilte het te ondraaglik
geword.
• Nuwe woorde word geskep om aan te dui dat mense poog om met
mekaar te kommunikeer. Die kommunikasie is gedoem tot mislukking.
• Alledaagse banale gesprekke word gemeng met literêre taal,
woordspelings, clichés, slengtaal en herhalings word gemeng met
poëtiese taal. Alles word gebruik om die tyd om te kry.
• ʼn Herhalende styl van dialoog word gebruik om die sikliese aard van die
lewe te beklemtoon.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) DRAMATIESE KUNSTE (Memo) 9
Dramatiese handeling:
• Tradisionele dramatiese handeling is afwesig.
• Die plot in Absurde toneelstukke konformeer nie aan die tradisionele
strukture en vorme nie.
• Die drama handel nie oor ʼn afgeronde storie nie en beskik ook nie oor ʼn
begin middel en einde nie.
• Die handeling in die drama is doelbewustelik nie-dramaties. Dit is nie
logies en liniêr nie maar siklies en herhalend om aan te dui dat die lewe
sonder betekenis nie ʼn fokuspunt kan hê of direk en doelgerig
voortbeweeg nie.
• Absurde drama skenk geen oorweging daaraan om verteenwoordigende
gebeure uit te beeld nie, of ʼn storie te vertel, of ʼn karakter uit te beeld as
verteenwoordiger in ʼn situasie nie.
• Die oppervlakkige handeling is niks anders as verskuilde stagnasie nie.
• Konflik is meestal innerlik en word uitgespeel as ʼn futiele stryd teen tyd
en ewigheid.
• Die toneelstukke van die Absurde teater is gewoonlik sonder ʼn storielyn
of intrige wat bydra om te beklemtoon dat mense in wese slagoffers van
ʼn betekenislose bestaan is waarin tyd en ontwikkeling geen
belangrikheid of waarde het nie.
Temas wat algemeen voorkom in Absurde toneelstukke:
• Dit openbaar die ervaring van die tydelike en verganklike. (tyd).
• Hulle openbaar ʼn aanvoeling vir die tragiese probleem van die mens om
van hom/haarself bewus te word in die ongenaakbare proses van
herstel en afbreek wat met verloop van tyd plaasvind. (tyd).
• Dit openbaar die onvermoë om te kommunikeer tussen mense. (taal).
• Dit openbaar die nimmereindigende strewe na realiteit in ʼn wêreld
waarin alles onseker is en die grens tussen werklikheid en droom ewig
wisselend.
• Die tragiese aard van liefdesverhoudings en die selfbedrog met
vriendskap.
• Die afgryse wat die mens in die gesig staar in die totale afwesigheid van
betekenis, die vormloosheid van die heelal en al die gebeure waaruit dit
bestaan.
• Die mens is alleen, verlore in ʼn wêreld waar God hom verlaat het.
• Wetenskap en rede is illusies.
• Die natuur het wraak geneem.
• Die dood is die enigste sekerheid, en dit is maar die finale voltrekking
van die absurditeit.
• Kommunikasie is nie meer moontlik nie.
Wagtend op Godot
In Wagtend op Godot, beeld Beckett die wêreld uit as koud, sonder
passie, stil en onherbergsame plek sonder sekerheid. Binne hierdie
konteks van die toneelstuk dra hy die idees oor wat konklusie vind daarin
dat alle dinge tot ʼn einde kom.
Die idee van dood word in die toneelstuk deur middel van ʼn paradoksale
wyse oorgedra: aan die een kant, dood is by uitstek die mens se vyand, ʼn
einde aan alles, en aan die ander kant is dit sy enigste roete uit of wyse
van ontsnapping in ʼn heelal vol bedreigings.
Downloaded from hlayiso.com
10 DRAMATIESE KUNSTE (Memo) (SEPTEMBER 2012)
Die absurditeit van die dood word verder beklemtoon teen die einde van
die eerste bedryf as Vladimir en Estragon selfmoord oorweeg te midde
daarvan dat hulle niks beters het om hulleself mee besig te hou nie. Die
sentrale boodskap word baie vroeg in die stuk bekendgestel deur
Estragon se woorde: “Niks om te doen nie” („Nothing to be done.').
Dit impliseer dat in plaas daarvan om vir vandag te lewe, is die mens
voortdurend bekommerd oor wat more sal gebeur, en is dit geen
verrassing dat hy sy lewe weg wens nie.
Die konsep van hoop maak sy opwagting in die feit dat die twee
hoofkarakters, ten spyte van hulle vrees en onsekerheid in hulle situasie,
bereid is om te wag vir iemand om betekenis en ʼn gevoel van
doelgerigtheid vir hulle lewens te bring. Dit waarvoor die karakters wag -
is ʼn teken wat aandui dat hulle van die dood verlos is en dat daar
inderdaad ʼn more sal wees.
As gevolg van hulle geheue verlies kan die karakters nie oor die verlede
praat nie. Hulle pogings om die situasie te hanteer loop uit op die gebruik
van taal en logika wat meganies en sinneloos is. Ten spyte van baie
praat, ontdek ons aan die einde van die toneelstuk, dat hulle bitter min
gesê het. Die oomblikke van stilte in samehang met die uitinge wat
gereduseer is van volle sinne tot enkel, monosilabiese woorde en
uitroepe, dui op die afwesigheid - eerder as die teenwoordigheid van
natuur en kultuur.
Die feit dat beide Vladmir en Estragon ly aan fisieke en geestelike kwale is
ʼn aanduiding van die mislukking van die menslike liggaam om na behore
te funksioneer.
Die hartseer werklikheid dat hulle eindelose onvermoë om enige iets te
onthou, asook die identifisering van hulle omgewing, laat die menslike
liggaam voorkom as ʼn onbetroubare masjien.
Die tema van Kapitalisme, verskyn deur middel van ondertone en
geïmpliseerde stellings, bevorder die idee dat die wêreldsgoedere slegs
die mens verder vervreem van die grondliggende aard van sy bestaan.
Die verwyl van tyd word ooglopend as die karakters met hoë verwagting
wag op Godot se aankoms. Die feit dat hulle verwagting onvervuld is,
veroorsaak noodwendig dat die lewe meer betekenisloos is as die dood.
Die karakters is die gevangenis van tyd in hulle situasie waar, ten spyte
daarvan dat hulle oënskynlik voortbeweeg, in der waarheid, agteruit
beweeg na die dood. Tekens dat die tyd verbygaan; is die blare wat aan
die boom groei, asook die fisieke veranderings aan Pozzo in die tweede
bedryf; wat blind geword het, en Lucky, wat stom geword het. Dit
ondersteun die eindelose aard van wag. Die teistering en kwaliteit van
wag word deur die karakters sowel as die gehoor ervaar, gepaard met die
voortdurende herhaling van gebeure, veroorsaak dat tyd – tydloos
voorkom.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) DRAMATIESE KUNSTE (Memo) 11
Die Kaalkop Primadonna deur Eugene Ionesco
Die Kaalkop Primadonna is ʼn “taal van tragedie” en handel oor die
toenemende verlies van kommunikatiewe funksie in onsinnige frases en
betekenislose clichés. Teen die einde van die toneelstuk breek die
dialoog in ʼn reeks “non sequiturs”, wat suggereer dat rasionele
beredenering onmoontlik geword het, dat gepaste gedagtes nie onderhou
kan word vir langer as ʼn enkele sin of twee nie. Die Martins en Smiths
verval eenvoudig in ʼn onsamehangende onvanpaste sinnelose fraseboek
van clichés voordat hulle uiteindelik in ʼn sillabiese gebabbel uitbars.
Woorde word afgebreek tot objekte, wat soos pasteie in ʼn komiese kom
wat rondgegooi wil word.
Ionesco beklemtoon beide die verlies van persoonlike identiteit en sosiale
en familie vervreemding. Sy karakters is vervreemd, nie omdat hulle
sensitiewe wesens in ʼn onpersoonlike bedreigde wêreld is nie, maar
omdat hulle hoegenaamd geen individualiteit het nie. Hulle is te
soortgelyk om onderskeidende persoonlike identiteit te hê: dit maak
daarom nie saak dat, soos die Smiths, hulle geen voorname het nie.
Hulle vervreemding het alles ter sake as gevolg van die totale afwesigheid
van persoonlike identiteit, wat selfs deur hulle taal verhinder word om
uitdrukking te vind. Hulle is eenvoudig in onvermoë gelaat, sonder die
vermoë tot ingrypende, individuele denkvermoëns.
Die karakters is anti-karakters. Die Smiths en Martins is totaal sonder
onderskeidende of volhoubare persoonlikhede; hulle kan nie omskryf word
nie, beskik oor geen volhoubare persoonlikheid nie; byna veranderlik en
feitlik karakterloos. Hulle praat soos mekaar, telkens ego hulle mekaar se
frases, soos wat gesien kan word in die dialoog tussen die Martins. Dit is
nie vir hulle moontlik om ʼn betekenisvolle gesprek te onderhou nie, want
hulle is gedefinieer deur die clichés van hulle klas, van wie hulle nie kan
loskom of bo hulle kan uitstyg nie. Hulle is anti-helde nie omdat hulle
fisiek gestremd of swaksinnig is, of buitengewone ongelukkige
omstandighede ervaar nie, maar omdat hulle geen (“mind”) intelligensie
het nie. Nie een van hulle staan as protagonis of hoofkarakter in die
tradisionele sin nie.
By die openingsaanbieding van Die Kaalkop Primadonna, het Ionesco die
tiperende aard van sy karakters beklemtoon en herhalend aangedring
daarop dat hulle en hulle omstandighede “Engels” is. Die eerste karakters
wat ons teëkom word “Smith” genoem, ʼn baie algemene Engelse naam,
wat ook die paartjie se konvensionele aard suggereer.
Hierdie is figure wat geen onderskeidende begrip van self het nie. Die
enigste suggestie van andersheid van identiteit is geteken volgens geslag
en klas onderskeiding en selfs dit is doelbewustelik vervaag. Mev. Smith
is belas met die tuisteskeppingverantwoordelikhede, sy verwys na Mnr.
Smith se tekortkominge as ʼn man, terwyl hy in teenstelling kla oor die
vroue wat hulle soos mans gedra. Deurgaans in die drama is die
karakters se vrese oënskynlik gesentreer rondom bedreigings en nie hulle
individualiteit nie, maar slegs ten opsigte van hulle rolle soos bepaal is
deur geslag en klas. Selfs ʼn betroubare identiteit wat op geslag gebaseer
is word ondermyn in die toneelstuk Die Kaalkop Primadonna.
Downloaded from hlayiso.com
12 DRAMATIESE KUNSTE (Memo) (SEPTEMBER 2012)
Rolonderskeidings vervaag deur die loop van die toneelstuk. Aan die
begin beskuldig Mnr. Smith sy vrou daarvan dat sy onnosel vrae vra,
daardeur dui hy aan dat sy intelligensie beter is as hare en dat haar
vermoëns wat redenasie betref uiters beperk is, omdat sy vrou is, ʼn
irrasionele romantiese wese. Ten spyte daarvan, tydens die
Brandweerhoof se besoek gee Mnr. Smith toe dat sy vrou meer intelligent
is as hy en selfs “baie meer vroulik”, dit suggereer dat daar ʼn vroulike
streep in sy karakter en gedrag is. Mevrou Smith beaam dit wanneer sy
kla oor mans wat rooisel op die lippe gebruik en die heeldag rondsit en
drink.
Sy suggereer dat Mnr. Smith die “sout” van die aand se sop kort, ʼn
sywaartse aantyging op haar man se manlikheid. Sy is ook seksueel
meer aggressief as hy. Sy sleep vlerk by die Brandweerhoof en Mnr.
Martin, wat haar behoefte suggereer om ʼn seksuele identiteit daar te stel
wat haar deur haar man se gebrek aan volwaardig manwees ontsê is.
Die Smiths en Martins het ʼn klas ingesteldheid wat bevraagteken word
deur die Smith paar se bediende, Mary. Mary is vir hulle ʼn bedreiging
omdat sy moedswillig en sonder respek optree, en sy skynbaar nie haar
plek ken nie. Die getroude pare word meer kwaadwillig en eieregtig as
Mary, tydens die Brandweerhoof se besoek, versoek dat sy toegelaat
word om ʼn storie te vertel. Hulle beskou haar versoek “as aanstellerig en
onvanpas”, en al kry Mary dit reg om haar gedig ter ere van die
brandweerhoof op te sê word sy in die proses van die verhoog af
gedwing.
Absurde temas kom voor in Die Kaalkop Primadonna. Die belangrikste
onder die temas is die konsep of neiging dat orde verval in chaos
(entropie). Die verval word gereflekteer in spraak van die karakters, wat
deur die loop van die toneelstuk, toenemend disfunksioneel word, en in
die totale disintegrasie van taal as ʼn haalbare medium vir menslike
kommunikasie.
Chaos word ook oorgedra deur die karakterisering, of, beter gestel die
afwesigheid daarvan. Die mensdom is gereduseer tot die Smithe en die
Martins, wat by tye soos poppe voorkom wat uitings aanbied wanneer
hulle geaktiveer word en die uitdrukking geen verband het met die situasie
nie. Hulle het geen siele nie en is leeg, oorblyfsels van karakters
gereduseer tot die tentoonstelling van angs oor die afwesige of verwarde
identiteite.
Die opmerkings van die karakters is telkens onvanpas, teenstrydig, of
geheel en al betekenisloos, veral teen die einde wanneer die taal self
verval in woordfragmente, die Smithe en die Martins word byna manies in
hulle woede. Wat hulle openbaar is een van die belangrike temas in die
teater van die absurde: die moderne onvermoë van die mens om
aanklank te vind by mekaar op ʼn opregte of eerlike wyse. (20)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) DRAMATIESE KUNSTE (Memo) 13
2.2 2.2.1 Komiese-kruis-spraak: Enkelfrases (one liners) dialoog wat die
karakters aan mekaar sê, wat soms snaaks, soms geen
aansluiting het by wat vooraf gesê is nie. Soos die oor en weer
lyne van die musiekkamer (music hall) komediante. (2)
2.2.2 Nie-vertellend: Daar is geen karakters en intrige in die
konvensionele sin nie. Die toneelstuk beskik oor ʼn tydloosheid
en plekloosheid. Slegs een punt vir “dit het nie ʼn behoorlike
storie nie”. (2)
2.2.3 Onlogies: ʼn stelling en konklusie wat nie logies opvolg op wat
vooraf gesê is nie. (2)
2.2.4 Arbitrêr: ʼn besluit of handeling wat skynbaar nie gebaseer is op
enige beginsel of plan nie, en wat dus onregverdig, irrasioneel of
onlogies is. (2)
2.2.5 Tragie-komedie: Het ernstige onderwerpe en hanteer dit op ʼn
komiese wyse. Gewoonlik gewone mense en karakters. (2)
[30]
TOTAAL AFDELING A: 30
Downloaded from hlayiso.com
14 DRAMATIESE KUNSTE (Memo) (SEPTEMBER 2012)
AFDELING B VERSTAAN EN ANALISEER
Beantwoord enige TWEE vrae vanuit hierdie afdeling.
VRAAG 3 BOESMAN EN LENA – ATHOL FUGARD
Lees die uittreksel hieronder VAN Boesman en Lena en beantwoord die vrae
wat volg:
3.1 Hy sê hierdie woorde in woede. Hy is fisiek moeg daarvan om elke keer
te herbou as die Witman sy pondok met stootskrapers platstoot. Hy is
moeg daarvan om altyd te moet trek. Al sê hy die woorde bedoel hy dit
nie. Sy dialoog is vol ironie en sarkasme. Hy besef hoe min beteken
hulle lewe vir die witman wat geen voorbehoud het om hulle pondokke te
brand, sonder om te dink waar hulle met hulle nederige besittings moet
heen nie. Hulle, die witman, voel geregverdig deur te sê dat dit deurtrek
is van siekte en hulle het dus die reg om dit te verbrand. Boesman en
Lena en duisende ander tel nie in die groter skema van die lewe nie. Hy
moet elke keer die vernietiging van alles wat hy besit en wat kosbaar is
aanskou – sy stories en herinneringe. Hy is nie gelukkig oor hoe hulle
geforseer is om te leef nie, maar omdat hy arm en werkloos is sonder
hoop op ʼn beter lewe, het hy geen keuse nie. Boesman is gefrustreerd
met die witman se gebrek aan simpatie en sensitiwiteit. Hy sê “dankie
baas”, maar hy is vol ironie en bitterheid. Daarom lag hy. Dit was asof
die witman ʼn deel van sy lewe en sy herinneringe, hulle geskiedenis en
identiteit vernietig. Boesman beskou homself as gemors wat deur die
witman weggegooi is. (5)
3.2 ʼn Ou verbleikte hemp, grys of swart vormlose broek – kan plek plek
geskeur wees of gelap wees – dit moet oud en voos gedra wees om die
armoede voor te stel. Miskien ʼn ou verbleikte sportbaadjie, ʼn keps en
sonder skoene. Die fokus is op die armoede en vuil. Hulle is altyd op pad
en daar is nie tyd om te bad of aan te trek nie. Ook is baie van hulle
besittings verbrand of vernietig toe hulle pondokke afgebrand is. Fokus
van die kostuum is op die beklemtoning van armoede – enige gepaste
kostuum wat so ʼn man sou dra is aanvaarbaar. (4)
3.3 Dat sy Lena is en dat haar lewe betekenis het. Sy ontwikkel as persoon
en laat haarself geld. Uiteindelik neem sy beheer oor haar eie lewe en
bevestig sy haarself, onttrek van Boesman se dominansie en is sy gelyke
en nie meer onderdanig aan hom nie. Haar belewing van haarself word
verstewig. Sy besef ook dat Boesman haar net so nodig het soos wat sy
hom nodig het en dat hy net so weerloos soos sy is. Kandidate moet
antwoord met voorbeelde uit die teks motiveer. (4)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) DRAMATIESE KUNSTE (Memo) 15
3.4 MOONTLIKE ANTWOORD:
Die toneelstuk ondersoek die verhouding tussen Boesman en Lena, die
behoefte aan geselskap, meelewing en hoop. Ons as die gehoor of leser
het empatie/simpatie met ʼn karakter soos Lena wat duisende
mishandelde vroue verteenwoordig wat in ʼn siklus van armoede en
verwaarlosing vasgevang is. Vir baie jare is Lena reeds saam met
Boesman en moes baie keer die spits van sy woede verduur. Boesman is
ʼn man, maar is deur die gemeenskap van sy manlikheid gestroop en hy
haal sy frustrasie op verskeie maniere op Lena, Outa en die hond uit. Hy
het op verskeie maniere vir Lena mishandel; hy slaan haar gereeld met
die vuis, sy word verbaal mishandel, teister haar en veroorsaak dat sy
haarself in twyfel trek, byvoorbeeld; hy oortuig haar dat sy die drie bottels
gebreek het, wat hulle sou verkoop, en intussen was dit hyself wat die
bottels gebreek het. Lena is oortrek van kneusplekke soos sy geslaan is
deur Boesman maar steeds bly sy by hom. Watter alternatief is daar vir
haar? Dit is die enigste lewe wat sy ken – sy weet nie van beter nie. Sy
sê verskeie kere dat sy hom gaan verlaat, maar doen dit nie omdat die
onbekende meer vreesaanjaend is as die bekende. Nog belangriker is
die feit dat Boesman haar enigste skakel met haar verlede is. Boesman
kan sy woede nie op die witman wat hulle pondok verwoes het laat
uitwoed nie en daarom ontgeld Lena dit, iemand wat hy kan beheer en
oor wie hy mag het.
Hy verwaarloos haar en weier om met haar te praat en sê verskeie keer
dat hy wens dat sy hom sal verlaat. Tog op ʼn vreemde wyse het hy haar
nodig. Sy is altyd daar, saam met hom en hy verwag dat sy daar sal
wees. Hy kan sy frustrasies op haar uithaal – sy slaansak wees. Op ʼn
sieklike wyse is hulle beide afhanklik van mekaar om die eensaamheid af
te weer, vir sekuriteit, asook vir bevestiging dat hulle mense is en leef,
eerder as om alleen teen die wêreld te staan.
Boesman reageer ook met geweld teenoor die hond en Outa. Tog, teen
die einde doen Lena dit ook. Kan hierdie geweld geregverdig word deur
die mishandeling en ervarings wat sy moes beleef as gevolg van hulle
armoede, geweld en diskriminasie wat deur die witman aan hulle gedoen
is? (9)
3.5 Subjektiewe antwoord word verwag. Kandidate moet hulle
antwoorde met konkrete voorbeelde ondersteun.
Kandidate moet redes aanvoer waarom dit ʼn goeie keuse is om die teks
aan te bied asook die relevansie met die huidige Suid-Afrika.
Daar kan verwys word na huisloosheid en armoede wat in die teks uitgelig
word en dit vergelyk met die armoede en tekort aan behuising en
dienslewering proteste in verskeie dele van die land, veral plattelandse en
onderontwikkelde gebiede. Merkers moet bewus wees van kwessies wat
tydens die Wêreldbeker in die pers aangespreek is, geld wat gespandeer
is en byvoordele wat uit tenders en ander aspekte van die Wêreldbeker
voortgespruit het.
Tenders wat toegeken is aan mense wat nie oor die ondervinding en
vaardighede beskik om konstruksie en dienste te lewer wat aan hulle
toegeken is nie en uitloop op behuising wat nie behoorlik gebou is nie, die
verwydering en vernietiging van plakkerskampe om plek te maak vir
stadions, ens. (8)
[30]
Downloaded from hlayiso.com
16 DRAMATIESE KUNSTE (Memo) (SEPTEMBER 2012)
VRAAG 4 WOZA ALBERT! – PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA
AND BARNEY SIMON
MOONTLIKE ANTWOORD.
4.1 Die finale toneel van die drama, volg die Wederopstanding van Jesus na
drie dae; Zuluboy werk nou by die begraafplaas waar Morena begrawe is,
hy kruip weg vir die polisie, vir die eerste keer het ons ʼn speler wat
Morena speel, hy word aangesien vir ʼn boemelaar; in der waarheid is hy
op die uitkyk vir mense wat uit die dood opgeroep en lewendig gemaak
moet word, soos wat hy met Lasarus gedoen het; dit is egter
vryheidsvegters wat deur die wederopstanding opgeroep word; Albert
Lethuli, die eerste president van die ANC en organiseerder van die
“Defiance Campaign”; Robert Sebukwe, een van die stigterslede van die
PAC, ʼn leier tydens die anti-apartheid pasboek proteste; Braam Fischer,
die verdedigings advokaat tydens die “Treason Trial” en die Rivonia Trial”;
Lilian Ngoyi, president van die ANC se vroueliga; Steve Biko, die
president van SASO en die dryfveer agter die “Black Consiousnous
Movement” in Suid-Afrika; Ruth First, waarnemende sekretaresse van die
Kommunistiese Party en leidende lid van die ANC. Hierdie mense was
die oorsprong en die voortdurende inspirasie vir die Vryheidstryd. Die
toneelstuk eindig met ʼn boodskap van hoop – dat apartheid oorkom sal
word, dat Suid-Afrika vry sal wees van onderdrukking. (10)
4.2 Protesteater, Armteater of Werkswinkelteater het die mense ingelig en
insig gegee in die onderdrukking en rassediskriminasie asook die protes
teen ongelykheid en onregverdigheid. Dit poog om die gehoor aan te
moedig om verandering te weeg te bring. (4)
4.3 ʼn Werkswinkel produksie is ʼn toneelstuk wat geskep word deur ʼn groep
mense wat eksperimenteer en improviseer rondom ʼn sentrale
idee/intensie, doen navorsing en waarneming, selekteer en uiteindelik
skryf hulle die teks neer. Dit is episodies, gebruik eenvoudige stereotipe
karakters, gewoonlik word musiek of sang gebruik as ʼn
verbindingsmeganisme. (Aanvaar enige 3) (6)
4.4 Spelers moet vokaal sterk wees omdat die produksie verbale dinamika
vereis. Spelers moet fisies sterk en aanpasbaar wees omdat die
produksie vereis dat spelers van karakters moet kan verwissel. Daar is
slegs twee spelers in die stuk en die spelers moet ʼn verskeidenheid
karakters in die 26 tonele speel. Die stuk vereis baie fisieke beweging en
die akteurs moet fiks en aanpasbaar wees om die vinnige pas van die
handeling te kan onderhou. Kreatief, energiek, hardwerkend omdat die
produksie veeleisend in terme van struktuur (vinnige wisseling van tonele)
is. Spelers moet oor veelvuldige vaardighede beskik – moet kan dans,
sing en toneelspeel.
(Merkers aanvaar enige geldige antwoord wat van pas is by die produksie
en toneelteks) (6)
4.5 ʼn Subjektiewe antwoord word verwag en merkers gebruik hulle eie
diskresie. Aanvaar goed ondersteunde stellings. (4)
[30]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) DRAMATIESE KUNSTE (Memo) 17
VRAAG 5 SOPHIATOWN – THE JUNCTION AVENUE THEATRE
COMPANY
5.1 Sophiatown is ʼn dokumentere drama en ʼn waardevolle deel van Suid-
Afrikaanse geskiedenis.
5.1.1 Dit dokumenteer ʼn waardevolle opwindende deel van Suid-Afrika
se geskiedenis wat andersins verlore sou wees omdat die
regering dit geheel en al wou wegvee. Dit was beskou as ʼn vlek
op hulle visie van aparte ontwikkeling, omdat dit ʼn plek was waar
verskillende rassegroepe in totale harmonie en vrede
saamgeleef het in teenstelling met die regering se
apartheidsbeleid.
Die toneelstuk is ʼn geskiedskrywing van gewone mense se
lewens in Sophiatown, hulle stryd om oorlewing, teen alle
weerwil in, hulle eindelose stryd met die apartheidsregering. Die
toneelstuk gee ons insig in die wyse waarop die mense oor die
weg gekom het met die beperkings wat oor hulle geplaas is en
die voortdurende onderdrukking. Die kultuur, musiek, tradisies
van Sophiatown wat ʼn groot invloed op soveel swartmense in
Suid-Afrika gehad het sou vergete gewees het as dit nie
opgeteken is nie.
(4 punte as dit in fyner besonderhede bespreek is en 2 punte as
dit kortliks aangedui is). (4)
5.1.2 Punt Beskrywers
7-8 Baie Kandidate demonstreer buitengewone begrip
goed van teatertegnieke wat gebruik word in prosesse
en produkte wat aansluiting vind by die
beskrywing van Sophiatown as dokumentere
drama. Maak gebruik van verwysings en
motiverings vanuit die drama.
5-6 Goed Kandidate verwys na die beskrywing van die
teatertegnieke wat gebruik word in prosesse en
produkte wat aansluiting vind by die beskrywing
van Sophiatown as dokumentere drama.
Kandidaat kan die navorsing en
skeppingsproses wat lei na die skryf van die
drama verduidelik.
3-4 Gemi Kandidaat verduidelik kortliks wat teater
ddeld meganismes is maar kan nie aansluiting vind by
die proses en produk nie.
0-2 Swak Kandidaat is geneig om algemene stellings te
maak oor teater tegnieke. Baie min of geen
verwysing na prosesse en produkte wat
aansluiting vind by die beskrywing van
Sophiatown as dokumentere drama. (8)
Downloaded from hlayiso.com
18 DRAMATIESE KUNSTE (Memo) (SEPTEMBER 2012)
5.2 MOONTLIKE ANTWOORD:
5.2.1 Lulu verteenwoordig die duisende skoolkinders wat ontnugter is
deur die Bantoe-onderwys wat hulle nie op die lewe voorberei
het nie. Sy lig die tema van onderwys uit deur haar verskeie
gesprekke met haar ma en Fafhee asook ander karakters.
Daarteenoor verteenwoordig Princess die vele vroue in die
woonbuurte wat niks anders as hulle voorkoms en ambisies het
om vooruitgang in die lewe te bekom nie. Hulle leef met
mishandeling van hulle kêrels/mansvriende solank dit ʼn beter
lewe bied (baie van hulle het uit die agterbuurtes (slums)
gekom). Princess kom weldra weg uit haar haglike lewe. (4)
5.2.2 Een van die belangrike bydraes tot die Sophiatown kultuur was
die fliek.
Gedrag, taal en kleredrag moes rekening hou met die jongste
trefferfilm. Dit is meer sigbaar in die Mingus karakter wat
aangetrek het soos die gangsters in die films van die
negentienvyftigs soos Clark Gable. Hy gaan selfs so ver as om
homself Clark Mingus Cable te noem. Die ritme en melodrama
van die filmtaal verryk die tsotsitaal wat gebruik is tydens die era,
word opgeneem in die toneelstuk. Die graffiti teen die mure van
Sophiatown is ontleen aan die film “ons sal nie trek nie” en “ hy
wat Sophiatown vernietig sal self vernietig word”. Die
Bohemians, in die toneelstuk het gehoop dat magsdeling en die
swart man se regmatige plek ingestel sou word in die nabye
toekoms, is afkomstig van die film (The Bronze Venus) en het
ooreengestem met die “Civil rights movement” in Amerika.
Musiek speel ʼn belangrike rol in die voortstu van die intrige.
Karakters beweeg gemaklik van hulle dialoog na ʼn capella sang
wat emosies van hartseer en vreugde oproep, afhangende van
die situasie. Die musiek van Sophiatown het opmerklik ook die
Amerikaanse style soos jazz, swing en blues gereflekteer. Ons
eie musikale ikone soos Hugh Masikela, Dollar Brand, Dolly
Rathebe, Miriam Makeba ensovoorts, het hierdie style
opgeneem in hulle eie musiek wat van hulle huishoudelike name,
plaaslik en oorsee gemaak het. Jazz klubs word gewild en
gereeld deur groot getalle mense oor die kleurgrense heen
besoek.
(Aanvaar ander gepaste inligting en voorbeelde uit die
toneelstuk). (4)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) DRAMATIESE KUNSTE (Memo) 19
5.3 Hierdie is slegs ʼn moontlike antwoord - byvoorbeeld; Musikale
Teater.
Die toneelstuk word op ʼn eenvoudige musikale wyse aangebied. Die
eksposisie deur Jakes se monoloog belig die verskeie strate, bendes en
bekende persone van Sophiatown, wat die gemoed van die toneel skep.
Dan word ons aan die rolverdeling voorgestel, inwoners van Mamariti se
polsende en chaotiese huishouding. Die stel is eenvoudig en maklik om
op te stel en af te breek soos wat aan die einde van die toneelstuk sigbaar
word as die karakters al hulle besittings bymekaarmaak en die stel stuk vir
stuk afbreek, simbolies van die aftakeling van hulle huise en hoop.
Karaktersketse word op ʼn interessante wyse geopenbaar. (Mingus 'Easy
man-check the labels! Only genuine English or American imports. You tell
her I'm a best dresser in town... I'm a smart guy-no messing around'). Hy
verteenwoordig die gansters. Hy is ʼn luid, oordrewe, charismatiese
individu vir wie gehore lief is om te haat. Die ander karakters in die
tonteelstuk verteenwoordig gewone mense van Sophiatown wat maklik
herkenbaar is soos Mamariti, die shebeen-queen. Sy bring kleur en
humor in die stuk terwyl sy ook nadink oor die probleme waarmee baie
vroue gekonfronteer is in die tydperk, wat in die besigheid geforseer is om
hulle gesinne te onderhou. Tydens die geforseerde verwyderings belig
haar karakter die pyn en swaarkry wat die mense moes beleef om hulle
familie, vriende bure en besittings agter te laat en te trek na ʼn totale nuwe
omgewing. Die gehoor beleef haar emosies en pyn en het empatie met
haar situasie. Jakes verteenwoordig die intellektuele wat ingeperk was in
die tyd weens die tekort aan geleenthede. Ten spyte van die stuk se
ernstige onderwerp, geforseerde verskuiwing, gebruik die toneelmakers
musiek, sang, dans en humor in die dialoog om te verhoed dat hulle ʼn
somber hartseer toneelstuk maak. Die karakters glip met moeitelose
gemak van dialoog na tradisionele acapella, swing en jazz. Dit skep die
effek van spontane uitbarsting van vreugde of hartseer en spreek direk tot
die gehoor. Tsotsitaal bring geur en vermaak. Hierdie faktore dra by tot
die beklemtoning van die tema van gedwonge verskuiwing en ontbloot die
hartverskeurende swaarkry wat die mense van Sophiatown moes verduur. (10)
0-2 Punte 3-5 Punte 6-7 Punte 8-10 Punte
Nie bereik gemiddeld Aanvaarbaar Uitstaande
Kandidaat Kandidaat Kandidaat Duidelike begrip
verstaan nie die verstaan die verstaan en insig in
toneelteks nie, relevansie van Sophiatown, en Sophiatown, met
antwoord is Sophiatown. die relevansie sinvolle
swak met min Motivering is met gepaste motivering en
motiverings. swak motivering relevansie.
Die nasienrubriek moet gebruik word vir die antwoorde soos in die
bostaande voorbeeld. [30]
Downloaded from hlayiso.com
20 DRAMATIESE KUNSTE (Memo) (SEPTEMBER 2012)
VRAAG 6 NOTHING BUT THE TRUTH – JOHN KANI
MOONTLIKE ANTWOORD:
6.1 Mandisa se aankoms veroorsaak dat Thando haar lewe weer opweeg. Sy
is gekonfronteer met die kontras tussen haar en Mandisa. Mandisa is
onafhanklik, prontuit, nie bang om te sê wat sy dink nie, sy verstaan nie
veel van die tradisies en gebruike wat Thando navolg nie. Thando sou
byvoorbeeld nie blatant Sipho se outoriteit bevraagteken nie, maar
Mandisa bevraagteken sy outoriteit. Thando is ʼn pligsgetroue en
konsidererende dogter en hierdie kwaliteite word getoets. Mandisa wat in
Londen grootgeword het verstaan nie hoe Thando haar pa se woord
sonder bevraagtekening navolg nie. Thando beleef innerlike konflik vanaf
Mandisa se aankoms, want Mandisa bied ʼn buitestaandersperspektief op
dinge. Thando begin om haarself as ʼn onafhanklike volwassene te laat
geld soos wat ons in lyne 14 – 16 kan sien.
Ken 4 punte toe as twee aspekte goed bespreek is of 2 punte as dit
kortliks aangeraak is (4)
6.2 Merker gebruik eie diskresie oor die beskouing van persepsies oor
verassing in Suid-Afrikaanse inheemse kulture. Sipho het met die
ondernemer ooreengekom dat hy by sal wees wanneer sy broer se
liggaam van Londen af aankom. Hy wou sy broer nog een maal sien voor
hy hom te ruste lê. Hy is die voorreg ontsê en is daarom, wat
verstaanbaar is, geskok en verward om kennis te neem dat sy broer
alreeds veras is – iets wat vreemd aan sy kultuur is. Binne konteks van
die toneelstuk se struktuur kan Sipho se reaksie gesien word as komiese
verligting. (6)
6.3 Stanislavski se metode vir toneelspel sou die mees geskikste wees vir ʼn
speler wat vir hierdie rol voorberei. Waar die kandidaat slegs na
Stanislavski se metode verwys word slegs 6 punte uit die 8 toegeken. Vir
vol punte moet inligting omtrent die karakter ingesluit word.
Hoofpunte van Stanislavski-sisteem:
1. Die “magic” 'if'.
• Die akteur weet dat die toneelstuk en die omstandighede daarin deur die
dramaturg geskep is, maar hy vra homself af: “Hoe sou ek reageer as
dit werklik was?”
• Deur hierdie vraag te vra help dit hom om die verbeeldingswêreld van
die toneelstuk in ʼn werklike situasie te omskep.
2. Die akteur het ʼn sterk verbeelding nodig om hom te help om die “magic
if” toe te pas.
• Hy behoort homself vrae te vra oor die gegewe omstandighede en die
karakter van die rol wat hy moet speel. In die opvoering moet hy/sy
die motiverings van wat die karakter sê en doen verstaan.
3. Die akteur moet sy aandag konsentreer op die gebeure wat op die
verhoog plaasvind en nie sy aandag verskuif na die “swart opening”
waar die gehoor sit nie.
4. Dit is noodsaaklik dat hy vry is van onnodige spanning in die spiere,
veral in momente van sterk dramatiese spanning.
5. Klein fisieke handelinge op die verhoog is belangrik. Die akteur moet
dit met oortuiging doen en dit so doelbewustelik moontlik uitvoer,
byvoorbeeld, handelinge op die verhoog moet ʼn motivering of rede hê.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) DRAMATIESE KUNSTE (Memo) 21
6. Om geloofwaardigheid wat oortuig met sy karakter te skep, moet die
akteur emosionele geheue (die voorraad van emosionele ervarings wat
dormant is in die onderbewuste) gebruik. Goeie kommunikasie tussen
spelers op die verhoog kan bewerkstellig word deur die aktivering van
die sintuie, veral doelbewustelike aandagtig luister en kyk na die ander
karakters.
8. ʼn Speler moet sy intellek en emosionele perspektief gebruik om die
teks van die toneelstuk te verstaan.
• Hy moet oor die wil en deursettingsvermoë beskik om sy karakter
konsekwent te ontwikkel.
• Hy moet ook voldoende gevoel hê vir die rol om dit oortuigend op die
verhoog uit te speel. Dit word bereik deur die subteks van die karakter
se dialoog te ken en te verstaan.
9. ʼn Speler vereenselwig homself nie in totaliteit met sy karakter nie.
• Hy leef, treur en lag op die verhoog en terwyl hy treur of lag neem hy sy
lag en trane waar.'
10 “Wees lief vir die kuns in jouself en nie vir jouself in die kuns nie.”
Kandidate kan al die gegewe punte hierbo noem of slegs sommige met
die beantwoording van die voorbereiding vir die speel van Mandisa of
Sipho. Ek sou die Stanislavski-proses gebruik om die karakter van
Mandisa/Sipho te skep. Eerstens sou ek die teks in besonderhede
bestudeer en verwys na die oorkoepelende doelwit van die teks en dit dan
opbreek in tonele, elk met sy eie doelwit. Mandisa, alhoewel sy die jonger
een is van die twee, is sy baie meer uitgesproke as Thando, minder
sensitief vir nuanses en interaksie, meer onafhanklik. Al is sy deel van die
familie, en trots op haar herkoms as die dogter van ʼn held uit die
vryheidstryd, is sy ʼn buitestaander, ʼn produk van Engelse kulturele
waardes, oortuigings en gebruike. Sy het geen intieme kennis van die
plaaslike gemeenskap, hulle gewoontes en waardes nie. Haar kennis van
die Suid-Afrikaanse politieke kwessies is gegrond op dit wat sy by haar
pa, besoekende uitgewekenes en die Britse media geleer het. Die
volgende stap is internalisering waar meganismes soos emosionele
geheue (die onthou van ʼn soortgelyke tyd in ʼn mens se lewe ten einde die
emosie te kan verken) en die “magic if” (om jouself af te vra hoe jy sou
voel/reageer as jy in die situasie was?) gebruik word om die nodige
gevoelens en geloofwaardige emosies te skep. Ek was nog nooit in
Mandisa se posisie nie dus met die gebruik van die “magic if” sal ek
uitvind wat ek sou ervaar as ek gekonfronteer is met inligting omtrent my
oorlede pa wat groot hartseer veroorsaak.
Die finale stap is die skep van die fisieke karakter. Die karakter moet
lewendig word op die verhoog met gedetailleerde en klein akkurate
handelings. Om dit te kan doen sal ek Mandisa se prontuit persoonlikheid
en aanvoeling vir genot deur gepaste gebare en mannerismes vergestalt. (10)
Downloaded from hlayiso.com
22 DRAMATIESE KUNSTE (Memo) (SEPTEMBER 2012)
6.4 Merkers moet die antwoord holisties beskou.
As ʼn kandidaat slegs die storie vertel kan ʼn maksimum van 5 punte
toegestaan word. Die toneelstuk handel oor die belangrikheid van die
verlede in die definiëring van die huidige tydperk. Herinneringe aan
kindertyd, tersiêre opvoeding, die Vryheidstryd en gesinslewe is verweef
in die handeling. Die handeling ontwikkel deur die tydsame openbaringe
van versteekte besonderhede van die verhouding tussen Sipho en sy
oorlede broer. Die toneelstuk ontwikkel rondom die komplekse
gesinsverhoudings wat gekompliseerd is deur, geheime, jaloesie,
skeiding, verlies en liefde. Broederlike wedywer is nou verweef in die
handeling van ontneem. Die toneelstuk is gestruktureer rondom die
opeenvolging van vertellings van gebeure waarin Sipho identifiseer wat
van hom ontneem is deur sy broer. Themba het in menige gevalle die
wedywer aangevuur. Themba het sy baadjie gevat en hierdie insident
ontsluit die wyse waarop Themba in sy ouers se gevoelens en aandag
gedomineer het. Sy ouers is hom ook ontneem. As Thando hom inlig dat
sy Johannesburg toe gaan en dat sy hom sal laat weet van Londen,
herken Sipho die ontneming as patroon van sy lewe. Hy sien dit as die
sameloop van al die maniere waarop Themba alles wat hy as waardevol
beskou en gekoester het van hom toegeëien het. Hy voel verneuk by sy
pa se graf en die laaste keer wat hy vir Luvuyo sien, want in beide gevalle
het Themba as “Comrade” hom oorskadu – die verantwoordelike,
sorgsame ouer seun wat nie die charisma van sy jonger broer het nie.
Sipho bars uit in ʼn hewige uitval omtrent Themba se reputasie as ʼn
politieke aktivis. Sipho onthul die komplekse samehang van verhoudings
tussen hom, sy pa, sy seun en Themba. Deur sy hele lewe het Sipho vir
Themba ondersteun en hy betaal hom terug deur ʼn verhouding met sy
vrou aan te gaan. Uit die aard van die saak ervaar Sipho verwyt en
woede teenoor Themba. Met die beskouing en uitsê van die waarheid
verlos Sipho homself van sy monsters en is vry om met sy lewe aan te
gaan. Wanneer Sipho se ervaring van persoonlike verraad, verlies aan
eie waarde uitkom, is sy waardigheid gedeel, hy ontvang erkenning
daarvoor en dit help hom om daarmee saam te leef. Hy dra nie meer die
las nie, omdat hy dit met die meisiekinders gedeel het. Hy vergeef Sipho
uiteindelik, omdat die waarheid hom vry gemaak het. Dit het hom tot
besef gebring van die foute uit die verlede en lê die fondasies vir die
toekoms van die familie, wat vry is van die emosionele bagasie van die
verlede. Konfrontasie en hantering van die verlede staan sentraal in die
proses van genesing sodat hy die toekoms kan tegemoet gaan. (10)
[30]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) DRAMATIESE KUNSTE (Memo) 23
VRAAG 7 SIENER IN DIE SURBURBS – PG DU PLESSIS
7.1 MOONTLIKE ANTWOORDE
7.1.1 Fé praat van Tjokkie se talent om d.m.v. visioene in die toekoms
te kan 'insien'. Hy is met die helm gebore. Fé dink Tiemie het vir
Tjokkie gevra om te 'sien' om haar te help; Fé wil weet wanneer
dit gaan gebeur. (2)
7.1.2 (a) Giel
Giel het finansiële probleme omdat hy "die perde
speel.". As gevolg van sy geldprobleme wil die Jood
Stroud die masjien waarop hy sy "kuns" druk, afneem.
(Giel kan Stroud nie betaal nie). Omdat Giel geld nodig
het, wil hy geld op die volgende dag se perderesies, die
'July' wed. Hy wil hê Tjokkie moet 'sien' watter perd
gaan wen sodat sy finansiële probleme opgelos kan
word. (4)
(b) Jake
Tiemie verwag oënskynlik Giel se kind. Omdat Jakes
graag ʼn 'laaitie' wil hê met ʼn ma wat uit ʼn beter klas
afkomstig is as waaruit hy kom, 'tang', het hy Tiemie
opsetlik swanger probeer maak. Hy soek ʼn bewys vir sy
manlikheid, wat by Sybil in die gedrang was. Jakes wil
hê Tjokkie moet 'sien' of Tiemie 'in die ander tyd'
(swanger) is omdat dit sy manlikheid sal bevestig, en hy
ook deur Tiemie se swangerskap kan ontsnap aan die
stigma van 'tang'-wees. (4)
Downloaded from hlayiso.com
24 DRAMATIESE KUNSTE (Memo) (SEPTEMBER 2012)
7.1.3 3 punte vir die bespreking van die stelling
Ironie is woordgebruik waardeur ʼn mens die teenoorgestelde sê
van wat jy bedoel. Tjokkie se uitspraak dat hy die ander
karakters se brouwerk moet 'regsien' is dubbelsinnig. 'Regsien'
beteken 'oplos', maar Tjokkie se visioen verbrou dinge nog erger
as wat dit voor die 'sienery' was. Dit intensiveer eerder die
karakters se probleme in plaas daarvan dat dit opgelos word.
Regsien beteken ook 'korrek of helder sien". Daar is egter
onsekerheid in die drama oor of Tjokkie wel alles 'gesien' het wat
hy later in sy visioen meedeel, en of hy (na aanleiding van Fé se
suggestie) dele daarvan by gelieg het om Tiemie teen Jakes te
beskerm.
5 punte vir die handeling wat volg op Tjokkie se visioen
m.b.t. Tiemie.
Tjokkie se visioen het sterk negatiewe gevolge vir Tiemie. Voor
die visioen vermoed sy dat sy swanger by Jakes is. In die
visioen sien Tjokkie ʼn jong man wat sonder welslae ʼn saadjie
plant, en ʼn ouer man wie se saadjie wél opkom in die "mooi
bewerkte" blomakkertjie. Dit maak Jakes dadelik agterdogtig en
jaloers omdat die visioen insinueer dat Tiemie ʼn kind by iemand
anders as hyself verwag. Tiemie ontken dit deur te sê dat
Tjokkie gelieg het (in sy visioen). Wanneer die skimmelperd die
wedren wen soos wat Tjokkie in sy visioen gesien het, is dit vir
Jakes ʼn bevestiging dat die res van Tjokkie se visioen ook eg is.
Jakes beskuldig Tiemie dan van losbandigheid en ontrouheid
met ʼn 'Dandy'. Hy vereenselwig haar met Sybil en raak fisies
dreigend. Alhoewel Tiemie hom weer probeer oorreed dat
Tjokkie gelieg het en sy nie ontrou aan Jakes was nie, glo hy
haar nie. Nadat Jakes se onedele motiewe (dat hy Tiemie
opsetlik probeer swanger maak het) na vore kom, probeer
Tiemie hom wegjaag. Sy verwyt hom dat hy haar 'wil vasmaak
aan hierdie nes … soos ʼn „varksog‟. Haar emosie sit in histerie
en beledigings om wanneer sy hom finaal probeer wegjaag en
die huis instorm. Jakes storm agter haar die huis in en rand haar
aan. Die gehoor hoor Tiemie se gegil en ʼn slag voordat dit stil
word. Dit lei tot haar dood – sy word skynbaar deur Jakes
vermoor.
Tjokkie se woorde "Elke keer as hulle iets verbrou, moet ek dit
regsien" is ironies omdat Tiemie se probleem (moontlike
swangerskap) nie deur Tjokkie se „sienery‟ reggesien word nie,
maar soveel vererger dat dit uiteindelik tot haar waarskynlike
dood lei. (8)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) DRAMATIESE KUNSTE (Memo) 25
7.2 ʼn Sondebok is iemand wat onskuldig is, maar die skuld van ander dra.
Tjokkie is die enigste karakter wat besliste morele waardes het. Hy leef
suiwer volgens sy beginsels van ordentlikheid. Hy is die 'onskuldige'
karakter in die drama. Dit is gepas dat hý die een met die bonatuurlike
gawe is waarop die ander hulle hoop vestig vir uitkoms uit die veragtelike
situasie waarin hulle vasgevang is.
Tjokkie beskou sy gawe om te 'sien' as ʼn heilige roeping, ʼn ding 'wat mooi
is', maar ook as ʼn talent wat probleme gee. Mense misbruik sy talent
soos hulle lekkerkry, terwyl dit vir hom niks anders as pyn bring nie.
Wanneer Tjokkie in die tweede bedryf deur Jakes en Giel gedwing word
om te sien, veroorsaak sy visioen dramatiese spanning en konflik. Die
chaos wat heers met Jakes se onredelike, aggressiewe jaloesie, Tiemie
se gewalgde ontnugtering en Ma se vereensaming, is alles uitvloeisels
van Tjokkie se visioen.
Tjokkie vervul die rol van ʼn onskuldige sondebok op wie al die skuld
geplaas word en wat die pyn vir ander dra. Voor die visioen word hy fisies
gemartel, daarna gepynig deur sy gewete. Na sy visioen, wanneer hy in
sy gebruiklike verwarde toestand ronddwaal, sê hy tot en met sy
selfmoord feitlik niks anders nie as "Dis my skuld", "Ek het alles bewetter"
en "Ek maak net almal seer". Hy neem die skuld van ander se pyn op
homself.
Aanvanklik het almal hom as ʼn soort reddersfiguur gesien – iemand wat
hulle van hul moeilikhede kan verlos. Maar hy besef dat sy "verbrande
talent" deur misbruik meer ellende veroorsaak het. Daarom dat hy die
sondebok-rol inneem, nou nie meer redder nie, maar skuldbeswaarde.
Aan die einde van die drama, wanneer hy selfmoord pleeg, word hy dus
simbolies ʼn skuldoffer vir ander. (4)
7.3 7.3.1 Jakes se motorfiets
Die klank van die motorfiets is hard binne die verhoogruimte en
kondig ouditief aan wanneer Jakes op of af beweeg. Dit dui op
viriliteit en manlikheid. Die harde brulklanke van die motorfiets
pas ook by die fisiese pyn van die geweld wat aan die einde van
die toneelstuk gepleeg word In die slottoneel word die klank van
die motorfiets saam met die gesis van die domkrag tot ʼn
crescendo gevoer om die emosionele trefkrag van die gebeure
te versterk. (4)
7.3.2 Die radio-uitsending van die perderesies
Die radio-uitsending dien as katalisator vir die finale handelinge
en reaksies. Dit word ʼn sterk dramatiese element wat vinnig
spanning in die verwikkeling van die drama bou. Tydens die
uitsending stop alle handeling en die karakters luister met
intense aandag en betrek so die gehoor by die spanning van die
uitslag van die resies. Na die uitsending is daar ʼn kort stilte wat
die spanning intensiveer, en daarna volg daar ʼn uitbarsting van
hewige emosies. (4)
[30]
Downloaded from hlayiso.com
26 DRAMATIESE KUNSTE (Memo) (SEPTEMBER 2012)
VRAAG 8 MIS – REZA DE WET
MOONTLIKE ANTWOORDE
8.1 Hy is oorredend, verleidelik en manipulerend. Hy gebruik sy blindheid en
die feit dat hy ʼn vreemdeling is, om op Meisie se gevoelens te speel en
haar gemaklik daarmee te laat voel om met hom oor vertroulike/verbode
sake te praat. (4)
8.2 Die verhoogaanwysings gee belangrike inligting oor die Tempo en volume
van die karakters se woorde en watter gevoelens deur hulle woorde
oorgedra word. Die verhoogaanwysings help om die regte stemming te
skep en dit help met karakterbeelding. (4)
8.3 Die naam Meisie is amper identiteitloos en slegs ʼn aanduiding van geslag.
Dit pas by Meisie as gedienstige dogter. As Margareta is Meisie ʼn
individu wat die moed het om self besluite te neem. Wanneer Konstabel
haar as Margareta aanpreek, ontdooi sy. Sy word Margareta en kan hom
van die wonder van die sirkus vertel, vir die duur van haar vertelling word
sy van Meisie bevry wat onder die diktatuur van haar ma se eng
Calvinisme, nie oor die sirkus mag praat of eers daaraan mag dink nie. (5)
8.4 Meisie weet sy is nie veronderstel om met Konstabel oor haar besoek aan
die sirkus te praat nie, maar sy wil graag en besluit om dit te doen. (2)
8.5 Die tema van bevryding. In sowel Meisie as Gertie is daar die hunkering
na die bevryding uit hulle morbiede omstandighede. In Meisie se
vertelling gaan dit oor die bevryding van die voëls uit die kou. Meisie het
haarself ook tydelik bevry deur met Konstabel oor haar ervaring te praat. (5)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) DRAMATIESE KUNSTE (Memo) 27
8.6 Die karakters van Miem en Gertie onderhou ʼn stiksienige Calvinistiese
kultuur. Hierdie kultuur het as beginpunt die onderdrukking van
seksualiteit in teenstelling met die onderbewuste waar seksualiteit
lewendig is. Maar binne hierdie onderdrukking van alles wat mag
stimuleer seksualiteit of onderbewuste, sien ons Miem en Gerty se vals
Moraliteite. Hulle doen hulself voor as iets of iemand wat hulle nie in die
werklikheid is nie.
Miem: Sy veil haar dogter skaamteloos op en poog om Meisie aan
Konstabel te smous deur aan hom uit te wys hoe breed haar heupe is.
Die subteks hiervan is dat Meisie in staat sal wees om kinders voort te
bring – iets wat baie belangrik was vir die ouer Afrikaners. As Miem
werklik so konserwatief was, sou sy nie vir Meisie so blatant aan ʼn
vreemdeling adverteer nie – inteendeel sy sou meisie graag getroud wou
sien soos deur die tradisionele konvensies voorgeskryf word. Sonder
skaamte vertel sy aan die vreemdeling dat sy beter voel nadat sy haar
korset verwyder het wat te styf was en haar geknyp het. Miem huiwer ook
nie om aan Konstabel te vertel van haar seksuele behoeftes nie. Sy
erken openlik aan Konstabel, vir wie sy eintlik glad nie goed ken nie, dat
nagtelike teenwoordigheid van ʼn man in die huis “iets in haar wakker
maak”. Haar man het lankal in die solder ingetrek, sy afwesigheid maak
haar begeerte sterker. Hierdie skynheiligheid word ook na vore gebring
met haar vraag aan Gertie oor die bose mense by die sirkus. Sy gee voor
dat sy niks van die sirkus af wil weet nie, maar vra graag uit oor die sirkus,
onder die voorwendsel dat sy net die vrae vra sodat Meisie kan ophou kla
oor haar voorkoms en dat sy moet leer om dankbaar te wees. Sy gebruik
Meisie skaamteloos ten einde uit te vind wat sy graag wil weet.
Gertie: Ons eerste indruk van haar is dat sy baie konserwatief is. Maar
later leer ons dat sy in werklikheid ʼn onderdrukte en seksueel
gefrustreerde vrou is. Haar obsessie met fisiese oefening, gesondheid en
vars lug is ʼn front waaragter sy skuil. Wanneer sy alleen saam met
Konstabel is, het sy probleme met selfbeheer. Sy is baie ingenome met
sy vertelling van Hannie se ontkledingsritueel met slaaptyd in haar kamer.
Haar seksueel gemotiveerde fantasiespeletjie, waarin sy die bewegings
van Hannie suggestief uitspeel, dui aan dat sy ʼn byna losbandige mens is
– in teenstelling met die eerste indrukke wat ons van haar gekry het. Sy
word so weggevoer dat sy gedeeltelik ontklee en moet vlug as Miem
inkom. Gertie gee voor dat sy die sirkus haat, tog gaan kyk sy daarna.
Haar belewings van die sensasionele menslike sondaars maak haar
opgewonde. Sy geniet ook die perde en halfgeklede vroue, die narre en
die dwerg as sy oor die pad gaan. Sy sal dit nooit aan Miem erken nie.
Gertie poog ook om Konstabel se romantiese belangstelling in haar aan te
wakker. Sy doen alles in haar vermoë om die ander uit die pad te kry
sodat sy alleen saam met hom kan wees. Sy stuur Miem en Meisie bed
toe sodat sy alleen saam met Konstabel kan wees. As Meisie en
Konstabel alleen buite is, roep sy hulle in onder die voorwendsel dat sy
bekommerd is dat Meisie verkoue sal kry.
Downloaded from hlayiso.com
28 DRAMATIESE KUNSTE (Memo) (SEPTEMBER 2012)
Punt Beskrywers
9-10 Uitstekend Antwoord is gefokus, kandidaat ken en verstaan
die kenmerke van die karakters en vind
aansluiting by die karakterisering en valse
moraliteit/ calvinistiese skynheiligheid. Antwoord
is goed gestruktureer. Die bespreking toon insig
en kreatiwiteit met gemotiveerde voorbeelde van
die drama
7-8 Goed Kandidaat noem al die karakter kenmerke.
Antwoord demonstreer gedeeltelike kreatiwiteit
en insig en daar is verwysing na die moraliteit/
Calvinistiese skynheiligheid. Antwoord dui op
begrip en vertoon voorbeelde uit die teks om te
motiveer.
5-6 Gemiddeld Kandidaat bespreek die basiese kwaliteite van
die karakters maar daar is ʼn tekort aan inligting
in die antwoord. Daar is min insig in die
moraliteit/ calvinistiese skynheiligheid . Die
mees belangrikste aspekte is bespreek, maar
die antwoord het nie diepte nie. Enkele
voorbeelde uit die drama.
3-4 Elementêr/ Die basiese karakter kenmerke is bespreek
Aanvaarbaar maar sleutel begrippe ontbreek. Kandidaat toon
ʼn afwesigheid van visualisering en kreatiwiteit.
0-2 Swak Min of geen poging om die vraag te beantwoord
nie. Kandidaat verstaan nie die vraag nie. (10)
[30]
TOTAAL AFDELING B: 60
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) DRAMATIESE KUNSTE (Memo) 29
AFDELING C TOEPASSING VAN EIE NASLAAN EN REFLEKTEER EN
EVALUEER
AFDELING C is VERPLIGTEND
VRAAG 9 STEM
9.1 Gebruik toon, tempo en pousering. Variasie van die stem en sinvolle toon
wisseling en volume (6)
9.2 Merker gebruik eie diskresie. (4)
9.3 Enige twee asemhalings oefeninge kan aanvaar word. (4)
9.4 Dit vloei, maar volg nie die hoë emosionele impak en ritme nie.
Rukkerig, donker, herhalend, neerdrukkend of depressief. (1)
[15]
VRAAG 10 BEWEGING
10.1 Ons kan die aktiwiteit uitbrei deur die verskuiwing van een Lessac
liggaamsenergie na ʼn ander en soos jy beweeg - maak seker dat jy
ʼn gelyke liggaamsenergie as jou spanmaat gebruik.
Om met die oë gesluit te werk help om jou te leer om jou spanmaat
te vertrou
Werk saam as ʼn span en beweeg stadig en slegs as jy voldoende
selfvertroue het gaan jy voort na die volgende aktiwiteit. (6)
10.2 Die akteur wat die optelwerk doen lei die beweging (2)
10.3 Geboë en sikliese bewegings skep ʼn gevoel van grasieuse en liriese
rustigheid. Reguit lyne en hoeke skep ʼn gevoel van mag en
rigtinggewing. (4)
10.4 Beweging bestaan in ruimte en tyd. Die liggaam word deur die ruimte en
bewegingsveranderings oorgeneem binne die ruimte waarin die liggaam
hom bevind. Ruimte is beïnvloed deur die volgende elemente: algemene
ruimte, vlakke, rigtings, fokus, die omgewing, ens. (3)
[15]
Downloaded from hlayiso.com
30 DRAMATIESE KUNSTE (Memo) (SEPTEMBER 2012)
Beantwoord EEN van die volgende drie vrae; dit is VRAAG 11 OF VRAAG 12
OF VRAAG 13.
VRAAG 11 LEWENDIGE OPVOERING (KEUSEVRAAG)
11.1 MOONTLIKE ANTWOORD:
11.1.1 Verwantskap/Verhouding
Die skep van verhoudings is ongelooflik belangrik selfs in
monoloë of gedigte. Maak seker dat jy weet wie of wat jou
karakter is asook die gevoel wat in die opvoering opgesluit is.
Wees spesifiek, spontaan, en ontvanklik – toneelspel is reaksie. (2)
11.1.2 Konflik
Waarvoor veg jou karakter? Waarom hou hulle aan met praat (in
ʼn monoloog), en waarom bly hulle in die toneel? Waarom vertel
hulle die storie? Wie meng in? (2)
11.1.3 Humor
Soek humor in dit wat jy doen, dit beteken nie dat jy moet
snaaks wees nie, dit impliseer dat jy die vonk in selfs die mees
tragiese oomblikke moet vind. Selfs die mees donkerste stuk
moet ʼn flikkering van humor iewers hê. (2)
11.1.4 Teenoorgesteldes (Teenpole)
ʼn Karakter wat net voortdurend eensydig is, is vervelend.
Inkonsekwentheid is wat karakters boeiend maak, die
teenoorgestelde (teenpole) is daarin opgeneem. Krap rond om
dit te vind. Om ʼn geloofwaardige karakter te skep moet jy beide
uitbeeld (2)
11.1.5 Plek
Bevestig waar jy is en hoe jy daaroor voel. Dit word net so veel
deur jou houding tot die ruimte as jou keuse van stukke en
rekwisiete oorgedra. (2)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) DRAMATIESE KUNSTE (Memo) 31
11.2 Evalueer VRAAG 11.2 deur onderstaande rubriek te gebruik (5)
PUNT 11.2 BESKRYWING
5 UITSTEKEND Kandidaat verstaan en kan sy begrip
omtrent sy opvoering en eie ondervinding
en prosesse. Kandidate beskik oor
vaardigheid om ʼn argument te konstrueer
wat sy ontwikkeling ondersteun en gebruik
maak gebruik van konkrete, spesifieke
voorbeelde van akteurs in “toneelspel om
karakters te wees” en die boodskap aan
die gehoor oordra.
4 GOED Kandidaat is in voeling met sy spel en eie
ondervinding en prosesse. Die kandidaat
beskik oor vaardigheid om ʼn argument te
konstrueer wat sy ontwikkeling ondersteun
en gebruik konkrete, spesifieke voorbeelde
van akteurs in “toneelspel om karakters te
wees” en die boodskap is nie altyd
oorgedra aan die gehoor nie.
3 GEMIDDELD Kandidaat moet voorbeelde van opvoering
gee maar is nie altyd in voeling met eie
ondervinding en prosesse nie. Kandidaat
beskik nie altyd oor die vaardigheid om ʼn
argument te kan konstrueer wat sy
ontwikkeling ondersteun nie en maak nie
gebruik van spesifieke voorbeelde van
akteurs in “toneelspel om karakters te
wees” nie en die boodskap is vaagweg
oorgedra aan die gehoor.
2 AANVAARBAAR Kandidaat bewerkstellig om enkele
voorbeeld(e) van ontwikkeling aan te bied
maar kan dit byna nie met die prosesse
verbind nie. Boodskap glad nie aan die
gehoor oorgedra nie.
1 SWAK Kandidaat verskaf basiese beskrywing van
karakterwerk, maar beskik nie die
vaardigheid om in voeling te wees met
ontwikkeling, eie ondervinding en prosesse
nie. Maak stellings in die algemeen wat by
een of meer van die punte aansluit.
[15]
OF
Downloaded from hlayiso.com
32 DRAMATIESE KUNSTE (Memo) (SEPTEMBER 2012)
VRAAG 12 MEDIA STUDIES (KEUSEVRAAG)
12.1 MOONTLIKE ANTWOORD:
12.1.1 Regisseur van fotografie
Die persoon in beheer van al die kameras word na verwys as die
regisseur van fotografie (DP, in Engels), hy/sy sien tegelykertyd
om na verskeie kamera-operateurs. Hy/sy word aangestel op
grond van hulle kundigheid en kreatiwiteit maar moet nog steeds
die oorhoofse visie van die Filmregisseur volg. (3)
12.1.2 Die Redigeerder
Redigering is die proses waar verskillende skote aanmekaar
gelas word om ʼn bepaalde sekwens/reeks te skep. Die
filmregisseur en die redigeerder werk baie nou saam aan die
redigeringsproses, dit is egter die redigeerder wat die tegniese
vaardighede aan die kreatiewe proses bied. Die onverwerkte
filmrolle kan vanaf 15 tot 120 ure in beslag neem. Die taak van
die redigeerder is om te selekteer uit die onverwerkte rolle en dit
onder die aandag van die regisseur te bring. (3)
12.1.3 Regisseur
Die regisseur is verantwoordelik vir die oorhoofse visie van die
film en dra al die verantwoordelikheid vir die finale produk. Die
regisseur baseer sy film op enige aspek of tema wat storieboeke
of selfs die nuus kan insluit. Finansiële ondersteuning en ʼn
draaiboekskrywer moet vooraf in plek wees voordat die
produksie van die film aangepak word. Daar is twee soorte
regisseurs die wat onafhanklik of die wat vir ʼn bepaalde studio
werk. (3)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) DRAMATIESE KUNSTE (Memo) 33
12.2 Gebruik die rubriek in die nasienproses
Punt 12.2 Beskrywing
5 UITSTEKEND Kandidate beskik oor die vaardigheid om ʼn
argument te kan konstrueer wat die boodskap
wat die film oordra ondersteun en maak gebruik
van konkrete, spesifieke voorbeelde van akteurs
in “toneelspel om karakters te wees”. Kandidate
verstaan en kan sy begrip omtrent die filmteorie,
draaiboeke, films en sy eie ondervinding oordra.
Kandidate beskik oor die vermoë om ʼn argument
te konstrueer wat die waarhede van die film
ondersteun en maak gebruik van konkrete
spesifieke voorbeelde van akteurs wat karakters
word.
4 GOED Kandidaat beskik oor die vermoë om ten minste
aansluiting te vind met ten minste een van: film
teoretici/praktisyns; draaiboeke, film of eie
ervaring om die waarheid van die stelling te
ondersteun.
3 GEMIDDELD Kandidaat moet ten minste gedeeltelik by die
film aansluiting vind. Hy/sy het voorbeelde van
of teoretici/ praktisyns, draaiboeke, films - maar
kan nie ten alle tye aansluiting vind by die film
se boodskap nie.
2 AANVAARBAA Kandidaat kan voorbeelde van sommige film
R teoretici/praktisyns verskaf maar kan omtrent nie
aansluiting vind by die boodskap van die film
nie.
1 SWAK Kandidaat verstrek ʼn basiese beskrywing van
karakterwerk, maar kan nie aansluiting by die
film teoretici/praktisyns vind nie of enigsins met
die boodskap van die film nie. Maak algemene
stellings wat op ʼn eenvoudige wyse aansluiting
vind by een van die aspekte. (5)
12.3 “Dolly-shot"
Die kamera is gemonteer op ʼn bewegende voertuig, gewoonlik ʼn platform
wat vir die doel ontwerp is. (1)
[15]
OF
Downloaded from hlayiso.com
34 DRAMATIESE KUNSTE (Memo) (SEPTEMBER 2012)
VRAAG 13 KULTURELE OPVOERING EN RITUELE (KEUSEVRAAG)
13.1 KULTURELE OPVOERING EN RITUELE (KEUSEVRAAG)
PUNTE 13.1 en 13.2 BESKRYWER
12 – 15 Uitstekend
Kandidaat verstaan en toon insig in die kulturele opvoering en kan
aansluiting vind by ʼn inheemse opvoering wat hy/sy bestudeer het.
Kandidaat beskik oor die vermoë om ʼn argument te konstrueer en gebruik
konkrete, spesifieke voorbeelde met die bespreking van die akkuraatheid
van die opvoering.
9 – 11 Goed
Kandidaat verstaan die kulturele opvoering en kan aansluiting vind by ʼn
inheemse opvoering wat hy/sy bestudeer het. Kandidaat beskik oor die
vermoë om ʼn argument te konstrueer en gebruik konkrete, spesifieke
voorbeelde met die bespreking van die akkuraatheid van die opvoering.
6 – 8 Gemiddeld
Kandidaat verstaan gedeeltelik die kulturele opvoering en kan aansluiting
vind by ʼn inheemse opvoering wat hy/sy bestudeer het. Kandidaat beskik
oor die vermoë om ʼn argument te konstrueer en gebruik konkrete,
spesifieke voorbeelde met die bespreking van die akkuraatheid van die
opvoering.
4 – 5 Elementêr/ Aanvaarbaar
Kandidaat bewerkstellig „paar voorbeelde van enige inheemse opvoering
wat hy/sy gesien of bestudeer het maar vind dit moeilik om aansluiting te
vind by die opvoering.
0 – 3 Swak
Kandidaat verskaf basiese beskrywing van inheemse opvoering wat hy sy
bestudeer het. Algemene opmerkings wat eerder toevallig aansluiting
vind by die antwoord as wat dit beplan is.
As die kandidaat slegs beskrywings aanbied of die verhaal van die
opvoering vertel kan daar nie meer as 7 punte toegeken word nie.
Neem asseblief kennis dat hierdie rubriek van toepassing is op
VRAAG 13.1, 13.2, 13.3 (5)
13.2 Teken of beskryf ʼn kulturele opvoering van ʼn Suid-Afrikaanse
kultuurgroep. (5)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012) DRAMATIESE KUNSTE (Memo) 35
13.3
A Hoof-ingange F Gehoor op vlakke
B Sy-ingang G Akteurs se kleedkamers
C Akteurs se ingang/uitgang H Hoofopvoeringsarea
D Akteurs se ingange I Heilige beskutting
E Gehoor J Impi‟s vorm hier ʼn lyn (5)
[15]
TOTAAL AFDELING C: 45
GROOTTOTAAL: 150
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 Memo (Eng)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 QP (Eng)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2012 QP (Afr)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2012 Memo (English)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2012 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Dramatic Arts Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afr)
More from Grade 12 Dramatic Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Dram Art ATP 2023 24

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper